PSALM 68:7. Votum en seën. Psalm 66 : 1. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Exodus 20:1-17 (AV 1983) Psalm 38 : 1, 8. Gebed

Vergelijkbare documenten
JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

1 JOHANNES 4:20 HK 34:93

God red elkeen wat werklik in Jesus Christus glo.

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun

NAGMAAL. SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a. Die kruis is die trots van die Here se kerk.

TEKS: Matteus 5:3 (AV 1933/53) HK 5

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

NAGMAAL. SKRIFLESING: 1 Petrus 2: TEKS: 1 Petrus 2:24a. Jesus Christus het ons sondes gedra. Psalm 89 : 1. Psalm 40 : 3

MATTEUS 7:12. Votum en seën. Psalm 34 : 2, 4. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 4 : 3.

PSALM 115:1 HK Sondag 52:

1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80

Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek

Jy kan eintlik waar in die Bybel ook al kyk na wat geskryf is oor hoe ons as Christene moet lewe, en jy kom by liefhê uit.

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer

PSALM 40:9. Votum en seën. Psalm 89 : 3. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Deuteronomium 5:6-21 (AV 1933/53) Psalm 50 : 6, 7.

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13

SKRIFLESING: 1 Korintiërs 6: TEKS: 1 Korintiërs 6:19 HK 1:1. Ook ons liggame behoort aan die Here. Skrifberyming 72 (12-3) : 1, 2

Jesaja sien die Toekoms

Dit wat óns wil hoe óns wil leef en wil praat en selfs wil dink (dit weet ons almal) is baie kere baie anders as wat Gód van ons wil hê.

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

1 KORINTIËRS 3:21-23 HK Sondag 1

14. Gemaak om lief te hê 1 Johannes 3:11-17; 4:7-12

Skriflesing: 2 Tim 2:14-26(word gelees deur gemeentelede uit die banke)

God se liefde vat ons vrees vir Sy oordeel weg

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3.

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

God het belowe om ons gehoorsaam te maak, net soos ons vra

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24

SKRIFLESING: Jesaja 6. TEKS: Jesaja 6:3 HK 8. Voor die drie-maal heilige God buig ons laag. Psalm 99 : 1, 2. Psalm 81 : 11, 12

SKRIFLESING: Romeine 8:31-39 (AV 1983) TEKS: Romeine 8:32b. Skrifberyming 24 (1-1) : 3. Psalm 62 : 4 (na gebed) Psalm 93 : 1, 4

1 KORINTIËRS 13:12. Ook: Sb 18-8 (30) : 4, 5

SKRIFLESING: 1 Petrus 2:1-10. TEKS: 1 Petrus 2:9. God red sodat ons sal vertel. Psalm 40 : 5. Psalm 4 : 3. Skrifberyming 8 (5-3) : 2.

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus

OPENBARING 5:5 HK Sondag 48

KOLOSSENSE 3:17 HK Sondag 36

Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg

Preek Romeine 6:3-4. (Preek tydens erediens in Gereformeerde Kerk Welkom-Noord op Sondag 25 Junie 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

Wie God se beloftes het, streef om skoon te word en heilig te wees

1 JOHANNES 2: Votum en seën. Psalm 34 : 1, 4. Geloofsbelydenis: Nicea. Wet: Exodus 20:1-17 (AV 1933/53) Psalm 34 : 6. Gebed

Gereformeerde Kerk Bloempark Die Drie-eenheid (Sondag 8)

Dis net so ondenkbaar soos n gemeente die tempel van die Heilige Gees 1 wat nie bid nie.

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE:

n Dubbele kruis-belydenis

Preek Romeine 1:16-17

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek.

Welkom by Die Storie God se storie

Die Here laat ons maai wat ons gesaai het

SKRIFLESING: Lukas 17:1-10. TEKS: Lukas 17:10 HK 24. Begenadigdes skuld God gehoorsaamheid. Psalm 138 : 1. Skrifberyming 24 (1-1) : 2.

JOHANNES 6:48 HK 28. Votum en seën. Psalm 100 : 1, 3. Gebed. Skrifberyming 54 (2-6) : 1. Skriflesing: Johannes 6:41-59 (AV 1983) Belydenis: HK 28

Twyfel Vergewe mekaar Vergifnis van God Vertroue Volharding Voorkoms Vrede Vrees Vriendskap...

God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5)

God red mense wat glo deur die krag van die evangelie

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart?

WAT IS DIE VOLGORDE VAN DIE VERLOSSINGSERVARING?

Ons hoor hulle het in die land Kanaän gaan woon. (kaart) Kanaän Egipte.

0:03: 01:5 Vertel mekaar watter labels mense al op jou gesit het. Wat het mense jou al genoem... goeie goed en slegte goed, dit is alles labels...

Dr AH Bogaards. 1. Inleiding Wat is eensaamheid? Lees: Mt.27: Teks: Mt.27: Datum: 18 Oktober 2015

Deur Sy wet gee God ons broodnodige kennis van sonde

SKRIFLESING: Lukas 16:1-13. TEKS: Lukas 16:11 HK 42. Geld en goed vir God. Psalm 95 : 1, 3. Psalm 119 : 7. Skrifberyming 44 (15-8) : 2

SKRIFLESING: Titus 1. TEKS: Titus 1:15. Die Here wil ons op die hoofspoor hê. Psalm 134 : 1, 2. Psalm 119 : 4. Psalm 18 : 12. Skrifberyming 78 (13-3)

Bybelsondag, Kraggakamma, 29 Augustus 2010

Wie in die Here glo, vertrou Hom met die bestemming.

HANDELINGE 14:15 HK 34:94-95

Geroep vir Gemeenskap

JOHANNES 3:19-20 DL 3/4:1

1 JOHANNES 5:4. Votum en seën. Psalm 45 : 1, 3, 4. Gebed. Skriflesing: 1 Johannes 5:1-13 (AV 1933/53) Teks: 1 Johannes 5:4 (AV 1933/53) Psalm 18 : 15

SKRIFLESING: 1 Korintiërs 13. TEKS: 1 Korintiërs 13:8. Die liefde bly vir ewig. Psalm 103 : 1, 2. Psalm 102 : 11, 12. Skrifberyming 21 (9-4) : 1, 6

Jesus Christus se opstanding maak ons lewens sinvol

1 TESSALONISENSE 5:25

n Tempel Leier besoek Jesus

God laat alles Sy kinders se saligheid bevorder.

SKRIFLESING: Lukas 6: TEKS: Lukas 6:37 HK 43. God se mense het ook met hulle woorde lief. Psalm 34 : 1, 2. Psalm 34 : 6.

LUKAS 5:8. Votum en seën. Psalm 116 : 1, 10. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Exodus 20:1-17 (AV 1933/53) Psalm 51 : 6.

14. Ek glo my sondes word vergewe 1 Johannes 1:5 2:2

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene

Preek Genesis 1:27. (Preek gelewer tydens oggenddiens in Welkom-Noord op Sondag 6 November 2016)

6. Ek glo in Jesus Christus Johannes 3:16-18 en Matteus 1:18-25

SKRIFLESING: Johannes 4:1-30. TEKS: Johannes 4:10. Die Here les mense se diepste dors. Psalm 84 : 2, 3. Psalm 139 : 1, 3. Skrifberyming 6 (5-1) : 5

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels.

Christene moet ook met hulle gedrag vir die Here praat.

Goeie Konings, Slegte Konings

Christen-mans wys Christus se liefde in hulle huwelike.

Die Rol van die Vader, Seun en Heilige Gees?

LITURGIE VIR N OOP GESPREK

PSALM 90:2 NGB 1. Votum en seën. Psalm 90 : 1. Gebed. Skriflesing: Psalm 90 (AV 1933/53) Belydenis: NGB 1. Teks: Psalm 90:2 (AV 1933/53)

Die Groot Gebod dennis de wet

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22

SKRIFLESING: Handelinge 16: TEKS: Handelinge 16:30-31 HK 23. Wie in die Here Jesus glo, word gered. Psalm 48 : 4.

Die Here gee vir mense, wat oor Hom bly is, dit wat hulle harte begeer.

Kinders hoe voel julle oor die eksamen wat voorlê? Vir wie van julle is die Bybel soms moeilik om te verstaan? Ja daar is dinge waarmee ons sukkel né.

SKRIFLESING: Prediker 11. TEKS: Prediker 11:4, 6. Wie met God reken, gebruik sy/haar kanse. Psalm 149 : 1, 2. Psalm 126 : 3.

Preek oor: Wat doen die Heilige Gees? Die Heilige Gees laat die wedergeboorte plaasvind

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was

Transcriptie:

PSALM 68:7 Votum en seën Psalm 66 : 1 Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels Wet: Exodus 20:1-17 (AV 1983) Psalm 38 : 1, 8 Gebed Skriflesing: Psalm 68:1-19 (AV 1983) Teks: Psalm 68 : 7a [= tot by woon ] (AV 1983) Psalm 68 : 3 Preek: God bring eensames in n huisgesin Gebed Kollekte Skrifberyming 27 (12-2) : 4, 5 Seën Skrifberyming 78 (13-3)

2 Het u die kontras gehoor? In hierdie Psalm wat sing van die mag en die majesteit van God, van die geweldige dade waarmee Hy Sy volk verlos het, van die verplettering van Sy vyande, van Sy koningskap oor die konings en koninkryke van hierdie aarde in hiérdie Psalm staan ook hierdie sinne oor die deernis van die Here: - Hý s n Vader vir kinders wat nie n pa of n ma het nie; - Hý s n Beskermer vir vroue wat nie meer n man het nie; - Hý s Een wat gevangenes vrylaat; - Hý s Een wat vir eensames voorsiening maak. Eensames. U weet seker dat baie mense eensaam is, selfs hier in die stad met al sy duisende der duisende mense. Maar God hierdie magtige God Wie se vyande uitmekaar spat as Hy verskyn, voor Wie hulle smelt soos was in vuur smelt Hý sorg vir die eensames: - Hý bring hulle in n huisgesin. Kom ons kyk eers wie die eensames is na wie hier verwys word, en dan na die huisgesin waarin God hulle laat woon. 1. DIE EENSAMES Die eensames van wie hier gepraat word, is in die eerste plek doodeenvoudig mense wat alleen is, mense wat op hulle eie is. Die woord wat hier gebruik word, word ook gebruik vir n enigste kind, n kind sonder boeties of sussies. n Eensame is iemand wat n enigste is - iemand wat nie die normale bande met ander mense het nie; - iemand wat, om watter rede ook al, nie deel van n huisgesin is nie; - iemand wat sonder die warmte van n vriendekring leef; - iemand wat nêrens het om heen te gaan as daar raad of hulp nodig is nie; - iemand wat aan sy/haar eie lot oorgelaat is.

3 Soos n gevangene, byvoorbeeld. In die Hebreeuse taal, waarin Dawid hierdie lied gedig het, is die eerste twee sinne van ons teksvers taalkundig baie nou aan mekaar gekoppel: - God laat eensames in n huisgesin woon - en Hy lei gevangenes uit na vryheid. Waar is daar n groter eensaamheid as dié van n gevangene wat alleen in n sel opgesluit is? Dis een van die swaarste strawwe vir n mens: eensame opsluiting! Ons teks gaan oor sulke soort mense: - mense soos eensame opgesluites; - mense wat in énige soort situasie alleen is, aan jouself oorgelaat Maar ons moet ook dieper kyk na hierdie verskynsel van eensaamheid. In die Bybel leer die Heilige Gees ons duidelik dat ons nood nie net die gewone aardse nood is nie. Eintlik is ons grootste nood ons gééstelike nood: - ons sonde; - ons ongehoorsaamheid aan God; - ons aangebore gebrek aan liefde, of meer nog: ons aangebore haat vir God en vir die mense om ons. En hierdie sondigheid van ons veroorsaak eintlik die ergste vorm van eensaamheid wat daar kán wees: - dat jy tussen ander mense kan wees, maar dan is tog geen band/liefde/omgee tussen jou en hulle nie! Ja, dís wat ons sondes veroorsaak. Omdat sonde in sy wese haat is iets wat jou hatig maak op ander en wat jou haatlik maak vir ander daarom stoot sonde jou nie net van God af weg nie, maar ook van medemense af. Sonde isoleer n mens.

4 Sonde maak dat jy alleen word. En sekerlik sal ons die woorde in ons teks verskraal as ons hier net aan mense wat in die gewone sin van die woord eensaam is, dink. Ons moet hier ook daaraan dink dat baie van die eensaamheid wat ons ly, deur ons gely word omdat ons ander mense met ons sondes van ons vervreem het. Eensames is mense wat alleen is partykeer nie altyd nie omdat hulle sondige mense is. 2. DIE HUISGESIN In die gedagtes van n eensame mens is n huisgesin baie kere die toppunt van liefde en warmte en van nié-alleen-wees-nie. Daar s min dinge wat eensame mense so bewus maak van hulle eensaamheid as wanneer hulle n gelukkige huisgesin saam sien. En nou staan hier: God laat eensames in n huisgesin woon Hoe doen Hy dit? Hy doen dit in die eerste plek met ons gewone aardse eensaamheid op n heel aardse manier: - Hy lei n man en n vrou na mekaar toe, sodat hulle nie alleen deur die lewe hoef te gaan nie, maar die warmte van n huwelik kan beleef. - Hy laat kinders gebore word in n gesin. - Hy gee vir weduwees of wewenaars, of vir geskeides wat weer mag trou, n nuwe lewensmaat. - Hy gee vir bejaardes die voorreg om kinders en kleinkinders te hê wat vir hulle omgee. = Hy maak ons deel van families waar mense met mekaar saamleef en mekaar ondersteun. En nou moet u nie na kinders van die Here wys wat daarna smag, maar nie n lewensmaat kry en deel van n gelukkige gesin en saamlewende familie is of word en sê dat hulle bewyse is dat ons teksvers nie waar is nie. Daar ís sulke kinders van God, maar hulle is die uitsonderings. Hulle is mense met wie God n spesiale pad loop en vir wie Hy dan ook op spesiale maniere sal sorg.

5 Die reël is egter en dis wat hierdie vers ons laat hoor dat God, in die gewone gang van Sy bestuur van sake, vir die eensames onder Sy kinders voorsiening maak deur hulle op een of ander manier in die warmte en liefde van n huisgesin in te bring. Maar hier hou dit nie op nie hier by God se gewone aardse voorsiening vir die gewone aardse nood van eensaamheid nie. Is dit nie juis deel van die evangelie, van die blye boodskap wat die Bybel bring, dat God ook met die diepste oorsaak van al ons eensaamheid ons sondes afreken nie? Hy t mos ons sondes op Sy Seun, Jesus Christus, gelaai. En Hy t Hom die absolute mensverlatenheid en Godverlatenheid, wat God se straf op ons sondes is, in ons plek vir ons laat dra, veral toe Hy aan die kruis gehang het. En elke mens wie se hart nou deur die Heilige Gees so nuutgemaak is dat dit hierdie wonderlike nuus van wat Jesus vir ons gedoen het, aanvaar, is nou n kind van God. En as jy n kind van God is, is jy deel van Sy huisgesin, van die kerk, van hierdie gemeenskap van heiliges waar mense weer regtig mekaar se broers en susters geword het, omdat ons almal deur Jesus kinders van een Vader die hemelse is! En hiér is geen uitsonderings nie. Élkeen wat in Jesus Christus glo, ís deel van hierdie huisgesin van God en kan deel in die warmte en liefde en ondersteuning wat eie aan hierdie gesin behoort te wees. Behoort, want in hierdie gesin behoort sondes ons mos nie meer uitmekaar te dryf nie. Ons is mos nou mense wat bevry is van ons sondes, wat onder andere beteken dat sondes nie meer ons baas is nie. Ons is nou mense wat so deur die Heilige Gees verander word, dat ons ons bes doen om nie meer hatig op mekaar en haatlik vir mekaar te wees nie, want haat dryf mense uitmekaar uit, maar om met mekaar saam te leef as mense wat nou liefhet met daardie liefde wat mense aan mekaar bind! En elke kind van die Here is deel van hiérdie familie.

6 God help nie net met die gewone aardse eensaamheid nie, maar Hy maak ook n plan met die diepste oorsaak van alle eensaamheid die sonde. En die mense wat Hy dáárvan verlos, maak Hy deel van hierdie huisgesin waarvan die bande tot in ewigheid bly. Dis die deernis van die groot en almagtige God, dat Hy eensames in n huisgesin laat woon TOEPASSING Ons moet die Here ook eer en prys vir hiérdie werk van Hom. Hierdie Psalm is een groot oproep om die Here te eer en te loof vir Wie Hy is en vir wat Hy vir Sy kinders doen, onder andere vir wat Hy vir eensames doen. Om byvoorbeeld in die gewone aardse lewe deel van n huisgesin te wees, is nie n vanselfsprekendheid nie dis n geskenk van die Here! En om deel te wees van die hémelse huisgesin, van die gemeenskap van gelowiges watter genade is dit nie! - Ons verdien dit nie. - Ons verdien die ewige eensaamheid van die hel. - Maar ons word met deernis deur God deel van Sy huisgesin gemaak, net omdat Sy Seun dit aan die kruis vir ons verdien her! Al is ons soms in die gewone aardse lewe vir n korter of langer tyd as weduwee of wewenaar of weeskind of ongetroude of geskeide of bejaarde eensaam sonder die normale gesins- of familiebande, dan is ons tog nog altyd deel van die familie wat uit al God se kinders bestaan en wat orals hier op aarde as Christelike gemeentes funksioneer. Ons moet die Here loof, wat al is Hy ook hoe groot en magtig en majestueus tog nie by die eensames verbystap nie. Maar hoor u ook in dit wat ons vanoggend gelees het, nie net die troos en bemoediging nie, maar ook die implisiete aansporing? Wat hier staan, herinner ons ook daaraan dat ons gesinne en ons gemeente dan inderdaad vestings van God teen eensaamheid moet wees.

7 In ons gesinne moet ons vir mekaar omgee. Ons moet mekaar dophou en openhartig teenoor mekaar wees, om so te keer dat nie een lid van ons gesin in die kloue van die eensaamheid en wanhoop wat so dikwels daarop volg, en waarvan hierdie wêreld so vol is, verval nie. Ons moet ons gesinslewe vertroetel as n kosbare gawe wat die Here vir ons gegee het. En ons gemeente dis wat hierdie gedeelte by implikasie ook vir ons vra: ís ons n huisgesin van God? Ons behoort die voorste loopgraaf te wees teen die alleen-wees wat so baie mense in ons wêreld tot drank of dwelms of selfs selfmoord dryf! Hier moet permanent onder ons n warmte wees, wat selfs mense wat uit desperaatheid n keer kerk toe dryf, sal laat sien dat God se gemeente die huisgesin vol liefde is waarna hulle smag! Hier in ons kring moet selfs mense wat deur hulle sondes verstotenes geword het, dit beleef dat medemense hulle weer kan vergewe, dit beleef dat iemand wat deur God skoongemaak is, weer deur ander, wat ook skoongemaak is van húlle sondes, aanvaar word. Besef u wat die geringste blykie van toenadering hier onder ons kan beteken vir iemand wat eensaam is? - n vriendelike groet; - n opskuif om vir die ander een hier in my bank plek te maak; - n opregte belangstelling in die ander een se lewe; - n vriendelike uitnodiging om saam n koppie tee te kom drink Eensame mense beleef sulke klein gebaartjies partykeer as n reuse-blyk van liefde. Ook julle kinders en tieners en jongmense moet julle oë oophou vir n maatjie by die kerk wat vreemd is en wat eenkant staan. Gaan gesels n bietjie met daardie een. Gaan probeer die eenkant-een intrek in die kringetjie van julle klomp wat al lekker tuis is by mekaar.

8 Onthou, in die huisgesin van die Here is ook daardie maatjie jou boetie of jou sussie! Hierdie vers herinner aan die deernis van die Here waarvoor ons Hom moet loof en prys! Maar met hierdie vers roep die Heilige Gees ons ook toe: - wéés dan regtig n huisgesin van God veral vir eensame mense AMEN