God laat alles Sy kinders se saligheid bevorder.

Save this PDF as:
 WORD  PNG  TXT  JPG

Maat: px
Weergave met pagina beginnen:

Download "God laat alles Sy kinders se saligheid bevorder."

Transcriptie

1 SKRIFLESING: Romeine 8:18-30 TEKS: Romeine 8:28 HK 9 TEMA: God laat alles Sy kinders se saligheid bevorder. Psalm 30 : 3, 4 Skrifberyming 33 (2-4) : 1 Psalm 119 : 25 Skrifberyming 78 (13-3) Ook: Sb 52 (11-2)

2 2 Dit bly vir ons een van die moeilikste sake in ons geestelike lewe: om die sin van die sukkel en swaarkry van hierdie lewe te verstaan. Vir die meeste van ons maak dit sin as ons verse daaroor in die Bybel lees en n preek daaroor hoor, maar dis asof dit ophou sin maak as dit jóu die keer regtig in jou lewe tref. Dit laat party mense wonder of daar regtig n God kan wees as jy al die moeite en lyding sien. Dit maak partykeer dat selfs lidmate van die Here se kerk moedeloos word en sommer wil ophou kerk toe kom en Bybel lees en bid, want dit help tog niks! Maar hier in HK 9 bely ons dat ons dit in die Bybel vind, dat God, wat ons Vader is, alles wat gebeur, gebruik om Sy kinders aan te help hemel toe. Dis die kern van hierdie preek: God laat álles Sy kinders se saligheid bevorder. Kom ons kyk na wat die Skrif leer en ons as kerk dus bely. Ons gee aan die volgende aandag: 1. dat dit hier oor God se kinders gaan; 2. dat dit hier oor hulle saligheid gaan; 3. dat God alles daartoe laat meewerk. 1. DIT GAAN HIER OOR GOD SE KINDERS Dis baie duidelik dat Rom 8:28 van God se kinders praat, dat dit wat hier staan op húlle van toepassing is. Hulle word hier op twee maniere beskryf: - as dié wat Hom liefhet - en as dié wat volgens Sy besluit geroep is. Hoor u hoe die twee dele van kind-van-god-wees hiermee beskryf word? - die genade-deel: God het ons, soos Hy besluit het, geroep; - en ons antwoord-deel, ons verantwoordelikheid: ons moet Hom liefhê. Eintlik is altwee hierdie dele tog maar God se werk. Álles in ons geestelike lewe begin by Hom en word deur Hom bewerk. Verse spel dit eksplisiet uit:

3 3 - hoe God sekere mense van ewigheid af liefhet; - hoe Hy bepaal het dat hulle dissipels van Jesus Christus sal word; - hoe Hy hulle na Hom toe roep - en hulle van hulle sondes vryspreek; - en hoe Hy hulle dan uiteindelik verheerlik. En iewers in hierdie proses van God se werk met hulle, word hulle nou vir Hom ook lief, maar ook hierdie liefde vir Hom is die produk, die gevolg, die vrug van die werk van die Heilige Gees in hulle harte 1 Die feit is: dit gaan hier oor kinders van God. Registreer u dat die oomblik as jy van kinders van God praat, jy dan by implikasie God as Vader verwys, na die primêre wat ons hier in HK 9 bely? Ons bely wel ook dat Hy die Almagtige is en dat Hy die Skepper van alles en almal is, maar dis nie wat hier vóórop staan nie. Wat hier voorop staan, is dat God n Vader is dié Vader. Selfs by die skepping, veral in dit wat in Gen 2 beskryf word, is dit Sy vaderlike sorg vir die mens wat die oog vang. En ook in dit wat hier in Rom 8:28 staan, sien jy die werk van n Vader, n wyse, almagtige, liefdevolle Vader, wat met Sy kinders besig is. Dit wat hier in Rom 8:28 staan, is op kinders van die hemelse Vader van toepassing. 2. DIT GAAN OOR HULLE SALIGHEID Die Heilige Gees laat Paulus hier skryf oor dit wat God vir Sy kinders ten goede laat meewerk, oor dit wat help dat hulle die goeie kry. Wat is hierdie goeie waartoe Hy alles laat meewerk? Is dit aardse geluk? 1 Bv Gal 5:22; 1 Joh 4:19. Vgl ook Joh 6:44 en Rom 5:5

4 4 Sê hierdie vers dat God alles laat meewerk sodat Sy kinders in aardse terme n lekker lewe sal kry altyd gesond, baie geld, niks druk en spanning en probleme nie? Die Vader in die hemel géé vir van Sy kinders n goeie lewe op hierdie aarde ook. Maar baie kinders van die Here het nié n maklike en lekker aardse lewe nie. Hierdie hele gedeelte van Rom 8:18 tot by die einde van die hoofstuk veronderstel eintlik kinders van die Here wat swaarkry; - hier word gepraat van die lyding wat ons nou moet verduur; 2 - en van gelowiges wat sug; 3 - en van lyding en benoudheid en vervolging en honger en naaktheid en gevaar en die swaard; 4 - selfs van Christene wat soos slagskape behandel word; 5 So, die goeie waarvan hier gepraat word, is nie die goeie van n lekker en maklike aardse lewe nie. Hierdie vers wil nie sê dat God alles laat meewerk aan n lekker en maklike aardse lewe vir Sy kinders nie. Wat is die eintlike goeie wat God vir Sy kinders gee? Dis mos die ewige saligheid. Dis mos dat hulle in Jesus Christus glo en deur dit wat Hy veral aan die kruis vir hulle gedoen het, met God versoen word, en dat hulle deur die Heilige Gees in die geloof vasgehou word, totdat hulle hierna in die ewige heerlikheid by God tuiskom. Dís die goeie waartoe God alles laat meewerk die saligheid van Sy kinders. 3. GOD LAAT ÁLLES DAARTOE MEEWERK Dis n veelseggende woord wat hier gebruik word: meewerk. 2 Vers 18 3 Vers 23 4 Vers 35 5 Vers 36

5 5 Dis n woord wat sê dat God in Sy werk om ons salig te maak, sekere dinge met Hom laat saam-werk om ons tot geloof te bring en gelowig te laat bly, om dan uiteindelik die ewige bedeling van die saligheid in te gaan. Watter dinge gebruik God as mee-werkers aan ons saligheid? Álles. Álle dinge. Alles wat Hy vir ons gee en alles wat Hy van ons weerhou. Alles wat Hy in ons lewens laat gebeur en alles wat Hy keer om in ons lewens te gebeur. Alles wat Hy in die kerk en in die wêreld doen en toelaat om te gebeur en verhinder om te gebeur. Al die goeie dinge wat ons kry en wat met ons gebeur, maar ook al die slegte dinge wat ons kry en wat Hy met ons laat gebeur. Daar s niks wat God nie gebruik om ons saligheid mee te bevorder nie. Dat die aangename en die positiewe dinge kan meewerk aan ons saligheid dís vir ons maklik om te verstaan. Dat dit jou geloof kan bevorder as jy in n positiewe kerklike omgewing is en as die Here jou gebede verhoor en as jou lewe stabiel en rustig en voorspoedig is en as jy gesond en veilig is dís vir ons maklik om in te sien. Maar wat vir ons baie moeilik is om te verstaan patykeer té moeilik is dat swaakry en onreg, die kwaad wat God in hierdie jammerdal oor my beskik, 6 selfs die versoekings en sondes waarteen ek stry, deur God ingespan kan word om my saligheid te bevorder, verander kan word tot my beswil. 7 6 HK 9:26(e) 7 HK 9:26(e)

6 6 Maar dis wat die Here hier deur Sy apostel vir ons sê, beteken: dat Hy álles laat saamwerk om ons in die geloof te kry en te hou tot ons eendag in die ewige heerlikheid ingaan. Dink aan van die praktiese voorbeelde van swaarkry wat mense geestelik gehelp het in die Bybel: o Met al die swaarkry, al die versoekings, al die ontberings wat die Israeliete vir veertig jaar lank in die woestyn gely het, het die Here hulle onder andere geleer dat n mens nie van brood alleen lewe nie, maar ook van die woord van God n woord waarsonder jou gees kwyn; en Hy t hulle daarmee geestelike dissipline geleer waarsonder hulle só in sondes sou verval het dat hulle nooit by hulle bestemming sou uitkom nie. o Dink aan Job se swaarkry: alles wat hy verloor het, sy hartseer en teleurstellings en geestelike stryd hoe dit sy geloof uiteindelik verdiep het, só dat hy kon sê: nou het ek U gesien! 8 o Dink aan die apostel Paulus se doring in die vlees, wat hom teen hoogmoed bewaar het, 9 teen hierdie duiwelse gif wat jou siel kan vernietig! 10 o Dink aan Hebreërs 12, wat praat van die tug van die hemelse Vader, wat lyk na iets om oor te huil, maar wat heiligheid en vrede en gehoorsaamheid aan God tot gevolg het. 11 o Dink aan die grootste kwaad en onreg wat daar ooit in hierdie wêreld gepleeg is, dat die Seun van God, dieverlosser van die wêreld, sonder rede aan n kruis doodgemartel is en daardeur word elke uitverkorene salig gemaak! God laat hierdie kwaad tot saligheid van Sy kinders dien. Só groot is God se almag en Sy vaderlike wysheid en liefde dat Hy álles laat meewerk aan die ewige goeie vir Sy kinders TOEPASSING 8 Job 42:6 9 2 Kor 12:7 10 Jes 14:13-15; 1 Tim 3:6; 11 Hebr 12:10-11

7 7 Ons het maar baie kere moeite om sin te maak van al die sukkel en swaarkry in ons eie lewe en rondom ons. Maar hier help die Heilige Gees ons om te sien hoe God as Vader met ons werk. En met hierdie een versie word selfs die negatiewe wat in ons eie lewens en in die wêreld rondom ons gebeur, in heeltemal n ander lig gestel: - dis nie bedoel om mense wat regtig kinders van God is, geestelik af te breek nie; - dis alles dinge waarmee God aan ons saligheid werk! Ons verstaan nie áltyd hoe slegte dinge wat gebeur ons saligheid bevorder nie, maar baie kere verstaan ons dit tog wel. Ons weet byvoorbeeld van baie kere wat nood mense weer leer bid het, nie waar nie? Ons ken seker almal mense, wat op die verkeerde pad was, maar wat deur n ernstige siekte, of deur n motor-ongeluk, of deur n ander krisis in hulle lewe, weer laat besef is wat werklik saak maak. Het u nie ook al mense raakgeloop wat deur groot finansiële verliese, of selfs deur bankrotskap, bevry is van Mammondiens nie? Hoeveel kere het die kommer en die druk van die lewe jou nie met n honger hart kerk toe laat kom nie, terwyl jy nie so honger was vir die woord en die gebede en die ander seëninge hier toe alles in jou lewe glad en maklik verloop het nie. Hoeveel kere het mense se dood ander nie weer n keer in n kerk laat kom waar hulle die evangelie, wat hulle al vergeet het, weer gehoor het nie. Hoeveel kere is dit nie die stukkendheid van hierdie aardse lewe wat ons verlange na die volmaakte lewe saam met God lewendig hou nie? Maar eintlik moet ons dit nie eers probeer uitpluis nie. Die voorbeelde in die Bybel wys juis dat God baie kere die slegte so verrassend ten goede laat meewerk, dat geen mens dit voor die tyd sou kon dink of sou kon uitwerk nie! Ons Vader in die hemel ken elkeen van Sy kinders só goed, dat Hy presies weet wat die alles is wat Hy in óns lewens tot ons saligheid moet gebruik. En behoort dit nie vir ons genoeg te wees nie, om te weet dat álles in my lewe

8 8 - die goeie én die slegte; - die maklike én die moeilike; - die soet én die bitter; - die gelykte én die steilte deel is van die pad waarmee my hemelse Vader my na die ewige vreugdelewe daar by Hom toe vat AMEN

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL Votum en seën Psalm 118 : 2 Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1933/53) Psalm 4 : 3 Gebed Skriflesing: Johannes 19:17-27 (AV 1933/53) Teks: Johannes 19:26-27

Nadere informatie

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra SKRIFLESING: Romeine 12:1-8 TEKS: Romeine 12:1-2 HK 49 TEMA: Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra Psalm 103 : 10, 11 Skrifberyming 28 (10-1) : 1, 2 Psalm 119 : 11 Skrifberyming 78 (13-3)

Nadere informatie

Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg

Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg SKRIFLESING: 1 Johannes 2:1-11 TEKS: 1 Johannes 2:6 TEMA: Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg Psalm 9 : 1, 2, 7 Psalm 31 : 13 (na gebed) Skrifberyming 72 (12-3) : 1, 2 Skrifberyming 78 (13-3) Ook:

Nadere informatie

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun SKRIFLESING: Johannes 1:1-18 TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13 TEMA: God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun Psalm 45 : 1, 2, 3 Psalm 72 : 6 Skrifberyming 33 (2-4) : 1 Skrifberyming 78 (13-3) 2 Dat ons kinders

Nadere informatie

OPENBARING 5:5 HK Sondag 48

OPENBARING 5:5 HK Sondag 48 OPENBARING 5:5 HK Sondag 48 Votum en seën Psalm 93 : 1, 4 Gebed Skriflesing: Openbaring 5 (AV 1933/53) Belydenis: HK 48 Teks: Openbaring 5:5 (AV 1933/53) Psalm 72 : 2 Preek: God sorg self vir die koms

Nadere informatie

Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek

Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek SKRIFLESING: 1 Johannes 2:28 3:10 TEKS: 1 Johannes 3:8b TEMA: Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek Psalm 45 : 1, 3, 5, 6 Psalm 79: 5, 6 Skrifberyming 33 (2-4) : 1, 2 Skrifberyming

Nadere informatie

TEKS: Matteus 5:3 (AV 1933/53) HK 5

TEKS: Matteus 5:3 (AV 1933/53) HK 5 SKRIFLESING: Matteus 5:1-12 TEKS: Matteus 5:3 (AV 1933/53) HK 5 TEMA: Verlossing kom nie uit ons nie. Psalm 138 : 3 Skrifberyming 16 (11-3) : 1, 4 Psalm 146 : 2, 5 Skrifberyming 78 (13-3) Ook: Ps 33 :

Nadere informatie

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE:

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE: VRUGTE VAN DIE GEES VRAE: GEDULD: (Patience) 1. Wat is geduld? 2. Wat is van die goed waarvoor jy geduldig moet wees? 3. Is dit moeilik vir jou om geduldig te wees? 4. Hoe kan jy geduld wys? SELFBEHEERSING:

Nadere informatie

God se liefde vat ons vrees vir Sy oordeel weg

God se liefde vat ons vrees vir Sy oordeel weg SKRIFLESING: 1 Johannes 4:7-21 TEKS: 1 Johannes 4:17-18 TEMA: God se liefde vat ons vrees vir Sy oordeel weg Psalm 48 : 1 Psalm 99 : 1, 4 Psalm 103 : 6 (na doop) Psalm 43 : 3 Skrifberyming 10 (5-4) : 1,

Nadere informatie

1 JOHANNES 4:20 HK 34:93

1 JOHANNES 4:20 HK 34:93 1 JOHANNES 4:20 HK 34:93 Votum en seën Psalm 134 : 1, 3 [ ons ] Gebed Psalm 27 : 4 Skriflesing: 1 Johannes 4:7-21 (AV 1983) Belydenis: HK 34:93 Teks: 1 Johannes 4:20 (AV 1983) Preek: God se wil is liefde

Nadere informatie

Die Here laat ons maai wat ons gesaai het

Die Here laat ons maai wat ons gesaai het SKRIFLESING: Galasiërs 6 TEKS: Galasiërs 6:7-8 TEMA: Die Here laat ons maai wat ons gesaai het Psalm 100 : 1, 3, 4 Psalm 50 : 11 Psalm 91 : 1 (na belydenisaflegging) Psalm 126 : 3 Skrifberyming 33 (2-4)

Nadere informatie

1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80

1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80 1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80 Votum en seën Psalm 23 : 1, 3 Gebed Skriflesing: 1 Korintiërs 10:1-13 (AV 1983) Belydenis: HK 29:78-30:80 Teks: 1 Korintiërs 10:4 Psalm 105 : 21, 22 Preek: Die Heilige Gees

Nadere informatie

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5 MATTEUS 6:8 Votum en seën Psalm 7 : 6 Gebed Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5 Preek: Vir ons hemelse Vader is eenvoudige gebede goed Gebed

Nadere informatie

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3.

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3. SKRIFLESING: Johannes 8 :12-20 TEKS: Johannes 8:12 TEMA: Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe Psalm 150 : 1, 2, 3 Psalm 43 : 3, 4 Skrifberyming 3 (4-7) : 1, 2 Skrifberyming 9 (18-1) : 1, 6 [Ook: Ps

Nadere informatie

Deur Sy wet gee God ons broodnodige kennis van sonde

Deur Sy wet gee God ons broodnodige kennis van sonde SKRIFLESING: Romeine 7:1-13 TEKS: Romeine 7:7 HK 1:2 2:5 TEMA: Deur Sy wet gee God ons broodnodige kennis van sonde Psalm 147 : 1, 4 Skrifberyming 26 (9-1) : 1, 10 Psalm 130 : 2 2 As u vir iemand wat glad

Nadere informatie

SKRIFLESING: 1 Korintiërs 13. TEKS: 1 Korintiërs 13:8. Die liefde bly vir ewig. Psalm 103 : 1, 2. Psalm 102 : 11, 12. Skrifberyming 21 (9-4) : 1, 6

SKRIFLESING: 1 Korintiërs 13. TEKS: 1 Korintiërs 13:8. Die liefde bly vir ewig. Psalm 103 : 1, 2. Psalm 102 : 11, 12. Skrifberyming 21 (9-4) : 1, 6 SKRIFLESING: 1 Korintiërs 13 TEKS: 1 Korintiërs 13:8 TEMA: Die liefde bly vir ewig Psalm 103 : 1, 2 Psalm 102 : 11, 12 Skrifberyming 21 (9-4) : 1, 6 Skrifberyming 78 (13-3) Ook: Sb 33 (2-4) : 2 2 U ken

Nadere informatie

KOLOSSENSE 3:17 HK Sondag 36

KOLOSSENSE 3:17 HK Sondag 36 KOLOSSENSE 3:17 HK Sondag 36 Votum en seën Psalm 20 : 1, 2, 7 Gebed Skriflesing: Kolossense 3:1-17 (AV 1983) Belydenis: HK 36:99 Teks: Kolossense 3:17 (AV 1983) Psalm 118 : 5 Preek: God se kinders eer

Nadere informatie

Die Groot Gebod dennis de wet

Die Groot Gebod dennis de wet Die Groot Gebod dennis de wet Die Groot Gebod Meester, wat is die groot gebod in die wet? En Jesus antwoord hom: Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand.

Nadere informatie

PSALM 90:2 NGB 1. Votum en seën. Psalm 90 : 1. Gebed. Skriflesing: Psalm 90 (AV 1933/53) Belydenis: NGB 1. Teks: Psalm 90:2 (AV 1933/53)

PSALM 90:2 NGB 1. Votum en seën. Psalm 90 : 1. Gebed. Skriflesing: Psalm 90 (AV 1933/53) Belydenis: NGB 1. Teks: Psalm 90:2 (AV 1933/53) PSALM 90:2 NGB 1 Votum en seën Psalm 90 : 1 Gebed Skriflesing: Psalm 90 (AV 1933/53) Belydenis: NGB 1 Teks: Psalm 90:2 (AV 1933/53) Psalm 102 : 5, 11 Preek: God bestaan [nog] [altyd] Gebed Kollekte Skrifberyming

Nadere informatie

n Tempel Leier besoek Jesus

n Tempel Leier besoek Jesus Bybel vir Kinders bied aan n Tempel Leier besoek Jesus Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Byron Unger; Lazarus Aangepas deur: M. Maillot; Sarah S. Vertaal deur: Yvette Brits Vervaardig deur: Bible

Nadere informatie

Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak.

Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak. Vals beeld van God: Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak. Ware beeld van God: God se beloftes word vervul in Jesus. Ons kan

Nadere informatie

SKRIFLESING: Lukas 8: TEKS: Lukas 8:25a. Geloof moet werk. Psalm 48 : 4. Psalm 119 : 36. Psalm 31 : 1, 2. Skrifberyming 74 (14-2)

SKRIFLESING: Lukas 8: TEKS: Lukas 8:25a. Geloof moet werk. Psalm 48 : 4. Psalm 119 : 36. Psalm 31 : 1, 2. Skrifberyming 74 (14-2) SKRIFLESING: Lukas 8:22-39 TEKS: Lukas 8:25a TEMA: Geloof moet werk. Psalm 48 : 4 Psalm 119 : 36 Psalm 31 : 1, 2 Skrifberyming 74 (14-2) Skrifberyming 78 (13-3) 2 Dis maklik, as ons veilig en rustig hier

Nadere informatie

Jesus Christus se opstanding maak ons lewens sinvol

Jesus Christus se opstanding maak ons lewens sinvol SKRIFLESING: 1 Korintiërs 15:1-20 TEKS: 1 Korintiërs 15:20a TEMA: Jesus Christus se opstanding maak ons lewens sinvol Psalm 33 : 2 Psalm 33 : 11 Skrifberyming 10 (5-4) : 1, 2 Ook: Sb 27 : 1, 3 1 Weet u

Nadere informatie

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22 1 BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22 Die sekerheid dat jy 'n kind van God is, is nie die einde van die pad nie maar die begin daarvan. Nou word dit moontlik om as gelowiges te groei. Maar waarheen lei

Nadere informatie

HEMELVAART. SKRIFLESING: Johannes 14:1-14. TEKS: Johannes 14:2-3 (AV 1933/53) Jesus Christus is hemel toe vir ons. Psalm 2 : 4, 6.

HEMELVAART. SKRIFLESING: Johannes 14:1-14. TEKS: Johannes 14:2-3 (AV 1933/53) Jesus Christus is hemel toe vir ons. Psalm 2 : 4, 6. HEMELVAART SKRIFLESING: Johannes 14:1-14 TEKS: Johannes 14:2-3 (AV 1933/53) TEMA: Jesus Christus is hemel toe vir ons Psalm 2 : 4, 6 Psalm 68 : 8 Psalm 84 : 1, 2 Ook: Psalm 24 : 4, 5 2 Jesus se hemelvaart

Nadere informatie

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

DIE VLEUELS VAN GEBED (9) DIE VLEUELS VAN GEBED (9) DIE VLEUELS VAN GEBED (9) Jan van der Watt Dankie Here! Dankie sê is om jou skuld te betaal. In die tyd van die Bybel was dankie sê iets anders as vandag. Vandag is dankie n woord

Nadere informatie

Vir die Here is die hoofsaak dat ons sal glo en gehoorsaam.

Vir die Here is die hoofsaak dat ons sal glo en gehoorsaam. SKRIFLESING: Prediker 11:9 12:14 TEKS: Prediker 12:13 (OAV) TEMA: INHOUD: Vir die Here is die hoofsaak dat ons sal glo en gehoorsaam. Die hoofsaak Psalm 146 : 1, 4, 8 Psalm 19 : 7 Skrifberyming 12-3 :

Nadere informatie

toegewy aan God ross os s v an v nieker i k

toegewy aan God ross os s v an v nieker i k toegewy aan God ross van niekerk goddelike nageslag hoe verseker ons dit? 1. modelleer. 2. liefde. 3. instruksie. 4. dissipline. 5. meedeling. psalm 127:3 Kyk, kinders is n erfdeel van die HERE; die vrug

Nadere informatie

Preek Romeine 1:16-17

Preek Romeine 1:16-17 1 Preek Romeine 1:16-17 (Preek gelewer tydens erediens in Welkom-Noord op Sondag 19 Februarie2017) Prediker: Ds JL van der Schyff Voor die erediens Sing: Lied 255:1,2,3 Sing: Psalm 119-1:39 Sing: Psalm

Nadere informatie

SPREUKE 16:9. Votum en seën. Psalm 8 : 1, 2. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Exodus 20:1-17 (AV 1933/53) Psalm 65 : 2, 4.

SPREUKE 16:9. Votum en seën. Psalm 8 : 1, 2. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Exodus 20:1-17 (AV 1933/53) Psalm 65 : 2, 4. SPREUKE 16:9 Votum en seën Psalm 8 : 1, 2 Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels Wet: Exodus 20:1-17 (AV 1933/53) Psalm 65 : 2, 4 Gebed Skriflesing: Spreuke 16:1-15 (AV 1933/53) Teks: Spreuke 16:9 (AV 1933/53)

Nadere informatie

SKRIFLESING: Prediker 11. TEKS: Prediker 11:4, 6. Wie met God reken, gebruik sy/haar kanse. Psalm 149 : 1, 2. Psalm 126 : 3.

SKRIFLESING: Prediker 11. TEKS: Prediker 11:4, 6. Wie met God reken, gebruik sy/haar kanse. Psalm 149 : 1, 2. Psalm 126 : 3. SKRIFLESING: Prediker 11 TEKS: Prediker 11:4, 6 TEMA: Wie met God reken, gebruik sy/haar kanse Psalm 149 : 1, 2 Psalm 126 : 3 Psalm 128 : 1, 4 1 Is dit nog die moeite werd om dinge aan te pak in die kerk,

Nadere informatie

1 KORINTIËRS 3:21-23 HK Sondag 1

1 KORINTIËRS 3:21-23 HK Sondag 1 1 KORINTIËRS 3:21-23 HK Sondag 1 Votum en seën Psalm 30 : 3 Gebed Psalm 30 : 7 Skriflesing: 1 Korintiërs 3:9b-23 (AV 1983/91) Belydenis: HK Sondag 1 Teks: 1 Korintiërs 3:21b-23 (AV 1983/91) Preek: Gelowiges

Nadere informatie

Skriflesing: 2 Tim 2:14-26(word gelees deur gemeentelede uit die banke)

Skriflesing: 2 Tim 2:14-26(word gelees deur gemeentelede uit die banke) Preek 2 Tim 2 : 14-26 Kan jy of kan jy nie? Verwelkoming Votum(Ds. Danie) Seëngroet(Ds. Danie) Lofprysing Gebed Kan jy of kan jy nie? Baie eenvoudige tema, maar het so n wye betekenis. Ek wil vra dat u

Nadere informatie

Wie God se beloftes het, streef om skoon te word en heilig te wees

Wie God se beloftes het, streef om skoon te word en heilig te wees SKRIFLESING: 2 Korintiërs 6:14 7:1 TEKS: 2 Korintiërs 7:1 TEMA: Wie God se beloftes het, streef om skoon te word en heilig te wees Psalm 103 : 1 Psalm 30 : 7 Psalm 68 : 9 Skrifberyming 78 (13-3) Ook: Sb

Nadere informatie

14. Ek glo my sondes word vergewe 1 Johannes 1:5 2:2

14. Ek glo my sondes word vergewe 1 Johannes 1:5 2:2 1 14. Ek glo my sondes word vergewe 1 Johannes 1:5 2:2 Tema Wanneer ons bely dat ons sonde doen, vir God daarvan vertel en sê ons is jammer, verseker Hy ons dat Hy ons sonde vergewe. Agtergrond en interpretasie

Nadere informatie

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3 1 Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps. 116... Sb 33:1,3 1 Johannes 3 1Jn 3:1 Kyk wat n groot liefde die Vader aan ons bewys het,

Nadere informatie

Die Here gee vir mense, wat oor Hom bly is, dit wat hulle harte begeer.

Die Here gee vir mense, wat oor Hom bly is, dit wat hulle harte begeer. SKRIFLESING: Psalm 37 : 1-11 TEKS: Psalm 37:4 TEMA: Die Here gee vir mense, wat oor Hom bly is, dit wat hulle harte begeer. Psalm 150 : 1, 2 Psalm 139 : 1, 3 Skrifberyming 72 (12-3) : 1, 2 Psalm 33 : 11

Nadere informatie

SKRIFLESING: Jesaja 6. TEKS: Jesaja 6:3 HK 8. Voor die drie-maal heilige God buig ons laag. Psalm 99 : 1, 2. Psalm 81 : 11, 12

SKRIFLESING: Jesaja 6. TEKS: Jesaja 6:3 HK 8. Voor die drie-maal heilige God buig ons laag. Psalm 99 : 1, 2. Psalm 81 : 11, 12 SKRIFLESING: Jesaja 6 TEKS: Jesaja 6:3 HK 8 TEMA: Voor die drie-maal heilige God buig ons laag Psalm 99 : 1, 2 Psalm 81 : 11, 12 Skrifberyming 45 (18-7) : 8, 9 Ook: Skrifberyming 54 (2-6) : 5 2 Die Heidelbergse

Nadere informatie

SKRIFLESING: 1 Petrus 2:1-10. TEKS: 1 Petrus 2:9. God red sodat ons sal vertel. Psalm 40 : 5. Psalm 4 : 3. Skrifberyming 8 (5-3) : 2.

SKRIFLESING: 1 Petrus 2:1-10. TEKS: 1 Petrus 2:9. God red sodat ons sal vertel. Psalm 40 : 5. Psalm 4 : 3. Skrifberyming 8 (5-3) : 2. SKRIFLESING: 1 Petrus 2:1-10 TEKS: 1 Petrus 2:9 TEMA: God red sodat ons sal vertel. Psalm 40 : 5 Psalm 4 : 3 Skrifberyming 8 (5-3) : 2 Psalm 71 : 9, 14 Skrifberyming 78 (13-3) Ook: Sb 24 (1-1) : 6 2 Waar

Nadere informatie

SKRIFLESING: Johannes 4:1-30. TEKS: Johannes 4:10. Die Here les mense se diepste dors. Psalm 84 : 2, 3. Psalm 139 : 1, 3. Skrifberyming 6 (5-1) : 5

SKRIFLESING: Johannes 4:1-30. TEKS: Johannes 4:10. Die Here les mense se diepste dors. Psalm 84 : 2, 3. Psalm 139 : 1, 3. Skrifberyming 6 (5-1) : 5 SKRIFLESING: Johannes 4:1-30 TEKS: Johannes 4:10 TEMA: Die Here les mense se diepste dors Psalm 84 : 2, 3 Psalm 139 : 1, 3 Skrifberyming 6 (5-1) : 5 Skrifberyming 9 (18-1) : 1, 6 Skrifberyming 78 (13-3)

Nadere informatie

Jesaja sien die Toekoms

Jesaja sien die Toekoms Bybel vir Kinders bied aan Jesaja sien die Toekoms Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Jonathan Hay Aangepas deur: Mary-Anne S. Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

Die Here gee Sy seën waar ouers en kinders Hom gehoorsaam.

Die Here gee Sy seën waar ouers en kinders Hom gehoorsaam. SKRIFLESING: Efesiërs 6:1-4 TEKS: Efesiërs 6:1-4 HK 39 TEMA: Die Here gee Sy seën waar ouers en kinders Hom gehoorsaam. Psalm 103 : 1 Psalm 25 : 3 Skrifberyming 26 (9-1) : 1, 7 Psalm 103 : 9 1 Ons wil

Nadere informatie

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24 1 15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24 Tema Wanneer jy in Jesus glo, eindig jou lewe nie op die dag wanneer jy doodgaan nie. Jy sal uit die dood opstaan en

Nadere informatie

Galasiërs 6:11. Kyk met watter groot letters ek met my eie hand aan julle skrywe! (Galasiërs 6:11)

Galasiërs 6:11. Kyk met watter groot letters ek met my eie hand aan julle skrywe! (Galasiërs 6:11) Les 14 vir 30 September 2017 Paulus se slotrede is eintlik 'n oproep tot die Galasiërs. Paulus was soos 'n herder wat vir sy kudde sorg. Hy wou die waarhede van die geloof in die Galasiërs se gedagtes

Nadere informatie

n Dubbele kruis-belydenis

n Dubbele kruis-belydenis 1 n Dubbele kruis-belydenis Dr AH Bogaards Lees: Lk.23:26-49 Teks: Lk.23:42-43 (Nagmaal) Datum: 7 Desember Psalms: Ps.43:3,4; 119:26; 119:27; 25:1,3; 23:1,3; 118 1. Inleiding Laat ons daaraan dink dat

Nadere informatie

Jesus se eerste preek op die berg. Hy gee ons onuitspreeklike blydskap.

Jesus se eerste preek op die berg. Hy gee ons onuitspreeklike blydskap. Jesus se eerste preek op die berg. Hy gee ons onuitspreeklike blydskap. Ses groepstudies oor die Saligsprekinge uit Matteus 5 Groepstudie 1 17 Februarie 1. Die bergpredikasie. i. Leer gou almal se name

Nadere informatie

Heilig, heilig, heilig, heilig is die Heer. Eng'le in die hemel buig hul voor Hom neer. Here, hoor my bede, hoor my as ek sing, en aan U, my Vader,

Heilig, heilig, heilig, heilig is die Heer. Eng'le in die hemel buig hul voor Hom neer. Here, hoor my bede, hoor my as ek sing, en aan U, my Vader, Heilig, heilig, heilig, heilig is die Heer. Eng'le in die hemel buig hul voor Hom neer. Here, hoor my bede, hoor my as ek sing, en aan U, my Vader, al my hulde bring. Lied 171:2 Heilig, heilig, heilig,

Nadere informatie

Jesus kom op n onbekende tyd weer bly dan gereed vir Hom!

Jesus kom op n onbekende tyd weer bly dan gereed vir Hom! SKRIFLESING: Matteus 25:1-13 TEKS: Matteus 25:13 TEMA: Jesus kom op n onbekende tyd weer bly dan gereed vir Hom! Psalm 98 : 3 Psalm 99 : 1, 3 Skrifberyming 29 (18-3) : 8, 9 Skrifberyming 43 (15-7) : 5

Nadere informatie

PREEK Sondag 10 Junie 2007 Ds Freddie Schoeman

PREEK Sondag 10 Junie 2007 Ds Freddie Schoeman PREEK Sondag 10 Junie 2007 Ds Freddie Schoeman Lees Openbaring 21:1 8 Eerste paar verse van hoofstuk 21: Spanning tussen die reeds en die nog nie. Die nuwe Jerusalem, die stad, is besig om neer te daal

Nadere informatie

Bybel vir Kinders bied aan. Die Kerk Kry Moeilikheid

Bybel vir Kinders bied aan. Die Kerk Kry Moeilikheid Bybel vir Kinders bied aan Die Kerk Kry Moeilikheid Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Gert Badenhorst Vervaardig deur: Bible for Children

Nadere informatie

Die gebruik van 'n persoonlike joernaal of dagboek

Die gebruik van 'n persoonlike joernaal of dagboek Die gebruik van 'n persoonlike joernaal of dagboek Uit Doelgerigte Gebed deur Bennie Mostert, CUM uitgewers Opdrag: Maak 'n keuse om in hierdie week wat kom minstens 5 dae te neem om 15-30 minute per dag

Nadere informatie

Jesus - Die Grootste Geskenk van Alle Tye - Reformation Society

Jesus - Die Grootste Geskenk van Alle Tye - Reformation Society "Jesus antwoord en sê vir haar: As jy die gawe van God geken het en geweet het wie Hy is wat vir jou sê: Gee vir My water om te drink, sou jy Hom gevra het en Hy sou vir jou lewende water gegee het." Johannes

Nadere informatie

Goeie Konings, Slegte Konings

Goeie Konings, Slegte Konings Bybel vir Kinders bied aan Goeie Konings, Slegte Konings Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Lazarus Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

Deur Christus Alleen

Deur Christus Alleen Gepubliseer op: Deur Christus Alleen Tuisblad van dr. A.H. Bogaards www.enigstetroos.org 1 Deur Christus alleen Reeks preke oor Galasiërs Nr 6 Dr AH Bogaards Lees: Gal.2:17-21; Hand.9:1-22 Teks: Gal.2:17-21

Nadere informatie

Preek oor: Wat doen die Heilige Gees? Die Heilige Gees laat die wedergeboorte plaasvind

Preek oor: Wat doen die Heilige Gees? Die Heilige Gees laat die wedergeboorte plaasvind 1 Preek oor: Wat doen die Heilige Gees? Die Heilige Gees laat die wedergeboorte plaasvind (Preek gelewer tydens erediens in Welkom-Noord op Sondag 29 Mei 2016) Voor die erediens Sing: Psalm 71-1:1,9,12

Nadere informatie

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun Bybel vir Kinders bied aan Die Verlore Seun Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Lazarus Aangepas deur: Ruth Klassen; Sarah S. Vertaal deur: Yvette Brits Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

NIe net hier in 1 Korintiers 13 nie, maar in die hele 1 Korintiërs lees ons van al hierdie dinge wat die gemeente van Korinte gedoen het.

NIe net hier in 1 Korintiers 13 nie, maar in die hele 1 Korintiërs lees ons van al hierdie dinge wat die gemeente van Korinte gedoen het. 1 Preek: 1 Korintiërs 13:1-13 Teksverse: 1 Korintiërs 13:7 Tema: Die Heilige Gees rus jou toe om met ware liefde te leef! Inleiding Geliefde gemeente, ons het afgelope Donderdag op n besondere manier aan

Nadere informatie

SKRIFLESING: Jesaja 55. TEKS: Jesaja 55: Die Here se Woord werk. Skrifberyming 34 (2-2) : 1. Psalm 19 : 4. Psalm 33 : 5.

SKRIFLESING: Jesaja 55. TEKS: Jesaja 55: Die Here se Woord werk. Skrifberyming 34 (2-2) : 1. Psalm 19 : 4. Psalm 33 : 5. SKRIFLESING: Jesaja 55 TEKS: Jesaja 55:10-11 TEMA: Die Here se Woord werk. Skrifberyming 34 (2-2) : 1 Psalm 19 : 4 Psalm 33 : 5 Psalm 89 : 6 Skrifberyming 78 (13-3) Ook: Ps 147 : 6, 7 Sb 34 (2-2) : 2 2

Nadere informatie

MATTEUS 27:46. Votum en seën. Skrifberyming 5-3 (8) : 2. Gebed. Skriflesing: Matteus 27:32-50 (AV 1933/53) Teks: Matteus 27:46 (AV 1933/53)

MATTEUS 27:46. Votum en seën. Skrifberyming 5-3 (8) : 2. Gebed. Skriflesing: Matteus 27:32-50 (AV 1933/53) Teks: Matteus 27:46 (AV 1933/53) MATTEUS 27:46 Votum en seën Skrifberyming 5-3 (8) : 2 Gebed Skriflesing: Matteus 27:32-50 (AV 1933/53) Teks: Matteus 27:46 (AV 1933/53) Psalm 22 : 1 Preek: Jesus is deur God verlaat, sodat dit nooit met

Nadere informatie

Bybel vir Kinders. bied aan. Ryk man, Arm man

Bybel vir Kinders. bied aan. Ryk man, Arm man Bybel vir Kinders bied aan Ryk man, Arm man Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: M. Maillot; Lazarus Aangepas deur: M. Maillot; Sarah S. Vertaal deur: Yvette Brits Vervaardig deur: Bible for Children

Nadere informatie

Preek Genesis 1:27. (Preek gelewer tydens oggenddiens in Welkom-Noord op Sondag 6 November 2016)

Preek Genesis 1:27. (Preek gelewer tydens oggenddiens in Welkom-Noord op Sondag 6 November 2016) 1 Preek Genesis 1:27 (Preek gelewer tydens oggenddiens in Welkom-Noord op Sondag 6 November 2016) Voor die erediens Sing: Lied 447:1 Sing: Lied 456:1,3 Afkondigings Stilte Ontmoetingsdiens: Toetredelied:

Nadere informatie

PREDIKER 7:8a. Votum en seën. Psalm 108 : 1. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Deuteronomium 5:6-21 (AV 1983/91) Psalm 37 : 22, 23.

PREDIKER 7:8a. Votum en seën. Psalm 108 : 1. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Deuteronomium 5:6-21 (AV 1983/91) Psalm 37 : 22, 23. PREDIKER 7:8a Votum en seën Psalm 108 : 1 Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels Wet: Deuteronomium 5:6-21 (AV 1983/91) Psalm 37 : 22, 23 Gebed Psalm 111 : 5 Skriflesing: Prediker 7:1-14 (AV 1983/91) Teks:

Nadere informatie

Dankoffersondag met Nagmaal 4 November

Dankoffersondag met Nagmaal 4 November Dankoffersondag met Nagmaal 4 November Ek begin diens met afkondigings, votum, seëngroet Votum: Ons het ondervind dat die Here goed is. Kom na Hom toe, die lewende steen, wat deur die mense afgekeur is,

Nadere informatie

SKRIFLESING: Openbaring 1:1-8. TEKS: Openbaring 1:8. Die Here omvat alles altyd. Psalm 90 : 1, 2. Psalm 65 : 2, 4. Psalm 102 : 11

SKRIFLESING: Openbaring 1:1-8. TEKS: Openbaring 1:8. Die Here omvat alles altyd. Psalm 90 : 1, 2. Psalm 65 : 2, 4. Psalm 102 : 11 SKRIFLESING: Openbaring 1:1-8 TEKS: Openbaring 1:8 TEMA: Die Here omvat alles altyd. Psalm 90 : 1, 2 Psalm 65 : 2, 4 Psalm 102 : 11 Skrifberyming 10 (5-4 ) 5, 6 [Ook: Sb 7-2 : 1, 2 Sb 24 : 1, 7] 1 Die

Nadere informatie

SKRIFLESING: Matteus 11: TEKS: Matteus 11:28. Christus gee gekwelde mense rus. Psalm 145 : 1, 2. Skrifberyming 12-3 : 1, 2 (na geloofsbelydenis)

SKRIFLESING: Matteus 11: TEKS: Matteus 11:28. Christus gee gekwelde mense rus. Psalm 145 : 1, 2. Skrifberyming 12-3 : 1, 2 (na geloofsbelydenis) SKRIFLESING: Matteus 11:20-30 TEKS: Matteus 11:28 TEMA: Christus gee gekwelde mense rus. Psalm 145 : 1, 2 Skrifberyming 12-3 : 1, 2 (na geloofsbelydenis) Psalm 135 : 3 (na gebed) Psalm 84 : 2 (na preek)

Nadere informatie

OPENBARING 21:9-10. Votum en seën. Psalm 122 : 1. Gebed. Psalm 46 : 1, 2. Skriflesing: Openbaring 21:1-21 (AV 1983/91)

OPENBARING 21:9-10. Votum en seën. Psalm 122 : 1. Gebed. Psalm 46 : 1, 2. Skriflesing: Openbaring 21:1-21 (AV 1983/91) OPENBARING 21:9-10 Votum en seën Psalm 122 : 1 Gebed Psalm 46 : 1, 2 Skriflesing: Openbaring 21:1-21 (AV 1983/91) Teks: Openbaring 21:9-10 (AV 1983/91) Preek: Die Here se toekoms vir ons Gebed Kollekte

Nadere informatie

TEKS: Handelinge 2:39 HK 27:74. Die Here se belofte geld ook vir die kinders van gelowiges

TEKS: Handelinge 2:39 HK 27:74. Die Here se belofte geld ook vir die kinders van gelowiges SKRIFLESING: Handelinge 2:37-47 TEKS: Handelinge 2:39 HK 27:74 TEMA: Die Here se belofte geld ook vir die kinders van gelowiges Psalm 90 : 1 Skrifberyming 15 (16-1) : 1, 2, 3 Psalm 90 : 9 1 Dit gebeur

Nadere informatie

TEKS: Johannes 18: 36 HK 12:31

TEKS: Johannes 18: 36 HK 12:31 SKRIFLESING: Johannes 18:28-40 TEKS: Johannes 18: 36 HK 12:31 TEMA: Jesus Christus is anders Koning. Psalm 2 : 4 Skrifberyming 15 (16-1) : 1, 2 Psalm 72 : 6, 9 Skrifberyming 78 (13-3) Ook: Ps 45 Ps 48

Nadere informatie

In nood kan ons God as Vader aanroep.

In nood kan ons God as Vader aanroep. SKRIFLESING: Jesaja 63:7 64:12 TEKS: Jesaja 63:16 en 64:8 HK 9 TEMA: In nood kan ons God as Vader aanroep. Psalm 33 : 1 Skrifberyming 17 (17-1) : 5, 6 Psalm 103 : 7 Psalm 33 : 11 Ook: Ps 104 Sb 33 2 Na

Nadere informatie

Hoop op God vat onrus in die hart weg

Hoop op God vat onrus in die hart weg SKRIFLESING: Psalm 42 en 43 TEKS: Psalm 42:12 TEMA: Hoop op God vat onrus in die hart weg Psalm 90 : 1, 2 Psalm 90 : 4 Psalm 73 : 1 Psalm 130 : 3, 4 Skrifberyming 78 (13-3) Ook: Pss 42 : 6, 7; 43 : 5;

Nadere informatie

Meer Jesus Meer Liefde Meer Dissipels. Leierskap Strukture

Meer Jesus Meer Liefde Meer Dissipels. Leierskap Strukture Meer Jesus Meer Liefde Meer Dissipels Leierskap Strukture Woord van God, Woord van die lewe, Woord vir ewig vas en waar, Woord onfeilbaar en verhewe waarin God Hom openbaar! L 255:1 (vervolg) Woord betroubaar,

Nadere informatie

Gereformeerde Kerk Bloempark Die Drie-eenheid (Sondag 8)

Gereformeerde Kerk Bloempark Die Drie-eenheid (Sondag 8) Gereformeerde Kerk Bloempark Die Drie-eenheid (Sondag 8) Teks: Verskeie & HK Sondag 8 Inleiding Geliefdes, die Drie-eenheid van God is seker van die meeste moeilike dinge om te verstaan, en gewoonlik van

Nadere informatie

Die Here tree op teen dié wat terugdraai sonde toe

Die Here tree op teen dié wat terugdraai sonde toe SKRIFLESING: Genesis 19:1-30 TEKS: Genesis 19:26 TEMA: Die Here tree op teen dié wat terugdraai sonde toe Psalm 48 : 4 Psalm 7 : 6, 7 Psalm 1 : 1 Skrifberyming 78 (13-3) Ook: Sb 38 (15-2) : 2, 3 As n mens

Nadere informatie

jou hele liggaam lig hê. Maar as jou oog sleg is, sal jou hele liggaam sonder lig wees. As jou oë sleg is dit beteken eintlik maar as jou oë slegte

jou hele liggaam lig hê. Maar as jou oog sleg is, sal jou hele liggaam sonder lig wees. As jou oë sleg is dit beteken eintlik maar as jou oë slegte Johannes 9:1-12; 35-38 09/03/2014 n Mens se oog is n baie komplekse orgaan. In jou oog is daar o.a. n buiteoogvlies, n oogvaatvlies en n oognetvlies wat ook jou retina genoem word. Daar is n kornea en

Nadere informatie

SKRIFLESING: Prediker 1:1-11. TEKS: Prediker 1:3. Los van God bied die lewe niks. Psalm 149 : 1, 2. Skrifberyming 19 (2-1) : 1, 2.

SKRIFLESING: Prediker 1:1-11. TEKS: Prediker 1:3. Los van God bied die lewe niks. Psalm 149 : 1, 2. Skrifberyming 19 (2-1) : 1, 2. SKRIFLESING: Prediker 1:1-11 TEKS: Prediker 1:3 TEMA: Los van God bied die lewe niks Psalm 149 : 1, 2 Skrifberyming 19 (2-1) : 1, 2 Psalm 90 : 2, 3 Psalm 90 : 1, 9 Ook: Ps 39 : 3, 4 Ps 102 : 11, 12 Wanneer

Nadere informatie

U het rég gehoor: dat u die HÉre daar gaan dien; want dis wat die Heilige Gees ons hier laat hoor, dat ook ons alledaagse werk godsdiens is.

U het rég gehoor: dat u die HÉre daar gaan dien; want dis wat die Heilige Gees ons hier laat hoor, dat ook ons alledaagse werk godsdiens is. SKRIFLESING: Kolossense 3:18 4:1 TEKS: Kolossense 3:23 TEMA: God se kinders dien HÅm in hulle werk. Psalm 84 : 1, 6 Psalm 139 : 1, 5 Psalm 104 : 8, 9, 14 Skrifberyming 45 (18-7) : 1, 10 2 Vir die meeste

Nadere informatie

Die Here gee ons ná die tydelike die blywende.

Die Here gee ons ná die tydelike die blywende. SKRIFLESING: 2 Korintiërs 4:16 5:10 TEKS: 2 Korintiërs 5:1 TEMA: Die Here gee ons ná die tydelike die blywende. Psalm 90 : 1, 2 Psalm 102 : 11, 12 Psalm 84 : 1 Skrifberyming 78 (13-3) Ook: Skrifberyming

Nadere informatie

Deur Christus Alleen

Deur Christus Alleen Gepubliseer op: Deur Christus Alleen Tuisblad van dr. A.H. Bogaards www.enigstetroos.org 1 Lees: II Korintiërs 13 Teks: II Korintiërs 13:13 Datum: 28 Augustus 2011 H.K.: 8:24-25 Psalms: Ps 98:1,2; Sk.27;

Nadere informatie

Preek Romeine 6:3-4. (Preek tydens erediens in Gereformeerde Kerk Welkom-Noord op Sondag 25 Junie 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff

Preek Romeine 6:3-4. (Preek tydens erediens in Gereformeerde Kerk Welkom-Noord op Sondag 25 Junie 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff 1 Preek Romeine 6:3-4 (Preek tydens erediens in Gereformeerde Kerk Welkom-Noord op Sondag 25 Junie 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff Voor die erediens Sing: Skrifberyming 8-3 Sing: Lied 510:1,2,3,4

Nadere informatie

1 PETRUS 5:10 DL 5:1, 3, 8

1 PETRUS 5:10 DL 5:1, 3, 8 1 PETRUS 5:10 DL 5:1, 3, 8 Votum en seën Psalm 91 : 1, 7 Gebed Skriflesing: 1 Petrus 5:1-11 (AV 1983/91) Belydenis: DL 5:1, 3, 8 Teks: 1 Petrus 5:10 Psalm 138 : 4 Preek: God bewaar Sy kinders enduit Gebed

Nadere informatie

Skriflesing: 1 Johannes 4:1-5:13 Teks: 1 Johannes 4:2-4; 9; 18-20; 5:12 Sing- Ps 65:2,3; Ps. 73:1,10; Ps. 66:7,9

Skriflesing: 1 Johannes 4:1-5:13 Teks: 1 Johannes 4:2-4; 9; 18-20; 5:12 Sing- Ps 65:2,3; Ps. 73:1,10; Ps. 66:7,9 1 Skriflesing: 1 Johannes 4:1-5:13 Teks: 1 Johannes 4:2-4; 9; 18-20; 5:12 Sing- Ps 65:2,3; Ps. 73:1,10; Ps. 66:7,9 1 Johannes 4:1-5:12 1Jn 4:1 Geliefdes, glo nie elke gees nie, maar stel die geeste op

Nadere informatie

100 vrae. antwoorde oor GEBED. Bennie MOSTERT GEBED. Verander jou wêreld! BID? GEBED geen verskil in die wêreld maak nie? vrae en antwoorde oor

100 vrae. antwoorde oor GEBED. Bennie MOSTERT GEBED. Verander jou wêreld! BID? GEBED geen verskil in die wêreld maak nie? vrae en antwoorde oor Hoekom lyk dit asof BID? GEBED geen verskil in die wêreld maak nie? Wat presies is GEBED? Om te bid is die gelowige se grootste taak op aarde. Maar mense wonder en het vrae oor so baie dinge: Hoe werk

Nadere informatie

Petrus en die Krag van Gebed

Petrus en die Krag van Gebed Bybel vir Kinders bied aan Petrus en die Krag van Gebed Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Vertaal deur: Gert Badenhorst Aangepas deur: Ruth Klassen Storie 57 van 60 www.m1914.org

Nadere informatie

Die Groot Geloofswoordeboek: Liefde

Die Groot Geloofswoordeboek: Liefde Die Groot Geloofswoordeboek: Liefde Die Groot Geloofswoordeboek: Liefde Liefde (*God) Liefde is een van die kernwoorde van die Bybel, maar miskien juis daarom een van die mees misbruikte woorde. In ons

Nadere informatie

MATTEUS 7:12. Votum en seën. Psalm 34 : 2, 4. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 4 : 3.

MATTEUS 7:12. Votum en seën. Psalm 34 : 2, 4. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 4 : 3. MATTEUS 7:12 Votum en seën Psalm 34 : 2, 4 Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 4 : 3 Gebed Skrifberyming 53 (14-3) : 4 Skriflesing: Matteus 7:7-23 (AV 1983/91) Teks:

Nadere informatie

JULLE MOET WEDERGEBORE WORD

JULLE MOET WEDERGEBORE WORD JULLE MOET WEDERGEBORE WORD Deur Abba Vader 23Oktober 2007 om 09;18 Julle moet nie glo dat julle al wedergebore is nie. Die ware wedergeboorte is n langsame en delikate proses. Van julle het al die geestelike

Nadere informatie

Soos n wildsbok wat smag na water Smag my siel na u o Heer U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer SOOS N WILDSBOK

Soos n wildsbok wat smag na water Smag my siel na u o Heer U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer SOOS N WILDSBOK Soos n wildsbok wat smag na water Smag my siel na u o Heer U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer SOOS N WILDSBOK U alleen is my krag en skild Aan U alleen wy ek nou myself U alleen is

Nadere informatie

TEKS: Matteus 27 : HK 15. Jesus Christus se kruisdood is onmisbaar.

TEKS: Matteus 27 : HK 15. Jesus Christus se kruisdood is onmisbaar. SKRIFLESING: Matteus 27 : 32-56 TEKS: Matteus 27 : 39-44 HK 15 TEMA: Jesus Christus se kruisdood is onmisbaar. Psalm 45 : 1, 5, 16 Psalm 130 : 1,2 Psalm 69 : 1, 4 Skrifberyming 16 (11-3) : 8, 9, 10 Skrifberyming

Nadere informatie

TEKS: Matteus 28:11-15 HK 17. Jesus se opstanding, wat regtig gebeur het, gee moed en hoop.

TEKS: Matteus 28:11-15 HK 17. Jesus se opstanding, wat regtig gebeur het, gee moed en hoop. SKRIFLESING: Matteus 27:62 28:15 TEKS: Matteus 28:11-15 HK 17 TEMA: Jesus se opstanding, wat regtig gebeur het, gee moed en hoop. Psalm 118 : 12 Psalm 37 : 17, 18 Psalm 16 : 5 Psalm 71 : 1, 2 1 Daar word

Nadere informatie

WAAROM ONS AANHOU MET DIE KINDERDOOP. n Reaksie op Christo Nel se oproep tot n nuwe hervorming, en sy verwerping van die kinderdoop

WAAROM ONS AANHOU MET DIE KINDERDOOP. n Reaksie op Christo Nel se oproep tot n nuwe hervorming, en sy verwerping van die kinderdoop WAAROM ONS AANHOU MET DIE KINDERDOOP n Reaksie op Christo Nel se oproep tot n nuwe hervorming, en sy verwerping van die kinderdoop Christo Nel het n brief geskryf aan alle predikante in Reformatoriese

Nadere informatie

JONA 2:2. Votum en seën. Psalm 148 : 1. Gebed. Skriflesing: Jona 1:17 2:10 (AV 1933/53) Teks: Jona 2:2 (AV 1933/53) Psalm 69 : 7, 12

JONA 2:2. Votum en seën. Psalm 148 : 1. Gebed. Skriflesing: Jona 1:17 2:10 (AV 1933/53) Teks: Jona 2:2 (AV 1933/53) Psalm 69 : 7, 12 JONA 2:2 Votum en seën Psalm 148 : 1 Gebed Skriflesing: Jona 1:17 2:10 (AV 1933/53) Teks: Jona 2:2 (AV 1933/53) Psalm 69 : 7, 12 Preek: Al tug God Sy kind, hoor Hy nog as dié Hom roep Gebed Kollekte Psalm

Nadere informatie

DIE BRIEF AAN FILEMON

DIE BRIEF AAN FILEMON DIE BRIEF AAN FILEMON Inleiding Hierdie brief maak saam met die briewe aan die Efesiërs, Filippense en Kolossense die viertal geskrifte uit wat bekend staan as Paulus se gevangenskapsbriewe. By twee geleenthede

Nadere informatie

PSALM 3:8. Votum en seën. Psalm 9 : 1, 2, 4. Gebed. Skriflesing: Psalm 3 (AV 1983) Teks: Psalm 3:8. Psalm 38 : 13, 17

PSALM 3:8. Votum en seën. Psalm 9 : 1, 2, 4. Gebed. Skriflesing: Psalm 3 (AV 1983) Teks: Psalm 3:8. Psalm 38 : 13, 17 PSALM 3:8 Votum en seën Psalm 9 : 1, 2, 4 Gebed Skriflesing: Psalm 3 (AV 1983) Teks: Psalm 3:8 Psalm 38 : 13, 17 Preek: Die Here verhoor gebede soms anders as wat ons voorsien het Gebed Kollekte Psalm

Nadere informatie

Sê maar jy word voor die keuse gestel om een van die volgende getalle as geld in Rand te ontvang, watter een sal jy kies?

Sê maar jy word voor die keuse gestel om een van die volgende getalle as geld in Rand te ontvang, watter een sal jy kies? VERGELYK en RANGSKIK GETALLE Om vergelykings te tref tussen verskillende dinge is n vaardigheid waarmee ons almal gebore word. Dit begin vroeg-vroeg al wanneer ons verskillende tipes speelgoed met mekaar

Nadere informatie

Ons hoor graag wat jy dink van hierdie boek! Gaan na soek hierdie titel en kliek op resensies. Of praat saam op Facebook by

Ons hoor graag wat jy dink van hierdie boek! Gaan na  soek hierdie titel en kliek op resensies. Of praat saam op Facebook by Ons hoor graag wat jy dink van hierdie boek! Gaan na www.cumuitgewers.co.za, soek hierdie titel en kliek op resensies. Of praat saam op Facebook by ChristelikeBoekeSA. Inhoudsopgawe Voorwoord... 7 Inleiding...

Nadere informatie

12. Ek glo in die Heilige Gees Johannes 16:5-7, 12-15

12. Ek glo in die Heilige Gees Johannes 16:5-7, 12-15 1 12. Ek glo in die Heilige Gees Johannes 16:5-7, 12-15 Tema Jesus het die Heilige Gees gestuur om ons te help. Agtergrond en interpretasie Hierdie ontmoeting sluit by die voriges aan. Een artikel van

Nadere informatie

2 TIMOTEUS 4:7. Votum en seën. Psalm 18 : 1. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Exodus 20:1-17 (AV 1933/53) Psalm 25 : 3. Belydenis van geloof

2 TIMOTEUS 4:7. Votum en seën. Psalm 18 : 1. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Exodus 20:1-17 (AV 1933/53) Psalm 25 : 3. Belydenis van geloof 2 TIMOTEUS 4:7 Votum en seën Psalm 18 : 1 Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels Wet: Exodus 20:1-17 (AV 1933/53) Psalm 25 : 3 Belydenis van geloof Psalm 121 : 2, 3 Gebed Doop volwassene Psalm 103 : 6 Skriflesing:

Nadere informatie

Deur Christus Alleen

Deur Christus Alleen Gepubliseer op: Deur Christus Alleen Tuisblad van dr. A.H. Bogaards www.enigstetroos.org 1 Die 2016-proefvertaling getoets(2) Dr AH Bogaards 1. Inleidend Op die tuisblad van die vertalingsprojek (http://www.nuwekerkbybel.co.za)

Nadere informatie

TEKS: Openbaring 1:4b-5a HK 8

TEKS: Openbaring 1:4b-5a HK 8 SKRIFLESING: Openbaring 1:1-8 TEKS: Openbaring 1:4b-5a HK 8 TEMA: Die drie-enige God seën Sy kerk. Psalm 67 : 2 Psalm 90 : 1 Skrifberyming 25 (19-3) : 1, 2, 3 Skrifberyming 78 (13-3) Ook: Ps 89 : 10, 11,

Nadere informatie

SKRIFLESING: Johannes 3:1-21. TEKS: Johannes 3:16. Psalm 149 : 1, 2. Psalm 25 : 3. Psalm 103 : 6 (na doop) Skrifberyming 33 (2-4) : 1

SKRIFLESING: Johannes 3:1-21. TEKS: Johannes 3:16. Psalm 149 : 1, 2. Psalm 25 : 3. Psalm 103 : 6 (na doop) Skrifberyming 33 (2-4) : 1 SKRIFLESING: Johannes 3:1-21 TEKS: Johannes 3:16 INHOUD: Die liefde van God Psalm 149 : 1, 2 Psalm 25 : 3 Psalm 103 : 6 (na doop) Skrifberyming 33 (2-4) : 1 2 As ons sou weet dat die wêreld hierdie week

Nadere informatie