MATTEUS 7:12. Votum en seën. Psalm 34 : 2, 4. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 4 : 3.

Vergelijkbare documenten
NAGMAAL. SKRIFLESING: 1 Petrus 2: TEKS: 1 Petrus 2:24a. Jesus Christus het ons sondes gedra. Psalm 89 : 1. Psalm 40 : 3

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5

NAGMAAL. SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a. Die kruis is die trots van die Here se kerk.

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

1 JOHANNES 4:20 HK 34:93

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE:

PSALM 40:9. Votum en seën. Psalm 89 : 3. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Deuteronomium 5:6-21 (AV 1933/53) Psalm 50 : 6, 7.

God se liefde vat ons vrees vir Sy oordeel weg

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3.

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was

1 KORINTIËRS 13:12. Ook: Sb 18-8 (30) : 4, 5

TEKS: Matteus 5:3 (AV 1933/53) HK 5

Dit wat óns wil hoe óns wil leef en wil praat en selfs wil dink (dit weet ons almal) is baie kere baie anders as wat Gód van ons wil hê.

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek.

God het belowe om ons gehoorsaam te maak, net soos ons vra

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

Die Groot Gebod dennis de wet

Jy kan eintlik waar in die Bybel ook al kyk na wat geskryf is oor hoe ons as Christene moet lewe, en jy kom by liefhê uit.

Deur Sy wet gee God ons broodnodige kennis van sonde

PSALM 90:2 NGB 1. Votum en seën. Psalm 90 : 1. Gebed. Skriflesing: Psalm 90 (AV 1933/53) Belydenis: NGB 1. Teks: Psalm 90:2 (AV 1933/53)

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5)

SKRIFLESING: Titus 1. TEKS: Titus 1:15. Die Here wil ons op die hoofspoor hê. Psalm 134 : 1, 2. Psalm 119 : 4. Psalm 18 : 12. Skrifberyming 78 (13-3)

INHOUDSOPGAWE. Voorwoord Doen God al die skuifwerk hier op aarde? God se genade bepaal sy planne God se meesterplan...

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus

Wie in die Here glo, vertrou Hom met die bestemming.

1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80

Die Here laat ons maai wat ons gesaai het

GALASIËRS 5:22 (getrouheid)

Wat beteken "Christus is die einde van die wet" (Romeine 10:4)?

Die Here gee vir mense, wat oor Hom bly is, dit wat hulle harte begeer.

Welkom by Die Storie God se storie

JOHANNES 8:32. Votum en seën. Psalm 92 : 1, 2. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 91 : 7. Gebed.

PSALM 115:1 HK Sondag 52:

God red elkeen wat werklik in Jesus Christus glo.

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3

0:03: 01:5 Vertel mekaar watter labels mense al op jou gesit het. Wat het mense jou al genoem... goeie goed en slegte goed, dit is alles labels...

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

NIe net hier in 1 Korintiers 13 nie, maar in die hele 1 Korintiërs lees ons van al hierdie dinge wat die gemeente van Korinte gedoen het.

OPENBARING 5:5 HK Sondag 48

RESPECT 4 U. L e s 1. Jou vermoëns en sommige van jou verwagtinge en drome indentifiseer

U het rég gehoor: dat u die HÉre daar gaan dien; want dis wat die Heilige Gees ons hier laat hoor, dat ook ons alledaagse werk godsdiens is.

Vir die Here is die hoofsaak dat ons sal glo en gehoorsaam.

Pragtige Koningin Ester

1 KORINTIËRS 10:31. Ook: Pss 8, 19 Ps 96 : 3, 4 Sb 2-5 (35) : 3

Die Here laat n berouvolle sondaar in vrede gaan.

Ons Pinkster gaan oor hoe om vir Jesus te volg. Vanoggend het ons begin deur te sien dat daar n paar voorwaardes is as jy Jesus wil volg:

Jesaja sien die Toekoms

Die Here gee vrede en geregtigheid waar mense Hom gehoorsaam

Preek Romeine 1:16-17

Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel. Christiaan Coetzee

Skriflesing: Esegiël 47 Tema: God se nuwe lewe vloei deur ons na mekaar en na die res van die wêreld.

n Kind, Jesus, word gebore en word groot (2)

Jesus kom op n onbekende tyd weer bly dan gereed vir Hom!

Jesus Christus se opstanding maak ons lewens sinvol

TEKS: Handelinge 2:39 HK 27:74. Die Here se belofte geld ook vir die kinders van gelowiges

MATTEUS 5:39. Votum en seën. Psalm 149 : 1, 2. Geloofsbelydenis: Nicea. Wet: Exodus 20:1-17 (AV 1933/53) Psalm 62 : 7 (by 8e gebod) Gebed

SKRIFLESING: Lukas 16:1-13. TEKS: Lukas 16:11 HK 42. Geld en goed vir God. Psalm 95 : 1, 3. Psalm 119 : 7. Skrifberyming 44 (15-8) : 2

SKRIFLESING: Matteus 11: TEKS: Matteus 11:28. Christus gee gekwelde mense rus. Psalm 145 : 1, 2. Skrifberyming 12-3 : 1, 2 (na geloofsbelydenis)

Ons hoor hulle het in die land Kanaän gaan woon. (kaart) Kanaän Egipte.

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13

Is jy seker dis nie n voorry nie. Ek wonder of die kinders weet wat n voorry doen.

4. Ek voel alleen Johannes 10:11-16, 26-30

WAT IS DIE VOLGORDE VAN DIE VERLOSSINGSERVARING?

Christene moet ook met hulle gedrag vir die Here praat.

SKRIFLESING: Johannes 4:1-30. TEKS: Johannes 4:10. Die Here les mense se diepste dors. Psalm 84 : 2, 3. Psalm 139 : 1, 3. Skrifberyming 6 (5-1) : 5

KOLOSSENSE 3:17 HK Sondag 36

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene

Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek

JESAJA 53:9 HK Sondag 16:40-43

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22

SKRIFLESING: Markus 10: TEKS: Markus 10:21a. Die Here ontmasker die binneste. Psalm 48 : 1, 2. Psalm 139 : 12. Psalm 119 : 7

Die Kerk se Geboorte

SKRIFLESING: Jesaja 55. TEKS: Jesaja 55: Die Here se Woord werk. Skrifberyming 34 (2-2) : 1. Psalm 19 : 4. Psalm 33 : 5.

Twyfel Vergewe mekaar Vergifnis van God Vertroue Volharding Voorkoms Vrede Vrees Vriendskap...

Goeie Konings, Slegte Konings

TEKS: Efesiërs 6:18 HK 45

SKRIFLESING: Openbaring 19:1-10. TEKS: Openbaring 19:7b. Vir die groot bruilof moet ons gereed maak. Skrifberyming 23b (18-6) : 1, 2.

Galasiërs 6:11. Kyk met watter groot letters ek met my eie hand aan julle skrywe! (Galasiërs 6:11)

Jesus se eerste preek op die berg. Hy gee ons onuitspreeklike blydskap.

SKRIFLESING: Lukas 6: TEKS: Lukas 6:37 HK 43. God se mense het ook met hulle woorde lief. Psalm 34 : 1, 2. Psalm 34 : 6.

23. Reëls vir die pad die padgebruikers

'n Man gestuur deur God

Lewensoriëntering Vraestel 12 Graad 6 Totaal: 35

Preek 2 Timoteus 3:16-17

ESEGIËL 17:19 HK 37. Votum en seën. Psalm 89 : 1. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Deuteronomium 5:6-21. Psalm 24 : 2. Gebed.

Die Here sal jou soos n kroon in sy hand hou, n koning se kroon in die hand van jou God.

Ontdek God Saam. (v 1.0) n Riglyn om nuwe groepe te lei

1 TESSALONISENSE 5:25

STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart?

Transcriptie:

MATTEUS 7:12 Votum en seën Psalm 34 : 2, 4 Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 4 : 3 Gebed Skrifberyming 53 (14-3) : 4 Skriflesing: Matteus 7:7-23 (AV 1983/91) Teks: Matteus 7:12 Preek: Christus se volgelinge behandel mense met begrip Gebed Kollekte Psalm 45 : 9, 10 Seën Skrifberyming 78 (13-3)

2 Goeie verhoudings met medemense is belangrik. Dis deel van die mooi van hierdie lewe om as man en vrou, ouers en kinders, vriende en medegelowiges, goeie verhoudings te geniet. Terwyl min dinge ons lewe so kan omkrap soos slegte verhoudings met ander. Goeie verhoudings met ander is ook uit n godsdienstige oogpunt belangrik. Om in vrede en liefde en regverdigheid met ander mense te lewe, is n belangrike deel van ons lewens as kinders van God, as volgelinge van Jesus Christus, as burgers van die koninkryk van die hemel. Dis nie die heel belangrikste nie. Ons moenie naasteliefde die een en al van ons godsdiens maak nie; - dan vervlak jy jou godsdiens; - dan word jy eintlik maar net n humanis iemand in wie se denke mense die middelpunt is. Die belangrikste in ons godsdiens is die eer van God. En ons belangrikste verhouding is ons verhouding met God. Maar naasteliefde goeie verhoudings met ander mense is ook belangrik. Iemand wat God liefhet, wat deur Sy genade gered is van sonde en straf en dood, is n nuwe mens n mens wat uit dankbare liefde vir God ook met medemense wil lewe soos die Here dit wil, byvoorbeeld soos wat die Here Jesus ons in die bergrede leer in hierdie grondwet van Sy koninkryk. Een van die maniere waarop die Here Jesus dit wat Hy van ons verwag in ons verhouding met ander mense, sê, is hierdie sin in ons teksvers: - Alles wat julle wil hê dat die mense aan julle moet doen, moet julle ook aan hulle doen. Wat daarop neerkom dat ons mense met begrip moet behandel.

3 Dis wat vanoggend vir u gepreek word: Christus se volgelinge behandel mense met begrip. Kom ons kyk na hierdie opdrag van die Here Jesus, en dan na die feit dat dit nog altyd God se wil was. 1. DIE OPDRAG In hierdie opdrag (Alles wat julle wil hê dat die mense aan julle moet doen, moet julle ook aan hulle doen) vat die Here Jesus alles wat God van ons verwag in ons verhoudings met ander mense, saam. Hy gee hiermee as t ware vir ons n kompas, wat in elke situasie tussen my en ander mense, die koers gaan wys, gaan bepaal hoe ek gaan optree. Hierdie opdrag van Jesus beteken dat ek in die praktyk van die lewe in elke situasie waarin ek met n ander mens te doen het, dadelik moet gaan dink: - as die rolle omgeruil was, hoe sou ek wou hê dat hierdie ander mens teenoor my moes optree, en dan moet ek so teenoor hierdie ander mens optree; - as ek as ouer met my kind besig is, moet ek probeer dink hoe ek as kind van n liefdevolle en regverdige ouer in hierdie situasie sou wou hê dat so n ouer teenoor my moet optree, en dan moet ek so doen; - as my huweliksmaat voor my staan, moet ek my probeer indink watter woorde en optrede in hierdie situasie my bly sou gemaak het as ek die ander een was, en dít dan sê en doen; - daar by jou werk as jy die baas is, gaan dink jou in wat jy, toe jy nog n junior was, van jou baas verwag het, en gaan wees só n baas teenoor die juniors; en as jy die junior is, gaan dink jou n bietjie in wat jy eendag as jy die baas gaan wees van juniors by die werk gaan verwag, en gaan wees dan só n junior vir jou baas; - as ek met n siek mens te doen het, moet ek gaan dink hoe ek as ék die sieke was sou wou hê dat ander mense met my en vir my doen, en dan moet ek so gaan doen teenoor die sieke voor my;

4 - as ek voor iemand staan wat my n onreg aangedoen het, moet ek my probeer indink hoe ek sou wou hê dat iemand wat deur my verontreg is, teenoor my moet optree, en dan moet ek so doen teenoor hierdie een. En u kan self die voorbeelde met duisende meer maak. Hierdie is eintlik n baie maklike riglyn om te gebruik. Hoekom? Omdat elkeen van ons natuurlik, soort van outomaties, verwag dat ander mense ons vriendelik en met begrip en met regverdigheid en met liefde en met geduld sal hanteer. Ons verwag dit so vanselfsprekend dat ons eintlik teleurgesteld en kwaad is as mense nié so teenoor ons optree nie. Jy hoef nie dik boeke te gaan lees, of honderde voorskrifte te onthou nie. Jy moet maar net n oomblik vat en dink wat jy sou wou hê as jy die ander een was. Dis eintlik so eenvoudig maklik Wat die mense in Jesus se tyd van hierdie uitspraak sou getref het, was die feit dat Hy dit positief stel. Die negatiewe vorm van hierdie reël was bekend gewees. Een van die Jode se bekende rabbi s het gesê dat n mens dit wat jý haat, nie aan ander moet doen nie. Maar nou kom Jesus en Hy wys ons met Sý uitspraak dat liefde nie net beteken dat ek dit wat ek self haat, nie aan ander moet doen nie, maar dat dit ook beteken dat ek positief goed moet doen aan ander die goed wat ek verwag dat hulle aan my moet doen. Let ook op dat die Here Jesus hierdie riglyn van jou-indink-in-die-ander-se-skoene, nie vir ons gee as iets wat ons, as n besondere liefdesgebaar, af en toe moet doen nie. Nee! - Die eerste woord van hierdie riglyn is Alles Alles wat julle wil hê dat die mense aan julle moet doen, moet julle ook aan hulle doen.

5 - Is daar enige stukkie van enige verhouding met n ander mens waarin ú nie van die ander een vriendelikheid en begrip en regverdigheid en liefde en geduld verwag nie? - As óns dit dan áltyd verwag dis wat die woord Alles hier beteken moet ons dit áltyd gee! Die tydsvorm van die opdrag wat Jesus hier gee, bevestig dit. Hierdie vorm beteken: - Alles wat julle wil hê dat die mense aan julle moet doen, moet julle gedurig, aanhoudend, ook aan hulle doen. - Om met hierdie begrip wat jy vir jouself sou verwag het, teenoor die ander een op te tree, is nie iets wat jy af en toe moet gaan doen nie. - Vir iemand wat Jesus Christus volg, is dit die manier waarop jy altyd teenoor almal optree! Christus se volgelinge behandel ander soos hulle self behandel sou wou word. Maar eintlik leer die Here Jesus hier nie iets nuuts nie, want 2. DIT WAS NOG ALTYD GOD SE WIL Die Heilige Gees het Matteus die evangelie laat opskryf met Joodse lesers in gedagte, mense wat die Ou Testament goed geken het. Daarom het Hy Matteus laat onthou dat die Here by hierdie opdrag laat byvoeg het: Dit is tog waarop dit neerkom in die wet en die profete. Die wet (wat na die eerste vyf boeke van die Ou Testament verwys) en die profete, (wat een van die maniere was waarop destyds na die res van die Ou Testament verwys is), het báie voorskrifte oor allerhande soorte mense-verhoudings. Net in Deuteronomium (byvoorbeeld) is daar beginsels en voorskrifte vir optrede teenoor slawe, armes, krygsgevangenes, weduwees en weeskinders, siekes. Daar s voorskrifte vir die verhoudings tussens mans en vroue. En in die res van die Ou Testamente is daar net so baie sulke voorskrifte:

6 - die boek Spreuke is vol riglyne vir allerhande soorte intermenslike verhoudings; - die hele boek Hooglied gaan oor man en vrou; - en die profete huiwer nie om ook sondes wat mense op alle vlakke in hulle verhoudings teenoor mekaar doen, by die naam te noem nie. 1 Die wet en die profete wemel van Goddelike ligstrale op die verhoudings tussen mense. En anders as wat baie mense dink is die Ou Testament nie n boek van wreedheid en wraak en haat nie. Mense dink dat die Ou Testament net een reël het: n oog vir n oog en n tand vir n tand. 2 Maar niks is verder van die waarheid af nie: - in die Ou Testamentiese tye het God mense ook geleer om met eerlikheid en regverdigheid en begrip en fyn aanvoeling en liefde teenoor mekaar op te tree; - die Here Jesus sê hier dat die reël wat Hy hier gee, alles wat die Ou Testament oor hierdie saak leer, saamvat. Hy stel dit eintlik baie skerp. Hy sê dat om aan ander te doen soos wat jy aan jouself gedoen wil hê, die wet en die profete ís! Die kern, die hart van dit wat God in die Ou Testament oor menseverhoudings voorskryf, is dit wat Jesus hier in een kort riglyn saamvat: - Alles wat julle wil hê dat die mense aan julle moet doen, moet julle ook aan hulle doen. Dit was nog altyd God se wil dat Sy volk, Sy kinders, die burgers van die koninkryk van die hemel, die volgelinge van Jesus Christus, in alle situasies só teenoor medemense optree. TEN SLOTTE Verstaan dit goed: - ons praat nie vandag oor so n humanistiese reseppie vir hoe ons die mens van ons tyd in sy soeke na maksimum-geluk so n bietjie kan aanhelp nie. 1 Vgl bv Jes 5; Amos 5; Miga, 3, 7 ens. 2 Lev 24:20

7 Ons praat van mense vir wie se liefdeloosheid en hatigheid en selfsug die Here Jesus Christus die volle straf van God met helse lyding gedra het. En ons praat van mense wie se binneste deur die Heilige Gees radikaal nuutgemaak is só dat hierdie aangrypende offer wat hulle Here vir hulle gebring het, hulle laat verstaan het wat liefde regtig is en watter radikale nuwe manier van lewe jy as n volgeling van Jesus nou moet aanleer. Met súlke mense praat die Here hier. Vir húlle is dit nou nie meer hoe baie of hoe min jy van n ander mens hou wat bepaal hoe jy teenoor hom/haar gaan optree nie, of in watter bui jy vandag is nie, of hoeveel jy dink dat jy hierdie een skuld nie, of hoeveel jy reken hierdie een vorentoe weer vir jóú kan beteken nie. Nee! Húlle gaan praat en gee en doen soos wat hulle vir hulleself in ander se skoene sou verwag het. Kom ons gaan wees dan sulke mense: - aangegryp deur wat Jesus vir ons gedoen het; - nuut in denke en optrede; - mense wat nie net sê Here, Here nie, maar wat die wil van ons Vader in die hemel dóén. 3 Dit sal Hóm eer. Dit sal wys dat ons regtig volgelinge van die Here Jesus is. En dit sal so baie van die sleg, wat daar as gevolg van wanverhoudings met ander mense in ons lewens is, laat verander in dit wat mooi is mooier as wat ons ooit gedink het moontlik is AMEN 3 Mat 7:21