Jesus kom op n onbekende tyd weer bly dan gereed vir Hom!

Maat: px
Weergave met pagina beginnen:

Download "Jesus kom op n onbekende tyd weer bly dan gereed vir Hom!"

Transcriptie

1 SKRIFLESING: Matteus 25:1-13 TEKS: Matteus 25:13 TEMA: Jesus kom op n onbekende tyd weer bly dan gereed vir Hom! Psalm 98 : 3 Psalm 99 : 1, 3 Skrifberyming 29 (18-3) : 8, 9 Skrifberyming 43 (15-7) : 5 Skrifberyming 78 (13-3)

2 2 Het u geweet dat n mens vir die Here se wederkoms kan wag en Hom tog kan mis? En watter skade sal dit nie wees nie: - as die Bruidegom van die ewige huweliksfees die deur nie vir jou wil oopmaak nie, omdat Hy jou nie ken nie! Daarom die appèl van hierdie gelykenis: - bly gereed vir die Here, wat op n onbekende tyd weer kom! Kom ons kyk: 1. na waar hierdie gelykenis in Jesus se onderrig inpas; 2. na die Bruidegom se koms; 3. na die appèl wat dit op ons maak. 1. DIE PLEK VAN HIERDIE GELYKENIS IN JESUS SE ONDERRIG In Matteus 24 en 25 hoor ons dinge wat die Here Jesus Sy dissipels geleer het enkele dae voordat Hy gevang en gevonnis en gekruisig sou word. In Matteus 24 leer die Here Jesus hulle in breë trekke hoe die toekoms sou lyk, van daardie tyd af totdat Hy eendag weer sal kom. En in die laaste stukkie van Mat 24 1 en in Mat 25 leer Hy hulle (en óns natuurlik ook) hoe Hy wil hê dat Sy volgelinge moet lewe terwyl hulle vir Hom wag om weer te kom. o Die gelykenis in Mat 24:45-51 en hierdie een in die eerste deel van Mat 25, roep ampsdraers en ander gelowiges op om voorbereid te wees en te bly op die onbekende en onverwagse wederkoms van die Here. o Matteus 25:14-30 roep ons op om, terwyl ons wag, wins te maak met die gawes wat Hy vir ons gegee het vir hierdie tyd. o En in Matteus 25:31-46 roep Hy ons op om met Christelike liefde en barmhartigheid te lewe terwyl ons vir Hom wag. Voorbereid, aan die werk, en liefdevol so wil Hy Sy volgelinge in hierdie eeue voor Sy wederkoms in hierdie wêreld hê. 1 Mat 24:42 e.v.

3 3 Nou is ons wat hierdie gedeeltes preek, geneig om baie sterk die klem te lê op dit wat die Here wil hê wat ons moet doen. En dis nie regtig verkeerd nie, want dit ís deel van die Here se bedoeling met hierdie onderrig. By hierdie gelykenis waarop vanoggend se preek fokus loop die hele gelykenis uit (in die laaste vers daarvan) op dit wat ons moet doen. Maar ons mis tog n groot deel van die rykdom van hierdie gedeeltes, as ons nie elke keer die Hooffiguur hierin duidelik raaksien nie: - hoe Hy aan ons voorgestel word - en wat Hy doen - en wat Hy gáán doen. En dis eintlik eers as jy Hóm duidelik sien, wat die oproepe wat in hierdie gedeeltes na ons toe kom, ons regtig tref. Kom ons gaan dan vanoggend hierdie gedeelte 2 na deur nie by die meisies te begin nie, maar by die bruidegom vir wie gewag word 2. DIE KOMS VAN DIE BRUIDEGOM Die bruidegom in hierdie gelykenis verwys natuurlik na die Here Jesus Christus. Dis mos bekende Bybelse beeldspraak dat die Here se mense, Sy volk, Sy vrou of bruid is en dat die ewige lewe saam met die Here n bruilofsfees is. 3 Die eerste wat hierdie gelykenis baie duidelik van Hom sê, is dat Hy weer gaan kom. Soos wat n bruidegom destyds teen die aand se kant, wanneer alles gereed is, na die plek toe gekom het waar die bruilofsfees gehou gaan word én dan op pad soontoe deur jong meisies met lampe feestelik begelei is só gaan die Here Jesus eendag weer na hierdie aarde toe kom om al Sy kinders wat nog hier is, te kom haal vir die groot fees wat dan gaan aanbreek. Hy sélf gaan kom, 4 saam met al Sy magtige engele, 5 2 Mat 25: Jes 54:4; Hosea 2:15; Mat 22:1-14; 2 Kor 11:2; Openb 19: Tes 4: Tes 1:7

4 4 liggaamlik sigbaar op die wolke van die hemel. 6 Jesus gaan weer kom En Hy gaan kom as n Bruidegom. Hoe spreek hierdie beeldspraak ons nie aan nie! Dit laat ons dink aan n huwelik en n huweliksfees. n Huwelik en die huweliksonthaal is vir ons so n plek waar van die mooiste van die aardse lewe bymekaarkom: - die mooi van n jong bruid; - die jeugdige krag van n bruidegom; - die sprankel van jong liefde; - die oorvloed van die lekkerste eet- en drinkgoed; - die belewing van bande met jou naby familie en beste vriende. Watter ander aardse beeld sal vir ons beter n idee kan gee van die ewige jeug en van die volmaakte liefde en van die oorvloed van gawes van die Here en van die belewing van die diepste bande met medemense wanneer die Here ons eendag die heerlike fees van die nimmereindigende lewe saam met Hom in die hiernamaals laat geniet? Die Here Jesus kom as Bruidegom wat die bruilofsfees gaan laat begin. Maar (leer Hy ons met hierdie gelykenis en met baie ander uitsprake van Hom ook) die Bruidegom kom nie op die tyd wat almal verwag het nie. Hy kom op n onbekende tyd. 7 Hy kom (so word daar op meer as een plek gesinspeel) láter as wat verwag is; 8 in hierdie gelykenis soveel later dat dié wat vir Hom gewag het, vaak geword het en aan die slaap geraak het! Dis nie vir ons moontlik om op een of ander manier uit te werk, of met behulp van die Bybel te bereken wanneer Hy gaan kom nie. 6 Hand 1:11; Openb 1:7 7 Mat 25:13. Selfs onverwags 1 Tes 5:2; 2 Pet 3:10 8 Vgl vers 5 se lank wegbly ( talm AV 1933/53); Luk 19:12; 2 Tes 2:1 e.v.; 2 Pet 3:3-9

5 5 Hy gaan ook nie nou vir mense deur drome of visoene of ander soort openbarings datums gee vir wanneer Hy gaan kom nie, want dan sou Hy die woorde wat Hy self gepraat het, byvoorbeeld in hierdie gelykenis, onwaar maak. Die Bruidegom kom op n onbekende tyd. En wanneer Hy kom, vat Hy dié wat gereed is, saam met Hom die bruilofsfees in in daardie lewe van onbeskryflike vreugde in. En dan is die kans vir die ander om aan die bruilof deel te neem, vir altyd verby, want die deur word gesluit en vir dié wat dan buite is, maak die Bruidegom nie oop nie, selfs nie as hulle Hom dan sou smeek om dit te doen nie Ons moet dit nie miskyk nie: - hierdie gelykenis gaan oor die Bruidegom wat gaan kom en wat die groot fees van hierdie heelal gaan laat aanbreek! 3. DIE APPÈL WAT DIT OP ONS MAAK Eers as jy regtig die Bruidegom ken en weet dat Hy gáán kom, maar op n onbekende tyd en verstaan van die fees van die ewige heerlikheid wat saam met Hom wag, tref die oproep van hierdie gelykenis jou: - Waak dan - Wees wakker. - Wees gereed. - Wees voorbereid en blý voorbereid! - Sorg dat alles gereed is vir die uur wanneer Hy kom. - Tref al die nodige voorbereidings betyds. - Wees soos die verstandige meisies in hierdie gelykenis. Die Waak dan opdrag word hier gegee in die vorm van: Hou aan waak! Ook die feit dat die Bruidegom talm om te kom, waarsku ons dat die Gereed-wees en Voorbereid-wees nie net vir sulke rukkies moet gebeur nie, maar n blywende toestand moet wees; - jy moet gereed en voorbereid blý! Hoe waak n mens met die oog op die wederkoms van Jesus?

6 6 Hoe bly jy gereed en voorbereid daarvoor? o Jy doen dit deur sonder ophou jou lewe lank die sondes waaraan jy jou bly skuldig maak, met opregte berou voor die Here te erken en deur die vergifnis wat die Here Jesus met Sy lyding en dood vir ons bewerk het, by God te bly afsmeek. o Jy doen dit deur aan te hou om die krag en die leiding van die Heilige Gees te soek, sodat jy regtig as n gelowige en gehoorsame kind van God kan bly lewe en selfs al hoe meer daarin kan vooruitgaan. o Jy doen dit deur die hoop op die koms van die Here Jesus en die afwagting daarop en die uitsien daarna lewendig te hou deur byvoorbeeld getrou kerk toe te kom en Bybelstudie te doen en met medegelowiges hieroor te praat en tyd te maak in jou lewe om oor hierdie dinge te dink. o En dit alles nie net van tyd tot tyd nie. Dit help nie jy s so vir n rukkie gereed, maar dan sak jy maar weer terug in geestelike louheid nie. Sê nou net die Bruidegom kom wanneer jy in een van jou verslappingsfases is dan kan jy Hom mis! U moet onthou, die onverstandige, dwase meisies in hierdie gelykenis was nie heidene nie. Hulle was (om die term te gebruik) kerkmense! Hulle was daar saam met die ander meisies. Hulle t ook die moeite gedoen om hulle lampe te bring. Hulle t ook vir Bruidegom gewag. Hulle wou ook aan die bruilofsfees deelneem. Maar daar was iets onverskilligs by hulle. Hulle t nie regtig genoeg moeite met die voorbereidings gedoen nie.

7 7 Daar was nie genoeg erns oor wat gereed-wees vir hulle beteken het nie. Hierdie saak was nie vir hulle belangrik genoeg om seker te maak dat hulle álles by hulle het wat nodig is nie. En toe die Bruidegom uiteindelik opdaag, het hulle met n skok agtergekom dat jy by hierdie fees jou lamp nie met n ander mens se olie kan laat brand nie; jy moet self persoonlik gereed en voorbereid wees vir die koms van die Here Waak dan. Soek dit om n lewe saam met die Here, naby Hom, te bly lewe. Dís die appèl van hierdie gelykenis. TEN SLOTTE Sien in u geestesoog die Here Jesus wat weer gáán kom. Hóor die stem van die aartsengel en die klank van die trompet van God, 9 wat dit gaan uitroep: Hier kom die Bruidegom! Gaan Hom tegemoet! Sien hoe dié wat bly waak het, wat regtig voorbereid was, saam met Hom in die fees van die ware lewe en die ewige vreugde by Hom ingaan én hoe die ander uitgesluit word en buite moet bly, in dit wat op ander plekke die buitenste duisternis genoem word 10 selfs mense wat gedink het dat hulle ook sal kan ingaan, omdat hulle darem so n ietsie gedoen het wat gelyk het na belangstelling in die Bruidegom en in die fees waarvoor Hy sou kom. En eers as jy Hom en wat Hy kom doen, regtig sien, tref die appèl van hierdie gelykenis jou: - Waak dan! - Wees gereed! - Bly gereed! Dis in die eerste plek hoe volgelinge van die Here Jesus lewe in die eeue waarin daar vir Sy wederkoms gewag word: áltyd voorbereid AMEN 9 1 Tes 4:16 10 Mat 8:12; 22:13; 25:30

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL Votum en seën Psalm 118 : 2 Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1933/53) Psalm 4 : 3 Gebed Skriflesing: Johannes 19:17-27 (AV 1933/53) Teks: Johannes 19:26-27

Nadere informatie

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra SKRIFLESING: Romeine 12:1-8 TEKS: Romeine 12:1-2 HK 49 TEMA: Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra Psalm 103 : 10, 11 Skrifberyming 28 (10-1) : 1, 2 Psalm 119 : 11 Skrifberyming 78 (13-3)

Nadere informatie

Die Here laat ons maai wat ons gesaai het

Die Here laat ons maai wat ons gesaai het SKRIFLESING: Galasiërs 6 TEKS: Galasiërs 6:7-8 TEMA: Die Here laat ons maai wat ons gesaai het Psalm 100 : 1, 3, 4 Psalm 50 : 11 Psalm 91 : 1 (na belydenisaflegging) Psalm 126 : 3 Skrifberyming 33 (2-4)

Nadere informatie

Die Here gee vir mense, wat oor Hom bly is, dit wat hulle harte begeer.

Die Here gee vir mense, wat oor Hom bly is, dit wat hulle harte begeer. SKRIFLESING: Psalm 37 : 1-11 TEKS: Psalm 37:4 TEMA: Die Here gee vir mense, wat oor Hom bly is, dit wat hulle harte begeer. Psalm 150 : 1, 2 Psalm 139 : 1, 3 Skrifberyming 72 (12-3) : 1, 2 Psalm 33 : 11

Nadere informatie

Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg

Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg SKRIFLESING: 1 Johannes 2:1-11 TEKS: 1 Johannes 2:6 TEMA: Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg Psalm 9 : 1, 2, 7 Psalm 31 : 13 (na gebed) Skrifberyming 72 (12-3) : 1, 2 Skrifberyming 78 (13-3) Ook:

Nadere informatie

1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80

1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80 1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80 Votum en seën Psalm 23 : 1, 3 Gebed Skriflesing: 1 Korintiërs 10:1-13 (AV 1983) Belydenis: HK 29:78-30:80 Teks: 1 Korintiërs 10:4 Psalm 105 : 21, 22 Preek: Die Heilige Gees

Nadere informatie

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22 1 BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22 Die sekerheid dat jy 'n kind van God is, is nie die einde van die pad nie maar die begin daarvan. Nou word dit moontlik om as gelowiges te groei. Maar waarheen lei

Nadere informatie

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun Bybel vir Kinders bied aan Die Verlore Seun Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Lazarus Aangepas deur: Ruth Klassen; Sarah S. Vertaal deur: Yvette Brits Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3.

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3. SKRIFLESING: Johannes 8 :12-20 TEKS: Johannes 8:12 TEMA: Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe Psalm 150 : 1, 2, 3 Psalm 43 : 3, 4 Skrifberyming 3 (4-7) : 1, 2 Skrifberyming 9 (18-1) : 1, 6 [Ook: Ps

Nadere informatie

Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek

Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek SKRIFLESING: 1 Johannes 2:28 3:10 TEKS: 1 Johannes 3:8b TEMA: Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek Psalm 45 : 1, 3, 5, 6 Psalm 79: 5, 6 Skrifberyming 33 (2-4) : 1, 2 Skrifberyming

Nadere informatie

God laat alles Sy kinders se saligheid bevorder.

God laat alles Sy kinders se saligheid bevorder. SKRIFLESING: Romeine 8:18-30 TEKS: Romeine 8:28 HK 9 TEMA: God laat alles Sy kinders se saligheid bevorder. Psalm 30 : 3, 4 Skrifberyming 33 (2-4) : 1 Psalm 119 : 25 Skrifberyming 78 (13-3) Ook: Sb 52

Nadere informatie

Jesaja sien die Toekoms

Jesaja sien die Toekoms Bybel vir Kinders bied aan Jesaja sien die Toekoms Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Jonathan Hay Aangepas deur: Mary-Anne S. Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

Jesus Christus se opstanding maak ons lewens sinvol

Jesus Christus se opstanding maak ons lewens sinvol SKRIFLESING: 1 Korintiërs 15:1-20 TEKS: 1 Korintiërs 15:20a TEMA: Jesus Christus se opstanding maak ons lewens sinvol Psalm 33 : 2 Psalm 33 : 11 Skrifberyming 10 (5-4) : 1, 2 Ook: Sb 27 : 1, 3 1 Weet u

Nadere informatie

MATTEUS 7:12. Votum en seën. Psalm 34 : 2, 4. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 4 : 3.

MATTEUS 7:12. Votum en seën. Psalm 34 : 2, 4. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 4 : 3. MATTEUS 7:12 Votum en seën Psalm 34 : 2, 4 Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 4 : 3 Gebed Skrifberyming 53 (14-3) : 4 Skriflesing: Matteus 7:7-23 (AV 1983/91) Teks:

Nadere informatie

SKRIFLESING: Prediker 11. TEKS: Prediker 11:4, 6. Wie met God reken, gebruik sy/haar kanse. Psalm 149 : 1, 2. Psalm 126 : 3.

SKRIFLESING: Prediker 11. TEKS: Prediker 11:4, 6. Wie met God reken, gebruik sy/haar kanse. Psalm 149 : 1, 2. Psalm 126 : 3. SKRIFLESING: Prediker 11 TEKS: Prediker 11:4, 6 TEMA: Wie met God reken, gebruik sy/haar kanse Psalm 149 : 1, 2 Psalm 126 : 3 Psalm 128 : 1, 4 1 Is dit nog die moeite werd om dinge aan te pak in die kerk,

Nadere informatie

Die Here tree op teen dié wat terugdraai sonde toe

Die Here tree op teen dié wat terugdraai sonde toe SKRIFLESING: Genesis 19:1-30 TEKS: Genesis 19:26 TEMA: Die Here tree op teen dié wat terugdraai sonde toe Psalm 48 : 4 Psalm 7 : 6, 7 Psalm 1 : 1 Skrifberyming 78 (13-3) Ook: Sb 38 (15-2) : 2, 3 As n mens

Nadere informatie

SKRIFLESING: 1 Petrus 2:1-10. TEKS: 1 Petrus 2:9. God red sodat ons sal vertel. Psalm 40 : 5. Psalm 4 : 3. Skrifberyming 8 (5-3) : 2.

SKRIFLESING: 1 Petrus 2:1-10. TEKS: 1 Petrus 2:9. God red sodat ons sal vertel. Psalm 40 : 5. Psalm 4 : 3. Skrifberyming 8 (5-3) : 2. SKRIFLESING: 1 Petrus 2:1-10 TEKS: 1 Petrus 2:9 TEMA: God red sodat ons sal vertel. Psalm 40 : 5 Psalm 4 : 3 Skrifberyming 8 (5-3) : 2 Psalm 71 : 9, 14 Skrifberyming 78 (13-3) Ook: Sb 24 (1-1) : 6 2 Waar

Nadere informatie

SKRIFLESING: Johannes 4:1-30. TEKS: Johannes 4:10. Die Here les mense se diepste dors. Psalm 84 : 2, 3. Psalm 139 : 1, 3. Skrifberyming 6 (5-1) : 5

SKRIFLESING: Johannes 4:1-30. TEKS: Johannes 4:10. Die Here les mense se diepste dors. Psalm 84 : 2, 3. Psalm 139 : 1, 3. Skrifberyming 6 (5-1) : 5 SKRIFLESING: Johannes 4:1-30 TEKS: Johannes 4:10 TEMA: Die Here les mense se diepste dors Psalm 84 : 2, 3 Psalm 139 : 1, 3 Skrifberyming 6 (5-1) : 5 Skrifberyming 9 (18-1) : 1, 6 Skrifberyming 78 (13-3)

Nadere informatie

MATTEUS 22:11-13 HK SONDAG 30:81

MATTEUS 22:11-13 HK SONDAG 30:81 MATTEUS 22:11-13 HK SONDAG 30:81 Votum en seën Psalm 2 : 6 Geloofsbelydenis: Nicea Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983) Psalm 86 : 6 Gebed Skriflesing: Matteus 22:1-14 (AV 1983) Belydenis: HK 30:81 Teks: Matteus

Nadere informatie

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

DIE VLEUELS VAN GEBED (9) DIE VLEUELS VAN GEBED (9) DIE VLEUELS VAN GEBED (9) Jan van der Watt Dankie Here! Dankie sê is om jou skuld te betaal. In die tyd van die Bybel was dankie sê iets anders as vandag. Vandag is dankie n woord

Nadere informatie

OPENBARING 21:9-10. Votum en seën. Psalm 122 : 1. Gebed. Psalm 46 : 1, 2. Skriflesing: Openbaring 21:1-21 (AV 1983/91)

OPENBARING 21:9-10. Votum en seën. Psalm 122 : 1. Gebed. Psalm 46 : 1, 2. Skriflesing: Openbaring 21:1-21 (AV 1983/91) OPENBARING 21:9-10 Votum en seën Psalm 122 : 1 Gebed Psalm 46 : 1, 2 Skriflesing: Openbaring 21:1-21 (AV 1983/91) Teks: Openbaring 21:9-10 (AV 1983/91) Preek: Die Here se toekoms vir ons Gebed Kollekte

Nadere informatie

PSALM 90:2 NGB 1. Votum en seën. Psalm 90 : 1. Gebed. Skriflesing: Psalm 90 (AV 1933/53) Belydenis: NGB 1. Teks: Psalm 90:2 (AV 1933/53)

PSALM 90:2 NGB 1. Votum en seën. Psalm 90 : 1. Gebed. Skriflesing: Psalm 90 (AV 1933/53) Belydenis: NGB 1. Teks: Psalm 90:2 (AV 1933/53) PSALM 90:2 NGB 1 Votum en seën Psalm 90 : 1 Gebed Skriflesing: Psalm 90 (AV 1933/53) Belydenis: NGB 1 Teks: Psalm 90:2 (AV 1933/53) Psalm 102 : 5, 11 Preek: God bestaan [nog] [altyd] Gebed Kollekte Skrifberyming

Nadere informatie

Vir die Here is die hoofsaak dat ons sal glo en gehoorsaam.

Vir die Here is die hoofsaak dat ons sal glo en gehoorsaam. SKRIFLESING: Prediker 11:9 12:14 TEKS: Prediker 12:13 (OAV) TEMA: INHOUD: Vir die Here is die hoofsaak dat ons sal glo en gehoorsaam. Die hoofsaak Psalm 146 : 1, 4, 8 Psalm 19 : 7 Skrifberyming 12-3 :

Nadere informatie

Soos n wildsbok wat smag na water Smag my siel na u o Heer U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer SOOS N WILDSBOK

Soos n wildsbok wat smag na water Smag my siel na u o Heer U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer SOOS N WILDSBOK Soos n wildsbok wat smag na water Smag my siel na u o Heer U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer SOOS N WILDSBOK U alleen is my krag en skild Aan U alleen wy ek nou myself U alleen is

Nadere informatie

SKRIFLESING: Prediker 1:1-11. TEKS: Prediker 1:3. Los van God bied die lewe niks. Psalm 149 : 1, 2. Skrifberyming 19 (2-1) : 1, 2.

SKRIFLESING: Prediker 1:1-11. TEKS: Prediker 1:3. Los van God bied die lewe niks. Psalm 149 : 1, 2. Skrifberyming 19 (2-1) : 1, 2. SKRIFLESING: Prediker 1:1-11 TEKS: Prediker 1:3 TEMA: Los van God bied die lewe niks Psalm 149 : 1, 2 Skrifberyming 19 (2-1) : 1, 2 Psalm 90 : 2, 3 Psalm 90 : 1, 9 Ook: Ps 39 : 3, 4 Ps 102 : 11, 12 Wanneer

Nadere informatie

KERSFEES. SKRIFLESING: Matteus 2:1-12. TEKS: Matteus 2:11. Hierdie Kindjie is God en Koning oor alle nasies. Psalm 67 : 1, 2 1.

KERSFEES. SKRIFLESING: Matteus 2:1-12. TEKS: Matteus 2:11. Hierdie Kindjie is God en Koning oor alle nasies. Psalm 67 : 1, 2 1. KERSFEES SKRIFLESING: Matteus 2:1-12 TEKS: Matteus 2:11 TEMA: Hierdie Kindjie is God en Koning oor alle nasies Psalm 67 : 1, 2 1 Psalm 119 : 7 Psalm 66 : 2 Skrifberyming 45 (18-7) : 3, 10 Skrifberyming

Nadere informatie

TEKS: Openbaring 1:4b-5a HK 8

TEKS: Openbaring 1:4b-5a HK 8 SKRIFLESING: Openbaring 1:1-8 TEKS: Openbaring 1:4b-5a HK 8 TEMA: Die drie-enige God seën Sy kerk. Psalm 67 : 2 Psalm 90 : 1 Skrifberyming 25 (19-3) : 1, 2, 3 Skrifberyming 78 (13-3) Ook: Ps 89 : 10, 11,

Nadere informatie

VERSPREI GOD SE LIEFDE (2) VERTEL ANDER VAN GOD SE LIEFDE 13 Augustus 2006, Ds Freddie Schoeman

VERSPREI GOD SE LIEFDE (2) VERTEL ANDER VAN GOD SE LIEFDE 13 Augustus 2006, Ds Freddie Schoeman VERSPREI GOD SE LIEFDE (2) VERTEL ANDER VAN GOD SE LIEFDE 13 Augustus 2006, Ds Freddie Schoeman Die basis van ons verhouding met ander is dieselfde as die basis van ons verhouding met God en mekaar: GENADE.

Nadere informatie

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3 1 Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps. 116... Sb 33:1,3 1 Johannes 3 1Jn 3:1 Kyk wat n groot liefde die Vader aan ons bewys het,

Nadere informatie

U het rég gehoor: dat u die HÉre daar gaan dien; want dis wat die Heilige Gees ons hier laat hoor, dat ook ons alledaagse werk godsdiens is.

U het rég gehoor: dat u die HÉre daar gaan dien; want dis wat die Heilige Gees ons hier laat hoor, dat ook ons alledaagse werk godsdiens is. SKRIFLESING: Kolossense 3:18 4:1 TEKS: Kolossense 3:23 TEMA: God se kinders dien HÅm in hulle werk. Psalm 84 : 1, 6 Psalm 139 : 1, 5 Psalm 104 : 8, 9, 14 Skrifberyming 45 (18-7) : 1, 10 2 Vir die meeste

Nadere informatie

SKRIFLESING: Lukas 15: TEKS: Lukas 15:19, 24 TEMA: Psalm 100 : 1, 3, 4. Psalm 32 : 3. Psalm 103 : 6. Skrifberyming 19 (2-1) : 6, 7

SKRIFLESING: Lukas 15: TEKS: Lukas 15:19, 24 TEMA: Psalm 100 : 1, 3, 4. Psalm 32 : 3. Psalm 103 : 6. Skrifberyming 19 (2-1) : 6, 7 SKRIFLESING: Lukas 15:11-32 TEKS: Lukas 15:19, 24 TEMA: Psalm 100 : 1, 3, 4 Psalm 32 : 3 Psalm 103 : 6 Skrifberyming 19 (2-1) : 6, 7 Skrifberyming 78 (13-3) 2 Hierdie gelykenis is nie verniet al die pêrel

Nadere informatie

Die Here gee ons ná die tydelike die blywende.

Die Here gee ons ná die tydelike die blywende. SKRIFLESING: 2 Korintiërs 4:16 5:10 TEKS: 2 Korintiërs 5:1 TEMA: Die Here gee ons ná die tydelike die blywende. Psalm 90 : 1, 2 Psalm 102 : 11, 12 Psalm 84 : 1 Skrifberyming 78 (13-3) Ook: Skrifberyming

Nadere informatie

Toe God alles gemaak het

Toe God alles gemaak het Bybel vir Kinders bied aan Toe God alles gemaak het Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Byron Unger; Lazarus Aangepas deur: Bob Davies; Tammy S. Vertaal deur: Hannelie Niemandt Vervaardig deur:

Nadere informatie

SKRIFLESING: Matteus 20:1-16. TEKS: Matteus 20:15b. Die Here is goed. Skriberyming 72 (12-3) : 1, 2. Psalm 121 : 2, 3 (na gebed) Psalm 107 : 1, 15

SKRIFLESING: Matteus 20:1-16. TEKS: Matteus 20:15b. Die Here is goed. Skriberyming 72 (12-3) : 1, 2. Psalm 121 : 2, 3 (na gebed) Psalm 107 : 1, 15 SKRIFLESING: Matteus 20:1-16 TEKS: Matteus 20:15b TEMA: Die Here is goed Skriberyming 72 (12-3) : 1, 2 Psalm 121 : 2, 3 (na gebed) Psalm 107 : 1, 15 Vgl gedig van Totius (Versamelde Werke deel 10 bl 242)

Nadere informatie

Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak.

Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak. Vals beeld van God: Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak. Ware beeld van God: God se beloftes word vervul in Jesus. Ons kan

Nadere informatie

Die Here gee Sy seën waar ouers en kinders Hom gehoorsaam.

Die Here gee Sy seën waar ouers en kinders Hom gehoorsaam. SKRIFLESING: Efesiërs 6:1-4 TEKS: Efesiërs 6:1-4 HK 39 TEMA: Die Here gee Sy seën waar ouers en kinders Hom gehoorsaam. Psalm 103 : 1 Psalm 25 : 3 Skrifberyming 26 (9-1) : 1, 7 Psalm 103 : 9 1 Ons wil

Nadere informatie

1 KORINTIËRS 10:31. Ook: Pss 8, 19 Ps 96 : 3, 4 Sb 2-5 (35) : 3

1 KORINTIËRS 10:31. Ook: Pss 8, 19 Ps 96 : 3, 4 Sb 2-5 (35) : 3 1 KORINTIËRS 10:31 Votum en seën Psalm 92 : 1, 2 [Tweede melodie P van den Burg] Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Skrifberyming 15-1 (75) : 2, 4 Gebed Psalm 90 : 1, 9

Nadere informatie

PSALM 127:3-5. Votum en seën. Psalm 146 : 1, 6. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983) Psalm 90 : 4.

PSALM 127:3-5. Votum en seën. Psalm 146 : 1, 6. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983) Psalm 90 : 4. PSALM 127:3-5 Votum en seën Psalm 146 : 1, 6 Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983) Psalm 90 : 4 Doopformulier Psalm 146 : 8 (na doop) Skriflesing: Psalm 127 (AV 1983) Teks: Psalm

Nadere informatie

n Kind, Jesus, word gebore en word groot (2)

n Kind, Jesus, word gebore en word groot (2) n Kind, Jesus, word gebore en word groot (2) n Kind, Jesus, word gebore en word groot (2) Jan van der Watt DEEL 2[1] DIE VERHALE VAN MATTEUS EN LUKAS Die verhaal van Jesus se geboorte (die kersverhaal)

Nadere informatie

Toe God alles gemaak het

Toe God alles gemaak het Bybel vir Kinders bied aan Toe God alles gemaak het Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Byron Unger; Lazarus Aangepas deur: Bob Davies; Tammy S. Vertaal deur: Hannelie Niemandt Vervaardig deur:

Nadere informatie

MATTEUS 27:46. Votum en seën. Skrifberyming 5-3 (8) : 2. Gebed. Skriflesing: Matteus 27:32-50 (AV 1933/53) Teks: Matteus 27:46 (AV 1933/53)

MATTEUS 27:46. Votum en seën. Skrifberyming 5-3 (8) : 2. Gebed. Skriflesing: Matteus 27:32-50 (AV 1933/53) Teks: Matteus 27:46 (AV 1933/53) MATTEUS 27:46 Votum en seën Skrifberyming 5-3 (8) : 2 Gebed Skriflesing: Matteus 27:32-50 (AV 1933/53) Teks: Matteus 27:46 (AV 1933/53) Psalm 22 : 1 Preek: Jesus is deur God verlaat, sodat dit nooit met

Nadere informatie

TEKS: Matteus 28:11-15 HK 17. Jesus se opstanding, wat regtig gebeur het, gee moed en hoop.

TEKS: Matteus 28:11-15 HK 17. Jesus se opstanding, wat regtig gebeur het, gee moed en hoop. SKRIFLESING: Matteus 27:62 28:15 TEKS: Matteus 28:11-15 HK 17 TEMA: Jesus se opstanding, wat regtig gebeur het, gee moed en hoop. Psalm 118 : 12 Psalm 37 : 17, 18 Psalm 16 : 5 Psalm 71 : 1, 2 1 Daar word

Nadere informatie

TEKS: Handelinge 2:39 HK 27:74. Die Here se belofte geld ook vir die kinders van gelowiges

TEKS: Handelinge 2:39 HK 27:74. Die Here se belofte geld ook vir die kinders van gelowiges SKRIFLESING: Handelinge 2:37-47 TEKS: Handelinge 2:39 HK 27:74 TEMA: Die Here se belofte geld ook vir die kinders van gelowiges Psalm 90 : 1 Skrifberyming 15 (16-1) : 1, 2, 3 Psalm 90 : 9 1 Dit gebeur

Nadere informatie

Dankoffersondag met Nagmaal 4 November

Dankoffersondag met Nagmaal 4 November Dankoffersondag met Nagmaal 4 November Ek begin diens met afkondigings, votum, seëngroet Votum: Ons het ondervind dat die Here goed is. Kom na Hom toe, die lewende steen, wat deur die mense afgekeur is,

Nadere informatie

Die gebruik van 'n persoonlike joernaal of dagboek

Die gebruik van 'n persoonlike joernaal of dagboek Die gebruik van 'n persoonlike joernaal of dagboek Uit Doelgerigte Gebed deur Bennie Mostert, CUM uitgewers Opdrag: Maak 'n keuse om in hierdie week wat kom minstens 5 dae te neem om 15-30 minute per dag

Nadere informatie

SKRIFLESING: Johannes 3:1-21. TEKS: Johannes 3:16. Psalm 149 : 1, 2. Psalm 25 : 3. Psalm 103 : 6 (na doop) Skrifberyming 33 (2-4) : 1

SKRIFLESING: Johannes 3:1-21. TEKS: Johannes 3:16. Psalm 149 : 1, 2. Psalm 25 : 3. Psalm 103 : 6 (na doop) Skrifberyming 33 (2-4) : 1 SKRIFLESING: Johannes 3:1-21 TEKS: Johannes 3:16 INHOUD: Die liefde van God Psalm 149 : 1, 2 Psalm 25 : 3 Psalm 103 : 6 (na doop) Skrifberyming 33 (2-4) : 1 2 As ons sou weet dat die wêreld hierdie week

Nadere informatie

12. Ek glo in die Heilige Gees Johannes 16:5-7, 12-15

12. Ek glo in die Heilige Gees Johannes 16:5-7, 12-15 1 12. Ek glo in die Heilige Gees Johannes 16:5-7, 12-15 Tema Jesus het die Heilige Gees gestuur om ons te help. Agtergrond en interpretasie Hierdie ontmoeting sluit by die voriges aan. Een artikel van

Nadere informatie

MATTEUS 10:16. Votum en seën. Psalm 89 : 1. Gebed. Skriflesing: Matteus 10:5-20 (AV 1983/91) Teks: Matteus 10:16 (AV 1983/91) Psalm 67 : 2

MATTEUS 10:16. Votum en seën. Psalm 89 : 1. Gebed. Skriflesing: Matteus 10:5-20 (AV 1983/91) Teks: Matteus 10:16 (AV 1983/91) Psalm 67 : 2 MATTEUS 10:16 Votum en seën Psalm 89 : 1 Gebed Skriflesing: Matteus 10:5-20 (AV 1983/91) Teks: Matteus 10:16 (AV 1983/91) Psalm 67 : 2 Preek: Christus se kerk moet versigtig en opreg werk Gebed Kollekte

Nadere informatie

LYDING. SKRIFLESING: Johannes 19: TEKS: Johannes 19: Jesus Christus word arm en naak en oorwonne vir ons. Psalm 68 : 9.

LYDING. SKRIFLESING: Johannes 19: TEKS: Johannes 19: Jesus Christus word arm en naak en oorwonne vir ons. Psalm 68 : 9. LYDING SKRIFLESING: Johannes 19:17-37 TEKS: Johannes 19:23-24 TEMA: Jesus Christus word arm en naak en oorwonne vir ons. Psalm 68 : 9 Psalm 32 : 1 Psalm 71 : 4 (na doop) Skrifberyming 44 (15-8) : 2, 5

Nadere informatie

eboeke word ontwikkel en gratis verskaf deur die

eboeke word ontwikkel en gratis verskaf deur die Ons praat baie van dinge wat in verhouding tot mekaar is, sonder om dit regtig agter te kom! As jy byvoorbeeld sê dat jy twee van die ses stukke van n pizza geëet het, het jy n verhouding beskryf: Die

Nadere informatie

Goeie Konings, Slegte Konings

Goeie Konings, Slegte Konings Bybel vir Kinders bied aan Goeie Konings, Slegte Konings Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Lazarus Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

toegewy aan God ross os s v an v nieker i k

toegewy aan God ross os s v an v nieker i k toegewy aan God ross van niekerk goddelike nageslag hoe verseker ons dit? 1. modelleer. 2. liefde. 3. instruksie. 4. dissipline. 5. meedeling. psalm 127:3 Kyk, kinders is n erfdeel van die HERE; die vrug

Nadere informatie

TEKS: Matteus 27 : HK 15. Jesus Christus se kruisdood is onmisbaar.

TEKS: Matteus 27 : HK 15. Jesus Christus se kruisdood is onmisbaar. SKRIFLESING: Matteus 27 : 32-56 TEKS: Matteus 27 : 39-44 HK 15 TEMA: Jesus Christus se kruisdood is onmisbaar. Psalm 45 : 1, 5, 16 Psalm 130 : 1,2 Psalm 69 : 1, 4 Skrifberyming 16 (11-3) : 8, 9, 10 Skrifberyming

Nadere informatie

Bybel vir Kinders. bied aan. Joshua neem Beheer

Bybel vir Kinders. bied aan. Joshua neem Beheer Bybel vir Kinders bied aan Joshua neem Beheer Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

KOLOSSENSE 3:17 HK Sondag 36

KOLOSSENSE 3:17 HK Sondag 36 KOLOSSENSE 3:17 HK Sondag 36 Votum en seën Psalm 20 : 1, 2, 7 Gebed Skriflesing: Kolossense 3:1-17 (AV 1983) Belydenis: HK 36:99 Teks: Kolossense 3:17 (AV 1983) Psalm 118 : 5 Preek: God se kinders eer

Nadere informatie

Pretoria- 27 Mei 2012 (Nagmaal)

Pretoria- 27 Mei 2012 (Nagmaal) 1 Skriflesing: Handelinge 2:12-36 Teks: Handelinge 2:25-31 Sing- Ps. 31:1,4; Ps. 32:4; Ps. 16: 1,5; Ps. 23:3; Ps. 116 Ps. 66:7 Broeder en suster- Watter voorreg ontvang ons vanoggend om in die tyd wat

Nadere informatie

Simson, God se sterk Man

Simson, God se sterk Man Bybel vir Kinders bied aan Simson, God se sterk Man Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Lyn Doerksen Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

Matteus se Judas en die koninkryk

Matteus se Judas en die koninkryk Cobus van Wyngaard http://mycontemplations.wordpress.com http://anderkant.wordpress.com www.twitter.com/cobusvw www.facebook.com/cobus 31 Maart 2009 Familiekerk NG Kameeldrif Matteus se Judas en die koninkryk

Nadere informatie

In nood kan ons God as Vader aanroep.

In nood kan ons God as Vader aanroep. SKRIFLESING: Jesaja 63:7 64:12 TEKS: Jesaja 63:16 en 64:8 HK 9 TEMA: In nood kan ons God as Vader aanroep. Psalm 33 : 1 Skrifberyming 17 (17-1) : 5, 6 Psalm 103 : 7 Psalm 33 : 11 Ook: Ps 104 Sb 33 2 Na

Nadere informatie

Jesus lewe! Kruisiging en opstanding. Teks: Mat 21:1-11 en Joh 3:16

Jesus lewe! Kruisiging en opstanding. Teks: Mat 21:1-11 en Joh 3:16 Jesus lewe! Kruisiging en opstanding Teks: Mat 21:1-11 en Joh 3:16 Hulpmiddels: 3 stelle van 3 bordjies wat elkeen n gesigsuitdrukking het: n bly gesiggie, n hartseer gesiggie en n bang gesiggie 2 Handskoenpoppe

Nadere informatie

23. Reëls vir die pad die padgebruikers

23. Reëls vir die pad die padgebruikers 23. Reëls vir die pad die padgebruikers Oorhoofse tema Die Here is saam met ons op pad. As die Padmaker het Hy vir ons tien padreëls of lewensreëls gegee sodat ons elke dag daarvolgens kan leef. Die eerste

Nadere informatie

SKRIFLESING: Jesaja 55. TEKS: Jesaja 55: Die Here se Woord werk. Skrifberyming 34 (2-2) : 1. Psalm 19 : 4. Psalm 33 : 5.

SKRIFLESING: Jesaja 55. TEKS: Jesaja 55: Die Here se Woord werk. Skrifberyming 34 (2-2) : 1. Psalm 19 : 4. Psalm 33 : 5. SKRIFLESING: Jesaja 55 TEKS: Jesaja 55:10-11 TEMA: Die Here se Woord werk. Skrifberyming 34 (2-2) : 1 Psalm 19 : 4 Psalm 33 : 5 Psalm 89 : 6 Skrifberyming 78 (13-3) Ook: Ps 147 : 6, 7 Sb 34 (2-2) : 2 2

Nadere informatie

FAKTORE EN VEELVOUDE

FAKTORE EN VEELVOUDE FAKTORE EN VEELVOUDE Ons gaan nou na n paar stukkies teorie kyk in verband met Natuurlike- en Telgetalle. Voltooi: 3 X 1 = 3 X 2 = 3 X 3 = 3 X 4 = 3 X 5 = Ons sê dus dat 3, 6, 9, 12 en 15 VEELVOUDE is

Nadere informatie

Jnr. Kategese 22 Januarie 2017 Visvang vir Jesus! Matteus 4: 12-23

Jnr. Kategese 22 Januarie 2017 Visvang vir Jesus! Matteus 4: 12-23 Benodighede: Visse op karton afgerol en uitgeknip Skuifspelde Stok met tou en magneet Jnr. Kategese 22 Januarie 2017 Visvang vir Jesus! Matteus 4: 12-23 Wenke: Lees die VERLOOP hier onder deur en maak

Nadere informatie

DIE BRIEF AAN FILEMON

DIE BRIEF AAN FILEMON DIE BRIEF AAN FILEMON Inleiding Hierdie brief maak saam met die briewe aan die Efesiërs, Filippense en Kolossense die viertal geskrifte uit wat bekend staan as Paulus se gevangenskapsbriewe. By twee geleenthede

Nadere informatie

SKRIFLESING: Deuteronomium 30. TEKS: Deueronomium 30:6 HK 25. Die eintlike is die werk van God. Psalm 105 : 1, 5. Psalm 63 : 3

SKRIFLESING: Deuteronomium 30. TEKS: Deueronomium 30:6 HK 25. Die eintlike is die werk van God. Psalm 105 : 1, 5. Psalm 63 : 3 SKRIFLESING: Deuteronomium 30 TEKS: Deueronomium 30:6 HK 25 TEMA: Die eintlike is die werk van God Psalm 105 : 1, 5 Psalm 63 : 3 Skrifberyming 14 (8-1) : 1, 2 1 Het u al gedink aan die geweldige invloed

Nadere informatie

Matteus 25:1-13 Jesus roep sy kerk op om, in afwagting van sy koms, altyd gereed te wees.

Matteus 25:1-13 Jesus roep sy kerk op om, in afwagting van sy koms, altyd gereed te wees. Matteus 25:1-13 Jesus roep sy kerk op om, in afwagting van sy koms, altyd gereed te wees. Augustus 2015 Ps 75: 1, 2 - vooraf Ps 75: 4, 5, 6 - lofpsalm Ps 119: 11, 12 na wet Ps 95: 4 as antwoord op die

Nadere informatie

Preek Exodus 23:29-30

Preek Exodus 23:29-30 1 Preek Exodus 23:29-30 (Preek gelewer tydens oggenddiens in Welkom-Noord op Sondag 23 Oktober 2016) Voor die erediens Sing: Psalm 148-1:1,5 Sing: Lied 509:1,2 Sing: Lied 275:1,3,5 Afkondigings Stilte

Nadere informatie

KERSFEES. SKRIFLESING: Lukas 2:8-20. Lukas 2:15, 17, 20 [lees in preek weer] Die geboorte van Jesus dring tot geloofsaksie, getuienis en aanbidding.

KERSFEES. SKRIFLESING: Lukas 2:8-20. Lukas 2:15, 17, 20 [lees in preek weer] Die geboorte van Jesus dring tot geloofsaksie, getuienis en aanbidding. KERSFEES SKRIFLESING: Lukas 2:8-20 TEKS: TEMA: OPSKRIF: Lukas 2:15, 17, 20 [lees in preek weer] Die geboorte van Jesus dring tot geloofsaksie, getuienis en aanbidding. NÄ Kersfees wat dan? Psalm 145 :

Nadere informatie

Dien God uit liefde, nie vir voordeel nie.

Dien God uit liefde, nie vir voordeel nie. SKRIFLESING: Jeremia 44:15-30 TEKS: Jeremia 44:17-18 TEMA: Dien God uit liefde, nie vir voordeel nie. Psalm 84 : 1, 5 Psalm 4 : 3 Psalm 16 : 1, 2 Skrifberyming 74 (14-2) Skrifberyming 78 (13-3) Ook: Ps

Nadere informatie

Les 11 vir 10 Desember 2016

Les 11 vir 10 Desember 2016 Les 11 vir 10 Desember 2016 Gord dan soos n man jou heupe dan sal Ek jou ondervra, en onderrig jy My. (Job 38:3) God het in 'n onverwagse en skouspelagtige wyse opgedaag na Elíhu se toespraak. God het

Nadere informatie

God bly met u, waar u ook mag gaan. Mag sy Gees u lei en heilig en u altyddeur beveilig. God bly met u, waar u ook mag gaan

God bly met u, waar u ook mag gaan. Mag sy Gees u lei en heilig en u altyddeur beveilig. God bly met u, waar u ook mag gaan God bly met u, waar u ook mag gaan. Mag sy Gees u lei en heilig en u altyddeur beveilig. God bly met u, waar u ook mag gaan L 269:2 God bly met u, waar u ook mag gaan. Deur sy sterke hand behoed Hy, daagliks

Nadere informatie

IH Scholtz Preekmanuskrip: Mattheus 9:9-13 Mei 2016

IH Scholtz Preekmanuskrip: Mattheus 9:9-13 Mei 2016 Preektema: Jesus die vriend van sondaars! Skriflesing: Mattheus 9:9-13 Inleiding Ek het n vriend wat baie van motorfietse hou bikes. Hy het begin om saam met n groep te ry wat meestal nie Chritene was

Nadere informatie

Die Here roep ons op tot wáre bekering

Die Here roep ons op tot wáre bekering SKRIFLESING: Jeremia 3:6 4:4 TEKS: Jeremia 3:10 (AV 1933/53) TEMA: Die Here roep ons op tot wáre bekering Psalm 138 : 1 Psalm 135 : 3, 8 (Sy grootheid en Sy ontferming) Psalm 61 : 4 Skrifberyming 19 (2-1)

Nadere informatie

WAT BETEKEN GESLAGSGELYKHEID BINNE N VERHOUDING?

WAT BETEKEN GESLAGSGELYKHEID BINNE N VERHOUDING? WAT BETEKEN GESLAGSGELYKHEID BINNE N VERHOUDING? GESLAGSGELYKHEID ALLE PERSONE MOET GELYK WEES VOOR DIE WET Die Namibiese Grondwet, Artikel 10 Wil jy n plakkaat hê? Kinders uit ons jeuggroep het plakkate

Nadere informatie

Christus roep tot gebed vir die groot evangeliseringstaak

Christus roep tot gebed vir die groot evangeliseringstaak SKRIFLESING: Matteus 9:35 10:8 TEKS: Matteus 9:37-38 TEMA: Christus roep tot gebed vir die groot evangeliseringstaak Psalm 23 : 1, 2 Psalm 86 : 3 Psalm 86 : 4 Skrifberyming 18 (17-2) : 5, 6, 7 Skrifberyming

Nadere informatie

SKRIFLESING: Openbaring 1:1-8. TEKS: Openbaring 1:8. Die Here omvat alles altyd. Psalm 90 : 1, 2. Psalm 65 : 2, 4. Psalm 102 : 11

SKRIFLESING: Openbaring 1:1-8. TEKS: Openbaring 1:8. Die Here omvat alles altyd. Psalm 90 : 1, 2. Psalm 65 : 2, 4. Psalm 102 : 11 SKRIFLESING: Openbaring 1:1-8 TEKS: Openbaring 1:8 TEMA: Die Here omvat alles altyd. Psalm 90 : 1, 2 Psalm 65 : 2, 4 Psalm 102 : 11 Skrifberyming 10 (5-4 ) 5, 6 [Ook: Sb 7-2 : 1, 2 Sb 24 : 1, 7] 1 Die

Nadere informatie

2. Jesus eet saam met sondaars Markus 2:13-17

2. Jesus eet saam met sondaars Markus 2:13-17 2. Jesus eet saam met sondaars Markus 2:13-17 Tema Jesus, ons Onderwyser of Leermeester, laat ons saam drome droom om siek (sondige) mense by die Dokter uit te bring; om hulle in te trek tot in die binnekring

Nadere informatie

Meer Jesus Meer Liefde Meer Dissipels. Leierskap Strukture

Meer Jesus Meer Liefde Meer Dissipels. Leierskap Strukture Meer Jesus Meer Liefde Meer Dissipels Leierskap Strukture Woord van God, Woord van die lewe, Woord vir ewig vas en waar, Woord onfeilbaar en verhewe waarin God Hom openbaar! L 255:1 (vervolg) Woord betroubaar,

Nadere informatie

Om makliker saam te dink oor God se goedheid gaan ons weer `n paar handvatsels gee.

Om makliker saam te dink oor God se goedheid gaan ons weer `n paar handvatsels gee. 1 God se goedheid en Abraham 2.10.16 Lees Efesiërs 3:16-21 INLEIDING Ons is besig met `n reeks preke wat handel oor wie God is. Hoe langer ek hiermee besig is, hoe meer kom ek agter dat dit nogal voorbarig

Nadere informatie

SKRIFLESING: Prediker 8:9-17. TEKS: Prediker 8:11 HK 4. Mense dink verniet dat God nié straf nie. Psalm 92 : 1, 2. Psalm 94 : 4, 12.

SKRIFLESING: Prediker 8:9-17. TEKS: Prediker 8:11 HK 4. Mense dink verniet dat God nié straf nie. Psalm 92 : 1, 2. Psalm 94 : 4, 12. SKRIFLESING: Prediker 8:9-17 TEKS: Prediker 8:11 HK 4 TEMA: Mense dink verniet dat God nié straf nie. Psalm 92 : 1, 2 Psalm 94 : 4, 12 Psalm 92 : 3, 4 Ook: Ps 10 Ps 50 Ps 73 2 Dis ongelukkig n feit dat

Nadere informatie

Luister en praat. Kyk na die prent en gesels daaroor. 1. Beskryf wat jy in die prent sien. 2. Waaraan, dink jy, dink die seun?

Luister en praat. Kyk na die prent en gesels daaroor. 1. Beskryf wat jy in die prent sien. 2. Waaraan, dink jy, dink die seun? Luister en praat Naam: Kyk na die prent en gesels daaroor. 1. Beskryf wat jy in die prent sien. 2. Waaraan, dink jy, dink die seun? 3. Waaraan, dink jy, dink die kat? 4. Hoekom dink jy is daar ʼn slot aan

Nadere informatie

GESKENKE AAN N KONING N KERSLES

GESKENKE AAN N KONING N KERSLES GESKENKE AAN N KONING N KERSLES Doel: Om kinders te laat besef wat die ware betekenis van Kersfees is en om hulle te inspireer om geskenke aan die Koning te gee in die vorm van die vrug van die Gees. Skrifgedeeltes:

Nadere informatie

Jesus - Die Grootste Geskenk van Alle Tye - Reformation Society

Jesus - Die Grootste Geskenk van Alle Tye - Reformation Society "Jesus antwoord en sê vir haar: As jy die gawe van God geken het en geweet het wie Hy is wat vir jou sê: Gee vir My water om te drink, sou jy Hom gevra het en Hy sou vir jou lewende water gegee het." Johannes

Nadere informatie

Antonieme en sinonieme

Antonieme en sinonieme Antonieme en sinonieme Naam Oefening 1 1. Die motor is nie groot nie. smal 2. Die skaap is nie slim nie. buite 3. Die koffie is nie soet nie. naby 4. Die kind is nie soet nie. klein 5. Die straat is nie

Nadere informatie

Pretoria- 27 Mei 2012 (Nabetragting)

Pretoria- 27 Mei 2012 (Nabetragting) 1 Skriflesing: Psalm 16 Teks: Psalm 16:10-11a Sing- Ps. 68:15; Ps. 23:2; Ps. 2:4 Petrus preek op Pinkstersondag, Psalm 16 (vgl. Hand 2:25-31). Broeder en suster, watter aangrypende Psalm, waar Dawid as

Nadere informatie

Die Groot Geloofswoordeboek: Liefde

Die Groot Geloofswoordeboek: Liefde Die Groot Geloofswoordeboek: Liefde Die Groot Geloofswoordeboek: Liefde Liefde (*God) Liefde is een van die kernwoorde van die Bybel, maar miskien juis daarom een van die mees misbruikte woorde. In ons

Nadere informatie

Die Here se onbreekbare liefde dissiplineer en wen Sy volk

Die Here se onbreekbare liefde dissiplineer en wen Sy volk SKRIFLESING: Hosea 3 TEKS: Hosea 3:1 TEMA: INHOUD: Die Here se onbreekbare liefde dissiplineer en wen Sy volk Onbreekbare liefde Psalm 34 : 1, 2 Psalm 139 : 1, 12 Skrifberyming 14 (8-1) : 1 (na doop) Psalm

Nadere informatie

Tema: Leef jou geloof uit in n persoonlike verhouding met God.

Tema: Leef jou geloof uit in n persoonlike verhouding met God. 1 Tema: Leef jou geloof uit in n persoonlike verhouding met God. Vooraf sang Lied 334: 1,2,3,4 Lied 530: 1,2,3. Ontmoetingsdiens Intreelied Sb 3 4: 1,5 Votum Seën Lofsang Ps. 18 1: 1,20 Woorddiens Gebed

Nadere informatie

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Man van Vuur

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Man van Vuur Bybel vir Kinders bied aan Die Man van Vuur Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Lazarus Aangepas deur: E. Frischbutter Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

10. Ek is by julle Matteus 28:16-20

10. Ek is by julle Matteus 28:16-20 10. Ek is by julle Matteus 28:16-20 Tema Jesus verseker mense wat Hom aanbid, en selfs dié wat nog twyfel, dat Hy, die Almagtige, by hulle is wanneer hulle uitgaan om dissipels oor die hele wêreld heen

Nadere informatie

God bring Sy dienaar wat vlug, terug na Hom toe.

God bring Sy dienaar wat vlug, terug na Hom toe. SKRIFLESING: Jona 1 TEKS: Jona 1:12c TEMA: God bring Sy dienaar wat vlug, terug na Hom toe. Psalm 66 : 1 Psalm 139 : 2, 3 Psalm 66 : 2 1 n Mens kan nie vir God vlug nie. Jy kan probeer, maar jy gaan dit

Nadere informatie

SKRIFLESING: 2 Timoteus 3:1-9. TEKS: 2 Timoteus 3:1. Die Here gee lig op swaar tye. Psalm 98 : 2. Psalm 95 : 4, 6. Psalm 94 : 10.

SKRIFLESING: 2 Timoteus 3:1-9. TEKS: 2 Timoteus 3:1. Die Here gee lig op swaar tye. Psalm 98 : 2. Psalm 95 : 4, 6. Psalm 94 : 10. SKRIFLESING: 2 Timoteus 3:1-9 TEKS: 2 Timoteus 3:1 TEMA: INHOUD: Die Here gee lig op swaar tye. Swaar tye Psalm 98 : 2 Psalm 95 : 4, 6 Psalm 94 : 10 Psalm 98 : 3 2 As n mens sien dat n preek oor swaar

Nadere informatie

Die Wensknoop. Sanette Smit. Antoinette Smit. Storie deur: Geillustreer deur:

Die Wensknoop. Sanette Smit. Antoinette Smit. Storie deur: Geillustreer deur: Die Wensknoop Storie deur: Sanette Smit Geillustreer deur: Antoinette Smit Die wensknoop: Deur Sanette Smit Met Illustrasies deur Antoinette Smit Die tienjarige Petrus stap stadig huis toe. Sy donker hare

Nadere informatie

Gemeenskap. Wat is n gemeenskap? n Gemeenskap het n hoof/hoof?

Gemeenskap. Wat is n gemeenskap? n Gemeenskap het n hoof/hoof? Gemeenskap Wat is n gemeenskap? Die woord gemeenskap dui n intieme verband tussen mense aan. Mense wat deel aan iets, maar dit wat hulle deel is baie besonders. Uit die Grieks is die woord vir gemeenskap

Nadere informatie

2 KONINGS 6:20. Votum en seën. Psalm 104 : 1, 20. Gebed. Skriflesing: 2 Konings 6:8-23 (AV 1983) Teks: 2 Konings 6:20 (AV 1983) Psalm 46 : 1

2 KONINGS 6:20. Votum en seën. Psalm 104 : 1, 20. Gebed. Skriflesing: 2 Konings 6:8-23 (AV 1983) Teks: 2 Konings 6:20 (AV 1983) Psalm 46 : 1 2 KONINGS 6:20 Votum en seën Psalm 104 : 1, 20 Gebed Skriflesing: 2 Konings 6:8-23 (AV 1983) Teks: 2 Konings 6:20 (AV 1983) Psalm 46 : 1 Preek: Die Here wys Sy vyande Sy mag en liefde Gebed Kollekte Psalm

Nadere informatie

Skriflesing: 1 Johannes 4:1-5:13 Teks: 1 Johannes 4:2-4; 9; 18-20; 5:12 Sing- Ps 65:2,3; Ps. 73:1,10; Ps. 66:7,9

Skriflesing: 1 Johannes 4:1-5:13 Teks: 1 Johannes 4:2-4; 9; 18-20; 5:12 Sing- Ps 65:2,3; Ps. 73:1,10; Ps. 66:7,9 1 Skriflesing: 1 Johannes 4:1-5:13 Teks: 1 Johannes 4:2-4; 9; 18-20; 5:12 Sing- Ps 65:2,3; Ps. 73:1,10; Ps. 66:7,9 1 Johannes 4:1-5:12 1Jn 4:1 Geliefdes, glo nie elke gees nie, maar stel die geeste op

Nadere informatie

Preek, Ds Freddie Schoeman. Sondag 27 Februarie 2011

Preek, Ds Freddie Schoeman. Sondag 27 Februarie 2011 Preek, Ds Freddie Schoeman Sondag 27 Februarie 2011 [Skyfie 1] Op ons almanak staan daar dat ons vandag spesiaal aandag gee aan n organisasie met die naam Bibles for Believers wat Bybels gratis vesprei

Nadere informatie

Die Onse Vader - aanroeping Ons Vader wat in die hemel is

Die Onse Vader - aanroeping Ons Vader wat in die hemel is Die Onse Vader - aanroeping Ons Vader wat in die hemel is Teks: Matt 6:5-14; Heidelbergse Kategismus, Sondag 46 Fokus: Matt 6:9, Heidelbergse Kategismus, Sondag 46 TEMA: Ons intieme, verhewe Vader. Liturgie

Nadere informatie

Sakkie Parsons E-Pos Bediening

Sakkie Parsons E-Pos Bediening Sakkie Parsons E-Pos Bediening E-pos: sparsons@absamail.co.za Webtuiste: www.sakkieparsons.co.za Sel: 082-568 2704/Tel: 012 543 3669 Tekens Is Vir Die Gelowige en Nie Vir Die Ongelowige Nie Ek wil graag

Nadere informatie