Die Here laat ons maai wat ons gesaai het

Vergelijkbare documenten
Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

NAGMAAL. SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a. Die kruis is die trots van die Here se kerk.

God het belowe om ons gehoorsaam te maak, net soos ons vra

God red elkeen wat werklik in Jesus Christus glo.

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

God se liefde vat ons vrees vir Sy oordeel weg

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

TEKS: Matteus 5:3 (AV 1933/53) HK 5

NAGMAAL. SKRIFLESING: 1 Petrus 2: TEKS: 1 Petrus 2:24a. Jesus Christus het ons sondes gedra. Psalm 89 : 1. Psalm 40 : 3

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3

Jesaja sien die Toekoms

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE:

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3.

Die Here gee vir mense, wat oor Hom bly is, dit wat hulle harte begeer.

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

God laat alles Sy kinders se saligheid bevorder.

1 KORINTIËRS 13:12. Ook: Sb 18-8 (30) : 4, 5

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was

SKRIFLESING: Prediker 11. TEKS: Prediker 11:4, 6. Wie met God reken, gebruik sy/haar kanse. Psalm 149 : 1, 2. Psalm 126 : 3.

SKRIFLESING: Prediker 1:1-11. TEKS: Prediker 1:3. Los van God bied die lewe niks. Psalm 149 : 1, 2. Skrifberyming 19 (2-1) : 1, 2.

SKRIFLESING: Titus 1. TEKS: Titus 1:15. Die Here wil ons op die hoofspoor hê. Psalm 134 : 1, 2. Psalm 119 : 4. Psalm 18 : 12. Skrifberyming 78 (13-3)

n Tempel Leier besoek Jesus

Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg

Welkom by Die Storie God se storie

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene

Twyfel Vergewe mekaar Vergifnis van God Vertroue Volharding Voorkoms Vrede Vrees Vriendskap...

SKRIFLESING: Handelinge 16: TEKS: Handelinge 16:30-31 HK 23. Wie in die Here Jesus glo, word gered. Psalm 48 : 4.

Jesus kom op n onbekende tyd weer bly dan gereed vir Hom!

NIe net hier in 1 Korintiers 13 nie, maar in die hele 1 Korintiërs lees ons van al hierdie dinge wat die gemeente van Korinte gedoen het.

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels.

Preek Romeine 1:16-17

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5

Dit wat óns wil hoe óns wil leef en wil praat en selfs wil dink (dit weet ons almal) is baie kere baie anders as wat Gód van ons wil hê.

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek.

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22

Vir die Here is die hoofsaak dat ons sal glo en gehoorsaam.

SKRIFLESING: Matteus 11: TEKS: Matteus 11:28. Christus gee gekwelde mense rus. Psalm 145 : 1, 2. Skrifberyming 12-3 : 1, 2 (na geloofsbelydenis)

SKRIFLESING: Romeine 8:31-39 (AV 1983) TEKS: Romeine 8:32b. Skrifberyming 24 (1-1) : 3. Psalm 62 : 4 (na gebed) Psalm 93 : 1, 4

1 JOHANNES 4:20 HK 34:93

Die Groot Gebod dennis de wet

SKRIFLESING: 1 Korintiërs 6: TEKS: 1 Korintiërs 6:19 HK 1:1. Ook ons liggame behoort aan die Here. Skrifberyming 72 (12-3) : 1, 2

Van Vervolger tot Prediker

Christene moet ook met hulle gedrag vir die Here praat.

toegewy aan God ross os s v an v nieker i k

1 JOHANNES 2: Votum en seën. Psalm 34 : 1, 4. Geloofsbelydenis: Nicea. Wet: Exodus 20:1-17 (AV 1933/53) Psalm 34 : 6. Gebed

TEKS: 1 Korintiërs 8:4-6 HK 34:94-95

Ons Pinkster gaan oor hoe om vir Jesus te volg. Vanoggend het ons begin deur te sien dat daar n paar voorwaardes is as jy Jesus wil volg:

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13

Die Here kom rekenskap eis van ons werk vir Hom

Galasiërs 6:11. Kyk met watter groot letters ek met my eie hand aan julle skrywe! (Galasiërs 6:11)

JOHANNES 6:48 HK 28. Votum en seën. Psalm 100 : 1, 3. Gebed. Skrifberyming 54 (2-6) : 1. Skriflesing: Johannes 6:41-59 (AV 1983) Belydenis: HK 28

Bybel vir Kinders bied aan. Die Kerk Kry Moeilikheid

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer

JEUGLES - FUNAAND: Om Jesus te volg

Goeie Konings, Slegte Konings

SKRIFLESING: Lukas 16:1-13. TEKS: Lukas 16:11 HK 42. Geld en goed vir God. Psalm 95 : 1, 3. Psalm 119 : 7. Skrifberyming 44 (15-8) : 2

OPENBARING 5:5 HK Sondag 48

MATTEUS 7:12. Votum en seën. Psalm 34 : 2, 4. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 4 : 3.

WAT IS DIE VOLGORDE VAN DIE VERLOSSINGSERVARING?

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak.

Wie in die Here glo, vertrou Hom met die bestemming.

1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80

Toe God alles gemaak het

n Dubbele kruis-belydenis

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

14. Ek glo my sondes word vergewe 1 Johannes 1:5 2:2

Jesus Christus se opstanding maak ons lewens sinvol

Deur Sy wet gee God ons broodnodige kennis van sonde

Soos n wildsbok wat smag na water Smag my siel na u o Heer U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer SOOS N WILDSBOK

God red mense wat glo deur die krag van die evangelie

SKRIFLESING: Jesaja 6. TEKS: Jesaja 6:3 HK 8. Voor die drie-maal heilige God buig ons laag. Psalm 99 : 1, 2. Psalm 81 : 11, 12

Bybel vir Kinders. bied aan. Ryk man, Arm man

SKRIFLESING: 1 Korintiërs 13. TEKS: 1 Korintiërs 13:8. Die liefde bly vir ewig. Psalm 103 : 1, 2. Psalm 102 : 11, 12. Skrifberyming 21 (9-4) : 1, 6

Jona en die Groot Vis

LUKAS 5:8. Votum en seën. Psalm 116 : 1, 10. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Exodus 20:1-17 (AV 1933/53) Psalm 51 : 6.

Aanbieding 1 Agtergrond. Skrywer van 2 Petrus

Preek Romeine 6:3-4. (Preek tydens erediens in Gereformeerde Kerk Welkom-Noord op Sondag 25 Junie 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24

Tema: Dra die vrug van die Gees om meer soos Christus te word. Vooraf sang Sb 9 4: 1,2,3,4 Sb 14 1: 1,3

Gereformeerde Kerk Bloempark Die Drie-eenheid (Sondag 8)

Toe God alles gemaak het

Dankoffersondag met Nagmaal 4 November

SKRIFLESING: Lukas 6: TEKS: Lukas 6:37 HK 43. God se mense het ook met hulle woorde lief. Psalm 34 : 1, 2. Psalm 34 : 6.

SKRIFLESING: Johannes 4:1-30. TEKS: Johannes 4:10. Die Here les mense se diepste dors. Psalm 84 : 2, 3. Psalm 139 : 1, 3. Skrifberyming 6 (5-1) : 5

'n Man gestuur deur God

TEKS: Esegiël 33:18-19 HK 32:87 33:90. God laat onbekeerdes sterf, maar bekerendes lewe.

Preek Genesis 1:27. (Preek gelewer tydens oggenddiens in Welkom-Noord op Sondag 6 November 2016)

God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5)

GALASIËRS 5:22 (getrouheid)

DIE JERUSALEM RAAD Les 8 vir 25 Augustus 2018

Inhoudsopgawe. Voorwoord

Transcriptie:

SKRIFLESING: Galasiërs 6 TEKS: Galasiërs 6:7-8 TEMA: Die Here laat ons maai wat ons gesaai het Psalm 100 : 1, 3, 4 Psalm 50 : 11 Psalm 91 : 1 (na belydenisaflegging) Psalm 126 : 3 Skrifberyming 33 (2-4) : 2, 3 Ook: Ps 128 : 1

2 Jy kry mense wat verkeerde dinge doen en omdat daar niks met hulle gebeur nie, gaan hulle net daarmee aan, word dit selfs al hoe erger. Jy kry aan die ander kant mense wat goed doen, maar moedeloos word, omdat dit geen sigbare resultate oplewer nie en dan sommer wil ophou goed doen. Altwee hierdie kategorieë van mense maak dieselfde fout. Hulle vergeet hierdie wet waarvolgens God dit by mense laat werk, dat jy sal maai wat jy gesaai het, al verloop daar gewoonlik tussen saai en maai n lang tyd. Kom ons hoor vanoggend weer van hierdie werkswyse van die Here en van wat dit vir ons beteken dat Hy ons laat maai wat ons gesaai het. Ons praat eers oor hoe hierdie werkswyse van God lyk (vers 7) en dan oor hoe dit hier op ons geestelike lewe toegepas word (vers 8). 1. GOD LAAT MENSE MAAI WAT HULLE GESAAI HET Die aanleiding tot hierdie verse lê in die hoof-boodskap van hierdie brief. Die Heilige Gees het die apostel Paulus hierdie brief aan die gemeentes daar in Galasië laat skrywe om hulle te waarsku teen n verkeerde leer wat valse leraars daar by hulle wou invoer. Dit was die leer van werkheiligheid: - dat jou werke jou heilig maak; - dat n mens gered word op grond van jou gehoorsaamheid aan die wette en bepalings van die Here. Maar as dit waar sou wees, het ons Jesus Christus mos nie meer nodig nie wat n lasterlike gedagte is om te dink! En daarom skryf die apostel hierdie hartstogtelike brief waarin hy hierdie dwaling weerlê dat n mens op grond van jou wetsgehoorsaamheid gered kan word; - niemand (skryf hy) kan deur die wet by God geregverdig word nie! 1 - daar s net een manier om gered te word: deur te glo in Jesus Christus, wat alles wat gedoen mos word tot ons redding, volledig en klaar vir ons gedoen het! 2 1 Gal 3:11

3 Ons redding rus eenhonderd persent op die Here Jesus Christus. Maar die oomblik as dit gesê is, moet jy nou dadelik weer na die ander kant toe ook keer wat die apostel dan hier in ons teksverse doen. Want as al Jesus se volmaakte werke dan vir jou toegereken word wanneer jy in Hom glo, dan (so redeneer party ander mense nou weer) maak dit mos nie meer saak hoe jy self lewe nie; as jy sondes doen, gaan dit tog nie jou redding in gedrang bring nie, want jy maak mos op Jesus se werke staat! Maar dis ook n dwaling (skryf die apostel hier in ons teksvers). As jy dink dat n mens verkeerde dinge kan doen sonder enige slegte gevolge, dan dink jy verkeerd! Want daar s mos hierdie reël/wet wat God vir hierdie aarde gemaak het en wat oral en altyd van toepassing is, dat jy maai wat jy gesaai het; - daar s n verband tussen wat jy saai en watter soort oes jy gaan hê; - as jy koring saai, gaan jy koring oes; en as jy onkruid saai, gaan jy onkruid oes. En hierdie reël van God is só algemeen en só onontwykbaar, dat daar geen mens op hierdie aarde is wat, as hy byvoorbeeld koring wil oes, enige ander saad as koring gaan saai nie! Hierdie reël van God is só algemeen en so duidelik vir almal, dat dit neerkom op bespotting van God as jy op enige terrein van die lewe sou dink dat jy een ding kan saai en n ander ding kan maai. In God se wêreld maai n mens wat jy gesaai het. Dis die reël. Ook in geestelike sake. 2. OOK IN HULLE GEESTELIKE LEWE Om enige twyfel, of hierdie wet ook in ons geestelike lewe geld en nie net daar buite in die natuur nie, uit die weg te ruim, laat die Heilige Gees Paulus ook vers 8 skryf. Hier word die algemene wet (dat jy maai wat jy gesaai het) op ons geestelike lewe toegepas: 22 Gal 2:16-21; 3:13-14

4 Hy wat in sy vlees saai, sal uit die vlees verderf maai; maar hy wat in die Gees saai, sal uit die Gees die ewige lewe maai. Ons vlees is hier n verwysing na ons sondige nature: - daardie natuur waarmee ons gebore is en wat niks van God en Sy gebod wil weet nie; - daardie ek wat net begaan is oor myself en net die heeltyd wil doen wat ek van hou, wat myself as die middelpunt van die heelal sien, as die een vir wie God en ander mense net die heeltyd moet regstaan. Om in die sondige natuur te saai, beteken om só te lewe dat jou lewe om hierdie sondige natuur draai; - by verre die meeste van jou wense en gedagtes en planne en gesprekke en dade gaan daaroor om hierdie sondige, selfsugtige ek gelukkig te hou; - dit wat jy kyk en lees, dit waaroor jou praatjies gaan, die tipe plesiere wat jy soek, die soort gedagtes wat jy in kop laat maal, voed dit wat hier in Gal 5:16 e.v. die begeerlikheid van die vlees en die werke van die vlees genoem word dinge soos (om maar net van die blatantstes of sigbaarstes te noem): hatigheid op ander mense; om hierdie vete met iemand anders te bly voer; seksuele losbandigheid; geleenthede om jou te ooreet en dronk te drink. As jou lewe om hierdie soort dinge draai as jy in die vlees saai, dan gaan jy so werk hierdie reël van God ook in ons menslike lewe uit die vlees verderf maai. Verderf beteken dat jou lewe sleg word - sleg in die sin van totaal verkeerd, - maar ook sleg in die sin van nie meer lekker nie. Hierdie dinge waarvan ons sondige nature hou, is dinge wat mense al hoe meer vasvat, hulle al hoe meer verslaaf, soveel so dat hulle naderhand nie meer daarvan kan loskom nie en dit hulle bestaan heeltemal oorvat. Hulle word alkoholiste, verslaaf aan dinge soos pornografie,

5 mense wat deur rusies en twiste verbitterde mense gemaak is. Hulle oes is in hierdie lewe al sleg. En dan wag daar nog vir dié wat sonder berou en bekering met so n lewe aanhou, die oes aan die einde, op die oordeelsdag, wanneer God hulle in die nimmereindigende en totale geruïneerdheid van die helse bestaan dompel as straf op al hulle sondes. Hulle kry die ewige verderf as oes, want hulle het dan gesaai daarvoor! Maar hierdie reël van God werk ook na die ander kant toe. Mense wat in die Gees saai, sal uit die Gees die ewige lewe maai. Mense wat in die Gees saai, is mense wie se wense en gedagtes en planne en gesprekke en dade alles daarop gerig is om uitvoering te gee aan die wil van die Heilige Gees soos ons dit in die Bybel leer ken, bv. in Gal 5:22; - dis mense wat liefde uitleef oral waar hulle kom; - dis mense wat eensgesindheid en vrede so veel hulle kan, bevorder; - dis mense wat getrou is in hulle huwelike en in hulle beroepe en in hulle ander verantwoordelikhede in gesin en kerk en samelewing; - dis mense wat nie hulle eie ek op die voorgrond druk nie, maar wat uit hulle harte uit ander eerste laat kom, aan ander goed doen (vers 9). Dis mense wat hulleself, met al die gawes en talente en besittings wat vir hulle gegee is, op allerhande maniere in diens van die Here en Sy koninkryk en Sy kerk stel. Hulle saai in die Gees. En hulle sal ook oes die ewige lewe. Op die laaste dag sal hulle die nimmereindigende lewe by God ingaan - daar waar alles wat in jou lewe stukkend was, heelgemaak sal wees; - daar waar alles wat in jou lewe leeg geword het, volgemaak sal wees; - daar waar alles, selfs die dinge wat ons nou nie verstaan nie, se volle sin en doel gesien sal word; - daar waar die trane in onophoudelike blydskap verander word; - daar waar die geloof aanskouing word

6 Mense wat in die Gees saai, sal dit waartoe God hierdie saad laat groei, oes: die ewige lewe. Maar nou mag iemand dalk vra: - bring die apostel nie op hierdie manier maar weer die dwaling van werkheiligheid by die agterdeur in nie? - kry ons dan nie volgens hierdie reël die ewige lewe op grond van die dinge wat óns gedoen het nie? óns het reg gesaai, en nou oes ons die ewige lewe!? Nee. Dis nie werkheiligheid waarvan hierdie verse praat nie, want om in die Gees te kan saai, is al klaar genade. Dis nie ons wat dit uit onsself doen nie, dis die Heilige Gees wat ons dit láát doen. U ken mos die evangelie: - die Here Jesus Christus het in ons plek volmaak in die Gees gesaai en Hy t vir ons die straf op al ons saai-in-die-vlees gedra, 3 en so vir elkeen wat in Hom glo, die ewige lewe as oes verdien; - en dit wat Hy vir ons verdien het, begin Hy nou vir ons uitdeel deur Sy Heilige Gees vir ons te gee, wat ons sondige natuur doodmaak, wat n nuwe natuur in ons gebore laat word een wat nou in die Gees kan en wil saai. En wat vers 8 sê, is dat God so goed is dat Hy dit wat ons met krag van ons van Hóm af kry, doen, wonderlik beloon In God se wêreld maai n mens wat jy gesaai het, ook in jou geestelike lewe. TOEPASSING Kom ons gaan nou terug na die twee kategorieë mense waarvan heel aan die begin gepraat is: - die wat aanhou kwaad doen, omdat daar niks met hulle gebeur nie; - en die wat moedeloos word om goed te doen, omdat hulle geen resultate sien nie. 3 Hy t so as t ware al die sonde-saadjies wat ons gesaai het, gaan uitgrawe en dit gaan vernietig.

7 Die Here leer ons hier dat ons almal se lewens een groot saaiery is. Of jy besef dat jy dit doen of nie, jy is elke dag in alles wat jy doen, besig om te saai. En waar daar gesaai word, kom daar onvermydelik n oes. Dis soos God dit bepaal het en niemand van ons gaan dit keer nie. Jy hoef dus nooit bang te wees dat dit wat jy in die Gees saai, niks gaan oplewer nie Én die oes gaan direk verband hou met wat jy gesaai het. - Jy kán nie in die vlees saai, en dan die oes van die ewige lewe verwag nie. - Dit werk in God se wêreld nie so nie. En die feit dat daar baie kere n lang tyd tussen saai en oes verloop, kanselleer niks van wat tot nou toe gesê is nie. - Dis deel van hierdie saai-en-maai-stelsel wat God gemaak het, dat verderf nie dadelik aan jou deur kom klop nadat jy verkeerde dinge gedoen het nie. - En net so is jy nie dadelik in die hemelse heerlikheid as jy begin lewe soos wat die Heilige Gees jou lei en dring om te doen nie. Maar as jy sonde saai wees gewaarsku! gáán jy een of ander tyd verderf maai, uiteindelik díé verderf. En wees getroos en aangespoor om vol te hou as jy die goeie wat die Here jou beveel, saai, gáán jy die lewe oes, díé lewe, wat eendag ook n ewige hoofstuk gaan hê AMEN