SKRIFLESING: Johannes 4:1-30. TEKS: Johannes 4:10. Die Here les mense se diepste dors. Psalm 84 : 2, 3. Psalm 139 : 1, 3. Skrifberyming 6 (5-1) : 5

Maat: px
Weergave met pagina beginnen:

Download "SKRIFLESING: Johannes 4:1-30. TEKS: Johannes 4:10. Die Here les mense se diepste dors. Psalm 84 : 2, 3. Psalm 139 : 1, 3. Skrifberyming 6 (5-1) : 5"

Transcriptie

1 SKRIFLESING: Johannes 4:1-30 TEKS: Johannes 4:10 TEMA: Die Here les mense se diepste dors Psalm 84 : 2, 3 Psalm 139 : 1, 3 Skrifberyming 6 (5-1) : 5 Skrifberyming 9 (18-1) : 1, 6 Skrifberyming 78 (13-3) Ook: Ps 42 : 1 Ps 63 : 1 Sb 57 (18-6) : 4, 5

2 2 Ken u die ware dors, die diepste dors wat n mens kan hê: die dors na God? Dit ís n vraag om ook vir kerkmense te vra, want dit kán wees dat jy jou Bybel lees en jou gebede opsê en eredienste van jou gemeente bywoon dat jy bý die Fontein van die lewe is en dat jou dors tog nie geles is nie, dat jy dalk nog nie eers agtergekom het hoe dors jy eintlik is nie! Vanoggend se preek wil Jesus Christus aan u verkondig as die Een wat mense se diepste dors les. Ons gaan dit doen deur te kyk na wat ons in hierdie hoofstuk lees: 1. van hierdie vrou, wat dors was sonder dat sy dit besef het; 2. van die Here, wat die lewende water gee; 3. van haar dors wat geles is. 1. DIE VROU Hierdie vrou was hier besig met iets wat waarskynlik deel van haar dagtaak was: om water te gaan skep uit n put. 1 Sy was n Samaritaan, n deel van die bevolkingsgroep wat ontstaan het nadat die Assiriërs die tien stamme in ballingskap weggevoer het, toe ingevoerde heidene met die paar Israeliete wat oorgebly het, vermeng het. 2 Sy was op n manier n godsdienstige vrou: - die Samaritane was in godsdienstige opsig min of meer dit wat ons in vandag se taal n sekte sal noem n groep mense met allerhande skewe sienings, maar tog godsdienstig; - die Here Jesus praat dan ook met haar asof sy soort van n aanbidder van God is; 3 - sy s op hoogte van die godsdienstige twispunte tussen die Jode en die Samaritane, byvoorbeeld waar die eintlike aanbiddingsplek van die Here in daardie tyd was; 4 1 Hierdie put was al baie lank daar, ongeveer 1800 jaar. 2 2 Kon 17: Joh 4: Joh 4:20

3 3 - sy weet van die Messias wat gaan kom. 5 Sy was tog op n manier n godsdienstige mens. Maar nou het haar lewe gewys dat sy die Here se gebooie nie regtig ernstig opgevat het nie. Sy t al vyf mans gehad, vyf mislukte huwelike (waarskynlik) en op hierdie stadium was sy betrokke in n saamwonery of in n verhouding met n ander vrou se man n verhaal van n immorele lewe. Daarom ook dat sy, toe die Here Jesus daarna verwys, so gou as moontlik die onderwerp verander het al het dit haar diep getref dat Hy geweet het wat in haar lewe aangaan, 6 sonder dat sy Hom daarvan vertel het. Dit val ook op hoe vlak sy geestelik is: - as die Here Jesus oor geestelike dinge met haar praat, bly sy by die aardse vashaak; - Hy wil met haar praat oor die ware dors en oor geestelike water, maar sy bly net praat oor die gewone put en die gewone water; - selfs as sy op n stadium vir Hom vra om haar dan tog van die water waarvan Hý praat, te gee, dan dink sy maar nog steeds aan water wat haar aardse dors sal wegvat, sodat sy nie die langer die moeite sal hê om by die put hoef te kom water skep nie! 7 Dis tipies van mense wat net uiterlik met godsdiens besig is en nog nie regtig deur die Gees van God n nuwe hart gegee is nie 8 hulle bly so bolangs. Die Here Jesus sê presies vir ons waar sy geestelik staan: - sy ken nie die gawe van God nie, m.a.w. sy weet nie wat die eintlike geskenk is wat God vir mense gee nie; - en daarom besef sy nie Wie hier besig is om met haar te praat nie. Hier s n vrou wat weet dat haar liggaam water nodig het, maar nie besef dat daar n dieper dors is waaraan elke mens ly nie; en sy s in die teenwoordigheid van die Een wat hierdie ware dors kan les, en sy besef dit nie! n Vrou wat dors was sonder dat sy dit besef het. 5 Joh 4:25 6 Joh 4:29 7 Joh 4:15 8 Vgl ook Nikodemus Joh 3:4

4 4 2. DIE HERE WAT DIE LEWENDE WATER GEE Die Een wat hier met hierdie vrou praat, is n egte mens: - Hy was moeg van die reis; - Hy was dors vir gewone water; - en Hy t daar by die put gewag vir Sy dissipels wat kosvoorrade in die dorp gaan koop het. Hierdie vrou het Hom dan ook aanvanklik vir n gewone Judeër/Jood aangesien. Maar Hy was ook méér as net n mens. En as hierdie vrou die hele Ou Testament, die Bybel van daardie tyd geken het (maar sy het nie, want die Samaritane het net die eerste vyf boeke van die Ou Testament as Woord van God aanvaar), sou sy besef het wat dit inhou as Jesus sê dat Hy lewende water kan gee. o Ons lees byvoorbeeld in die boek van die profeet Jeremia hierdie klagte oor die Here se volk: - dat hulle die HERE, die fontein van die lewende water verlaat het. 9 o En ons lees in Psalm 36 dat Dawid vir die Here sing: U laat hulle drink uit die stroom van u genietinge. Want by U is die fontein van die lewe 10 Dis die Here wat vir mense lewende water gee! As sy die Bybel geken het, sou sy verstaan het dat Jesus, as Hy sê dat Hy vir haar lewende water kan gee, daarmee vir haar sê dat dit nie net n mens is wat met haar praat nie, maar ook die Here die God wat sy sê sy aanbid! Die lewende water wat Hy vir mense gee, is beeldspraak wat verwys na die hele verlossingspakket wat die Here vir mense gee. Dit verwys na al die groot dinge wat elke mens wat in die Here Jesus glo, kry: - dat jou sondes vergewe word, omdat die straf daarop klaar gedra is; - dat jy weer vrede met God het, dat Sy band met jou herstel is; 9 Jer 17:13; vgl ook 2:13 10 Ps 36:9-190

5 5 - dat jy n nuwe hart kry n nuwe manier van kyk na die lewe en n nuwe styl van lewe; - dat jy kan leef as iemand wat die volmaakte lewe hierna gaan erf daardie lewe met n volmaakte liggaam en n volmaakte siel by die Here wat jou so oneindig liefhet. En veral verwys hierdie lewende water na die Heilige Gees, die eerste en die grootste Gawe 11 wat Jesus vir ons verdien het God self wat by ons en in ons kom woon. Die Here Jesus het mos na Sy dood en opstanding en hemelvaart die Heilige Gees oor Sy kerk uitgestort die Een wat in ons harte die geloof bring en wat ons op die pad van die Here laat aanhou, totdat ons hierdie lewe verlaat en die ewige saligheid by die Here ingaan. Die Heilige Gees is die water waarvan die Here Jesus hier in vers 14 praat, wat in die mens n fontein sal wees met water wat opborrel en wat vir hom/haar die ewige lewe gee! 12 Voor hierdie vrou staan die Here, die ware God, wat sondaars verlos en hulle die geskenk van die ewige lewe gee. Dit sou Hom baie kos om dit vir mense te kan gee. Om mense van hulle dors te verlos, moes Hy hulle dors ly die verskriklike dors van God se straf oor hulle sonde. 13 Hy moes in hulle plek daardie woestyn (die plek van dors-word) in die woestyn van Godverlatenheid, daardie woestyn waar God die mens, wat sy rug op Hom gedraai het, verlaat, aan sy eie lot oorlaat, aan die magte van die duisternis oorlaat, aan die verskriklike angs en lyding van die hel oorgee. Onthou u hoe die Here Jesus aan die kruis uitgeroep het: Ek het dors! Kor 1:21-22; Efes 1: Vgl ook Joh 7:37-39; 1 Kor 12:13 (lg veral in NIV) 13 Vgl bv Luk 16:24 14 Joh 19:28

6 6 Om mense se ware dors te kon les, moes Hy eers hulle dors dra. Wat Hy gedoen het en so die Een geword het wat vir dors mense die lewende water kan gee Voor hierdie vrou, wat haar werklike dors nie besef nie, staan die Here God self, wat die water gee wat hierdie dors kan les. En haar dors word geles. 3. HAAR DORS GELES Dit staan nêrens hier in soveel woorde dat hierdie vrou tot geloof in Jesus gekom het nie, maar alles wys in daardie rigting. Daar s byvoorbeeld haar groeiende besef dat sy hier met meer as net nog n mens te doen het; - eers is Hy vir haar maar net n Joodse man, wat, snaaks genoeg, met haar praat; 15 - dan begin sy wonder, al glo sy dit nog nie, of Hy dan nou groter is as Jakob, die voorvader van die Israeliete? 16 - naderhand moet sy toegee dat Hy n profeet is! 17 - en uiteindelik gaan roep sy die mense om te kom kyk of Hy nie dalk die Christus, die beloofde Verlosser, is nie! 18 Hoe verder die gesprek gegaan het, hoe groter het Hy in haar oë geword: van mens, tot dalk spesiale mens, tot gestuurde van God, tot dalk God self! Álles dui daarop dat die Heilige Gees haar uiteindelik saam met die mense van haar dorp laat sê het: ons weet dat Hy waarlik die Christus, die Saligmaker van die wêreld is. 19 n Ander teken, subtiel, maar tog sprekend, van die radikale verandering wat daar in hierdie vrou se binneste gekom het, is in die eenvoudige sinnetjie in vers 28: Die vrou het toe haar waterkruik net daar laat staan en na die dorp toe gegaan en die ander mense gaan roep. 15 Joh 4:9 16 Joh 4:12 17 Joh 4:19 18 Joh 4:29 19 Joh 4:42

7 7 Hierdie vrou, wie se geestelike besef so vlak was, dat sy in die begin van die gesprek glad nie kon loskom van gewone dors en n gewone put en gewone water nie nóú s die gewone water so onbelangrik dat dit sy dit net daar los om met ander mense oor Jesus te gaan praat! Haar hele fokus het verskuif van gewone water af na die Fontein van die lewende water toe! Is dit nie die verandering wat daar kom by elke mens wat n kind van die Here word nie? - jou hele ingesteldheid verander; - waar die gewone aardse dinge jou eers heeltemal oorheers het en eintlik blind gemaak het vir die hemelse, word hierdie aardse dinge vir n kind van die Here onbenullig en word die Here self die fokuspunt van jou lewe. Op hierdie dag, wat vir haar as n gewone dag met sy gewone sleur begin het, het daar in hierdie vrou se lewe die grootste gebeur wat met n mens kan gebeur: - die Here het haar ware dors begin les met die lewende water wat Hy gee TOEPASSING Ken ons die ware dors, die diepste dors wat n mens kan hê: die dors na God? Of is hier van ons wat is soos wat hierdie vrou eers was? - godsdienstig, ja, in die sin dat ons darem so n basiese kennis van die Bybel het, al sien ons party dinge daarin ook maar n bietjie skeef; - godsdienstig in die sin dat ons kan saampraat oor die godsdienstige kwessies van ons tyd; - mense wat darem weet van Jesus en dat daar gesê word dat Hy eendag weer gaan kom; - mense wat aanbidders van God genoem kan word in die sin dat ons ons Bybel lees, ons gebede opsê, eredienste bywoon; - maar ook mense wat geestelik maar vlak is,

8 8 wat selfs in ons godsdiens eintlik maar net besig is met die dinge van hierdie aardse lewe; dit wat ons van die Here vra en verwag, is eintlik maar net dinge wat ons aardse lewe makliker en lekkerder kan maak; ons belangstellings, dit wat ons lees en kyk, dit waaroor ons praat, is maar net die alledaagse dinge; daar s geen geestelike diepte in ons lewens nie, baie min belangstelling in die breedte en lengte en diepte en hoogte van die liefde van die Here Jesus Christus vir ons; - mense wat heel gemaklik die gebooie van die Here oortree en wat dit vinnig probeer wegpraat as iemand n gesprek in daardie rigting wil stuur. Is van ons nie so nie? mense wat bý die Fontein van die lewende water is, maar dit nie besef nie, eintlik nog nie eers besef hoe dors ons regtig is nie! Wat kan n mens doen as jy so n mens is? Die Here Jesus het vir hierdie vrou gesê dat Hy vir haar lewende water sou gee as sy vir hom sou vra. 20 Hy s Iemand wat lewende water gee vir mense wat vra. Dís dan wat n mens kan doen as jy jou diepste dors geles wil hê: - jy gaan vra vir die Here Jesus; nie vir alles wat die lewe vir jou maklik en lekker kan maak nie, maar vir die water wat jou diepste dors tot in ewigheid wegvat. En as jy eers uit hierdie Fontein gedrink het, sal jou lewe nooit weer dieselfde wees nie AMEN 20 Joh 4:10

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL Votum en seën Psalm 118 : 2 Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1933/53) Psalm 4 : 3 Gebed Skriflesing: Johannes 19:17-27 (AV 1933/53) Teks: Johannes 19:26-27

Nadere informatie

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3.

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3. SKRIFLESING: Johannes 8 :12-20 TEKS: Johannes 8:12 TEMA: Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe Psalm 150 : 1, 2, 3 Psalm 43 : 3, 4 Skrifberyming 3 (4-7) : 1, 2 Skrifberyming 9 (18-1) : 1, 6 [Ook: Ps

Nadere informatie

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra SKRIFLESING: Romeine 12:1-8 TEKS: Romeine 12:1-2 HK 49 TEMA: Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra Psalm 103 : 10, 11 Skrifberyming 28 (10-1) : 1, 2 Psalm 119 : 11 Skrifberyming 78 (13-3)

Nadere informatie

Jesaja sien die Toekoms

Jesaja sien die Toekoms Bybel vir Kinders bied aan Jesaja sien die Toekoms Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Jonathan Hay Aangepas deur: Mary-Anne S. Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3 1 Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps. 116... Sb 33:1,3 1 Johannes 3 1Jn 3:1 Kyk wat n groot liefde die Vader aan ons bewys het,

Nadere informatie

1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80

1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80 1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80 Votum en seën Psalm 23 : 1, 3 Gebed Skriflesing: 1 Korintiërs 10:1-13 (AV 1983) Belydenis: HK 29:78-30:80 Teks: 1 Korintiërs 10:4 Psalm 105 : 21, 22 Preek: Die Heilige Gees

Nadere informatie

Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek

Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek SKRIFLESING: 1 Johannes 2:28 3:10 TEKS: 1 Johannes 3:8b TEMA: Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek Psalm 45 : 1, 3, 5, 6 Psalm 79: 5, 6 Skrifberyming 33 (2-4) : 1, 2 Skrifberyming

Nadere informatie

Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg

Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg SKRIFLESING: 1 Johannes 2:1-11 TEKS: 1 Johannes 2:6 TEMA: Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg Psalm 9 : 1, 2, 7 Psalm 31 : 13 (na gebed) Skrifberyming 72 (12-3) : 1, 2 Skrifberyming 78 (13-3) Ook:

Nadere informatie

Jesus Christus se opstanding maak ons lewens sinvol

Jesus Christus se opstanding maak ons lewens sinvol SKRIFLESING: 1 Korintiërs 15:1-20 TEKS: 1 Korintiërs 15:20a TEMA: Jesus Christus se opstanding maak ons lewens sinvol Psalm 33 : 2 Psalm 33 : 11 Skrifberyming 10 (5-4) : 1, 2 Ook: Sb 27 : 1, 3 1 Weet u

Nadere informatie

SKRIFLESING: 1 Petrus 2:1-10. TEKS: 1 Petrus 2:9. God red sodat ons sal vertel. Psalm 40 : 5. Psalm 4 : 3. Skrifberyming 8 (5-3) : 2.

SKRIFLESING: 1 Petrus 2:1-10. TEKS: 1 Petrus 2:9. God red sodat ons sal vertel. Psalm 40 : 5. Psalm 4 : 3. Skrifberyming 8 (5-3) : 2. SKRIFLESING: 1 Petrus 2:1-10 TEKS: 1 Petrus 2:9 TEMA: God red sodat ons sal vertel. Psalm 40 : 5 Psalm 4 : 3 Skrifberyming 8 (5-3) : 2 Psalm 71 : 9, 14 Skrifberyming 78 (13-3) Ook: Sb 24 (1-1) : 6 2 Waar

Nadere informatie

Die Here tree op teen dié wat terugdraai sonde toe

Die Here tree op teen dié wat terugdraai sonde toe SKRIFLESING: Genesis 19:1-30 TEKS: Genesis 19:26 TEMA: Die Here tree op teen dié wat terugdraai sonde toe Psalm 48 : 4 Psalm 7 : 6, 7 Psalm 1 : 1 Skrifberyming 78 (13-3) Ook: Sb 38 (15-2) : 2, 3 As n mens

Nadere informatie

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

DIE VLEUELS VAN GEBED (9) DIE VLEUELS VAN GEBED (9) DIE VLEUELS VAN GEBED (9) Jan van der Watt Dankie Here! Dankie sê is om jou skuld te betaal. In die tyd van die Bybel was dankie sê iets anders as vandag. Vandag is dankie n woord

Nadere informatie

God laat alles Sy kinders se saligheid bevorder.

God laat alles Sy kinders se saligheid bevorder. SKRIFLESING: Romeine 8:18-30 TEKS: Romeine 8:28 HK 9 TEMA: God laat alles Sy kinders se saligheid bevorder. Psalm 30 : 3, 4 Skrifberyming 33 (2-4) : 1 Psalm 119 : 25 Skrifberyming 78 (13-3) Ook: Sb 52

Nadere informatie

Die Here laat ons maai wat ons gesaai het

Die Here laat ons maai wat ons gesaai het SKRIFLESING: Galasiërs 6 TEKS: Galasiërs 6:7-8 TEMA: Die Here laat ons maai wat ons gesaai het Psalm 100 : 1, 3, 4 Psalm 50 : 11 Psalm 91 : 1 (na belydenisaflegging) Psalm 126 : 3 Skrifberyming 33 (2-4)

Nadere informatie

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun Bybel vir Kinders bied aan Die Verlore Seun Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Lazarus Aangepas deur: Ruth Klassen; Sarah S. Vertaal deur: Yvette Brits Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

MATTEUS 7:12. Votum en seën. Psalm 34 : 2, 4. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 4 : 3.

MATTEUS 7:12. Votum en seën. Psalm 34 : 2, 4. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 4 : 3. MATTEUS 7:12 Votum en seën Psalm 34 : 2, 4 Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 4 : 3 Gebed Skrifberyming 53 (14-3) : 4 Skriflesing: Matteus 7:7-23 (AV 1983/91) Teks:

Nadere informatie

Vir die Here is die hoofsaak dat ons sal glo en gehoorsaam.

Vir die Here is die hoofsaak dat ons sal glo en gehoorsaam. SKRIFLESING: Prediker 11:9 12:14 TEKS: Prediker 12:13 (OAV) TEMA: INHOUD: Vir die Here is die hoofsaak dat ons sal glo en gehoorsaam. Die hoofsaak Psalm 146 : 1, 4, 8 Psalm 19 : 7 Skrifberyming 12-3 :

Nadere informatie

PSALM 90:2 NGB 1. Votum en seën. Psalm 90 : 1. Gebed. Skriflesing: Psalm 90 (AV 1933/53) Belydenis: NGB 1. Teks: Psalm 90:2 (AV 1933/53)

PSALM 90:2 NGB 1. Votum en seën. Psalm 90 : 1. Gebed. Skriflesing: Psalm 90 (AV 1933/53) Belydenis: NGB 1. Teks: Psalm 90:2 (AV 1933/53) PSALM 90:2 NGB 1 Votum en seën Psalm 90 : 1 Gebed Skriflesing: Psalm 90 (AV 1933/53) Belydenis: NGB 1 Teks: Psalm 90:2 (AV 1933/53) Psalm 102 : 5, 11 Preek: God bestaan [nog] [altyd] Gebed Kollekte Skrifberyming

Nadere informatie

NIe net hier in 1 Korintiers 13 nie, maar in die hele 1 Korintiërs lees ons van al hierdie dinge wat die gemeente van Korinte gedoen het.

NIe net hier in 1 Korintiers 13 nie, maar in die hele 1 Korintiërs lees ons van al hierdie dinge wat die gemeente van Korinte gedoen het. 1 Preek: 1 Korintiërs 13:1-13 Teksverse: 1 Korintiërs 13:7 Tema: Die Heilige Gees rus jou toe om met ware liefde te leef! Inleiding Geliefde gemeente, ons het afgelope Donderdag op n besondere manier aan

Nadere informatie

Jesus kom op n onbekende tyd weer bly dan gereed vir Hom!

Jesus kom op n onbekende tyd weer bly dan gereed vir Hom! SKRIFLESING: Matteus 25:1-13 TEKS: Matteus 25:13 TEMA: Jesus kom op n onbekende tyd weer bly dan gereed vir Hom! Psalm 98 : 3 Psalm 99 : 1, 3 Skrifberyming 29 (18-3) : 8, 9 Skrifberyming 43 (15-7) : 5

Nadere informatie

Goeie Konings, Slegte Konings

Goeie Konings, Slegte Konings Bybel vir Kinders bied aan Goeie Konings, Slegte Konings Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Lazarus Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

Toe God alles gemaak het

Toe God alles gemaak het Bybel vir Kinders bied aan Toe God alles gemaak het Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Byron Unger; Lazarus Aangepas deur: Bob Davies; Tammy S. Vertaal deur: Hannelie Niemandt Vervaardig deur:

Nadere informatie

Die Here gee vir mense, wat oor Hom bly is, dit wat hulle harte begeer.

Die Here gee vir mense, wat oor Hom bly is, dit wat hulle harte begeer. SKRIFLESING: Psalm 37 : 1-11 TEKS: Psalm 37:4 TEMA: Die Here gee vir mense, wat oor Hom bly is, dit wat hulle harte begeer. Psalm 150 : 1, 2 Psalm 139 : 1, 3 Skrifberyming 72 (12-3) : 1, 2 Psalm 33 : 11

Nadere informatie

SKRIFLESING: Prediker 1:1-11. TEKS: Prediker 1:3. Los van God bied die lewe niks. Psalm 149 : 1, 2. Skrifberyming 19 (2-1) : 1, 2.

SKRIFLESING: Prediker 1:1-11. TEKS: Prediker 1:3. Los van God bied die lewe niks. Psalm 149 : 1, 2. Skrifberyming 19 (2-1) : 1, 2. SKRIFLESING: Prediker 1:1-11 TEKS: Prediker 1:3 TEMA: Los van God bied die lewe niks Psalm 149 : 1, 2 Skrifberyming 19 (2-1) : 1, 2 Psalm 90 : 2, 3 Psalm 90 : 1, 9 Ook: Ps 39 : 3, 4 Ps 102 : 11, 12 Wanneer

Nadere informatie

Preek Sondag 11 November 2102 Teks: Esegiël 43:1-7a, 47:1-12 Tema: Lewende water.

Preek Sondag 11 November 2102 Teks: Esegiël 43:1-7a, 47:1-12 Tema: Lewende water. Preek Sondag 11 November 2102 Teks: Esegiël 43:1-7a, 47:1-12 Tema: Lewende water. Inleiding: Die boek van Esegiël speel af in die grootste laagtepunt vir die volk van die Here in die Ou Testament- die

Nadere informatie

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22 1 BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22 Die sekerheid dat jy 'n kind van God is, is nie die einde van die pad nie maar die begin daarvan. Nou word dit moontlik om as gelowiges te groei. Maar waarheen lei

Nadere informatie

MATTEUS 27:46. Votum en seën. Skrifberyming 5-3 (8) : 2. Gebed. Skriflesing: Matteus 27:32-50 (AV 1933/53) Teks: Matteus 27:46 (AV 1933/53)

MATTEUS 27:46. Votum en seën. Skrifberyming 5-3 (8) : 2. Gebed. Skriflesing: Matteus 27:32-50 (AV 1933/53) Teks: Matteus 27:46 (AV 1933/53) MATTEUS 27:46 Votum en seën Skrifberyming 5-3 (8) : 2 Gebed Skriflesing: Matteus 27:32-50 (AV 1933/53) Teks: Matteus 27:46 (AV 1933/53) Psalm 22 : 1 Preek: Jesus is deur God verlaat, sodat dit nooit met

Nadere informatie

Toe God alles gemaak het

Toe God alles gemaak het Bybel vir Kinders bied aan Toe God alles gemaak het Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Byron Unger; Lazarus Aangepas deur: Bob Davies; Tammy S. Vertaal deur: Hannelie Niemandt Vervaardig deur:

Nadere informatie

U het rég gehoor: dat u die HÉre daar gaan dien; want dis wat die Heilige Gees ons hier laat hoor, dat ook ons alledaagse werk godsdiens is.

U het rég gehoor: dat u die HÉre daar gaan dien; want dis wat die Heilige Gees ons hier laat hoor, dat ook ons alledaagse werk godsdiens is. SKRIFLESING: Kolossense 3:18 4:1 TEKS: Kolossense 3:23 TEMA: God se kinders dien HÅm in hulle werk. Psalm 84 : 1, 6 Psalm 139 : 1, 5 Psalm 104 : 8, 9, 14 Skrifberyming 45 (18-7) : 1, 10 2 Vir die meeste

Nadere informatie

SKRIFLESING: Jesaja 55. TEKS: Jesaja 55: Die Here se Woord werk. Skrifberyming 34 (2-2) : 1. Psalm 19 : 4. Psalm 33 : 5.

SKRIFLESING: Jesaja 55. TEKS: Jesaja 55: Die Here se Woord werk. Skrifberyming 34 (2-2) : 1. Psalm 19 : 4. Psalm 33 : 5. SKRIFLESING: Jesaja 55 TEKS: Jesaja 55:10-11 TEMA: Die Here se Woord werk. Skrifberyming 34 (2-2) : 1 Psalm 19 : 4 Psalm 33 : 5 Psalm 89 : 6 Skrifberyming 78 (13-3) Ook: Ps 147 : 6, 7 Sb 34 (2-2) : 2 2

Nadere informatie

Bybel vir Kinders. bied aan. Joshua neem Beheer

Bybel vir Kinders. bied aan. Joshua neem Beheer Bybel vir Kinders bied aan Joshua neem Beheer Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

Jesus - Die Grootste Geskenk van Alle Tye - Reformation Society

Jesus - Die Grootste Geskenk van Alle Tye - Reformation Society "Jesus antwoord en sê vir haar: As jy die gawe van God geken het en geweet het wie Hy is wat vir jou sê: Gee vir My water om te drink, sou jy Hom gevra het en Hy sou vir jou lewende water gegee het." Johannes

Nadere informatie

Die Here gee Sy seën waar ouers en kinders Hom gehoorsaam.

Die Here gee Sy seën waar ouers en kinders Hom gehoorsaam. SKRIFLESING: Efesiërs 6:1-4 TEKS: Efesiërs 6:1-4 HK 39 TEMA: Die Here gee Sy seën waar ouers en kinders Hom gehoorsaam. Psalm 103 : 1 Psalm 25 : 3 Skrifberyming 26 (9-1) : 1, 7 Psalm 103 : 9 1 Ons wil

Nadere informatie

SKRIFLESING: Prediker 11. TEKS: Prediker 11:4, 6. Wie met God reken, gebruik sy/haar kanse. Psalm 149 : 1, 2. Psalm 126 : 3.

SKRIFLESING: Prediker 11. TEKS: Prediker 11:4, 6. Wie met God reken, gebruik sy/haar kanse. Psalm 149 : 1, 2. Psalm 126 : 3. SKRIFLESING: Prediker 11 TEKS: Prediker 11:4, 6 TEMA: Wie met God reken, gebruik sy/haar kanse Psalm 149 : 1, 2 Psalm 126 : 3 Psalm 128 : 1, 4 1 Is dit nog die moeite werd om dinge aan te pak in die kerk,

Nadere informatie

TEKS: Handelinge 2:39 HK 27:74. Die Here se belofte geld ook vir die kinders van gelowiges

TEKS: Handelinge 2:39 HK 27:74. Die Here se belofte geld ook vir die kinders van gelowiges SKRIFLESING: Handelinge 2:37-47 TEKS: Handelinge 2:39 HK 27:74 TEMA: Die Here se belofte geld ook vir die kinders van gelowiges Psalm 90 : 1 Skrifberyming 15 (16-1) : 1, 2, 3 Psalm 90 : 9 1 Dit gebeur

Nadere informatie

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Man van Vuur

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Man van Vuur Bybel vir Kinders bied aan Die Man van Vuur Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Lazarus Aangepas deur: E. Frischbutter Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

TEKS: Matteus 27 : HK 15. Jesus Christus se kruisdood is onmisbaar.

TEKS: Matteus 27 : HK 15. Jesus Christus se kruisdood is onmisbaar. SKRIFLESING: Matteus 27 : 32-56 TEKS: Matteus 27 : 39-44 HK 15 TEMA: Jesus Christus se kruisdood is onmisbaar. Psalm 45 : 1, 5, 16 Psalm 130 : 1,2 Psalm 69 : 1, 4 Skrifberyming 16 (11-3) : 8, 9, 10 Skrifberyming

Nadere informatie

n Kind, Jesus, word gebore en word groot (2)

n Kind, Jesus, word gebore en word groot (2) n Kind, Jesus, word gebore en word groot (2) n Kind, Jesus, word gebore en word groot (2) Jan van der Watt DEEL 2[1] DIE VERHALE VAN MATTEUS EN LUKAS Die verhaal van Jesus se geboorte (die kersverhaal)

Nadere informatie

KERSFEES. SKRIFLESING: Matteus 2:1-12. TEKS: Matteus 2:11. Hierdie Kindjie is God en Koning oor alle nasies. Psalm 67 : 1, 2 1.

KERSFEES. SKRIFLESING: Matteus 2:1-12. TEKS: Matteus 2:11. Hierdie Kindjie is God en Koning oor alle nasies. Psalm 67 : 1, 2 1. KERSFEES SKRIFLESING: Matteus 2:1-12 TEKS: Matteus 2:11 TEMA: Hierdie Kindjie is God en Koning oor alle nasies Psalm 67 : 1, 2 1 Psalm 119 : 7 Psalm 66 : 2 Skrifberyming 45 (18-7) : 3, 10 Skrifberyming

Nadere informatie

SKRIFLESING: Johannes 3:1-21. TEKS: Johannes 3:16. Psalm 149 : 1, 2. Psalm 25 : 3. Psalm 103 : 6 (na doop) Skrifberyming 33 (2-4) : 1

SKRIFLESING: Johannes 3:1-21. TEKS: Johannes 3:16. Psalm 149 : 1, 2. Psalm 25 : 3. Psalm 103 : 6 (na doop) Skrifberyming 33 (2-4) : 1 SKRIFLESING: Johannes 3:1-21 TEKS: Johannes 3:16 INHOUD: Die liefde van God Psalm 149 : 1, 2 Psalm 25 : 3 Psalm 103 : 6 (na doop) Skrifberyming 33 (2-4) : 1 2 As ons sou weet dat die wêreld hierdie week

Nadere informatie

Pretoria- 27 Mei 2012 (Nagmaal)

Pretoria- 27 Mei 2012 (Nagmaal) 1 Skriflesing: Handelinge 2:12-36 Teks: Handelinge 2:25-31 Sing- Ps. 31:1,4; Ps. 32:4; Ps. 16: 1,5; Ps. 23:3; Ps. 116 Ps. 66:7 Broeder en suster- Watter voorreg ontvang ons vanoggend om in die tyd wat

Nadere informatie

SKRIFLESING: Matteus 20:1-16. TEKS: Matteus 20:15b. Die Here is goed. Skriberyming 72 (12-3) : 1, 2. Psalm 121 : 2, 3 (na gebed) Psalm 107 : 1, 15

SKRIFLESING: Matteus 20:1-16. TEKS: Matteus 20:15b. Die Here is goed. Skriberyming 72 (12-3) : 1, 2. Psalm 121 : 2, 3 (na gebed) Psalm 107 : 1, 15 SKRIFLESING: Matteus 20:1-16 TEKS: Matteus 20:15b TEMA: Die Here is goed Skriberyming 72 (12-3) : 1, 2 Psalm 121 : 2, 3 (na gebed) Psalm 107 : 1, 15 Vgl gedig van Totius (Versamelde Werke deel 10 bl 242)

Nadere informatie

Simson, God se sterk Man

Simson, God se sterk Man Bybel vir Kinders bied aan Simson, God se sterk Man Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Lyn Doerksen Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

TEKS: Matteus 28:11-15 HK 17. Jesus se opstanding, wat regtig gebeur het, gee moed en hoop.

TEKS: Matteus 28:11-15 HK 17. Jesus se opstanding, wat regtig gebeur het, gee moed en hoop. SKRIFLESING: Matteus 27:62 28:15 TEKS: Matteus 28:11-15 HK 17 TEMA: Jesus se opstanding, wat regtig gebeur het, gee moed en hoop. Psalm 118 : 12 Psalm 37 : 17, 18 Psalm 16 : 5 Psalm 71 : 1, 2 1 Daar word

Nadere informatie

toegewy aan God ross os s v an v nieker i k

toegewy aan God ross os s v an v nieker i k toegewy aan God ross van niekerk goddelike nageslag hoe verseker ons dit? 1. modelleer. 2. liefde. 3. instruksie. 4. dissipline. 5. meedeling. psalm 127:3 Kyk, kinders is n erfdeel van die HERE; die vrug

Nadere informatie

23. Reëls vir die pad die padgebruikers

23. Reëls vir die pad die padgebruikers 23. Reëls vir die pad die padgebruikers Oorhoofse tema Die Here is saam met ons op pad. As die Padmaker het Hy vir ons tien padreëls of lewensreëls gegee sodat ons elke dag daarvolgens kan leef. Die eerste

Nadere informatie

Die Groot Geloofswoordeboek: Liefde

Die Groot Geloofswoordeboek: Liefde Die Groot Geloofswoordeboek: Liefde Die Groot Geloofswoordeboek: Liefde Liefde (*God) Liefde is een van die kernwoorde van die Bybel, maar miskien juis daarom een van die mees misbruikte woorde. In ons

Nadere informatie

Die Here roep ons op tot wáre bekering

Die Here roep ons op tot wáre bekering SKRIFLESING: Jeremia 3:6 4:4 TEKS: Jeremia 3:10 (AV 1933/53) TEMA: Die Here roep ons op tot wáre bekering Psalm 138 : 1 Psalm 135 : 3, 8 (Sy grootheid en Sy ontferming) Psalm 61 : 4 Skrifberyming 19 (2-1)

Nadere informatie

Dien God uit liefde, nie vir voordeel nie.

Dien God uit liefde, nie vir voordeel nie. SKRIFLESING: Jeremia 44:15-30 TEKS: Jeremia 44:17-18 TEMA: Dien God uit liefde, nie vir voordeel nie. Psalm 84 : 1, 5 Psalm 4 : 3 Psalm 16 : 1, 2 Skrifberyming 74 (14-2) Skrifberyming 78 (13-3) Ook: Ps

Nadere informatie

Die Here gee ons ná die tydelike die blywende.

Die Here gee ons ná die tydelike die blywende. SKRIFLESING: 2 Korintiërs 4:16 5:10 TEKS: 2 Korintiërs 5:1 TEMA: Die Here gee ons ná die tydelike die blywende. Psalm 90 : 1, 2 Psalm 102 : 11, 12 Psalm 84 : 1 Skrifberyming 78 (13-3) Ook: Skrifberyming

Nadere informatie

KERSFEES. SKRIFLESING: Lukas 2:8-20. Lukas 2:15, 17, 20 [lees in preek weer] Die geboorte van Jesus dring tot geloofsaksie, getuienis en aanbidding.

KERSFEES. SKRIFLESING: Lukas 2:8-20. Lukas 2:15, 17, 20 [lees in preek weer] Die geboorte van Jesus dring tot geloofsaksie, getuienis en aanbidding. KERSFEES SKRIFLESING: Lukas 2:8-20 TEKS: TEMA: OPSKRIF: Lukas 2:15, 17, 20 [lees in preek weer] Die geboorte van Jesus dring tot geloofsaksie, getuienis en aanbidding. NÄ Kersfees wat dan? Psalm 145 :

Nadere informatie

Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak.

Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak. Vals beeld van God: Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak. Ware beeld van God: God se beloftes word vervul in Jesus. Ons kan

Nadere informatie

12. Ek glo in die Heilige Gees Johannes 16:5-7, 12-15

12. Ek glo in die Heilige Gees Johannes 16:5-7, 12-15 1 12. Ek glo in die Heilige Gees Johannes 16:5-7, 12-15 Tema Jesus het die Heilige Gees gestuur om ons te help. Agtergrond en interpretasie Hierdie ontmoeting sluit by die voriges aan. Een artikel van

Nadere informatie

MATTEUS 22:11-13 HK SONDAG 30:81

MATTEUS 22:11-13 HK SONDAG 30:81 MATTEUS 22:11-13 HK SONDAG 30:81 Votum en seën Psalm 2 : 6 Geloofsbelydenis: Nicea Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983) Psalm 86 : 6 Gebed Skriflesing: Matteus 22:1-14 (AV 1983) Belydenis: HK 30:81 Teks: Matteus

Nadere informatie

God bring Sy dienaar wat vlug, terug na Hom toe.

God bring Sy dienaar wat vlug, terug na Hom toe. SKRIFLESING: Jona 1 TEKS: Jona 1:12c TEMA: God bring Sy dienaar wat vlug, terug na Hom toe. Psalm 66 : 1 Psalm 139 : 2, 3 Psalm 66 : 2 1 n Mens kan nie vir God vlug nie. Jy kan probeer, maar jy gaan dit

Nadere informatie

In nood kan ons God as Vader aanroep.

In nood kan ons God as Vader aanroep. SKRIFLESING: Jesaja 63:7 64:12 TEKS: Jesaja 63:16 en 64:8 HK 9 TEMA: In nood kan ons God as Vader aanroep. Psalm 33 : 1 Skrifberyming 17 (17-1) : 5, 6 Psalm 103 : 7 Psalm 33 : 11 Ook: Ps 104 Sb 33 2 Na

Nadere informatie

Soos n wildsbok wat smag na water Smag my siel na u o Heer U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer SOOS N WILDSBOK

Soos n wildsbok wat smag na water Smag my siel na u o Heer U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer SOOS N WILDSBOK Soos n wildsbok wat smag na water Smag my siel na u o Heer U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer SOOS N WILDSBOK U alleen is my krag en skild Aan U alleen wy ek nou myself U alleen is

Nadere informatie

Die gebruik van 'n persoonlike joernaal of dagboek

Die gebruik van 'n persoonlike joernaal of dagboek Die gebruik van 'n persoonlike joernaal of dagboek Uit Doelgerigte Gebed deur Bennie Mostert, CUM uitgewers Opdrag: Maak 'n keuse om in hierdie week wat kom minstens 5 dae te neem om 15-30 minute per dag

Nadere informatie

KOLOSSENSE 3:17 HK Sondag 36

KOLOSSENSE 3:17 HK Sondag 36 KOLOSSENSE 3:17 HK Sondag 36 Votum en seën Psalm 20 : 1, 2, 7 Gebed Skriflesing: Kolossense 3:1-17 (AV 1983) Belydenis: HK 36:99 Teks: Kolossense 3:17 (AV 1983) Psalm 118 : 5 Preek: God se kinders eer

Nadere informatie

Matteus se Judas en die koninkryk

Matteus se Judas en die koninkryk Cobus van Wyngaard http://mycontemplations.wordpress.com http://anderkant.wordpress.com www.twitter.com/cobusvw www.facebook.com/cobus 31 Maart 2009 Familiekerk NG Kameeldrif Matteus se Judas en die koninkryk

Nadere informatie

Luister en praat. Kyk na die prent en gesels daaroor. 1. Beskryf wat jy in die prent sien. 2. Waaraan, dink jy, dink die seun?

Luister en praat. Kyk na die prent en gesels daaroor. 1. Beskryf wat jy in die prent sien. 2. Waaraan, dink jy, dink die seun? Luister en praat Naam: Kyk na die prent en gesels daaroor. 1. Beskryf wat jy in die prent sien. 2. Waaraan, dink jy, dink die seun? 3. Waaraan, dink jy, dink die kat? 4. Hoekom dink jy is daar ʼn slot aan

Nadere informatie

eboeke word ontwikkel en gratis verskaf deur die

eboeke word ontwikkel en gratis verskaf deur die Ons praat baie van dinge wat in verhouding tot mekaar is, sonder om dit regtig agter te kom! As jy byvoorbeeld sê dat jy twee van die ses stukke van n pizza geëet het, het jy n verhouding beskryf: Die

Nadere informatie

Skriflesing: 1 Johannes 4:1-5:13 Teks: 1 Johannes 4:2-4; 9; 18-20; 5:12 Sing- Ps 65:2,3; Ps. 73:1,10; Ps. 66:7,9

Skriflesing: 1 Johannes 4:1-5:13 Teks: 1 Johannes 4:2-4; 9; 18-20; 5:12 Sing- Ps 65:2,3; Ps. 73:1,10; Ps. 66:7,9 1 Skriflesing: 1 Johannes 4:1-5:13 Teks: 1 Johannes 4:2-4; 9; 18-20; 5:12 Sing- Ps 65:2,3; Ps. 73:1,10; Ps. 66:7,9 1 Johannes 4:1-5:12 1Jn 4:1 Geliefdes, glo nie elke gees nie, maar stel die geeste op

Nadere informatie

Pretoria- 27 Mei 2012 (Nabetragting)

Pretoria- 27 Mei 2012 (Nabetragting) 1 Skriflesing: Psalm 16 Teks: Psalm 16:10-11a Sing- Ps. 68:15; Ps. 23:2; Ps. 2:4 Petrus preek op Pinkstersondag, Psalm 16 (vgl. Hand 2:25-31). Broeder en suster, watter aangrypende Psalm, waar Dawid as

Nadere informatie

Heilig, heilig, heilig, heilig is die Heer. Eng'le in die hemel buig hul voor Hom neer. Here, hoor my bede, hoor my as ek sing, en aan U, my Vader,

Heilig, heilig, heilig, heilig is die Heer. Eng'le in die hemel buig hul voor Hom neer. Here, hoor my bede, hoor my as ek sing, en aan U, my Vader, Heilig, heilig, heilig, heilig is die Heer. Eng'le in die hemel buig hul voor Hom neer. Here, hoor my bede, hoor my as ek sing, en aan U, my Vader, al my hulde bring. Lied 171:2 Heilig, heilig, heilig,

Nadere informatie

Meer Jesus Meer Liefde Meer Dissipels. Leierskap Strukture

Meer Jesus Meer Liefde Meer Dissipels. Leierskap Strukture Meer Jesus Meer Liefde Meer Dissipels Leierskap Strukture Woord van God, Woord van die lewe, Woord vir ewig vas en waar, Woord onfeilbaar en verhewe waarin God Hom openbaar! L 255:1 (vervolg) Woord betroubaar,

Nadere informatie

TEKS: Openbaring 1:4b-5a HK 8

TEKS: Openbaring 1:4b-5a HK 8 SKRIFLESING: Openbaring 1:1-8 TEKS: Openbaring 1:4b-5a HK 8 TEMA: Die drie-enige God seën Sy kerk. Psalm 67 : 2 Psalm 90 : 1 Skrifberyming 25 (19-3) : 1, 2, 3 Skrifberyming 78 (13-3) Ook: Ps 89 : 10, 11,

Nadere informatie

Preek Exodus 23:29-30

Preek Exodus 23:29-30 1 Preek Exodus 23:29-30 (Preek gelewer tydens oggenddiens in Welkom-Noord op Sondag 23 Oktober 2016) Voor die erediens Sing: Psalm 148-1:1,5 Sing: Lied 509:1,2 Sing: Lied 275:1,3,5 Afkondigings Stilte

Nadere informatie

Om makliker saam te dink oor God se goedheid gaan ons weer `n paar handvatsels gee.

Om makliker saam te dink oor God se goedheid gaan ons weer `n paar handvatsels gee. 1 God se goedheid en Abraham 2.10.16 Lees Efesiërs 3:16-21 INLEIDING Ons is besig met `n reeks preke wat handel oor wie God is. Hoe langer ek hiermee besig is, hoe meer kom ek agter dat dit nogal voorbarig

Nadere informatie

JULLE MOET WEDERGEBORE WORD

JULLE MOET WEDERGEBORE WORD JULLE MOET WEDERGEBORE WORD Deur Abba Vader 23Oktober 2007 om 09;18 Julle moet nie glo dat julle al wedergebore is nie. Die ware wedergeboorte is n langsame en delikate proses. Van julle het al die geestelike

Nadere informatie

1. So iets het ons nog nooit gesien nie Markus 2:1-12

1. So iets het ons nog nooit gesien nie Markus 2:1-12 1. So iets het ons nog nooit gesien nie Markus 2:1-12 Tema Jesus is God wat ʼn sondige verlamde man help en ons met hierdie Goeie Nuus na ander mense toe stuur. Só sal baie mense God prys. Agtergrond en

Nadere informatie

PSALM 3:8. Votum en seën. Psalm 9 : 1, 2, 4. Gebed. Skriflesing: Psalm 3 (AV 1983) Teks: Psalm 3:8. Psalm 38 : 13, 17

PSALM 3:8. Votum en seën. Psalm 9 : 1, 2, 4. Gebed. Skriflesing: Psalm 3 (AV 1983) Teks: Psalm 3:8. Psalm 38 : 13, 17 PSALM 3:8 Votum en seën Psalm 9 : 1, 2, 4 Gebed Skriflesing: Psalm 3 (AV 1983) Teks: Psalm 3:8 Psalm 38 : 13, 17 Preek: Die Here verhoor gebede soms anders as wat ons voorsien het Gebed Kollekte Psalm

Nadere informatie

Die Woord van God, die onderrig van Jesus - dit is die kosbaarste wat die kerk het. Weet ons dit nog?

Die Woord van God, die onderrig van Jesus - dit is die kosbaarste wat die kerk het. Weet ons dit nog? 1 Lees: Luk.10:38-42; Joh.12:1-11 Teks: Luk.10:41-42; Joh.12:2,3 Datum: 2 Februarie 2016 Psalms: Ps.150:1,2,3; 138:1,2; 65:2; 66:1,7; 119:7,19 1. Inleiding: Die Woord van God, die onderrig van Jesus -

Nadere informatie

OPENBARING 21:9-10. Votum en seën. Psalm 122 : 1. Gebed. Psalm 46 : 1, 2. Skriflesing: Openbaring 21:1-21 (AV 1983/91)

OPENBARING 21:9-10. Votum en seën. Psalm 122 : 1. Gebed. Psalm 46 : 1, 2. Skriflesing: Openbaring 21:1-21 (AV 1983/91) OPENBARING 21:9-10 Votum en seën Psalm 122 : 1 Gebed Psalm 46 : 1, 2 Skriflesing: Openbaring 21:1-21 (AV 1983/91) Teks: Openbaring 21:9-10 (AV 1983/91) Preek: Die Here se toekoms vir ons Gebed Kollekte

Nadere informatie

SKRIFLESING: Deuteronomium 30. TEKS: Deueronomium 30:6 HK 25. Die eintlike is die werk van God. Psalm 105 : 1, 5. Psalm 63 : 3

SKRIFLESING: Deuteronomium 30. TEKS: Deueronomium 30:6 HK 25. Die eintlike is die werk van God. Psalm 105 : 1, 5. Psalm 63 : 3 SKRIFLESING: Deuteronomium 30 TEKS: Deueronomium 30:6 HK 25 TEMA: Die eintlike is die werk van God Psalm 105 : 1, 5 Psalm 63 : 3 Skrifberyming 14 (8-1) : 1, 2 1 Het u al gedink aan die geweldige invloed

Nadere informatie

Deur Christus Alleen

Deur Christus Alleen Gepubliseer op: Deur Christus Alleen Tuisblad van dr. A.H. Bogaards www.enigstetroos.org 1 Lees: Handelinge 3:1-4:12 Teks: Handelinge 4:9-12 H.K.: Sondag 11 Datum: 16 Oktober 2012 Ps's: Ps.118:1,2; 118:5,6;

Nadere informatie

Joh 4 Aanbidding in Gees en Waarheid

Joh 4 Aanbidding in Gees en Waarheid Joh 4 Aanbidding in Gees en Waarheid As jy nie in n aanbiddings-verhouding met God bly nie, gaan jy ook nie by die waarheid bly nie. As die waarheid van Christus en die evangelie nie in jou gees geopenbaar

Nadere informatie

1 KORINTIËRS 10:31. Ook: Pss 8, 19 Ps 96 : 3, 4 Sb 2-5 (35) : 3

1 KORINTIËRS 10:31. Ook: Pss 8, 19 Ps 96 : 3, 4 Sb 2-5 (35) : 3 1 KORINTIËRS 10:31 Votum en seën Psalm 92 : 1, 2 [Tweede melodie P van den Burg] Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Skrifberyming 15-1 (75) : 2, 4 Gebed Psalm 90 : 1, 9

Nadere informatie

Dankoffersondag met Nagmaal 4 November

Dankoffersondag met Nagmaal 4 November Dankoffersondag met Nagmaal 4 November Ek begin diens met afkondigings, votum, seëngroet Votum: Ons het ondervind dat die Here goed is. Kom na Hom toe, die lewende steen, wat deur die mense afgekeur is,

Nadere informatie

Die Here se onbreekbare liefde dissiplineer en wen Sy volk

Die Here se onbreekbare liefde dissiplineer en wen Sy volk SKRIFLESING: Hosea 3 TEKS: Hosea 3:1 TEMA: INHOUD: Die Here se onbreekbare liefde dissiplineer en wen Sy volk Onbreekbare liefde Psalm 34 : 1, 2 Psalm 139 : 1, 12 Skrifberyming 14 (8-1) : 1 (na doop) Psalm

Nadere informatie

VERSPREI GOD SE LIEFDE (2) VERTEL ANDER VAN GOD SE LIEFDE 13 Augustus 2006, Ds Freddie Schoeman

VERSPREI GOD SE LIEFDE (2) VERTEL ANDER VAN GOD SE LIEFDE 13 Augustus 2006, Ds Freddie Schoeman VERSPREI GOD SE LIEFDE (2) VERTEL ANDER VAN GOD SE LIEFDE 13 Augustus 2006, Ds Freddie Schoeman Die basis van ons verhouding met ander is dieselfde as die basis van ons verhouding met God en mekaar: GENADE.

Nadere informatie

Jesus lewe! Kruisiging en opstanding. Teks: Mat 21:1-11 en Joh 3:16

Jesus lewe! Kruisiging en opstanding. Teks: Mat 21:1-11 en Joh 3:16 Jesus lewe! Kruisiging en opstanding Teks: Mat 21:1-11 en Joh 3:16 Hulpmiddels: 3 stelle van 3 bordjies wat elkeen n gesigsuitdrukking het: n bly gesiggie, n hartseer gesiggie en n bang gesiggie 2 Handskoenpoppe

Nadere informatie

2 KONINGS 6:20. Votum en seën. Psalm 104 : 1, 20. Gebed. Skriflesing: 2 Konings 6:8-23 (AV 1983) Teks: 2 Konings 6:20 (AV 1983) Psalm 46 : 1

2 KONINGS 6:20. Votum en seën. Psalm 104 : 1, 20. Gebed. Skriflesing: 2 Konings 6:8-23 (AV 1983) Teks: 2 Konings 6:20 (AV 1983) Psalm 46 : 1 2 KONINGS 6:20 Votum en seën Psalm 104 : 1, 20 Gebed Skriflesing: 2 Konings 6:8-23 (AV 1983) Teks: 2 Konings 6:20 (AV 1983) Psalm 46 : 1 Preek: Die Here wys Sy vyande Sy mag en liefde Gebed Kollekte Psalm

Nadere informatie

SKRIFLESING: Lukas 15: TEKS: Lukas 15:19, 24 TEMA: Psalm 100 : 1, 3, 4. Psalm 32 : 3. Psalm 103 : 6. Skrifberyming 19 (2-1) : 6, 7

SKRIFLESING: Lukas 15: TEKS: Lukas 15:19, 24 TEMA: Psalm 100 : 1, 3, 4. Psalm 32 : 3. Psalm 103 : 6. Skrifberyming 19 (2-1) : 6, 7 SKRIFLESING: Lukas 15:11-32 TEKS: Lukas 15:19, 24 TEMA: Psalm 100 : 1, 3, 4 Psalm 32 : 3 Psalm 103 : 6 Skrifberyming 19 (2-1) : 6, 7 Skrifberyming 78 (13-3) 2 Hierdie gelykenis is nie verniet al die pêrel

Nadere informatie

Daar is vandag n tendens onder baie Christene om die Joodse Feeste en die sabbat te hou. Daar is Joodse gemeentes in Christus wat nie Christene

Daar is vandag n tendens onder baie Christene om die Joodse Feeste en die sabbat te hou. Daar is Joodse gemeentes in Christus wat nie Christene DIE JOODSE FEESTE Lev.23:1-3 Moet ons as Christene ook die Joodse feeste hou? Is hierdie Ou Testamentiese Feeste ook verpligtend onder die Nuwe Testament? Of kan ons kies of ons dit wil hou? Of moet ons

Nadere informatie

Pretoria-.. Romeine 3:9-31 Sondag 23 30/10/2009 Ds. Petrus Venter

Pretoria-.. Romeine 3:9-31 Sondag 23 30/10/2009 Ds. Petrus Venter 1 Skriflesing: ; Efesiërs 2:1-10 Heidelbergse Kategismus: Teks: Efesiërs 2:8; Romeine 3:28 Sing- SAMESANG: Ps.24:1,3 TYDENS EREDIENS: Ps.130:1,4; Ps.25:5,6; Ps.98:2 Dit is die groot vraag wat vir Luther

Nadere informatie

Johannes 9:13-34; /03/2014

Johannes 9:13-34; /03/2014 Johannes 9:13-34; 39-41 16/03/2014 Die bekende skrywer, Max Lucado, vertel van n blinde man met die naam, Bob Edens wat 51 jaar lank blind was, voor n oogspesialis sy oë in n baie ingewikkelde operasie,

Nadere informatie

Tema: Leef jou geloof uit in n persoonlike verhouding met God.

Tema: Leef jou geloof uit in n persoonlike verhouding met God. 1 Tema: Leef jou geloof uit in n persoonlike verhouding met God. Vooraf sang Lied 334: 1,2,3,4 Lied 530: 1,2,3. Ontmoetingsdiens Intreelied Sb 3 4: 1,5 Votum Seën Lofsang Ps. 18 1: 1,20 Woorddiens Gebed

Nadere informatie

LYDING. SKRIFLESING: Johannes 19: TEKS: Johannes 19: Jesus Christus word arm en naak en oorwonne vir ons. Psalm 68 : 9.

LYDING. SKRIFLESING: Johannes 19: TEKS: Johannes 19: Jesus Christus word arm en naak en oorwonne vir ons. Psalm 68 : 9. LYDING SKRIFLESING: Johannes 19:17-37 TEKS: Johannes 19:23-24 TEMA: Jesus Christus word arm en naak en oorwonne vir ons. Psalm 68 : 9 Psalm 32 : 1 Psalm 71 : 4 (na doop) Skrifberyming 44 (15-8) : 2, 5

Nadere informatie

DIE BRIEF AAN FILEMON

DIE BRIEF AAN FILEMON DIE BRIEF AAN FILEMON Inleiding Hierdie brief maak saam met die briewe aan die Efesiërs, Filippense en Kolossense die viertal geskrifte uit wat bekend staan as Paulus se gevangenskapsbriewe. By twee geleenthede

Nadere informatie

n Vuurmaak Kit vir Pappas

n Vuurmaak Kit vir Pappas n Vuurmaak Kit vir Pappas Doel: Dat elke kind sal verstaan dat Heilige Gees ook n vuur is, wat aangeblaas en geblus kan word. Dat Heilige Gees God is en dat ons Hom kan teenstaan, bedroef (hartseer maak),

Nadere informatie

SKRIFLESING: Openbaring 1:1-8. TEKS: Openbaring 1:8. Die Here omvat alles altyd. Psalm 90 : 1, 2. Psalm 65 : 2, 4. Psalm 102 : 11

SKRIFLESING: Openbaring 1:1-8. TEKS: Openbaring 1:8. Die Here omvat alles altyd. Psalm 90 : 1, 2. Psalm 65 : 2, 4. Psalm 102 : 11 SKRIFLESING: Openbaring 1:1-8 TEKS: Openbaring 1:8 TEMA: Die Here omvat alles altyd. Psalm 90 : 1, 2 Psalm 65 : 2, 4 Psalm 102 : 11 Skrifberyming 10 (5-4 ) 5, 6 [Ook: Sb 7-2 : 1, 2 Sb 24 : 1, 7] 1 Die

Nadere informatie

LUKAS 2:11. Votum en seën. Psalm 150 : 1, 2, 3. Gebed. Skriflesing: Lukas 2:1-20 (AV 1983/91) Teks: Lukas 2:11 (AV 1983/91) Skrifberyming 51 (3-1) : 3

LUKAS 2:11. Votum en seën. Psalm 150 : 1, 2, 3. Gebed. Skriflesing: Lukas 2:1-20 (AV 1983/91) Teks: Lukas 2:11 (AV 1983/91) Skrifberyming 51 (3-1) : 3 LUKAS 2:11 Votum en seën Psalm 150 : 1, 2, 3 Gebed Skriflesing: Lukas 2:1-20 (AV 1983/91) Teks: Lukas 2:11 (AV 1983/91) Skrifberyming 51 (3-1) : 3 Preek: Jesus (Wie se geboorte ons vier) is Verlosser,

Nadere informatie

SKRIFLESING: Prediker 8:9-17. TEKS: Prediker 8:11 HK 4. Mense dink verniet dat God nié straf nie. Psalm 92 : 1, 2. Psalm 94 : 4, 12.

SKRIFLESING: Prediker 8:9-17. TEKS: Prediker 8:11 HK 4. Mense dink verniet dat God nié straf nie. Psalm 92 : 1, 2. Psalm 94 : 4, 12. SKRIFLESING: Prediker 8:9-17 TEKS: Prediker 8:11 HK 4 TEMA: Mense dink verniet dat God nié straf nie. Psalm 92 : 1, 2 Psalm 94 : 4, 12 Psalm 92 : 3, 4 Ook: Ps 10 Ps 50 Ps 73 2 Dis ongelukkig n feit dat

Nadere informatie

Deur Christus Alleen

Deur Christus Alleen Gepubliseer op: Deur Christus Alleen Tuisblad van dr. A.H. Bogaards www.enigstetroos.org 1 Lees: Psalm 130 Teks: Psalm 130 H.K.: Son.1:2 Psalms: 138:1,2; Sk.27; 130:1,2; 130:3,4; 38:1,17 1. Inleiding Dit

Nadere informatie

TEKS: 1 Korintiërs 13:5b-7 HK 40

TEKS: 1 Korintiërs 13:5b-7 HK 40 SKRIFLESING: 1 Korintiërs 13 TEKS: 1 Korintiërs 13:5b-7 HK 40 TEMA: So doen liefde Psalm 67 : 1 Psalm 133 : 1 Skrifberyming 21 (9-4) : 5, 6 Skrifberyming 78 (13-3) 2 In ons Christelike lewe is daar niks

Nadere informatie

Pretoria- 10 Junie 2012

Pretoria- 10 Junie 2012 1 Skriflesing: Spreuke 30:1-16 Teks: Spreuke 30:15-16 Sing- Ps. 18:6,7; Ps. 10:1,7; Ps. 19:2; Ps. 48:3 Gee, gee broeder en suster, ons leef in n tyd wat hierdie twéé woorde sterk staan. Almal wil net nog

Nadere informatie

Gemeenskap. Wat is n gemeenskap? n Gemeenskap het n hoof/hoof?

Gemeenskap. Wat is n gemeenskap? n Gemeenskap het n hoof/hoof? Gemeenskap Wat is n gemeenskap? Die woord gemeenskap dui n intieme verband tussen mense aan. Mense wat deel aan iets, maar dit wat hulle deel is baie besonders. Uit die Grieks is die woord vir gemeenskap

Nadere informatie

PREEK: SONDAG 29 Maart 2015 ONTNUGTERING Ds. Attie Steyn

PREEK: SONDAG 29 Maart 2015 ONTNUGTERING Ds. Attie Steyn PREEK: SONDAG 29 Maart 2015 ONTNUGTERING Ds. Attie Steyn Ontnugtering! Jeremia 15:10, 15-18; 20:7-13 (Die Boodskap-vertaling word gebruik, tensy anders aangedui) 1. Die krisis wat profeet-wees bring As

Nadere informatie

ADVENT. November 2016

ADVENT. November 2016 1 ADVENT November 2016 2 KLEINGROEPE: NUUS Ons laaste Familienuus vir die jaar en op daardie noot groet ek as Kleingroepe-koördineerder elkeen van julle. Dit was n voorreg om deel van hierdie bediening

Nadere informatie