NABETRAGTING 1 Timoteus 6:12

Maat: px
Weergave met pagina beginnen:

Download "NABETRAGTING 1 Timoteus 6:12"

Transcriptie

1 NABETRAGTING 1 Timoteus 6:12 Votum en seën Psalm 91 : 1, 2 Gebed Skriflesing: 1 Timoteus 6:3-16 (AV 1933/53) Teks: 1 Timoteus 6:12a (AV 1933/53) Skrifberyming 53 (14-3) : 4 Preek: Die Here roep ons op om die goeie stryd aan te hou stry Gebed Kollekte Psalm 20 : 1, 2, 7 Seën Skrifberyming 78 (13-3)

2 2 Die Here was vir ons goed in vanoggend se erediens, deur die dag, gister en eergister, nog altyd. Maar nou s dit tyd om n bietjie vorentoe toe te kyk - na hoe begenadigdes se pad vorentoe lyk en behoort te lyk; - na die lewe wat wag vir dankbare nagmaalgangers. Ek is seker dat u graag sou wou hoor dat die pad vorentoe vir u net mooi en maklik gaan wees gelyk, rustig, strydloos. Maar dis nie soos dit gaan wees nie. Die teendeel is eerder waar, want die Here sê oor en oor in Sy Woord vir ons dat die lewe as n kind van die Here op hierdie aarde n lewe van stryd is! En ons word opgeroep (soos hier in ons teksvers) om aan te hou om die goeie stryd te stry. Dis wat vanaand vir u gepreek word, dat die pad vorentoe die pad is van voortgaan met die goeie stryd! Kom ons luister eers na die feit dát ons moet stry, en dan na hóé ons moet stry. 1. DAT ONS MOET STRY Die lewe wat ons, wat uit genade kinders van die Here gemaak is, moet lewe, word hier beskrywe as n stryd. Die woorde wat die Heilige Gees die apostel Paulus hier laat gebruik, kan n mens laat dink aan die stryd op n atletiekbaan om eerste te kom en die prys te wen, 1 maar dit kan jou ook laat dink aan n soort geveg, soos n boksgeveg of n stoeigeveg. Dis in elk geval woorde wat wil sê: - ons lewe as kinders van God is nie maar iets wat sommer so maklik, sommer so vanself, sommer so sonder enige inspanning kom nie; 1 Vgl AV 1983

3 3 - daar s allerhande struikelblokke op die pad van Christen-wees en daar s teenstand daarteen en daar s allerhande faktore wat dit moeilik maak; - soveel so dat ons dit net met doelbewuste en intense geestelike kraginspanning sal regkry. Dis n stryd wat jy moet stry. Die lewe as n gelowige is nie n stokperdjie wat jy beoefen nie, maar n geveg waarin jy betrokke is. Dis darem n goeie stryd hierdie. Die meeste stryde/gevegte op hierdie aarde is slegte stryde, stryde wat mooi en goeie dinge afbreek en wat mense seermaak; en dit word gewoonlik nie met baie eerbare metodes gestry nie; en dit gaan nege uit die tien kere oor onbenullighede. Maar die stryd waartoe ons hier opgeroep word, is n goeie stryd, want - dit gaan oor dinge wat regtig saak maak; - en dit word met heilige wapens en metodes gestry; - en as dit reg gestry word, sal dit nooit die goeie afbreek en medemense seermaak nie. Dit word die stryd van die geloof genoem. In n brief wat in hoofstuk 1 al gepraat het van mense wie se geloof skipbreuk gely het 2 en in n hoofstuk waarin die apostel net n paar sinne vroeër geskryf het van mense wat van die geloof afgedwaal het, 3 is dit duidelik wat hier bedoel word: - die stryd van die geloof is die stryd om te bly glo met alles wat dit inhou, om jou geloof nie te laat skipbreuk ly nie, om nie van die geloof af te dwaal nie. In die volgende sin skryf die apostel: gryp na die ewige lewe n Mens sou dit ook kon weergee met: gryp vas aan die ewige lewe. Die ewige lewe is nie net iets wat ons aan die einde van ons aardse bestaan kry nie soos n prys wat jy eers aan die einde van n wedloop kry nie. 2 1 Tim 1:19 3 Vers 10

4 4 Ons kry dit wel dan in sy volmaakte vorm. As ons klaar is met hierdie aardse lewe, gaan ons vir ewig die volmaakte lewe saam met die Here in. Maar die ewige lewe is iets wat elke mens wat waarlik in die Here glo, ook nóú al het. Die Here Jesus het mos gesê: Wie luister na wat Ek sê, en in Hom glo wat My gestuur het, het die ewige lewe. 4 Die ewige lewe is die lewe saam met God, daardie lewe wat die mens verloor het toe Adam en Eva daar in die paradys gesondig het, maar wat die Here Jesus weer vir ons teruggekry het toe Hy veral daar aan die kruis dit wat skeiding tussen God en mens gemaak het, weggevat het. En dis n lewe wat nóú al vir elkeen wat regtig glo dat Jesus vir jou ook gesterf het, teruggegee word en wat daarin bestaan dat jou saak met God nóu al reggemaak is, dat jou sondes vergewe is, dat jy Sy kind is, dat jy weet dat al Sy beloftes vir jou ook bedoel is, dat die Heilige Gees, God self, binne in jou woon en jou geestelik nuut maak en jou help om Sy woord te verstaan en jou aanmoedig en jou troos en altyd by jou bly Gryp hierdie lewe vas! skryf die apostel. Moenie hierdie lewe wat die Here uit genade in jou hande gesit het, deur jou vingers laat glip nie! Om die goeie stryd van die geloof te stry en na die ewige lewe te gryp beteken dat jy alles in die werk stel om gelowige kind van die Here te bly, om die lewe saam met God soos wat n mens dit op hierdie aarde al kan lewe te lewe, om alles wat dit vir jou moeilik maak, te oorkom; om alles wat in die pad daarvan staan, uit die pad uit te kry; om alles wat jou rem wanneer jy dit wil doen, los te sny Natuurlik (is dit nodig om dit vir Gereformeerde mense te sê?) kan ons hierdie stryd nie met ons eie krag stry nie. 4 Joh 5:24

5 5 Ons hét nie uit onsself die krag wat nodig is vir hierdie stryd nie. Maar die Here gee mos vir n mens die krag vir dit wat Hy van jou vra. In een van sy ander briewe het die Heilige Gees Paulus laat skrywe dat hy arbei en stry met die krag wat die Here hom gee en wat kragtig in hom werk. 5 Die lewe wat ons as dankbare verloste mense moet lewe, is n lewe waarin ons die goeie stryd van die geloof moet stry 2. HOE ONS MOET STRY Hoe stry n mens hierdie stryd? Die apostel gaan nie in hierdie gedeelte verder daarop in nie, maar uit die res van hierdie brief en uit sy ander briewe en uit die res van die Bybel weet ons mos hoe n mens hierdie stryd stry. Nie deur iets vreemds te doen nie. Jy stry hierdie stryd nie deur allerhande snaakse rituele te beoefen nie. Jy hoef nie allerhande nuwe geestelike tegnieke hiervoor aan te leer nie. Jy stry hierdie stryd byvoorbeeld deur te bid. o Toe Satan Petrus wou sif soos n mens koring sif, het die Here Jesus vir hom gebid dat sy geloof nie sal ophou nie. 6 o Toe Epafras wou gehad het dat die gelowiges in Kolosse staande moet bly en geestelik volwasse moet wees en in alles volkome gehoorsaam aan die wil van God, toe het hy altyd vir hulle gestry in gebede. 7 n Mens stry die stryd om te bly glo deur te bid: - deur te bid vir n hart wat die Here totaal vertrou; - deur te bid vir onderskeidingsvermoë, sodat jy dit wat teen jou geloof inwerk, sal kan herken as geestelike vyande; - deur te bid dat die Here jou lewe op paaie sal stuur waar geloofsversterkende dinge met jou gebeur; - deur te bid dat Hy teëspoed en terugslae en teleurstellings sal gebruik om jou geestelik sterker te maak 5 Kol 1:29; vgl ook Kol 1:11 en Efes 3:16; 6:10 6 Luk 22: Kol 4:12

6 6 en dat Hy sal keer dat dit jou nie geestelik verswak nie. Gebed, gebed, gebed só stry n mens die goeie stryd van die geloof. n Mens stry dit ook deur die Woord van die Here, die swaard van die Heilige Gees, 8 te gebruik. o Toe Satan die Here Jesus daar in die woestyn versoek het, het die Here Jesus ons gewys hoe ons teen die duiwel moet stry: Hy het elke versoeking van Satan met n aanhaling uit die Bybel uit afgeweer. 9 o En die hele Psalm 119 is n lied waarin die gelowige sing hoe die woorde van die Here hom altyd, ook in tye van allerhande aanvegtinge, staande gehou het. 10 n Mens stry die stryd van die geloof - deur byvoorbeeld die Bybel na te gaan vir beloftes van die Here wat jou moed gee; - deur die Bybel te bestudeer om antwoorde te kry op die leuens van Satan; - deur in die Bybel riglyne te soek vir hoe jy jou alledaage lewe saam met die Here moet lewe; - deur die Bybel so te leer ken dat al die redes waarom dit die moeite werd is om in die geloof te bly, gedurig vars in jou gedagtes bly Die Woord is ons wapen in hierdie stryd wat ons moet stry. En dan stry n mens hierdie stryd ook deur weg te vlug van sondes af, 11 want sonde waarvan jy nie wegvlug nie, kan jou vasvat en jou geestelik doodwurg. En n mens stry hierdie stryd deur jou te oefen 12 in die praktiese uitvoering van al die Christelike deugde. Soos iemand wat stoei of boks of karate of judo beoefen, sekere bewegings oor en oor oefen totdat hulle dit amper outomaties doen, só moet ons ons oefen om vriendelik en sagmoedig en vergewensgesind en hartlik en eerlik teenoor medemense te wees en so getrou in die uitvoering van al die fasette van ons diens aan die Here dat ons dit ook naderhand as t ware outomaties doen vanself, spontaan, instinktief. 8 Efes 6:17 9 Mat 4:4, 7, Ps 119:23, 78, 87 ens. 11 Vers Tim 4:7

7 7 Gebed, Bybellees, vlug van sonde, oefening van deugde só stry n mens hierdie stryd. Eintlik is elke opdrag wat die Here in Sy woord vir ons gee, n stukkie van die les oor hoe ons hierdie stryd om gelowig te bly, moet stry. TEN SLOTTE Na vandag se besondere herinnering aan hoe goed die Here nog altyd vir ons was, kyk ons vanaand vorentoe. En hoe lyk die pad vir ons vorentoe? Nie hoe graag ons dit ook al so sou wou hê net n mooi gelyk en rustige en strydlose pad nie. Daar s n stryd waarmee ons nou moet voortgaan: die goeie stryd van die geloof. Daar s magte en faktore in hierdie wêreld wat ook vorentoe u van u geloof in die Here gaan probeer losmaak, u van u lewe met God gaan probeer losruk. En u gaan u met doelbewuste kraginspanning daarteen moet versit. U gaan regtig n biddende mens moet wees en n mens wat uit die Bybel leef. U gaan moet vlug vir die sonde, nog meer en ernstiger as voorheen en u soos n atleet wat die goue medalje wil wen, moet gaan oefen in Christen-wees. Voortgaan met die stryd só lyk die pad vorentoe. Sal u nie ook aan die einde van u lewe dít wil kan sê nie? - Ek het die goeie stryd gestry; ek het die wedloop voleindig; ek het die geloof behou. 13 Vir sulke mense is daar n lewe sonder moeite en stryd op pad, n lewe van volmaakte vrede saam met God in eindelose ewighede AMEN 13 2 Tim 4:7

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra SKRIFLESING: Romeine 12:1-8 TEKS: Romeine 12:1-2 HK 49 TEMA: Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra Psalm 103 : 10, 11 Skrifberyming 28 (10-1) : 1, 2 Psalm 119 : 11 Skrifberyming 78 (13-3)

Nadere informatie

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig INLEIDING In ons verduideliking van hoe ons Nagmaal vier, het ons gehoor dat God ons waardig maak om aan die hemelse spys en drank deel te hê. Dit beteken

Nadere informatie

God het belowe om ons gehoorsaam te maak, net soos ons vra

God het belowe om ons gehoorsaam te maak, net soos ons vra SKRIFLESING: Jeremia 31:23-40 TEKS: Jeremia 31:33b HK 49 TEMA: God het belowe om ons gehoorsaam te maak, net soos ons vra Psalm 103 : 10, 11 Psalm 131 : 2, 3 Skrifberyming 14 (8-1) : 1, 2 Ook: Ps. 40 :

Nadere informatie

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL Votum en seën Psalm 118 : 2 Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1933/53) Psalm 4 : 3 Gebed Skriflesing: Johannes 19:17-27 (AV 1933/53) Teks: Johannes 19:26-27

Nadere informatie

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun SKRIFLESING: Johannes 1:1-18 TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13 TEMA: God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun Psalm 45 : 1, 2, 3 Psalm 72 : 6 Skrifberyming 33 (2-4) : 1 Skrifberyming 78 (13-3) 2 Dat ons kinders

Nadere informatie

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5 MATTEUS 6:8 Votum en seën Psalm 7 : 6 Gebed Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5 Preek: Vir ons hemelse Vader is eenvoudige gebede goed Gebed

Nadere informatie

God red elkeen wat werklik in Jesus Christus glo.

God red elkeen wat werklik in Jesus Christus glo. SKRIFLESING: Johannes 3:11-21 TEKS: Johannes 3:15, 16b HK 7 TEMA: God red elkeen wat werklik in Jesus Christus glo. Psalm 31 : 3, 5 Psalm 31 : 15, 17 Skrifberyming 27 (12-2) : 1, 4 2 Wie word gered? Dis

Nadere informatie

Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg

Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg SKRIFLESING: 1 Johannes 2:1-11 TEKS: 1 Johannes 2:6 TEMA: Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg Psalm 9 : 1, 2, 7 Psalm 31 : 13 (na gebed) Skrifberyming 72 (12-3) : 1, 2 Skrifberyming 78 (13-3) Ook:

Nadere informatie

Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek

Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek SKRIFLESING: 1 Johannes 2:28 3:10 TEKS: 1 Johannes 3:8b TEMA: Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek Psalm 45 : 1, 3, 5, 6 Psalm 79: 5, 6 Skrifberyming 33 (2-4) : 1, 2 Skrifberyming

Nadere informatie

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie. 1 Johannes 14b WH Belydenisaflegging en Nagmaal Kinders, doen julle wat mamma en pappa vra? Altyd? Partykeer eers later nè? Hoekom sal jy iets doen as jou ouers vra? Doen jy wat die Here vra? Wat is jou

Nadere informatie

1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80

1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80 1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80 Votum en seën Psalm 23 : 1, 3 Gebed Skriflesing: 1 Korintiërs 10:1-13 (AV 1983) Belydenis: HK 29:78-30:80 Teks: 1 Korintiërs 10:4 Psalm 105 : 21, 22 Preek: Die Heilige Gees

Nadere informatie

Wie God se beloftes het, streef om skoon te word en heilig te wees

Wie God se beloftes het, streef om skoon te word en heilig te wees SKRIFLESING: 2 Korintiërs 6:14 7:1 TEKS: 2 Korintiërs 7:1 TEMA: Wie God se beloftes het, streef om skoon te word en heilig te wees Psalm 103 : 1 Psalm 30 : 7 Psalm 68 : 9 Skrifberyming 78 (13-3) Ook: Sb

Nadere informatie

SKRIFLESING: 1 Korintiërs 6: TEKS: 1 Korintiërs 6:19 HK 1:1. Ook ons liggame behoort aan die Here. Skrifberyming 72 (12-3) : 1, 2

SKRIFLESING: 1 Korintiërs 6: TEKS: 1 Korintiërs 6:19 HK 1:1. Ook ons liggame behoort aan die Here. Skrifberyming 72 (12-3) : 1, 2 SKRIFLESING: 1 Korintiërs 6:12-20 TEKS: 1 Korintiërs 6:19 HK 1:1 TEMA: Ook ons liggame behoort aan die Here Skrifberyming 72 (12-3) : 1, 2 Psalm 104 : 8, 9, 20 Skrifberyming 24 (1-1) : 7 2 Party mense

Nadere informatie

NAGMAAL. SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a. Die kruis is die trots van die Here se kerk.

NAGMAAL. SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a. Die kruis is die trots van die Here se kerk. NAGMAAL SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a TEMA: Die kruis is die trots van die Here se kerk. Psalm 149 : 1, 2 Skrifberyming 10 (5-4) : 1, 2 Psalm 103 : 6 Psalm 9 : 1, 2,

Nadere informatie

1 KORINTIËRS 13:12. Ook: Sb 18-8 (30) : 4, 5

1 KORINTIËRS 13:12. Ook: Sb 18-8 (30) : 4, 5 1 KORINTIËRS 13:12 Votum Seën Psalm 146 : 1, 4 Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels Wet: Exodus 20:1-17 (AV 1933/53) Psalm 139 : 1, 12 Gebed Psalm 42 : 1 Skriflesing: 1 Korintiërs 13 (AV 1933/53) Teks: 1

Nadere informatie

SKRIFLESING: 1 Korintiërs 13. TEKS: 1 Korintiërs 13:8. Die liefde bly vir ewig. Psalm 103 : 1, 2. Psalm 102 : 11, 12. Skrifberyming 21 (9-4) : 1, 6

SKRIFLESING: 1 Korintiërs 13. TEKS: 1 Korintiërs 13:8. Die liefde bly vir ewig. Psalm 103 : 1, 2. Psalm 102 : 11, 12. Skrifberyming 21 (9-4) : 1, 6 SKRIFLESING: 1 Korintiërs 13 TEKS: 1 Korintiërs 13:8 TEMA: Die liefde bly vir ewig Psalm 103 : 1, 2 Psalm 102 : 11, 12 Skrifberyming 21 (9-4) : 1, 6 Skrifberyming 78 (13-3) Ook: Sb 33 (2-4) : 2 2 U ken

Nadere informatie

1 JOHANNES 4:20 HK 34:93

1 JOHANNES 4:20 HK 34:93 1 JOHANNES 4:20 HK 34:93 Votum en seën Psalm 134 : 1, 3 [ ons ] Gebed Psalm 27 : 4 Skriflesing: 1 Johannes 4:7-21 (AV 1983) Belydenis: HK 34:93 Teks: 1 Johannes 4:20 (AV 1983) Preek: God se wil is liefde

Nadere informatie

Jy kan eintlik waar in die Bybel ook al kyk na wat geskryf is oor hoe ons as Christene moet lewe, en jy kom by liefhê uit.

Jy kan eintlik waar in die Bybel ook al kyk na wat geskryf is oor hoe ons as Christene moet lewe, en jy kom by liefhê uit. 2 PETRUS 1:7 Votum en seën Psalm 47 : 1, 4 Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 23 : 1 Gebed Skriflesing: 2 Petrus 1:1-15 (AV 1983/91) Teks: 2 Petrus 1:7 (AV 1983/91)

Nadere informatie

PSALM 90:2 NGB 1. Votum en seën. Psalm 90 : 1. Gebed. Skriflesing: Psalm 90 (AV 1933/53) Belydenis: NGB 1. Teks: Psalm 90:2 (AV 1933/53)

PSALM 90:2 NGB 1. Votum en seën. Psalm 90 : 1. Gebed. Skriflesing: Psalm 90 (AV 1933/53) Belydenis: NGB 1. Teks: Psalm 90:2 (AV 1933/53) PSALM 90:2 NGB 1 Votum en seën Psalm 90 : 1 Gebed Skriflesing: Psalm 90 (AV 1933/53) Belydenis: NGB 1 Teks: Psalm 90:2 (AV 1933/53) Psalm 102 : 5, 11 Preek: God bestaan [nog] [altyd] Gebed Kollekte Skrifberyming

Nadere informatie

God laat alles Sy kinders se saligheid bevorder.

God laat alles Sy kinders se saligheid bevorder. SKRIFLESING: Romeine 8:18-30 TEKS: Romeine 8:28 HK 9 TEMA: God laat alles Sy kinders se saligheid bevorder. Psalm 30 : 3, 4 Skrifberyming 33 (2-4) : 1 Psalm 119 : 25 Skrifberyming 78 (13-3) Ook: Sb 52

Nadere informatie

Dit wat óns wil hoe óns wil leef en wil praat en selfs wil dink (dit weet ons almal) is baie kere baie anders as wat Gód van ons wil hê.

Dit wat óns wil hoe óns wil leef en wil praat en selfs wil dink (dit weet ons almal) is baie kere baie anders as wat Gód van ons wil hê. MATTEUS 21:29 HK 49 Votum Seën Psalm 40 : 2 Gebed Psalm 40 : 4 Skriflesing: Matteus 21:23-32 (AV 1933/53) Belydenis: HK 49 Teks: Matteus 21:29 (AV 1933/53) Preek: Jesus leer ons bid vir berou en bekering

Nadere informatie

God se liefde vat ons vrees vir Sy oordeel weg

God se liefde vat ons vrees vir Sy oordeel weg SKRIFLESING: 1 Johannes 4:7-21 TEKS: 1 Johannes 4:17-18 TEMA: God se liefde vat ons vrees vir Sy oordeel weg Psalm 48 : 1 Psalm 99 : 1, 4 Psalm 103 : 6 (na doop) Psalm 43 : 3 Skrifberyming 10 (5-4) : 1,

Nadere informatie

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3.

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3. SKRIFLESING: Johannes 8 :12-20 TEKS: Johannes 8:12 TEMA: Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe Psalm 150 : 1, 2, 3 Psalm 43 : 3, 4 Skrifberyming 3 (4-7) : 1, 2 Skrifberyming 9 (18-1) : 1, 6 [Ook: Ps

Nadere informatie

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk Doel van les: Voordat ons kan leer van ons nuwe identiteit in Christus, moet ons eers stil staan by wat Jesus vir ons kom doen het en dat ons die nuwe mens

Nadere informatie

PSALM 115:1 HK Sondag 52:

PSALM 115:1 HK Sondag 52: PSALM 115:1 HK Sondag 52:128-129 Votum en seën Skrifberyming 72 (12-3) : 1, 2 Gebed Skriflesing: Psalm 115 (AV 1933/53) Belydenis: HK 52:128-129 Teks: Psalm 115:1 (AV 1933/53) Psalm 115 : 1, 9 Preek: God

Nadere informatie

1 TESSALONISENSE 5:25

1 TESSALONISENSE 5:25 1 TESSALONISENSE 5:25 Votum Seën Psalm 9 : 1, 8 Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels Wet: Eksodus 20 : 1-17 (AV 1983/91) Psalm 1 : 4 Gebed Skriflesing: 1 Tessalonisense 5:12-28 (AV 1983/91) Teks: 1 Tessalonisense

Nadere informatie

Die Here laat ons maai wat ons gesaai het

Die Here laat ons maai wat ons gesaai het SKRIFLESING: Galasiërs 6 TEKS: Galasiërs 6:7-8 TEMA: Die Here laat ons maai wat ons gesaai het Psalm 100 : 1, 3, 4 Psalm 50 : 11 Psalm 91 : 1 (na belydenisaflegging) Psalm 126 : 3 Skrifberyming 33 (2-4)

Nadere informatie

OPENBARING 5:5 HK Sondag 48

OPENBARING 5:5 HK Sondag 48 OPENBARING 5:5 HK Sondag 48 Votum en seën Psalm 93 : 1, 4 Gebed Skriflesing: Openbaring 5 (AV 1933/53) Belydenis: HK 48 Teks: Openbaring 5:5 (AV 1933/53) Psalm 72 : 2 Preek: God sorg self vir die koms

Nadere informatie

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

DIE VLEUELS VAN GEBED (9) DIE VLEUELS VAN GEBED (9) DIE VLEUELS VAN GEBED (9) Jan van der Watt Dankie Here! Dankie sê is om jou skuld te betaal. In die tyd van die Bybel was dankie sê iets anders as vandag. Vandag is dankie n woord

Nadere informatie

1 JOHANNES 5:4. Votum en seën. Psalm 45 : 1, 3, 4. Gebed. Skriflesing: 1 Johannes 5:1-13 (AV 1933/53) Teks: 1 Johannes 5:4 (AV 1933/53) Psalm 18 : 15

1 JOHANNES 5:4. Votum en seën. Psalm 45 : 1, 3, 4. Gebed. Skriflesing: 1 Johannes 5:1-13 (AV 1933/53) Teks: 1 Johannes 5:4 (AV 1933/53) Psalm 18 : 15 1 JOHANNES 5:4 Votum en seën Psalm 45 : 1, 3, 4 Gebed Skriflesing: 1 Johannes 5:1-13 (AV 1933/53) Teks: 1 Johannes 5:4 (AV 1933/53) Psalm 18 : 15 Preek: Wie uit God gebore is, oorwin die wêreld Gebed Kollekte

Nadere informatie

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk Doel van les: Voordat ons kan leer van ons nuwe identiteit in Christus, moet ons eers stil staan by wat Christus vir ons kom doen het. Vandag gaan ons gesels

Nadere informatie

1 KORINTIËRS 3:21-23 HK Sondag 1

1 KORINTIËRS 3:21-23 HK Sondag 1 1 KORINTIËRS 3:21-23 HK Sondag 1 Votum en seën Psalm 30 : 3 Gebed Psalm 30 : 7 Skriflesing: 1 Korintiërs 3:9b-23 (AV 1983/91) Belydenis: HK Sondag 1 Teks: 1 Korintiërs 3:21b-23 (AV 1983/91) Preek: Gelowiges

Nadere informatie

n Tempel Leier besoek Jesus

n Tempel Leier besoek Jesus Bybel vir Kinders bied aan n Tempel Leier besoek Jesus Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Byron Unger; Lazarus Aangepas deur: M. Maillot; Sarah S. Vertaal deur: Yvette Brits Vervaardig deur: Bible

Nadere informatie

Jesus Christus se opstanding maak ons lewens sinvol

Jesus Christus se opstanding maak ons lewens sinvol SKRIFLESING: 1 Korintiërs 15:1-20 TEKS: 1 Korintiërs 15:20a TEMA: Jesus Christus se opstanding maak ons lewens sinvol Psalm 33 : 2 Psalm 33 : 11 Skrifberyming 10 (5-4) : 1, 2 Ook: Sb 27 : 1, 3 1 Weet u

Nadere informatie

STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart?

STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart? STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart? - Lees Rom 10:1 - By hierdie stasie gaan elke persoon hulle polsslag neem - Laat elke persoon hulle wysvinger op hulle pols sit om hulle hartklop te voel. - Laat hulle

Nadere informatie

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE:

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE: VRUGTE VAN DIE GEES VRAE: GEDULD: (Patience) 1. Wat is geduld? 2. Wat is van die goed waarvoor jy geduldig moet wees? 3. Is dit moeilik vir jou om geduldig te wees? 4. Hoe kan jy geduld wys? SELFBEHEERSING:

Nadere informatie

MATTEUS 7:12. Votum en seën. Psalm 34 : 2, 4. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 4 : 3.

MATTEUS 7:12. Votum en seën. Psalm 34 : 2, 4. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 4 : 3. MATTEUS 7:12 Votum en seën Psalm 34 : 2, 4 Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 4 : 3 Gebed Skrifberyming 53 (14-3) : 4 Skriflesing: Matteus 7:7-23 (AV 1983/91) Teks:

Nadere informatie

PSALM 40:9. Votum en seën. Psalm 89 : 3. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Deuteronomium 5:6-21 (AV 1933/53) Psalm 50 : 6, 7.

PSALM 40:9. Votum en seën. Psalm 89 : 3. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Deuteronomium 5:6-21 (AV 1933/53) Psalm 50 : 6, 7. PSALM 40:9 Votum en seën Psalm 89 : 3 Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels Wet: Deuteronomium 5:6-21 (AV 1933/53) Psalm 50 : 6, 7 Gebed Skriflesing: Psalm 40 (AV 1933/53) Teks: Psalm 40:7-9 (AV 1933/53) Psalm

Nadere informatie

Jesaja sien die Toekoms

Jesaja sien die Toekoms Bybel vir Kinders bied aan Jesaja sien die Toekoms Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Jonathan Hay Aangepas deur: Mary-Anne S. Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

Die Here gee vir mense, wat oor Hom bly is, dit wat hulle harte begeer.

Die Here gee vir mense, wat oor Hom bly is, dit wat hulle harte begeer. SKRIFLESING: Psalm 37 : 1-11 TEKS: Psalm 37:4 TEMA: Die Here gee vir mense, wat oor Hom bly is, dit wat hulle harte begeer. Psalm 150 : 1, 2 Psalm 139 : 1, 3 Skrifberyming 72 (12-3) : 1, 2 Psalm 33 : 11

Nadere informatie

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus Doel van les: Ons leer meer oor Wie ons is in Christus. Ysbreker: Bome Uitbeeld: In die Bybel lees mens baiekeer dinge oor bome. God praat van bome om ons as

Nadere informatie

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp. SKRIFLESING: Johannes 18:28-40 TEKS: TEMA: INHOUD: Johannes 18:37-38b Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp. Die waarheid verwerp Psalm 105 : 2, 3 Psalm 73 : 12 Skrifberyming 18 (17-2)

Nadere informatie

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees Doel van les: Vandag leer ons van die Vrugte van die Heilige Gees en hoe dit in ons lewens werk. INLEIDING: Sjoe, ons het nou al so baie van die Heilige Gees

Nadere informatie

JEUGLES - FUNAAND: Om Jesus te volg

JEUGLES - FUNAAND: Om Jesus te volg JEUGLES - FUNAAND: Om Jesus te volg 1. PRAISE EN WORSHIP 2. PRAKTIESE REELINGS: Elke groepleier het n skoenboks met n deksels wat kan afhaal nodig. Trek asb die skoenboks VOOR die tyd met eenkleur papier

Nadere informatie

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3 1 Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps. 116... Sb 33:1,3 1 Johannes 3 1Jn 3:1 Kyk wat n groot liefde die Vader aan ons bewys het,

Nadere informatie

Vir die Here is die hoofsaak dat ons sal glo en gehoorsaam.

Vir die Here is die hoofsaak dat ons sal glo en gehoorsaam. SKRIFLESING: Prediker 11:9 12:14 TEKS: Prediker 12:13 (OAV) TEMA: INHOUD: Vir die Here is die hoofsaak dat ons sal glo en gehoorsaam. Die hoofsaak Psalm 146 : 1, 4, 8 Psalm 19 : 7 Skrifberyming 12-3 :

Nadere informatie

Deur Sy wet gee God ons broodnodige kennis van sonde

Deur Sy wet gee God ons broodnodige kennis van sonde SKRIFLESING: Romeine 7:1-13 TEKS: Romeine 7:7 HK 1:2 2:5 TEMA: Deur Sy wet gee God ons broodnodige kennis van sonde Psalm 147 : 1, 4 Skrifberyming 26 (9-1) : 1, 10 Psalm 130 : 2 2 As u vir iemand wat glad

Nadere informatie

Tema van die dag is ons bekommernisse, en wat om daarmee te maak.

Tema van die dag is ons bekommernisse, en wat om daarmee te maak. Psalm 55 Werp jou bekommernis op die Here Tema van die dag is ons bekommernisse, en wat om daarmee te maak. Ons is hier as gelowiges om ons roeping uit te leef deurdat ons meewerk dat die Koninkryk van

Nadere informatie

Twyfel Vergewe mekaar Vergifnis van God Vertroue Volharding Voorkoms Vrede Vrees Vriendskap...

Twyfel Vergewe mekaar Vergifnis van God Vertroue Volharding Voorkoms Vrede Vrees Vriendskap... Inhoudsopgawe Aanbidding... 8 Bekommernis... 12 Beskerming... 16 Blydskap... 20 Dankbaarheid... 24 Diensbaarheid... 28 Eerlikheid... 32 Gebed... 36 Geduld... 40 Geloof... 44 Genade... 48 Gesin... 52 Hoop...

Nadere informatie

Preek Romeine 1:16-17

Preek Romeine 1:16-17 1 Preek Romeine 1:16-17 (Preek gelewer tydens erediens in Welkom-Noord op Sondag 19 Februarie2017) Prediker: Ds JL van der Schyff Voor die erediens Sing: Lied 255:1,2,3 Sing: Psalm 119-1:39 Sing: Psalm

Nadere informatie

KOLOSSENSE 3:17 HK Sondag 36

KOLOSSENSE 3:17 HK Sondag 36 KOLOSSENSE 3:17 HK Sondag 36 Votum en seën Psalm 20 : 1, 2, 7 Gebed Skriflesing: Kolossense 3:1-17 (AV 1983) Belydenis: HK 36:99 Teks: Kolossense 3:17 (AV 1983) Psalm 118 : 5 Preek: God se kinders eer

Nadere informatie

Christene moet ook met hulle gedrag vir die Here praat.

Christene moet ook met hulle gedrag vir die Here praat. SKRIFLESING: Titus 2 TEKS: TEMA: Titus 2:5b, 10b Christene moet ook met hulle gedrag vir die Here praat. Psalm 107 : 1, 2 Skrifberyming 54 (2-6) : 1 Psalm 107 : 15 Skrifberyming 78 (13-3) 2 Ons moet vir

Nadere informatie

1 JOHANNES 2: Votum en seën. Psalm 34 : 1, 4. Geloofsbelydenis: Nicea. Wet: Exodus 20:1-17 (AV 1933/53) Psalm 34 : 6. Gebed

1 JOHANNES 2: Votum en seën. Psalm 34 : 1, 4. Geloofsbelydenis: Nicea. Wet: Exodus 20:1-17 (AV 1933/53) Psalm 34 : 6. Gebed 1 JOHANNES 2:15-17 Votum en seën Psalm 34 : 1, 4 Geloofsbelydenis: Nicea Wet: Exodus 20:1-17 (AV 1933/53) Psalm 34 : 6 Gebed Skriflesing: 1 Johannes 2:3-17 (AV 1933/53) Teks: 1 Johannes 2:15-17 (AV 1933/53)

Nadere informatie

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13 1 Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13 Het jy dalk enige afgode of in jou huis? Miskien weet jy nie dat jy het nie, en dit is dalk die rede vir die konflik in jou huwelik, of dat jou kind

Nadere informatie

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer Voorwoord Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer van die lewe lyk en is nie. Veel eerder is ware hoop om met gestroopte eerlikheid te weet dat jy bang is, maar tog vorentoe beweeg. Dis om,

Nadere informatie

Ons Pinkster gaan oor hoe om vir Jesus te volg. Vanoggend het ons begin deur te sien dat daar n paar voorwaardes is as jy Jesus wil volg:

Ons Pinkster gaan oor hoe om vir Jesus te volg. Vanoggend het ons begin deur te sien dat daar n paar voorwaardes is as jy Jesus wil volg: Ons Pinkster gaan oor hoe om vir Jesus te volg. Vanoggend het ons begin deur te sien dat daar n paar voorwaardes is as jy Jesus wil volg: 1. Jy MOET n sondaar wees 2. Jy kan Hom volg al glo jy nog nie

Nadere informatie

SKRIFLESING: Prediker 11. TEKS: Prediker 11:4, 6. Wie met God reken, gebruik sy/haar kanse. Psalm 149 : 1, 2. Psalm 126 : 3.

SKRIFLESING: Prediker 11. TEKS: Prediker 11:4, 6. Wie met God reken, gebruik sy/haar kanse. Psalm 149 : 1, 2. Psalm 126 : 3. SKRIFLESING: Prediker 11 TEKS: Prediker 11:4, 6 TEMA: Wie met God reken, gebruik sy/haar kanse Psalm 149 : 1, 2 Psalm 126 : 3 Psalm 128 : 1, 4 1 Is dit nog die moeite werd om dinge aan te pak in die kerk,

Nadere informatie

GALASIËRS 5:22 (getrouheid)

GALASIËRS 5:22 (getrouheid) GALASIËRS 5:22 (getrouheid) Votum en seën Psalm 89 : 1, 3 Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983) Psalm 16 : 1, 2 Doop Skrifberyming 14 (8-1) : 1 Gebed Skriflesing: Galasiërs 5:13-26

Nadere informatie

SKRIFLESING: Lukas 16:1-13. TEKS: Lukas 16:11 HK 42. Geld en goed vir God. Psalm 95 : 1, 3. Psalm 119 : 7. Skrifberyming 44 (15-8) : 2

SKRIFLESING: Lukas 16:1-13. TEKS: Lukas 16:11 HK 42. Geld en goed vir God. Psalm 95 : 1, 3. Psalm 119 : 7. Skrifberyming 44 (15-8) : 2 SKRIFLESING: Lukas 16:1-13 TEKS: Lukas 16:11 HK 42 TEMA: Geld en goed vir God Psalm 95 : 1, 3 Psalm 119 : 7 Skrifberyming 44 (15-8) : 2 Skrifberyming 78 (13-3) Ook: Ps 19 : 5 Ps 62 : 5, 7 Sb 26 : 9 Sb

Nadere informatie

NAGMAAL. SKRIFLESING: 1 Petrus 2: TEKS: 1 Petrus 2:24a. Jesus Christus het ons sondes gedra. Psalm 89 : 1. Psalm 40 : 3

NAGMAAL. SKRIFLESING: 1 Petrus 2: TEKS: 1 Petrus 2:24a. Jesus Christus het ons sondes gedra. Psalm 89 : 1. Psalm 40 : 3 NAGMAAL SKRIFLESING: 1 Petrus 2:18-25 TEKS: 1 Petrus 2:24a TEMA: Jesus Christus het ons sondes gedra Psalm 89 : 1 Psalm 40 : 3 Skrifberyming 10 (5-4) : 1, 2 Psalm 116 : 1, 2, 3, 4, 5, 7 Psalm 89 : 7 Voor

Nadere informatie

Wie in die Here glo, vertrou Hom met die bestemming.

Wie in die Here glo, vertrou Hom met die bestemming. SKRIFLESING: Hebreërs 11:8-19 TEKS: Hebreërs 11:8 TEMA: Wie in die Here glo, vertrou Hom met die bestemming. Psalm 84 : 3, 4 Skrifberyming 28 (10-1) : 2, 3 Psalm 1 : 4 Psalm 37 : 2, 23 Skrifberyming 78

Nadere informatie

2 TIMOTEUS 4:7. Votum en seën. Psalm 18 : 1. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Exodus 20:1-17 (AV 1933/53) Psalm 25 : 3. Belydenis van geloof

2 TIMOTEUS 4:7. Votum en seën. Psalm 18 : 1. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Exodus 20:1-17 (AV 1933/53) Psalm 25 : 3. Belydenis van geloof 2 TIMOTEUS 4:7 Votum en seën Psalm 18 : 1 Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels Wet: Exodus 20:1-17 (AV 1933/53) Psalm 25 : 3 Belydenis van geloof Psalm 121 : 2, 3 Gebed Doop volwassene Psalm 103 : 6 Skriflesing:

Nadere informatie

TEKS: Efesiërs 6:18 HK 45

TEKS: Efesiërs 6:18 HK 45 SKRIFLESING: Efesiërs 6:10-20 TEKS: Efesiërs 6:18 HK 45 TEMA: Christene bid omvattend Psalm 36 : 2 Psalm 119 : 36 Skrifberyming 53 (14-3) : 4 Psalm 61 : 1, 4 Ook: Ps. 134 : 2, 3 As dit gaan oor dankbaarheid

Nadere informatie

Woorddiens Skriflesing: Jakobus 1: 1 8; Jak. 4: 1 5; Jak. 5: Teks: Jakobus 4: 2b en 5: 16 Belydenis: HK vr. 116 en 117 Woordverkondiging

Woorddiens Skriflesing: Jakobus 1: 1 8; Jak. 4: 1 5; Jak. 5: Teks: Jakobus 4: 2b en 5: 16 Belydenis: HK vr. 116 en 117 Woordverkondiging Tema: Dien ander met jou gebede want God verhoor jou. Lofsang met die oog op die erediens Ps. 110-3: 1, 2 (Mel Ps. 128) Lied 184: 1, 2, 3, 4 Ontmoetingsdiens Intreelied: Ps. 134-2; 1, 2 Seën Lofsang Ps.

Nadere informatie

HOSEA 6:1-3. Votum en seën. Psalm 48 : 1. Gebed. Skriflesing: Hosea 6 (AV 1933/53) Teks: Hosea 6:1-3 (AV 1933/53) Psalm 72 : 3

HOSEA 6:1-3. Votum en seën. Psalm 48 : 1. Gebed. Skriflesing: Hosea 6 (AV 1933/53) Teks: Hosea 6:1-3 (AV 1933/53) Psalm 72 : 3 HOSEA 6:1-3 Votum en seën Psalm 48 : 1 Gebed Skriflesing: Hosea 6 (AV 1933/53) Teks: Hosea 6:1-3 (AV 1933/53) Psalm 72 : 3 Preek: Wie na die Here terugkom, kry n genadige God Gebed Kollekte Skrifberyming

Nadere informatie

Ouderdom: Gr1-6 Tema: Veg saam met Jesus teen die duiwel Teks: 1 Samuel 17:34-37

Ouderdom: Gr1-6 Tema: Veg saam met Jesus teen die duiwel Teks: 1 Samuel 17:34-37 Ouderdom: Gr1-6 Tema: Veg saam met Jesus teen die duiwel Teks: 1 Samuel 17:34-37 DOEL: Die kinders moet verstaan dat ons saam met Jesus teen die duiwel moet stry. Ons moet hom geen vastrapplek in ons lewe

Nadere informatie

God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5)

God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5) God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5) Wie is Jesus? Wie is Jesus vir die mense...? Godsdienste Boeddhisme Islam Judaïsme Hinduïsme New Age Wat sê die Woord van God? Joh 8:12-30

Nadere informatie

0:03: 01:5 Vertel mekaar watter labels mense al op jou gesit het. Wat het mense jou al genoem... goeie goed en slegte goed, dit is alles labels...

0:03: 01:5 Vertel mekaar watter labels mense al op jou gesit het. Wat het mense jou al genoem... goeie goed en slegte goed, dit is alles labels... 1 0:01:50-0:03:50 Gnomeo en Juliet se storie begin met twee families, rooi en blou wat nie van mekaar hou nie. Hulle noem die ander familie nooit op hul name nie, maar slegs rooies of bloues. Hierdie word

Nadere informatie

TEKS: Matteus 5:3 (AV 1933/53) HK 5

TEKS: Matteus 5:3 (AV 1933/53) HK 5 SKRIFLESING: Matteus 5:1-12 TEKS: Matteus 5:3 (AV 1933/53) HK 5 TEMA: Verlossing kom nie uit ons nie. Psalm 138 : 3 Skrifberyming 16 (11-3) : 1, 4 Psalm 146 : 2, 5 Skrifberyming 78 (13-3) Ook: Ps 33 :

Nadere informatie

Bybel vir Kinders bied aan. Die Kerk Kry Moeilikheid

Bybel vir Kinders bied aan. Die Kerk Kry Moeilikheid Bybel vir Kinders bied aan Die Kerk Kry Moeilikheid Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Gert Badenhorst Vervaardig deur: Bible for Children

Nadere informatie

SKRIFLESING: Handelinge 16: TEKS: Handelinge 16:30-31 HK 23. Wie in die Here Jesus glo, word gered. Psalm 48 : 4.

SKRIFLESING: Handelinge 16: TEKS: Handelinge 16:30-31 HK 23. Wie in die Here Jesus glo, word gered. Psalm 48 : 4. SKRIFLESING: Handelinge 16:16-34 TEKS: Handelinge 16:30-31 HK 23 TEMA: Wie in die Here Jesus glo, word gered. Psalm 48 : 4 Psalm 37 : 2, 5 Skrifberyming 10 (5-4) : 1, 2 1 Dit bly maar iets waaroor mense

Nadere informatie

SKRIFLESING: Titus 1. TEKS: Titus 1:15. Die Here wil ons op die hoofspoor hê. Psalm 134 : 1, 2. Psalm 119 : 4. Psalm 18 : 12. Skrifberyming 78 (13-3)

SKRIFLESING: Titus 1. TEKS: Titus 1:15. Die Here wil ons op die hoofspoor hê. Psalm 134 : 1, 2. Psalm 119 : 4. Psalm 18 : 12. Skrifberyming 78 (13-3) SKRIFLESING: Titus 1 TEKS: Titus 1:15 TEMA: Die Here wil ons op die hoofspoor hê. Psalm 134 : 1, 2 Psalm 119 : 4 Psalm 18 : 12 Skrifberyming 78 (13-3) Ook: Ps 141 : 3, 4 Sb 14 : 1, 2 Dis nie altyd so maklik

Nadere informatie

JUDAS vers 3. Votum en seën. Psalm 46 : 1, 4. Gebed. Skriflesing: Judas verse 1-16 (AV 1983/91) Teks: Judas vers 3 (AV 1983/91)

JUDAS vers 3. Votum en seën. Psalm 46 : 1, 4. Gebed. Skriflesing: Judas verse 1-16 (AV 1983/91) Teks: Judas vers 3 (AV 1983/91) JUDAS vers 3 Votum en seën Psalm 46 : 1, 4 Gebed Skriflesing: Judas verse 1-16 (AV 1983/91) Teks: Judas vers 3 (AV 1983/91) Skrifberyming 15-2 (38) : 1 Preek: Die Here wil dat Sy kerk stry vir die oorgelewerde

Nadere informatie

Inhoudsopgawe. Voorwoord... 11

Inhoudsopgawe. Voorwoord... 11 Inhoudsopgawe Voorwoord... 11 Spreuke leer jou 1. Blymoedigheid... 12 2. Dissipline... 14 3. Vriendskap... 16 4. Wees versigtig met jou tong... 18 5. Om vrygewig te wees... 20 6. Om mooi dinge te sê...

Nadere informatie

Die brief aan die Filippense

Die brief aan die Filippense Ontmoeting 19 Die brief aan die Filippense Teks: Fillippense 1:4; 4:4; 4:13 Hulpmiddels: Toue Ballonne Oupa Pietie Preekstoel se brief Kopie van prentjie met Fillipense 4:4 Woorde van Fillipense 4:13,

Nadere informatie

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22 1 BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22 Die sekerheid dat jy 'n kind van God is, is nie die einde van die pad nie maar die begin daarvan. Nou word dit moontlik om as gelowiges te groei. Maar waarheen lei

Nadere informatie

Die Here tree op teen dié wat terugdraai sonde toe

Die Here tree op teen dié wat terugdraai sonde toe SKRIFLESING: Genesis 19:1-30 TEKS: Genesis 19:26 TEMA: Die Here tree op teen dié wat terugdraai sonde toe Psalm 48 : 4 Psalm 7 : 6, 7 Psalm 1 : 1 Skrifberyming 78 (13-3) Ook: Sb 38 (15-2) : 2, 3 As n mens

Nadere informatie

HABAKUK 3: Ook: Ps 73 : 10

HABAKUK 3: Ook: Ps 73 : 10 HABAKUK 3:17-18 18 Votum Seën Psalm 31 : 17, 18, 19 Gebed Psalm 27 : 6 Skriflesing: Habakuk 3 (AV 1983/91) Teks: Habakuk 3:17-19 (AV 1983/91) Preek: Wie glo, jubel nogtans Gebed Kollekte Skrifberyming

Nadere informatie

Bybel vir Kinders. bied aan. Joshua neem Beheer

Bybel vir Kinders. bied aan. Joshua neem Beheer Bybel vir Kinders bied aan Joshua neem Beheer Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

Tema: Dra die vrug van die Gees om meer soos Christus te word. Vooraf sang Sb 9 4: 1,2,3,4 Sb 14 1: 1,3

Tema: Dra die vrug van die Gees om meer soos Christus te word. Vooraf sang Sb 9 4: 1,2,3,4 Sb 14 1: 1,3 Tema: Dra die vrug van die Gees om meer soos Christus te word. Vooraf sang Sb 9 4: 1,2,3,4 Sb 14 1: 1,3 Ontmoetingsdiens Intreelied Ps. 9 2: 1,6 Votum seëngroe tloflied Sb 1 1: 1, 2,7. Woorddiens Gebed

Nadere informatie

SKRIFLESING: Romeine 8:31-39 (AV 1983) TEKS: Romeine 8:32b. Skrifberyming 24 (1-1) : 3. Psalm 62 : 4 (na gebed) Psalm 93 : 1, 4

SKRIFLESING: Romeine 8:31-39 (AV 1983) TEKS: Romeine 8:32b. Skrifberyming 24 (1-1) : 3. Psalm 62 : 4 (na gebed) Psalm 93 : 1, 4 SKRIFLESING: Romeine 8:31-39 (AV 1983) TEKS: Romeine 8:32b OPSKRIF: Grenslose liefde Skrifberyming 24 (1-1) : 3 Psalm 62 : 4 (na gebed) Psalm 93 : 1, 4 Skrifberyming 78 (13-3) 2 Vanoggend het ons gehoor

Nadere informatie

TEKS: Openbaring 1:4b-5a HK 8

TEKS: Openbaring 1:4b-5a HK 8 SKRIFLESING: Openbaring 1:1-8 TEKS: Openbaring 1:4b-5a HK 8 TEMA: Die drie-enige God seën Sy kerk. Psalm 67 : 2 Psalm 90 : 1 Skrifberyming 25 (19-3) : 1, 2, 3 Skrifberyming 78 (13-3) Ook: Ps 89 : 10, 11,

Nadere informatie

TEKS: Handelinge 2:39 HK 27:74. Die Here se belofte geld ook vir die kinders van gelowiges

TEKS: Handelinge 2:39 HK 27:74. Die Here se belofte geld ook vir die kinders van gelowiges SKRIFLESING: Handelinge 2:37-47 TEKS: Handelinge 2:39 HK 27:74 TEMA: Die Here se belofte geld ook vir die kinders van gelowiges Psalm 90 : 1 Skrifberyming 15 (16-1) : 1, 2, 3 Psalm 90 : 9 1 Dit gebeur

Nadere informatie

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun Bybel vir Kinders bied aan Die Verlore Seun Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Lazarus Aangepas deur: Ruth Klassen; Sarah S. Vertaal deur: Yvette Brits Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

SKRIFLESING: Lukas 6: TEKS: Lukas 6:37 HK 43. God se mense het ook met hulle woorde lief. Psalm 34 : 1, 2. Psalm 34 : 6.

SKRIFLESING: Lukas 6: TEKS: Lukas 6:37 HK 43. God se mense het ook met hulle woorde lief. Psalm 34 : 1, 2. Psalm 34 : 6. SKRIFLESING: Lukas 6:27-42 TEKS: Lukas 6:37 HK 43 TEMA: God se mense het ook met hulle woorde lief. Psalm 34 : 1, 2 Psalm 34 : 6 Psalm 18 : 14 Dis reg dat ons mekaar met die daad moet liefhä. Die Bybel

Nadere informatie

Dis net so ondenkbaar soos n gemeente die tempel van die Heilige Gees 1 wat nie bid nie.

Dis net so ondenkbaar soos n gemeente die tempel van die Heilige Gees 1 wat nie bid nie. PSALM 141 : 2 HK 45 Votum Seën Psalm 104 : 1, 2, 20 Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels Wet: Deuteronomium 5:6-21 (AV 1933/53) Psalm 69 : 3, 6, 12 Gebed Psalm 28 : 1, 2, 6 Skriflesing: Psalm 141 (AV 1933/53)

Nadere informatie

TEKS: 1 Korintiërs 8:4-6 HK 34:94-95

TEKS: 1 Korintiërs 8:4-6 HK 34:94-95 SKRIFLESING: 1 Korintiërs 8 TEKS: 1 Korintiërs 8:4-6 HK 34:94-95 TEMA: God alleen moet gedien word Skrifberyming 34 (2-2) : 1 Psalm 9 : 8, 12 (vers 8 by 6e gebod) Psalm 135 : 9, 10 Psalm 31 : 4, 19 Ook:

Nadere informatie

JOHANNES 3:19-20 DL 3/4:1

JOHANNES 3:19-20 DL 3/4:1 JOHANNES 3:19-20 DL 3/4:1 Votum en seën Psalm 47 : 1, 3 Geloofsbelydenis: Nicea Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 50 : 8, 11 Gebed Skriflesing: Johannes 3:1-21 (AV 1983/91) Belydenis: Dordtse Leerreëls

Nadere informatie

Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak.

Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak. Vals beeld van God: Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak. Ware beeld van God: God se beloftes word vervul in Jesus. Ons kan

Nadere informatie

SKRIFLESING: Lukas 17:1-10. TEKS: Lukas 17:10 HK 24. Begenadigdes skuld God gehoorsaamheid. Psalm 138 : 1. Skrifberyming 24 (1-1) : 2.

SKRIFLESING: Lukas 17:1-10. TEKS: Lukas 17:10 HK 24. Begenadigdes skuld God gehoorsaamheid. Psalm 138 : 1. Skrifberyming 24 (1-1) : 2. SKRIFLESING: Lukas 17:1-10 TEKS: Lukas 17:10 HK 24 TEMA: Begenadigdes skuld God gehoorsaamheid. Psalm 138 : 1 Skrifberyming 24 (1-1) : 2 Psalm 40 : 4 1 Kan dit regtig wees dat al die goeie dinge wat ons

Nadere informatie

Jesus kom op n onbekende tyd weer bly dan gereed vir Hom!

Jesus kom op n onbekende tyd weer bly dan gereed vir Hom! SKRIFLESING: Matteus 25:1-13 TEKS: Matteus 25:13 TEMA: Jesus kom op n onbekende tyd weer bly dan gereed vir Hom! Psalm 98 : 3 Psalm 99 : 1, 3 Skrifberyming 29 (18-3) : 8, 9 Skrifberyming 43 (15-7) : 5

Nadere informatie

SKRIFLESING: 1 Petrus 2:1-10. TEKS: 1 Petrus 2:9. God red sodat ons sal vertel. Psalm 40 : 5. Psalm 4 : 3. Skrifberyming 8 (5-3) : 2.

SKRIFLESING: 1 Petrus 2:1-10. TEKS: 1 Petrus 2:9. God red sodat ons sal vertel. Psalm 40 : 5. Psalm 4 : 3. Skrifberyming 8 (5-3) : 2. SKRIFLESING: 1 Petrus 2:1-10 TEKS: 1 Petrus 2:9 TEMA: God red sodat ons sal vertel. Psalm 40 : 5 Psalm 4 : 3 Skrifberyming 8 (5-3) : 2 Psalm 71 : 9, 14 Skrifberyming 78 (13-3) Ook: Sb 24 (1-1) : 6 2 Waar

Nadere informatie

TEKS: Esegiël 33:18-19 HK 32:87 33:90. God laat onbekeerdes sterf, maar bekerendes lewe.

TEKS: Esegiël 33:18-19 HK 32:87 33:90. God laat onbekeerdes sterf, maar bekerendes lewe. SKRIFLESING: Esegiël 33: 10-20 TEKS: Esegiël 33:18-19 HK 32:87 33:90 TEMA: God laat onbekeerdes sterf, maar bekerendes lewe. Psalm 99 : 1, 3 Skrifberyming 38 (15-2) : 2 Psalm 4 : 4 Skrifberyming 78 (13-3)

Nadere informatie

Jesus se eerste preek op die berg. Hy gee ons onuitspreeklike blydskap.

Jesus se eerste preek op die berg. Hy gee ons onuitspreeklike blydskap. Jesus se eerste preek op die berg. Hy gee ons onuitspreeklike blydskap. Ses groepstudies oor die Saligsprekinge uit Matteus 5 Groepstudie 1 17 Februarie 1. Die bergpredikasie. i. Leer gou almal se name

Nadere informatie

SPREUKE 16:9. Votum en seën. Psalm 8 : 1, 2. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Exodus 20:1-17 (AV 1933/53) Psalm 65 : 2, 4.

SPREUKE 16:9. Votum en seën. Psalm 8 : 1, 2. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Exodus 20:1-17 (AV 1933/53) Psalm 65 : 2, 4. SPREUKE 16:9 Votum en seën Psalm 8 : 1, 2 Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels Wet: Exodus 20:1-17 (AV 1933/53) Psalm 65 : 2, 4 Gebed Skriflesing: Spreuke 16:1-15 (AV 1933/53) Teks: Spreuke 16:9 (AV 1933/53)

Nadere informatie

ESEGIËL 17:19 HK 37. Votum en seën. Psalm 89 : 1. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Deuteronomium 5:6-21. Psalm 24 : 2. Gebed.

ESEGIËL 17:19 HK 37. Votum en seën. Psalm 89 : 1. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Deuteronomium 5:6-21. Psalm 24 : 2. Gebed. ESEGIËL 17:19 HK 37 Votum en seën Psalm 89 : 1 Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels Wet: Deuteronomium 5:6-21 Psalm 24 : 2 Gebed Psalm 24 : 3 Skriflesing: Esegiel 17 (AV 1983) Belydenis: HK 37 Teks: Esegiël

Nadere informatie

Galasiërs 6:11. Kyk met watter groot letters ek met my eie hand aan julle skrywe! (Galasiërs 6:11)

Galasiërs 6:11. Kyk met watter groot letters ek met my eie hand aan julle skrywe! (Galasiërs 6:11) Les 14 vir 30 September 2017 Paulus se slotrede is eintlik 'n oproep tot die Galasiërs. Paulus was soos 'n herder wat vir sy kudde sorg. Hy wou die waarhede van die geloof in die Galasiërs se gedagtes

Nadere informatie

OPENBARING 21:9-10. Votum en seën. Psalm 122 : 1. Gebed. Psalm 46 : 1, 2. Skriflesing: Openbaring 21:1-21 (AV 1983/91)

OPENBARING 21:9-10. Votum en seën. Psalm 122 : 1. Gebed. Psalm 46 : 1, 2. Skriflesing: Openbaring 21:1-21 (AV 1983/91) OPENBARING 21:9-10 Votum en seën Psalm 122 : 1 Gebed Psalm 46 : 1, 2 Skriflesing: Openbaring 21:1-21 (AV 1983/91) Teks: Openbaring 21:9-10 (AV 1983/91) Preek: Die Here se toekoms vir ons Gebed Kollekte

Nadere informatie

U het rég gehoor: dat u die HÉre daar gaan dien; want dis wat die Heilige Gees ons hier laat hoor, dat ook ons alledaagse werk godsdiens is.

U het rég gehoor: dat u die HÉre daar gaan dien; want dis wat die Heilige Gees ons hier laat hoor, dat ook ons alledaagse werk godsdiens is. SKRIFLESING: Kolossense 3:18 4:1 TEKS: Kolossense 3:23 TEMA: God se kinders dien HÅm in hulle werk. Psalm 84 : 1, 6 Psalm 139 : 1, 5 Psalm 104 : 8, 9, 14 Skrifberyming 45 (18-7) : 1, 10 2 Vir die meeste

Nadere informatie

1 KORINTIËRS 1:4. Votum en seën. Psalm 116 : 7, 10. Gebed. Psalm 31 : 13, 18. Skriflesing: 1 Korintiërs 1:1-9 (AV 1933/53)

1 KORINTIËRS 1:4. Votum en seën. Psalm 116 : 7, 10. Gebed. Psalm 31 : 13, 18. Skriflesing: 1 Korintiërs 1:1-9 (AV 1933/53) 1 KORINTIËRS 1:4 Votum en seën Psalm 116 : 7, 10 Gebed Psalm 31 : 13, 18 Skriflesing: 1 Korintiërs 1:1-9 (AV 1933/53) Teks: 1 Korintiërs 1:4 (AV 1933/53) Preek: Voorop by n gemeente is dank aan God vir

Nadere informatie