Wie in die Here glo, vertrou Hom met die bestemming.

Vergelijkbare documenten
TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

PSALM 40:9. Votum en seën. Psalm 89 : 3. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Deuteronomium 5:6-21 (AV 1933/53) Psalm 50 : 6, 7.

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE:

1 JOHANNES 4:20 HK 34:93

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

God red elkeen wat werklik in Jesus Christus glo.

Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg

NAGMAAL. SKRIFLESING: 1 Petrus 2: TEKS: 1 Petrus 2:24a. Jesus Christus het ons sondes gedra. Psalm 89 : 1. Psalm 40 : 3

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

NAGMAAL. SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a. Die kruis is die trots van die Here se kerk.

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3.

Die Here tree op teen dié wat terugdraai sonde toe

God laat alles Sy kinders se saligheid bevorder.

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

Vir die Here is die hoofsaak dat ons sal glo en gehoorsaam.

Welkom by Die Storie God se storie

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus

Jesaja sien die Toekoms

SKRIFLESING: Lukas 16:1-13. TEKS: Lukas 16:11 HK 42. Geld en goed vir God. Psalm 95 : 1, 3. Psalm 119 : 7. Skrifberyming 44 (15-8) : 2

SKRIFLESING: Prediker 11. TEKS: Prediker 11:4, 6. Wie met God reken, gebruik sy/haar kanse. Psalm 149 : 1, 2. Psalm 126 : 3.

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was

n Tempel Leier besoek Jesus

God het belowe om ons gehoorsaam te maak, net soos ons vra

SPREUKE 16:9. Votum en seën. Psalm 8 : 1, 2. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Exodus 20:1-17 (AV 1933/53) Psalm 65 : 2, 4.

SKRIFLESING: 1 Petrus 2:1-10. TEKS: 1 Petrus 2:9. God red sodat ons sal vertel. Psalm 40 : 5. Psalm 4 : 3. Skrifberyming 8 (5-3) : 2.

Ons Pinkster gaan oor hoe om vir Jesus te volg. Vanoggend het ons begin deur te sien dat daar n paar voorwaardes is as jy Jesus wil volg:

Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek

Die Here gee Sy seën waar ouers en kinders Hom gehoorsaam.

Dit wat óns wil hoe óns wil leef en wil praat en selfs wil dink (dit weet ons almal) is baie kere baie anders as wat Gód van ons wil hê.

MATTEUS 7:12. Votum en seën. Psalm 34 : 2, 4. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 4 : 3.

SKRIFLESING: Handelinge 16: TEKS: Handelinge 16:30-31 HK 23. Wie in die Here Jesus glo, word gered. Psalm 48 : 4.

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22

Die Here laat ons maai wat ons gesaai het

Christene moet ook met hulle gedrag vir die Here praat.

SKRIFLESING: Titus 1. TEKS: Titus 1:15. Die Here wil ons op die hoofspoor hê. Psalm 134 : 1, 2. Psalm 119 : 4. Psalm 18 : 12. Skrifberyming 78 (13-3)

PSALM 90:2 NGB 1. Votum en seën. Psalm 90 : 1. Gebed. Skriflesing: Psalm 90 (AV 1933/53) Belydenis: NGB 1. Teks: Psalm 90:2 (AV 1933/53)

JOHANNES 6:48 HK 28. Votum en seën. Psalm 100 : 1, 3. Gebed. Skrifberyming 54 (2-6) : 1. Skriflesing: Johannes 6:41-59 (AV 1983) Belydenis: HK 28

1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer

Jesus kom op n onbekende tyd weer bly dan gereed vir Hom!

1 JOHANNES 2: Votum en seën. Psalm 34 : 1, 4. Geloofsbelydenis: Nicea. Wet: Exodus 20:1-17 (AV 1933/53) Psalm 34 : 6. Gebed

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

Galasiërs 6:11. Kyk met watter groot letters ek met my eie hand aan julle skrywe! (Galasiërs 6:11)

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

Die Here gee vir mense, wat oor Hom bly is, dit wat hulle harte begeer.

SKRIFLESING: Lukas 17:1-10. TEKS: Lukas 17:10 HK 24. Begenadigdes skuld God gehoorsaamheid. Psalm 138 : 1. Skrifberyming 24 (1-1) : 2.

Die Rol van die Vader, Seun en Heilige Gees?

HANDELINGE 14:15 HK 34:94-95

Gisteraand het dit gegaan dit oor hoe ons lewens moet wees om Jesus te volg. Watter klere ek moet aantrek.

TEKS: Matteus 5:3 (AV 1933/53) HK 5

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene

SKRIFLESING: 1 Korintiërs 6: TEKS: 1 Korintiërs 6:19 HK 1:1. Ook ons liggame behoort aan die Here. Skrifberyming 72 (12-3) : 1, 2

KOLOSSENSE 3:17 HK Sondag 36

Jesus Christus se opstanding maak ons lewens sinvol

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek.

0:03: 01:5 Vertel mekaar watter labels mense al op jou gesit het. Wat het mense jou al genoem... goeie goed en slegte goed, dit is alles labels...

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3

Les 1 vir 7 Oktober 2017

NIe net hier in 1 Korintiers 13 nie, maar in die hele 1 Korintiërs lees ons van al hierdie dinge wat die gemeente van Korinte gedoen het.

God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5)

Lees Genesis 22 Hoe laat dit wat jy sopas gehoor het jou voel? Hoe laat dit jou voel oor Abraham se situasie en hoe voel jy oor God?

SKRIFLESING: Jesaja 55. TEKS: Jesaja 55: Die Here se Woord werk. Skrifberyming 34 (2-2) : 1. Psalm 19 : 4. Psalm 33 : 5.

1 JOHANNES 5:4. Votum en seën. Psalm 45 : 1, 3, 4. Gebed. Skriflesing: 1 Johannes 5:1-13 (AV 1933/53) Teks: 1 Johannes 5:4 (AV 1933/53) Psalm 18 : 15

STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart?

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

SKRIFLESING: Prediker 1:1-11. TEKS: Prediker 1:3. Los van God bied die lewe niks. Psalm 149 : 1, 2. Skrifberyming 19 (2-1) : 1, 2.

TEKS: Handelinge 2:39 HK 27:74. Die Here se belofte geld ook vir die kinders van gelowiges

Bybelse Dissipelskap. Saligheid/ Redding

1 KORINTIËRS 13:12. Ook: Sb 18-8 (30) : 4, 5

Naäman en die dogtertjie wat nie bang was om van die Here te vertel nie

Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel. Christiaan Coetzee

God se liefde vat ons vrees vir Sy oordeel weg

TEKS: Esegiël 33:18-19 HK 32:87 33:90. God laat onbekeerdes sterf, maar bekerendes lewe.

TEKS: 1 Korintiërs 8:4-6 HK 34:94-95

U het rég gehoor: dat u die HÉre daar gaan dien; want dis wat die Heilige Gees ons hier laat hoor, dat ook ons alledaagse werk godsdiens is.

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

Dis net so ondenkbaar soos n gemeente die tempel van die Heilige Gees 1 wat nie bid nie.

Jona en die Groot Vis

Preek oor: Wat doen die Heilige Gees? Die Heilige Gees laat die wedergeboorte plaasvind

Van Vervolger tot Prediker

Jesus as Kind Teks: Matteus 2, 13: 55-56, Lukas 2

SKRIFLESING: Romeine 1:1-17. TEKS: Romeine 1:3b-4a HK 13. Jesus is die Seun van God en ons Here. Psalm 149 : 1, 2.

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels.

Twyfel Vergewe mekaar Vergifnis van God Vertroue Volharding Voorkoms Vrede Vrees Vriendskap...

Paulus en sy vriende vertel ander van God

14. Gemaak om lief te hê 1 Johannes 3:11-17; 4:7-12

Tema van die dag is ons bekommernisse, en wat om daarmee te maak.

Bybel vir Kinders. bied aan. Ryk man, Arm man

JOHANNES 3:19-20 DL 3/4:1

INHOUDSOPGAWE. Voorwoord Doen God al die skuifwerk hier op aarde? God se genade bepaal sy planne God se meesterplan...

23 Nadat hy hulle deur die rivier gevat het, het hy ook alles wat hy besit, laat deurgaan.

GALASIËRS 5:22 (getrouheid)

Preek Genesis 1:27. (Preek gelewer tydens oggenddiens in Welkom-Noord op Sondag 6 November 2016)

SKRIFLESING: Lukas 8: TEKS: Lukas 8:25a. Geloof moet werk. Psalm 48 : 4. Psalm 119 : 36. Psalm 31 : 1, 2. Skrifberyming 74 (14-2)

Transcriptie:

SKRIFLESING: Hebreërs 11:8-19 TEKS: Hebreërs 11:8 TEMA: Wie in die Here glo, vertrou Hom met die bestemming. Psalm 84 : 3, 4 Skrifberyming 28 (10-1) : 2, 3 Psalm 1 : 4 Psalm 37 : 2, 23 Skrifberyming 78 (13-3)

2 Niemand van ons gaan sommer saam met iemand ry wat jou kom oplaai sonder om vir jou te sê waarheen julle gaan nie, behalwe as dit iemand is wat jy baie goed ken en vertrou. Jy gaan nog minder al jou besittings in n skeepshouer laai en met jou hele gesin op die skip gaan, as jy nie weet waarheen die skip julle vat nie. Maar dis wat Abraham gedoen het, natuurlik nie in n motor of n skip nie, maar op die manier van sy tyd: hy t al sy mense en sy besittings gevat, en in opdrag van die Here op n reis gegaan waarvan net die Here die bestemming geweet het. En so vir ons n voorbeeld geword van hoe iemand wat in die Here glo, Hom met jou bestemming vertrou. Dit sal dan ook die appèl wees wat hierdie preek op u maak: - vertrou die Here met die bestemming van jou reis saam met Hom. Kom ons kyk eers na hoe geloof lyk en dan na hoe dit n mens sonder kommer oor jou bestemming maak. 1. HOE GELOOF LYK Hierdie brief aan die Hebreërs is eintlik n soort preek wat gelowiges vermaan én moed inpraat. Dit was in die eerste plek bedoel vir gelowiges van destyds wat die gevaar geloop het om van die Here afvallig te word. 1 Hulle geloof het begin kwyn en hulle lus en moed vir die Christelike lewe het begin opdroog. Een van die moontlike redes hiervoor was die feit dat daar teenstand teen hulle Christelike geloofsoortuigings en -lewenstyl gekom het en hulle diskriminasie en selfs vervolgings begin ly het, 2 en dít was nie wat hulle van Christen-wees op hierdie aarde verwag het nie! n Mens kan jou voorstel watter soort vrae dit alles by hulle begin wakker maak het, byvoorbeeld: - het ek die regte ding gedoen om Christenskap as my lewensraamwerk te kies? - is dit die moeite werd om Jesus te volg? 1 Heb 3:12; 12:3, 12-13, 15 2 Heb 11:32-34; 12:3 e.v.

3 - moet ek my laat bind deur opdragte en voorskrifte wat vir my moeilikheid in hierdie wêreld veroorsaak? - is die Christelike godsdiens nie ook maar net n mens-uitgedinkte illusie nie? En wanneer hierdie soort vrae jou begin ry, is dit nie lank voor jy in jou geloof en geloofslewe gaan begin agteruitgly nie! Met hierdie brief-preek roep die Heilige Gees sulke gelowiges nou op om nie terug te sak nie, maar vas te hou aan wat hulle glo en konkreet elke dag hulle geloof in hulle lewe te laat werk! Hoe doen n mens dit? In Hebr 11 word vir ons n klompie voorbeelde uit die Ou Testamentiese bedeling gegee van hoe geloof lyk en van hoe kinders van die Here hulle geloof konkreet gewys het en uitgelewe het, met die implikasie dan dat ons hulle voorbeeld moet volg. Een van hierdie voorbeelde is Abraham, wat op meer as een manier in sy lewe gewys het wat geloof is en hoe geloof-in-die-praktyk-van-die-lewe lyk. Een van die maniere waarop hy dit gewys het, is deur gehoorsaam weg te getrek het toe die Here hom uit sy land en weg van sy mense en sy familie af geroep het. 3 o Abraham het aanvanklik saam met sy pa en broers in Ur van die Chaldeërs gebly, waar hy moontlik al n eerste keer deur die Here geroep is. o Hy t toe saam met sy pa en sy oorlede broer se seun, Lot, daar weggetrek, en hulle t hulle toe vir n tyd lank in Haran gevestig. o Maar hier in Haran is Abraham toe weer spesifiek deur die Here geroep om sy familie en hulle tuiste daar in Haran te los en weg te trek na n ander land toe. En Abraham wys toe dat hy in die Here glo deur gehoorsaam weg te trek. Hy was bereid om die finansiële sekerheid en die fisiese veiligheid en die algemene ondersteuning en meelewing van sy uitgebreide familiekring wat hy gehad het, prys te gee, omdat die Here hom geroep het om saam met Hom op n nuwe reis te gaan. 3 Gen 12:1

4 En dit (so wys hierdie hoofstuk onder andere vir ons) is wat geloof is: om die Here só te vertrou dat jy in die praktyk van jou lewe bereid is om te dóén wat Hy vir jou sê om te doen. Vertroue wat lei tot gehoorsaamheid dís hoe geloof lyk. Maar wat hierdie geloofsdaad van Abraham nog merkwaardiger en sprekender maak, is die feit dat hy op hierdie reis gegaan het sonder dat hy geweet het waarheen die Here met hom gaan 2. GELOOF MAAK JOU SONDER KOMMER OOR JOU BESTEMMING n Mens sal dit partykeer nog waag om al jou menslike sekuriteite op te gee, as jy weet jy doen dit vir iets beters. Baie mense emigreer uit land A na land B toe, omdat hulle sommetjies vir hulle sê dat dit met hulle beter sal gaan in land B as in land A. Maar Abraham het nie geweet waarheen die reis wat hy saam met die Here begin het, hom gaan vat nie. Die Here het net vir hom gesê: Trek weg na die land wat Ek jou sal wys. 4 Dis eers later, nadat hy al daar aangekom het, wat die Here vir hom gesê het dat die land Kanaän die land is wat Hy vir hom en sy nageslag sou gee. 5 Eintlik staan hier nie maar sommer net in ons teksvers dat Abraham nie geweet het waar hy sou uitkom nie. Die woord wat hier gebruik word, het iets daarvan in dat Abraham se gedagtes nie eintlik daarmee besig was nie; - hy t nie geweet nie - én dit het hom nie gepla dat hy nie weet nie! - dit het nie regtig vir hom saakgemaak nie. Wys dit nie nog duideliker vir ons wat geloof regtig is nie? Abraham het nie geweet waarheen die Here hom gaan vat nie. Maar hy t vrede gehad. Hoekom? Hoekom kon hy onbesorgd wees oor waarheen hy op pad was, 4 Gen 12:1 5 Gen 12:7

5 op wat sy bestemming sou wees? Omdat hy die Here regtig diep, diep vertrou het. As die Here vir jou gesê het dat Hy jou na n land toe vat, maak dit nie saak waar en watter land dit is nie, want wie sal beter weet as die Here wat die regte en beste land vir jou is! Eintlik en dit het Abraham verstaan is die belangrikste nie waarheen die Here jou aardse lewenspaadjie vat nie, maar dat Hy saam met jou is, dat jy op die pad is waarop Hý jou wil laat gaan. Dit blyk ook verder hier dat Abraham selfs verstaan het dat die aardse bestemming nie die belangrikste is nie, maar dat die Here deur die aardse paaie met Sy kinders op reis is na hulle ewige vaderland toe, na die ewige stad wat God vir hulle gebou het 6 Dís geloof. Dís hoe Abraham gewys het dat hy die Here regtig vertrou het: toe die Here hom sê om dit te doen - toe pak hy nie net alles op wat hy gehad het nie; - toe trek hy nie net weg van wat hy geken het en van mense vir wie hy lief was nie; - maar hy vertrek op n reis waarvan hy nie geweet het hoe lank of hoe moeilik dit sou wees nie; - en dit na n bestemming toe waarvan hy nie geweet het hoe dit daar gaan wees en wat hy daar sou hê nie. Dis hoe geloof in die praktyk van die lewe werk: dat jy die reis saam met God aanpak én Hom dan vertrou met die bestemming van hierdie reis. En onder andere met hierdie voorbeeld van Abraham, moedig die skrywer van hierdie brief die gelowiges wat wou uitsak, dan aan: - moenie begin twyfel as die lewe as kind van die Here dalk in n koers begin gaan wat jy nie gedink het dit sal gaan nie; - moenie wil terugdraai na die ou plekke van jou lewe toe as die reispad moeilik word, 6 Hebr 11:10, 16

6 of as die aardse bestemming vir jou nie so rooskleurig lyk as wat jy jou dit voorgestel het nie; - vertrou die Here soos Abraham met die bestemming van die reis! In elk geval geld dit vir mos vir alle gelowiges, dat die groot saak nie is waar die Here jou in hierdie aardse lewe gaan laat uitkom nie, maar of jy saam met Hom reis, op die pad waarop Hý jou geroep het en so op pad is na die ewige bestemming van God se kinders toe. Vir iemand wat saam met die Here reis, is die ewige bestemming tog die groot saak. En daarvan is ons seker, omdat dít is wat die Here Jesus vir ons verdien het: hierdie ewige bestemming! - Hý t die pad van Godverlatenheid, waarop óns eintlik as gevolg van al ons sondes moes wees, vir ons geloop, sodat ons, wat met die geloofsarms wat die Heilige Gees vir ons gegee het, aan Hom vasgryp, nooit meer deur God verlaat sal word nie en gelei sal word tot in ons ware vaderland en tot in die stad wat God vir ons gebou het en tot by die Vaderhuis waar ons Here vir ons plek gereed gemaak het Die appèl wat hierdie vers op ons maak, is dít: - Gáán as die Here jou roep tot n lewe saam met Hom! - Gáán, selfs al weet jy nie presies waar dit jou hier op aarde gaan uitbring nie! - Gáán, omdat jy die Here kan vertrou met die bestemming! TOEPASSING Ons word nie almal deur die Here geroep om te emigreer na n onbekende bestemming toe nie. Maar ons word tog op verskillende maniere in ons lewens deur die Here se Woord geroep om (noem dit so) reise aan te pak in gehoorsaamheid aan die Here, sonder om altyd te weet hoe dit gaan uitwerk. Noem enkele voorbeelde, wat u dan self kan aanvul met voorbeelde uit u eie lewe. o Ons word geroep om sondes te los, en partykeer sondes wat deel van ons hele lewenspatroon geword het en wat groot effek in ons lewens gaan hê as ons dit laat vaar.

7 Dink byvoorbeeld aan iemand wat n besigheid het en wie se besigheid onder andere floreer omdat onetiese besigheidspraktyke gevolg word. Om te breek met daardie praktyke omdat die Here dit in Sy Woord afkeur, is om finansieel op n reis te gaan waarvan jy nie weet waarheen dit gaan lei nie. Maar as jy glo, sal jy aan die Here gehoorsaam word, met die verkeerde praktyke breek, op hierdie reis saam met die Here gaan en Hóm te vertrou met waar dit jou in hierdie aardse lewe gaan heenvat, wat nie noodwendig n sterker besigheid en meer inkomste gaan wees nie! Dieselfde geld vir ander sondes waarvan ons geroep word om van af weg te trek o n Tweede voorbeeld: Ons word almal deur die Here opgeroep om te gaan liefhê ook daardie eggenoot wat jou al soveel kere vertrap het, of daardie kind wat jou al hoeveel kere teleurgestel het, of die armes en ellendiges rondom ons, by wie liefhê vir baie se gevoel niks bereik nie en net tydmors is. Om lief te hê soos wat die Here in die Bybel van ons verwag, is baie om soos op n reis te gaan waar jy geweldig weerloos is, waar jy vir baie lank kan reis sonder om iewers te kom, waar jy die gevaar loop om seergemaak te word. Maar geloof is om te gaan waarheen die Here jou roep, al weet nie jy nie waarop dit hier op aarde gaan uitloop nie; maar jy gaan nogtans, want jy vertrou die Here met die bestemming. o n Laaste voorbeeld: Ons word partykeer geroep om op die Here te wag: - op uitkoms waarvoor ons bid; - op antwoorde op vrae; - op koers in jou lewe. Dis n ander soort reis: amper soos om in die donker te loop terwyl jy wag dat die lig aangeskakel word. In hierdie situasie beteken geloof dat jy maar bly loop gehoorsaam aan die Here in elke dag se dingetjies, al weet jy nie hoe lank jy gaan wag nie en al weet jy nie eers watter soort antwoord jy uiteindelik gaan kry nie;

8 maar jy loop, want jy vertrou die Here selfs in die donker Verstaan u nou die hoofsin van hierdie preek? - wie in die Here glo, vertrou Hom met die bestemming AMEN