JESAJA 53:9 HK Sondag 16:40-43

Maat: px
Weergave met pagina beginnen:

Download "JESAJA 53:9 HK Sondag 16:40-43"

Transcriptie

1 JESAJA 53:9 HK Sondag 16:40-43 Votum en seën Psalm 71 : 1, 2 Gebed Psalm 138 : 2 Skriflesing: Jesaja 53 (AV 1933/53) Belydenis: HK 16:40-43 Teks: Jesaja 53:9 (AV 1933/53) Preek: Jesus móés vir ons sterf, en Hy het! Gebed Kollekte Skrifberyming 5-4 (10) : 1, 2 Seën Skrifberyming 13-3 (78) Ook: Ps 16 : 4, 5 Sb 5-2 : 6, 7

2 2 Hoekom is dit vir ons belangrik dat die Here Jesus begrawe is na Sy dood só belangrik dat die kerk in die Twaalf Artikels, waarin net die kernsake van ons geloof bely word, spesiaal ook bely dat Hy begrawe is? Het dit dan spesifieke geestelike betekenis? Is Sy begrafnis nie maar net die gewone wat met n menslike liggaam na die dood gebeur nie? Die Christelike kerk so blyk dit uit die Twaalf Artikels en uit die feit dat die Heidelbergse Kategismus n afsonderlike vraag en antwoord daaraan wy het dit nog altyd so verstaan dat ook die Here Jesus se begrafnis spesiale betekenis het. Onder andere wys dit duidelik dat Hy regtig dood was. Dís wat ons in HK 16 bely: - dat Jesus wat vir ons móés sterf, regtig dood was; - Hy móés vir ons sterf, en Hy het! Kom ons kyk eers waarom Hy móés sterf en dan na wat Sy begrafnis vir ons sê, onder andere dat Hy inderdaad gesterf het. 1. HY MÓÉS STERF Die Here Jesus moes sterf. Nie omdat Hy, soos ander mense, die dood nie kon vermy het nie, maar omdat dood die straf op die mens se sonde was. En as Hy dan ons straf in ons plek vir ons kom dra het en dood is die straf op ons sonde dan móés Hy mos die dood dra sterf. Dan was lyding alleen, hoe swaar ook al, nie genoeg nie. Onthou u dat God vir die mens daar in die paradys gesê het wat die straf gaan wees as die mens God se bevel sou oortree en van die boom van die kennis van goed en kwaad sou eet? Hy t gesê: as jy daarvan eet, sal jy sekerlik sterwe. 1 1 Gen 2:17

3 3 Die sonde teen die Allerhoogste (het iemand gesê), moet met die allerswaarste die dood gestraf word. En sterf of doodgaan beteken in die Bybel baie dinge, byvoorbeeld: - om jou band met God te verloor, om deur Hom verlaat te word in hierdie lewe al; dis die geestelike dood; - en om uiteindelik God en ál Sy seëninge te verloor in die bestaan van die onophoudelike hel; dis die ewige dood; - en natuurlik ook om dit te beleef wat ons doodgaan noem die liggaamlike dood. As Jesus ons volle straf vir ons wou dra, moes Hy nie net die geestelike dood en die ewige dood, wat Hom aan die kruis laat uitroep het: My God, my God, waarom het U My verlaat? vir ons deurgaan nie, maar Hy moes ook liggaamlik sterf. Sy Goddelike natuur, wat Hy ook gehad het, kon natuurlik nie doodgaan nie, maar as mens kon Hy geestelike sterf en ewig sterf én liggaamlik sterf. As Jesus nie ook liggaamlik gesterf het nie, sou dit beteken het dat nie al ons straf gedra is nie, dat daar nog straf oorgebly het wat ons dan self sou moes dra. Jesus móes dus sterf. Om te doen wat volgens God se regverdigheid en God se woord aan die mens gedoen moes word om ons te verlos, móés Hy sterf, ook liggaamlik sterf. En dit het Hy regtig gedoen. Dis onder andere wat sy begrafnis sê. 2. WAT SY BEGRAFNIS SÊ Jesus se begrafnis is in meer as een opsig vir ons van betekenis. Ons belydenis lig een van die boodskappe wat Sy begrafnis ons gee, uit: dat dit ons verseker dat Hy regtig gesterf het.

4 4 Dóóie mense word begrawe. Daar was by hulle wat Hom begrawe het Josef van Arimathéa en Nikodémus, 2 mense wat volgelinge van Hom was en bitter graag sou wou gehad het dat Hy nog moes lewe geen twyfel dat Hy dood was nie. In hulle hantering en versorging van Sy liggaam, wat hulle gereed gekry het vir die graf, 3 was daar niks wat hulle maar enigsins laat dink het dat Hy net bewusteloos of in n tipe skyndood was nie soos party mense wat nie wil glo dat Jesus lewendig uit die dood uit opgestaan het nie, mos beweer. Maar Josef en Nikodémus, wat dáár was, én van die vroue-volgelinge van die Here Jesus, wat ook daar was, 4 het net soos die soldate 5 vir geen oomblik getwyfel dat Hy werklik dood was nie. n Mens gooi nie 50 liter se speserye oor iemand uit en draai die liggaam én die kop met doeke toe as jy dink dat iemand dalk nog lewe nie! 6 Net so min sal jy iemand, as jy nog enigsins die hoop of die vermoede gehad het dat Hy nog kon leef, in n graf wat in n rots uitgekap is, laat lê en boonop die opening na dié lêplek toe met n groot steen toemaak! 7 Jesus was regtig dood. Hy móés sterf, en so maak Sy begrafnis dit duidelik Hy hét regtig gesterf. Maar nou moet u nie dink dis al wat die graf vir ons boodskap nie. Dis al wat ons belydenis uitlig, maar daar is meer. Jesus se hele begrafnis is ook die vervulling van n profesie, 8 van dit wat die Heilige Gees een van God se dienaars eeue vantevore al laat voorspel het, en is so n helder boodskap van God se almag en betroubaarheid. 2 Joh 18: Joh 19: Mat 27:61; Luk 23:55 5 Mat 27:50 ( was ); Mark 15:44-45; Luk 23:47 ( was ); Joh 19: Joh 19: Mat 27:60 8 Mat 12:39-40; Jes 53:9

5 5 Wat het die Heilige Gees Jesaja eeue vantevore oor hierdie besondere Kneg van die Here wat na die aarde toe sou kom, se begrafnis laat sê? Hy t hom laat sê dat Hy bestem was om soos n slegte mens begrawe te word, maar toe by n ryke Sy graf gekry het. In die vertaling wat ons gelees het, staan daar dat Hy Sy graf by n goddelose gegee was en by n ryke in Sy dood was, wat dit laat klink asof die goddelose en die ryke dieselfde persoon is. Die ander Afrikaanse vertaling laat ons nog dieper in die moeilikheid, want dit vervang die term ryke met die woord sondaar. Maar die vervulling van hierdie profesie maak dit duidelik dat die en van die vertaling wat ons gelees het, n maar moet wees, wat taalkundig wel moontlik is: - Hy s Sy graf by n goddelose gegee, máár Hy was by n ryke in Sy dood. Die Here Jesus, wat die Kneg is van wie Jesaja hier geprofeteer het, sou as die Romeine en die Joodse Raad hulle sin gekry het net soos ander misdadigers op n oneervolle manier begrawe word, Hy sou Sy graf by die goddeloses gegee word. Máár toe beskik God dit anders: - Hy kry n ryk man se splinternuwe graf in n tuin daar naby Golgota. 9 En Josef van Arimathéa, wie se graf dit was, was nie n goddelose mens of n onbekeerde sondaar nie. Hy was n dissipel van die Here Jesus, 10 al was hy voor hierdie gebeure nog bang om openlik daarmee uit te kom. 11 Hy was n goeie en regverdige man, 12 iemand wat die koninkryk van God verwag het. 13 Hy was self n vername lid van die Joodse Raad, 14 maar hy t nie saamgestem met die manier waarop hulle Jesus behandel het nie Mat 27:60; Joh 19:41 10 Mat 27:57 11 Joh 19:38 12 Luk 23:50 13 Luk 23:51 14 Mark 15:43 15 Luk 23:51

6 6 Die Vader in die hemel beskik dit só dat die Here Jesus, wat nooit iets verkeerd gedoen het of een verkeerde woord gesê het nie, 16 nie saam met goddelose misdadigers oneervol begrawe word nie, maar dat Hy die beste moontlike graf kry: dié van n ryk man, n gesiene lid van die Godsvolk en n volgeling van Jesus. Nét soos die profeet voorspel het: - dat hulle beplan het om Hom sy graf by die goddelose te gee, maar dat Hy toe by n ryke in Sy dood was, omdat Hy geen onreg gedoen gedoen het nie en daar geen bedrog in Sy mond gewees het nie. En omdat Jesus se begrafnis die vervulling van n profesie is, vertel dit nie net dat Hy regtig gesterf het nie, maar ook dat God almagtig en betroubaar is. Hy s almagtig. Om alles só te bestuur dat dit wat amper 800 jaar voor die tyd voorspel is, presies so gebeur, kan net deur die almagtige God gedoen word. Hy moes om hierdie profesie werklikheid te laat word nie net in die eeue wat sedert die profesie verloop het, Sy volk bewaar het, byvoorbeeld in en deur die ballingskap waarin die magtige Babiloniese ryk hulle gedompel het, sodat hierdie Kneg, soos belowe, uit Dawid se nageslag gebore kon word nie. Hy moes ook in Jesus se leeftyd die Jode en Romeine se planne teen Jesus bestuur het, sodat dit op Sy dood uitloop, en Hy moes Josef van Arimathéa se gees en gedagtes so vernuwe het dat hy n volgeling van Jesus geword het en dat die drang en plan om Jesus te begrawe by hom opgekom het. Hy moes selfs voor hierdie dae in Josef se gedagtes die plan bewerk het om n nuwe graf in hierdie rots in hierdie tuin uit te kap. Dis net die almagtige God wat iets eeue nadat dit voorspel is, presies so kan laat gebeur. Jesus se begrafnis vertel ook die boodskap van God se almag. En van Sy betroubaarheid. 16 Jes 53:9. Vgl ook Hebr 7:26; 1 Joh 3:5

7 7 As Hy iets gesê het, iets belowe het, dan doen Hy dit. Selfs die verloop van eeue kanselleer Sy woorde nie en laat Hom nie daarvan vergeet nie. Hy s die absolute Betroubare. Wat Hy sê, is die waarheid. Wat Hy voorsê, sál gebeur. Dis so seker dat dit wat Hy voorsê, sal gebeur, dat profesieë, soos hierdie een in ons teksvers, baie keer in die verlede tyd gestel word: 17 dit en dat hét gebeur. As God iets voorsê, kan jy so seker wees dat dit gaan gebeur, dat jy maar solank daarvan kan praat asof dit al klaar gebeur het! Jesus se begrafnis vertel ook die boodskap van God se betroubaarheid. Jesus móés sterf, en Hy hét, net soos God, die Almagtige en Betroubare, deur Sy profeet laat voorspel het. TOEPASSING Ook die Bybelse beskrywing van Jesus se begrafnis is vir ons kosbaar, en daarom deel van ons belydenis. Die Heilige Gees verseker ons daarmee dat die Here Jesus regtig alles wat ons as sondaars aan God geskuld het, enduit, volledig, betaal het. Selfs die liggaamlike dood, wat deel van ons straf was, het Hy vir ons gesterf. Hy wat móés sterf om vir ons te betaal, hét dit gedoen vir ons. En daarom is ons dood nie meer deel van ons straf nie: ons straf is gedra. Ons dood is net die drumpel wat ons oorsteek in die volgende fase van ons lewe met God in: die heerlike, ewige fase. 17 Die profetiese verlede tyd.

8 8 Maar elke keer as ons van Jesus se begrafnis hoor, herinner die Heilige Gees ons daarmee ook aan die almag en die betroubaarheid van God. As Jesaja 53:9 so wonderlik deur God vervul is, dan sal al die ander verse in die Bybel wat dinge voorsê wat nog moet gebeur, ook mos deur die almagtige en betroubare God vervul word. Goddelose mens moet dus weet dat God die strawwe, wat Hy vir onbekeerdes voorsê het, werklikheid sál laat word. En kinders van God moet weet dat nie een van al die mooi beloftes wat Hy vir Sy kinders gemaak het, onvervuld sal bly nie. Wat die Here sê, is absoluut betroubaar, want Hy kán en sál doen wat Hy gesê het. Dis ook n sprekende deel van ons geloof: - ons glo dat Jesus begrawe is in n ryk man se graf AMEN

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL Votum en seën Psalm 118 : 2 Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1933/53) Psalm 4 : 3 Gebed Skriflesing: Johannes 19:17-27 (AV 1933/53) Teks: Johannes 19:26-27

Nadere informatie

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun SKRIFLESING: Johannes 1:1-18 TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13 TEMA: God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun Psalm 45 : 1, 2, 3 Psalm 72 : 6 Skrifberyming 33 (2-4) : 1 Skrifberyming 78 (13-3) 2 Dat ons kinders

Nadere informatie

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie. 1 Johannes 14b WH Belydenisaflegging en Nagmaal Kinders, doen julle wat mamma en pappa vra? Altyd? Partykeer eers later nè? Hoekom sal jy iets doen as jou ouers vra? Doen jy wat die Here vra? Wat is jou

Nadere informatie

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra SKRIFLESING: Romeine 12:1-8 TEKS: Romeine 12:1-2 HK 49 TEMA: Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra Psalm 103 : 10, 11 Skrifberyming 28 (10-1) : 1, 2 Psalm 119 : 11 Skrifberyming 78 (13-3)

Nadere informatie

Jesaja sien die Toekoms

Jesaja sien die Toekoms Bybel vir Kinders bied aan Jesaja sien die Toekoms Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Jonathan Hay Aangepas deur: Mary-Anne S. Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp. SKRIFLESING: Johannes 18:28-40 TEKS: TEMA: INHOUD: Johannes 18:37-38b Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp. Die waarheid verwerp Psalm 105 : 2, 3 Psalm 73 : 12 Skrifberyming 18 (17-2)

Nadere informatie

NAGMAAL. SKRIFLESING: 1 Petrus 2: TEKS: 1 Petrus 2:24a. Jesus Christus het ons sondes gedra. Psalm 89 : 1. Psalm 40 : 3

NAGMAAL. SKRIFLESING: 1 Petrus 2: TEKS: 1 Petrus 2:24a. Jesus Christus het ons sondes gedra. Psalm 89 : 1. Psalm 40 : 3 NAGMAAL SKRIFLESING: 1 Petrus 2:18-25 TEKS: 1 Petrus 2:24a TEMA: Jesus Christus het ons sondes gedra Psalm 89 : 1 Psalm 40 : 3 Skrifberyming 10 (5-4) : 1, 2 Psalm 116 : 1, 2, 3, 4, 5, 7 Psalm 89 : 7 Voor

Nadere informatie

n Tempel Leier besoek Jesus

n Tempel Leier besoek Jesus Bybel vir Kinders bied aan n Tempel Leier besoek Jesus Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Byron Unger; Lazarus Aangepas deur: M. Maillot; Sarah S. Vertaal deur: Yvette Brits Vervaardig deur: Bible

Nadere informatie

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun Bybel vir Kinders bied aan Die Verlore Seun Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Lazarus Aangepas deur: Ruth Klassen; Sarah S. Vertaal deur: Yvette Brits Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80

1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80 1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80 Votum en seën Psalm 23 : 1, 3 Gebed Skriflesing: 1 Korintiërs 10:1-13 (AV 1983) Belydenis: HK 29:78-30:80 Teks: 1 Korintiërs 10:4 Psalm 105 : 21, 22 Preek: Die Heilige Gees

Nadere informatie

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk Doel van les: Voordat ons kan leer van ons nuwe identiteit in Christus, moet ons eers stil staan by wat Jesus vir ons kom doen het en dat ons die nuwe mens

Nadere informatie

SKRIFLESING: 1 Korintiërs 6: TEKS: 1 Korintiërs 6:19 HK 1:1. Ook ons liggame behoort aan die Here. Skrifberyming 72 (12-3) : 1, 2

SKRIFLESING: 1 Korintiërs 6: TEKS: 1 Korintiërs 6:19 HK 1:1. Ook ons liggame behoort aan die Here. Skrifberyming 72 (12-3) : 1, 2 SKRIFLESING: 1 Korintiërs 6:12-20 TEKS: 1 Korintiërs 6:19 HK 1:1 TEMA: Ook ons liggame behoort aan die Here Skrifberyming 72 (12-3) : 1, 2 Psalm 104 : 8, 9, 20 Skrifberyming 24 (1-1) : 7 2 Party mense

Nadere informatie

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3.

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3. SKRIFLESING: Johannes 8 :12-20 TEKS: Johannes 8:12 TEMA: Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe Psalm 150 : 1, 2, 3 Psalm 43 : 3, 4 Skrifberyming 3 (4-7) : 1, 2 Skrifberyming 9 (18-1) : 1, 6 [Ook: Ps

Nadere informatie

OPENBARING 5:5 HK Sondag 48

OPENBARING 5:5 HK Sondag 48 OPENBARING 5:5 HK Sondag 48 Votum en seën Psalm 93 : 1, 4 Gebed Skriflesing: Openbaring 5 (AV 1933/53) Belydenis: HK 48 Teks: Openbaring 5:5 (AV 1933/53) Psalm 72 : 2 Preek: God sorg self vir die koms

Nadere informatie

Bybel vir Kinders. bied aan. Ryk man, Arm man

Bybel vir Kinders. bied aan. Ryk man, Arm man Bybel vir Kinders bied aan Ryk man, Arm man Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: M. Maillot; Lazarus Aangepas deur: M. Maillot; Sarah S. Vertaal deur: Yvette Brits Vervaardig deur: Bible for Children

Nadere informatie

SKRIFLESING: Jesaja 6. TEKS: Jesaja 6:3 HK 8. Voor die drie-maal heilige God buig ons laag. Psalm 99 : 1, 2. Psalm 81 : 11, 12

SKRIFLESING: Jesaja 6. TEKS: Jesaja 6:3 HK 8. Voor die drie-maal heilige God buig ons laag. Psalm 99 : 1, 2. Psalm 81 : 11, 12 SKRIFLESING: Jesaja 6 TEKS: Jesaja 6:3 HK 8 TEMA: Voor die drie-maal heilige God buig ons laag Psalm 99 : 1, 2 Psalm 81 : 11, 12 Skrifberyming 45 (18-7) : 8, 9 Ook: Skrifberyming 54 (2-6) : 5 2 Die Heidelbergse

Nadere informatie

God het belowe om ons gehoorsaam te maak, net soos ons vra

God het belowe om ons gehoorsaam te maak, net soos ons vra SKRIFLESING: Jeremia 31:23-40 TEKS: Jeremia 31:33b HK 49 TEMA: God het belowe om ons gehoorsaam te maak, net soos ons vra Psalm 103 : 10, 11 Psalm 131 : 2, 3 Skrifberyming 14 (8-1) : 1, 2 Ook: Ps. 40 :

Nadere informatie

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene Bybel vir Kinders bied aan Daniël die Gevangene Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Jonathan Hay Aangepas deur: Mary-Anne S. Vertaal deur: Gert Badenhorst Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

JOHANNES 6:48 HK 28. Votum en seën. Psalm 100 : 1, 3. Gebed. Skrifberyming 54 (2-6) : 1. Skriflesing: Johannes 6:41-59 (AV 1983) Belydenis: HK 28

JOHANNES 6:48 HK 28. Votum en seën. Psalm 100 : 1, 3. Gebed. Skrifberyming 54 (2-6) : 1. Skriflesing: Johannes 6:41-59 (AV 1983) Belydenis: HK 28 JOHANNES 6:48 HK 28 Votum en seën Psalm 100 : 1, 3 Gebed Skrifberyming 54 (2-6) : 1 Skriflesing: Johannes 6:41-59 (AV 1983) Belydenis: HK 28 Teks: Johannes 6:48 (AV 1983) Preek: Christus is die Brood wat

Nadere informatie

n Dubbele kruis-belydenis

n Dubbele kruis-belydenis 1 n Dubbele kruis-belydenis Dr AH Bogaards Lees: Lk.23:26-49 Teks: Lk.23:42-43 (Nagmaal) Datum: 7 Desember Psalms: Ps.43:3,4; 119:26; 119:27; 25:1,3; 23:1,3; 118 1. Inleiding Laat ons daaraan dink dat

Nadere informatie

Dit wat óns wil hoe óns wil leef en wil praat en selfs wil dink (dit weet ons almal) is baie kere baie anders as wat Gód van ons wil hê.

Dit wat óns wil hoe óns wil leef en wil praat en selfs wil dink (dit weet ons almal) is baie kere baie anders as wat Gód van ons wil hê. MATTEUS 21:29 HK 49 Votum Seën Psalm 40 : 2 Gebed Psalm 40 : 4 Skriflesing: Matteus 21:23-32 (AV 1933/53) Belydenis: HK 49 Teks: Matteus 21:29 (AV 1933/53) Preek: Jesus leer ons bid vir berou en bekering

Nadere informatie

Goeie Konings, Slegte Konings

Goeie Konings, Slegte Konings Bybel vir Kinders bied aan Goeie Konings, Slegte Konings Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Lazarus Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg

Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg SKRIFLESING: 1 Johannes 2:1-11 TEKS: 1 Johannes 2:6 TEMA: Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg Psalm 9 : 1, 2, 7 Psalm 31 : 13 (na gebed) Skrifberyming 72 (12-3) : 1, 2 Skrifberyming 78 (13-3) Ook:

Nadere informatie

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5 MATTEUS 6:8 Votum en seën Psalm 7 : 6 Gebed Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5 Preek: Vir ons hemelse Vader is eenvoudige gebede goed Gebed

Nadere informatie

Bybel vir Kinders bied aan. Die Kerk Kry Moeilikheid

Bybel vir Kinders bied aan. Die Kerk Kry Moeilikheid Bybel vir Kinders bied aan Die Kerk Kry Moeilikheid Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Gert Badenhorst Vervaardig deur: Bible for Children

Nadere informatie

Toe God alles gemaak het

Toe God alles gemaak het Bybel vir Kinders bied aan Toe God alles gemaak het Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Byron Unger; Lazarus Aangepas deur: Bob Davies; Tammy S. Vertaal deur: Hannelie Niemandt Vervaardig deur:

Nadere informatie

Die Kerk se Geboorte

Die Kerk se Geboorte Bybel vir Kinders bied aan Die Kerk se Geboorte Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Vertaal deur: Gert Badenhorst Aangepas deur: Ruth Klassen Storie 55 van 60 www.m1914.org Bible for

Nadere informatie

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk Doel van les: Voordat ons kan leer van ons nuwe identiteit in Christus, moet ons eers stil staan by wat Christus vir ons kom doen het. Vandag gaan ons gesels

Nadere informatie

SKRIFLESING: Romeine 8:31-39 (AV 1983) TEKS: Romeine 8:32b. Skrifberyming 24 (1-1) : 3. Psalm 62 : 4 (na gebed) Psalm 93 : 1, 4

SKRIFLESING: Romeine 8:31-39 (AV 1983) TEKS: Romeine 8:32b. Skrifberyming 24 (1-1) : 3. Psalm 62 : 4 (na gebed) Psalm 93 : 1, 4 SKRIFLESING: Romeine 8:31-39 (AV 1983) TEKS: Romeine 8:32b OPSKRIF: Grenslose liefde Skrifberyming 24 (1-1) : 3 Psalm 62 : 4 (na gebed) Psalm 93 : 1, 4 Skrifberyming 78 (13-3) 2 Vanoggend het ons gehoor

Nadere informatie

Gereformeerde Kerk Bloempark Die Drie-eenheid (Sondag 8)

Gereformeerde Kerk Bloempark Die Drie-eenheid (Sondag 8) Gereformeerde Kerk Bloempark Die Drie-eenheid (Sondag 8) Teks: Verskeie & HK Sondag 8 Inleiding Geliefdes, die Drie-eenheid van God is seker van die meeste moeilike dinge om te verstaan, en gewoonlik van

Nadere informatie

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

DIE VLEUELS VAN GEBED (9) DIE VLEUELS VAN GEBED (9) DIE VLEUELS VAN GEBED (9) Jan van der Watt Dankie Here! Dankie sê is om jou skuld te betaal. In die tyd van die Bybel was dankie sê iets anders as vandag. Vandag is dankie n woord

Nadere informatie

God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5)

God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5) God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5) Wie is Jesus? Wie is Jesus vir die mense...? Godsdienste Boeddhisme Islam Judaïsme Hinduïsme New Age Wat sê die Woord van God? Joh 8:12-30

Nadere informatie

SKRIFLESING: Johannes 4:1-30. TEKS: Johannes 4:10. Die Here les mense se diepste dors. Psalm 84 : 2, 3. Psalm 139 : 1, 3. Skrifberyming 6 (5-1) : 5

SKRIFLESING: Johannes 4:1-30. TEKS: Johannes 4:10. Die Here les mense se diepste dors. Psalm 84 : 2, 3. Psalm 139 : 1, 3. Skrifberyming 6 (5-1) : 5 SKRIFLESING: Johannes 4:1-30 TEKS: Johannes 4:10 TEMA: Die Here les mense se diepste dors Psalm 84 : 2, 3 Psalm 139 : 1, 3 Skrifberyming 6 (5-1) : 5 Skrifberyming 9 (18-1) : 1, 6 Skrifberyming 78 (13-3)

Nadere informatie

SKRIFLESING: Romeine 1:1-17. TEKS: Romeine 1:3b-4a HK 13. Jesus is die Seun van God en ons Here. Psalm 149 : 1, 2.

SKRIFLESING: Romeine 1:1-17. TEKS: Romeine 1:3b-4a HK 13. Jesus is die Seun van God en ons Here. Psalm 149 : 1, 2. SKRIFLESING: Romeine 1:1-17 TEKS: Romeine 1:3b-4a HK 13 TEMA: Jesus is die Seun van God en ons Here Psalm 149 : 1, 2 Psalm 72 : 9, 11 Skrifberyming 41 (15-5) : 1, 4 [Ook: Ps 2 en Sb 5 en 27] 1 Dit gaan

Nadere informatie

Toe God alles gemaak het

Toe God alles gemaak het Bybel vir Kinders bied aan Toe God alles gemaak het Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Byron Unger; Lazarus Aangepas deur: Bob Davies; Tammy S. Vertaal deur: Hannelie Niemandt Vervaardig deur:

Nadere informatie

God red elkeen wat werklik in Jesus Christus glo.

God red elkeen wat werklik in Jesus Christus glo. SKRIFLESING: Johannes 3:11-21 TEKS: Johannes 3:15, 16b HK 7 TEMA: God red elkeen wat werklik in Jesus Christus glo. Psalm 31 : 3, 5 Psalm 31 : 15, 17 Skrifberyming 27 (12-2) : 1, 4 2 Wie word gered? Dis

Nadere informatie

Welkom by Die Storie God se storie

Welkom by Die Storie God se storie Welkom by Die Storie God se storie Hierdie boek vertel die belangrikste, aangrypendste storie ooit: die storie van n ware God wat lief is vir sy kinders, wat gesorg het dat hulle gered is, en wat vir hulle

Nadere informatie

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13 1 Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13 Het jy dalk enige afgode of in jou huis? Miskien weet jy nie dat jy het nie, en dit is dalk die rede vir die konflik in jou huwelik, of dat jou kind

Nadere informatie

Van Vervolger tot Prediker

Van Vervolger tot Prediker Bybel vir Kinders bied aan Van Vervolger tot Prediker Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Gert Badenhorst Vervaardig deur: Bible for Children

Nadere informatie

God laat alles Sy kinders se saligheid bevorder.

God laat alles Sy kinders se saligheid bevorder. SKRIFLESING: Romeine 8:18-30 TEKS: Romeine 8:28 HK 9 TEMA: God laat alles Sy kinders se saligheid bevorder. Psalm 30 : 3, 4 Skrifberyming 33 (2-4) : 1 Psalm 119 : 25 Skrifberyming 78 (13-3) Ook: Sb 52

Nadere informatie

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig INLEIDING In ons verduideliking van hoe ons Nagmaal vier, het ons gehoor dat God ons waardig maak om aan die hemelse spys en drank deel te hê. Dit beteken

Nadere informatie

Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek

Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek SKRIFLESING: 1 Johannes 2:28 3:10 TEKS: 1 Johannes 3:8b TEMA: Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek Psalm 45 : 1, 3, 5, 6 Psalm 79: 5, 6 Skrifberyming 33 (2-4) : 1, 2 Skrifberyming

Nadere informatie

PSALM 40:9. Votum en seën. Psalm 89 : 3. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Deuteronomium 5:6-21 (AV 1933/53) Psalm 50 : 6, 7.

PSALM 40:9. Votum en seën. Psalm 89 : 3. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Deuteronomium 5:6-21 (AV 1933/53) Psalm 50 : 6, 7. PSALM 40:9 Votum en seën Psalm 89 : 3 Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels Wet: Deuteronomium 5:6-21 (AV 1933/53) Psalm 50 : 6, 7 Gebed Skriflesing: Psalm 40 (AV 1933/53) Teks: Psalm 40:7-9 (AV 1933/53) Psalm

Nadere informatie

Preek Romeine 6:3-4. (Preek tydens erediens in Gereformeerde Kerk Welkom-Noord op Sondag 25 Junie 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff

Preek Romeine 6:3-4. (Preek tydens erediens in Gereformeerde Kerk Welkom-Noord op Sondag 25 Junie 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff 1 Preek Romeine 6:3-4 (Preek tydens erediens in Gereformeerde Kerk Welkom-Noord op Sondag 25 Junie 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff Voor die erediens Sing: Skrifberyming 8-3 Sing: Lied 510:1,2,3,4

Nadere informatie

God red mense wat glo deur die krag van die evangelie

God red mense wat glo deur die krag van die evangelie SKRIFLESING: Romeine 1:1-17 TEKS: Romeine 1:16 HK 23 TEMA: God red mense wat glo deur die krag van die evangelie Psalm 67 : 2 Skrifberyming 10 (5-4) : 1, 2 Psalm 71 : 12, 14 Ook: Ps 32 Ps 65 : 2 2 As jy

Nadere informatie

Jesus Christus se opstanding maak ons lewens sinvol

Jesus Christus se opstanding maak ons lewens sinvol SKRIFLESING: 1 Korintiërs 15:1-20 TEKS: 1 Korintiërs 15:20a TEMA: Jesus Christus se opstanding maak ons lewens sinvol Psalm 33 : 2 Psalm 33 : 11 Skrifberyming 10 (5-4) : 1, 2 Ook: Sb 27 : 1, 3 1 Weet u

Nadere informatie

SKRIFLESING: 1 Petrus 2:1-10. TEKS: 1 Petrus 2:9. God red sodat ons sal vertel. Psalm 40 : 5. Psalm 4 : 3. Skrifberyming 8 (5-3) : 2.

SKRIFLESING: 1 Petrus 2:1-10. TEKS: 1 Petrus 2:9. God red sodat ons sal vertel. Psalm 40 : 5. Psalm 4 : 3. Skrifberyming 8 (5-3) : 2. SKRIFLESING: 1 Petrus 2:1-10 TEKS: 1 Petrus 2:9 TEMA: God red sodat ons sal vertel. Psalm 40 : 5 Psalm 4 : 3 Skrifberyming 8 (5-3) : 2 Psalm 71 : 9, 14 Skrifberyming 78 (13-3) Ook: Sb 24 (1-1) : 6 2 Waar

Nadere informatie

1 KORINTIËRS 13:12. Ook: Sb 18-8 (30) : 4, 5

1 KORINTIËRS 13:12. Ook: Sb 18-8 (30) : 4, 5 1 KORINTIËRS 13:12 Votum Seën Psalm 146 : 1, 4 Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels Wet: Exodus 20:1-17 (AV 1933/53) Psalm 139 : 1, 12 Gebed Psalm 42 : 1 Skriflesing: 1 Korintiërs 13 (AV 1933/53) Teks: 1

Nadere informatie

TEKS: Matteus 5:3 (AV 1933/53) HK 5

TEKS: Matteus 5:3 (AV 1933/53) HK 5 SKRIFLESING: Matteus 5:1-12 TEKS: Matteus 5:3 (AV 1933/53) HK 5 TEMA: Verlossing kom nie uit ons nie. Psalm 138 : 3 Skrifberyming 16 (11-3) : 1, 4 Psalm 146 : 2, 5 Skrifberyming 78 (13-3) Ook: Ps 33 :

Nadere informatie

MATTEUS 7:12. Votum en seën. Psalm 34 : 2, 4. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 4 : 3.

MATTEUS 7:12. Votum en seën. Psalm 34 : 2, 4. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 4 : 3. MATTEUS 7:12 Votum en seën Psalm 34 : 2, 4 Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 4 : 3 Gebed Skrifberyming 53 (14-3) : 4 Skriflesing: Matteus 7:7-23 (AV 1983/91) Teks:

Nadere informatie

God se liefde vat ons vrees vir Sy oordeel weg

God se liefde vat ons vrees vir Sy oordeel weg SKRIFLESING: 1 Johannes 4:7-21 TEKS: 1 Johannes 4:17-18 TEMA: God se liefde vat ons vrees vir Sy oordeel weg Psalm 48 : 1 Psalm 99 : 1, 4 Psalm 103 : 6 (na doop) Psalm 43 : 3 Skrifberyming 10 (5-4) : 1,

Nadere informatie

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels.

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels. 1 Johannes 17b PT INLEIDING Lees Johannes 17:1-19 Hoe het dit die week met julle gebede gegaan? Kon julle intiem met julle Vader gesels? Ons het `n tydjie gelede gekyk na die eerste 6 verse van Jesus se

Nadere informatie

HEMELVAART. SKRIFLESING: Johannes 14:1-14. TEKS: Johannes 14:2-3 (AV 1933/53) Jesus Christus is hemel toe vir ons. Psalm 2 : 4, 6.

HEMELVAART. SKRIFLESING: Johannes 14:1-14. TEKS: Johannes 14:2-3 (AV 1933/53) Jesus Christus is hemel toe vir ons. Psalm 2 : 4, 6. HEMELVAART SKRIFLESING: Johannes 14:1-14 TEKS: Johannes 14:2-3 (AV 1933/53) TEMA: Jesus Christus is hemel toe vir ons Psalm 2 : 4, 6 Psalm 68 : 8 Psalm 84 : 1, 2 Ook: Psalm 24 : 4, 5 2 Jesus se hemelvaart

Nadere informatie

JOHANNES 3:19-20 DL 3/4:1

JOHANNES 3:19-20 DL 3/4:1 JOHANNES 3:19-20 DL 3/4:1 Votum en seën Psalm 47 : 1, 3 Geloofsbelydenis: Nicea Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 50 : 8, 11 Gebed Skriflesing: Johannes 3:1-21 (AV 1983/91) Belydenis: Dordtse Leerreëls

Nadere informatie

'n Man gestuur deur God

'n Man gestuur deur God Bybel vir Kinders bied aan 'n Man gestuur deur God Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Byron Unger; Lazarus Vertaal deur: Yvette Brits Aangepas deur: E. Frischbutter; Sarah S. Storie 37 van 60 www.m1914.org

Nadere informatie

MATTEUS 5:17 NGB 25. Votum en seën. Psalm 67 : 2. Gebed. Skriflesing: Matteus 5:17-32 (AV 1933/53) Belydenis: NGB 25. Teks: Matteus 5:17 (AV 1933/53)

MATTEUS 5:17 NGB 25. Votum en seën. Psalm 67 : 2. Gebed. Skriflesing: Matteus 5:17-32 (AV 1933/53) Belydenis: NGB 25. Teks: Matteus 5:17 (AV 1933/53) MATTEUS 5:17 NGB 25 Votum en seën Psalm 67 : 2 Gebed Skriflesing: Matteus 5:17-32 (AV 1933/53) Belydenis: NGB 25 Teks: Matteus 5:17 (AV 1933/53) Psalm 119 : 36 Preek: Christus laat ons die Ou Testament

Nadere informatie

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was nie om limate te gaan werf of om mense te gaan bekeer nie, maar om dissipels te gaan maak, mense wat Jesus volg. Net soos wat n mens nie noodwendig

Nadere informatie

SKRIFLESING: Handelinge 16: TEKS: Handelinge 16:30-31 HK 23. Wie in die Here Jesus glo, word gered. Psalm 48 : 4.

SKRIFLESING: Handelinge 16: TEKS: Handelinge 16:30-31 HK 23. Wie in die Here Jesus glo, word gered. Psalm 48 : 4. SKRIFLESING: Handelinge 16:16-34 TEKS: Handelinge 16:30-31 HK 23 TEMA: Wie in die Here Jesus glo, word gered. Psalm 48 : 4 Psalm 37 : 2, 5 Skrifberyming 10 (5-4) : 1, 2 1 Dit bly maar iets waaroor mense

Nadere informatie

TEKS: Matteus 28:11-15 HK 17. Jesus se opstanding, wat regtig gebeur het, gee moed en hoop.

TEKS: Matteus 28:11-15 HK 17. Jesus se opstanding, wat regtig gebeur het, gee moed en hoop. SKRIFLESING: Matteus 27:62 28:15 TEKS: Matteus 28:11-15 HK 17 TEMA: Jesus se opstanding, wat regtig gebeur het, gee moed en hoop. Psalm 118 : 12 Psalm 37 : 17, 18 Psalm 16 : 5 Psalm 71 : 1, 2 1 Daar word

Nadere informatie

Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak.

Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak. Vals beeld van God: Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak. Ware beeld van God: God se beloftes word vervul in Jesus. Ons kan

Nadere informatie

Bybelse Dissipelskap. Saligheid/ Redding

Bybelse Dissipelskap. Saligheid/ Redding Bybelse Dissipelskap Saligheid/ Redding Johannes 14:6 Jesus antwoord hom: Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie. Vers om te memoriseer... Efesiërs 2:8-9

Nadere informatie

PSALM 90:2 NGB 1. Votum en seën. Psalm 90 : 1. Gebed. Skriflesing: Psalm 90 (AV 1933/53) Belydenis: NGB 1. Teks: Psalm 90:2 (AV 1933/53)

PSALM 90:2 NGB 1. Votum en seën. Psalm 90 : 1. Gebed. Skriflesing: Psalm 90 (AV 1933/53) Belydenis: NGB 1. Teks: Psalm 90:2 (AV 1933/53) PSALM 90:2 NGB 1 Votum en seën Psalm 90 : 1 Gebed Skriflesing: Psalm 90 (AV 1933/53) Belydenis: NGB 1 Teks: Psalm 90:2 (AV 1933/53) Psalm 102 : 5, 11 Preek: God bestaan [nog] [altyd] Gebed Kollekte Skrifberyming

Nadere informatie

Baie welkom by vanoggend se erediens

Baie welkom by vanoggend se erediens Baie welkom by vanoggend se erediens Kerklike jaar: Lydenstyd Hoekom moes Jesus so ly? Jes 53 Jesaja - drie in een I - Jes 1-39 Verval voor ballingskap Jesaja II - Jes 40-55 Ballingskap in Babilonië III

Nadere informatie

1 JOHANNES 4:20 HK 34:93

1 JOHANNES 4:20 HK 34:93 1 JOHANNES 4:20 HK 34:93 Votum en seën Psalm 134 : 1, 3 [ ons ] Gebed Psalm 27 : 4 Skriflesing: 1 Johannes 4:7-21 (AV 1983) Belydenis: HK 34:93 Teks: 1 Johannes 4:20 (AV 1983) Preek: God se wil is liefde

Nadere informatie

NAGMAAL. SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a. Die kruis is die trots van die Here se kerk.

NAGMAAL. SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a. Die kruis is die trots van die Here se kerk. NAGMAAL SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a TEMA: Die kruis is die trots van die Here se kerk. Psalm 149 : 1, 2 Skrifberyming 10 (5-4) : 1, 2 Psalm 103 : 6 Psalm 9 : 1, 2,

Nadere informatie

Fontein van die lewe. Liturgie

Fontein van die lewe. Liturgie Fontein van die lewe Teks vir die preek:... want by U is die fontein van die lewe; in u lig sien ons die lig. Laat u goedertierenheid voortduur vir die wat U ken, en u geregtigheid vir die opregtes van

Nadere informatie

Frits Gaum wonder: Kan jy twyfel in Jesus se opstanding uit die dood en steeds gelowig wees?

Frits Gaum wonder: Kan jy twyfel in Jesus se opstanding uit die dood en steeds gelowig wees? Frits Gaum het die volgende artikel in Rapport geskryf oor Jesus se opstanding. Dit is regtig verblydend om soveel teoloë openlik te hoor sê dat hulle in Jesus se letterlike opstanding glo, selfs al het

Nadere informatie

1 JOHANNES 2: Votum en seën. Psalm 34 : 1, 4. Geloofsbelydenis: Nicea. Wet: Exodus 20:1-17 (AV 1933/53) Psalm 34 : 6. Gebed

1 JOHANNES 2: Votum en seën. Psalm 34 : 1, 4. Geloofsbelydenis: Nicea. Wet: Exodus 20:1-17 (AV 1933/53) Psalm 34 : 6. Gebed 1 JOHANNES 2:15-17 Votum en seën Psalm 34 : 1, 4 Geloofsbelydenis: Nicea Wet: Exodus 20:1-17 (AV 1933/53) Psalm 34 : 6 Gebed Skriflesing: 1 Johannes 2:3-17 (AV 1933/53) Teks: 1 Johannes 2:15-17 (AV 1933/53)

Nadere informatie

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24 1 15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24 Tema Wanneer jy in Jesus glo, eindig jou lewe nie op die dag wanneer jy doodgaan nie. Jy sal uit die dood opstaan en

Nadere informatie

Die Here gee vir mense, wat oor Hom bly is, dit wat hulle harte begeer.

Die Here gee vir mense, wat oor Hom bly is, dit wat hulle harte begeer. SKRIFLESING: Psalm 37 : 1-11 TEKS: Psalm 37:4 TEMA: Die Here gee vir mense, wat oor Hom bly is, dit wat hulle harte begeer. Psalm 150 : 1, 2 Psalm 139 : 1, 3 Skrifberyming 72 (12-3) : 1, 2 Psalm 33 : 11

Nadere informatie

Van Vervolger tot Prediker

Van Vervolger tot Prediker Bybel vir Kinders bied aan Van Vervolger tot Prediker Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Vertaal deur: Gert Badenhorst Aangepas deur: Ruth Klassen Storie 58 van 60 www.m1914.org Bible

Nadere informatie

Die Here laat ons maai wat ons gesaai het

Die Here laat ons maai wat ons gesaai het SKRIFLESING: Galasiërs 6 TEKS: Galasiërs 6:7-8 TEMA: Die Here laat ons maai wat ons gesaai het Psalm 100 : 1, 3, 4 Psalm 50 : 11 Psalm 91 : 1 (na belydenisaflegging) Psalm 126 : 3 Skrifberyming 33 (2-4)

Nadere informatie

Die Seun het gekom om die Vader aan ons bekend te maak.

Die Seun het gekom om die Vader aan ons bekend te maak. SKRIFLESING: Johannes 1:1-18 TEKS: Johannes 1:18 TEMA: Die Seun het gekom om die Vader aan ons bekend te maak. Psalm 45 : 1, 5, 16 Psalm 45 : 9, 10 Skrifberyming 18 (17-2) : 3, 4, 5 1 Watter indruk het

Nadere informatie

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3 1 Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps. 116... Sb 33:1,3 1 Johannes 3 1Jn 3:1 Kyk wat n groot liefde die Vader aan ons bewys het,

Nadere informatie

PSALM 115:1 HK Sondag 52:

PSALM 115:1 HK Sondag 52: PSALM 115:1 HK Sondag 52:128-129 Votum en seën Skrifberyming 72 (12-3) : 1, 2 Gebed Skriflesing: Psalm 115 (AV 1933/53) Belydenis: HK 52:128-129 Teks: Psalm 115:1 (AV 1933/53) Psalm 115 : 1, 9 Preek: God

Nadere informatie

Die Groot Muur van Nehemia

Die Groot Muur van Nehemia Bybel vir Kinders bied aan Die Groot Muur van Nehemia Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Jonathan Hay Vertaal deur: Yvette Brits Aangepas deur: Mary-Anne S. Storie 35 van 60 www.m1914.org Bible

Nadere informatie

Preek Romeine 1:16-17

Preek Romeine 1:16-17 1 Preek Romeine 1:16-17 (Preek gelewer tydens erediens in Welkom-Noord op Sondag 19 Februarie2017) Prediker: Ds JL van der Schyff Voor die erediens Sing: Lied 255:1,2,3 Sing: Psalm 119-1:39 Sing: Psalm

Nadere informatie

1 KORINTIËRS 3:21-23 HK Sondag 1

1 KORINTIËRS 3:21-23 HK Sondag 1 1 KORINTIËRS 3:21-23 HK Sondag 1 Votum en seën Psalm 30 : 3 Gebed Psalm 30 : 7 Skriflesing: 1 Korintiërs 3:9b-23 (AV 1983/91) Belydenis: HK Sondag 1 Teks: 1 Korintiërs 3:21b-23 (AV 1983/91) Preek: Gelowiges

Nadere informatie

Bybel vir Kinders. bied aan. Joshua neem Beheer

Bybel vir Kinders. bied aan. Joshua neem Beheer Bybel vir Kinders bied aan Joshua neem Beheer Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

KERSFEES. SKRIFLESING: Matteus 2:1-12. TEKS: Matteus 2:11. Hierdie Kindjie is God en Koning oor alle nasies. Psalm 67 : 1, 2 1.

KERSFEES. SKRIFLESING: Matteus 2:1-12. TEKS: Matteus 2:11. Hierdie Kindjie is God en Koning oor alle nasies. Psalm 67 : 1, 2 1. KERSFEES SKRIFLESING: Matteus 2:1-12 TEKS: Matteus 2:11 TEMA: Hierdie Kindjie is God en Koning oor alle nasies Psalm 67 : 1, 2 1 Psalm 119 : 7 Psalm 66 : 2 Skrifberyming 45 (18-7) : 3, 10 Skrifberyming

Nadere informatie

NIe net hier in 1 Korintiers 13 nie, maar in die hele 1 Korintiërs lees ons van al hierdie dinge wat die gemeente van Korinte gedoen het.

NIe net hier in 1 Korintiers 13 nie, maar in die hele 1 Korintiërs lees ons van al hierdie dinge wat die gemeente van Korinte gedoen het. 1 Preek: 1 Korintiërs 13:1-13 Teksverse: 1 Korintiërs 13:7 Tema: Die Heilige Gees rus jou toe om met ware liefde te leef! Inleiding Geliefde gemeente, ons het afgelope Donderdag op n besondere manier aan

Nadere informatie

Die Here gee ons in Sy Woord goeie nuus

Die Here gee ons in Sy Woord goeie nuus SKRIFLESING: Jesaja 52:1-12 TEKS: Jesaja 52:7 HK 1 TEMA: Die Here gee ons in Sy Woord goeie nuus Psalm 149 : 1, 2 Psalm 107 : 1 Skrifberyming 29 (18-3) : 6, 7, 8 Skrifberyming 78 (13-3) Ook: Sb 22 (11-1)

Nadere informatie

Preek oor: Wat doen die Heilige Gees? Die Heilige Gees laat die wedergeboorte plaasvind

Preek oor: Wat doen die Heilige Gees? Die Heilige Gees laat die wedergeboorte plaasvind 1 Preek oor: Wat doen die Heilige Gees? Die Heilige Gees laat die wedergeboorte plaasvind (Preek gelewer tydens erediens in Welkom-Noord op Sondag 29 Mei 2016) Voor die erediens Sing: Psalm 71-1:1,9,12

Nadere informatie

Hierdie raaisel word op meer as een manier in die Bybel beantwoord.

Hierdie raaisel word op meer as een manier in die Bybel beantwoord. 1 PETRUS 4:17 Votum Seën Psalm 136 : 1, 2, 3 Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Skrifberyming 5-4 (10) : 1, 2 Gebed Psalm 73 : 2, 5 Skriflesing: 1 Petrus 4:12-19 (AV 1983/91)

Nadere informatie

Aanbieding 1 Agtergrond. Skrywer van 2 Petrus

Aanbieding 1 Agtergrond. Skrywer van 2 Petrus 2 Petrus Aangebied deur dr. Douw Breed Aanbieding 1 Agtergrond Tema van 2 Petrus 1:1 Aan dié wat deur die regverdige beskikking van ons God en Verlosser, Jesus Christus, dieselfde kosbare geloof as ons

Nadere informatie

TEKS: Esegiël 33:18-19 HK 32:87 33:90. God laat onbekeerdes sterf, maar bekerendes lewe.

TEKS: Esegiël 33:18-19 HK 32:87 33:90. God laat onbekeerdes sterf, maar bekerendes lewe. SKRIFLESING: Esegiël 33: 10-20 TEKS: Esegiël 33:18-19 HK 32:87 33:90 TEMA: God laat onbekeerdes sterf, maar bekerendes lewe. Psalm 99 : 1, 3 Skrifberyming 38 (15-2) : 2 Psalm 4 : 4 Skrifberyming 78 (13-3)

Nadere informatie

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees Doel van les: Vandag leer ons van die Vrugte van die Heilige Gees en hoe dit in ons lewens werk. INLEIDING: Sjoe, ons het nou al so baie van die Heilige Gees

Nadere informatie

gelees. In hierdie roman word die aangrypende verhaal van 'n Franse

gelees. In hierdie roman word die aangrypende verhaal van 'n Franse Romeine 5:1-11 God se vooraf-genade Broers en susters in onse Here Jesus Christus: Dalk het u ook al die baie bekende roman van Victor Hugo, Les Miserables gelees. In hierdie roman word die aangrypende

Nadere informatie

TEKS: Johannes 18: 36 HK 12:31

TEKS: Johannes 18: 36 HK 12:31 SKRIFLESING: Johannes 18:28-40 TEKS: Johannes 18: 36 HK 12:31 TEMA: Jesus Christus is anders Koning. Psalm 2 : 4 Skrifberyming 15 (16-1) : 1, 2 Psalm 72 : 6, 9 Skrifberyming 78 (13-3) Ook: Ps 45 Ps 48

Nadere informatie

Skriflesing: Dordtse Leerreëls Hoofstuk 2 paragraaf 8 Sing- Ps. 25:4; Ps. 19:5; Ps. 23:2 volkome vrye raadsbesluit, genadige wil en voorneme van God

Skriflesing: Dordtse Leerreëls Hoofstuk 2 paragraaf 8 Sing- Ps. 25:4; Ps. 19:5; Ps. 23:2 volkome vrye raadsbesluit, genadige wil en voorneme van God 1 Skriflesing: Johannes 6:37-40; 10:11, 26-29; Romeine 8:29-30 Belydenis- Dordtse Leerreëls Hoofstuk 2 paragraaf 8 Sing- Ps. 25:4; Ps. 19:5; Ps. 23:2 In die vorige paragrawe van die Dordtse Leerreëls het

Nadere informatie

Jona en die Groot Vis

Jona en die Groot Vis Bybel vir Kinders bied aan Jona en die Groot Vis Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Jonathan Hay Aangepas deur: Mary-Anne S. Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

Preek deur ds. Jaco van Sittert Vrydag, 14 April Skriflesing: Johannes 19:17-37 Van die eenkant na die anderkant van die kruis.

Preek deur ds. Jaco van Sittert Vrydag, 14 April Skriflesing: Johannes 19:17-37 Van die eenkant na die anderkant van die kruis. Vrydag, 14 April 2017 Skriflesing: Johannes 19:17-37 Tema: Van die eenkant na die anderkant van die kruis. Skriflesing Johannes 19:17-37 Jesus word gekruisig 17 Jesus het self sy kruis gedra en uitgegaan

Nadere informatie

Jesus se eerste preek op die berg. Hy gee ons onuitspreeklike blydskap.

Jesus se eerste preek op die berg. Hy gee ons onuitspreeklike blydskap. Jesus se eerste preek op die berg. Hy gee ons onuitspreeklike blydskap. Ses groepstudies oor die Saligsprekinge uit Matteus 5 Groepstudie 1 17 Februarie 1. Die bergpredikasie. i. Leer gou almal se name

Nadere informatie

Net die ware God kan vooruit sê wat gaan gebeur

Net die ware God kan vooruit sê wat gaan gebeur SKRIFLESING: Jesaja 42:1-17 TEKS: Jesaja 42:9b TEMA: Net die ware God kan vooruit sê wat gaan gebeur Skrifberyming 34 (2-2) : 1, 2 Psalm 86 : 5, 6 Skrifberyming 4 (4-4) : 1, 2, 3 Skrifberyming 78 (13-3)

Nadere informatie

Dis net so ondenkbaar soos n gemeente die tempel van die Heilige Gees 1 wat nie bid nie.

Dis net so ondenkbaar soos n gemeente die tempel van die Heilige Gees 1 wat nie bid nie. PSALM 141 : 2 HK 45 Votum Seën Psalm 104 : 1, 2, 20 Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels Wet: Deuteronomium 5:6-21 (AV 1933/53) Psalm 69 : 3, 6, 12 Gebed Psalm 28 : 1, 2, 6 Skriflesing: Psalm 141 (AV 1933/53)

Nadere informatie

Preek Genesis 15:5. (Preek gelewer tydens erediens in Welkom-Noord op Sondag 8 Januarie 2017)

Preek Genesis 15:5. (Preek gelewer tydens erediens in Welkom-Noord op Sondag 8 Januarie 2017) 1 Preek Genesis 15:5 (Preek gelewer tydens erediens in Welkom-Noord op Sondag 8 Januarie 2017) Voor die erediens Sing: Lied 464:1,2 Sing: Psalm 67-2:1,3 Afkondigings Stilte Tydens die erediens: Votum Groetseën

Nadere informatie

Deur Sy wet gee God ons broodnodige kennis van sonde

Deur Sy wet gee God ons broodnodige kennis van sonde SKRIFLESING: Romeine 7:1-13 TEKS: Romeine 7:7 HK 1:2 2:5 TEMA: Deur Sy wet gee God ons broodnodige kennis van sonde Psalm 147 : 1, 4 Skrifberyming 26 (9-1) : 1, 10 Psalm 130 : 2 2 As u vir iemand wat glad

Nadere informatie

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22 1 BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22 Die sekerheid dat jy 'n kind van God is, is nie die einde van die pad nie maar die begin daarvan. Nou word dit moontlik om as gelowiges te groei. Maar waarheen lei

Nadere informatie

TEKS: Openbaring 1:4b-5a HK 8

TEKS: Openbaring 1:4b-5a HK 8 SKRIFLESING: Openbaring 1:1-8 TEKS: Openbaring 1:4b-5a HK 8 TEMA: Die drie-enige God seën Sy kerk. Psalm 67 : 2 Psalm 90 : 1 Skrifberyming 25 (19-3) : 1, 2, 3 Skrifberyming 78 (13-3) Ook: Ps 89 : 10, 11,

Nadere informatie

Wie in die Here glo, vertrou Hom met die bestemming.

Wie in die Here glo, vertrou Hom met die bestemming. SKRIFLESING: Hebreërs 11:8-19 TEKS: Hebreërs 11:8 TEMA: Wie in die Here glo, vertrou Hom met die bestemming. Psalm 84 : 3, 4 Skrifberyming 28 (10-1) : 2, 3 Psalm 1 : 4 Psalm 37 : 2, 23 Skrifberyming 78

Nadere informatie