PSALM 127:3-5. Votum en seën. Psalm 146 : 1, 6. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983) Psalm 90 : 4.

Vergelijkbare documenten
JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun

God het belowe om ons gehoorsaam te maak, net soos ons vra

NAGMAAL. SKRIFLESING: 1 Petrus 2: TEKS: 1 Petrus 2:24a. Jesus Christus het ons sondes gedra. Psalm 89 : 1. Psalm 40 : 3

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80

1 KORINTIËRS 13:12. Ook: Sb 18-8 (30) : 4, 5

God red elkeen wat werklik in Jesus Christus glo.

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

Die Here gee vir mense, wat oor Hom bly is, dit wat hulle harte begeer.

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13

SKRIFLESING: 1 Korintiërs 6: TEKS: 1 Korintiërs 6:19 HK 1:1. Ook ons liggame behoort aan die Here. Skrifberyming 72 (12-3) : 1, 2

NAGMAAL. SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a. Die kruis is die trots van die Here se kerk.

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

OPENBARING 5:5 HK Sondag 48

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

Die Here laat ons maai wat ons gesaai het

MATTEUS 7:12. Votum en seën. Psalm 34 : 2, 4. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 4 : 3.

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3.

Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek

Jesaja sien die Toekoms

Dit wat óns wil hoe óns wil leef en wil praat en selfs wil dink (dit weet ons almal) is baie kere baie anders as wat Gód van ons wil hê.

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek.

JOHANNES 3:19-20 DL 3/4:1

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE:

TEKS: Matteus 5:3 (AV 1933/53) HK 5

Welkom by Die Storie God se storie

Preek oor: Wat doen die Heilige Gees? Die Heilige Gees laat die wedergeboorte plaasvind

JOHANNES 6:48 HK 28. Votum en seën. Psalm 100 : 1, 3. Gebed. Skrifberyming 54 (2-6) : 1. Skriflesing: Johannes 6:41-59 (AV 1983) Belydenis: HK 28

SKRIFLESING: 1 Korintiërs 13. TEKS: 1 Korintiërs 13:8. Die liefde bly vir ewig. Psalm 103 : 1, 2. Psalm 102 : 11, 12. Skrifberyming 21 (9-4) : 1, 6

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

'n Man gestuur deur God

n Tempel Leier besoek Jesus

Jesus kom op n onbekende tyd weer bly dan gereed vir Hom!

PSALM 90:2 NGB 1. Votum en seën. Psalm 90 : 1. Gebed. Skriflesing: Psalm 90 (AV 1933/53) Belydenis: NGB 1. Teks: Psalm 90:2 (AV 1933/53)

PREDIKER 7:8a. Votum en seën. Psalm 108 : 1. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Deuteronomium 5:6-21 (AV 1983/91) Psalm 37 : 22, 23.

Twyfel Vergewe mekaar Vergifnis van God Vertroue Volharding Voorkoms Vrede Vrees Vriendskap...

HANDELINGE 14:15 HK 34:94-95

1 KORINTIËRS 1:4. Votum en seën. Psalm 116 : 7, 10. Gebed. Psalm 31 : 13, 18. Skriflesing: 1 Korintiërs 1:1-9 (AV 1933/53)

toegewy aan God ross os s v an v nieker i k

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

Vir die Here is die hoofsaak dat ons sal glo en gehoorsaam.

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene

Dankoffersondag met Nagmaal 4 November

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

God laat alles Sy kinders se saligheid bevorder.

Wie God se beloftes het, streef om skoon te word en heilig te wees

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22

Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak.

Jesus Christus se opstanding maak ons lewens sinvol

1 JOHANNES 4:20 HK 34:93

Inhoudsopgawe. Voorwoord

SKRIFLESING: Jesaja 6. TEKS: Jesaja 6:3 HK 8. Voor die drie-maal heilige God buig ons laag. Psalm 99 : 1, 2. Psalm 81 : 11, 12

LUKAS 5:8. Votum en seën. Psalm 116 : 1, 10. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Exodus 20:1-17 (AV 1933/53) Psalm 51 : 6.

Bybel vir Kinders bied aan. Die Kerk Kry Moeilikheid

SPREUKE 16:9. Votum en seën. Psalm 8 : 1, 2. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Exodus 20:1-17 (AV 1933/53) Psalm 65 : 2, 4.

Paulus en sy vriende vertel ander van God

SKRIFLESING: Romeine 8:31-39 (AV 1983) TEKS: Romeine 8:32b. Skrifberyming 24 (1-1) : 3. Psalm 62 : 4 (na gebed) Psalm 93 : 1, 4

LITURGIE VIR N OOP GESPREK

1 KORINTIËRS 3:21-23 HK Sondag 1

PSALM 115:1 HK Sondag 52:

Tema: Dra die vrug van die Gees om meer soos Christus te word. Vooraf sang Sb 9 4: 1,2,3,4 Sb 14 1: 1,3

Goeie Konings, Slegte Konings

1 TESSALONISENSE 5:25

OPENBARING 21:9-10. Votum en seën. Psalm 122 : 1. Gebed. Psalm 46 : 1, 2. Skriflesing: Openbaring 21:1-21 (AV 1983/91)

Preek Efesiërs 4:26. Voor die erediens Sing: Lied 190:1,2,3 Sing: Psalm 4-1:3 Afkondigings Stilte

Van Vervolger tot Prediker

JOHANNES 8:32. Votum en seën. Psalm 92 : 1, 2. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 91 : 7. Gebed.

Eerder bang Jan as dooie Jan, of eerder dooie Jan as bang Jan?

Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel. Christiaan Coetzee

Naäman en die dogtertjie wat nie bang was om van die Here te vertel nie

Deur Sy wet gee God ons broodnodige kennis van sonde

Tema van die dag is ons bekommernisse, en wat om daarmee te maak.

Bybelsondag, Kraggakamma, 29 Augustus 2010

Skriflesing: 2 Tim 2:14-26(word gelees deur gemeentelede uit die banke)

Bybelse Dissipelskap. Saligheid/ Redding

SKRIFLESING: Prediker 1:1-11. TEKS: Prediker 1:3. Los van God bied die lewe niks. Psalm 149 : 1, 2. Skrifberyming 19 (2-1) : 1, 2.

1 JOHANNES 2: Votum en seën. Psalm 34 : 1, 4. Geloofsbelydenis: Nicea. Wet: Exodus 20:1-17 (AV 1933/53) Psalm 34 : 6. Gebed

Gisteraand het dit gegaan dit oor hoe ons lewens moet wees om Jesus te volg. Watter klere ek moet aantrek.

SKRIFLESING: Johannes 3:1-21. TEKS: Johannes 3:16. Psalm 149 : 1, 2. Psalm 25 : 3. Psalm 103 : 6 (na doop) Skrifberyming 33 (2-4) : 1

Preek Romeine 9:6-7. (Preek gelewer tydens erediens van Geref. Kerk Welkom op Sondag 15 Julie 2018) Prediker: Ds JL van der Schyff

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was

Preek Romeine 6:3-4. (Preek tydens erediens in Gereformeerde Kerk Welkom-Noord op Sondag 25 Junie 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff

Nie menslike vermoëns nie, maar God bepaal die uitkoms van sake.

SKRIFLESING: Titus 1. TEKS: Titus 1:15. Die Here wil ons op die hoofspoor hê. Psalm 134 : 1, 2. Psalm 119 : 4. Psalm 18 : 12. Skrifberyming 78 (13-3)

PSALM 40:9. Votum en seën. Psalm 89 : 3. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Deuteronomium 5:6-21 (AV 1933/53) Psalm 50 : 6, 7.

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24

GALASIËRS 5:22 (getrouheid)

Fontein van die lewe. Liturgie

SKRIFLESING: Handelinge 16: TEKS: Handelinge 16:30-31 HK 23. Wie in die Here Jesus glo, word gered. Psalm 48 : 4.

JAKOBUS 5: Votum en seën. Psalm 138 : 1. Geloofsbelydenis: Nicea. Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Skrifberyming 26 (9-1) : 3, 4.

MATTEUS 5:39. Votum en seën. Psalm 149 : 1, 2. Geloofsbelydenis: Nicea. Wet: Exodus 20:1-17 (AV 1933/53) Psalm 62 : 7 (by 8e gebod) Gebed

Teenoor Christus kan n mens nie neutraal staan nie

STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart?

Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg

Transcriptie:

PSALM 127:3-5 Votum en seën Psalm 146 : 1, 6 Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983) Psalm 90 : 4 Doopformulier Psalm 146 : 8 (na doop) Skriflesing: Psalm 127 (AV 1983) Teks: Psalm 127:3-5 (AV 1983) Preek: Kinders is n seën van die Here Gebed Kollekte Psalm 128 : 3 Seën Skrifberyming 78 (13-3)

2 Ons is almal vanoggend getuies van n Christelike huisgesin wat uitgebrei het en van nog n verbondskindjie wat die Here deel van hierdie gemeente gemaak het; en daarom is dit n goeie geleentheid om te hoor wat die die Here in Sy Woord vir ons sê oor kinders. Wat is kinders? - is hulle n lastigheid, wat in die pad staan van jongmense wat die lewe nog wil geniet en wat in hulle loopbane wil vorder en wat eers baie geld bymekaar wil maak? - is hulle n soort noodsaaklike euwel die menslike geslag moet seker voortgaan en daarom moet getroude mense wat kan, seker maar n kind of twee hê? Nie volgens die Here se Woord nie. In Psalm 127 laat die Heilige Gees ons deur die digter (Salomo) hoor dat kinders n seën van die Here is. Kom ons luister vanoggend na hierdie boodskap, dat kinders n seën van die Here is. En ons luister daarna in die terme van hierdie Psalm wat twee dinge sê: 1. dat kinders gawes is 2. dat kinders wapens is. 1. KINDERS IS GAWES Seuns is geskenke [letterlik: n erfdeel] van die Here, kinders word deur Hom gegee [letterlik: is n beloning]. 1 Kinders is n erfdeel. Van n mens se voorgeslagte erf jy besittings: grond en geld en goed. Maar van die Here erf jy in hierdie lewe al kinders. Van Hóm. Dis Hý wat daardie nuwe mensie laat ontstaan. Dis soos n stukkie nuwe skepping deur Hom. Al is ons as ouers betrokke, is kinders glad nie maar net die resultaat van menslike optrede nie. 1 Vers 3

3 Die besluit van die Here dat daar n nuwe mensie moet kom en Sy skeppende bevel dat dit moet gebeur, moet bykom voordat daar bevrugting plaasvind. Ons weet mos dat dit nie net van die mens afhang nie. Die meeste van ons weet van egpare, wat menslik en medies gesien, nooit kinders sou kon hê nie, en waar die vrou tog swanger geword het. En ons weet van egpare waar daar menslik en medies gesien geen rede is waarom hulle nie kinders sou kon hê nie, en tog gebeur dit nie! Die ontstaan van n nuwe lewetjie is iets waaroor God beslissend beskik. Dis tog die boodskap van hierdie Psalm in sy geheel: dat God die beslissende rol speel in ons ganse bestaan: - as Hy nie die huis bou nie, bou ons tevergeefs daaraan; - as Hy nie die stad oppas nie, pas ons Hom verniet op; - as Hy nie kinders gee nie, sal daar nie wees nie; - en as Hy kinders wil gee, sal niks Hom keer nie Kinders is n stukkie erfdeel wat ons by die Here kry. En daarom behoort ons hulle na liggaam en siel getrou op te pas en te versorg, soos wat n mens met enige iets wat jy erf, behoort te doen. En hulle is vir ons n beloning: - nie in die sin dat ons hulle op een of ander manier verdien het nie, dat hulle die betaling is wat die Here ons gee vir iets wat ons vir Hom gedoen het nie, - maar in die sin van n beloning wat jy uit genade kry, uit die goedheid van die hart van die Gewer n geskenk-loon. In hierdie lewe met al sy moeite en sorge en pyn, is kinders geskenke van Bo. En soos enige geskenk behoort dit harte bly te maak. Wat dan ook so is: mense se kinders gee vir hulle baie vreugde die uitsonderings daar gelaat. Is dit nie vreugde om die wonder te beleef van n nuwe lewetjie wat geskep is nie?

4 Is dit nie vreugde om te sien hoe hierdie klein, hulpelose mensie al hoe meer ontwikkel en groei nie liggaamlik en verstandelik en geestelik? Maak dit n ouer nie bly as jy iets moois van jouself in jou kinders herken nie? En geniet u nie ook die dinge in u kinders se geaardheid en persoonlikheid wat uniek is nie, of daardie vermoëns waarmee hulle jou verras nie? Is dit nie n vreugde om die werk van die Here en Sy verbonds-seëninge in hulle lewens raak te sien nie? Met kinders bring die Here baie vreugde in ouers se lewens in. Hulle is belonings, presente wat Hy vir ons gee wat die pakkie blydskap op ons lewensreis soveel groter maak Terloops, gelowige egpare wat graag kinders wil hê, maar nie kry nie, moenie dink dat die Here hulle vergeet het nie. Hy t mos ander gawes ook wat Hy vir mense kan gee, nie net kinders nie. En vir die pad van kinderloosheid wat Hy met hulle loop, sal daar wel n baie goeie rede voor wees. En op dié pad sal daar ook belonings wees, ánder geskenke waarmee Hy vreugde in hulle lewens bring Kinders is nie lasposte, euwels, hindernisse in ons lewens nie, maar gawes van die Here. 2. KINDERS IS WAPENS Pyle is mos wapens! Soos pyle in die hand van n krygsman, so is seuns wat gebore is toe hulle vader nog jonk was. Dit gaan goed met die man wat sy pylkoker so gevul het. Sulke mense het niks te vrees as hulle met die vyand in die stadspoort onderhandel nie. 2 2 Verse 4-5

5 In die soort oorlogvoering van destyds, was n vol pylkoker n groot bate op die slagveld baie ammunisie! En net so het n man, wat destyds in die stadspoorte, daar waar allerhande onderhandelings plaasgevind het en waar regsgedinge in die openbaar afgehandel is, met n span seuns by hom kon staan, baie bedingingsmag gehad! Dit was toe al soos dit in vandag se demokratiese soort wêreld is: - getalle praat! - as jy kan wys dat daar baie mense is wat jou steun, word daar met meer aandag na jou geluister! Kinders versterk ouers en die groter gemeenskap in baie opsigte. Dink maar net konkreet daaroor: o Getalle is byvoorbeeld een van die dinge wat n kerk of n volk sterk kan maak in die stryde wat hulle het: - n volk wat fisies stry om oorlewing, of vir vryheid; - en n kerk wat die geestelike stryd teen die vyande van die Here se saak voer. Al is die Here nie van getalle afhanklik nie Hy kan met min ook groot oorwinnings bereik 3 is baie mense tog ook n middel wat die Here soms gebruik om vooruitgang en oorwinnings mee te bewerk Baie kinders, n sterk opkomende geslag, is n faktor waarmee daar in hierdie wêreld gereken moet word! o Ook in sekere werksituasies kan kinders ouers se hande sterk maak. Van ons arm voorgeslagte het uiteindelik die mas opgekom, omdat hulle kinders naderhand kon uitspring en op die plase kon help werk. Daar s lande en volke in hierdie wêreld wie se ekonomieë sterk steun op besighede en bedrywe wat in die hande van families is, wat van geslag tot geslag oorgedra en uitgebou word. En dink maar net, op n heel klein skaal, watter hulp is ouer kinders nie baie keer vir n ma en pa met die versorging en die oppas van die jongeres nie. 3 Bv Rigt 7:7; Jos 23:10

6 o En dan praat ons nog nie eers van die hulp en steun wat volwasse kinders aan hulle bejaarde ouers kan gee en volgens die Bybel behóórt te gee 4 as hulle dit die dag sou nodig hê nie! Kinders is pyle, wapens. Wie kinders het, gaan nie sommer in hierdie lewe verleë en magteloos staan nie. Natuurlik het die sonde ook hierdie mooi Bybelse prentjie van ouers en kinders gruwelik verwoes. Dink aan ouers wat kinders verwaarloos en aanrand en misbruik. Dink aan kinders wat hulle ouers teleurstel en húlle misbruik en verag en uiteindelik verstoot Maar daar waar die bloed van die Here Jesus sondes bedek het, waar mense deur n ware geloof in Hom kinders van God geword het, waar die Heilige Gees die harte dinge weer laat insien soos God dit ingesien wil hê, daar werk dit so dat ouers kinders as n gawe van God sien en versorg, en dat kinders vir hulle ouers soos pyle in die hand van n held is Terwyl ons van Christus se verlossingswerk praat - dis tog wonderlik hoe die Seun van die hemelse Vader dit wat Sy Vader beplan het, vrywillig kom uitvoer het hier op aarde tot die laaste letter toe! - Hy is dié Pyl waarmee die hemelse Held Sy vyand se kop beslissend vermorsel het! In die kringe waar die Here se Woord gehoor word en en geglo word, word kinders gesien as n erfdeel van die Here, as n genadige beloning van Bo, as pyle in ons kokers. Kinders is gawes van die Here, n seën. TEN SLOTTE Dis duidelik dat daar in ons tyd, selfs by baie Christene, weer gedink sal moet word oor kinders, dat daar in hierdie saak bekering sal moet kom. 4 1 Tim 5:14

7 Daar s in so baie huise slegte gesindhede en verhoudings tussen ouers en kinders. En nou is daar baie sondes van ouers én kinders wat daartoe aanleiding gee. Maar is één van hierdie sondes nie dalk die negatiwiteit van baie ouers teenoor kinders nie? hulle vat my tyd! hulle kos my geld! hulle gee my moeite! hulle perk my in! Ons moet kinders weer leer sien as gawes van die Here. Dit sal nie al die probleme oplos en al die opofferings wegvat nie, maar dit gaan n ander gesindheid en daarom n ander benadering teenoor hulle bring, wat in baie huise n groot verskil gaan maak. Dit gaan maak dat ons weer die vreugde wat die Here met hierdie geskenke vir ons gee, begin raaksien en geniet, en Hom daarvoor dank; En baie van ons kan gerus n bietjie meer vir ons kinders sê dat hulle vir ons baie vreugde gebring het. En is dit nie ons roeping as kinders dan pyle is om kinders te hê as dit kan nie? Is dit nie die soldaat se plig om te sorg dat daar pyle in sy koker is nie? Moet ons dan nie verder bou aan die goeie wat die Here met ons volkie hier in Afrika wou bereik nie? Moet ons nie die stryd van die Here se kerk in hierdie wêreld verder voer nie en die lig wat gereformeerde kerke tot nou gedra het, ook verder laat skyn nie? Sal dit nie gruwelike pligsversuim wees as ons as gevolg van n gebrek aan kinders, naderhand moet handdoek ingooi nie? Mag die begeerte na meer geld, of die bevordering van jou loopbaan, of die opsien teen die moeite en die binding van ouerskap, of die onsekerheid oor watter toekoms daar vir ons kinders in hierdie land gaan wees, jou Nee dankie! laat sê vir hierdie erfenis en beloning wat die Here vir mense gee?

8 As hier in ons gemeente kinders gebore word en gedoop word, moet dit vir ons feestelike gebeurtenisse wees, want kinders is n seën van die Here. En dink daaraan: elke keer as n uitverkore kind van die Here hier op aarde in n verbondsfamilie gebore word, is ons n tree nader aan daardie dag wanneer ál God se kinders gebore sal wees al die burgers van die koninkryk van die hemel en Hy die boeke van hierdie gebroke aarde finaal sal kan afsluit.. AMEN