TEKS: Matteus 5:3 (AV 1933/53) HK 5

Vergelijkbare documenten
Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

NAGMAAL. SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a. Die kruis is die trots van die Here se kerk.

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5

NAGMAAL. SKRIFLESING: 1 Petrus 2: TEKS: 1 Petrus 2:24a. Jesus Christus het ons sondes gedra. Psalm 89 : 1. Psalm 40 : 3

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

Dit wat óns wil hoe óns wil leef en wil praat en selfs wil dink (dit weet ons almal) is baie kere baie anders as wat Gód van ons wil hê.

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

1 KORINTIËRS 13:12. Ook: Sb 18-8 (30) : 4, 5

Deur Sy wet gee God ons broodnodige kennis van sonde

God red elkeen wat werklik in Jesus Christus glo.

God se liefde vat ons vrees vir Sy oordeel weg

SKRIFLESING: 1 Korintiërs 6: TEKS: 1 Korintiërs 6:19 HK 1:1. Ook ons liggame behoort aan die Here. Skrifberyming 72 (12-3) : 1, 2

SKRIFLESING: Jesaja 6. TEKS: Jesaja 6:3 HK 8. Voor die drie-maal heilige God buig ons laag. Psalm 99 : 1, 2. Psalm 81 : 11, 12

God het belowe om ons gehoorsaam te maak, net soos ons vra

Die Here gee vir mense, wat oor Hom bly is, dit wat hulle harte begeer.

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

Jesaja sien die Toekoms

1 JOHANNES 4:20 HK 34:93

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek

PSALM 115:1 HK Sondag 52:

SKRIFLESING: Handelinge 16: TEKS: Handelinge 16:30-31 HK 23. Wie in die Here Jesus glo, word gered. Psalm 48 : 4.

SKRIFLESING: Lukas 16:1-13. TEKS: Lukas 16:11 HK 42. Geld en goed vir God. Psalm 95 : 1, 3. Psalm 119 : 7. Skrifberyming 44 (15-8) : 2

Jesus kom op n onbekende tyd weer bly dan gereed vir Hom!

MATTEUS 7:12. Votum en seën. Psalm 34 : 2, 4. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 4 : 3.

n Tempel Leier besoek Jesus

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3

Die Here laat ons maai wat ons gesaai het

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

God laat alles Sy kinders se saligheid bevorder.

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE:

Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg

SKRIFLESING: Romeine 8:31-39 (AV 1983) TEKS: Romeine 8:32b. Skrifberyming 24 (1-1) : 3. Psalm 62 : 4 (na gebed) Psalm 93 : 1, 4

OPENBARING 5:5 HK Sondag 48

SKRIFLESING: Lukas 6: TEKS: Lukas 6:37 HK 43. God se mense het ook met hulle woorde lief. Psalm 34 : 1, 2. Psalm 34 : 6.

Vir die Here is die hoofsaak dat ons sal glo en gehoorsaam.

STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart?

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene

SKRIFLESING: 1 Korintiërs 13. TEKS: 1 Korintiërs 13:8. Die liefde bly vir ewig. Psalm 103 : 1, 2. Psalm 102 : 11, 12. Skrifberyming 21 (9-4) : 1, 6

PSALM 90:2 NGB 1. Votum en seën. Psalm 90 : 1. Gebed. Skriflesing: Psalm 90 (AV 1933/53) Belydenis: NGB 1. Teks: Psalm 90:2 (AV 1933/53)

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

SKRIFLESING: Lukas 17:1-10. TEKS: Lukas 17:10 HK 24. Begenadigdes skuld God gehoorsaamheid. Psalm 138 : 1. Skrifberyming 24 (1-1) : 2.

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

JOHANNES 6:48 HK 28. Votum en seën. Psalm 100 : 1, 3. Gebed. Skrifberyming 54 (2-6) : 1. Skriflesing: Johannes 6:41-59 (AV 1983) Belydenis: HK 28

1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80

Bybel vir Kinders. bied aan. Ryk man, Arm man

SKRIFLESING: Titus 1. TEKS: Titus 1:15. Die Here wil ons op die hoofspoor hê. Psalm 134 : 1, 2. Psalm 119 : 4. Psalm 18 : 12. Skrifberyming 78 (13-3)

God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5)

n Dubbele kruis-belydenis

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3.

MATTEUS 22:11-13 HK SONDAG 30:81

Goeie Konings, Slegte Konings

Jesus Christus se opstanding maak ons lewens sinvol

Soos n wildsbok wat smag na water Smag my siel na u o Heer U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer SOOS N WILDSBOK

TEKS: Esegiël 33:18-19 HK 32:87 33:90. God laat onbekeerdes sterf, maar bekerendes lewe.

1 JOHANNES 2: Votum en seën. Psalm 34 : 1, 4. Geloofsbelydenis: Nicea. Wet: Exodus 20:1-17 (AV 1933/53) Psalm 34 : 6. Gebed

Preek Romeine 1:16-17

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

SKRIFLESING: Matteus 11: TEKS: Matteus 11:28. Christus gee gekwelde mense rus. Psalm 145 : 1, 2. Skrifberyming 12-3 : 1, 2 (na geloofsbelydenis)

Preek Genesis 1:27. (Preek gelewer tydens oggenddiens in Welkom-Noord op Sondag 6 November 2016)

Jona en die Groot Vis

Welkom by Die Storie God se storie

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels.

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was

14. Ek glo my sondes word vergewe 1 Johannes 1:5 2:2

Van Vervolger tot Prediker

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer

God red mense wat glo deur die krag van die evangelie

Die Here kom rekenskap eis van ons werk vir Hom

SKRIFLESING: Romeine 1:1-17. TEKS: Romeine 1:3b-4a HK 13. Jesus is die Seun van God en ons Here. Psalm 149 : 1, 2.

U het rég gehoor: dat u die HÉre daar gaan dien; want dis wat die Heilige Gees ons hier laat hoor, dat ook ons alledaagse werk godsdiens is.

SKRIFLESING: 1 Petrus 2:1-10. TEKS: 1 Petrus 2:9. God red sodat ons sal vertel. Psalm 40 : 5. Psalm 4 : 3. Skrifberyming 8 (5-3) : 2.

SKRIFLESING: Prediker 11. TEKS: Prediker 11:4, 6. Wie met God reken, gebruik sy/haar kanse. Psalm 149 : 1, 2. Psalm 126 : 3.

PSALM 40:9. Votum en seën. Psalm 89 : 3. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Deuteronomium 5:6-21 (AV 1933/53) Psalm 50 : 6, 7.

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek.

HEMELVAART. SKRIFLESING: Johannes 14:1-14. TEKS: Johannes 14:2-3 (AV 1933/53) Jesus Christus is hemel toe vir ons. Psalm 2 : 4, 6.

Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel. Christiaan Coetzee

Twyfel Vergewe mekaar Vergifnis van God Vertroue Volharding Voorkoms Vrede Vrees Vriendskap...

JOHANNES 10:10b-11. Votum en seën. Skrifberyming 34 (2-2) : 1. Gebed. Skriflesing: Johannes 10:1-21 (AV 1983/91) Teks: Johannes 10:10b-11 (AV 1983/91)

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13

In nood kan ons God as Vader aanroep.

Preek Romeine 6:3-4. (Preek tydens erediens in Gereformeerde Kerk Welkom-Noord op Sondag 25 Junie 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff

Kinders hoe voel julle oor die eksamen wat voorlê? Vir wie van julle is die Bybel soms moeilik om te verstaan? Ja daar is dinge waarmee ons sukkel né.

Bybelsondag, Kraggakamma, 29 Augustus 2010

Galasiërs 6:11. Kyk met watter groot letters ek met my eie hand aan julle skrywe! (Galasiërs 6:11)

SKRIFLESING: Johannes 4:1-30. TEKS: Johannes 4:10. Die Here les mense se diepste dors. Psalm 84 : 2, 3. Psalm 139 : 1, 3. Skrifberyming 6 (5-1) : 5

Vries al hulle bates, betaal geld terug met rente, hy word `n handearbeider vir die wat hy/sy besteel het.

Nie menslike vermoëns nie, maar God bepaal die uitkoms van sake.

NIe net hier in 1 Korintiers 13 nie, maar in die hele 1 Korintiërs lees ons van al hierdie dinge wat die gemeente van Korinte gedoen het.

Dooppreek Mika Bogaards

Toe God alles gemaak het

'n Man gestuur deur God

MATTEUS 27:46. Votum en seën. Skrifberyming 5-3 (8) : 2. Gebed. Skriflesing: Matteus 27:32-50 (AV 1933/53) Teks: Matteus 27:46 (AV 1933/53)

Wat beteken "Christus is die einde van die wet" (Romeine 10:4)?

TEKS: 1 Korintiërs 8:4-6 HK 34:94-95

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22

Bybelse Dissipelskap. Saligheid/ Redding

JESAJA 53:9 HK Sondag 16:40-43

Transcriptie:

SKRIFLESING: Matteus 5:1-12 TEKS: Matteus 5:3 (AV 1933/53) HK 5 TEMA: Verlossing kom nie uit ons nie. Psalm 138 : 3 Skrifberyming 16 (11-3) : 1, 4 Psalm 146 : 2, 5 Skrifberyming 78 (13-3) Ook: Ps 33 : 9 Ps 72 : 2, 6 Ps 130 : 3, 4

2 Stel uself dit wat die Bybel oor verlossing leer voor as n groot saal waarin die pragtigste en waardevolste skatte denkbaar uitgestal is. Dan is die tweede deel van die HK ons gids, wat ons nou deur hierdie saal gaan vat en ons hierdie skatte een vir een gaan wys. In HK 5 gee ons nog maar net die eerste treetjie in hierdie saal in, hoor ons nog net die eerste sinnetjie van die gids wat ons deur hierdie saal gaan vat, n sinnetjie wat sê dat ons tog moet onthou dat die skatte in hierdie saal nie van óns af kom nie. Dis wat vanaand vir u verkondig word, dat verlossing nie uit ons kom nie. Kyk na twee sake: 1. dat daar verlossing is; 2. maar dat dit nie uit onsself kom nie. 1. DAAR IS VERLOSSING Toe ons nog in die donker, buite hierdie saal met die wonderlike verlossingskatte was, het ons die ellende van die mens, soos dit in die Bybel vir ons geleer word, gesien. Dit kom daarop neer dat elkeen van ons (elke mens) as gevolg van ons sondige aard en as gevolg van al die sondes wat ons in ons lewens doen, sonder verskoning skuldig staan voor God, voor Hom wat alle sonde met n heilige afkeur haat en dit wil en moet en gaan straf. Buite hierdie verlossing-saal is dit pikdonker Maar genadiglik het sonde en straf nie die laaste sê in die Bybel nie. Ons hoor ook en verál in die Bybel van verlossing, van saligheid. Die aksent van die Bybel is nie op sonde en straf nie, maar op verlossing. Wanneer die Here wel in Sy Woord met ons oor sonde en straf praat, doen Hy dit om ons te laat verstaan hoe nodig ons redding het en hoe wonderlik die redding is! Daarom gaan ons gids (die HK) ons 27 weke lank al die skatte in die verlossing-saal wys,

3 terwyl ons maar net drie weke buite in die donker was. Daarom ook dat die eerste woord wat die Heilige Gees ons uit Jesus se mond laat hoor in hierdie magtige stuk onderrig van Hom, wat ons as die Bergrede ken, die woord salig is, en dat hierdie woord nie minder nie as nege keer herhaal word in hierdie eerste les in ons Here se koninkryk-skool: - Salig, Salig, Salig ens. Daar ís verlossing. Sondaarmense kán salig word. Die woord salig wat Jesus hier gebruik, beteken om werklik gelukkig te wees: - gelukkig in sy eintlike betekenis; - gelukkig soos Gód geluk definieer; - gelukkig met n geluk wat jou bly maak soos niks anders kan doen nie; - gelukkig met n geluk wat nooit van jou weggevat kan word nie. Dit gaan nie hier oor die oppervlakkige glimlag en die tydelike plesier wat n sak vol geld of n paar ure se vrolikheid op hierdie aarde kan bring nie. As u wil weet hoe hierdie geluk, hierdie saligheid waarvan Jesus praat, lyk, gaan sit dan al die tweede dele van hierdie verse aanmekaar, want dis sinnetjies wat sê waarin saligheid bestaan. Om salig te wees - is om God se koninkryk te hê, 1 vir altyd n plek by die Here wat regeer; - is om regtig getroos te wees, 2 om te beleef hoe die Here self elke traan van jou oë afdroog; - is om te weet dat hierdie aarde, wanneer hy eendag nuutgemaak is en alle goddeloses van hom verwyder is, die kinders van God s n gaan wees; 3 - is om deel te kry aan n lewe waarin alles eendag volmaak reg en heel gaan wees; 4 - is om God se barmhartigheid te kry, 5 om Hom te sien, 6 om Sy kind te wees 7 1 Mat 5:3 2 Mat 5:4 3 Mat 5:5 4 Mat 5:6 5 Mat 5:7 6 Mat 5:8 7 Mat 5:9

4 Salig. Wat n lieflike woord vir mense wat sonder verskoning skuldig staan voor die heilige en regverdige God van die hemel en die aarde. As jy hierdie woord hoor, is jy soos iemand wat uit pikdonkerte uit in n helderverligte saal vol van die pragtigste en waardevolste skatte instap; skatte soos - die koms van die Verlosser; - Sy lewe en lyding en dood vir ons; - Sy opstanding en hemelvaart; - die uitstorting van die Heilige Gees; - die Woord, die doop en die nagmaal; - die kerk die huisgesin van die Verlosser. - die regverdiging deur die geloof; - die vergewing van sondes; - die ewige lewe Daar ís verlossing. 2. DIE VERLOSSING IS NIE UIT ONSSELF NIE In ons toer deur die verlossing-saal gaan ons in besonderhede kyk hoe hierdie skatte van verlossing lyk, Wie dit gemaak het, hoeveel dit werd is vir wie dit gegee word, hoe dit uitgedeel word, ens. Maar die eerste wat ons baie duidelik moet verstaan, is dat hierdie skatte nie van ons af kom nie; verlossing is nie uit ons nie. Om dit effens anders te sê: - iemand wat met hande vol van sy eie goed by God aankom, kan nie die rykdom ontvang wat Hy gee nie. Dis waar die Here Jesus in Sy bergrede begin: Salig is die wat arm van gees is In die volksmond is n arme van gees iemand wat verstandelik nie goed bedeeld is nie, of partykeer iemand wat nie n sterk persoonlikheid of baie insig in die lewe het nie, en wat maar eenvoudig en naïef voorkom.

5 Maar dis nie waarvan Jesus hier praat nie. Hy verwys met arm van gees na iemand wat in geestelike sake arm is. Die woord arm het destyds nie net die beeld opgeroep van mense wat nie geld in hulle sakke het nie, maar van mense wat hulpeloos was, baie bewus daarvan dat hulle uitgelewer is aan die genade van ander; Armes van gees is dus mense - wat hulle eie geestelike hulpeloosheid besef; - wat besef dat hulle self elke dag hulle sondes voor God net nog meer maak en so al hoe meer en al hoe erger van Sy straf verdien; - wat weet dat selfs die beste dinge wat hulle doen maar nog steeds met allerhandige sondige motiewe besmet is en in elk geval onvolmaak uitgevoer word; - wat weet dat selfs al sou hulle iets volmaak goed kon doen, dit nog niks vir hulle kan verdien nie, want ons is dit mos aan God verskuldig om Hom volmaak te gehoorsaam. Armes van gees is mense wat weet dat hulle in geestelike sake niks het om vir God aan te bied nie, dat hulle met leë hande Hom staan, dat hulle totaal afhanklik is van Sy genade. Solank jy nog jou geestelike offers en prestasies voor God wil bring, solank jy nog dink dat jy iets met geestelike waarde het om vir Hom te gee, sólank is jou hande nog nie leeg nie, is jy nog nie wat Jesus hier n arme van gees noem nie. En dis hierdie Bybelse waarheid (dat die verlossing nie uit ons self kom nie, omdat ons hande leeg is), waarop ons gids ons hier in HK 5 wys, al word dit dan hier baie tegnies gedoen. Hier word byvoorbeeld uitgespel hoe die verlossing van die mens kan gebeur: die straf wat ons sondes by God verdien, moet volledig gedra word. En dan bely ons hier waarom ons glo dat nie een van ons, of enige ander skepsel wat ons daarvoor sou wou inspan, dit kan doen nie: - hoe kan mense wat elke dag die skuld nog meer maak, ooit self die skuld betaal?

6 - en hoe kan die regverdige God ánder skepsels laat boet vir die sondes van die mens? - en hoe sal enige skepsel in elk geval hierdie ewige straf wat ons sondes teen God verdien, ooit kan klaar-dra? Ons, mense, kán nie doen wat vir ons verlossing gedoen moet word nie. Ons verlossing kom nie uit ons wat sondaarmense is, of uit ander skepsels nie. Ons moet dit by God kry, in ons leë geestelike hande. Daar ís verlossing God vertel ons daarvan in Sy Woord. Maar hierdie verlossing kom nie van die mens af nie. TOEPASSING Dis nie die eerste keer wat u hierdie toer, eers buite in die donker van sonde en straf en dan in die reuse-saal van die genade van God in, meemaak nie. Maar dit ís ook nie bedoel as n toer wat n mens net een keer moet meemaak nie. n Mens behoort jou lewe lank hierdie dinge te ondersoek en te deurleef en jou al hoe meer daarin te verdiep, - sodat jou verwondering oor God se genade altyd net sal groei - en sodat jy naderhand self n gids vir ander, wat hierdie toer nog nie meegemaak het nie, kan word! Eintlik is die wonderlikste van hierdie verlossing-saal met al sy skatte dít, dat die Here dit nie net vir mense wýs nie, maar vir elkeen wat in Sy Seun glo, géé, as hulle eie persoonlike rykdom vir altyd! Onthou nou net dat u, élke keer wanneer u in hierdie verlossing-saal instap, met leë hande hier moet instap. Dis waarom die Heilige Gees ons in die Bybel ook in die donker van sonde en straf laat loop, sodat ons ons eie hopelose verlorenheid sal besef en sal verstaan dat net God se skatte ons ryk kan maak. Solank mense nog dink dat dinge soos hulle getroue godsdiens (ek woon selfs die aanddienste by!) darem vir die Here iets moet tel,

7 of hulle regsinnigheid of hulle baie gebede, of die baie tyd wat hulle aan Sy diens afstaan, of die groot dankoffers wat hulle elke maand gee, of die baie hulp wat hulle in die stilligheid vir arm mense gee, of hulle eerlikheid in die wêreld daarbuite, of selfs hulle opregte nederigheid en verootmoediging voor die Here solank hulle nog dink dat sulke soort dinge hulle darem n reg gee op so n ietsie van die Here se liefde, sólank is hulle nog nie arm van gees nie. En as jy nie met leë hande by God aankom nie, waarin gaan jy dan die rykdom wat God vir jou gee, ontvang? Om ryk te kan word in die Here, moet jy eers afsien van al jou gewaande eie rykdom, moet jy ophou staatmaak op enige iets van jouself. Om die verlossing van die Here te kan geniet, moet jy eers besef dat jy hopeloos en onverskoonbaar skuldig is voor God, en eintlik niks anders as Sy regverdige straf verdien nie nou en in die ewigheid. Sit daarom alles waarmee jy God se guns probeer koop, neer. Gooi alle hoop op jouself weg wanneer jy by hierdie uitstalling van God se verlossingskatte kom. Wie met leë hande hiér inkom, sal ryk word: - Salig is die wat arm van gees is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele. Om totaal uitgelewer te wees aan Gód se genade dís soos ons moet wees AMEN