MATTEUS 27:46. Votum en seën. Skrifberyming 5-3 (8) : 2. Gebed. Skriflesing: Matteus 27:32-50 (AV 1933/53) Teks: Matteus 27:46 (AV 1933/53)

Vergelijkbare documenten
JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

NAGMAAL. SKRIFLESING: 1 Petrus 2: TEKS: 1 Petrus 2:24a. Jesus Christus het ons sondes gedra. Psalm 89 : 1. Psalm 40 : 3

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun

OPENBARING 5:5 HK Sondag 48

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

Dit wat óns wil hoe óns wil leef en wil praat en selfs wil dink (dit weet ons almal) is baie kere baie anders as wat Gód van ons wil hê.

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

Dr AH Bogaards. 1. Inleiding Wat is eensaamheid? Lees: Mt.27: Teks: Mt.27: Datum: 18 Oktober 2015

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3.

TEKS: Matteus 5:3 (AV 1933/53) HK 5

God laat alles Sy kinders se saligheid bevorder.

1 KORINTIËRS 3:21-23 HK Sondag 1

NAGMAAL. SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a. Die kruis is die trots van die Here se kerk.

Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek

PSALM 90:2 NGB 1. Votum en seën. Psalm 90 : 1. Gebed. Skriflesing: Psalm 90 (AV 1933/53) Belydenis: NGB 1. Teks: Psalm 90:2 (AV 1933/53)

God red elkeen wat werklik in Jesus Christus glo.

1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80

Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel. Christiaan Coetzee

PSALM 40:9. Votum en seën. Psalm 89 : 3. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Deuteronomium 5:6-21 (AV 1933/53) Psalm 50 : 6, 7.

SKRIFLESING: Jesaja 6. TEKS: Jesaja 6:3 HK 8. Voor die drie-maal heilige God buig ons laag. Psalm 99 : 1, 2. Psalm 81 : 11, 12

God het belowe om ons gehoorsaam te maak, net soos ons vra

JOHANNES 3:19-20 DL 3/4:1

Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer

Deur Sy wet gee God ons broodnodige kennis van sonde

n Tempel Leier besoek Jesus

God se liefde vat ons vrees vir Sy oordeel weg

Vir die Here is die hoofsaak dat ons sal glo en gehoorsaam.

Preek Romeine 6:3-4. (Preek tydens erediens in Gereformeerde Kerk Welkom-Noord op Sondag 25 Junie 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

JOHANNES 10:10b-11. Votum en seën. Skrifberyming 34 (2-2) : 1. Gebed. Skriflesing: Johannes 10:1-21 (AV 1983/91) Teks: Johannes 10:10b-11 (AV 1983/91)

MATTEUS 7:12. Votum en seën. Psalm 34 : 2, 4. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 4 : 3.

SKRIFLESING: Romeine 8:31-39 (AV 1983) TEKS: Romeine 8:32b. Skrifberyming 24 (1-1) : 3. Psalm 62 : 4 (na gebed) Psalm 93 : 1, 4

JOHANNES 6:48 HK 28. Votum en seën. Psalm 100 : 1, 3. Gebed. Skrifberyming 54 (2-6) : 1. Skriflesing: Johannes 6:41-59 (AV 1983) Belydenis: HK 28

HABAKUK 3: Ook: Ps 73 : 10

SKRIFLESING: 1 Korintiërs 6: TEKS: 1 Korintiërs 6:19 HK 1:1. Ook ons liggame behoort aan die Here. Skrifberyming 72 (12-3) : 1, 2

n Dubbele kruis-belydenis

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

1 KORINTIËRS 13:12. Ook: Sb 18-8 (30) : 4, 5

Goeie Konings, Slegte Konings

Jesaja sien die Toekoms

SKRIFLESING: Johannes 4:1-30. TEKS: Johannes 4:10. Die Here les mense se diepste dors. Psalm 84 : 2, 3. Psalm 139 : 1, 3. Skrifberyming 6 (5-1) : 5

SKRIFLESING: Handelinge 16: TEKS: Handelinge 16:30-31 HK 23. Wie in die Here Jesus glo, word gered. Psalm 48 : 4.

Bybel vir Kinders. bied aan. Ryk man, Arm man

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels.

Wie in die Here glo, vertrou Hom met die bestemming.

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

1 JOHANNES 4:20 HK 34:93

Welkom by Die Storie God se storie

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus

Jesus Christus se opstanding maak ons lewens sinvol

God red mense wat glo deur die krag van die evangelie

Hierdie raaisel word op meer as een manier in die Bybel beantwoord.

God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5)

Baie welkom by vanoggend se erediens

SKRIFLESING: Titus 1. TEKS: Titus 1:15. Die Here wil ons op die hoofspoor hê. Psalm 134 : 1, 2. Psalm 119 : 4. Psalm 18 : 12. Skrifberyming 78 (13-3)

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

SPREUKE 16:9. Votum en seën. Psalm 8 : 1, 2. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Exodus 20:1-17 (AV 1933/53) Psalm 65 : 2, 4.

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22

PSALM 115:1 HK Sondag 52:

Van Vervolger tot Prediker

LUKAS 12:50. Votum en seën. Psalm 105 : 2, 3. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Exodus 20:1-17 (AV 1933/53) [Lees nommer van elke gebod]

SKRIFLESING: 1 Petrus 2:1-10. TEKS: 1 Petrus 2:9. God red sodat ons sal vertel. Psalm 40 : 5. Psalm 4 : 3. Skrifberyming 8 (5-3) : 2.

ESEGIËL 17:19 HK 37. Votum en seën. Psalm 89 : 1. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Deuteronomium 5:6-21. Psalm 24 : 2. Gebed.

Jesus kom op n onbekende tyd weer bly dan gereed vir Hom!

Die Here gee vir mense, wat oor Hom bly is, dit wat hulle harte begeer.

STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart?

Les 2 vir 13 Oktober 2018

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3

HEBREËRS 6:19. Votum en seën. Psalm 9 : 1, 5, 8. Gebed. Skriflesing: Hebreërs 5:11 6:20 (AV 1983/91) Teks: Hebreërs 6:19 (AV 1983/91) Psalm 42 : 3

HEMELVAART. SKRIFLESING: Johannes 14:1-14. TEKS: Johannes 14:2-3 (AV 1933/53) Jesus Christus is hemel toe vir ons. Psalm 2 : 4, 6.

SKRIFLESING: Johannes 3:1-21. TEKS: Johannes 3:16. Psalm 149 : 1, 2. Psalm 25 : 3. Psalm 103 : 6 (na doop) Skrifberyming 33 (2-4) : 1

Die Kerk se Geboorte

Bybel vir Kinders. bied aan. Joshua neem Beheer

PREEK Sondag 10 Junie 2007 Ds Freddie Schoeman

Van Vervolger tot Prediker

Die Here laat ons maai wat ons gesaai het

MATTEUS 5:4. Votum en seën. Psalm 100 : 1, 3. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Deuteronomium 5:6-21 (AV 1933/53) Psalm 81 : 13, 15.

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek.

Soos n wildsbok wat smag na water Smag my siel na u o Heer U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer SOOS N WILDSBOK

PSALM 3:8. Votum en seën. Psalm 9 : 1, 2, 4. Gebed. Skriflesing: Psalm 3 (AV 1983) Teks: Psalm 3:8. Psalm 38 : 13, 17

SKRIFLESING: 1 Korintiërs 13. TEKS: 1 Korintiërs 13:8. Die liefde bly vir ewig. Psalm 103 : 1, 2. Psalm 102 : 11, 12. Skrifberyming 21 (9-4) : 1, 6

Preek Genesis 1:27. (Preek gelewer tydens oggenddiens in Welkom-Noord op Sondag 6 November 2016)

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

MATTEUS 22:11-13 HK SONDAG 30:81

SKRIFLESING: Romeine 1:1-17. TEKS: Romeine 1:3b-4a HK 13. Jesus is die Seun van God en ons Here. Psalm 149 : 1, 2.

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

TEKS: 1 Samuel 1:15 HK 46. Voor die hemelse Vader stort Sy kinders hulle harte uit wanneer hulle bid.

Dankoffersondag met Nagmaal 4 November

Dis net so ondenkbaar soos n gemeente die tempel van die Heilige Gees 1 wat nie bid nie.

Galasiërs 6:11. Kyk met watter groot letters ek met my eie hand aan julle skrywe! (Galasiërs 6:11)

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene

1 JOHANNES 5:4. Votum en seën. Psalm 45 : 1, 3, 4. Gebed. Skriflesing: 1 Johannes 5:1-13 (AV 1933/53) Teks: 1 Johannes 5:4 (AV 1933/53) Psalm 18 : 15

GALASIËRS 5:22 (getrouheid)

Preek Genesis 15:5. (Preek gelewer tydens erediens in Welkom-Noord op Sondag 8 Januarie 2017)

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE:

HANDELINGE 14:15 HK 34:94-95

Transcriptie:

MATTEUS 27:46 Votum en seën Skrifberyming 5-3 (8) : 2 Gebed Skriflesing: Matteus 27:32-50 (AV 1933/53) Teks: Matteus 27:46 (AV 1933/53) Psalm 22 : 1 Preek: Jesus is deur God verlaat, sodat dit nooit met ons sal gebeur nie. Gebed Kollekte Psalm 27 : 4 Seën Skrifberyming 13-3 (78) Ook: Ps 94 : 10 Ps 139 : 4 Ps 146 : 3 Sb 5-1 (6) : 4

2 Die nagmaalsformulier het dit vanoggend weer so duidelik uitgespel, dat die Here Jesus dit wat Hy gely het, vir óns gely het: - Hy t die toorn van God vir ons gedra. - Hy t die smaad, wat oor ons moes kom, vir ons deurgegaan. - Hy s ter dood veroordeel vir óns misdade. - Hy s gekruisig om óns sondeskuld te betaal. - Hy t die vloek wat ons moes tref, op Hom gevat. - Hy t bange Godverlatenheid, wat met óns moes gebeur het, vir ons gely. En omdat Hy alles wat oor ons moes kom, klaar vir ons gely het, sal daardie dinge nooit meer oor ons kom nie. Vanaand kyk ons na Sy Godverlatenheid, dat Hy deur God verlaat is, sodat dit nooit met ons sal gebeur nie. Kom ons kyk eers na die feit dat Hy werklik deur God verlaat is, dan na wat inhou as God jou verlaat, en dan na wat dit vir ons beteken. 1. JESUS IS WERKLIK DEUR GOD VERLAAT Terwyl Jesus aan die kruis gehang het, het daar helder oordag drie ure se donkerte oor daardie toneel toegesak. Dit was asof God daardie deel van die lyding wou wegsteek vir nuuskierige mense-oë.

3 En dis juis hier aan die einde van hierdie drie ure wat die Here Jesus dit in Sy moedertaal 1 uitskree: My God, my God, waarom het U My verlaat? Dis n uitroep wat die Heilige Gees lank tevore al in n Psalm laat neerskryf het, 2 juis om daar te lê en wag vir hierdie dag waarop dit sy volle betekenis sou kry. Wat Jesus hier uitroep, is nie maar net Sy gevoel, of Sy verbeelding, of n misverstand waaronder Hy verkeer het nie. Omdat Hy volmaakte God ook is, het Hy Hom nooit dinge verbeel of Hom misgis nie en was Hy nooit onder n misverstand nie. Hy t altyd honderd persent geweet wat die werklike toedrag van sake is. Dis dus nie een of ander vergissing nie. Hy was régtig deur God verlaat. Dat Jesus, wat terselfdertyd ware mens en ware God is, 3 as mens deur God verlaat is, kan ons iets van verstaan, maar die ander helfte is vir ons n totaal onpeilbare misterie. Ons bly dan maar net by wat ons kan verstaan: - Jesus Christus, die Seun van God wat mens ook geword het, het in ons skoene kom staan en hang in ons plek daar aan die kruis, en word, as die Een wat ons sondelas vir ons dra, daar aan die kruis werklik deur God verlaat. 1 Hebreeus + Aramees 2 Ps 22:2 3 Geloofsbelydenis van Athanasius 30-37; NGB 19; HK 6:18

4 Wat beteken dit om deur God verlaat te word? 2. WAT GODVERLATENHEID INHOU Die woord verlaat is nogal n sterk woord. As iemand jou verlaat het, beteken dit hy t jou gelos, hy t sy rug op jou gedraai, hy t van jou af weggestap. As God dit met jou doen, dan beteken dit Hy stap van jou af weg en Hy vat alles wat Hy in jou lewe ingebring het, saam met Hom weg. n Mens kan iets daarvan probeer verstaan deur Psalm 22 te gaan lees, en ook van die ander lydings-psalms soos byvoorbeeld 69 en 88. Maar n mens kan ook iets van Godverlatendheid probeer verstaan deur in die Bybel te kyk wat God se teenwoordigheid in gelowiges se lewens inbring, en dan kan jy mos daaruit aflei wat jy verloor as Hy jou die dag verlaat. Kom ons kyk vanaand op hierdie manier of ons iets kan begin begryp van hierdie donkerste donker wat Jesus hierdie woorde aan die kruis laat uitroep het. In Psalm 139 : 10, waar die Heilige Gees Dawid laat sing van die Here wat oral teenwoordig, sê hy: oral waar ek gaan sal U hand my lei en U regterhand my vashou. As die Here by jou is, word jy deur Hom gelei op die paaie wat Hy vir jou lewe gemaak het

5 en word jy deur Hom vasgehou, sodat niks jou ooit van Hom sal losruk en jou lewe van die vaste fondament van Sy troue liefde sal afstoot nie. Maar as Hy jou verlaat, is jy soos n skip sonder n roer en sonder n kompas en sonder n anker op die groot oseaan van die lewe was Jesus daar aan die kruis soos n skip sonder roer en kompas in die grootste storm wat nog ooit in hierdie heelal gewoed het losgeskud van God en al Sy liefde In Psalm 18:30 sing Dawid dat hy op die slagveld met God by Hom krag het om n oormag storm te loop en oor die hoogste stadsmuur te kom. Maar dit beteken dat as God jou daar alleen los, dan staan jy stoksielalleen teen die vyande wat op jou toesak en voor die onoorkombare mure. Daar aan die kruis was dit nie net die haat en die vyandskap van Jode en Romeine wat op Jesus toegesak het nie, maar al die bose geestelike magte wat n totale aanslag teen Hom geloods het 4 en daar was niemand wat Hom gehelp het nie: - geen mens kón Hom help nie; - en God, wat Hom sou kon help, was weg In Psalm 23:4 sing Dawid dat as die Here by Hom is, dan vrees Hy nie eers die dood nie: Al gaan ek ook in n dal van doodskaduwee, ek sal geen onheil vrees nie; want U is met my: u stok en u staf dié vertroos my. 4 Lk 22:53; Joh 14:30

6 Maar dit beteken as God nie by jou is nie, is daar vir jou gees geen beskerming teen die rou vrese en angste wat die gedagte aan die dood byvoorbeeld in jou binneste laat instorm nie. In Psalm 73:23 sing Asaf dat sy diepste troos in die grootste beproewings en vertwyfelings dít was dat die Here tog nog by Hom was en soos n ouer met n klein kindjie maak, sy hand vasgehou het. Maar as die Here jou verlaat het, wat gaan jou troos as die verskriklike swaarkry en hartseer en vrae wat hierdie aardse lewe partykeer inhou, oor n mens spoel? Jy gaan sink, jou hand uitsteek sodat iemand jou kan vasgryp en help. en daar gaan niemand wees nie. Wie sal ooit kan peil hoe dit was toe Christus uit die diepste put en die donkerste donker Sy hand uitgesteek het vir hulp en Sy God was nie meer daar nie En so sou n mens nog meer gegewens uit die Bybel kon haal. 5 Maar u sien die prentjie: - alles wat God vir Sy kinders is en gee en doen, is weg as Hy jou verlaat; - dan is jy koersloos, ankerloos, kragteloos, vreesbevange, troosteloos, hulpeloos, Vaderloos Is dit nie wat die hel is nie? - daardie bestaan waar God vir altyd onbereikbaar weg is; 5 Vgl bv 1 Sam 28:15; Ps 109:31; 121:5; Jer 20:11; Kor 15:10; Openb 21:3

7 - waar al die mooi en goeie dinge wat Hy in Sy skepping en met die verlossing vir mense gee het, vir altyd weggevat is en buite bereik bly; - waar al wat vir ewig oorbly bose mense en magte en al hulle boosheid en al die bitter gevolge van hulle almal se boosheid is Dis waar Jesus was in daardie ewige duisternis wat op die aardse horlosie drie ure lank geduur het. Dit was die onbeskryflike dieptepunt daarvan, dat Sy God, wat Hy net altyd met absolute volmaaktheid liefgehad en gehoorsaam het, Hom daar gelos het en weggestap het Oor die offer wat die Vader in die hemel daarmee gebring het en oor wat dit Hom gekos het om Jesus te verlaat en oor watter onbegryplike liefde vir ons daaruit spreek, is iets waaroor ons ons tot in ewigheid sal kan verwonder. Maar dis n ander preek Wat beteken dit vir ons dat die Here Jesus deur God verlaat is aan die kruis? 3. WAT DIT VIR ONS BETEKEN Dit beteken vir ons dat ons nooit deur God verlaat sal word nie. - Ons = elkeen wat deur die Heilige Gees n hart gegee is wat glo dat die Here Jesus dit wat Hy gedoen het, vir jóú ook gedoen het. Ons sal nooit deur God verlaat word nie.

8 Onthou u die sinnetjie in die nagmaalformulier? - Hy het helse pyn en smart en bange Godverlatenheid gely toe Hy uitgeroep het: My God, my God, waarom het U My verlaat? sodat ons nooit meer deur God verlaat sou word nie. Dit kan partykeer vir kinders van die Here wat deur baie diep waters gaan, voel asof God hulle verlaat het, byvoorbeeld - as jy ernstig siek is; - of verskriklik hartseer; - of as al jou verantwoordelikhede vir jou te veel word; - of as bekommernisse jou uitmergel en jy geen lig meer vorentoe sien nie; - of as die rampe en die teëspoede so een na die ander kom; - of as jy eensaam en verstote voel en ander mense jou nie verstaan nie; - of as dit voel asof al die liefde uit jou verhoudings weg is; - of as jy voel asof jy besig om die stryd teen allerhande twyfelgedagtes en kleingeloof en sondes in jou lewe te verloor dan kán dit partykeer vir ons voel asof God ons verlaat het. Maar dis n vergissing. Dis net jou verbeelding. Dis nie regtig die geval nie. Vir hulle in wie se plek Christus aan die kruis deur God verlaat is, geld al daardie beloftes van die Here, dat Hy hulle nooit sal verlaat nie, al gaan hulle ook deur vuur en water. 6 Daar waar Jesus in daardie drie ure donkerte was, sal ons nooit kom nie. 6 Deut 31:6-8; Jos 1:9; Ps 37:28; 46:8; 91:15; Jes 41:17; 43:2; Mat 28:20; Heb 13:5

9 Maar daar waar Hy nóú is in die hemel daarheen gaan Hy ons elkeen op die regte tyd kom haal. Hoe kan ons nie hiervandaan verder gaan lewe as baie dankbare mense nie?! AMEN