Jy kan eintlik waar in die Bybel ook al kyk na wat geskryf is oor hoe ons as Christene moet lewe, en jy kom by liefhê uit.

Maat: px
Weergave met pagina beginnen:

Download "Jy kan eintlik waar in die Bybel ook al kyk na wat geskryf is oor hoe ons as Christene moet lewe, en jy kom by liefhê uit."

Transcriptie

1 2 PETRUS 1:7 Votum en seën Psalm 47 : 1, 4 Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 23 : 1 Gebed Skriflesing: 2 Petrus 1:1-15 (AV 1983/91) Teks: 2 Petrus 1:7 (AV 1983/91) Psalm 133 : 1, 2 Preek: Begenadigdes spook hard om lief te hê Gebed Kollekte Skrifberyming 9-4 (21) : 5, 6 Seën Skrifberyming 13-3 (78)

2 2 Jy kan eintlik waar in die Bybel ook al kyk na wat geskryf is oor hoe ons as Christene moet lewe, en jy kom by liefhê uit. Veral in die Nuwe Testament kry jy hoeveel kere eksplisiet die woorde liefde en liefhê in al sy verskillende vorms. o As die Here Jesus ons byvoorbeeld leer hoe burgers van Sy koninkryk moet lewe, dan praat Hy van liefhê. 1 o As die Heilige Gees die apostel Paulus laat skrywe oor ons Christelike lewe, dan kry liefhê n prominente plek. 2 o As Johannes sy eerste sendbrief skryf, dan s die oproep dat ons moet liefhê soos n refrein deur sy hele brief. 3 o En hier kom Petrus nou ook en hy sê dat ons alles in die werk moet stel onder andere om lief te hê. Kom ons hoor dít spesifiek uit hierdie ryk sinne wat ons vanoggend gelees het: - begenadigde mense spook hard om lief te. Ons kyk eers na die begenadig wees, dan na die hard spook en dan na die liefhê. 1. ONS IS BEGENADIGDES 1 Mat 5:44; 22: Kor 13; Gal 5: Joh 2:9-11; 3:11, 14, 18, 23; 4:7, 11, 19, 21; 5:1-2

3 3 Sy Goddelike krag het ons alles geskenk wat ons nodig het om te lewe en Hom te dien. 4 Die Here het ons alles gegee wat ons nodig het om vir ewig te kan lewe en alles wat ons nodig het om Hom te kan dien soos Hy deur ons gedien wil word. Watter genade! Daar s geen manier waarop ons self dié dinge sou kon doen en sou kon bymekaarmaak wat ons nodig het om vir ewig by die Here te kan lewe nie. En enige iemand wat al probeer het om die Here regtig voluit te dien, sal weet dat ons eie geestelike kragte en vermoëns heeltemal te kortskiet daarvoor. As die Here Jesus nie in ons plek ons sondeskuld by God betaal het en ons só van die straf-op-sonde bevry het nie en as Hy nie in ons plek al God se opdragte aan die mens volmaak gehoorsaam het nie, sou ons nooit die ewige lewe kon hê nie. En as Hy nie na Sy opstanding uit die dood en Sy hemelvaart die Heilige Gees vir ons gegee het, wat ons nuwe harte en nuwe geestelike kragte en vermoëns gee waarmee ons God wil en kan dien nie, sou daar nooit iets van ware Gods-diens by ons kon wees nie. Maar dit alles is vir ons gegee, al verdien ons dit glad nie, al is ons dit op geen manier werd nie. 4 2 Pet 1:3

4 4 Toe ons tot geloof gekom het, het ons gesien dat dit alles in ons hande gesit is: al hierdie groot en kosbare geskenke wat God vir mense wat na Hom toe kom wanneer Hy hulle roep, belowe het. En dit maak ons begenadigdes, mense wat alles verniet gekry het. Maar dis nie waar God se pad vir ons en Sy werk met ons eindig waar Hy geskenke in ons hande sit nie. Dis eintlik die begin van n lang pad wat Hy met ons loop n pad waaraan ons self intensief deelneem. 2. BEGENADIGDES SPOOK HARD Hierdie hele gedeelte wat ons vanoggend gelees het, is een groot oproep om te groei 5 in jou geloof, om vooruit te gaan in jou geestelike lewe, om al hoe meer van die dinge van die Here binne in jou te hê en uit te lewe. Dis n opdrag wat hier vir ons gegee word. n Sterk gestelde opdrag: - julle moet alle ywer aanwend! 6 - julle moet alles in die stryd werp! 7 = jy moet jou bes doen; = jy moet hard spook, wat beteken dat jy jou kragte inspan om iets te bereik, 5 Let op terme soos verryk (vers 5), toeneem (vers 8), beter leer ken (vers 8). 6 Vers 5 AV 1933/53 7 Vers 5 AV 1983/91

5 5 dat jy hard werk daaraan, dat jy moeite doen daarmee, dat jy daarmee worstel tot jy bereik het wat jy moes. Hierdie is met ander woorde nie so n ligte takie wat jy sommer so maklik-maklik afhandel nie. Hiervoor is doelbewuste, ernstige inspanning nodig. Wat moet begenadigdes hard spook om te bereik? Ons moet hard spook om ons geloof te verryk, om by hierdie basiese band wat die Heilige Gees tussen ons en die Here tot stand gebring het, ook al die ander dinge by te voeg wat hierby hoort. Onthou u dat Jakobus geskryf het dat geloof sonder werke n dooie geloof is? 8 - Dis in die DNS van geloof ingebou dat dit n hele reeks Christelike eienskappe en aktiwiteite voortbring. - Jakobus vat al hierdie eienskappe en aktiwiteite saam met die term werke. Petrus noem hulle afsonderlik: dis deugsaamheid en kennis en selfbeheersing en volharding en godsvrug en liefde onder mekaar en liefde vir alle mense, En nou s dit ons opdrag om hard te spook dat hierdie byvoegings by ons geloof, hierdie uitvloeisels van ons geloof, in ons alledaagse bestaan inkom en al hoe meer en sterker word. Vat byvoorbeeld volharding. Hoe gaan jy jou geloof daarmee verryk? - dis ons werk om seker te gaan maak wat die Here in Sy Woord met hierdie term bedoel; 8 Jak 2:17

6 6 - en om dan ernstig en aanhoudend te bid dat die Heilige Gees ons die wil en die vermoë om te volhard, sal gee; - en om dit dan met toegewyde inspanning te gaan oefen en te gaan beoefen. En so moet dan met elkeen van hierdie lysie dinge wat hier genoem word, gedoen word. Begenadig wees maak jou nie iemand wat met jou geestelike hande gevou agteroor sit nie. Dit maak jou iemand wat hard spook om jou lewe op die vlak te bring waar God dit wil hê. Twee van die geloofswerke waarvoor ons hard moet spook is die liefde onder mekaar en die liefde vir alle mense. 3. OM LIEF TE HÊ Die eerste van die twee woorde oor die liefde wat hier gebruik word, verwys na dit wat ons ken as broederliefde. 9 In die Bybel is dit die woord wat na die liefde van gelowiges vir medegelowiges verwys. Omdat ons deur een Vader gekies is om Sy kinders te wees, en deur een Verlosser van al ons sondes en moeilikhede verlos is, en omdat een Gees in ons almal se harte woon, is daar n spesiale band tussen ons, is ons mekaar se broers en susters. 9 Vgl bv ook Joh 13:35; 1 Tes 4:9-10; 1 Pet 1:22; 1 Joh 5:1

7 7 En die uitlewing van hierdie band met mekaar deur vir mekaar om te gee, deur bly te wees saam met dié wat bly is en hartseer saam met dié wat hartseer is, deur mekaar se laste te help dra, deur mekaar te vermaan as dit nodig is en mekaar moed in te praat as dit nodig is, deur mekaar te help as een die dag kos of klere nodig het, dis die broederliefde waarvan hier gepraat word. Die Here sê in Sy Woord dat iemand wat sê dat hy God liefhet, maar ander gelowiges nie liefhet nie, n leuenaar is. 10 Maar ons moet hard spook daarvoor. Dit kom nie vanself nie. Dis iets wat die Here vir ons gee as resultaat van ons inspanning om dit te kweek. En is dit nie mooi (soos ons netnou ook uit Psalm 133 gesing het) waar hierdie broederliefde in n kerk gesien en beleef word nie...? Die tweede liefde waarvan hier gepraat word, het die vertalers verleë: - die AV 1933/53 gee dit weer met naasteliefde; - die AV 1983/91 en BDV gee dit weer met liefde vir alle mense. Maar eintlik staan daar net die woord liefde. Maar dis die woord vir liefde wat in die Nuwe Testament gebruik word vir daardie liefde wat God aan ons bewys het 11 en wat ons beveel word om as kinders van God nou ook aan ander mense te bewys Joh 4:20 11 Bv Joh 3:16 12 Bv Mat 22:37-39

8 8 Die groot kenmerk van hierdie liefde is dat hierdie liefde nie n rede vir liefhê by die een soek wat liefgehê word nie. Daar was niks by ons wat God aangepor het om ons met hierdie liefde lief te hê nie. Inteendeel, daar was net n klomp redes waarom ons nie Sy liefde werd was nie en waarom Hy ons eintlik nie behoort lief te gehad het nie. Maar hierdie liefde het nie n rede daarvoor nodig by die een wat liefgehê word nie. Hierdie liefde kom uit die binneste van die een wat liefhet. God het ons liefgehad met hierdie liefde wat uit Sy binneste uit kom. En nou moet ons ook so liefhê. Dis een van die dinge wat in jou hart sal kom en moet kom as jy regtig in die Here glo: - hierdie liefde wat jy, sonder dat die ander een jou rede daarvoor gee, aan die ander een bewys; - hierdie liefde wat maak dat jy die tydelike geluk en die ewige saligheid van hierdie ander mens bevorder, al is hierdie mens dit glad nie werd nie en al verdien hierdie ander mens eintlik om deur jou gehaat te word; 13 - hierdie liefde wat uit jou nuutgemaakte hart uit kom n hart wat verstaan dat die Here jóú so liefgehad het en dat dit jou n tot-in-ewigheid-geseënde mens gemaak het. En dis omdat hierdie liefde nie iets by die ander een nodig het om dit te wakker te maak nie die ander een hoef nie mooi of oulik of vriendelik of n eggenoot of n kind of n familielid of n volksgenoot of n geloofsbroer of suster te wees om deur my liefgehê te word nie 13 Vgl bv Mat 5:44

9 9 dis dáárom wat dit n liefde vir enige ander mens kan wees en daarom deur vertalers weergegee word met iets soos naasteliefde of liefde vir alle mense. 14 Ons moet hard spook om by ons broederliefde ook hierdie liefde te hê, Kan n mens werk aan hierdie liefhê? Is liefde nie n aangetrokkenheid tot die ander een wat daar is of wat nie daar is nie en waaraan jy niks kan doen nie? Nie hiérdie liefde waarvan ons nou praat nie. Hierdie liefde is juis n liefde wat daar is al is daar nie n natuurlike of spontane aangetrokkenheid tot die ander mens nie. Hierdie liefde bestaan in dit wat jy in jou hart vir hierdie ander mens begeer, en in dit wat jy in jou gedagtes oor hierdie ander mens dink, en in dit wat jy vir en oor hierdie een sê, en in hoe jy teenoor hierdie een optree. En dis alles dinge waarvoor ons van die Heilige Gees vermoëns gekry het om by jouself iets aan te doen: - wat keer jou om in jou hart selfs vir jou grootste vyand bekering tot God te begeer, om te wens dat hierdie mens n ware kind van die Here sal word met alles wat dit vir hom/haar inhou? - en ons hét die vermoë om sekere gedagtes oor mense in ons koppe te keer en te vervang met beter gedagtes dié soort wat die Here by Sy volgelinge wil hê; 14 Vgl ook 1 Tes 3:12

10 10 - en wie van ons kan nie as jy regtig wil ophou om sleg van ander mense te praat nie, en dink aan positiewe maniere om met ander mense te praat en opbouende onderwerpe om oor te gesels nie? - en wat ons optrede teenoor ander mense betref wat maak dit (byvoorbeeld) vir jou onmoontlik om jou hand uit te steek en wie ook al dit nodig het, te help? Vir al hierdie dinge het ons by die Heilige Gees die vermoëns gekry en die motivering in die hart. As ons hierdie liefdes nie regkry nie, is dit omdat ons nie hard spook daarvoor nie, omdat ons nie alles in die stryd werp om dit uit ons geloof te laat voortvloei nie. Verstaan julle klein outjies? Die Here sê as ons regtig Sý kinders is, dan moet ons hard probeer om almal hier vir mekaar lief te wees, én ons moet hard probeer om met al die mense wat ons elke dag sien, vriendelik te wees en vir hulle goed te wees. Dis soos die Hére is: - Hy s met óns vriendelik; - En Hy s vir óns goed...! TEN SLOTTE

11 11 Ons is verby die eerste kerklike ronde van hierdie jaar, dié van huisbesoek, voorbereiding, nagmaal. Maar dis nie nou tyd om geestelik te gaan agteroorsit tot die volgende huisbesoek van die ouderling en voorbereidingsdiens nie. As begenadigdes moet ons nou gaan werk, ons inspan, spesiale moeite gaan doen, hard gaan spook, om ons geloof, wat nou weer versterk is, te gaan laat blom met al hierdie mooi dinge wat die Heilige Gees Petrus hier laat noem, en veral met die liefde: - die liefde wat ons as geloofsbroers en -susters vir mekaar het - maar ook daardie liefde waarvan ons by ons Here geleer het daardie liefde wat liefhet waar dit glad nie verdien word nie en waar dit glad nie verwag word nie! Oor drie maande moet sulke begenadigdes soos wat ons is, meer daarvan hê as nou. Anders het ons nie vanoggend gehoor wat die Gees vir hierdie gemeente sê nie. AMEN

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL Votum en seën Psalm 118 : 2 Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1933/53) Psalm 4 : 3 Gebed Skriflesing: Johannes 19:17-27 (AV 1933/53) Teks: Johannes 19:26-27

Nadere informatie

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra SKRIFLESING: Romeine 12:1-8 TEKS: Romeine 12:1-2 HK 49 TEMA: Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra Psalm 103 : 10, 11 Skrifberyming 28 (10-1) : 1, 2 Psalm 119 : 11 Skrifberyming 78 (13-3)

Nadere informatie

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun SKRIFLESING: Johannes 1:1-18 TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13 TEMA: God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun Psalm 45 : 1, 2, 3 Psalm 72 : 6 Skrifberyming 33 (2-4) : 1 Skrifberyming 78 (13-3) 2 Dat ons kinders

Nadere informatie

1 JOHANNES 4:20 HK 34:93

1 JOHANNES 4:20 HK 34:93 1 JOHANNES 4:20 HK 34:93 Votum en seën Psalm 134 : 1, 3 [ ons ] Gebed Psalm 27 : 4 Skriflesing: 1 Johannes 4:7-21 (AV 1983) Belydenis: HK 34:93 Teks: 1 Johannes 4:20 (AV 1983) Preek: God se wil is liefde

Nadere informatie

Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg

Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg SKRIFLESING: 1 Johannes 2:1-11 TEKS: 1 Johannes 2:6 TEMA: Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg Psalm 9 : 1, 2, 7 Psalm 31 : 13 (na gebed) Skrifberyming 72 (12-3) : 1, 2 Skrifberyming 78 (13-3) Ook:

Nadere informatie

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie. 1 Johannes 14b WH Belydenisaflegging en Nagmaal Kinders, doen julle wat mamma en pappa vra? Altyd? Partykeer eers later nè? Hoekom sal jy iets doen as jou ouers vra? Doen jy wat die Here vra? Wat is jou

Nadere informatie

NAGMAAL. SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a. Die kruis is die trots van die Here se kerk.

NAGMAAL. SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a. Die kruis is die trots van die Here se kerk. NAGMAAL SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a TEMA: Die kruis is die trots van die Here se kerk. Psalm 149 : 1, 2 Skrifberyming 10 (5-4) : 1, 2 Psalm 103 : 6 Psalm 9 : 1, 2,

Nadere informatie

1 JOHANNES 2: Votum en seën. Psalm 34 : 1, 4. Geloofsbelydenis: Nicea. Wet: Exodus 20:1-17 (AV 1933/53) Psalm 34 : 6. Gebed

1 JOHANNES 2: Votum en seën. Psalm 34 : 1, 4. Geloofsbelydenis: Nicea. Wet: Exodus 20:1-17 (AV 1933/53) Psalm 34 : 6. Gebed 1 JOHANNES 2:15-17 Votum en seën Psalm 34 : 1, 4 Geloofsbelydenis: Nicea Wet: Exodus 20:1-17 (AV 1933/53) Psalm 34 : 6 Gebed Skriflesing: 1 Johannes 2:3-17 (AV 1933/53) Teks: 1 Johannes 2:15-17 (AV 1933/53)

Nadere informatie

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22 1 BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22 Die sekerheid dat jy 'n kind van God is, is nie die einde van die pad nie maar die begin daarvan. Nou word dit moontlik om as gelowiges te groei. Maar waarheen lei

Nadere informatie

Aanbieding 1 Agtergrond. Skrywer van 2 Petrus

Aanbieding 1 Agtergrond. Skrywer van 2 Petrus 2 Petrus Aangebied deur dr. Douw Breed Aanbieding 1 Agtergrond Tema van 2 Petrus 1:1 Aan dié wat deur die regverdige beskikking van ons God en Verlosser, Jesus Christus, dieselfde kosbare geloof as ons

Nadere informatie

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig INLEIDING In ons verduideliking van hoe ons Nagmaal vier, het ons gehoor dat God ons waardig maak om aan die hemelse spys en drank deel te hê. Dit beteken

Nadere informatie

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5 MATTEUS 6:8 Votum en seën Psalm 7 : 6 Gebed Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5 Preek: Vir ons hemelse Vader is eenvoudige gebede goed Gebed

Nadere informatie

MATTEUS 7:12. Votum en seën. Psalm 34 : 2, 4. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 4 : 3.

MATTEUS 7:12. Votum en seën. Psalm 34 : 2, 4. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 4 : 3. MATTEUS 7:12 Votum en seën Psalm 34 : 2, 4 Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 4 : 3 Gebed Skrifberyming 53 (14-3) : 4 Skriflesing: Matteus 7:7-23 (AV 1983/91) Teks:

Nadere informatie

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk Doel van les: Voordat ons kan leer van ons nuwe identiteit in Christus, moet ons eers stil staan by wat Jesus vir ons kom doen het en dat ons die nuwe mens

Nadere informatie

SKRIFLESING: 1 Korintiërs 6: TEKS: 1 Korintiërs 6:19 HK 1:1. Ook ons liggame behoort aan die Here. Skrifberyming 72 (12-3) : 1, 2

SKRIFLESING: 1 Korintiërs 6: TEKS: 1 Korintiërs 6:19 HK 1:1. Ook ons liggame behoort aan die Here. Skrifberyming 72 (12-3) : 1, 2 SKRIFLESING: 1 Korintiërs 6:12-20 TEKS: 1 Korintiërs 6:19 HK 1:1 TEMA: Ook ons liggame behoort aan die Here Skrifberyming 72 (12-3) : 1, 2 Psalm 104 : 8, 9, 20 Skrifberyming 24 (1-1) : 7 2 Party mense

Nadere informatie

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk Doel van les: Voordat ons kan leer van ons nuwe identiteit in Christus, moet ons eers stil staan by wat Christus vir ons kom doen het. Vandag gaan ons gesels

Nadere informatie

God red elkeen wat werklik in Jesus Christus glo.

God red elkeen wat werklik in Jesus Christus glo. SKRIFLESING: Johannes 3:11-21 TEKS: Johannes 3:15, 16b HK 7 TEMA: God red elkeen wat werklik in Jesus Christus glo. Psalm 31 : 3, 5 Psalm 31 : 15, 17 Skrifberyming 27 (12-2) : 1, 4 2 Wie word gered? Dis

Nadere informatie

PSALM 40:9. Votum en seën. Psalm 89 : 3. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Deuteronomium 5:6-21 (AV 1933/53) Psalm 50 : 6, 7.

PSALM 40:9. Votum en seën. Psalm 89 : 3. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Deuteronomium 5:6-21 (AV 1933/53) Psalm 50 : 6, 7. PSALM 40:9 Votum en seën Psalm 89 : 3 Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels Wet: Deuteronomium 5:6-21 (AV 1933/53) Psalm 50 : 6, 7 Gebed Skriflesing: Psalm 40 (AV 1933/53) Teks: Psalm 40:7-9 (AV 1933/53) Psalm

Nadere informatie

Dit wat óns wil hoe óns wil leef en wil praat en selfs wil dink (dit weet ons almal) is baie kere baie anders as wat Gód van ons wil hê.

Dit wat óns wil hoe óns wil leef en wil praat en selfs wil dink (dit weet ons almal) is baie kere baie anders as wat Gód van ons wil hê. MATTEUS 21:29 HK 49 Votum Seën Psalm 40 : 2 Gebed Psalm 40 : 4 Skriflesing: Matteus 21:23-32 (AV 1933/53) Belydenis: HK 49 Teks: Matteus 21:29 (AV 1933/53) Preek: Jesus leer ons bid vir berou en bekering

Nadere informatie

Die Groot Gebod dennis de wet

Die Groot Gebod dennis de wet Die Groot Gebod dennis de wet Die Groot Gebod Meester, wat is die groot gebod in die wet? En Jesus antwoord hom: Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand.

Nadere informatie

NAGMAAL. SKRIFLESING: 1 Petrus 2: TEKS: 1 Petrus 2:24a. Jesus Christus het ons sondes gedra. Psalm 89 : 1. Psalm 40 : 3

NAGMAAL. SKRIFLESING: 1 Petrus 2: TEKS: 1 Petrus 2:24a. Jesus Christus het ons sondes gedra. Psalm 89 : 1. Psalm 40 : 3 NAGMAAL SKRIFLESING: 1 Petrus 2:18-25 TEKS: 1 Petrus 2:24a TEMA: Jesus Christus het ons sondes gedra Psalm 89 : 1 Psalm 40 : 3 Skrifberyming 10 (5-4) : 1, 2 Psalm 116 : 1, 2, 3, 4, 5, 7 Psalm 89 : 7 Voor

Nadere informatie

God het belowe om ons gehoorsaam te maak, net soos ons vra

God het belowe om ons gehoorsaam te maak, net soos ons vra SKRIFLESING: Jeremia 31:23-40 TEKS: Jeremia 31:33b HK 49 TEMA: God het belowe om ons gehoorsaam te maak, net soos ons vra Psalm 103 : 10, 11 Psalm 131 : 2, 3 Skrifberyming 14 (8-1) : 1, 2 Ook: Ps. 40 :

Nadere informatie

1 KORINTIËRS 13:12. Ook: Sb 18-8 (30) : 4, 5

1 KORINTIËRS 13:12. Ook: Sb 18-8 (30) : 4, 5 1 KORINTIËRS 13:12 Votum Seën Psalm 146 : 1, 4 Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels Wet: Exodus 20:1-17 (AV 1933/53) Psalm 139 : 1, 12 Gebed Psalm 42 : 1 Skriflesing: 1 Korintiërs 13 (AV 1933/53) Teks: 1

Nadere informatie

1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80

1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80 1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80 Votum en seën Psalm 23 : 1, 3 Gebed Skriflesing: 1 Korintiërs 10:1-13 (AV 1983) Belydenis: HK 29:78-30:80 Teks: 1 Korintiërs 10:4 Psalm 105 : 21, 22 Preek: Die Heilige Gees

Nadere informatie

God se liefde vat ons vrees vir Sy oordeel weg

God se liefde vat ons vrees vir Sy oordeel weg SKRIFLESING: 1 Johannes 4:7-21 TEKS: 1 Johannes 4:17-18 TEMA: God se liefde vat ons vrees vir Sy oordeel weg Psalm 48 : 1 Psalm 99 : 1, 4 Psalm 103 : 6 (na doop) Psalm 43 : 3 Skrifberyming 10 (5-4) : 1,

Nadere informatie

God red mense wat glo deur die krag van die evangelie

God red mense wat glo deur die krag van die evangelie SKRIFLESING: Romeine 1:1-17 TEKS: Romeine 1:16 HK 23 TEMA: God red mense wat glo deur die krag van die evangelie Psalm 67 : 2 Skrifberyming 10 (5-4) : 1, 2 Psalm 71 : 12, 14 Ook: Ps 32 Ps 65 : 2 2 As jy

Nadere informatie

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was nie om limate te gaan werf of om mense te gaan bekeer nie, maar om dissipels te gaan maak, mense wat Jesus volg. Net soos wat n mens nie noodwendig

Nadere informatie

SKRIFLESING: Romeine 8:31-39 (AV 1983) TEKS: Romeine 8:32b. Skrifberyming 24 (1-1) : 3. Psalm 62 : 4 (na gebed) Psalm 93 : 1, 4

SKRIFLESING: Romeine 8:31-39 (AV 1983) TEKS: Romeine 8:32b. Skrifberyming 24 (1-1) : 3. Psalm 62 : 4 (na gebed) Psalm 93 : 1, 4 SKRIFLESING: Romeine 8:31-39 (AV 1983) TEKS: Romeine 8:32b OPSKRIF: Grenslose liefde Skrifberyming 24 (1-1) : 3 Psalm 62 : 4 (na gebed) Psalm 93 : 1, 4 Skrifberyming 78 (13-3) 2 Vanoggend het ons gehoor

Nadere informatie

TEKS: Matteus 5:3 (AV 1933/53) HK 5

TEKS: Matteus 5:3 (AV 1933/53) HK 5 SKRIFLESING: Matteus 5:1-12 TEKS: Matteus 5:3 (AV 1933/53) HK 5 TEMA: Verlossing kom nie uit ons nie. Psalm 138 : 3 Skrifberyming 16 (11-3) : 1, 4 Psalm 146 : 2, 5 Skrifberyming 78 (13-3) Ook: Ps 33 :

Nadere informatie

Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek

Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek SKRIFLESING: 1 Johannes 2:28 3:10 TEKS: 1 Johannes 3:8b TEMA: Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek Psalm 45 : 1, 3, 5, 6 Psalm 79: 5, 6 Skrifberyming 33 (2-4) : 1, 2 Skrifberyming

Nadere informatie

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp. SKRIFLESING: Johannes 18:28-40 TEKS: TEMA: INHOUD: Johannes 18:37-38b Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp. Die waarheid verwerp Psalm 105 : 2, 3 Psalm 73 : 12 Skrifberyming 18 (17-2)

Nadere informatie

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE:

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE: VRUGTE VAN DIE GEES VRAE: GEDULD: (Patience) 1. Wat is geduld? 2. Wat is van die goed waarvoor jy geduldig moet wees? 3. Is dit moeilik vir jou om geduldig te wees? 4. Hoe kan jy geduld wys? SELFBEHEERSING:

Nadere informatie

HANDELINGE 14:15 HK 34:94-95

HANDELINGE 14:15 HK 34:94-95 HANDELINGE 14:15 HK 34:94-95 95 Votum Seën Psalm 150 : 1, 3 Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels Wet: Exodus 20:1-17 (AV 1933/53) Psalm 51 : 6 Gebed Skriflesing: Handelinge 14:1-20 (AV 1933/53) Belydenis:

Nadere informatie

KOLOSSENSE 3:17 HK Sondag 36

KOLOSSENSE 3:17 HK Sondag 36 KOLOSSENSE 3:17 HK Sondag 36 Votum en seën Psalm 20 : 1, 2, 7 Gebed Skriflesing: Kolossense 3:1-17 (AV 1983) Belydenis: HK 36:99 Teks: Kolossense 3:17 (AV 1983) Psalm 118 : 5 Preek: God se kinders eer

Nadere informatie

Jesus Christus se opstanding maak ons lewens sinvol

Jesus Christus se opstanding maak ons lewens sinvol SKRIFLESING: 1 Korintiërs 15:1-20 TEKS: 1 Korintiërs 15:20a TEMA: Jesus Christus se opstanding maak ons lewens sinvol Psalm 33 : 2 Psalm 33 : 11 Skrifberyming 10 (5-4) : 1, 2 Ook: Sb 27 : 1, 3 1 Weet u

Nadere informatie

PSALM 90:2 NGB 1. Votum en seën. Psalm 90 : 1. Gebed. Skriflesing: Psalm 90 (AV 1933/53) Belydenis: NGB 1. Teks: Psalm 90:2 (AV 1933/53)

PSALM 90:2 NGB 1. Votum en seën. Psalm 90 : 1. Gebed. Skriflesing: Psalm 90 (AV 1933/53) Belydenis: NGB 1. Teks: Psalm 90:2 (AV 1933/53) PSALM 90:2 NGB 1 Votum en seën Psalm 90 : 1 Gebed Skriflesing: Psalm 90 (AV 1933/53) Belydenis: NGB 1 Teks: Psalm 90:2 (AV 1933/53) Psalm 102 : 5, 11 Preek: God bestaan [nog] [altyd] Gebed Kollekte Skrifberyming

Nadere informatie

SKRIFLESING: Jesaja 6. TEKS: Jesaja 6:3 HK 8. Voor die drie-maal heilige God buig ons laag. Psalm 99 : 1, 2. Psalm 81 : 11, 12

SKRIFLESING: Jesaja 6. TEKS: Jesaja 6:3 HK 8. Voor die drie-maal heilige God buig ons laag. Psalm 99 : 1, 2. Psalm 81 : 11, 12 SKRIFLESING: Jesaja 6 TEKS: Jesaja 6:3 HK 8 TEMA: Voor die drie-maal heilige God buig ons laag Psalm 99 : 1, 2 Psalm 81 : 11, 12 Skrifberyming 45 (18-7) : 8, 9 Ook: Skrifberyming 54 (2-6) : 5 2 Die Heidelbergse

Nadere informatie

LUKAS 5:8. Votum en seën. Psalm 116 : 1, 10. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Exodus 20:1-17 (AV 1933/53) Psalm 51 : 6.

LUKAS 5:8. Votum en seën. Psalm 116 : 1, 10. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Exodus 20:1-17 (AV 1933/53) Psalm 51 : 6. LUKAS 5:8 Votum en seën Psalm 116 : 1, 10 Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels Wet: Exodus 20:1-17 (AV 1933/53) Psalm 51 : 6 Gebed Skriflesing: Lukas 5:1-11 (AV 1933/53) Teks: Lukas 5:8-9 (AV 1933/53) 1 Skrifberyming

Nadere informatie

GALASIËRS 5:22 (getrouheid)

GALASIËRS 5:22 (getrouheid) GALASIËRS 5:22 (getrouheid) Votum en seën Psalm 89 : 1, 3 Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983) Psalm 16 : 1, 2 Doop Skrifberyming 14 (8-1) : 1 Gebed Skriflesing: Galasiërs 5:13-26

Nadere informatie

PSALM 115:1 HK Sondag 52:

PSALM 115:1 HK Sondag 52: PSALM 115:1 HK Sondag 52:128-129 Votum en seën Skrifberyming 72 (12-3) : 1, 2 Gebed Skriflesing: Psalm 115 (AV 1933/53) Belydenis: HK 52:128-129 Teks: Psalm 115:1 (AV 1933/53) Psalm 115 : 1, 9 Preek: God

Nadere informatie

SKRIFLESING: Titus 1. TEKS: Titus 1:15. Die Here wil ons op die hoofspoor hê. Psalm 134 : 1, 2. Psalm 119 : 4. Psalm 18 : 12. Skrifberyming 78 (13-3)

SKRIFLESING: Titus 1. TEKS: Titus 1:15. Die Here wil ons op die hoofspoor hê. Psalm 134 : 1, 2. Psalm 119 : 4. Psalm 18 : 12. Skrifberyming 78 (13-3) SKRIFLESING: Titus 1 TEKS: Titus 1:15 TEMA: Die Here wil ons op die hoofspoor hê. Psalm 134 : 1, 2 Psalm 119 : 4 Psalm 18 : 12 Skrifberyming 78 (13-3) Ook: Ps 141 : 3, 4 Sb 14 : 1, 2 Dis nie altyd so maklik

Nadere informatie

Die Here gee vir mense, wat oor Hom bly is, dit wat hulle harte begeer.

Die Here gee vir mense, wat oor Hom bly is, dit wat hulle harte begeer. SKRIFLESING: Psalm 37 : 1-11 TEKS: Psalm 37:4 TEMA: Die Here gee vir mense, wat oor Hom bly is, dit wat hulle harte begeer. Psalm 150 : 1, 2 Psalm 139 : 1, 3 Skrifberyming 72 (12-3) : 1, 2 Psalm 33 : 11

Nadere informatie

n Tempel Leier besoek Jesus

n Tempel Leier besoek Jesus Bybel vir Kinders bied aan n Tempel Leier besoek Jesus Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Byron Unger; Lazarus Aangepas deur: M. Maillot; Sarah S. Vertaal deur: Yvette Brits Vervaardig deur: Bible

Nadere informatie

OPENBARING 5:5 HK Sondag 48

OPENBARING 5:5 HK Sondag 48 OPENBARING 5:5 HK Sondag 48 Votum en seën Psalm 93 : 1, 4 Gebed Skriflesing: Openbaring 5 (AV 1933/53) Belydenis: HK 48 Teks: Openbaring 5:5 (AV 1933/53) Psalm 72 : 2 Preek: God sorg self vir die koms

Nadere informatie

God laat alles Sy kinders se saligheid bevorder.

God laat alles Sy kinders se saligheid bevorder. SKRIFLESING: Romeine 8:18-30 TEKS: Romeine 8:28 HK 9 TEMA: God laat alles Sy kinders se saligheid bevorder. Psalm 30 : 3, 4 Skrifberyming 33 (2-4) : 1 Psalm 119 : 25 Skrifberyming 78 (13-3) Ook: Sb 52

Nadere informatie

Jesaja sien die Toekoms

Jesaja sien die Toekoms Bybel vir Kinders bied aan Jesaja sien die Toekoms Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Jonathan Hay Aangepas deur: Mary-Anne S. Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

Die Groot Geloofswoordeboek: Liefde

Die Groot Geloofswoordeboek: Liefde Die Groot Geloofswoordeboek: Liefde Die Groot Geloofswoordeboek: Liefde Liefde (*God) Liefde is een van die kernwoorde van die Bybel, maar miskien juis daarom een van die mees misbruikte woorde. In ons

Nadere informatie

Dis net so ondenkbaar soos n gemeente die tempel van die Heilige Gees 1 wat nie bid nie.

Dis net so ondenkbaar soos n gemeente die tempel van die Heilige Gees 1 wat nie bid nie. PSALM 141 : 2 HK 45 Votum Seën Psalm 104 : 1, 2, 20 Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels Wet: Deuteronomium 5:6-21 (AV 1933/53) Psalm 69 : 3, 6, 12 Gebed Psalm 28 : 1, 2, 6 Skriflesing: Psalm 141 (AV 1933/53)

Nadere informatie

1 JOHANNES 5:4. Votum en seën. Psalm 45 : 1, 3, 4. Gebed. Skriflesing: 1 Johannes 5:1-13 (AV 1933/53) Teks: 1 Johannes 5:4 (AV 1933/53) Psalm 18 : 15

1 JOHANNES 5:4. Votum en seën. Psalm 45 : 1, 3, 4. Gebed. Skriflesing: 1 Johannes 5:1-13 (AV 1933/53) Teks: 1 Johannes 5:4 (AV 1933/53) Psalm 18 : 15 1 JOHANNES 5:4 Votum en seën Psalm 45 : 1, 3, 4 Gebed Skriflesing: 1 Johannes 5:1-13 (AV 1933/53) Teks: 1 Johannes 5:4 (AV 1933/53) Psalm 18 : 15 Preek: Wie uit God gebore is, oorwin die wêreld Gebed Kollekte

Nadere informatie

SKRIFLESING: 1 Petrus 2:1-10. TEKS: 1 Petrus 2:9. God red sodat ons sal vertel. Psalm 40 : 5. Psalm 4 : 3. Skrifberyming 8 (5-3) : 2.

SKRIFLESING: 1 Petrus 2:1-10. TEKS: 1 Petrus 2:9. God red sodat ons sal vertel. Psalm 40 : 5. Psalm 4 : 3. Skrifberyming 8 (5-3) : 2. SKRIFLESING: 1 Petrus 2:1-10 TEKS: 1 Petrus 2:9 TEMA: God red sodat ons sal vertel. Psalm 40 : 5 Psalm 4 : 3 Skrifberyming 8 (5-3) : 2 Psalm 71 : 9, 14 Skrifberyming 78 (13-3) Ook: Sb 24 (1-1) : 6 2 Waar

Nadere informatie

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees Doel van les: Vandag leer ons van die Vrugte van die Heilige Gees en hoe dit in ons lewens werk. INLEIDING: Sjoe, ons het nou al so baie van die Heilige Gees

Nadere informatie

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3.

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3. SKRIFLESING: Johannes 8 :12-20 TEKS: Johannes 8:12 TEMA: Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe Psalm 150 : 1, 2, 3 Psalm 43 : 3, 4 Skrifberyming 3 (4-7) : 1, 2 Skrifberyming 9 (18-1) : 1, 6 [Ook: Ps

Nadere informatie

Christene moet ook met hulle gedrag vir die Here praat.

Christene moet ook met hulle gedrag vir die Here praat. SKRIFLESING: Titus 2 TEKS: TEMA: Titus 2:5b, 10b Christene moet ook met hulle gedrag vir die Here praat. Psalm 107 : 1, 2 Skrifberyming 54 (2-6) : 1 Psalm 107 : 15 Skrifberyming 78 (13-3) 2 Ons moet vir

Nadere informatie

SKRIFLESING: 1 Korintiërs 13. TEKS: 1 Korintiërs 13:8. Die liefde bly vir ewig. Psalm 103 : 1, 2. Psalm 102 : 11, 12. Skrifberyming 21 (9-4) : 1, 6

SKRIFLESING: 1 Korintiërs 13. TEKS: 1 Korintiërs 13:8. Die liefde bly vir ewig. Psalm 103 : 1, 2. Psalm 102 : 11, 12. Skrifberyming 21 (9-4) : 1, 6 SKRIFLESING: 1 Korintiërs 13 TEKS: 1 Korintiërs 13:8 TEMA: Die liefde bly vir ewig Psalm 103 : 1, 2 Psalm 102 : 11, 12 Skrifberyming 21 (9-4) : 1, 6 Skrifberyming 78 (13-3) Ook: Sb 33 (2-4) : 2 2 U ken

Nadere informatie

LITURGIE VIR N OOP GESPREK

LITURGIE VIR N OOP GESPREK LITURGIE VIR N OOP GESPREK 1 Liturgie vir ʼn oop gesprek Nota Hierdie liturgie kan gebruik word in ʼn erediens of vir groepgesprekke en vergaderings. Dit sal goed wees as daar 90 minute ingeruim kan word

Nadere informatie

NABETRAGTING 1 Timoteus 6:12

NABETRAGTING 1 Timoteus 6:12 NABETRAGTING 1 Timoteus 6:12 Votum en seën Psalm 91 : 1, 2 Gebed Skriflesing: 1 Timoteus 6:3-16 (AV 1933/53) Teks: 1 Timoteus 6:12a (AV 1933/53) Skrifberyming 53 (14-3) : 4 Preek: Die Here roep ons op

Nadere informatie

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus Doel van les: Ons leer meer oor Wie ons is in Christus. Ysbreker: Bome Uitbeeld: In die Bybel lees mens baiekeer dinge oor bome. God praat van bome om ons as

Nadere informatie

SKRIFLESING: Lukas 16:1-13. TEKS: Lukas 16:11 HK 42. Geld en goed vir God. Psalm 95 : 1, 3. Psalm 119 : 7. Skrifberyming 44 (15-8) : 2

SKRIFLESING: Lukas 16:1-13. TEKS: Lukas 16:11 HK 42. Geld en goed vir God. Psalm 95 : 1, 3. Psalm 119 : 7. Skrifberyming 44 (15-8) : 2 SKRIFLESING: Lukas 16:1-13 TEKS: Lukas 16:11 HK 42 TEMA: Geld en goed vir God Psalm 95 : 1, 3 Psalm 119 : 7 Skrifberyming 44 (15-8) : 2 Skrifberyming 78 (13-3) Ook: Ps 19 : 5 Ps 62 : 5, 7 Sb 26 : 9 Sb

Nadere informatie

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3 1 Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps. 116... Sb 33:1,3 1 Johannes 3 1Jn 3:1 Kyk wat n groot liefde die Vader aan ons bewys het,

Nadere informatie

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

DIE VLEUELS VAN GEBED (9) DIE VLEUELS VAN GEBED (9) DIE VLEUELS VAN GEBED (9) Jan van der Watt Dankie Here! Dankie sê is om jou skuld te betaal. In die tyd van die Bybel was dankie sê iets anders as vandag. Vandag is dankie n woord

Nadere informatie

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels.

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels. 1 Johannes 17b PT INLEIDING Lees Johannes 17:1-19 Hoe het dit die week met julle gebede gegaan? Kon julle intiem met julle Vader gesels? Ons het `n tydjie gelede gekyk na die eerste 6 verse van Jesus se

Nadere informatie

Die Here laat ons maai wat ons gesaai het

Die Here laat ons maai wat ons gesaai het SKRIFLESING: Galasiërs 6 TEKS: Galasiërs 6:7-8 TEMA: Die Here laat ons maai wat ons gesaai het Psalm 100 : 1, 3, 4 Psalm 50 : 11 Psalm 91 : 1 (na belydenisaflegging) Psalm 126 : 3 Skrifberyming 33 (2-4)

Nadere informatie

Galasiërs 6:11. Kyk met watter groot letters ek met my eie hand aan julle skrywe! (Galasiërs 6:11)

Galasiërs 6:11. Kyk met watter groot letters ek met my eie hand aan julle skrywe! (Galasiërs 6:11) Les 14 vir 30 September 2017 Paulus se slotrede is eintlik 'n oproep tot die Galasiërs. Paulus was soos 'n herder wat vir sy kudde sorg. Hy wou die waarhede van die geloof in die Galasiërs se gedagtes

Nadere informatie

Jesus se eerste preek op die berg. Hy gee ons onuitspreeklike blydskap.

Jesus se eerste preek op die berg. Hy gee ons onuitspreeklike blydskap. Jesus se eerste preek op die berg. Hy gee ons onuitspreeklike blydskap. Ses groepstudies oor die Saligsprekinge uit Matteus 5 Groepstudie 1 17 Februarie 1. Die bergpredikasie. i. Leer gou almal se name

Nadere informatie

JOHANNES 3:19-20 DL 3/4:1

JOHANNES 3:19-20 DL 3/4:1 JOHANNES 3:19-20 DL 3/4:1 Votum en seën Psalm 47 : 1, 3 Geloofsbelydenis: Nicea Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 50 : 8, 11 Gebed Skriflesing: Johannes 3:1-21 (AV 1983/91) Belydenis: Dordtse Leerreëls

Nadere informatie

PSALM 68:7. Votum en seën. Psalm 66 : 1. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Exodus 20:1-17 (AV 1983) Psalm 38 : 1, 8. Gebed

PSALM 68:7. Votum en seën. Psalm 66 : 1. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Exodus 20:1-17 (AV 1983) Psalm 38 : 1, 8. Gebed PSALM 68:7 Votum en seën Psalm 66 : 1 Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels Wet: Exodus 20:1-17 (AV 1983) Psalm 38 : 1, 8 Gebed Skriflesing: Psalm 68:1-19 (AV 1983) Teks: Psalm 68 : 7a [= tot by woon ] (AV

Nadere informatie

Goeie Konings, Slegte Konings

Goeie Konings, Slegte Konings Bybel vir Kinders bied aan Goeie Konings, Slegte Konings Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Lazarus Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5)

God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5) God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5) Wie is Jesus? Wie is Jesus vir die mense...? Godsdienste Boeddhisme Islam Judaïsme Hinduïsme New Age Wat sê die Woord van God? Joh 8:12-30

Nadere informatie

SKRIFLESING: Lukas 17:1-10. TEKS: Lukas 17:10 HK 24. Begenadigdes skuld God gehoorsaamheid. Psalm 138 : 1. Skrifberyming 24 (1-1) : 2.

SKRIFLESING: Lukas 17:1-10. TEKS: Lukas 17:10 HK 24. Begenadigdes skuld God gehoorsaamheid. Psalm 138 : 1. Skrifberyming 24 (1-1) : 2. SKRIFLESING: Lukas 17:1-10 TEKS: Lukas 17:10 HK 24 TEMA: Begenadigdes skuld God gehoorsaamheid. Psalm 138 : 1 Skrifberyming 24 (1-1) : 2 Psalm 40 : 4 1 Kan dit regtig wees dat al die goeie dinge wat ons

Nadere informatie

Wie God se beloftes het, streef om skoon te word en heilig te wees

Wie God se beloftes het, streef om skoon te word en heilig te wees SKRIFLESING: 2 Korintiërs 6:14 7:1 TEKS: 2 Korintiërs 7:1 TEMA: Wie God se beloftes het, streef om skoon te word en heilig te wees Psalm 103 : 1 Psalm 30 : 7 Psalm 68 : 9 Skrifberyming 78 (13-3) Ook: Sb

Nadere informatie

Die Kerk se Geboorte

Die Kerk se Geboorte Bybel vir Kinders bied aan Die Kerk se Geboorte Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Vertaal deur: Gert Badenhorst Aangepas deur: Ruth Klassen Storie 55 van 60 www.m1914.org Bible for

Nadere informatie

SKRIFLESING: Matteus 11: TEKS: Matteus 11:28. Christus gee gekwelde mense rus. Psalm 145 : 1, 2. Skrifberyming 12-3 : 1, 2 (na geloofsbelydenis)

SKRIFLESING: Matteus 11: TEKS: Matteus 11:28. Christus gee gekwelde mense rus. Psalm 145 : 1, 2. Skrifberyming 12-3 : 1, 2 (na geloofsbelydenis) SKRIFLESING: Matteus 11:20-30 TEKS: Matteus 11:28 TEMA: Christus gee gekwelde mense rus. Psalm 145 : 1, 2 Skrifberyming 12-3 : 1, 2 (na geloofsbelydenis) Psalm 135 : 3 (na gebed) Psalm 84 : 2 (na preek)

Nadere informatie

1 TESSALONISENSE 5:25

1 TESSALONISENSE 5:25 1 TESSALONISENSE 5:25 Votum Seën Psalm 9 : 1, 8 Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels Wet: Eksodus 20 : 1-17 (AV 1983/91) Psalm 1 : 4 Gebed Skriflesing: 1 Tessalonisense 5:12-28 (AV 1983/91) Teks: 1 Tessalonisense

Nadere informatie

toegewy aan God ross os s v an v nieker i k

toegewy aan God ross os s v an v nieker i k toegewy aan God ross van niekerk goddelike nageslag hoe verseker ons dit? 1. modelleer. 2. liefde. 3. instruksie. 4. dissipline. 5. meedeling. psalm 127:3 Kyk, kinders is n erfdeel van die HERE; die vrug

Nadere informatie

0:03: 01:5 Vertel mekaar watter labels mense al op jou gesit het. Wat het mense jou al genoem... goeie goed en slegte goed, dit is alles labels...

0:03: 01:5 Vertel mekaar watter labels mense al op jou gesit het. Wat het mense jou al genoem... goeie goed en slegte goed, dit is alles labels... 1 0:01:50-0:03:50 Gnomeo en Juliet se storie begin met twee families, rooi en blou wat nie van mekaar hou nie. Hulle noem die ander familie nooit op hul name nie, maar slegs rooies of bloues. Hierdie word

Nadere informatie

14. Gemaak om lief te hê 1 Johannes 3:11-17; 4:7-12

14. Gemaak om lief te hê 1 Johannes 3:11-17; 4:7-12 14. Gemaak om lief te hê 1 Johannes 3:11-17; 4:7-12 Tema Jesus het uit liefde sy lewe vir ons afgelê en Hy gee ook hierdie liefde in ons sodat ons mekaar kan liefhê. Agtergrond en interpretasie Johannes

Nadere informatie

TEKS: Handelinge 2:39 HK 27:74. Die Here se belofte geld ook vir die kinders van gelowiges

TEKS: Handelinge 2:39 HK 27:74. Die Here se belofte geld ook vir die kinders van gelowiges SKRIFLESING: Handelinge 2:37-47 TEKS: Handelinge 2:39 HK 27:74 TEMA: Die Here se belofte geld ook vir die kinders van gelowiges Psalm 90 : 1 Skrifberyming 15 (16-1) : 1, 2, 3 Psalm 90 : 9 1 Dit gebeur

Nadere informatie

SKRIFLESING: Lukas 6: TEKS: Lukas 6:37 HK 43. God se mense het ook met hulle woorde lief. Psalm 34 : 1, 2. Psalm 34 : 6.

SKRIFLESING: Lukas 6: TEKS: Lukas 6:37 HK 43. God se mense het ook met hulle woorde lief. Psalm 34 : 1, 2. Psalm 34 : 6. SKRIFLESING: Lukas 6:27-42 TEKS: Lukas 6:37 HK 43 TEMA: God se mense het ook met hulle woorde lief. Psalm 34 : 1, 2 Psalm 34 : 6 Psalm 18 : 14 Dis reg dat ons mekaar met die daad moet liefhä. Die Bybel

Nadere informatie

JOHANNES 6:48 HK 28. Votum en seën. Psalm 100 : 1, 3. Gebed. Skrifberyming 54 (2-6) : 1. Skriflesing: Johannes 6:41-59 (AV 1983) Belydenis: HK 28

JOHANNES 6:48 HK 28. Votum en seën. Psalm 100 : 1, 3. Gebed. Skrifberyming 54 (2-6) : 1. Skriflesing: Johannes 6:41-59 (AV 1983) Belydenis: HK 28 JOHANNES 6:48 HK 28 Votum en seën Psalm 100 : 1, 3 Gebed Skrifberyming 54 (2-6) : 1 Skriflesing: Johannes 6:41-59 (AV 1983) Belydenis: HK 28 Teks: Johannes 6:48 (AV 1983) Preek: Christus is die Brood wat

Nadere informatie

SKRIFLESING: Johannes 3:1-21. TEKS: Johannes 3:16. Psalm 149 : 1, 2. Psalm 25 : 3. Psalm 103 : 6 (na doop) Skrifberyming 33 (2-4) : 1

SKRIFLESING: Johannes 3:1-21. TEKS: Johannes 3:16. Psalm 149 : 1, 2. Psalm 25 : 3. Psalm 103 : 6 (na doop) Skrifberyming 33 (2-4) : 1 SKRIFLESING: Johannes 3:1-21 TEKS: Johannes 3:16 INHOUD: Die liefde van God Psalm 149 : 1, 2 Psalm 25 : 3 Psalm 103 : 6 (na doop) Skrifberyming 33 (2-4) : 1 2 As ons sou weet dat die wêreld hierdie week

Nadere informatie

MATTEUS 5:39. Votum en seën. Psalm 149 : 1, 2. Geloofsbelydenis: Nicea. Wet: Exodus 20:1-17 (AV 1933/53) Psalm 62 : 7 (by 8e gebod) Gebed

MATTEUS 5:39. Votum en seën. Psalm 149 : 1, 2. Geloofsbelydenis: Nicea. Wet: Exodus 20:1-17 (AV 1933/53) Psalm 62 : 7 (by 8e gebod) Gebed MATTEUS 5:39 Votum en seën Psalm 149 : 1, 2 Geloofsbelydenis: Nicea Wet: Exodus 20:1-17 (AV 1933/53) Psalm 62 : 7 (by 8e gebod) Gebed Skriflesing: Matteus 5:38-48 (AV 1933/53) Teks: Matteus 5:39 Preek:

Nadere informatie

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24 1 15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24 Tema Wanneer jy in Jesus glo, eindig jou lewe nie op die dag wanneer jy doodgaan nie. Jy sal uit die dood opstaan en

Nadere informatie

Baie welkom by vanoggend se erediens. Doen asb moeite om ander mense rondom jou te groet

Baie welkom by vanoggend se erediens. Doen asb moeite om ander mense rondom jou te groet Baie welkom by vanoggend se erediens Doen asb moeite om ander mense rondom jou te groet Kerklike jaar 'n Sistematiese kyk na die Evangelie boodskap Advent - die vier Sondae voor Kersfees Epifanie ("Godsverksyning")

Nadere informatie

n Kind, Jesus, word gebore en word groot (2)

n Kind, Jesus, word gebore en word groot (2) n Kind, Jesus, word gebore en word groot (2) n Kind, Jesus, word gebore en word groot (2) Jan van der Watt DEEL 2[1] DIE VERHALE VAN MATTEUS EN LUKAS Die verhaal van Jesus se geboorte (die kersverhaal)

Nadere informatie

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer Voorwoord Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer van die lewe lyk en is nie. Veel eerder is ware hoop om met gestroopte eerlikheid te weet dat jy bang is, maar tog vorentoe beweeg. Dis om,

Nadere informatie

Die Here gee vrede en geregtigheid waar mense Hom gehoorsaam

Die Here gee vrede en geregtigheid waar mense Hom gehoorsaam SKRIFLESING: Jesaja 48 TEKS: Jesaja 48:18 (AV 1933/53) TEMA: Die Here gee vrede en geregtigheid waar mense Hom gehoorsaam Psalm 18 : 1 Skrifberyming 16 (11-3) : 4, 6 Psalm 81 : 15, 18 Psalm 37 : 17, 23

Nadere informatie

Deur Sy wet gee God ons broodnodige kennis van sonde

Deur Sy wet gee God ons broodnodige kennis van sonde SKRIFLESING: Romeine 7:1-13 TEKS: Romeine 7:7 HK 1:2 2:5 TEMA: Deur Sy wet gee God ons broodnodige kennis van sonde Psalm 147 : 1, 4 Skrifberyming 26 (9-1) : 1, 10 Psalm 130 : 2 2 As u vir iemand wat glad

Nadere informatie

Van Vervolger tot Prediker

Van Vervolger tot Prediker Bybel vir Kinders bied aan Van Vervolger tot Prediker Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Gert Badenhorst Vervaardig deur: Bible for Children

Nadere informatie

EFESIËRS 4:25, 29 en 5:3-4

EFESIËRS 4:25, 29 en 5:3-4 EFESIËRS 4:25, 29 en 5:3-4 Votum en seën Psalm 92 : 1, 2 Geloofsbelydenis: Nicea Wet: Exodus 20:1-17 (AV 1933/53) Psalm 1 : 4 Gebed Psalm 16 : 1 Skriflesing: Efesiërs 4:17 5:5 (AV 1933/53) Teks: Efesiërs

Nadere informatie

SKRIFLESING: Romeine 1:1-17. TEKS: Romeine 1:3b-4a HK 13. Jesus is die Seun van God en ons Here. Psalm 149 : 1, 2.

SKRIFLESING: Romeine 1:1-17. TEKS: Romeine 1:3b-4a HK 13. Jesus is die Seun van God en ons Here. Psalm 149 : 1, 2. SKRIFLESING: Romeine 1:1-17 TEKS: Romeine 1:3b-4a HK 13 TEMA: Jesus is die Seun van God en ons Here Psalm 149 : 1, 2 Psalm 72 : 9, 11 Skrifberyming 41 (15-5) : 1, 4 [Ook: Ps 2 en Sb 5 en 27] 1 Dit gaan

Nadere informatie

Die Rol van die Vader, Seun en Heilige Gees?

Die Rol van die Vader, Seun en Heilige Gees? Die Rol van die Vader, Seun en Heilige Gees? Die Rol van die Vader, Seun en Heilige Gees? Kobus Kok ʼn Leser vra: Wat is die rol van God die Vader in die gelowige se lewe vandag? Wat is die rol van God

Nadere informatie

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN Skep Die Geleentheid Vir Veilige Kommunikasie Bou Vertroue & Dra Waardes Oor Versterk Verhoudings Ontwikkel Jou Kind Se Emosionele Intelligensie SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN Created by REËLS VIR

Nadere informatie

Jesus kom op n onbekende tyd weer bly dan gereed vir Hom!

Jesus kom op n onbekende tyd weer bly dan gereed vir Hom! SKRIFLESING: Matteus 25:1-13 TEKS: Matteus 25:13 TEMA: Jesus kom op n onbekende tyd weer bly dan gereed vir Hom! Psalm 98 : 3 Psalm 99 : 1, 3 Skrifberyming 29 (18-3) : 8, 9 Skrifberyming 43 (15-7) : 5

Nadere informatie

Jakobus 4a Tema: toets van wêreldliefde / begeertes. Wat het jy?

Jakobus 4a Tema: toets van wêreldliefde / begeertes. Wat het jy? 1 Jakobus 4a Tema: toets van wêreldliefde / begeertes. Wat het jy? Lees Jakobus 3:13 14:10 Wat het jy? Het jy die regte bloed, velkleur, selfoon, motor, huis, werk, kerk, geloof, dade. Het jy iets wat

Nadere informatie

JESAJA 50:4a. Votum en seën. Psalm 45 : 1, 2, 6. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Deuteronomium 5:6-21 (AV 1933/53) Psalm 45 : 9, 10.

JESAJA 50:4a. Votum en seën. Psalm 45 : 1, 2, 6. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Deuteronomium 5:6-21 (AV 1933/53) Psalm 45 : 9, 10. JESAJA 50:4a Votum en seën Psalm 45 : 1, 2, 6 Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels Wet: Deuteronomium 5:6-21 (AV 1933/53) Psalm 45 : 9, 10 Gebed Psalm 27 : 4 Skriflesing: Jesaja 50:4-11 (AV 1933/53) Teks:

Nadere informatie

SKRIFLESING: Lukas 8: TEKS: Lukas 8:25a. Geloof moet werk. Psalm 48 : 4. Psalm 119 : 36. Psalm 31 : 1, 2. Skrifberyming 74 (14-2)

SKRIFLESING: Lukas 8: TEKS: Lukas 8:25a. Geloof moet werk. Psalm 48 : 4. Psalm 119 : 36. Psalm 31 : 1, 2. Skrifberyming 74 (14-2) SKRIFLESING: Lukas 8:22-39 TEKS: Lukas 8:25a TEMA: Geloof moet werk. Psalm 48 : 4 Psalm 119 : 36 Psalm 31 : 1, 2 Skrifberyming 74 (14-2) Skrifberyming 78 (13-3) 2 Dis maklik, as ons veilig en rustig hier

Nadere informatie

DIE JERUSALEM RAAD Les 8 vir 25 Augustus 2018

DIE JERUSALEM RAAD Les 8 vir 25 Augustus 2018 DIE JERUSALEM RAAD Les 8 vir 25 Augustus 2018 Die heidene het die evangelie aanvaar, en dit was vir sommige Jode 'n probleem. Moet die heidene nie onder dieselfde reëls leef nie? Waarom het die Jode besny,

Nadere informatie

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek.

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek. 1 Lukas 6h 7.10.18 WH Tema: Hoe kyk jy? Ek sien nou die dag `n taxi met `n plakkaat agter in die venster waarop daar staan: only God can judge me. Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in

Nadere informatie

Preek oor: Wat doen die Heilige Gees? Die Heilige Gees laat die wedergeboorte plaasvind

Preek oor: Wat doen die Heilige Gees? Die Heilige Gees laat die wedergeboorte plaasvind 1 Preek oor: Wat doen die Heilige Gees? Die Heilige Gees laat die wedergeboorte plaasvind (Preek gelewer tydens erediens in Welkom-Noord op Sondag 29 Mei 2016) Voor die erediens Sing: Psalm 71-1:1,9,12

Nadere informatie

SKRIFLESING: Handelinge 16: TEKS: Handelinge 16:30-31 HK 23. Wie in die Here Jesus glo, word gered. Psalm 48 : 4.

SKRIFLESING: Handelinge 16: TEKS: Handelinge 16:30-31 HK 23. Wie in die Here Jesus glo, word gered. Psalm 48 : 4. SKRIFLESING: Handelinge 16:16-34 TEKS: Handelinge 16:30-31 HK 23 TEMA: Wie in die Here Jesus glo, word gered. Psalm 48 : 4 Psalm 37 : 2, 5 Skrifberyming 10 (5-4) : 1, 2 1 Dit bly maar iets waaroor mense

Nadere informatie