HANDELINGE 14:15 HK 34:94-95

Maat: px
Weergave met pagina beginnen:

Download "HANDELINGE 14:15 HK 34:94-95"

Transcriptie

1 HANDELINGE 14:15 HK 34: Votum Seën Psalm 150 : 1, 3 Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels Wet: Exodus 20:1-17 (AV 1933/53) Psalm 51 : 6 Gebed Skriflesing: Handelinge 14:1-20 (AV 1933/53) Belydenis: HK 34:94-95 Teks: Handelinge 14:15 (AV 1933/53) Psalm 67 : 2 Preek: Christene evangeliseer ander met nederigheid Gebed Kollekte Skrifberyming 12-3 (72) : 1, 2 Seën Skrifberyming 13-3 (78) 1

2 Ongelowige mense heidene, ateïste sê partykeer dat hulle Christene as hoogmoedig beleef, arrogant selfs. n Deel van hierdie kritiek sal n mens waarskynlik kan afskryf as sommer maar net deel van die geraas wat mense in ons tyd teen die Christelike geloof maak. Maar dit kan tog wees dat ons wat só deur die Here bevoorreg is, bewustelik of onbewustelik uit die hoogte met ander mense, wat geestelik onkundig of dwalend is, praat. In hierdie Skrifdeel wys die Heilige Gees ons deur dit wat Paulus en Bárnabas hier gesê en gedoen het, dat dit nie so behoort te gebeur nie, dat Christene op n nederige manier met ander mense oor die dinge van die Here behoort te praat. Dis die hoofsin van hierdie preek: Christene evangeliseer ander met nederigheid. Kom ons kyk eers na waarmee Paulus-hulle hier besig is, en dan na hoe hulle dit doen. 1. WAARMEE PAULUS-HULLE HIER BESIG IS Paulus en Bárnabas is hier besig om die evangelie te verkondig. Die gemeente van Antiochië in Sirië het hulle gestuur om die boodskap van die verlossing van sonde deur Jesus al hoe verder te gaan versprei, om ook Klein-Asië te gaan evangeliseer. 2

3 So is die Heilige Gees natuurlik deur hulle besig om te doen wat die Here Jesus gesê het Hy gaan doen: - dat Hy ook met die sondige wêreld gaan werk, en hulle gaan oortuig dat hulle sondig is en dat God se oordeel vir hulle wag as hulle saak met God nie deur Jesus Christus reggemaak word nie. 1 Nou het hulle In Listre ook die evangelie verkondig, 2 en hierdie heidene opgeroep om die gode wat hulle saam met die wêreld van hulle tyd gedien het, te los, want hierdie gode was nietige dinge, gode wat net in mense se gedagtes bestaan het en daarom niks beteken het nie. Hulle moes daardie gode los en hulle bekeer tot die lewende God. Hulle moes wegdraai van die afgodsdiens af en hulle na die ware God toe draai, die Een wat alles wat bestaan, geskep het en in stand hou en regeer. 3 Dis mos sonde om in die plek van die enigste ware God, wat n mens net deur die Bybel reg leer ken, iets of iemand anders uit te dink waarop jy jou vertroue stel, en om die vertroue en die gehoorsaamheid en die aanbidding wat die ware God toekom, aan iets of iemand anders te bewys. 1 Joh 16: Hand 14:7 3 Hand 14:15b-17 3

4 Dis sonde teen die heel eerste gebod wat God vir die mens gegee het. En sonde waarmee aangehou word sonder bekering, sleep jou hel toe! Daarom moet julle julle bekeer (het Paulus-hulle verkondig) en jou sondes laat afwas 4 iets wat gebeur (en dis die evangelie, die goeie nuus, wat Paulus en Bárnabas verkondig het) wanneer jy glo dat Jesus Christus ook vir jóú sondes klaar gely en gesterf het en ook vir jóú die dood oorwin het toe Hy op die derde dag lewend uit die graf uitgekom het! Dis wat Paulus en Bárnabas gedoen het: - hulle het die evangelie gepreek - en die heidene tot bekering opgeroep. En toe het God soos Jesus ook gesê het gaan gebeur 5 hierdie verkondiging van die apostels onderstreep deur n teken en wonder te laat plaasvind: - n verlamde man wat van sy geboorte af nooit kon loop nie, is net deur n bevel van die Here se apostel volkome gesond gemaak. 6 Besig om die oortuigingswerk van die Heilige Gees te doen dís waarmee Paulus en Bárnabas hier besig was. 2. HOE HULLE DIT DOEN Hoe het hulle hierdie oortuigingswerk gedoen, bedoelende 4 Hand 22:16 5 Mark 16: Hand 14:10. Vgl ook Mark 16:20; Hand 14:3; Rom 15:18-19; Hebr 2:3-4 4

5 - met watter soort ingesteldheid teenoor hierdie heidene? - met watter gesindheid in hulle binneste? Hierdie gesindheid hoor ons wanneer Paulus vir hulle sê: Ons is net sulke mense soos julle... Wat gebeur het, is dat toe die Here hierdie verlamde man deur Paulus gesond gemaak het hierdie bygelowige heidene gedink het dat n mite wat in hulle tyd in omloop was, weer werklikheid geword het, en dat die vader van die gode, Jupiter (of Zeus in Grieks) saam met sy woordvoerder, Mercurius (of Hermes in Grieks), nou in die gestalte van Bárnabas en Paulus daar na hulle toe gekom het. En toe wou hierdie heidene natuurlik vir hierdie gode wat nou daar by hulle was, offers bring! Paulus en Bárnabas was glad nie hierdeur gevlei nie. Hulle weet mos dat dit nie hulle eie krag was wat hierdie verlamde man gesond gemaak het nie. Dit was God se krag. Al die eer daarvoor kom Hóm toe. Om hulle nou op watter manier ook al daarvoor te laat vereer, sou mos neerkom op diefstal van God se eer! 5

6 En elk geval kom alle godsdienstige verering net aan God toe, nie aan enige mens of engel nie. 7 Toe Paulus en Bárnabas besef dat hierdie heidene aan hulle wil offer, storm hulle daar tussen die mense in om hulle te stop, onder andere deur uit te roep: Ons is net sulke mense soos julle... In die eerste plek wil hulle natuurlik met hierdie woorde sê dat hulle nie gode of engele of ander bonatuurlike wesens is nie, maar ménse gewone mense. Om hulle dus te probeer behandel soos wat daardie mense gedink het dat hulle gode moes behandel, is heeltemal onvanpas, dwaas. Maar Paulus-hulle sê tog ook meer as net dit, want hulle sê nie maar net eenvoudig dat hulle mense is, en dus nie gode nie. Hulle sit nog n woord daarby, wat wil sê: - ons is soortgelyke mense as julle; - net sulke mense soos julle; - in alle opsigte 8 mense net soos julle. Hierdie woord wat hulle bysit wys met watter gesindheid hulle aan hierdie heidene die evangelie verkondig het: - nie vanuit die hoogte: ons weet beter as julle! of ons is beter as julle! nie; - maar met nederigheid: óns is net sulke mense soos julle! 7 Exod 20:2. Sien ook Hand 10:25-26 en Openb 19:10. 8 BDV 6

7 En dit was so. Paulus en Bárnabas wás mos ook (byvoorbeeld) van nature sondaars, gebore met harte wat ook tot afgodery geneig was. Hulle sou nie op daardie dag daar gewees het as gesante van Jesus Christus as Hy hulle sondes nie met Sy bloed weggewas en hulle deur die Heilige Gees nuwe harte gegee het nie. Hulle is van nature net so sondig soos enige ander heiden en net so afhanklik vir hulle verlossing van die Here Jesus Christus soos enige heiden daar in Listre. En hulle beleef as mense in hierdie wêreld presies dieselfde wat daardie heidene as mense beleef: - menslike vreugdes en hartsere; - menslike bekommernisse en vrese; - menslike vrae en worstelings en node; - menslike verlange na die ware lewe, wat méér is as die gestoei op hierdie aarde. Mense net soos julle. Al wat anders is, is dat hulle die antwoorde en die rus en die vrede en die ware lewe as geskenk uit die hand van die Here gekry het en nou vir ander mense kan vertel waar hulle dit ook kan kry. 7

8 Maar dit het hulle nie minder mens as ander mense gemaak nie, of n beter spesie van mense as ander nie. Hulle was net begenadigde gewone, sondaar-mense. En met hierdie gesindheid het Paulus-hulle die evangelie verkondig: - nie uit die hoogte nie; - nie as beteres nie; - maar as gelykes net sulke mense soos hierdie mense van Listre. TOEPASSING As ongelowige mense met wie ons oor godsdiens-sake praat, dit regtig beleef dat ons as Christene uit die hoogte met hulle praat, is hierdie Skrifdeeltjie vir ons n les in nederigheid. Want as selfs hierdie spesiale dienaars van die Here Paulus en Bárnabas op hierdie nederige manier met heidene gepraat het, hoeveel te meer moet ons praat-oor-die-here dan nie so wees nie! Hoe kan ons uit die hoogte of selfs arrogant met ander oor Jesus se genade praat? Ons was ook sondaars van geboorte gewees en ons sondig nog steeds, al is dit dan partykeer meer verfynd, meer subtiel, meer gekamoefleerd en meer in gedagtes en minder in dade as by rou heidene. 8

9 Maar sulke weggesteekte sondigheid en sondes is amper n groter kwaad as n openlike sondige lewe, want dit doen al die sondes én mislei ander dan ook nog daaroor. En ons ken ook die algemene menslike vreugdes en hartsere en bekommernisse en vrese en vrae en worstelings en node en die verlange na daardie lewe wat méér is as hierdie gebrokenheid van nou. En die meeste van ons ken die mislukking wanneer jy antwoorde op jou lewensvrae en rus vir jou siel en vrede vir jou hart op verkeerde plekke gaan soek! Wanneer ons dan met mense praat wat die Here nie ken nie, of wat die rug op Hom gedraai het met die doel om hulle terug te roep na hulle Maker en Here toe dan moet ons dit regtig as mede-mense doen. Ons mag ons gemeenskaplike sondaar-wees en mens-wees met hulle nie vergeet nie. Wat ons het wat hulle nie het nie, het ons nie omdat ons beter of slimmer mense as hulle is, of omdat ons geestelik beter as hulle presteer het nie, maar net omdat die Here dit uit genade vir ons present gegee het. Ons moet met nederigheid evangeliseer. Égte nederigheid. 9

10 Om te maak of jy jouself as net so n mens soos enige ander een sien, terwyl jy tog eintlik hier diep binne dink dat jy geestelik beter as ander is, sal nie werk nie. Mense sien gewoonlik dwarsdeur sulke toneelspel en verag dan nie net vir jou as boodskapper nie, maar ook die boodskap wat jy bring! As die Heilige Gees jou dan na sondaars toe lei om hulle van hulle sonde te gaan oortuig, gaan doen dit met n gesindheid van: - ek is n sondaar net soos jy; - ek is eintlik al veronderstel om anders te lewe; - en ek probéér anders wees; - maar ek kry dit nog nie naastenby reg nie! En as die Heilige Gees jou na iemand toe lei om daardie een moed te gaan inpraat, gaan doen dit dan as iemand wat eerlik is daaroor dat jý ook tye van moedeloosheid ken en weet dat n mens nie moed kan hê as dit nie van Bo vir jou gegee word nie. En as die Heilige Gees jou lei om iemand wat godsdienstig dwaal, reg te help, gaan doen dit dan as iemand wat self ook eers onkundig was en in baie dinge nog steeds onkundig is, maar wat tog dit wat jy nou al te wete gekom het, graag vir ander wil deurgee. As die Heilige Gees jou na wie ook al toe stuur wat sonder God en sonder hoop in hierdie wêreld is, gaan dan nederig, iemand net so n mens soos hierdie ander een, wat kan vertel waar n mens burgerskap van die hemelse koninkryk kry 10

11 sonder geld en sonder prys, verniet... AMEN 11

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun SKRIFLESING: Johannes 1:1-18 TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13 TEMA: God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun Psalm 45 : 1, 2, 3 Psalm 72 : 6 Skrifberyming 33 (2-4) : 1 Skrifberyming 78 (13-3) 2 Dat ons kinders

Nadere informatie

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL Votum en seën Psalm 118 : 2 Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1933/53) Psalm 4 : 3 Gebed Skriflesing: Johannes 19:17-27 (AV 1933/53) Teks: Johannes 19:26-27

Nadere informatie

God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5)

God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5) God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5) Wie is Jesus? Wie is Jesus vir die mense...? Godsdienste Boeddhisme Islam Judaïsme Hinduïsme New Age Wat sê die Woord van God? Joh 8:12-30

Nadere informatie

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp. SKRIFLESING: Johannes 18:28-40 TEKS: TEMA: INHOUD: Johannes 18:37-38b Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp. Die waarheid verwerp Psalm 105 : 2, 3 Psalm 73 : 12 Skrifberyming 18 (17-2)

Nadere informatie

NAGMAAL. SKRIFLESING: 1 Petrus 2: TEKS: 1 Petrus 2:24a. Jesus Christus het ons sondes gedra. Psalm 89 : 1. Psalm 40 : 3

NAGMAAL. SKRIFLESING: 1 Petrus 2: TEKS: 1 Petrus 2:24a. Jesus Christus het ons sondes gedra. Psalm 89 : 1. Psalm 40 : 3 NAGMAAL SKRIFLESING: 1 Petrus 2:18-25 TEKS: 1 Petrus 2:24a TEMA: Jesus Christus het ons sondes gedra Psalm 89 : 1 Psalm 40 : 3 Skrifberyming 10 (5-4) : 1, 2 Psalm 116 : 1, 2, 3, 4, 5, 7 Psalm 89 : 7 Voor

Nadere informatie

God red elkeen wat werklik in Jesus Christus glo.

God red elkeen wat werklik in Jesus Christus glo. SKRIFLESING: Johannes 3:11-21 TEKS: Johannes 3:15, 16b HK 7 TEMA: God red elkeen wat werklik in Jesus Christus glo. Psalm 31 : 3, 5 Psalm 31 : 15, 17 Skrifberyming 27 (12-2) : 1, 4 2 Wie word gered? Dis

Nadere informatie

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5 MATTEUS 6:8 Votum en seën Psalm 7 : 6 Gebed Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5 Preek: Vir ons hemelse Vader is eenvoudige gebede goed Gebed

Nadere informatie

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra SKRIFLESING: Romeine 12:1-8 TEKS: Romeine 12:1-2 HK 49 TEMA: Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra Psalm 103 : 10, 11 Skrifberyming 28 (10-1) : 1, 2 Psalm 119 : 11 Skrifberyming 78 (13-3)

Nadere informatie

NAGMAAL. SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a. Die kruis is die trots van die Here se kerk.

NAGMAAL. SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a. Die kruis is die trots van die Here se kerk. NAGMAAL SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a TEMA: Die kruis is die trots van die Here se kerk. Psalm 149 : 1, 2 Skrifberyming 10 (5-4) : 1, 2 Psalm 103 : 6 Psalm 9 : 1, 2,

Nadere informatie

Dit wat óns wil hoe óns wil leef en wil praat en selfs wil dink (dit weet ons almal) is baie kere baie anders as wat Gód van ons wil hê.

Dit wat óns wil hoe óns wil leef en wil praat en selfs wil dink (dit weet ons almal) is baie kere baie anders as wat Gód van ons wil hê. MATTEUS 21:29 HK 49 Votum Seën Psalm 40 : 2 Gebed Psalm 40 : 4 Skriflesing: Matteus 21:23-32 (AV 1933/53) Belydenis: HK 49 Teks: Matteus 21:29 (AV 1933/53) Preek: Jesus leer ons bid vir berou en bekering

Nadere informatie

1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80

1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80 1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80 Votum en seën Psalm 23 : 1, 3 Gebed Skriflesing: 1 Korintiërs 10:1-13 (AV 1983) Belydenis: HK 29:78-30:80 Teks: 1 Korintiërs 10:4 Psalm 105 : 21, 22 Preek: Die Heilige Gees

Nadere informatie

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk Doel van les: Voordat ons kan leer van ons nuwe identiteit in Christus, moet ons eers stil staan by wat Christus vir ons kom doen het. Vandag gaan ons gesels

Nadere informatie

God se liefde vat ons vrees vir Sy oordeel weg

God se liefde vat ons vrees vir Sy oordeel weg SKRIFLESING: 1 Johannes 4:7-21 TEKS: 1 Johannes 4:17-18 TEMA: God se liefde vat ons vrees vir Sy oordeel weg Psalm 48 : 1 Psalm 99 : 1, 4 Psalm 103 : 6 (na doop) Psalm 43 : 3 Skrifberyming 10 (5-4) : 1,

Nadere informatie

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk Doel van les: Voordat ons kan leer van ons nuwe identiteit in Christus, moet ons eers stil staan by wat Jesus vir ons kom doen het en dat ons die nuwe mens

Nadere informatie

SKRIFLESING: 1 Korintiërs 6: TEKS: 1 Korintiërs 6:19 HK 1:1. Ook ons liggame behoort aan die Here. Skrifberyming 72 (12-3) : 1, 2

SKRIFLESING: 1 Korintiërs 6: TEKS: 1 Korintiërs 6:19 HK 1:1. Ook ons liggame behoort aan die Here. Skrifberyming 72 (12-3) : 1, 2 SKRIFLESING: 1 Korintiërs 6:12-20 TEKS: 1 Korintiërs 6:19 HK 1:1 TEMA: Ook ons liggame behoort aan die Here Skrifberyming 72 (12-3) : 1, 2 Psalm 104 : 8, 9, 20 Skrifberyming 24 (1-1) : 7 2 Party mense

Nadere informatie

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig INLEIDING In ons verduideliking van hoe ons Nagmaal vier, het ons gehoor dat God ons waardig maak om aan die hemelse spys en drank deel te hê. Dit beteken

Nadere informatie

PSALM 90:2 NGB 1. Votum en seën. Psalm 90 : 1. Gebed. Skriflesing: Psalm 90 (AV 1933/53) Belydenis: NGB 1. Teks: Psalm 90:2 (AV 1933/53)

PSALM 90:2 NGB 1. Votum en seën. Psalm 90 : 1. Gebed. Skriflesing: Psalm 90 (AV 1933/53) Belydenis: NGB 1. Teks: Psalm 90:2 (AV 1933/53) PSALM 90:2 NGB 1 Votum en seën Psalm 90 : 1 Gebed Skriflesing: Psalm 90 (AV 1933/53) Belydenis: NGB 1 Teks: Psalm 90:2 (AV 1933/53) Psalm 102 : 5, 11 Preek: God bestaan [nog] [altyd] Gebed Kollekte Skrifberyming

Nadere informatie

Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg

Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg SKRIFLESING: 1 Johannes 2:1-11 TEKS: 1 Johannes 2:6 TEMA: Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg Psalm 9 : 1, 2, 7 Psalm 31 : 13 (na gebed) Skrifberyming 72 (12-3) : 1, 2 Skrifberyming 78 (13-3) Ook:

Nadere informatie

JOHANNES 6:48 HK 28. Votum en seën. Psalm 100 : 1, 3. Gebed. Skrifberyming 54 (2-6) : 1. Skriflesing: Johannes 6:41-59 (AV 1983) Belydenis: HK 28

JOHANNES 6:48 HK 28. Votum en seën. Psalm 100 : 1, 3. Gebed. Skrifberyming 54 (2-6) : 1. Skriflesing: Johannes 6:41-59 (AV 1983) Belydenis: HK 28 JOHANNES 6:48 HK 28 Votum en seën Psalm 100 : 1, 3 Gebed Skrifberyming 54 (2-6) : 1 Skriflesing: Johannes 6:41-59 (AV 1983) Belydenis: HK 28 Teks: Johannes 6:48 (AV 1983) Preek: Christus is die Brood wat

Nadere informatie

SKRIFLESING: Titus 1. TEKS: Titus 1:15. Die Here wil ons op die hoofspoor hê. Psalm 134 : 1, 2. Psalm 119 : 4. Psalm 18 : 12. Skrifberyming 78 (13-3)

SKRIFLESING: Titus 1. TEKS: Titus 1:15. Die Here wil ons op die hoofspoor hê. Psalm 134 : 1, 2. Psalm 119 : 4. Psalm 18 : 12. Skrifberyming 78 (13-3) SKRIFLESING: Titus 1 TEKS: Titus 1:15 TEMA: Die Here wil ons op die hoofspoor hê. Psalm 134 : 1, 2 Psalm 119 : 4 Psalm 18 : 12 Skrifberyming 78 (13-3) Ook: Ps 141 : 3, 4 Sb 14 : 1, 2 Dis nie altyd so maklik

Nadere informatie

SKRIFLESING: Jesaja 6. TEKS: Jesaja 6:3 HK 8. Voor die drie-maal heilige God buig ons laag. Psalm 99 : 1, 2. Psalm 81 : 11, 12

SKRIFLESING: Jesaja 6. TEKS: Jesaja 6:3 HK 8. Voor die drie-maal heilige God buig ons laag. Psalm 99 : 1, 2. Psalm 81 : 11, 12 SKRIFLESING: Jesaja 6 TEKS: Jesaja 6:3 HK 8 TEMA: Voor die drie-maal heilige God buig ons laag Psalm 99 : 1, 2 Psalm 81 : 11, 12 Skrifberyming 45 (18-7) : 8, 9 Ook: Skrifberyming 54 (2-6) : 5 2 Die Heidelbergse

Nadere informatie

1 KORINTIËRS 13:12. Ook: Sb 18-8 (30) : 4, 5

1 KORINTIËRS 13:12. Ook: Sb 18-8 (30) : 4, 5 1 KORINTIËRS 13:12 Votum Seën Psalm 146 : 1, 4 Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels Wet: Exodus 20:1-17 (AV 1933/53) Psalm 139 : 1, 12 Gebed Psalm 42 : 1 Skriflesing: 1 Korintiërs 13 (AV 1933/53) Teks: 1

Nadere informatie

JOHANNES 3:19-20 DL 3/4:1

JOHANNES 3:19-20 DL 3/4:1 JOHANNES 3:19-20 DL 3/4:1 Votum en seën Psalm 47 : 1, 3 Geloofsbelydenis: Nicea Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 50 : 8, 11 Gebed Skriflesing: Johannes 3:1-21 (AV 1983/91) Belydenis: Dordtse Leerreëls

Nadere informatie

Die Here gee vir mense, wat oor Hom bly is, dit wat hulle harte begeer.

Die Here gee vir mense, wat oor Hom bly is, dit wat hulle harte begeer. SKRIFLESING: Psalm 37 : 1-11 TEKS: Psalm 37:4 TEMA: Die Here gee vir mense, wat oor Hom bly is, dit wat hulle harte begeer. Psalm 150 : 1, 2 Psalm 139 : 1, 3 Skrifberyming 72 (12-3) : 1, 2 Psalm 33 : 11

Nadere informatie

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek.

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek. 1 Lukas 6h 7.10.18 WH Tema: Hoe kyk jy? Ek sien nou die dag `n taxi met `n plakkaat agter in die venster waarop daar staan: only God can judge me. Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in

Nadere informatie

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22 1 BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22 Die sekerheid dat jy 'n kind van God is, is nie die einde van die pad nie maar die begin daarvan. Nou word dit moontlik om as gelowiges te groei. Maar waarheen lei

Nadere informatie

Goeie Konings, Slegte Konings

Goeie Konings, Slegte Konings Bybel vir Kinders bied aan Goeie Konings, Slegte Konings Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Lazarus Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

PSALM 115:1 HK Sondag 52:

PSALM 115:1 HK Sondag 52: PSALM 115:1 HK Sondag 52:128-129 Votum en seën Skrifberyming 72 (12-3) : 1, 2 Gebed Skriflesing: Psalm 115 (AV 1933/53) Belydenis: HK 52:128-129 Teks: Psalm 115:1 (AV 1933/53) Psalm 115 : 1, 9 Preek: God

Nadere informatie

Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek

Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek SKRIFLESING: 1 Johannes 2:28 3:10 TEKS: 1 Johannes 3:8b TEMA: Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek Psalm 45 : 1, 3, 5, 6 Psalm 79: 5, 6 Skrifberyming 33 (2-4) : 1, 2 Skrifberyming

Nadere informatie

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene Bybel vir Kinders bied aan Daniël die Gevangene Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Jonathan Hay Aangepas deur: Mary-Anne S. Vertaal deur: Gert Badenhorst Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

DIE VLEUELS VAN GEBED (9) DIE VLEUELS VAN GEBED (9) DIE VLEUELS VAN GEBED (9) Jan van der Watt Dankie Here! Dankie sê is om jou skuld te betaal. In die tyd van die Bybel was dankie sê iets anders as vandag. Vandag is dankie n woord

Nadere informatie

Jesaja sien die Toekoms

Jesaja sien die Toekoms Bybel vir Kinders bied aan Jesaja sien die Toekoms Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Jonathan Hay Aangepas deur: Mary-Anne S. Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

Twyfel Vergewe mekaar Vergifnis van God Vertroue Volharding Voorkoms Vrede Vrees Vriendskap...

Twyfel Vergewe mekaar Vergifnis van God Vertroue Volharding Voorkoms Vrede Vrees Vriendskap... Inhoudsopgawe Aanbidding... 8 Bekommernis... 12 Beskerming... 16 Blydskap... 20 Dankbaarheid... 24 Diensbaarheid... 28 Eerlikheid... 32 Gebed... 36 Geduld... 40 Geloof... 44 Genade... 48 Gesin... 52 Hoop...

Nadere informatie

God het belowe om ons gehoorsaam te maak, net soos ons vra

God het belowe om ons gehoorsaam te maak, net soos ons vra SKRIFLESING: Jeremia 31:23-40 TEKS: Jeremia 31:33b HK 49 TEMA: God het belowe om ons gehoorsaam te maak, net soos ons vra Psalm 103 : 10, 11 Psalm 131 : 2, 3 Skrifberyming 14 (8-1) : 1, 2 Ook: Ps. 40 :

Nadere informatie

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie. 1 Johannes 14b WH Belydenisaflegging en Nagmaal Kinders, doen julle wat mamma en pappa vra? Altyd? Partykeer eers later nè? Hoekom sal jy iets doen as jou ouers vra? Doen jy wat die Here vra? Wat is jou

Nadere informatie

Jesus Christus se opstanding maak ons lewens sinvol

Jesus Christus se opstanding maak ons lewens sinvol SKRIFLESING: 1 Korintiërs 15:1-20 TEKS: 1 Korintiërs 15:20a TEMA: Jesus Christus se opstanding maak ons lewens sinvol Psalm 33 : 2 Psalm 33 : 11 Skrifberyming 10 (5-4) : 1, 2 Ook: Sb 27 : 1, 3 1 Weet u

Nadere informatie

Wie in die Here glo, vertrou Hom met die bestemming.

Wie in die Here glo, vertrou Hom met die bestemming. SKRIFLESING: Hebreërs 11:8-19 TEKS: Hebreërs 11:8 TEMA: Wie in die Here glo, vertrou Hom met die bestemming. Psalm 84 : 3, 4 Skrifberyming 28 (10-1) : 2, 3 Psalm 1 : 4 Psalm 37 : 2, 23 Skrifberyming 78

Nadere informatie

Dis net so ondenkbaar soos n gemeente die tempel van die Heilige Gees 1 wat nie bid nie.

Dis net so ondenkbaar soos n gemeente die tempel van die Heilige Gees 1 wat nie bid nie. PSALM 141 : 2 HK 45 Votum Seën Psalm 104 : 1, 2, 20 Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels Wet: Deuteronomium 5:6-21 (AV 1933/53) Psalm 69 : 3, 6, 12 Gebed Psalm 28 : 1, 2, 6 Skriflesing: Psalm 141 (AV 1933/53)

Nadere informatie

Jesus het aan Petrus gesê: "en as jy eendag bekeerd is, moet jy jou broeders versterk", net voor sy ontkenning (Lukas 22:32) Petrus vervul die bevel

Jesus het aan Petrus gesê: en as jy eendag bekeerd is, moet jy jou broeders versterk, net voor sy ontkenning (Lukas 22:32) Petrus vervul die bevel Les 6 vir 11 Augustus 2018 Jesus het aan Petrus gesê: "en as jy eendag bekeerd is, moet jy jou broeders versterk", net voor sy ontkenning (Lukas 22:32) Petrus vervul die bevel deur na verskillende plekke

Nadere informatie

DIE JERUSALEM RAAD Les 8 vir 25 Augustus 2018

DIE JERUSALEM RAAD Les 8 vir 25 Augustus 2018 DIE JERUSALEM RAAD Les 8 vir 25 Augustus 2018 Die heidene het die evangelie aanvaar, en dit was vir sommige Jode 'n probleem. Moet die heidene nie onder dieselfde reëls leef nie? Waarom het die Jode besny,

Nadere informatie

1 JOHANNES 4:20 HK 34:93

1 JOHANNES 4:20 HK 34:93 1 JOHANNES 4:20 HK 34:93 Votum en seën Psalm 134 : 1, 3 [ ons ] Gebed Psalm 27 : 4 Skriflesing: 1 Johannes 4:7-21 (AV 1983) Belydenis: HK 34:93 Teks: 1 Johannes 4:20 (AV 1983) Preek: God se wil is liefde

Nadere informatie

Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel. Christiaan Coetzee

Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel. Christiaan Coetzee Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel Christiaan Coetzee www.mathetes.co.za In die ou testament was die tempel n fisise plek of tent gewees waar mense na toe gegaan het om hulle sondes te belei

Nadere informatie

n Tempel Leier besoek Jesus

n Tempel Leier besoek Jesus Bybel vir Kinders bied aan n Tempel Leier besoek Jesus Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Byron Unger; Lazarus Aangepas deur: M. Maillot; Sarah S. Vertaal deur: Yvette Brits Vervaardig deur: Bible

Nadere informatie

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE:

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE: VRUGTE VAN DIE GEES VRAE: GEDULD: (Patience) 1. Wat is geduld? 2. Wat is van die goed waarvoor jy geduldig moet wees? 3. Is dit moeilik vir jou om geduldig te wees? 4. Hoe kan jy geduld wys? SELFBEHEERSING:

Nadere informatie

Die Here laat ons maai wat ons gesaai het

Die Here laat ons maai wat ons gesaai het SKRIFLESING: Galasiërs 6 TEKS: Galasiërs 6:7-8 TEMA: Die Here laat ons maai wat ons gesaai het Psalm 100 : 1, 3, 4 Psalm 50 : 11 Psalm 91 : 1 (na belydenisaflegging) Psalm 126 : 3 Skrifberyming 33 (2-4)

Nadere informatie

Wat beteken "Christus is die einde van die wet" (Romeine 10:4)?

Wat beteken Christus is die einde van die wet (Romeine 10:4)? Les 11 vir 16 Desember 2017 Wat beteken "Christus is die einde van die wet" (Romeine 10:4)? Christus is die doel of die eindebestemming van die wet. Christus is die vervulling van die wet. Christus is

Nadere informatie

Christene moet ook met hulle gedrag vir die Here praat.

Christene moet ook met hulle gedrag vir die Here praat. SKRIFLESING: Titus 2 TEKS: TEMA: Titus 2:5b, 10b Christene moet ook met hulle gedrag vir die Here praat. Psalm 107 : 1, 2 Skrifberyming 54 (2-6) : 1 Psalm 107 : 15 Skrifberyming 78 (13-3) 2 Ons moet vir

Nadere informatie

Dankoffersondag met Nagmaal 4 November

Dankoffersondag met Nagmaal 4 November Dankoffersondag met Nagmaal 4 November Ek begin diens met afkondigings, votum, seëngroet Votum: Ons het ondervind dat die Here goed is. Kom na Hom toe, die lewende steen, wat deur die mense afgekeur is,

Nadere informatie

SKRIFLESING: Romeine 8:31-39 (AV 1983) TEKS: Romeine 8:32b. Skrifberyming 24 (1-1) : 3. Psalm 62 : 4 (na gebed) Psalm 93 : 1, 4

SKRIFLESING: Romeine 8:31-39 (AV 1983) TEKS: Romeine 8:32b. Skrifberyming 24 (1-1) : 3. Psalm 62 : 4 (na gebed) Psalm 93 : 1, 4 SKRIFLESING: Romeine 8:31-39 (AV 1983) TEKS: Romeine 8:32b OPSKRIF: Grenslose liefde Skrifberyming 24 (1-1) : 3 Psalm 62 : 4 (na gebed) Psalm 93 : 1, 4 Skrifberyming 78 (13-3) 2 Vanoggend het ons gehoor

Nadere informatie

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun Bybel vir Kinders bied aan Die Verlore Seun Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Lazarus Aangepas deur: Ruth Klassen; Sarah S. Vertaal deur: Yvette Brits Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

Deur Sy wet gee God ons broodnodige kennis van sonde

Deur Sy wet gee God ons broodnodige kennis van sonde SKRIFLESING: Romeine 7:1-13 TEKS: Romeine 7:7 HK 1:2 2:5 TEMA: Deur Sy wet gee God ons broodnodige kennis van sonde Psalm 147 : 1, 4 Skrifberyming 26 (9-1) : 1, 10 Psalm 130 : 2 2 As u vir iemand wat glad

Nadere informatie

MATTEUS 7:12. Votum en seën. Psalm 34 : 2, 4. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 4 : 3.

MATTEUS 7:12. Votum en seën. Psalm 34 : 2, 4. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 4 : 3. MATTEUS 7:12 Votum en seën Psalm 34 : 2, 4 Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 4 : 3 Gebed Skrifberyming 53 (14-3) : 4 Skriflesing: Matteus 7:7-23 (AV 1983/91) Teks:

Nadere informatie

Van Vervolger tot Prediker

Van Vervolger tot Prediker Bybel vir Kinders bied aan Van Vervolger tot Prediker Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Gert Badenhorst Vervaardig deur: Bible for Children

Nadere informatie

God laat alles Sy kinders se saligheid bevorder.

God laat alles Sy kinders se saligheid bevorder. SKRIFLESING: Romeine 8:18-30 TEKS: Romeine 8:28 HK 9 TEMA: God laat alles Sy kinders se saligheid bevorder. Psalm 30 : 3, 4 Skrifberyming 33 (2-4) : 1 Psalm 119 : 25 Skrifberyming 78 (13-3) Ook: Sb 52

Nadere informatie

Preek Genesis 1:27. (Preek gelewer tydens oggenddiens in Welkom-Noord op Sondag 6 November 2016)

Preek Genesis 1:27. (Preek gelewer tydens oggenddiens in Welkom-Noord op Sondag 6 November 2016) 1 Preek Genesis 1:27 (Preek gelewer tydens oggenddiens in Welkom-Noord op Sondag 6 November 2016) Voor die erediens Sing: Lied 447:1 Sing: Lied 456:1,3 Afkondigings Stilte Ontmoetingsdiens: Toetredelied:

Nadere informatie

TEKS: 1 Korintiërs 8:4-6 HK 34:94-95

TEKS: 1 Korintiërs 8:4-6 HK 34:94-95 SKRIFLESING: 1 Korintiërs 8 TEKS: 1 Korintiërs 8:4-6 HK 34:94-95 TEMA: God alleen moet gedien word Skrifberyming 34 (2-2) : 1 Psalm 9 : 8, 12 (vers 8 by 6e gebod) Psalm 135 : 9, 10 Psalm 31 : 4, 19 Ook:

Nadere informatie

Kinders hoe voel julle oor die eksamen wat voorlê? Vir wie van julle is die Bybel soms moeilik om te verstaan? Ja daar is dinge waarmee ons sukkel né.

Kinders hoe voel julle oor die eksamen wat voorlê? Vir wie van julle is die Bybel soms moeilik om te verstaan? Ja daar is dinge waarmee ons sukkel né. 1 Matteus 11 d2 Wh 16 Lees Matteus 11:25-29 Is jy slim of eenvoudig? Kinders hoe voel julle oor die eksamen wat voorlê? Ek onthou hoe ek baie keer met `n eenvoudige rapport by die huis gekom het, en alles

Nadere informatie

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3.

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3. SKRIFLESING: Johannes 8 :12-20 TEKS: Johannes 8:12 TEMA: Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe Psalm 150 : 1, 2, 3 Psalm 43 : 3, 4 Skrifberyming 3 (4-7) : 1, 2 Skrifberyming 9 (18-1) : 1, 6 [Ook: Ps

Nadere informatie

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was nie om limate te gaan werf of om mense te gaan bekeer nie, maar om dissipels te gaan maak, mense wat Jesus volg. Net soos wat n mens nie noodwendig

Nadere informatie

TEKS: Matteus 5:3 (AV 1933/53) HK 5

TEKS: Matteus 5:3 (AV 1933/53) HK 5 SKRIFLESING: Matteus 5:1-12 TEKS: Matteus 5:3 (AV 1933/53) HK 5 TEMA: Verlossing kom nie uit ons nie. Psalm 138 : 3 Skrifberyming 16 (11-3) : 1, 4 Psalm 146 : 2, 5 Skrifberyming 78 (13-3) Ook: Ps 33 :

Nadere informatie

Jy kan eintlik waar in die Bybel ook al kyk na wat geskryf is oor hoe ons as Christene moet lewe, en jy kom by liefhê uit.

Jy kan eintlik waar in die Bybel ook al kyk na wat geskryf is oor hoe ons as Christene moet lewe, en jy kom by liefhê uit. 2 PETRUS 1:7 Votum en seën Psalm 47 : 1, 4 Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 23 : 1 Gebed Skriflesing: 2 Petrus 1:1-15 (AV 1983/91) Teks: 2 Petrus 1:7 (AV 1983/91)

Nadere informatie

SKRIFLESING: Matteus 11: TEKS: Matteus 11:28. Christus gee gekwelde mense rus. Psalm 145 : 1, 2. Skrifberyming 12-3 : 1, 2 (na geloofsbelydenis)

SKRIFLESING: Matteus 11: TEKS: Matteus 11:28. Christus gee gekwelde mense rus. Psalm 145 : 1, 2. Skrifberyming 12-3 : 1, 2 (na geloofsbelydenis) SKRIFLESING: Matteus 11:20-30 TEKS: Matteus 11:28 TEMA: Christus gee gekwelde mense rus. Psalm 145 : 1, 2 Skrifberyming 12-3 : 1, 2 (na geloofsbelydenis) Psalm 135 : 3 (na gebed) Psalm 84 : 2 (na preek)

Nadere informatie

SKRIFLESING: Lukas 17:1-10. TEKS: Lukas 17:10 HK 24. Begenadigdes skuld God gehoorsaamheid. Psalm 138 : 1. Skrifberyming 24 (1-1) : 2.

SKRIFLESING: Lukas 17:1-10. TEKS: Lukas 17:10 HK 24. Begenadigdes skuld God gehoorsaamheid. Psalm 138 : 1. Skrifberyming 24 (1-1) : 2. SKRIFLESING: Lukas 17:1-10 TEKS: Lukas 17:10 HK 24 TEMA: Begenadigdes skuld God gehoorsaamheid. Psalm 138 : 1 Skrifberyming 24 (1-1) : 2 Psalm 40 : 4 1 Kan dit regtig wees dat al die goeie dinge wat ons

Nadere informatie

Soos n wildsbok wat smag na water Smag my siel na u o Heer U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer SOOS N WILDSBOK

Soos n wildsbok wat smag na water Smag my siel na u o Heer U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer SOOS N WILDSBOK Soos n wildsbok wat smag na water Smag my siel na u o Heer U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer SOOS N WILDSBOK U alleen is my krag en skild Aan U alleen wy ek nou myself U alleen is

Nadere informatie

PSALM 40:9. Votum en seën. Psalm 89 : 3. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Deuteronomium 5:6-21 (AV 1933/53) Psalm 50 : 6, 7.

PSALM 40:9. Votum en seën. Psalm 89 : 3. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Deuteronomium 5:6-21 (AV 1933/53) Psalm 50 : 6, 7. PSALM 40:9 Votum en seën Psalm 89 : 3 Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels Wet: Deuteronomium 5:6-21 (AV 1933/53) Psalm 50 : 6, 7 Gebed Skriflesing: Psalm 40 (AV 1933/53) Teks: Psalm 40:7-9 (AV 1933/53) Psalm

Nadere informatie

Preek Romeine 1:16-17

Preek Romeine 1:16-17 1 Preek Romeine 1:16-17 (Preek gelewer tydens erediens in Welkom-Noord op Sondag 19 Februarie2017) Prediker: Ds JL van der Schyff Voor die erediens Sing: Lied 255:1,2,3 Sing: Psalm 119-1:39 Sing: Psalm

Nadere informatie

toegewy aan God ross os s v an v nieker i k

toegewy aan God ross os s v an v nieker i k toegewy aan God ross van niekerk goddelike nageslag hoe verseker ons dit? 1. modelleer. 2. liefde. 3. instruksie. 4. dissipline. 5. meedeling. psalm 127:3 Kyk, kinders is n erfdeel van die HERE; die vrug

Nadere informatie

God red mense wat glo deur die krag van die evangelie

God red mense wat glo deur die krag van die evangelie SKRIFLESING: Romeine 1:1-17 TEKS: Romeine 1:16 HK 23 TEMA: God red mense wat glo deur die krag van die evangelie Psalm 67 : 2 Skrifberyming 10 (5-4) : 1, 2 Psalm 71 : 12, 14 Ook: Ps 32 Ps 65 : 2 2 As jy

Nadere informatie

Die Kerk se Geboorte

Die Kerk se Geboorte Bybel vir Kinders bied aan Die Kerk se Geboorte Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Vertaal deur: Gert Badenhorst Aangepas deur: Ruth Klassen Storie 55 van 60 www.m1914.org Bible for

Nadere informatie

STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart?

STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart? STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart? - Lees Rom 10:1 - By hierdie stasie gaan elke persoon hulle polsslag neem - Laat elke persoon hulle wysvinger op hulle pols sit om hulle hartklop te voel. - Laat hulle

Nadere informatie

OPENBARING 5:5 HK Sondag 48

OPENBARING 5:5 HK Sondag 48 OPENBARING 5:5 HK Sondag 48 Votum en seën Psalm 93 : 1, 4 Gebed Skriflesing: Openbaring 5 (AV 1933/53) Belydenis: HK 48 Teks: Openbaring 5:5 (AV 1933/53) Psalm 72 : 2 Preek: God sorg self vir die koms

Nadere informatie

1 JOHANNES 5:4. Votum en seën. Psalm 45 : 1, 3, 4. Gebed. Skriflesing: 1 Johannes 5:1-13 (AV 1933/53) Teks: 1 Johannes 5:4 (AV 1933/53) Psalm 18 : 15

1 JOHANNES 5:4. Votum en seën. Psalm 45 : 1, 3, 4. Gebed. Skriflesing: 1 Johannes 5:1-13 (AV 1933/53) Teks: 1 Johannes 5:4 (AV 1933/53) Psalm 18 : 15 1 JOHANNES 5:4 Votum en seën Psalm 45 : 1, 3, 4 Gebed Skriflesing: 1 Johannes 5:1-13 (AV 1933/53) Teks: 1 Johannes 5:4 (AV 1933/53) Psalm 18 : 15 Preek: Wie uit God gebore is, oorwin die wêreld Gebed Kollekte

Nadere informatie

1 JOHANNES 2: Votum en seën. Psalm 34 : 1, 4. Geloofsbelydenis: Nicea. Wet: Exodus 20:1-17 (AV 1933/53) Psalm 34 : 6. Gebed

1 JOHANNES 2: Votum en seën. Psalm 34 : 1, 4. Geloofsbelydenis: Nicea. Wet: Exodus 20:1-17 (AV 1933/53) Psalm 34 : 6. Gebed 1 JOHANNES 2:15-17 Votum en seën Psalm 34 : 1, 4 Geloofsbelydenis: Nicea Wet: Exodus 20:1-17 (AV 1933/53) Psalm 34 : 6 Gebed Skriflesing: 1 Johannes 2:3-17 (AV 1933/53) Teks: 1 Johannes 2:15-17 (AV 1933/53)

Nadere informatie

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24 1 15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24 Tema Wanneer jy in Jesus glo, eindig jou lewe nie op die dag wanneer jy doodgaan nie. Jy sal uit die dood opstaan en

Nadere informatie

Preek oor: Wat doen die Heilige Gees? Die Heilige Gees laat die wedergeboorte plaasvind

Preek oor: Wat doen die Heilige Gees? Die Heilige Gees laat die wedergeboorte plaasvind 1 Preek oor: Wat doen die Heilige Gees? Die Heilige Gees laat die wedergeboorte plaasvind (Preek gelewer tydens erediens in Welkom-Noord op Sondag 29 Mei 2016) Voor die erediens Sing: Psalm 71-1:1,9,12

Nadere informatie

Vir die Here is die hoofsaak dat ons sal glo en gehoorsaam.

Vir die Here is die hoofsaak dat ons sal glo en gehoorsaam. SKRIFLESING: Prediker 11:9 12:14 TEKS: Prediker 12:13 (OAV) TEMA: INHOUD: Vir die Here is die hoofsaak dat ons sal glo en gehoorsaam. Die hoofsaak Psalm 146 : 1, 4, 8 Psalm 19 : 7 Skrifberyming 12-3 :

Nadere informatie

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees Doel van les: Vandag leer ons van die Vrugte van die Heilige Gees en hoe dit in ons lewens werk. INLEIDING: Sjoe, ons het nou al so baie van die Heilige Gees

Nadere informatie

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer Voorwoord Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer van die lewe lyk en is nie. Veel eerder is ware hoop om met gestroopte eerlikheid te weet dat jy bang is, maar tog vorentoe beweeg. Dis om,

Nadere informatie

LUKAS 5:8. Votum en seën. Psalm 116 : 1, 10. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Exodus 20:1-17 (AV 1933/53) Psalm 51 : 6.

LUKAS 5:8. Votum en seën. Psalm 116 : 1, 10. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Exodus 20:1-17 (AV 1933/53) Psalm 51 : 6. LUKAS 5:8 Votum en seën Psalm 116 : 1, 10 Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels Wet: Exodus 20:1-17 (AV 1933/53) Psalm 51 : 6 Gebed Skriflesing: Lukas 5:1-11 (AV 1933/53) Teks: Lukas 5:8-9 (AV 1933/53) 1 Skrifberyming

Nadere informatie

Petrus en die Krag van Gebed

Petrus en die Krag van Gebed Bybel vir Kinders bied aan Petrus en die Krag van Gebed Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Vertaal deur: Gert Badenhorst Aangepas deur: Ruth Klassen Storie 57 van 60 www.m1914.org

Nadere informatie

SKRIFLESING: 1 Petrus 2:1-10. TEKS: 1 Petrus 2:9. God red sodat ons sal vertel. Psalm 40 : 5. Psalm 4 : 3. Skrifberyming 8 (5-3) : 2.

SKRIFLESING: 1 Petrus 2:1-10. TEKS: 1 Petrus 2:9. God red sodat ons sal vertel. Psalm 40 : 5. Psalm 4 : 3. Skrifberyming 8 (5-3) : 2. SKRIFLESING: 1 Petrus 2:1-10 TEKS: 1 Petrus 2:9 TEMA: God red sodat ons sal vertel. Psalm 40 : 5 Psalm 4 : 3 Skrifberyming 8 (5-3) : 2 Psalm 71 : 9, 14 Skrifberyming 78 (13-3) Ook: Sb 24 (1-1) : 6 2 Waar

Nadere informatie

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13 1 Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13 Het jy dalk enige afgode of in jou huis? Miskien weet jy nie dat jy het nie, en dit is dalk die rede vir die konflik in jou huwelik, of dat jou kind

Nadere informatie

Bybel vir Kinders bied aan. Die Kerk Kry Moeilikheid

Bybel vir Kinders bied aan. Die Kerk Kry Moeilikheid Bybel vir Kinders bied aan Die Kerk Kry Moeilikheid Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Gert Badenhorst Vervaardig deur: Bible for Children

Nadere informatie

Welkom by Die Storie God se storie

Welkom by Die Storie God se storie Welkom by Die Storie God se storie Hierdie boek vertel die belangrikste, aangrypendste storie ooit: die storie van n ware God wat lief is vir sy kinders, wat gesorg het dat hulle gered is, en wat vir hulle

Nadere informatie

Jona en die Groot Vis

Jona en die Groot Vis Bybel vir Kinders bied aan Jona en die Groot Vis Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Jonathan Hay Aangepas deur: Mary-Anne S. Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

SKRIFLESING: Handelinge 16: TEKS: Handelinge 16:30-31 HK 23. Wie in die Here Jesus glo, word gered. Psalm 48 : 4.

SKRIFLESING: Handelinge 16: TEKS: Handelinge 16:30-31 HK 23. Wie in die Here Jesus glo, word gered. Psalm 48 : 4. SKRIFLESING: Handelinge 16:16-34 TEKS: Handelinge 16:30-31 HK 23 TEMA: Wie in die Here Jesus glo, word gered. Psalm 48 : 4 Psalm 37 : 2, 5 Skrifberyming 10 (5-4) : 1, 2 1 Dit bly maar iets waaroor mense

Nadere informatie

n Dubbele kruis-belydenis

n Dubbele kruis-belydenis 1 n Dubbele kruis-belydenis Dr AH Bogaards Lees: Lk.23:26-49 Teks: Lk.23:42-43 (Nagmaal) Datum: 7 Desember Psalms: Ps.43:3,4; 119:26; 119:27; 25:1,3; 23:1,3; 118 1. Inleiding Laat ons daaraan dink dat

Nadere informatie

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels.

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels. 1 Johannes 17b PT INLEIDING Lees Johannes 17:1-19 Hoe het dit die week met julle gebede gegaan? Kon julle intiem met julle Vader gesels? Ons het `n tydjie gelede gekyk na die eerste 6 verse van Jesus se

Nadere informatie

HOSEA 6:1-3. Votum en seën. Psalm 48 : 1. Gebed. Skriflesing: Hosea 6 (AV 1933/53) Teks: Hosea 6:1-3 (AV 1933/53) Psalm 72 : 3

HOSEA 6:1-3. Votum en seën. Psalm 48 : 1. Gebed. Skriflesing: Hosea 6 (AV 1933/53) Teks: Hosea 6:1-3 (AV 1933/53) Psalm 72 : 3 HOSEA 6:1-3 Votum en seën Psalm 48 : 1 Gebed Skriflesing: Hosea 6 (AV 1933/53) Teks: Hosea 6:1-3 (AV 1933/53) Psalm 72 : 3 Preek: Wie na die Here terugkom, kry n genadige God Gebed Kollekte Skrifberyming

Nadere informatie

Les 1 vir 7 Oktober 2017

Les 1 vir 7 Oktober 2017 Les 1 vir 7 Oktober 2017 Hierdie kwartaal bestudeer ons die boek Romeine. Eerstens, dit is goed om te weet hoe Paulus die skrywer verwant is aan die Christene wat in die belangrikste stad van daardie tyd

Nadere informatie

WAT IS DIE VOLGORDE VAN DIE VERLOSSINGSERVARING?

WAT IS DIE VOLGORDE VAN DIE VERLOSSINGSERVARING? WAT IS DIE VOLGORDE VAN DIE VERLOSSINGSERVARING? Daar is geen chronologiese volgorde nie. Daar is egter wel n logiese volgorde. # 1 Bekering Bekering, Regverdigmaking, Wedergeboorte Aanneming, Heiligmaking......alles

Nadere informatie

Naäman en die dogtertjie wat nie bang was om van die Here te vertel nie

Naäman en die dogtertjie wat nie bang was om van die Here te vertel nie Ontmoeting 7 God gebruik n dogtertjie wat ver van haar eie huis af is, om n belangrike generaal in Hom te laat glo. Teks: 2 Konings 5: 1-14 Hulpmiddels: Sandboks met huise, paleis, rivier en karakters

Nadere informatie

In God se plan, was dit die tyd vir Saulus om die evangelie te verkondig en nuwe kerke in en om die Romeinse Ryk te bou.

In God se plan, was dit die tyd vir Saulus om die evangelie te verkondig en nuwe kerke in en om die Romeinse Ryk te bou. Les 7 vir 18 Augustus 2018 4. Ikónium. Handelinge 14:1-7 Werk vir Israel 5. Listre en Derbe. Handelinge 14:8-20 Werk onder die heidene 1. Antiochië. Handelinge 13:1-3 Voorbereiding vir die reis 3. Antiochië

Nadere informatie

KOLOSSENSE 3:17 HK Sondag 36

KOLOSSENSE 3:17 HK Sondag 36 KOLOSSENSE 3:17 HK Sondag 36 Votum en seën Psalm 20 : 1, 2, 7 Gebed Skriflesing: Kolossense 3:1-17 (AV 1983) Belydenis: HK 36:99 Teks: Kolossense 3:17 (AV 1983) Psalm 118 : 5 Preek: God se kinders eer

Nadere informatie

GALASIËRS 5:22 (getrouheid)

GALASIËRS 5:22 (getrouheid) GALASIËRS 5:22 (getrouheid) Votum en seën Psalm 89 : 1, 3 Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983) Psalm 16 : 1, 2 Doop Skrifberyming 14 (8-1) : 1 Gebed Skriflesing: Galasiërs 5:13-26

Nadere informatie

Jona en die Groot Vis

Jona en die Groot Vis Bybel vir Kinders bied aan Jona en die Groot Vis Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Jonathan Hay Vertaal deur: Yvonne Kriel Aangepas deur: Mary-Anne S. Storie 26 van 60 www.m1914.org Bible for

Nadere informatie

SKRIFLESING: Prediker 11. TEKS: Prediker 11:4, 6. Wie met God reken, gebruik sy/haar kanse. Psalm 149 : 1, 2. Psalm 126 : 3.

SKRIFLESING: Prediker 11. TEKS: Prediker 11:4, 6. Wie met God reken, gebruik sy/haar kanse. Psalm 149 : 1, 2. Psalm 126 : 3. SKRIFLESING: Prediker 11 TEKS: Prediker 11:4, 6 TEMA: Wie met God reken, gebruik sy/haar kanse Psalm 149 : 1, 2 Psalm 126 : 3 Psalm 128 : 1, 4 1 Is dit nog die moeite werd om dinge aan te pak in die kerk,

Nadere informatie

JESAJA 53:9 HK Sondag 16:40-43

JESAJA 53:9 HK Sondag 16:40-43 JESAJA 53:9 HK Sondag 16:40-43 Votum en seën Psalm 71 : 1, 2 Gebed Psalm 138 : 2 Skriflesing: Jesaja 53 (AV 1933/53) Belydenis: HK 16:40-43 Teks: Jesaja 53:9 (AV 1933/53) Preek: Jesus móés vir ons sterf,

Nadere informatie

Aanbieding 1 Agtergrond. Skrywer van 2 Petrus

Aanbieding 1 Agtergrond. Skrywer van 2 Petrus 2 Petrus Aangebied deur dr. Douw Breed Aanbieding 1 Agtergrond Tema van 2 Petrus 1:1 Aan dié wat deur die regverdige beskikking van ons God en Verlosser, Jesus Christus, dieselfde kosbare geloof as ons

Nadere informatie

Bybelsondag, Kraggakamma, 29 Augustus 2010

Bybelsondag, Kraggakamma, 29 Augustus 2010 Bybelsondag, Kraggakamma, 29 Augustus 2010 Fokusteks = Efes. 3: 5-6; Kol. 1: 26-29. Tema = Christene wat Skinder. Voorafsang. Afkondiginge. Wydingslied (Sittende) = 157: 1, 2. Seëngroet. Votum = Efes.

Nadere informatie