FlitsFeit Maart 2016 Geldterugvoordeel Beskikbaarheid Die Geldterugvoordeel is n opsionele voor deel wat by n kwalifiserende plan gevoeg kan word. Dit word per versekerde lewe geselekteer en is nie outomaties van toepassing op alle versekerde lewens kragtens n plan nie. Indien geselekteer, word n vaste bykomende betaling van 35% vir die voordeel gehef, wat uitstekende waarde vir geld verseker. Die voordeel kan by n nuwe of bestaande Matrix Topdekking- (T02W) produk gevoeg word, onder enige van die volgende risikoprodukopsies: Premier Express Die voordeel is egter nie beskikbaar op enige van die volgende produkte/kenmerke nie: Inkomstebeskermer Matrix TermynDekking Matrix Basiese Opsie Jaarliks bepaalde betaalpatroon Trapsgewyse betalingspatroon Matrix Kombinasieproduk M01W produkkodes ( n ouer weergawe van die Matrixhelelewensproduk) Spaarprodukte Legacy-produkte
Die Geldterugbedrag Die betalings wat vir n versekerde lewe gemaak word, word as n Geldterugbedrag betaal. Betalingslae Om die Geldterugbedrag te bereken, word die dekkings bedrag van elke voordeel op die spesifieke versekerde lewe in betalingslae verdeel. Die eerste laag word gevorm deur die dekkings bedrag van n voor deel op die laatste van die dekkingsbegindatum van daardie voordeel en die dekkings begindatum van die Geld terug voordeel. Elke keer dat die dekkings bedrag van n voordeel daarná verhoog word, weens n voordeel groei of n versoek om n verhoging in die dekkings bedrag, word n nuwe laag deur die verhoogde gedeelte van die dekkings bedrag gevorm. Die Geld terug voordeel is egter nié van toepassing op n nuwe laag wat minder as 15 jaar duur nie. As die versekerde lewe 15 jaar oorleef en die voordeel vir daardie tydperk onveranderd laat, het die Geldterugvoordeel n waarde gelyk aan 100% van die totale betalings wat vir daardie laag betaal is. Die Geld terug voordeel kan aanhou oploop ná vyftien jaar. Ná vyftien jaar van enige laag kan die kliënt egter te eniger tyd versoek dat die opgelope voordeel uitbetaal word. In dié geval word die opgelope Geld terug bedrag op alle lae wat reeds meer as vyftien jaar lank oploop, uitbetaal. Ná die Geld terug bedrag op versoek uitbetaal is, word die voordeel verwyder van die lae wat uitbetaal is, maar dit hou aan oploop op die lae wat nog minder as 15 jaar aan die gang is. Om die waarde vir die kliënt selfs verder te verbeter, val die bykomende betaling van 35% ten opsigte van n spesifieke laag weg wanneer dit 15 jaar opgeloop het, terwyl die Geld terug voordeel aanhou oploop. In die praktyk: n Kliënt neem R2m Lewensdekking uit, met n aanvanklike betaling van R1 000 p.m., wat die bykomende betaling vir die Geldterugvoordeel insluit. Die dekking verhoog jaarliks met 5%. Die betalingslae vir die berekening van die Geldterugbedrag is dan soos volg: 4de betaallaag R110 250 DEKKING R65 p.m. 3de betaallaag 2de betaallaag R105 000 DEKKING R100 000 DEKKING R60 p.m. R55 p.m. 1ste betaallaag R2 000 000 DEKKING R1 000 p.m. Einde van jaar: 15 16 17 18 2
Die kliënt kan kies wanneer die kontant in die Geldterugvoordeel uitbetaal word. Opsie Die kliënt kan kies om die Geldterugbedrae op kwalifiserende lae jaarliks te laat uitbetaal en sodoende n enkelbedrag betaling hê elke jaar ná jaar 15 van sy plan: 1ste betaling -> 1ste dekkingslaag: 15 x 12 x R1000 = R180 000 2de betaling -> 2de dekkingslaag: 15 x 12 x R55 = R9 900 3de betaling -> 3de dekkingslaag: 15 x 12 x R60 = R10 800 4de betaling -> 4de dekkingslaag: 15 x 12 x R65 = R11 700 Opsie Die kliënt kan besluit om die Geldterugbedrag van alle lae te laat oploop tot hy dit nodig vind dat die geld uitbetaal moet word: 4de betaallaag R110 250 DEKKING R65 p.m. 3de betaallaag 2de betaallaag R105 000 DEKKING R100 000 DEKKING R60 p.m. R55 p.m. 1ste betaallaag R2 000 000 DEKKING R1 000 p.m. Einde van jaar: 15 16 17 18 Planfooie en aftrekorderheffing Die planfooie word ingesluit in die berekening van die Geldterugbedrag, maar die aftrekorderbetalingsheffing word uitgesluit uit die berekening. Sanlam Reality-afslag In die geval van n Sanlam Realityafslag waar die plan met Sanlam Reality geïntegreer is, loop net die afslagpremies op. 3
Betaling van die Geldterugbedrag Gebeurtenisse n Versoek om onttrekking van Geld terug bedrag is ontvang. n Voordeel eindig weens n eis. n Voordeel eindig weens die dood van n versekerde lewe. n Voordeel bereik sy dekkings einddatum. Hoe betaling van Geldterugbedrae hanteer sal word Die Geldterugbedrae vir lae wat 15 jaar en langer opgeloop het, vir alle voordele op daardie versekerde lewe gekoppel aan die Geldterugvoordeel, is betaalbaar. Die Geldterugbedrae vir alle lae wat minder as 15 jaar opgeloop het, hou aan met oploop vir moontlike betaling later. Die Geldterugvoordeel mag weer op versoek bygevoeg word by die lae wat uitbetaal is. Die Kontantterugbedrae vir al die lae wat 15 jaar en langer vir daardie voordeel opgeloop het, word betaal. Die Geldterugbedrae vir alle lae wat minder as 15 jaar opgeloop het, word Die Geldterugbedrae vir al die lae wat 15 jaar en langer gekoppel aan daardie versekerde lewe opgeloop het, word betaal. Die Geldterugbedrae vir alle lae wat minder as 15 jaar opgeloop het, word Die Geldterugbedrae vir alle lae vir die voordeel word betaal. n Plan verval. Die Geldterugbedrae vir al die lae wat 15 jaar en langer opgeloop het vir alle voordele op n versekerde lewe gekoppel aan die Geldterugvoordeel, word betaal. Die Geldterugbedrae vir alle lae wat minder as 15 jaar oploop, word n Versekerde lewe word op versoek van die plan verwyder. Die Geldterugvoordeel word op versoek van die plan verwyder. Die Geldterugbedrae vir alle lae wat 15 jaar en langer vir alle voordele op daardie versekerde lewe oploop en aan die Geldterugvoordeel gekoppel is, word betaal. Die Geldterugbedrae vir alle lae wat minder as 15 jaar reeds oploop, word Die Geldterugbedrae vir alle lae wat 15 jaar en langer vir alle voordele op daardie versekerde lewe oploop en aan die Geldterugvoordeel gekoppel is, word betaal. Die Geldterugbedrae vir alle lae wat minder as 15 jaar reeds oploop, word 4
Wysigings Die volgende wysigings is ten opsigte van hierdie voordeel moontlik: Intreeouderdom Minimum intreeouderdom = Maksimum intreeouderdom = Termyn 1 volgende verjaardag 60 volgende verjaardag. Die Geldterugvoordeel word nie aan dekkingsverhogings (lae), voordele of planne wat intree op ouderdomme ouer as hierdie maksimum intreeouderdom gekoppel nie. Vir die Geldterugvoordeel om aan n spesifieke laag gekoppel te word, moet die oorblywende termyn van daardie laag ten minste 15 jaar, of hele lewe wees. Die voordeel word nie gekoppel aan dekkingsverhogings (lae), of voordele met n korter oorblywende termyn nie. Geldterugvoordeel kan by enige bestaande kwalifiserende planne gevoeg word. Die opdrag word per versekerde lewe gegee. Risikovoordele moet terselfdertyd vir die versekerde lewe bygevoeg of verhoog word, OF Minder as 5 jaar moes verloop het sedert die dekkingsbegindatum van ten minste een van die bestaande risikovoordele vir die versekerde lewe. Op kwalifiserende bestaande planne (vóór Maart 2015) moet daar óf GEEN dekkingsgroei wees nie, óf die groei moet verander word na ongespesifiseerde betalingsgroei. Nuweversekeringsvereistes sal van toepassing wees. Geldterugvoordeel kan gereaktiveer word nadat dit uitbetaal is. Sal moontlik wees op kwalifiserende voordele. Nuweversekeringsvereistes is van toepassing. Dit is nie n gebeurtenis wat onderskryf word nie. Geldterugvoordeel kan in totaal verwyder word. Bykomende premie vir die Geldterugvoordeel sal wegval, maar al die Geldterug voordele vir lae wat minder as 15 jaar opgeloop het, word 5
Uitwerking van vermindering in dekkingsbedrag van n voordeel Indien die dekkingsbedrag van n voordeel verminder word, is die potensiële Geldterugbedrag vir daardie voordeel minder as vóór die vermindering. Vir die doeleindes van berekening van die Geldterugbedrag, word elke laag vir daardie voordeel proporsioneel verminder. Daarbenewens word betalings wat reeds gemaak is vir n laag wat minder as 15 jaar opgeloop het, proporsioneel verminder. Betalings wat reeds gemaak is vir n laag wat reeds 15 jaar en langer oploop, word nie verminder nie. Kommissie op Geldterugvoordeel Kommissie word ook op die bykomende Geldterugbetaling bereken. Hoewel die Geldterugvoordeel teoreties n helelewensvoordeel is, neem die maksimum kommissietermyn die tydsverloop tot die betaling wegval, in ag. Die maksimum kommissietermyn vir n spesifieke laag is dus 15 jaar. Kommissie word weer op die betalingsverhoging betaal waar die Geldterugvoordeel weer op sekere lae herstel word nadat die voordeel uitbetaal is. V3603 02/2016 Sanlam is n gelisensieerde verskaffer van finansiële dienste