TEKS: 1 Korintiërs 13:5b-7 HK 40

Vergelijkbare documenten
Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

Die Groot Gebod dennis de wet

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

God se liefde vat ons vrees vir Sy oordeel weg

NAGMAAL. SKRIFLESING: 1 Petrus 2: TEKS: 1 Petrus 2:24a. Jesus Christus het ons sondes gedra. Psalm 89 : 1. Psalm 40 : 3

NAGMAAL. SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a. Die kruis is die trots van die Here se kerk.

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun

MATTEUS 7:12. Votum en seën. Psalm 34 : 2, 4. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 4 : 3.

God red elkeen wat werklik in Jesus Christus glo.

Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek

God laat alles Sy kinders se saligheid bevorder.

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5

TEKS: Matteus 5:3 (AV 1933/53) HK 5

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE:

SKRIFLESING: Lukas 17:1-10. TEKS: Lukas 17:10 HK 24. Begenadigdes skuld God gehoorsaamheid. Psalm 138 : 1. Skrifberyming 24 (1-1) : 2.

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

Inhoudsopgawe. Voorwoord... 11

SKRIFLESING: Jesaja 6. TEKS: Jesaja 6:3 HK 8. Voor die drie-maal heilige God buig ons laag. Psalm 99 : 1, 2. Psalm 81 : 11, 12

Die Here laat ons maai wat ons gesaai het

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13

1 JOHANNES 4:20 HK 34:93

SKRIFLESING: Titus 1. TEKS: Titus 1:15. Die Here wil ons op die hoofspoor hê. Psalm 134 : 1, 2. Psalm 119 : 4. Psalm 18 : 12. Skrifberyming 78 (13-3)

SKRIFLESING: Lukas 6: TEKS: Lukas 6:37 HK 43. God se mense het ook met hulle woorde lief. Psalm 34 : 1, 2. Psalm 34 : 6.

NIe net hier in 1 Korintiers 13 nie, maar in die hele 1 Korintiërs lees ons van al hierdie dinge wat die gemeente van Korinte gedoen het.

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

SKRIFLESING: 1 Korintiërs 13. TEKS: 1 Korintiërs 13:8. Die liefde bly vir ewig. Psalm 103 : 1, 2. Psalm 102 : 11, 12. Skrifberyming 21 (9-4) : 1, 6

God red mense wat glo deur die krag van die evangelie

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3

Dit wat óns wil hoe óns wil leef en wil praat en selfs wil dink (dit weet ons almal) is baie kere baie anders as wat Gód van ons wil hê.

OPENBARING 5:5 HK Sondag 48

Jy kan eintlik waar in die Bybel ook al kyk na wat geskryf is oor hoe ons as Christene moet lewe, en jy kom by liefhê uit.

1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80

PSALM 90:2 NGB 1. Votum en seën. Psalm 90 : 1. Gebed. Skriflesing: Psalm 90 (AV 1933/53) Belydenis: NGB 1. Teks: Psalm 90:2 (AV 1933/53)

SKRIFLESING: 1 Korintiërs 6: TEKS: 1 Korintiërs 6:19 HK 1:1. Ook ons liggame behoort aan die Here. Skrifberyming 72 (12-3) : 1, 2

God het belowe om ons gehoorsaam te maak, net soos ons vra

Die Here tree op teen dié wat terugdraai sonde toe

Goeie Konings, Slegte Konings

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was

Deur Sy wet gee God ons broodnodige kennis van sonde

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

n Tempel Leier besoek Jesus

SKRIFLESING: Romeine 8:31-39 (AV 1983) TEKS: Romeine 8:32b. Skrifberyming 24 (1-1) : 3. Psalm 62 : 4 (na gebed) Psalm 93 : 1, 4

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22

SKRIFLESING: Prediker 11. TEKS: Prediker 11:4, 6. Wie met God reken, gebruik sy/haar kanse. Psalm 149 : 1, 2. Psalm 126 : 3.

SKRIFLESING: 1 Petrus 2:1-10. TEKS: 1 Petrus 2:9. God red sodat ons sal vertel. Psalm 40 : 5. Psalm 4 : 3. Skrifberyming 8 (5-3) : 2.

Die brief aan die Filippense

Jesaja sien die Toekoms

God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5)

SKRIFLESING: Lukas 16:1-13. TEKS: Lukas 16:11 HK 42. Geld en goed vir God. Psalm 95 : 1, 3. Psalm 119 : 7. Skrifberyming 44 (15-8) : 2

Wie God se beloftes het, streef om skoon te word en heilig te wees

14. Gemaak om lief te hê 1 Johannes 3:11-17; 4:7-12

Die Here gee Sy seën waar ouers en kinders Hom gehoorsaam.

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek.

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus

MATTEUS 5:39. Votum en seën. Psalm 149 : 1, 2. Geloofsbelydenis: Nicea. Wet: Exodus 20:1-17 (AV 1933/53) Psalm 62 : 7 (by 8e gebod) Gebed

1 JOHANNES 5:4. Votum en seën. Psalm 45 : 1, 3, 4. Gebed. Skriflesing: 1 Johannes 5:1-13 (AV 1933/53) Teks: 1 Johannes 5:4 (AV 1933/53) Psalm 18 : 15

JAKOBUS 3:15a, 17a. Votum en seën. Psalm 105 : 1, 2. Geloofsbelydenis: Nicea. Wet: Exodus 20:1-17 (AV 1933/53) Psalm 105 : 23, 24

SKRIFLESING: Handelinge 16: TEKS: Handelinge 16:30-31 HK 23. Wie in die Here Jesus glo, word gered. Psalm 48 : 4.

Jesus Christus se opstanding maak ons lewens sinvol

Die Here gee vir mense, wat oor Hom bly is, dit wat hulle harte begeer.

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels.

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

Jesus - Die Grootste Geskenk van Alle Tye - Reformation Society

1 KORINTIËRS 13:12. Ook: Sb 18-8 (30) : 4, 5

14. Ek glo my sondes word vergewe 1 Johannes 1:5 2:2

1 JOHANNES 2: Votum en seën. Psalm 34 : 1, 4. Geloofsbelydenis: Nicea. Wet: Exodus 20:1-17 (AV 1933/53) Psalm 34 : 6. Gebed

Twyfel Vergewe mekaar Vergifnis van God Vertroue Volharding Voorkoms Vrede Vrees Vriendskap...

toegewy aan God ross os s v an v nieker i k

4. Ek voel alleen Johannes 10:11-16, 26-30

U het rég gehoor: dat u die HÉre daar gaan dien; want dis wat die Heilige Gees ons hier laat hoor, dat ook ons alledaagse werk godsdiens is.

Bybelse Dissipelskap. Saligheid/ Redding

0:03: 01:5 Vertel mekaar watter labels mense al op jou gesit het. Wat het mense jou al genoem... goeie goed en slegte goed, dit is alles labels...

Ons Pinkster gaan oor hoe om vir Jesus te volg. Vanoggend het ons begin deur te sien dat daar n paar voorwaardes is as jy Jesus wil volg:

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

VERSPREI GOD SE LIEFDE (2) VERTEL ANDER VAN GOD SE LIEFDE 13 Augustus 2006, Ds Freddie Schoeman

TEKS: Esegiël 33:18-19 HK 32:87 33:90. God laat onbekeerdes sterf, maar bekerendes lewe.

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24

PSALM 115:1 HK Sondag 52:

Kinders hoe voel julle oor die eksamen wat voorlê? Vir wie van julle is die Bybel soms moeilik om te verstaan? Ja daar is dinge waarmee ons sukkel né.

Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak.

KOLOSSENSE 3:17 HK Sondag 36

LITURGIE VIR N OOP GESPREK

JOHANNES 6:48 HK 28. Votum en seën. Psalm 100 : 1, 3. Gebed. Skrifberyming 54 (2-6) : 1. Skriflesing: Johannes 6:41-59 (AV 1983) Belydenis: HK 28

SKRIFLESING: Prediker 1:1-11. TEKS: Prediker 1:3. Los van God bied die lewe niks. Psalm 149 : 1, 2. Skrifberyming 19 (2-1) : 1, 2.

WAT IS DIE VOLGORDE VAN DIE VERLOSSINGSERVARING?

HOSEA 6:1-3. Votum en seën. Psalm 48 : 1. Gebed. Skriflesing: Hosea 6 (AV 1933/53) Teks: Hosea 6:1-3 (AV 1933/53) Psalm 72 : 3

Christene moet ook met hulle gedrag vir die Here praat.

Die Here vlek ons sondes oop om ons te behou.

SKRIFLESING: Markus 10: TEKS: Markus 10:21a. Die Here ontmasker die binneste. Psalm 48 : 1, 2. Psalm 139 : 12. Psalm 119 : 7

Jesus kom op n onbekende tyd weer bly dan gereed vir Hom!

Tema van die dag is ons bekommernisse, en wat om daarmee te maak.

SKRIFLESING: Openbaring 19:1-10. TEKS: Openbaring 19:7b. Vir die groot bruilof moet ons gereed maak. Skrifberyming 23b (18-6) : 1, 2.

SKRIFLESING: Matteus 11: TEKS: Matteus 11:28. Christus gee gekwelde mense rus. Psalm 145 : 1, 2. Skrifberyming 12-3 : 1, 2 (na geloofsbelydenis)

Die Here laat n berouvolle sondaar in vrede gaan.

Transcriptie:

SKRIFLESING: 1 Korintiërs 13 TEKS: 1 Korintiërs 13:5b-7 HK 40 TEMA: So doen liefde Psalm 67 : 1 Psalm 133 : 1 Skrifberyming 21 (9-4) : 5, 6 Skrifberyming 78 (13-3)

2 In ons Christelike lewe is daar niks wat belangriker is as liefhê nie. Die liefde is die hoofstraat van die Christelike lewe. As jy hierdie straat mis, verdwaal jy heeltemal! En hierdie liefde waarvan ons nou praat (so het ons n paar weke terug gehoor) is nie in die eerste plek n warm gevoel wat jy vir ander mense moet hê, of allerhande mooi woorde wat jy vir ander mense sê, of hoeveel geld of geskenke of voordele jy vir ander mense gee nie. Die liefde wat die Here by ons wil hê, is n manier van optree teenoor ander mense. Hierdie liefde word hier in verse 4-7 met werkwoorde beskryf, woorde wat sê hoe n mens dóén doodgewoon in die alledaagse lewe dóén. Om lief te hê (so het ons die vorige keer gehoor) is: Om geduldig te wees. Wie liefhet, reageer glad nie gou negatief op die sondes en dwaashede en irriterende gedrag van ander nie. Om vriendelik te wees. Wie liefhet, straal op allerhande maniere positiewe seine na ander mense toe uit. Om nie afgunstig te wees nie. Wie liefhet, gun n ander mense dit wat hulle gekry het en bereik het. Om nie grootpraterig en verwaand te wees nie. Wie liefhet, stal dit wat jý gekry het en bereik het, nie spoggerig voor ander uit nie en jy blaas jouself nie op wanneer die Here jou op allerhande maniere seën nie. Om nie onwelvoeglik op te tree nie. Wie liefhet, tree ordentlik op, fyn-gemanierd, taktvol, sensitief. Om nie jou eie belange te soek nie. Wie liefhet, soek in die kontak met medemense na dit wat vir die medemense voordeel sal bring en húlle gelukkig sal maak. Só (sê die Here vir ons deur Sy apostel) doen liefde. Kom ons kyk nou vanaand verder na die lysie van hoe die liefde doen. Die liefde is nie liggeraak nie.

3 n Mens wat liefhet, word nie maklik vies nie, wip jou nie vir alles en nog wat nie, vat nie alles persoonlik op nie, kry nie so maklik die gevoel dat jy darem nou vreeslik verontreg is nie. Dit hang saam met die vorige uitdrukking: die liefde soek nie sy eie belang nie. Dis juis mense wat gedurig op hulle eie belang en voordeel ingestel is, wat hulle so gou vervies as dinge nie na hulle sin verloop nie, of as iemand iets gesê het wat dalk as kritiek op jou geïnterpreteer kan word. Maar as jy liefhet, is jou nerf nie so dun nie, is jy nie een van die mense wat n bitter smaak in n situasie inbring met n skerp reaksie of met n gebelgde houding op iemand wat jou dan nou volgens jou opinie te na gekom het nie. Die liefde is nie liggeraak nie. Die liefde hou nie boek van die kwaad nie. Die liefde reken die kwaad nie toe nie. 1 Selfs daar waar iemand jou regtig te na gekom, waar dit nie sommer net onnodige liggeraaktheid aan jou kant is nie, waar iemand jou regtig een of ander kwaad aangedoen het selfs dáár bring die liefde hierdie kwaad nie verder in jou en die ander een se verhouding in berekening nie. Die liefde hou die kwaad nie teen die ander een nie. Die liefde beplan op geen manier weerwraak, om die ander een op een of ander manier terug te kry of te laat boet vir die kwaad nie. Waar liggeraak wees oor die korttermyn gaan, die hier en nou: jy moet jou nie hier en nou vir alles vervies nie, gaan boekhou van die kwaad oor die langer termyn: jy moenie op die lang duur vir iemand kwaad wees of kwaad bly nie. Om lief te hê, is om in sekere sake n kort geheue te hê, om dit byvoorbeeld gou te vergeet as iemand jou verontreg het. 1 AV 1933/53

4 In die grootboek van die liefde skuld n ander een jou nooit iets nie Die liefde verbly hom nie oor onreg nie, maar verheug hom oor die waarheid. Die liefde is darem nie ruggraatloos nie. Dit mag dalk so klínk as jy elke keer hoor hoe die liefde sag optree en terugstaan vir n ander mens en die negatiewe maar grootmoedig absorbeer. Maar die liefde is darem nie so pap soos n jellievis nie. Die liefde probeer nie altyd neutraal wees en altyd die sogenaamde goue middeweg vat nie. Die liefde herken onreg as hy dit sien en weet baie goed wat die waarheid is en die liefde kies die kant van die waarheid! Maar let op hóé die liefde kant kies, hoe die liefde ook in hierdie situasie sy positiewe kleur wys: - die liefde wys nie sy voorkeur vir die waarheid deur oor al wat onreg is te kla en dit met vloeke en skelle te verdoem nie; - maar dit wys sy voorkeur vir die waarheid deur blydskap te wys daar waar dit met die waarheid te doen kry. Wanneer n mens liefhet, assosieer jy jou met die waarheid. o Jy s byvoorbeeld bly as jy standpunte hoor wat volgens die Bybel is. o Dis vir jou lekker om tussen mense te wees wat volgens die Bybel probeer leef. o Dit doen jou hart goed as jy van n geval hoor waar reg en geregtigheid oor onreg geseëvier het. Die liefde staan by die waarheid deur bly te wees daaroor. En dan bedek die liefde alles, glo alles, hoop alles en verdra alles. Hierdie vier woorde is baie duidelik saam gegroepeer, in twee pare. Die eerste en die laaste een pas bymekaar: die liefde bedek en verdra.

5 En die middelste twee pas bymekaar: die liefde glo en hoop. Die liefde bedek alles. Die liefde doen niks wat die slegte en die verkeerde verder kan aanblaas of groter kan laat word as wat dit is nie. Dit absorbeer foute dis geduldig. Dit reageer nie liggeraak daarop nie. Dit hou nie boek daarvan nie, maar vergeet dit so gou as moontlik. Én dit bedek foute. Dit hou dit toe vir oë wat dit nie gesien het en dit hou dit dig vir ore wat dit nog nie gehoor het nie! En so tree die liefde beskermend op teenoor n medemens wat gestruikel het, gefouteer het, gesondig het. Dit staan eintlik al in die boek Spreuke: liefde bedek alles wat aanstoot gee. 2 En die apostel Petrus het ook geskryf: die liefde bedek baie sondes. 3 Die liefde glo alles. Nie in die sin dat liefde liggelowig en naïef is nie. Liefde is juis ontsettend realisties. Maar waar daar twyfel is of iemand iets verkeerd gedoen het en of iemand kwade bedoelings gehad het met sekere optredes, dáár glo die liefde die beste van die ander een. Die liefde gee n ander die voordeel van die twyfel. Die liefde (skryf Calvyn in sy kommentaar op hierdie vers) sondig eerder deur te goedgelowig as te suspisieus te wees! En die liefde hoop alles. 2 Spr 10:12 3 1 Pet 4:8

6 Dit sluit by glo alles aan. Al is die liefde al hoeveel keer teleurgestel deur n medemens, dit gee nooit moed op nie. Die liefde is nie oppervlakkig optimisties nie. Dit hou wel deeglik daarmee rekening dat n medemens weer verkeerd kan doen, weer in verkeerde gedragspatrone kan terugval, weer teen jou kan oortree en met kwade bedoelings kan optree. Maar tog skryf liefde n ander nooit af nie. Die liefde weier om mislukking as die finale woord te aanvaar. Hierdie liefde wat alles hoop, sien n mens by die pa in die gelykenis van die verlore seun, wat bly uitkyk het of die verlorene nie dalk sou terugkom nie. 4 Die liefde bly verwag dat God se genade uiteindelik in hierdie ander mens sal wen. En die liefde verdra alles. Die woord wat hier met verdra vertaal is, is eintlik n positiewe woord, n woord wat sê: - die liefde druk deur; - die liefde volhard in die band met hierdie ander een; - die liefde laat hom nie onderkry nie; - dis soos n langafstandatleet wat net nie ophou nie, wat rondte na rondte na rondte vasbyt en aanhou. Bedek alles, glo alles, hoop alles, verdra alles. Let op die woordjie alles. In die Grieks staan dit elke keer eerste en kry so eintlik die klem: - álles word deur die liefde bedek en geglo en gehoop en verdra álles! Om een of twee keer iets te bedek, om net aan die begin die beste te glo, om net wanneer iemand nie te erg gefouteer het nie, die beste te hoop, om af en toe iets te verdra dís nog nie liefde nie! 4 Luk 15:20

7 Die liefde word juis gekenmerk deur die alles: dat dit álles bedek en glo en hoop en verdra Nie liggeraak nie, maar onverstoorbaar, vergeetagtig as dit by ander se foute kom, bly oor die waarheid, onvermoeid as dit die slegte kan toemaak en kan verdra, onblusbaar as dit die goeie kan glo en kan hoop só doen liefde. Onthou tog, as u nou skoon moedeloos gepraat is oor hierdie liefde wat hopeloos buite ons bereik is, dat die Here Jesus al ons liefdeloosheid op Hom geneem het en die straf wat dit by God verdien het, klaar vir ons gedra het, sodat ons elkeen wat in Hom glo, nooit daarvoor gestraf sal word nie. En onthou dat die Heilige Gees, wat die Here Jesus na Sy kruisiging uit die dood laat opstaan het, met daardie geweldige krag ook in elke kind van God se binneste werk, sodat die onmoontlike hierdie liefde tog vir ons moontlik begin word, al kry ons dan eers nog net n bietjie daarvan reg en dit ook nog maar met baie stampe en stote. En onthou dat die Here Jesus vir ons gewys het dat hierdie liefde tog moontlik is in hierdie stukkende lewe; want toe Hy hier op aarde was, het Hy dit volmaak so gedoen. Het u dit raakgesien? Hoe verder ons hierdie beskrywing van die liefde hier in 1 Kor 13:4-7 deurgewerk het, hoe meer het ons die Here Jesus gesien: - Sy liefdevolle geduld onder die uiterste onreg en uittarting; - die vriendelikheid en sagtheid wat Hy teenoor mense uitgestraal het, selfs teenoor sondaars, uitgestotenes, verlorenes; - Sy ongelooflike nederigheid; - Sy fynheid van aanvoeling en optrede teenoor elke mens met wie Hy te doen gehad het; - Sy totale onselfsugtigheid; - hoe Hy sonder vloeke en dreigemente en geweld onwrikbaar aan die waarheid se kant was; - hoeveel sondes Hy met Sy bloed bedek het; - hoe Hy nooit opgegee het met iemand soos Petrus nie wat op n stadium vir Hom n struikelblok op Sy pad na die kruis toe was, wat Hom skandelik verloën het maar wat Hy uiteindelik n voorste apostel gemaak!

8 - hoeveel Sy liefde van hoeveel mense verdra het sonder om moeg te word 1 Korintiërs 13:4-7 besing die eienskappe van die liefde wat God se kinders moet hê, maar eintlik is dit ook n lied oor Jesus Christus, wat presies só was, wat só gedoen het volmaak Kom ons gaan doen dan ook so. Ons ís mos volgeling van die Here Jesus, nie waar nie? Kan u u indink hoe die lewe sal wees waar mense só teenoor mekaar optree: positief; sag; beskeie; die negatiewe dinge vergeet en toegemaak; vertroue in mekaar se goeie bedoelings? Dit sal n fees van n lewe wees, n voorsmakie van die groot en ewige feestelikheid in die hiernamaals! AMEN