HABAKUK 3: Ook: Ps 73 : 10

Maat: px
Weergave met pagina beginnen:

Download "HABAKUK 3: Ook: Ps 73 : 10"

Transcriptie

1 HABAKUK 3: Votum Seën Psalm 31 : 17, 18, 19 Gebed Psalm 27 : 6 Skriflesing: Habakuk 3 (AV 1983/91) Teks: Habakuk 3:17-19 (AV 1983/91) Preek: Wie glo, jubel nogtans Gebed Kollekte Skrifberyming 14-2 (74) Seën Skrifberyming 13-3 (78) Ook: Ps 73 : 10 1

2 Alles het toe nie die afgelope jaar uitgewerk soos ons graag wou gehad het nie, nie waar nie? As dit by u anders was, moet u báie dankbaar wees. Daar s nie baie jare in n mens se leeftyd waarin alles glad en goed verloop nie! Maar vir die meeste mense was daar n kwota teëspoede die afgelope jaar, n hele paar teleurstellings, onverwagse pyne van die liggaam of van die gees, baie meer trane as waarvoor ons begroot het Wat maak n gelowige mens aan die einde van n jaar waarin alles nie net mooi en lekker was nie? Jy doen wat die Heilige Gees die profeet Habakuk laat doen het: - jy jubel nogtans; - wie glo, jubel nogtans. En dis wat vanaand vir u gepreek word: - selfs in moeilike tye, selfs aan die einde van moeilike jare, jubel kinders van die Here nogtans. Om hierdie tema te verstaan, moet ons eers kyk na dit wat die profeet sê wat daar nié gaan wees nie, en dan na wat hy nogtans gaan doen. 1. WAT DAAR NIE GAAN WEES NIE 2

3 In vers 17 voorsien die profeet n tyd van tekorte drastiese tekorte: - as die vyebome nie bot nie en daar geen druiwe aan die wingerde is nie en die olyfoes misluk, dan is daar nie meer luukse en lekkernye soos vye, wyn en olyfolie nie; - en as die lande geen oes lewer nie en die skaap- en beeskrale leeg staan, dan is daar selfs nie meer basiese noodsaaklikhede soos meel en vleis nie. Onthou u dat toe Habakuk by die Here gekla het oor hoe die verbondsvolk in sonde verval het die Here geantwoord het dat Hy die Babiloniërs gaan gebruik om Juda mee te oordeel, dat Hy hulle sou laat kom om oor die land te storm en om met brute mag alles en almal te oorwin en te vernietig? En nou kan n mens jou indink as hulle klaar oor die land getrek het, sou daar van normale bedrywighede (soos die bewerking van wingerde en olyfboorde en landerye) niks oorbly nie; en die Babiloniërs sou die skape en beeste, wat hulle nie self gebruik het nie, doodmaak, soos wat die gebruik in daardie tyd se militêre veldtogte maar was. En om alles te kroon, lei n mens af dat die Here ook nog n geweldige droogte sou stuur so erg dat die vyebome nie eers sou bot nie! Die Here se oordeel oor Sy afvallige volk sou vir hulle totale ruïnering beteken militêr, polities, maatskaplik, ekonomies, landboukundig en noem maar op! Dis die toekomsprentjie wat die profeet in sy kop sien: 3

4 - n tyd waarin dit waaraan almal gewoond was, net nie meer daar sal wees nie; - n tyd waarin daar selfs aan dit wat n mens nodig het om aan die lewe te bly, tekort sal wees; - n tyd van ondenkbare verliese en armoede en ontberings; - n tyd waarin dié mense wat so gelukkig sal wees om die oorlog te oorleef, sal sukkel om nie van hongersnood dood te gaan nie! Dis omtrent die heel ergste wat n mens jou in hierdie lewe kan voorstel, nie waar nie? Dis seker hoe dit sal lyk as n mens se ergste nagmerries waar sou word! Wat n mens graag sou wou hê, én selfs dit wat jy nodig het, sal net nie meer daar wees nie Maar al sou dit so word sê Habakuk sal hy nogtans jubel in die Here. 2. WAT DIE PROFEET NOGTANS GAAN DOEN Al sou hierdie heel ergste gebeur (sê Habakuk), sal hy nogtans in sy hart bly wees oor die Here, en dit ook met sy mond uitjubel. 1 Let wel, hy sal nie bly wees oor die teëspoede nie, maar in die teëspoede sal hy bly wees in en oor die Here. Hy sal bly wees bly omdat die Here daar is. Hy sal bly wees omdat die Here hom gespaar het. 4

5 Die feit dat hy dan nog in staat sal wees om te jubel beteken mos dat die Here sy lewe in daardie oorlog sal gespaar het en hom nog die moontlikheid gee om met sy lewe voort te gaan! Hy sal bly wees oor die Here wat regverdig is. Die Here het mos belowe dat Hy ook op n tyd die Babiloniërs gaan oordeel, en oordeel oor die vyande van die Here se volk beteken altyd weer bevryding vir die Here se volk. Hy sal bly wees oor die Here wat hom krag gee, wat eintlik so staan dit letterlik hier in vers 19 sy krag ís. Kyk net watter geestelike krag gee die Here hom in die verskriklike tye waarin hy was: - hy, wat begin het as iemand wat nie meer lig gesien het nie en wat by die Here gekla het oor die toestand in die land en wat met Hom geworstel het oor Sy manier van doen ( Hoe lank nog? en Waarom? ), 2 hy eindig nou as iemand wat sal jubel en juig! - die Here gee hom soveel krag dat hy soos n rats bok maklik oor die moeilikste terreine beweeg en by die hoogtes uitkom, die hoogtes van iemand wat moeilike tye deurstaan het, die hoogtes van iemand wat perspektief gekry het, 1 Vgl Hebreeuse werkwoorde in vers 18 2 Hab 1;2-3 5

6 wat leer verstaan het dat Gód se saak die groot saak in hierdie wêreld is... Al sou die heel ergste gebeur (dis wat die Heilige Gees Habakuk hier laat sê) sal hy nogtans juig en jubel oor die Here, wat dáár is, wat reg sal doen, wat krag gee. Nogtans. Letterlik staan hier: Maar ék... Hoor u wat hierdie nogtans beteken? Hierdie woordjie sê dat die twee stelle gegewens waarmee die profeet sit aan die een kant die werklikheid wat daar gaan wees van die vyebome wat nie bot nie en die wingerde wat nie druiwe het nie en die olyfoes wat misluk en die lande sonder kos en die krale sonder diere en aan die ander kant die werklikheid van die Here wat daar is en wat red en wat jou krag gee om selfs oor moeilike terrein bo uit te kom nie regtig vir hom n probleem is nie. Dit verwar hom nie. Dit bots vir hom nie met mekaar nie. Dit kry hom nie onder nie. Want die een weeg mos baie swaarder as die ander een. 6

7 Die een sluk as t ware die ander een in. Die een maak dat jy die ander een kan dra en kan deurleef. Die een is só oorheersend dat dit bepaal hoe ek dink en voel en optree selfs as ek midde in die ander een is. Die woordjie nogtans sê: - ek weet van die kaal wingerde en landerye en leë krale, maar ek sal nie daaronder sink nie, want ek weet ook van die Here wat daar is vir almal wat regtig op Hom vertrou, en dit tel vir my alles! Is dit nie wat die geloof is wat die Heilige Gees in ons harte bewerk nie hierdie nogtans? Dis mos geloof wat maak dat n mens, wat met twee stelle gegewens sit, kan insien watter een regtig tel. Dis mos geloof wat bepaal watter dinge die swaarste weeg. Dis mos geloof wat maak dat jou gedrag nie bepaal word deur die teëspoed en teleurstellings en pyn en trane van hierdie aarde nie, maar deur dit Hóm wat jy nie kan sien nie: die ware en lewende God. Dis mos geloof wat maak dat n mens nogtans jubel! Wie glo, jubel nogtans. 7

8 TOEPASSING Ons sit vanaand met die werklikheid van 2017, en met alles daarin wat nie was soos ons gedink en gehoop en gevra het nie. Vir baie mense n jaar van baie siekte en pyn. Vir party n jaar van werkloosheid en min geld. Vir baie n jaar van stukkende verhoudings en verpletterde drome. Vir ander nog n jaar van stryd teen allerhande sondes en twyfels waarvan hulle nie kon loskom nie, van angstigheid en depressie. Vir ons almal nog n jaar van die vreemde werklikhede van Afrika waarin ons bly. Vir kinders van die Here nog n jaar waarin daar orals tekens van die ryk, wat die antichris probeer bou, opgeduik het. Ons sit vanaand met hierdie werklikheid van Aan die ander kant is daar die werklikheid van die Here wat daar is - van Jesus Christus, wat met Sy kruisdood en Sy opstanding uit die dood uit ons Redder is; - van die Heilige Gees wat in ons woon en wat mag n mens dit so sê? ons krag is, 8

9 én ons troos en ons moed en ons vreugde... - van die oordeel wat gaan kom oor die antichris en sy ryk en van die blywende bevryding wat daarmee sal aanbreek vir al God se kinders; - van n nuutgemaakte aarde wat onkeerbaar gaan kom, en n nuutgemaakte mensdom, en n nuutgemaakte liggaam en siel vir elke kind van God. Ons sit ook met twee stelle gegewens. En Christene is nie mense wat (soos partykeer beweer word) hulle oë toemaak vir die harde werklikheid hier rondom hulle en dan dink dat as hulle hulle oë oopmaak, alles reg gaan wees nie: - dat al ons al ons siektes weg gaan wees; - dat ons sakke vol geld gaan wees; - dat die landspolitiek en die ekonomie in ons guns gedraai gaan wees; - dat al ons ideale en drome skielik binne ons bereik gaan wees. Vir ons is godsdiens nie n towerstaffie waarmee die aardse lewe vir ons maklik gemaak kan word nie. Maar ons is mense wat sê: - Nogtans. - Maar ék ten spyte van alles wat so anders is as wat ek dit graag sou wou hê sal jubel in die Here, sal juig in God, my Redder. - Hy s vir my oneindig meer as alles wat sleg en verkeerd is. 9

10 As u dit nie regkry om hierdie nogtans te sê nie, vra daarvoor sonder om moeg te word om te vra, want wie vra, kry mos by die Here. En as u dit gesê kry, maar nog net flou, vra dan dat die Heilige Gees u daarin sterker sal maak. En oefen om dit te kan sê. Oefen u doelbewus daarin om bly te wees oor die Here oor Wie Hy is en oor wat Hy vir ons gedoen het en beteken. Oefen dit om in u hart bly te voel. En oefen om dit met u mond ook te sê - in gebede - en ook in gesprekke met ander mense. Oefen om te jubel al is die wingerde en die bome sonder vrug en die landerye kaal en die krale leeg. Die Here gee juis sulke tye ook sodat ons sal kan oefen en sterk kan word in die geloof - die geloof wat by ons n lewenshouding moet wees; - die geloof waarsonder ons nie sal oorleef en bo sal uitkom nie. Bid daarvoor en werk daaraan altyd wanneer die lewensdinge seer maak om nogtans te kan jubel, 10

11 totdat Jesus kom, en daardie wêreld vir ons aanbreek waarin die woordjie nogtans nie meer nodig sal wees nie, omdat die ewige vreugde by die Here die enigste werklikheid daar sal wees... AMEN 11

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp. SKRIFLESING: Johannes 18:28-40 TEKS: TEMA: INHOUD: Johannes 18:37-38b Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp. Die waarheid verwerp Psalm 105 : 2, 3 Psalm 73 : 12 Skrifberyming 18 (17-2)

Nadere informatie

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5 MATTEUS 6:8 Votum en seën Psalm 7 : 6 Gebed Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5 Preek: Vir ons hemelse Vader is eenvoudige gebede goed Gebed

Nadere informatie

NAGMAAL. SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a. Die kruis is die trots van die Here se kerk.

NAGMAAL. SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a. Die kruis is die trots van die Here se kerk. NAGMAAL SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a TEMA: Die kruis is die trots van die Here se kerk. Psalm 149 : 1, 2 Skrifberyming 10 (5-4) : 1, 2 Psalm 103 : 6 Psalm 9 : 1, 2,

Nadere informatie

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3.

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3. SKRIFLESING: Johannes 8 :12-20 TEKS: Johannes 8:12 TEMA: Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe Psalm 150 : 1, 2, 3 Psalm 43 : 3, 4 Skrifberyming 3 (4-7) : 1, 2 Skrifberyming 9 (18-1) : 1, 6 [Ook: Ps

Nadere informatie

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL Votum en seën Psalm 118 : 2 Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1933/53) Psalm 4 : 3 Gebed Skriflesing: Johannes 19:17-27 (AV 1933/53) Teks: Johannes 19:26-27

Nadere informatie

NAGMAAL. SKRIFLESING: 1 Petrus 2: TEKS: 1 Petrus 2:24a. Jesus Christus het ons sondes gedra. Psalm 89 : 1. Psalm 40 : 3

NAGMAAL. SKRIFLESING: 1 Petrus 2: TEKS: 1 Petrus 2:24a. Jesus Christus het ons sondes gedra. Psalm 89 : 1. Psalm 40 : 3 NAGMAAL SKRIFLESING: 1 Petrus 2:18-25 TEKS: 1 Petrus 2:24a TEMA: Jesus Christus het ons sondes gedra Psalm 89 : 1 Psalm 40 : 3 Skrifberyming 10 (5-4) : 1, 2 Psalm 116 : 1, 2, 3, 4, 5, 7 Psalm 89 : 7 Voor

Nadere informatie

Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek

Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek SKRIFLESING: 1 Johannes 2:28 3:10 TEKS: 1 Johannes 3:8b TEMA: Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek Psalm 45 : 1, 3, 5, 6 Psalm 79: 5, 6 Skrifberyming 33 (2-4) : 1, 2 Skrifberyming

Nadere informatie

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra SKRIFLESING: Romeine 12:1-8 TEKS: Romeine 12:1-2 HK 49 TEMA: Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra Psalm 103 : 10, 11 Skrifberyming 28 (10-1) : 1, 2 Psalm 119 : 11 Skrifberyming 78 (13-3)

Nadere informatie

Dit wat óns wil hoe óns wil leef en wil praat en selfs wil dink (dit weet ons almal) is baie kere baie anders as wat Gód van ons wil hê.

Dit wat óns wil hoe óns wil leef en wil praat en selfs wil dink (dit weet ons almal) is baie kere baie anders as wat Gód van ons wil hê. MATTEUS 21:29 HK 49 Votum Seën Psalm 40 : 2 Gebed Psalm 40 : 4 Skriflesing: Matteus 21:23-32 (AV 1933/53) Belydenis: HK 49 Teks: Matteus 21:29 (AV 1933/53) Preek: Jesus leer ons bid vir berou en bekering

Nadere informatie

God red elkeen wat werklik in Jesus Christus glo.

God red elkeen wat werklik in Jesus Christus glo. SKRIFLESING: Johannes 3:11-21 TEKS: Johannes 3:15, 16b HK 7 TEMA: God red elkeen wat werklik in Jesus Christus glo. Psalm 31 : 3, 5 Psalm 31 : 15, 17 Skrifberyming 27 (12-2) : 1, 4 2 Wie word gered? Dis

Nadere informatie

Jesaja sien die Toekoms

Jesaja sien die Toekoms Bybel vir Kinders bied aan Jesaja sien die Toekoms Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Jonathan Hay Aangepas deur: Mary-Anne S. Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

n Tempel Leier besoek Jesus

n Tempel Leier besoek Jesus Bybel vir Kinders bied aan n Tempel Leier besoek Jesus Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Byron Unger; Lazarus Aangepas deur: M. Maillot; Sarah S. Vertaal deur: Yvette Brits Vervaardig deur: Bible

Nadere informatie

SKRIFLESING: 1 Korintiërs 6: TEKS: 1 Korintiërs 6:19 HK 1:1. Ook ons liggame behoort aan die Here. Skrifberyming 72 (12-3) : 1, 2

SKRIFLESING: 1 Korintiërs 6: TEKS: 1 Korintiërs 6:19 HK 1:1. Ook ons liggame behoort aan die Here. Skrifberyming 72 (12-3) : 1, 2 SKRIFLESING: 1 Korintiërs 6:12-20 TEKS: 1 Korintiërs 6:19 HK 1:1 TEMA: Ook ons liggame behoort aan die Here Skrifberyming 72 (12-3) : 1, 2 Psalm 104 : 8, 9, 20 Skrifberyming 24 (1-1) : 7 2 Party mense

Nadere informatie

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk Doel van les: Voordat ons kan leer van ons nuwe identiteit in Christus, moet ons eers stil staan by wat Jesus vir ons kom doen het en dat ons die nuwe mens

Nadere informatie

Fontein van die lewe. Liturgie

Fontein van die lewe. Liturgie Fontein van die lewe Teks vir die preek:... want by U is die fontein van die lewe; in u lig sien ons die lig. Laat u goedertierenheid voortduur vir die wat U ken, en u geregtigheid vir die opregtes van

Nadere informatie

1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80

1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80 1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80 Votum en seën Psalm 23 : 1, 3 Gebed Skriflesing: 1 Korintiërs 10:1-13 (AV 1983) Belydenis: HK 29:78-30:80 Teks: 1 Korintiërs 10:4 Psalm 105 : 21, 22 Preek: Die Heilige Gees

Nadere informatie

Jesus Christus se opstanding maak ons lewens sinvol

Jesus Christus se opstanding maak ons lewens sinvol SKRIFLESING: 1 Korintiërs 15:1-20 TEKS: 1 Korintiërs 15:20a TEMA: Jesus Christus se opstanding maak ons lewens sinvol Psalm 33 : 2 Psalm 33 : 11 Skrifberyming 10 (5-4) : 1, 2 Ook: Sb 27 : 1, 3 1 Weet u

Nadere informatie

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN Skep Die Geleentheid Vir Veilige Kommunikasie Bou Vertroue & Dra Waardes Oor Versterk Verhoudings Ontwikkel Jou Kind Se Emosionele Intelligensie SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN Created by REËLS VIR

Nadere informatie

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig INLEIDING In ons verduideliking van hoe ons Nagmaal vier, het ons gehoor dat God ons waardig maak om aan die hemelse spys en drank deel te hê. Dit beteken

Nadere informatie

PSALM 90:2 NGB 1. Votum en seën. Psalm 90 : 1. Gebed. Skriflesing: Psalm 90 (AV 1933/53) Belydenis: NGB 1. Teks: Psalm 90:2 (AV 1933/53)

PSALM 90:2 NGB 1. Votum en seën. Psalm 90 : 1. Gebed. Skriflesing: Psalm 90 (AV 1933/53) Belydenis: NGB 1. Teks: Psalm 90:2 (AV 1933/53) PSALM 90:2 NGB 1 Votum en seën Psalm 90 : 1 Gebed Skriflesing: Psalm 90 (AV 1933/53) Belydenis: NGB 1 Teks: Psalm 90:2 (AV 1933/53) Psalm 102 : 5, 11 Preek: God bestaan [nog] [altyd] Gebed Kollekte Skrifberyming

Nadere informatie

SKRIFLESING: 1 Korintiërs 13. TEKS: 1 Korintiërs 13:8. Die liefde bly vir ewig. Psalm 103 : 1, 2. Psalm 102 : 11, 12. Skrifberyming 21 (9-4) : 1, 6

SKRIFLESING: 1 Korintiërs 13. TEKS: 1 Korintiërs 13:8. Die liefde bly vir ewig. Psalm 103 : 1, 2. Psalm 102 : 11, 12. Skrifberyming 21 (9-4) : 1, 6 SKRIFLESING: 1 Korintiërs 13 TEKS: 1 Korintiërs 13:8 TEMA: Die liefde bly vir ewig Psalm 103 : 1, 2 Psalm 102 : 11, 12 Skrifberyming 21 (9-4) : 1, 6 Skrifberyming 78 (13-3) Ook: Sb 33 (2-4) : 2 2 U ken

Nadere informatie

OPENBARING 5:5 HK Sondag 48

OPENBARING 5:5 HK Sondag 48 OPENBARING 5:5 HK Sondag 48 Votum en seën Psalm 93 : 1, 4 Gebed Skriflesing: Openbaring 5 (AV 1933/53) Belydenis: HK 48 Teks: Openbaring 5:5 (AV 1933/53) Psalm 72 : 2 Preek: God sorg self vir die koms

Nadere informatie

God laat alles Sy kinders se saligheid bevorder.

God laat alles Sy kinders se saligheid bevorder. SKRIFLESING: Romeine 8:18-30 TEKS: Romeine 8:28 HK 9 TEMA: God laat alles Sy kinders se saligheid bevorder. Psalm 30 : 3, 4 Skrifberyming 33 (2-4) : 1 Psalm 119 : 25 Skrifberyming 78 (13-3) Ook: Sb 52

Nadere informatie

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek.

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek. 1 Lukas 6h 7.10.18 WH Tema: Hoe kyk jy? Ek sien nou die dag `n taxi met `n plakkaat agter in die venster waarop daar staan: only God can judge me. Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in

Nadere informatie

Welkom by Die Storie God se storie

Welkom by Die Storie God se storie Welkom by Die Storie God se storie Hierdie boek vertel die belangrikste, aangrypendste storie ooit: die storie van n ware God wat lief is vir sy kinders, wat gesorg het dat hulle gered is, en wat vir hulle

Nadere informatie

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun SKRIFLESING: Johannes 1:1-18 TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13 TEMA: God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun Psalm 45 : 1, 2, 3 Psalm 72 : 6 Skrifberyming 33 (2-4) : 1 Skrifberyming 78 (13-3) 2 Dat ons kinders

Nadere informatie

1 JOHANNES 4:20 HK 34:93

1 JOHANNES 4:20 HK 34:93 1 JOHANNES 4:20 HK 34:93 Votum en seën Psalm 134 : 1, 3 [ ons ] Gebed Psalm 27 : 4 Skriflesing: 1 Johannes 4:7-21 (AV 1983) Belydenis: HK 34:93 Teks: 1 Johannes 4:20 (AV 1983) Preek: God se wil is liefde

Nadere informatie

Die Here gee vir mense, wat oor Hom bly is, dit wat hulle harte begeer.

Die Here gee vir mense, wat oor Hom bly is, dit wat hulle harte begeer. SKRIFLESING: Psalm 37 : 1-11 TEKS: Psalm 37:4 TEMA: Die Here gee vir mense, wat oor Hom bly is, dit wat hulle harte begeer. Psalm 150 : 1, 2 Psalm 139 : 1, 3 Skrifberyming 72 (12-3) : 1, 2 Psalm 33 : 11

Nadere informatie

God het belowe om ons gehoorsaam te maak, net soos ons vra

God het belowe om ons gehoorsaam te maak, net soos ons vra SKRIFLESING: Jeremia 31:23-40 TEKS: Jeremia 31:33b HK 49 TEMA: God het belowe om ons gehoorsaam te maak, net soos ons vra Psalm 103 : 10, 11 Psalm 131 : 2, 3 Skrifberyming 14 (8-1) : 1, 2 Ook: Ps. 40 :

Nadere informatie

Preek deur ds. Jaco van Sittert Vrydag, 14 April Skriflesing: Johannes 19:17-37 Van die eenkant na die anderkant van die kruis.

Preek deur ds. Jaco van Sittert Vrydag, 14 April Skriflesing: Johannes 19:17-37 Van die eenkant na die anderkant van die kruis. Vrydag, 14 April 2017 Skriflesing: Johannes 19:17-37 Tema: Van die eenkant na die anderkant van die kruis. Skriflesing Johannes 19:17-37 Jesus word gekruisig 17 Jesus het self sy kruis gedra en uitgegaan

Nadere informatie

TEKS: Matteus 5:3 (AV 1933/53) HK 5

TEKS: Matteus 5:3 (AV 1933/53) HK 5 SKRIFLESING: Matteus 5:1-12 TEKS: Matteus 5:3 (AV 1933/53) HK 5 TEMA: Verlossing kom nie uit ons nie. Psalm 138 : 3 Skrifberyming 16 (11-3) : 1, 4 Psalm 146 : 2, 5 Skrifberyming 78 (13-3) Ook: Ps 33 :

Nadere informatie

PSALM 115:1 HK Sondag 52:

PSALM 115:1 HK Sondag 52: PSALM 115:1 HK Sondag 52:128-129 Votum en seën Skrifberyming 72 (12-3) : 1, 2 Gebed Skriflesing: Psalm 115 (AV 1933/53) Belydenis: HK 52:128-129 Teks: Psalm 115:1 (AV 1933/53) Psalm 115 : 1, 9 Preek: God

Nadere informatie

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees Doel van les: Vandag leer ons van die Vrugte van die Heilige Gees en hoe dit in ons lewens werk. INLEIDING: Sjoe, ons het nou al so baie van die Heilige Gees

Nadere informatie

SKRIFLESING: Titus 1. TEKS: Titus 1:15. Die Here wil ons op die hoofspoor hê. Psalm 134 : 1, 2. Psalm 119 : 4. Psalm 18 : 12. Skrifberyming 78 (13-3)

SKRIFLESING: Titus 1. TEKS: Titus 1:15. Die Here wil ons op die hoofspoor hê. Psalm 134 : 1, 2. Psalm 119 : 4. Psalm 18 : 12. Skrifberyming 78 (13-3) SKRIFLESING: Titus 1 TEKS: Titus 1:15 TEMA: Die Here wil ons op die hoofspoor hê. Psalm 134 : 1, 2 Psalm 119 : 4 Psalm 18 : 12 Skrifberyming 78 (13-3) Ook: Ps 141 : 3, 4 Sb 14 : 1, 2 Dis nie altyd so maklik

Nadere informatie

Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak.

Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak. Vals beeld van God: Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak. Ware beeld van God: God se beloftes word vervul in Jesus. Ons kan

Nadere informatie

SKRIFLESING: Romeine 8:31-39 (AV 1983) TEKS: Romeine 8:32b. Skrifberyming 24 (1-1) : 3. Psalm 62 : 4 (na gebed) Psalm 93 : 1, 4

SKRIFLESING: Romeine 8:31-39 (AV 1983) TEKS: Romeine 8:32b. Skrifberyming 24 (1-1) : 3. Psalm 62 : 4 (na gebed) Psalm 93 : 1, 4 SKRIFLESING: Romeine 8:31-39 (AV 1983) TEKS: Romeine 8:32b OPSKRIF: Grenslose liefde Skrifberyming 24 (1-1) : 3 Psalm 62 : 4 (na gebed) Psalm 93 : 1, 4 Skrifberyming 78 (13-3) 2 Vanoggend het ons gehoor

Nadere informatie

Deur Sy wet gee God ons broodnodige kennis van sonde

Deur Sy wet gee God ons broodnodige kennis van sonde SKRIFLESING: Romeine 7:1-13 TEKS: Romeine 7:7 HK 1:2 2:5 TEMA: Deur Sy wet gee God ons broodnodige kennis van sonde Psalm 147 : 1, 4 Skrifberyming 26 (9-1) : 1, 10 Psalm 130 : 2 2 As u vir iemand wat glad

Nadere informatie

STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart?

STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart? STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart? - Lees Rom 10:1 - By hierdie stasie gaan elke persoon hulle polsslag neem - Laat elke persoon hulle wysvinger op hulle pols sit om hulle hartklop te voel. - Laat hulle

Nadere informatie

Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg

Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg SKRIFLESING: 1 Johannes 2:1-11 TEKS: 1 Johannes 2:6 TEMA: Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg Psalm 9 : 1, 2, 7 Psalm 31 : 13 (na gebed) Skrifberyming 72 (12-3) : 1, 2 Skrifberyming 78 (13-3) Ook:

Nadere informatie

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE:

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE: VRUGTE VAN DIE GEES VRAE: GEDULD: (Patience) 1. Wat is geduld? 2. Wat is van die goed waarvoor jy geduldig moet wees? 3. Is dit moeilik vir jou om geduldig te wees? 4. Hoe kan jy geduld wys? SELFBEHEERSING:

Nadere informatie

1 KORINTIËRS 13:12. Ook: Sb 18-8 (30) : 4, 5

1 KORINTIËRS 13:12. Ook: Sb 18-8 (30) : 4, 5 1 KORINTIËRS 13:12 Votum Seën Psalm 146 : 1, 4 Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels Wet: Exodus 20:1-17 (AV 1933/53) Psalm 139 : 1, 12 Gebed Psalm 42 : 1 Skriflesing: 1 Korintiërs 13 (AV 1933/53) Teks: 1

Nadere informatie

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun Bybel vir Kinders bied aan Die Verlore Seun Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Lazarus Aangepas deur: Ruth Klassen; Sarah S. Vertaal deur: Yvette Brits Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

SKRIFLESING: Lukas 16:1-13. TEKS: Lukas 16:11 HK 42. Geld en goed vir God. Psalm 95 : 1, 3. Psalm 119 : 7. Skrifberyming 44 (15-8) : 2

SKRIFLESING: Lukas 16:1-13. TEKS: Lukas 16:11 HK 42. Geld en goed vir God. Psalm 95 : 1, 3. Psalm 119 : 7. Skrifberyming 44 (15-8) : 2 SKRIFLESING: Lukas 16:1-13 TEKS: Lukas 16:11 HK 42 TEMA: Geld en goed vir God Psalm 95 : 1, 3 Psalm 119 : 7 Skrifberyming 44 (15-8) : 2 Skrifberyming 78 (13-3) Ook: Ps 19 : 5 Ps 62 : 5, 7 Sb 26 : 9 Sb

Nadere informatie

Inhoudsopgawe. Voorwoord... 11

Inhoudsopgawe. Voorwoord... 11 Inhoudsopgawe Voorwoord... 11 Spreuke leer jou 1. Blymoedigheid... 12 2. Dissipline... 14 3. Vriendskap... 16 4. Wees versigtig met jou tong... 18 5. Om vrygewig te wees... 20 6. Om mooi dinge te sê...

Nadere informatie

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie. 1 Johannes 14b WH Belydenisaflegging en Nagmaal Kinders, doen julle wat mamma en pappa vra? Altyd? Partykeer eers later nè? Hoekom sal jy iets doen as jou ouers vra? Doen jy wat die Here vra? Wat is jou

Nadere informatie

JOHANNES 8:32. Votum en seën. Psalm 92 : 1, 2. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 91 : 7. Gebed.

JOHANNES 8:32. Votum en seën. Psalm 92 : 1, 2. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 91 : 7. Gebed. JOHANNES 8:32 Votum en seën Psalm 92 : 1, 2 Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 91 : 7 Gebed Psalm 91 : 8 Skriflesing: Johannes 8:31-47 (AV 1983/91) Teks: Johannes

Nadere informatie

Vir die Here is die hoofsaak dat ons sal glo en gehoorsaam.

Vir die Here is die hoofsaak dat ons sal glo en gehoorsaam. SKRIFLESING: Prediker 11:9 12:14 TEKS: Prediker 12:13 (OAV) TEMA: INHOUD: Vir die Here is die hoofsaak dat ons sal glo en gehoorsaam. Die hoofsaak Psalm 146 : 1, 4, 8 Psalm 19 : 7 Skrifberyming 12-3 :

Nadere informatie

JOHANNES 6:48 HK 28. Votum en seën. Psalm 100 : 1, 3. Gebed. Skrifberyming 54 (2-6) : 1. Skriflesing: Johannes 6:41-59 (AV 1983) Belydenis: HK 28

JOHANNES 6:48 HK 28. Votum en seën. Psalm 100 : 1, 3. Gebed. Skrifberyming 54 (2-6) : 1. Skriflesing: Johannes 6:41-59 (AV 1983) Belydenis: HK 28 JOHANNES 6:48 HK 28 Votum en seën Psalm 100 : 1, 3 Gebed Skrifberyming 54 (2-6) : 1 Skriflesing: Johannes 6:41-59 (AV 1983) Belydenis: HK 28 Teks: Johannes 6:48 (AV 1983) Preek: Christus is die Brood wat

Nadere informatie

SKRIFLESING: Handelinge 16: TEKS: Handelinge 16:30-31 HK 23. Wie in die Here Jesus glo, word gered. Psalm 48 : 4.

SKRIFLESING: Handelinge 16: TEKS: Handelinge 16:30-31 HK 23. Wie in die Here Jesus glo, word gered. Psalm 48 : 4. SKRIFLESING: Handelinge 16:16-34 TEKS: Handelinge 16:30-31 HK 23 TEMA: Wie in die Here Jesus glo, word gered. Psalm 48 : 4 Psalm 37 : 2, 5 Skrifberyming 10 (5-4) : 1, 2 1 Dit bly maar iets waaroor mense

Nadere informatie

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22 1 BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22 Die sekerheid dat jy 'n kind van God is, is nie die einde van die pad nie maar die begin daarvan. Nou word dit moontlik om as gelowiges te groei. Maar waarheen lei

Nadere informatie

Naäman en die dogtertjie wat nie bang was om van die Here te vertel nie

Naäman en die dogtertjie wat nie bang was om van die Here te vertel nie Ontmoeting 7 God gebruik n dogtertjie wat ver van haar eie huis af is, om n belangrike generaal in Hom te laat glo. Teks: 2 Konings 5: 1-14 Hulpmiddels: Sandboks met huise, paleis, rivier en karakters

Nadere informatie

SKRIFLESING: Matteus 11: TEKS: Matteus 11:28. Christus gee gekwelde mense rus. Psalm 145 : 1, 2. Skrifberyming 12-3 : 1, 2 (na geloofsbelydenis)

SKRIFLESING: Matteus 11: TEKS: Matteus 11:28. Christus gee gekwelde mense rus. Psalm 145 : 1, 2. Skrifberyming 12-3 : 1, 2 (na geloofsbelydenis) SKRIFLESING: Matteus 11:20-30 TEKS: Matteus 11:28 TEMA: Christus gee gekwelde mense rus. Psalm 145 : 1, 2 Skrifberyming 12-3 : 1, 2 (na geloofsbelydenis) Psalm 135 : 3 (na gebed) Psalm 84 : 2 (na preek)

Nadere informatie

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk Doel van les: Voordat ons kan leer van ons nuwe identiteit in Christus, moet ons eers stil staan by wat Christus vir ons kom doen het. Vandag gaan ons gesels

Nadere informatie

Soos n wildsbok wat smag na water Smag my siel na u o Heer U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer SOOS N WILDSBOK

Soos n wildsbok wat smag na water Smag my siel na u o Heer U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer SOOS N WILDSBOK Soos n wildsbok wat smag na water Smag my siel na u o Heer U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer SOOS N WILDSBOK U alleen is my krag en skild Aan U alleen wy ek nou myself U alleen is

Nadere informatie

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was nie om limate te gaan werf of om mense te gaan bekeer nie, maar om dissipels te gaan maak, mense wat Jesus volg. Net soos wat n mens nie noodwendig

Nadere informatie

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus Doel van les: Ons leer meer oor Wie ons is in Christus. Ysbreker: Bome Uitbeeld: In die Bybel lees mens baiekeer dinge oor bome. God praat van bome om ons as

Nadere informatie

FAKTORE EN VEELVOUDE

FAKTORE EN VEELVOUDE FAKTORE EN VEELVOUDE Ons gaan nou na n paar stukkies teorie kyk in verband met Natuurlike- en Telgetalle. Voltooi: 3 X 1 = 3 X 2 = 3 X 3 = 3 X 4 = 3 X 5 = Ons sê dus dat 3, 6, 9, 12 en 15 VEELVOUDE is

Nadere informatie

0:03: 01:5 Vertel mekaar watter labels mense al op jou gesit het. Wat het mense jou al genoem... goeie goed en slegte goed, dit is alles labels...

0:03: 01:5 Vertel mekaar watter labels mense al op jou gesit het. Wat het mense jou al genoem... goeie goed en slegte goed, dit is alles labels... 1 0:01:50-0:03:50 Gnomeo en Juliet se storie begin met twee families, rooi en blou wat nie van mekaar hou nie. Hulle noem die ander familie nooit op hul name nie, maar slegs rooies of bloues. Hierdie word

Nadere informatie

MATTEUS 7:12. Votum en seën. Psalm 34 : 2, 4. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 4 : 3.

MATTEUS 7:12. Votum en seën. Psalm 34 : 2, 4. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 4 : 3. MATTEUS 7:12 Votum en seën Psalm 34 : 2, 4 Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 4 : 3 Gebed Skrifberyming 53 (14-3) : 4 Skriflesing: Matteus 7:7-23 (AV 1983/91) Teks:

Nadere informatie

Preek Romeine 1:16-17

Preek Romeine 1:16-17 1 Preek Romeine 1:16-17 (Preek gelewer tydens erediens in Welkom-Noord op Sondag 19 Februarie2017) Prediker: Ds JL van der Schyff Voor die erediens Sing: Lied 255:1,2,3 Sing: Psalm 119-1:39 Sing: Psalm

Nadere informatie

Wie in die Here glo, vertrou Hom met die bestemming.

Wie in die Here glo, vertrou Hom met die bestemming. SKRIFLESING: Hebreërs 11:8-19 TEKS: Hebreërs 11:8 TEMA: Wie in die Here glo, vertrou Hom met die bestemming. Psalm 84 : 3, 4 Skrifberyming 28 (10-1) : 2, 3 Psalm 1 : 4 Psalm 37 : 2, 23 Skrifberyming 78

Nadere informatie

MATTEUS 27:46. Votum en seën. Skrifberyming 5-3 (8) : 2. Gebed. Skriflesing: Matteus 27:32-50 (AV 1933/53) Teks: Matteus 27:46 (AV 1933/53)

MATTEUS 27:46. Votum en seën. Skrifberyming 5-3 (8) : 2. Gebed. Skriflesing: Matteus 27:32-50 (AV 1933/53) Teks: Matteus 27:46 (AV 1933/53) MATTEUS 27:46 Votum en seën Skrifberyming 5-3 (8) : 2 Gebed Skriflesing: Matteus 27:32-50 (AV 1933/53) Teks: Matteus 27:46 (AV 1933/53) Psalm 22 : 1 Preek: Jesus is deur God verlaat, sodat dit nooit met

Nadere informatie

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24 1 15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24 Tema Wanneer jy in Jesus glo, eindig jou lewe nie op die dag wanneer jy doodgaan nie. Jy sal uit die dood opstaan en

Nadere informatie

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

DIE VLEUELS VAN GEBED (9) DIE VLEUELS VAN GEBED (9) DIE VLEUELS VAN GEBED (9) Jan van der Watt Dankie Here! Dankie sê is om jou skuld te betaal. In die tyd van die Bybel was dankie sê iets anders as vandag. Vandag is dankie n woord

Nadere informatie

SKRIFLESING: Prediker 11. TEKS: Prediker 11:4, 6. Wie met God reken, gebruik sy/haar kanse. Psalm 149 : 1, 2. Psalm 126 : 3.

SKRIFLESING: Prediker 11. TEKS: Prediker 11:4, 6. Wie met God reken, gebruik sy/haar kanse. Psalm 149 : 1, 2. Psalm 126 : 3. SKRIFLESING: Prediker 11 TEKS: Prediker 11:4, 6 TEMA: Wie met God reken, gebruik sy/haar kanse Psalm 149 : 1, 2 Psalm 126 : 3 Psalm 128 : 1, 4 1 Is dit nog die moeite werd om dinge aan te pak in die kerk,

Nadere informatie

Die brief aan die Filippense

Die brief aan die Filippense Ontmoeting 19 Die brief aan die Filippense Teks: Fillippense 1:4; 4:4; 4:13 Hulpmiddels: Toue Ballonne Oupa Pietie Preekstoel se brief Kopie van prentjie met Fillipense 4:4 Woorde van Fillipense 4:13,

Nadere informatie

SKRIFLESING: Jesaja 6. TEKS: Jesaja 6:3 HK 8. Voor die drie-maal heilige God buig ons laag. Psalm 99 : 1, 2. Psalm 81 : 11, 12

SKRIFLESING: Jesaja 6. TEKS: Jesaja 6:3 HK 8. Voor die drie-maal heilige God buig ons laag. Psalm 99 : 1, 2. Psalm 81 : 11, 12 SKRIFLESING: Jesaja 6 TEKS: Jesaja 6:3 HK 8 TEMA: Voor die drie-maal heilige God buig ons laag Psalm 99 : 1, 2 Psalm 81 : 11, 12 Skrifberyming 45 (18-7) : 8, 9 Ook: Skrifberyming 54 (2-6) : 5 2 Die Heidelbergse

Nadere informatie

PREEK Sondag 10 Junie 2007 Ds Freddie Schoeman

PREEK Sondag 10 Junie 2007 Ds Freddie Schoeman PREEK Sondag 10 Junie 2007 Ds Freddie Schoeman Lees Openbaring 21:1 8 Eerste paar verse van hoofstuk 21: Spanning tussen die reeds en die nog nie. Die nuwe Jerusalem, die stad, is besig om neer te daal

Nadere informatie

Heilig, heilig, heilig, heilig is die Heer. Eng'le in die hemel buig hul voor Hom neer. Here, hoor my bede, hoor my as ek sing, en aan U, my Vader,

Heilig, heilig, heilig, heilig is die Heer. Eng'le in die hemel buig hul voor Hom neer. Here, hoor my bede, hoor my as ek sing, en aan U, my Vader, Heilig, heilig, heilig, heilig is die Heer. Eng'le in die hemel buig hul voor Hom neer. Here, hoor my bede, hoor my as ek sing, en aan U, my Vader, al my hulde bring. Lied 171:2 Heilig, heilig, heilig,

Nadere informatie

Jesus se eerste preek op die berg. Hy gee ons onuitspreeklike blydskap.

Jesus se eerste preek op die berg. Hy gee ons onuitspreeklike blydskap. Jesus se eerste preek op die berg. Hy gee ons onuitspreeklike blydskap. Ses groepstudies oor die Saligsprekinge uit Matteus 5 Groepstudie 1 17 Februarie 1. Die bergpredikasie. i. Leer gou almal se name

Nadere informatie

Van Vervolger tot Prediker

Van Vervolger tot Prediker Bybel vir Kinders bied aan Van Vervolger tot Prediker Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Gert Badenhorst Vervaardig deur: Bible for Children

Nadere informatie

God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5)

God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5) God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5) Wie is Jesus? Wie is Jesus vir die mense...? Godsdienste Boeddhisme Islam Judaïsme Hinduïsme New Age Wat sê die Woord van God? Joh 8:12-30

Nadere informatie

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene Bybel vir Kinders bied aan Daniël die Gevangene Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Jonathan Hay Aangepas deur: Mary-Anne S. Vertaal deur: Gert Badenhorst Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

Jona en die Groot Vis

Jona en die Groot Vis Bybel vir Kinders bied aan Jona en die Groot Vis Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Jonathan Hay Aangepas deur: Mary-Anne S. Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

SKRIFLESING: Lukas 8: TEKS: Lukas 8:25a. Geloof moet werk. Psalm 48 : 4. Psalm 119 : 36. Psalm 31 : 1, 2. Skrifberyming 74 (14-2)

SKRIFLESING: Lukas 8: TEKS: Lukas 8:25a. Geloof moet werk. Psalm 48 : 4. Psalm 119 : 36. Psalm 31 : 1, 2. Skrifberyming 74 (14-2) SKRIFLESING: Lukas 8:22-39 TEKS: Lukas 8:25a TEMA: Geloof moet werk. Psalm 48 : 4 Psalm 119 : 36 Psalm 31 : 1, 2 Skrifberyming 74 (14-2) Skrifberyming 78 (13-3) 2 Dis maklik, as ons veilig en rustig hier

Nadere informatie

Bybel vir Kinders bied aan. Die Kerk Kry Moeilikheid

Bybel vir Kinders bied aan. Die Kerk Kry Moeilikheid Bybel vir Kinders bied aan Die Kerk Kry Moeilikheid Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Gert Badenhorst Vervaardig deur: Bible for Children

Nadere informatie

Is jy seker dis nie n voorry nie. Ek wonder of die kinders weet wat n voorry doen.

Is jy seker dis nie n voorry nie. Ek wonder of die kinders weet wat n voorry doen. Op pad vir Christus NG Kraggakamma Le Roux Familie POPPEKASKAPERJOLLE : Frikkie! Frikkie! Hoekom is jy so stadig vandag? Frikkie: (Nog af. Haal hard asem) Want ek is moeg. Hoekom is jy moeg? Frikkie: Ek

Nadere informatie

Tema van die dag is ons bekommernisse, en wat om daarmee te maak.

Tema van die dag is ons bekommernisse, en wat om daarmee te maak. Psalm 55 Werp jou bekommernis op die Here Tema van die dag is ons bekommernisse, en wat om daarmee te maak. Ons is hier as gelowiges om ons roeping uit te leef deurdat ons meewerk dat die Koninkryk van

Nadere informatie

die ark en neem jou gesin saam. Van almal op die aarde het jy die naaste aan my geleef. Binne 7 dae stuur Ek reën.

die ark en neem jou gesin saam. Van almal op die aarde het jy die naaste aan my geleef. Binne 7 dae stuur Ek reën. Ontmoeting 4 God is lief vir Noag Kinders hoor in die storie van Noag dat God regverdig is. Hy sien mense raak wat aan Hom gehoorsaam is en Hy maak n duidelike plan om sy kinders te red. Teks: Genesis

Nadere informatie

PSALM 40:9. Votum en seën. Psalm 89 : 3. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Deuteronomium 5:6-21 (AV 1933/53) Psalm 50 : 6, 7.

PSALM 40:9. Votum en seën. Psalm 89 : 3. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Deuteronomium 5:6-21 (AV 1933/53) Psalm 50 : 6, 7. PSALM 40:9 Votum en seën Psalm 89 : 3 Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels Wet: Deuteronomium 5:6-21 (AV 1933/53) Psalm 50 : 6, 7 Gebed Skriflesing: Psalm 40 (AV 1933/53) Teks: Psalm 40:7-9 (AV 1933/53) Psalm

Nadere informatie

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer Voorwoord Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer van die lewe lyk en is nie. Veel eerder is ware hoop om met gestroopte eerlikheid te weet dat jy bang is, maar tog vorentoe beweeg. Dis om,

Nadere informatie

Jesus kom op n onbekende tyd weer bly dan gereed vir Hom!

Jesus kom op n onbekende tyd weer bly dan gereed vir Hom! SKRIFLESING: Matteus 25:1-13 TEKS: Matteus 25:13 TEMA: Jesus kom op n onbekende tyd weer bly dan gereed vir Hom! Psalm 98 : 3 Psalm 99 : 1, 3 Skrifberyming 29 (18-3) : 8, 9 Skrifberyming 43 (15-7) : 5

Nadere informatie

Twyfel Vergewe mekaar Vergifnis van God Vertroue Volharding Voorkoms Vrede Vrees Vriendskap...

Twyfel Vergewe mekaar Vergifnis van God Vertroue Volharding Voorkoms Vrede Vrees Vriendskap... Inhoudsopgawe Aanbidding... 8 Bekommernis... 12 Beskerming... 16 Blydskap... 20 Dankbaarheid... 24 Diensbaarheid... 28 Eerlikheid... 32 Gebed... 36 Geduld... 40 Geloof... 44 Genade... 48 Gesin... 52 Hoop...

Nadere informatie

God se liefde vat ons vrees vir Sy oordeel weg

God se liefde vat ons vrees vir Sy oordeel weg SKRIFLESING: 1 Johannes 4:7-21 TEKS: 1 Johannes 4:17-18 TEMA: God se liefde vat ons vrees vir Sy oordeel weg Psalm 48 : 1 Psalm 99 : 1, 4 Psalm 103 : 6 (na doop) Psalm 43 : 3 Skrifberyming 10 (5-4) : 1,

Nadere informatie

Die Here laat ons maai wat ons gesaai het

Die Here laat ons maai wat ons gesaai het SKRIFLESING: Galasiërs 6 TEKS: Galasiërs 6:7-8 TEMA: Die Here laat ons maai wat ons gesaai het Psalm 100 : 1, 3, 4 Psalm 50 : 11 Psalm 91 : 1 (na belydenisaflegging) Psalm 126 : 3 Skrifberyming 33 (2-4)

Nadere informatie

Preek oor: Wat doen die Heilige Gees? Die Heilige Gees laat die wedergeboorte plaasvind

Preek oor: Wat doen die Heilige Gees? Die Heilige Gees laat die wedergeboorte plaasvind 1 Preek oor: Wat doen die Heilige Gees? Die Heilige Gees laat die wedergeboorte plaasvind (Preek gelewer tydens erediens in Welkom-Noord op Sondag 29 Mei 2016) Voor die erediens Sing: Psalm 71-1:1,9,12

Nadere informatie

Die Kerk se Geboorte

Die Kerk se Geboorte Bybel vir Kinders bied aan Die Kerk se Geboorte Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Vertaal deur: Gert Badenhorst Aangepas deur: Ruth Klassen Storie 55 van 60 www.m1914.org Bible for

Nadere informatie

n Dubbele kruis-belydenis

n Dubbele kruis-belydenis 1 n Dubbele kruis-belydenis Dr AH Bogaards Lees: Lk.23:26-49 Teks: Lk.23:42-43 (Nagmaal) Datum: 7 Desember Psalms: Ps.43:3,4; 119:26; 119:27; 25:1,3; 23:1,3; 118 1. Inleiding Laat ons daaraan dink dat

Nadere informatie

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3 1 Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps. 116... Sb 33:1,3 1 Johannes 3 1Jn 3:1 Kyk wat n groot liefde die Vader aan ons bewys het,

Nadere informatie

Bybel vir Kinders. bied aan. Ryk man, Arm man

Bybel vir Kinders. bied aan. Ryk man, Arm man Bybel vir Kinders bied aan Ryk man, Arm man Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: M. Maillot; Lazarus Aangepas deur: M. Maillot; Sarah S. Vertaal deur: Yvette Brits Vervaardig deur: Bible for Children

Nadere informatie

HEMELVAART. SKRIFLESING: Johannes 14:1-14. TEKS: Johannes 14:2-3 (AV 1933/53) Jesus Christus is hemel toe vir ons. Psalm 2 : 4, 6.

HEMELVAART. SKRIFLESING: Johannes 14:1-14. TEKS: Johannes 14:2-3 (AV 1933/53) Jesus Christus is hemel toe vir ons. Psalm 2 : 4, 6. HEMELVAART SKRIFLESING: Johannes 14:1-14 TEKS: Johannes 14:2-3 (AV 1933/53) TEMA: Jesus Christus is hemel toe vir ons Psalm 2 : 4, 6 Psalm 68 : 8 Psalm 84 : 1, 2 Ook: Psalm 24 : 4, 5 2 Jesus se hemelvaart

Nadere informatie

jou hele liggaam lig hê. Maar as jou oog sleg is, sal jou hele liggaam sonder lig wees. As jou oë sleg is dit beteken eintlik maar as jou oë slegte

jou hele liggaam lig hê. Maar as jou oog sleg is, sal jou hele liggaam sonder lig wees. As jou oë sleg is dit beteken eintlik maar as jou oë slegte Johannes 9:1-12; 35-38 09/03/2014 n Mens se oog is n baie komplekse orgaan. In jou oog is daar o.a. n buiteoogvlies, n oogvaatvlies en n oognetvlies wat ook jou retina genoem word. Daar is n kornea en

Nadere informatie

'n Man gestuur deur God

'n Man gestuur deur God Bybel vir Kinders bied aan 'n Man gestuur deur God Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Byron Unger; Lazarus Vertaal deur: Yvette Brits Aangepas deur: E. Frischbutter; Sarah S. Storie 37 van 60 www.m1914.org

Nadere informatie

Die Here tree op teen dié wat terugdraai sonde toe

Die Here tree op teen dié wat terugdraai sonde toe SKRIFLESING: Genesis 19:1-30 TEKS: Genesis 19:26 TEMA: Die Here tree op teen dié wat terugdraai sonde toe Psalm 48 : 4 Psalm 7 : 6, 7 Psalm 1 : 1 Skrifberyming 78 (13-3) Ook: Sb 38 (15-2) : 2, 3 As n mens

Nadere informatie

SPREUKE 16:9. Votum en seën. Psalm 8 : 1, 2. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Exodus 20:1-17 (AV 1933/53) Psalm 65 : 2, 4.

SPREUKE 16:9. Votum en seën. Psalm 8 : 1, 2. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Exodus 20:1-17 (AV 1933/53) Psalm 65 : 2, 4. SPREUKE 16:9 Votum en seën Psalm 8 : 1, 2 Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels Wet: Exodus 20:1-17 (AV 1933/53) Psalm 65 : 2, 4 Gebed Skriflesing: Spreuke 16:1-15 (AV 1933/53) Teks: Spreuke 16:9 (AV 1933/53)

Nadere informatie