SKRIFLESING: Lukas 16:1-13. TEKS: Lukas 16:11 HK 42. Geld en goed vir God. Psalm 95 : 1, 3. Psalm 119 : 7. Skrifberyming 44 (15-8) : 2

Vergelijkbare documenten
Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

SKRIFLESING: 1 Korintiërs 6: TEKS: 1 Korintiërs 6:19 HK 1:1. Ook ons liggame behoort aan die Here. Skrifberyming 72 (12-3) : 1, 2

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

TEKS: Matteus 5:3 (AV 1933/53) HK 5

NAGMAAL. SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a. Die kruis is die trots van die Here se kerk.

Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE:

SKRIFLESING: Lukas 6: TEKS: Lukas 6:37 HK 43. God se mense het ook met hulle woorde lief. Psalm 34 : 1, 2. Psalm 34 : 6.

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5

1 JOHANNES 4:20 HK 34:93

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun

God se liefde vat ons vrees vir Sy oordeel weg

God laat alles Sy kinders se saligheid bevorder.

Dit wat óns wil hoe óns wil leef en wil praat en selfs wil dink (dit weet ons almal) is baie kere baie anders as wat Gód van ons wil hê.

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek.

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was

PSALM 115:1 HK Sondag 52:

Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek

1 JOHANNES 2: Votum en seën. Psalm 34 : 1, 4. Geloofsbelydenis: Nicea. Wet: Exodus 20:1-17 (AV 1933/53) Psalm 34 : 6. Gebed

NAGMAAL. SKRIFLESING: 1 Petrus 2: TEKS: 1 Petrus 2:24a. Jesus Christus het ons sondes gedra. Psalm 89 : 1. Psalm 40 : 3

Wie in die Here glo, vertrou Hom met die bestemming.

Die Here laat ons maai wat ons gesaai het

Jesus kom op n onbekende tyd weer bly dan gereed vir Hom!

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3

Deur Sy wet gee God ons broodnodige kennis van sonde

SKRIFLESING: 1 Korintiërs 13. TEKS: 1 Korintiërs 13:8. Die liefde bly vir ewig. Psalm 103 : 1, 2. Psalm 102 : 11, 12. Skrifberyming 21 (9-4) : 1, 6

SKRIFLESING: Handelinge 16: TEKS: Handelinge 16:30-31 HK 23. Wie in die Here Jesus glo, word gered. Psalm 48 : 4.

Welkom by Die Storie God se storie

STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart?

1 KORINTIËRS 13:12. Ook: Sb 18-8 (30) : 4, 5

TEKS: Esegiël 33:18-19 HK 32:87 33:90. God laat onbekeerdes sterf, maar bekerendes lewe.

SKRIFLESING: Titus 1. TEKS: Titus 1:15. Die Here wil ons op die hoofspoor hê. Psalm 134 : 1, 2. Psalm 119 : 4. Psalm 18 : 12. Skrifberyming 78 (13-3)

MATTEUS 7:12. Votum en seën. Psalm 34 : 2, 4. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 4 : 3.

TEKS: Openbaring 1:4b-5a HK 8

God red elkeen wat werklik in Jesus Christus glo.

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3.

1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80

SKRIFLESING: Jesaja 6. TEKS: Jesaja 6:3 HK 8. Voor die drie-maal heilige God buig ons laag. Psalm 99 : 1, 2. Psalm 81 : 11, 12

Christene moet ook met hulle gedrag vir die Here praat.

U het rég gehoor: dat u die HÉre daar gaan dien; want dis wat die Heilige Gees ons hier laat hoor, dat ook ons alledaagse werk godsdiens is.

Vir die Here is die hoofsaak dat ons sal glo en gehoorsaam.

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

SKRIFLESING: Romeine 1:1-17. TEKS: Romeine 1:3b-4a HK 13. Jesus is die Seun van God en ons Here. Psalm 149 : 1, 2.

God het belowe om ons gehoorsaam te maak, net soos ons vra

Die Here kom rekenskap eis van ons werk vir Hom

Jesaja sien die Toekoms

JEUGLES - FUNAAND: Om Jesus te volg

SKRIFLESING: 1 Petrus 2:1-10. TEKS: 1 Petrus 2:9. God red sodat ons sal vertel. Psalm 40 : 5. Psalm 4 : 3. Skrifberyming 8 (5-3) : 2.

Die Here gee vir mense, wat oor Hom bly is, dit wat hulle harte begeer.

God red mense wat glo deur die krag van die evangelie

SKRIFLESING: Lukas 17:1-10. TEKS: Lukas 17:10 HK 24. Begenadigdes skuld God gehoorsaamheid. Psalm 138 : 1. Skrifberyming 24 (1-1) : 2.

Jesus Christus se opstanding maak ons lewens sinvol

1 KORINTIËRS 10:31. Ook: Pss 8, 19 Ps 96 : 3, 4 Sb 2-5 (35) : 3

GALASIËRS 5:22 (getrouheid)

SKRIFLESING: Markus 10: TEKS: Markus 10:21a. Die Here ontmasker die binneste. Psalm 48 : 1, 2. Psalm 139 : 12. Psalm 119 : 7

Ons Pinkster gaan oor hoe om vir Jesus te volg. Vanoggend het ons begin deur te sien dat daar n paar voorwaardes is as jy Jesus wil volg:

TEKS: Johannes 18: 36 HK 12:31

SKRIFLESING: Romeine 8:31-39 (AV 1983) TEKS: Romeine 8:32b. Skrifberyming 24 (1-1) : 3. Psalm 62 : 4 (na gebed) Psalm 93 : 1, 4

KOLOSSENSE 3:17 HK Sondag 36

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24

0:03: 01:5 Vertel mekaar watter labels mense al op jou gesit het. Wat het mense jou al genoem... goeie goed en slegte goed, dit is alles labels...

SKRIFLESING: Johannes 4:1-30. TEKS: Johannes 4:10. Die Here les mense se diepste dors. Psalm 84 : 2, 3. Psalm 139 : 1, 3. Skrifberyming 6 (5-1) : 5

PSALM 90:2 NGB 1. Votum en seën. Psalm 90 : 1. Gebed. Skriflesing: Psalm 90 (AV 1933/53) Belydenis: NGB 1. Teks: Psalm 90:2 (AV 1933/53)

Preek Romeine 1:16-17

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene

TEKS: 1 Korintiërs 8:4-6 HK 34:94-95

Jy kan eintlik waar in die Bybel ook al kyk na wat geskryf is oor hoe ons as Christene moet lewe, en jy kom by liefhê uit.

OPENBARING 5:5 HK Sondag 48

Die Here gee Sy seën waar ouers en kinders Hom gehoorsaam.

14. Gemaak om lief te hê 1 Johannes 3:11-17; 4:7-12

Bybel vir Kinders. bied aan. Ryk man, Arm man

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13

Dooppreek Mika Bogaards

Wie God se beloftes het, streef om skoon te word en heilig te wees

Preek Genesis 1:27. (Preek gelewer tydens oggenddiens in Welkom-Noord op Sondag 6 November 2016)

VERSPREI GOD SE LIEFDE (2) VERTEL ANDER VAN GOD SE LIEFDE 13 Augustus 2006, Ds Freddie Schoeman

Twyfel Vergewe mekaar Vergifnis van God Vertroue Volharding Voorkoms Vrede Vrees Vriendskap...

Die Rol van die Vader, Seun en Heilige Gees?

PSALM 40:9. Votum en seën. Psalm 89 : 3. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Deuteronomium 5:6-21 (AV 1933/53) Psalm 50 : 6, 7.

n Tempel Leier besoek Jesus

Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak.

1 KORINTIËRS 1:4. Votum en seën. Psalm 116 : 7, 10. Gebed. Psalm 31 : 13, 18. Skriflesing: 1 Korintiërs 1:1-9 (AV 1933/53)

Is jy seker dis nie n voorry nie. Ek wonder of die kinders weet wat n voorry doen.

1 JOHANNES 5:4. Votum en seën. Psalm 45 : 1, 3, 4. Gebed. Skriflesing: 1 Johannes 5:1-13 (AV 1933/53) Teks: 1 Johannes 5:4 (AV 1933/53) Psalm 18 : 15

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels.

God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5)

4. Ek voel alleen Johannes 10:11-16, 26-30

Aanbieding 1 Agtergrond. Skrywer van 2 Petrus

Skriflesing: 2 Tim 2:14-26(word gelees deur gemeentelede uit die banke)

Die Groot Geloofswoordeboek: Liefde

Die Groot Gebod dennis de wet

Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel. Christiaan Coetzee

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer

Transcriptie:

SKRIFLESING: Lukas 16:1-13 TEKS: Lukas 16:11 HK 42 TEMA: Geld en goed vir God Psalm 95 : 1, 3 Psalm 119 : 7 Skrifberyming 44 (15-8) : 2 Skrifberyming 78 (13-3) Ook: Ps 19 : 5 Ps 62 : 5, 7 Sb 26 : 9 Sb 45 : 6, 7, 12

2 Daar s mense vir wie godsdiens en geld bitter min met mekaar te doen het. Godsdiens is godsdiens en besigheid is besigheid, sê hulle. Jy kry selfs sulke Christene ook. Dis waar die spottery vandaan kom, dat die laaste wat van baie Christene bekeer word, hulle beursies is! Dis natuurlik nie hoe dit moet wees nie; - die Here regeer mos ook oor ons beursies; - Hy s mos nie net die Koning van ons harte nie, maar van ons héle lewe, ook van ons geld en ons goed. En daarom het Hý die sê oor hoe n mens, as jy n ware Christelike lewe lei, geld en goed moet sien en moet gebruik. Kom ons luister vanaand daarna: hoe die Here wil hê dat ons geld en goed moet sien en moet gebruik. Ons gaan na die volgende kyk: 1. dat hierdie gelykenis onderrig van Jesus oor geld en goed bevat; 2. hoe Hy ons leer om dit te sien; 3. hoe Hy ons leer om dit te gebruik. 1. HIERDIE GELYKENIS GAAN OOR GELD EN GOED Hierdie gelykenis gaan oor n bestuurder wat op die punt staan om sy werk te verloor, omdat hy sy baas se geld verkwis het. En hy gaan toe en verminder almal wat sy baas geld skuld, se skuld drasties. En so wen hy die goedgesindheid van n klomp mense, wat hom dan weer sou kon help as hy dalk eendag op straat sou beland! Nou s dit n moeilike gelykenis hierdie, maar nie onverstaanbaar nie. Wat hierdie gelykenis moeilik maak, is dat dit op die oog af lyk of die Here iemand wat verkeerd doen, prys - iemand wat n swak bestuurder is, n verkwister van sy baas se geld; - iemand wat blykbaar oneerlik is, want hy gaan verander (in vandag se taal gesê) die grootboekinskrywings om mense se guns te wen! Maar as jy mooi lees, sien jy dat die Here nie sy verkwisting en sy oneerlikheid prys nie.

3 Inteendeel, Hy noem hom juis in vers 8 die oneerlike bestuurder, en veroordeel so sy oneerlikheid. Maar wat die Here wel prys, is sy verstandigheid, die slim ding wat hy in n sekere opsig gedoen het. Wat was dit? - dat hy voorsiening gemaak het vir die dag van môre; - dat hy rekening gehou het met daardie dag van afrekening wat op pad was, en n plan gemaak het; - en dat hy in die proses slim genoeg was om te sien dat jy geld ten goede kan gebruik, dat jy Mammon nie hoef te dien nie, maar dat Mammon jóu kan dien! Hierdie man was verstandiger as baie kerkmense, wat leef asof daar nooit n dag van rekenskap gaan kom nie en wat nog nooit die regte siening van geld aangeleer het nie! En dis baie duidelik uit die Here Jesus se toepassing van hierdie gelykenis, dat Hy dit veral vertel het om ons te leer watter plek geld en goed in ons gedagtes en in ons lewens moet hê en nie mag hê nie. Dis nie die eerste en die enigste keer wat die Here Jesus koninklike woorde oor ons geld en goed gepraat het nie. In Sy bergrede (byvoorbeld) het Hy al gesê dat ons nie skatte hier op aarde moet bymekaar maak nie 1 en dat ons ons nie moet bekommer oor dinge wat ons nodig het nie 2 en dat ons vir mense wat in nood is, moet gee en leen sonder om iets terug te verwag. 3 Ook oor ons geld en goed is Hy Koning. Ook in hierdie deel van ons lewe is Hy ons Leermeester en hierdie gelykenis een van Sy Goddelike lesse daaroor. 2. HOE ONS DIT MOET SIEN 1 Mat 6:19 2 Mat 6:31 3 Luk 6:33-36. Vgl ook Luk 18:25; 21:1-4

4 Wanneer die Here Jesus in hierdie gelykenis geld en goed verwys, gebruik Hy sprekende uitdrukkings daarvoor uitdrukkings wat dit duidelik maak hoe ons geld en goed moet sien, hoe ons daaroor moet dink. Kom ons kyk na vier van hierdie uitdrukkings wat Hy gebruik: Die eerste wat Hy dit noem, is die oneerlike mammon. 4 Daar s soveel oneerlikheid in die wêreld met geld: diefstal en korrupsie en bedrog en leuens, en daar word ter wille van geld soveel ander misdade ook bedryf (dwelmhandel, moord, oorloë), en daar word met geld soveel manipulerings en ander onregverdighede in die samelewing gepleeg, dat geld en goed hierdie titel verdien: oneerlike mammon. Dit word só baie oneerlik verkry en oneerlik gebruik. En daarom noem Jesus dit die oneerlike mammon: - om ons te waarsku teen die groot gevare wat hier dreig; Dis opsigself nie verkeerd om geld en goed te hê, maar dit kan jou so maklik tot allerhande oneerlikhede verlei. Dis n wortel van allerlei kwaad, sou die Here se apostel later skryf. 5 n Tweede uitdrukking wat die Here Jesus hier vir geld en goed gebruik, is dat dit die kleinste 6 is, die minste. 7 As jy nie eers in die kleinste dinge (en daarmee verwys Hy dan na geld en goed) betroubaar is nie, hoe gaan jy dan in groot dinge (en daarmee verwys Hy dan na geestelike dinge) betroubaar wees? Geld en goed is die minste. Ja, dit ís ook gawes van God waarvoor ons Hom moet dank, maar dis die minste van Sy gawes. 4 Verse 9 en 11 5 1 Tim 6:10 6 Vers 10 7 AV 1933/53

5 Dis klein in vergelyking met byvoorbeeld die gawe van die vergewing van sondes, wat vir jou die deure na die ewigheid saam met God toe oopmaak. En wat is stoflike besittings as jy dit vergelyk met die groot Geskenk van die bedeling waarin ons nou leef: die Heilige Gees - God self wat in ons ingekom het; - sonder Wie ons nie sou kon glo nie; - sonder Wie ons ware liefde nie sou geken het nie en geen hoop sou gehad het nie Ons moet aan geld en goed dink as die minste. Die derde wat die Here Jesus hier van geld en goed sê, is dat dit nie die ware rykdom is nie. 8 Mense wat baie geld het, dink dat hulle ryk is. Maar dis n illusie. n Dogtertjie wat met n babapoppie speel, sal sê: Kyk my baba! Maar dis nie n regte baba nie. Dit gee nie eers amper die wonderlike vreugde wat n regte baba vir n ma bring nie. En net sooos n pop nie n regte baba is nie, is geld en goed nie die eintlike rykdom wat die Here vir Sy kinders gaan gee nie. Dis maar net tydelike hulpmiddels vir ons tydelike aardse lewe van nou, soos wat n pop n speelding vir n dogtertjie in die kort tyd van haar kinderjare is. Die ware rykdom is die Here Jesus Christus en alles wat die Vader ons vir ewig saam met Hom gee. 9 En die vierde wat die Here Jesus hier van geld en goed sê, is dat dit n ander man se goed is. 10 Die motors en die meubels en die huise en die klere wat ons vir onsself gekoop het en elke sent in ons bankrekenings, wat volgens die reëlings van die owerhede wettig ons s n is, behoort nie regtig aan ons nie. Dis die Here s n. Hý s die eintlike Eienaar daarvan 8 Vers 11 9 Rom 8:32 10 Vers 12

6 Onthou u Psalm 24:1? Die aarde en alles wat daarop is, die wêreld en dié wat daar woon, alles behoort aan die Here Wat ek myne noem, is geld en goed van die Here, wat Hy vir my leen om Hom en my gesin en ander mense daarmee te dien. Ons is, soos die man in hierdie gelykenis, maar net bestuurders van Sý besittings Dis hoe die Here wil hê dat ons aan geld en goed moet dink: - as die oneerlike mammon dinge wat jou in baie versoekings inlei; 11 - as die minste van die Here se gawes; - as dinge wat nie die ware rykdom is nie - en wat nie regtig ons s n nie. 3. HOE ONS DIT MOET GEBRUIK Die Here leer ons nie net hoe om oor geld en goed te dink nie, maar ook hoe om dit te gebruik. Hy leer dit vir ons in hierdie gelykenis en ook op baie ander plekke in die Bybel. In hierdie verse 12 gebruik Hy die woord betroubaar daarvoor. Kinders van God is betroubaar waar dit geld en goed raak. In die agste gebod sê die Here dit só: Jy mag nie steel nie. Hier in HK 42 het die kerk baie Skrifgegewens oor wat dit beteken om betroubaar te wees en nie te steel nie, saamgevat. Dit beteken byvoorbeeld: o Dat ons nie brutaal en blatant n ander mens se geld of besittings mag steel soos wat n inbreker of n rower of n kaper dit doen nie. o Maar ook dat ons mense, in besigheid byvoorbeeld, nie met allerhande truuks en slenters moet probeer uitoorlê nie, selfs al sou dit streke wees wat nie deur die land se wette verbied word nie. 11 Vgl ook Spr 30:9a 12 Verse 11-13

7 o Dat ons ons naaste nie moet beroof deur hom/haar nie te help as ons wel in staat is om dit te doen nie - byvoorbeeld omdat ons te suinig is om te help; - of omdat ons so luuks lewe dat ons nie iets oorhou waarmee ons ander kan help nie. o Dat ons nie van luiheid maar net gaan agteroorsit sodat ander vir ons moet sorg nie dis ook diefstal! o Dat ons in finansiële sake nie net ons eie belange in ag moet neem nie, maar ook ons medemense s n. o Dat ons ook met ons geld en ons goed ons naaste moet liefhê soos wat ons onsself in hierdie opsig liefhet. In hierdie gelykenis stel die Here Jesus dit so: Gebruik die oneerlike mammon om vir julle vriende te maak 13 En n mens wat hard werk om self geld te verdien en wat eerlik besigheid doen en wat sonder om suinig te wees en sonder om te mors vir sy/haar gesin voorsien en wat armes help uit wat hy/sy het en wat kinders en kleinkinders iets laat erf, só n mens maak van ander mense vriende deur geld. Omdat die Here liefde in jou hart geplant het, gebruik jy dan jou geld en goed tot ander se voordeel en maak jy van hulle mense wat jou goedgesind is Het u gehoor hoe belangrik dit is dat ons betroubaar in geld en goed moet wees? As ons in geld en goed nie betroubaar is nie, sal ons nooit die ware rykdom kry nie, want dan wys dit dat ons nie regtig die Here dien nie, maar die afgod Mammon. 14 En dan wys dit dat ons nie regtig koninkryksmense mense met nuwe harte, mense wat leerlinge en volgelinge van die Here Jesus is geword het nie. 13 Vers 9 14 Verse 11-13

8 Dis onlosmaaklik deel van n ware Christelike lewe, dat ons geld en goed sien en gebruik soos die Here ons hier en op ander plekke in Sy Woord leer. TEN SLOTTE Godsdiens en geld het tog alles met mekaar te doen. As jy n kind van die Here is, sê jy nie Godsdiens is godsdiens en besigheid is besigheid nie, maar jy sê: - godsdiens is godsdiens - én besigheid is ook godsdiens! Van ware Christene moet daar gesê kan word: - hierdie mens en sy/haar beursie het saam tot bekering gekom! Ook vir mense wat in geld en goed die pad van die Here loop, sal daar eendag gesê kan word: Mooi so! Jy is n goeie en getroue slaaf. Oor min was jy getrou, oor baie sal ek jou aanstel 15 AMEN 15 Mat 25:23