KOLOSSENSE 3:17 HK Sondag 36

Save this PDF as:
 WORD  PNG  TXT  JPG

Maat: px
Weergave met pagina beginnen:

Download "KOLOSSENSE 3:17 HK Sondag 36"

Transcriptie

1 KOLOSSENSE 3:17 HK Sondag 36 Votum en seën Psalm 20 : 1, 2, 7 Gebed Skriflesing: Kolossense 3:1-17 (AV 1983) Belydenis: HK 36:99 Teks: Kolossense 3:17 (AV 1983) Psalm 118 : 5 Preek: God se kinders eer Sy Naam deur alles daarin te doen Gebed Kollekte Psalm 103 : 1 Seën Skrifberyming 78 (13-3) Ook: Ps 145 : 1

2 2 Sb 43 (15-7) : 6 In die meeste van die Tien Gebooie sê die Here iets wat ons nie mag doen nie. Maar ons sal n groot fout maak as ons by hierdie gebooie wat iets verbied, net by die negatiewe bly by dit wat ons nie mag doen nie en nie ook verstaan wat die positiewe is wat by implikasie in elke gebod opgesluit is nie. Vir elke iets wat God ons verbied om te doen, is daar aan die ander kant iets positiefs wat Hy wil hê wat ons wel moet doen. Die derde gebod byvoorbeeld, wat sê dat ons Sy Naam nie ydellik mag gebruik nie, wil nie sê dat ons uit vrees vir die misbruik van Sy Naam, Sy Naam omtrent moet ophou gebruik nie. Inteendeel, die Here leer ons verder in Sy Woord dat Sy kinders eintlik altyd met Sy Naam moet besig wees, onder andere op dié manier dat hulle alles wat hulle doen, in Sy Naam moet doen. Dis waartoe die Heilige Gees ons hier in Kolossense 3 deur die apostel Paulus oproep: dat kinders van God Sy Naam moet eer deur alles wat hulle doen, in die Naam van die Here Jesus te doen. Kom ons luister vanaand na hierdie oproep. Ons gaan eers kyk wat dit beteken om dinge in die Naam van die Here te doen, en dan gaan ons kyk hoe dit die verering van Sy Naam volgens die derde gebod raak. 1. IN DIE NAAM VAN DIE HERE JESUS OPTREE In Kolossense 3 is n mens by die deel van hierdie brief waarin daar vir ons uitgespel word hoe ons lewe as Christene moet lyk. Die meeste van die apostel Paulus se briewe het mos basies twee dele: - n eerste deel, wat gaan oor dit wat die Here Jesus vir ons gedoen het veral aan die kruis en watter wonderlike seëninge dit wat Hy gedoen het inhou vir elkeen wat opreg in Hom glo; - en n tweede deel, wat dan opdragte bevat oor hoe ons, wat geseëndes van die Here is, nou daadwerklik ons lewens moet verander.

3 3 In hierdie hoofstuk word die nuwe lewe wat ons as geseëndes, verloste mense, moet lewe met n paar algemene opdragte én met n klompie spesifieke opdragte uitgespel. Van die algemene opdragte is: - strewe na die dinge daarbo waar Christus is 1 - leef nou die lewe van die nuwe mens, wat al hoe meer vernuwe word na die beeld van sy Skepper 2 Hier in ons teksvers hoor ons nog so n algemene opdrag: - En wat julle ook al sê en doen, sê en doen dit alles in die Naam van die Here Jesus Wat beteken dit? Wat beteken dit om te praat en te doen in die Naam van die Here Jesus? Dit beteken (om dit eenvoudig te sê) dat jy moet praat en doen as iemand wat aan die Here Jesus behoort en wie se lewe deur Hom beheers word. Jou woorde en optrede moet só wees dat dit duidelik is dat jy n blye ontvanger van die Here se liefde is en dat jy nou n volgeling van Hom geword het. Alles waarvoor Sy Naam staan die verlossing en die vrede wat God uit genade vir mense gee, en die nuwe lewe van liefde vir God en vir medemense wat daar by mense kom wie se Koning Hy is ál hierdie dinge moet by jou wys wanneer jy praat en wanneer en jy doen. Om in Sy Naam te praat en te doen beteken (om n eietydse beeld te probeer gebruik) dat jou lewe soos n stalletjie by n skou of n kermis moet wees: - bokant die ingang van hierdie stalletjie staan die Naam van die Here Jesus; - mense moet weet dat hulle by hiérdie stalletjie woorde gaan hoor en optrede gaan sien wat gestempel is deur die koningskap en die Gees en die wil van die Here Jesus Christus. Om in die Here Jesus se Naam te praat en te doen, is eintlik om in n sekere sin só te praat en te doen, dat mense as t ware die Here Jesus Christus hoor en sien in jóú gesprekke en doen en late. En let op dat ons nie net sekere spesifieke dinge in die Naam van die Here Jesus moet sê en doen nie, maar álles! wat julle ook al sê of doen, sê en doen dit alles in die Naam van die Here Jesus 1 Vers 1 2 Vers 10

4 4 Dis nie net wanneer ons met spesifiek godsdienstige aktiwiteite, soos eredienste of Bybelstudie of huisbesoek of gesprekke oor Bybel en geloof, besig is wat ons in die Naam van Jesus moet praat en doen nie, maar in ál die fasette van ons lewe. Net hierna gee die apostel dan ook vir die Kolossense leiding oor hoe hulle in hulle huwelike en huisgesinne en by die werkplek as Christene moet praat en doen. 3 As jy in Jesus Christus glo, n verloste, geseënde kind van God is, dan sal jy en moet jy ook n ander soort lewe lei as ongelowige, onverloste, ongeseënde mense. Dan moet ál jou woorde en werke onder die vaandel van die Here Jesus Christus gesê en gedoen word in Sý Naam! En so, onder andere, moet jy dan die derde gebod gehoorsaam. 2. HOE DIT DIE VERERING VAN SY NAAM RAAK In die derde gebod waarsku die Here ons ernstig báie ernstig, met die waarskuwing dat oortreding van hierdie gebod beslis gestraf sal word teen die ydellike gebruik van God se Naam. En ydellike gebruik van God se Naam verwys nie net na mense wat die Here se Naam laster deur dit as n kragwoord of stopwoord te gebruik nie. Sulke lastering is maar net een van die ekstreme maniere waarop die Here se Naam in hierdie wêreld ydellik gebruik word. Ydellike gebruik van die Here se Naam verwys byvoorbeeld ook na elke situasie en elke keer waar die Here se Naam gedagteloos en oppervlakkig en sonder die nodige erns en respek gebruik word. o Gedagteloos gebruik is wanneer die Here se Naam gebruik word sonder dat die gebruiker aan die Een wie se Naam hy/sy gebruik, dink. Iets wat n mens selfs in gebede en liedere kan doen, as jy byvoorbeeld bid of sing, en in die proses die Here se Naam gebruik, terwyl jou aandag glad nie by dit wat jy bid of sing is nie, maar by duisend ander dinge! 3 Vgl ook bv 1 Kor 10:31

5 5 o Oppervlakkig gebruik is wanneer jy dinge oor die Here sê oor hoe Hy is, of oor hoekom Hy dinge doen, of oor wat Hy wil hê wat sommer uit jou eie vlak gedagtetjies kom en nie getuig van n deeglike kennis van die Bybel, die boek waarin God Hom aan ons bekendstel, nie. o Sonder die nodige erns en respek is wanneer n mens sommer ligtelik, of sommer so in die verbygaan, na die Here verwys of Hom betrek wanneer jy met mense praatjies maak. In die lig van Kolossense 3:17 kan ons meer voorbeelde noem van die oortreding van die derde gebod. Ons kan in die eerste plek sê dat Christene wat nie alles wat hulle sê of doen, in die Naam van die Here Jesus doen nie Christene wat nie al hulle gesprekke en optredes die stempel van die Here se koningskap en Gees en wil laat dra nie Sy Naam oneer aandoen deur dit verby te gaan, deur dit nie in jou lewe die plek te gee wat dit behoort te hê nie, deur dit minder eer te gee as wat dit toekom. Elke keer as jy onder hierdie vaandel waarop die Here se Naam staan, padgee, en gaan praat en doen onder ánder vaandels, byvoorbeeld soos wat die sondige wêreld vir jou voorskryf, of so asof jy jou eie baas is, misken jy die Naam van die Here en sondig jy teen die gees van die derde gebod, wat nie net die ydellike gebruik van God se Naam verbied nie, maar wat ons ook by implikasie gebied/beveel om Sy Naam positief oral en altyd te eer. In die tweede plek maak Kol 3:17 ons ook bewus van hoe verskriklik dit sal wees as jy skynbaar in die Naam van die Here praat en doen, maar dan verkeerde dinge sê en doen. As mense by hierdie stalletjie, wat jóú lewe is en waarop die Naam van die Here Jesus staan, sou kom, en hulle hoor leuens of vloekery of hoogmoedigheid of nydigheid en hulle sien optredes wat nie strook met ware Christelike liefde en eerbaarheid nie watter naam sê hulle dan sleg? - nie jóú naam nie, - maar die Naam wat op hierdie stalletjie staan!

6 6 Dan is jy die oorsaak dat van die Naam van die Here sleg gepraat word. Om te bely dat jy n Christen is, om die Naam van die Here aan jou lewe te koppel, om te sê dat jy iemand is in wie se lewe die Here Jesus Koning is en in wie die Heilige Gees werk en dat jy jou deur jou Koning se wil laat lei om te sê dat jy in die Naam van die Here Jesus leef, en dan in stryd met dit waarvoor die Naam van die Here Jesus staan, te praat en op te tree, is sonder enige twyfel een van die maniere waarop hoeveel Christene hoeveel kere die derde gebod oortree! Die Here se apostel het vir Jode God se kerk van die Ou Testamentiese tyd geskryf: Jy, jy sê jy is n Jood, jy verlaat jou op die wet van Moses, jy beroem jou daarop dat God jou God is, jy ken sy wil en jy onderskei die dinge waar dit werklik op aankom doen jy God nie oneer aan deur sy wet te oortree nie? Inderdaad, soos daar geskrywe staan, as gevolg van julle optrede word die Naam van God deur die heidennasies belaster. 4 En hoeveel onsin is nie al in die huidige bedeling van die kerk, die Nuwe Testamentiese bedeling, deur verdwaalde leraars en sektes en selfs kerke in die Naam van die Here Jesus gepraat nie, en wat maak dat baie ongelowige mense met minagting van Christene en hulle Christus praat. En watter dwaashede het die Christelike Kerk nie al in die Naam van die Here Jesus gepleeg nie! Dink maar net aan die kruistogte, toe Christene met die wapen teen Moslems opgetrek het asof jy God se koninkryk met die swaard kan bevorder wat één van die redes is vir die volgehoue haat wat n groot deel van die Islam vir die Christendom het. Jy veroorsaak lastering van die Here se Naam as jy sê dat jy in Sy Naam optree en dan onheilige dinge doen. Terwyl Christene en Christelike kerke, wat in alles wat hulle praat en doen, in die Naam van die Here Jesus praat en doen soos wat dit behoort gedoen te word hulle eer Sy Naam, 4 Rom 2:17-18, 23-24

7 7 en gehoorsaam so met hulle dankbare harte die derde gebod. TEN SLOTTE Het u ook die fout gemaak om te dink dat die derde gebod eintlik doodeenvoudig is, dat dit eintlik maar net daaroor gaan dat ons die Here se Naam nie moet gebruik as n kragwoord of as n stopwoord of as n uitroep wanneer jy skrik of wanneer jy geskok is of as n woord waarmee jy sommer net n bietjie woema wil gee aan iets wat jy sê nie? Dis baie meer as dit. Die derde gebod raak ons hele lewe wat ook al ons sê of doen. Dit álles moet in die Naam van die Here Jesus gesê en gedoen word só dat dit Sy Naam nie tot oneer sal strek nie, maar tot eer. Dis een van die maniere waarop verloste, geseënde mense, hulle dankbaarheid teenoor die Here lewe, deur hulle lewe in Sy Naam te lewe AMEN

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra SKRIFLESING: Romeine 12:1-8 TEKS: Romeine 12:1-2 HK 49 TEMA: Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra Psalm 103 : 10, 11 Skrifberyming 28 (10-1) : 1, 2 Psalm 119 : 11 Skrifberyming 78 (13-3)

Nadere informatie

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL Votum en seën Psalm 118 : 2 Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1933/53) Psalm 4 : 3 Gebed Skriflesing: Johannes 19:17-27 (AV 1933/53) Teks: Johannes 19:26-27

Nadere informatie

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun SKRIFLESING: Johannes 1:1-18 TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13 TEMA: God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun Psalm 45 : 1, 2, 3 Psalm 72 : 6 Skrifberyming 33 (2-4) : 1 Skrifberyming 78 (13-3) 2 Dat ons kinders

Nadere informatie

Deur Sy wet gee God ons broodnodige kennis van sonde

Deur Sy wet gee God ons broodnodige kennis van sonde SKRIFLESING: Romeine 7:1-13 TEKS: Romeine 7:7 HK 1:2 2:5 TEMA: Deur Sy wet gee God ons broodnodige kennis van sonde Psalm 147 : 1, 4 Skrifberyming 26 (9-1) : 1, 10 Psalm 130 : 2 2 As u vir iemand wat glad

Nadere informatie

1 JOHANNES 4:20 HK 34:93

1 JOHANNES 4:20 HK 34:93 1 JOHANNES 4:20 HK 34:93 Votum en seën Psalm 134 : 1, 3 [ ons ] Gebed Psalm 27 : 4 Skriflesing: 1 Johannes 4:7-21 (AV 1983) Belydenis: HK 34:93 Teks: 1 Johannes 4:20 (AV 1983) Preek: God se wil is liefde

Nadere informatie

Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg

Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg SKRIFLESING: 1 Johannes 2:1-11 TEKS: 1 Johannes 2:6 TEMA: Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg Psalm 9 : 1, 2, 7 Psalm 31 : 13 (na gebed) Skrifberyming 72 (12-3) : 1, 2 Skrifberyming 78 (13-3) Ook:

Nadere informatie

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5 MATTEUS 6:8 Votum en seën Psalm 7 : 6 Gebed Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5 Preek: Vir ons hemelse Vader is eenvoudige gebede goed Gebed

Nadere informatie

God laat alles Sy kinders se saligheid bevorder.

God laat alles Sy kinders se saligheid bevorder. SKRIFLESING: Romeine 8:18-30 TEKS: Romeine 8:28 HK 9 TEMA: God laat alles Sy kinders se saligheid bevorder. Psalm 30 : 3, 4 Skrifberyming 33 (2-4) : 1 Psalm 119 : 25 Skrifberyming 78 (13-3) Ook: Sb 52

Nadere informatie

1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80

1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80 1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80 Votum en seën Psalm 23 : 1, 3 Gebed Skriflesing: 1 Korintiërs 10:1-13 (AV 1983) Belydenis: HK 29:78-30:80 Teks: 1 Korintiërs 10:4 Psalm 105 : 21, 22 Preek: Die Heilige Gees

Nadere informatie

OPENBARING 5:5 HK Sondag 48

OPENBARING 5:5 HK Sondag 48 OPENBARING 5:5 HK Sondag 48 Votum en seën Psalm 93 : 1, 4 Gebed Skriflesing: Openbaring 5 (AV 1933/53) Belydenis: HK 48 Teks: Openbaring 5:5 (AV 1933/53) Psalm 72 : 2 Preek: God sorg self vir die koms

Nadere informatie

MATTEUS 7:12. Votum en seën. Psalm 34 : 2, 4. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 4 : 3.

MATTEUS 7:12. Votum en seën. Psalm 34 : 2, 4. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 4 : 3. MATTEUS 7:12 Votum en seën Psalm 34 : 2, 4 Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 4 : 3 Gebed Skrifberyming 53 (14-3) : 4 Skriflesing: Matteus 7:7-23 (AV 1983/91) Teks:

Nadere informatie

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22 1 BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22 Die sekerheid dat jy 'n kind van God is, is nie die einde van die pad nie maar die begin daarvan. Nou word dit moontlik om as gelowiges te groei. Maar waarheen lei

Nadere informatie

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

DIE VLEUELS VAN GEBED (9) DIE VLEUELS VAN GEBED (9) DIE VLEUELS VAN GEBED (9) Jan van der Watt Dankie Here! Dankie sê is om jou skuld te betaal. In die tyd van die Bybel was dankie sê iets anders as vandag. Vandag is dankie n woord

Nadere informatie

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3 1 Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps. 116... Sb 33:1,3 1 Johannes 3 1Jn 3:1 Kyk wat n groot liefde die Vader aan ons bewys het,

Nadere informatie

Jesus se eerste preek op die berg. Hy gee ons onuitspreeklike blydskap.

Jesus se eerste preek op die berg. Hy gee ons onuitspreeklike blydskap. Jesus se eerste preek op die berg. Hy gee ons onuitspreeklike blydskap. Ses groepstudies oor die Saligsprekinge uit Matteus 5 Groepstudie 1 17 Februarie 1. Die bergpredikasie. i. Leer gou almal se name

Nadere informatie

TEKS: Matteus 5:3 (AV 1933/53) HK 5

TEKS: Matteus 5:3 (AV 1933/53) HK 5 SKRIFLESING: Matteus 5:1-12 TEKS: Matteus 5:3 (AV 1933/53) HK 5 TEMA: Verlossing kom nie uit ons nie. Psalm 138 : 3 Skrifberyming 16 (11-3) : 1, 4 Psalm 146 : 2, 5 Skrifberyming 78 (13-3) Ook: Ps 33 :

Nadere informatie

1 KORINTIËRS 3:21-23 HK Sondag 1

1 KORINTIËRS 3:21-23 HK Sondag 1 1 KORINTIËRS 3:21-23 HK Sondag 1 Votum en seën Psalm 30 : 3 Gebed Psalm 30 : 7 Skriflesing: 1 Korintiërs 3:9b-23 (AV 1983/91) Belydenis: HK Sondag 1 Teks: 1 Korintiërs 3:21b-23 (AV 1983/91) Preek: Gelowiges

Nadere informatie

Jesus Christus se opstanding maak ons lewens sinvol

Jesus Christus se opstanding maak ons lewens sinvol SKRIFLESING: 1 Korintiërs 15:1-20 TEKS: 1 Korintiërs 15:20a TEMA: Jesus Christus se opstanding maak ons lewens sinvol Psalm 33 : 2 Psalm 33 : 11 Skrifberyming 10 (5-4) : 1, 2 Ook: Sb 27 : 1, 3 1 Weet u

Nadere informatie

Die Here laat ons maai wat ons gesaai het

Die Here laat ons maai wat ons gesaai het SKRIFLESING: Galasiërs 6 TEKS: Galasiërs 6:7-8 TEMA: Die Here laat ons maai wat ons gesaai het Psalm 100 : 1, 3, 4 Psalm 50 : 11 Psalm 91 : 1 (na belydenisaflegging) Psalm 126 : 3 Skrifberyming 33 (2-4)

Nadere informatie

SKRIFLESING: Jesaja 6. TEKS: Jesaja 6:3 HK 8. Voor die drie-maal heilige God buig ons laag. Psalm 99 : 1, 2. Psalm 81 : 11, 12

SKRIFLESING: Jesaja 6. TEKS: Jesaja 6:3 HK 8. Voor die drie-maal heilige God buig ons laag. Psalm 99 : 1, 2. Psalm 81 : 11, 12 SKRIFLESING: Jesaja 6 TEKS: Jesaja 6:3 HK 8 TEMA: Voor die drie-maal heilige God buig ons laag Psalm 99 : 1, 2 Psalm 81 : 11, 12 Skrifberyming 45 (18-7) : 8, 9 Ook: Skrifberyming 54 (2-6) : 5 2 Die Heidelbergse

Nadere informatie

Preek Romeine 6:3-4. (Preek tydens erediens in Gereformeerde Kerk Welkom-Noord op Sondag 25 Junie 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff

Preek Romeine 6:3-4. (Preek tydens erediens in Gereformeerde Kerk Welkom-Noord op Sondag 25 Junie 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff 1 Preek Romeine 6:3-4 (Preek tydens erediens in Gereformeerde Kerk Welkom-Noord op Sondag 25 Junie 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff Voor die erediens Sing: Skrifberyming 8-3 Sing: Lied 510:1,2,3,4

Nadere informatie

Galasiërs 6:11. Kyk met watter groot letters ek met my eie hand aan julle skrywe! (Galasiërs 6:11)

Galasiërs 6:11. Kyk met watter groot letters ek met my eie hand aan julle skrywe! (Galasiërs 6:11) Les 14 vir 30 September 2017 Paulus se slotrede is eintlik 'n oproep tot die Galasiërs. Paulus was soos 'n herder wat vir sy kudde sorg. Hy wou die waarhede van die geloof in die Galasiërs se gedagtes

Nadere informatie

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3.

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3. SKRIFLESING: Johannes 8 :12-20 TEKS: Johannes 8:12 TEMA: Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe Psalm 150 : 1, 2, 3 Psalm 43 : 3, 4 Skrifberyming 3 (4-7) : 1, 2 Skrifberyming 9 (18-1) : 1, 6 [Ook: Ps

Nadere informatie

Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek

Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek SKRIFLESING: 1 Johannes 2:28 3:10 TEKS: 1 Johannes 3:8b TEMA: Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek Psalm 45 : 1, 3, 5, 6 Psalm 79: 5, 6 Skrifberyming 33 (2-4) : 1, 2 Skrifberyming

Nadere informatie

PSALM 90:2 NGB 1. Votum en seën. Psalm 90 : 1. Gebed. Skriflesing: Psalm 90 (AV 1933/53) Belydenis: NGB 1. Teks: Psalm 90:2 (AV 1933/53)

PSALM 90:2 NGB 1. Votum en seën. Psalm 90 : 1. Gebed. Skriflesing: Psalm 90 (AV 1933/53) Belydenis: NGB 1. Teks: Psalm 90:2 (AV 1933/53) PSALM 90:2 NGB 1 Votum en seën Psalm 90 : 1 Gebed Skriflesing: Psalm 90 (AV 1933/53) Belydenis: NGB 1 Teks: Psalm 90:2 (AV 1933/53) Psalm 102 : 5, 11 Preek: God bestaan [nog] [altyd] Gebed Kollekte Skrifberyming

Nadere informatie

Vir die Here is die hoofsaak dat ons sal glo en gehoorsaam.

Vir die Here is die hoofsaak dat ons sal glo en gehoorsaam. SKRIFLESING: Prediker 11:9 12:14 TEKS: Prediker 12:13 (OAV) TEMA: INHOUD: Vir die Here is die hoofsaak dat ons sal glo en gehoorsaam. Die hoofsaak Psalm 146 : 1, 4, 8 Psalm 19 : 7 Skrifberyming 12-3 :

Nadere informatie

God se liefde vat ons vrees vir Sy oordeel weg

God se liefde vat ons vrees vir Sy oordeel weg SKRIFLESING: 1 Johannes 4:7-21 TEKS: 1 Johannes 4:17-18 TEMA: God se liefde vat ons vrees vir Sy oordeel weg Psalm 48 : 1 Psalm 99 : 1, 4 Psalm 103 : 6 (na doop) Psalm 43 : 3 Skrifberyming 10 (5-4) : 1,

Nadere informatie

Preek Romeine 1:16-17

Preek Romeine 1:16-17 1 Preek Romeine 1:16-17 (Preek gelewer tydens erediens in Welkom-Noord op Sondag 19 Februarie2017) Prediker: Ds JL van der Schyff Voor die erediens Sing: Lied 255:1,2,3 Sing: Psalm 119-1:39 Sing: Psalm

Nadere informatie

Jesaja sien die Toekoms

Jesaja sien die Toekoms Bybel vir Kinders bied aan Jesaja sien die Toekoms Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Jonathan Hay Aangepas deur: Mary-Anne S. Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

Preek 1 oor gesag (vyfde gebod)

Preek 1 oor gesag (vyfde gebod) 1 Preek 1 oor gesag (vyfde gebod) (Preek gelewer tydens gesamentlike erediens van Geref. Kerke Welkom en Welkom-Noord op Sondag 6 Augustus 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff Voor die erediens Sing: Lied

Nadere informatie

SKRIFLESING: 1 Petrus 2:1-10. TEKS: 1 Petrus 2:9. God red sodat ons sal vertel. Psalm 40 : 5. Psalm 4 : 3. Skrifberyming 8 (5-3) : 2.

SKRIFLESING: 1 Petrus 2:1-10. TEKS: 1 Petrus 2:9. God red sodat ons sal vertel. Psalm 40 : 5. Psalm 4 : 3. Skrifberyming 8 (5-3) : 2. SKRIFLESING: 1 Petrus 2:1-10 TEKS: 1 Petrus 2:9 TEMA: God red sodat ons sal vertel. Psalm 40 : 5 Psalm 4 : 3 Skrifberyming 8 (5-3) : 2 Psalm 71 : 9, 14 Skrifberyming 78 (13-3) Ook: Sb 24 (1-1) : 6 2 Waar

Nadere informatie

Goeie Konings, Slegte Konings

Goeie Konings, Slegte Konings Bybel vir Kinders bied aan Goeie Konings, Slegte Konings Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Lazarus Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

SKRIFLESING: Prediker 11. TEKS: Prediker 11:4, 6. Wie met God reken, gebruik sy/haar kanse. Psalm 149 : 1, 2. Psalm 126 : 3.

SKRIFLESING: Prediker 11. TEKS: Prediker 11:4, 6. Wie met God reken, gebruik sy/haar kanse. Psalm 149 : 1, 2. Psalm 126 : 3. SKRIFLESING: Prediker 11 TEKS: Prediker 11:4, 6 TEMA: Wie met God reken, gebruik sy/haar kanse Psalm 149 : 1, 2 Psalm 126 : 3 Psalm 128 : 1, 4 1 Is dit nog die moeite werd om dinge aan te pak in die kerk,

Nadere informatie

SKRIFLESING: 1 Korintiërs 13. TEKS: 1 Korintiërs 13:8. Die liefde bly vir ewig. Psalm 103 : 1, 2. Psalm 102 : 11, 12. Skrifberyming 21 (9-4) : 1, 6

SKRIFLESING: 1 Korintiërs 13. TEKS: 1 Korintiërs 13:8. Die liefde bly vir ewig. Psalm 103 : 1, 2. Psalm 102 : 11, 12. Skrifberyming 21 (9-4) : 1, 6 SKRIFLESING: 1 Korintiërs 13 TEKS: 1 Korintiërs 13:8 TEMA: Die liefde bly vir ewig Psalm 103 : 1, 2 Psalm 102 : 11, 12 Skrifberyming 21 (9-4) : 1, 6 Skrifberyming 78 (13-3) Ook: Sb 33 (2-4) : 2 2 U ken

Nadere informatie

Preek Genesis 1:27. (Preek gelewer tydens oggenddiens in Welkom-Noord op Sondag 6 November 2016)

Preek Genesis 1:27. (Preek gelewer tydens oggenddiens in Welkom-Noord op Sondag 6 November 2016) 1 Preek Genesis 1:27 (Preek gelewer tydens oggenddiens in Welkom-Noord op Sondag 6 November 2016) Voor die erediens Sing: Lied 447:1 Sing: Lied 456:1,3 Afkondigings Stilte Ontmoetingsdiens: Toetredelied:

Nadere informatie

Die Here tree op teen dié wat terugdraai sonde toe

Die Here tree op teen dié wat terugdraai sonde toe SKRIFLESING: Genesis 19:1-30 TEKS: Genesis 19:26 TEMA: Die Here tree op teen dié wat terugdraai sonde toe Psalm 48 : 4 Psalm 7 : 6, 7 Psalm 1 : 1 Skrifberyming 78 (13-3) Ook: Sb 38 (15-2) : 2, 3 As n mens

Nadere informatie

Gereformeerde Kerk Bloempark Die Drie-eenheid (Sondag 8)

Gereformeerde Kerk Bloempark Die Drie-eenheid (Sondag 8) Gereformeerde Kerk Bloempark Die Drie-eenheid (Sondag 8) Teks: Verskeie & HK Sondag 8 Inleiding Geliefdes, die Drie-eenheid van God is seker van die meeste moeilike dinge om te verstaan, en gewoonlik van

Nadere informatie

SKRIFLESING: Matteus 11: TEKS: Matteus 11:28. Christus gee gekwelde mense rus. Psalm 145 : 1, 2. Skrifberyming 12-3 : 1, 2 (na geloofsbelydenis)

SKRIFLESING: Matteus 11: TEKS: Matteus 11:28. Christus gee gekwelde mense rus. Psalm 145 : 1, 2. Skrifberyming 12-3 : 1, 2 (na geloofsbelydenis) SKRIFLESING: Matteus 11:20-30 TEKS: Matteus 11:28 TEMA: Christus gee gekwelde mense rus. Psalm 145 : 1, 2 Skrifberyming 12-3 : 1, 2 (na geloofsbelydenis) Psalm 135 : 3 (na gebed) Psalm 84 : 2 (na preek)

Nadere informatie

n Tempel Leier besoek Jesus

n Tempel Leier besoek Jesus Bybel vir Kinders bied aan n Tempel Leier besoek Jesus Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Byron Unger; Lazarus Aangepas deur: M. Maillot; Sarah S. Vertaal deur: Yvette Brits Vervaardig deur: Bible

Nadere informatie

WAT IS DIE VOLGORDE VAN DIE VERLOSSINGSERVARING?

WAT IS DIE VOLGORDE VAN DIE VERLOSSINGSERVARING? WAT IS DIE VOLGORDE VAN DIE VERLOSSINGSERVARING? Daar is geen chronologiese volgorde nie. Daar is egter wel n logiese volgorde. # 1 Bekering Bekering, Regverdigmaking, Wedergeboorte Aanneming, Heiligmaking......alles

Nadere informatie

Wie God se beloftes het, streef om skoon te word en heilig te wees

Wie God se beloftes het, streef om skoon te word en heilig te wees SKRIFLESING: 2 Korintiërs 6:14 7:1 TEKS: 2 Korintiërs 7:1 TEMA: Wie God se beloftes het, streef om skoon te word en heilig te wees Psalm 103 : 1 Psalm 30 : 7 Psalm 68 : 9 Skrifberyming 78 (13-3) Ook: Sb

Nadere informatie

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE:

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE: VRUGTE VAN DIE GEES VRAE: GEDULD: (Patience) 1. Wat is geduld? 2. Wat is van die goed waarvoor jy geduldig moet wees? 3. Is dit moeilik vir jou om geduldig te wees? 4. Hoe kan jy geduld wys? SELFBEHEERSING:

Nadere informatie

SKRIFLESING: Prediker 1:1-11. TEKS: Prediker 1:3. Los van God bied die lewe niks. Psalm 149 : 1, 2. Skrifberyming 19 (2-1) : 1, 2.

SKRIFLESING: Prediker 1:1-11. TEKS: Prediker 1:3. Los van God bied die lewe niks. Psalm 149 : 1, 2. Skrifberyming 19 (2-1) : 1, 2. SKRIFLESING: Prediker 1:1-11 TEKS: Prediker 1:3 TEMA: Los van God bied die lewe niks Psalm 149 : 1, 2 Skrifberyming 19 (2-1) : 1, 2 Psalm 90 : 2, 3 Psalm 90 : 1, 9 Ook: Ps 39 : 3, 4 Ps 102 : 11, 12 Wanneer

Nadere informatie

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24 1 15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24 Tema Wanneer jy in Jesus glo, eindig jou lewe nie op die dag wanneer jy doodgaan nie. Jy sal uit die dood opstaan en

Nadere informatie

Dankoffersondag met Nagmaal 4 November

Dankoffersondag met Nagmaal 4 November Dankoffersondag met Nagmaal 4 November Ek begin diens met afkondigings, votum, seëngroet Votum: Ons het ondervind dat die Here goed is. Kom na Hom toe, die lewende steen, wat deur die mense afgekeur is,

Nadere informatie

Die Kerk se Geboorte

Die Kerk se Geboorte Bybel vir Kinders bied aan Die Kerk se Geboorte Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Vertaal deur: Gert Badenhorst Aangepas deur: Ruth Klassen Storie 55 van 60 www.m1914.org Bible for

Nadere informatie

SPREUKE 16:9. Votum en seën. Psalm 8 : 1, 2. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Exodus 20:1-17 (AV 1933/53) Psalm 65 : 2, 4.

SPREUKE 16:9. Votum en seën. Psalm 8 : 1, 2. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Exodus 20:1-17 (AV 1933/53) Psalm 65 : 2, 4. SPREUKE 16:9 Votum en seën Psalm 8 : 1, 2 Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels Wet: Exodus 20:1-17 (AV 1933/53) Psalm 65 : 2, 4 Gebed Skriflesing: Spreuke 16:1-15 (AV 1933/53) Teks: Spreuke 16:9 (AV 1933/53)

Nadere informatie

MATTEUS 22:11-13 HK SONDAG 30:81

MATTEUS 22:11-13 HK SONDAG 30:81 MATTEUS 22:11-13 HK SONDAG 30:81 Votum en seën Psalm 2 : 6 Geloofsbelydenis: Nicea Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983) Psalm 86 : 6 Gebed Skriflesing: Matteus 22:1-14 (AV 1983) Belydenis: HK 30:81 Teks: Matteus

Nadere informatie

Skriflesing: 2 Tim 2:14-26(word gelees deur gemeentelede uit die banke)

Skriflesing: 2 Tim 2:14-26(word gelees deur gemeentelede uit die banke) Preek 2 Tim 2 : 14-26 Kan jy of kan jy nie? Verwelkoming Votum(Ds. Danie) Seëngroet(Ds. Danie) Lofprysing Gebed Kan jy of kan jy nie? Baie eenvoudige tema, maar het so n wye betekenis. Ek wil vra dat u

Nadere informatie

TEKS: Openbaring 1:4b-5a HK 8

TEKS: Openbaring 1:4b-5a HK 8 SKRIFLESING: Openbaring 1:1-8 TEKS: Openbaring 1:4b-5a HK 8 TEMA: Die drie-enige God seën Sy kerk. Psalm 67 : 2 Psalm 90 : 1 Skrifberyming 25 (19-3) : 1, 2, 3 Skrifberyming 78 (13-3) Ook: Ps 89 : 10, 11,

Nadere informatie

14. Ek glo my sondes word vergewe 1 Johannes 1:5 2:2

14. Ek glo my sondes word vergewe 1 Johannes 1:5 2:2 1 14. Ek glo my sondes word vergewe 1 Johannes 1:5 2:2 Tema Wanneer ons bely dat ons sonde doen, vir God daarvan vertel en sê ons is jammer, verseker Hy ons dat Hy ons sonde vergewe. Agtergrond en interpretasie

Nadere informatie

TEKS: Handelinge 2:39 HK 27:74. Die Here se belofte geld ook vir die kinders van gelowiges

TEKS: Handelinge 2:39 HK 27:74. Die Here se belofte geld ook vir die kinders van gelowiges SKRIFLESING: Handelinge 2:37-47 TEKS: Handelinge 2:39 HK 27:74 TEMA: Die Here se belofte geld ook vir die kinders van gelowiges Psalm 90 : 1 Skrifberyming 15 (16-1) : 1, 2, 3 Psalm 90 : 9 1 Dit gebeur

Nadere informatie

Die Here gee vir mense, wat oor Hom bly is, dit wat hulle harte begeer.

Die Here gee vir mense, wat oor Hom bly is, dit wat hulle harte begeer. SKRIFLESING: Psalm 37 : 1-11 TEKS: Psalm 37:4 TEMA: Die Here gee vir mense, wat oor Hom bly is, dit wat hulle harte begeer. Psalm 150 : 1, 2 Psalm 139 : 1, 3 Skrifberyming 72 (12-3) : 1, 2 Psalm 33 : 11

Nadere informatie

n Dubbele kruis-belydenis

n Dubbele kruis-belydenis 1 n Dubbele kruis-belydenis Dr AH Bogaards Lees: Lk.23:26-49 Teks: Lk.23:42-43 (Nagmaal) Datum: 7 Desember Psalms: Ps.43:3,4; 119:26; 119:27; 25:1,3; 23:1,3; 118 1. Inleiding Laat ons daaraan dink dat

Nadere informatie

Preek oor: Wat doen die Heilige Gees? Die Heilige Gees laat die wedergeboorte plaasvind

Preek oor: Wat doen die Heilige Gees? Die Heilige Gees laat die wedergeboorte plaasvind 1 Preek oor: Wat doen die Heilige Gees? Die Heilige Gees laat die wedergeboorte plaasvind (Preek gelewer tydens erediens in Welkom-Noord op Sondag 29 Mei 2016) Voor die erediens Sing: Psalm 71-1:1,9,12

Nadere informatie

Die Here gee vrede en geregtigheid waar mense Hom gehoorsaam

Die Here gee vrede en geregtigheid waar mense Hom gehoorsaam SKRIFLESING: Jesaja 48 TEKS: Jesaja 48:18 (AV 1933/53) TEMA: Die Here gee vrede en geregtigheid waar mense Hom gehoorsaam Psalm 18 : 1 Skrifberyming 16 (11-3) : 4, 6 Psalm 81 : 15, 18 Psalm 37 : 17, 23

Nadere informatie

TEKS: Spreuke 1:8-9 HK 39. In Christenhuise kry en aanvaar kinders goeie onderrig.

TEKS: Spreuke 1:8-9 HK 39. In Christenhuise kry en aanvaar kinders goeie onderrig. SKRIFLESING: Spreuke 1:1-19 TEKS: Spreuke 1:8-9 HK 39 TEMA: In Christenhuise kry en aanvaar kinders goeie onderrig. Psalm 93 : 1, 4 Psalm 81 : 9, 12 Skrifberyming 26 (9-1) : 7 Psalm 119 : 4 Skrifberyming

Nadere informatie

BYBELSTUDIE OPENBARING LES 4 HOOFSTUK 1:9-13.

BYBELSTUDIE OPENBARING LES 4 HOOFSTUK 1:9-13. 1 BYBELSTUDIE OPENBARING LES 4 HOOFSTUK 1:9-13. Openbaring 1:1-8: In die eerste verse vind ons die oorsprong van die boek Openbaring: God self! Hy het dit aan Jesus Christus gegee om dit verder deur te

Nadere informatie

U het rég gehoor: dat u die HÉre daar gaan dien; want dis wat die Heilige Gees ons hier laat hoor, dat ook ons alledaagse werk godsdiens is.

U het rég gehoor: dat u die HÉre daar gaan dien; want dis wat die Heilige Gees ons hier laat hoor, dat ook ons alledaagse werk godsdiens is. SKRIFLESING: Kolossense 3:18 4:1 TEKS: Kolossense 3:23 TEMA: God se kinders dien HÅm in hulle werk. Psalm 84 : 1, 6 Psalm 139 : 1, 5 Psalm 104 : 8, 9, 14 Skrifberyming 45 (18-7) : 1, 10 2 Vir die meeste

Nadere informatie

Reaksie op God se Ontferming (I): Rom. 12: 1 2 Kraggakamma, So-oggend 06 Julie 2008

Reaksie op God se Ontferming (I): Rom. 12: 1 2 Kraggakamma, So-oggend 06 Julie 2008 Reaksie op God se Ontferming (I): Rom. 12: 1 2 Kraggakamma, So-oggend 06 Julie 2008 Voorafsang Afkondiginge Seëngroet Wydingslied = 500: 2 (Sittende) Bevestig met die Skrif uit Ps. 103: 13 Ontferm : omgee,

Nadere informatie

toegewy aan God ross os s v an v nieker i k

toegewy aan God ross os s v an v nieker i k toegewy aan God ross van niekerk goddelike nageslag hoe verseker ons dit? 1. modelleer. 2. liefde. 3. instruksie. 4. dissipline. 5. meedeling. psalm 127:3 Kyk, kinders is n erfdeel van die HERE; die vrug

Nadere informatie

Preektema: God bring ons uit die lykshuis, skenk geloof om te leef tot sy eer! Skriflesing: Efesiërs 2:1-10

Preektema: God bring ons uit die lykshuis, skenk geloof om te leef tot sy eer! Skriflesing: Efesiërs 2:1-10 Preektema: God bring ons uit die lykshuis, skenk geloof om te leef tot sy eer! Skriflesing: Efesiërs 2:1-10 Inleiding Daar bestaan n spreekwoord in Afrikaans: Moenie doekies om draai nie. Praat reguit

Nadere informatie

Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak.

Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak. Vals beeld van God: Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak. Ware beeld van God: God se beloftes word vervul in Jesus. Ons kan

Nadere informatie

1 KORINTIËRS 1:4. Votum en seën. Psalm 116 : 7, 10. Gebed. Psalm 31 : 13, 18. Skriflesing: 1 Korintiërs 1:1-9 (AV 1933/53)

1 KORINTIËRS 1:4. Votum en seën. Psalm 116 : 7, 10. Gebed. Psalm 31 : 13, 18. Skriflesing: 1 Korintiërs 1:1-9 (AV 1933/53) 1 KORINTIËRS 1:4 Votum en seën Psalm 116 : 7, 10 Gebed Psalm 31 : 13, 18 Skriflesing: 1 Korintiërs 1:1-9 (AV 1933/53) Teks: 1 Korintiërs 1:4 (AV 1933/53) Preek: Voorop by n gemeente is dank aan God vir

Nadere informatie

SKRIFLESING: Jesaja 55. TEKS: Jesaja 55: Die Here se Woord werk. Skrifberyming 34 (2-2) : 1. Psalm 19 : 4. Psalm 33 : 5.

SKRIFLESING: Jesaja 55. TEKS: Jesaja 55: Die Here se Woord werk. Skrifberyming 34 (2-2) : 1. Psalm 19 : 4. Psalm 33 : 5. SKRIFLESING: Jesaja 55 TEKS: Jesaja 55:10-11 TEMA: Die Here se Woord werk. Skrifberyming 34 (2-2) : 1 Psalm 19 : 4 Psalm 33 : 5 Psalm 89 : 6 Skrifberyming 78 (13-3) Ook: Ps 147 : 6, 7 Sb 34 (2-2) : 2 2

Nadere informatie

SKRIFLESING: Johannes 4:1-30. TEKS: Johannes 4:10. Die Here les mense se diepste dors. Psalm 84 : 2, 3. Psalm 139 : 1, 3. Skrifberyming 6 (5-1) : 5

SKRIFLESING: Johannes 4:1-30. TEKS: Johannes 4:10. Die Here les mense se diepste dors. Psalm 84 : 2, 3. Psalm 139 : 1, 3. Skrifberyming 6 (5-1) : 5 SKRIFLESING: Johannes 4:1-30 TEKS: Johannes 4:10 TEMA: Die Here les mense se diepste dors Psalm 84 : 2, 3 Psalm 139 : 1, 3 Skrifberyming 6 (5-1) : 5 Skrifberyming 9 (18-1) : 1, 6 Skrifberyming 78 (13-3)

Nadere informatie

Preektema: Die doop is n genadedaad van God aan sondaarmense.

Preektema: Die doop is n genadedaad van God aan sondaarmense. 1 Preektema: Die doop is n genadedaad van God aan sondaarmense. Vooraf sang Lied 241:1,2; Nuwe Sb: God spreek deur sy Seun vers 1,2 (Mel Lied 271) Intreelied: Lied 151:1,2 Votum Seëngroet Lofsang: Lied

Nadere informatie

Preek Romeine 11:36. (Preek gelewer tydens erediens in Welkom-Noord op Sondag 26 Maart 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff

Preek Romeine 11:36. (Preek gelewer tydens erediens in Welkom-Noord op Sondag 26 Maart 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff 1 Preek Romeine 11:36 (Preek gelewer tydens erediens in Welkom-Noord op Sondag 26 Maart 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff Voor die erediens Sing: Psalm 150-1:1,2,3 Sing: Psalm 99-1:1,2,5 Sing: Psalm

Nadere informatie

Bybel vir Kinders. bied aan. Joshua neem Beheer

Bybel vir Kinders. bied aan. Joshua neem Beheer Bybel vir Kinders bied aan Joshua neem Beheer Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

Petrus en die Krag van Gebed

Petrus en die Krag van Gebed Bybel vir Kinders bied aan Petrus en die Krag van Gebed Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Vertaal deur: Gert Badenhorst Aangepas deur: Ruth Klassen Storie 57 van 60 www.m1914.org

Nadere informatie

Bybel vir Kinders bied aan. Die Kerk Kry Moeilikheid

Bybel vir Kinders bied aan. Die Kerk Kry Moeilikheid Bybel vir Kinders bied aan Die Kerk Kry Moeilikheid Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Gert Badenhorst Vervaardig deur: Bible for Children

Nadere informatie

Jesus kom op n onbekende tyd weer bly dan gereed vir Hom!

Jesus kom op n onbekende tyd weer bly dan gereed vir Hom! SKRIFLESING: Matteus 25:1-13 TEKS: Matteus 25:13 TEMA: Jesus kom op n onbekende tyd weer bly dan gereed vir Hom! Psalm 98 : 3 Psalm 99 : 1, 3 Skrifberyming 29 (18-3) : 8, 9 Skrifberyming 43 (15-7) : 5

Nadere informatie

Preek Handelinge 15:11 en Efesiërs 2:8

Preek Handelinge 15:11 en Efesiërs 2:8 1 Preek Handelinge 15:11 en Efesiërs 2:8 (Preek gelewer tydens erediens in Welkom-Noord op Sondag 5 Maart 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff Voor die erediens Sing: Lied 203:1,2 Sing: Lied 231:1,2,3

Nadere informatie

WAAROM ONS AANHOU MET DIE KINDERDOOP. n Reaksie op Christo Nel se oproep tot n nuwe hervorming, en sy verwerping van die kinderdoop

WAAROM ONS AANHOU MET DIE KINDERDOOP. n Reaksie op Christo Nel se oproep tot n nuwe hervorming, en sy verwerping van die kinderdoop WAAROM ONS AANHOU MET DIE KINDERDOOP n Reaksie op Christo Nel se oproep tot n nuwe hervorming, en sy verwerping van die kinderdoop Christo Nel het n brief geskryf aan alle predikante in Reformatoriese

Nadere informatie

SKRIFLESING: Johannes 3:1-21. TEKS: Johannes 3:16. Psalm 149 : 1, 2. Psalm 25 : 3. Psalm 103 : 6 (na doop) Skrifberyming 33 (2-4) : 1

SKRIFLESING: Johannes 3:1-21. TEKS: Johannes 3:16. Psalm 149 : 1, 2. Psalm 25 : 3. Psalm 103 : 6 (na doop) Skrifberyming 33 (2-4) : 1 SKRIFLESING: Johannes 3:1-21 TEKS: Johannes 3:16 INHOUD: Die liefde van God Psalm 149 : 1, 2 Psalm 25 : 3 Psalm 103 : 6 (na doop) Skrifberyming 33 (2-4) : 1 2 As ons sou weet dat die wêreld hierdie week

Nadere informatie

Vir hierdie herontdekking het die Here veral vir Martin Luther gebruik.

Vir hierdie herontdekking het die Here veral vir Martin Luther gebruik. ROMEINE 14:8 Votum Seën Psalm 46 : 1, 4 Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 32 : 3 Formulier vir die Bediening van die Heilige Doop aan Kinders Psalm 68 : 9 (na doop)

Nadere informatie

TEKS: Johannes 18: 36 HK 12:31

TEKS: Johannes 18: 36 HK 12:31 SKRIFLESING: Johannes 18:28-40 TEKS: Johannes 18: 36 HK 12:31 TEMA: Jesus Christus is anders Koning. Psalm 2 : 4 Skrifberyming 15 (16-1) : 1, 2 Psalm 72 : 6, 9 Skrifberyming 78 (13-3) Ook: Ps 45 Ps 48

Nadere informatie

12. Ek glo in die Heilige Gees Johannes 16:5-7, 12-15

12. Ek glo in die Heilige Gees Johannes 16:5-7, 12-15 1 12. Ek glo in die Heilige Gees Johannes 16:5-7, 12-15 Tema Jesus het die Heilige Gees gestuur om ons te help. Agtergrond en interpretasie Hierdie ontmoeting sluit by die voriges aan. Een artikel van

Nadere informatie

JOHANNES 10:10b-11. Votum en seën. Skrifberyming 34 (2-2) : 1. Gebed. Skriflesing: Johannes 10:1-21 (AV 1983/91) Teks: Johannes 10:10b-11 (AV 1983/91)

JOHANNES 10:10b-11. Votum en seën. Skrifberyming 34 (2-2) : 1. Gebed. Skriflesing: Johannes 10:1-21 (AV 1983/91) Teks: Johannes 10:10b-11 (AV 1983/91) JOHANNES 10:10b-11 Votum en seën Skrifberyming 34 (2-2) : 1 Gebed Skriflesing: Johannes 10:1-21 (AV 1983/91) Teks: Johannes 10:10b-11 (AV 1983/91) Psalm 32 : 4 Preek: Die goeie Herder gee ware lewe in

Nadere informatie

Bybel vir Kinders. bied aan. Ryk man, Arm man

Bybel vir Kinders. bied aan. Ryk man, Arm man Bybel vir Kinders bied aan Ryk man, Arm man Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: M. Maillot; Lazarus Aangepas deur: M. Maillot; Sarah S. Vertaal deur: Yvette Brits Vervaardig deur: Bible for Children

Nadere informatie

NIe net hier in 1 Korintiers 13 nie, maar in die hele 1 Korintiërs lees ons van al hierdie dinge wat die gemeente van Korinte gedoen het.

NIe net hier in 1 Korintiers 13 nie, maar in die hele 1 Korintiërs lees ons van al hierdie dinge wat die gemeente van Korinte gedoen het. 1 Preek: 1 Korintiërs 13:1-13 Teksverse: 1 Korintiërs 13:7 Tema: Die Heilige Gees rus jou toe om met ware liefde te leef! Inleiding Geliefde gemeente, ons het afgelope Donderdag op n besondere manier aan

Nadere informatie

Les 1 vir 7 Oktober 2017

Les 1 vir 7 Oktober 2017 Les 1 vir 7 Oktober 2017 Hierdie kwartaal bestudeer ons die boek Romeine. Eerstens, dit is goed om te weet hoe Paulus die skrywer verwant is aan die Christene wat in die belangrikste stad van daardie tyd

Nadere informatie

Die Groot Gebod dennis de wet

Die Groot Gebod dennis de wet Die Groot Gebod dennis de wet Die Groot Gebod Meester, wat is die groot gebod in die wet? En Jesus antwoord hom: Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand.

Nadere informatie

Hoé weet ons die Bybel is die Woord van God? Erkenning van die gesag van die Skrif en die Heilige Gees

Hoé weet ons die Bybel is die Woord van God? Erkenning van die gesag van die Skrif en die Heilige Gees 1 Hoé weet ons die Bybel is die Woord van God? Erkenning van die gesag van die Skrif en die Heilige Gees Voordrag gehou by die konferensie oor Skrifgesag op 24 September 2014 by die Gereformeerde Kerk

Nadere informatie

SKRIFLESING: Prediker 8:9-17. TEKS: Prediker 8:11 HK 4. Mense dink verniet dat God nié straf nie. Psalm 92 : 1, 2. Psalm 94 : 4, 12.

SKRIFLESING: Prediker 8:9-17. TEKS: Prediker 8:11 HK 4. Mense dink verniet dat God nié straf nie. Psalm 92 : 1, 2. Psalm 94 : 4, 12. SKRIFLESING: Prediker 8:9-17 TEKS: Prediker 8:11 HK 4 TEMA: Mense dink verniet dat God nié straf nie. Psalm 92 : 1, 2 Psalm 94 : 4, 12 Psalm 92 : 3, 4 Ook: Ps 10 Ps 50 Ps 73 2 Dis ongelukkig n feit dat

Nadere informatie

MEKAAR-TEKSTE IN DIE BYBEL

MEKAAR-TEKSTE IN DIE BYBEL MEKAAR-TEKSTE IN DIE BYBEL Die tweede element van ons gemeentevisie is dat ons n hegte en insluitende geloofsfamilie sal wees. Hierdie reeks fokus op hierdie uiters belangrike deel van dissipelskap: Hoe

Nadere informatie

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun Bybel vir Kinders bied aan Die Verlore Seun Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Lazarus Aangepas deur: Ruth Klassen; Sarah S. Vertaal deur: Yvette Brits Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

Preek 2 oor gesag (vyfde gebod)

Preek 2 oor gesag (vyfde gebod) Preek 2 oor gesag (vyfde gebod) (Preek gelewer tydens gesamentlike erediens van Geref. Kerke Welkom en Welkom-Noord op Sondag 13 Augustus 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff Voor die erediens Sing: Lied

Nadere informatie

Jona en die Groot Vis

Jona en die Groot Vis Bybel vir Kinders bied aan Jona en die Groot Vis Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Jonathan Hay Aangepas deur: Mary-Anne S. Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

SKRIFLESING: Openbaring 1:1-8. TEKS: Openbaring 1:8. Die Here omvat alles altyd. Psalm 90 : 1, 2. Psalm 65 : 2, 4. Psalm 102 : 11

SKRIFLESING: Openbaring 1:1-8. TEKS: Openbaring 1:8. Die Here omvat alles altyd. Psalm 90 : 1, 2. Psalm 65 : 2, 4. Psalm 102 : 11 SKRIFLESING: Openbaring 1:1-8 TEKS: Openbaring 1:8 TEMA: Die Here omvat alles altyd. Psalm 90 : 1, 2 Psalm 65 : 2, 4 Psalm 102 : 11 Skrifberyming 10 (5-4 ) 5, 6 [Ook: Sb 7-2 : 1, 2 Sb 24 : 1, 7] 1 Die

Nadere informatie

Jesus - Die Grootste Geskenk van Alle Tye - Reformation Society

Jesus - Die Grootste Geskenk van Alle Tye - Reformation Society "Jesus antwoord en sê vir haar: As jy die gawe van God geken het en geweet het wie Hy is wat vir jou sê: Gee vir My water om te drink, sou jy Hom gevra het en Hy sou vir jou lewende water gegee het." Johannes

Nadere informatie

SKRIFLESING: Lukas 8: TEKS: Lukas 8:25a. Geloof moet werk. Psalm 48 : 4. Psalm 119 : 36. Psalm 31 : 1, 2. Skrifberyming 74 (14-2)

SKRIFLESING: Lukas 8: TEKS: Lukas 8:25a. Geloof moet werk. Psalm 48 : 4. Psalm 119 : 36. Psalm 31 : 1, 2. Skrifberyming 74 (14-2) SKRIFLESING: Lukas 8:22-39 TEKS: Lukas 8:25a TEMA: Geloof moet werk. Psalm 48 : 4 Psalm 119 : 36 Psalm 31 : 1, 2 Skrifberyming 74 (14-2) Skrifberyming 78 (13-3) 2 Dis maklik, as ons veilig en rustig hier

Nadere informatie

Paulus kritiseer sy tyd se manier

Paulus kritiseer sy tyd se manier . Datum: 25 Mei 2011 Oorspronklike artikel in Beeld. Kyk ook: - Vrouens en Hoede ********** Paulus kritiseer sy tyd se manier Paulus beveel nie die vroue om aan hul mans onderdanig te wees nie, hy kritiseer

Nadere informatie

Sê maar jy word voor die keuse gestel om een van die volgende getalle as geld in Rand te ontvang, watter een sal jy kies?

Sê maar jy word voor die keuse gestel om een van die volgende getalle as geld in Rand te ontvang, watter een sal jy kies? VERGELYK en RANGSKIK GETALLE Om vergelykings te tref tussen verskillende dinge is n vaardigheid waarmee ons almal gebore word. Dit begin vroeg-vroeg al wanneer ons verskillende tipes speelgoed met mekaar

Nadere informatie

Soos n wildsbok wat smag na water Smag my siel na u o Heer U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer SOOS N WILDSBOK

Soos n wildsbok wat smag na water Smag my siel na u o Heer U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer SOOS N WILDSBOK Soos n wildsbok wat smag na water Smag my siel na u o Heer U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer SOOS N WILDSBOK U alleen is my krag en skild Aan U alleen wy ek nou myself U alleen is

Nadere informatie

MATTEUS 27:46. Votum en seën. Skrifberyming 5-3 (8) : 2. Gebed. Skriflesing: Matteus 27:32-50 (AV 1933/53) Teks: Matteus 27:46 (AV 1933/53)

MATTEUS 27:46. Votum en seën. Skrifberyming 5-3 (8) : 2. Gebed. Skriflesing: Matteus 27:32-50 (AV 1933/53) Teks: Matteus 27:46 (AV 1933/53) MATTEUS 27:46 Votum en seën Skrifberyming 5-3 (8) : 2 Gebed Skriflesing: Matteus 27:32-50 (AV 1933/53) Teks: Matteus 27:46 (AV 1933/53) Psalm 22 : 1 Preek: Jesus is deur God verlaat, sodat dit nooit met

Nadere informatie

HEMELVAART. SKRIFLESING: Johannes 14:1-14. TEKS: Johannes 14:2-3 (AV 1933/53) Jesus Christus is hemel toe vir ons. Psalm 2 : 4, 6.

HEMELVAART. SKRIFLESING: Johannes 14:1-14. TEKS: Johannes 14:2-3 (AV 1933/53) Jesus Christus is hemel toe vir ons. Psalm 2 : 4, 6. HEMELVAART SKRIFLESING: Johannes 14:1-14 TEKS: Johannes 14:2-3 (AV 1933/53) TEMA: Jesus Christus is hemel toe vir ons Psalm 2 : 4, 6 Psalm 68 : 8 Psalm 84 : 1, 2 Ook: Psalm 24 : 4, 5 2 Jesus se hemelvaart

Nadere informatie

Heilig, heilig, heilig, heilig is die Heer. Eng'le in die hemel buig hul voor Hom neer. Here, hoor my bede, hoor my as ek sing, en aan U, my Vader,

Heilig, heilig, heilig, heilig is die Heer. Eng'le in die hemel buig hul voor Hom neer. Here, hoor my bede, hoor my as ek sing, en aan U, my Vader, Heilig, heilig, heilig, heilig is die Heer. Eng'le in die hemel buig hul voor Hom neer. Here, hoor my bede, hoor my as ek sing, en aan U, my Vader, al my hulde bring. Lied 171:2 Heilig, heilig, heilig,

Nadere informatie

MATTEUS 16:4 NGB 1. Votum en seën. Psalm 104 : 1, 20, 21. Gebed. Skriflesing: Matteus 16:1-12 (AV 1933/53) Belydenis: NGB 1

MATTEUS 16:4 NGB 1. Votum en seën. Psalm 104 : 1, 20, 21. Gebed. Skriflesing: Matteus 16:1-12 (AV 1933/53) Belydenis: NGB 1 MATTEUS 16:4 NGB 1 Votum en seën Psalm 104 : 1, 20, 21 Gebed Skriflesing: Matteus 16:1-12 (AV 1933/53) Belydenis: NGB 1 Teks: Matteus 16:4 (AV 1933/53) 1 Psalm 19 : 1 Preek: God wys Sy krag en liefde vir

Nadere informatie

Preek 1 Petrus 2:9-12

Preek 1 Petrus 2:9-12 1 Preek 1 Petrus 2:9-12 (Preek tydens erediens in Gereformeerde Kerk Welkom-Noord op Sondag 11 Junie 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff Voor die erediens: Sing: Lied 308:1,2,3,5 Sing: Lied 309:1,2,3

Nadere informatie