KERSFEES. SKRIFLESING: Lukas 2:8-20. Lukas 2:15, 17, 20 [lees in preek weer] Die geboorte van Jesus dring tot geloofsaksie, getuienis en aanbidding.

Maat: px
Weergave met pagina beginnen:

Download "KERSFEES. SKRIFLESING: Lukas 2:8-20. Lukas 2:15, 17, 20 [lees in preek weer] Die geboorte van Jesus dring tot geloofsaksie, getuienis en aanbidding."

Transcriptie

1 KERSFEES SKRIFLESING: Lukas 2:8-20 TEKS: TEMA: OPSKRIF: Lukas 2:15, 17, 20 [lees in preek weer] Die geboorte van Jesus dring tot geloofsaksie, getuienis en aanbidding. NÄ Kersfees wat dan? Psalm 145 : 1, 2, 4 Psalm 145 : 10, 11 Skrifberyming 4 (4-4) : 1, 2, 3 Skrifberyming 4 (4-4) : 6, 7 [Ook: Ps 98 : 2, 3 Sb 24 : 6] 1

2 Wat gebeur nou nä hierdie erediens en nä vandag met die boodskap wat u in hierdie dae weer van oraloor gehoor het die boodskap van die geboorte van ons Here Jesus Christus? Is hierdie boodskap iets wat vir ons mooi was hierdie rukkie van die jaar, maar hierna gaan die lewe nou maar weer aan soos altyd, totdat ons volgende jaar weer by die Kerstyd kom? NÄ Kersfees wat dan? Dis n vraag wat hierdie beskrywing van die herders se reaksie op hierdie boodskap by ons wakkermaak: nä Kersfees wat dan? Kom ons kyk na wat die Heilige Gees ons hier van die herders laat lees: hoe die boodskap hulle gedring het tot geloofsaksie en tot getuienis en tot aanbidding. 1. GEDRING TOT GELOOFSAKSIE (vers 15) Dit was n verstommende boodskap wat die herders daardie nag by die engel en by die engele gehoor het. U moet dit nou goed verstaan: herders was destyds nie gerekende mense nie: - hulle was definitief nie soos die FariseÑrs en die SadduseÑrs en die Skrifgeleerdes voorlopers in die kerklike lewe van destyds nie; - hulle was ook nie gesiene mense in die samelewing nie; hulle t maar n eenvoudige beroep beoefen: om skape te laat wei en op te pas; - uit opmerkings van destyds is dit duidelik dat herders oor die algemeen in die samelewing van destyds nie n goeie reputasie gehad nie; - en hulle ou leefwöreldjie was maar klein; hulle lewe was maar n gestoei om liggaam en siel aanmekaar te hou. En hier word hülle gekies om n boodskap direk uit die hemel te hoor! En wat n boodskap! - dat hulle Verlosser gebore is, die Christus, die Messias, die Een wat God vir Sy volk belowe het en op Wie hierdie volk so angstig gewag het, Een wat Here is, hulle God self! 1 1 vers 11 2

3 - en Hy s nie net vir hulle as herders gebore nie, maar vir die hele volk en hulle, die geringstes onder die volk, mag dit eerste hoor! - en asof dit nog nie genoeg is nie, hoor hulle by die menigte engele dat hierdie gebeurtenis tot in die hoogste hemele weerklank vind en oor die hele aarde vrede gaan bring! n Verstommende boodskap wat hierdie klompie eenvoudige skaapwagters hoor. En wat doen hierdie boodskap met hulle? Dit dring hulle tot geloofsaksie: hulle gaan kyk na hierdie Kindjie wat gebore is soos die engel aan die hand gedoen het toe hy vir hulle gesö het dat n kindjie wat in doeke toegedraai is en in n krip lö, vir hulle n teken sal wees. Dis geloofsaksie, want hierdie herders glo wat hulle gehoor het: - hier s nie die geringste sweem van twyfel of onsekerheid by hulle nie; - hulle verstaan dit dadelik as woorde van die Here af kom (v. 15), en dat die engel maar net n boodskap-oordraer was; - hulle het dan ook nie gaan kyk of dit is soos die engel gesö het nie, maar hulle het gegaan het om dit wat gebeur het, te sien. Al is hierdie boodskap wat hulle daardie aand gehoor het, oneindig groter en hoñr as hulle normale leefwöreldjie en ervaringswöreldjie, glo hulle dit onvoorwaardelik. En dit maak dat hulle dadelik (beklemtoon in Grieks) mekaar tot aksie aanspoor en gään waar die Here hulle op daardie aand wil laat gaan. Die boodskap van die geboorte van Jesus dring hulle tot onvoorwaardelike geloof en geloofsaksie. 2. GEDRING TOT GETUIENIS (vers 17) As die herders daar in Betlehem vir Maria en Josef en die Kindjie kry, dan praat hierdie herders oor hierdie Kindjie; dan vertel hulle vir almal wat vir hulle gesö is oor hierdie Kindjie. Let wel, hulle vertel nie net vir Maria en Josef wat hulle by die engel en engele gehoor het nie (soos die AV 1983 dit laat klink), maar vir baie mense soos wat duidelik uit vers 18 afgelei kan word. n Mens kan dit goed verstaan ook: - waar jou hart van vol is, loop jou mond mos van oor! 3

4 - dit wat hulle gehoor en beleef het, was so geweldig groots, dat hulle dit sekerlik vir elkeen wat hulle in die hande kon kry, vertel het! Let op: - hulle t nie vir teologiese opleiding gegaan om voltydse predikante of sendelinge te word nie; - hulle t ook nie eers lesse gekry oor hoe hulle alles presies op die beste manier moet formuleer nie; - maar hulle t met hulle eie woordeskat en elkeen met sy manier van praat, met mense gepraat. Dit was tog ook nie so moeilik nie, want hulle t nie gepraat oor wat hulle persoonlik ervaar het en gefilosofeer oor wat dit alles nou in kerk en wöreld tot gevolg gaan hö nie. Hulle het (staan hier in vers 17) gepraat oor die Kindjie en net oorvertel wat vir hülle oor Hom gesö is. DÄÄrvoor hoef jy nie n teoloog of n welsprekende redenaar of n ekstrovert 2 te wees nie Wat hulle gehoor en gesien het, het hulle gedring tot n getuienis het hulle laat praat 3. GEDRING TOT AANBIDDING (vers 20) Het u gehoor dat die herders direk hierna terug is na hulle herderslewe toe? Hulle aardse roeping het nie na hulle ontmoeting met die Kindjie nou skielik opgehou nie: - die skape moes nog steeds opgepas word; - hulle moes nog steeds werk, nagskof ook, om kos en klere vir hulleself en vir hulle afhanklikes te voorsien. Maar daar iets in hulle lewe bygekom, of as dit reeds daar was, het dit nou baie meer en baie dieper en baie intenser geraak: - aanbidding; - hulle het God geloof en geprys oor alles wat hulle gehoor en gesien het en wat was presies net soos dit vir hulle gesö is. Die woorde wat hier met loof en prys vertaal is, is woorde wat beteken: 2 Introverte praat moeilik oor hulleself, maar behoort n boodskap relatief maklik aan n derde persoon oor te dra. 4

5 - jy gee aan Gâd erkenning vir dit wat gebeur het; - jy wys met jou lied of met jou gebed na Hom toe: dis Hy wat dit gedoen het! - jy sö mooi en goeie dinge oor Hom; - jy praat so dat ander wat jou hoor, al hoe meer van Hâm dink; - jy verhoog Sy aansien met jou woorde; - jy eer Hom. Is die Bybel nie n wonderlike boek nie! En is die Here se werke nie wonderlike werke nie! - ons weet tog uit die Bybel dat die finale en hoogste doel van alles wat God doen, dät is dat Hy geñer sal word; - en hier waar Hy Sy Seun vir wie wöreld gee, loop dit by die eerste mense wat daarvan hoor daarop uit, dat Hy geloof en geprys word; - presies dit wat volgens God se bedoeling behoort te gebeur, gebeur! Die boodskap wat hierdie herders gehoor het en gesien het, dring hulle nie net tot geloof en geloofsaksie en tot getuienis toe nie, maar ook tot aanbidding: - tot n gees wat daarvan deurdrenk is en tot n mond wat maniere kry om dit te laat hoor, dat God geñer moet word vir dit wat gebeur het. Julle klein outjies broertjies en sustertjies, toe die engel vir hierdie herders wat hulle skape opgepas het, kom så het dat Jesus, hulle Verlosser gebore is, toe t hulle drie dinge gedoen: - hulle het dit geglo; hulle t geså: ons weet dis die waarheid; - en hulle vir ander mense ook hierdie wonderlike nuus vertel; - en hulle t vir God baie, baie, baie dankie geså omdat Hy Jesus vir ons gegee het. As jy hoor dat Jesus wat gebore is, ons Verlosser is, moet jy dit ook glo. En as jy groter word, moet jy dit vir ander mense ook vertel. En jy moet ook vir God baie dankie så dat Hy Jesus vir jéñ ook gegee het TOEPASSING Waarom is hierdie reaksie van die herders op die boodskap van die engele vir ons opgeteken in die Woord van God? Onder andere om vir ons te wys wat häãrdie werk van God aan mense doen. 5

6 Om vir ons te wys dat waar die boodskap (dat vir ons die Verlosser, Christus die Here, gebore is) gehoor word, die Heilige Gees mense daarmee tot geloof en geloofaksie en tot getuienis en tot aanbidding dring. Besef u hoe nodig juis hierdie drie dinge in ons tyd is? Geloof. Praat maar net oor geloof. Die aksie kom vanself uit n ware geloof. Hoe nodig het ons wöreld nie geloof nie. In ons wöreld selfs in die Christelike wöreld is daar so baie bedenkinge en twyfels en vraagtekens en redenasies soos wat jy destyds by die FariseÑrs en SadduseÑrs en Skrifgeleerdes gekry het. En daar is so n tekort aan onvoorwaardelike geloofsaanvaarding van die soort wat hierdie herders gewys het; aan mense wat die boodskap dat Jesus van Nasaret, wie se geboorte ons vandag vier, die Verlosser en die Christus en die Here van die wöreld is, onvoorwaardelik glo, en wat dadelik gaan om vir die eerste keer of opnuut by Hom vergewing van sondes en vrede met God en n nuwe koers op aarde en die ewige lewe hierna te kry. Getuienis. Hoe nodig het ons wöreld dät nie! - mense met vol harte wat sommer spontaan oor Jesus Christus praat; - mense wat nie as opgeleide predikante of met slim teologiese terme nie, maar sommer op hulle eie manier vir ander vertel wat hulle in die Bybel oor Jesus gelees het; - mense wat met die liefde van Christus in hulle harte vir heidene en vir ateåste en vir Moslems en vir Jode en vir afgedwaalde Christene vertel en skryf en e- pos wat dit beteken dat Jesus die Verlosser is, en Christus die Here Hoe kan ons niã praat nie? - as herders van destyds, wat nog maar net van die geboorte van die Verlosser gehoor het, nie kon stilbly daaroor nie, hoe kan ons, wat nie net van die Kindjie in die krip weet nie, maar ook van die Man van smarte aan die kruis vir ons, en van die Lewende wat uit dood en graf opgestaan het hoe kan âns dan nie präät hieroor nie! 6

7 Aanbidding. Hoe nodig het ons wöreld dit nie ook nie. Daar is selfs by baie Christene soveel worsteling met God, soveel trane en klagtes, en so min opgewondenheid en blydskap en verwondering en aanbidding gebede wat God vereer en liedere waarmee ons sommer daar by die huis of in die veld of agter die stuurwiel Sy Naam grootmaak! Daar äs tye wanneer trane en klagtes voor die Here n plek het. Maar daar is ook tye en wanneer is dit nie so n tyd nie! wat dit gepas is om Hom te loof en te prys en te vereer En hierdie dinge wat in ons tyd so nodig is, is die dinge (so leer ons hier in die Bybel) wat nä hierdie erediens en nä vandag behoort te gebeur en wat dwarsdeur die jaar behoort te bly gebeur: o o o Dat mense soos ons, wat die boodskap van Jesus se geboorte gehoor het, vir die wöreld toonbeelde moet wees van mense wat dit onvoorwaardelik glo dat hierdie Een wat gebore is, ons Verlosser en die Christus en ons Here is, en dat ons dit met ons ons lewensaksies sommer van nâü af as ons hier uitstap sal wys ook! Dat ons mense sal wees wat regtig gaan praat - nie oor my of oor die kerk nie; - maar oor die Kind wat gebore is: oor wat die Woord ons van Hom vertel En dat ons, wanneer ons teruggaan na ons daaglikse roepings toe nadat ons nou weer hierdie booskap gehoor het sal gaan met n gees wat baie meer van God se grootheid en hoogheid verstaan en met n mond wat baie meer daarvan wil bid en sing. NÄ Kersfees wat dan? Dan geloof. Dan getuienis. Dan aanbidding. Dis mos waartoe häãrdie boodskap mense dring 7 AMEN

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3.

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3. SKRIFLESING: Johannes 8 :12-20 TEKS: Johannes 8:12 TEMA: Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe Psalm 150 : 1, 2, 3 Psalm 43 : 3, 4 Skrifberyming 3 (4-7) : 1, 2 Skrifberyming 9 (18-1) : 1, 6 [Ook: Ps

Nadere informatie

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra SKRIFLESING: Romeine 12:1-8 TEKS: Romeine 12:1-2 HK 49 TEMA: Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra Psalm 103 : 10, 11 Skrifberyming 28 (10-1) : 1, 2 Psalm 119 : 11 Skrifberyming 78 (13-3)

Nadere informatie

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL Votum en seën Psalm 118 : 2 Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1933/53) Psalm 4 : 3 Gebed Skriflesing: Johannes 19:17-27 (AV 1933/53) Teks: Johannes 19:26-27

Nadere informatie

Jesus Christus se opstanding maak ons lewens sinvol

Jesus Christus se opstanding maak ons lewens sinvol SKRIFLESING: 1 Korintiërs 15:1-20 TEKS: 1 Korintiërs 15:20a TEMA: Jesus Christus se opstanding maak ons lewens sinvol Psalm 33 : 2 Psalm 33 : 11 Skrifberyming 10 (5-4) : 1, 2 Ook: Sb 27 : 1, 3 1 Weet u

Nadere informatie

Jesaja sien die Toekoms

Jesaja sien die Toekoms Bybel vir Kinders bied aan Jesaja sien die Toekoms Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Jonathan Hay Aangepas deur: Mary-Anne S. Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

DIE VLEUELS VAN GEBED (9) DIE VLEUELS VAN GEBED (9) DIE VLEUELS VAN GEBED (9) Jan van der Watt Dankie Here! Dankie sê is om jou skuld te betaal. In die tyd van die Bybel was dankie sê iets anders as vandag. Vandag is dankie n woord

Nadere informatie

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun Bybel vir Kinders bied aan Die Verlore Seun Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Lazarus Aangepas deur: Ruth Klassen; Sarah S. Vertaal deur: Yvette Brits Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak.

Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak. Vals beeld van God: Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak. Ware beeld van God: God se beloftes word vervul in Jesus. Ons kan

Nadere informatie

PSALM 90:2 NGB 1. Votum en seën. Psalm 90 : 1. Gebed. Skriflesing: Psalm 90 (AV 1933/53) Belydenis: NGB 1. Teks: Psalm 90:2 (AV 1933/53)

PSALM 90:2 NGB 1. Votum en seën. Psalm 90 : 1. Gebed. Skriflesing: Psalm 90 (AV 1933/53) Belydenis: NGB 1. Teks: Psalm 90:2 (AV 1933/53) PSALM 90:2 NGB 1 Votum en seën Psalm 90 : 1 Gebed Skriflesing: Psalm 90 (AV 1933/53) Belydenis: NGB 1 Teks: Psalm 90:2 (AV 1933/53) Psalm 102 : 5, 11 Preek: God bestaan [nog] [altyd] Gebed Kollekte Skrifberyming

Nadere informatie

Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek

Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek SKRIFLESING: 1 Johannes 2:28 3:10 TEKS: 1 Johannes 3:8b TEMA: Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek Psalm 45 : 1, 3, 5, 6 Psalm 79: 5, 6 Skrifberyming 33 (2-4) : 1, 2 Skrifberyming

Nadere informatie

Soos n wildsbok wat smag na water Smag my siel na u o Heer U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer SOOS N WILDSBOK

Soos n wildsbok wat smag na water Smag my siel na u o Heer U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer SOOS N WILDSBOK Soos n wildsbok wat smag na water Smag my siel na u o Heer U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer SOOS N WILDSBOK U alleen is my krag en skild Aan U alleen wy ek nou myself U alleen is

Nadere informatie

n Kind, Jesus, word gebore en word groot (2)

n Kind, Jesus, word gebore en word groot (2) n Kind, Jesus, word gebore en word groot (2) n Kind, Jesus, word gebore en word groot (2) Jan van der Watt DEEL 2[1] DIE VERHALE VAN MATTEUS EN LUKAS Die verhaal van Jesus se geboorte (die kersverhaal)

Nadere informatie

Heilig, heilig, heilig, heilig is die Heer. Eng'le in die hemel buig hul voor Hom neer. Here, hoor my bede, hoor my as ek sing, en aan U, my Vader,

Heilig, heilig, heilig, heilig is die Heer. Eng'le in die hemel buig hul voor Hom neer. Here, hoor my bede, hoor my as ek sing, en aan U, my Vader, Heilig, heilig, heilig, heilig is die Heer. Eng'le in die hemel buig hul voor Hom neer. Here, hoor my bede, hoor my as ek sing, en aan U, my Vader, al my hulde bring. Lied 171:2 Heilig, heilig, heilig,

Nadere informatie

Goeie Konings, Slegte Konings

Goeie Konings, Slegte Konings Bybel vir Kinders bied aan Goeie Konings, Slegte Konings Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Lazarus Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg

Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg SKRIFLESING: 1 Johannes 2:1-11 TEKS: 1 Johannes 2:6 TEMA: Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg Psalm 9 : 1, 2, 7 Psalm 31 : 13 (na gebed) Skrifberyming 72 (12-3) : 1, 2 Skrifberyming 78 (13-3) Ook:

Nadere informatie

14. Ek glo my sondes word vergewe 1 Johannes 1:5 2:2

14. Ek glo my sondes word vergewe 1 Johannes 1:5 2:2 1 14. Ek glo my sondes word vergewe 1 Johannes 1:5 2:2 Tema Wanneer ons bely dat ons sonde doen, vir God daarvan vertel en sê ons is jammer, verseker Hy ons dat Hy ons sonde vergewe. Agtergrond en interpretasie

Nadere informatie

Die Here laat ons maai wat ons gesaai het

Die Here laat ons maai wat ons gesaai het SKRIFLESING: Galasiërs 6 TEKS: Galasiërs 6:7-8 TEMA: Die Here laat ons maai wat ons gesaai het Psalm 100 : 1, 3, 4 Psalm 50 : 11 Psalm 91 : 1 (na belydenisaflegging) Psalm 126 : 3 Skrifberyming 33 (2-4)

Nadere informatie

Toe God alles gemaak het

Toe God alles gemaak het Bybel vir Kinders bied aan Toe God alles gemaak het Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Byron Unger; Lazarus Aangepas deur: Bob Davies; Tammy S. Vertaal deur: Hannelie Niemandt Vervaardig deur:

Nadere informatie

SKRIFLESING: 1 Petrus 2:1-10. TEKS: 1 Petrus 2:9. God red sodat ons sal vertel. Psalm 40 : 5. Psalm 4 : 3. Skrifberyming 8 (5-3) : 2.

SKRIFLESING: 1 Petrus 2:1-10. TEKS: 1 Petrus 2:9. God red sodat ons sal vertel. Psalm 40 : 5. Psalm 4 : 3. Skrifberyming 8 (5-3) : 2. SKRIFLESING: 1 Petrus 2:1-10 TEKS: 1 Petrus 2:9 TEMA: God red sodat ons sal vertel. Psalm 40 : 5 Psalm 4 : 3 Skrifberyming 8 (5-3) : 2 Psalm 71 : 9, 14 Skrifberyming 78 (13-3) Ook: Sb 24 (1-1) : 6 2 Waar

Nadere informatie

1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80

1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80 1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80 Votum en seën Psalm 23 : 1, 3 Gebed Skriflesing: 1 Korintiërs 10:1-13 (AV 1983) Belydenis: HK 29:78-30:80 Teks: 1 Korintiërs 10:4 Psalm 105 : 21, 22 Preek: Die Heilige Gees

Nadere informatie

Toe God alles gemaak het

Toe God alles gemaak het Bybel vir Kinders bied aan Toe God alles gemaak het Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Byron Unger; Lazarus Aangepas deur: Bob Davies; Tammy S. Vertaal deur: Hannelie Niemandt Vervaardig deur:

Nadere informatie

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5 MATTEUS 6:8 Votum en seën Psalm 7 : 6 Gebed Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5 Preek: Vir ons hemelse Vader is eenvoudige gebede goed Gebed

Nadere informatie

Vir die Here is die hoofsaak dat ons sal glo en gehoorsaam.

Vir die Here is die hoofsaak dat ons sal glo en gehoorsaam. SKRIFLESING: Prediker 11:9 12:14 TEKS: Prediker 12:13 (OAV) TEMA: INHOUD: Vir die Here is die hoofsaak dat ons sal glo en gehoorsaam. Die hoofsaak Psalm 146 : 1, 4, 8 Psalm 19 : 7 Skrifberyming 12-3 :

Nadere informatie

12. Ek glo in die Heilige Gees Johannes 16:5-7, 12-15

12. Ek glo in die Heilige Gees Johannes 16:5-7, 12-15 1 12. Ek glo in die Heilige Gees Johannes 16:5-7, 12-15 Tema Jesus het die Heilige Gees gestuur om ons te help. Agtergrond en interpretasie Hierdie ontmoeting sluit by die voriges aan. Een artikel van

Nadere informatie

1 JOHANNES 4:20 HK 34:93

1 JOHANNES 4:20 HK 34:93 1 JOHANNES 4:20 HK 34:93 Votum en seën Psalm 134 : 1, 3 [ ons ] Gebed Psalm 27 : 4 Skriflesing: 1 Johannes 4:7-21 (AV 1983) Belydenis: HK 34:93 Teks: 1 Johannes 4:20 (AV 1983) Preek: God se wil is liefde

Nadere informatie

God laat alles Sy kinders se saligheid bevorder.

God laat alles Sy kinders se saligheid bevorder. SKRIFLESING: Romeine 8:18-30 TEKS: Romeine 8:28 HK 9 TEMA: God laat alles Sy kinders se saligheid bevorder. Psalm 30 : 3, 4 Skrifberyming 33 (2-4) : 1 Psalm 119 : 25 Skrifberyming 78 (13-3) Ook: Sb 52

Nadere informatie

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3 1 Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps. 116... Sb 33:1,3 1 Johannes 3 1Jn 3:1 Kyk wat n groot liefde die Vader aan ons bewys het,

Nadere informatie

U het rég gehoor: dat u die HÉre daar gaan dien; want dis wat die Heilige Gees ons hier laat hoor, dat ook ons alledaagse werk godsdiens is.

U het rég gehoor: dat u die HÉre daar gaan dien; want dis wat die Heilige Gees ons hier laat hoor, dat ook ons alledaagse werk godsdiens is. SKRIFLESING: Kolossense 3:18 4:1 TEKS: Kolossense 3:23 TEMA: God se kinders dien HÅm in hulle werk. Psalm 84 : 1, 6 Psalm 139 : 1, 5 Psalm 104 : 8, 9, 14 Skrifberyming 45 (18-7) : 1, 10 2 Vir die meeste

Nadere informatie

SKRIFLESING: Openbaring 1:1-8. TEKS: Openbaring 1:8. Die Here omvat alles altyd. Psalm 90 : 1, 2. Psalm 65 : 2, 4. Psalm 102 : 11

SKRIFLESING: Openbaring 1:1-8. TEKS: Openbaring 1:8. Die Here omvat alles altyd. Psalm 90 : 1, 2. Psalm 65 : 2, 4. Psalm 102 : 11 SKRIFLESING: Openbaring 1:1-8 TEKS: Openbaring 1:8 TEMA: Die Here omvat alles altyd. Psalm 90 : 1, 2 Psalm 65 : 2, 4 Psalm 102 : 11 Skrifberyming 10 (5-4 ) 5, 6 [Ook: Sb 7-2 : 1, 2 Sb 24 : 1, 7] 1 Die

Nadere informatie

KERSFEES. SKRIFLESING: Matteus 2:1-12. TEKS: Matteus 2:11. Hierdie Kindjie is God en Koning oor alle nasies. Psalm 67 : 1, 2 1.

KERSFEES. SKRIFLESING: Matteus 2:1-12. TEKS: Matteus 2:11. Hierdie Kindjie is God en Koning oor alle nasies. Psalm 67 : 1, 2 1. KERSFEES SKRIFLESING: Matteus 2:1-12 TEKS: Matteus 2:11 TEMA: Hierdie Kindjie is God en Koning oor alle nasies Psalm 67 : 1, 2 1 Psalm 119 : 7 Psalm 66 : 2 Skrifberyming 45 (18-7) : 3, 10 Skrifberyming

Nadere informatie

Die Here kom rekenskap eis van ons werk vir Hom

Die Here kom rekenskap eis van ons werk vir Hom SKRIFLESING: Matteus 25:14-30 TEKS: Matteus 25:19 TEMA: Die Here kom rekenskap eis van ons werk vir Hom Psalm 92 : 1, 2 Skrifberyming 31 (7-1) : 3 Psalm 126 : 3 Psalm 128 : 1, 4 Skrifberyming 78 (13-3)

Nadere informatie

VERSPREI GOD SE LIEFDE (2) VERTEL ANDER VAN GOD SE LIEFDE 13 Augustus 2006, Ds Freddie Schoeman

VERSPREI GOD SE LIEFDE (2) VERTEL ANDER VAN GOD SE LIEFDE 13 Augustus 2006, Ds Freddie Schoeman VERSPREI GOD SE LIEFDE (2) VERTEL ANDER VAN GOD SE LIEFDE 13 Augustus 2006, Ds Freddie Schoeman Die basis van ons verhouding met ander is dieselfde as die basis van ons verhouding met God en mekaar: GENADE.

Nadere informatie

Die Here gee Sy seën waar ouers en kinders Hom gehoorsaam.

Die Here gee Sy seën waar ouers en kinders Hom gehoorsaam. SKRIFLESING: Efesiërs 6:1-4 TEKS: Efesiërs 6:1-4 HK 39 TEMA: Die Here gee Sy seën waar ouers en kinders Hom gehoorsaam. Psalm 103 : 1 Psalm 25 : 3 Skrifberyming 26 (9-1) : 1, 7 Psalm 103 : 9 1 Ons wil

Nadere informatie

TEKS: Handelinge 2:39 HK 27:74. Die Here se belofte geld ook vir die kinders van gelowiges

TEKS: Handelinge 2:39 HK 27:74. Die Here se belofte geld ook vir die kinders van gelowiges SKRIFLESING: Handelinge 2:37-47 TEKS: Handelinge 2:39 HK 27:74 TEMA: Die Here se belofte geld ook vir die kinders van gelowiges Psalm 90 : 1 Skrifberyming 15 (16-1) : 1, 2, 3 Psalm 90 : 9 1 Dit gebeur

Nadere informatie

toegewy aan God ross os s v an v nieker i k

toegewy aan God ross os s v an v nieker i k toegewy aan God ross van niekerk goddelike nageslag hoe verseker ons dit? 1. modelleer. 2. liefde. 3. instruksie. 4. dissipline. 5. meedeling. psalm 127:3 Kyk, kinders is n erfdeel van die HERE; die vrug

Nadere informatie

God se liefde vat ons vrees vir Sy oordeel weg

God se liefde vat ons vrees vir Sy oordeel weg SKRIFLESING: 1 Johannes 4:7-21 TEKS: 1 Johannes 4:17-18 TEMA: God se liefde vat ons vrees vir Sy oordeel weg Psalm 48 : 1 Psalm 99 : 1, 4 Psalm 103 : 6 (na doop) Psalm 43 : 3 Skrifberyming 10 (5-4) : 1,

Nadere informatie

God bly met u, waar u ook mag gaan. Mag sy Gees u lei en heilig en u altyddeur beveilig. God bly met u, waar u ook mag gaan

God bly met u, waar u ook mag gaan. Mag sy Gees u lei en heilig en u altyddeur beveilig. God bly met u, waar u ook mag gaan God bly met u, waar u ook mag gaan. Mag sy Gees u lei en heilig en u altyddeur beveilig. God bly met u, waar u ook mag gaan L 269:2 God bly met u, waar u ook mag gaan. Deur sy sterke hand behoed Hy, daagliks

Nadere informatie

TEKS: Matteus 28:11-15 HK 17. Jesus se opstanding, wat regtig gebeur het, gee moed en hoop.

TEKS: Matteus 28:11-15 HK 17. Jesus se opstanding, wat regtig gebeur het, gee moed en hoop. SKRIFLESING: Matteus 27:62 28:15 TEKS: Matteus 28:11-15 HK 17 TEMA: Jesus se opstanding, wat regtig gebeur het, gee moed en hoop. Psalm 118 : 12 Psalm 37 : 17, 18 Psalm 16 : 5 Psalm 71 : 1, 2 1 Daar word

Nadere informatie

In nood kan ons God as Vader aanroep.

In nood kan ons God as Vader aanroep. SKRIFLESING: Jesaja 63:7 64:12 TEKS: Jesaja 63:16 en 64:8 HK 9 TEMA: In nood kan ons God as Vader aanroep. Psalm 33 : 1 Skrifberyming 17 (17-1) : 5, 6 Psalm 103 : 7 Psalm 33 : 11 Ook: Ps 104 Sb 33 2 Na

Nadere informatie

Galasiërs 6:11. Kyk met watter groot letters ek met my eie hand aan julle skrywe! (Galasiërs 6:11)

Galasiërs 6:11. Kyk met watter groot letters ek met my eie hand aan julle skrywe! (Galasiërs 6:11) Les 14 vir 30 September 2017 Paulus se slotrede is eintlik 'n oproep tot die Galasiërs. Paulus was soos 'n herder wat vir sy kudde sorg. Hy wou die waarhede van die geloof in die Galasiërs se gedagtes

Nadere informatie

Jesus lewe! Kruisiging en opstanding. Teks: Mat 21:1-11 en Joh 3:16

Jesus lewe! Kruisiging en opstanding. Teks: Mat 21:1-11 en Joh 3:16 Jesus lewe! Kruisiging en opstanding Teks: Mat 21:1-11 en Joh 3:16 Hulpmiddels: 3 stelle van 3 bordjies wat elkeen n gesigsuitdrukking het: n bly gesiggie, n hartseer gesiggie en n bang gesiggie 2 Handskoenpoppe

Nadere informatie

Preektema: Die doop is n genadedaad van God aan sondaarmense.

Preektema: Die doop is n genadedaad van God aan sondaarmense. 1 Preektema: Die doop is n genadedaad van God aan sondaarmense. Vooraf sang Lied 241:1,2; Nuwe Sb: God spreek deur sy Seun vers 1,2 (Mel Lied 271) Intreelied: Lied 151:1,2 Votum Seëngroet Lofsang: Lied

Nadere informatie

Die Here gee vir mense, wat oor Hom bly is, dit wat hulle harte begeer.

Die Here gee vir mense, wat oor Hom bly is, dit wat hulle harte begeer. SKRIFLESING: Psalm 37 : 1-11 TEKS: Psalm 37:4 TEMA: Die Here gee vir mense, wat oor Hom bly is, dit wat hulle harte begeer. Psalm 150 : 1, 2 Psalm 139 : 1, 3 Skrifberyming 72 (12-3) : 1, 2 Psalm 33 : 11

Nadere informatie

Die gebruik van 'n persoonlike joernaal of dagboek

Die gebruik van 'n persoonlike joernaal of dagboek Die gebruik van 'n persoonlike joernaal of dagboek Uit Doelgerigte Gebed deur Bennie Mostert, CUM uitgewers Opdrag: Maak 'n keuse om in hierdie week wat kom minstens 5 dae te neem om 15-30 minute per dag

Nadere informatie

10. Ek is by julle Matteus 28:16-20

10. Ek is by julle Matteus 28:16-20 10. Ek is by julle Matteus 28:16-20 Tema Jesus verseker mense wat Hom aanbid, en selfs dié wat nog twyfel, dat Hy, die Almagtige, by hulle is wanneer hulle uitgaan om dissipels oor die hele wêreld heen

Nadere informatie

1. So iets het ons nog nooit gesien nie Markus 2:1-12

1. So iets het ons nog nooit gesien nie Markus 2:1-12 1. So iets het ons nog nooit gesien nie Markus 2:1-12 Tema Jesus is God wat ʼn sondige verlamde man help en ons met hierdie Goeie Nuus na ander mense toe stuur. Só sal baie mense God prys. Agtergrond en

Nadere informatie

Meer Jesus Meer Liefde Meer Dissipels. Leierskap Strukture

Meer Jesus Meer Liefde Meer Dissipels. Leierskap Strukture Meer Jesus Meer Liefde Meer Dissipels Leierskap Strukture Woord van God, Woord van die lewe, Woord vir ewig vas en waar, Woord onfeilbaar en verhewe waarin God Hom openbaar! L 255:1 (vervolg) Woord betroubaar,

Nadere informatie

Wie God se beloftes het, streef om skoon te word en heilig te wees

Wie God se beloftes het, streef om skoon te word en heilig te wees SKRIFLESING: 2 Korintiërs 6:14 7:1 TEKS: 2 Korintiërs 7:1 TEMA: Wie God se beloftes het, streef om skoon te word en heilig te wees Psalm 103 : 1 Psalm 30 : 7 Psalm 68 : 9 Skrifberyming 78 (13-3) Ook: Sb

Nadere informatie

SKRIFLESING: Johannes 4:1-30. TEKS: Johannes 4:10. Die Here les mense se diepste dors. Psalm 84 : 2, 3. Psalm 139 : 1, 3. Skrifberyming 6 (5-1) : 5

SKRIFLESING: Johannes 4:1-30. TEKS: Johannes 4:10. Die Here les mense se diepste dors. Psalm 84 : 2, 3. Psalm 139 : 1, 3. Skrifberyming 6 (5-1) : 5 SKRIFLESING: Johannes 4:1-30 TEKS: Johannes 4:10 TEMA: Die Here les mense se diepste dors Psalm 84 : 2, 3 Psalm 139 : 1, 3 Skrifberyming 6 (5-1) : 5 Skrifberyming 9 (18-1) : 1, 6 Skrifberyming 78 (13-3)

Nadere informatie

Pretoria- 27 Mei 2012 (Nagmaal)

Pretoria- 27 Mei 2012 (Nagmaal) 1 Skriflesing: Handelinge 2:12-36 Teks: Handelinge 2:25-31 Sing- Ps. 31:1,4; Ps. 32:4; Ps. 16: 1,5; Ps. 23:3; Ps. 116 Ps. 66:7 Broeder en suster- Watter voorreg ontvang ons vanoggend om in die tyd wat

Nadere informatie

1 Johannes 5: /03/2014

1 Johannes 5: /03/2014 1 Johannes 5:9-12 23/03/2014 Iets wat ek seker is julle al baie gehoor het, is, ken jou status. En dis presies waaroor ek ook vanoggend met julle wil praat oor - ken jou status Ek dink nie enige iemand

Nadere informatie

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Man van Vuur

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Man van Vuur Bybel vir Kinders bied aan Die Man van Vuur Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Lazarus Aangepas deur: E. Frischbutter Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

Pretoria- 14 Augustus 2011

Pretoria- 14 Augustus 2011 1 Skriflesing: Prediker 3:1-15 Teks: Prediker 3:1-2a Sing- Ps.118:1,2; Ps.64:1,6,7; Ps. 104:1,12; Ps. 31:1,12 Broeder en suster- Ons lewe mag vir ons lyk soos n groot legkaart, waar ek baie keer voel dat

Nadere informatie

SKRIFLESING: Jesaja 55. TEKS: Jesaja 55: Die Here se Woord werk. Skrifberyming 34 (2-2) : 1. Psalm 19 : 4. Psalm 33 : 5.

SKRIFLESING: Jesaja 55. TEKS: Jesaja 55: Die Here se Woord werk. Skrifberyming 34 (2-2) : 1. Psalm 19 : 4. Psalm 33 : 5. SKRIFLESING: Jesaja 55 TEKS: Jesaja 55:10-11 TEMA: Die Here se Woord werk. Skrifberyming 34 (2-2) : 1 Psalm 19 : 4 Psalm 33 : 5 Psalm 89 : 6 Skrifberyming 78 (13-3) Ook: Ps 147 : 6, 7 Sb 34 (2-2) : 2 2

Nadere informatie

Jesus - Die Grootste Geskenk van Alle Tye - Reformation Society

Jesus - Die Grootste Geskenk van Alle Tye - Reformation Society "Jesus antwoord en sê vir haar: As jy die gawe van God geken het en geweet het wie Hy is wat vir jou sê: Gee vir My water om te drink, sou jy Hom gevra het en Hy sou vir jou lewende water gegee het." Johannes

Nadere informatie

Pretoria- 27 Mei 2012 (Nabetragting)

Pretoria- 27 Mei 2012 (Nabetragting) 1 Skriflesing: Psalm 16 Teks: Psalm 16:10-11a Sing- Ps. 68:15; Ps. 23:2; Ps. 2:4 Petrus preek op Pinkstersondag, Psalm 16 (vgl. Hand 2:25-31). Broeder en suster, watter aangrypende Psalm, waar Dawid as

Nadere informatie

1 KORINTIËRS 10:31. Ook: Pss 8, 19 Ps 96 : 3, 4 Sb 2-5 (35) : 3

1 KORINTIËRS 10:31. Ook: Pss 8, 19 Ps 96 : 3, 4 Sb 2-5 (35) : 3 1 KORINTIËRS 10:31 Votum en seën Psalm 92 : 1, 2 [Tweede melodie P van den Burg] Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Skrifberyming 15-1 (75) : 2, 4 Gebed Psalm 90 : 1, 9

Nadere informatie

23. Reëls vir die pad die padgebruikers

23. Reëls vir die pad die padgebruikers 23. Reëls vir die pad die padgebruikers Oorhoofse tema Die Here is saam met ons op pad. As die Padmaker het Hy vir ons tien padreëls of lewensreëls gegee sodat ons elke dag daarvolgens kan leef. Die eerste

Nadere informatie

Die Onse Vader - aanroeping Ons Vader wat in die hemel is

Die Onse Vader - aanroeping Ons Vader wat in die hemel is Die Onse Vader - aanroeping Ons Vader wat in die hemel is Teks: Matt 6:5-14; Heidelbergse Kategismus, Sondag 46 Fokus: Matt 6:9, Heidelbergse Kategismus, Sondag 46 TEMA: Ons intieme, verhewe Vader. Liturgie

Nadere informatie

Skenk ons n helder Somerkersfees in hierdie land, o Heer. Hoor jy hoe sag die klokke beier in eeueoue

Skenk ons n helder Somerkersfees in hierdie land, o Heer. Hoor jy hoe sag die klokke beier in eeueoue Welkom o stille nag van vrede, onder die suiderkruis, Wyl stemme uit die ou verlede oor sterrevelde ruis. Kersfees kom, kersfees kom- gee aan God die eer. Skenk ons n helder Somerkersfees in hierdie land,

Nadere informatie

SKRIFLESING: Matteus 20:1-16. TEKS: Matteus 20:15b. Die Here is goed. Skriberyming 72 (12-3) : 1, 2. Psalm 121 : 2, 3 (na gebed) Psalm 107 : 1, 15

SKRIFLESING: Matteus 20:1-16. TEKS: Matteus 20:15b. Die Here is goed. Skriberyming 72 (12-3) : 1, 2. Psalm 121 : 2, 3 (na gebed) Psalm 107 : 1, 15 SKRIFLESING: Matteus 20:1-16 TEKS: Matteus 20:15b TEMA: Die Here is goed Skriberyming 72 (12-3) : 1, 2 Psalm 121 : 2, 3 (na gebed) Psalm 107 : 1, 15 Vgl gedig van Totius (Versamelde Werke deel 10 bl 242)

Nadere informatie

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22 1 BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22 Die sekerheid dat jy 'n kind van God is, is nie die einde van die pad nie maar die begin daarvan. Nou word dit moontlik om as gelowiges te groei. Maar waarheen lei

Nadere informatie

Bybel vir Kinders. bied aan. Joshua neem Beheer

Bybel vir Kinders. bied aan. Joshua neem Beheer Bybel vir Kinders bied aan Joshua neem Beheer Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

SKRIFLESING: Prediker 1:1-11. TEKS: Prediker 1:3. Los van God bied die lewe niks. Psalm 149 : 1, 2. Skrifberyming 19 (2-1) : 1, 2.

SKRIFLESING: Prediker 1:1-11. TEKS: Prediker 1:3. Los van God bied die lewe niks. Psalm 149 : 1, 2. Skrifberyming 19 (2-1) : 1, 2. SKRIFLESING: Prediker 1:1-11 TEKS: Prediker 1:3 TEMA: Los van God bied die lewe niks Psalm 149 : 1, 2 Skrifberyming 19 (2-1) : 1, 2 Psalm 90 : 2, 3 Psalm 90 : 1, 9 Ook: Ps 39 : 3, 4 Ps 102 : 11, 12 Wanneer

Nadere informatie

Jesus kom op n onbekende tyd weer bly dan gereed vir Hom!

Jesus kom op n onbekende tyd weer bly dan gereed vir Hom! SKRIFLESING: Matteus 25:1-13 TEKS: Matteus 25:13 TEMA: Jesus kom op n onbekende tyd weer bly dan gereed vir Hom! Psalm 98 : 3 Psalm 99 : 1, 3 Skrifberyming 29 (18-3) : 8, 9 Skrifberyming 43 (15-7) : 5

Nadere informatie

Die Here tree op teen dié wat terugdraai sonde toe

Die Here tree op teen dié wat terugdraai sonde toe SKRIFLESING: Genesis 19:1-30 TEKS: Genesis 19:26 TEMA: Die Here tree op teen dié wat terugdraai sonde toe Psalm 48 : 4 Psalm 7 : 6, 7 Psalm 1 : 1 Skrifberyming 78 (13-3) Ook: Sb 38 (15-2) : 2, 3 As n mens

Nadere informatie

SKRIFLESING: Prediker 11. TEKS: Prediker 11:4, 6. Wie met God reken, gebruik sy/haar kanse. Psalm 149 : 1, 2. Psalm 126 : 3.

SKRIFLESING: Prediker 11. TEKS: Prediker 11:4, 6. Wie met God reken, gebruik sy/haar kanse. Psalm 149 : 1, 2. Psalm 126 : 3. SKRIFLESING: Prediker 11 TEKS: Prediker 11:4, 6 TEMA: Wie met God reken, gebruik sy/haar kanse Psalm 149 : 1, 2 Psalm 126 : 3 Psalm 128 : 1, 4 1 Is dit nog die moeite werd om dinge aan te pak in die kerk,

Nadere informatie

TEKS: Openbaring 1:4b-5a HK 8

TEKS: Openbaring 1:4b-5a HK 8 SKRIFLESING: Openbaring 1:1-8 TEKS: Openbaring 1:4b-5a HK 8 TEMA: Die drie-enige God seën Sy kerk. Psalm 67 : 2 Psalm 90 : 1 Skrifberyming 25 (19-3) : 1, 2, 3 Skrifberyming 78 (13-3) Ook: Ps 89 : 10, 11,

Nadere informatie

TEKS: Johannes 18: 36 HK 12:31

TEKS: Johannes 18: 36 HK 12:31 SKRIFLESING: Johannes 18:28-40 TEKS: Johannes 18: 36 HK 12:31 TEMA: Jesus Christus is anders Koning. Psalm 2 : 4 Skrifberyming 15 (16-1) : 1, 2 Psalm 72 : 6, 9 Skrifberyming 78 (13-3) Ook: Ps 45 Ps 48

Nadere informatie

NIe net hier in 1 Korintiers 13 nie, maar in die hele 1 Korintiërs lees ons van al hierdie dinge wat die gemeente van Korinte gedoen het.

NIe net hier in 1 Korintiers 13 nie, maar in die hele 1 Korintiërs lees ons van al hierdie dinge wat die gemeente van Korinte gedoen het. 1 Preek: 1 Korintiërs 13:1-13 Teksverse: 1 Korintiërs 13:7 Tema: Die Heilige Gees rus jou toe om met ware liefde te leef! Inleiding Geliefde gemeente, ons het afgelope Donderdag op n besondere manier aan

Nadere informatie

BYBELSTUDIE OPENBARING LES 4 HOOFSTUK 1:9-13.

BYBELSTUDIE OPENBARING LES 4 HOOFSTUK 1:9-13. 1 BYBELSTUDIE OPENBARING LES 4 HOOFSTUK 1:9-13. Openbaring 1:1-8: In die eerste verse vind ons die oorsprong van die boek Openbaring: God self! Hy het dit aan Jesus Christus gegee om dit verder deur te

Nadere informatie

KOLOSSENSE 3:17 HK Sondag 36

KOLOSSENSE 3:17 HK Sondag 36 KOLOSSENSE 3:17 HK Sondag 36 Votum en seën Psalm 20 : 1, 2, 7 Gebed Skriflesing: Kolossense 3:1-17 (AV 1983) Belydenis: HK 36:99 Teks: Kolossense 3:17 (AV 1983) Psalm 118 : 5 Preek: God se kinders eer

Nadere informatie

Daar is vandag n tendens onder baie Christene om die Joodse Feeste en die sabbat te hou. Daar is Joodse gemeentes in Christus wat nie Christene

Daar is vandag n tendens onder baie Christene om die Joodse Feeste en die sabbat te hou. Daar is Joodse gemeentes in Christus wat nie Christene DIE JOODSE FEESTE Lev.23:1-3 Moet ons as Christene ook die Joodse feeste hou? Is hierdie Ou Testamentiese Feeste ook verpligtend onder die Nuwe Testament? Of kan ons kies of ons dit wil hou? Of moet ons

Nadere informatie

Jnr. Kategese 22 Januarie 2017 Visvang vir Jesus! Matteus 4: 12-23

Jnr. Kategese 22 Januarie 2017 Visvang vir Jesus! Matteus 4: 12-23 Benodighede: Visse op karton afgerol en uitgeknip Skuifspelde Stok met tou en magneet Jnr. Kategese 22 Januarie 2017 Visvang vir Jesus! Matteus 4: 12-23 Wenke: Lees die VERLOOP hier onder deur en maak

Nadere informatie

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL VRAESTEL 2: SKRYF NOVEMBER 2008 PUNTE: 80 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye. Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2

Nadere informatie

ADVENT. November 2016

ADVENT. November 2016 1 ADVENT November 2016 2 KLEINGROEPE: NUUS Ons laaste Familienuus vir die jaar en op daardie noot groet ek as Kleingroepe-koördineerder elkeen van julle. Dit was n voorreg om deel van hierdie bediening

Nadere informatie

Die Groot Geloofswoordeboek: Liefde

Die Groot Geloofswoordeboek: Liefde Die Groot Geloofswoordeboek: Liefde Die Groot Geloofswoordeboek: Liefde Liefde (*God) Liefde is een van die kernwoorde van die Bybel, maar miskien juis daarom een van die mees misbruikte woorde. In ons

Nadere informatie

Deur Christus Alleen

Deur Christus Alleen Gepubliseer op: Deur Christus Alleen Tuisblad van dr. A.H. Bogaards www.enigstetroos.org 1 Lees: Handelinge 3:1-4:12 Teks: Handelinge 4:9-12 H.K.: Sondag 11 Datum: 16 Oktober 2012 Ps's: Ps.118:1,2; 118:5,6;

Nadere informatie

SKRIFLESING: Johannes 3:1-21. TEKS: Johannes 3:16. Psalm 149 : 1, 2. Psalm 25 : 3. Psalm 103 : 6 (na doop) Skrifberyming 33 (2-4) : 1

SKRIFLESING: Johannes 3:1-21. TEKS: Johannes 3:16. Psalm 149 : 1, 2. Psalm 25 : 3. Psalm 103 : 6 (na doop) Skrifberyming 33 (2-4) : 1 SKRIFLESING: Johannes 3:1-21 TEKS: Johannes 3:16 INHOUD: Die liefde van God Psalm 149 : 1, 2 Psalm 25 : 3 Psalm 103 : 6 (na doop) Skrifberyming 33 (2-4) : 1 2 As ons sou weet dat die wêreld hierdie week

Nadere informatie

Simson, God se sterk Man

Simson, God se sterk Man Bybel vir Kinders bied aan Simson, God se sterk Man Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Lyn Doerksen Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

Die Woord van God, die onderrig van Jesus - dit is die kosbaarste wat die kerk het. Weet ons dit nog?

Die Woord van God, die onderrig van Jesus - dit is die kosbaarste wat die kerk het. Weet ons dit nog? 1 Lees: Luk.10:38-42; Joh.12:1-11 Teks: Luk.10:41-42; Joh.12:2,3 Datum: 2 Februarie 2016 Psalms: Ps.150:1,2,3; 138:1,2; 65:2; 66:1,7; 119:7,19 1. Inleiding: Die Woord van God, die onderrig van Jesus -

Nadere informatie

Deuteronomium 8:1-20. Vooraf

Deuteronomium 8:1-20. Vooraf Deuteronomium 8:1-20 Vooraf Twee fokuspunte is belangrik vir vanoggend se erediens: Dit is die dertiende Sondag van Koninkrykstyd. Ons gee steeds aandag oor hoe ons as kinders in God se koninkryk moet

Nadere informatie

MATTEUS 7:12. Votum en seën. Psalm 34 : 2, 4. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 4 : 3.

MATTEUS 7:12. Votum en seën. Psalm 34 : 2, 4. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 4 : 3. MATTEUS 7:12 Votum en seën Psalm 34 : 2, 4 Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 4 : 3 Gebed Skrifberyming 53 (14-3) : 4 Skriflesing: Matteus 7:7-23 (AV 1983/91) Teks:

Nadere informatie

SKRIFLESING: Deuteronomium 30. TEKS: Deueronomium 30:6 HK 25. Die eintlike is die werk van God. Psalm 105 : 1, 5. Psalm 63 : 3

SKRIFLESING: Deuteronomium 30. TEKS: Deueronomium 30:6 HK 25. Die eintlike is die werk van God. Psalm 105 : 1, 5. Psalm 63 : 3 SKRIFLESING: Deuteronomium 30 TEKS: Deueronomium 30:6 HK 25 TEMA: Die eintlike is die werk van God Psalm 105 : 1, 5 Psalm 63 : 3 Skrifberyming 14 (8-1) : 1, 2 1 Het u al gedink aan die geweldige invloed

Nadere informatie

Dankoffersondag met Nagmaal 4 November

Dankoffersondag met Nagmaal 4 November Dankoffersondag met Nagmaal 4 November Ek begin diens met afkondigings, votum, seëngroet Votum: Ons het ondervind dat die Here goed is. Kom na Hom toe, die lewende steen, wat deur die mense afgekeur is,

Nadere informatie

Luister en praat. Kyk na die prent en gesels daaroor. 1. Beskryf wat jy in die prent sien. 2. Waaraan, dink jy, dink die seun?

Luister en praat. Kyk na die prent en gesels daaroor. 1. Beskryf wat jy in die prent sien. 2. Waaraan, dink jy, dink die seun? Luister en praat Naam: Kyk na die prent en gesels daaroor. 1. Beskryf wat jy in die prent sien. 2. Waaraan, dink jy, dink die seun? 3. Waaraan, dink jy, dink die kat? 4. Hoekom dink jy is daar ʼn slot aan

Nadere informatie

Skriflesing: 1 Johannes 4:1-5:13 Teks: 1 Johannes 4:2-4; 9; 18-20; 5:12 Sing- Ps 65:2,3; Ps. 73:1,10; Ps. 66:7,9

Skriflesing: 1 Johannes 4:1-5:13 Teks: 1 Johannes 4:2-4; 9; 18-20; 5:12 Sing- Ps 65:2,3; Ps. 73:1,10; Ps. 66:7,9 1 Skriflesing: 1 Johannes 4:1-5:13 Teks: 1 Johannes 4:2-4; 9; 18-20; 5:12 Sing- Ps 65:2,3; Ps. 73:1,10; Ps. 66:7,9 1 Johannes 4:1-5:12 1Jn 4:1 Geliefdes, glo nie elke gees nie, maar stel die geeste op

Nadere informatie

Die Here gee ons ná die tydelike die blywende.

Die Here gee ons ná die tydelike die blywende. SKRIFLESING: 2 Korintiërs 4:16 5:10 TEKS: 2 Korintiërs 5:1 TEMA: Die Here gee ons ná die tydelike die blywende. Psalm 90 : 1, 2 Psalm 102 : 11, 12 Psalm 84 : 1 Skrifberyming 78 (13-3) Ook: Skrifberyming

Nadere informatie

OPENBARING 21:9-10. Votum en seën. Psalm 122 : 1. Gebed. Psalm 46 : 1, 2. Skriflesing: Openbaring 21:1-21 (AV 1983/91)

OPENBARING 21:9-10. Votum en seën. Psalm 122 : 1. Gebed. Psalm 46 : 1, 2. Skriflesing: Openbaring 21:1-21 (AV 1983/91) OPENBARING 21:9-10 Votum en seën Psalm 122 : 1 Gebed Psalm 46 : 1, 2 Skriflesing: Openbaring 21:1-21 (AV 1983/91) Teks: Openbaring 21:9-10 (AV 1983/91) Preek: Die Here se toekoms vir ons Gebed Kollekte

Nadere informatie

2. In die pikdonker nag. Johannes 3:1-21

2. In die pikdonker nag. Johannes 3:1-21 1 2. In die pikdonker nag Johannes 3:1-21 Tema God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun, Jesus, gestuur het om almal wat in Hom glo, te red. Agtergrond en interpretasie Johannes 3:16-17 sluit

Nadere informatie

God sien jou raak; sien jy Hom? Die voorspelling van Jesus se geboorte aan Maria en Simeon se verhaal

God sien jou raak; sien jy Hom? Die voorspelling van Jesus se geboorte aan Maria en Simeon se verhaal God sien jou raak; sien jy Hom? Die voorspelling van Jesus se geboorte aan Maria en Simeon se verhaal In hierdie ontmoeting gaan die kinders na twee stories luister. Hulle gaan eerstens ontdek dat God

Nadere informatie

Gereformeerde Kerk Bloempark Is jy gelukkig?

Gereformeerde Kerk Bloempark Is jy gelukkig? Teks: Psalm 1 Gereformeerde Kerk Bloempark Is jy gelukkig? Inleiding Is jy regtig gelukkig? Party van ons sal sê, wel ek was al! Daar by die see, toe was ek gelukkig. Maar dit was lank terug dit vat net

Nadere informatie

SKRIFLESING: Lukas 15: TEKS: Lukas 15:19, 24 TEMA: Psalm 100 : 1, 3, 4. Psalm 32 : 3. Psalm 103 : 6. Skrifberyming 19 (2-1) : 6, 7

SKRIFLESING: Lukas 15: TEKS: Lukas 15:19, 24 TEMA: Psalm 100 : 1, 3, 4. Psalm 32 : 3. Psalm 103 : 6. Skrifberyming 19 (2-1) : 6, 7 SKRIFLESING: Lukas 15:11-32 TEKS: Lukas 15:19, 24 TEMA: Psalm 100 : 1, 3, 4 Psalm 32 : 3 Psalm 103 : 6 Skrifberyming 19 (2-1) : 6, 7 Skrifberyming 78 (13-3) 2 Hierdie gelykenis is nie verniet al die pêrel

Nadere informatie

eboeke word ontwikkel en gratis verskaf deur die

eboeke word ontwikkel en gratis verskaf deur die Ons praat baie van dinge wat in verhouding tot mekaar is, sonder om dit regtig agter te kom! As jy byvoorbeeld sê dat jy twee van die ses stukke van n pizza geëet het, het jy n verhouding beskryf: Die

Nadere informatie

Reëls vir God se familie

Reëls vir God se familie Ontmoeting 19 Israel ontvang die die Wet op die berg Sinai Reëls vir God se familie Aan die einde van die ontmoeting moet die kinders besef dat God nie vir ons reëls gegee het om ons te straf nie, maar

Nadere informatie

2 KONINGS 6:20. Votum en seën. Psalm 104 : 1, 20. Gebed. Skriflesing: 2 Konings 6:8-23 (AV 1983) Teks: 2 Konings 6:20 (AV 1983) Psalm 46 : 1

2 KONINGS 6:20. Votum en seën. Psalm 104 : 1, 20. Gebed. Skriflesing: 2 Konings 6:8-23 (AV 1983) Teks: 2 Konings 6:20 (AV 1983) Psalm 46 : 1 2 KONINGS 6:20 Votum en seën Psalm 104 : 1, 20 Gebed Skriflesing: 2 Konings 6:8-23 (AV 1983) Teks: 2 Konings 6:20 (AV 1983) Psalm 46 : 1 Preek: Die Here wys Sy vyande Sy mag en liefde Gebed Kollekte Psalm

Nadere informatie

PSALM 127:3-5. Votum en seën. Psalm 146 : 1, 6. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983) Psalm 90 : 4.

PSALM 127:3-5. Votum en seën. Psalm 146 : 1, 6. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983) Psalm 90 : 4. PSALM 127:3-5 Votum en seën Psalm 146 : 1, 6 Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983) Psalm 90 : 4 Doopformulier Psalm 146 : 8 (na doop) Skriflesing: Psalm 127 (AV 1983) Teks: Psalm

Nadere informatie

MATTEUS 22:11-13 HK SONDAG 30:81

MATTEUS 22:11-13 HK SONDAG 30:81 MATTEUS 22:11-13 HK SONDAG 30:81 Votum en seën Psalm 2 : 6 Geloofsbelydenis: Nicea Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983) Psalm 86 : 6 Gebed Skriflesing: Matteus 22:1-14 (AV 1983) Belydenis: HK 30:81 Teks: Matteus

Nadere informatie

FAMILIENUUS. Kersfees Want elkeen hoort in n geestelike gesin. NUUSBLAD van die Kleingroepe: NG Gemeente Magalieskruin

FAMILIENUUS. Kersfees Want elkeen hoort in n geestelike gesin. NUUSBLAD van die Kleingroepe: NG Gemeente Magalieskruin 1 FAMILIENUUS Want elkeen hoort in n geestelike gesin Kersfees 2014 NOVEMBER 2014 NUUSBLAD van die Kleingroepe: NG Gemeente Magalieskruin 2 KLEINGROEPE: NUUS Hierdie is ons laaste Familienuus vir 2014!

Nadere informatie

PSALM 3:8. Votum en seën. Psalm 9 : 1, 2, 4. Gebed. Skriflesing: Psalm 3 (AV 1983) Teks: Psalm 3:8. Psalm 38 : 13, 17

PSALM 3:8. Votum en seën. Psalm 9 : 1, 2, 4. Gebed. Skriflesing: Psalm 3 (AV 1983) Teks: Psalm 3:8. Psalm 38 : 13, 17 PSALM 3:8 Votum en seën Psalm 9 : 1, 2, 4 Gebed Skriflesing: Psalm 3 (AV 1983) Teks: Psalm 3:8 Psalm 38 : 13, 17 Preek: Die Here verhoor gebede soms anders as wat ons voorsien het Gebed Kollekte Psalm

Nadere informatie