HEBREËRS 6:19. Votum en seën. Psalm 9 : 1, 5, 8. Gebed. Skriflesing: Hebreërs 5:11 6:20 (AV 1983/91) Teks: Hebreërs 6:19 (AV 1983/91) Psalm 42 : 3

Maat: px
Weergave met pagina beginnen:

Download "HEBREËRS 6:19. Votum en seën. Psalm 9 : 1, 5, 8. Gebed. Skriflesing: Hebreërs 5:11 6:20 (AV 1983/91) Teks: Hebreërs 6:19 (AV 1983/91) Psalm 42 : 3"

Transcriptie

1 HEBREËRS 6:19 Votum en seën Psalm 9 : 1, 5, 8 Gebed Skriflesing: Hebreërs 5:11 6:20 (AV 1983/91) Teks: Hebreërs 6:19 (AV 1983/91) Psalm 42 : 3 Preek: God anker ons stewig met hoop Gebed Kollekte Skrifberyming 59 (10-2) Seën Skrifberyming 78 (13-3) Ook: Psalm 130 : 3, 4

2 2 Ons is amper by die einde van nog n jaar. Ons beleef die tipiese einde-van-die-jaar gevoelens: - daardie gevoel dat die jaar vinnig verbygegaan het en dat só n mens se lewe verbyskiet; - daardie gevoel van verganklikheid, dat alles een of ander tyd tot n einde kom, dat niks in hierdie wêreld vir altyd bly nie; - daardie onsekerheid oor verandering: in die jaar wat verby is, het daar dinge in ons lewens verander; wat gaan nie alles in die nuwe jaar wat kom, verander nie? Dis nóú wat n mens besef hoe belangrik geestelike vastigheid is, want as jy geestelik vasstaan, sal jy hierdie gevoelens van kortstondigheid en verganklikheid en onsekerheid kan hanteer. Wil u dit nie ook hê nie: geestelike verankerdheid? Dan is hierdie vers ook vir u bedoel, want dis n vers waarin ons hoor dat God ons stewig anker met hoop. Dis die hoofsin van vanaand se preek: God anker ons stewig met hoop. Kom ons gaan die volgende na: 1. wat hoop is; 2. dat dit so vas soos n anker is. 1. WAT HOOP IS Die woord hoop kan na twee sake verwys: - na die daad van hoop, of na dit waarop n mens hoop; - hoop kan n werkwoord wees (ek hoop), of dit kan n selfstandige naamwoord wees (dit of dat is my hoop). As dit na ons daad verwys, dan is hoop om in jou gedagtes vas te gryp aan iets wat voorlê - jou uitsien daarna; - jou afwagting daarop. Die vermoë om dit te kan doen, kom natuurlik van die Heilige Gees af.

3 3 Wanneer die Gees ons weer gebore laat word, gee Hy nie net vir ons die vermoë om te kan glo en te kan liefhê nie, maar ook om te kan hoop hierdie vasgryp en uitsien en afwag Dis n gawe van die Gees om te kan vasgryp aan dit wat voorlê. Die woord hoop kan in die Bybel verwys na hierdie daad van n weergebore mens. Maar die woord hoop verwys ook na dit waarop n mens hoop, dit waaraan jy vasgryp. Die AV 1933/53 praat in vers 18 van die hoop wat voorlê. In hierdie betekenis is hoop nie ons daad van vasgryp nie, maar hier is hoop n iets: dit wat vir ons voorlê. U weet mos wat vir kinders van die Here voorlê: o Dis daardie lewe wat in die Woord ewige lewe genoem word; o Dis daardie lewe waar dinge nie meer vergaan en verbygaan nie. o Dis daardie lewe waar daar nie meer ongewenste veranderings kom nie. o Dis daardie lewe waar daar nie meer siekte en pyn en bekommernis en depressie en teleurstelling en hartseer is nie. o Dis daardie lewe met volmaakte liggame wat ons na die wederkoms van Jesus sal hê. o Dis daardie lewe waar ons by God bly en gedurig al die lieflikhede van die Here sal geniet. o Dis daardie lewe waar ons in volmaakte harmonie met al ons mede-bewoners van die nuutgemaakte aarde saamleef. Dis ook ons hoop: daardie lewe wat kom! Hoop is nie net ons daad van vasgryp aan wat voorlê nie, maar ook dit waarna ons uitsien, dit wat God belowe het om vir ons te gee.

4 4 2. DAT DIT SO VAS SOOS n ANKER IS Hierdie hoop (sê ons teksvers) is veilig en onbeweeglik en agter die voorhangsel vas. Veilig en onbeweeglik. Veilig en vas. 1 Die Christelike hoop is nie iets onsekers nie. Dis nie n dalk of n miskien of n mag-dit-tog-maar-so-wees nie. Die Christelike hoop is soos n tou, n ketting, n kabel, wat stewig vasgemaak is en nie losgeruk kan word nie. Dis soos n anker (laat die Heilige Gees die skrywer van hierdie brief skryf). U weet mos wat n anker is. Dis iets wat n skip nodig het, want n skip is op die see, op iets wat nie vas is nie, op iets wat gedurig beweeg en woel, op iets wat vol winde en golwe en storms is wat die arme ou skippie heen en weer ruk, sodat dit gevaar loop om om te slaan, of om teen die rotse vasgedryf te word. n Anker is gewoonlik n swaar ystervoorwerp met arms en kloue, en is aan n kabel vas aan die skip. Dit word uitgegooi om die skip te stabiliseer en vas te hou, sodat dit nie omslaan of teen die rotse vasgedryf word nie, maar deur winde en storms heen behoue kan bly. 2 Ons Christelike hoop hierdie vasgryp aan en uitsien na God se beloftes, wat die Heilige Gees vir ons ons gegee het is vir ons siele 3 wat n anker vir n skip is: - dit hou ons vas en dit hou ons stabiel; - dit keer dat hierdie aardse lewe met al sy beproewings en versoekings en ander geestelike gevare ons onderkry; 1 AV 1933/53 2 Vgl bv Hand 27:29 3 Vgl AV 1933/53

5 5 - dit keer dat die winde van sondigheid en kleingeloof en twyfel en moedeloosheid en verwardheid en louheid wat deur ons siele ook waai, ons laat sink. En dit kan ons vashou, want ons anker is agter die voorhangsel vas. Skepe se ankers word afgegooi, ondertoe. n Christen se anker gaan boontoe, tot by die hoogste punt van die hoogste hemel, tot daar waar God self is! Onthou u van die voorhangsel? Die voorhangsel was die swaar gordyn wat in die tabernakel (daardie tent-tempel wat die Here in die woestyn vir die Israeliete gegee het) tussen die heilige vertrek en die allerheiligste vertrek gehang het. En in die allerheiligste vertrek, waar net die hoëpriester mag ingegaan het, was die verbondsark: - daardie kis wat n simbool van die teenwoordigheid van God was; - en waarop daar n versoendeksel was, wat n simbool van die genade van God was. Dat ons hoop agter die voorhangsel vas is, wil dus sê dat ons hoop hierdie vasgryp van ons aan dit wat God belowe het vir ons voorlê soos n kabel is waarvan die een punt aan ons vasgemaak is en die ander punt daar by God in die hoogste hemel vasgemaak is, daar waar Christus na Sy dood aan die kruis en Sy opstanding uit die dood uit met Sy hemelvaart ter wille van ons ingegaan het en vir ons met Sy eie bloed versoening gedoen het. 4 Die Christen se hoop is nie iets wat aan aardse dinge vas is nie. Daar ís mense in hierdie wêreld die meeste, om die waarheid te sê wat hulle hoop op aardse dinge sit. Hulle hoop dat rykdom hulle lewens lekker sal maak, en dat dokters en wetenskaplikes die mensdom se lyding sal verlig en dalk naderhand heeltemal sal kan ophef, dat genoeg perde en strydwaens hulle veilig sal hou, 4 Vgl bv Hebr 6:20; 9:11-12

6 6 of dat hulle eie goeie lewens, of hulle eie godsdienstigheid, sal sorg dat hulle na die aardse lewe in een of ander beter situasie sal ingaan, ens. Maar hulle hoop is illusies. Alles van hierdie aarde en van mense is tydelik en verganklik, dit kan verander, en dit kan breek, en dit kan misluk - dit kan jou in die steek laat! Wie op ménse of op ander aardse dinge hoop, maak sy toutjie aan n riet vas! Maar die Christelike hoop is veilig en onbeweeglik, want dis agter die voorhangsel vas, daar waar die ewige, onverganklike, onveranderlike God is, wat nooit n belofte vergeet nie, wat nooit n belofte nie nakom nie. n Christen met hoop is iemand wat n geestelike anker het wat dáár vas is waar niks op aarde dit ooit kan losruk nie! Dis die soort mens van wie ons in Psalm 32:3 (berymd) sing: die lewensee mag met sy golwe slaan, dit deer hul nie, dit raak hul selfs nie aan. God anker ons stewig vas met hoop. TEN SLOTTE Ons is by die einde van die jaar, met al die tipiese gevoelens daarvan: - dat die jaar en ons lewens so gou verbygaan; - dat niks permanent is nie: soveel dinge verander, soveel dinge gaan tot niet; - ons voel iets van onsekerheid en selfs weerloosheid, soos n skippie op die see wat uitgelewer is aan allerhande winde en golwe en storms En tog is ons nie weerloos en uitgelewer nie, ons is stewig vasgemaak. God het vir ons hoop gegee as n anker vir ons siele.

7 7 En hierdie hele gedeelte en eintlik hierdie hele brief aan die Hebreërs, is n oproep wat die Heilige Gees tot kinders van die Here in hierdie wêreld laat uitgaan, om vas te hou aan die hoop. As ons dan sien dat alles rondom ons verander, vir party van ons só verander soos wat ons nooit gedink het moontlik is nie, hou dan vas aan die hoop: - gryp vas aan die belofte van God dat ons bestemming die ewige Vaderhuis met sy baie blyplek is - en dat Hy sal sorg soos Hy belowe het dat al Sy kinders daar sal uitkom, al loop ons paadjie soontoe dan hier op aarde deur vreemde terrein. Ons hoop is soos n anker wat klaar daar by ons bestemming vas is! En as die verganklikheid van alles ons bang maak, as ons byvoorbeeld aan ons voorkoms en aan siektes wat meer word en aan kragte wat minder word agterkom dat ons liggame agteruitgaan, hou dan ook vas aan die hoop. Wees dan opgewonde oor die belofte van die Here dat ons eendag uit ons grafte sal opstaan met volmaakte liggame in n ewige jeug. Ook hierdie belofte van God, waaraan ons hoop vashou, kan nie vergaan nie! En as ons bang word vir wat die storms van die lewe vorentoe aan ons kan doen, hou dan die oog op Jesus, wat voor ons in die ewige hawe ingevaar het en ons anker solank daar gaan vasmaak het, sodat nie een van die mense wat Hy in Sy Verlossershart dra, ooit sal sink voordat Hy hulle ook veilig die ewige hawe ingelei het nie. En as ons die heilige verlange ken om by die Here te wees, sodat Hy al die onrus in ons harte kan stilmaak en al die trane van ons oë kan afvee, hou dan vas aan die hoop. Sien uit na daardie dag waarop ook hierdie verlange van ons wonderlike werklikheid sal word daardie dag wanneer die Here Sy belofte 5 sál nakom en tussen ons sal bly en by ons sal wees as onse God 5 Openb 21:3-4

8 8 Vir mense wat die Here nie ken nie, kan die jare wat so vinnig verbygaan en omstandighede wat verander en al die onsekerhede van hierdie lewe n ontstellende ervaring wees. Maar nooit vir n kind van die Here nie, want Hy het ons, deur ons hoop te gee, verankerde mense gemaak AMEN

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL Votum en seën Psalm 118 : 2 Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1933/53) Psalm 4 : 3 Gebed Skriflesing: Johannes 19:17-27 (AV 1933/53) Teks: Johannes 19:26-27

Nadere informatie

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie. 1 Johannes 14b WH Belydenisaflegging en Nagmaal Kinders, doen julle wat mamma en pappa vra? Altyd? Partykeer eers later nè? Hoekom sal jy iets doen as jou ouers vra? Doen jy wat die Here vra? Wat is jou

Nadere informatie

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra SKRIFLESING: Romeine 12:1-8 TEKS: Romeine 12:1-2 HK 49 TEMA: Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra Psalm 103 : 10, 11 Skrifberyming 28 (10-1) : 1, 2 Psalm 119 : 11 Skrifberyming 78 (13-3)

Nadere informatie

SKRIFLESING: 1 Korintiërs 6: TEKS: 1 Korintiërs 6:19 HK 1:1. Ook ons liggame behoort aan die Here. Skrifberyming 72 (12-3) : 1, 2

SKRIFLESING: 1 Korintiërs 6: TEKS: 1 Korintiërs 6:19 HK 1:1. Ook ons liggame behoort aan die Here. Skrifberyming 72 (12-3) : 1, 2 SKRIFLESING: 1 Korintiërs 6:12-20 TEKS: 1 Korintiërs 6:19 HK 1:1 TEMA: Ook ons liggame behoort aan die Here Skrifberyming 72 (12-3) : 1, 2 Psalm 104 : 8, 9, 20 Skrifberyming 24 (1-1) : 7 2 Party mense

Nadere informatie

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun SKRIFLESING: Johannes 1:1-18 TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13 TEMA: God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun Psalm 45 : 1, 2, 3 Psalm 72 : 6 Skrifberyming 33 (2-4) : 1 Skrifberyming 78 (13-3) 2 Dat ons kinders

Nadere informatie

Die Here gee ons ná die tydelike die blywende.

Die Here gee ons ná die tydelike die blywende. SKRIFLESING: 2 Korintiërs 4:16 5:10 TEKS: 2 Korintiërs 5:1 TEMA: Die Here gee ons ná die tydelike die blywende. Psalm 90 : 1, 2 Psalm 102 : 11, 12 Psalm 84 : 1 Skrifberyming 78 (13-3) Ook: Skrifberyming

Nadere informatie

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3.

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3. SKRIFLESING: Johannes 8 :12-20 TEKS: Johannes 8:12 TEMA: Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe Psalm 150 : 1, 2, 3 Psalm 43 : 3, 4 Skrifberyming 3 (4-7) : 1, 2 Skrifberyming 9 (18-1) : 1, 6 [Ook: Ps

Nadere informatie

NAGMAAL. SKRIFLESING: 1 Petrus 2: TEKS: 1 Petrus 2:24a. Jesus Christus het ons sondes gedra. Psalm 89 : 1. Psalm 40 : 3

NAGMAAL. SKRIFLESING: 1 Petrus 2: TEKS: 1 Petrus 2:24a. Jesus Christus het ons sondes gedra. Psalm 89 : 1. Psalm 40 : 3 NAGMAAL SKRIFLESING: 1 Petrus 2:18-25 TEKS: 1 Petrus 2:24a TEMA: Jesus Christus het ons sondes gedra Psalm 89 : 1 Psalm 40 : 3 Skrifberyming 10 (5-4) : 1, 2 Psalm 116 : 1, 2, 3, 4, 5, 7 Psalm 89 : 7 Voor

Nadere informatie

1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80

1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80 1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80 Votum en seën Psalm 23 : 1, 3 Gebed Skriflesing: 1 Korintiërs 10:1-13 (AV 1983) Belydenis: HK 29:78-30:80 Teks: 1 Korintiërs 10:4 Psalm 105 : 21, 22 Preek: Die Heilige Gees

Nadere informatie

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp. SKRIFLESING: Johannes 18:28-40 TEKS: TEMA: INHOUD: Johannes 18:37-38b Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp. Die waarheid verwerp Psalm 105 : 2, 3 Psalm 73 : 12 Skrifberyming 18 (17-2)

Nadere informatie

SKRIFLESING: 1 Korintiërs 13. TEKS: 1 Korintiërs 13:8. Die liefde bly vir ewig. Psalm 103 : 1, 2. Psalm 102 : 11, 12. Skrifberyming 21 (9-4) : 1, 6

SKRIFLESING: 1 Korintiërs 13. TEKS: 1 Korintiërs 13:8. Die liefde bly vir ewig. Psalm 103 : 1, 2. Psalm 102 : 11, 12. Skrifberyming 21 (9-4) : 1, 6 SKRIFLESING: 1 Korintiërs 13 TEKS: 1 Korintiërs 13:8 TEMA: Die liefde bly vir ewig Psalm 103 : 1, 2 Psalm 102 : 11, 12 Skrifberyming 21 (9-4) : 1, 6 Skrifberyming 78 (13-3) Ook: Sb 33 (2-4) : 2 2 U ken

Nadere informatie

PSALM 90:2 NGB 1. Votum en seën. Psalm 90 : 1. Gebed. Skriflesing: Psalm 90 (AV 1933/53) Belydenis: NGB 1. Teks: Psalm 90:2 (AV 1933/53)

PSALM 90:2 NGB 1. Votum en seën. Psalm 90 : 1. Gebed. Skriflesing: Psalm 90 (AV 1933/53) Belydenis: NGB 1. Teks: Psalm 90:2 (AV 1933/53) PSALM 90:2 NGB 1 Votum en seën Psalm 90 : 1 Gebed Skriflesing: Psalm 90 (AV 1933/53) Belydenis: NGB 1 Teks: Psalm 90:2 (AV 1933/53) Psalm 102 : 5, 11 Preek: God bestaan [nog] [altyd] Gebed Kollekte Skrifberyming

Nadere informatie

God se liefde vat ons vrees vir Sy oordeel weg

God se liefde vat ons vrees vir Sy oordeel weg SKRIFLESING: 1 Johannes 4:7-21 TEKS: 1 Johannes 4:17-18 TEMA: God se liefde vat ons vrees vir Sy oordeel weg Psalm 48 : 1 Psalm 99 : 1, 4 Psalm 103 : 6 (na doop) Psalm 43 : 3 Skrifberyming 10 (5-4) : 1,

Nadere informatie

TEKS: Matteus 5:3 (AV 1933/53) HK 5

TEKS: Matteus 5:3 (AV 1933/53) HK 5 SKRIFLESING: Matteus 5:1-12 TEKS: Matteus 5:3 (AV 1933/53) HK 5 TEMA: Verlossing kom nie uit ons nie. Psalm 138 : 3 Skrifberyming 16 (11-3) : 1, 4 Psalm 146 : 2, 5 Skrifberyming 78 (13-3) Ook: Ps 33 :

Nadere informatie

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer Voorwoord Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer van die lewe lyk en is nie. Veel eerder is ware hoop om met gestroopte eerlikheid te weet dat jy bang is, maar tog vorentoe beweeg. Dis om,

Nadere informatie

JOHANNES 6:48 HK 28. Votum en seën. Psalm 100 : 1, 3. Gebed. Skrifberyming 54 (2-6) : 1. Skriflesing: Johannes 6:41-59 (AV 1983) Belydenis: HK 28

JOHANNES 6:48 HK 28. Votum en seën. Psalm 100 : 1, 3. Gebed. Skrifberyming 54 (2-6) : 1. Skriflesing: Johannes 6:41-59 (AV 1983) Belydenis: HK 28 JOHANNES 6:48 HK 28 Votum en seën Psalm 100 : 1, 3 Gebed Skrifberyming 54 (2-6) : 1 Skriflesing: Johannes 6:41-59 (AV 1983) Belydenis: HK 28 Teks: Johannes 6:48 (AV 1983) Preek: Christus is die Brood wat

Nadere informatie

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5 MATTEUS 6:8 Votum en seën Psalm 7 : 6 Gebed Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5 Preek: Vir ons hemelse Vader is eenvoudige gebede goed Gebed

Nadere informatie

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig INLEIDING In ons verduideliking van hoe ons Nagmaal vier, het ons gehoor dat God ons waardig maak om aan die hemelse spys en drank deel te hê. Dit beteken

Nadere informatie

SKRIFLESING: Romeine 8:31-39 (AV 1983) TEKS: Romeine 8:32b. Skrifberyming 24 (1-1) : 3. Psalm 62 : 4 (na gebed) Psalm 93 : 1, 4

SKRIFLESING: Romeine 8:31-39 (AV 1983) TEKS: Romeine 8:32b. Skrifberyming 24 (1-1) : 3. Psalm 62 : 4 (na gebed) Psalm 93 : 1, 4 SKRIFLESING: Romeine 8:31-39 (AV 1983) TEKS: Romeine 8:32b OPSKRIF: Grenslose liefde Skrifberyming 24 (1-1) : 3 Psalm 62 : 4 (na gebed) Psalm 93 : 1, 4 Skrifberyming 78 (13-3) 2 Vanoggend het ons gehoor

Nadere informatie

Dit wat óns wil hoe óns wil leef en wil praat en selfs wil dink (dit weet ons almal) is baie kere baie anders as wat Gód van ons wil hê.

Dit wat óns wil hoe óns wil leef en wil praat en selfs wil dink (dit weet ons almal) is baie kere baie anders as wat Gód van ons wil hê. MATTEUS 21:29 HK 49 Votum Seën Psalm 40 : 2 Gebed Psalm 40 : 4 Skriflesing: Matteus 21:23-32 (AV 1933/53) Belydenis: HK 49 Teks: Matteus 21:29 (AV 1933/53) Preek: Jesus leer ons bid vir berou en bekering

Nadere informatie

God red elkeen wat werklik in Jesus Christus glo.

God red elkeen wat werklik in Jesus Christus glo. SKRIFLESING: Johannes 3:11-21 TEKS: Johannes 3:15, 16b HK 7 TEMA: God red elkeen wat werklik in Jesus Christus glo. Psalm 31 : 3, 5 Psalm 31 : 15, 17 Skrifberyming 27 (12-2) : 1, 4 2 Wie word gered? Dis

Nadere informatie

OPENBARING 5:5 HK Sondag 48

OPENBARING 5:5 HK Sondag 48 OPENBARING 5:5 HK Sondag 48 Votum en seën Psalm 93 : 1, 4 Gebed Skriflesing: Openbaring 5 (AV 1933/53) Belydenis: HK 48 Teks: Openbaring 5:5 (AV 1933/53) Psalm 72 : 2 Preek: God sorg self vir die koms

Nadere informatie

1 JOHANNES 4:20 HK 34:93

1 JOHANNES 4:20 HK 34:93 1 JOHANNES 4:20 HK 34:93 Votum en seën Psalm 134 : 1, 3 [ ons ] Gebed Psalm 27 : 4 Skriflesing: 1 Johannes 4:7-21 (AV 1983) Belydenis: HK 34:93 Teks: 1 Johannes 4:20 (AV 1983) Preek: God se wil is liefde

Nadere informatie

HEMELVAART. SKRIFLESING: Johannes 14:1-14. TEKS: Johannes 14:2-3 (AV 1933/53) Jesus Christus is hemel toe vir ons. Psalm 2 : 4, 6.

HEMELVAART. SKRIFLESING: Johannes 14:1-14. TEKS: Johannes 14:2-3 (AV 1933/53) Jesus Christus is hemel toe vir ons. Psalm 2 : 4, 6. HEMELVAART SKRIFLESING: Johannes 14:1-14 TEKS: Johannes 14:2-3 (AV 1933/53) TEMA: Jesus Christus is hemel toe vir ons Psalm 2 : 4, 6 Psalm 68 : 8 Psalm 84 : 1, 2 Ook: Psalm 24 : 4, 5 2 Jesus se hemelvaart

Nadere informatie

NAGMAAL. SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a. Die kruis is die trots van die Here se kerk.

NAGMAAL. SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a. Die kruis is die trots van die Here se kerk. NAGMAAL SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a TEMA: Die kruis is die trots van die Here se kerk. Psalm 149 : 1, 2 Skrifberyming 10 (5-4) : 1, 2 Psalm 103 : 6 Psalm 9 : 1, 2,

Nadere informatie

God het belowe om ons gehoorsaam te maak, net soos ons vra

God het belowe om ons gehoorsaam te maak, net soos ons vra SKRIFLESING: Jeremia 31:23-40 TEKS: Jeremia 31:33b HK 49 TEMA: God het belowe om ons gehoorsaam te maak, net soos ons vra Psalm 103 : 10, 11 Psalm 131 : 2, 3 Skrifberyming 14 (8-1) : 1, 2 Ook: Ps. 40 :

Nadere informatie

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk Doel van les: Voordat ons kan leer van ons nuwe identiteit in Christus, moet ons eers stil staan by wat Jesus vir ons kom doen het en dat ons die nuwe mens

Nadere informatie

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk Doel van les: Voordat ons kan leer van ons nuwe identiteit in Christus, moet ons eers stil staan by wat Christus vir ons kom doen het. Vandag gaan ons gesels

Nadere informatie

Wie in die Here glo, vertrou Hom met die bestemming.

Wie in die Here glo, vertrou Hom met die bestemming. SKRIFLESING: Hebreërs 11:8-19 TEKS: Hebreërs 11:8 TEMA: Wie in die Here glo, vertrou Hom met die bestemming. Psalm 84 : 3, 4 Skrifberyming 28 (10-1) : 2, 3 Psalm 1 : 4 Psalm 37 : 2, 23 Skrifberyming 78

Nadere informatie

Die Here gee vir mense, wat oor Hom bly is, dit wat hulle harte begeer.

Die Here gee vir mense, wat oor Hom bly is, dit wat hulle harte begeer. SKRIFLESING: Psalm 37 : 1-11 TEKS: Psalm 37:4 TEMA: Die Here gee vir mense, wat oor Hom bly is, dit wat hulle harte begeer. Psalm 150 : 1, 2 Psalm 139 : 1, 3 Skrifberyming 72 (12-3) : 1, 2 Psalm 33 : 11

Nadere informatie

1 KORINTIËRS 3:21-23 HK Sondag 1

1 KORINTIËRS 3:21-23 HK Sondag 1 1 KORINTIËRS 3:21-23 HK Sondag 1 Votum en seën Psalm 30 : 3 Gebed Psalm 30 : 7 Skriflesing: 1 Korintiërs 3:9b-23 (AV 1983/91) Belydenis: HK Sondag 1 Teks: 1 Korintiërs 3:21b-23 (AV 1983/91) Preek: Gelowiges

Nadere informatie

1 KORINTIËRS 13:12. Ook: Sb 18-8 (30) : 4, 5

1 KORINTIËRS 13:12. Ook: Sb 18-8 (30) : 4, 5 1 KORINTIËRS 13:12 Votum Seën Psalm 146 : 1, 4 Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels Wet: Exodus 20:1-17 (AV 1933/53) Psalm 139 : 1, 12 Gebed Psalm 42 : 1 Skriflesing: 1 Korintiërs 13 (AV 1933/53) Teks: 1

Nadere informatie

Jesus kom op n onbekende tyd weer bly dan gereed vir Hom!

Jesus kom op n onbekende tyd weer bly dan gereed vir Hom! SKRIFLESING: Matteus 25:1-13 TEKS: Matteus 25:13 TEMA: Jesus kom op n onbekende tyd weer bly dan gereed vir Hom! Psalm 98 : 3 Psalm 99 : 1, 3 Skrifberyming 29 (18-3) : 8, 9 Skrifberyming 43 (15-7) : 5

Nadere informatie

U het rég gehoor: dat u die HÉre daar gaan dien; want dis wat die Heilige Gees ons hier laat hoor, dat ook ons alledaagse werk godsdiens is.

U het rég gehoor: dat u die HÉre daar gaan dien; want dis wat die Heilige Gees ons hier laat hoor, dat ook ons alledaagse werk godsdiens is. SKRIFLESING: Kolossense 3:18 4:1 TEKS: Kolossense 3:23 TEMA: God se kinders dien HÅm in hulle werk. Psalm 84 : 1, 6 Psalm 139 : 1, 5 Psalm 104 : 8, 9, 14 Skrifberyming 45 (18-7) : 1, 10 2 Vir die meeste

Nadere informatie

Van Vervolger tot Prediker

Van Vervolger tot Prediker Bybel vir Kinders bied aan Van Vervolger tot Prediker Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Gert Badenhorst Vervaardig deur: Bible for Children

Nadere informatie

n Tempel Leier besoek Jesus

n Tempel Leier besoek Jesus Bybel vir Kinders bied aan n Tempel Leier besoek Jesus Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Byron Unger; Lazarus Aangepas deur: M. Maillot; Sarah S. Vertaal deur: Yvette Brits Vervaardig deur: Bible

Nadere informatie

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13 1 Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13 Het jy dalk enige afgode of in jou huis? Miskien weet jy nie dat jy het nie, en dit is dalk die rede vir die konflik in jou huwelik, of dat jou kind

Nadere informatie

Galasiërs 6:11. Kyk met watter groot letters ek met my eie hand aan julle skrywe! (Galasiërs 6:11)

Galasiërs 6:11. Kyk met watter groot letters ek met my eie hand aan julle skrywe! (Galasiërs 6:11) Les 14 vir 30 September 2017 Paulus se slotrede is eintlik 'n oproep tot die Galasiërs. Paulus was soos 'n herder wat vir sy kudde sorg. Hy wou die waarhede van die geloof in die Galasiërs se gedagtes

Nadere informatie

Tema van die dag is ons bekommernisse, en wat om daarmee te maak.

Tema van die dag is ons bekommernisse, en wat om daarmee te maak. Psalm 55 Werp jou bekommernis op die Here Tema van die dag is ons bekommernisse, en wat om daarmee te maak. Ons is hier as gelowiges om ons roeping uit te leef deurdat ons meewerk dat die Koninkryk van

Nadere informatie

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus Doel van les: Ons leer meer oor Wie ons is in Christus. Ysbreker: Bome Uitbeeld: In die Bybel lees mens baiekeer dinge oor bome. God praat van bome om ons as

Nadere informatie

Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek

Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek SKRIFLESING: 1 Johannes 2:28 3:10 TEKS: 1 Johannes 3:8b TEMA: Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek Psalm 45 : 1, 3, 5, 6 Psalm 79: 5, 6 Skrifberyming 33 (2-4) : 1, 2 Skrifberyming

Nadere informatie

SPREUKE 16:9. Votum en seën. Psalm 8 : 1, 2. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Exodus 20:1-17 (AV 1933/53) Psalm 65 : 2, 4.

SPREUKE 16:9. Votum en seën. Psalm 8 : 1, 2. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Exodus 20:1-17 (AV 1933/53) Psalm 65 : 2, 4. SPREUKE 16:9 Votum en seën Psalm 8 : 1, 2 Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels Wet: Exodus 20:1-17 (AV 1933/53) Psalm 65 : 2, 4 Gebed Skriflesing: Spreuke 16:1-15 (AV 1933/53) Teks: Spreuke 16:9 (AV 1933/53)

Nadere informatie

God laat alles Sy kinders se saligheid bevorder.

God laat alles Sy kinders se saligheid bevorder. SKRIFLESING: Romeine 8:18-30 TEKS: Romeine 8:28 HK 9 TEMA: God laat alles Sy kinders se saligheid bevorder. Psalm 30 : 3, 4 Skrifberyming 33 (2-4) : 1 Psalm 119 : 25 Skrifberyming 78 (13-3) Ook: Sb 52

Nadere informatie

SKRIFLESING: Johannes 4:1-30. TEKS: Johannes 4:10. Die Here les mense se diepste dors. Psalm 84 : 2, 3. Psalm 139 : 1, 3. Skrifberyming 6 (5-1) : 5

SKRIFLESING: Johannes 4:1-30. TEKS: Johannes 4:10. Die Here les mense se diepste dors. Psalm 84 : 2, 3. Psalm 139 : 1, 3. Skrifberyming 6 (5-1) : 5 SKRIFLESING: Johannes 4:1-30 TEKS: Johannes 4:10 TEMA: Die Here les mense se diepste dors Psalm 84 : 2, 3 Psalm 139 : 1, 3 Skrifberyming 6 (5-1) : 5 Skrifberyming 9 (18-1) : 1, 6 Skrifberyming 78 (13-3)

Nadere informatie

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22 1 BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22 Die sekerheid dat jy 'n kind van God is, is nie die einde van die pad nie maar die begin daarvan. Nou word dit moontlik om as gelowiges te groei. Maar waarheen lei

Nadere informatie

Bybelse Dissipelskap. Saligheid/ Redding

Bybelse Dissipelskap. Saligheid/ Redding Bybelse Dissipelskap Saligheid/ Redding Johannes 14:6 Jesus antwoord hom: Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie. Vers om te memoriseer... Efesiërs 2:8-9

Nadere informatie

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels.

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels. 1 Johannes 17b PT INLEIDING Lees Johannes 17:1-19 Hoe het dit die week met julle gebede gegaan? Kon julle intiem met julle Vader gesels? Ons het `n tydjie gelede gekyk na die eerste 6 verse van Jesus se

Nadere informatie

1 JOHANNES 2: Votum en seën. Psalm 34 : 1, 4. Geloofsbelydenis: Nicea. Wet: Exodus 20:1-17 (AV 1933/53) Psalm 34 : 6. Gebed

1 JOHANNES 2: Votum en seën. Psalm 34 : 1, 4. Geloofsbelydenis: Nicea. Wet: Exodus 20:1-17 (AV 1933/53) Psalm 34 : 6. Gebed 1 JOHANNES 2:15-17 Votum en seën Psalm 34 : 1, 4 Geloofsbelydenis: Nicea Wet: Exodus 20:1-17 (AV 1933/53) Psalm 34 : 6 Gebed Skriflesing: 1 Johannes 2:3-17 (AV 1933/53) Teks: 1 Johannes 2:15-17 (AV 1933/53)

Nadere informatie

Jesaja sien die Toekoms

Jesaja sien die Toekoms Bybel vir Kinders bied aan Jesaja sien die Toekoms Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Jonathan Hay Aangepas deur: Mary-Anne S. Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak.

Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak. Vals beeld van God: Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak. Ware beeld van God: God se beloftes word vervul in Jesus. Ons kan

Nadere informatie

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees Doel van les: Vandag leer ons van die Vrugte van die Heilige Gees en hoe dit in ons lewens werk. INLEIDING: Sjoe, ons het nou al so baie van die Heilige Gees

Nadere informatie

Inhoudsopgawe. Voorwoord... 11

Inhoudsopgawe. Voorwoord... 11 Inhoudsopgawe Voorwoord... 11 Spreuke leer jou 1. Blymoedigheid... 12 2. Dissipline... 14 3. Vriendskap... 16 4. Wees versigtig met jou tong... 18 5. Om vrygewig te wees... 20 6. Om mooi dinge te sê...

Nadere informatie

Welkom by Die Storie God se storie

Welkom by Die Storie God se storie Welkom by Die Storie God se storie Hierdie boek vertel die belangrikste, aangrypendste storie ooit: die storie van n ware God wat lief is vir sy kinders, wat gesorg het dat hulle gered is, en wat vir hulle

Nadere informatie

Die Here laat ons maai wat ons gesaai het

Die Here laat ons maai wat ons gesaai het SKRIFLESING: Galasiërs 6 TEKS: Galasiërs 6:7-8 TEMA: Die Here laat ons maai wat ons gesaai het Psalm 100 : 1, 3, 4 Psalm 50 : 11 Psalm 91 : 1 (na belydenisaflegging) Psalm 126 : 3 Skrifberyming 33 (2-4)

Nadere informatie

SKRIFLESING: Lukas 16:1-13. TEKS: Lukas 16:11 HK 42. Geld en goed vir God. Psalm 95 : 1, 3. Psalm 119 : 7. Skrifberyming 44 (15-8) : 2

SKRIFLESING: Lukas 16:1-13. TEKS: Lukas 16:11 HK 42. Geld en goed vir God. Psalm 95 : 1, 3. Psalm 119 : 7. Skrifberyming 44 (15-8) : 2 SKRIFLESING: Lukas 16:1-13 TEKS: Lukas 16:11 HK 42 TEMA: Geld en goed vir God Psalm 95 : 1, 3 Psalm 119 : 7 Skrifberyming 44 (15-8) : 2 Skrifberyming 78 (13-3) Ook: Ps 19 : 5 Ps 62 : 5, 7 Sb 26 : 9 Sb

Nadere informatie

Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel. Christiaan Coetzee

Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel. Christiaan Coetzee Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel Christiaan Coetzee www.mathetes.co.za In die ou testament was die tempel n fisise plek of tent gewees waar mense na toe gegaan het om hulle sondes te belei

Nadere informatie

MATTEUS 27:46. Votum en seën. Skrifberyming 5-3 (8) : 2. Gebed. Skriflesing: Matteus 27:32-50 (AV 1933/53) Teks: Matteus 27:46 (AV 1933/53)

MATTEUS 27:46. Votum en seën. Skrifberyming 5-3 (8) : 2. Gebed. Skriflesing: Matteus 27:32-50 (AV 1933/53) Teks: Matteus 27:46 (AV 1933/53) MATTEUS 27:46 Votum en seën Skrifberyming 5-3 (8) : 2 Gebed Skriflesing: Matteus 27:32-50 (AV 1933/53) Teks: Matteus 27:46 (AV 1933/53) Psalm 22 : 1 Preek: Jesus is deur God verlaat, sodat dit nooit met

Nadere informatie

Ontdek God Saam. (v 1.0) n Riglyn om nuwe groepe te lei

Ontdek God Saam. (v 1.0) n Riglyn om nuwe groepe te lei Ontdek God Saam (v 1.0) n Riglyn om nuwe groepe te lei n Goeie leier verskaf nie die antwoorde nie, maar vra goeie vrae! Ontdekkingsgroepe is so eenvoudig dat enigeen so n groep kan begin. Enigeen kan

Nadere informatie

Jona en die Groot Vis

Jona en die Groot Vis Bybel vir Kinders bied aan Jona en die Groot Vis Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Jonathan Hay Aangepas deur: Mary-Anne S. Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN Skep Die Geleentheid Vir Veilige Kommunikasie Bou Vertroue & Dra Waardes Oor Versterk Verhoudings Ontwikkel Jou Kind Se Emosionele Intelligensie SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN Created by REËLS VIR

Nadere informatie

Goeie Konings, Slegte Konings

Goeie Konings, Slegte Konings Bybel vir Kinders bied aan Goeie Konings, Slegte Konings Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Lazarus Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

Die Groot Gebod dennis de wet

Die Groot Gebod dennis de wet Die Groot Gebod dennis de wet Die Groot Gebod Meester, wat is die groot gebod in die wet? En Jesus antwoord hom: Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand.

Nadere informatie

HEMELVAART HEBREËRS 9:24

HEMELVAART HEBREËRS 9:24 HEMELVAART HEBREËRS 9:24 Votum en seën Skrifberyming 11 (6-1) : 1, 2, 3 Gebed Skriflesing: Hebreërs 9 (AV 1983) Teks: Hebreërs 9:24 (AV 1983) Psalm 32 : 3, 4 Preek: Christus is in die ware heiligdom in

Nadere informatie

Heilig, heilig, heilig, heilig is die Heer. Eng'le in die hemel buig hul voor Hom neer. Here, hoor my bede, hoor my as ek sing, en aan U, my Vader,

Heilig, heilig, heilig, heilig is die Heer. Eng'le in die hemel buig hul voor Hom neer. Here, hoor my bede, hoor my as ek sing, en aan U, my Vader, Heilig, heilig, heilig, heilig is die Heer. Eng'le in die hemel buig hul voor Hom neer. Here, hoor my bede, hoor my as ek sing, en aan U, my Vader, al my hulde bring. Lied 171:2 Heilig, heilig, heilig,

Nadere informatie

Preek Genesis 15:5. (Preek gelewer tydens erediens in Welkom-Noord op Sondag 8 Januarie 2017)

Preek Genesis 15:5. (Preek gelewer tydens erediens in Welkom-Noord op Sondag 8 Januarie 2017) 1 Preek Genesis 15:5 (Preek gelewer tydens erediens in Welkom-Noord op Sondag 8 Januarie 2017) Voor die erediens Sing: Lied 464:1,2 Sing: Psalm 67-2:1,3 Afkondigings Stilte Tydens die erediens: Votum Groetseën

Nadere informatie

Jesus Christus se opstanding maak ons lewens sinvol

Jesus Christus se opstanding maak ons lewens sinvol SKRIFLESING: 1 Korintiërs 15:1-20 TEKS: 1 Korintiërs 15:20a TEMA: Jesus Christus se opstanding maak ons lewens sinvol Psalm 33 : 2 Psalm 33 : 11 Skrifberyming 10 (5-4) : 1, 2 Ook: Sb 27 : 1, 3 1 Weet u

Nadere informatie

STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart?

STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart? STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart? - Lees Rom 10:1 - By hierdie stasie gaan elke persoon hulle polsslag neem - Laat elke persoon hulle wysvinger op hulle pols sit om hulle hartklop te voel. - Laat hulle

Nadere informatie

Nie menslike vermoëns nie, maar God bepaal die uitkoms van sake.

Nie menslike vermoëns nie, maar God bepaal die uitkoms van sake. SKRIFLESING: Prediker 9:1-12 TEKS: Prediker 9:11 TEMA: Nie menslike vermoëns nie, maar God bepaal die uitkoms van sake. Psalm 90 : 1 Psalm 127 : 1, 2 Psalm 33 : 8, 9 2 Die Heilige Gees gebruik die Prediker

Nadere informatie

SKRIFLESING: Jesaja 6. TEKS: Jesaja 6:3 HK 8. Voor die drie-maal heilige God buig ons laag. Psalm 99 : 1, 2. Psalm 81 : 11, 12

SKRIFLESING: Jesaja 6. TEKS: Jesaja 6:3 HK 8. Voor die drie-maal heilige God buig ons laag. Psalm 99 : 1, 2. Psalm 81 : 11, 12 SKRIFLESING: Jesaja 6 TEKS: Jesaja 6:3 HK 8 TEMA: Voor die drie-maal heilige God buig ons laag Psalm 99 : 1, 2 Psalm 81 : 11, 12 Skrifberyming 45 (18-7) : 8, 9 Ook: Skrifberyming 54 (2-6) : 5 2 Die Heidelbergse

Nadere informatie

PREDIKER 7:8a. Votum en seën. Psalm 108 : 1. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Deuteronomium 5:6-21 (AV 1983/91) Psalm 37 : 22, 23.

PREDIKER 7:8a. Votum en seën. Psalm 108 : 1. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Deuteronomium 5:6-21 (AV 1983/91) Psalm 37 : 22, 23. PREDIKER 7:8a Votum en seën Psalm 108 : 1 Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels Wet: Deuteronomium 5:6-21 (AV 1983/91) Psalm 37 : 22, 23 Gebed Psalm 111 : 5 Skriflesing: Prediker 7:1-14 (AV 1983/91) Teks:

Nadere informatie

SKRIFLESING: Matteus 11: TEKS: Matteus 11:28. Christus gee gekwelde mense rus. Psalm 145 : 1, 2. Skrifberyming 12-3 : 1, 2 (na geloofsbelydenis)

SKRIFLESING: Matteus 11: TEKS: Matteus 11:28. Christus gee gekwelde mense rus. Psalm 145 : 1, 2. Skrifberyming 12-3 : 1, 2 (na geloofsbelydenis) SKRIFLESING: Matteus 11:20-30 TEKS: Matteus 11:28 TEMA: Christus gee gekwelde mense rus. Psalm 145 : 1, 2 Skrifberyming 12-3 : 1, 2 (na geloofsbelydenis) Psalm 135 : 3 (na gebed) Psalm 84 : 2 (na preek)

Nadere informatie

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24 1 15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24 Tema Wanneer jy in Jesus glo, eindig jou lewe nie op die dag wanneer jy doodgaan nie. Jy sal uit die dood opstaan en

Nadere informatie

Preek Romeine 1:16-17

Preek Romeine 1:16-17 1 Preek Romeine 1:16-17 (Preek gelewer tydens erediens in Welkom-Noord op Sondag 19 Februarie2017) Prediker: Ds JL van der Schyff Voor die erediens Sing: Lied 255:1,2,3 Sing: Psalm 119-1:39 Sing: Psalm

Nadere informatie

SKRIFLESING: Handelinge 16: TEKS: Handelinge 16:30-31 HK 23. Wie in die Here Jesus glo, word gered. Psalm 48 : 4.

SKRIFLESING: Handelinge 16: TEKS: Handelinge 16:30-31 HK 23. Wie in die Here Jesus glo, word gered. Psalm 48 : 4. SKRIFLESING: Handelinge 16:16-34 TEKS: Handelinge 16:30-31 HK 23 TEMA: Wie in die Here Jesus glo, word gered. Psalm 48 : 4 Psalm 37 : 2, 5 Skrifberyming 10 (5-4) : 1, 2 1 Dit bly maar iets waaroor mense

Nadere informatie

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3 1 Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps. 116... Sb 33:1,3 1 Johannes 3 1Jn 3:1 Kyk wat n groot liefde die Vader aan ons bewys het,

Nadere informatie

GALASIËRS 5:22 (getrouheid)

GALASIËRS 5:22 (getrouheid) GALASIËRS 5:22 (getrouheid) Votum en seën Psalm 89 : 1, 3 Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983) Psalm 16 : 1, 2 Doop Skrifberyming 14 (8-1) : 1 Gebed Skriflesing: Galasiërs 5:13-26

Nadere informatie

Bybel vir Kinders. bied aan. Ryk man, Arm man

Bybel vir Kinders. bied aan. Ryk man, Arm man Bybel vir Kinders bied aan Ryk man, Arm man Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: M. Maillot; Lazarus Aangepas deur: M. Maillot; Sarah S. Vertaal deur: Yvette Brits Vervaardig deur: Bible for Children

Nadere informatie

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

DIE VLEUELS VAN GEBED (9) DIE VLEUELS VAN GEBED (9) DIE VLEUELS VAN GEBED (9) Jan van der Watt Dankie Here! Dankie sê is om jou skuld te betaal. In die tyd van die Bybel was dankie sê iets anders as vandag. Vandag is dankie n woord

Nadere informatie

Dis net so ondenkbaar soos n gemeente die tempel van die Heilige Gees 1 wat nie bid nie.

Dis net so ondenkbaar soos n gemeente die tempel van die Heilige Gees 1 wat nie bid nie. PSALM 141 : 2 HK 45 Votum Seën Psalm 104 : 1, 2, 20 Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels Wet: Deuteronomium 5:6-21 (AV 1933/53) Psalm 69 : 3, 6, 12 Gebed Psalm 28 : 1, 2, 6 Skriflesing: Psalm 141 (AV 1933/53)

Nadere informatie

PSALM 115:1 HK Sondag 52:

PSALM 115:1 HK Sondag 52: PSALM 115:1 HK Sondag 52:128-129 Votum en seën Skrifberyming 72 (12-3) : 1, 2 Gebed Skriflesing: Psalm 115 (AV 1933/53) Belydenis: HK 52:128-129 Teks: Psalm 115:1 (AV 1933/53) Psalm 115 : 1, 9 Preek: God

Nadere informatie

Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg

Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg SKRIFLESING: 1 Johannes 2:1-11 TEKS: 1 Johannes 2:6 TEMA: Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg Psalm 9 : 1, 2, 7 Psalm 31 : 13 (na gebed) Skrifberyming 72 (12-3) : 1, 2 Skrifberyming 78 (13-3) Ook:

Nadere informatie

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër Bybel vir Kinders bied aan Jakob die Bedrieër Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: M. Maillot; Lazarus Aangepas deur: M. Kerr; Sarah S. Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children

Nadere informatie

SKRIFLESING: Prediker 11. TEKS: Prediker 11:4, 6. Wie met God reken, gebruik sy/haar kanse. Psalm 149 : 1, 2. Psalm 126 : 3.

SKRIFLESING: Prediker 11. TEKS: Prediker 11:4, 6. Wie met God reken, gebruik sy/haar kanse. Psalm 149 : 1, 2. Psalm 126 : 3. SKRIFLESING: Prediker 11 TEKS: Prediker 11:4, 6 TEMA: Wie met God reken, gebruik sy/haar kanse Psalm 149 : 1, 2 Psalm 126 : 3 Psalm 128 : 1, 4 1 Is dit nog die moeite werd om dinge aan te pak in die kerk,

Nadere informatie

TEKS: Openbaring 1:4b-5a HK 8

TEKS: Openbaring 1:4b-5a HK 8 SKRIFLESING: Openbaring 1:1-8 TEKS: Openbaring 1:4b-5a HK 8 TEMA: Die drie-enige God seën Sy kerk. Psalm 67 : 2 Psalm 90 : 1 Skrifberyming 25 (19-3) : 1, 2, 3 Skrifberyming 78 (13-3) Ook: Ps 89 : 10, 11,

Nadere informatie

SKRIFLESING: Titus 1. TEKS: Titus 1:15. Die Here wil ons op die hoofspoor hê. Psalm 134 : 1, 2. Psalm 119 : 4. Psalm 18 : 12. Skrifberyming 78 (13-3)

SKRIFLESING: Titus 1. TEKS: Titus 1:15. Die Here wil ons op die hoofspoor hê. Psalm 134 : 1, 2. Psalm 119 : 4. Psalm 18 : 12. Skrifberyming 78 (13-3) SKRIFLESING: Titus 1 TEKS: Titus 1:15 TEMA: Die Here wil ons op die hoofspoor hê. Psalm 134 : 1, 2 Psalm 119 : 4 Psalm 18 : 12 Skrifberyming 78 (13-3) Ook: Ps 141 : 3, 4 Sb 14 : 1, 2 Dis nie altyd so maklik

Nadere informatie

n Dubbele kruis-belydenis

n Dubbele kruis-belydenis 1 n Dubbele kruis-belydenis Dr AH Bogaards Lees: Lk.23:26-49 Teks: Lk.23:42-43 (Nagmaal) Datum: 7 Desember Psalms: Ps.43:3,4; 119:26; 119:27; 25:1,3; 23:1,3; 118 1. Inleiding Laat ons daaraan dink dat

Nadere informatie

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun Bybel vir Kinders bied aan Die Verlore Seun Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Lazarus Aangepas deur: Ruth Klassen; Sarah S. Vertaal deur: Yvette Brits Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

OPENBARING 7:9. Votum en seën. Psalm 8 : 1, 2 [vers 1 saam met katkisasiekinders] Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91)

OPENBARING 7:9. Votum en seën. Psalm 8 : 1, 2 [vers 1 saam met katkisasiekinders] Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) OPENBARING 7:9 Votum en seën Psalm 8 : 1, 2 [vers 1 saam met katkisasiekinders] Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 95 : 6 Gebed Skriflesing: Openbaring 7:9-17 (AV

Nadere informatie

Die moed om weer te begin. Die moed om vróú te wees. Die moed om te gee. Die moed om op te staan. Die moed om gehoorsaam te wees

Die moed om weer te begin. Die moed om vróú te wees. Die moed om te gee. Die moed om op te staan. Die moed om gehoorsaam te wees Inhoudsopgawe Januarie Februarie Maart April Mei Junie Julie Augustus September Oktober November Desember Die moed om weer te begin Die moed om vróú te wees Die moed om te glo Die moed om Hom te leef Die

Nadere informatie

1 JOHANNES 5:4. Votum en seën. Psalm 45 : 1, 3, 4. Gebed. Skriflesing: 1 Johannes 5:1-13 (AV 1933/53) Teks: 1 Johannes 5:4 (AV 1933/53) Psalm 18 : 15

1 JOHANNES 5:4. Votum en seën. Psalm 45 : 1, 3, 4. Gebed. Skriflesing: 1 Johannes 5:1-13 (AV 1933/53) Teks: 1 Johannes 5:4 (AV 1933/53) Psalm 18 : 15 1 JOHANNES 5:4 Votum en seën Psalm 45 : 1, 3, 4 Gebed Skriflesing: 1 Johannes 5:1-13 (AV 1933/53) Teks: 1 Johannes 5:4 (AV 1933/53) Psalm 18 : 15 Preek: Wie uit God gebore is, oorwin die wêreld Gebed Kollekte

Nadere informatie

MATTEUS 5:17 NGB 25. Votum en seën. Psalm 67 : 2. Gebed. Skriflesing: Matteus 5:17-32 (AV 1933/53) Belydenis: NGB 25. Teks: Matteus 5:17 (AV 1933/53)

MATTEUS 5:17 NGB 25. Votum en seën. Psalm 67 : 2. Gebed. Skriflesing: Matteus 5:17-32 (AV 1933/53) Belydenis: NGB 25. Teks: Matteus 5:17 (AV 1933/53) MATTEUS 5:17 NGB 25 Votum en seën Psalm 67 : 2 Gebed Skriflesing: Matteus 5:17-32 (AV 1933/53) Belydenis: NGB 25 Teks: Matteus 5:17 (AV 1933/53) Psalm 119 : 36 Preek: Christus laat ons die Ou Testament

Nadere informatie

0:03: 01:5 Vertel mekaar watter labels mense al op jou gesit het. Wat het mense jou al genoem... goeie goed en slegte goed, dit is alles labels...

0:03: 01:5 Vertel mekaar watter labels mense al op jou gesit het. Wat het mense jou al genoem... goeie goed en slegte goed, dit is alles labels... 1 0:01:50-0:03:50 Gnomeo en Juliet se storie begin met twee families, rooi en blou wat nie van mekaar hou nie. Hulle noem die ander familie nooit op hul name nie, maar slegs rooies of bloues. Hierdie word

Nadere informatie

Vir die Here is die hoofsaak dat ons sal glo en gehoorsaam.

Vir die Here is die hoofsaak dat ons sal glo en gehoorsaam. SKRIFLESING: Prediker 11:9 12:14 TEKS: Prediker 12:13 (OAV) TEMA: INHOUD: Vir die Here is die hoofsaak dat ons sal glo en gehoorsaam. Die hoofsaak Psalm 146 : 1, 4, 8 Psalm 19 : 7 Skrifberyming 12-3 :

Nadere informatie

TEKS: 1 Tessalonisense 4:18 HK 22. Jesus se wederkoms bring troos

TEKS: 1 Tessalonisense 4:18 HK 22. Jesus se wederkoms bring troos SKRIFLESING: 1 Tessalonisense 4:13-18 TEKS: 1 Tessalonisense 4:18 HK 22 TEMA: Jesus se wederkoms bring troos Psalm 68 : 9 Psalm 89 : 17 Skrifberyming 39 (15-3) : 4, 5 Skrifberyming 78 (13-3) 2 Álmal kry

Nadere informatie

Twyfel Vergewe mekaar Vergifnis van God Vertroue Volharding Voorkoms Vrede Vrees Vriendskap...

Twyfel Vergewe mekaar Vergifnis van God Vertroue Volharding Voorkoms Vrede Vrees Vriendskap... Inhoudsopgawe Aanbidding... 8 Bekommernis... 12 Beskerming... 16 Blydskap... 20 Dankbaarheid... 24 Diensbaarheid... 28 Eerlikheid... 32 Gebed... 36 Geduld... 40 Geloof... 44 Genade... 48 Gesin... 52 Hoop...

Nadere informatie

HABAKUK 3: Ook: Ps 73 : 10

HABAKUK 3: Ook: Ps 73 : 10 HABAKUK 3:17-18 18 Votum Seën Psalm 31 : 17, 18, 19 Gebed Psalm 27 : 6 Skriflesing: Habakuk 3 (AV 1983/91) Teks: Habakuk 3:17-19 (AV 1983/91) Preek: Wie glo, jubel nogtans Gebed Kollekte Skrifberyming

Nadere informatie

14. Gemaak om lief te hê 1 Johannes 3:11-17; 4:7-12

14. Gemaak om lief te hê 1 Johannes 3:11-17; 4:7-12 14. Gemaak om lief te hê 1 Johannes 3:11-17; 4:7-12 Tema Jesus het uit liefde sy lewe vir ons afgelê en Hy gee ook hierdie liefde in ons sodat ons mekaar kan liefhê. Agtergrond en interpretasie Johannes

Nadere informatie

Soos n wildsbok wat smag na water Smag my siel na u o Heer U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer SOOS N WILDSBOK

Soos n wildsbok wat smag na water Smag my siel na u o Heer U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer SOOS N WILDSBOK Soos n wildsbok wat smag na water Smag my siel na u o Heer U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer SOOS N WILDSBOK U alleen is my krag en skild Aan U alleen wy ek nou myself U alleen is

Nadere informatie

TEKS: 1 Samuel 1:15 HK 46. Voor die hemelse Vader stort Sy kinders hulle harte uit wanneer hulle bid.

TEKS: 1 Samuel 1:15 HK 46. Voor die hemelse Vader stort Sy kinders hulle harte uit wanneer hulle bid. SKRIFLESING: 1 Samuel 1:1-20 TEKS: 1 Samuel 1:15 HK 46 TEMA: Voor die hemelse Vader stort Sy kinders hulle harte uit wanneer hulle bid. Psalm 145 : 1, 10, 11 Psalm 50 : 8, 11 Psalm 102 : 1 Psalm 142 :

Nadere informatie

MATTEUS 7:12. Votum en seën. Psalm 34 : 2, 4. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 4 : 3.

MATTEUS 7:12. Votum en seën. Psalm 34 : 2, 4. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 4 : 3. MATTEUS 7:12 Votum en seën Psalm 34 : 2, 4 Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 4 : 3 Gebed Skrifberyming 53 (14-3) : 4 Skriflesing: Matteus 7:7-23 (AV 1983/91) Teks:

Nadere informatie