LUKAS 12:50 Votum en seën Psalm 105 : 2, 3 Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels Wet: Exodus 20:1-17 (AV 1933/53) [Lees nommer van elke gebod] Psalm 38 : 1, 4 [ bedolwe = bedek, toe; bare = branders] Formulier vir die bediening van die Heilige Doop aan kinders Skrifberyming 15 (16-1) : 1, 3 Skriflesing: Lukas 12:49-59 (AV 1933/53) Teks: Lukas 12:50 (AV 1933/53) Preek: Jesus Christus se lydingsdoop maak ons doop vreugde. Gebed Kollekte Psalm 107 : 1, 21 Seën Skrifberyming 78 (13-3) Ook: Ps 69 : 1, 2 Sb 7 (5-2) : 8b, 9, 10
2 Dis vir ons mooi geleenthede as mense gedoop word groot of klein, as hulle so gewys word en verseker word dat die Here n band met hulle het: - dat hulle Sy kinders is; - dat Hy hulle sondes afwas; - dat Hy in hulle harte wil woon en werk. Dis vir n gelowige gesin en familie en vir n gemeente van die Here n groot vreugde as iemand gedoop word. En as jy dan onthou wat daaragter lê die bitter lyding en dood van die Here Jesus Christus dan maak dit jou blydskap nie minder nie, maar soveel dieper. Ons doop het Hom geweldig baie gekos. Hy moes die bitter lydingsdoop ondergaan, sodat óns doop n vreugde kan wees. Dis die kern van hierdie preek: - Jesus Christus se lydingsdoop maak ons doop vreugde! Kom ons kyk: 1. dat die doop waarvan Hy hier praat Sy lyding is; 2. dat Hy daaroor benoud was; 3. wat hierdie doop van Hom vir ons doop beteken. 1. DIE DOOP HIER SY LYDING Lukas 12 beskrywe allerhande dinge wat die Here Jesus vir mense geleer het. In verse 49 en 50 praat Hy oor dinge wat nog moet gebeur. Eers in vers 49 oor iets waarna Hy uitsien, naamlik die werk van die Heilige Gees, wat nadat Jesus Sy versoeningswerk klaargemaak het, uitgestort sou word en soos n vuur oor die aarde sou trek en orals brande sou veroorsaak: - vlamme van verset waar Hy die evangelie van Jesus sou laat preek; - maar ook harte wat aan die brand slaan van geloof in die Here en liefde vir Hom. 1 Maar dan praat Hy in vers 50 van iets waarteen Hy om dit menslik te sê opsien: n doop waarmee Hy gedoop moet word. 1 En wat sodoende verdeeldheid sou bring, selfs in die nouste aardse verhoudings (Luk 12:51-53).
3 Natuurlik verwys dit nie na Sy doop met water nie. Sy doop met water het op hierdie stadium al lankal gebeur, toe Johannes die Doper Hom daar by die Jordaan gedoop het. 2 Die doop waarna die Here Jesus hier verwys, is die swaarkry wat Hy aan die einde van Sy lewe sou ervaar: - Sy gevangeneming en klugte van verhore; - Sy marteling Hy s met vuiste en stokke geslaan, gespoeg, gegesel, n doringkroon op Sy kop gedruk; - en dan Sy kruisiging; - en die helse angs en smarte wat Hy deurgegaan het, veral toe Hy deur God verlaat is; - en uiteindelik Sy dood. 3 Een van die betekenisse van die woord doop is om in te dompel: - jy doop jou beskuit in die koffie jy druk dit daarin; - jy doop n mens onder andere wanneer jy hom onder die water indruk. Die Here Jesus is in die verskriklikste lyding gedompel. Hy t in die diepste swaarkry moontlik ingesink, in die dieptes van die storm van God se toorn oor die sondes van mense. Hy s oorspoel deur n vloedgolf van onbeskryflike liggaamlike en geestelike pyn en lyding. Dis die doop waarmee Hy gedoop sou word waarna die Here Jesus hier verwys: die lyding en dood wat vir Hom voorgelê het. 2. HY WAS BENOUD DAAROOR Kon Jesus benoud wees? Kon Hy, wat die Seun van God is en daarom God self ook, benoud en beangs word? Hy kon, want Hy t mos n regte mens ook geword, wat nie net liggaamlik siek kon word en pyn kon ly en kon doodgaan nie, maar wat ook geestelike druk en spanning en benoudheid en angs kon ly. 2 Mat 4:13 e.v. 3 Vgl ook Mark 10:38
4 En dink net hoe gespanne kan ons word en hoe kan ons opsien teen iets soos n groot operasie, en dit terwyl ons weet dis goedgesinde mense wat ons daar gaan probeer help na die beste van hulle vermoë, en terwyl ons weet dat die beste beskikbare pynmiddels en medisyne vir ons gegee gaan word. Vir Jesus het daar die allerswaarste lyding voorgelê, wat Hom aangedoen sou word deur mense wat Hom haat en daarom geen simpatie sou hê nie, en dit terwyl al Sy vriende, Sy volgelinge, Hom in die steek sou laat. Daar het selfs vir Hom die bodemlose put van die hel voorgelê, waar Hy aan die volle aanslag van alle bose magte en sonder die hulp van God uitgelewer sou wees. Watter verskriklike swaard was dit nie wat die heeltyd bo Sy kop gehang het nie! Hoe kón Hy as n ware mens nie diep benoud wees hieroor nie? Terloops, die vertaling van AV 1983/91, dat hierdie lydingsdoop Hom heeltemal in beslag sal neem, is teoreties moontlik dit ís een van die betekenisse van die Griekse woord wat hier gebruik word maar dis waarskynlik nie n goeie keuse nie. Op my boekrak is nie een vertaling of woordeboek wat hierdie betekenis hier ondersteun nie. Almal gee dit weer met n term wat sê dat die vooruitsig van Sy lyding iets was wat swaar op Sy gemoed gelê het. Dit klop ook met wat ons op ander plekke lees: o In die week voor Sy gevangeneming en kruisiging het Jesus by n geleentheid gesê: Nou is my siel ontsteld, en wat sal Ek sê? Vader, red My uit hierdie uur? Maar hierom het Ek in hierdie uur gekom. 4 o En onthou hoe Hy, toe Hy kort voor Sy gevangeneming saam met Sy dissipels by Getsemane gekom het, bedroef en benoud begin word het en vir hulle gesê het: My siel is diep bedroef tot die dood toe 5? 4 Joh 12:27 5 Mat 26:37-38
5 o En hoe Hy toe gebid het dat Sy Vader in die hemel, as dit kon, die verskriklike lyding wat vir Hom voorgelê het, by Hom sou laat verbygaan, 6 so intens dat Sy sweet soos bloeddruppels geword het wat op die grond val. 7 o In Hebreërs lees ons van hierdie gebeure dít: Hy wat in die dae van sy vlees gebede en smekinge met sterk geroep en trane aan Hóm geoffer het wat Hom uit die dood kon red, en ook verhoor is uit die angs 8 Uit die angs. En hierdie angs oor die lyding waarin Hy gedompel sou word, was nie net die aand voor Sy kruisiging by Hom nie, maar het oor Sy hele aardse lewe n skaduwee gegooi, 9 hoe langer hoe donkerder. En tog het die Here Jesus geweet dat Hy hierdie doop sou ondergaan, al was dit hoe swaar, al was Hy benoud daaroor, al het die angs Hom daar in Getsemane byna oorweldig. Hy sê hier nie dat Hy daaroor benoud is totdat Hy gaan hoor dat Hy dit gespaar gaan word nie, maar totdat dit volbring is. Volbring beteken afgehandel, voltooi, gedoen. Hierdie gewig sou op Hom druk, totdat Hy gedoen het wat Hy gekom het om te doen, totdat Hy hierdie bitter swaarkry alles klaar deurgemaak het, totdat Hy met hierdie lydingsdoop gedoop is, totdat Hy daar aan die kruis net voor Sy dood kon sê: Dit is volbring. 10 Tot Sy lyding gely was, was die Here Jesus benoud daaroor. Wat beteken hierdie lydingsdoop van die Here Jesus, waaroor Hy so benoud was, vir ons? 3. DIE BETEKENIS VIR ONS DOOP 6 Mark 14:35-36 7 Luk 22:44 8 Hebr 5:7 9 Iemand het dit genoem: Jesus se permanente Getsemane 10 Joh 19:30
6 Om die betekenis van Jesus se lydingsdoop vir ons doop te verstaan, moet u natuurlik verstaan waarom Hy gely het. Hy t óns lyding vir ons gely. Hy t Homself in ons plek in die bitter, wat óns moes deurgegaan het, gedompel. Ons sondes teen God verdien swaar straf. 11 Net in één sonde lê daar al soveel ongeloof en hoogmoed en ondankbaarheid en minagting van die allerhoogste, van God, en van alles wat Hy jou beveel en belowe in, dat dít die swaarste straf verdien. Wat verdien n leeftyd van duisende sondes dan nie dit verdien n onderdompeling in die toorn van God! En hoe verskriklik is die straf dan nie op die derduisende sondes van miljoene en miljoene van God se kinders van alle eeue nie! En dáárdie straf het die Here Jesus vir hulle almal gedra. Met daardie lydingsdoop is Hy vir ons gedoop, sodat elkeen wat regtig glo dat Hy dit vir jou gedoen het, nooit daardie straf sal hoef te ondergaan nie, nooit met daardie lydingsdoop gedoop sal hoef te word nie. Die gelowiges se doop is nou n waterdoop water wat wys wat Jesus se lyding in ons plek vir ons beteken: - dat al ons sondes afgewas is; - dat ons as skoongewaste mense voor God kan staan; - dat Hy ons as Sy kinders aanvaar en in n blywende verbintenis met ons lewe; - dat Sy Gees in ons woon en besig is om ons te omvorm van sondaars na gehoorsame kinders van God toe. Jesus se lydingsdoop maak dat ons doop iets is waaroor ons nie benoud is nie, maar wat ons harte bly maak. Besef u dat ons doop sonder Jesus se lydingsdoop nie kon bestaan het nie? As Jesus nie vir ons gely en gesterf het nie, was die straf op ons sondes nie gedra nie, was ons nie skoongewas van sondes nie, 11 Vgl preek van 14 Junie (aand) oor Gen 3:6
7 en sou ons daarom ook nie die teken en versekering kon kry dat ons sondes afgewas is nie. As Hy nie die lydingsdoop vir ons ondergaan het nie, sou ons nie die vreugde wat ons doop vandag is, kon hê nie, maar ons sou met die swaard van die ewige straf van God oor ons sondes bokant ons koppe geleef het en in ons harte sou daar die benoudheid gewees het wat daar in Jesus se binneste was. Agter ons vreugdevolle doop lê die bitter lyding en kruisdood van die Here Jesus. Dis Sy lydingsdoop wat ons doop moontlik maak en wat dit n vreugde maak. TEN SLOTTE Ons is vandag bly oor twee verbondskindertjies wat gedoop is. En elkeen van ons is dan ook sommer weer bly oor ons eie doop. As ons dan maar net sal onthou dat ons doop nie maar sommer net daar is nie, maar dat dit gekom het uit die ontsettende lyding van die Here Jesus waarteen Hy as mens so lank met die grootste benoudheid opgesien het. Om dit wat agter ons doop lê, te onthou, maak ons nie minder bly oor ons doop nie, maar dieper bly daaroor, dieper dankbaar daarvoor. Agter die vreugde van ons doop, lê die bitter lydingsdoop van ons Here Jesus Christus. En wie dít miskyk, verstaan nie regtig die wonder van Christus se liefde vir ons waarvan ook vanoggend se dope gepraat het nie AMEN