Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

Maat: px
Weergave met pagina beginnen:

Download "Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra"

Transcriptie

1 SKRIFLESING: Romeine 12:1-8 TEKS: Romeine 12:1-2 HK 49 TEMA: Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra Psalm 103 : 10, 11 Skrifberyming 28 (10-1) : 1, 2 Psalm 119 : 11 Skrifberyming 78 (13-3) Ook: Sb 14 (8-1) : 1, 2

2 2 In die gebed-skool van die Here Jesus is ons geleer dat die eerste waarvoor ons behoort te bid, die heiliging van God se Naam is. Dis die heel belangrikste saak in die wêreld! Die tweede (wat ons geleer is om voor te vra) is dat die Here as Koning sal regeer, net soos wat Hy ons onder andere in die gelykenisse oor die koninkryk van die hemel geleer het dat Hy doen dat Hy byvoorbeeld Sy koningskap soos suurdeeg, wat n hele stuk deeg deursuur, sal laat werk. Die volgende wat ons dan heel logies geleer word om te vra, is dat Sy wil sal geskied. Waar daar n Koning is, verwag jy mos onderdane wat aan Hom gehoorsaam is; en daarom volg daar na die versoek oor die koningskap van die Here, ook die versoek dat Hy ons Sy wil sal laat doen. Dis wat vanaand gepreek word, dat die Here ons leer om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra. Kom ons kyk na die volgende: 1. na wat in hierdie gebed bedoel word met U wil; 2. na wat U wil geskied beteken; 3. na wat nodig is om Sy wil te laat geskied. 1. WAT IS U WIL IN HIERDIE GEBED? Ons praat van dit wat God doen, dit wat Hy in hierdie wêreld en in ons eie lewe laat gebeur, as Sy wil. Dis die Here se wil dat dinge sus of so gebeur het, sal ons vir mekaar sê. Maar hierdie derde versoek in die Onse Vader gaan nie in die eerste plek oor hiérdie wil van die Here dit wat Hy in hierdie wêreld en in ons lewens doen en laat gebeur nie. Daar s iets anders 1 wat ons ook die wil van God noem, naamlik dit wat Hy wil hê wat ons moet doen: - Sy opdragte aan die mens; - Sy gebooie. Ons sê mos dat dit die wil van die Here is dat ons nie ander gode sal hê nie 1 Uit God se ooogpunt is dit nie regtig iets anders nie. By Hom is Sy besluit-wil en Sy bevel-wil deel van één Plan.

3 3 en dat ons Sy Naam moet eer en dat ons nie mag moor en steel en lieg nie. Hierdie derde versoek van die gebed wat die Here Jesus ons leer, gaan oor hiérdie wil van God: Sy bevele, Sy voorskrifte, Sy Wet. Hierdie derde versoek vra nie dat Gód moet doen wat Hy besluit het om te doen nie, maar dat óns sal doen wat Hy ons beveel het om te doen! Die versoek is nie Laat U U eie wil doen nie, maar Laat óns U wil doen! Wát is die wil van die Here wat ons moet doen? Dis alles wat Hy ons in die Bybel beveel om te doen. Dis al die direkte opdragte wat Hy gee so móét jy; so mág jy nie. Maar ook al die indirekte opdragte wat Hy gee, byvoorbeeld deur die beskrywing van goeie dinge wat mense gedoen het en wat ons dan moet navolg, óf deur die beskrywing van verkeerde dinge wat mense gedoen het en wat ons dan nie mág navolg nie. Al hierdie opdragte van die Here aan die mens kan op verskillende maniere opgesom word. o Jy kan byvoorbeeld sê dat dit Sy wil is dat ons in Hom sal glo en dat ons Hom sal gehoorsaam. Geloof en gehoorsaamheid sluit alles in wat die Here van ons vra. o Of jy kan sê dat dit Sy wil is dat ons Hom met ons hele mens-wees moet liefhê en ons naaste soos onsself. Liefde is die samevatting van ál God se opdragte. o Of jy kan sê (soos dit hier in HK 49 gedoen word) dat dit Sy wil is dat ons ons amp en ons beroep sal uitleef soos Hy dit van ons wil hê. Ons amp verwys na alles wat Christen-wees in die algemeen beteken, of ook na ons besondere amp in Sy kerk as jy daartoe geroep is. Ons beroep verwys na dit wat ons as ons daaglikse werk doen: onderwyser, huisvrou, ingenieur, klerk, ens.

4 4 Al die Here se opdragte kan ook só saamgevat word: om jou amp en beroep gewillig en getrou vir die Here te doen. Hier in Romeine 12:2 lees ons weer dat dit wat goed is en wat vir God aanneemlik is en wat volmaak is dít is Sy wil. o Dit wat goed is verwys na alles wat Gód as goed beskou in besonder ook na dit wat Hy vir ons as goed beskou, dit wat vir ons wanneer ons dit doen Sy goeie seëninge tot gevolg sal hê. o Dit wat vir Hom aanneemlik is verwys na dit waarvan Hý hou, na dit wat vir Hóm aanvaarbaar is. Daar s mense wat leef asof hulle dink dat alles waarvan húlle hou en wat vir húlle aanvaarbaar is, ook maar God se wil is. Maar dis nie so nie. Sy wil vir ons lewens is dit wat vir Hóm aanneemlik is. o Dit wat volmaak is verwys na alles wat vol-gemaak is, heel gemaak is, wat is soos wat dit bedoel is om te wees. Hier beteken dit dan dat alles wat die verhouding tussen die Here en Sy mense vol maak, alles wat mense se verhoudings met mekaar heel maak, alles in die samelewing wat dinge daar maak soos hulle behoort te wees dít alles is die wil van God. Uiteindelik kom dit alles maar hierop neer: - alles wat die Here volgens Sy Woord, die Bybel, van ons as mense vereis dít is Sy wil waaroor dit gaan wanneer ons vra: Laat U wil geskied. 2. WAT BETEKEN GESKIED? Geskied beteken gebeur. Laat U wil geskied beteken Laat U wil gebeur. En as U wil dan hier na God se bevele verwys, beteken Laat U wil geskied dít: - laat dit wat U beveel, deur mense gedoen word; - laat daar geloof en gehoorsaamheid by mense wees, liefde vir U en vir mekaar; - laat die Christene soos Christene lewe en laat alle mense hulle beroepe getrou aan U beoefen.

5 5 Om die wil van die Here te kan doen, moet mense natuurlik die wil van die Here ken. Hulle moet wéét wat Hy van hulle verwag. Hulle moet ínsig hê in wat Hy van hulle verwag, want die wil van die Here is nie net n paar oppervlakkige reëls wat nagekom moet word nie; dis n hele nuwe benadering van die lewe! Die apostel gebruik hier in vers 2 n sprekende woord. Hy sê dat ons moet onderskei wat die wil van God is, onderskei-deur-toetsing. Hierdie woord beteken dat jy die verskillende maniere waarop n mens n saak kan benader en waarop jy in n bepaalde situasie kan optree, moet toets. teen mekaar moet opweeg, om so uit te maak watter benadering en optrede die wil van die Here is. Laat u wil geskied beteken dus: Laat mense U wil onderskei van alle ander wille en dit dan doen. Hierdie geskied van God se wil (so leer die Here Jesus ons vra) moet hier op aarde gebeur net soos in die hemel. God se wil moet hier gedoen word soos wat dit daar in die hemel gebeur. Sy opdragte moet hier gehoorsaam word net soos wat die engele Sy opdragte daarbo gehoorsaam! Hoe s dit? In Psalm 103 word daar gesing hoe die engele gewillige en getroue dienaars van die Here is - altyd gereed vir diens; - altyd op standaard in hulle diens. 2 As God se wil geskied soos soos wat ons met hierdie versoek vra, dan beteken dit dat mense Sý opdragte gewillig en getrou uitvoer. 3. WAT IS DAARTOE NODIG? 2 Ps 103:20-21

6 6 Met die antwoord op hierdie vraag help Rom 12:1-2 ons baie. Voor die apostel hier in vers 2 skryf oor dié punt waar n mens die wil van die Here sal kan onderskei, skryf hy eers oor die veranderings wat daar by ons behoort te kom. En voor Hy dáároor geskryf het, het hy eers hoofstukke vol geskryf oor dit wat hy hier in vers 1 noem: die groot ontferming van God. Vir n mens om by dié punt te kom waar jy die wil van God kan gehoorsaam, is daar eerstens die ontferming van God nodig: - dat Hy ons jammer kry; - en dat Hy dan Sy Seun gee om die straf wat ons sondes verdien, te dra; - en dat Hy dan uit genade elkeen wat in Hom glo, se sondes vergewe en hulle weer as Sy kinders aanneem. As dit nie vir God se groot ontferming was nie, sou ons nog steeds met ons sondes en met ons sondeskuld voor God bly staan het en sou ons uiteindelik daaroor veroordeel en gestraf geword het, en sou daar vir n nuwe lewe van geloof en gehoorsaamheid nie die minste kans gewees het nie! Maar nou is ons met God versoen omdat Hy Hom oor ons ontferm het. En omdat ons met Hom versoen is deur die dood van Sy Seun, woon die Gees wat Jesus na Sy opstanding uit die dood en na Sy hemelvaart vir ons gegee het, in ons en bewerk Hy in ons die veranderings waarvan die apostel in hierdie verse skryf: - dat jou uiterlike lewe 3 en jou innerlike lewe 4 verander word; - dat jy jou lewe aan die Here offer 5 en dat jou denke nuut word; 6 - dat jy nie langer aan die sondige wêreld gelyk is nie, 7 maar nou n lewe lei wat vir God aanneemlik is. 8 Vir die wil van die Here om te gebeur, vir die bevele van die Here om uitgevoer te kan word, is die volgende nodig: - die ontferming van God én die verandering/bekering van die mens; - die versoeningswerk van Christus vir mense en die vernuwingswerk van die Heilige Gees in mense. 3 Vers 1 4 Vers 2 5 Vers 1 6 Vers 2 7 Vers 2 8 Vers 1

7 7 Waar dít in mense se lewe gekom het, kan die wil van die Here onderskei word en sal die wil van die Here op hierdie aarde begin geskied TEN SLOTTE U het dit nou seker al agtergekom dat ons, in die gebed-skool van die Here Jesus, leer dat ons persoonlike behoeftes nie die belangrikste dinge in die wêreld is nie. Voor ons by ons benodigdhede kom (so leer die Here Jesus ons), moet ons ons hemelse Vader éérs vra om vir die eer van Sý Naam te sorg en om Sy koningskap al hoe wyer en dieper te laat inwerk en om mense aan Sy koninklike opdragte gehoorsaam te maak. Én ons leer dat n mens vir gehoorsaamheid aan die Here moet vrá. Daar mag dalk mense wees wat dink dat ons nie regtig self iets aan God se koninkryk kan doen nie en daarom moet ons maar bid dat Hý dit sal laat kom, maar dat gehoorsaamheid aan God óns deel is en dat ons dit sélf kan regkry. Maar dis onmoontlik vir n mens om dit self reg te kry daarvoor het die sonde ons te diep laat val. En daarom leer die Here Jesus ons om daarvoor ook te vrá. Ook óns deel moet deur God vir ons gegee word. Ook ons gehoorsaamheid aan Sy opdragte is iets wat van Bo af by ons bewerk moet word. As ons dan self gehoorsamer aan God wil wees, moet ons begin deur daarvoor te bíd. En as ons meer gehoorsaamheid aan God in ons kerke en in ons stede en dorpe en in ons land wil hê, dan moet ons in die eerste plek daarvoor bid. En dan sál daar dinge gebeur. Die Vader luister mos as Sy kinders vra, hoeveel te meer nie as hulle vra wat die Here Jesus hulle geleer het om te vra nie!

8 8 Uiteindelik sal Hy in antwoord op hierdie gebed: Laat U wil geskied, n nuwe aarde gee, waar die gehoorsaamheid aan Hom so volmaak sal wees soos wat dit noú al in die hemel is AMEN

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun SKRIFLESING: Johannes 1:1-18 TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13 TEMA: God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun Psalm 45 : 1, 2, 3 Psalm 72 : 6 Skrifberyming 33 (2-4) : 1 Skrifberyming 78 (13-3) 2 Dat ons kinders

Nadere informatie

NAGMAAL. SKRIFLESING: 1 Petrus 2: TEKS: 1 Petrus 2:24a. Jesus Christus het ons sondes gedra. Psalm 89 : 1. Psalm 40 : 3

NAGMAAL. SKRIFLESING: 1 Petrus 2: TEKS: 1 Petrus 2:24a. Jesus Christus het ons sondes gedra. Psalm 89 : 1. Psalm 40 : 3 NAGMAAL SKRIFLESING: 1 Petrus 2:18-25 TEKS: 1 Petrus 2:24a TEMA: Jesus Christus het ons sondes gedra Psalm 89 : 1 Psalm 40 : 3 Skrifberyming 10 (5-4) : 1, 2 Psalm 116 : 1, 2, 3, 4, 5, 7 Psalm 89 : 7 Voor

Nadere informatie

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie. 1 Johannes 14b WH Belydenisaflegging en Nagmaal Kinders, doen julle wat mamma en pappa vra? Altyd? Partykeer eers later nè? Hoekom sal jy iets doen as jou ouers vra? Doen jy wat die Here vra? Wat is jou

Nadere informatie

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL Votum en seën Psalm 118 : 2 Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1933/53) Psalm 4 : 3 Gebed Skriflesing: Johannes 19:17-27 (AV 1933/53) Teks: Johannes 19:26-27

Nadere informatie

Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg

Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg SKRIFLESING: 1 Johannes 2:1-11 TEKS: 1 Johannes 2:6 TEMA: Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg Psalm 9 : 1, 2, 7 Psalm 31 : 13 (na gebed) Skrifberyming 72 (12-3) : 1, 2 Skrifberyming 78 (13-3) Ook:

Nadere informatie

God het belowe om ons gehoorsaam te maak, net soos ons vra

God het belowe om ons gehoorsaam te maak, net soos ons vra SKRIFLESING: Jeremia 31:23-40 TEKS: Jeremia 31:33b HK 49 TEMA: God het belowe om ons gehoorsaam te maak, net soos ons vra Psalm 103 : 10, 11 Psalm 131 : 2, 3 Skrifberyming 14 (8-1) : 1, 2 Ook: Ps. 40 :

Nadere informatie

OPENBARING 5:5 HK Sondag 48

OPENBARING 5:5 HK Sondag 48 OPENBARING 5:5 HK Sondag 48 Votum en seën Psalm 93 : 1, 4 Gebed Skriflesing: Openbaring 5 (AV 1933/53) Belydenis: HK 48 Teks: Openbaring 5:5 (AV 1933/53) Psalm 72 : 2 Preek: God sorg self vir die koms

Nadere informatie

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk Doel van les: Voordat ons kan leer van ons nuwe identiteit in Christus, moet ons eers stil staan by wat Christus vir ons kom doen het. Vandag gaan ons gesels

Nadere informatie

God red elkeen wat werklik in Jesus Christus glo.

God red elkeen wat werklik in Jesus Christus glo. SKRIFLESING: Johannes 3:11-21 TEKS: Johannes 3:15, 16b HK 7 TEMA: God red elkeen wat werklik in Jesus Christus glo. Psalm 31 : 3, 5 Psalm 31 : 15, 17 Skrifberyming 27 (12-2) : 1, 4 2 Wie word gered? Dis

Nadere informatie

TEKS: Matteus 5:3 (AV 1933/53) HK 5

TEKS: Matteus 5:3 (AV 1933/53) HK 5 SKRIFLESING: Matteus 5:1-12 TEKS: Matteus 5:3 (AV 1933/53) HK 5 TEMA: Verlossing kom nie uit ons nie. Psalm 138 : 3 Skrifberyming 16 (11-3) : 1, 4 Psalm 146 : 2, 5 Skrifberyming 78 (13-3) Ook: Ps 33 :

Nadere informatie

NAGMAAL. SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a. Die kruis is die trots van die Here se kerk.

NAGMAAL. SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a. Die kruis is die trots van die Here se kerk. NAGMAAL SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a TEMA: Die kruis is die trots van die Here se kerk. Psalm 149 : 1, 2 Skrifberyming 10 (5-4) : 1, 2 Psalm 103 : 6 Psalm 9 : 1, 2,

Nadere informatie

Welkom by Die Storie God se storie

Welkom by Die Storie God se storie Welkom by Die Storie God se storie Hierdie boek vertel die belangrikste, aangrypendste storie ooit: die storie van n ware God wat lief is vir sy kinders, wat gesorg het dat hulle gered is, en wat vir hulle

Nadere informatie

Goeie Konings, Slegte Konings

Goeie Konings, Slegte Konings Bybel vir Kinders bied aan Goeie Konings, Slegte Konings Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Lazarus Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp. SKRIFLESING: Johannes 18:28-40 TEKS: TEMA: INHOUD: Johannes 18:37-38b Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp. Die waarheid verwerp Psalm 105 : 2, 3 Psalm 73 : 12 Skrifberyming 18 (17-2)

Nadere informatie

Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek

Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek SKRIFLESING: 1 Johannes 2:28 3:10 TEKS: 1 Johannes 3:8b TEMA: Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek Psalm 45 : 1, 3, 5, 6 Psalm 79: 5, 6 Skrifberyming 33 (2-4) : 1, 2 Skrifberyming

Nadere informatie

Jesaja sien die Toekoms

Jesaja sien die Toekoms Bybel vir Kinders bied aan Jesaja sien die Toekoms Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Jonathan Hay Aangepas deur: Mary-Anne S. Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

God se liefde vat ons vrees vir Sy oordeel weg

God se liefde vat ons vrees vir Sy oordeel weg SKRIFLESING: 1 Johannes 4:7-21 TEKS: 1 Johannes 4:17-18 TEMA: God se liefde vat ons vrees vir Sy oordeel weg Psalm 48 : 1 Psalm 99 : 1, 4 Psalm 103 : 6 (na doop) Psalm 43 : 3 Skrifberyming 10 (5-4) : 1,

Nadere informatie

Dit wat óns wil hoe óns wil leef en wil praat en selfs wil dink (dit weet ons almal) is baie kere baie anders as wat Gód van ons wil hê.

Dit wat óns wil hoe óns wil leef en wil praat en selfs wil dink (dit weet ons almal) is baie kere baie anders as wat Gód van ons wil hê. MATTEUS 21:29 HK 49 Votum Seën Psalm 40 : 2 Gebed Psalm 40 : 4 Skriflesing: Matteus 21:23-32 (AV 1933/53) Belydenis: HK 49 Teks: Matteus 21:29 (AV 1933/53) Preek: Jesus leer ons bid vir berou en bekering

Nadere informatie

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE:

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE: VRUGTE VAN DIE GEES VRAE: GEDULD: (Patience) 1. Wat is geduld? 2. Wat is van die goed waarvoor jy geduldig moet wees? 3. Is dit moeilik vir jou om geduldig te wees? 4. Hoe kan jy geduld wys? SELFBEHEERSING:

Nadere informatie

Die Here laat ons maai wat ons gesaai het

Die Here laat ons maai wat ons gesaai het SKRIFLESING: Galasiërs 6 TEKS: Galasiërs 6:7-8 TEMA: Die Here laat ons maai wat ons gesaai het Psalm 100 : 1, 3, 4 Psalm 50 : 11 Psalm 91 : 1 (na belydenisaflegging) Psalm 126 : 3 Skrifberyming 33 (2-4)

Nadere informatie

SKRIFLESING: 1 Korintiërs 6: TEKS: 1 Korintiërs 6:19 HK 1:1. Ook ons liggame behoort aan die Here. Skrifberyming 72 (12-3) : 1, 2

SKRIFLESING: 1 Korintiërs 6: TEKS: 1 Korintiërs 6:19 HK 1:1. Ook ons liggame behoort aan die Here. Skrifberyming 72 (12-3) : 1, 2 SKRIFLESING: 1 Korintiërs 6:12-20 TEKS: 1 Korintiërs 6:19 HK 1:1 TEMA: Ook ons liggame behoort aan die Here Skrifberyming 72 (12-3) : 1, 2 Psalm 104 : 8, 9, 20 Skrifberyming 24 (1-1) : 7 2 Party mense

Nadere informatie

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig INLEIDING In ons verduideliking van hoe ons Nagmaal vier, het ons gehoor dat God ons waardig maak om aan die hemelse spys en drank deel te hê. Dit beteken

Nadere informatie

Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak.

Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak. Vals beeld van God: Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak. Ware beeld van God: God se beloftes word vervul in Jesus. Ons kan

Nadere informatie

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

DIE VLEUELS VAN GEBED (9) DIE VLEUELS VAN GEBED (9) DIE VLEUELS VAN GEBED (9) Jan van der Watt Dankie Here! Dankie sê is om jou skuld te betaal. In die tyd van die Bybel was dankie sê iets anders as vandag. Vandag is dankie n woord

Nadere informatie

KOLOSSENSE 3:17 HK Sondag 36

KOLOSSENSE 3:17 HK Sondag 36 KOLOSSENSE 3:17 HK Sondag 36 Votum en seën Psalm 20 : 1, 2, 7 Gebed Skriflesing: Kolossense 3:1-17 (AV 1983) Belydenis: HK 36:99 Teks: Kolossense 3:17 (AV 1983) Psalm 118 : 5 Preek: God se kinders eer

Nadere informatie

STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart?

STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart? STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart? - Lees Rom 10:1 - By hierdie stasie gaan elke persoon hulle polsslag neem - Laat elke persoon hulle wysvinger op hulle pols sit om hulle hartklop te voel. - Laat hulle

Nadere informatie

Wie God se beloftes het, streef om skoon te word en heilig te wees

Wie God se beloftes het, streef om skoon te word en heilig te wees SKRIFLESING: 2 Korintiërs 6:14 7:1 TEKS: 2 Korintiërs 7:1 TEMA: Wie God se beloftes het, streef om skoon te word en heilig te wees Psalm 103 : 1 Psalm 30 : 7 Psalm 68 : 9 Skrifberyming 78 (13-3) Ook: Sb

Nadere informatie

SKRIFLESING: Romeine 8:31-39 (AV 1983) TEKS: Romeine 8:32b. Skrifberyming 24 (1-1) : 3. Psalm 62 : 4 (na gebed) Psalm 93 : 1, 4

SKRIFLESING: Romeine 8:31-39 (AV 1983) TEKS: Romeine 8:32b. Skrifberyming 24 (1-1) : 3. Psalm 62 : 4 (na gebed) Psalm 93 : 1, 4 SKRIFLESING: Romeine 8:31-39 (AV 1983) TEKS: Romeine 8:32b OPSKRIF: Grenslose liefde Skrifberyming 24 (1-1) : 3 Psalm 62 : 4 (na gebed) Psalm 93 : 1, 4 Skrifberyming 78 (13-3) 2 Vanoggend het ons gehoor

Nadere informatie

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk Doel van les: Voordat ons kan leer van ons nuwe identiteit in Christus, moet ons eers stil staan by wat Jesus vir ons kom doen het en dat ons die nuwe mens

Nadere informatie

God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5)

God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5) God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5) Wie is Jesus? Wie is Jesus vir die mense...? Godsdienste Boeddhisme Islam Judaïsme Hinduïsme New Age Wat sê die Woord van God? Joh 8:12-30

Nadere informatie

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5 MATTEUS 6:8 Votum en seën Psalm 7 : 6 Gebed Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5 Preek: Vir ons hemelse Vader is eenvoudige gebede goed Gebed

Nadere informatie

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3 1 Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps. 116... Sb 33:1,3 1 Johannes 3 1Jn 3:1 Kyk wat n groot liefde die Vader aan ons bewys het,

Nadere informatie

1 JOHANNES 4:20 HK 34:93

1 JOHANNES 4:20 HK 34:93 1 JOHANNES 4:20 HK 34:93 Votum en seën Psalm 134 : 1, 3 [ ons ] Gebed Psalm 27 : 4 Skriflesing: 1 Johannes 4:7-21 (AV 1983) Belydenis: HK 34:93 Teks: 1 Johannes 4:20 (AV 1983) Preek: God se wil is liefde

Nadere informatie

WAT IS DIE VOLGORDE VAN DIE VERLOSSINGSERVARING?

WAT IS DIE VOLGORDE VAN DIE VERLOSSINGSERVARING? WAT IS DIE VOLGORDE VAN DIE VERLOSSINGSERVARING? Daar is geen chronologiese volgorde nie. Daar is egter wel n logiese volgorde. # 1 Bekering Bekering, Regverdigmaking, Wedergeboorte Aanneming, Heiligmaking......alles

Nadere informatie

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene Bybel vir Kinders bied aan Daniël die Gevangene Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Jonathan Hay Aangepas deur: Mary-Anne S. Vertaal deur: Gert Badenhorst Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

SKRIFLESING: Lukas 16:1-13. TEKS: Lukas 16:11 HK 42. Geld en goed vir God. Psalm 95 : 1, 3. Psalm 119 : 7. Skrifberyming 44 (15-8) : 2

SKRIFLESING: Lukas 16:1-13. TEKS: Lukas 16:11 HK 42. Geld en goed vir God. Psalm 95 : 1, 3. Psalm 119 : 7. Skrifberyming 44 (15-8) : 2 SKRIFLESING: Lukas 16:1-13 TEKS: Lukas 16:11 HK 42 TEMA: Geld en goed vir God Psalm 95 : 1, 3 Psalm 119 : 7 Skrifberyming 44 (15-8) : 2 Skrifberyming 78 (13-3) Ook: Ps 19 : 5 Ps 62 : 5, 7 Sb 26 : 9 Sb

Nadere informatie

Twyfel Vergewe mekaar Vergifnis van God Vertroue Volharding Voorkoms Vrede Vrees Vriendskap...

Twyfel Vergewe mekaar Vergifnis van God Vertroue Volharding Voorkoms Vrede Vrees Vriendskap... Inhoudsopgawe Aanbidding... 8 Bekommernis... 12 Beskerming... 16 Blydskap... 20 Dankbaarheid... 24 Diensbaarheid... 28 Eerlikheid... 32 Gebed... 36 Geduld... 40 Geloof... 44 Genade... 48 Gesin... 52 Hoop...

Nadere informatie

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun Bybel vir Kinders bied aan Die Verlore Seun Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Lazarus Aangepas deur: Ruth Klassen; Sarah S. Vertaal deur: Yvette Brits Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

n Tempel Leier besoek Jesus

n Tempel Leier besoek Jesus Bybel vir Kinders bied aan n Tempel Leier besoek Jesus Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Byron Unger; Lazarus Aangepas deur: M. Maillot; Sarah S. Vertaal deur: Yvette Brits Vervaardig deur: Bible

Nadere informatie

Bybelse Dissipelskap. Saligheid/ Redding

Bybelse Dissipelskap. Saligheid/ Redding Bybelse Dissipelskap Saligheid/ Redding Johannes 14:6 Jesus antwoord hom: Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie. Vers om te memoriseer... Efesiërs 2:8-9

Nadere informatie

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus Doel van les: Ons leer meer oor Wie ons is in Christus. Ysbreker: Bome Uitbeeld: In die Bybel lees mens baiekeer dinge oor bome. God praat van bome om ons as

Nadere informatie

SKRIFLESING: Jesaja 6. TEKS: Jesaja 6:3 HK 8. Voor die drie-maal heilige God buig ons laag. Psalm 99 : 1, 2. Psalm 81 : 11, 12

SKRIFLESING: Jesaja 6. TEKS: Jesaja 6:3 HK 8. Voor die drie-maal heilige God buig ons laag. Psalm 99 : 1, 2. Psalm 81 : 11, 12 SKRIFLESING: Jesaja 6 TEKS: Jesaja 6:3 HK 8 TEMA: Voor die drie-maal heilige God buig ons laag Psalm 99 : 1, 2 Psalm 81 : 11, 12 Skrifberyming 45 (18-7) : 8, 9 Ook: Skrifberyming 54 (2-6) : 5 2 Die Heidelbergse

Nadere informatie

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13 1 Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13 Het jy dalk enige afgode of in jou huis? Miskien weet jy nie dat jy het nie, en dit is dalk die rede vir die konflik in jou huwelik, of dat jou kind

Nadere informatie

Bybel vir Kinders. bied aan. Joshua neem Beheer

Bybel vir Kinders. bied aan. Joshua neem Beheer Bybel vir Kinders bied aan Joshua neem Beheer Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

God red mense wat glo deur die krag van die evangelie

God red mense wat glo deur die krag van die evangelie SKRIFLESING: Romeine 1:1-17 TEKS: Romeine 1:16 HK 23 TEMA: God red mense wat glo deur die krag van die evangelie Psalm 67 : 2 Skrifberyming 10 (5-4) : 1, 2 Psalm 71 : 12, 14 Ook: Ps 32 Ps 65 : 2 2 As jy

Nadere informatie

God laat alles Sy kinders se saligheid bevorder.

God laat alles Sy kinders se saligheid bevorder. SKRIFLESING: Romeine 8:18-30 TEKS: Romeine 8:28 HK 9 TEMA: God laat alles Sy kinders se saligheid bevorder. Psalm 30 : 3, 4 Skrifberyming 33 (2-4) : 1 Psalm 119 : 25 Skrifberyming 78 (13-3) Ook: Sb 52

Nadere informatie

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees Doel van les: Vandag leer ons van die Vrugte van die Heilige Gees en hoe dit in ons lewens werk. INLEIDING: Sjoe, ons het nou al so baie van die Heilige Gees

Nadere informatie

Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel. Christiaan Coetzee

Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel. Christiaan Coetzee Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel Christiaan Coetzee www.mathetes.co.za In die ou testament was die tempel n fisise plek of tent gewees waar mense na toe gegaan het om hulle sondes te belei

Nadere informatie

PSALM 115:1 HK Sondag 52:

PSALM 115:1 HK Sondag 52: PSALM 115:1 HK Sondag 52:128-129 Votum en seën Skrifberyming 72 (12-3) : 1, 2 Gebed Skriflesing: Psalm 115 (AV 1933/53) Belydenis: HK 52:128-129 Teks: Psalm 115:1 (AV 1933/53) Psalm 115 : 1, 9 Preek: God

Nadere informatie

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22 1 BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22 Die sekerheid dat jy 'n kind van God is, is nie die einde van die pad nie maar die begin daarvan. Nou word dit moontlik om as gelowiges te groei. Maar waarheen lei

Nadere informatie

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN Skep Die Geleentheid Vir Veilige Kommunikasie Bou Vertroue & Dra Waardes Oor Versterk Verhoudings Ontwikkel Jou Kind Se Emosionele Intelligensie SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN Created by REËLS VIR

Nadere informatie

MATTEUS 7:12. Votum en seën. Psalm 34 : 2, 4. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 4 : 3.

MATTEUS 7:12. Votum en seën. Psalm 34 : 2, 4. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 4 : 3. MATTEUS 7:12 Votum en seën Psalm 34 : 2, 4 Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 4 : 3 Gebed Skrifberyming 53 (14-3) : 4 Skriflesing: Matteus 7:7-23 (AV 1983/91) Teks:

Nadere informatie

Preek Romeine 1:16-17

Preek Romeine 1:16-17 1 Preek Romeine 1:16-17 (Preek gelewer tydens erediens in Welkom-Noord op Sondag 19 Februarie2017) Prediker: Ds JL van der Schyff Voor die erediens Sing: Lied 255:1,2,3 Sing: Psalm 119-1:39 Sing: Psalm

Nadere informatie

Die gebruik van 'n persoonlike joernaal of dagboek

Die gebruik van 'n persoonlike joernaal of dagboek Die gebruik van 'n persoonlike joernaal of dagboek Uit Doelgerigte Gebed deur Bennie Mostert, CUM uitgewers Opdrag: Maak 'n keuse om in hierdie week wat kom minstens 5 dae te neem om 15-30 minute per dag

Nadere informatie

Jesus Christus se opstanding maak ons lewens sinvol

Jesus Christus se opstanding maak ons lewens sinvol SKRIFLESING: 1 Korintiërs 15:1-20 TEKS: 1 Korintiërs 15:20a TEMA: Jesus Christus se opstanding maak ons lewens sinvol Psalm 33 : 2 Psalm 33 : 11 Skrifberyming 10 (5-4) : 1, 2 Ook: Sb 27 : 1, 3 1 Weet u

Nadere informatie

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer Voorwoord Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer van die lewe lyk en is nie. Veel eerder is ware hoop om met gestroopte eerlikheid te weet dat jy bang is, maar tog vorentoe beweeg. Dis om,

Nadere informatie

Vir die Here is die hoofsaak dat ons sal glo en gehoorsaam.

Vir die Here is die hoofsaak dat ons sal glo en gehoorsaam. SKRIFLESING: Prediker 11:9 12:14 TEKS: Prediker 12:13 (OAV) TEMA: INHOUD: Vir die Here is die hoofsaak dat ons sal glo en gehoorsaam. Die hoofsaak Psalm 146 : 1, 4, 8 Psalm 19 : 7 Skrifberyming 12-3 :

Nadere informatie

SKRIFLESING: Lukas 17:1-10. TEKS: Lukas 17:10 HK 24. Begenadigdes skuld God gehoorsaamheid. Psalm 138 : 1. Skrifberyming 24 (1-1) : 2.

SKRIFLESING: Lukas 17:1-10. TEKS: Lukas 17:10 HK 24. Begenadigdes skuld God gehoorsaamheid. Psalm 138 : 1. Skrifberyming 24 (1-1) : 2. SKRIFLESING: Lukas 17:1-10 TEKS: Lukas 17:10 HK 24 TEMA: Begenadigdes skuld God gehoorsaamheid. Psalm 138 : 1 Skrifberyming 24 (1-1) : 2 Psalm 40 : 4 1 Kan dit regtig wees dat al die goeie dinge wat ons

Nadere informatie

Die Groot Gebod dennis de wet

Die Groot Gebod dennis de wet Die Groot Gebod dennis de wet Die Groot Gebod Meester, wat is die groot gebod in die wet? En Jesus antwoord hom: Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand.

Nadere informatie

Christene moet ook met hulle gedrag vir die Here praat.

Christene moet ook met hulle gedrag vir die Here praat. SKRIFLESING: Titus 2 TEKS: TEMA: Titus 2:5b, 10b Christene moet ook met hulle gedrag vir die Here praat. Psalm 107 : 1, 2 Skrifberyming 54 (2-6) : 1 Psalm 107 : 15 Skrifberyming 78 (13-3) 2 Ons moet vir

Nadere informatie

0:03: 01:5 Vertel mekaar watter labels mense al op jou gesit het. Wat het mense jou al genoem... goeie goed en slegte goed, dit is alles labels...

0:03: 01:5 Vertel mekaar watter labels mense al op jou gesit het. Wat het mense jou al genoem... goeie goed en slegte goed, dit is alles labels... 1 0:01:50-0:03:50 Gnomeo en Juliet se storie begin met twee families, rooi en blou wat nie van mekaar hou nie. Hulle noem die ander familie nooit op hul name nie, maar slegs rooies of bloues. Hierdie word

Nadere informatie

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24 1 15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24 Tema Wanneer jy in Jesus glo, eindig jou lewe nie op die dag wanneer jy doodgaan nie. Jy sal uit die dood opstaan en

Nadere informatie

Bybel vir Kinders. bied aan. Ryk man, Arm man

Bybel vir Kinders. bied aan. Ryk man, Arm man Bybel vir Kinders bied aan Ryk man, Arm man Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: M. Maillot; Lazarus Aangepas deur: M. Maillot; Sarah S. Vertaal deur: Yvette Brits Vervaardig deur: Bible for Children

Nadere informatie

U het rég gehoor: dat u die HÉre daar gaan dien; want dis wat die Heilige Gees ons hier laat hoor, dat ook ons alledaagse werk godsdiens is.

U het rég gehoor: dat u die HÉre daar gaan dien; want dis wat die Heilige Gees ons hier laat hoor, dat ook ons alledaagse werk godsdiens is. SKRIFLESING: Kolossense 3:18 4:1 TEKS: Kolossense 3:23 TEMA: God se kinders dien HÅm in hulle werk. Psalm 84 : 1, 6 Psalm 139 : 1, 5 Psalm 104 : 8, 9, 14 Skrifberyming 45 (18-7) : 1, 10 2 Vir die meeste

Nadere informatie

Tema: Dra die vrug van die Gees om meer soos Christus te word. Vooraf sang Sb 9 4: 1,2,3,4 Sb 14 1: 1,3

Tema: Dra die vrug van die Gees om meer soos Christus te word. Vooraf sang Sb 9 4: 1,2,3,4 Sb 14 1: 1,3 Tema: Dra die vrug van die Gees om meer soos Christus te word. Vooraf sang Sb 9 4: 1,2,3,4 Sb 14 1: 1,3 Ontmoetingsdiens Intreelied Ps. 9 2: 1,6 Votum seëngroe tloflied Sb 1 1: 1, 2,7. Woorddiens Gebed

Nadere informatie

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3.

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3. SKRIFLESING: Johannes 8 :12-20 TEKS: Johannes 8:12 TEMA: Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe Psalm 150 : 1, 2, 3 Psalm 43 : 3, 4 Skrifberyming 3 (4-7) : 1, 2 Skrifberyming 9 (18-1) : 1, 6 [Ook: Ps

Nadere informatie

1 JOHANNES 5:4. Votum en seën. Psalm 45 : 1, 3, 4. Gebed. Skriflesing: 1 Johannes 5:1-13 (AV 1933/53) Teks: 1 Johannes 5:4 (AV 1933/53) Psalm 18 : 15

1 JOHANNES 5:4. Votum en seën. Psalm 45 : 1, 3, 4. Gebed. Skriflesing: 1 Johannes 5:1-13 (AV 1933/53) Teks: 1 Johannes 5:4 (AV 1933/53) Psalm 18 : 15 1 JOHANNES 5:4 Votum en seën Psalm 45 : 1, 3, 4 Gebed Skriflesing: 1 Johannes 5:1-13 (AV 1933/53) Teks: 1 Johannes 5:4 (AV 1933/53) Psalm 18 : 15 Preek: Wie uit God gebore is, oorwin die wêreld Gebed Kollekte

Nadere informatie

SKRIFLESING: Lukas 6: TEKS: Lukas 6:37 HK 43. God se mense het ook met hulle woorde lief. Psalm 34 : 1, 2. Psalm 34 : 6.

SKRIFLESING: Lukas 6: TEKS: Lukas 6:37 HK 43. God se mense het ook met hulle woorde lief. Psalm 34 : 1, 2. Psalm 34 : 6. SKRIFLESING: Lukas 6:27-42 TEKS: Lukas 6:37 HK 43 TEMA: God se mense het ook met hulle woorde lief. Psalm 34 : 1, 2 Psalm 34 : 6 Psalm 18 : 14 Dis reg dat ons mekaar met die daad moet liefhä. Die Bybel

Nadere informatie

TEKS: Efesiërs 6:18 HK 45

TEKS: Efesiërs 6:18 HK 45 SKRIFLESING: Efesiërs 6:10-20 TEKS: Efesiërs 6:18 HK 45 TEMA: Christene bid omvattend Psalm 36 : 2 Psalm 119 : 36 Skrifberyming 53 (14-3) : 4 Psalm 61 : 1, 4 Ook: Ps. 134 : 2, 3 As dit gaan oor dankbaarheid

Nadere informatie

'n Man gestuur deur God

'n Man gestuur deur God Bybel vir Kinders bied aan 'n Man gestuur deur God Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Byron Unger; Lazarus Vertaal deur: Yvette Brits Aangepas deur: E. Frischbutter; Sarah S. Storie 37 van 60 www.m1914.org

Nadere informatie

INHOUDSOPGAWE. Voorwoord Doen God al die skuifwerk hier op aarde? God se genade bepaal sy planne God se meesterplan...

INHOUDSOPGAWE. Voorwoord Doen God al die skuifwerk hier op aarde? God se genade bepaal sy planne God se meesterplan... INHOUDSOPGAWE Voorwoord... 7 1. Doen God al die skuifwerk hier op aarde?... 9 2. God se genade bepaal sy planne... 12 3. God se meesterplan... 15 4. Die Bybel: God se kompas... 18 5. Doen God se wil...

Nadere informatie

SKRIFLESING: Romeine 1:1-17. TEKS: Romeine 1:3b-4a HK 13. Jesus is die Seun van God en ons Here. Psalm 149 : 1, 2.

SKRIFLESING: Romeine 1:1-17. TEKS: Romeine 1:3b-4a HK 13. Jesus is die Seun van God en ons Here. Psalm 149 : 1, 2. SKRIFLESING: Romeine 1:1-17 TEKS: Romeine 1:3b-4a HK 13 TEMA: Jesus is die Seun van God en ons Here Psalm 149 : 1, 2 Psalm 72 : 9, 11 Skrifberyming 41 (15-5) : 1, 4 [Ook: Ps 2 en Sb 5 en 27] 1 Dit gaan

Nadere informatie

Preek Genesis 1:27. (Preek gelewer tydens oggenddiens in Welkom-Noord op Sondag 6 November 2016)

Preek Genesis 1:27. (Preek gelewer tydens oggenddiens in Welkom-Noord op Sondag 6 November 2016) 1 Preek Genesis 1:27 (Preek gelewer tydens oggenddiens in Welkom-Noord op Sondag 6 November 2016) Voor die erediens Sing: Lied 447:1 Sing: Lied 456:1,3 Afkondigings Stilte Ontmoetingsdiens: Toetredelied:

Nadere informatie

PSALM 40:9. Votum en seën. Psalm 89 : 3. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Deuteronomium 5:6-21 (AV 1933/53) Psalm 50 : 6, 7.

PSALM 40:9. Votum en seën. Psalm 89 : 3. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Deuteronomium 5:6-21 (AV 1933/53) Psalm 50 : 6, 7. PSALM 40:9 Votum en seën Psalm 89 : 3 Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels Wet: Deuteronomium 5:6-21 (AV 1933/53) Psalm 50 : 6, 7 Gebed Skriflesing: Psalm 40 (AV 1933/53) Teks: Psalm 40:7-9 (AV 1933/53) Psalm

Nadere informatie

Jy kan eintlik waar in die Bybel ook al kyk na wat geskryf is oor hoe ons as Christene moet lewe, en jy kom by liefhê uit.

Jy kan eintlik waar in die Bybel ook al kyk na wat geskryf is oor hoe ons as Christene moet lewe, en jy kom by liefhê uit. 2 PETRUS 1:7 Votum en seën Psalm 47 : 1, 4 Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 23 : 1 Gebed Skriflesing: 2 Petrus 1:1-15 (AV 1983/91) Teks: 2 Petrus 1:7 (AV 1983/91)

Nadere informatie

Preek 1 oor gesag (vyfde gebod)

Preek 1 oor gesag (vyfde gebod) 1 Preek 1 oor gesag (vyfde gebod) (Preek gelewer tydens gesamentlike erediens van Geref. Kerke Welkom en Welkom-Noord op Sondag 6 Augustus 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff Voor die erediens Sing: Lied

Nadere informatie

Preek Romeine 6:3-4. (Preek tydens erediens in Gereformeerde Kerk Welkom-Noord op Sondag 25 Junie 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff

Preek Romeine 6:3-4. (Preek tydens erediens in Gereformeerde Kerk Welkom-Noord op Sondag 25 Junie 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff 1 Preek Romeine 6:3-4 (Preek tydens erediens in Gereformeerde Kerk Welkom-Noord op Sondag 25 Junie 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff Voor die erediens Sing: Skrifberyming 8-3 Sing: Lied 510:1,2,3,4

Nadere informatie

LITURGIE VIR N OOP GESPREK

LITURGIE VIR N OOP GESPREK LITURGIE VIR N OOP GESPREK 1 Liturgie vir ʼn oop gesprek Nota Hierdie liturgie kan gebruik word in ʼn erediens of vir groepgesprekke en vergaderings. Dit sal goed wees as daar 90 minute ingeruim kan word

Nadere informatie

SKRIFLESING: Handelinge 16: TEKS: Handelinge 16:30-31 HK 23. Wie in die Here Jesus glo, word gered. Psalm 48 : 4.

SKRIFLESING: Handelinge 16: TEKS: Handelinge 16:30-31 HK 23. Wie in die Here Jesus glo, word gered. Psalm 48 : 4. SKRIFLESING: Handelinge 16:16-34 TEKS: Handelinge 16:30-31 HK 23 TEMA: Wie in die Here Jesus glo, word gered. Psalm 48 : 4 Psalm 37 : 2, 5 Skrifberyming 10 (5-4) : 1, 2 1 Dit bly maar iets waaroor mense

Nadere informatie

SKRIFLESING: Titus 1. TEKS: Titus 1:15. Die Here wil ons op die hoofspoor hê. Psalm 134 : 1, 2. Psalm 119 : 4. Psalm 18 : 12. Skrifberyming 78 (13-3)

SKRIFLESING: Titus 1. TEKS: Titus 1:15. Die Here wil ons op die hoofspoor hê. Psalm 134 : 1, 2. Psalm 119 : 4. Psalm 18 : 12. Skrifberyming 78 (13-3) SKRIFLESING: Titus 1 TEKS: Titus 1:15 TEMA: Die Here wil ons op die hoofspoor hê. Psalm 134 : 1, 2 Psalm 119 : 4 Psalm 18 : 12 Skrifberyming 78 (13-3) Ook: Ps 141 : 3, 4 Sb 14 : 1, 2 Dis nie altyd so maklik

Nadere informatie

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was nie om limate te gaan werf of om mense te gaan bekeer nie, maar om dissipels te gaan maak, mense wat Jesus volg. Net soos wat n mens nie noodwendig

Nadere informatie

TEKS: Esegiël 33:18-19 HK 32:87 33:90. God laat onbekeerdes sterf, maar bekerendes lewe.

TEKS: Esegiël 33:18-19 HK 32:87 33:90. God laat onbekeerdes sterf, maar bekerendes lewe. SKRIFLESING: Esegiël 33: 10-20 TEKS: Esegiël 33:18-19 HK 32:87 33:90 TEMA: God laat onbekeerdes sterf, maar bekerendes lewe. Psalm 99 : 1, 3 Skrifberyming 38 (15-2) : 2 Psalm 4 : 4 Skrifberyming 78 (13-3)

Nadere informatie

Wie in die Here glo, vertrou Hom met die bestemming.

Wie in die Here glo, vertrou Hom met die bestemming. SKRIFLESING: Hebreërs 11:8-19 TEKS: Hebreërs 11:8 TEMA: Wie in die Here glo, vertrou Hom met die bestemming. Psalm 84 : 3, 4 Skrifberyming 28 (10-1) : 2, 3 Psalm 1 : 4 Psalm 37 : 2, 23 Skrifberyming 78

Nadere informatie

Gereformeerde Kerk Bloempark Die Drie-eenheid (Sondag 8)

Gereformeerde Kerk Bloempark Die Drie-eenheid (Sondag 8) Gereformeerde Kerk Bloempark Die Drie-eenheid (Sondag 8) Teks: Verskeie & HK Sondag 8 Inleiding Geliefdes, die Drie-eenheid van God is seker van die meeste moeilike dinge om te verstaan, en gewoonlik van

Nadere informatie

Tema van die dag is ons bekommernisse, en wat om daarmee te maak.

Tema van die dag is ons bekommernisse, en wat om daarmee te maak. Psalm 55 Werp jou bekommernis op die Here Tema van die dag is ons bekommernisse, en wat om daarmee te maak. Ons is hier as gelowiges om ons roeping uit te leef deurdat ons meewerk dat die Koninkryk van

Nadere informatie

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels.

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels. 1 Johannes 17b PT INLEIDING Lees Johannes 17:1-19 Hoe het dit die week met julle gebede gegaan? Kon julle intiem met julle Vader gesels? Ons het `n tydjie gelede gekyk na die eerste 6 verse van Jesus se

Nadere informatie

Ontdek God Saam. (v 1.0) n Riglyn om nuwe groepe te lei

Ontdek God Saam. (v 1.0) n Riglyn om nuwe groepe te lei Ontdek God Saam (v 1.0) n Riglyn om nuwe groepe te lei n Goeie leier verskaf nie die antwoorde nie, maar vra goeie vrae! Ontdekkingsgroepe is so eenvoudig dat enigeen so n groep kan begin. Enigeen kan

Nadere informatie

Jesus se eerste preek op die berg. Hy gee ons onuitspreeklike blydskap.

Jesus se eerste preek op die berg. Hy gee ons onuitspreeklike blydskap. Jesus se eerste preek op die berg. Hy gee ons onuitspreeklike blydskap. Ses groepstudies oor die Saligsprekinge uit Matteus 5 Groepstudie 1 17 Februarie 1. Die bergpredikasie. i. Leer gou almal se name

Nadere informatie

Deur Sy wet gee God ons broodnodige kennis van sonde

Deur Sy wet gee God ons broodnodige kennis van sonde SKRIFLESING: Romeine 7:1-13 TEKS: Romeine 7:7 HK 1:2 2:5 TEMA: Deur Sy wet gee God ons broodnodige kennis van sonde Psalm 147 : 1, 4 Skrifberyming 26 (9-1) : 1, 10 Psalm 130 : 2 2 As u vir iemand wat glad

Nadere informatie

NIe net hier in 1 Korintiers 13 nie, maar in die hele 1 Korintiërs lees ons van al hierdie dinge wat die gemeente van Korinte gedoen het.

NIe net hier in 1 Korintiers 13 nie, maar in die hele 1 Korintiërs lees ons van al hierdie dinge wat die gemeente van Korinte gedoen het. 1 Preek: 1 Korintiërs 13:1-13 Teksverse: 1 Korintiërs 13:7 Tema: Die Heilige Gees rus jou toe om met ware liefde te leef! Inleiding Geliefde gemeente, ons het afgelope Donderdag op n besondere manier aan

Nadere informatie

PSALM 90:2 NGB 1. Votum en seën. Psalm 90 : 1. Gebed. Skriflesing: Psalm 90 (AV 1933/53) Belydenis: NGB 1. Teks: Psalm 90:2 (AV 1933/53)

PSALM 90:2 NGB 1. Votum en seën. Psalm 90 : 1. Gebed. Skriflesing: Psalm 90 (AV 1933/53) Belydenis: NGB 1. Teks: Psalm 90:2 (AV 1933/53) PSALM 90:2 NGB 1 Votum en seën Psalm 90 : 1 Gebed Skriflesing: Psalm 90 (AV 1933/53) Belydenis: NGB 1 Teks: Psalm 90:2 (AV 1933/53) Psalm 102 : 5, 11 Preek: God bestaan [nog] [altyd] Gebed Kollekte Skrifberyming

Nadere informatie

Die Here gee vrede en geregtigheid waar mense Hom gehoorsaam

Die Here gee vrede en geregtigheid waar mense Hom gehoorsaam SKRIFLESING: Jesaja 48 TEKS: Jesaja 48:18 (AV 1933/53) TEMA: Die Here gee vrede en geregtigheid waar mense Hom gehoorsaam Psalm 18 : 1 Skrifberyming 16 (11-3) : 4, 6 Psalm 81 : 15, 18 Psalm 37 : 17, 23

Nadere informatie

Toe God alles gemaak het

Toe God alles gemaak het Bybel vir Kinders bied aan Toe God alles gemaak het Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Byron Unger; Lazarus Aangepas deur: Bob Davies; Tammy S. Vertaal deur: Hannelie Niemandt Vervaardig deur:

Nadere informatie

1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80

1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80 1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80 Votum en seën Psalm 23 : 1, 3 Gebed Skriflesing: 1 Korintiërs 10:1-13 (AV 1983) Belydenis: HK 29:78-30:80 Teks: 1 Korintiërs 10:4 Psalm 105 : 21, 22 Preek: Die Heilige Gees

Nadere informatie

JOHANNES 6:48 HK 28. Votum en seën. Psalm 100 : 1, 3. Gebed. Skrifberyming 54 (2-6) : 1. Skriflesing: Johannes 6:41-59 (AV 1983) Belydenis: HK 28

JOHANNES 6:48 HK 28. Votum en seën. Psalm 100 : 1, 3. Gebed. Skrifberyming 54 (2-6) : 1. Skriflesing: Johannes 6:41-59 (AV 1983) Belydenis: HK 28 JOHANNES 6:48 HK 28 Votum en seën Psalm 100 : 1, 3 Gebed Skrifberyming 54 (2-6) : 1 Skriflesing: Johannes 6:41-59 (AV 1983) Belydenis: HK 28 Teks: Johannes 6:48 (AV 1983) Preek: Christus is die Brood wat

Nadere informatie

GALASIËRS 5:22 (getrouheid)

GALASIËRS 5:22 (getrouheid) GALASIËRS 5:22 (getrouheid) Votum en seën Psalm 89 : 1, 3 Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983) Psalm 16 : 1, 2 Doop Skrifberyming 14 (8-1) : 1 Gebed Skriflesing: Galasiërs 5:13-26

Nadere informatie

Inhoudsopgawe. Voorwoord... 11

Inhoudsopgawe. Voorwoord... 11 Inhoudsopgawe Voorwoord... 11 Spreuke leer jou 1. Blymoedigheid... 12 2. Dissipline... 14 3. Vriendskap... 16 4. Wees versigtig met jou tong... 18 5. Om vrygewig te wees... 20 6. Om mooi dinge te sê...

Nadere informatie

Toe God alles gemaak het

Toe God alles gemaak het Bybel vir Kinders bied aan Toe God alles gemaak het Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Byron Unger; Lazarus Aangepas deur: Bob Davies; Tammy S. Vertaal deur: Hannelie Niemandt Vervaardig deur:

Nadere informatie

Reaksie op God se Ontferming (I): Rom. 12: 1 2 Kraggakamma, So-oggend 06 Julie 2008

Reaksie op God se Ontferming (I): Rom. 12: 1 2 Kraggakamma, So-oggend 06 Julie 2008 Reaksie op God se Ontferming (I): Rom. 12: 1 2 Kraggakamma, So-oggend 06 Julie 2008 Voorafsang Afkondiginge Seëngroet Wydingslied = 500: 2 (Sittende) Bevestig met die Skrif uit Ps. 103: 13 Ontferm : omgee,

Nadere informatie

MATTEUS 5:17 NGB 25. Votum en seën. Psalm 67 : 2. Gebed. Skriflesing: Matteus 5:17-32 (AV 1933/53) Belydenis: NGB 25. Teks: Matteus 5:17 (AV 1933/53)

MATTEUS 5:17 NGB 25. Votum en seën. Psalm 67 : 2. Gebed. Skriflesing: Matteus 5:17-32 (AV 1933/53) Belydenis: NGB 25. Teks: Matteus 5:17 (AV 1933/53) MATTEUS 5:17 NGB 25 Votum en seën Psalm 67 : 2 Gebed Skriflesing: Matteus 5:17-32 (AV 1933/53) Belydenis: NGB 25 Teks: Matteus 5:17 (AV 1933/53) Psalm 119 : 36 Preek: Christus laat ons die Ou Testament

Nadere informatie