Preek oor: Die spreek in tale

Maat: px
Weergave met pagina beginnen:

Download "Preek oor: Die spreek in tale"

Transcriptie

1 1 Preek oor: Die spreek in tale (Preek gelewer tydens erediens in Welkom-Noord op Sondag 19 Junie 2016) Voor die erediens Sing: Skrifberyming 9-4:1,2,3 Sing: Lied 530:1,2,3 Afkondigings Stilte Tydens die erediens: Votum Groetseën Loflied: Psalm 33-1:2,5,6 Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels Die Wet van die Here: Matteus 22:37-40 Sing: Skrifberyming 9-3:1,2 Gebed Sing: Lied 255:1,3 Skriflesing: 1 Korintiërs 14:1-25 Fokus: 1 Korintiërs 14:12 Preek: Tema: Streef eerder na dit wat nuttig vir die gemeente is as na die spreek in tale. Gebed Diens van barmhartigheid Sing: Lied 528:1,2,3 Wegstuurseën Amen: Skrifberyming 13-3 Preek: Geliefdes in ons Here Jesus Christus, Inleiding Hoe belangrik is dit om in tale te praat? Ek gaan probeer om hierdie vraag vanuit 1 Korintiërs 14 te beantwoord. In die proses gaan ons kyk na die waarde van die spreek in tale en watter nut dit in die gemeente het.

2 Die spreek in tale is nie die belangrikste gawe in die gemeente nie 2 Paulus vergelyk in 1 Korintiërs 14 die spreek in tale met profesie. Hy wys dan op die volgende verskille tussen die spreek in tale en profesie: Iemand wat in tale spreek, praat nie met mense nie, maar met God. Hierteenoor praat iemand wat profeteer, met mense. (Sien 1 Korintiërs 14:2-3.) Iemand wat in tale spreek, stig homself. Hierteenoor bou iemand wat profeteer, die gemeente op. (Sien 1 Korintiërs 14:4.) Die een wat profeteer, is van groter betekenis as die een wat in tale spreek. Die rede is natuurlik dat die een wat profeteer, die gemeente opbou. Die een wat in tale spreek, kan ook hierdie waarde hê, indien hy sy tale ook uitlê, sodat die gemeente daardeur opgebou kan word. (Sien 1 Korintiërs 14:5.) Geliefdes, ek hoop dat dit hieruit vir julle duidelik is dat die spreek in tale nie die belangrikste gawe in die gemeente is nie. Tewens, dit is nie juis van veel nut vir die gemeente nie (1 Korintiërs 14:6). Dit is soos musiekinstrumente wat nie n melodie speel nie (1 Korintiërs 14:7). Musiekinstrumente wat nie n melodie speel nie, is niks anders as n geraas nie. Hierdie saak is mooi berym in Skrifberyming 9-4:1 wat ons vanoggend voor die erediens gesing het: Al sou k die skoonste taal kon spreek, in eng le lofstem uit kon breek, en k had die liefde nie daarby, dan was nogtans my stem en taal net maar n klinkende simbaal wat harteloos sy klank verbrei. So ook in Lied 530:1 wat ons ook vanoggend voor die erediens gesing het: Praat ek mense- eng le tale, maar dis nie uit liefde nie, is my woorde hol simbole klanke sonder melodie. Die spreek in tale wat nie uitgelê word nie, is soos n beuel wat n onduidelike sein gee (1 Korintiërs 14:8). Dit is onverstaanbaar en n gepraat in die wind (1 Korintiërs 14:9-11). Die belangrikste is om te doen wat nuttig vir die gemeente is Verlede Sondag het ek vanuit 1 Korintiërs 12:7 onder andere daarop gefokus dat die Heilige Gees aan elkeen van julle gawes gegee het, sodat almal van julle vir die gemeente tot nut kan wees. Vanoggend se fokusvers (1 Korintiërs 14:12) sluit hierby aan. Daar staan in die woorde van die 1983/92-Vertaling: Dit is ook op julle van toepassing. As julle julle toelê op die gawes van die Gees, streef dan na dié wat tot opbou van die gemeente dien, sodat julle daarin kan uitmunt. Kom ons kyk eers na die woorde: As julle julle toelê op die gawes van die Gees,... In 1 Korintiërs 12:1 staan daar: Lê julle toe op die gawes van die Gees,... Dit is dus n opdrag. Die 1933/53-Vertaling sê:... en beywer julle met die oog op die geestelike

3 3 gawes,... Dit is wel so dat dit die Heilige Gees is wat aan elkeen van ons gawes gee. Tog moet jy jou daarvoor beywer. Al kan jy dit nie verdien nie of die Heilige Gees dwing om dit vir jou te gee nie, moet jy jou beywer om dit wat Hy wel vir jou gegee het, aan te gryp en voluit te gebruik. Jy mag dit nie onder n maatemmer wegsteek nie. Jy mag dit nie verwaarloos nie (1 Timoteus 4:14). Jy moet dit soos n vuur aanblaas (2 Timoteus 1:6). Ek het verlede week die vraag gevra: Hoe ontdek n mens jou talente? Ek het toe geantwoord: Deur blootstelling. Deur dinge te doen. Solank as wat jy na binne gerig in jou gemaksone bly, gaan jy nooit ontdek watter gawes die Heilige Gees aan jou gegee het nie, én jy gaan hulle nooit ontwikkel nie. Dan doen jy nie wat God hier in 1 Korintiërs sê jy moet doen nie! Die punt van ons fokusvers (1 Korintiërs 14:12) en derhalwe ook hierdie preek is dat jy, wanneer jy jou beywer om die gawes wat die Heilige Gees vir jou gegee het, aan te gryp en voluit te gebruik, moet streef na dit wat tot nut van die gemeente is. Om te streef na dit wat tot nut van die gemeente is, is belangriker as om te streef na die spreek in tale. Die spreek in tale het juis hierdie tekortkoming, naamlik dat dit nie tot nut vir die gemeente is nie. Die groot vraag is: Dit wat jy in die gemeente doen, doen jy dit uit eersug om erkenning te kry, of doen jy dit om die gemeente op te bou? Die probleem in Korinthe was blykbaar dat baie van hulle probeer het om uit eersug erkenning te kry. Daarom was die spreek in tale vir hulle een van die belangrikste gawes, want dit was vir hulle n teken van iemand wat vol is van die Heilige Gees. Die liefde soek nie sy eie belang nie (1 Korintiërs 13:5). Jy moet eers liefde in jou hê, voordat jy sal ophou om uit eersug erkenning te soek. Jy moet eers liefde in jou hê, voordat jy sal streef na dit wat vir die gemeente tot nut is. Dit is daarom dat Paulus 1 Korintiërs 14 begin met die woorde: Julle moet die liefde nastreef. In die 1933/53- Vertaling staan daar: Jaag die liefde na. Soos n roofdier sy prooi met beslistheid agtervolg en aanhou agtervolg totdat hy dit ingehaal het, so moet jy die liefde najaag en nooit ophou nie. Die liefde alleen maak jou nuttig vir die gemeente. Vanoggend se fokusvers (1 Korintiërs 14:12) plaas ons voor dieselfde vraag as verlede Sondag: Wat beteken jy vir die gemeente? Watter nut het jy vir die gemeente? Of is jy n parasiet wat net wil ontvang en niks gee nie? Ek herhaal wat ek verlede Sondag gesê het: n Parasiet gee nie om of hy die liggaam doodmaak nie. Hy suig sy gasheer dood en gaan soek dan n volgende liggaam. Dit is wat soms in die kerk ook gebeur. Kom ons raak prakties. Wat is die dinge wat nuttig vir ons gemeente is? Kom ek noem n klompie dinge. Lidmate wat getrou is, is baie nuttig vir ons gemeente. Om getrou elke Sondag na die erediens toe te kom, is nuttig vir ons gemeente. Net jou hier wees is tot voordeel van die gemeente. Daarteenoor is lidmate wat sommer net wegbly, is nie van baie nut vir ons gemeente nie. Lidmate wat met warm harte vol liefde en vriendelikheid na die erediens toe kom, is baie nuttig vir ons gemeente. Ons is immers n gemeenskap van gelowiges. Lidmate wat in hulle harte deelneem aan die erediens en hartlik saamsing, is

4 4 nuttig vir ons gemeente. Kom ek herhaal die behoeftes van ons gemeente wat ek verlede Sondag genoem het. Ons het lidmate nodig wat kan help om lidmate wat nie vervoer het nie, na en van eredienste en ander aktiwiteite te vervoer. Hoe meer lidmate hiermee kan help, hoe meer kan meer kan ons dit regkry dat die wat hiermee help, dit nie elke Sondag hoef te doen nie, maar dat lidmate mekaar aflos. Ons het lidmate nodig wat besoekers en nuwe lidmate laat tuis voel by ons eredienste en in ons gemeente. Ons het lidmate nodig wat leiding kan neem met die sang tydens ons eredienste. Ons het lidmate nodig wat kan help om katkisasie te gee. Ons het lidmate nodig wat vir mekaar omgee en met mekaar meeleef. Om dit te bevorder, stuur ons, wanneer iemand siekte of beproewing beleef, sms e na almal in die persoon se wyk. Ons het lidmate nodig wat dan aan daardie persoon n sms van bemoediging stuur of daardie persoon bel of besoek. Ons het lidmate nodig wat betrokke kan raak by n diensgroep wat lidmate in die hospitaal gaan besoek. Ons het lidmate nodig wat diegene wat huisgebonde is, gaan besoek. Hierdie is maar net enkele van ons gemeentes se behoeftes. Julle sou sekerlik ook n klompie sake kon noem. Gaan dink wat jy kan doen om nuttig vir ons gemeente te wees. Lê jou daarop toe! Die spreek in tale is nie onbelangrik nie Wanneer ek sê dat jy eerder moet streef na dit wat nuttig vir die gemeente is as na die spreek in tale, probeer ek nie daarmee die gawe van spreek in tale afskiet of sê dat dit van geen betekenis is nie. Allermins. Paulus verwerp nie die spreek in tale nie. Hy plaas dit net in die regte perspektief. Die spreek in tale het ook n plek en dit is waarna ons nou gaan kyk. Die spreek in tale het n plek in gelowiges se gebedslewe. Toe ek vir julle gesê het watter verskille Paulus in 1 Korintiërs 14 tussen die spreek in tale en profesie aantoon, het ek gesê dat iemand wat in tale spreek, nie met mense praat nie, maar met God (1 Korintiërs 14:2). Die spreek in tale is n manier om met God te kommunikeer. Dit is n manier van met God praat, wat nie op die vlak van die verstand lê nie, maar die gees of die emosie (1 Korintiërs 14:14). Beide (die gees of emosie en die verstand) is belangrik, wanneer jy bid en wanneer jy sing (1 Korintiërs 14:15). Maar dan gaan dit veral oor jou binnekamer gebed, want in die openbare gebed moet die ander kan amen sê en hulle sal net kan amen sê, as hulle verstaan (1 Korintiërs 15:16). Die spreek in tale het waarde vir die gelowige se gebedslewe, want dit stig die gelowige (1 Korintiërs 14:4). Op n manier wat nie op die vlak van die verstand lê nie (1 Korintiërs 14:14), het dit te doen met die gelowige se persoonlike verhouding met God. Daar is ook n plek vir om met my gees en nie net met my verstand nie tot God te bid. Elkeen van julle het moontlik al in julle gebedslewe en persoonlike verhouding met God dinge ervaar wat nie op die vlak van die verstand lê nie. Maar dan is dit vir jou eie stigting en nie tot nut vir die gemeente nie. Dit is belangrik dat elkeen van ons n lewende persoonlike verhouding met God moet hê en dat hierdie verhouding dieper en dieper moet word. Al wat jy moet doen, is om te groei in jou lewende persoonlik verhouding met God en die res aan God oor te laat. Hy gee

5 5 soos Hy nodig ag en nie nodig ag nie. En vir sommige mag Hy dan die gawe van spreek in tale gee. Dit beteken nie noodwendig dat die gelowige wat nie in tale kan praat nie, nou n minderwaardige verhouding met God het of nog nie diep genoeg in sy verhouding met God gegroei het nie. Wat hierdie saak betref, moet ons oppas vir kategoriese uitsprake dat dit nie só kan wees nie of dat dit spesifiek só moet wees. Ons kan God en sy werk deur die Heilige Gees nie inbind of inperk nie. Behalwe vir die plek wat die spreek in tale in gelowiges se gebedslewe kan hê, kan dit ook dien as n teken vir die ongelowiges (1 Korintiërs 14:22). Om hierdie vers reg te verstaan, moet dit saamgelees word met die vorige vers (1 Korintiërs 14:21) wat n aanhaling uit Jesaja 28:11-12 is. In Jesaja 28:11-12 gaan dit daaroor dat die Israeliete nie na Jesaja wou luister nie. God het toe besluit om in n vreemde taal met hulle te praat. Maar hulle wou nie luister nie. Paulus se argument is dat vreemde tale n allerlaaste uitweg is om iemand so ver te kry om te luister. Vreemde tale is n teken van God se oordeel, nadat rasionele oorreding nie wou werk nie. Vir die heidene wat gewoond was aan dinge soos geestesvervoering en geesdrywery was dit n teken van God se grootheid en almag. Hoe dit ookal sy, die spreek in tale kan daartoe lei dat n ongelowige dink die gemeente is kranksinnig (1 Korintiërs 14:23). Profesie eerder as die spreek in tale lei uiteindelik daartoe dat n ongelowige tot die oortuiging kom: Waarlik God is hier teenwoordig. (1 Korintiërs 14:24-25). Slot Ek vat saam. Daar is mense wat dink dat sogenaamde buitengewone gawes soos die spreek in tale die bewys is dat jy met die Heilige Gees gedoop of vervul is. Nee, as jy n gelowige is, hét jy die Heilige Gees ontvang! Die bewys dat jy die Heilige Gees ontvang het, is die feit dat jy bely dat Jesus die Here is (1 Korintiërs 12:3). Die Heilige Gees wat in julle is, het aan elkeen van julle gawes gegee. Jy moet jou daarvoor beywer om hierdie gawes te gebruik. En jy moet dit gebruik tot nut van die gemeente. Dít is waarvoor jy moet werk! Jy kan dit slegs doen, as jy die liefde najaag. Slegs die liefde maak jou tot nut vir die gemeente. Amen.

Preek Romeine 6:3-4. (Preek tydens erediens in Gereformeerde Kerk Welkom-Noord op Sondag 25 Junie 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff

Preek Romeine 6:3-4. (Preek tydens erediens in Gereformeerde Kerk Welkom-Noord op Sondag 25 Junie 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff 1 Preek Romeine 6:3-4 (Preek tydens erediens in Gereformeerde Kerk Welkom-Noord op Sondag 25 Junie 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff Voor die erediens Sing: Skrifberyming 8-3 Sing: Lied 510:1,2,3,4

Nadere informatie

Preek Romeine 1:16-17

Preek Romeine 1:16-17 1 Preek Romeine 1:16-17 (Preek gelewer tydens erediens in Welkom-Noord op Sondag 19 Februarie2017) Prediker: Ds JL van der Schyff Voor die erediens Sing: Lied 255:1,2,3 Sing: Psalm 119-1:39 Sing: Psalm

Nadere informatie

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie. 1 Johannes 14b WH Belydenisaflegging en Nagmaal Kinders, doen julle wat mamma en pappa vra? Altyd? Partykeer eers later nè? Hoekom sal jy iets doen as jou ouers vra? Doen jy wat die Here vra? Wat is jou

Nadere informatie

Preek 1 Petrus 2:9-12

Preek 1 Petrus 2:9-12 1 Preek 1 Petrus 2:9-12 (Preek tydens erediens in Gereformeerde Kerk Welkom-Noord op Sondag 11 Junie 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff Voor die erediens: Sing: Lied 308:1,2,3,5 Sing: Lied 309:1,2,3

Nadere informatie

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22 1 BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22 Die sekerheid dat jy 'n kind van God is, is nie die einde van die pad nie maar die begin daarvan. Nou word dit moontlik om as gelowiges te groei. Maar waarheen lei

Nadere informatie

Preek 2 Timoteus 3:16-17

Preek 2 Timoteus 3:16-17 1 Preek 2 Timoteus 3:16-17 (Preek gelewer tydens oggenddiens in Welkom-Noord op Sondag 4 September 2016) (Dit was die agste preek van n reeks oor die tema Afrigting vir die lewe) Voor die erediens Sing:

Nadere informatie

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk Doel van les: Voordat ons kan leer van ons nuwe identiteit in Christus, moet ons eers stil staan by wat Christus vir ons kom doen het. Vandag gaan ons gesels

Nadere informatie

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig INLEIDING In ons verduideliking van hoe ons Nagmaal vier, het ons gehoor dat God ons waardig maak om aan die hemelse spys en drank deel te hê. Dit beteken

Nadere informatie

Preek Efesiërs 4:26. Voor die erediens Sing: Lied 190:1,2,3 Sing: Psalm 4-1:3 Afkondigings Stilte

Preek Efesiërs 4:26. Voor die erediens Sing: Lied 190:1,2,3 Sing: Psalm 4-1:3 Afkondigings Stilte 1 Preek Efesiërs 4:26 (Preek gelewer tydens oggenddiens in Welkom-Noord op Sondag 7 Augustus 2016) (Dit was die tweede preek van n reeks oor die tema Afrigting vir die lewe en gaan oor die vraag: Hoe hanteer

Nadere informatie

Preek 2 oor gesag (vyfde gebod)

Preek 2 oor gesag (vyfde gebod) Preek 2 oor gesag (vyfde gebod) (Preek gelewer tydens gesamentlike erediens van Geref. Kerke Welkom en Welkom-Noord op Sondag 13 Augustus 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff Voor die erediens Sing: Lied

Nadere informatie

Preek Markus 9:50 (Preek gelewer tydens oggenddiens in Welkom-Noord op Sondag 24 Januarie 2016)

Preek Markus 9:50 (Preek gelewer tydens oggenddiens in Welkom-Noord op Sondag 24 Januarie 2016) 1 Preek Markus 9:50 (Preek gelewer tydens oggenddiens in Welkom-Noord op Sondag 24 Januarie 2016) Voor die erediens Sing: Skrifberyming 1-1:1,2 Sing: Lied 205:1,2 Sing: Lied 478:1,3 Afkondigings Stilte

Nadere informatie

NIe net hier in 1 Korintiers 13 nie, maar in die hele 1 Korintiërs lees ons van al hierdie dinge wat die gemeente van Korinte gedoen het.

NIe net hier in 1 Korintiers 13 nie, maar in die hele 1 Korintiërs lees ons van al hierdie dinge wat die gemeente van Korinte gedoen het. 1 Preek: 1 Korintiërs 13:1-13 Teksverse: 1 Korintiërs 13:7 Tema: Die Heilige Gees rus jou toe om met ware liefde te leef! Inleiding Geliefde gemeente, ons het afgelope Donderdag op n besondere manier aan

Nadere informatie

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees Doel van les: Vandag leer ons van die Vrugte van die Heilige Gees en hoe dit in ons lewens werk. INLEIDING: Sjoe, ons het nou al so baie van die Heilige Gees

Nadere informatie

Preek Genesis 1:27. (Preek gelewer tydens oggenddiens in Welkom-Noord op Sondag 6 November 2016)

Preek Genesis 1:27. (Preek gelewer tydens oggenddiens in Welkom-Noord op Sondag 6 November 2016) 1 Preek Genesis 1:27 (Preek gelewer tydens oggenddiens in Welkom-Noord op Sondag 6 November 2016) Voor die erediens Sing: Lied 447:1 Sing: Lied 456:1,3 Afkondigings Stilte Ontmoetingsdiens: Toetredelied:

Nadere informatie

1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80

1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80 1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80 Votum en seën Psalm 23 : 1, 3 Gebed Skriflesing: 1 Korintiërs 10:1-13 (AV 1983) Belydenis: HK 29:78-30:80 Teks: 1 Korintiërs 10:4 Psalm 105 : 21, 22 Preek: Die Heilige Gees

Nadere informatie

NAGMAAL. SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a. Die kruis is die trots van die Here se kerk.

NAGMAAL. SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a. Die kruis is die trots van die Here se kerk. NAGMAAL SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a TEMA: Die kruis is die trots van die Here se kerk. Psalm 149 : 1, 2 Skrifberyming 10 (5-4) : 1, 2 Psalm 103 : 6 Psalm 9 : 1, 2,

Nadere informatie

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra SKRIFLESING: Romeine 12:1-8 TEKS: Romeine 12:1-2 HK 49 TEMA: Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra Psalm 103 : 10, 11 Skrifberyming 28 (10-1) : 1, 2 Psalm 119 : 11 Skrifberyming 78 (13-3)

Nadere informatie

Preek oor: Wat doen die Heilige Gees? Die Heilige Gees laat die wedergeboorte plaasvind

Preek oor: Wat doen die Heilige Gees? Die Heilige Gees laat die wedergeboorte plaasvind 1 Preek oor: Wat doen die Heilige Gees? Die Heilige Gees laat die wedergeboorte plaasvind (Preek gelewer tydens erediens in Welkom-Noord op Sondag 29 Mei 2016) Voor die erediens Sing: Psalm 71-1:1,9,12

Nadere informatie

Preek Romeine 9:6-7. (Preek gelewer tydens erediens van Geref. Kerk Welkom op Sondag 15 Julie 2018) Prediker: Ds JL van der Schyff

Preek Romeine 9:6-7. (Preek gelewer tydens erediens van Geref. Kerk Welkom op Sondag 15 Julie 2018) Prediker: Ds JL van der Schyff 1 Preek Romeine 9:6-7 (Preek gelewer tydens erediens van Geref. Kerk Welkom op Sondag 15 Julie 2018) Prediker: Ds JL van der Schyff Voor die erediens: Afkondigings Stilte Erediens: Votum Groetseën Sing:

Nadere informatie

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk Doel van les: Voordat ons kan leer van ons nuwe identiteit in Christus, moet ons eers stil staan by wat Jesus vir ons kom doen het en dat ons die nuwe mens

Nadere informatie

Preek 1 oor gesag (vyfde gebod)

Preek 1 oor gesag (vyfde gebod) 1 Preek 1 oor gesag (vyfde gebod) (Preek gelewer tydens gesamentlike erediens van Geref. Kerke Welkom en Welkom-Noord op Sondag 6 Augustus 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff Voor die erediens Sing: Lied

Nadere informatie

Preek Romeine 11:36. (Preek gelewer tydens erediens in Welkom-Noord op Sondag 26 Maart 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff

Preek Romeine 11:36. (Preek gelewer tydens erediens in Welkom-Noord op Sondag 26 Maart 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff 1 Preek Romeine 11:36 (Preek gelewer tydens erediens in Welkom-Noord op Sondag 26 Maart 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff Voor die erediens Sing: Psalm 150-1:1,2,3 Sing: Psalm 99-1:1,2,5 Sing: Psalm

Nadere informatie

Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek

Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek SKRIFLESING: 1 Johannes 2:28 3:10 TEKS: 1 Johannes 3:8b TEMA: Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek Psalm 45 : 1, 3, 5, 6 Psalm 79: 5, 6 Skrifberyming 33 (2-4) : 1, 2 Skrifberyming

Nadere informatie

Preek Genesis 15:5. (Preek gelewer tydens erediens in Welkom-Noord op Sondag 8 Januarie 2017)

Preek Genesis 15:5. (Preek gelewer tydens erediens in Welkom-Noord op Sondag 8 Januarie 2017) 1 Preek Genesis 15:5 (Preek gelewer tydens erediens in Welkom-Noord op Sondag 8 Januarie 2017) Voor die erediens Sing: Lied 464:1,2 Sing: Psalm 67-2:1,3 Afkondigings Stilte Tydens die erediens: Votum Groetseën

Nadere informatie

n Tempel Leier besoek Jesus

n Tempel Leier besoek Jesus Bybel vir Kinders bied aan n Tempel Leier besoek Jesus Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Byron Unger; Lazarus Aangepas deur: M. Maillot; Sarah S. Vertaal deur: Yvette Brits Vervaardig deur: Bible

Nadere informatie

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun SKRIFLESING: Johannes 1:1-18 TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13 TEMA: God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun Psalm 45 : 1, 2, 3 Psalm 72 : 6 Skrifberyming 33 (2-4) : 1 Skrifberyming 78 (13-3) 2 Dat ons kinders

Nadere informatie

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3 1 Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps. 116... Sb 33:1,3 1 Johannes 3 1Jn 3:1 Kyk wat n groot liefde die Vader aan ons bewys het,

Nadere informatie

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

DIE VLEUELS VAN GEBED (9) DIE VLEUELS VAN GEBED (9) DIE VLEUELS VAN GEBED (9) Jan van der Watt Dankie Here! Dankie sê is om jou skuld te betaal. In die tyd van die Bybel was dankie sê iets anders as vandag. Vandag is dankie n woord

Nadere informatie

SKRIFLESING: 1 Korintiërs 13. TEKS: 1 Korintiërs 13:8. Die liefde bly vir ewig. Psalm 103 : 1, 2. Psalm 102 : 11, 12. Skrifberyming 21 (9-4) : 1, 6

SKRIFLESING: 1 Korintiërs 13. TEKS: 1 Korintiërs 13:8. Die liefde bly vir ewig. Psalm 103 : 1, 2. Psalm 102 : 11, 12. Skrifberyming 21 (9-4) : 1, 6 SKRIFLESING: 1 Korintiërs 13 TEKS: 1 Korintiërs 13:8 TEMA: Die liefde bly vir ewig Psalm 103 : 1, 2 Psalm 102 : 11, 12 Skrifberyming 21 (9-4) : 1, 6 Skrifberyming 78 (13-3) Ook: Sb 33 (2-4) : 2 2 U ken

Nadere informatie

Preek Handelinge 15:11 en Efesiërs 2:8

Preek Handelinge 15:11 en Efesiërs 2:8 1 Preek Handelinge 15:11 en Efesiërs 2:8 (Preek gelewer tydens erediens in Welkom-Noord op Sondag 5 Maart 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff Voor die erediens Sing: Lied 203:1,2 Sing: Lied 231:1,2,3

Nadere informatie

Die Here gee vir mense, wat oor Hom bly is, dit wat hulle harte begeer.

Die Here gee vir mense, wat oor Hom bly is, dit wat hulle harte begeer. SKRIFLESING: Psalm 37 : 1-11 TEKS: Psalm 37:4 TEMA: Die Here gee vir mense, wat oor Hom bly is, dit wat hulle harte begeer. Psalm 150 : 1, 2 Psalm 139 : 1, 3 Skrifberyming 72 (12-3) : 1, 2 Psalm 33 : 11

Nadere informatie

sodat jy n gestuurde van die Here kan

sodat jy n gestuurde van die Here kan Welkom in die veilige ruimte van die Rooikerk waar jy omgee kan ervaar sodat jy n gestuurde van die Here kan gaan wees!!! Om te behoort!! 1 Korintiërs 12:12-27 Tema vir 2016: 9 Kernwaardes van n lewenskragtige

Nadere informatie

Tema: Dra die vrug van die Gees om meer soos Christus te word. Vooraf sang Sb 9 4: 1,2,3,4 Sb 14 1: 1,3

Tema: Dra die vrug van die Gees om meer soos Christus te word. Vooraf sang Sb 9 4: 1,2,3,4 Sb 14 1: 1,3 Tema: Dra die vrug van die Gees om meer soos Christus te word. Vooraf sang Sb 9 4: 1,2,3,4 Sb 14 1: 1,3 Ontmoetingsdiens Intreelied Ps. 9 2: 1,6 Votum seëngroe tloflied Sb 1 1: 1, 2,7. Woorddiens Gebed

Nadere informatie

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp. SKRIFLESING: Johannes 18:28-40 TEKS: TEMA: INHOUD: Johannes 18:37-38b Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp. Die waarheid verwerp Psalm 105 : 2, 3 Psalm 73 : 12 Skrifberyming 18 (17-2)

Nadere informatie

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek.

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek. 1 Lukas 6h 7.10.18 WH Tema: Hoe kyk jy? Ek sien nou die dag `n taxi met `n plakkaat agter in die venster waarop daar staan: only God can judge me. Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in

Nadere informatie

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN Skep Die Geleentheid Vir Veilige Kommunikasie Bou Vertroue & Dra Waardes Oor Versterk Verhoudings Ontwikkel Jou Kind Se Emosionele Intelligensie SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN Created by REËLS VIR

Nadere informatie

SKRIFLESING: Jesaja 6. TEKS: Jesaja 6:3 HK 8. Voor die drie-maal heilige God buig ons laag. Psalm 99 : 1, 2. Psalm 81 : 11, 12

SKRIFLESING: Jesaja 6. TEKS: Jesaja 6:3 HK 8. Voor die drie-maal heilige God buig ons laag. Psalm 99 : 1, 2. Psalm 81 : 11, 12 SKRIFLESING: Jesaja 6 TEKS: Jesaja 6:3 HK 8 TEMA: Voor die drie-maal heilige God buig ons laag Psalm 99 : 1, 2 Psalm 81 : 11, 12 Skrifberyming 45 (18-7) : 8, 9 Ook: Skrifberyming 54 (2-6) : 5 2 Die Heidelbergse

Nadere informatie

Wat beteken "Christus is die einde van die wet" (Romeine 10:4)?

Wat beteken Christus is die einde van die wet (Romeine 10:4)? Les 11 vir 16 Desember 2017 Wat beteken "Christus is die einde van die wet" (Romeine 10:4)? Christus is die doel of die eindebestemming van die wet. Christus is die vervulling van die wet. Christus is

Nadere informatie

Naäman en die dogtertjie wat nie bang was om van die Here te vertel nie

Naäman en die dogtertjie wat nie bang was om van die Here te vertel nie Ontmoeting 7 God gebruik n dogtertjie wat ver van haar eie huis af is, om n belangrike generaal in Hom te laat glo. Teks: 2 Konings 5: 1-14 Hulpmiddels: Sandboks met huise, paleis, rivier en karakters

Nadere informatie

Preek Handelinge 2:42-47

Preek Handelinge 2:42-47 1 Preek Handelinge 2:42-47 (Preek gelewer met samesmelting van Gereformeerde Kerke Welkom en Welkom-Noord op Sondag 22 Oktober 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff Voor die erediens: Sing: Lied 478:1,2

Nadere informatie

n Kind, Jesus, word gebore en word groot (2)

n Kind, Jesus, word gebore en word groot (2) n Kind, Jesus, word gebore en word groot (2) n Kind, Jesus, word gebore en word groot (2) Jan van der Watt DEEL 2[1] DIE VERHALE VAN MATTEUS EN LUKAS Die verhaal van Jesus se geboorte (die kersverhaal)

Nadere informatie

Preek 2 Korintiërs 5:7

Preek 2 Korintiërs 5:7 1 Preek 2 Korintiërs 5:7 (Preek gelewer tydens gesamentlike erediens van Geref. Kerke Welkom en Welkom-Noord op Sondag 8 Oktober 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff Voor die erediens Sing: Lied 588:1,2,3

Nadere informatie

MEKAAR-TEKSTE IN DIE BYBEL

MEKAAR-TEKSTE IN DIE BYBEL MEKAAR-TEKSTE IN DIE BYBEL Die tweede element van ons gemeentevisie is dat ons n hegte en insluitende geloofsfamilie sal wees. Hierdie reeks fokus op hierdie uiters belangrike deel van dissipelskap: Hoe

Nadere informatie

Soos n wildsbok wat smag na water Smag my siel na u o Heer U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer SOOS N WILDSBOK

Soos n wildsbok wat smag na water Smag my siel na u o Heer U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer SOOS N WILDSBOK Soos n wildsbok wat smag na water Smag my siel na u o Heer U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer SOOS N WILDSBOK U alleen is my krag en skild Aan U alleen wy ek nou myself U alleen is

Nadere informatie

Preektema: Die doop is n genadedaad van God aan sondaarmense.

Preektema: Die doop is n genadedaad van God aan sondaarmense. 1 Preektema: Die doop is n genadedaad van God aan sondaarmense. Vooraf sang Lied 241:1,2; Nuwe Sb: God spreek deur sy Seun vers 1,2 (Mel Lied 271) Intreelied: Lied 151:1,2 Votum Seëngroet Lofsang: Lied

Nadere informatie

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL Votum en seën Psalm 118 : 2 Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1933/53) Psalm 4 : 3 Gebed Skriflesing: Johannes 19:17-27 (AV 1933/53) Teks: Johannes 19:26-27

Nadere informatie

1 KORINTIËRS 13:12. Ook: Sb 18-8 (30) : 4, 5

1 KORINTIËRS 13:12. Ook: Sb 18-8 (30) : 4, 5 1 KORINTIËRS 13:12 Votum Seën Psalm 146 : 1, 4 Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels Wet: Exodus 20:1-17 (AV 1933/53) Psalm 139 : 1, 12 Gebed Psalm 42 : 1 Skriflesing: 1 Korintiërs 13 (AV 1933/53) Teks: 1

Nadere informatie

WAAROM ONS AANHOU MET DIE KINDERDOOP. n Reaksie op Christo Nel se oproep tot n nuwe hervorming, en sy verwerping van die kinderdoop

WAAROM ONS AANHOU MET DIE KINDERDOOP. n Reaksie op Christo Nel se oproep tot n nuwe hervorming, en sy verwerping van die kinderdoop WAAROM ONS AANHOU MET DIE KINDERDOOP n Reaksie op Christo Nel se oproep tot n nuwe hervorming, en sy verwerping van die kinderdoop Christo Nel het n brief geskryf aan alle predikante in Reformatoriese

Nadere informatie

LITURGIE VIR N OOP GESPREK

LITURGIE VIR N OOP GESPREK LITURGIE VIR N OOP GESPREK 1 Liturgie vir ʼn oop gesprek Nota Hierdie liturgie kan gebruik word in ʼn erediens of vir groepgesprekke en vergaderings. Dit sal goed wees as daar 90 minute ingeruim kan word

Nadere informatie

Preek God se genade voed jou op om onberispelik te wees

Preek God se genade voed jou op om onberispelik te wees 1 Preek God se genade voed jou op om onberispelik te wees (Preek gelewer tydens erediens van Geref. Kerk Welkom op Sondag 9 September 2018) Prediker: Ds JL van der Schyff Voor die erediens: Sing: Oowinningslied

Nadere informatie

Ons hoor graag wat jy dink van hierdie boek! Gaan na soek hierdie titel en kliek op resensies. Of praat saam op Facebook by

Ons hoor graag wat jy dink van hierdie boek! Gaan na  soek hierdie titel en kliek op resensies. Of praat saam op Facebook by Ons hoor graag wat jy dink van hierdie boek! Gaan na www.cumuitgewers.co.za, soek hierdie titel en kliek op resensies. Of praat saam op Facebook by ChristelikeBoekeSA. Inhoudsopgawe Voorwoord... 7 Inleiding...

Nadere informatie

OPENBARING 5:5 HK Sondag 48

OPENBARING 5:5 HK Sondag 48 OPENBARING 5:5 HK Sondag 48 Votum en seën Psalm 93 : 1, 4 Gebed Skriflesing: Openbaring 5 (AV 1933/53) Belydenis: HK 48 Teks: Openbaring 5:5 (AV 1933/53) Psalm 72 : 2 Preek: God sorg self vir die koms

Nadere informatie

Sê maar jy word voor die keuse gestel om een van die volgende getalle as geld in Rand te ontvang, watter een sal jy kies?

Sê maar jy word voor die keuse gestel om een van die volgende getalle as geld in Rand te ontvang, watter een sal jy kies? VERGELYK en RANGSKIK GETALLE Om vergelykings te tref tussen verskillende dinge is n vaardigheid waarmee ons almal gebore word. Dit begin vroeg-vroeg al wanneer ons verskillende tipes speelgoed met mekaar

Nadere informatie

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5 MATTEUS 6:8 Votum en seën Psalm 7 : 6 Gebed Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5 Preek: Vir ons hemelse Vader is eenvoudige gebede goed Gebed

Nadere informatie

Preek 1 Job 42:5. Voor die erediens Sing: Psalm 23-1:1,2,3 Sing: Skrifberyming 14-2 Sing: Lied 579:1,3,6 Afkondigings Stilte

Preek 1 Job 42:5. Voor die erediens Sing: Psalm 23-1:1,2,3 Sing: Skrifberyming 14-2 Sing: Lied 579:1,3,6 Afkondigings Stilte 1 Preek 1 Job 42:5 (Preek gelewer tydens oggenddiens in Welkom-Noord op Sondag 31 Julie2016) (Dit was die tweede preek van n reeks oor die tema Afrigting vir die lewe en gaan oor die vraag: Hoe hanteer

Nadere informatie

Woorddiens Skriflesing: Jakobus 1: 1 8; Jak. 4: 1 5; Jak. 5: Teks: Jakobus 4: 2b en 5: 16 Belydenis: HK vr. 116 en 117 Woordverkondiging

Woorddiens Skriflesing: Jakobus 1: 1 8; Jak. 4: 1 5; Jak. 5: Teks: Jakobus 4: 2b en 5: 16 Belydenis: HK vr. 116 en 117 Woordverkondiging Tema: Dien ander met jou gebede want God verhoor jou. Lofsang met die oog op die erediens Ps. 110-3: 1, 2 (Mel Ps. 128) Lied 184: 1, 2, 3, 4 Ontmoetingsdiens Intreelied: Ps. 134-2; 1, 2 Seën Lofsang Ps.

Nadere informatie

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus Doel van les: Ons leer meer oor Wie ons is in Christus. Ysbreker: Bome Uitbeeld: In die Bybel lees mens baiekeer dinge oor bome. God praat van bome om ons as

Nadere informatie

Dankoffersondag met Nagmaal 4 November

Dankoffersondag met Nagmaal 4 November Dankoffersondag met Nagmaal 4 November Ek begin diens met afkondigings, votum, seëngroet Votum: Ons het ondervind dat die Here goed is. Kom na Hom toe, die lewende steen, wat deur die mense afgekeur is,

Nadere informatie

Jesus beskryf die werking van die Heilige Gees as volg:

Jesus beskryf die werking van die Heilige Gees as volg: HEILIGE GEES SE WERKING IN DIE LEWE VAN DIE CHRISTEN (NT): Jesus leer ons wel dat die werk van die Heilige Gees teenwoordig is by die bekering sowel as wedergeboorte (vernuwing) van die nuwe Christen.

Nadere informatie

Tema: God gee die blydskap van die ewige lewe aan diégene wat in ons boodskap van Jesus Christus glo!

Tema: God gee die blydskap van die ewige lewe aan diégene wat in ons boodskap van Jesus Christus glo! 1 Ons is baie bly en dankbaar saam met Myrna van Eyssen en Ruan Kotze wat vandag geleentheid kry om hulle geloof te bely en Ruan wat ook die doop as teken van God se verbond met hom ontvang. Tema: God

Nadere informatie

Paulus en sy vriende vertel ander van God

Paulus en sy vriende vertel ander van God Ontmoeting 20 Paulus en sy vriende vertel ander van God In hierdie deel van Paulus se verhaal sien ons weereens hoe God vir ons sorg. Hy het vir Paulus vriende gegee om hom te help met sy taak om die boodskap

Nadere informatie

Aanbieding 1 Agtergrond. Skrywer van 2 Petrus

Aanbieding 1 Agtergrond. Skrywer van 2 Petrus 2 Petrus Aangebied deur dr. Douw Breed Aanbieding 1 Agtergrond Tema van 2 Petrus 1:1 Aan dié wat deur die regverdige beskikking van ons God en Verlosser, Jesus Christus, dieselfde kosbare geloof as ons

Nadere informatie

Tema: As vreemdelinge op reis deur hierdie wêreld is ons in Christus geanker en kan ons persoonlik en kerklik in Hom groei en in sy koninkryk werk.

Tema: As vreemdelinge op reis deur hierdie wêreld is ons in Christus geanker en kan ons persoonlik en kerklik in Hom groei en in sy koninkryk werk. 1 Tema: As vreemdelinge op reis deur hierdie wêreld is ons in Christus geanker en kan ons persoonlik en kerklik in Hom groei en in sy koninkryk werk. Vooraf sang Lied 478:1, 2 Ontmoetingsdiens Intreelied

Nadere informatie

VRAE EN BESWARE WAT MENSE SOMS OOR DIE DOOP HET

VRAE EN BESWARE WAT MENSE SOMS OOR DIE DOOP HET VRAE EN BESWARE WAT MENSE SOMS OOR DIE DOOP HET! DIT STAAN NIE IN DIE BYBEL DAT KINDERS GEDOOP MOET WORD NIE. Dit is waar, daar staan nie êrens dat klein babatjies van gelowige ouers gedoop moet word nie.

Nadere informatie

1 JOHANNES 4:20 HK 34:93

1 JOHANNES 4:20 HK 34:93 1 JOHANNES 4:20 HK 34:93 Votum en seën Psalm 134 : 1, 3 [ ons ] Gebed Psalm 27 : 4 Skriflesing: 1 Johannes 4:7-21 (AV 1983) Belydenis: HK 34:93 Teks: 1 Johannes 4:20 (AV 1983) Preek: God se wil is liefde

Nadere informatie

Twyfel Vergewe mekaar Vergifnis van God Vertroue Volharding Voorkoms Vrede Vrees Vriendskap...

Twyfel Vergewe mekaar Vergifnis van God Vertroue Volharding Voorkoms Vrede Vrees Vriendskap... Inhoudsopgawe Aanbidding... 8 Bekommernis... 12 Beskerming... 16 Blydskap... 20 Dankbaarheid... 24 Diensbaarheid... 28 Eerlikheid... 32 Gebed... 36 Geduld... 40 Geloof... 44 Genade... 48 Gesin... 52 Hoop...

Nadere informatie

Preek Efesiërs 4:

Preek Efesiërs 4: 1 Preek Efesiërs 4:13 (Preek gelewer tydens gesamentlike erediens van Geref. Kerke Welkom en Welkom-Noord op Sondag 17 September 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff Voor die erediens Sing: Psalm 27-3:3,6

Nadere informatie

Dis net so ondenkbaar soos n gemeente die tempel van die Heilige Gees 1 wat nie bid nie.

Dis net so ondenkbaar soos n gemeente die tempel van die Heilige Gees 1 wat nie bid nie. PSALM 141 : 2 HK 45 Votum Seën Psalm 104 : 1, 2, 20 Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels Wet: Deuteronomium 5:6-21 (AV 1933/53) Psalm 69 : 3, 6, 12 Gebed Psalm 28 : 1, 2, 6 Skriflesing: Psalm 141 (AV 1933/53)

Nadere informatie

Die Kerk se Geboorte

Die Kerk se Geboorte Bybel vir Kinders bied aan Die Kerk se Geboorte Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Vertaal deur: Gert Badenhorst Aangepas deur: Ruth Klassen Storie 55 van 60 www.m1914.org Bible for

Nadere informatie

NAGMAAL. SKRIFLESING: 1 Petrus 2: TEKS: 1 Petrus 2:24a. Jesus Christus het ons sondes gedra. Psalm 89 : 1. Psalm 40 : 3

NAGMAAL. SKRIFLESING: 1 Petrus 2: TEKS: 1 Petrus 2:24a. Jesus Christus het ons sondes gedra. Psalm 89 : 1. Psalm 40 : 3 NAGMAAL SKRIFLESING: 1 Petrus 2:18-25 TEKS: 1 Petrus 2:24a TEMA: Jesus Christus het ons sondes gedra Psalm 89 : 1 Psalm 40 : 3 Skrifberyming 10 (5-4) : 1, 2 Psalm 116 : 1, 2, 3, 4, 5, 7 Psalm 89 : 7 Voor

Nadere informatie

FAKTORE EN VEELVOUDE

FAKTORE EN VEELVOUDE FAKTORE EN VEELVOUDE Ons gaan nou na n paar stukkies teorie kyk in verband met Natuurlike- en Telgetalle. Voltooi: 3 X 1 = 3 X 2 = 3 X 3 = 3 X 4 = 3 X 5 = Ons sê dus dat 3, 6, 9, 12 en 15 VEELVOUDE is

Nadere informatie

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24 1 15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24 Tema Wanneer jy in Jesus glo, eindig jou lewe nie op die dag wanneer jy doodgaan nie. Jy sal uit die dood opstaan en

Nadere informatie

Jesus se eerste preek op die berg. Hy gee ons onuitspreeklike blydskap.

Jesus se eerste preek op die berg. Hy gee ons onuitspreeklike blydskap. Jesus se eerste preek op die berg. Hy gee ons onuitspreeklike blydskap. Ses groepstudies oor die Saligsprekinge uit Matteus 5 Groepstudie 1 17 Februarie 1. Die bergpredikasie. i. Leer gou almal se name

Nadere informatie

God het belowe om ons gehoorsaam te maak, net soos ons vra

God het belowe om ons gehoorsaam te maak, net soos ons vra SKRIFLESING: Jeremia 31:23-40 TEKS: Jeremia 31:33b HK 49 TEMA: God het belowe om ons gehoorsaam te maak, net soos ons vra Psalm 103 : 10, 11 Psalm 131 : 2, 3 Skrifberyming 14 (8-1) : 1, 2 Ook: Ps. 40 :

Nadere informatie

Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel. Christiaan Coetzee

Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel. Christiaan Coetzee Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel Christiaan Coetzee www.mathetes.co.za In die ou testament was die tempel n fisise plek of tent gewees waar mense na toe gegaan het om hulle sondes te belei

Nadere informatie

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels.

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels. 1 Johannes 17b PT INLEIDING Lees Johannes 17:1-19 Hoe het dit die week met julle gebede gegaan? Kon julle intiem met julle Vader gesels? Ons het `n tydjie gelede gekyk na die eerste 6 verse van Jesus se

Nadere informatie

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3.

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3. SKRIFLESING: Johannes 8 :12-20 TEKS: Johannes 8:12 TEMA: Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe Psalm 150 : 1, 2, 3 Psalm 43 : 3, 4 Skrifberyming 3 (4-7) : 1, 2 Skrifberyming 9 (18-1) : 1, 6 [Ook: Ps

Nadere informatie

SKRIFLESING: Romeine 8:31-39 (AV 1983) TEKS: Romeine 8:32b. Skrifberyming 24 (1-1) : 3. Psalm 62 : 4 (na gebed) Psalm 93 : 1, 4

SKRIFLESING: Romeine 8:31-39 (AV 1983) TEKS: Romeine 8:32b. Skrifberyming 24 (1-1) : 3. Psalm 62 : 4 (na gebed) Psalm 93 : 1, 4 SKRIFLESING: Romeine 8:31-39 (AV 1983) TEKS: Romeine 8:32b OPSKRIF: Grenslose liefde Skrifberyming 24 (1-1) : 3 Psalm 62 : 4 (na gebed) Psalm 93 : 1, 4 Skrifberyming 78 (13-3) 2 Vanoggend het ons gehoor

Nadere informatie

God laat alles Sy kinders se saligheid bevorder.

God laat alles Sy kinders se saligheid bevorder. SKRIFLESING: Romeine 8:18-30 TEKS: Romeine 8:28 HK 9 TEMA: God laat alles Sy kinders se saligheid bevorder. Psalm 30 : 3, 4 Skrifberyming 33 (2-4) : 1 Psalm 119 : 25 Skrifberyming 78 (13-3) Ook: Sb 52

Nadere informatie

Preek Jakobus 5:4. (Preek gelewer tydens oggenddiens in Welkom-Noord op Sondag 1 Mei 2016)

Preek Jakobus 5:4. (Preek gelewer tydens oggenddiens in Welkom-Noord op Sondag 1 Mei 2016) 1 Preek Jakobus 5:4 (Preek gelewer tydens oggenddiens in Welkom-Noord op Sondag 1 Mei 2016) Liturgie: Votum Groetseën Lofprysing: Lied 458:1,2,3 en Psalm 146-1:5,8 Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels Die

Nadere informatie

Gereformeerde Kerk Bloempark Die Drie-eenheid (Sondag 8)

Gereformeerde Kerk Bloempark Die Drie-eenheid (Sondag 8) Gereformeerde Kerk Bloempark Die Drie-eenheid (Sondag 8) Teks: Verskeie & HK Sondag 8 Inleiding Geliefdes, die Drie-eenheid van God is seker van die meeste moeilike dinge om te verstaan, en gewoonlik van

Nadere informatie

Die Here laat ons maai wat ons gesaai het

Die Here laat ons maai wat ons gesaai het SKRIFLESING: Galasiërs 6 TEKS: Galasiërs 6:7-8 TEMA: Die Here laat ons maai wat ons gesaai het Psalm 100 : 1, 3, 4 Psalm 50 : 11 Psalm 91 : 1 (na belydenisaflegging) Psalm 126 : 3 Skrifberyming 33 (2-4)

Nadere informatie

Bybelse Dissipelskap. Saligheid/ Redding

Bybelse Dissipelskap. Saligheid/ Redding Bybelse Dissipelskap Saligheid/ Redding Johannes 14:6 Jesus antwoord hom: Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie. Vers om te memoriseer... Efesiërs 2:8-9

Nadere informatie

Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg

Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg SKRIFLESING: 1 Johannes 2:1-11 TEKS: 1 Johannes 2:6 TEMA: Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg Psalm 9 : 1, 2, 7 Psalm 31 : 13 (na gebed) Skrifberyming 72 (12-3) : 1, 2 Skrifberyming 78 (13-3) Ook:

Nadere informatie

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13 1 Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13 Het jy dalk enige afgode of in jou huis? Miskien weet jy nie dat jy het nie, en dit is dalk die rede vir die konflik in jou huwelik, of dat jou kind

Nadere informatie

Les 1 vir 7 Oktober 2017

Les 1 vir 7 Oktober 2017 Les 1 vir 7 Oktober 2017 Hierdie kwartaal bestudeer ons die boek Romeine. Eerstens, dit is goed om te weet hoe Paulus die skrywer verwant is aan die Christene wat in die belangrikste stad van daardie tyd

Nadere informatie

Preek Exodus 23:29-30

Preek Exodus 23:29-30 1 Preek Exodus 23:29-30 (Preek gelewer tydens oggenddiens in Welkom-Noord op Sondag 23 Oktober 2016) Voor die erediens Sing: Psalm 148-1:1,5 Sing: Lied 509:1,2 Sing: Lied 275:1,3,5 Afkondigings Stilte

Nadere informatie

1 TESSALONISENSE 5:25

1 TESSALONISENSE 5:25 1 TESSALONISENSE 5:25 Votum Seën Psalm 9 : 1, 8 Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels Wet: Eksodus 20 : 1-17 (AV 1983/91) Psalm 1 : 4 Gebed Skriflesing: 1 Tessalonisense 5:12-28 (AV 1983/91) Teks: 1 Tessalonisense

Nadere informatie

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was nie om limate te gaan werf of om mense te gaan bekeer nie, maar om dissipels te gaan maak, mense wat Jesus volg. Net soos wat n mens nie noodwendig

Nadere informatie

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene Bybel vir Kinders bied aan Daniël die Gevangene Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Jonathan Hay Aangepas deur: Mary-Anne S. Vertaal deur: Gert Badenhorst Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

Petrus en die Krag van Gebed

Petrus en die Krag van Gebed Bybel vir Kinders bied aan Petrus en die Krag van Gebed Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Vertaal deur: Gert Badenhorst Aangepas deur: Ruth Klassen Storie 57 van 60 www.m1914.org

Nadere informatie

Geroep vir Gemeenskap

Geroep vir Gemeenskap Geroep vir Gemeenskap Ef 4:15 in Hom wat die Hoof is, naamlik Christus, 16 uit wie die hele liggaam goed saamgevoeg en saamverbind deur die ondersteuning wat elke lid gee volgens die werking van elke afsonderlike

Nadere informatie

n Dubbele kruis-belydenis

n Dubbele kruis-belydenis 1 n Dubbele kruis-belydenis Dr AH Bogaards Lees: Lk.23:26-49 Teks: Lk.23:42-43 (Nagmaal) Datum: 7 Desember Psalms: Ps.43:3,4; 119:26; 119:27; 25:1,3; 23:1,3; 118 1. Inleiding Laat ons daaraan dink dat

Nadere informatie

Jesus Christus se opstanding maak ons lewens sinvol

Jesus Christus se opstanding maak ons lewens sinvol SKRIFLESING: 1 Korintiërs 15:1-20 TEKS: 1 Korintiërs 15:20a TEMA: Jesus Christus se opstanding maak ons lewens sinvol Psalm 33 : 2 Psalm 33 : 11 Skrifberyming 10 (5-4) : 1, 2 Ook: Sb 27 : 1, 3 1 Weet u

Nadere informatie

Die gebruik van 'n persoonlike joernaal of dagboek

Die gebruik van 'n persoonlike joernaal of dagboek Die gebruik van 'n persoonlike joernaal of dagboek Uit Doelgerigte Gebed deur Bennie Mostert, CUM uitgewers Opdrag: Maak 'n keuse om in hierdie week wat kom minstens 5 dae te neem om 15-30 minute per dag

Nadere informatie

PSALM 90:2 NGB 1. Votum en seën. Psalm 90 : 1. Gebed. Skriflesing: Psalm 90 (AV 1933/53) Belydenis: NGB 1. Teks: Psalm 90:2 (AV 1933/53)

PSALM 90:2 NGB 1. Votum en seën. Psalm 90 : 1. Gebed. Skriflesing: Psalm 90 (AV 1933/53) Belydenis: NGB 1. Teks: Psalm 90:2 (AV 1933/53) PSALM 90:2 NGB 1 Votum en seën Psalm 90 : 1 Gebed Skriflesing: Psalm 90 (AV 1933/53) Belydenis: NGB 1 Teks: Psalm 90:2 (AV 1933/53) Psalm 102 : 5, 11 Preek: God bestaan [nog] [altyd] Gebed Kollekte Skrifberyming

Nadere informatie

Jesus kom op n onbekende tyd weer bly dan gereed vir Hom!

Jesus kom op n onbekende tyd weer bly dan gereed vir Hom! SKRIFLESING: Matteus 25:1-13 TEKS: Matteus 25:13 TEMA: Jesus kom op n onbekende tyd weer bly dan gereed vir Hom! Psalm 98 : 3 Psalm 99 : 1, 3 Skrifberyming 29 (18-3) : 8, 9 Skrifberyming 43 (15-7) : 5

Nadere informatie

God se liefde vat ons vrees vir Sy oordeel weg

God se liefde vat ons vrees vir Sy oordeel weg SKRIFLESING: 1 Johannes 4:7-21 TEKS: 1 Johannes 4:17-18 TEMA: God se liefde vat ons vrees vir Sy oordeel weg Psalm 48 : 1 Psalm 99 : 1, 4 Psalm 103 : 6 (na doop) Psalm 43 : 3 Skrifberyming 10 (5-4) : 1,

Nadere informatie

Jesaja sien die Toekoms

Jesaja sien die Toekoms Bybel vir Kinders bied aan Jesaja sien die Toekoms Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Jonathan Hay Aangepas deur: Mary-Anne S. Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

TEKS: Handelinge 2:39 HK 27:74. Die Here se belofte geld ook vir die kinders van gelowiges

TEKS: Handelinge 2:39 HK 27:74. Die Here se belofte geld ook vir die kinders van gelowiges SKRIFLESING: Handelinge 2:37-47 TEKS: Handelinge 2:39 HK 27:74 TEMA: Die Here se belofte geld ook vir die kinders van gelowiges Psalm 90 : 1 Skrifberyming 15 (16-1) : 1, 2, 3 Psalm 90 : 9 1 Dit gebeur

Nadere informatie