SKRIFLESING: Jesaja 55. TEKS: Jesaja 55: Die Here se Woord werk. Skrifberyming 34 (2-2) : 1. Psalm 19 : 4. Psalm 33 : 5.

Maat: px
Weergave met pagina beginnen:

Download "SKRIFLESING: Jesaja 55. TEKS: Jesaja 55: Die Here se Woord werk. Skrifberyming 34 (2-2) : 1. Psalm 19 : 4. Psalm 33 : 5."

Transcriptie

1 SKRIFLESING: Jesaja 55 TEKS: Jesaja 55:10-11 TEMA: Die Here se Woord werk. Skrifberyming 34 (2-2) : 1 Psalm 19 : 4 Psalm 33 : 5 Psalm 89 : 6 Skrifberyming 78 (13-3) Ook: Ps 147 : 6, 7 Sb 34 (2-2) : 2

2 2 Hoe belangrik is die Bybel regtig? Veral in die gereformeerde godsdiens het die Here se Woord n baie prominente plek gekry; - dis vir ons ondenkbaar dat iemand n kind van die Here kan wees, en dan nie elke dag een of ander tyd self uit die Bybel lees en so gaan luister na wat die Here vir jou sê nie; - preke en katkisasie en Bybelstudie en ander vorms van Bybelse toerusting is n groot deel van ons kerklike lewe; - gereformeerdes was ook nog altyd die mense wat hulle daarvoor beywer het dat die Here se Woord ook in die skole en by universiteite en in die politiek en in ál die fasette van die openbare lewe moet geld. Maar is die Woord van die Here regtig so belangrik? Maak dit rêrig n verskil of n mens dit hoor en lees, of nie? Baie kere hoor of lees n mens tog die Bybel en dan voel dit vir jou of daar niks gebeur nie; - dit maak jou nie bly en dit maak jou nie bang nie; - dit vat nie jou probleme weg nie en dit antwoord nie vrae waarmee jy sit nie; - dit verander niks aan jou lewe nie; - jy s na jou stiltetyd of na die huisgodsdiens of na die preek nog presies dieselfde mens as wat jy voor die tyd was. Is die Woord regtig só belangrik? In ons teksverse word hierdie vraag duidelik geantwoord hier waar ons hoor dat die Here se Woord, wat Hy soos reën en sneeu uitstuur, werk. Die Here se Woord wérk Kom ons kyk na die volgende sake: - dat dit hier oor die Hére se Woord gaan; - dat Hy dit soos reën en sneeu maak; - dat Hy dit stuur; - dat dit werk, effektief is. 1. DIS DIE HÉRE SE WOORD

3 3 Die Here noem hier die beloftes en die versekerings en die waarskuwings en die voorspellings wat Hy deur Jesaja laat hoor het: die woord wat uit my mond kom En dit beteken dat as Jesaja vir ons sê: So sê die Here, dan s hy nie besig om vir ons sy eie opinie oor sake te gee nie, maar dan gee hy vir ons woorde weer wat by die Here se mond begin het, woorde wat die Here as t ware met Sy asem gesê het (soos wat ons ook ons woorde met ons asems sê) en wat Hy die profeet laat hoor het, sodat die profeet dit nou verder kan gaan oordra. As daar uit die Bybel, waarin al hierdie so-sê-die-here s opgeneem is, gelees word, is dit iets heeltemal anders as die lees van enige ander geskrif in die wêreld. Elke ander geskrif in die wêreld het sy oorsprong by mense; dit bevat idees en denke en navorsing en ervarings van mense; wat heeltemal goed en geldig kan wees so goed en geldig as wat mense se idees en denke en navorsing en ervarings kan wees. Maar die Bybel het sy oorsprong by God. As jy dít lees hoor jy woorde wat uit Sý mond uit kom. Die woord, waarvan ons netnou gaan hoor dat dit wérk, is die Woord van God. 2. DIS SOOS REËN EN SNEEU Een rede waarom mense baie kere dink dat die Here se Woord niks aan jou doen nie, is omdat hulle dit vergeet wat die Here ook hier van Sy woord sê: dat dit soos die reen en die sneeu is. U weet mos hoe dit met reën en sneeu is: o Wat vaal was, is nie dadelik groen as dit gereën het nie. Die reën maak eers net die aarde nat, en dan word die grond vrugbaar en dan kan al die groeiprosesse begin. o En die sneeu val daar in die winter op die bergtoppe. En eers as die lente kom, dan begin dit smelt

4 4 en word dit stroompies en riviere wat afloop en wat die droë land daaronder help. So is dit met die Here se Woord ook. 1 Dit werk nie soos n towerstaf nie. Die Heilige Gees laat dit so met verloop van tyd werk, op n stil manier binne in mense. Die Here Jesus het n beeld gebruik wat baie dieselfde beklemtoon: dat die Here se woord soos saad is wat gesaai word. En jy saai nie nou en netnou staan die plant daar nie. Die saad vat sy tyd om te ontkiem en te groei. Dis nie eers dadelik sigbaar wanneer hierdie saadjie begin groei nie. Dis eers na n ruk wat daar n klein groen sprietjie bokant die grond begin uitsteek. Die Here maak Sy woord soos reën en sneeu. n Derde feit wat ons hier van die Here se Woord hoor, is dat Hy dit stuur. 3. HY STUUR DIT Die Here se Woord het altyd n spesifieke doel en adres. Hy sê hier dat Sy woord sal doen wat Ek gedoen wil hê en tot stand bring waarvoor Ek dit gestuur het. Die Here praat nie (om dit so te stel) maar sommer net Sy woorde en laat die wind dit dan waai waarheen dit wil en dan kyk Hy met belangstelling óf dit iets gaan bereik en wat dit hierdie keer gaan bereik nie. Die Here het met al die woorde wat Hy gepraat het, spesifieke doele wat Hy daarmee wil bereik en spesifieke mense na wie toe Hy dit laat gaan. 1 As n reël. Daar is ook uitsonderings, vgl bv Jer 23:29 en Heb 4:12.

5 5 Vir die Here is Sy Woord nie soos n skoot bokhael wat Hy skiet in die hoop om iets iewers te tref nie. Hy s met Sy Woord soos iemand wat met n fyn-ingestelde geweer dooierus vat op Sy teikens! Dit maak dat n mens met ander oë lees as jy Bybel lees en luister as die Bybel waar ook al vir jou voorgelees word: - daardie Skrifgedeelte het by jou uitgekom omdat die Here jóú ook daarmee in Sy visier het Maar die hoofaksent van ons teksverse is die feit dat hierdie woorde van die Here, wat uit Sy mond kom en wat soos reën en sneeu is en wat n bepaade doel en adres het, n woord is wat wérk. 4. DIT WÉRK Met werk word bedoel: - dis effektief; - dit slaag; - dis soos n projek wat uitwerk soos dit beplan is. Dís wat die Here hier bedoel as Hy sê dat sy woord nie onverrigter sake na Hom toe sal terugkeer nie. Die ander vertaling gee dit weer met leeg: die Here se woord sal nie leeg na Hom terugkeer nie. Die woord wat hier gebruik word, word ook gebruik in twee ander situasies wat ons help om te verstaan wat hier bedoel word: o Dit kan ook verwys na n kind van die Here wat in die Ou Testamentiese tyd tempel toe gegaan het om die Here daar te ontmoet, en nooit sonder n offer, met leë hande, sou kom nie. Die Here se woord sal nooit sonder n offer wees wat dit vir Hom bewerk het en bring nie. o En dan kan hierdie uitdrukking ook verwys na soldate wat gaan veg het, en nie met leë hande sal terugkom nie, maar met die buit wat hulle afgeneem het by die vyande wat hulle verslaan het.

6 6 Die Here se Woord gaan doen wat Hy daarmee gedoen wou hê en waar Hy dit gedoen wou hê en kom dan terug met hande vol buit wat dit vir Hom gemaak het. Dis soos reën en sneeu: - waar dit gereën en waar die strome en riviere van gesmelte sneeu vloei, gebeur daar altyd iets, groei daar altyd iets; - dis nooit sonder effek nie, selfs nie eers in droë woestyne nie! Waar die Here se woorde gelees word of vertel word of gepreek word, gebeur daar altyd iets al is dit wat gebeur nie altyd dadelik sigbaar nie; maar Sy Woord is nooit sonder resultate nie. Die verskriklike is dat die Here se Woord nie net altyd dit wat ons positiewe resultate sal noem, het nie, maar partykeer ook negatiewe resultate. Die Here stuur Sy Woord nie net altyd om die goeie te laat oplewe nie, maar partykeer ook om die verset wat daar teen Hom in mense se harte is, te laat opvlam of sigbaar te laat word. o Dink byvoorbeeld aan Moses se tyd, hoe die boodskappe wat Moses van die Here af aan die farao gebring het, net al hoe meer die verharding van die farao se hart teen die Here gewys het. 2 o En dink aan hierdie einste Jesaja, vir wie die Here gesê het dat sy profesieë nie tot bekering by die volk Israel sou lei nie, maar juis daartoe sou meewerk dat hulle geestelik traag van begrip en blind en doof sou word, nog meer as wat hulle alreeds was ryp vir die straf van die Here! 3 Dis net soos die lieflike reën wat van Bo af op hierdie aarde val: - as dit val waar daar onkruid is, gaan die onkruid ook al hoe weliger daarvan groei! n Mens kan ook hierdie twee moontlike resultate wat die Woord kan hê, in die terme van hierdie hoofstuk verduidelik. Hierdie hoofstuk is mos baie duidelik n roep vanaf die Here: 2 Bv Exod 10: Jes 6:10

7 7 Kom, almal wat dors is, kom na die water toe 4 En as n mens geroep word, kan daar een van twee dinge gebeur: o Jy kan Ja! sê en kom: - ja, Here, ek kom; - want ek ís honger en dors; - ek kom om die brood te eet wat U gee en om die wyn en melk wat U aanbied, te drink, al het ek nie geld nie; - ek kom, want ek weet dat die Here Jesus Christus vir my betaal het Sy dood vir my lewe! Die Here se Woord kan n Ja! bewerk, daar waar die Gees van die Here die saad laat ontkiem en die plantjie van die geloof laat opkom o Maar daar kan iets anders ook gebeur as jy geroep word: - jy kan die roepstem ignoreer en nie kom nie. En dan t daar nie niks gebeur nie, maar iets ernstigs: - jou verset teen die Een wat jou roep, het gegroei; - jy t nog n keer Nee! gesê; - jy t nog n kans laat verbygaan; - jy t nog n keer Sy liefde in Sy gesig teruggegooi en so nog n sonde by al die ander bygesit. Die Here se Woord bewerk áltyd iets: - of n ja, of n nee; - of dit laat die goeie plante groei, of dit laat die onkruid groei; - of dit versag n hart, of dit lok die rebelsheid uit; - of dit bring genade, of dit laat die sonde meer word en die sondaar ryp vir die oordeelsdag. Sy Woord keer nooit onverrigter sake, met leë hande, na Hom toe terug nie. Dit wérk. 4 Vers 1

8 8 TEN SLOTTE Verstaan u nou hoe belangrik dit is dat u self die Bybel lees gereeld, ernstig, en dat u die Bybel vir u kinders lees, en dat u moeite doen om preke wat die Woord vir u verduidelik en in u lewe toepas te hoor - dat u geen moeite sal ontsien om hierdie reën en sneeu in u lewe te kry nie? As dit nie gebeur nie waar die reën en sneeu nie val nie gaan die geloofsplantjie nie kan groei nie en gaan dit wat daar is, kwyn en gaan mense op die oesdag met leë hande voor die Regter staan. Wat doen ouers nie aan hulle kinders as hulle hulle van die seën van daaglikse huisgodsdiens beroof nie! Wat doen jy nie aan jouself as jy jou persoonlike Bybellees begin nalaat, of as jy nie meer gereeld kerk toe kom nie! As ons dink aan hoe dor ons siele oor die algemeen is, kan ons nooit genoeg van die Bybel kry nie! Maar verstaan u nou ook dat ons nooit dieselfde is nadat ons Bybel gelees het of n preek gehoor het nie? Al voel dit dalk vir ons of daar niks gebeur het nie, dit is nie so nie. Die Here se Woord werk. Ook die Woord wat ons hierdie jaar lees en hoor, gaan met ons werk. Óf dit gaan die Ja by ons al hoe sterker en duideliker laat word. Of dit gaan as ons die onkruid van weerstand teen die Here in ons binneste toelaat dit al hoe erger laat word. Maar die Woord gaan nooit niks aan ons doen nie. Ook vandag se Jesaja 55:10-11 sal iets met elkeen van ons laat gebeur AMEN

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3.

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3. SKRIFLESING: Johannes 8 :12-20 TEKS: Johannes 8:12 TEMA: Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe Psalm 150 : 1, 2, 3 Psalm 43 : 3, 4 Skrifberyming 3 (4-7) : 1, 2 Skrifberyming 9 (18-1) : 1, 6 [Ook: Ps

Nadere informatie

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra SKRIFLESING: Romeine 12:1-8 TEKS: Romeine 12:1-2 HK 49 TEMA: Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra Psalm 103 : 10, 11 Skrifberyming 28 (10-1) : 1, 2 Psalm 119 : 11 Skrifberyming 78 (13-3)

Nadere informatie

Jesaja sien die Toekoms

Jesaja sien die Toekoms Bybel vir Kinders bied aan Jesaja sien die Toekoms Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Jonathan Hay Aangepas deur: Mary-Anne S. Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk Doel van les: Voordat ons kan leer van ons nuwe identiteit in Christus, moet ons eers stil staan by wat Jesus vir ons kom doen het en dat ons die nuwe mens

Nadere informatie

1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80

1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80 1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80 Votum en seën Psalm 23 : 1, 3 Gebed Skriflesing: 1 Korintiërs 10:1-13 (AV 1983) Belydenis: HK 29:78-30:80 Teks: 1 Korintiërs 10:4 Psalm 105 : 21, 22 Preek: Die Heilige Gees

Nadere informatie

God red elkeen wat werklik in Jesus Christus glo.

God red elkeen wat werklik in Jesus Christus glo. SKRIFLESING: Johannes 3:11-21 TEKS: Johannes 3:15, 16b HK 7 TEMA: God red elkeen wat werklik in Jesus Christus glo. Psalm 31 : 3, 5 Psalm 31 : 15, 17 Skrifberyming 27 (12-2) : 1, 4 2 Wie word gered? Dis

Nadere informatie

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5 MATTEUS 6:8 Votum en seën Psalm 7 : 6 Gebed Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5 Preek: Vir ons hemelse Vader is eenvoudige gebede goed Gebed

Nadere informatie

God het belowe om ons gehoorsaam te maak, net soos ons vra

God het belowe om ons gehoorsaam te maak, net soos ons vra SKRIFLESING: Jeremia 31:23-40 TEKS: Jeremia 31:33b HK 49 TEMA: God het belowe om ons gehoorsaam te maak, net soos ons vra Psalm 103 : 10, 11 Psalm 131 : 2, 3 Skrifberyming 14 (8-1) : 1, 2 Ook: Ps. 40 :

Nadere informatie

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk Doel van les: Voordat ons kan leer van ons nuwe identiteit in Christus, moet ons eers stil staan by wat Christus vir ons kom doen het. Vandag gaan ons gesels

Nadere informatie

God se liefde vat ons vrees vir Sy oordeel weg

God se liefde vat ons vrees vir Sy oordeel weg SKRIFLESING: 1 Johannes 4:7-21 TEKS: 1 Johannes 4:17-18 TEMA: God se liefde vat ons vrees vir Sy oordeel weg Psalm 48 : 1 Psalm 99 : 1, 4 Psalm 103 : 6 (na doop) Psalm 43 : 3 Skrifberyming 10 (5-4) : 1,

Nadere informatie

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL Votum en seën Psalm 118 : 2 Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1933/53) Psalm 4 : 3 Gebed Skriflesing: Johannes 19:17-27 (AV 1933/53) Teks: Johannes 19:26-27

Nadere informatie

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie. 1 Johannes 14b WH Belydenisaflegging en Nagmaal Kinders, doen julle wat mamma en pappa vra? Altyd? Partykeer eers later nè? Hoekom sal jy iets doen as jou ouers vra? Doen jy wat die Here vra? Wat is jou

Nadere informatie

NAGMAAL. SKRIFLESING: 1 Petrus 2: TEKS: 1 Petrus 2:24a. Jesus Christus het ons sondes gedra. Psalm 89 : 1. Psalm 40 : 3

NAGMAAL. SKRIFLESING: 1 Petrus 2: TEKS: 1 Petrus 2:24a. Jesus Christus het ons sondes gedra. Psalm 89 : 1. Psalm 40 : 3 NAGMAAL SKRIFLESING: 1 Petrus 2:18-25 TEKS: 1 Petrus 2:24a TEMA: Jesus Christus het ons sondes gedra Psalm 89 : 1 Psalm 40 : 3 Skrifberyming 10 (5-4) : 1, 2 Psalm 116 : 1, 2, 3, 4, 5, 7 Psalm 89 : 7 Voor

Nadere informatie

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees Doel van les: Vandag leer ons van die Vrugte van die Heilige Gees en hoe dit in ons lewens werk. INLEIDING: Sjoe, ons het nou al so baie van die Heilige Gees

Nadere informatie

NAGMAAL. SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a. Die kruis is die trots van die Here se kerk.

NAGMAAL. SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a. Die kruis is die trots van die Here se kerk. NAGMAAL SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a TEMA: Die kruis is die trots van die Here se kerk. Psalm 149 : 1, 2 Skrifberyming 10 (5-4) : 1, 2 Psalm 103 : 6 Psalm 9 : 1, 2,

Nadere informatie

STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart?

STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart? STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart? - Lees Rom 10:1 - By hierdie stasie gaan elke persoon hulle polsslag neem - Laat elke persoon hulle wysvinger op hulle pols sit om hulle hartklop te voel. - Laat hulle

Nadere informatie

SKRIFLESING: Prediker 11. TEKS: Prediker 11:4, 6. Wie met God reken, gebruik sy/haar kanse. Psalm 149 : 1, 2. Psalm 126 : 3.

SKRIFLESING: Prediker 11. TEKS: Prediker 11:4, 6. Wie met God reken, gebruik sy/haar kanse. Psalm 149 : 1, 2. Psalm 126 : 3. SKRIFLESING: Prediker 11 TEKS: Prediker 11:4, 6 TEMA: Wie met God reken, gebruik sy/haar kanse Psalm 149 : 1, 2 Psalm 126 : 3 Psalm 128 : 1, 4 1 Is dit nog die moeite werd om dinge aan te pak in die kerk,

Nadere informatie

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp. SKRIFLESING: Johannes 18:28-40 TEKS: TEMA: INHOUD: Johannes 18:37-38b Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp. Die waarheid verwerp Psalm 105 : 2, 3 Psalm 73 : 12 Skrifberyming 18 (17-2)

Nadere informatie

n Tempel Leier besoek Jesus

n Tempel Leier besoek Jesus Bybel vir Kinders bied aan n Tempel Leier besoek Jesus Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Byron Unger; Lazarus Aangepas deur: M. Maillot; Sarah S. Vertaal deur: Yvette Brits Vervaardig deur: Bible

Nadere informatie

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig INLEIDING In ons verduideliking van hoe ons Nagmaal vier, het ons gehoor dat God ons waardig maak om aan die hemelse spys en drank deel te hê. Dit beteken

Nadere informatie

Dit wat óns wil hoe óns wil leef en wil praat en selfs wil dink (dit weet ons almal) is baie kere baie anders as wat Gód van ons wil hê.

Dit wat óns wil hoe óns wil leef en wil praat en selfs wil dink (dit weet ons almal) is baie kere baie anders as wat Gód van ons wil hê. MATTEUS 21:29 HK 49 Votum Seën Psalm 40 : 2 Gebed Psalm 40 : 4 Skriflesing: Matteus 21:23-32 (AV 1933/53) Belydenis: HK 49 Teks: Matteus 21:29 (AV 1933/53) Preek: Jesus leer ons bid vir berou en bekering

Nadere informatie

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus Doel van les: Ons leer meer oor Wie ons is in Christus. Ysbreker: Bome Uitbeeld: In die Bybel lees mens baiekeer dinge oor bome. God praat van bome om ons as

Nadere informatie

SKRIFLESING: Titus 1. TEKS: Titus 1:15. Die Here wil ons op die hoofspoor hê. Psalm 134 : 1, 2. Psalm 119 : 4. Psalm 18 : 12. Skrifberyming 78 (13-3)

SKRIFLESING: Titus 1. TEKS: Titus 1:15. Die Here wil ons op die hoofspoor hê. Psalm 134 : 1, 2. Psalm 119 : 4. Psalm 18 : 12. Skrifberyming 78 (13-3) SKRIFLESING: Titus 1 TEKS: Titus 1:15 TEMA: Die Here wil ons op die hoofspoor hê. Psalm 134 : 1, 2 Psalm 119 : 4 Psalm 18 : 12 Skrifberyming 78 (13-3) Ook: Ps 141 : 3, 4 Sb 14 : 1, 2 Dis nie altyd so maklik

Nadere informatie

Naäman en die dogtertjie wat nie bang was om van die Here te vertel nie

Naäman en die dogtertjie wat nie bang was om van die Here te vertel nie Ontmoeting 7 God gebruik n dogtertjie wat ver van haar eie huis af is, om n belangrike generaal in Hom te laat glo. Teks: 2 Konings 5: 1-14 Hulpmiddels: Sandboks met huise, paleis, rivier en karakters

Nadere informatie

1 JOHANNES 4:20 HK 34:93

1 JOHANNES 4:20 HK 34:93 1 JOHANNES 4:20 HK 34:93 Votum en seën Psalm 134 : 1, 3 [ ons ] Gebed Psalm 27 : 4 Skriflesing: 1 Johannes 4:7-21 (AV 1983) Belydenis: HK 34:93 Teks: 1 Johannes 4:20 (AV 1983) Preek: God se wil is liefde

Nadere informatie

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun SKRIFLESING: Johannes 1:1-18 TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13 TEMA: God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun Psalm 45 : 1, 2, 3 Psalm 72 : 6 Skrifberyming 33 (2-4) : 1 Skrifberyming 78 (13-3) 2 Dat ons kinders

Nadere informatie

Die Here laat ons maai wat ons gesaai het

Die Here laat ons maai wat ons gesaai het SKRIFLESING: Galasiërs 6 TEKS: Galasiërs 6:7-8 TEMA: Die Here laat ons maai wat ons gesaai het Psalm 100 : 1, 3, 4 Psalm 50 : 11 Psalm 91 : 1 (na belydenisaflegging) Psalm 126 : 3 Skrifberyming 33 (2-4)

Nadere informatie

SKRIFLESING: Jesaja 6. TEKS: Jesaja 6:3 HK 8. Voor die drie-maal heilige God buig ons laag. Psalm 99 : 1, 2. Psalm 81 : 11, 12

SKRIFLESING: Jesaja 6. TEKS: Jesaja 6:3 HK 8. Voor die drie-maal heilige God buig ons laag. Psalm 99 : 1, 2. Psalm 81 : 11, 12 SKRIFLESING: Jesaja 6 TEKS: Jesaja 6:3 HK 8 TEMA: Voor die drie-maal heilige God buig ons laag Psalm 99 : 1, 2 Psalm 81 : 11, 12 Skrifberyming 45 (18-7) : 8, 9 Ook: Skrifberyming 54 (2-6) : 5 2 Die Heidelbergse

Nadere informatie

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

DIE VLEUELS VAN GEBED (9) DIE VLEUELS VAN GEBED (9) DIE VLEUELS VAN GEBED (9) Jan van der Watt Dankie Here! Dankie sê is om jou skuld te betaal. In die tyd van die Bybel was dankie sê iets anders as vandag. Vandag is dankie n woord

Nadere informatie

God laat alles Sy kinders se saligheid bevorder.

God laat alles Sy kinders se saligheid bevorder. SKRIFLESING: Romeine 8:18-30 TEKS: Romeine 8:28 HK 9 TEMA: God laat alles Sy kinders se saligheid bevorder. Psalm 30 : 3, 4 Skrifberyming 33 (2-4) : 1 Psalm 119 : 25 Skrifberyming 78 (13-3) Ook: Sb 52

Nadere informatie

Wie in die Here glo, vertrou Hom met die bestemming.

Wie in die Here glo, vertrou Hom met die bestemming. SKRIFLESING: Hebreërs 11:8-19 TEKS: Hebreërs 11:8 TEMA: Wie in die Here glo, vertrou Hom met die bestemming. Psalm 84 : 3, 4 Skrifberyming 28 (10-1) : 2, 3 Psalm 1 : 4 Psalm 37 : 2, 23 Skrifberyming 78

Nadere informatie

SKRIFLESING: 1 Korintiërs 6: TEKS: 1 Korintiërs 6:19 HK 1:1. Ook ons liggame behoort aan die Here. Skrifberyming 72 (12-3) : 1, 2

SKRIFLESING: 1 Korintiërs 6: TEKS: 1 Korintiërs 6:19 HK 1:1. Ook ons liggame behoort aan die Here. Skrifberyming 72 (12-3) : 1, 2 SKRIFLESING: 1 Korintiërs 6:12-20 TEKS: 1 Korintiërs 6:19 HK 1:1 TEMA: Ook ons liggame behoort aan die Here Skrifberyming 72 (12-3) : 1, 2 Psalm 104 : 8, 9, 20 Skrifberyming 24 (1-1) : 7 2 Party mense

Nadere informatie

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE:

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE: VRUGTE VAN DIE GEES VRAE: GEDULD: (Patience) 1. Wat is geduld? 2. Wat is van die goed waarvoor jy geduldig moet wees? 3. Is dit moeilik vir jou om geduldig te wees? 4. Hoe kan jy geduld wys? SELFBEHEERSING:

Nadere informatie

Goeie Konings, Slegte Konings

Goeie Konings, Slegte Konings Bybel vir Kinders bied aan Goeie Konings, Slegte Konings Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Lazarus Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

Welkom by Die Storie God se storie

Welkom by Die Storie God se storie Welkom by Die Storie God se storie Hierdie boek vertel die belangrikste, aangrypendste storie ooit: die storie van n ware God wat lief is vir sy kinders, wat gesorg het dat hulle gered is, en wat vir hulle

Nadere informatie

MATTEUS 7:12. Votum en seën. Psalm 34 : 2, 4. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 4 : 3.

MATTEUS 7:12. Votum en seën. Psalm 34 : 2, 4. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 4 : 3. MATTEUS 7:12 Votum en seën Psalm 34 : 2, 4 Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 4 : 3 Gebed Skrifberyming 53 (14-3) : 4 Skriflesing: Matteus 7:7-23 (AV 1983/91) Teks:

Nadere informatie

Preek oor: Wat doen die Heilige Gees? Die Heilige Gees laat die wedergeboorte plaasvind

Preek oor: Wat doen die Heilige Gees? Die Heilige Gees laat die wedergeboorte plaasvind 1 Preek oor: Wat doen die Heilige Gees? Die Heilige Gees laat die wedergeboorte plaasvind (Preek gelewer tydens erediens in Welkom-Noord op Sondag 29 Mei 2016) Voor die erediens Sing: Psalm 71-1:1,9,12

Nadere informatie

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22 1 BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22 Die sekerheid dat jy 'n kind van God is, is nie die einde van die pad nie maar die begin daarvan. Nou word dit moontlik om as gelowiges te groei. Maar waarheen lei

Nadere informatie

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek.

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek. 1 Lukas 6h 7.10.18 WH Tema: Hoe kyk jy? Ek sien nou die dag `n taxi met `n plakkaat agter in die venster waarop daar staan: only God can judge me. Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in

Nadere informatie

RESPECT 4 U. L e s 1. Jou vermoëns en sommige van jou verwagtinge en drome indentifiseer

RESPECT 4 U. L e s 1. Jou vermoëns en sommige van jou verwagtinge en drome indentifiseer WIE KIES EK OM TE WEES? WAT KIES EK OM TE WEES RESPECT 4 U Gedurende hierdie les sal jy: Leer oor die RESPEK vir jouself program en jou ontmoet onderwyser ontmoet Maniere identifiseer om RESPEK te wys

Nadere informatie

Die gebruik van 'n persoonlike joernaal of dagboek

Die gebruik van 'n persoonlike joernaal of dagboek Die gebruik van 'n persoonlike joernaal of dagboek Uit Doelgerigte Gebed deur Bennie Mostert, CUM uitgewers Opdrag: Maak 'n keuse om in hierdie week wat kom minstens 5 dae te neem om 15-30 minute per dag

Nadere informatie

TEKS: Matteus 5:3 (AV 1933/53) HK 5

TEKS: Matteus 5:3 (AV 1933/53) HK 5 SKRIFLESING: Matteus 5:1-12 TEKS: Matteus 5:3 (AV 1933/53) HK 5 TEMA: Verlossing kom nie uit ons nie. Psalm 138 : 3 Skrifberyming 16 (11-3) : 1, 4 Psalm 146 : 2, 5 Skrifberyming 78 (13-3) Ook: Ps 33 :

Nadere informatie

INHOUDSOPGAWE. Voorwoord Doen God al die skuifwerk hier op aarde? God se genade bepaal sy planne God se meesterplan...

INHOUDSOPGAWE. Voorwoord Doen God al die skuifwerk hier op aarde? God se genade bepaal sy planne God se meesterplan... INHOUDSOPGAWE Voorwoord... 7 1. Doen God al die skuifwerk hier op aarde?... 9 2. God se genade bepaal sy planne... 12 3. God se meesterplan... 15 4. Die Bybel: God se kompas... 18 5. Doen God se wil...

Nadere informatie

JOHANNES 6:48 HK 28. Votum en seën. Psalm 100 : 1, 3. Gebed. Skrifberyming 54 (2-6) : 1. Skriflesing: Johannes 6:41-59 (AV 1983) Belydenis: HK 28

JOHANNES 6:48 HK 28. Votum en seën. Psalm 100 : 1, 3. Gebed. Skrifberyming 54 (2-6) : 1. Skriflesing: Johannes 6:41-59 (AV 1983) Belydenis: HK 28 JOHANNES 6:48 HK 28 Votum en seën Psalm 100 : 1, 3 Gebed Skrifberyming 54 (2-6) : 1 Skriflesing: Johannes 6:41-59 (AV 1983) Belydenis: HK 28 Teks: Johannes 6:48 (AV 1983) Preek: Christus is die Brood wat

Nadere informatie

1 KORINTIËRS 13:12. Ook: Sb 18-8 (30) : 4, 5

1 KORINTIËRS 13:12. Ook: Sb 18-8 (30) : 4, 5 1 KORINTIËRS 13:12 Votum Seën Psalm 146 : 1, 4 Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels Wet: Exodus 20:1-17 (AV 1933/53) Psalm 139 : 1, 12 Gebed Psalm 42 : 1 Skriflesing: 1 Korintiërs 13 (AV 1933/53) Teks: 1

Nadere informatie

Van Vervolger tot Prediker

Van Vervolger tot Prediker Bybel vir Kinders bied aan Van Vervolger tot Prediker Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Gert Badenhorst Vervaardig deur: Bible for Children

Nadere informatie

Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel. Christiaan Coetzee

Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel. Christiaan Coetzee Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel Christiaan Coetzee www.mathetes.co.za In die ou testament was die tempel n fisise plek of tent gewees waar mense na toe gegaan het om hulle sondes te belei

Nadere informatie

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3 1 Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps. 116... Sb 33:1,3 1 Johannes 3 1Jn 3:1 Kyk wat n groot liefde die Vader aan ons bewys het,

Nadere informatie

TEKS: Handelinge 2:39 HK 27:74. Die Here se belofte geld ook vir die kinders van gelowiges

TEKS: Handelinge 2:39 HK 27:74. Die Here se belofte geld ook vir die kinders van gelowiges SKRIFLESING: Handelinge 2:37-47 TEKS: Handelinge 2:39 HK 27:74 TEMA: Die Here se belofte geld ook vir die kinders van gelowiges Psalm 90 : 1 Skrifberyming 15 (16-1) : 1, 2, 3 Psalm 90 : 9 1 Dit gebeur

Nadere informatie

PSALM 90:2 NGB 1. Votum en seën. Psalm 90 : 1. Gebed. Skriflesing: Psalm 90 (AV 1933/53) Belydenis: NGB 1. Teks: Psalm 90:2 (AV 1933/53)

PSALM 90:2 NGB 1. Votum en seën. Psalm 90 : 1. Gebed. Skriflesing: Psalm 90 (AV 1933/53) Belydenis: NGB 1. Teks: Psalm 90:2 (AV 1933/53) PSALM 90:2 NGB 1 Votum en seën Psalm 90 : 1 Gebed Skriflesing: Psalm 90 (AV 1933/53) Belydenis: NGB 1 Teks: Psalm 90:2 (AV 1933/53) Psalm 102 : 5, 11 Preek: God bestaan [nog] [altyd] Gebed Kollekte Skrifberyming

Nadere informatie

God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5)

God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5) God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5) Wie is Jesus? Wie is Jesus vir die mense...? Godsdienste Boeddhisme Islam Judaïsme Hinduïsme New Age Wat sê die Woord van God? Joh 8:12-30

Nadere informatie

Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak.

Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak. Vals beeld van God: Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak. Ware beeld van God: God se beloftes word vervul in Jesus. Ons kan

Nadere informatie

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun Bybel vir Kinders bied aan Die Verlore Seun Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Lazarus Aangepas deur: Ruth Klassen; Sarah S. Vertaal deur: Yvette Brits Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was nie om limate te gaan werf of om mense te gaan bekeer nie, maar om dissipels te gaan maak, mense wat Jesus volg. Net soos wat n mens nie noodwendig

Nadere informatie

Die Seun het gekom om die Vader aan ons bekend te maak.

Die Seun het gekom om die Vader aan ons bekend te maak. SKRIFLESING: Johannes 1:1-18 TEKS: Johannes 1:18 TEMA: Die Seun het gekom om die Vader aan ons bekend te maak. Psalm 45 : 1, 5, 16 Psalm 45 : 9, 10 Skrifberyming 18 (17-2) : 3, 4, 5 1 Watter indruk het

Nadere informatie

Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek

Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek SKRIFLESING: 1 Johannes 2:28 3:10 TEKS: 1 Johannes 3:8b TEMA: Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek Psalm 45 : 1, 3, 5, 6 Psalm 79: 5, 6 Skrifberyming 33 (2-4) : 1, 2 Skrifberyming

Nadere informatie

Deur Sy wet gee God ons broodnodige kennis van sonde

Deur Sy wet gee God ons broodnodige kennis van sonde SKRIFLESING: Romeine 7:1-13 TEKS: Romeine 7:7 HK 1:2 2:5 TEMA: Deur Sy wet gee God ons broodnodige kennis van sonde Psalm 147 : 1, 4 Skrifberyming 26 (9-1) : 1, 10 Psalm 130 : 2 2 As u vir iemand wat glad

Nadere informatie

Die Here gee vir mense, wat oor Hom bly is, dit wat hulle harte begeer.

Die Here gee vir mense, wat oor Hom bly is, dit wat hulle harte begeer. SKRIFLESING: Psalm 37 : 1-11 TEKS: Psalm 37:4 TEMA: Die Here gee vir mense, wat oor Hom bly is, dit wat hulle harte begeer. Psalm 150 : 1, 2 Psalm 139 : 1, 3 Skrifberyming 72 (12-3) : 1, 2 Psalm 33 : 11

Nadere informatie

Baie welkom by vanoggend se erediens. Doen asb moeite om ander mense rondom jou te groet

Baie welkom by vanoggend se erediens. Doen asb moeite om ander mense rondom jou te groet Baie welkom by vanoggend se erediens Doen asb moeite om ander mense rondom jou te groet Kerklike jaar 'n Sistematiese kyk na die Evangelie boodskap Advent - die vier Sondae voor Kersfees Epifanie ("Godsverksyning")

Nadere informatie

OPENBARING 5:5 HK Sondag 48

OPENBARING 5:5 HK Sondag 48 OPENBARING 5:5 HK Sondag 48 Votum en seën Psalm 93 : 1, 4 Gebed Skriflesing: Openbaring 5 (AV 1933/53) Belydenis: HK 48 Teks: Openbaring 5:5 (AV 1933/53) Psalm 72 : 2 Preek: God sorg self vir die koms

Nadere informatie

SKRIFLESING: Handelinge 16: TEKS: Handelinge 16:30-31 HK 23. Wie in die Here Jesus glo, word gered. Psalm 48 : 4.

SKRIFLESING: Handelinge 16: TEKS: Handelinge 16:30-31 HK 23. Wie in die Here Jesus glo, word gered. Psalm 48 : 4. SKRIFLESING: Handelinge 16:16-34 TEKS: Handelinge 16:30-31 HK 23 TEMA: Wie in die Here Jesus glo, word gered. Psalm 48 : 4 Psalm 37 : 2, 5 Skrifberyming 10 (5-4) : 1, 2 1 Dit bly maar iets waaroor mense

Nadere informatie

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene Bybel vir Kinders bied aan Daniël die Gevangene Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Jonathan Hay Aangepas deur: Mary-Anne S. Vertaal deur: Gert Badenhorst Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

PSALM 40:9. Votum en seën. Psalm 89 : 3. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Deuteronomium 5:6-21 (AV 1933/53) Psalm 50 : 6, 7.

PSALM 40:9. Votum en seën. Psalm 89 : 3. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Deuteronomium 5:6-21 (AV 1933/53) Psalm 50 : 6, 7. PSALM 40:9 Votum en seën Psalm 89 : 3 Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels Wet: Deuteronomium 5:6-21 (AV 1933/53) Psalm 50 : 6, 7 Gebed Skriflesing: Psalm 40 (AV 1933/53) Teks: Psalm 40:7-9 (AV 1933/53) Psalm

Nadere informatie

Van Vervolger tot Prediker

Van Vervolger tot Prediker Bybel vir Kinders bied aan Van Vervolger tot Prediker Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Vertaal deur: Gert Badenhorst Aangepas deur: Ruth Klassen Storie 58 van 60 www.m1914.org Bible

Nadere informatie

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN Skep Die Geleentheid Vir Veilige Kommunikasie Bou Vertroue & Dra Waardes Oor Versterk Verhoudings Ontwikkel Jou Kind Se Emosionele Intelligensie SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN Created by REËLS VIR

Nadere informatie

HOSEA 6:1-3. Votum en seën. Psalm 48 : 1. Gebed. Skriflesing: Hosea 6 (AV 1933/53) Teks: Hosea 6:1-3 (AV 1933/53) Psalm 72 : 3

HOSEA 6:1-3. Votum en seën. Psalm 48 : 1. Gebed. Skriflesing: Hosea 6 (AV 1933/53) Teks: Hosea 6:1-3 (AV 1933/53) Psalm 72 : 3 HOSEA 6:1-3 Votum en seën Psalm 48 : 1 Gebed Skriflesing: Hosea 6 (AV 1933/53) Teks: Hosea 6:1-3 (AV 1933/53) Psalm 72 : 3 Preek: Wie na die Here terugkom, kry n genadige God Gebed Kollekte Skrifberyming

Nadere informatie

SKRIFLESING: Johannes 4:1-30. TEKS: Johannes 4:10. Die Here les mense se diepste dors. Psalm 84 : 2, 3. Psalm 139 : 1, 3. Skrifberyming 6 (5-1) : 5

SKRIFLESING: Johannes 4:1-30. TEKS: Johannes 4:10. Die Here les mense se diepste dors. Psalm 84 : 2, 3. Psalm 139 : 1, 3. Skrifberyming 6 (5-1) : 5 SKRIFLESING: Johannes 4:1-30 TEKS: Johannes 4:10 TEMA: Die Here les mense se diepste dors Psalm 84 : 2, 3 Psalm 139 : 1, 3 Skrifberyming 6 (5-1) : 5 Skrifberyming 9 (18-1) : 1, 6 Skrifberyming 78 (13-3)

Nadere informatie

Die Rol van die Vader, Seun en Heilige Gees?

Die Rol van die Vader, Seun en Heilige Gees? Die Rol van die Vader, Seun en Heilige Gees? Die Rol van die Vader, Seun en Heilige Gees? Kobus Kok ʼn Leser vra: Wat is die rol van God die Vader in die gelowige se lewe vandag? Wat is die rol van God

Nadere informatie

SKRIFLESING: Lukas 17:1-10. TEKS: Lukas 17:10 HK 24. Begenadigdes skuld God gehoorsaamheid. Psalm 138 : 1. Skrifberyming 24 (1-1) : 2.

SKRIFLESING: Lukas 17:1-10. TEKS: Lukas 17:10 HK 24. Begenadigdes skuld God gehoorsaamheid. Psalm 138 : 1. Skrifberyming 24 (1-1) : 2. SKRIFLESING: Lukas 17:1-10 TEKS: Lukas 17:10 HK 24 TEMA: Begenadigdes skuld God gehoorsaamheid. Psalm 138 : 1 Skrifberyming 24 (1-1) : 2 Psalm 40 : 4 1 Kan dit regtig wees dat al die goeie dinge wat ons

Nadere informatie

Die Kerk se Geboorte

Die Kerk se Geboorte Bybel vir Kinders bied aan Die Kerk se Geboorte Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Vertaal deur: Gert Badenhorst Aangepas deur: Ruth Klassen Storie 55 van 60 www.m1914.org Bible for

Nadere informatie

JESAJA 53:9 HK Sondag 16:40-43

JESAJA 53:9 HK Sondag 16:40-43 JESAJA 53:9 HK Sondag 16:40-43 Votum en seën Psalm 71 : 1, 2 Gebed Psalm 138 : 2 Skriflesing: Jesaja 53 (AV 1933/53) Belydenis: HK 16:40-43 Teks: Jesaja 53:9 (AV 1933/53) Preek: Jesus móés vir ons sterf,

Nadere informatie

Dis net so ondenkbaar soos n gemeente die tempel van die Heilige Gees 1 wat nie bid nie.

Dis net so ondenkbaar soos n gemeente die tempel van die Heilige Gees 1 wat nie bid nie. PSALM 141 : 2 HK 45 Votum Seën Psalm 104 : 1, 2, 20 Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels Wet: Deuteronomium 5:6-21 (AV 1933/53) Psalm 69 : 3, 6, 12 Gebed Psalm 28 : 1, 2, 6 Skriflesing: Psalm 141 (AV 1933/53)

Nadere informatie

1 JOHANNES 5:4. Votum en seën. Psalm 45 : 1, 3, 4. Gebed. Skriflesing: 1 Johannes 5:1-13 (AV 1933/53) Teks: 1 Johannes 5:4 (AV 1933/53) Psalm 18 : 15

1 JOHANNES 5:4. Votum en seën. Psalm 45 : 1, 3, 4. Gebed. Skriflesing: 1 Johannes 5:1-13 (AV 1933/53) Teks: 1 Johannes 5:4 (AV 1933/53) Psalm 18 : 15 1 JOHANNES 5:4 Votum en seën Psalm 45 : 1, 3, 4 Gebed Skriflesing: 1 Johannes 5:1-13 (AV 1933/53) Teks: 1 Johannes 5:4 (AV 1933/53) Psalm 18 : 15 Preek: Wie uit God gebore is, oorwin die wêreld Gebed Kollekte

Nadere informatie

'n Man gestuur deur God

'n Man gestuur deur God Bybel vir Kinders bied aan 'n Man gestuur deur God Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Byron Unger; Lazarus Vertaal deur: Yvette Brits Aangepas deur: E. Frischbutter; Sarah S. Storie 37 van 60 www.m1914.org

Nadere informatie

TEKS: Jeremia 42:5-6 en 43:2-3 HK 38. Die Here se volk moet hulle regtig deur Sy Woord laat lei

TEKS: Jeremia 42:5-6 en 43:2-3 HK 38. Die Here se volk moet hulle regtig deur Sy Woord laat lei SKRIFLESING: Jeremia 42: 1 43:7 TEKS: Jeremia 42:5-6 en 43:2-3 HK 38 TEMA: INHOUD: Die Here se volk moet hulle regtig deur Sy Woord laat lei Skynheilig luister Psalm 34 : 2, 6 Skrifberyming 59 (10-2) Psalm

Nadere informatie

Jona en die Groot Vis

Jona en die Groot Vis Bybel vir Kinders bied aan Jona en die Groot Vis Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Jonathan Hay Aangepas deur: Mary-Anne S. Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

MATTEUS 5:17 NGB 25. Votum en seën. Psalm 67 : 2. Gebed. Skriflesing: Matteus 5:17-32 (AV 1933/53) Belydenis: NGB 25. Teks: Matteus 5:17 (AV 1933/53)

MATTEUS 5:17 NGB 25. Votum en seën. Psalm 67 : 2. Gebed. Skriflesing: Matteus 5:17-32 (AV 1933/53) Belydenis: NGB 25. Teks: Matteus 5:17 (AV 1933/53) MATTEUS 5:17 NGB 25 Votum en seën Psalm 67 : 2 Gebed Skriflesing: Matteus 5:17-32 (AV 1933/53) Belydenis: NGB 25 Teks: Matteus 5:17 (AV 1933/53) Psalm 119 : 36 Preek: Christus laat ons die Ou Testament

Nadere informatie

Bybel vir Kinders bied aan. Die Kerk Kry Moeilikheid

Bybel vir Kinders bied aan. Die Kerk Kry Moeilikheid Bybel vir Kinders bied aan Die Kerk Kry Moeilikheid Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Gert Badenhorst Vervaardig deur: Bible for Children

Nadere informatie

6. Ek glo in Jesus Christus Johannes 3:16-18 en Matteus 1:18-25

6. Ek glo in Jesus Christus Johannes 3:16-18 en Matteus 1:18-25 1 6. Ek glo in Jesus Christus Johannes 3:16-18 en Matteus 1:18-25 Tema Ons glo in Jesus Christus, die God-mens, ons Here wat ons verlos. Agtergrond en interpretasie Ons is besig om oor die Apostoliese

Nadere informatie

Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg

Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg SKRIFLESING: 1 Johannes 2:1-11 TEKS: 1 Johannes 2:6 TEMA: Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg Psalm 9 : 1, 2, 7 Psalm 31 : 13 (na gebed) Skrifberyming 72 (12-3) : 1, 2 Skrifberyming 78 (13-3) Ook:

Nadere informatie

die ark en neem jou gesin saam. Van almal op die aarde het jy die naaste aan my geleef. Binne 7 dae stuur Ek reën.

die ark en neem jou gesin saam. Van almal op die aarde het jy die naaste aan my geleef. Binne 7 dae stuur Ek reën. Ontmoeting 4 God is lief vir Noag Kinders hoor in die storie van Noag dat God regverdig is. Hy sien mense raak wat aan Hom gehoorsaam is en Hy maak n duidelike plan om sy kinders te red. Teks: Genesis

Nadere informatie

Baie welkom by vanoggend se erediens

Baie welkom by vanoggend se erediens Baie welkom by vanoggend se erediens Kerklike jaar: Lydenstyd Hoekom moes Jesus so ly? Jes 53 Jesaja - drie in een I - Jes 1-39 Verval voor ballingskap Jesaja II - Jes 40-55 Ballingskap in Babilonië III

Nadere informatie

Aanbieding 1 Agtergrond. Skrywer van 2 Petrus

Aanbieding 1 Agtergrond. Skrywer van 2 Petrus 2 Petrus Aangebied deur dr. Douw Breed Aanbieding 1 Agtergrond Tema van 2 Petrus 1:1 Aan dié wat deur die regverdige beskikking van ons God en Verlosser, Jesus Christus, dieselfde kosbare geloof as ons

Nadere informatie

SKRIFLESING: Rigters 6:1-27. TEKS: Rigters 6: Die Here stuur jóú om op te tree. Psalm 18 : 1. Skrifberyming 21 (9-4) : 1, 6.

SKRIFLESING: Rigters 6:1-27. TEKS: Rigters 6: Die Here stuur jóú om op te tree. Psalm 18 : 1. Skrifberyming 21 (9-4) : 1, 6. SKRIFLESING: Rigters 6:1-27 TEKS: Rigters 6:13-14 TEMA: Die Here stuur jóú om op te tree Psalm 18 : 1 Skrifberyming 21 (9-4) : 1, 6 Psalm 77 : 4, 5 Psalm 116 : 5, 9 Skrifberyming 78 (13-3) 2 Dink u dit

Nadere informatie

n Kind, Jesus, word gebore en word groot (2)

n Kind, Jesus, word gebore en word groot (2) n Kind, Jesus, word gebore en word groot (2) n Kind, Jesus, word gebore en word groot (2) Jan van der Watt DEEL 2[1] DIE VERHALE VAN MATTEUS EN LUKAS Die verhaal van Jesus se geboorte (die kersverhaal)

Nadere informatie

God red mense wat glo deur die krag van die evangelie

God red mense wat glo deur die krag van die evangelie SKRIFLESING: Romeine 1:1-17 TEKS: Romeine 1:16 HK 23 TEMA: God red mense wat glo deur die krag van die evangelie Psalm 67 : 2 Skrifberyming 10 (5-4) : 1, 2 Psalm 71 : 12, 14 Ook: Ps 32 Ps 65 : 2 2 As jy

Nadere informatie

SKRIFLESING: 1 Petrus 2:1-10. TEKS: 1 Petrus 2:9. God red sodat ons sal vertel. Psalm 40 : 5. Psalm 4 : 3. Skrifberyming 8 (5-3) : 2.

SKRIFLESING: 1 Petrus 2:1-10. TEKS: 1 Petrus 2:9. God red sodat ons sal vertel. Psalm 40 : 5. Psalm 4 : 3. Skrifberyming 8 (5-3) : 2. SKRIFLESING: 1 Petrus 2:1-10 TEKS: 1 Petrus 2:9 TEMA: God red sodat ons sal vertel. Psalm 40 : 5 Psalm 4 : 3 Skrifberyming 8 (5-3) : 2 Psalm 71 : 9, 14 Skrifberyming 78 (13-3) Ook: Sb 24 (1-1) : 6 2 Waar

Nadere informatie

Bybel vir Kinders. bied aan. Ryk man, Arm man

Bybel vir Kinders. bied aan. Ryk man, Arm man Bybel vir Kinders bied aan Ryk man, Arm man Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: M. Maillot; Lazarus Aangepas deur: M. Maillot; Sarah S. Vertaal deur: Yvette Brits Vervaardig deur: Bible for Children

Nadere informatie

NIe net hier in 1 Korintiers 13 nie, maar in die hele 1 Korintiërs lees ons van al hierdie dinge wat die gemeente van Korinte gedoen het.

NIe net hier in 1 Korintiers 13 nie, maar in die hele 1 Korintiërs lees ons van al hierdie dinge wat die gemeente van Korinte gedoen het. 1 Preek: 1 Korintiërs 13:1-13 Teksverse: 1 Korintiërs 13:7 Tema: Die Heilige Gees rus jou toe om met ware liefde te leef! Inleiding Geliefde gemeente, ons het afgelope Donderdag op n besondere manier aan

Nadere informatie

Tema: God gee die blydskap van die ewige lewe aan diégene wat in ons boodskap van Jesus Christus glo!

Tema: God gee die blydskap van die ewige lewe aan diégene wat in ons boodskap van Jesus Christus glo! 1 Ons is baie bly en dankbaar saam met Myrna van Eyssen en Ruan Kotze wat vandag geleentheid kry om hulle geloof te bely en Ruan wat ook die doop as teken van God se verbond met hom ontvang. Tema: God

Nadere informatie

God eer Josef die slaaf

God eer Josef die slaaf Bybel vir Kinders bied aan God eer Josef die slaaf Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: M. Maillot; Lazarus Vertaal deur: Yvonne Kriel Aangepas deur: M. Maillot; Sarah S. Storie 8 van 60 www.m1914.org

Nadere informatie

Wie God se beloftes het, streef om skoon te word en heilig te wees

Wie God se beloftes het, streef om skoon te word en heilig te wees SKRIFLESING: 2 Korintiërs 6:14 7:1 TEKS: 2 Korintiërs 7:1 TEMA: Wie God se beloftes het, streef om skoon te word en heilig te wees Psalm 103 : 1 Psalm 30 : 7 Psalm 68 : 9 Skrifberyming 78 (13-3) Ook: Sb

Nadere informatie

toegewy aan God ross os s v an v nieker i k

toegewy aan God ross os s v an v nieker i k toegewy aan God ross van niekerk goddelike nageslag hoe verseker ons dit? 1. modelleer. 2. liefde. 3. instruksie. 4. dissipline. 5. meedeling. psalm 127:3 Kyk, kinders is n erfdeel van die HERE; die vrug

Nadere informatie

Ontdek God Saam. (v 1.0) n Riglyn om nuwe groepe te lei

Ontdek God Saam. (v 1.0) n Riglyn om nuwe groepe te lei Ontdek God Saam (v 1.0) n Riglyn om nuwe groepe te lei n Goeie leier verskaf nie die antwoorde nie, maar vra goeie vrae! Ontdekkingsgroepe is so eenvoudig dat enigeen so n groep kan begin. Enigeen kan

Nadere informatie

Gereformeerde Kerk Bloempark Die Drie-eenheid (Sondag 8)

Gereformeerde Kerk Bloempark Die Drie-eenheid (Sondag 8) Gereformeerde Kerk Bloempark Die Drie-eenheid (Sondag 8) Teks: Verskeie & HK Sondag 8 Inleiding Geliefdes, die Drie-eenheid van God is seker van die meeste moeilike dinge om te verstaan, en gewoonlik van

Nadere informatie

1 JOHANNES 2: Votum en seën. Psalm 34 : 1, 4. Geloofsbelydenis: Nicea. Wet: Exodus 20:1-17 (AV 1933/53) Psalm 34 : 6. Gebed

1 JOHANNES 2: Votum en seën. Psalm 34 : 1, 4. Geloofsbelydenis: Nicea. Wet: Exodus 20:1-17 (AV 1933/53) Psalm 34 : 6. Gebed 1 JOHANNES 2:15-17 Votum en seën Psalm 34 : 1, 4 Geloofsbelydenis: Nicea Wet: Exodus 20:1-17 (AV 1933/53) Psalm 34 : 6 Gebed Skriflesing: 1 Johannes 2:3-17 (AV 1933/53) Teks: 1 Johannes 2:15-17 (AV 1933/53)

Nadere informatie

Wat beteken "Christus is die einde van die wet" (Romeine 10:4)?

Wat beteken Christus is die einde van die wet (Romeine 10:4)? Les 11 vir 16 Desember 2017 Wat beteken "Christus is die einde van die wet" (Romeine 10:4)? Christus is die doel of die eindebestemming van die wet. Christus is die vervulling van die wet. Christus is

Nadere informatie

KOLOSSENSE 3:17 HK Sondag 36

KOLOSSENSE 3:17 HK Sondag 36 KOLOSSENSE 3:17 HK Sondag 36 Votum en seën Psalm 20 : 1, 2, 7 Gebed Skriflesing: Kolossense 3:1-17 (AV 1983) Belydenis: HK 36:99 Teks: Kolossense 3:17 (AV 1983) Psalm 118 : 5 Preek: God se kinders eer

Nadere informatie

VADERSDAG. Een van die raadslede van die sinagoge, 'n man met die naam Jaïrus, kom toe daar aan. Net toe hy vir Jesus sien, val hy op sy

VADERSDAG. Een van die raadslede van die sinagoge, 'n man met die naam Jaïrus, kom toe daar aan. Net toe hy vir Jesus sien, val hy op sy VADERSDAG Teks: Markus 5:22 24, 35-42 Hulpmiddels: Sirkel en sirkel met vyfde uitgesny om saam met die verhaal te gebruik Split pin A4-kartonne A4-papier om hemp-kaartjies te vou Inkleurkryte en ander

Nadere informatie

JEUGLES - FUNAAND: Om Jesus te volg

JEUGLES - FUNAAND: Om Jesus te volg JEUGLES - FUNAAND: Om Jesus te volg 1. PRAISE EN WORSHIP 2. PRAKTIESE REELINGS: Elke groepleier het n skoenboks met n deksels wat kan afhaal nodig. Trek asb die skoenboks VOOR die tyd met eenkleur papier

Nadere informatie