Die Here gee ons ná die tydelike die blywende.

Maat: px
Weergave met pagina beginnen:

Download "Die Here gee ons ná die tydelike die blywende."

Transcriptie

1 SKRIFLESING: 2 Korintiërs 4:16 5:10 TEKS: 2 Korintiërs 5:1 TEMA: Die Here gee ons ná die tydelike die blywende. Psalm 90 : 1, 2 Psalm 102 : 11, 12 Psalm 84 : 1 Skrifberyming 78 (13-3) Ook: Skrifberyming 20 (9-6)

2 2 Een van die lesse wat n mens leer soos jou lewensjare aanstap, is dat die aardse lewe maar net nie wil word wat ons voel dit kan wees en wat ons wens dit kan word nie. Dis soos n beker wat maar net nie wil vol word nie, wat op sy beste maar half-vol bly. Ouer mense beleef dit baie skerp wanneer hulle liggame al hoe meer agteruitgaan en verswak en hulle al hoe meer besef dat daar nie meer tyd gaan wees vir alles wat hulle nog wou doen nie. Maar ook jonger mense beleef al van die ontnugterings van die lewe dat dinge nie altyd so uitwerk soos wat hulle gedroom het nie en soos jy 25 en 30 en 40 jaar oud word, maak jou kop die sommetjie en begin jy iets besef van hoe kort die lewe op hierdie aarde eintlik is! Genoeg om n mens sommer moedeloos te maak!? Nee, kinders van die Here word nie deur hierdie dinge moedeloos gemaak nie, want daar is mos n blywende wat kom na hierdie tydelike; die Hére gee Sy kinders na die tydelike die blywende. Dis wat ons hier in Sy Woord hoor en wat vanaand vir u gepreek word. Kom ons kyk 1. na wat ons nou het; 2. na wat die Here vir ons gaan gee; 3. na wat hierdie wete vir ons beteken. 1. WAT ONS NOU HET Wat ons nou het, is n aardse tentwoning. n Tent is n tydelike blyplek. Iemand wat op reis is, of iemand wat toer, bly in n tent; - toe die Here die Israeliete uit die Egiptiese slawerny verlos het en hulle van kampplek tot kampplek deur die woestyn gereis het na Kanaän toe, het hulle in tente gebly;

3 3 - die Midde-Oosterse wêreld van destyds het ook jou tipiese nomades geken mense wat saam met hulle vee rondgetrek het van plek tot plek waar daar water en weiding was en wat in tente gebly het. En nou is n tent heel goed, maar jy s tog baie meer blootgestel aan wind en weer as wanneer jy in n gebou van klip of steen is én jy t n blyplek wat baie gouer verweer as n gebou. n Tent is nie bedoel om n permanente blyplek te wees nie. Tente word juis so gemaak dat hulle relatief gou en maklik opgeslaan en afgeslaan en verskuif kan word. En as dit wat ons nou het, n aardse tentwoning genoem word, beklemtoon dit dit net nog sterker dat hierdie tentwoning onderworpe is aan al die beperkings en gebreke en tekortkomings en tipiese probleme van die lewe op hierdie aarde. Dis n baie sprekende beeld wat hier vir die lewe wat ons nou het, gebruik word: n aardse tentwoning. Natuurlik verwys dit in die eerste plek na ons liggame, wat soos n tent is wat deur wind en weer verniel word en al hoe meer verweer en iewers die punt gaan bereik waar dit afgebreek gaan word, afgeslaan gaan word, wanneer ons die dag doodgaan. Maar die aardse tentwoning verwys nie net na ons liggame nie, ook na ons hele aardse bestaan hier en nou. Ons hele lewe is maar n tent-lewe. Ons wil so graag vastigheid en blywendheid hê. 1 o Mense wil hulle vestig, n huis besit, n vaste beroep beoefen. o In hulle verhoudings wil hulle die permanensie van n huwelik hê en stabiele omstandighede waarin hulle hulle kinders kan grootmaak. o Mense wil hulle gesondheid permanent goed hê. 1 Ewige reisigers en avonturiers is uitsonderings onder mense.

4 4 o Hulle wil finansiële sekuriteit hê. Maar die vastigheid en blywendheid wat ons op hierdie aarde wil hê, bly ons gedurig ontwyk. Niks op hierdie aarde is ooit regtig seker en vir altyd gewaarborg nie. Hoeveel kere roei die politiek, of die ekonomie, of natuurrampe, of siekte, of ander onvoorsiene gebeure nie ons fyn-beplande lewens heeltemal om nie! Dit bly n voortdurende stryd om te probeer bymekaarmaak wat jy wil hê en om te probeer behou wat jy gekry het. En intussen, terwyl die jare in hierdie stryde van ons verbygaan, is jou liggaam besig om ouer te word en voor jy jou kon kry, het hierdie tent allerhande swak plekke en skeure Dis wat ons nou het: n aardse tentwoning, wat een of ander tyd afgeslaan gaan word. 2. WAT DIE HERE VIR ONS GAAN GEE Vir Sy kinders die mense wat in die Here Jesus as hulle Verlosser glo, wie se sondes deur Sy bloed afgewas is en wat deur die Heilige Gees nuwe mense, heilige mense, gemaak word vir Sy kinders gee God, wanneer hulle aardse tentwoning afgebreek word, iets oneindig beter: n ewige huis in die hemel wat Hy vir hulle gebou het. Hierdie huis wat God vir ons na ons dood sal gee, verwys nie net na die verheerlikte liggaam wat ons eendag by die wederkoms van die Here Jesus sal kry en waaroor die apostel in sy eerste brief aan die Korintiërs (hfst 15) so duidelik vir hulle geskryf het nie; dit verwys na ons hele bestaan in die hiernamaals, wat vir ons siele al begin onmiddellik nadat ons doodgegaan het. Daardie bestaan is baie beter as die aardse tentwoning, want dis nie soos n huis wat mense gemaak het of gebou het en dus kan breek en vergaan nie álles wonings wat mense bou, vergaan mos een of ander tyd, selfs die beste en sterkste;

5 5 maar daardie bestaan wat God vir ons gee na ons dood, is nie soos iets wat mense gebou het en dus een of ander tyd sal vergaan nie, want God het dit as t ware met Sy eie hande gebou. Dis n ewige huis. Dis n bestaan wat nooit weer gaan ophou nie. Nooit sal ons daar weer dink soos wat ons altyd hier op aarde, selfs in die beste van tye onwillekeurig dink dat dit tog eendag gaan eindig nie. Nooit sal ons daar weer haastig wees soos wat ons so baie kere hier op aarde is om tog maar die beste van die beperkte tyd wat beskikbaar is, te maak nie, want in ewigheid is geen beperking nie. En daardie bestaan is ook beter, soos wat die kwaliteit van dit wat die almagtige en heerlike God doen, oneindig beter is as die beste wat mense ooit kan doen. Wat Hy gaan gee, is beter soos wat n geboude huis beter as n tent is. Kan u dink hoe wonderlik dit vir Israeliete moes wees om na veertig jaar se verblyf in tente in die woestyn, uiteindelik in Kanaän te kom, waar hulle, nadat die heidene daar uitgedryf is, in hierdie land wat oorloop van melk en heuning kon gaan bly het in húíse mooi, stewige, groot huise! 2 Die beste lewe wat ons hier op aarde vir onsself kan maak, kan nie naastenby vergelyk word met die wonderlike kwaliteit van die lewe wat God vir ons gaan gee nie. Dat Hy dit gáán gee, staan vas. Die Here Jesus het by meer as een geleentheid vir Sy volgelinge die koninkryk van die hemel belowe. 3 Hy t gesê dat hulle in die vreugde van hulle Here sal ingaan. 4 Hy t gesê dat Hy hulle sal kom haal na die Vaderhuis met sy baie woonplek toe. 5 2 Huise (hoe wonderlik is die Woord) wat hulle nie self gebou het nie! (Deut 6:10-11; Jos 24:13; Ps 105:44) 3 Mat 5:3, 10; 25:34; Luk 12:32 4 Mat 25:21, 23 5 Joh 14:2-3

6 6 Hy t ons deur Johannes se oë die gelowiges daar in die hemel laat sien voor die troon en voor Hom, met wit klere aan en palmtakke in hulle hande en hemelse lof op hulle lippe. 6 Hy t ons laat hoor van die nuwe hemel en die nuwe aarde wat Hy vir Sy mense gaan gee, waar God by ons sal bly en al die trane van ons oë sal afvee en alles nuut sal maak in n onbeskryflike heerlikheid 7 Wat ons het, is n aardse tentwoning. Maar wat die Here vir ons gaan gee, is n ewige huis in die hemele, wat van Hom self af kom. 3. WAT HIERDIE WETE VIR ONS BETEKEN Wat beteken dit nou vir ons dat hierdie dinge weet? Hoe help dit ons hier waar ons nou elke dag leef en woon en werk en ons stryde stry? Die verse na ons teksvers (waarvan party nogal moeilike verse is om presies te verstaan wat die Here se apostel hier bedoel) spel dit uit. Noem dit net kortliks, want oor elkeen van hierdie sake kan daar eintlik n afsonderlike preek gemaak word. In die eerste plek: hierdie wete 8 dat die Here vir ons n ewige huis in die hemele gee nadat die aardse tentwoning afgebreek is, maak dat ons nie moedeloos word nie. 9 Soos wat die gedagte aan hulle bestemming die Israeliete laat moedhou het in die woestyn, soos wat die gedagte aan die dorpe en huise wat hulle gaan kry, hulle verby hulle verweerde tente laat kyk het, so laat die gedagte aan die hemelse huis wat wag ons verby die halfheid van n tente-bestaan en verby die aanhoudende aftakeling van ons aardse tentwoning kyk. 6 Openb 7: Openb 21:1-5 8 Vers 1 ons weet. Dis om met die geloof te weet. 9 2 Kor 4:16; 56

7 7 Mense wat hierdie dinge weet, hou moed. In die tweede plek: hierdie wete bring by ons n voortdurende versugting en verlange daarna, en dus gebed daarvoor - dat ons dit mag kry; 10 - dat ons nie sonder die skoon klere van sondevergifnis in Jesus Christus deur die dood oorval sal word nie; 11 - dat ons selfs sal verkies dat Jesus se wederkoms in ons leeftyd sal gebeur, sodat ons nie eers deur die doodsdal sal hoef te gaan nie. 12 Mense wat weet wat God gaan gee, besef die halfheid van die lewe van nou en het altyd die verlange na die méér in hulle binneste. In die derde plek: hierdie uitsien en verlange na dit wat kom, maak ons tog nie los van hierdie aardse lewe nie. Ons word nie mense wat met n gepakte tassie iewers in n hoekie gaan sit en wag vir die hemelse bestaan om vir ons aan te breek nie; ons word nie wêreld-vermyders nie. Ons verstaan dat ons nog hier is omdat die Here nog hier vir ons n plek en n taak het. En ons strewe is dan om ook hier en nou voluit te lewe soos wat Hý van ons verwag. 13 Ons hou nie op lewe voordat Hý finaal ons aardse tentwoning afslaan nie Mense wat weet van die hemelse huis wat die aardse tentwoning gaan vervang, hou moed en doen hulle werk, terwyl hulle harte solank met verlange boontoe gryp en roep. TEN SLOTTE Daar kom mos sulke momente in ons lewens wanneer ons skerp bewus raak van die onvolmaaktheid van die aardse lewe en van hoe tydelik alles hier is hoe alles verbygaan en met die tyd afgetakel word. Daar s ouer mense wat depressief word hieroor. 10 Verse 2, 4 11 Vers 3 12 Vers 4 13 Vers 9

8 8 Daar s ouer mense wat tot belaglike uiterstes gaan om te maak asof dit nie met húlle gebeur nie. Daar s jonger mense wat so geskok is as hulle dit begin agterkom, dat hulle amper fanaties soveel as moontlik van die aardse lewe probeer gryp en geniet voordat dit by hulle verbygaan en so met verkeerde prioriteite hulle lewens heeltemal skeeftrek. Maar hierdie is eintlik n wonderlike troos vir ons almal: om te weet dat hierdie onvolmaakte en verbygaande aardse lewe nie alles nie. Daar wag vir elke kind van God iets oneindig beter. Maak dan seker dat u kind van God ís, dat u deur Jesus Christus regtig kind van God geword het. Doen wat die Here op hierdie aarde deur Sy kinders gedoen wil hê, voluit, getrou. En hou moed. Hoe meer die aardse tentwoning verweer raak, hoe nader is die hemelse Kanaän, die nuwe Jerusalem, die Vaderhuis met Sy baie wonings, die volmaakte liggaam deur God gebou met bene wat nie sal breek nie, selle wat nie kan sterf nie, weefsel wat nie kan verouder nie, vol van krag wat nooit weer sal afneem nie AMEN

Nuwe Familie. Niemand is alleen nie

Nuwe Familie. Niemand is alleen nie Nuwe Familie Niemand is alleen nie Jou nuwe Familie (28) Toe begin Petrus vir Hom te sê: Kyk, ons het alles verlaat en U gevolg. (29) En Jesus antwoord en sê: Voorwaar Ek sê vir julle, daar is niemand

Nadere informatie

Jesus beskryf die werking van die Heilige Gees as volg:

Jesus beskryf die werking van die Heilige Gees as volg: HEILIGE GEES SE WERKING IN DIE LEWE VAN DIE CHRISTEN (NT): Jesus leer ons wel dat die werk van die Heilige Gees teenwoordig is by die bekering sowel as wedergeboorte (vernuwing) van die nuwe Christen.

Nadere informatie

MENTAL MATHS IN DIE KLASKAMER

MENTAL MATHS IN DIE KLASKAMER MENTAL MATHS IN DIE KLASKAMER HOEKOM MENTAL MATHS? Ons wil hê dat ons leerders gemaklik met getalle kan speel. Hy moet weet waar n getal lê. Hy moet n klomp somme met die getal kan maak. Mental Maths bou

Nadere informatie

Rom 8:1. DAAR is dan nou geen veroordeling vir die wat in Christus Jesus is nie, vir die wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees.

Rom 8:1. DAAR is dan nou geen veroordeling vir die wat in Christus Jesus is nie, vir die wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees. Rom 8:1 DAAR is dan nou geen veroordeling vir die wat in Christus Jesus is nie, vir die wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees. 1 Kor 1:2 aan die gemeente van God wat in Korinthe is, aan die

Nadere informatie

Inleiding: 1. Ons vier Nagmaal in opdrag van die Here.

Inleiding: 1. Ons vier Nagmaal in opdrag van die Here. 1 1 Korintiërs 11:17-34; Teks: 23-26 K 1/2/2015 Sing: Ps. 45:1,4,5,16; Ps. 75:5,6; Ps. 118:3,4,5; Ps. 86:2,3; Ps. 46:1,3,6. (Nagmaal Ps. 23:3; Ps. 63:1-6.) Inleiding: Geliefde broeders en susters kerk

Nadere informatie

WANNEER N MENS STERF, WAT DAN?

WANNEER N MENS STERF, WAT DAN? WANNEER N MENS STERF, WAT DAN? Ons voel huiwerig om te antwoord wanneer n kind vir die eerste maal vra: Wat beteken dit om dood te gaan? Ons is huiwerig om daaroor te praat of selfs daaroor te dink dat

Nadere informatie

12. Almal is welkom Handelinge 10:1 11:18

12. Almal is welkom Handelinge 10:1 11:18 12. Almal is welkom Handelinge 10:1 11:18 Tema Die Heilige Gees maak die poorte oop vir Jesus se volgelinge om die grense na alle mense met die evangelie oor te steek. Agtergrond en interpretasie BA Müller

Nadere informatie

GRAAD 3 GESYFERDHEID VOORBEELDITEMS (AFRIKAANS) ONDERWYSERSGIDS

GRAAD 3 GESYFERDHEID VOORBEELDITEMS (AFRIKAANS) ONDERWYSERSGIDS 2011 GRAAD 3 GESYFERDHEID VOORBEELDITEMS (AFRIKAANS) ONDERWYSERSGIDS INSTRUKSIES AAN ONDERWYSERS 1. Daar is makliker en moeiliker items. 2. Die voorbeelditems is so saamgestel dat leerders hulself kan

Nadere informatie

20. Biodiversiteit: die biome van die planeet Aarde

20. Biodiversiteit: die biome van die planeet Aarde SW Aardrykskunde 20. Biodiversiteit: die biome van die planeet Aarde Aktiwiteite 1. Kyk na die volgende foto s. Watter van hierdie organismes speel na jou oordeel die belangrikste rol in die voedselketting.

Nadere informatie

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL VRAESTEL 1 GRAAD 10

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL VRAESTEL 1 GRAAD 10 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL VRAESTEL 1 GRAAD 10 PUNTE: 80 TYD: 1.5 UUR DATUM: MEI/JUNIE 2012 EKSAMINATOR: A. JACOBS INSTRUKSIES: Lees die volgende instruksies / opdragte noukeurig deur voordat jy

Nadere informatie

DIE VOOR-ISRAELITIESE GESKIEDENIS

DIE VOOR-ISRAELITIESE GESKIEDENIS DIE VOOR-ISRAELITIESE GESKIEDENIS HOOFSTUK 1: DIE SKEPPING Die eerste ding wat aan ons geopenbaar word en wat ons moet weet! is dat God die hemel en die aarde geskape het. God doen dit aan die begin. Toe

Nadere informatie

Om die persoon en die werk van die Heilige Gees te verstaan

Om die persoon en die werk van die Heilige Gees te verstaan Om die persoon en die werk van die Heilige Gees te verstaan Daar is baie onsekerheid en selfs verwarring in die liggaam van Christus wanneer dit kom by die persoon en die werk van die Heilige Gees. Hierin

Nadere informatie

JOHANNESBURG EAST DISTRICT

JOHANNESBURG EAST DISTRICT JOHANNESBURG EAST DISTRICT DISTRIK-EKSAMEN GRAAD 11 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL NOVEMBER 2013 PUNTE: 100 TYD: 2 ½ UUR Hierdie VRAESTEL bestaan uit 7 bladsye. Bladsy 1 van 7 INSTRUKSIES EN INLIGTING

Nadere informatie

Pretoria- 5 Desember 2010 (Bevestiging van kerkraadslede- Ulbe de Ronde en Francois Keulder)

Pretoria- 5 Desember 2010 (Bevestiging van kerkraadslede- Ulbe de Ronde en Francois Keulder) 1 Skriflesing: Esegiël 18 Teks: Esegiël 18:2,20,25 Sing- Ps. 44:1; Ps. 145:1,3; Ps. 51:3; (Ps. 134:4) Broeder en suster, in aansluiting by vanoggend waar God met ons wou handel oor ons betroubaarheid en

Nadere informatie

TWEEGESPREK MET GOD MARK &PATTI VIRKLER. Bridge-Logos Gainesville, Florida 32614

TWEEGESPREK MET GOD MARK &PATTI VIRKLER. Bridge-Logos Gainesville, Florida 32614 TWEEGESPREK MET GOD MARK &PATTI VIRKLER Bridge-Logos Gainesville, Florida 32614 Bridge-Logos Gainesville, FL 32614 USA Tweegesprek met God deur Mark en Patti Virkler Kopiereg 1986 deur Bridge-logos Hersien

Nadere informatie

Hoofstuk 12 INTESTATE ERFOPVOLGING

Hoofstuk 12 INTESTATE ERFOPVOLGING Hoofstuk 12 INTESTATE ERFOPVOLGING Wet op Intestate Erfopvolging 81 van 1987 1 Oogmerk van die wet 1 2 Basiese beginsels 2 2.1 Die gade as enigste erfgenaam 2 2.2 (e) as enigste erfgenaam(e) 3 2.3 Gade

Nadere informatie

7. Lengte en breedtelyne

7. Lengte en breedtelyne SW Aardrykskunde 7. Lengte en breedtelyne Aktiwiteite 1. Kyk na die sketse hieronder en verduidelik wat dit voorstel. 2. Watter nut het hierdie lyne? 3. Wat is die ewenaar? 4. Deur watter vastelande loop

Nadere informatie

Sing vooraf staande: Psalm 1:1, 2 (p. 1)

Sing vooraf staande: Psalm 1:1, 2 (p. 1) Sing vooraf staande: Psalm 1:1, 2 (p. 1) 1 Welsalig hy wat op die spoor nie gaan / waar sondaars lok; wat op hul pad nie staan, of neersit waar die spotglans in die oog is, / waar spotters vrolik spot

Nadere informatie

GEBED, ASEMHALING VAN DIE GELOWIGE

GEBED, ASEMHALING VAN DIE GELOWIGE GEBED, ASEMHALING VAN DIE GELOWIGE SAMEVATTING VAN KERNBOODSKAPPE IN DIE BYBEL MET TEMA GEBED (REEKS 15) SAAMGESTEL VIR N LUX MUNDI GROEIGROEP DEUR PAUL LE ROUX met erkenning aan KOOS BURGER EN SEBASTIAAN

Nadere informatie

QUEENS HIGH SCHOOL AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL VRAESTEL I GRAAD 10 1 ½ UUR NOVEMBER 2008 PUNTE : 35 EKSAMINATOR MNR. D.E.

QUEENS HIGH SCHOOL AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL VRAESTEL I GRAAD 10 1 ½ UUR NOVEMBER 2008 PUNTE : 35 EKSAMINATOR MNR. D.E. QUEENS HIGH SCHOOL AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL VRAESTEL I GRAAD 10 1 ½ UUR NOVEMBER 2008 PUNTE : 35 EKSAMINATOR MNR. D.E. LAST MODERATOR MEV. L.M. FOUCHE INSTRUKSIES: Hierdie vraestel bestaan uit

Nadere informatie

JOHANNESBURG EAST DISTRICT

JOHANNESBURG EAST DISTRICT JOHANNESBURG EAST DISTRICT DISTRIK-EKSAMEN GRAAD 10 AFRIKAANS EERSTE ADDISONELE TAAL NOVEMBER 2013 PUNTE: 100 TYD: 2 UUR Hierdie vraestel bestaan uit 7 bladsye. Bladsy 1 van 7 INSTRUKSIES EN INLIGTING

Nadere informatie

Wat leer ons die week in Graad R? Kwartaal 2 Week 9

Wat leer ons die week in Graad R? Kwartaal 2 Week 9 Wat leer ons die week in Graad R? Kwartaal 2 Week 9 Gedurende die week is helderkleurige herfsdae verruil vir pannekoekdae! Die Graad R leerders het nes flinke herfskabouters die assesseringstake met ywer

Nadere informatie

Pretoria- Nabetragting (28 Augustus 2011)

Pretoria- Nabetragting (28 Augustus 2011) 1 Skriflesing: Teks: -16 Sing- Ps.92:1,7; Ps.133:1,2; Ps.45:1,6,7 Broeder en suster, dit is sekerlik 'n geldige vraag by hierdie nabetragting of ons die geur van Christus verder en oral gaan versprei?!

Nadere informatie

DIE ROL VAN LANDBOU IN DIE EKONOMIE DEUR DR PHILIP THEUNISSEN COMPUTUS BESTUURSBURO

DIE ROL VAN LANDBOU IN DIE EKONOMIE DEUR DR PHILIP THEUNISSEN COMPUTUS BESTUURSBURO - 1 - DIE ROL VAN LANDBOU IN DIE EKONOMIE DEUR DR PHILIP THEUNISSEN COMPUTUS BESTUURSBURO n Land se ekonomie bestaan uit drie vlakke. Die primêre sektor moet die natuurlike hulpbronne ontgin en die roumateriaal

Nadere informatie

Roep Die Wagters. 24/7 Gebed Riglyne en gebedsmodelle

Roep Die Wagters. 24/7 Gebed Riglyne en gebedsmodelle Roep Die Wagters 24/7 Gebed Riglyne en gebedsmodelle 1 Afdeling 1 - Verhale en modelle van 24/7 gebedswake...4 1.1 Ou Testament...5 1.2 Esseners...5 1.3 Vroeë Christelike kerk...5 1.4 Die Egiptiese woestyn...5

Nadere informatie

JOHANNESBURG EAST DISTRICT

JOHANNESBURG EAST DISTRICT JOHANNESBURG EAST DISTRICT DISTRIK-EKSAMEN GRAAD 12 AFRIKAANS EERSTE ADDISONELE TAAL JUNIE 2014 PUNTE: 100 TYD: 2 ½ UUR Hierdie VRAESTEL bestaan uit 7 bladsye. Bladsy 1 van 7 INSTRUKSIES EN INLIGTING INSTRUKSIES:

Nadere informatie

Kruispad. Help my glo dat U by my is elke oomblik van die reis Want U loop op my kruispad voor my uit

Kruispad. Help my glo dat U by my is elke oomblik van die reis Want U loop op my kruispad voor my uit Kruispad Die reis van my lewe, oor ver en vreemde paaie, oor berge en riviere het my uiteindelik tot hier gebring Nou staan ek by n kruispad met soveel keuses om te maak Soveel rigtings om te kies Soveel

Nadere informatie

Door zijn kleindochter is een gedenkplaat onthult op 24-02-2013, zie foto

Door zijn kleindochter is een gedenkplaat onthult op 24-02-2013, zie foto Inleiding In Zuid Afrika heeft de nog jonge predikant dr. Tobi Muller een voordracht gehouden, over de kortstondigheid van ons leven. Zelf is hij slechts 34 jaar oud geworden en gestorven vanwege de griep-epidemie

Nadere informatie

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 FEBRUARIE/MAART 2015 PUNTE: 100 TYD: 2½ uur Hierdie vraestel bestaan uit 7 bladsye. Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 2 DBE/Feb.

Nadere informatie

JOHANNESBURG EAST DISTRICT

JOHANNESBURG EAST DISTRICT JOHANNESBURG EAST DISTRICT DISTRIK-EKSAMEN GRAAD 10 AFRIKAANS EERSTE ADDISONELE TAAL JUNIE 2012 PUNTE: 100 TYD: 2 ½ UUR Hierdie vraestel bestaan uit 8 bladsye. Bladsy 1 van 8 INSTRUKSIES EN INLIGTING INSTRUKSIES:

Nadere informatie

DIE BOEK OPENBARING. Hoofstuk 4. Die Troon in die hemel: Openbaring 4:1-11

DIE BOEK OPENBARING. Hoofstuk 4. Die Troon in die hemel: Openbaring 4:1-11 DIE BOEK OPENBARING Hoofstuk 4 Die Troon in die hemel: Openbaring 4:1-11 Om die res van die boek Openbaring te verstaan is dit nodig om nou eers n skematiese voorstelling te gee van (ten minste) hoe die

Nadere informatie

As die skoen jou pas...

As die skoen jou pas... TOETS 1 Datum: Tyd: Begrip totaal: 20 Taal totaal: 30 2 = l5 Stelwerk totaal: l5 + l5 Jou totaal: Jou totaal: 2 = Jou totaal: + Jou groottotaal Lees die teks aandagtig en beantwoord die vrae wat daarop

Nadere informatie

Motheo Onderwysdistrik

Motheo Onderwysdistrik 1 Motheo Onderwysdistrik AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL Vraestel 2 Mei/Junie 2014 PUNTE: 80 GRAAD: 10 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 8 bladsye. 2 INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel

Nadere informatie

Bid vir jou huweliksmaat

Bid vir jou huweliksmaat Bid vir jou huweliksmaat Uit Doelgerigte Gebed deur Bennie Mostert, CUM uitgewers Opdrag: Maak 'n keuse om in hierdie week wat kom minstens 5 dae te neem om 15-30 minute per dag vir jou huwelik te bid.

Nadere informatie

DIE BOEK OPENBARING Hoofstuk 13

DIE BOEK OPENBARING Hoofstuk 13 Inleiding DIE BOEK OPENBARING Hoofstuk 13 Hierdie hoofstuk openbaar verder hoe die satan teen God en sy kerk veg. Die satan gebruik allerhande aardse magte en middele as instrumente om die gelowiges te

Nadere informatie

Wie sal ingaan in die koninkryk van God? - Die honderdguldenprent van Rembrandt

Wie sal ingaan in die koninkryk van God? - Die honderdguldenprent van Rembrandt Wie sal ingaan in die koninkryk van God? - Die honderdguldenprent van Rembrandt Selfs by mense wat nie n interesse in kuns het sal die naam Rembrandt n klokkie lui. Saam met kunstenaars soos Da Vinci,

Nadere informatie

WAT MOTIVEER ONS AKSIES AS GOD SE LIGDRAERS?

WAT MOTIVEER ONS AKSIES AS GOD SE LIGDRAERS? WAT MOTIVEER ONS AKSIES AS GOD SE LIGDRAERS? BEVESTIGING VAN DIE KERNWAARDES VAN DIE GEMEENTE UIT DIE WOORD (REEKS 28) SAAMGESTEL VIR LUX MUNDI GROEIGROEPE LOURENS BOSMAN PAUL LE ROUX 2008 1 Hersiening

Nadere informatie

Die vrae uit ou vraestelle, toetsvraestelle, en modelvraestelle is individueel gekies en uitgehaal vir

Die vrae uit ou vraestelle, toetsvraestelle, en modelvraestelle is individueel gekies en uitgehaal vir Die vrae uit ou vraestelle, toetsvraestelle, en modelvraestelle is individueel gekies en uitgehaal vir Kategorisering Dieselfde vraag kan by meer as een afdeling van die sillabus voorkom, of meer as een

Nadere informatie

HANDLEIDING AFRIKAANS HUISTAAL: TAALKUNDE GRAAD 10

HANDLEIDING AFRIKAANS HUISTAAL: TAALKUNDE GRAAD 10 HANDLEIDING AFRIKAANS HUISTAAL: TAALKUNDE GRAAD 10 ʼn Publikasie van Impak Onderwysdiens (Edms) Bpk Kopiereg voorbehou. Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie

Nadere informatie

12.2 Yahshua was die eerste Hoëpriester wat n dier moes doodmaak om n offer vir sonde te doen.

12.2 Yahshua was die eerste Hoëpriester wat n dier moes doodmaak om n offer vir sonde te doen. LES 12: DIE VERANDERING VAN DIE PRIESTERSKAP Die Ou en Nuwe Testament bevat onderskeidelik die Ou en Nuwe Verbond. Vanuit die Skrif word bewys dat daar drie elemente in n verbondsverhouding is wat nooit

Nadere informatie

INHOUDSOPGAWE. Allerliefste, ek stuur vir jou 'n rooiborsduif. Behoefte aan ongunstige weers- en ander. Cloete, T.T. omstandighede

INHOUDSOPGAWE. Allerliefste, ek stuur vir jou 'n rooiborsduif. Behoefte aan ongunstige weers- en ander. Cloete, T.T. omstandighede INHOUDSOPGAWE 27-Apr-94 Oliphant, Vincent last grave at dimbaza Olivier, Fanie Allerliefste, ek stuur vir jou 'n rooiborsduif Breytenbach, Breyten Antropologie Malan, Lucas Apocrypha XLI Walters, M.M.

Nadere informatie

Door de boer zijn ferme hand

Door de boer zijn ferme hand Zeilboot Mijn leven is een zeilboot die ver op reis moet gaan en Jesus is mijn Stuurman die aan het roer blijft staan God z'n plan voor mijn leven is de wijdheid van die zee en de wind die mij voortdrijft

Nadere informatie

Natuurwetenskap Vraestel 1 Graad 7 Junie 2013 TYD: 1½ UUR TOTAAL: 100 Eksaminator: S Roos Moderator: JG Roos

Natuurwetenskap Vraestel 1 Graad 7 Junie 2013 TYD: 1½ UUR TOTAAL: 100 Eksaminator: S Roos Moderator: JG Roos Natuurwetenskap Vraestel 1 Graad 7 Junie 2013 TYD: 1½ UUR TOTAAL: 100 Eksaminator: S Roos Moderator: JG Roos Instruksies: 1. Hierdie vraestel bestaan uit twee afdelings en 10 bladsye: 1.1 Afdeling A: Kortvrae

Nadere informatie

DIE NEDERLANDSE GELOOFSBELYDENIS

DIE NEDERLANDSE GELOOFSBELYDENIS DIE NEDERLANDSE GELOOFSBELYDENIS Die regsinnige Christelike belydenis van die Nederlandse kerke wat die hoofinhoud van die leer in verband met God en die ewige saligheid van siele insluit. (In 'n tyd van

Nadere informatie

Hierdie toets bestaan uit 12 bladsye, die voorblad uitgesluit.

Hierdie toets bestaan uit 12 bladsye, die voorblad uitgesluit. PUNTE JAARLIKSE NASIONALE ASSESERING 2014 GRAAD 6 WISKUNDE TOETS PUNTE: 75 TYD: 90 minutes PROVINSIE DISTRIK NAAM VAN SKOOL EMIS-NOMMER (9 SYFERS) KLAS (bv. 6A) VAN NAAM GESLAG ( ) SEUN DOGTER GEBOORTEDATUM

Nadere informatie

AANSOEK OM STUDIELENING

AANSOEK OM STUDIELENING AANSOEK OM STUDIELENING 1. PERSOONLIKE INLIGTING VAN AANSOEKER (STUDENT) Vul asseblief volledig in waar van toepassing Van: Volle naam: Geboortedatum: ID Nommer: Is u 'n Suid-Afrikaanse burger? JA Huistaal:

Nadere informatie

Hoofstuk 12 Filters. Die Lae Deurlaatfilter 12-1

Hoofstuk 12 Filters. Die Lae Deurlaatfilter 12-1 1 Hoofstuk 12 Filters Filters is elektriese stroombane wat seine van sekere frekwensies deurlaat terwyl seine van ander frekwensies geblokkeer word. Hulle kan byvoorbeeld gebruik word om seine deur te

Nadere informatie

Hoofstuk 7 Wisselstroom

Hoofstuk 7 Wisselstroom Hoofstuk 7 Wisselstroom Inleiding In gelykstroom- (G.S.) kringe, vloei die stroom altyd in een rigting. Die rede hiervoor is omdat die spanningsbron wat gebruik word om die kring te aktiveer altyd dieselfde

Nadere informatie

DIE HEIDELBERGSE KATEGISMUS VAN 1563

DIE HEIDELBERGSE KATEGISMUS VAN 1563 DIE HEIDELBERGSE KATEGISMUS VAN 1563 Nadat Luther in 1517 sy 95 stellings aan die kerkdeure in Wittenberg vasgespyker het, het dinge vinnig begin gebeur en het die Kerkhervorming op verskillende plekke

Nadere informatie

TYD IN PERSPEKTIEF SAMEVATTING VAN KERNBOODSKAPPE

TYD IN PERSPEKTIEF SAMEVATTING VAN KERNBOODSKAPPE TYD IN PERSPEKTIEF SAMEVATTING VAN KERNBOODSKAPPE IN DIE BYBEL MET TEMA TYD SAAMGESTEL VIR N LUX MUNDI GROEIGROEP PAUL LE ROUX 2009 1 30/04/2009 Voorwoord Die Woord van God is die lig vir die lewenspad,

Nadere informatie

Hoofstuk 2 - Basiese Elektriese Begrippe

Hoofstuk 2 - Basiese Elektriese Begrippe Hoofstuk 2 - Basiese Elektriese Begrippe Atome en Elektrone Die materie waarmee ons daagliks in aanraking kom soliede dinge soos lessenaars en rekenaars, vloeistowwe soos water en gasse soos die lug wat

Nadere informatie

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT REKENINGKUNDE GRAAD 12 FEBRUARIE/MAART 2010 SPESIALE ANTWOORDEBOEK

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT REKENINGKUNDE GRAAD 12 FEBRUARIE/MAART 2010 SPESIALE ANTWOORDEBOEK SENTRUMNOMMER EKSAMENNOMMER NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT REKENINGKUNDE GRAAD 12 FEBRUARIE/MAART 2010 SPESIALE ANTWOORDEBOEK VRAAG PUNTE PARAAF MOD. 1 2 3 4 5 6 TOTAAL Hierdie antwoordeboek bestaan uit

Nadere informatie

Foendieklub vir uitnemendheid in Tegnologie

Foendieklub vir uitnemendheid in Tegnologie Tye moet nog bepaal word. As ek laaste periode af het, kan die kleingoed solank rekenaars toe kom. Laerskool Helderkruin Volume 1 Laerskool Helderkruin vir uitnemendheid in Tegnologie Welkom by ons Rekenaarsentrum

Nadere informatie

Bring jou inligting en prente klas toe, want soos gewoonlik werk ons in die klas.

Bring jou inligting en prente klas toe, want soos gewoonlik werk ons in die klas. 16 Vervoer Vervoertaak Kies enige vervoermiddel, en maak n taak van ongeveer twee bladsye daaroor. Jy moet die volgende hoofpunte hê: Inleiding. Geskiedenis van die vervoermiddel. Hoe die vervoermiddel

Nadere informatie

WISKUNDIGE GELETTERDHEID

WISKUNDIGE GELETTERDHEID TOTAAL: 150 TYD: 3 uur WISKUNDIGE GELETTERDHEID VRAESTEL 1/2 GRAAD 12 JUNIE-EKSAMEN 2014 HIERDIE VRAESTEL BESTAAN UIT 12 BLADSYE Bladsy 1 van 12 WISKUNDIGE GELETTERDHEID VRAESTEL 1/2 GRAAD 12 JUNIE-EKSAMEN

Nadere informatie

Moment, of monument voor Jan Gebaseerd op een eerdere dienst Lang zullen we leven : Gebed van de Ute (een Noord-Amerikaanse Indianenstam)

Moment, of monument voor Jan Gebaseerd op een eerdere dienst Lang zullen we leven : Gebed van de Ute (een Noord-Amerikaanse Indianenstam) Moment, of monument voor Jan Gebaseerd op een eerdere dienst Lang zullen we leven : Het verval van het lichaam is niet iets waar we graag aan denken. Ieder mens hoopt dat een lijdensweg hem bespaart blijft.

Nadere informatie

Bart Nel, de opstandeling

Bart Nel, de opstandeling Bart Nel, de opstandeling Johannes van Melle bron. Wereldbibliotheek N.V., Amsterdam 1936 Zie voor verantwoording: http://www.dbnl.org/tekst/mell003bart01_01/colofon.htm 2006 dbnl / erven Johannes van

Nadere informatie

Congresbundel. Calvijns visie op politiek, arbeid, economie en recht. Referaten en debatbijdragen

Congresbundel. Calvijns visie op politiek, arbeid, economie en recht. Referaten en debatbijdragen Congresbundel Drs. K. van Bekkum Dr. H. van den Belt Drs. M.J.C. Blok MA Prof. dr. R.M. Britz Prof. dr. A.L.Th. de Bruijne Prof. dr. J.J. Graafland Drs. E. van den Hemel Mr. drs. B.D. Hengstmengel Dr.

Nadere informatie

TORAH (WET) EN GENADE. LES 11 (Deel 4): TORAH, TRADISIE EN SKRIFVERKLARINGS

TORAH (WET) EN GENADE. LES 11 (Deel 4): TORAH, TRADISIE EN SKRIFVERKLARINGS TORAH (WET) EN GENADE LES 11 (Deel 4): TORAH, TRADISIE EN SKRIFVERKLARINGS INLEIDING 1. In die afgelope jare het daar n groot aantal nuwe vertalings van die Skrifte verskyn. Die oorgrote meerderheid van

Nadere informatie

Gids tot studente- behuising in Potchefstroom

Gids tot studente- behuising in Potchefstroom Gids tot studente- behuising in Potchefstroom Alles wat beleggers en ouers behoort te weet... Waarna om te kyk wanneer jy koop Waar die gewildste komplekse lê Hoe om te besluit of jy moet koop of huur?

Nadere informatie

DIE ORATORIUM UITGEWERY GELOOFSBOEKIE-REEKS DIE SAKRAMENT VAN VERSOENING DIE BIEG

DIE ORATORIUM UITGEWERY GELOOFSBOEKIE-REEKS DIE SAKRAMENT VAN VERSOENING DIE BIEG DIE ORATORIUM UITGEWERY GELOOFSBOEKIE-REEKS DIE SAKRAMENT VAN VERSOENING DIE BIEG DIE SAKRAMENT VAN VERSOENING OF DIE BIEG VIR INDIVIDUE INLEIDING N KATEGISME VAN DIE SAKRAMENT DIE GEWETENSONDERSOEK OF

Nadere informatie

Kleinfonteinnuus. Uitslag oor formalisering hopelik voor September K

Kleinfonteinnuus. Uitslag oor formalisering hopelik voor September K Junie 2012 L E I N F O N T E I N B O E R E B E LANGE OÖPERATIEF BP w w w. k l e i n f o n t e i n. n e t leinfonteinnuus Uitslag oor formalisering hopelik voor September leinfonteiners behoort hopelik

Nadere informatie

Sewe Bybelstudiestukke... 32. MARKUS: Jesus is die Seun van God!... 6 Wie was Markus?... 6 Markus: die Evangelie aan die heidene...

Sewe Bybelstudiestukke... 32. MARKUS: Jesus is die Seun van God!... 6 Wie was Markus?... 6 Markus: die Evangelie aan die heidene... INHOUDSOPGAWE Voëlvlug deur die Bybelboeke (Nuwe Testament)... 3 MATTEUS: Die beloofde Messias is hier... 3 Vier Evangelies... 3 Matteus: tollenaar, Jood en ooggetuie... 3 Matteus: Tematiese rangskikking...

Nadere informatie

Die Boek Openbaring. Bybelstudie. deur. MJ Booyens. by skrywer

Die Boek Openbaring. Bybelstudie. deur. MJ Booyens. by skrywer Die Boek Openbaring Bybelstudie deur MJ Booyens by skrywer - 2010 www.christelikebiblioteek.co.za 1 Voorwoord Die outeur van hierdie waardevolle bydrae tot die studie van die Openbaring van Johannes, het

Nadere informatie

EVANGELISASIEBLAD VAN DIE GEREFORMEERDE KERK IN SUID-AFRIKA

EVANGELISASIEBLAD VAN DIE GEREFORMEERDE KERK IN SUID-AFRIKA EVANGELISASIEBLAD VAN DIE GEREFORMEERDE KERK IN SUID-AFRIKA NR. 135 Geregistreer by die poskantoor as nuusblad SUID-AFRIKA IN NOOD Uitgegee deur die Deputate vir Evangelisasie van die Gereformeerde Kerk

Nadere informatie

HANDLEIDING GRAAD 10

HANDLEIDING GRAAD 10 HANDLEIDING LEWENSORIËNTERING GRAAD 10 n Publikasie van Impak Onderwysdiens (Edms) Bpk Kopiereg voorbehou. Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie soos toegelaat

Nadere informatie

JOHANNESBURG EAST DISTRICT

JOHANNESBURG EAST DISTRICT JOHANNESBURG EAST DISTRICT DISTRIK-EKSAMEN GRAAD 2 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL VRAESTEL 2 JUNIE 205 MEMORANDUM PUNTE: 70 TYD: 2 UUR Hierdie MEMORANDUM bestaan uit 7 bladsye. Bladsy van 0 Afdeling

Nadere informatie

Deur Christus Alleen

Deur Christus Alleen Gepubliseer op: Deur Christus Alleen Tuisblad van dr. A.H. Bogaards www.enigstetroos.org KINDERDOOP GROOTDOOP HERDOOP Prof. L. Floor Uitgegee deur die Deputate vir Evangelisasielektuur van die Gereformeerde

Nadere informatie

JAARLIKSE NASIONALE ASSESSERING 2013 GRAAD 5 WISKUNDE TOETS DISTRIK

JAARLIKSE NASIONALE ASSESSERING 2013 GRAAD 5 WISKUNDE TOETS DISTRIK PUNTE JRLIKSE NSIONLE SSESSERING 2013 GR 5 WISKUNE TOETS PUNTE: 60 TY: 1½ uur PROVINSIE STREEK ISTRIK NM VN SKOOL OIS-NOMMER (9 syfers) KLS (bv. 5) VN NM GESLG ( ) SEUN OGTER GEOORTETUM Y Y M M Hierdie

Nadere informatie

Congresbundel. Calvijn op scherp. Calvijns visie op politiek, arbeid, economie en recht. Referaten en debatbijdragen van:

Congresbundel. Calvijn op scherp. Calvijns visie op politiek, arbeid, economie en recht. Referaten en debatbijdragen van: Congresbundel Calvijn op scherp Calvijns visie op politiek, arbeid, economie en recht Referaten en debatbijdragen van: Drs. K. van Bekkum Dr. H. van den Belt Drs. M.J.C. Blok MA Prof. dr. R.M. Britz Prof.

Nadere informatie

DIE STAATSTEORIE VAN JEAN CALVIN IN VERBAND MET DIE WETENSKAP EN STAATSPRAKTYK VAN SY TYD

DIE STAATSTEORIE VAN JEAN CALVIN IN VERBAND MET DIE WETENSKAP EN STAATSPRAKTYK VAN SY TYD DIE STAATSTEORIE VAN JEAN CALVIN IN VERBAND MET DIE WETENSKAP EN STAATSPRAKTYK VAN SY TYD DEUR L. J. DU PLESSIS, M. A., B. EcoN., POTCHEFSTROOM. lil. (Slot.) INHOUD: 5. Hoofstuk I1I: Staatspraktyk van

Nadere informatie

Nieuwsbrief nr. 5 december 2012

Nieuwsbrief nr. 5 december 2012 Nieuwsbrief nr. 5 december 2012 Nog eventjes en dit jaar gaat over in een nieuw jaar. Voor ons een moment om dankbaar terug te kijken op 2012 en verwachtingsvol uit te zien naar 2013. In deze nieuwsbrief

Nadere informatie

Geschiedenis en ontwikkeling van het Afrikaans

Geschiedenis en ontwikkeling van het Afrikaans TitleGeschiedenis en ontwikkeling van he Author(s) Kawasaki, Yasushi Citation ドイツ 文 學 研 究 (2013), 58: 109-117 Issue Date 2013-03-25 URL http://hdl.handle.net/2433/172341 Right Type Departmental Bulletin

Nadere informatie

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 10

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 10 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 10 WISKUNDIGE GELETTERDHEID NOVEMBER 2006 PUNTE: 150 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye. Wiskundige Geletterdheid 2 INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. 2. 3.

Nadere informatie

Die ontwikkeling van taalbeheersing en skryfvaardigheidsonderwys in Suid-Afrika

Die ontwikkeling van taalbeheersing en skryfvaardigheidsonderwys in Suid-Afrika LEON DE STADLER EN ERINA BASSON Die ontwikkeling van taalbeheersing en skryfvaardigheidsonderwys in Suid-Afrika 1. Inleiding* Die afgelope paar jaar was daar in Suid- Samenvatting Afrika besondere ontwikkelinge

Nadere informatie

1.1. Kies die prentjie wat Eben sien toe hy afkyk in Ettie se oë aan die begin van die storie. Skryf net die nommer en die letter neer.

1.1. Kies die prentjie wat Eben sien toe hy afkyk in Ettie se oë aan die begin van die storie. Skryf net die nommer en die letter neer. Astra Castra Dot Serfontein 1.1. Kies die prentjie wat Eben sien toe hy afkyk in Ettie se oë aan die begin van die storie. Skryf net die nommer en die letter neer. (1) A B C D 1.2. Sê of die volgende stelling

Nadere informatie

Sing vooraf staande: Ps 15:1, 5 (p. 57)

Sing vooraf staande: Ps 15:1, 5 (p. 57) Sing vooraf staande: Ps 15:1, 5 (p. 57) 1 Wie styg so hoog in heil en eer, dat hy met U, die grote Koning, met U, die allerhoogste HEER, / kan op u heil'ge berg verkeer / en intrek in u heil'ge woning?

Nadere informatie

n gids

n gids Thomas@rock-ster.net: n gids G.M. Jansen van Rensburg LAPA Uitgewers www.lapa.co.za Inhoud Bladsy 1. Hoe om die gids te gebruik 3 2. Ontmoet die skrywer 5 3. Titel, omslag en flapteks 6 4. Vrae en opsommings

Nadere informatie

FEBRUARIE 2016 WAAROM LENT? VANDAG SE STORM WAS NIE VOORSPEL NIE N JAAR MET EWIGHEIDSWAARDE PLS KYK TERUG OP SY EERSTE JAAR

FEBRUARIE 2016 WAAROM LENT? VANDAG SE STORM WAS NIE VOORSPEL NIE N JAAR MET EWIGHEIDSWAARDE PLS KYK TERUG OP SY EERSTE JAAR FEBRUARIE 2016 WAAROM LENT? VANDAG SE STORM WAS NIE VOORSPEL NIE N JAAR MET EWIGHEIDSWAARDE PLS KYK TERUG OP SY EERSTE JAAR HOE LYK JOU VERWAGTING VIR 2016? JESUS SE LIEFDE N BETER VISIE VANAF TAFELBERG

Nadere informatie

Formulier om de christelijke doop te bedienen aan de kinderen van de gelovigen (1)

Formulier om de christelijke doop te bedienen aan de kinderen van de gelovigen (1) Formulier om de christelijke doop te bedienen aan de kinderen van de gelovigen (1) Gemeente van onze Heer Jezus Christus, Over de doop Bij de doop word je in water ondergedompeld of ermee besprenkeld.

Nadere informatie

WWW.ARTTODAY.BE SOUTH-AFRICA POETRY SPECIAL

WWW.ARTTODAY.BE SOUTH-AFRICA POETRY SPECIAL WWW.ARTTODAY.BE SOUTH-AFRICA POETRY SPECIAL INGRID JONKER IK HERHAAL JE Gedichten Vertaling Gerrit Komrij Biografie Henk van Woerden Uitgev. Podium ISBN 978 90 5759 437 3 Selectie gedichten: Ontvlugting

Nadere informatie

Volg My! Dissipelskap: Ontwikkel jou geloofsvertroue Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Volg My! Dissipelskap: Ontwikkel jou geloofsvertroue Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark Skrif:Mk.2:13-17 Volg My! Dissipelskap: Ontwikkel jou geloofsvertroue Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark Om Jesus te volg beteken ʼn gewilligheid om Hom volkome te vertrou met alle aspekte van jou lewe.

Nadere informatie

1. Hierdie vraestel bestaan uit 7 vrae. Beantwoord alle vrae. 3. n Goedgekeurde sakrekenaar mag gebruik word, tensy anders vermeld..

1. Hierdie vraestel bestaan uit 7 vrae. Beantwoord alle vrae. 3. n Goedgekeurde sakrekenaar mag gebruik word, tensy anders vermeld.. CAMI Education (Pty) Ltd Reg. No. 1996/017609/07 CAMI House Fir Drive, Northcliff P.O. Box 1260 CRESTA, 2118 Tel: +27 (11) 476-2020 Fax : 086 601 4400 web: www.camiweb.com e-mail: info@camiweb.com GRAAD

Nadere informatie

DANKEN VOOR DE RIJKDOM VAN DE GEMEENTE

DANKEN VOOR DE RIJKDOM VAN DE GEMEENTE DANKEN VOOR DE RIJKDOM VAN DE GEMEENTE 1 Kor. 1:4-9 / Gehouden op 26-08-2007 / p.1 Liturgie: Votum & groet Zi: Ps. 122:1.3 Lezing van Gods wet Zi: Ps. 103:1.5 Gebed Schriftlezing: 1 Kor. 1:1-9 & Openb.

Nadere informatie

Yin verteenwoordig alles wat vroulik, donker, onttrekkend, ontvanklik en passief is, en dinge wat af- en inbeweeg.

Yin verteenwoordig alles wat vroulik, donker, onttrekkend, ontvanklik en passief is, en dinge wat af- en inbeweeg. III. YIN EN YANG Die yin/yang simbool is een van die oudste en mees bekende simbole in die wêreld, maar baie min mense verstaan werklik wat dit beteken. Dit verteenwoordig die twee pole van bestaan wat

Nadere informatie

BEWONERS BULLETIN. www.meerpaal.co.za Vierendertigste Jaargang no 11 November 2013 DOOR BEWONERS VOOR BEWONERS

BEWONERS BULLETIN. www.meerpaal.co.za Vierendertigste Jaargang no 11 November 2013 DOOR BEWONERS VOOR BEWONERS BEWONERS BULLETIN Postbus 75048 Lynnwoodrif 0040 meerpaal@worldonline.co.za www.meerpaal.co.za Vierendertigste Jaargang no 11 November 2013 Van het Bestuur Beste Bewoners Onze laatste vergadering was kort

Nadere informatie

VRAE EN ANTWOORDE VIR KLEINER KINDERS (6-8 JAAR)

VRAE EN ANTWOORDE VIR KLEINER KINDERS (6-8 JAAR) BYBELSE GESKIEDENIS IN VRAE EN ANTWOORDE VIR KLEINER KINDERS (6-8 JAAR) deur DS. I. J. LESSING 1 'N WOORD VOORAF Aan die begin van hierdie eeu was Bybelse vrae-boekies in die Gereformeerde Kerk hier te

Nadere informatie

G E R E F O R M E E R D E K E R K P R E T O R I A ( D O L E R E N D

G E R E F O R M E E R D E K E R K P R E T O R I A ( D O L E R E N D G E R E F O R M E E R D E K E R K P R E T O R I A ( D O L E R E N D ) Kereweer is die straat waar Ds Dirk Postma in Dokkum gebore is. Sy lewenspad keer na Suid-Afrika waar hy die eerste predikant word

Nadere informatie

Voorwoord. Die mislukte huisgesin en hoe om dit te voorkom. deur. HA le Roux

Voorwoord. Die mislukte huisgesin en hoe om dit te voorkom. deur. HA le Roux Die mislukte huisgesin en hoe om dit te voorkom deur HA le Roux Voorwoord Hierdie pamflet is in 1927 deur 'n sendeling van die NG Kerk in Bethlehem geskryf. Hy het die armblankevraagstuk van sy eie mense

Nadere informatie

Liturgie: BLIJVEN BIDDEN

Liturgie: BLIJVEN BIDDEN Zondag 45 / gehouden op 300111 / p. 1 BLIJVEN BIDDEN Liturgie: Votum/groet Zingen: Psalm 34:1.2 Gebed Luk. 17:20-18:8 Zingen: Psalm 65:1.2 Preek: zondag 45 Zingen: Psalm 116:1.2.3.7 Credo Zingen: Ps. 105:1.3

Nadere informatie

Gids oor die Wet op die Gelyke Behandeling van Getroude Persone

Gids oor die Wet op die Gelyke Behandeling van Getroude Persone Gids oor die Wet op die Gelyke Behandeling van Getroude Persone Gender Research & Advocacy Project Legal Assistance Centre Namibia 2009 Gids oor die Wet op die Gelyke Behandeling van Getroude Persone 1

Nadere informatie

DIE NORMALE VOLGORDE VAN GEBEURE TYDENS DIE OORDRAG VAN ONROERENDE EIENDOM

DIE NORMALE VOLGORDE VAN GEBEURE TYDENS DIE OORDRAG VAN ONROERENDE EIENDOM DIE NORMALE VOLGORDE VAN GEBEURE TYDENS DIE OORDRAG VAN ONROERENDE EIENDOM 1. HOEVEEL PROKUREURS IS BETROKKE EN WAT IS HULLE BYDRAE Daar kan soveel as drie verskillende Prokureurs betrokke wees by die

Nadere informatie

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT REKENINGKUNDE GRAAD 12 NOVEMBER 2015 SPESIALE ANTWOORDEBOEK

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT REKENINGKUNDE GRAAD 12 NOVEMBER 2015 SPESIALE ANTWOORDEBOEK SENTRUMNOMMER EKSAMENNOMMER NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT REKENINGKUNDE GRAAD 12 NOVEMBER 2015 SPESIALE ANTWOORDEBOEK VRAAG PUNT PARAAF MOD. 1 2 3 4 5 TOTAAL Hierdie antwoordeboek bestaan uit 15 bladsye.

Nadere informatie

VRAE EN ANTWOORDE VIR KLEINER KINDERS (6-8 JAAR)

VRAE EN ANTWOORDE VIR KLEINER KINDERS (6-8 JAAR) BYBELSE GESKIEDENIS IN VRAE EN ANTWOORDE VIR KLEINER KINDERS (6-8 JAAR) deur DS. I. J. LESSING 1 'N WOORD VOORAF Aan die begin van hierdie eeu was Bybelse vrae-boekies in die Gereformeerde Kerk hier te

Nadere informatie

Iiturgie voor de -12 jeugddienst van zondagmorgen 28 Juni in de Westerkerk te Veenendaal

Iiturgie voor de -12 jeugddienst van zondagmorgen 28 Juni in de Westerkerk te Veenendaal Iiturgie voor de -12 jeugddienst van zondagmorgen 28 Juni in de Westerkerk te Veenendaal Op Toon Hoogte 182 Door Uw genade Vader Door Uw genade, Vader, mogen wij hier binnengaan. Niet door rechtvaardige

Nadere informatie

Deur Christus Alleen

Deur Christus Alleen Gepubliseer op: Deur Christus Alleen Tuisblad van dr. A.H. Bogaards www.enigstetroos.org Perspektiewe op die prediking van Paulus Prof L. Floor 1 Inhoudsopgawe HOOFSTUK I... 4 DIE HART VAN PAULUS SE PREDIKING...

Nadere informatie

Vertalen uit het Afrikaans wat zijn de voetangels en klemmen?

Vertalen uit het Afrikaans wat zijn de voetangels en klemmen? Rob van der Veer Vertalen uit het Afrikaans wat zijn de voetangels en klemmen? Rob van der Veer is al sinds het begin van de jaren tachtig actief als vertaler van voornamelijk literair werk. Hij heeft

Nadere informatie

HANDLEIDING AFRIKAANS HUISTAAL GRAAD 12

HANDLEIDING AFRIKAANS HUISTAAL GRAAD 12 HANDLEIDING AFRIKAANS HUISTAAL GRAAD 12 n Publikasie van Impak Onderwysdiens Edms (Bpk) Kopiereg voorbehou. Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie soos toegelaat

Nadere informatie

Die pakkette bestaan uit die volgende eenhede:

Die pakkette bestaan uit die volgende eenhede: Reeds meer as 80 skole het die afgelope paar jaar met groot sukses die Afrikaans sonder tref-en-trap pakkette gebruik. Hierdie onderwysers kan daarvan getuig dat die pakkette onderwyser -, ouer- en kind

Nadere informatie

LIEDERENBLAD TIME 2 SING 18 september 2011 Thema: Je steentje bijdragen. Refrein

LIEDERENBLAD TIME 2 SING 18 september 2011 Thema: Je steentje bijdragen. Refrein LIEDERENBLAD TIME 2 SING 18 september 2011 Thema: Je steentje bijdragen 19.00 uur LAAT HET FEEST ZIJN IN DE HUIZEN (Opw. 533) Laat het feest zijn in de huizen, mensen dansen op de straat, als het onrecht

Nadere informatie