SKRIFLESING: Lukas 17:1-10. TEKS: Lukas 17:10 HK 24. Begenadigdes skuld God gehoorsaamheid. Psalm 138 : 1. Skrifberyming 24 (1-1) : 2.

Vergelijkbare documenten
Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

NAGMAAL. SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a. Die kruis is die trots van die Here se kerk.

NAGMAAL. SKRIFLESING: 1 Petrus 2: TEKS: 1 Petrus 2:24a. Jesus Christus het ons sondes gedra. Psalm 89 : 1. Psalm 40 : 3

1 JOHANNES 4:20 HK 34:93

TEKS: Matteus 5:3 (AV 1933/53) HK 5

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg

SKRIFLESING: Jesaja 6. TEKS: Jesaja 6:3 HK 8. Voor die drie-maal heilige God buig ons laag. Psalm 99 : 1, 2. Psalm 81 : 11, 12

God het belowe om ons gehoorsaam te maak, net soos ons vra

Welkom by Die Storie God se storie

SKRIFLESING: 1 Korintiërs 6: TEKS: 1 Korintiërs 6:19 HK 1:1. Ook ons liggame behoort aan die Here. Skrifberyming 72 (12-3) : 1, 2

God red elkeen wat werklik in Jesus Christus glo.

Dit wat óns wil hoe óns wil leef en wil praat en selfs wil dink (dit weet ons almal) is baie kere baie anders as wat Gód van ons wil hê.

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE:

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene

Jesaja sien die Toekoms

OPENBARING 5:5 HK Sondag 48

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

1 KORINTIËRS 13:12. Ook: Sb 18-8 (30) : 4, 5

U het rég gehoor: dat u die HÉre daar gaan dien; want dis wat die Heilige Gees ons hier laat hoor, dat ook ons alledaagse werk godsdiens is.

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus

SKRIFLESING: 1 Petrus 2:1-10. TEKS: 1 Petrus 2:9. God red sodat ons sal vertel. Psalm 40 : 5. Psalm 4 : 3. Skrifberyming 8 (5-3) : 2.

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

Goeie Konings, Slegte Konings

1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80

Christene moet ook met hulle gedrag vir die Here praat.

Deur Sy wet gee God ons broodnodige kennis van sonde

PSALM 90:2 NGB 1. Votum en seën. Psalm 90 : 1. Gebed. Skriflesing: Psalm 90 (AV 1933/53) Belydenis: NGB 1. Teks: Psalm 90:2 (AV 1933/53)

Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek

n Tempel Leier besoek Jesus

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer

God se liefde vat ons vrees vir Sy oordeel weg

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3.

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22

Die Here gee Sy seën waar ouers en kinders Hom gehoorsaam.

Wie in die Here glo, vertrou Hom met die bestemming.

Bybel vir Kinders. bied aan. Ryk man, Arm man

Gereformeerde Kerk Bloempark Die Drie-eenheid (Sondag 8)

God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5)

SKRIFLESING: Lukas 6: TEKS: Lukas 6:37 HK 43. God se mense het ook met hulle woorde lief. Psalm 34 : 1, 2. Psalm 34 : 6.

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

14. Gemaak om lief te hê 1 Johannes 3:11-17; 4:7-12

Die Here gee vir mense, wat oor Hom bly is, dit wat hulle harte begeer.

4. Ek voel alleen Johannes 10:11-16, 26-30

Die Here kom rekenskap eis van ons werk vir Hom

SKRIFLESING: Prediker 11. TEKS: Prediker 11:4, 6. Wie met God reken, gebruik sy/haar kanse. Psalm 149 : 1, 2. Psalm 126 : 3.

Dankoffersondag met Nagmaal 4 November

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek.

SKRIFLESING: Lukas 16:1-13. TEKS: Lukas 16:11 HK 42. Geld en goed vir God. Psalm 95 : 1, 3. Psalm 119 : 7. Skrifberyming 44 (15-8) : 2

PSALM 40:9. Votum en seën. Psalm 89 : 3. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Deuteronomium 5:6-21 (AV 1933/53) Psalm 50 : 6, 7.

n Dubbele kruis-belydenis

SKRIFLESING: Romeine 8:31-39 (AV 1983) TEKS: Romeine 8:32b. Skrifberyming 24 (1-1) : 3. Psalm 62 : 4 (na gebed) Psalm 93 : 1, 4

Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak.

Die Here laat ons maai wat ons gesaai het

Van Vervolger tot Prediker

SKRIFLESING: Handelinge 16: TEKS: Handelinge 16:30-31 HK 23. Wie in die Here Jesus glo, word gered. Psalm 48 : 4.

Gisteraand het dit gegaan dit oor hoe ons lewens moet wees om Jesus te volg. Watter klere ek moet aantrek.

HANDELINGE 14:15 HK 34:94-95

God laat alles Sy kinders se saligheid bevorder.

Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel. Christiaan Coetzee

Soos n wildsbok wat smag na water Smag my siel na u o Heer U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer SOOS N WILDSBOK

Jy kan eintlik waar in die Bybel ook al kyk na wat geskryf is oor hoe ons as Christene moet lewe, en jy kom by liefhê uit.

SKRIFLESING: Matteus 11: TEKS: Matteus 11:28. Christus gee gekwelde mense rus. Psalm 145 : 1, 2. Skrifberyming 12-3 : 1, 2 (na geloofsbelydenis)

Wie God se beloftes het, streef om skoon te word en heilig te wees

MATTEUS 5:39. Votum en seën. Psalm 149 : 1, 2. Geloofsbelydenis: Nicea. Wet: Exodus 20:1-17 (AV 1933/53) Psalm 62 : 7 (by 8e gebod) Gebed

SKRIFLESING: 1 Korintiërs 13. TEKS: 1 Korintiërs 13:8. Die liefde bly vir ewig. Psalm 103 : 1, 2. Psalm 102 : 11, 12. Skrifberyming 21 (9-4) : 1, 6

Tema van die dag is ons bekommernisse, en wat om daarmee te maak.

Bybel vir Kinders bied aan. Die Kerk Kry Moeilikheid

STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart?

Die Groot Gebod dennis de wet

God red mense wat glo deur die krag van die evangelie

Jesus kom op n onbekende tyd weer bly dan gereed vir Hom!

MATTEUS 7:12. Votum en seën. Psalm 34 : 2, 4. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 4 : 3.

Jona en die Groot Vis

Twyfel Vergewe mekaar Vergifnis van God Vertroue Volharding Voorkoms Vrede Vrees Vriendskap...

JAKOBUS 5: Votum en seën. Psalm 138 : 1. Geloofsbelydenis: Nicea. Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Skrifberyming 26 (9-1) : 3, 4.

Wie die Here vertrou, kan radikaal gehoorsaam wees.

Is jy seker dis nie n voorry nie. Ek wonder of die kinders weet wat n voorry doen.

VERSPREI GOD SE LIEFDE (2) VERTEL ANDER VAN GOD SE LIEFDE 13 Augustus 2006, Ds Freddie Schoeman

SKRIFLESING: Titus 1. TEKS: Titus 1:15. Die Here wil ons op die hoofspoor hê. Psalm 134 : 1, 2. Psalm 119 : 4. Psalm 18 : 12. Skrifberyming 78 (13-3)

HOSEA 6:1-3. Votum en seën. Psalm 48 : 1. Gebed. Skriflesing: Hosea 6 (AV 1933/53) Teks: Hosea 6:1-3 (AV 1933/53) Psalm 72 : 3

SKRIFLESING: Jesaja 55. TEKS: Jesaja 55: Die Here se Woord werk. Skrifberyming 34 (2-2) : 1. Psalm 19 : 4. Psalm 33 : 5.

Vir die Here is die hoofsaak dat ons sal glo en gehoorsaam.

14. Ek glo my sondes word vergewe 1 Johannes 1:5 2:2

Jesus Christus se opstanding maak ons lewens sinvol

0:03: 01:5 Vertel mekaar watter labels mense al op jou gesit het. Wat het mense jou al genoem... goeie goed en slegte goed, dit is alles labels...

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

SKRIFLESING: Prediker 1:1-11. TEKS: Prediker 1:3. Los van God bied die lewe niks. Psalm 149 : 1, 2. Skrifberyming 19 (2-1) : 1, 2.

NIe net hier in 1 Korintiers 13 nie, maar in die hele 1 Korintiërs lees ons van al hierdie dinge wat die gemeente van Korinte gedoen het.

Transcriptie:

SKRIFLESING: Lukas 17:1-10 TEKS: Lukas 17:10 HK 24 TEMA: Begenadigdes skuld God gehoorsaamheid. Psalm 138 : 1 Skrifberyming 24 (1-1) : 2 Psalm 40 : 4 1

Kan dit regtig wees dat al die goeie dinge wat ons in ons lewens probeer doen, niks tel nie, niks verdien nie, glad nie in berekening kom wanneer daar oor ons ewige lot besluit word nie? En as dit dan so is, hoekom sou ons dan nog goeie werke probeer doen? Wat sal jou dryf? Wat sal jou motiveer? Wat hierdie Skrifgedeelte baie duidelik en skerp vir ons leer, en wat die kerk dan ook in HK 24 bely, is dat dit nooit so kan word dat God ons iets skuld nie; - ons skuld HÄm altyd; - ons skuld Hom altyd gehoorsaamheid. Dis die kern van vanaand se preek: begenadigde mense skuld God gehoorsaamheid. Kyk na: 1. waaroor hierdie verse gaan (en dus niå gaan nie); 2. wat dit ons van ons goeie werke leer. 1. WAAROOR HIERDIE GEDEELTE GAAN n Mens moet hierdie gelykenissie 1 oor die baas en sy slaaf wat die Here Jesus vertel het, nie dinge laat sé wat dit nie bedoel om te sé nie: Dit sé bv. nie hoe ons as gelowiges mekaar se goeie werke moet sien nie. Dit sé nie dat ek die goeie dinge wat n medegelowige doen, as nikswerd moet beskou en nie daarvoor waardering moet hé nie. Die apostels het in hulle briewe dikwels self waardering uitgespreek vir die werk wat hulle medegelowiges in diens van die Here sien doen het Ån die gemeentes opgeroep om dit ook te waardeer. 2 Maar döt beteken natuurlik nou nie dat ek wat die goeie dinge probeer doen, dit moet doen om die waardering van my medegelowiges te kry nie. Dit sou n verkeerde motivering vir goeie werke wees! Hierdie gelykenis sé nie hoe ons teenoor mekaar se goeie werke moet staan nie. 1 verse 7-10 2 Rm 16:1-4, 12; 1 Kor. 16:15-16; Flp 4:14; Kol. 4:13; 3 Jh:5-6 2

Hierdie gedeelte sé ook nie hoe n baas teenoor sy slaaf behoort op te tree nie (dat hy hom selfs na gewone werksure nog steeds moet laat werk nie). Die Here Jesus illustreer maar net die punt wat Hy wil maak met n tipiese en algemeen-bekende situasie uit die lewe van daardie tyd. Dit wat hier oor die optrede van die baas teenoor sy slaaf gesé word, is maar net die dekor van dit wat Hy eintlik wil leer. En tog is hierdie dekor nie vir ons vreemd nie. Soortgelyke situasies kom in ons tyd se werkgewer-werknemer verhoudings ook voor; en niemand van ons beskou dit as snaaks nie; - as ek vandag n werknemer is en nog nie al die pligte op my daaglikse pligtestaat uitgevoer het nie, gaan die baas mos nie my voete kom soen van dankbaarheid en vir my tee en koekies aandra sodat ek n bietjie kan rus nie; - hy gaan daarop staan dat ek al my pligte moet doen! - en dis maar wat hier in die gelykenis gebeur. Maar hierdie gelykenis wil nie vir ons sé hoe n baas teenoor sy slaaf moet optree nie. Hierdie gelykenis wil ook nie sé dat die Here al skuld Hy ons absoluut niks vir ons goeie werke nie nie ons goeie werke uit genade gaan beloon nie. In die Bybel leer die Heilige Gees ons duidelik dat die Here wel ons goeie werke gaan beloon. In die laaste hoofstuk van die Bybel lees ons nog dat Jesus sé: Kyk, Ek kom gou! Ek bring die loon saam met My om elkeen te beloon vir wat hy gedoen het. 3 Hierdie gelykenis sé nie dat die Here goeie werke nie gaan beloon nie. Maar waaroor hierdie gelykenis wel gaan, is oor hoe die een wat goeie werke doen hoe ons wat Christelik probeer lewe, hoe ons wat uit dankbaarheid die Here probeer gehoorsaam hoe ons goeie werke moet sien en niå moet sien nie. Hierdie gelykenis antwoord die vraag: kan my goeie werke vir my iets by God verdien? 2. WAT DIT ONS VAN ONS GOEIE WERKE LEER 3 Op 22:12 3

Ons goeie werke (so leer die Here Jesus ons hier) verdien niks by God nie. As ons dit klaar gedoen het, skuld Hy ons absoluut niks daarvoor nie! Om die waarheid te sé, ons skuld HÄm hierdie goeie werke! Die goeie dinge wat ons uit gehoorsaamheid aan die Here probeer doen, is niks minder nie as verskuldigde gehoorsaamheid. Die Here Jesus beklemtoon dit in hierdie gelykenis baie sterk. In die eerste plek beklemtoon Hy dit deur die gesprek waaraan Hy hierdie gelykenissie koppel. Hierdie gesprek het gegaan oor baie groot liefdeswerke en baie groot geloofswerke: o die liefdeswerke: om dieselfde oortreder sewe maal op een dag te vergewe; en dan is die sewe maal eintlik nog maar n simboliese manier om te sé dat jy sonder om te tel moet aanhou vergewe! o die geloofswerke: om vir n boom te sé: Trek jou met wortels en al uit die grond uit en plant jouself in die see, en dan luister hy na jou! Wat Jesus nou in hierdie gelykenissie net hierna sé, is dat ons tog nie moet dink dat God ons daarvoor sou skuld as ons hierdie dinge sou gedoen kry nie. Selfs as ons hierdie magtige liefdeswerke en geloofswerke sou regkry, skuld God ons niks daarvoor nie, want ons is veronderstel om so lief te hé en so te glo! Deur hierdie gelykenis te koppel aan van die grootste werke wat mense sou kon doen, beklemtoon Jesus dit dat ons werke niks kan verdien nie. In die tweede plek beklemtoon Hy die onverdienstelikheid van ons goeie werke deur die woordjie alles te gebruik: wanneer julle alles gedoen het wat julle beveel is, sé dan: Ons is onverdienstelike diensknegte Ons doen nie eers naastenby alles wat ons opgedra is om te doen nie. Die Woord van die Here is ook daaroor duidelik dat ons goeie werke, ons gehoorsaamheid aan die Here, ver van volmaak af is: 4 - dink net hoeveel goeie dinge wat ons behoort te doen, laat ons na ons doen dit net nooit; - dink net hoeveel verkeerde dinge wat ons behoort na te laat, doen ons wel; - dink net hoe die goeie wat ons wel doen, gewoonlik nog vermeng is met allerhande verkeerde dinge: verkeerde motiewe, verkeerde gesindhede. 4 vgl. Jes 64:6; Jk. 2:10; Ps. 143:2; 130:3 4

Hoe kan sulke halwe werk, sulke brouwerk ooit iets verdien? - sal u hier op aarde n bouer betaal wat u huis nie klaar gebou het nie, of wat sommer partykeer op sy eie van die planne afgewyk het, of wat skeef gebou het, of wat tussen die goeie stene allerhande gemors-stene gebruik het? - natuurlik nie! hy t mos nie dit gedoen waarvoor die loon gegee sou word nie! Hoe op aarde kan enige mens dan ooit dink dat ons onvolledige en skewe en met die kwaad-gemengde goeie werkies iets by God kan verdien? Maar selfs (so sterk beklemtoon Jesus die onverdienstelikheid van ons werke) as ons alles sou doen wat aan ons opgedra was om te doen, as ons al die goeie dinge wat die Here ons beveel, sou doen, en al die kwaad waarteen Hy ons waarsku, sou nalaat, en dit alles met die suiwerste gesindheid al sou ons volmaak wees, 5 selfs dan verdien dit nog niks by die Here nie, want ons is veronderstel om dit te doen, ons skuld Hom dit! Ons kan net so min vergoeding daarvoor eis as wat n kind wat vir sy/haar ouers luister, salaris daarvoor kan eis: - die kind is mos veronderstel om gehoorsaam te wees; - dis deel van kind-wees; - dis nie n ekstra guns wat die kind aan die ouers doen en waarvoor die ouers nou die kind skuld nie! Selfs as ons alles gedoen het wat God ons beveel, verdien dit nog niks by Hom nie, want ons staan onder die opdrag om dit te doen, soos wat n slaaf destyds onder sy baas gestaan het en verplig was om sy baas se bevele uit te voer sonder dat hy spesiale gunsies daarvoor kon verwag het Klink dit hard dat selfs volmaakte werke niks by God verdien nie, dat ons Hom dit skuld? Dit klink seker hard as jy vergeet dat jy lewe, dat jy gemaak is om God te dien. Jy t jou voorreg om te bestaan net daaraan te danke het dat God mense gemaak het met die spesifieke doel om Hom te dien! 5 Mt 5:48 5

En dit klink seker hard dat jy jou goeie werke aan God skuld as jy vergeet dat jy, toe jy in die kloue van die wreedste tiran, Satan, vasgevang was, met die kosbare bloed van die Here Jesus vrygekoop is, sodat jy weer eiendom van God kon word n slaaf/slavin van diå Baas by wie selfs slawe/slavinne n wonderlike lewe het. 6 Om God sonder betaling te moet dien, klink seker hard as jy vergeet hoe die Here Jesus daar aan die kruis die helse pyn en angs deurgegaan het, sodat elkeen wat in Hom glo weer n kind in die huis van die hemelse Vader kan wees. Dit klink hard as jy vergeet dat die Gees van die Here in jou kom woon het en jou gees, wat dood was, weer laat lewe het, sodat jy God en Sy werke en Sy genade kan ken sou jy in die donker van onkunde wou leef waarin die mense leef wat Hom en Sy werke en Sy genade nie ken nie? Dit klink hard as jy vergeet dat jy, voordat jy nog jou hand kon lig om een goeie werkie te probeer doen, alreeds die ewige heerlikheid by die Here gegee is verniet As jy al hierdie dinge vergeet, klink dit dalk hard om te hoor dat selfs volmaakte goeie werke niks by God verdien nie. Maar as jy die Here se goedheid aan jou verstaan, dan sal jy die gevoel begin kry dat selfs volmaakte gehoorsaamheid nog te min dankie is vir al hierdie seäninge wat jy, n sondaar, onverdiend gekry het! Die Here vertel hierdie gelykenis omdat Hy wil hé ons moet erken ( sé dan ) dat ons goeie werke niks kan verdien nie, dat dit God nie in die skuld by ons sit nie, maar dat dit dankbare gehoorsaaamheid is wat ons HÄm skuld TOEPASSING LÅÅf dit wat Jesus hier leer, regtig by ons? Dit staan hier in ons kerke se belydenis, maar staan dit ook in ons harte geskrywe? Of dink ons tog maar partykeer dat ons met die goeie wat ons doen, vir God n guns terugdoen vir die goeie wat Hy aan ons gedoen het? 6 Lk 15:17 6

Voel ons nie tog maar partykeer dat die Here ons iets skuld nie? Ons sé dan dinge soos: wat het ek gedoen om so swaar te kry? Wat by implikasie sé: iemand soos ek verdien beter as dit! Verdien beter? Dink ons nie tog maar partykeer diep hier binne dat al ons harde werk in die kerk of al ons offers vir die saak van die Here of al die kere wat ons medemense met iets gehelp het, tog so n bietjie sal help om ons plek in die hemel te verseker nie? Vir mense by wie sulke gedagtes op een of ander manier leef, is hierdie gelykenis bedoel: n gelykenis waarmee die Here vir ons sé: - niks wat ons ooit sou kon doen, kan een druppel by Hom verdien nie! - Hy het ons al klaar oneindig meer gegee as wat ons selfs met volmaaktheid voor sou kon dankie sé! En wanneer n mens die dag regtig besef dat jy nie by God kan verdien en hoef te verdien nie, dan verdwyn daar n klomp spanning en angstigheid uit jou diens aan God: - dan probeer jy nie meer die heel tyd tel en bereken en boekhou om te probeer uitwerk of jy darem genoeg gedien het om veilig te wees nie; - dan dien jy die Here nie meer soos n salaristrekker wat die ure tel wat jy werk nie, maar jy gehoorsaam Hom soos n kindjie vir wie dit die grootste vreugde is om te weet dat Hy bly is wanneer jy vir Hom geluister het AMEN 7