1 KORINTIËRS 1:4. Votum en seën. Psalm 116 : 7, 10. Gebed. Psalm 31 : 13, 18. Skriflesing: 1 Korintiërs 1:1-9 (AV 1933/53)

Vergelijkbare documenten
NAGMAAL. SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a. Die kruis is die trots van die Here se kerk.

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

NAGMAAL. SKRIFLESING: 1 Petrus 2: TEKS: 1 Petrus 2:24a. Jesus Christus het ons sondes gedra. Psalm 89 : 1. Psalm 40 : 3

1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80

SKRIFLESING: Romeine 8:31-39 (AV 1983) TEKS: Romeine 8:32b. Skrifberyming 24 (1-1) : 3. Psalm 62 : 4 (na gebed) Psalm 93 : 1, 4

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

SKRIFLESING: 1 Korintiërs 6: TEKS: 1 Korintiërs 6:19 HK 1:1. Ook ons liggame behoort aan die Here. Skrifberyming 72 (12-3) : 1, 2

TEKS: Matteus 5:3 (AV 1933/53) HK 5

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5

PSALM 90:2 NGB 1. Votum en seën. Psalm 90 : 1. Gebed. Skriflesing: Psalm 90 (AV 1933/53) Belydenis: NGB 1. Teks: Psalm 90:2 (AV 1933/53)

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3.

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

God red mense wat glo deur die krag van die evangelie

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

God red elkeen wat werklik in Jesus Christus glo.

PSALM 115:1 HK Sondag 52:

SKRIFLESING: Titus 1. TEKS: Titus 1:15. Die Here wil ons op die hoofspoor hê. Psalm 134 : 1, 2. Psalm 119 : 4. Psalm 18 : 12. Skrifberyming 78 (13-3)

God se liefde vat ons vrees vir Sy oordeel weg

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

1 TESSALONISENSE 5:25

Dit wat óns wil hoe óns wil leef en wil praat en selfs wil dink (dit weet ons almal) is baie kere baie anders as wat Gód van ons wil hê.

PSALM 40:9. Votum en seën. Psalm 89 : 3. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Deuteronomium 5:6-21 (AV 1933/53) Psalm 50 : 6, 7.

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

1 JOHANNES 4:20 HK 34:93

1 KORINTIËRS 13:12. Ook: Sb 18-8 (30) : 4, 5

1 KORINTIËRS 3:21-23 HK Sondag 1

JOHANNES 3:19-20 DL 3/4:1

Vir die Here is die hoofsaak dat ons sal glo en gehoorsaam.

Twyfel Vergewe mekaar Vergifnis van God Vertroue Volharding Voorkoms Vrede Vrees Vriendskap...

God het belowe om ons gehoorsaam te maak, net soos ons vra

STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart?

MATTEUS 7:12. Votum en seën. Psalm 34 : 2, 4. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 4 : 3.

EFESIËRS 4:25, 29 en 5:3-4

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

Preek Romeine 6:3-4. (Preek tydens erediens in Gereformeerde Kerk Welkom-Noord op Sondag 25 Junie 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff

Jy kan eintlik waar in die Bybel ook al kyk na wat geskryf is oor hoe ons as Christene moet lewe, en jy kom by liefhê uit.

SKRIFLESING: Lukas 16:1-13. TEKS: Lukas 16:11 HK 42. Geld en goed vir God. Psalm 95 : 1, 3. Psalm 119 : 7. Skrifberyming 44 (15-8) : 2

Preek Romeine 1:16-17

Die Here gee vir mense, wat oor Hom bly is, dit wat hulle harte begeer.

SKRIFLESING: Lukas 17:1-10. TEKS: Lukas 17:10 HK 24. Begenadigdes skuld God gehoorsaamheid. Psalm 138 : 1. Skrifberyming 24 (1-1) : 2.

MATTEUS 22:11-13 HK SONDAG 30:81

Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek

JOHANNES 6:48 HK 28. Votum en seën. Psalm 100 : 1, 3. Gebed. Skrifberyming 54 (2-6) : 1. Skriflesing: Johannes 6:41-59 (AV 1983) Belydenis: HK 28

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene

Welkom by Die Storie God se storie

Wie God se beloftes het, streef om skoon te word en heilig te wees

PREDIKER 7:8a. Votum en seën. Psalm 108 : 1. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Deuteronomium 5:6-21 (AV 1983/91) Psalm 37 : 22, 23.

1 JOHANNES 2: Votum en seën. Psalm 34 : 1, 4. Geloofsbelydenis: Nicea. Wet: Exodus 20:1-17 (AV 1933/53) Psalm 34 : 6. Gebed

Die antwoord is dat Paulus nie homself op die voorgrond gestoot het, of homself aangebied het as iemand besonders nie.

SKRIFLESING: 1 Korintiërs 13. TEKS: 1 Korintiërs 13:8. Die liefde bly vir ewig. Psalm 103 : 1, 2. Psalm 102 : 11, 12. Skrifberyming 21 (9-4) : 1, 6

Skriflesing: Dordtse Leerreëls Hoofstuk 2 paragraaf 8 Sing- Ps. 25:4; Ps. 19:5; Ps. 23:2 volkome vrye raadsbesluit, genadige wil en voorneme van God

SKRIFLESING: Jesaja 6. TEKS: Jesaja 6:3 HK 8. Voor die drie-maal heilige God buig ons laag. Psalm 99 : 1, 2. Psalm 81 : 11, 12

TEKS: Esegiël 33:18-19 HK 32:87 33:90. God laat onbekeerdes sterf, maar bekerendes lewe.

God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5)

Jesus kom op n onbekende tyd weer bly dan gereed vir Hom!

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was

Preek oor: Wat doen die Heilige Gees? Die Heilige Gees laat die wedergeboorte plaasvind

Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg

0:03: 01:5 Vertel mekaar watter labels mense al op jou gesit het. Wat het mense jou al genoem... goeie goed en slegte goed, dit is alles labels...

n Tempel Leier besoek Jesus

OPENBARING 5:5 HK Sondag 48

Die brief aan die Filippense

SKRIFLESING: Handelinge 16: TEKS: Handelinge 16:30-31 HK 23. Wie in die Here Jesus glo, word gered. Psalm 48 : 4.

Inhoudsopgawe. Voorwoord... 11

Die Here laat ons maai wat ons gesaai het

1 JOHANNES 5:4. Votum en seën. Psalm 45 : 1, 3, 4. Gebed. Skriflesing: 1 Johannes 5:1-13 (AV 1933/53) Teks: 1 Johannes 5:4 (AV 1933/53) Psalm 18 : 15

Jesaja sien die Toekoms

HANDELINGE 14:15 HK 34:94-95

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3

Jesus Christus se opstanding maak ons lewens sinvol

Christene moet ook met hulle gedrag vir die Here praat.

Jesus se eerste preek op die berg. Hy gee ons onuitspreeklike blydskap.

U het rég gehoor: dat u die HÉre daar gaan dien; want dis wat die Heilige Gees ons hier laat hoor, dat ook ons alledaagse werk godsdiens is.

Vir hierdie herontdekking het die Here veral vir Martin Luther gebruik.

HOSEA 6:1-3. Votum en seën. Psalm 48 : 1. Gebed. Skriflesing: Hosea 6 (AV 1933/53) Teks: Hosea 6:1-3 (AV 1933/53) Psalm 72 : 3

SPREUKE 16:9. Votum en seën. Psalm 8 : 1, 2. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Exodus 20:1-17 (AV 1933/53) Psalm 65 : 2, 4.

SKRIFLESING: 1 Petrus 2:1-10. TEKS: 1 Petrus 2:9. God red sodat ons sal vertel. Psalm 40 : 5. Psalm 4 : 3. Skrifberyming 8 (5-3) : 2.

Aanbieding 1 Agtergrond. Skrywer van 2 Petrus

KOLOSSENSE 3:17 HK Sondag 36

1 KORINTIËRS 10:31. Ook: Pss 8, 19 Ps 96 : 3, 4 Sb 2-5 (35) : 3

TEKS: Openbaring 1:4b-5a HK 8

Efesiërs 2: Agtergrond. Oor die stad Efese:

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

TEKS: Handelinge 2:39 HK 27:74. Die Here se belofte geld ook vir die kinders van gelowiges

Deur Sy wet gee God ons broodnodige kennis van sonde

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus

Kinders hoe voel julle oor die eksamen wat voorlê? Vir wie van julle is die Bybel soms moeilik om te verstaan? Ja daar is dinge waarmee ons sukkel né.

SKRIFLESING: Openbaring 19:1-10. TEKS: Openbaring 19:7b. Vir die groot bruilof moet ons gereed maak. Skrifberyming 23b (18-6) : 1, 2.

Dis net so ondenkbaar soos n gemeente die tempel van die Heilige Gees 1 wat nie bid nie.

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13

Ons Pinkster gaan oor hoe om vir Jesus te volg. Vanoggend het ons begin deur te sien dat daar n paar voorwaardes is as jy Jesus wil volg:

Die Here gee Sy seën waar ouers en kinders Hom gehoorsaam.

Dankoffersondag met Nagmaal 4 November

Van Vervolger tot Prediker

God laat alles Sy kinders se saligheid bevorder.

Die Here vlek ons sondes oop om ons te behou.

Is jy seker dis nie n voorry nie. Ek wonder of die kinders weet wat n voorry doen.

Transcriptie:

1 KORINTIËRS 1:4 Votum en seën Psalm 116 : 7, 10 Gebed Psalm 31 : 13, 18 Skriflesing: 1 Korintiërs 1:1-9 (AV 1933/53) Teks: 1 Korintiërs 1:4 (AV 1933/53) Preek: Voorop by n gemeente is dank aan God vir Sy genade in Christus Gebed Kollekte Psalm 50 : 7, 11 Seën Skrifberyming 78 (13-3)

2 By vanaand se erediens is ons dankbaarheid in die kollig. Ons is vanoggend deur die Woord en die nagmaal weer bewus gemaak van wat die Here vir ons doen en gee, en daaroor is ons vanaand diep dankbaar, is ons in hierdie samekoms waarin dankbaarheid voorop staan. Wat die plek is waar dankbaarheid hoort voorop. Dis wat die Heilige Gees met 1 Korintiërs 1:4 vir ons wys: - by n gemeente staan dank voorop. Kom ons kyk eers na die feit dat dank voorop staan, en dan waaroor hierdie dank gaan wat voorop staan. 1. DANK AAN GOD STAAN VOOROP Onthou u nou die omstandighede van hierdie brief? Die Here het Paulus se sendingwerk in die groot heidense stad Korinte so geseën dat hy na minder as twee jaar al n lewenskragtige gemeente daar kon agterlaat. 1 As jy dit vergelyk met van die sendingwerk in ons tyd, waar daar soms na dekades se werk nog nie n gemeente gestig kan word nie, dan besef jy hoe wonderlik die Here Paulus se werk daar in Korinte geseën het. Maar toe hoor die apostel uit berigte oor die gemeente en uit n brief van die gemeente van allerhande probleme in daardie gemeente, allerhande kwessies waaroor hulle skerp onder mekaar verskil het, allerhande sondes wat van hulle gedoen word, waarvan een so skandelik was dat dit selfs in heidense kringe ongekend was. 2 Een van die langste briewe in die Nuwe Testament is nodig om al die kwessies en sondes by die gemeente aan te spreek. Maar waar laat die Heilige Gees die apostel begin as Hy hom inspireer om vir hierdie gemeente oor al hierdie dinge te skryf? Na die inleidende verse 3 is die eerste woorde wat hy skryf dít: Ek dank my God altyd oor julle 1 Vgl ook Hand 18 2 1 Kor 5:1

3 Hierdie berigte en die brief wat hy gekry het was vir hom seker baie ontstellend. Hy t glad nie die verkeerde dinge wat in daardie gemeente gebeur het, goedgekeur nie. Daarby het dit geblyk dat daar selfs teen hom persoonlik wantroue en beskuldigings in daardie gemeente was. 4 En hy t seker gebrand het om oor al hierdie dinge te skryf. Maar die eerste wat ons hoor is: Ek dank my God altyd oor julle As jy met n gemeente van die Here te doen het, dan begin jy dáár: by dank aan God. Dít staan voorop. En hoe belangrik hierdie dankbaarheid is, word beklemtoon deur die woordjie altyd: - dank aan God vir die gemeente is nie iets wat Paulus skielik bygeval het toe hy nou deur die briefskrywery spesiaal aan hulle gedink het nie; - nee, hy dank God áltyd oor hulle. 5 Wanneer jy met die Here se kerk te doen het, kom dankbaarheid eerste. 2. WAAROOR DIE DANKBAARHEID GAAN Ek dank my God altyd oor julle vir die genade van God Dis belangrik: - die dank is nie vir dit wat die gemeente reggekry of vir wat húlle gedoen/presteer het nie; - dis dank vir die genade van God. Genade is gunste en gawes wat iemand vir jou gee al is jy dit eintlik nie werd nie en al verdien jy nie om dit te kry nie. Genade is iets soos n onverwagse present, iets wat iemand jou uit die bloute uit en net uit die goedheid van sy hart, gee. Geen mens of gemeente verdien mos om iets by God present te kry nie. Inteendeel, ons verdien om deur Hom gestraf te word. Alles wat Hy vir ons gee, is genade verniet-presente. 3 Verse 1-3 4 Vgl bv 1 Kor 4:3-5, 8-13; 9:3; ook 2 Korintiërs. 5 Dit kom meer kere voor dat van Paulus se eerste woorde in die briewe aan die gemeentes en aan individue woorde van dank aan God is oor daardie gemeente of oor daardie persoon (vgl bv Flp 1:3; Kol 1:3; 1 Tes 1:3; 2 Tim 1:3; Filem 1:4)

4 Dit word onderstreep deur die woordjie gee in hierdie vers: - Ek dank my God altyd oor julle vir die genade van God wat aan julle gegee is. Wat hulle as gemeente het, het hulle nie self gemaak of self laat gebeur nie. Dis vir hulle gegee. En daarom is die apostel nie besig om húlle as gemeente te bedank nie. Hy sê nie ek dank júlle vir wat julle het nie, maar hy sê ek dank my God vir die genade wat aan julle gegee is. Wat voorop staan, wat nie vergeet mag word nie, is dank aan Gód vir Sý genade. En (hoor ons hier) hierdie genade is aan hulle gegee in Christus Jesus: - Ek dank my God altyd oor julle vir die genade van God wat aan julle in Christus Jesus gegee is. Hierdie uitdrukking in Christus Jesus beteken in noue verbondenheid met Christus. Wanneer jy aan die Here vasgebind is, word hierdie genade vir jou gegee. Dink aan die wingerdstok en sy lote: 6 - wanneer die loot vas aan die wingerdstok is, kom die sap en die lewe en die krag van die wingerdstok ook in hierdie loot in; - wanneer ons in Jesus Christus glo dat Hy ons Verlosser is omdat Hy ons van God se oordeel verlos het deur in ons plek die straf op ons sondes te dra en so deur die Heilige Gees in Hom ingelyf is, 7 dan is ons mense aan wie God se genade gegee is. Hierdie gemeente in Korinte was nie begenadig omdat hulle goeie mense of slim mense of moreel-hoogstaande mense was nie, inteendeel, hulle was deurtrapte sondaars! maar toe daar vir hulle gepreek is dat Jesus die Een is wat mense van sonde en straf verlos, het hulle dit geglo, is hulle deur die Heilige Gees aan Jesus vasgebind, en só vasgebind aan Hom is God se genade vir hulle gegee. n Mens en n gemeente kry niks van God los van Jesus Christus nie. 6 Joh 15:1-5 7 HK 7:20; 20:53

5 Vandat die mens daar in die paradys gesondig het, is dit God se beleid dat mense net in geloofsverbondenheid met Jesus Christus weer enige guns of geskenk van Hom sal kry. 8 Vat Jesus Christus weg, en daar is geen kans vir enige mens op enige iets anders as die donkerte van sonde en God se straf daarop uiteindelik ook die ewige straf nie. As jy Hom wegvat, is al wat oorbly om soos die wyse van lank gelede te sê: - Alles tevergeefs, alles tevergeefs, dit is alles tevergeefs. 9 Wat gemeentes kry, en waarvoor altyd gedank moet word, kry hulle in Jesus Christus. Terloops, het dit u opgeval hoe baie die Here Jesus in die eerste nege verse van hierdie brief genoem word? - dit kan moeilik op enige ander plek in die Bybel oortref word; - daar word in elkeen van hierdie verse direk na Hom verwys; - Sy Naam word 9 keer in hierdie verse genoem. En in die skerp aksent wat in hierdie verse op Hom val, is die apostel eintlik al klaar besig om met die Korintiërs te werk oor al die kwessies wat daar by hulle was. Hulle t byvoorbeeld (so blyk dit uit hierdie brief) te veel van sekere mense gemaak party van Paulus, party van Petrus, party van Apollos. 10 Hulle t gespog met die geestelike rykdom wat vir hulle gegee is 11 en was baie bewus van hulle geestelike begaafdhede. 12 Van hulle het hulleself beter geag as ander 13 en op die ander neergesien. 14 Maar oor Wie gaan dit in die kerk? Oor Wie praat die apostel van die eerste woorde van sy brief af met hulle? Op Wie fokus hy baie skerp van die begin af alle aandag? Nie op húlle en húlle rykdom en gawes nie, maar op Jesus Christus, die Bron en die Bewerker en die Gewer van alles wat hulle gekry het 8 In die Ou Testamentiese tyd natuurlik deur die beloftes oor Christus en die verkondigings oor Hom deur woorde en seremonies en tipes ens. te glo. 9 Pred 1:2 10 1 Kor 1:12-13; 3:4-7 11 1 Kor 4:7 12 1 Kor 14:26, 37 13 1 Kor 5:2 14 1 Kor 12:21

6 In Christus het hierdie gemeente die genade van God gekry. En by enige gemeente waar dit gebeur het, behoort dank aan God in alle opsigte heel bo-aan die lys te staan. Dis die stukkie geestelike perspektief wat ons in 1 Korintiërs 1:4 kry. TOEPASSING Dank Staan dankbaarheid by ons as gelowiges en as n gemeente voorop nie net vanaand nie, maar áltyd? Of is ons ook van die Christene wat nie n goeie woord vir die kerk het nie, wat net al die ooglopende sondes en tekortkominge by gemeentes raaksien, en die genade wat God vir kerke gee, miskyk? Is dit regtig n sinnetjie wat vanaand in u hart leef: Ek dank my God oor die genade wat aan hierdie gemeente gegee is? Genade Ons moet onthou dat ons dank dank aan Gód is en dit vir genade. Ons moenie van dié mense wees wat die goeie en die mooie wat daar in kerke is, aan ménse gaan toeskryf nie: - hier s darem vir jou n klompie liefdevolle mense bymekaar! - die geheim van ons gemeente se sukses is ons sterk ouderling-korps, of ons lidmate wat kerk-wees so goed verstaan en regkry! Die dank wat daar is, moet dank aan God wees, want enige iets wat goed en reg en mooi is in n gemeente, is genadegawes van God. Partykeer as n mens die boekies en artikels lees oor gemeentes wat hulle tien- of twintig- of vyftig- of honderdjarige feeste vier, dan wonder jy of die aksent reg is; want dit gaan oor die geboue wat daar is en oor wie die boukommissie was en oor die predikante wat daar gewerk het en oor al die ander aksies en kommissies en projekte wat daar aangepak was,

7 en aan die einde so n verdwaalde sinnetjie: Ons dank die Here vir al hierdie dinge, want dit was net genade Maar dank aan God moet vóórop staan. Dit behoort die hooftema van enige feesuitgawe van n kerk te wees! En in die dankbaarheidsinne wat daar geskrywe word, moet dit altyd ondubbelsinnig duidelik wees dat n gemeente skerp bewus is daarvan dat hulle, wat hulle gekry het, net gekry het deur hulle geloofsverbondenheid met Jesus Christus. Ons dankbaarheid meot dankbaar aan Gód wees en dankbaarheid vir genade. Voorop Dié van u wat diep omgee vir die kerk van die Here, sit tien teen een vanaand en dink: - hoe kan ons sorg dat meer mense aan ons aanddienste kom deelneem? - hoe kan diepgaande geestelike groei by hierdie gemeente tot stand gebring word? - wat moet ons doen om n sterker en effektiewer evangeliserende kerk te word? - hoe kan ons ons kinders en jongmense meer deel van die koninkryk-span maak? Dis wonderlik as daar lidmate is wat oor sulke dinge dink. En dit alles moet aandag kry steeds en meer! Maar voor ons by al daardie kwessies kom, moet ons vanaand eers die dankbaarheid onthou. Die eerste versie van ons lied moet die dank-versie wees! Die genade van God wat deur vanoggend se nagmaal weer so diep in ons ingebrand is, moet álle ander gedagtes na die tweede en derde en vierde plekke toe skuif. Hoe kan daar in die gees van mense wat súlke genade gekry het, iets sterker as dank aan God wees? AMEN