1 JOHANNES 5:4. Votum en seën. Psalm 45 : 1, 3, 4. Gebed. Skriflesing: 1 Johannes 5:1-13 (AV 1933/53) Teks: 1 Johannes 5:4 (AV 1933/53) Psalm 18 : 15

Maat: px
Weergave met pagina beginnen:

Download "1 JOHANNES 5:4. Votum en seën. Psalm 45 : 1, 3, 4. Gebed. Skriflesing: 1 Johannes 5:1-13 (AV 1933/53) Teks: 1 Johannes 5:4 (AV 1933/53) Psalm 18 : 15"

Transcriptie

1 1 JOHANNES 5:4 Votum en seën Psalm 45 : 1, 3, 4 Gebed Skriflesing: 1 Johannes 5:1-13 (AV 1933/53) Teks: 1 Johannes 5:4 (AV 1933/53) Psalm 18 : 15 Preek: Wie uit God gebore is, oorwin die wêreld Gebed Kollekte Psalm 89 : 7 Seën Skrifberyming 78 (13-3)

2 2 Ken u die woord defaitisme? 1 Defaitiste (sê die woordeboek) is mense wat wanhoop aan die oorwinning. Dis mense wat dink: ons gaan tog nie wen nie; ons kán nie wen nie. Dis mense wat, ten minste in hulle harte, die stryd al klaar opgegee het. Hier loop deesdae baie defaitistiese Christene rond - mense wat nie eers meer probeer om hulle eie sondes en swakhede te oorkom nie; - mense wat glo dat kerke, en veral gereformeerde kerke, se dae getel is; - mense wat oortuig is dat Suid-Afrika onherroeplik n gesekulariseerde land geword het, n land waarin die Bybel finaal in die openbare lewe eenkant toe geskuif is. Defaitiste Die Here sê vanaand deur hierdie Skrifgedeelte vir ons dat Sy kinders nie defaitiste mag word nie, want wie uit God gebore is, oorwin die wêreld met sy/haar geloof in Jesus Christus. Dis die hoofsin van vanaand se Woordverkondiging: - wie uit God gebore is, oorwin die wêreld met sy/haar geloof. Kom ons gaan kyk 1. wat dit is om uit God gebore te wees; 2. wat dit is om die wêreld te oorwin; 3. dat dit deur ons geloof gebeur. 1. UIT GOD GEBORE WEES Ons teksvers begin met dié woorde: Want alles (= elke mens, elke hart) wat uit God gebore is Uit God gebore 1 Uitspraak: deefètis

3 3 Die Heilige Gees het veral die apostel Johannes ( die skrywer van die Johannesevangelie en van hierdie drie briewe 1, 2, en 3 Johannes) se oë daarvoor oopgemaak dat ons lewe as Christene by ons geboorte uit God begin, by ons wedergeboorte. Hierdie wedergeboorte is natuurlik nie n gewone geboorte nie. Dis n geboorte (so het die Here Jesus dit vir Nikodemus verduidelik) uit water en Gees. 2 Dis met ander woorde n proses wat twee dele het: - die een deel is die afwassing van ons sondes met die bloed van Christus, wat afgebeeld word deur water wat ons was; - en die tweede deel is die omkering van jou hart deur die Heilige Gees, van n hart wat die sonde liefhet na n hart wat die Here liefhet. Weer gebore, van bo af gebore, radikaal verander deur dit wat die Here Jesus vir jou en die Heilige Gees in jou doen dis wat dit is om uit God gebore te wees. Is u al uit God gebore? Dis n lewensbelangrike vraag, n ewigheids-belangrike vraag, want as jy nie weergebore is nie (het Jesus gesê), kan jy nie in die koninkryk van God ingaan nie. 3 Een mens kan nie vir n ander mens hierdie vraag antwoord nie, want geen mens kan in die binneste van n ander sien nie. Maar ons kan onsself toets aan dit wat ons in die Here se Woord van weergebore mense lees, soos byvoorbeeld in hierdie brief van Johannes. Die Heilige Gees het Johannes juis hierdie brief laat skryf om mense te help om seker te wees dat hulle die ewige lewe het, of, in ander terme, dat hulle weergeborenes is. 2 Joh 3:5 3 Joh 3:3, 5

4 4 Een manier waarop hy mense wil help om seker te wees dat hulle weergebore is en dus kinders van God is, is om hulle te wys op tipiese kenmerke van weergebore mense; en dan kan jy jouself mos toets deur te kyk of jou lewe hierdie kenmerke wys. Kenmerke van weergebore mense, ware gelowiges, kinders van God, is byvoorbeeld: - dat hulle erken dat hulle sonde het en hulle sondes voor die Here bely; 4 - dat hulle, al doen hulle soms nog uit swakheid sondes, nie regtig meer die sonde liefhet en dit maar net rustig aanhou doen nie; 5 - dat hulle God se gebooie bewaar, 6 dit wil sê, dat hulle dit onthou en hoog ag en probeer gehoorsaam; - dat hulle God en hulle medegelowiges liefhet. 7 Die Skrifgedeelte wat ons vanaand gelees het, begin met dié woorde: - Elkeen wat glo dat Jesus die Christus is, is uit God gebore Ken u u sonde? En haat u dit? En glo u dat Jesus die Christus is, die Verlosser is wat God vir die wêreld belowe het en dat Hy nie net vir ander nie, maar vir ú ook gegee is? En het u God só lief dat u Sy gebooie regtig probeer nakom en u medegelowiges én ander mense wat op u pad gebring word, ook liefhet? As u op hierdie vrae Ja kan antwoord, dan is u uit God gebore, want net weergebore mense glo en doen regtig só. En dan kan u nie n defaitis wees nie, want wie uit God gebore is, oorwin die wêreld! Wat is dit: om die wêreld te oorwin? 2. DIE WÊRELD OORWIN Johannes bedoel hier met wêreld die sondige wêreld, die boosheid wat daar in hierdie wêreld is: 4 1 Joh 1: Joh 1:10; 3:6, Joh 2:3; 5:3 7 1 Joh 2:9-11; 3:14-15; 4:20-21; 5:2;

5 5 - alles wat verkeerd en sondig is; - alle mense, alle magte, alle teorieë en filosofieë en ideologieë, alle planne en beleide, alle praktyke álles wat teen God is of wat nie met Hom rekening hou en volgens Sy Woord is nie; - selfs en dis ook deel van die bose wêreld waarvan hy hier praat al die verkeerde begeertes en gedagtes en praatjies en doen en late van ons elkeen persoonlik. U moet dit goed verstaan: - die bose wêreld is nie net in middestadsgebiede waar prostitute en dwelmhandelaars en rowers jou in donker stegies voorkeer nie, maar ook daar waar mense in pragtige, welvarende voorstedelike gebiede, of in rustige plattelandse omgewings sondig; - die bose wêreld is nie net kringe van kommuniste, of Sataniste, of heidense godsdienste nie; uit die geledere van die kerk kom daar antichriste! 8 - selfs in die hart en lewe van n kind van God kan daar nog n hele stuk bose wêreld wees: sondighede en sondes waarvan hierdie mens nog nie bekeer is nie. Oral waar God se waarheid nie geglo word nie en Sy bevele nie gehoorsaam word nie, het jy met die bose wêreld te doen. Maar nou sê die Heilige Gees deur die apostel Johannes hier: - wie uit God gebore is, oorwin hierdie bose wêreld. Hoe oorwin ons die bose wêreld? Nie deur hom op hierdie aarde heeltemal uitgeroei te kry nie. Die bose wêreld is soos onkruid in jou tuin: - jy trek dit vandag uit, en môre skiet dit weer op! Dis eers die laaste oordeel van God wat die bose wêreld finaal gaan verpletter. Maar ons oorwin die bose wêreld in die eerste plek deur nie vir hom in te gee nie. 8 1 Joh 2:18-19

6 6 As dit jou listig lok om op een of ander manier deel te neem aan wat verkeerd is, dan weier jy. As dit jou dreig met boete en straf, met vervolging en verdrukking as jy nie met die verkeerde wil instem nie, dan word jy nie bang daarvoor nie. As die bose wêreld hom opblaas sodat hy groot en sterk lyk en jou laat verstaan dat jy tog nooit teen hom sal kan wen nie, dan glo jy hom nie. Ons oorwin die bose wêreld deur nie oor te gee aan hom nie, maar hom te bly weerstaan. 9 En in die tweede plek oorwin ons die bose wêreld deur te groei en al sterker te word in ons lewe met God: - deur elke dag vorentoe te beur in my gehoorsaamheid aan die Here; - deur elke dag n bietjie meer lief te hê; - deur elke dag n klompie selletjies meer toewyding aan die Here te kweek; - deur elke dag toe te neem in kennis van die Here se waarheid en in die vrynoedigheid om dit te laat hoor. Hoe meer die koningskap van die Here jou lewe oorneem, hoe minder ruimte kom daar vir die bose wêreld in jou en rondom jou. En ook so oorwin ons die bose wêreld, deur elke dag al hoe meer van die Here in ons lewens te laat inkom, en só al hoe meer van die bose wêreld weg te druk. Jy gee nie in vir die bose wêreld nie, maar jy groei in die Here só oorwin mense wat uit God gebore is, die bose wêreld. Maar hoe kry ons dit reg? Ons doen dit 3. DEUR GELOOF Hier staan: en dit is die oorwinning wat die wêreld oorwin het, naamlik ons geloof. Die geheim van ons oorwinning is in ons geloof. 9 Vgl ook 1 Joh 5:18

7 7 En dit gaan nie maar net oor so n vae geloof dat daar iewers n groot Wese in die heelal is wat my help nie, maar hier is van n baie spesifieke geloof sprake. Luister weer na vers 5: Wie anders is dit wat die wêreld oorwin as hy wat glo dat Jesus die Seun van God is? Dit gaan oor die ware geloof in Jesus Christus, die geloof dat hierdie Mens wat daar in Nasaret gebore is uit Maria, wat soveel gely het tot versoening van ons sondes en uiteindelik aan n kruis gesterf het, méér is as n gewone mens, dat Hy Seun van God is en dus self ware en ewige en almagtige God, die Koning van die heelal, die Een wat die duiwel en al sy magte getrotseer het en gewen het, 10 die Een wat selfs die dood se mag gebreek het toe Hy uit die dood opgestaan het hiérdie geloof in Hom is die geheim van ons oorwinning! Weet u hoekom? Omdat hierdie geloof jou aan Jesus Christus vasbind en jou geestelik só een met met Hom maak, dat twee dinge met jou gebeur: - die een is dat dit wat Hy gedoen het, vir jou ook toegereken word; m.a.w. Sy oorwinnings tel vir jóú ook! 11 - die tweede is dat Sy Gees en krag ook in jou inkom 12 daardie Gees en krag waarmee Hy elke aanval van die bose weerstaan het en waarmee Hy enduit volmaak gehoorsaam aan Sy Vader in die hemel gebly het; - wie uit God is (het Johannes in die vorige hoofstuk geskryf) het al die valse geeste wat in hierdie wêreld is, oorwin, omdat Hy wat in julle is, groter is as hy wat in die wêreld is. 13 Jou geloof in Jesus Christus sit jou in die stryd tussen Christus en die bose wêreld aan Christus se kant aan die wenkant! 10 Vgl bv Joh 16:33 11 Bv Rom 8:37; Efes 1:19; 2: Bv Hand 1:8; Efes 3:16, Joh 4:4

8 8 TEN SLOTTE n Defaitis sê: - ek gaan tog nie wen nie; - ek kán nooit wen nie! Jy kry sulke mense ín die kerk: - mense wat sê dat die sonde vir hulle te sterk is en dat maar met hulle moet gebeur wat met onbekeerde sondaars gebeur; - mense wat dink dat kerke, byvoorbeeld gereformeerde kerke, gedoem is en nooit hulle swakhede en tekortkominge te bowe sal kom nie; - mense wat dink dat dit totaal onmoontlik is dat Suid-Afrika ooit weer vir gehoorsaamheid aan die Here gewen sal kan word. Defaitisme. Dit hoort nie by iemand wat uit God gebore is nie. Ons glo dan in Jesus, die Seun van God, die Verlosser van die wêreld, die Koning daar aan die regterhand van die Vader! Ons kry dan by Hom krag! Sy Gees woon dan in ons! Dan kan moed opgee in ons persoonlike geestelike stryde mos nie bestaan nie. En dan kan ons n kerk van die Here mos nooit afskryf nie. En dan kan ons mos nie sommer so hierdie land bose wêreld laat wees nie. Wie uit God gebore is en in Jesus glo, oorwin die wêreld! Moet dan nie vanaand hier uitstap as n moedelose krygsgevangene van die bose wêreld nie, maar stap hier uit as n vry mens, as n soldaat wat aan die wenkant veg! Die wenners-podium behoort nie aan die bose wêreld nie, maar aan die Here, en is bedoel vir almal wat uit Hom gebore is AMEN

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra SKRIFLESING: Romeine 12:1-8 TEKS: Romeine 12:1-2 HK 49 TEMA: Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra Psalm 103 : 10, 11 Skrifberyming 28 (10-1) : 1, 2 Psalm 119 : 11 Skrifberyming 78 (13-3)

Nadere informatie

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL Votum en seën Psalm 118 : 2 Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1933/53) Psalm 4 : 3 Gebed Skriflesing: Johannes 19:17-27 (AV 1933/53) Teks: Johannes 19:26-27

Nadere informatie

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp. SKRIFLESING: Johannes 18:28-40 TEKS: TEMA: INHOUD: Johannes 18:37-38b Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp. Die waarheid verwerp Psalm 105 : 2, 3 Psalm 73 : 12 Skrifberyming 18 (17-2)

Nadere informatie

OPENBARING 5:5 HK Sondag 48

OPENBARING 5:5 HK Sondag 48 OPENBARING 5:5 HK Sondag 48 Votum en seën Psalm 93 : 1, 4 Gebed Skriflesing: Openbaring 5 (AV 1933/53) Belydenis: HK 48 Teks: Openbaring 5:5 (AV 1933/53) Psalm 72 : 2 Preek: God sorg self vir die koms

Nadere informatie

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun SKRIFLESING: Johannes 1:1-18 TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13 TEMA: God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun Psalm 45 : 1, 2, 3 Psalm 72 : 6 Skrifberyming 33 (2-4) : 1 Skrifberyming 78 (13-3) 2 Dat ons kinders

Nadere informatie

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie. 1 Johannes 14b WH Belydenisaflegging en Nagmaal Kinders, doen julle wat mamma en pappa vra? Altyd? Partykeer eers later nè? Hoekom sal jy iets doen as jou ouers vra? Doen jy wat die Here vra? Wat is jou

Nadere informatie

Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek

Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek SKRIFLESING: 1 Johannes 2:28 3:10 TEKS: 1 Johannes 3:8b TEMA: Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek Psalm 45 : 1, 3, 5, 6 Psalm 79: 5, 6 Skrifberyming 33 (2-4) : 1, 2 Skrifberyming

Nadere informatie

NAGMAAL. SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a. Die kruis is die trots van die Here se kerk.

NAGMAAL. SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a. Die kruis is die trots van die Here se kerk. NAGMAAL SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a TEMA: Die kruis is die trots van die Here se kerk. Psalm 149 : 1, 2 Skrifberyming 10 (5-4) : 1, 2 Psalm 103 : 6 Psalm 9 : 1, 2,

Nadere informatie

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5 MATTEUS 6:8 Votum en seën Psalm 7 : 6 Gebed Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5 Preek: Vir ons hemelse Vader is eenvoudige gebede goed Gebed

Nadere informatie

1 JOHANNES 4:20 HK 34:93

1 JOHANNES 4:20 HK 34:93 1 JOHANNES 4:20 HK 34:93 Votum en seën Psalm 134 : 1, 3 [ ons ] Gebed Psalm 27 : 4 Skriflesing: 1 Johannes 4:7-21 (AV 1983) Belydenis: HK 34:93 Teks: 1 Johannes 4:20 (AV 1983) Preek: God se wil is liefde

Nadere informatie

n Tempel Leier besoek Jesus

n Tempel Leier besoek Jesus Bybel vir Kinders bied aan n Tempel Leier besoek Jesus Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Byron Unger; Lazarus Aangepas deur: M. Maillot; Sarah S. Vertaal deur: Yvette Brits Vervaardig deur: Bible

Nadere informatie

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig INLEIDING In ons verduideliking van hoe ons Nagmaal vier, het ons gehoor dat God ons waardig maak om aan die hemelse spys en drank deel te hê. Dit beteken

Nadere informatie

God se liefde vat ons vrees vir Sy oordeel weg

God se liefde vat ons vrees vir Sy oordeel weg SKRIFLESING: 1 Johannes 4:7-21 TEKS: 1 Johannes 4:17-18 TEMA: God se liefde vat ons vrees vir Sy oordeel weg Psalm 48 : 1 Psalm 99 : 1, 4 Psalm 103 : 6 (na doop) Psalm 43 : 3 Skrifberyming 10 (5-4) : 1,

Nadere informatie

God red elkeen wat werklik in Jesus Christus glo.

God red elkeen wat werklik in Jesus Christus glo. SKRIFLESING: Johannes 3:11-21 TEKS: Johannes 3:15, 16b HK 7 TEMA: God red elkeen wat werklik in Jesus Christus glo. Psalm 31 : 3, 5 Psalm 31 : 15, 17 Skrifberyming 27 (12-2) : 1, 4 2 Wie word gered? Dis

Nadere informatie

God het belowe om ons gehoorsaam te maak, net soos ons vra

God het belowe om ons gehoorsaam te maak, net soos ons vra SKRIFLESING: Jeremia 31:23-40 TEKS: Jeremia 31:33b HK 49 TEMA: God het belowe om ons gehoorsaam te maak, net soos ons vra Psalm 103 : 10, 11 Psalm 131 : 2, 3 Skrifberyming 14 (8-1) : 1, 2 Ook: Ps. 40 :

Nadere informatie

1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80

1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80 1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80 Votum en seën Psalm 23 : 1, 3 Gebed Skriflesing: 1 Korintiërs 10:1-13 (AV 1983) Belydenis: HK 29:78-30:80 Teks: 1 Korintiërs 10:4 Psalm 105 : 21, 22 Preek: Die Heilige Gees

Nadere informatie

Dit wat óns wil hoe óns wil leef en wil praat en selfs wil dink (dit weet ons almal) is baie kere baie anders as wat Gód van ons wil hê.

Dit wat óns wil hoe óns wil leef en wil praat en selfs wil dink (dit weet ons almal) is baie kere baie anders as wat Gód van ons wil hê. MATTEUS 21:29 HK 49 Votum Seën Psalm 40 : 2 Gebed Psalm 40 : 4 Skriflesing: Matteus 21:23-32 (AV 1933/53) Belydenis: HK 49 Teks: Matteus 21:29 (AV 1933/53) Preek: Jesus leer ons bid vir berou en bekering

Nadere informatie

God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5)

God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5) God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5) Wie is Jesus? Wie is Jesus vir die mense...? Godsdienste Boeddhisme Islam Judaïsme Hinduïsme New Age Wat sê die Woord van God? Joh 8:12-30

Nadere informatie

Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg

Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg SKRIFLESING: 1 Johannes 2:1-11 TEKS: 1 Johannes 2:6 TEMA: Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg Psalm 9 : 1, 2, 7 Psalm 31 : 13 (na gebed) Skrifberyming 72 (12-3) : 1, 2 Skrifberyming 78 (13-3) Ook:

Nadere informatie

Die Groot Gebod dennis de wet

Die Groot Gebod dennis de wet Die Groot Gebod dennis de wet Die Groot Gebod Meester, wat is die groot gebod in die wet? En Jesus antwoord hom: Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand.

Nadere informatie

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13 1 Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13 Het jy dalk enige afgode of in jou huis? Miskien weet jy nie dat jy het nie, en dit is dalk die rede vir die konflik in jou huwelik, of dat jou kind

Nadere informatie

JOHANNES 3:19-20 DL 3/4:1

JOHANNES 3:19-20 DL 3/4:1 JOHANNES 3:19-20 DL 3/4:1 Votum en seën Psalm 47 : 1, 3 Geloofsbelydenis: Nicea Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 50 : 8, 11 Gebed Skriflesing: Johannes 3:1-21 (AV 1983/91) Belydenis: Dordtse Leerreëls

Nadere informatie

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3.

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3. SKRIFLESING: Johannes 8 :12-20 TEKS: Johannes 8:12 TEMA: Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe Psalm 150 : 1, 2, 3 Psalm 43 : 3, 4 Skrifberyming 3 (4-7) : 1, 2 Skrifberyming 9 (18-1) : 1, 6 [Ook: Ps

Nadere informatie

SKRIFLESING: Titus 1. TEKS: Titus 1:15. Die Here wil ons op die hoofspoor hê. Psalm 134 : 1, 2. Psalm 119 : 4. Psalm 18 : 12. Skrifberyming 78 (13-3)

SKRIFLESING: Titus 1. TEKS: Titus 1:15. Die Here wil ons op die hoofspoor hê. Psalm 134 : 1, 2. Psalm 119 : 4. Psalm 18 : 12. Skrifberyming 78 (13-3) SKRIFLESING: Titus 1 TEKS: Titus 1:15 TEMA: Die Here wil ons op die hoofspoor hê. Psalm 134 : 1, 2 Psalm 119 : 4 Psalm 18 : 12 Skrifberyming 78 (13-3) Ook: Ps 141 : 3, 4 Sb 14 : 1, 2 Dis nie altyd so maklik

Nadere informatie

PSALM 90:2 NGB 1. Votum en seën. Psalm 90 : 1. Gebed. Skriflesing: Psalm 90 (AV 1933/53) Belydenis: NGB 1. Teks: Psalm 90:2 (AV 1933/53)

PSALM 90:2 NGB 1. Votum en seën. Psalm 90 : 1. Gebed. Skriflesing: Psalm 90 (AV 1933/53) Belydenis: NGB 1. Teks: Psalm 90:2 (AV 1933/53) PSALM 90:2 NGB 1 Votum en seën Psalm 90 : 1 Gebed Skriflesing: Psalm 90 (AV 1933/53) Belydenis: NGB 1 Teks: Psalm 90:2 (AV 1933/53) Psalm 102 : 5, 11 Preek: God bestaan [nog] [altyd] Gebed Kollekte Skrifberyming

Nadere informatie

STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart?

STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart? STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart? - Lees Rom 10:1 - By hierdie stasie gaan elke persoon hulle polsslag neem - Laat elke persoon hulle wysvinger op hulle pols sit om hulle hartklop te voel. - Laat hulle

Nadere informatie

Soos n wildsbok wat smag na water Smag my siel na u o Heer U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer SOOS N WILDSBOK

Soos n wildsbok wat smag na water Smag my siel na u o Heer U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer SOOS N WILDSBOK Soos n wildsbok wat smag na water Smag my siel na u o Heer U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer SOOS N WILDSBOK U alleen is my krag en skild Aan U alleen wy ek nou myself U alleen is

Nadere informatie

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer Voorwoord Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer van die lewe lyk en is nie. Veel eerder is ware hoop om met gestroopte eerlikheid te weet dat jy bang is, maar tog vorentoe beweeg. Dis om,

Nadere informatie

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk Doel van les: Voordat ons kan leer van ons nuwe identiteit in Christus, moet ons eers stil staan by wat Christus vir ons kom doen het. Vandag gaan ons gesels

Nadere informatie

1 JOHANNES 2: Votum en seën. Psalm 34 : 1, 4. Geloofsbelydenis: Nicea. Wet: Exodus 20:1-17 (AV 1933/53) Psalm 34 : 6. Gebed

1 JOHANNES 2: Votum en seën. Psalm 34 : 1, 4. Geloofsbelydenis: Nicea. Wet: Exodus 20:1-17 (AV 1933/53) Psalm 34 : 6. Gebed 1 JOHANNES 2:15-17 Votum en seën Psalm 34 : 1, 4 Geloofsbelydenis: Nicea Wet: Exodus 20:1-17 (AV 1933/53) Psalm 34 : 6 Gebed Skriflesing: 1 Johannes 2:3-17 (AV 1933/53) Teks: 1 Johannes 2:15-17 (AV 1933/53)

Nadere informatie

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk Doel van les: Voordat ons kan leer van ons nuwe identiteit in Christus, moet ons eers stil staan by wat Jesus vir ons kom doen het en dat ons die nuwe mens

Nadere informatie

SKRIFLESING: 1 Korintiërs 6: TEKS: 1 Korintiërs 6:19 HK 1:1. Ook ons liggame behoort aan die Here. Skrifberyming 72 (12-3) : 1, 2

SKRIFLESING: 1 Korintiërs 6: TEKS: 1 Korintiërs 6:19 HK 1:1. Ook ons liggame behoort aan die Here. Skrifberyming 72 (12-3) : 1, 2 SKRIFLESING: 1 Korintiërs 6:12-20 TEKS: 1 Korintiërs 6:19 HK 1:1 TEMA: Ook ons liggame behoort aan die Here Skrifberyming 72 (12-3) : 1, 2 Psalm 104 : 8, 9, 20 Skrifberyming 24 (1-1) : 7 2 Party mense

Nadere informatie

SKRIFLESING: Romeine 8:31-39 (AV 1983) TEKS: Romeine 8:32b. Skrifberyming 24 (1-1) : 3. Psalm 62 : 4 (na gebed) Psalm 93 : 1, 4

SKRIFLESING: Romeine 8:31-39 (AV 1983) TEKS: Romeine 8:32b. Skrifberyming 24 (1-1) : 3. Psalm 62 : 4 (na gebed) Psalm 93 : 1, 4 SKRIFLESING: Romeine 8:31-39 (AV 1983) TEKS: Romeine 8:32b OPSKRIF: Grenslose liefde Skrifberyming 24 (1-1) : 3 Psalm 62 : 4 (na gebed) Psalm 93 : 1, 4 Skrifberyming 78 (13-3) 2 Vanoggend het ons gehoor

Nadere informatie

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22 1 BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22 Die sekerheid dat jy 'n kind van God is, is nie die einde van die pad nie maar die begin daarvan. Nou word dit moontlik om as gelowiges te groei. Maar waarheen lei

Nadere informatie

Die Here laat ons maai wat ons gesaai het

Die Here laat ons maai wat ons gesaai het SKRIFLESING: Galasiërs 6 TEKS: Galasiërs 6:7-8 TEMA: Die Here laat ons maai wat ons gesaai het Psalm 100 : 1, 3, 4 Psalm 50 : 11 Psalm 91 : 1 (na belydenisaflegging) Psalm 126 : 3 Skrifberyming 33 (2-4)

Nadere informatie

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels.

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels. 1 Johannes 17b PT INLEIDING Lees Johannes 17:1-19 Hoe het dit die week met julle gebede gegaan? Kon julle intiem met julle Vader gesels? Ons het `n tydjie gelede gekyk na die eerste 6 verse van Jesus se

Nadere informatie

NAGMAAL. SKRIFLESING: 1 Petrus 2: TEKS: 1 Petrus 2:24a. Jesus Christus het ons sondes gedra. Psalm 89 : 1. Psalm 40 : 3

NAGMAAL. SKRIFLESING: 1 Petrus 2: TEKS: 1 Petrus 2:24a. Jesus Christus het ons sondes gedra. Psalm 89 : 1. Psalm 40 : 3 NAGMAAL SKRIFLESING: 1 Petrus 2:18-25 TEKS: 1 Petrus 2:24a TEMA: Jesus Christus het ons sondes gedra Psalm 89 : 1 Psalm 40 : 3 Skrifberyming 10 (5-4) : 1, 2 Psalm 116 : 1, 2, 3, 4, 5, 7 Psalm 89 : 7 Voor

Nadere informatie

1 KORINTIËRS 13:12. Ook: Sb 18-8 (30) : 4, 5

1 KORINTIËRS 13:12. Ook: Sb 18-8 (30) : 4, 5 1 KORINTIËRS 13:12 Votum Seën Psalm 146 : 1, 4 Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels Wet: Exodus 20:1-17 (AV 1933/53) Psalm 139 : 1, 12 Gebed Psalm 42 : 1 Skriflesing: 1 Korintiërs 13 (AV 1933/53) Teks: 1

Nadere informatie

TEKS: 1 Korintiërs 8:4-6 HK 34:94-95

TEKS: 1 Korintiërs 8:4-6 HK 34:94-95 SKRIFLESING: 1 Korintiërs 8 TEKS: 1 Korintiërs 8:4-6 HK 34:94-95 TEMA: God alleen moet gedien word Skrifberyming 34 (2-2) : 1 Psalm 9 : 8, 12 (vers 8 by 6e gebod) Psalm 135 : 9, 10 Psalm 31 : 4, 19 Ook:

Nadere informatie

God laat alles Sy kinders se saligheid bevorder.

God laat alles Sy kinders se saligheid bevorder. SKRIFLESING: Romeine 8:18-30 TEKS: Romeine 8:28 HK 9 TEMA: God laat alles Sy kinders se saligheid bevorder. Psalm 30 : 3, 4 Skrifberyming 33 (2-4) : 1 Psalm 119 : 25 Skrifberyming 78 (13-3) Ook: Sb 52

Nadere informatie

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene Bybel vir Kinders bied aan Daniël die Gevangene Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Jonathan Hay Aangepas deur: Mary-Anne S. Vertaal deur: Gert Badenhorst Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24 1 15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24 Tema Wanneer jy in Jesus glo, eindig jou lewe nie op die dag wanneer jy doodgaan nie. Jy sal uit die dood opstaan en

Nadere informatie

God red mense wat glo deur die krag van die evangelie

God red mense wat glo deur die krag van die evangelie SKRIFLESING: Romeine 1:1-17 TEKS: Romeine 1:16 HK 23 TEMA: God red mense wat glo deur die krag van die evangelie Psalm 67 : 2 Skrifberyming 10 (5-4) : 1, 2 Psalm 71 : 12, 14 Ook: Ps 32 Ps 65 : 2 2 As jy

Nadere informatie

Bybelse Dissipelskap. Saligheid/ Redding

Bybelse Dissipelskap. Saligheid/ Redding Bybelse Dissipelskap Saligheid/ Redding Johannes 14:6 Jesus antwoord hom: Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie. Vers om te memoriseer... Efesiërs 2:8-9

Nadere informatie

Bybel vir Kinders. bied aan. Joshua neem Beheer

Bybel vir Kinders. bied aan. Joshua neem Beheer Bybel vir Kinders bied aan Joshua neem Beheer Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

Goeie Konings, Slegte Konings

Goeie Konings, Slegte Konings Bybel vir Kinders bied aan Goeie Konings, Slegte Konings Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Lazarus Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees Doel van les: Vandag leer ons van die Vrugte van die Heilige Gees en hoe dit in ons lewens werk. INLEIDING: Sjoe, ons het nou al so baie van die Heilige Gees

Nadere informatie

Preek oor: Wat doen die Heilige Gees? Die Heilige Gees laat die wedergeboorte plaasvind

Preek oor: Wat doen die Heilige Gees? Die Heilige Gees laat die wedergeboorte plaasvind 1 Preek oor: Wat doen die Heilige Gees? Die Heilige Gees laat die wedergeboorte plaasvind (Preek gelewer tydens erediens in Welkom-Noord op Sondag 29 Mei 2016) Voor die erediens Sing: Psalm 71-1:1,9,12

Nadere informatie

Jesaja sien die Toekoms

Jesaja sien die Toekoms Bybel vir Kinders bied aan Jesaja sien die Toekoms Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Jonathan Hay Aangepas deur: Mary-Anne S. Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

Aanbieding 1 Agtergrond. Skrywer van 2 Petrus

Aanbieding 1 Agtergrond. Skrywer van 2 Petrus 2 Petrus Aangebied deur dr. Douw Breed Aanbieding 1 Agtergrond Tema van 2 Petrus 1:1 Aan dié wat deur die regverdige beskikking van ons God en Verlosser, Jesus Christus, dieselfde kosbare geloof as ons

Nadere informatie

SKRIFLESING: Jesaja 6. TEKS: Jesaja 6:3 HK 8. Voor die drie-maal heilige God buig ons laag. Psalm 99 : 1, 2. Psalm 81 : 11, 12

SKRIFLESING: Jesaja 6. TEKS: Jesaja 6:3 HK 8. Voor die drie-maal heilige God buig ons laag. Psalm 99 : 1, 2. Psalm 81 : 11, 12 SKRIFLESING: Jesaja 6 TEKS: Jesaja 6:3 HK 8 TEMA: Voor die drie-maal heilige God buig ons laag Psalm 99 : 1, 2 Psalm 81 : 11, 12 Skrifberyming 45 (18-7) : 8, 9 Ook: Skrifberyming 54 (2-6) : 5 2 Die Heidelbergse

Nadere informatie

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3 1 Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps. 116... Sb 33:1,3 1 Johannes 3 1Jn 3:1 Kyk wat n groot liefde die Vader aan ons bewys het,

Nadere informatie

Jesus se eerste preek op die berg. Hy gee ons onuitspreeklike blydskap.

Jesus se eerste preek op die berg. Hy gee ons onuitspreeklike blydskap. Jesus se eerste preek op die berg. Hy gee ons onuitspreeklike blydskap. Ses groepstudies oor die Saligsprekinge uit Matteus 5 Groepstudie 1 17 Februarie 1. Die bergpredikasie. i. Leer gou almal se name

Nadere informatie

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus Doel van les: Ons leer meer oor Wie ons is in Christus. Ysbreker: Bome Uitbeeld: In die Bybel lees mens baiekeer dinge oor bome. God praat van bome om ons as

Nadere informatie

Deur Sy wet gee God ons broodnodige kennis van sonde

Deur Sy wet gee God ons broodnodige kennis van sonde SKRIFLESING: Romeine 7:1-13 TEKS: Romeine 7:7 HK 1:2 2:5 TEMA: Deur Sy wet gee God ons broodnodige kennis van sonde Psalm 147 : 1, 4 Skrifberyming 26 (9-1) : 1, 10 Psalm 130 : 2 2 As u vir iemand wat glad

Nadere informatie

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was nie om limate te gaan werf of om mense te gaan bekeer nie, maar om dissipels te gaan maak, mense wat Jesus volg. Net soos wat n mens nie noodwendig

Nadere informatie

Inhoudsopgawe. Voorwoord... 11

Inhoudsopgawe. Voorwoord... 11 Inhoudsopgawe Voorwoord... 11 Spreuke leer jou 1. Blymoedigheid... 12 2. Dissipline... 14 3. Vriendskap... 16 4. Wees versigtig met jou tong... 18 5. Om vrygewig te wees... 20 6. Om mooi dinge te sê...

Nadere informatie

PSALM 40:9. Votum en seën. Psalm 89 : 3. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Deuteronomium 5:6-21 (AV 1933/53) Psalm 50 : 6, 7.

PSALM 40:9. Votum en seën. Psalm 89 : 3. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Deuteronomium 5:6-21 (AV 1933/53) Psalm 50 : 6, 7. PSALM 40:9 Votum en seën Psalm 89 : 3 Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels Wet: Deuteronomium 5:6-21 (AV 1933/53) Psalm 50 : 6, 7 Gebed Skriflesing: Psalm 40 (AV 1933/53) Teks: Psalm 40:7-9 (AV 1933/53) Psalm

Nadere informatie

Wie in die Here glo, vertrou Hom met die bestemming.

Wie in die Here glo, vertrou Hom met die bestemming. SKRIFLESING: Hebreërs 11:8-19 TEKS: Hebreërs 11:8 TEMA: Wie in die Here glo, vertrou Hom met die bestemming. Psalm 84 : 3, 4 Skrifberyming 28 (10-1) : 2, 3 Psalm 1 : 4 Psalm 37 : 2, 23 Skrifberyming 78

Nadere informatie

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun Bybel vir Kinders bied aan Die Verlore Seun Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Lazarus Aangepas deur: Ruth Klassen; Sarah S. Vertaal deur: Yvette Brits Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

Skriflesing: 1 Johannes 4:1-5:13 Teks: 1 Johannes 4:2-4; 9; 18-20; 5:12 Sing- Ps 65:2,3; Ps. 73:1,10; Ps. 66:7,9

Skriflesing: 1 Johannes 4:1-5:13 Teks: 1 Johannes 4:2-4; 9; 18-20; 5:12 Sing- Ps 65:2,3; Ps. 73:1,10; Ps. 66:7,9 1 Skriflesing: 1 Johannes 4:1-5:13 Teks: 1 Johannes 4:2-4; 9; 18-20; 5:12 Sing- Ps 65:2,3; Ps. 73:1,10; Ps. 66:7,9 1 Johannes 4:1-5:12 1Jn 4:1 Geliefdes, glo nie elke gees nie, maar stel die geeste op

Nadere informatie

TEKS: Matteus 5:3 (AV 1933/53) HK 5

TEKS: Matteus 5:3 (AV 1933/53) HK 5 SKRIFLESING: Matteus 5:1-12 TEKS: Matteus 5:3 (AV 1933/53) HK 5 TEMA: Verlossing kom nie uit ons nie. Psalm 138 : 3 Skrifberyming 16 (11-3) : 1, 4 Psalm 146 : 2, 5 Skrifberyming 78 (13-3) Ook: Ps 33 :

Nadere informatie

Jesus Christus se opstanding maak ons lewens sinvol

Jesus Christus se opstanding maak ons lewens sinvol SKRIFLESING: 1 Korintiërs 15:1-20 TEKS: 1 Korintiërs 15:20a TEMA: Jesus Christus se opstanding maak ons lewens sinvol Psalm 33 : 2 Psalm 33 : 11 Skrifberyming 10 (5-4) : 1, 2 Ook: Sb 27 : 1, 3 1 Weet u

Nadere informatie

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN Skep Die Geleentheid Vir Veilige Kommunikasie Bou Vertroue & Dra Waardes Oor Versterk Verhoudings Ontwikkel Jou Kind Se Emosionele Intelligensie SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN Created by REËLS VIR

Nadere informatie

Toe God alles gemaak het

Toe God alles gemaak het Bybel vir Kinders bied aan Toe God alles gemaak het Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Byron Unger; Lazarus Aangepas deur: Bob Davies; Tammy S. Vertaal deur: Hannelie Niemandt Vervaardig deur:

Nadere informatie

Jy kan eintlik waar in die Bybel ook al kyk na wat geskryf is oor hoe ons as Christene moet lewe, en jy kom by liefhê uit.

Jy kan eintlik waar in die Bybel ook al kyk na wat geskryf is oor hoe ons as Christene moet lewe, en jy kom by liefhê uit. 2 PETRUS 1:7 Votum en seën Psalm 47 : 1, 4 Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 23 : 1 Gebed Skriflesing: 2 Petrus 1:1-15 (AV 1983/91) Teks: 2 Petrus 1:7 (AV 1983/91)

Nadere informatie

Die Kerk se Geboorte

Die Kerk se Geboorte Bybel vir Kinders bied aan Die Kerk se Geboorte Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Vertaal deur: Gert Badenhorst Aangepas deur: Ruth Klassen Storie 55 van 60 www.m1914.org Bible for

Nadere informatie

Bybel vir Kinders bied aan. Die Kerk Kry Moeilikheid

Bybel vir Kinders bied aan. Die Kerk Kry Moeilikheid Bybel vir Kinders bied aan Die Kerk Kry Moeilikheid Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Gert Badenhorst Vervaardig deur: Bible for Children

Nadere informatie

Van Vervolger tot Prediker

Van Vervolger tot Prediker Bybel vir Kinders bied aan Van Vervolger tot Prediker Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Gert Badenhorst Vervaardig deur: Bible for Children

Nadere informatie

JOHANNES 6:48 HK 28. Votum en seën. Psalm 100 : 1, 3. Gebed. Skrifberyming 54 (2-6) : 1. Skriflesing: Johannes 6:41-59 (AV 1983) Belydenis: HK 28

JOHANNES 6:48 HK 28. Votum en seën. Psalm 100 : 1, 3. Gebed. Skrifberyming 54 (2-6) : 1. Skriflesing: Johannes 6:41-59 (AV 1983) Belydenis: HK 28 JOHANNES 6:48 HK 28 Votum en seën Psalm 100 : 1, 3 Gebed Skrifberyming 54 (2-6) : 1 Skriflesing: Johannes 6:41-59 (AV 1983) Belydenis: HK 28 Teks: Johannes 6:48 (AV 1983) Preek: Christus is die Brood wat

Nadere informatie

toegewy aan God ross os s v an v nieker i k

toegewy aan God ross os s v an v nieker i k toegewy aan God ross van niekerk goddelike nageslag hoe verseker ons dit? 1. modelleer. 2. liefde. 3. instruksie. 4. dissipline. 5. meedeling. psalm 127:3 Kyk, kinders is n erfdeel van die HERE; die vrug

Nadere informatie

SPREUKE 16:9. Votum en seën. Psalm 8 : 1, 2. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Exodus 20:1-17 (AV 1933/53) Psalm 65 : 2, 4.

SPREUKE 16:9. Votum en seën. Psalm 8 : 1, 2. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Exodus 20:1-17 (AV 1933/53) Psalm 65 : 2, 4. SPREUKE 16:9 Votum en seën Psalm 8 : 1, 2 Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels Wet: Exodus 20:1-17 (AV 1933/53) Psalm 65 : 2, 4 Gebed Skriflesing: Spreuke 16:1-15 (AV 1933/53) Teks: Spreuke 16:9 (AV 1933/53)

Nadere informatie

PSALM 115:1 HK Sondag 52:

PSALM 115:1 HK Sondag 52: PSALM 115:1 HK Sondag 52:128-129 Votum en seën Skrifberyming 72 (12-3) : 1, 2 Gebed Skriflesing: Psalm 115 (AV 1933/53) Belydenis: HK 52:128-129 Teks: Psalm 115:1 (AV 1933/53) Psalm 115 : 1, 9 Preek: God

Nadere informatie

HEMELVAART. SKRIFLESING: Johannes 14:1-14. TEKS: Johannes 14:2-3 (AV 1933/53) Jesus Christus is hemel toe vir ons. Psalm 2 : 4, 6.

HEMELVAART. SKRIFLESING: Johannes 14:1-14. TEKS: Johannes 14:2-3 (AV 1933/53) Jesus Christus is hemel toe vir ons. Psalm 2 : 4, 6. HEMELVAART SKRIFLESING: Johannes 14:1-14 TEKS: Johannes 14:2-3 (AV 1933/53) TEMA: Jesus Christus is hemel toe vir ons Psalm 2 : 4, 6 Psalm 68 : 8 Psalm 84 : 1, 2 Ook: Psalm 24 : 4, 5 2 Jesus se hemelvaart

Nadere informatie

Welkom by Die Storie God se storie

Welkom by Die Storie God se storie Welkom by Die Storie God se storie Hierdie boek vertel die belangrikste, aangrypendste storie ooit: die storie van n ware God wat lief is vir sy kinders, wat gesorg het dat hulle gered is, en wat vir hulle

Nadere informatie

SKRIFLESING: 1 Petrus 2:1-10. TEKS: 1 Petrus 2:9. God red sodat ons sal vertel. Psalm 40 : 5. Psalm 4 : 3. Skrifberyming 8 (5-3) : 2.

SKRIFLESING: 1 Petrus 2:1-10. TEKS: 1 Petrus 2:9. God red sodat ons sal vertel. Psalm 40 : 5. Psalm 4 : 3. Skrifberyming 8 (5-3) : 2. SKRIFLESING: 1 Petrus 2:1-10 TEKS: 1 Petrus 2:9 TEMA: God red sodat ons sal vertel. Psalm 40 : 5 Psalm 4 : 3 Skrifberyming 8 (5-3) : 2 Psalm 71 : 9, 14 Skrifberyming 78 (13-3) Ook: Sb 24 (1-1) : 6 2 Waar

Nadere informatie

1 TESSALONISENSE 5:25

1 TESSALONISENSE 5:25 1 TESSALONISENSE 5:25 Votum Seën Psalm 9 : 1, 8 Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels Wet: Eksodus 20 : 1-17 (AV 1983/91) Psalm 1 : 4 Gebed Skriflesing: 1 Tessalonisense 5:12-28 (AV 1983/91) Teks: 1 Tessalonisense

Nadere informatie

Dis net so ondenkbaar soos n gemeente die tempel van die Heilige Gees 1 wat nie bid nie.

Dis net so ondenkbaar soos n gemeente die tempel van die Heilige Gees 1 wat nie bid nie. PSALM 141 : 2 HK 45 Votum Seën Psalm 104 : 1, 2, 20 Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels Wet: Deuteronomium 5:6-21 (AV 1933/53) Psalm 69 : 3, 6, 12 Gebed Psalm 28 : 1, 2, 6 Skriflesing: Psalm 141 (AV 1933/53)

Nadere informatie

Vir die Here is die hoofsaak dat ons sal glo en gehoorsaam.

Vir die Here is die hoofsaak dat ons sal glo en gehoorsaam. SKRIFLESING: Prediker 11:9 12:14 TEKS: Prediker 12:13 (OAV) TEMA: INHOUD: Vir die Here is die hoofsaak dat ons sal glo en gehoorsaam. Die hoofsaak Psalm 146 : 1, 4, 8 Psalm 19 : 7 Skrifberyming 12-3 :

Nadere informatie

Gereformeerde Kerk Bloempark Die Drie-eenheid (Sondag 8)

Gereformeerde Kerk Bloempark Die Drie-eenheid (Sondag 8) Gereformeerde Kerk Bloempark Die Drie-eenheid (Sondag 8) Teks: Verskeie & HK Sondag 8 Inleiding Geliefdes, die Drie-eenheid van God is seker van die meeste moeilike dinge om te verstaan, en gewoonlik van

Nadere informatie

Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel. Christiaan Coetzee

Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel. Christiaan Coetzee Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel Christiaan Coetzee www.mathetes.co.za In die ou testament was die tempel n fisise plek of tent gewees waar mense na toe gegaan het om hulle sondes te belei

Nadere informatie

OPENBARING 21:9-10. Votum en seën. Psalm 122 : 1. Gebed. Psalm 46 : 1, 2. Skriflesing: Openbaring 21:1-21 (AV 1983/91)

OPENBARING 21:9-10. Votum en seën. Psalm 122 : 1. Gebed. Psalm 46 : 1, 2. Skriflesing: Openbaring 21:1-21 (AV 1983/91) OPENBARING 21:9-10 Votum en seën Psalm 122 : 1 Gebed Psalm 46 : 1, 2 Skriflesing: Openbaring 21:1-21 (AV 1983/91) Teks: Openbaring 21:9-10 (AV 1983/91) Preek: Die Here se toekoms vir ons Gebed Kollekte

Nadere informatie

Skriflesing: 2 Tim 2:14-26(word gelees deur gemeentelede uit die banke)

Skriflesing: 2 Tim 2:14-26(word gelees deur gemeentelede uit die banke) Preek 2 Tim 2 : 14-26 Kan jy of kan jy nie? Verwelkoming Votum(Ds. Danie) Seëngroet(Ds. Danie) Lofprysing Gebed Kan jy of kan jy nie? Baie eenvoudige tema, maar het so n wye betekenis. Ek wil vra dat u

Nadere informatie

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

DIE VLEUELS VAN GEBED (9) DIE VLEUELS VAN GEBED (9) DIE VLEUELS VAN GEBED (9) Jan van der Watt Dankie Here! Dankie sê is om jou skuld te betaal. In die tyd van die Bybel was dankie sê iets anders as vandag. Vandag is dankie n woord

Nadere informatie

SKRIFLESING: Handelinge 16: TEKS: Handelinge 16:30-31 HK 23. Wie in die Here Jesus glo, word gered. Psalm 48 : 4.

SKRIFLESING: Handelinge 16: TEKS: Handelinge 16:30-31 HK 23. Wie in die Here Jesus glo, word gered. Psalm 48 : 4. SKRIFLESING: Handelinge 16:16-34 TEKS: Handelinge 16:30-31 HK 23 TEMA: Wie in die Here Jesus glo, word gered. Psalm 48 : 4 Psalm 37 : 2, 5 Skrifberyming 10 (5-4) : 1, 2 1 Dit bly maar iets waaroor mense

Nadere informatie

Die Here gee vir mense, wat oor Hom bly is, dit wat hulle harte begeer.

Die Here gee vir mense, wat oor Hom bly is, dit wat hulle harte begeer. SKRIFLESING: Psalm 37 : 1-11 TEKS: Psalm 37:4 TEMA: Die Here gee vir mense, wat oor Hom bly is, dit wat hulle harte begeer. Psalm 150 : 1, 2 Psalm 139 : 1, 3 Skrifberyming 72 (12-3) : 1, 2 Psalm 33 : 11

Nadere informatie

Ontdek God Saam. (v 1.0) n Riglyn om nuwe groepe te lei

Ontdek God Saam. (v 1.0) n Riglyn om nuwe groepe te lei Ontdek God Saam (v 1.0) n Riglyn om nuwe groepe te lei n Goeie leier verskaf nie die antwoorde nie, maar vra goeie vrae! Ontdekkingsgroepe is so eenvoudig dat enigeen so n groep kan begin. Enigeen kan

Nadere informatie

HANDELINGE 14:15 HK 34:94-95

HANDELINGE 14:15 HK 34:94-95 HANDELINGE 14:15 HK 34:94-95 95 Votum Seën Psalm 150 : 1, 3 Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels Wet: Exodus 20:1-17 (AV 1933/53) Psalm 51 : 6 Gebed Skriflesing: Handelinge 14:1-20 (AV 1933/53) Belydenis:

Nadere informatie

TEKS: Esegiël 33:18-19 HK 32:87 33:90. God laat onbekeerdes sterf, maar bekerendes lewe.

TEKS: Esegiël 33:18-19 HK 32:87 33:90. God laat onbekeerdes sterf, maar bekerendes lewe. SKRIFLESING: Esegiël 33: 10-20 TEKS: Esegiël 33:18-19 HK 32:87 33:90 TEMA: God laat onbekeerdes sterf, maar bekerendes lewe. Psalm 99 : 1, 3 Skrifberyming 38 (15-2) : 2 Psalm 4 : 4 Skrifberyming 78 (13-3)

Nadere informatie

1 KORINTIËRS 3:21-23 HK Sondag 1

1 KORINTIËRS 3:21-23 HK Sondag 1 1 KORINTIËRS 3:21-23 HK Sondag 1 Votum en seën Psalm 30 : 3 Gebed Psalm 30 : 7 Skriflesing: 1 Korintiërs 3:9b-23 (AV 1983/91) Belydenis: HK Sondag 1 Teks: 1 Korintiërs 3:21b-23 (AV 1983/91) Preek: Gelowiges

Nadere informatie

Christene moet ook met hulle gedrag vir die Here praat.

Christene moet ook met hulle gedrag vir die Here praat. SKRIFLESING: Titus 2 TEKS: TEMA: Titus 2:5b, 10b Christene moet ook met hulle gedrag vir die Here praat. Psalm 107 : 1, 2 Skrifberyming 54 (2-6) : 1 Psalm 107 : 15 Skrifberyming 78 (13-3) 2 Ons moet vir

Nadere informatie

Die gebruik van 'n persoonlike joernaal of dagboek

Die gebruik van 'n persoonlike joernaal of dagboek Die gebruik van 'n persoonlike joernaal of dagboek Uit Doelgerigte Gebed deur Bennie Mostert, CUM uitgewers Opdrag: Maak 'n keuse om in hierdie week wat kom minstens 5 dae te neem om 15-30 minute per dag

Nadere informatie

SKRIFLESING: Lukas 6: TEKS: Lukas 6:37 HK 43. God se mense het ook met hulle woorde lief. Psalm 34 : 1, 2. Psalm 34 : 6.

SKRIFLESING: Lukas 6: TEKS: Lukas 6:37 HK 43. God se mense het ook met hulle woorde lief. Psalm 34 : 1, 2. Psalm 34 : 6. SKRIFLESING: Lukas 6:27-42 TEKS: Lukas 6:37 HK 43 TEMA: God se mense het ook met hulle woorde lief. Psalm 34 : 1, 2 Psalm 34 : 6 Psalm 18 : 14 Dis reg dat ons mekaar met die daad moet liefhä. Die Bybel

Nadere informatie

1 Johannes 5: /03/2014

1 Johannes 5: /03/2014 1 Johannes 5:9-12 23/03/2014 Iets wat ek seker is julle al baie gehoor het, is, ken jou status. En dis presies waaroor ek ook vanoggend met julle wil praat oor - ken jou status Ek dink nie enige iemand

Nadere informatie

KOLOSSENSE 3:17 HK Sondag 36

KOLOSSENSE 3:17 HK Sondag 36 KOLOSSENSE 3:17 HK Sondag 36 Votum en seën Psalm 20 : 1, 2, 7 Gebed Skriflesing: Kolossense 3:1-17 (AV 1983) Belydenis: HK 36:99 Teks: Kolossense 3:17 (AV 1983) Psalm 118 : 5 Preek: God se kinders eer

Nadere informatie

Toe God alles gemaak het

Toe God alles gemaak het Bybel vir Kinders bied aan Toe God alles gemaak het Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Byron Unger; Lazarus Aangepas deur: Bob Davies; Tammy S. Vertaal deur: Hannelie Niemandt Vervaardig deur:

Nadere informatie

SKRIFLESING: Lukas 16:1-13. TEKS: Lukas 16:11 HK 42. Geld en goed vir God. Psalm 95 : 1, 3. Psalm 119 : 7. Skrifberyming 44 (15-8) : 2

SKRIFLESING: Lukas 16:1-13. TEKS: Lukas 16:11 HK 42. Geld en goed vir God. Psalm 95 : 1, 3. Psalm 119 : 7. Skrifberyming 44 (15-8) : 2 SKRIFLESING: Lukas 16:1-13 TEKS: Lukas 16:11 HK 42 TEMA: Geld en goed vir God Psalm 95 : 1, 3 Psalm 119 : 7 Skrifberyming 44 (15-8) : 2 Skrifberyming 78 (13-3) Ook: Ps 19 : 5 Ps 62 : 5, 7 Sb 26 : 9 Sb

Nadere informatie

14. Gemaak om lief te hê 1 Johannes 3:11-17; 4:7-12

14. Gemaak om lief te hê 1 Johannes 3:11-17; 4:7-12 14. Gemaak om lief te hê 1 Johannes 3:11-17; 4:7-12 Tema Jesus het uit liefde sy lewe vir ons afgelê en Hy gee ook hierdie liefde in ons sodat ons mekaar kan liefhê. Agtergrond en interpretasie Johannes

Nadere informatie

Net met krag wat God gee kan swakke mense die bose weerstaan

Net met krag wat God gee kan swakke mense die bose weerstaan SKRIFLESING: 1 Petrus 5 TEKS: 1 Petrus 5:8 HK 52:127 TEMA: Net met krag wat God gee kan swakke mense die bose weerstaan Psalm 46 : 1, 4 Psalm 18 : 3, 9 Psalm 31 : 6, 17 Ook: Ps. 3 : 1 Ps. 68 : 1 Ps. 118

Nadere informatie

SKRIFLESING: Prediker 11. TEKS: Prediker 11:4, 6. Wie met God reken, gebruik sy/haar kanse. Psalm 149 : 1, 2. Psalm 126 : 3.

SKRIFLESING: Prediker 11. TEKS: Prediker 11:4, 6. Wie met God reken, gebruik sy/haar kanse. Psalm 149 : 1, 2. Psalm 126 : 3. SKRIFLESING: Prediker 11 TEKS: Prediker 11:4, 6 TEMA: Wie met God reken, gebruik sy/haar kanse Psalm 149 : 1, 2 Psalm 126 : 3 Psalm 128 : 1, 4 1 Is dit nog die moeite werd om dinge aan te pak in die kerk,

Nadere informatie