MATTEUS 27:46. Votum en seën. Skrifberyming 5-3 (8) : 2. Gebed. Skriflesing: Matteus 27:32-50 (AV 1933/53) Teks: Matteus 27:46 (AV 1933/53)

Save this PDF as:
 WORD  PNG  TXT  JPG

Maat: px
Weergave met pagina beginnen:

Download "MATTEUS 27:46. Votum en seën. Skrifberyming 5-3 (8) : 2. Gebed. Skriflesing: Matteus 27:32-50 (AV 1933/53) Teks: Matteus 27:46 (AV 1933/53)"

Transcriptie

1 MATTEUS 27:46 Votum en seën Skrifberyming 5-3 (8) : 2 Gebed Skriflesing: Matteus 27:32-50 (AV 1933/53) Teks: Matteus 27:46 (AV 1933/53) Psalm 22 : 1 Preek: Jesus is deur God verlaat, sodat dit nooit met ons sal gebeur nie. Gebed Kollekte Psalm 27 : 4 Seën Skrifberyming 13-3 (78) Ook: Ps 94 : 10 Ps 139 : 4 Ps 146 : 3 Sb 5-1 (6) : 4

2 2 Die nagmaalsformulier het dit vanoggend weer so duidelik uitgespel, dat die Here Jesus dit wat Hy gely het, vir óns gely het: - Hy t die toorn van God vir ons gedra. - Hy t die smaad, wat oor ons moes kom, vir ons deurgegaan. - Hy s ter dood veroordeel vir óns misdade. - Hy s gekruisig om óns sondeskuld te betaal. - Hy t die vloek wat ons moes tref, op Hom gevat. - Hy t bange Godverlatenheid, wat met óns moes gebeur het, vir ons gely. En omdat Hy alles wat oor ons moes kom, klaar vir ons gely het, sal daardie dinge nooit meer oor ons kom nie. Vanaand kyk ons na Sy Godverlatenheid, dat Hy deur God verlaat is, sodat dit nooit met ons sal gebeur nie. Kom ons kyk eers na die feit dat Hy werklik deur God verlaat is, dan na wat inhou as God jou verlaat, en dan na wat dit vir ons beteken. 1. JESUS IS WERKLIK DEUR GOD VERLAAT Terwyl Jesus aan die kruis gehang het, het daar helder oordag drie ure se donkerte oor daardie toneel toegesak. Dit was asof God daardie deel van die lyding wou wegsteek vir nuuskierige mense-oë.

3 3 En dis juis hier aan die einde van hierdie drie ure wat die Here Jesus dit in Sy moedertaal 1 uitskree: My God, my God, waarom het U My verlaat? Dis n uitroep wat die Heilige Gees lank tevore al in n Psalm laat neerskryf het, 2 juis om daar te lê en wag vir hierdie dag waarop dit sy volle betekenis sou kry. Wat Jesus hier uitroep, is nie maar net Sy gevoel, of Sy verbeelding, of n misverstand waaronder Hy verkeer het nie. Omdat Hy volmaakte God ook is, het Hy Hom nooit dinge verbeel of Hom misgis nie en was Hy nooit onder n misverstand nie. Hy t altyd honderd persent geweet wat die werklike toedrag van sake is. Dis dus nie een of ander vergissing nie. Hy was régtig deur God verlaat. Dat Jesus, wat terselfdertyd ware mens en ware God is, 3 as mens deur God verlaat is, kan ons iets van verstaan, maar die ander helfte is vir ons n totaal onpeilbare misterie. Ons bly dan maar net by wat ons kan verstaan: - Jesus Christus, die Seun van God wat mens ook geword het, het in ons skoene kom staan en hang in ons plek daar aan die kruis, en word, as die Een wat ons sondelas vir ons dra, daar aan die kruis werklik deur God verlaat. 1 Hebreeus + Aramees 2 Ps 22:2 3 Geloofsbelydenis van Athanasius 30-37; NGB 19; HK 6:18

4 4 Wat beteken dit om deur God verlaat te word? 2. WAT GODVERLATENHEID INHOU Die woord verlaat is nogal n sterk woord. As iemand jou verlaat het, beteken dit hy t jou gelos, hy t sy rug op jou gedraai, hy t van jou af weggestap. As God dit met jou doen, dan beteken dit Hy stap van jou af weg en Hy vat alles wat Hy in jou lewe ingebring het, saam met Hom weg. n Mens kan iets daarvan probeer verstaan deur Psalm 22 te gaan lees, en ook van die ander lydings-psalms soos byvoorbeeld 69 en 88. Maar n mens kan ook iets van Godverlatendheid probeer verstaan deur in die Bybel te kyk wat God se teenwoordigheid in gelowiges se lewens inbring, en dan kan jy mos daaruit aflei wat jy verloor as Hy jou die dag verlaat. Kom ons kyk vanaand op hierdie manier of ons iets kan begin begryp van hierdie donkerste donker wat Jesus hierdie woorde aan die kruis laat uitroep het. In Psalm 139 : 10, waar die Heilige Gees Dawid laat sing van die Here wat oral teenwoordig, sê hy: oral waar ek gaan sal U hand my lei en U regterhand my vashou. As die Here by jou is, word jy deur Hom gelei op die paaie wat Hy vir jou lewe gemaak het

5 5 en word jy deur Hom vasgehou, sodat niks jou ooit van Hom sal losruk en jou lewe van die vaste fondament van Sy troue liefde sal afstoot nie. Maar as Hy jou verlaat, is jy soos n skip sonder n roer en sonder n kompas en sonder n anker op die groot oseaan van die lewe was Jesus daar aan die kruis soos n skip sonder roer en kompas in die grootste storm wat nog ooit in hierdie heelal gewoed het losgeskud van God en al Sy liefde In Psalm 18:30 sing Dawid dat hy op die slagveld met God by Hom krag het om n oormag storm te loop en oor die hoogste stadsmuur te kom. Maar dit beteken dat as God jou daar alleen los, dan staan jy stoksielalleen teen die vyande wat op jou toesak en voor die onoorkombare mure. Daar aan die kruis was dit nie net die haat en die vyandskap van Jode en Romeine wat op Jesus toegesak het nie, maar al die bose geestelike magte wat n totale aanslag teen Hom geloods het 4 en daar was niemand wat Hom gehelp het nie: - geen mens kón Hom help nie; - en God, wat Hom sou kon help, was weg In Psalm 23:4 sing Dawid dat as die Here by Hom is, dan vrees Hy nie eers die dood nie: Al gaan ek ook in n dal van doodskaduwee, ek sal geen onheil vrees nie; want U is met my: u stok en u staf dié vertroos my. 4 Lk 22:53; Joh 14:30

6 6 Maar dit beteken as God nie by jou is nie, is daar vir jou gees geen beskerming teen die rou vrese en angste wat die gedagte aan die dood byvoorbeeld in jou binneste laat instorm nie. In Psalm 73:23 sing Asaf dat sy diepste troos in die grootste beproewings en vertwyfelings dít was dat die Here tog nog by Hom was en soos n ouer met n klein kindjie maak, sy hand vasgehou het. Maar as die Here jou verlaat het, wat gaan jou troos as die verskriklike swaarkry en hartseer en vrae wat hierdie aardse lewe partykeer inhou, oor n mens spoel? Jy gaan sink, jou hand uitsteek sodat iemand jou kan vasgryp en help. en daar gaan niemand wees nie. Wie sal ooit kan peil hoe dit was toe Christus uit die diepste put en die donkerste donker Sy hand uitgesteek het vir hulp en Sy God was nie meer daar nie En so sou n mens nog meer gegewens uit die Bybel kon haal. 5 Maar u sien die prentjie: - alles wat God vir Sy kinders is en gee en doen, is weg as Hy jou verlaat; - dan is jy koersloos, ankerloos, kragteloos, vreesbevange, troosteloos, hulpeloos, Vaderloos Is dit nie wat die hel is nie? - daardie bestaan waar God vir altyd onbereikbaar weg is; 5 Vgl bv 1 Sam 28:15; Ps 109:31; 121:5; Jer 20:11; Kor 15:10; Openb 21:3

7 7 - waar al die mooi en goeie dinge wat Hy in Sy skepping en met die verlossing vir mense gee het, vir altyd weggevat is en buite bereik bly; - waar al wat vir ewig oorbly bose mense en magte en al hulle boosheid en al die bitter gevolge van hulle almal se boosheid is Dis waar Jesus was in daardie ewige duisternis wat op die aardse horlosie drie ure lank geduur het. Dit was die onbeskryflike dieptepunt daarvan, dat Sy God, wat Hy net altyd met absolute volmaaktheid liefgehad en gehoorsaam het, Hom daar gelos het en weggestap het Oor die offer wat die Vader in die hemel daarmee gebring het en oor wat dit Hom gekos het om Jesus te verlaat en oor watter onbegryplike liefde vir ons daaruit spreek, is iets waaroor ons ons tot in ewigheid sal kan verwonder. Maar dis n ander preek Wat beteken dit vir ons dat die Here Jesus deur God verlaat is aan die kruis? 3. WAT DIT VIR ONS BETEKEN Dit beteken vir ons dat ons nooit deur God verlaat sal word nie. - Ons = elkeen wat deur die Heilige Gees n hart gegee is wat glo dat die Here Jesus dit wat Hy gedoen het, vir jóú ook gedoen het. Ons sal nooit deur God verlaat word nie.

8 8 Onthou u die sinnetjie in die nagmaalformulier? - Hy het helse pyn en smart en bange Godverlatenheid gely toe Hy uitgeroep het: My God, my God, waarom het U My verlaat? sodat ons nooit meer deur God verlaat sou word nie. Dit kan partykeer vir kinders van die Here wat deur baie diep waters gaan, voel asof God hulle verlaat het, byvoorbeeld - as jy ernstig siek is; - of verskriklik hartseer; - of as al jou verantwoordelikhede vir jou te veel word; - of as bekommernisse jou uitmergel en jy geen lig meer vorentoe sien nie; - of as die rampe en die teëspoede so een na die ander kom; - of as jy eensaam en verstote voel en ander mense jou nie verstaan nie; - of as dit voel asof al die liefde uit jou verhoudings weg is; - of as jy voel asof jy besig om die stryd teen allerhande twyfelgedagtes en kleingeloof en sondes in jou lewe te verloor dan kán dit partykeer vir ons voel asof God ons verlaat het. Maar dis n vergissing. Dis net jou verbeelding. Dis nie regtig die geval nie. Vir hulle in wie se plek Christus aan die kruis deur God verlaat is, geld al daardie beloftes van die Here, dat Hy hulle nooit sal verlaat nie, al gaan hulle ook deur vuur en water. 6 Daar waar Jesus in daardie drie ure donkerte was, sal ons nooit kom nie. 6 Deut 31:6-8; Jos 1:9; Ps 37:28; 46:8; 91:15; Jes 41:17; 43:2; Mat 28:20; Heb 13:5

9 9 Maar daar waar Hy nóú is in die hemel daarheen gaan Hy ons elkeen op die regte tyd kom haal. Hoe kan ons nie hiervandaan verder gaan lewe as baie dankbare mense nie?! AMEN

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL Votum en seën Psalm 118 : 2 Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1933/53) Psalm 4 : 3 Gebed Skriflesing: Johannes 19:17-27 (AV 1933/53) Teks: Johannes 19:26-27

Nadere informatie

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun SKRIFLESING: Johannes 1:1-18 TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13 TEMA: God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun Psalm 45 : 1, 2, 3 Psalm 72 : 6 Skrifberyming 33 (2-4) : 1 Skrifberyming 78 (13-3) 2 Dat ons kinders

Nadere informatie

OPENBARING 5:5 HK Sondag 48

OPENBARING 5:5 HK Sondag 48 OPENBARING 5:5 HK Sondag 48 Votum en seën Psalm 93 : 1, 4 Gebed Skriflesing: Openbaring 5 (AV 1933/53) Belydenis: HK 48 Teks: Openbaring 5:5 (AV 1933/53) Psalm 72 : 2 Preek: God sorg self vir die koms

Nadere informatie

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5 MATTEUS 6:8 Votum en seën Psalm 7 : 6 Gebed Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5 Preek: Vir ons hemelse Vader is eenvoudige gebede goed Gebed

Nadere informatie

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra SKRIFLESING: Romeine 12:1-8 TEKS: Romeine 12:1-2 HK 49 TEMA: Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra Psalm 103 : 10, 11 Skrifberyming 28 (10-1) : 1, 2 Psalm 119 : 11 Skrifberyming 78 (13-3)

Nadere informatie

TEKS: Matteus 5:3 (AV 1933/53) HK 5

TEKS: Matteus 5:3 (AV 1933/53) HK 5 SKRIFLESING: Matteus 5:1-12 TEKS: Matteus 5:3 (AV 1933/53) HK 5 TEMA: Verlossing kom nie uit ons nie. Psalm 138 : 3 Skrifberyming 16 (11-3) : 1, 4 Psalm 146 : 2, 5 Skrifberyming 78 (13-3) Ook: Ps 33 :

Nadere informatie

God laat alles Sy kinders se saligheid bevorder.

God laat alles Sy kinders se saligheid bevorder. SKRIFLESING: Romeine 8:18-30 TEKS: Romeine 8:28 HK 9 TEMA: God laat alles Sy kinders se saligheid bevorder. Psalm 30 : 3, 4 Skrifberyming 33 (2-4) : 1 Psalm 119 : 25 Skrifberyming 78 (13-3) Ook: Sb 52

Nadere informatie

1 KORINTIËRS 3:21-23 HK Sondag 1

1 KORINTIËRS 3:21-23 HK Sondag 1 1 KORINTIËRS 3:21-23 HK Sondag 1 Votum en seën Psalm 30 : 3 Gebed Psalm 30 : 7 Skriflesing: 1 Korintiërs 3:9b-23 (AV 1983/91) Belydenis: HK Sondag 1 Teks: 1 Korintiërs 3:21b-23 (AV 1983/91) Preek: Gelowiges

Nadere informatie

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3.

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3. SKRIFLESING: Johannes 8 :12-20 TEKS: Johannes 8:12 TEMA: Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe Psalm 150 : 1, 2, 3 Psalm 43 : 3, 4 Skrifberyming 3 (4-7) : 1, 2 Skrifberyming 9 (18-1) : 1, 6 [Ook: Ps

Nadere informatie

Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek

Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek SKRIFLESING: 1 Johannes 2:28 3:10 TEKS: 1 Johannes 3:8b TEMA: Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek Psalm 45 : 1, 3, 5, 6 Psalm 79: 5, 6 Skrifberyming 33 (2-4) : 1, 2 Skrifberyming

Nadere informatie

PSALM 90:2 NGB 1. Votum en seën. Psalm 90 : 1. Gebed. Skriflesing: Psalm 90 (AV 1933/53) Belydenis: NGB 1. Teks: Psalm 90:2 (AV 1933/53)

PSALM 90:2 NGB 1. Votum en seën. Psalm 90 : 1. Gebed. Skriflesing: Psalm 90 (AV 1933/53) Belydenis: NGB 1. Teks: Psalm 90:2 (AV 1933/53) PSALM 90:2 NGB 1 Votum en seën Psalm 90 : 1 Gebed Skriflesing: Psalm 90 (AV 1933/53) Belydenis: NGB 1 Teks: Psalm 90:2 (AV 1933/53) Psalm 102 : 5, 11 Preek: God bestaan [nog] [altyd] Gebed Kollekte Skrifberyming

Nadere informatie

1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80

1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80 1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80 Votum en seën Psalm 23 : 1, 3 Gebed Skriflesing: 1 Korintiërs 10:1-13 (AV 1983) Belydenis: HK 29:78-30:80 Teks: 1 Korintiërs 10:4 Psalm 105 : 21, 22 Preek: Die Heilige Gees

Nadere informatie

SKRIFLESING: Jesaja 6. TEKS: Jesaja 6:3 HK 8. Voor die drie-maal heilige God buig ons laag. Psalm 99 : 1, 2. Psalm 81 : 11, 12

SKRIFLESING: Jesaja 6. TEKS: Jesaja 6:3 HK 8. Voor die drie-maal heilige God buig ons laag. Psalm 99 : 1, 2. Psalm 81 : 11, 12 SKRIFLESING: Jesaja 6 TEKS: Jesaja 6:3 HK 8 TEMA: Voor die drie-maal heilige God buig ons laag Psalm 99 : 1, 2 Psalm 81 : 11, 12 Skrifberyming 45 (18-7) : 8, 9 Ook: Skrifberyming 54 (2-6) : 5 2 Die Heidelbergse

Nadere informatie

Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg

Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg SKRIFLESING: 1 Johannes 2:1-11 TEKS: 1 Johannes 2:6 TEMA: Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg Psalm 9 : 1, 2, 7 Psalm 31 : 13 (na gebed) Skrifberyming 72 (12-3) : 1, 2 Skrifberyming 78 (13-3) Ook:

Nadere informatie

n Tempel Leier besoek Jesus

n Tempel Leier besoek Jesus Bybel vir Kinders bied aan n Tempel Leier besoek Jesus Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Byron Unger; Lazarus Aangepas deur: M. Maillot; Sarah S. Vertaal deur: Yvette Brits Vervaardig deur: Bible

Nadere informatie

God se liefde vat ons vrees vir Sy oordeel weg

God se liefde vat ons vrees vir Sy oordeel weg SKRIFLESING: 1 Johannes 4:7-21 TEKS: 1 Johannes 4:17-18 TEMA: God se liefde vat ons vrees vir Sy oordeel weg Psalm 48 : 1 Psalm 99 : 1, 4 Psalm 103 : 6 (na doop) Psalm 43 : 3 Skrifberyming 10 (5-4) : 1,

Nadere informatie

Vir die Here is die hoofsaak dat ons sal glo en gehoorsaam.

Vir die Here is die hoofsaak dat ons sal glo en gehoorsaam. SKRIFLESING: Prediker 11:9 12:14 TEKS: Prediker 12:13 (OAV) TEMA: INHOUD: Vir die Here is die hoofsaak dat ons sal glo en gehoorsaam. Die hoofsaak Psalm 146 : 1, 4, 8 Psalm 19 : 7 Skrifberyming 12-3 :

Nadere informatie

JOHANNES 10:10b-11. Votum en seën. Skrifberyming 34 (2-2) : 1. Gebed. Skriflesing: Johannes 10:1-21 (AV 1983/91) Teks: Johannes 10:10b-11 (AV 1983/91)

JOHANNES 10:10b-11. Votum en seën. Skrifberyming 34 (2-2) : 1. Gebed. Skriflesing: Johannes 10:1-21 (AV 1983/91) Teks: Johannes 10:10b-11 (AV 1983/91) JOHANNES 10:10b-11 Votum en seën Skrifberyming 34 (2-2) : 1 Gebed Skriflesing: Johannes 10:1-21 (AV 1983/91) Teks: Johannes 10:10b-11 (AV 1983/91) Psalm 32 : 4 Preek: Die goeie Herder gee ware lewe in

Nadere informatie

Deur Sy wet gee God ons broodnodige kennis van sonde

Deur Sy wet gee God ons broodnodige kennis van sonde SKRIFLESING: Romeine 7:1-13 TEKS: Romeine 7:7 HK 1:2 2:5 TEMA: Deur Sy wet gee God ons broodnodige kennis van sonde Psalm 147 : 1, 4 Skrifberyming 26 (9-1) : 1, 10 Psalm 130 : 2 2 As u vir iemand wat glad

Nadere informatie

Preek Romeine 6:3-4. (Preek tydens erediens in Gereformeerde Kerk Welkom-Noord op Sondag 25 Junie 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff

Preek Romeine 6:3-4. (Preek tydens erediens in Gereformeerde Kerk Welkom-Noord op Sondag 25 Junie 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff 1 Preek Romeine 6:3-4 (Preek tydens erediens in Gereformeerde Kerk Welkom-Noord op Sondag 25 Junie 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff Voor die erediens Sing: Skrifberyming 8-3 Sing: Lied 510:1,2,3,4

Nadere informatie

MATTEUS 7:12. Votum en seën. Psalm 34 : 2, 4. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 4 : 3.

MATTEUS 7:12. Votum en seën. Psalm 34 : 2, 4. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 4 : 3. MATTEUS 7:12 Votum en seën Psalm 34 : 2, 4 Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 4 : 3 Gebed Skrifberyming 53 (14-3) : 4 Skriflesing: Matteus 7:7-23 (AV 1983/91) Teks:

Nadere informatie

n Dubbele kruis-belydenis

n Dubbele kruis-belydenis 1 n Dubbele kruis-belydenis Dr AH Bogaards Lees: Lk.23:26-49 Teks: Lk.23:42-43 (Nagmaal) Datum: 7 Desember Psalms: Ps.43:3,4; 119:26; 119:27; 25:1,3; 23:1,3; 118 1. Inleiding Laat ons daaraan dink dat

Nadere informatie

SKRIFLESING: Johannes 4:1-30. TEKS: Johannes 4:10. Die Here les mense se diepste dors. Psalm 84 : 2, 3. Psalm 139 : 1, 3. Skrifberyming 6 (5-1) : 5

SKRIFLESING: Johannes 4:1-30. TEKS: Johannes 4:10. Die Here les mense se diepste dors. Psalm 84 : 2, 3. Psalm 139 : 1, 3. Skrifberyming 6 (5-1) : 5 SKRIFLESING: Johannes 4:1-30 TEKS: Johannes 4:10 TEMA: Die Here les mense se diepste dors Psalm 84 : 2, 3 Psalm 139 : 1, 3 Skrifberyming 6 (5-1) : 5 Skrifberyming 9 (18-1) : 1, 6 Skrifberyming 78 (13-3)

Nadere informatie

Goeie Konings, Slegte Konings

Goeie Konings, Slegte Konings Bybel vir Kinders bied aan Goeie Konings, Slegte Konings Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Lazarus Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

Jesaja sien die Toekoms

Jesaja sien die Toekoms Bybel vir Kinders bied aan Jesaja sien die Toekoms Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Jonathan Hay Aangepas deur: Mary-Anne S. Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

Bybel vir Kinders. bied aan. Ryk man, Arm man

Bybel vir Kinders. bied aan. Ryk man, Arm man Bybel vir Kinders bied aan Ryk man, Arm man Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: M. Maillot; Lazarus Aangepas deur: M. Maillot; Sarah S. Vertaal deur: Yvette Brits Vervaardig deur: Bible for Children

Nadere informatie

1 JOHANNES 4:20 HK 34:93

1 JOHANNES 4:20 HK 34:93 1 JOHANNES 4:20 HK 34:93 Votum en seën Psalm 134 : 1, 3 [ ons ] Gebed Psalm 27 : 4 Skriflesing: 1 Johannes 4:7-21 (AV 1983) Belydenis: HK 34:93 Teks: 1 Johannes 4:20 (AV 1983) Preek: God se wil is liefde

Nadere informatie

Jesus Christus se opstanding maak ons lewens sinvol

Jesus Christus se opstanding maak ons lewens sinvol SKRIFLESING: 1 Korintiërs 15:1-20 TEKS: 1 Korintiërs 15:20a TEMA: Jesus Christus se opstanding maak ons lewens sinvol Psalm 33 : 2 Psalm 33 : 11 Skrifberyming 10 (5-4) : 1, 2 Ook: Sb 27 : 1, 3 1 Weet u

Nadere informatie

SPREUKE 16:9. Votum en seën. Psalm 8 : 1, 2. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Exodus 20:1-17 (AV 1933/53) Psalm 65 : 2, 4.

SPREUKE 16:9. Votum en seën. Psalm 8 : 1, 2. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Exodus 20:1-17 (AV 1933/53) Psalm 65 : 2, 4. SPREUKE 16:9 Votum en seën Psalm 8 : 1, 2 Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels Wet: Exodus 20:1-17 (AV 1933/53) Psalm 65 : 2, 4 Gebed Skriflesing: Spreuke 16:1-15 (AV 1933/53) Teks: Spreuke 16:9 (AV 1933/53)

Nadere informatie

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22 1 BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22 Die sekerheid dat jy 'n kind van God is, is nie die einde van die pad nie maar die begin daarvan. Nou word dit moontlik om as gelowiges te groei. Maar waarheen lei

Nadere informatie

SKRIFLESING: Johannes 3:1-21. TEKS: Johannes 3:16. Psalm 149 : 1, 2. Psalm 25 : 3. Psalm 103 : 6 (na doop) Skrifberyming 33 (2-4) : 1

SKRIFLESING: Johannes 3:1-21. TEKS: Johannes 3:16. Psalm 149 : 1, 2. Psalm 25 : 3. Psalm 103 : 6 (na doop) Skrifberyming 33 (2-4) : 1 SKRIFLESING: Johannes 3:1-21 TEKS: Johannes 3:16 INHOUD: Die liefde van God Psalm 149 : 1, 2 Psalm 25 : 3 Psalm 103 : 6 (na doop) Skrifberyming 33 (2-4) : 1 2 As ons sou weet dat die wêreld hierdie week

Nadere informatie

Die Here gee vir mense, wat oor Hom bly is, dit wat hulle harte begeer.

Die Here gee vir mense, wat oor Hom bly is, dit wat hulle harte begeer. SKRIFLESING: Psalm 37 : 1-11 TEKS: Psalm 37:4 TEMA: Die Here gee vir mense, wat oor Hom bly is, dit wat hulle harte begeer. Psalm 150 : 1, 2 Psalm 139 : 1, 3 Skrifberyming 72 (12-3) : 1, 2 Psalm 33 : 11

Nadere informatie

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3 1 Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps. 116... Sb 33:1,3 1 Johannes 3 1Jn 3:1 Kyk wat n groot liefde die Vader aan ons bewys het,

Nadere informatie

HEMELVAART. SKRIFLESING: Johannes 14:1-14. TEKS: Johannes 14:2-3 (AV 1933/53) Jesus Christus is hemel toe vir ons. Psalm 2 : 4, 6.

HEMELVAART. SKRIFLESING: Johannes 14:1-14. TEKS: Johannes 14:2-3 (AV 1933/53) Jesus Christus is hemel toe vir ons. Psalm 2 : 4, 6. HEMELVAART SKRIFLESING: Johannes 14:1-14 TEKS: Johannes 14:2-3 (AV 1933/53) TEMA: Jesus Christus is hemel toe vir ons Psalm 2 : 4, 6 Psalm 68 : 8 Psalm 84 : 1, 2 Ook: Psalm 24 : 4, 5 2 Jesus se hemelvaart

Nadere informatie

Jesus kom op n onbekende tyd weer bly dan gereed vir Hom!

Jesus kom op n onbekende tyd weer bly dan gereed vir Hom! SKRIFLESING: Matteus 25:1-13 TEKS: Matteus 25:13 TEMA: Jesus kom op n onbekende tyd weer bly dan gereed vir Hom! Psalm 98 : 3 Psalm 99 : 1, 3 Skrifberyming 29 (18-3) : 8, 9 Skrifberyming 43 (15-7) : 5

Nadere informatie

SKRIFLESING: 1 Petrus 2:1-10. TEKS: 1 Petrus 2:9. God red sodat ons sal vertel. Psalm 40 : 5. Psalm 4 : 3. Skrifberyming 8 (5-3) : 2.

SKRIFLESING: 1 Petrus 2:1-10. TEKS: 1 Petrus 2:9. God red sodat ons sal vertel. Psalm 40 : 5. Psalm 4 : 3. Skrifberyming 8 (5-3) : 2. SKRIFLESING: 1 Petrus 2:1-10 TEKS: 1 Petrus 2:9 TEMA: God red sodat ons sal vertel. Psalm 40 : 5 Psalm 4 : 3 Skrifberyming 8 (5-3) : 2 Psalm 71 : 9, 14 Skrifberyming 78 (13-3) Ook: Sb 24 (1-1) : 6 2 Waar

Nadere informatie

Preek Genesis 1:27. (Preek gelewer tydens oggenddiens in Welkom-Noord op Sondag 6 November 2016)

Preek Genesis 1:27. (Preek gelewer tydens oggenddiens in Welkom-Noord op Sondag 6 November 2016) 1 Preek Genesis 1:27 (Preek gelewer tydens oggenddiens in Welkom-Noord op Sondag 6 November 2016) Voor die erediens Sing: Lied 447:1 Sing: Lied 456:1,3 Afkondigings Stilte Ontmoetingsdiens: Toetredelied:

Nadere informatie

Bybel vir Kinders. bied aan. Joshua neem Beheer

Bybel vir Kinders. bied aan. Joshua neem Beheer Bybel vir Kinders bied aan Joshua neem Beheer Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

Die Here laat ons maai wat ons gesaai het

Die Here laat ons maai wat ons gesaai het SKRIFLESING: Galasiërs 6 TEKS: Galasiërs 6:7-8 TEMA: Die Here laat ons maai wat ons gesaai het Psalm 100 : 1, 3, 4 Psalm 50 : 11 Psalm 91 : 1 (na belydenisaflegging) Psalm 126 : 3 Skrifberyming 33 (2-4)

Nadere informatie

Die Kerk se Geboorte

Die Kerk se Geboorte Bybel vir Kinders bied aan Die Kerk se Geboorte Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Vertaal deur: Gert Badenhorst Aangepas deur: Ruth Klassen Storie 55 van 60 www.m1914.org Bible for

Nadere informatie

PREEK Sondag 10 Junie 2007 Ds Freddie Schoeman

PREEK Sondag 10 Junie 2007 Ds Freddie Schoeman PREEK Sondag 10 Junie 2007 Ds Freddie Schoeman Lees Openbaring 21:1 8 Eerste paar verse van hoofstuk 21: Spanning tussen die reeds en die nog nie. Die nuwe Jerusalem, die stad, is besig om neer te daal

Nadere informatie

Soos n wildsbok wat smag na water Smag my siel na u o Heer U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer SOOS N WILDSBOK

Soos n wildsbok wat smag na water Smag my siel na u o Heer U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer SOOS N WILDSBOK Soos n wildsbok wat smag na water Smag my siel na u o Heer U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer SOOS N WILDSBOK U alleen is my krag en skild Aan U alleen wy ek nou myself U alleen is

Nadere informatie

TEKS: Johannes 18: 36 HK 12:31

TEKS: Johannes 18: 36 HK 12:31 SKRIFLESING: Johannes 18:28-40 TEKS: Johannes 18: 36 HK 12:31 TEMA: Jesus Christus is anders Koning. Psalm 2 : 4 Skrifberyming 15 (16-1) : 1, 2 Psalm 72 : 6, 9 Skrifberyming 78 (13-3) Ook: Ps 45 Ps 48

Nadere informatie

PSALM 3:8. Votum en seën. Psalm 9 : 1, 2, 4. Gebed. Skriflesing: Psalm 3 (AV 1983) Teks: Psalm 3:8. Psalm 38 : 13, 17

PSALM 3:8. Votum en seën. Psalm 9 : 1, 2, 4. Gebed. Skriflesing: Psalm 3 (AV 1983) Teks: Psalm 3:8. Psalm 38 : 13, 17 PSALM 3:8 Votum en seën Psalm 9 : 1, 2, 4 Gebed Skriflesing: Psalm 3 (AV 1983) Teks: Psalm 3:8 Psalm 38 : 13, 17 Preek: Die Here verhoor gebede soms anders as wat ons voorsien het Gebed Kollekte Psalm

Nadere informatie

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun Bybel vir Kinders bied aan Die Verlore Seun Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Lazarus Aangepas deur: Ruth Klassen; Sarah S. Vertaal deur: Yvette Brits Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

Preek Genesis 15:5. (Preek gelewer tydens erediens in Welkom-Noord op Sondag 8 Januarie 2017)

Preek Genesis 15:5. (Preek gelewer tydens erediens in Welkom-Noord op Sondag 8 Januarie 2017) 1 Preek Genesis 15:5 (Preek gelewer tydens erediens in Welkom-Noord op Sondag 8 Januarie 2017) Voor die erediens Sing: Lied 464:1,2 Sing: Psalm 67-2:1,3 Afkondigings Stilte Tydens die erediens: Votum Groetseën

Nadere informatie

SKRIFLESING: 1 Korintiërs 13. TEKS: 1 Korintiërs 13:8. Die liefde bly vir ewig. Psalm 103 : 1, 2. Psalm 102 : 11, 12. Skrifberyming 21 (9-4) : 1, 6

SKRIFLESING: 1 Korintiërs 13. TEKS: 1 Korintiërs 13:8. Die liefde bly vir ewig. Psalm 103 : 1, 2. Psalm 102 : 11, 12. Skrifberyming 21 (9-4) : 1, 6 SKRIFLESING: 1 Korintiërs 13 TEKS: 1 Korintiërs 13:8 TEMA: Die liefde bly vir ewig Psalm 103 : 1, 2 Psalm 102 : 11, 12 Skrifberyming 21 (9-4) : 1, 6 Skrifberyming 78 (13-3) Ook: Sb 33 (2-4) : 2 2 U ken

Nadere informatie

Dankoffersondag met Nagmaal 4 November

Dankoffersondag met Nagmaal 4 November Dankoffersondag met Nagmaal 4 November Ek begin diens met afkondigings, votum, seëngroet Votum: Ons het ondervind dat die Here goed is. Kom na Hom toe, die lewende steen, wat deur die mense afgekeur is,

Nadere informatie

MATTEUS 22:11-13 HK SONDAG 30:81

MATTEUS 22:11-13 HK SONDAG 30:81 MATTEUS 22:11-13 HK SONDAG 30:81 Votum en seën Psalm 2 : 6 Geloofsbelydenis: Nicea Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983) Psalm 86 : 6 Gebed Skriflesing: Matteus 22:1-14 (AV 1983) Belydenis: HK 30:81 Teks: Matteus

Nadere informatie

Galasiërs 6:11. Kyk met watter groot letters ek met my eie hand aan julle skrywe! (Galasiërs 6:11)

Galasiërs 6:11. Kyk met watter groot letters ek met my eie hand aan julle skrywe! (Galasiërs 6:11) Les 14 vir 30 September 2017 Paulus se slotrede is eintlik 'n oproep tot die Galasiërs. Paulus was soos 'n herder wat vir sy kudde sorg. Hy wou die waarhede van die geloof in die Galasiërs se gedagtes

Nadere informatie

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE:

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE: VRUGTE VAN DIE GEES VRAE: GEDULD: (Patience) 1. Wat is geduld? 2. Wat is van die goed waarvoor jy geduldig moet wees? 3. Is dit moeilik vir jou om geduldig te wees? 4. Hoe kan jy geduld wys? SELFBEHEERSING:

Nadere informatie

JONA 2:2. Votum en seën. Psalm 148 : 1. Gebed. Skriflesing: Jona 1:17 2:10 (AV 1933/53) Teks: Jona 2:2 (AV 1933/53) Psalm 69 : 7, 12

JONA 2:2. Votum en seën. Psalm 148 : 1. Gebed. Skriflesing: Jona 1:17 2:10 (AV 1933/53) Teks: Jona 2:2 (AV 1933/53) Psalm 69 : 7, 12 JONA 2:2 Votum en seën Psalm 148 : 1 Gebed Skriflesing: Jona 1:17 2:10 (AV 1933/53) Teks: Jona 2:2 (AV 1933/53) Psalm 69 : 7, 12 Preek: Al tug God Sy kind, hoor Hy nog as dié Hom roep Gebed Kollekte Psalm

Nadere informatie

Bybel vir Kinders bied aan. Die Kerk Kry Moeilikheid

Bybel vir Kinders bied aan. Die Kerk Kry Moeilikheid Bybel vir Kinders bied aan Die Kerk Kry Moeilikheid Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Gert Badenhorst Vervaardig deur: Bible for Children

Nadere informatie

OPENBARING 21:9-10. Votum en seën. Psalm 122 : 1. Gebed. Psalm 46 : 1, 2. Skriflesing: Openbaring 21:1-21 (AV 1983/91)

OPENBARING 21:9-10. Votum en seën. Psalm 122 : 1. Gebed. Psalm 46 : 1, 2. Skriflesing: Openbaring 21:1-21 (AV 1983/91) OPENBARING 21:9-10 Votum en seën Psalm 122 : 1 Gebed Psalm 46 : 1, 2 Skriflesing: Openbaring 21:1-21 (AV 1983/91) Teks: Openbaring 21:9-10 (AV 1983/91) Preek: Die Here se toekoms vir ons Gebed Kollekte

Nadere informatie

SKRIFLESING: Matteus 11: TEKS: Matteus 11:28. Christus gee gekwelde mense rus. Psalm 145 : 1, 2. Skrifberyming 12-3 : 1, 2 (na geloofsbelydenis)

SKRIFLESING: Matteus 11: TEKS: Matteus 11:28. Christus gee gekwelde mense rus. Psalm 145 : 1, 2. Skrifberyming 12-3 : 1, 2 (na geloofsbelydenis) SKRIFLESING: Matteus 11:20-30 TEKS: Matteus 11:28 TEMA: Christus gee gekwelde mense rus. Psalm 145 : 1, 2 Skrifberyming 12-3 : 1, 2 (na geloofsbelydenis) Psalm 135 : 3 (na gebed) Psalm 84 : 2 (na preek)

Nadere informatie

JESAJA 1:14. Votum en seën. Psalm 66 : 1. Geloofsbelydenis: Nicea. Wet: Exodus 20:1-17 (AV 1933/53) Psalm 43 : 3. Gebed

JESAJA 1:14. Votum en seën. Psalm 66 : 1. Geloofsbelydenis: Nicea. Wet: Exodus 20:1-17 (AV 1933/53) Psalm 43 : 3. Gebed JESAJA 1:14 Votum en seën Psalm 66 : 1 Geloofsbelydenis: Nicea Wet: Exodus 20:1-17 (AV 1933/53) Psalm 43 : 3 Gebed Skriflesing: Jesaja 7:1-16 (AV 1933/53) Teks: Jesaja 7:14 (AV 1933/53) 1 Skrifberyming

Nadere informatie

Preek Romeine 1:16-17

Preek Romeine 1:16-17 1 Preek Romeine 1:16-17 (Preek gelewer tydens erediens in Welkom-Noord op Sondag 19 Februarie2017) Prediker: Ds JL van der Schyff Voor die erediens Sing: Lied 255:1,2,3 Sing: Psalm 119-1:39 Sing: Psalm

Nadere informatie

SKRIFLESING: Prediker 11. TEKS: Prediker 11:4, 6. Wie met God reken, gebruik sy/haar kanse. Psalm 149 : 1, 2. Psalm 126 : 3.

SKRIFLESING: Prediker 11. TEKS: Prediker 11:4, 6. Wie met God reken, gebruik sy/haar kanse. Psalm 149 : 1, 2. Psalm 126 : 3. SKRIFLESING: Prediker 11 TEKS: Prediker 11:4, 6 TEMA: Wie met God reken, gebruik sy/haar kanse Psalm 149 : 1, 2 Psalm 126 : 3 Psalm 128 : 1, 4 1 Is dit nog die moeite werd om dinge aan te pak in die kerk,

Nadere informatie

Gereformeerde Kerk Bloempark Die Drie-eenheid (Sondag 8)

Gereformeerde Kerk Bloempark Die Drie-eenheid (Sondag 8) Gereformeerde Kerk Bloempark Die Drie-eenheid (Sondag 8) Teks: Verskeie & HK Sondag 8 Inleiding Geliefdes, die Drie-eenheid van God is seker van die meeste moeilike dinge om te verstaan, en gewoonlik van

Nadere informatie

12. Ek glo in die Heilige Gees Johannes 16:5-7, 12-15

12. Ek glo in die Heilige Gees Johannes 16:5-7, 12-15 1 12. Ek glo in die Heilige Gees Johannes 16:5-7, 12-15 Tema Jesus het die Heilige Gees gestuur om ons te help. Agtergrond en interpretasie Hierdie ontmoeting sluit by die voriges aan. Een artikel van

Nadere informatie

Skriflesing: 2 Tim 2:14-26(word gelees deur gemeentelede uit die banke)

Skriflesing: 2 Tim 2:14-26(word gelees deur gemeentelede uit die banke) Preek 2 Tim 2 : 14-26 Kan jy of kan jy nie? Verwelkoming Votum(Ds. Danie) Seëngroet(Ds. Danie) Lofprysing Gebed Kan jy of kan jy nie? Baie eenvoudige tema, maar het so n wye betekenis. Ek wil vra dat u

Nadere informatie

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

DIE VLEUELS VAN GEBED (9) DIE VLEUELS VAN GEBED (9) DIE VLEUELS VAN GEBED (9) Jan van der Watt Dankie Here! Dankie sê is om jou skuld te betaal. In die tyd van die Bybel was dankie sê iets anders as vandag. Vandag is dankie n woord

Nadere informatie

SKRIFLESING: Jesaja 55. TEKS: Jesaja 55: Die Here se Woord werk. Skrifberyming 34 (2-2) : 1. Psalm 19 : 4. Psalm 33 : 5.

SKRIFLESING: Jesaja 55. TEKS: Jesaja 55: Die Here se Woord werk. Skrifberyming 34 (2-2) : 1. Psalm 19 : 4. Psalm 33 : 5. SKRIFLESING: Jesaja 55 TEKS: Jesaja 55:10-11 TEMA: Die Here se Woord werk. Skrifberyming 34 (2-2) : 1 Psalm 19 : 4 Psalm 33 : 5 Psalm 89 : 6 Skrifberyming 78 (13-3) Ook: Ps 147 : 6, 7 Sb 34 (2-2) : 2 2

Nadere informatie

toegewy aan God ross os s v an v nieker i k

toegewy aan God ross os s v an v nieker i k toegewy aan God ross van niekerk goddelike nageslag hoe verseker ons dit? 1. modelleer. 2. liefde. 3. instruksie. 4. dissipline. 5. meedeling. psalm 127:3 Kyk, kinders is n erfdeel van die HERE; die vrug

Nadere informatie

Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak.

Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak. Vals beeld van God: Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak. Ware beeld van God: God se beloftes word vervul in Jesus. Ons kan

Nadere informatie

PREDIKER 7:8a. Votum en seën. Psalm 108 : 1. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Deuteronomium 5:6-21 (AV 1983/91) Psalm 37 : 22, 23.

PREDIKER 7:8a. Votum en seën. Psalm 108 : 1. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Deuteronomium 5:6-21 (AV 1983/91) Psalm 37 : 22, 23. PREDIKER 7:8a Votum en seën Psalm 108 : 1 Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels Wet: Deuteronomium 5:6-21 (AV 1983/91) Psalm 37 : 22, 23 Gebed Psalm 111 : 5 Skriflesing: Prediker 7:1-14 (AV 1983/91) Teks:

Nadere informatie

Hoop op God vat onrus in die hart weg

Hoop op God vat onrus in die hart weg SKRIFLESING: Psalm 42 en 43 TEKS: Psalm 42:12 TEMA: Hoop op God vat onrus in die hart weg Psalm 90 : 1, 2 Psalm 90 : 4 Psalm 73 : 1 Psalm 130 : 3, 4 Skrifberyming 78 (13-3) Ook: Pss 42 : 6, 7; 43 : 5;

Nadere informatie

Jona en die Groot Vis

Jona en die Groot Vis Bybel vir Kinders bied aan Jona en die Groot Vis Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Jonathan Hay Aangepas deur: Mary-Anne S. Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

TEKS: Handelinge 2:39 HK 27:74. Die Here se belofte geld ook vir die kinders van gelowiges

TEKS: Handelinge 2:39 HK 27:74. Die Here se belofte geld ook vir die kinders van gelowiges SKRIFLESING: Handelinge 2:37-47 TEKS: Handelinge 2:39 HK 27:74 TEMA: Die Here se belofte geld ook vir die kinders van gelowiges Psalm 90 : 1 Skrifberyming 15 (16-1) : 1, 2, 3 Psalm 90 : 9 1 Dit gebeur

Nadere informatie

1 PETRUS 5:10 DL 5:1, 3, 8

1 PETRUS 5:10 DL 5:1, 3, 8 1 PETRUS 5:10 DL 5:1, 3, 8 Votum en seën Psalm 91 : 1, 7 Gebed Skriflesing: 1 Petrus 5:1-11 (AV 1983/91) Belydenis: DL 5:1, 3, 8 Teks: 1 Petrus 5:10 Psalm 138 : 4 Preek: God bewaar Sy kinders enduit Gebed

Nadere informatie

God eer Josef die slaaf

God eer Josef die slaaf Bybel vir Kinders bied aan God eer Josef die slaaf Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: M. Maillot; Lazarus Vertaal deur: Yvonne Kriel Aangepas deur: M. Maillot; Sarah S. Storie 8 van 60 www.m1914.org

Nadere informatie

TEKS: Matteus 27 : HK 15. Jesus Christus se kruisdood is onmisbaar.

TEKS: Matteus 27 : HK 15. Jesus Christus se kruisdood is onmisbaar. SKRIFLESING: Matteus 27 : 32-56 TEKS: Matteus 27 : 39-44 HK 15 TEMA: Jesus Christus se kruisdood is onmisbaar. Psalm 45 : 1, 5, 16 Psalm 130 : 1,2 Psalm 69 : 1, 4 Skrifberyming 16 (11-3) : 8, 9, 10 Skrifberyming

Nadere informatie

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër Bybel vir Kinders bied aan Jakob die Bedrieër Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: M. Maillot; Lazarus Aangepas deur: M. Kerr; Sarah S. Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children

Nadere informatie

Toe God alles gemaak het

Toe God alles gemaak het Bybel vir Kinders bied aan Toe God alles gemaak het Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Byron Unger; Lazarus Aangepas deur: Bob Davies; Tammy S. Vertaal deur: Hannelie Niemandt Vervaardig deur:

Nadere informatie

SKRIFLESING: Lukas 8: TEKS: Lukas 8:25a. Geloof moet werk. Psalm 48 : 4. Psalm 119 : 36. Psalm 31 : 1, 2. Skrifberyming 74 (14-2)

SKRIFLESING: Lukas 8: TEKS: Lukas 8:25a. Geloof moet werk. Psalm 48 : 4. Psalm 119 : 36. Psalm 31 : 1, 2. Skrifberyming 74 (14-2) SKRIFLESING: Lukas 8:22-39 TEKS: Lukas 8:25a TEMA: Geloof moet werk. Psalm 48 : 4 Psalm 119 : 36 Psalm 31 : 1, 2 Skrifberyming 74 (14-2) Skrifberyming 78 (13-3) 2 Dis maklik, as ons veilig en rustig hier

Nadere informatie

KOLOSSENSE 3:17 HK Sondag 36

KOLOSSENSE 3:17 HK Sondag 36 KOLOSSENSE 3:17 HK Sondag 36 Votum en seën Psalm 20 : 1, 2, 7 Gebed Skriflesing: Kolossense 3:1-17 (AV 1983) Belydenis: HK 36:99 Teks: Kolossense 3:17 (AV 1983) Psalm 118 : 5 Preek: God se kinders eer

Nadere informatie

Preek oor: Wat doen die Heilige Gees? Die Heilige Gees laat die wedergeboorte plaasvind

Preek oor: Wat doen die Heilige Gees? Die Heilige Gees laat die wedergeboorte plaasvind 1 Preek oor: Wat doen die Heilige Gees? Die Heilige Gees laat die wedergeboorte plaasvind (Preek gelewer tydens erediens in Welkom-Noord op Sondag 29 Mei 2016) Voor die erediens Sing: Psalm 71-1:1,9,12

Nadere informatie

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24 1 15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24 Tema Wanneer jy in Jesus glo, eindig jou lewe nie op die dag wanneer jy doodgaan nie. Jy sal uit die dood opstaan en

Nadere informatie

Die Groot Gebod dennis de wet

Die Groot Gebod dennis de wet Die Groot Gebod dennis de wet Die Groot Gebod Meester, wat is die groot gebod in die wet? En Jesus antwoord hom: Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand.

Nadere informatie

Preek Handelinge 15:11 en Efesiërs 2:8

Preek Handelinge 15:11 en Efesiërs 2:8 1 Preek Handelinge 15:11 en Efesiërs 2:8 (Preek gelewer tydens erediens in Welkom-Noord op Sondag 5 Maart 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff Voor die erediens Sing: Lied 203:1,2 Sing: Lied 231:1,2,3

Nadere informatie

Simson, God se sterk Man

Simson, God se sterk Man Bybel vir Kinders bied aan Simson, God se sterk Man Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Lyn Doerksen Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

In nood kan ons God as Vader aanroep.

In nood kan ons God as Vader aanroep. SKRIFLESING: Jesaja 63:7 64:12 TEKS: Jesaja 63:16 en 64:8 HK 9 TEMA: In nood kan ons God as Vader aanroep. Psalm 33 : 1 Skrifberyming 17 (17-1) : 5, 6 Psalm 103 : 7 Psalm 33 : 11 Ook: Ps 104 Sb 33 2 Na

Nadere informatie

Die Groot Muur van Nehemia

Die Groot Muur van Nehemia Bybel vir Kinders bied aan Die Groot Muur van Nehemia Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Jonathan Hay Vertaal deur: Yvette Brits Aangepas deur: Mary-Anne S. Storie 35 van 60 www.m1914.org Bible

Nadere informatie

Toe God alles gemaak het

Toe God alles gemaak het Bybel vir Kinders bied aan Toe God alles gemaak het Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Byron Unger; Lazarus Aangepas deur: Bob Davies; Tammy S. Vertaal deur: Hannelie Niemandt Vervaardig deur:

Nadere informatie

Meer Jesus Meer Liefde Meer Dissipels. Leierskap Strukture

Meer Jesus Meer Liefde Meer Dissipels. Leierskap Strukture Meer Jesus Meer Liefde Meer Dissipels Leierskap Strukture Woord van God, Woord van die lewe, Woord vir ewig vas en waar, Woord onfeilbaar en verhewe waarin God Hom openbaar! L 255:1 (vervolg) Woord betroubaar,

Nadere informatie

SKRIFLESING: Prediker 1:1-11. TEKS: Prediker 1:3. Los van God bied die lewe niks. Psalm 149 : 1, 2. Skrifberyming 19 (2-1) : 1, 2.

SKRIFLESING: Prediker 1:1-11. TEKS: Prediker 1:3. Los van God bied die lewe niks. Psalm 149 : 1, 2. Skrifberyming 19 (2-1) : 1, 2. SKRIFLESING: Prediker 1:1-11 TEKS: Prediker 1:3 TEMA: Los van God bied die lewe niks Psalm 149 : 1, 2 Skrifberyming 19 (2-1) : 1, 2 Psalm 90 : 2, 3 Psalm 90 : 1, 9 Ook: Ps 39 : 3, 4 Ps 102 : 11, 12 Wanneer

Nadere informatie

Jesus - Die Grootste Geskenk van Alle Tye - Reformation Society

Jesus - Die Grootste Geskenk van Alle Tye - Reformation Society "Jesus antwoord en sê vir haar: As jy die gawe van God geken het en geweet het wie Hy is wat vir jou sê: Gee vir My water om te drink, sou jy Hom gevra het en Hy sou vir jou lewende water gegee het." Johannes

Nadere informatie

Wie God se beloftes het, streef om skoon te word en heilig te wees

Wie God se beloftes het, streef om skoon te word en heilig te wees SKRIFLESING: 2 Korintiërs 6:14 7:1 TEKS: 2 Korintiërs 7:1 TEMA: Wie God se beloftes het, streef om skoon te word en heilig te wees Psalm 103 : 1 Psalm 30 : 7 Psalm 68 : 9 Skrifberyming 78 (13-3) Ook: Sb

Nadere informatie

Petrus en die Krag van Gebed

Petrus en die Krag van Gebed Bybel vir Kinders bied aan Petrus en die Krag van Gebed Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Vertaal deur: Gert Badenhorst Aangepas deur: Ruth Klassen Storie 57 van 60 www.m1914.org

Nadere informatie

TEKS: Openbaring 1:4b-5a HK 8

TEKS: Openbaring 1:4b-5a HK 8 SKRIFLESING: Openbaring 1:1-8 TEKS: Openbaring 1:4b-5a HK 8 TEMA: Die drie-enige God seën Sy kerk. Psalm 67 : 2 Psalm 90 : 1 Skrifberyming 25 (19-3) : 1, 2, 3 Skrifberyming 78 (13-3) Ook: Ps 89 : 10, 11,

Nadere informatie

jou hele liggaam lig hê. Maar as jou oog sleg is, sal jou hele liggaam sonder lig wees. As jou oë sleg is dit beteken eintlik maar as jou oë slegte

jou hele liggaam lig hê. Maar as jou oog sleg is, sal jou hele liggaam sonder lig wees. As jou oë sleg is dit beteken eintlik maar as jou oë slegte Johannes 9:1-12; 35-38 09/03/2014 n Mens se oog is n baie komplekse orgaan. In jou oog is daar o.a. n buiteoogvlies, n oogvaatvlies en n oognetvlies wat ook jou retina genoem word. Daar is n kornea en

Nadere informatie

n Kind, Jesus, word gebore en word groot (2)

n Kind, Jesus, word gebore en word groot (2) n Kind, Jesus, word gebore en word groot (2) n Kind, Jesus, word gebore en word groot (2) Jan van der Watt DEEL 2[1] DIE VERHALE VAN MATTEUS EN LUKAS Die verhaal van Jesus se geboorte (die kersverhaal)

Nadere informatie

KERSFEES. SKRIFLESING: Matteus 2:1-12. TEKS: Matteus 2:11. Hierdie Kindjie is God en Koning oor alle nasies. Psalm 67 : 1, 2 1.

KERSFEES. SKRIFLESING: Matteus 2:1-12. TEKS: Matteus 2:11. Hierdie Kindjie is God en Koning oor alle nasies. Psalm 67 : 1, 2 1. KERSFEES SKRIFLESING: Matteus 2:1-12 TEKS: Matteus 2:11 TEMA: Hierdie Kindjie is God en Koning oor alle nasies Psalm 67 : 1, 2 1 Psalm 119 : 7 Psalm 66 : 2 Skrifberyming 45 (18-7) : 3, 10 Skrifberyming

Nadere informatie

Jesus se eerste preek op die berg. Hy gee ons onuitspreeklike blydskap.

Jesus se eerste preek op die berg. Hy gee ons onuitspreeklike blydskap. Jesus se eerste preek op die berg. Hy gee ons onuitspreeklike blydskap. Ses groepstudies oor die Saligsprekinge uit Matteus 5 Groepstudie 1 17 Februarie 1. Die bergpredikasie. i. Leer gou almal se name

Nadere informatie

NIe net hier in 1 Korintiers 13 nie, maar in die hele 1 Korintiërs lees ons van al hierdie dinge wat die gemeente van Korinte gedoen het.

NIe net hier in 1 Korintiers 13 nie, maar in die hele 1 Korintiërs lees ons van al hierdie dinge wat die gemeente van Korinte gedoen het. 1 Preek: 1 Korintiërs 13:1-13 Teksverse: 1 Korintiërs 13:7 Tema: Die Heilige Gees rus jou toe om met ware liefde te leef! Inleiding Geliefde gemeente, ons het afgelope Donderdag op n besondere manier aan

Nadere informatie

1 KORINTIËRS 1:4. Votum en seën. Psalm 116 : 7, 10. Gebed. Psalm 31 : 13, 18. Skriflesing: 1 Korintiërs 1:1-9 (AV 1933/53)

1 KORINTIËRS 1:4. Votum en seën. Psalm 116 : 7, 10. Gebed. Psalm 31 : 13, 18. Skriflesing: 1 Korintiërs 1:1-9 (AV 1933/53) 1 KORINTIËRS 1:4 Votum en seën Psalm 116 : 7, 10 Gebed Psalm 31 : 13, 18 Skriflesing: 1 Korintiërs 1:1-9 (AV 1933/53) Teks: 1 Korintiërs 1:4 (AV 1933/53) Preek: Voorop by n gemeente is dank aan God vir

Nadere informatie

Jona en die Groot Vis

Jona en die Groot Vis Bybel vir Kinders bied aan Jona en die Groot Vis Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Jonathan Hay Vertaal deur: Yvonne Kriel Aangepas deur: Mary-Anne S. Storie 26 van 60 www.m1914.org Bible for

Nadere informatie

Pretoria- 27 Mei 2012 (Nagmaal)

Pretoria- 27 Mei 2012 (Nagmaal) 1 Skriflesing: Handelinge 2:12-36 Teks: Handelinge 2:25-31 Sing- Ps. 31:1,4; Ps. 32:4; Ps. 16: 1,5; Ps. 23:3; Ps. 116 Ps. 66:7 Broeder en suster- Watter voorreg ontvang ons vanoggend om in die tyd wat

Nadere informatie

Verootmoediging en Gebed vir Gendergeweld deur Rethie van Niekerk

Verootmoediging en Gebed vir Gendergeweld deur Rethie van Niekerk 1 Verootmoediging en Gebed vir Gendergeweld deur Rethie van Niekerk VERWELKOMING Ons land is op baie maniere stukkend. Op maniere wat ons almal seermaak. Daarom wil ons graag vanjaar periodiek so saamkom

Nadere informatie

JOHANNES 8:32. Votum en seën. Psalm 92 : 1, 2. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 91 : 7. Gebed.

JOHANNES 8:32. Votum en seën. Psalm 92 : 1, 2. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 91 : 7. Gebed. JOHANNES 8:32 Votum en seën Psalm 92 : 1, 2 Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 91 : 7 Gebed Psalm 91 : 8 Skriflesing: Johannes 8:31-47 (AV 1983/91) Teks: Johannes

Nadere informatie