Toepaslike Eenheidstandaarde

Maat: px
Weergave met pagina beginnen:

Download "Toepaslike Eenheidstandaarde"

Transcriptie

1 MODULE 5 Werksopdrag.indd 75 WATERVAARTUIE Toepaslike Eenheidstandaarde Underwrite a standard risk in short term personal insurance Demonstrate knowledge and understanding of pleasure craft

2 76 GEVALLESTUDIE AFDELING WATERVAARTUIE MODULE INLEIDING Benewens die aantal voertuie wat mnr. X besit en wat ons in Module 4 aangespreek het, besit hy ook twee watervaartuie. Aangesien hierdie watervaartuie nie tans verseker is nie, wil mnr. X eers meer duidelikheid bekom oor alle aspekte ten opsigte van die dekking wat Afdeling Watervaartuie bied, asook die onderskrywing daarvan. Daar gaan weer van jou verwag word om die watervaartuie reg te onderskryf en dienooreenkomstig te verseker. Laastens sal daar weer van jou verwag word om die aansoekvorm na aanleiding van die gegewens tot jou beskikking te voltooi. MODULE DOELWIT Die doel van hierdie module is om jou kennis oor die volgende aspekte ten opsigte van watervaartuie versekering te evalueer. Die beantwoording van algemene vrae ten opsigte van polisdekking en onderskrywing; en Die voltooiing van die aansoekvorm ten opsigte van Afdeling Watervaartuie van die Santam se persoonlike polis. OPDRAG 1 Met jou besoek aan mnr. X, verlang hy duidelikheid oor die volgende aspekte: Motiveer jou antwoorde deurgaans met tersaaklike feite om ten einde te kan kwalifiseer vir maksimum toekenning van punte soos aangetoon per vraag. Vraag 1 Eerstens, wil mnr. X weet watter soort watervaartuie kan verseker word ingevolge die Santam se persoonlike polis. 1 Werksopdrag.indd 76

3 77 Vraag 2 Mnr. X wil weet of ons ook die sleepwaens waarop die watervaartuie vervoer word, sal verseker. Indien wel, ingevolge watter afdeling van die polis sal die sleepwaens verseker word? 2 Vraag 3 Mnr. X verneem graag watter soort dekking Afdeling Watervaartuie bied. 1 Vraag 4 Mnr. X verneem ook graag watter soort doeleindes vir gebruik (tipe gebruik) Afdeling Watervaartuie dek. 1 Vraag 5 Sal die navigasietoerusting van hierdie boot outomaties gedek wees of moet die polis spesiaal daarvoor uitgebrei word? 1 Werksopdrag.indd 77

4 78 Vraag 6 Mnr. X wil weet wanneer vorm die watervaartuie se motors (binne-/buiteboordmotors) deel van die boot, met ander woorde wanneer word dit as n eenheid saam met die romp verseker. Vraag 7 Mnr. X wil weet of skadeloosstelling ingevolge Afdeling Watervaartuie op vervangingsgrondslag plaasvind en of hy sy watervaartuie teen markwaarde moet verseker. Verduidelik die grondslag van skadeloosstelling volledig. 2 Vraag 8 Mnr. X wil weet of ons die finansieringsinstansie se belange op die polis sal aanteken en hoe dit die skadeloosstelling gaan beïnvloed. 2 2 Werksopdrag.indd 78

5 79 Vraag 9 Die versekerde seil gereeld tussen Kaapstad en Mosselbaai met sy seilboot wat onder sy Persoonlike polis verseker is. Hy is ook baie bly dat die polis nou ook dekking bied vir noodverblyf sou dit nodig wees. Vir hoeveel nagte bied die polis hierdie dekking? 1 Vraag 10 Dit wil voorkom of mnr. X die premies vir dekking van sy watervaartuie so laag as moontlik wil hou. Verduidelik aan hom watter invloed skadeloosstelling het op vaartuie jonger en ouer as vyf jaar, sou hy onderverseker wees. 1 TOTAAL 14 Werksopdrag.indd 79

6 80 OPDRAG 2 Onderskryf watter dekking jy sal bied teenoor elk van die volgende vaartuie. Indien die foto s onduidelik is, kan dit ook gesien word op die kompakskyf. (Foto s 10, 12, 13 en 14.) Watervaartuig: Skiboot (DTC 1739E) Jaar van vervaardiging: 2003 Gebruik: Privaat word hoofsaaklik gebruik om skiërs te sleep en vir plesiervaarte Naam van vaartuig: Seemeeu Snelheid: 60 km/h Geregistreerde eienaar: Mnr. X Registrasie: Binnelandse damme en strandmere Waarde: R (Geen huurkoopooreenkoms nie) ALGEMENE BESONDERHEDE Hierdie watervaartuig word deur mnr. X en sy gesin gebruik. Die watervaartuig is geregistreer om op binnelandse damme en die Langebaan-strandmeer gebruik te word. Die watervaartuig beskik oor n kappie soos waargeneem op die foto, asook n verskeidenheid waterskitoebehore. Wanneer hierdie vaartuig nie gebruik word nie, word dit in n sentrale bootstoor in Saldanha se hawe gestoor. BESONDERHEDE VAN WATERVAARTUIG Skiboot waarvan die romp vier meter lank is met n 90-perdekrag Suzuki-buiteboordmotor. Waarde van romp: R Waarde van sleepwa: R Waarde van buiteboordmotor: R Waarde van kappie: R Waarde van ski-toerusting: R Ouderdom van die vaartuig: 2 jaar Werksopdrag.indd 80

7 81 Onderskrywing Is watervaartuig gedek/soort gebruik/dekking vir toebehore, ens.? Onderskrywing Hoe sal jy te werk gaan om die watervaartuig te verseker? Neem totale besonderhede tot jou beskikking in ag met die versekering van die watervaartuig.) Werksopdrag.indd 81

8 82 Watervaartuig: Jetski (CTM 6587) Jaar van vervaardiging: 2003 Naam van vaartuig: Snelheid: Gebruik: Eienaar: Registrasie: Waarde: Bombardier 55 km/h Privaat, vir plesiervaarte Mnr. X Binnelandse mere R (Huurkoopooreenkoms deur XYZ Bank, Kaapstad, Huurkoopnommer: JA ) ALGEMENE BESONDERHEDE Alhoewel mnr. X die Jetski gekoop het, word dit hoofsaaklik deur sy seun wie in George woon, gebruik. Hierdie Jetski is geregistreer om op die mere by Knysna gebruik te word. BESONDERHEDE VAN DIE WATERVAARTUIG Die lengte van die Jetski is twee meter, met n 130-perdekrag ingeboude motor. Waarde van Jetski: R Waarde van sleepwa: R Ouderdom van die vaartuig: 2 jaar Werksopdrag.indd 82

9 83 Onderskrywing Is watervaartuig gedek/soort gebruik/dekking vir toebehore, ens.? Onderskrywing Hoe sal jy te werk gaan om die watervaartuig te verseker? Neem totale besonderhede tot jou beskikking in ag met die versekering van die watervaartuig.) Bykomende onderskrywingsinligting Hy voorsien jou van die volgende inligting ten opsigte van die twee watervaartuie en wil weet of dit ingevolge die Santam se persoonlike polis versekerbaar is. Hoe sal jy te werk gaan om dit te verseker? Aangesien hy slegs inligting inwin ten opsigte van die twee watervaartuie, moet dit nie tans verseker word nie. Werksopdrag.indd 83

10 84 Watervaartuig: Plesier-/skiboot Waarde van romp: R Waarde van sleepwa: R Waarde van binneboordmotors: R Waarde van allerlei los toerusting (radio, radar, vis-opsporingstoerusting): R Lengte van romp: Ouderdom van boot: Snelheid: 6,2 meter 3 jaar 60km/h Kan hierdie watervaartuig ingevolge Afdeling Watervaartuie van die Santam se persoonlike polis verseker word? Verduidelik ook aan mnr. X indien hierdie vaartuig ingevolge Santam se persoonlike polis verseker kan word, hoe die onderskrywing sal plaasvind. Werksopdrag.indd 84

11 85 Watervaartuig: Visvangboot Waarde van romp: R Waarde van sleepwa: R Waarde van binneboordmotor: R Waarde van allerlei los toerusting (radio, radar, vis opsporingstoerusting): R Lengte van romp: Ouderdom van boot: Snelheid: 5,2 meter 6 jaar 30km/h Die vaartuig is tans onseevaardig. Die handelaar is in die proses om die nodige veranderings aan te bring sodat die vaartuig aan die nodige vereistes voldoen om op see te kan vaar. Onderskrywing Verduidelik ook aan mnr. X indien hierdie vaartuig ingevolge Santam se persoonlike polis verseker kan word, hoe skadeloosstelling sou plaasvind. Werksopdrag.indd 85

12 86 OPDRAG 3 Voltooi nou die aansoekvorm na aanleiding van die bogenoemde gegewens. Onthou ook om enige vereistes wat jy mag versoek na aanleiding van jou inspeksie wat jy gedoen het, duidelik op die aansoekvorm aan te dui. Watervaartuie Besonderhede van vaartuig Vaartuig 1 Vaartuig 2 Geregisteerde eienaar Aansoeker Gade Aansoeker Gade Soort vaartuig (b.v. skiboot).... Jaar van vervaardiging..... Fabrikaat/rompklas (b.v. Seafarer/veselglas)... Glinster afwerking Lengte van romp Ja Nee Ja Nee m m Maksimum snelheid. km/h....km/h Naam van vaartuig..... Versekerde bedrag van vaartuig Buiteboordmotors Ja Nee Ja Nee Fabrikaat ( Yamaha)..... Kragiewering. k/w..... k/w Versekerde bedrag van buiteboordmotor Gespesifiseerde toebehore Ja Nee Ja Nee (b.v. waterskis en elektroniese.... toerusting) Gesamentlike waarde toebehore van Huurkoopeienaar Taknaam Huurkoopnommer Endossemente Premie Werksopdrag.indd 86 01/03/ :54:03 AM

13 87 Opsomming Na aanleiding van die gegewens tot jou beskikking ten opsigte van hierdie afdeling: Beskryf in jou eie woorde hoe jy die versekerde en risiko sal klassifiseer. Kategoriseer die versekerde en risiko deur n kruisie in een van die volgende blokkies te trek: Lae frekwensie/hoë risiko Lae risiko/hoë frekwensie Geen moontlike risiko Werksopdrag.indd 87 01/03/ :54:03 AM

MODULE 3: GEBOUE. Ja. Dit ís n huis. En hierdie is versekering. Eenvoudige, verstaanbare, duidelike versekering.

MODULE 3: GEBOUE. Ja. Dit ís n huis. En hierdie is versekering. Eenvoudige, verstaanbare, duidelike versekering. MODULE 3: GEBOUE Ja. Dit ís n huis. En hierdie is versekering. Eenvoudige, verstaanbare, duidelike versekering. 46 GEVALLESTUDIE AFDELING GEBOUE MODULE INLEIDING Die gevallestudie oor Afdeling Geboue spreek

Nadere informatie

MODULE 4: VOERTUIE. Ja. Dit ís n motor. En hierdie is versekering. Eenvoudige, verstaanbare, duidelike versekering.

MODULE 4: VOERTUIE. Ja. Dit ís n motor. En hierdie is versekering. Eenvoudige, verstaanbare, duidelike versekering. MODULE 4: VOERTUIE Ja. Dit ís n motor. En hierdie is versekering. Eenvoudige, verstaanbare, duidelike versekering. 60 GEVALLESTUDIE AFDELING VOERTUIE MODULE INLEIDING Mnr. X besit ook n paar voertuie.

Nadere informatie

MODULE 4 VOERTUIE. Toepaslike Eenheidstandaarde

MODULE 4 VOERTUIE. Toepaslike Eenheidstandaarde MODULE 4 Werksopdrag.indd 54 VOETUIE Toepaslike Eenheidstandaarde 120005 Demonstrate knowledge and understanding of personal motor insurance 120118 Underwrite a standard risk in short term personal insurance

Nadere informatie

Goedere in Transito Module 6. Kopiereg Santam Bpk Kursuskode: ASSESS123 / Module 6

Goedere in Transito Module 6. Kopiereg Santam Bpk Kursuskode: ASSESS123 / Module 6 Goedere in Transito Module 6 Kopiereg Santam Bpk. 2007 Kursuskode: ASSESS123 / Module 6 1 Module inleiding Ons reken dat dit voordelig sal wees om met hierdie projek ook klem op Afdeling Goedere in Transito

Nadere informatie

NASIONALE LUSERNHOOI GRADERINGS- EN KWALITEITSKEMA (NLT SKEMA) AANSOEK OM REGISTRASIE EN/OF AKKREDITASIE

NASIONALE LUSERNHOOI GRADERINGS- EN KWALITEITSKEMA (NLT SKEMA) AANSOEK OM REGISTRASIE EN/OF AKKREDITASIE NASIONALE LUSERNHOOI GRADERINGS- EN KWALITEITSKEMA (NLT SKEMA) AANSOEK OM REGISTRASIE EN/OF AKKREDITASIE BESONDERHEDE VAN AANSOEKER Naam van boerdery/besigheid/instansie BTW nommer Straatadres: Posadres:

Nadere informatie

Gids vir Byvoordele eise

Gids vir Byvoordele eise Gids vir Byvoordele eise Om u te help eis In hierdie moeilike tyd wil ons dit vir u so maklik as moontlik maak om te eis. Die doel van hierdie dokument is om u deur die proses van ʼn eis vir enige van die

Nadere informatie

Algemene Grootboek. DIT IS BAIE BELANGRIK NOU OM TE WEET WATTER REKENINGE IS BATES, EIENAARSBELANG en LASTE.

Algemene Grootboek. DIT IS BAIE BELANGRIK NOU OM TE WEET WATTER REKENINGE IS BATES, EIENAARSBELANG en LASTE. Algemene Grootboek Skryf die eerste vier stappe van die Rekeningkundige siklus neer: 1. 2. 3. 4. So met ander woorde, 1. Eerstens moes daar n transaksie plaasvind, 2. dan moes die transaksie wat plaasgevind

Nadere informatie

AANSOEK VIR ONDERSTEUNING TEN OPSIGTE VAN N NAVORSINGSPROJEK / STUDIEBEURS

AANSOEK VIR ONDERSTEUNING TEN OPSIGTE VAN N NAVORSINGSPROJEK / STUDIEBEURS AANSOEK VIR ONDERSTEUNING TEN OPSIGTE VAN N NAVORSINGSPROJEK / STUDIEBEURS - 2 - RIGLYNE VIR DIE INDIENING VAN N AANSOEK Opmerking: Die aantal projekte wat ondersteun gaan word, word beperk tot twee per

Nadere informatie

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk Doel van les: Voordat ons kan leer van ons nuwe identiteit in Christus, moet ons eers stil staan by wat Christus vir ons kom doen het. Vandag gaan ons gesels

Nadere informatie

Geldterugvoordeel. Beskikbaarheid

Geldterugvoordeel. Beskikbaarheid FlitsFeit Maart 2016 Geldterugvoordeel Beskikbaarheid Die Geldterugvoordeel is n opsionele voor deel wat by n kwalifiserende plan gevoeg kan word. Dit word per versekerde lewe geselekteer en is nie outomaties

Nadere informatie

JOU OM VATTENDE VERSEKERINGS- OPLOSSING

JOU OM VATTENDE VERSEKERINGS- OPLOSSING JOU OM VATTENDE VERSEKERINGS- OPLOSSING VERSEKERING MET N VERSKIL By Old Mutual Insure is dit ons missie om aan ons kliënte voortreflike versekeringsoplossings te gee om hul bates te beskerm. Daarom stel

Nadere informatie

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN Skep Die Geleentheid Vir Veilige Kommunikasie Bou Vertroue & Dra Waardes Oor Versterk Verhoudings Ontwikkel Jou Kind Se Emosionele Intelligensie SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN Created by REËLS VIR

Nadere informatie

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II LEERUITKOMS 3 & 4 LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II LEERUITKOMS 3 & 4 LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR GRAAD 10: PROEFVRAESTEL EKSAMEN 2006 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II LEERUITKOMS 3 & 4 Tyd: 2 uur 100 punte LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR 1. Hierdie vraestel bestaan

Nadere informatie

VOORNEMENDE HUWELIKSMAATS NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID

VOORNEMENDE HUWELIKSMAATS NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID VOORNEMENDE HUWELIKSMAATS NG KERK POTHEFSTROOM-SUID Liewe Baie geluk met die groot besluit wat julle geneem het, nl. om in die huwelik te tree. Ek hoop dat hierdie laaste tydjie van voorbereiding vir julle

Nadere informatie

Aansoek om deur Ruimsig Gemeente Leraar in die eg verbind te word.

Aansoek om deur Ruimsig Gemeente Leraar in die eg verbind te word. Bladsy 1/5 Aansoek om deur Ruimsig Gemeente Leraar in die eg verbind te word. Baie geluk en dankie dat julle dit oorweeg om hierdie spesiale verbintenis deur Ruimsig Gemeente te laat hanteer. Dit is Ruimsig

Nadere informatie

Nadat al bogenoemde nagegaan is, sal n kredietlimiet aan die debiteur toegeken word. Dit is die maksimum bedrag waarvoor die debiteur mag koop.

Nadat al bogenoemde nagegaan is, sal n kredietlimiet aan die debiteur toegeken word. Dit is die maksimum bedrag waarvoor die debiteur mag koop. 2.2 Debiteure: n Besigheid mag besluit om slegs kontant te verkoop of om ook op krediet aan kliënte te verkoop. Beide kontantverkope en kredietverkope het sekere voordele: Voordele van kontantverkope:

Nadere informatie

Nadat al bogenoemde nagegaan is, sal n kredietlimiet aan die debiteur toegeken word. Dit is die maksimum bedrag waarvoor die debiteur mag koop.

Nadat al bogenoemde nagegaan is, sal n kredietlimiet aan die debiteur toegeken word. Dit is die maksimum bedrag waarvoor die debiteur mag koop. 2.2 Debiteure: n Besigheid mag besluit om slegs kontant te verkoop of om ook op krediet aan kliënte te verkoop. Beide kontantverkope en kredietverkope het sekere voordele: Voordele van kontantverkope:

Nadere informatie

BYLAE 6.1 AKTIWITEITSPROGRAM: SESSIE 1. Die kursief gedrukte woorde dien as leidraad vir die spelterapeut en bepaal die Gestaltbenaderingsproses

BYLAE 6.1 AKTIWITEITSPROGRAM: SESSIE 1. Die kursief gedrukte woorde dien as leidraad vir die spelterapeut en bepaal die Gestaltbenaderingsproses BYLAE 6.1 AKTIWITEITSPROGRAM: SESSIE 1 Die kursief gedrukte woorde dien as leidraad vir die spelterapeut en bepaal die Gestaltbenaderingsproses in die sessie. Die antwoorde op die vrae word deur die spelterapeut

Nadere informatie

MULTIPLEX AANSOEKVORM

MULTIPLEX AANSOEKVORM Santam Beperk Registrasie Nr. 1918/001680/06 MULTIPLEX AANSOEKVORM Dankie dat u Santam oorweeg as u versekeraar. Voltooi en onderteken asseblief die aansoek. Maak seker dat u all vrae volledig beantwoord.

Nadere informatie

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie. 1 Johannes 14b WH Belydenisaflegging en Nagmaal Kinders, doen julle wat mamma en pappa vra? Altyd? Partykeer eers later nè? Hoekom sal jy iets doen as jou ouers vra? Doen jy wat die Here vra? Wat is jou

Nadere informatie

Watter koek se dele lyk vir jou die grootste? Dis Reg! Die koek wat in 3 dele gesny is se dele is groter as die koek wat in 4 dele gesny is.

Watter koek se dele lyk vir jou die grootste? Dis Reg! Die koek wat in 3 dele gesny is se dele is groter as die koek wat in 4 dele gesny is. Hoe om breuke met mekaar te vergelyk Jou ma het sjokoladekoeke gebak. Sy het een in gelyke dele verdeel en die ander in gelyke dele. Jy wil graag die grootste stuk koek hê, maar weet nou nie van watter

Nadere informatie

Les 7: Uitdagings vir die Suid-Afrikaanse ekonomie

Les 7: Uitdagings vir die Suid-Afrikaanse ekonomie Les 7: Uitdagings vir die Suid-Afrikaanse ekonomie Lees die volgende stuk aandagtig deur en beantwoord die vrae: hierdie mense is woonagtig in ses lande naamlik China, Indië, die VSA, Indonesië, Brasilië

Nadere informatie

FAKTORE EN VEELVOUDE

FAKTORE EN VEELVOUDE FAKTORE EN VEELVOUDE Ons gaan nou na n paar stukkies teorie kyk in verband met Natuurlike- en Telgetalle. Voltooi: 3 X 1 = 3 X 2 = 3 X 3 = 3 X 4 = 3 X 5 = Ons sê dus dat 3, 6, 9, 12 en 15 VEELVOUDE is

Nadere informatie

Les 11: Tegnologie in die sake-omgewing

Les 11: Tegnologie in die sake-omgewing Les 11: Tegnologie in die sake-omgewing Aktiwiteit Groot handelsbanke soos Absa, Standard Bank en Nedbank bied verskeie nuwe dienste aan hulle kliënte. Kliënte hoef nie meer soos in die verlede die bank

Nadere informatie

SKOOL Eksamen - Gr 7 - EBW 3 Desember 2010

SKOOL Eksamen - Gr 7 - EBW 3 Desember 2010 SKOOL Eksamen - Gr 7 - EBW 3 Desember 2010 Les 12, 13, 14 & 16 Tyd: 120 min Totaal: 100 NAAM: Instruksies: 1. Vul eerstens jou naam en van op die vraestel in. 2. Lees jou vrae noukeurig voordat jy antwoord.

Nadere informatie

Kingswood College Departement Afrikaans AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 9 VRAESTEL 2

Kingswood College Departement Afrikaans AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 9 VRAESTEL 2 Kingswood College Departement Afrikaans AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 9 VRAESTEL 2 Eksaminator: Mnr. D. Koen Tyd: 2 UUR Moderators: Mnr. T. Scholtz Totaal: [100] Me. M. Muller November 2014 Me.

Nadere informatie

MODULE 1 ALGEMEEN EN HUISINHOUD. Toepaslike Eenheidstandaarde

MODULE 1 ALGEMEEN EN HUISINHOUD. Toepaslike Eenheidstandaarde MODULE 1 Werksopdrag.indd 11 ALGEMEEN EN HUISINHOUD Toepaslike Eenheidstandaarde 10006 Apply knowledge insurance of household contents 10118 Underwrite a standard risk in short term personal insurance

Nadere informatie

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 FEBRUARIE/MAART 2012 PUNTE: 80 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye. Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2

Nadere informatie

BARRETT SE TAKSONOMIE

BARRETT SE TAKSONOMIE VLAK 1: LETTERLIK Die feite staan eksplisiet of duidelik in die teks. Herken detail, hoofgedagtes, volgorde, vergelykings, oorsaak en gevolg, verhoudings, karaktereienskappe. Wie? Wat? Waar? Wanneer? Hoekom?

Nadere informatie

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 1

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 1 OEFENVRAESTEL VRAESTEL 1 WISKUNDE GRAAD 10 TOTAAL: 100 PUNTE INSTRUKSIES 1. Hierdie is SLEGS n oefenvraestel met voorbeelde van die tipe vrae wat in n Gr 10 jaareindvraestel verwag kan word. Dus is daar

Nadere informatie

Hoe om Jou Kind se Van te Verander

Hoe om Jou Kind se Van te Verander Hoe om Jou Kind se Van te Verander 1 Hoe om n kind se van te verander As die geboorte van n kind geregistreer word, kry die kind óf die pa óf die ma se van, afhangend van die omstandighede. Die van word

Nadere informatie

GRAAD 12 SEPTEMBER 2012 WISKUNDE V1

GRAAD 12 SEPTEMBER 2012 WISKUNDE V1 Province of the EASTERN CAPE EDUCATION NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2012 WISKUNDE V1 PUNTE: 150 TYD: 3 uur *MATHA1* Hierdie vraestel bestaan uit 8 bladsye, 3 diagramvelle en ʼn inligtingsblad.

Nadere informatie

PERSOONLIK 1. Huishoudelike Geboue

PERSOONLIK 1. Huishoudelike Geboue PERSOONLIK 1 Of dit nou n verlore kamera, n stukkende waterpomp, n gebarste warmwatertoestel of skade weens n bufferbotsing is, kry jy dekking vir omtrent alles waaraan jy kan dink op jou CIB Persoonlike

Nadere informatie

OpenStax-CNX module: m Om tyd te leer lees. Siyavula Uploaders

OpenStax-CNX module: m Om tyd te leer lees. Siyavula Uploaders OpenStax-CNX module: m31957 1 Om tyd te leer lees Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 WISKUNDE 2 Bonnie en Tommie

Nadere informatie

Bring jou inligting en prente klas toe, want soos gewoonlik werk ons in die klas.

Bring jou inligting en prente klas toe, want soos gewoonlik werk ons in die klas. 16 Vervoer Vervoertaak Kies enige vervoermiddel, en maak n taak van ongeveer twee bladsye daaroor. Jy moet die volgende hoofpunte hê: Inleiding. Geskiedenis van die vervoermiddel. Hoe die vervoermiddel

Nadere informatie

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 NOVEMBER 2013 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2 PUNTE: 100 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 8 bladsye. 2 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2 (NOVEMBER 2013) INSTRUKSIES EN

Nadere informatie

Die horisontale as verteenwoordig die invoerveranderlike en die vertikale as die uitvoerveranderlike, en die twee asse sny by n gesamentlike nulpunt.

Die horisontale as verteenwoordig die invoerveranderlike en die vertikale as die uitvoerveranderlike, en die twee asse sny by n gesamentlike nulpunt. As jy na die volgende getal- masjien kyk: y = x +, sal jy sien wanneer ons verskillende waardes vir x invoer, ons elke keer n ander waarde sal hê vir y. Met ander woorde, gestel ons voer die volgende waardes

Nadere informatie

Karoo Meat of Origin Sertifiseringskema

Karoo Meat of Origin Sertifiseringskema Karoo Meat of Origin Sertifiseringskema Aansoekvorm vir die Sertifisering van Plase Voltooi en teken hierdie vorm asb. om aansoek te doen vir deelname aan die Karoo Meat of Origin Sertifiseringskema. Die

Nadere informatie

3 Maart 2004 BESTUURSTAKE VAN VRYWILLIGERS AS LEDE VAN AFRIKAANSE CHRISTELIKE VROUE VERENIGING BESTURE

3 Maart 2004 BESTUURSTAKE VAN VRYWILLIGERS AS LEDE VAN AFRIKAANSE CHRISTELIKE VROUE VERENIGING BESTURE i Bylae A 3 Maart 2004 BESTUURSTAKE VAN VRYWILLIGERS AS LEDE VAN AFRIKAANSE CHRISTELIKE VROUE VERENIGING BESTURE VERKLARING VAN DIE RESPONDENT A Ek verklaar dat: 1. Ek, die respondent, genooi is om deel

Nadere informatie

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL Votum en seën Psalm 118 : 2 Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1933/53) Psalm 4 : 3 Gebed Skriflesing: Johannes 19:17-27 (AV 1933/53) Teks: Johannes 19:26-27

Nadere informatie

Wiskundige Geletterdheid. Data Hantering. Opsomming van Data. Kwartiele

Wiskundige Geletterdheid. Data Hantering. Opsomming van Data. Kwartiele Wiskundige Geletterdheid Data Hantering Opsomming van Data Kwartiele Let wel: KAPV vereis slegs die interpretasie van kwartiele (houer-en-punt stippings). Ek sluit egter die teken van die houer-en-punt

Nadere informatie

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 10

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 10 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 10 WISKUNDE VS3 NOVEMBER 2006 PUNTE: 50 TYD: 1 uur Hierdie vraestel bestaan uit 6 bladsye. Wiskunde/VS3 2 INSTRUKSIES EN INLIGTING Lees die volgende instruksies aandagtig

Nadere informatie

Risikoprofielsamestelling op SanPort ipad- app

Risikoprofielsamestelling op SanPort ipad- app Risikoprofielsamestelling op SanPort ipad- app RISIKOPROFIELSAMESTELLING KAN NOU OP DIE SANPORT IPAD- APP GEDOEN WORD. DIS BESKIKBAAR VIR ALLE SANLAM- TUSSENGANGERS MET IPADS. Die nuwe risikoprofielsamestelling

Nadere informatie

DURBANVILLE SKOOLKOSHUIS POSBUS 175 QUEENSTRAAT 8

DURBANVILLE SKOOLKOSHUIS POSBUS 175 QUEENSTRAAT 8 DURBANVILLE SKOOLKOSHUIS POSBUS 175 QUEENSTRAAT 8 DURBANVILLE DURBANVILLE 7551 7550 TELEFOONNOMMERS : SUPERINTENDENT (021) 9762111 SEL NO. 0845640611 FAKS NO. (021) 9763189 AANSOEKVORM Geagte ouer/voog

Nadere informatie

DIE RAAD BEHOU DIE REG VOOR OM N KORTING TOE TE STAAN, AL DAN NIE. AFDELING A

DIE RAAD BEHOU DIE REG VOOR OM N KORTING TOE TE STAAN, AL DAN NIE. AFDELING A DIE AAD BEHOU DIE EG VOO OM N KOTING TOE TE STAAN, AL DAN NIE. MEK BLOKKIE MET N KUISIE X WAT OP U VAN TOEPASSING IS. AFDELING A 1. Vul asseblief die volgende besonderhede in met betrekking tot die applikant:

Nadere informatie

AANSOEK OM TOELATING TOT HEBRON CHRISTENSKOOL

AANSOEK OM TOELATING TOT HEBRON CHRISTENSKOOL HEBRON CHRISTENSKOOL MEER AS OORWINNAARS... Hebronstraat, Oakglen, Bellville, Posbus 640, Brackenfell, 7561 Tel (021) 919 6356; Faks 086 6717 472 E-Pos: admin@hebronchristenskool.co.za Webtuiste: www.hebronchristenskool.co.za

Nadere informatie

L7: Werkkaart 1: Bereken Omtrek en Oppervlakte van die sirkel. (praktiese oefening)

L7: Werkkaart 1: Bereken Omtrek en Oppervlakte van die sirkel. (praktiese oefening) L7: Werkkaart 1: Bereken Omtrek en Oppervlakte van die sirkel. (praktiese oefening) (a) Omtrek: i. Meet die omtrek van die sirkel met n toutjie: _ ii. Meet die radius met n liniaal. iii. Gebruik nou die

Nadere informatie

HELPHETTA VERSLAG JULIE 2018

HELPHETTA VERSLAG JULIE 2018 HELPHETTA VERSLAG JULIE 2018 Inhoud WAT IS DIE #HELPHETTA-PROJEK?... 3 DOEL VAN DIE NAVORSING... 3 BEVINDINGE... 3 Demografie van meisies... 3 Ingesteldheid van meisies teenoor hulle siklus... 6 Die #HelpHetta-projek...

Nadere informatie

Les 14: Entrepreneurskap

Les 14: Entrepreneurskap Les 14: Entrepreneurskap Aktiwiteit Beantwoord die volgende vrae deur die regte kolom te merk Altyd Gereeld Soms Nooit A Dryfkrag en motivering 1. Ek is nie seker wat ek van die lewe dink nie. 0 1 2 3

Nadere informatie

WAARDE- TOEVOEGINGS- DIENSTE VIR NOODGEVALLE. swiftcare

WAARDE- TOEVOEGINGS- DIENSTE VIR NOODGEVALLE. swiftcare WAARDE- TOEVOEGINGS- DIENSTE VIR NOODGEVALLE swiftcare swiftcare Suid-Afrika 0860 24 7 365 Internasionaal (+27) 11 374 4880 Jou persoonlike lyne produk sluit outomaties hierdie buitengewone waardetoevoegingsvoordele

Nadere informatie

TYGERBERG SKOOLFONDS 2015

TYGERBERG SKOOLFONDS 2015 HOERSKOOL TYGERBERG In belang van die kind Geagte Oue(s) 5 Novembet 2014 SKOOLFONDS 2015 Die skoolfonds vir 2015 is tydens die onlangse begrotingsvergadering gehou op 30 Oktober 2014 deur die meerderheid

Nadere informatie

SENIOR FASE GRAAD 7 NOVEMBER 2017 WISKUNDE

SENIOR FASE GRAAD 7 NOVEMBER 2017 WISKUNDE SENIOR FASE GRAAD 7 NOVEMBER 2017 WISKUNDE PUNTE: 100 TYD: 2 uur Naam van leerder: Naam van skool: *7WISK* Die vraestel bestaan uit 14 bladsye. 2 WISKUNDE (EC/NOVEMBER 2017) INSTRUKSIES 1. Lees al die

Nadere informatie

WAARDE- TOEVOUGINGS DIENSTE VIR GROEP SKEMAS. swiftcare

WAARDE- TOEVOUGINGS DIENSTE VIR GROEP SKEMAS. swiftcare WAARDE- TOEVOUGINGS DIENSTE VIR GROEP SKEMAS swiftcare swiftcare Suid-Afrika 0860 24 7 365 Internationaal (+27) 11 374 4880 Old Mutual Insure groep skema polisse wat swiftcare Waardetoe-voegingsdienste

Nadere informatie

Hoe om die geboorte van jou kind te registreer

Hoe om die geboorte van jou kind te registreer Hoe om die geboorte van jou kind te registreer Hallo, Katrina. Baie geluk met jou nuwe babatjie! Sy s pragtig. ELKE KIND MOET N GEBOORTESERTIFIKAAT HÊ! BESOEK DIE MINISTERIE VAN BINNELANDSE SAKE EN IMMIGRASIE

Nadere informatie

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE:

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE: VRUGTE VAN DIE GEES VRAE: GEDULD: (Patience) 1. Wat is geduld? 2. Wat is van die goed waarvoor jy geduldig moet wees? 3. Is dit moeilik vir jou om geduldig te wees? 4. Hoe kan jy geduld wys? SELFBEHEERSING:

Nadere informatie

Maak dit n kwadratiese vergelyking deur =0 aan die regterkant by te sit: 2x

Maak dit n kwadratiese vergelyking deur =0 aan die regterkant by te sit: 2x VIERKANTSVOLTOOIING Jy het al verskeie maniere teëgekom waarmee jy kwadratiese vergelykings kan oplos, en een wat jy dalk nog nie gesien het nie, en wat ook goed werk, staan bekend as vierkantsvoltooiing.

Nadere informatie

onderskeid tussen verskillende kunsvorme

onderskeid tussen verskillende kunsvorme OpenStax-CNX module: m26092 1 onderskeid tussen verskillende kunsvorme Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 KUNS EN

Nadere informatie

Vereistes vir Fica. Tipe dokumentasie wat vereis word

Vereistes vir Fica. Tipe dokumentasie wat vereis word Vereistes vir Fica Tipe dokumentasie wat vereis word Geen verskil bestaan tussen die tipe(s) dokumentasie wat vir Fica-doeleindes by Nuwe Besigheid, uitbetaling of enige ander stadium vereis word nie.

Nadere informatie

ARBEIDSWETGEWING NUUSBRIEWE

ARBEIDSWETGEWING NUUSBRIEWE ARBEIDSWETGEWING NUUSBRIEWE ARBEIDSVERHOUDINGE (I) WET OP ARBEIDSVERHOUDINGE No. 66 van 1995 (soos gewysig) - Vakbonde 22/27 Hierdie nuusbrief handel oor vakbonde en is in n Vraag en Antwoord formaat.

Nadere informatie

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 NOVEMBER 2012

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 NOVEMBER 2012 GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 NOVEMBER 2012 PUNTE: 80 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye. Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 2 DBE/November

Nadere informatie

Die klimaat van SA: Temperatuur

Die klimaat van SA: Temperatuur OpenStax-CNX module: m25584 1 Die klimaat van SA: Temperatuur Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 AARDRYKSKUNDE 2

Nadere informatie

BYLAE 6.5 ATIWITEITSVORM: SESSIE 5

BYLAE 6.5 ATIWITEITSVORM: SESSIE 5 BYLAE 6.5 ATIWITEITSVORM: SESSIE 5 Die kursief gedrukte woorde dien as leidraad vir die spelterapeut en bepaal die Gestaltbenaderingsproses in die sessie. Die antwoorde op die vrae word deur die spelterapeut

Nadere informatie

die ark en neem jou gesin saam. Van almal op die aarde het jy die naaste aan my geleef. Binne 7 dae stuur Ek reën.

die ark en neem jou gesin saam. Van almal op die aarde het jy die naaste aan my geleef. Binne 7 dae stuur Ek reën. Ontmoeting 4 God is lief vir Noag Kinders hoor in die storie van Noag dat God regverdig is. Hy sien mense raak wat aan Hom gehoorsaam is en Hy maak n duidelike plan om sy kinders te red. Teks: Genesis

Nadere informatie

1 Waar ek vandaan kom

1 Waar ek vandaan kom 1 Waar ek vandaan kom Groepaktiwiteit 1. Lees Psalm 139:13. Leer die Here jou eers ken nadat jy gebore is? Wanneer dan? 2. Waar of vals: Die doel van n baba se doop is om vir hom of haar n naam te gee.

Nadere informatie

BELEIDSDOKUMENT. Eksamens / Mini-eksamens Grey Kollege

BELEIDSDOKUMENT. Eksamens / Mini-eksamens Grey Kollege BELEIDSDOKUMENT Eksamens / Mini-eksamens Grey Kollege 2 Eksamenvraestelle Eksaminator. 1. Dit is die verantwoordelikheid van die eksaminator om toe te sien dat elke lid van die departement die konsepvraestel

Nadere informatie

Kom ons kyk nou gou net na die getalle van nul to by 999 en selfs groter, as n hersiening van plekwaardes. Bewerkings met telgetalle

Kom ons kyk nou gou net na die getalle van nul to by 999 en selfs groter, as n hersiening van plekwaardes. Bewerkings met telgetalle Van die vroegste tye wat mense kon praat en nodig gehad het om te kan tel, het hulle Natuurlike Getalle gebruik. Dit maak sin, want hulle kon 3 rotse of 5 koeie sien maar hulle het geen begrip gehad vir

Nadere informatie

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 10

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 10 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 10 WISKUNDIGE GELETTERDHEID MODEL VRAESTEL - 2006 PUNTE: 150 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye. Kopiereg voorbehou Wiskundige Geletterdheid 2 DoE/Model

Nadere informatie

Luister en praat. Kyk na die prent en gesels daaroor. 1. Beskryf wat jy in die prent sien. 2. Waaraan, dink jy, dink die seun?

Luister en praat. Kyk na die prent en gesels daaroor. 1. Beskryf wat jy in die prent sien. 2. Waaraan, dink jy, dink die seun? Luister en praat Naam: Kyk na die prent en gesels daaroor. 1. Beskryf wat jy in die prent sien. 2. Waaraan, dink jy, dink die seun? 3. Waaraan, dink jy, dink die kat? 4. Hoekom dink jy is daar ʼn slot aan

Nadere informatie

HOËRSKOOL ALBERTON WISKUNDIGE GELETTERDHEID

HOËRSKOOL ALBERTON WISKUNDIGE GELETTERDHEID HOËRSKOOL ALBERTON WISKUNDIGE GELETTERDHEID GRAAD 10 1STE SESSIE VRAESTEL 2 18 JUNIE 2015 EKSAMINATOR: ME H BEUKES TOTAAL: 50 MODERATOR: ME R VAN NIEKERK TYD: 1 UUR INSTRUKSIES 1. Beantwoord vrae 1 en

Nadere informatie

JOHANNESBURG EAST DISTRICT

JOHANNESBURG EAST DISTRICT JOHANNESBURG EAST DISTRICT DISTRIK-EKSAMEN GRAAD 11 AFRIKAANS HUISTAAL VRAESTEL 1 Junie 2013 Memorandum PUNTE: 70 TYD: 2 UUR Hierdie MEMORANDUM bestaan uit 6 bladsye. AFDELING A: LEESBEGRIP VRAAG 1 Bote,

Nadere informatie

WISKUNDE SKOOL GEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE

WISKUNDE SKOOL GEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE WISKUNDE SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE KABV GRAAD 12 LEERDERGIDS i WISKUNDE SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE KABV GRAAD 12 LEERDERGIDS 1 INHOUD Inleiding...3 1. Werkstuk...4 Rye en reekse

Nadere informatie

HOOFSTUK 5 SAMEVATTING, GEVOLGTREKKING EN AANBEVELINGS

HOOFSTUK 5 SAMEVATTING, GEVOLGTREKKING EN AANBEVELINGS University of Pretoria etd Orban, L P (2003) 85 HOOFSTUK 5 SAMEVATTING, GEVOLGTREKKING EN AANBEVELINGS 5.1 INLEIDING Uit die navorsingsresultate wat in hoofstuk 4 bespreek is blyk dit duidelik dat daar

Nadere informatie

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL Kingswood College AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 11 VRAESTEL 2 JULIE 2013 TYD: 2½ UUR 100 PUNTE Eksaminator: Mnr. D. Koen Moderators: Mnr. T. Scholtz Me. M. Muller Leeruitkomste en Assesseringstandaarde:

Nadere informatie

Inhoud (volume) * Siyavula Uploaders. 1 WISKUNDE 2 Graad 5 3 METING EN TYD 4 Module 42 5 INHOUD (VOLUME)

Inhoud (volume) * Siyavula Uploaders. 1 WISKUNDE 2 Graad 5 3 METING EN TYD 4 Module 42 5 INHOUD (VOLUME) OpenStax-CNX module: m30901 1 Inhoud (volume) * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 WISKUNDE 2 Graad 5 3 METING EN

Nadere informatie

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra SKRIFLESING: Romeine 12:1-8 TEKS: Romeine 12:1-2 HK 49 TEMA: Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra Psalm 103 : 10, 11 Skrifberyming 28 (10-1) : 1, 2 Psalm 119 : 11 Skrifberyming 78 (13-3)

Nadere informatie

MUNISIPALITEIT DEERNIS BELEID / (HERSIEN EN GEWYSIG)

MUNISIPALITEIT DEERNIS BELEID / (HERSIEN EN GEWYSIG) MUNISIPALITEIT DEERNIS BELEID 20162017/20172018 (HERSIEN EN GEWYSIG) A A N H E F Artikel 96 van die Munisipale Stelsels Wet, 2000 (Wet 32 van 2000) bepaal dat 'n munisipaliteit 'n kredietbeheer-, skuldinvorderings-

Nadere informatie

Wiskunde. Graad 12 Vraestel 1. Tyd: 3 uur. Totaal: 150

Wiskunde. Graad 12 Vraestel 1. Tyd: 3 uur. Totaal: 150 Wiskunde Graad 12 Vraestel 1 2012 Tyd: 3 uur Totaal: 150 INSTRUKSIES EN INLIGTING Lees die volgende instruksies noukeurig deur voordat die vrae beantwoord word: 1. Hierdie vraestel bestaan uit 9 vrae.

Nadere informatie

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk Doel van les: Voordat ons kan leer van ons nuwe identiteit in Christus, moet ons eers stil staan by wat Jesus vir ons kom doen het en dat ons die nuwe mens

Nadere informatie

AANSOEK: GEASSOSIEëRDE LID

AANSOEK: GEASSOSIEëRDE LID SA Braford Beestelersgenootskap AANSOEK: GEASSOSIEëRDE LID Also available in English Vorms 1 en 3 moet deur almal voltooi word en vorm 2 indien van toepassing. E-Pos aan info@braford.co.za Of Faks aan

Nadere informatie

FASILITEITSBESTUUR SE PLANON-STELSEL

FASILITEITSBESTUUR SE PLANON-STELSEL FASILITEITSBESTUUR SE PLANON-STELSEL Die algemene kennisgewing oor Fasiliteitsbestuur se Planon-stelsel wat op 15 Augustus 2018 uitgereik is via die info @ StellenboschUni-nuusbrief, verwys. Meer besonderhede

Nadere informatie

Wiskunde Vraestel 1 Vrae Wiskunde Vraestel 1: Vrae. Kopiereg voorbehou

Wiskunde Vraestel 1 Vrae Wiskunde Vraestel 1: Vrae. Kopiereg voorbehou Wiskunde Vraestel 1: Vrae 1 Vraag 1 1.1 Los die volgende op vir x, korrek tot twee desimale plekke waar nodig. 1.1.1 x ( x + 5) = 1.1. 1.1. x < 0 x + 1. 1..1 Los gelyktydig op vir x en y as x y = 1 en

Nadere informatie

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun Bybel vir Kinders bied aan Die Verlore Seun Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Lazarus Aangepas deur: Ruth Klassen; Sarah S. Vertaal deur: Yvette Brits Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

VEILINGSOOREENKOMS. NADEMAAL die Verkoper begerig om onder die beskerming van S.A. Holstein 'n veiling te reël op te,

VEILINGSOOREENKOMS. NADEMAAL die Verkoper begerig om onder die beskerming van S.A. Holstein 'n veiling te reël op te, 1 VEILINGSOOREENKOMS OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN: S.A. HOLSTEIN (hierinlater na verwys as "S.A.H" en hierin verteenwoordig deur n SA Holstein verteenwoordiger behoorlik daartoe gemagtig) en (hierinlater

Nadere informatie

2 nd Chances... Wiskunde

2 nd Chances... Wiskunde Doen jou Gr 11 1ste Kwartaal Wiskunde OOR... hierdie Vakansie... by jou Huis 2 nd Chances... Wiskunde n Geleentheid om reg te wees vir die tweede kwartaal Gr 11 Wiskunde. Word deel van n Whatsapp-metodiek

Nadere informatie

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 1

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 1 OEFENVRAESTEL VRAESTEL 1 WISKUNDE GRAAD 11 TOTAAL: 150 PUNTE INSTRUKSIES 1. Hierdie is SLEGS n oefenvraestel met voorbeelde van die tipe vrae wat in n graad 11-jaareindvraestel verwag kan word. Daar is

Nadere informatie

KONSTITUSIE VAN PRETORIA PAPEGAAI KLUB

KONSTITUSIE VAN PRETORIA PAPEGAAI KLUB KONSTITUSIE VAN PRETORIA PAPEGAAI KLUB 1. NAAM Die naam van die klub sal bekend wees as: Pretoria Papegaai Klub 2. Definisie Papegaai verwys na Psittaciformes dit is Alle spesies wat families van Cacatuidae

Nadere informatie

Die volgende funksie Wat Werk Waar Die hengelaar sal die mees gewilde vervaardigers se aanbevelings he t.o.v aas tipe om te gebruik per dam of oord.

Die volgende funksie Wat Werk Waar Die hengelaar sal die mees gewilde vervaardigers se aanbevelings he t.o.v aas tipe om te gebruik per dam of oord. Adventurebuddy So jaar gelede het ek besef ek wil bietjie meer kwaliteit tyd aan my seuns gee. Ek het paar pa s by die skool bymekaar gemaak en ons het hengel sessie gereel by Maselpoort Bloemfontein.

Nadere informatie

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig INLEIDING In ons verduideliking van hoe ons Nagmaal vier, het ons gehoor dat God ons waardig maak om aan die hemelse spys en drank deel te hê. Dit beteken

Nadere informatie

VLEISINVOERE VANAF NAMIBIË GERHARD SCHUTTE OOS-KAAP RPO JAARVERGADERING 20 MEI 2015

VLEISINVOERE VANAF NAMIBIË GERHARD SCHUTTE OOS-KAAP RPO JAARVERGADERING 20 MEI 2015 VLEISINVOERE VANAF NAMIBIË GERHARD SCHUTTE OOS-KAAP RPO JAARVERGADERING 20 MEI 2015 1 FUNKSIES ONDER PRODUKSIE-ONTWIKKELING INVOER - MONITERING 2 FUNKSIES ONDER PRODUKSIE-ONTWIKKELING INVOER - MONITERING

Nadere informatie

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22 1 BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22 Die sekerheid dat jy 'n kind van God is, is nie die einde van die pad nie maar die begin daarvan. Nou word dit moontlik om as gelowiges te groei. Maar waarheen lei

Nadere informatie

besigheidsversekering finansiële onderskrywingsriglyne

besigheidsversekering finansiële onderskrywingsriglyne besigheidsversekering finansiële onderskrywingsriglyne maart 2015 besigheidsversekering finansiële onderskrywingsriglyne Persoonlike, mediese en finansiële inligting is noodsaaklik vir akkurate onderskrywing

Nadere informatie

BETAALSTROKIE : LENINGS MET RENTE

BETAALSTROKIE : LENINGS MET RENTE BETAALSTROKIE : LENINGS MET RENTE Lenings wat aan werkers gegee word se terugbetalings-paaiemente kan deur middel van die betaalstelselsel van hul vergoeding verhaal word. Indien 'n paaiement met die volgende

Nadere informatie

CAMI EDUCATION. Graad 12 Wiskunde Geletterdheid Vraestel I Rekord eksamen Punte

CAMI EDUCATION. Graad 12 Wiskunde Geletterdheid Vraestel I Rekord eksamen Punte CAMI Education (Pty) Ltd Reg. No. 1996/017609/07 CAMI House Fir Drive, Northcliff P.O. Box 1260 CRESTA, 2118 Tel: +27 (11) 476-2020 Fax : 086 601 4400 web: www.camiweb.com e-mail: info@camiweb.com CAMI

Nadere informatie

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 1

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 1 OEFENVRAESTEL VRAESTEL 1 WISKUNDE GRAAD 10 TOTAAL: 100 PUNTE INSTRUKSIES 1. Hierdie is SLEGS n oefenvraestel met voorbeelde van die tipe vrae wat in n Gr 10- jaareindvraestel verwag kan word. Dus is daar

Nadere informatie

1. Gee TWEE voorbeelde van elk:

1. Gee TWEE voorbeelde van elk: 1. Gee TWEE voorbeelde van elk: a) Bevolking se insette. Geboortes Immigrante b) Bevolking se deursette. Natuurlike verandering Migrasie c) Bevolking se uitsette. Sterftes Emigrante 2. Wat is natuurlike

Nadere informatie

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13 1 Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13 Het jy dalk enige afgode of in jou huis? Miskien weet jy nie dat jy het nie, en dit is dalk die rede vir die konflik in jou huwelik, of dat jou kind

Nadere informatie

BOEREMARK & BRAAIFEES STALLETJIE AANSOEK

BOEREMARK & BRAAIFEES STALLETJIE AANSOEK Fisiese Adres: View laan, Rothdene, Meyerton Karavaanpark Besprekings: Adele Swanepoel: '064 904 5221 besprekings@klipdraaikaravaanpark.co Besoek ons webtuiste en bespreek aanlyn Musiekfees Navrae: Tilla

Nadere informatie

Inkomstebeskermer. Unwrap 2015 Veldtog. Huidige inligting. Aansoekvorm April 2015

Inkomstebeskermer. Unwrap 2015 Veldtog. Huidige inligting. Aansoekvorm April 2015 Aansoekvorm April 2015 Inkomstebeskermer Unwrap 2015 Veldtog Hierdie aansoek vervang die gesondheidsverklaring in Aanhangsel 4(A), asook die verklarings in Aanhangsel 5(A) en (B) van die verkorte aansoekvorm

Nadere informatie

Bybelse Dissipelskap. Saligheid/ Redding

Bybelse Dissipelskap. Saligheid/ Redding Bybelse Dissipelskap Saligheid/ Redding Johannes 14:6 Jesus antwoord hom: Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie. Vers om te memoriseer... Efesiërs 2:8-9

Nadere informatie

AANSOEKVORM VIR PERSOONLIKE VERSEKERING

AANSOEKVORM VIR PERSOONLIKE VERSEKERING est insured us verseker AANSOEKVOM VI PESOONLIKE VESEKEING Voltooi en onderteken asseblief hierdie aansoekvorm en merk die toepaslike blok. Maak seker dat alle vrae volledig beantwoord is. Dekking in terme

Nadere informatie