Preek Handelinge 15:11 en Efesiërs 2:8

Save this PDF as:
 WORD  PNG  TXT  JPG

Maat: px
Weergave met pagina beginnen:

Download "Preek Handelinge 15:11 en Efesiërs 2:8"

Transcriptie

1 1 Preek Handelinge 15:11 en Efesiërs 2:8 (Preek gelewer tydens erediens in Welkom-Noord op Sondag 5 Maart 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff Voor die erediens Sing: Lied 203:1,2 Sing: Lied 231:1,2,3 Sing: Lied 241:1,2,3 Afkondigings Stilte Erediens: Votum Groetseën Lofprysing: Psalm 145-1:1,5,10,12 Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels Die Wet van die Here Sing: Lied 245:1,2,3 Gebed Skriflesing: Handelinge 15:1-35 Sing: Skrifberyming 17-2:5,6,7 Fokus: Handelinge 15:11 en Efesiërs 2:8 Preek: Tema: Terug na die Fontein beteken terug na genade alleen. Gebed Diens van barmhartigheid Sing: Lied 510:1,2,3,4 Wegstuurseën Amen: Skrifberyming 13-3 Fokus: Ons tema vir die jaar is: Terug na die Fontein. Tot dusver is in die preke hieroor gesê: Terug na die Fontein beteken terug na God, want by Hom is die fontein van die lewe (Psalm 36:10). Terug na die Fontein beteken terug na Christus (Johannes 7:37). Terug na die Fontein beteken terug na die Woord (Romeine 1:16-17). Vandag se preek gaan daaroor dat terug na die Fontein beteken terug na genade alleen. Ons fokusverse is Handelinge 15:11 en Efesiërs 2:8. In Handelinge 15:11 staan (1983/92- Vertaling): Nee! Ons, en ook hierdie gelowiges glo dat ons net deur die genade van die Here Jesus gered word. In Efesiërs 2:8 staan (1983/92-Vertaling): Julle is inderdaad uit genade gered, deur geloof. Hierdie redding kom nie uit julleself nie; dit is n gawe van God.

2 2 Preek: Geliefdes in ons Here Jesus Christus, Inleiding Die wêreld verander voortdurend. Die veranderings bring nuwe uitdagings, nuwe uitdagings op elke terrein van die lewe. Baie keer bring dit nuwe vraagstukke na vore: Hoe nou gemaak? Meestal vra dit aanpassings, om nuut te dink en nuwe planne te maak. Die vroeë kerk word gekonfronteer met n nuwe situasie Die vroeë kerk van wie ons in die boek Handelinge lees, het ook hiermee te doen gekry. Daar het n nuwe gemeente in Antiogië ontstaan. Voordat hierdie gemeente ontstaan het, was verreweg die meeste van Jesus se volgelinge Jode, Jode wat Christene geword het. Met die ontstaan van die gemeente in Antiogië het dinge egter heeltemal verander, want die gemeente in Antiogië was die eerste volwaardige gemeente onder nie-jode, mense uit die sogenaamde heindennasies. Die vroeë kerk het nou nie meer meestal uit Jode bestaan nie, maar ook uit baie nie-jode. Hierdie nuwe situasie het n nuwe vraagstuk na vore gebring: Moet hierdie klomp nie- Joodse Christene ook besny word? Kan iemand as n volwaardige Christen beskou word, as hy nie besny is nie? Meer nog: Kan iemand gered word, as hy nie besny is nie? Daar het toe n groot meningsverskil hieroor ontstaan. Sommige van die Joodse gelowiges het vir die nie-joodse gelowiges gesê: As julle nie die gebruik van Moses nakom deur julle te laat besny nie, kan julle nie gered word nie. Paulus en Barnabbas het hulle egter teen hierdie siening verset. Die uiteinde was dat die vroeë kerk besluit het om n vergadering te hou, sodat uitsluitsel oor hierdie saak gekry kon word. Die vroeë kerk herontdek die geloofswaarheid van genade alleen Tydens die vergadering wat in Jerusalem gehou is, was dit veral gelowiges wat vroeër Fariseërs was, wat gesê het dat die nie-joodse gelowiges ook besny moes word. Na n lang bespreking het Petrus opgestaan en aangetoon hoe God hom gebruik het om die evangelie aan die heidennasies te verkondig sodat hulle kon glo, hoe God sy Heilige Gees ook aan hulle gegee het, hoe God geen onderskeid tussen Petrus-hulle en die nie-joodse gelowiges gemaak het nie en hoe God ook hulle harte deur die geloof gereinig het. Verder het Petrus gesê: Waarom wil julle dan nou God se geduld op die proef stel deur op die nek van die gelowiges uit die heidennasies n juk te lê wat ons voorvaders nie in staat was om te dra nie en ons ook nie? Nee! Ons, en ook hierdie gelowiges, glo dat ons net deur die genade van die Here Jesus gered word. Daarna het Barnabbas en Paulus vertel van die groot dinge wat God onder die heidennasies gedoen het. Toe hulle klaar was, het Jakobus gesê dat dit wat gebeur het, naamlik dat mense uit die heidennasies hulle bekeer

3 3 het en gelowiges geword het, iets is wat God reeds in die Ou Testament gesê het dat dit gaan gebeur. Die profete het al daarvan gepraat. Dit wil sê: Wat hier gebeur, is volgens God se Woord. Die uiteinde was dat die vergadering in Jerusalem besluit het dat die nie-joodse gelowiges nie besny hoef te word nie. Daarmee het die vergadering teruggekeer na die basiese geloofsoortuiging dat ons net deur die genade van die Here Jesus gered word. Genade alleen dit is een van die kernsake in die Evangelie, soos wat Paulus dit onder andere in Efesiërs 2:8 verwoord: Julle is inderdaad uit genade gered, deur geloof. Ons kan sê: Die vroeë kerk het in die vergadering waarvan Handelinge 15 vertel, teruggekeer na die Fontein. Omdat hulle teruggekeer het na die Fontein, het hulle die geloofswaarheid herontdek dat ons alleen uit genade gered word. Genade in oorvloed Die woord genade is n wonderlike woord. Genade is iets soos goedheid of guns. As jy aan iemand genade gee, dan is jy goed teenoor daardie persoon. Genade is om goed te wees teenoor iemand, sonder dat daardie iemand dit verdien. So behels God se genade dat Hy goed is teenoor ons, sonder dat ons dit verdien. Hy seën ons, sonder dat ons dit verdien. God se genade is al die wonderlike dinge wat Hy aan ons gee, nie omdat ons dit verwerf of verdien het nie, maar net omdat Hy so besluit het. God gee sy genade aan ons in en deur Jesus Christus. En Hy gee in oorvloed. In Johannes 1:14 staan iets wonderliks oor Jesus Christus. Daar staan: Die Woord het mens geword en onder ons kom woon. Ons het sy heerlikheid gesien, die heerlikheid wat Hy as die enigste Seun van God het, vol genade en waarheid. Ja, Hy is vol genade. Soos n houer wat tot bo volgemaak is, is Hy vol genade. Uit sy oorvloed het ons almal genade op genade ontvang, so staan daar in Johannes 1:16. Dit is genade onder ons, bo ons, voor ons, agter ons en langs ons. Genade orals. Efesiërs 1:6 praat van die wonderlike genade wat God in die Geliefde vrylik aan ons geskenk het. Efesiërs 1:7 praat van die ryke genade van God. Dit is genade wat uit die oorvloed van God se voorraad van genade kom en nooit verminder nie. Lukas sê in Handelinge 4 dat die genade van God groot was oor al die gelowiges. Paulus sê in Romeine 5:2 dat ons in die genade vasstaan. Ons hele lewe word geleef in n omgewing van genade. In Romeine 5:17 sê Paulus dat God vir ons n oorvloed van genade gee. Jakobus sê dat ons n groter genade ontvang het, groter as wat ons ooit sal kan verstaan. Petrus sê dat ons veelvoudige genade van God ontvang het. Genade word altyd beskryf in terme van oorvloed, van volheid, van rykdom, van oormaat, juis omdat ons soveel genade nodig het. En God gee genoeg en meer as genoeg en die voorraad hou nooit op nie. God skeep nie af, as dit by genade kom nie. Dit is genade wat ons red. Dit is genade wat ons skoon maak, wat ons heilig maak.. Dit is genade wat ons begrip gee van die Woord. Dit is genade wat vir ons die wysheid gee om dit toe te pas. Dit is genade wat aan ons die krag gee om versoekings te weerstaan. Dit is genade wat

4 4 ons toelaat om die Here te gehoorsaam. Dit is genade wat ons in staat stel om te dien. Dit is genade wat ons deur beproewings en teëspoed en swaarkry-tye dra. Dit is genade wat ons optel bo teleurstellings en pyn. Dit is hoekom die genade van God oor gelowiges in 2 Korintiërs 9:14 beskryf word as genade wat oorvloedig is. Genade alleen God se genade kan veral gesien word in die manier waarop Hy ons red. Weens ons sonde was ons totaal en al skuldig voor God en het ons verdien om met die ewige dood in die hel gestraf te word. God het egter besluit om aan ons genade te gee. Hy het besluit dat sy eie Seun in ons plek skuldig bevind moes word en in ons plek namens ons gestraf moes word. Die gevolg is dat ons nou onskuldig voor God is. Dít, dat ons onskuldig voor God is, is iets wat ons nie verwerf of verdien het nie. Dit word uit genade aan ons gegee, verniet. Dieselfde gebeur met ons heiligmaking. Heiligmaking is dat ons weer skoon gemaak word, geheilig word. Weens ons sonde was ons vuil. Ons was onheilig. Dat God ons uit genade red, beteken ook dat Hy ons uit genade weer skoon maak. Hy maak ons heilig. Hy doen dit deur sy Heilige Gees wat binne-in ons woon en ons van binnekant af reinig. Hy gee aan ons nuwe harte. Hy maak van ons nuwe mense. Hierdie proses duur ons hele lewe lank. Dít, dat ek al minder en minder sonde doen en al meer nuut word en geheilig word, is maar net genade. Dieselfde gebeur met ons heerlikmaking. Heerlikmaking is dat ons weer heerlik gemaak word. Weens ons sonde het ons ons heerlikheid verloor, die heerlikheid wat God met die skepping aan die mens as die kroon van sy skepping gegee het. In die plek daarvan het ons vol skande geword. Dat God ons uit genade red, beteken dat Hy in en deur Christus ook ons heerlikheid weer aan ons terug gee. En eendag in die hemel sal ons hierdie heerlikheid weer voluit hê. Ook dit, dat ons heerlik gemaak word, is maar net genade. Dit is die hoogtepunt van God se genade, waardeur Hy vir ons ewigdurende genade sal gee, in ewigheid. Die geloofsoortuiging dat ons uit genade alleen gered word, is die oortuiging in ons harte dat ons totale verlossing n geskenk van God se genade alleen is. Dit is die oortuiging dat ons geen bydrae tot ons verlossing kan of hoef te maak nie. Ons moet terugkeer na genade alleen Die oortuiging dat ons uit genade alleen gered word, is die wonderlike geloofswaarheid wat die vroeë kerk in Handelinge 15 herontdek het. Dit is die wonderlike geloofswaarheid wat met die Kerkhervorming wat vanjaar 500 jaar gelede begin het, herontdek is en daarom een van die vyf slagspreuke van die Hervorming geword het. Dit is die geloofswaarheid waarheen ons moet terugkeer. Terug na die Fontein beteken terug na genade alleen, om te herontdek dat God aan mense wat diep geval het, genade gegee het.

5 5 Dink daaraan: Iemand soos Dawid wat met Batseba owerspel gepleeg het en daarna nog moord ook gepleeg het, het genade gekry. Iemand soos die vrou wat op owerspel betrap is en toe deur die Fariseërs na Christus toe gebring is om deur hom veroordeel te word, het genade gekry. Iemand soos Petrus wat vir Christus drie keer verloën het, het genade gekry. Een van die moordenaars aan die kruis het genade gekry. Paulus wat die kerk van die Here vervolg het en die moord op diaken Stefanus goedgekeur het, het genade gekry. Geen mens se sonde is so groot, geen mens se mislukking is so diep, geen mens se val is so ver dat God nie aan jou genade kan gee nie. Daarvoor is God se genade net te groot, te onbeskryflik groot. Die geloofswaarheid dat ons slegs deur genade gered word, het John Newton geïnspireer om die wonderlike lied Amazing Grace te skryf. Dit is n genade wat so wonderlik is dat dit (om John Newtong se woorde te gebruik) saved a wretch like me. n Wrak soos ek, n sondaar soos ek, word gered! Dít is die wonderlike troos vir my en jou en elke ander gelowige wat bewus is van hoe ver hy weens sy sonde geval het! Ongelukkig is die wêreld (en baie keer ons ook) nie vatbaar vir die geloofswaarheid dat ons slegs deur genade gered word nie. Die idee van jy moet op jou eie voete staan en jy moet nie van ander afhanklik wees nie en jy moet jou eie heil uitwerk beïnvloed ook ons siening van hoe ons gered word. Ons hou nie daarvan om afhanklik te wees en om hulp nodig te hê nie. Maar as ons nie by daardie punt kan kom nie, is ons nog nie reg vir God se genade nie, want God se genade beteken juis dat ons van Hom afhanklik is. God se genade beteken: Ons staan nie op ons eie voete nie. Ons is nie selfstandig nie. Ons is nie wonderlik nie. Ons het hulp nodig. Ons het hulp nodig om vrygesrpeek te word van ons sonde. Ons het hulp nodig om nuwe harte te kry. Ons het hulp nodig om nuwe mense te word. Ons het hulp nodig om heerlik gemaak te word, om die heerlikheid wat ons verloor het, terug te kry. Dit is wat God aan ons gee, met niks wat jy hoef by te dra nie. Nie genade plus nog iets nie. Genade is nie iets wat jy verdien of verwerf nie. Dit is n geskenk van God. Hy gee dit, omdat Hy so besluit het. Amen.

Preek Romeine 1:16-17

Preek Romeine 1:16-17 1 Preek Romeine 1:16-17 (Preek gelewer tydens erediens in Welkom-Noord op Sondag 19 Februarie2017) Prediker: Ds JL van der Schyff Voor die erediens Sing: Lied 255:1,2,3 Sing: Psalm 119-1:39 Sing: Psalm

Nadere informatie

Preek Romeine 11:36. (Preek gelewer tydens erediens in Welkom-Noord op Sondag 26 Maart 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff

Preek Romeine 11:36. (Preek gelewer tydens erediens in Welkom-Noord op Sondag 26 Maart 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff 1 Preek Romeine 11:36 (Preek gelewer tydens erediens in Welkom-Noord op Sondag 26 Maart 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff Voor die erediens Sing: Psalm 150-1:1,2,3 Sing: Psalm 99-1:1,2,5 Sing: Psalm

Nadere informatie

Preek Romeine 6:3-4. (Preek tydens erediens in Gereformeerde Kerk Welkom-Noord op Sondag 25 Junie 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff

Preek Romeine 6:3-4. (Preek tydens erediens in Gereformeerde Kerk Welkom-Noord op Sondag 25 Junie 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff 1 Preek Romeine 6:3-4 (Preek tydens erediens in Gereformeerde Kerk Welkom-Noord op Sondag 25 Junie 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff Voor die erediens Sing: Skrifberyming 8-3 Sing: Lied 510:1,2,3,4

Nadere informatie

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun SKRIFLESING: Johannes 1:1-18 TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13 TEMA: God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun Psalm 45 : 1, 2, 3 Psalm 72 : 6 Skrifberyming 33 (2-4) : 1 Skrifberyming 78 (13-3) 2 Dat ons kinders

Nadere informatie

Jesaja sien die Toekoms

Jesaja sien die Toekoms Bybel vir Kinders bied aan Jesaja sien die Toekoms Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Jonathan Hay Aangepas deur: Mary-Anne S. Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

Preek Genesis 1:27. (Preek gelewer tydens oggenddiens in Welkom-Noord op Sondag 6 November 2016)

Preek Genesis 1:27. (Preek gelewer tydens oggenddiens in Welkom-Noord op Sondag 6 November 2016) 1 Preek Genesis 1:27 (Preek gelewer tydens oggenddiens in Welkom-Noord op Sondag 6 November 2016) Voor die erediens Sing: Lied 447:1 Sing: Lied 456:1,3 Afkondigings Stilte Ontmoetingsdiens: Toetredelied:

Nadere informatie

WAT IS DIE VOLGORDE VAN DIE VERLOSSINGSERVARING?

WAT IS DIE VOLGORDE VAN DIE VERLOSSINGSERVARING? WAT IS DIE VOLGORDE VAN DIE VERLOSSINGSERVARING? Daar is geen chronologiese volgorde nie. Daar is egter wel n logiese volgorde. # 1 Bekering Bekering, Regverdigmaking, Wedergeboorte Aanneming, Heiligmaking......alles

Nadere informatie

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22 1 BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22 Die sekerheid dat jy 'n kind van God is, is nie die einde van die pad nie maar die begin daarvan. Nou word dit moontlik om as gelowiges te groei. Maar waarheen lei

Nadere informatie

Jesus - Die Grootste Geskenk van Alle Tye - Reformation Society

Jesus - Die Grootste Geskenk van Alle Tye - Reformation Society "Jesus antwoord en sê vir haar: As jy die gawe van God geken het en geweet het wie Hy is wat vir jou sê: Gee vir My water om te drink, sou jy Hom gevra het en Hy sou vir jou lewende water gegee het." Johannes

Nadere informatie

Goeie Konings, Slegte Konings

Goeie Konings, Slegte Konings Bybel vir Kinders bied aan Goeie Konings, Slegte Konings Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Lazarus Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

Bybel vir Kinders bied aan. Die Kerk Kry Moeilikheid

Bybel vir Kinders bied aan. Die Kerk Kry Moeilikheid Bybel vir Kinders bied aan Die Kerk Kry Moeilikheid Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Gert Badenhorst Vervaardig deur: Bible for Children

Nadere informatie

Soos n wildsbok wat smag na water Smag my siel na u o Heer U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer SOOS N WILDSBOK

Soos n wildsbok wat smag na water Smag my siel na u o Heer U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer SOOS N WILDSBOK Soos n wildsbok wat smag na water Smag my siel na u o Heer U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer SOOS N WILDSBOK U alleen is my krag en skild Aan U alleen wy ek nou myself U alleen is

Nadere informatie

n Tempel Leier besoek Jesus

n Tempel Leier besoek Jesus Bybel vir Kinders bied aan n Tempel Leier besoek Jesus Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Byron Unger; Lazarus Aangepas deur: M. Maillot; Sarah S. Vertaal deur: Yvette Brits Vervaardig deur: Bible

Nadere informatie

Preek 1 oor gesag (vyfde gebod)

Preek 1 oor gesag (vyfde gebod) 1 Preek 1 oor gesag (vyfde gebod) (Preek gelewer tydens gesamentlike erediens van Geref. Kerke Welkom en Welkom-Noord op Sondag 6 Augustus 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff Voor die erediens Sing: Lied

Nadere informatie

Preek oor: Wat doen die Heilige Gees? Die Heilige Gees laat die wedergeboorte plaasvind

Preek oor: Wat doen die Heilige Gees? Die Heilige Gees laat die wedergeboorte plaasvind 1 Preek oor: Wat doen die Heilige Gees? Die Heilige Gees laat die wedergeboorte plaasvind (Preek gelewer tydens erediens in Welkom-Noord op Sondag 29 Mei 2016) Voor die erediens Sing: Psalm 71-1:1,9,12

Nadere informatie

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun Bybel vir Kinders bied aan Die Verlore Seun Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Lazarus Aangepas deur: Ruth Klassen; Sarah S. Vertaal deur: Yvette Brits Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

Die Kerk se Geboorte

Die Kerk se Geboorte Bybel vir Kinders bied aan Die Kerk se Geboorte Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Vertaal deur: Gert Badenhorst Aangepas deur: Ruth Klassen Storie 55 van 60 www.m1914.org Bible for

Nadere informatie

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra SKRIFLESING: Romeine 12:1-8 TEKS: Romeine 12:1-2 HK 49 TEMA: Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra Psalm 103 : 10, 11 Skrifberyming 28 (10-1) : 1, 2 Psalm 119 : 11 Skrifberyming 78 (13-3)

Nadere informatie

Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak.

Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak. Vals beeld van God: Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak. Ware beeld van God: God se beloftes word vervul in Jesus. Ons kan

Nadere informatie

Toe God alles gemaak het

Toe God alles gemaak het Bybel vir Kinders bied aan Toe God alles gemaak het Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Byron Unger; Lazarus Aangepas deur: Bob Davies; Tammy S. Vertaal deur: Hannelie Niemandt Vervaardig deur:

Nadere informatie

Meer Jesus Meer Liefde Meer Dissipels. Leierskap Strukture

Meer Jesus Meer Liefde Meer Dissipels. Leierskap Strukture Meer Jesus Meer Liefde Meer Dissipels Leierskap Strukture Woord van God, Woord van die lewe, Woord vir ewig vas en waar, Woord onfeilbaar en verhewe waarin God Hom openbaar! L 255:1 (vervolg) Woord betroubaar,

Nadere informatie

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3.

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3. SKRIFLESING: Johannes 8 :12-20 TEKS: Johannes 8:12 TEMA: Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe Psalm 150 : 1, 2, 3 Psalm 43 : 3, 4 Skrifberyming 3 (4-7) : 1, 2 Skrifberyming 9 (18-1) : 1, 6 [Ook: Ps

Nadere informatie

toegewy aan God ross os s v an v nieker i k

toegewy aan God ross os s v an v nieker i k toegewy aan God ross van niekerk goddelike nageslag hoe verseker ons dit? 1. modelleer. 2. liefde. 3. instruksie. 4. dissipline. 5. meedeling. psalm 127:3 Kyk, kinders is n erfdeel van die HERE; die vrug

Nadere informatie

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL Votum en seën Psalm 118 : 2 Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1933/53) Psalm 4 : 3 Gebed Skriflesing: Johannes 19:17-27 (AV 1933/53) Teks: Johannes 19:26-27

Nadere informatie

Preek Genesis 15:5. (Preek gelewer tydens erediens in Welkom-Noord op Sondag 8 Januarie 2017)

Preek Genesis 15:5. (Preek gelewer tydens erediens in Welkom-Noord op Sondag 8 Januarie 2017) 1 Preek Genesis 15:5 (Preek gelewer tydens erediens in Welkom-Noord op Sondag 8 Januarie 2017) Voor die erediens Sing: Lied 464:1,2 Sing: Psalm 67-2:1,3 Afkondigings Stilte Tydens die erediens: Votum Groetseën

Nadere informatie

Toe God alles gemaak het

Toe God alles gemaak het Bybel vir Kinders bied aan Toe God alles gemaak het Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Byron Unger; Lazarus Aangepas deur: Bob Davies; Tammy S. Vertaal deur: Hannelie Niemandt Vervaardig deur:

Nadere informatie

Gereformeerde Kerk Bloempark Die Drie-eenheid (Sondag 8)

Gereformeerde Kerk Bloempark Die Drie-eenheid (Sondag 8) Gereformeerde Kerk Bloempark Die Drie-eenheid (Sondag 8) Teks: Verskeie & HK Sondag 8 Inleiding Geliefdes, die Drie-eenheid van God is seker van die meeste moeilike dinge om te verstaan, en gewoonlik van

Nadere informatie

OPENBARING 5:5 HK Sondag 48

OPENBARING 5:5 HK Sondag 48 OPENBARING 5:5 HK Sondag 48 Votum en seën Psalm 93 : 1, 4 Gebed Skriflesing: Openbaring 5 (AV 1933/53) Belydenis: HK 48 Teks: Openbaring 5:5 (AV 1933/53) Psalm 72 : 2 Preek: God sorg self vir die koms

Nadere informatie

Preek 1 Petrus 2:9-12

Preek 1 Petrus 2:9-12 1 Preek 1 Petrus 2:9-12 (Preek tydens erediens in Gereformeerde Kerk Welkom-Noord op Sondag 11 Junie 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff Voor die erediens: Sing: Lied 308:1,2,3,5 Sing: Lied 309:1,2,3

Nadere informatie

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24 1 15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24 Tema Wanneer jy in Jesus glo, eindig jou lewe nie op die dag wanneer jy doodgaan nie. Jy sal uit die dood opstaan en

Nadere informatie

Preek Jakobus 5:4. (Preek gelewer tydens oggenddiens in Welkom-Noord op Sondag 1 Mei 2016)

Preek Jakobus 5:4. (Preek gelewer tydens oggenddiens in Welkom-Noord op Sondag 1 Mei 2016) 1 Preek Jakobus 5:4 (Preek gelewer tydens oggenddiens in Welkom-Noord op Sondag 1 Mei 2016) Liturgie: Votum Groetseën Lofprysing: Lied 458:1,2,3 en Psalm 146-1:5,8 Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels Die

Nadere informatie

Preek 1 Job 42:5. Voor die erediens Sing: Psalm 23-1:1,2,3 Sing: Skrifberyming 14-2 Sing: Lied 579:1,3,6 Afkondigings Stilte

Preek 1 Job 42:5. Voor die erediens Sing: Psalm 23-1:1,2,3 Sing: Skrifberyming 14-2 Sing: Lied 579:1,3,6 Afkondigings Stilte 1 Preek 1 Job 42:5 (Preek gelewer tydens oggenddiens in Welkom-Noord op Sondag 31 Julie2016) (Dit was die tweede preek van n reeks oor die tema Afrigting vir die lewe en gaan oor die vraag: Hoe hanteer

Nadere informatie

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

DIE VLEUELS VAN GEBED (9) DIE VLEUELS VAN GEBED (9) DIE VLEUELS VAN GEBED (9) Jan van der Watt Dankie Here! Dankie sê is om jou skuld te betaal. In die tyd van die Bybel was dankie sê iets anders as vandag. Vandag is dankie n woord

Nadere informatie

Hoé weet ons die Bybel is die Woord van God? Erkenning van die gesag van die Skrif en die Heilige Gees

Hoé weet ons die Bybel is die Woord van God? Erkenning van die gesag van die Skrif en die Heilige Gees 1 Hoé weet ons die Bybel is die Woord van God? Erkenning van die gesag van die Skrif en die Heilige Gees Voordrag gehou by die konferensie oor Skrifgesag op 24 September 2014 by die Gereformeerde Kerk

Nadere informatie

Bybel vir Kinders. bied aan. Ryk man, Arm man

Bybel vir Kinders. bied aan. Ryk man, Arm man Bybel vir Kinders bied aan Ryk man, Arm man Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: M. Maillot; Lazarus Aangepas deur: M. Maillot; Sarah S. Vertaal deur: Yvette Brits Vervaardig deur: Bible for Children

Nadere informatie

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE:

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE: VRUGTE VAN DIE GEES VRAE: GEDULD: (Patience) 1. Wat is geduld? 2. Wat is van die goed waarvoor jy geduldig moet wees? 3. Is dit moeilik vir jou om geduldig te wees? 4. Hoe kan jy geduld wys? SELFBEHEERSING:

Nadere informatie

God se liefde vat ons vrees vir Sy oordeel weg

God se liefde vat ons vrees vir Sy oordeel weg SKRIFLESING: 1 Johannes 4:7-21 TEKS: 1 Johannes 4:17-18 TEMA: God se liefde vat ons vrees vir Sy oordeel weg Psalm 48 : 1 Psalm 99 : 1, 4 Psalm 103 : 6 (na doop) Psalm 43 : 3 Skrifberyming 10 (5-4) : 1,

Nadere informatie

Heilig, heilig, heilig, heilig is die Heer. Eng'le in die hemel buig hul voor Hom neer. Here, hoor my bede, hoor my as ek sing, en aan U, my Vader,

Heilig, heilig, heilig, heilig is die Heer. Eng'le in die hemel buig hul voor Hom neer. Here, hoor my bede, hoor my as ek sing, en aan U, my Vader, Heilig, heilig, heilig, heilig is die Heer. Eng'le in die hemel buig hul voor Hom neer. Here, hoor my bede, hoor my as ek sing, en aan U, my Vader, al my hulde bring. Lied 171:2 Heilig, heilig, heilig,

Nadere informatie

Die Groot Gebod dennis de wet

Die Groot Gebod dennis de wet Die Groot Gebod dennis de wet Die Groot Gebod Meester, wat is die groot gebod in die wet? En Jesus antwoord hom: Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand.

Nadere informatie

Jesus Christus se opstanding maak ons lewens sinvol

Jesus Christus se opstanding maak ons lewens sinvol SKRIFLESING: 1 Korintiërs 15:1-20 TEKS: 1 Korintiërs 15:20a TEMA: Jesus Christus se opstanding maak ons lewens sinvol Psalm 33 : 2 Psalm 33 : 11 Skrifberyming 10 (5-4) : 1, 2 Ook: Sb 27 : 1, 3 1 Weet u

Nadere informatie

Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek

Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek SKRIFLESING: 1 Johannes 2:28 3:10 TEKS: 1 Johannes 3:8b TEMA: Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek Psalm 45 : 1, 3, 5, 6 Psalm 79: 5, 6 Skrifberyming 33 (2-4) : 1, 2 Skrifberyming

Nadere informatie

Petrus en die Krag van Gebed

Petrus en die Krag van Gebed Bybel vir Kinders bied aan Petrus en die Krag van Gebed Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Vertaal deur: Gert Badenhorst Aangepas deur: Ruth Klassen Storie 57 van 60 www.m1914.org

Nadere informatie

Galasiërs 6:11. Kyk met watter groot letters ek met my eie hand aan julle skrywe! (Galasiërs 6:11)

Galasiërs 6:11. Kyk met watter groot letters ek met my eie hand aan julle skrywe! (Galasiërs 6:11) Les 14 vir 30 September 2017 Paulus se slotrede is eintlik 'n oproep tot die Galasiërs. Paulus was soos 'n herder wat vir sy kudde sorg. Hy wou die waarhede van die geloof in die Galasiërs se gedagtes

Nadere informatie

PSALM 90:2 NGB 1. Votum en seën. Psalm 90 : 1. Gebed. Skriflesing: Psalm 90 (AV 1933/53) Belydenis: NGB 1. Teks: Psalm 90:2 (AV 1933/53)

PSALM 90:2 NGB 1. Votum en seën. Psalm 90 : 1. Gebed. Skriflesing: Psalm 90 (AV 1933/53) Belydenis: NGB 1. Teks: Psalm 90:2 (AV 1933/53) PSALM 90:2 NGB 1 Votum en seën Psalm 90 : 1 Gebed Skriflesing: Psalm 90 (AV 1933/53) Belydenis: NGB 1 Teks: Psalm 90:2 (AV 1933/53) Psalm 102 : 5, 11 Preek: God bestaan [nog] [altyd] Gebed Kollekte Skrifberyming

Nadere informatie

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5 MATTEUS 6:8 Votum en seën Psalm 7 : 6 Gebed Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5 Preek: Vir ons hemelse Vader is eenvoudige gebede goed Gebed

Nadere informatie

Jona en die Groot Vis

Jona en die Groot Vis Bybel vir Kinders bied aan Jona en die Groot Vis Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Jonathan Hay Aangepas deur: Mary-Anne S. Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër Bybel vir Kinders bied aan Jakob die Bedrieër Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: M. Maillot; Lazarus Aangepas deur: M. Kerr; Sarah S. Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children

Nadere informatie

Bybel vir Kinders. bied aan. Joshua neem Beheer

Bybel vir Kinders. bied aan. Joshua neem Beheer Bybel vir Kinders bied aan Joshua neem Beheer Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

Skriflesing: Esegiël 47 Tema: God se nuwe lewe vloei deur ons na mekaar en na die res van die wêreld.

Skriflesing: Esegiël 47 Tema: God se nuwe lewe vloei deur ons na mekaar en na die res van die wêreld. Skriflesing: Esegiël 47 Tema: God se nuwe lewe vloei deur ons na mekaar en na die res van die wêreld. Die volk van die Here kies vir sonde en teen God. Hulle volhard hardnekkig in hulle ongehoorsaamheid.

Nadere informatie

Deur Christus Alleen

Deur Christus Alleen Gepubliseer op: Deur Christus Alleen Tuisblad van dr. A.H. Bogaards www.enigstetroos.org 1 Deur Christus alleen Reeks preke oor Galasiërs Nr 6 Dr AH Bogaards Lees: Gal.2:17-21; Hand.9:1-22 Teks: Gal.2:17-21

Nadere informatie

Die Brief aan die Galasiërs

Die Brief aan die Galasiërs Agtergrond Naam Die Brief aan die Galasiërs ʼn Inleiding In die Grieks is die naam van hierdie boek (Pros Galatas) wat ons in Afrikaans vertaal met Aan die Galasiërs. Die gelowiges aan wie Paulus hierdie

Nadere informatie

1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80

1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80 1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80 Votum en seën Psalm 23 : 1, 3 Gebed Skriflesing: 1 Korintiërs 10:1-13 (AV 1983) Belydenis: HK 29:78-30:80 Teks: 1 Korintiërs 10:4 Psalm 105 : 21, 22 Preek: Die Heilige Gees

Nadere informatie

PREEK Sondag 10 Junie 2007 Ds Freddie Schoeman

PREEK Sondag 10 Junie 2007 Ds Freddie Schoeman PREEK Sondag 10 Junie 2007 Ds Freddie Schoeman Lees Openbaring 21:1 8 Eerste paar verse van hoofstuk 21: Spanning tussen die reeds en die nog nie. Die nuwe Jerusalem, die stad, is besig om neer te daal

Nadere informatie

Jesus se eerste preek op die berg. Hy gee ons onuitspreeklike blydskap.

Jesus se eerste preek op die berg. Hy gee ons onuitspreeklike blydskap. Jesus se eerste preek op die berg. Hy gee ons onuitspreeklike blydskap. Ses groepstudies oor die Saligsprekinge uit Matteus 5 Groepstudie 1 17 Februarie 1. Die bergpredikasie. i. Leer gou almal se name

Nadere informatie

Paulus sê in Gal.2:5 hy het nie vir een oomblik toegegee aan die gelowiges wat probeer het om hom terug te kry in hierdie gemengde Evangelie nie

Paulus sê in Gal.2:5 hy het nie vir een oomblik toegegee aan die gelowiges wat probeer het om hom terug te kry in hierdie gemengde Evangelie nie Fundamentele Genade Inleiding Hierdie is n Reeks boodskappe wat deur Stephen bedien is. Dit is n Reeks van 5 Boodskappe op CD. U is welkom om die hele Reeks te bestel. Geniet hierdie worderlike Goeie Nuus

Nadere informatie

Preek Exodus 23:29-30

Preek Exodus 23:29-30 1 Preek Exodus 23:29-30 (Preek gelewer tydens oggenddiens in Welkom-Noord op Sondag 23 Oktober 2016) Voor die erediens Sing: Psalm 148-1:1,5 Sing: Lied 509:1,2 Sing: Lied 275:1,3,5 Afkondigings Stilte

Nadere informatie

NIe net hier in 1 Korintiers 13 nie, maar in die hele 1 Korintiërs lees ons van al hierdie dinge wat die gemeente van Korinte gedoen het.

NIe net hier in 1 Korintiers 13 nie, maar in die hele 1 Korintiërs lees ons van al hierdie dinge wat die gemeente van Korinte gedoen het. 1 Preek: 1 Korintiërs 13:1-13 Teksverse: 1 Korintiërs 13:7 Tema: Die Heilige Gees rus jou toe om met ware liefde te leef! Inleiding Geliefde gemeente, ons het afgelope Donderdag op n besondere manier aan

Nadere informatie

TEKS: Matteus 5:3 (AV 1933/53) HK 5

TEKS: Matteus 5:3 (AV 1933/53) HK 5 SKRIFLESING: Matteus 5:1-12 TEKS: Matteus 5:3 (AV 1933/53) HK 5 TEMA: Verlossing kom nie uit ons nie. Psalm 138 : 3 Skrifberyming 16 (11-3) : 1, 4 Psalm 146 : 2, 5 Skrifberyming 78 (13-3) Ook: Ps 33 :

Nadere informatie

Preek Efesiërs 4:26. Voor die erediens Sing: Lied 190:1,2,3 Sing: Psalm 4-1:3 Afkondigings Stilte

Preek Efesiërs 4:26. Voor die erediens Sing: Lied 190:1,2,3 Sing: Psalm 4-1:3 Afkondigings Stilte 1 Preek Efesiërs 4:26 (Preek gelewer tydens oggenddiens in Welkom-Noord op Sondag 7 Augustus 2016) (Dit was die tweede preek van n reeks oor die tema Afrigting vir die lewe en gaan oor die vraag: Hoe hanteer

Nadere informatie

SKRIFLESING: 1 Petrus 2:1-10. TEKS: 1 Petrus 2:9. God red sodat ons sal vertel. Psalm 40 : 5. Psalm 4 : 3. Skrifberyming 8 (5-3) : 2.

SKRIFLESING: 1 Petrus 2:1-10. TEKS: 1 Petrus 2:9. God red sodat ons sal vertel. Psalm 40 : 5. Psalm 4 : 3. Skrifberyming 8 (5-3) : 2. SKRIFLESING: 1 Petrus 2:1-10 TEKS: 1 Petrus 2:9 TEMA: God red sodat ons sal vertel. Psalm 40 : 5 Psalm 4 : 3 Skrifberyming 8 (5-3) : 2 Psalm 71 : 9, 14 Skrifberyming 78 (13-3) Ook: Sb 24 (1-1) : 6 2 Waar

Nadere informatie

12. Ek glo in die Heilige Gees Johannes 16:5-7, 12-15

12. Ek glo in die Heilige Gees Johannes 16:5-7, 12-15 1 12. Ek glo in die Heilige Gees Johannes 16:5-7, 12-15 Tema Jesus het die Heilige Gees gestuur om ons te help. Agtergrond en interpretasie Hierdie ontmoeting sluit by die voriges aan. Een artikel van

Nadere informatie

1 JOHANNES 4:20 HK 34:93

1 JOHANNES 4:20 HK 34:93 1 JOHANNES 4:20 HK 34:93 Votum en seën Psalm 134 : 1, 3 [ ons ] Gebed Psalm 27 : 4 Skriflesing: 1 Johannes 4:7-21 (AV 1983) Belydenis: HK 34:93 Teks: 1 Johannes 4:20 (AV 1983) Preek: God se wil is liefde

Nadere informatie

n Dubbele kruis-belydenis

n Dubbele kruis-belydenis 1 n Dubbele kruis-belydenis Dr AH Bogaards Lees: Lk.23:26-49 Teks: Lk.23:42-43 (Nagmaal) Datum: 7 Desember Psalms: Ps.43:3,4; 119:26; 119:27; 25:1,3; 23:1,3; 118 1. Inleiding Laat ons daaraan dink dat

Nadere informatie

Die Here laat ons maai wat ons gesaai het

Die Here laat ons maai wat ons gesaai het SKRIFLESING: Galasiërs 6 TEKS: Galasiërs 6:7-8 TEMA: Die Here laat ons maai wat ons gesaai het Psalm 100 : 1, 3, 4 Psalm 50 : 11 Psalm 91 : 1 (na belydenisaflegging) Psalm 126 : 3 Skrifberyming 33 (2-4)

Nadere informatie

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3 1 Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps. 116... Sb 33:1,3 1 Johannes 3 1Jn 3:1 Kyk wat n groot liefde die Vader aan ons bewys het,

Nadere informatie

Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg

Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg SKRIFLESING: 1 Johannes 2:1-11 TEKS: 1 Johannes 2:6 TEMA: Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg Psalm 9 : 1, 2, 7 Psalm 31 : 13 (na gebed) Skrifberyming 72 (12-3) : 1, 2 Skrifberyming 78 (13-3) Ook:

Nadere informatie

Preektema: God bring ons uit die lykshuis, skenk geloof om te leef tot sy eer! Skriflesing: Efesiërs 2:1-10

Preektema: God bring ons uit die lykshuis, skenk geloof om te leef tot sy eer! Skriflesing: Efesiërs 2:1-10 Preektema: God bring ons uit die lykshuis, skenk geloof om te leef tot sy eer! Skriflesing: Efesiërs 2:1-10 Inleiding Daar bestaan n spreekwoord in Afrikaans: Moenie doekies om draai nie. Praat reguit

Nadere informatie

God laat alles Sy kinders se saligheid bevorder.

God laat alles Sy kinders se saligheid bevorder. SKRIFLESING: Romeine 8:18-30 TEKS: Romeine 8:28 HK 9 TEMA: God laat alles Sy kinders se saligheid bevorder. Psalm 30 : 3, 4 Skrifberyming 33 (2-4) : 1 Psalm 119 : 25 Skrifberyming 78 (13-3) Ook: Sb 52

Nadere informatie

Preek oor: Die spreek in tale

Preek oor: Die spreek in tale 1 Preek oor: Die spreek in tale (Preek gelewer tydens erediens in Welkom-Noord op Sondag 19 Junie 2016) Voor die erediens Sing: Skrifberyming 9-4:1,2,3 Sing: Lied 530:1,2,3 Afkondigings Stilte Tydens die

Nadere informatie

Preektema: Die doop is n genadedaad van God aan sondaarmense.

Preektema: Die doop is n genadedaad van God aan sondaarmense. 1 Preektema: Die doop is n genadedaad van God aan sondaarmense. Vooraf sang Lied 241:1,2; Nuwe Sb: God spreek deur sy Seun vers 1,2 (Mel Lied 271) Intreelied: Lied 151:1,2 Votum Seëngroet Lofsang: Lied

Nadere informatie

n Kind, Jesus, word gebore en word groot (2)

n Kind, Jesus, word gebore en word groot (2) n Kind, Jesus, word gebore en word groot (2) n Kind, Jesus, word gebore en word groot (2) Jan van der Watt DEEL 2[1] DIE VERHALE VAN MATTEUS EN LUKAS Die verhaal van Jesus se geboorte (die kersverhaal)

Nadere informatie

1 KORINTIËRS 3:21-23 HK Sondag 1

1 KORINTIËRS 3:21-23 HK Sondag 1 1 KORINTIËRS 3:21-23 HK Sondag 1 Votum en seën Psalm 30 : 3 Gebed Psalm 30 : 7 Skriflesing: 1 Korintiërs 3:9b-23 (AV 1983/91) Belydenis: HK Sondag 1 Teks: 1 Korintiërs 3:21b-23 (AV 1983/91) Preek: Gelowiges

Nadere informatie

Om makliker saam te dink oor God se goedheid gaan ons weer `n paar handvatsels gee.

Om makliker saam te dink oor God se goedheid gaan ons weer `n paar handvatsels gee. 1 God se goedheid en Abraham 2.10.16 Lees Efesiërs 3:16-21 INLEIDING Ons is besig met `n reeks preke wat handel oor wie God is. Hoe langer ek hiermee besig is, hoe meer kom ek agter dat dit nogal voorbarig

Nadere informatie

God eer Josef die slaaf

God eer Josef die slaaf Bybel vir Kinders bied aan God eer Josef die slaaf Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: M. Maillot; Lazarus Vertaal deur: Yvonne Kriel Aangepas deur: M. Maillot; Sarah S. Storie 8 van 60 www.m1914.org

Nadere informatie

Skriflesing: 2 Tim 2:14-26(word gelees deur gemeentelede uit die banke)

Skriflesing: 2 Tim 2:14-26(word gelees deur gemeentelede uit die banke) Preek 2 Tim 2 : 14-26 Kan jy of kan jy nie? Verwelkoming Votum(Ds. Danie) Seëngroet(Ds. Danie) Lofprysing Gebed Kan jy of kan jy nie? Baie eenvoudige tema, maar het so n wye betekenis. Ek wil vra dat u

Nadere informatie

Simson, God se sterk Man

Simson, God se sterk Man Bybel vir Kinders bied aan Simson, God se sterk Man Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Lyn Doerksen Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

Vertrou. alles HERE OP DIE MET WAT JY HET. MO ENIE STAATMAAK OP JOU EIE INSIGTE NIE. SPREUKE 3:5

Vertrou. alles HERE OP DIE MET WAT JY HET. MO ENIE STAATMAAK OP JOU EIE INSIGTE NIE. SPREUKE 3:5 INLEIDING Ek dink jy sal saamstem dit is nie maklik om vandag jonk te wees nie. Die wêreld waarin ons leef, is n baie des truktiewe wêreld vir die jongmens van vandag. Jongmense het baie energie in hulle

Nadere informatie

Rom 8:1. DAAR is dan nou geen veroordeling vir die wat in Christus Jesus is nie, vir die wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees.

Rom 8:1. DAAR is dan nou geen veroordeling vir die wat in Christus Jesus is nie, vir die wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees. Rom 8:1 DAAR is dan nou geen veroordeling vir die wat in Christus Jesus is nie, vir die wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees. 1 Kor 1:2 aan die gemeente van God wat in Korinthe is, aan die

Nadere informatie

14. Ek glo my sondes word vergewe 1 Johannes 1:5 2:2

14. Ek glo my sondes word vergewe 1 Johannes 1:5 2:2 1 14. Ek glo my sondes word vergewe 1 Johannes 1:5 2:2 Tema Wanneer ons bely dat ons sonde doen, vir God daarvan vertel en sê ons is jammer, verseker Hy ons dat Hy ons sonde vergewe. Agtergrond en interpretasie

Nadere informatie

Grote God, ons bring U eer, ons aanbid U, Koning, Heer. U kom toe die lof alom - U wat was, wat is, wat kom. Voor U buig die skepping neer - U wat

Grote God, ons bring U eer, ons aanbid U, Koning, Heer. U kom toe die lof alom - U wat was, wat is, wat kom. Voor U buig die skepping neer - U wat Grote God, ons bring U eer, ons aanbid U, Koning, Heer. U kom toe die lof alom - U wat was, wat is, wat kom. Voor U buig die skepping neer - U wat ewig sal regeer. L 191:2 Om u troon bring eng'le eer:

Nadere informatie

DOOP: Deel 2 INLYDING:

DOOP: Deel 2 INLYDING: DOOP: Deel 2 INLYDING: Daar is 4 soorte doop waarvan ons lees IN DIE Nuwe Testament: 1. 1 Ko 15:29 Anders, wat sal hulle doen wat hulle vir die dode laat doop, as die dode geheel en al nie opgewek word

Nadere informatie

Preek 2 Timoteus 4:7

Preek 2 Timoteus 4:7 1 Preek 2 Timoteus 4:7 (Preek gelewer tydens oggenddiens in Welkom-Noord op Sondag 25 September 2016) (Dit was die laaste preek van n reeks oor die tema Afrigting vir die lewe) Voor die erediens Sing:

Nadere informatie

Dooppreek Mika Bogaards

Dooppreek Mika Bogaards 1 Dooppreek Mika Bogaards Dr AH Bogaards 26 Junie 2016 Lees: Efesiérs 5:18-21; en 6:1-4 Teks: Efesiërs 5:18 en 6:1-4 Psalms: Ps. 105:1,2; 9:7; 32:1,3; 105:5,6; 84:1,2 1. Inleiding Julle het pas hierdie

Nadere informatie

PAULUS: APOSTEL VIR DIE HEIDENE. Les 1 vir 1 Julie 2017

PAULUS: APOSTEL VIR DIE HEIDENE. Les 1 vir 1 Julie 2017 PAULUS: APOSTEL VIR DIE HEIDENE Les 1 vir 1 Julie 2017 Paulus is die skrywer van die brief aan die Galasiërs. Hy het homself so voorgestel: "My lewe dan van my jeug af, wat van die begin af deurgebring

Nadere informatie

God bly met u, waar u ook mag gaan. Mag sy Gees u lei en heilig en u altyddeur beveilig. God bly met u, waar u ook mag gaan

God bly met u, waar u ook mag gaan. Mag sy Gees u lei en heilig en u altyddeur beveilig. God bly met u, waar u ook mag gaan God bly met u, waar u ook mag gaan. Mag sy Gees u lei en heilig en u altyddeur beveilig. God bly met u, waar u ook mag gaan L 269:2 God bly met u, waar u ook mag gaan. Deur sy sterke hand behoed Hy, daagliks

Nadere informatie

Gereformeerde Kerk Bloempark Die Almagtige God is die Alfa en die Omega!

Gereformeerde Kerk Bloempark Die Almagtige God is die Alfa en die Omega! Preek: Openbaring 1 Fokus: Openbaring 1:8,17 Gereformeerde Kerk Bloempark Die Almagtige God is die Alfa en die Omega! Inleiding Geliefde gemeente, ons het die boek Openbaring nodig net soos die eerste

Nadere informatie

Bybel vir Kinders. bied aan. Totsiens Farao!

Bybel vir Kinders. bied aan. Totsiens Farao! Bybel vir Kinders bied aan Totsiens Farao! Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Lyn Doerksen Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

DIE BRIEF AAN FILEMON

DIE BRIEF AAN FILEMON DIE BRIEF AAN FILEMON Inleiding Hierdie brief maak saam met die briewe aan die Efesiërs, Filippense en Kolossense die viertal geskrifte uit wat bekend staan as Paulus se gevangenskapsbriewe. By twee geleenthede

Nadere informatie

Preek Jeremia 14:11-12 en Jeremia 15:1

Preek Jeremia 14:11-12 en Jeremia 15:1 1 Preek Jeremia 14:11-12 en Jeremia 15:1 (Preek tydens erediens in Gereformeerde Kerk Welkom-Noord op Sondag 7 Mei 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff Voor die erediens Sing: Lied 281:1,2,3 Sing: Lied

Nadere informatie

VERSPREI GOD SE LIEFDE (2) VERTEL ANDER VAN GOD SE LIEFDE 13 Augustus 2006, Ds Freddie Schoeman

VERSPREI GOD SE LIEFDE (2) VERTEL ANDER VAN GOD SE LIEFDE 13 Augustus 2006, Ds Freddie Schoeman VERSPREI GOD SE LIEFDE (2) VERTEL ANDER VAN GOD SE LIEFDE 13 Augustus 2006, Ds Freddie Schoeman Die basis van ons verhouding met ander is dieselfde as die basis van ons verhouding met God en mekaar: GENADE.

Nadere informatie

Daar is vandag n tendens onder baie Christene om die Joodse Feeste en die sabbat te hou. Daar is Joodse gemeentes in Christus wat nie Christene

Daar is vandag n tendens onder baie Christene om die Joodse Feeste en die sabbat te hou. Daar is Joodse gemeentes in Christus wat nie Christene DIE JOODSE FEESTE Lev.23:1-3 Moet ons as Christene ook die Joodse feeste hou? Is hierdie Ou Testamentiese Feeste ook verpligtend onder die Nuwe Testament? Of kan ons kies of ons dit wil hou? Of moet ons

Nadere informatie

MEKAAR-TEKSTE IN DIE BYBEL

MEKAAR-TEKSTE IN DIE BYBEL MEKAAR-TEKSTE IN DIE BYBEL Die tweede element van ons gemeentevisie is dat ons n hegte en insluitende geloofsfamilie sal wees. Hierdie reeks fokus op hierdie uiters belangrike deel van dissipelskap: Hoe

Nadere informatie

Die betekenis van die doop

Die betekenis van die doop Die betekenis van die doop Die betekenis van die doop Francois Malan Thys vra: Wat is die betekenis, doel en verskil m.b.t. die Gelowige Doop, die Heilige doop, die klein(kinder/baba) doop, die groot(volwasse

Nadere informatie

Gereformeerde Kerk Strand Openbaring reeks (1)

Gereformeerde Kerk Strand Openbaring reeks (1) Gereformeerde Kerk Strand Openbaring reeks (1) Preek: Openbaring 1 Fokus: Openbaring 1:8,17 Liturgie Votum Seën Genade en vrede vir julle van Hom wat is en wat was en wat kom, en van die sewe Geeste voor

Nadere informatie

Vir hierdie herontdekking het die Here veral vir Martin Luther gebruik.

Vir hierdie herontdekking het die Here veral vir Martin Luther gebruik. ROMEINE 14:8 Votum Seën Psalm 46 : 1, 4 Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 32 : 3 Formulier vir die Bediening van die Heilige Doop aan Kinders Psalm 68 : 9 (na doop)

Nadere informatie

KOPIEREG 2002 ALLE REGTE VOORBEHOU

KOPIEREG 2002 ALLE REGTE VOORBEHOU KOPIEREG 2002 ALLE REGTE VOORBEHOU Geen deel van hierdie publikasie mag reproduseer of vermenigvuldig word in enige vorm of deur enige medium elektronies, meganies, fotografies of enige ander vorm van

Nadere informatie

6. Ek glo in Jesus Christus Johannes 3:16-18 en Matteus 1:18-25

6. Ek glo in Jesus Christus Johannes 3:16-18 en Matteus 1:18-25 1 6. Ek glo in Jesus Christus Johannes 3:16-18 en Matteus 1:18-25 Tema Ons glo in Jesus Christus, die God-mens, ons Here wat ons verlos. Agtergrond en interpretasie Ons is besig om oor die Apostoliese

Nadere informatie

SKRIFLESING: Johannes 4:1-30. TEKS: Johannes 4:10. Die Here les mense se diepste dors. Psalm 84 : 2, 3. Psalm 139 : 1, 3. Skrifberyming 6 (5-1) : 5

SKRIFLESING: Johannes 4:1-30. TEKS: Johannes 4:10. Die Here les mense se diepste dors. Psalm 84 : 2, 3. Psalm 139 : 1, 3. Skrifberyming 6 (5-1) : 5 SKRIFLESING: Johannes 4:1-30 TEKS: Johannes 4:10 TEMA: Die Here les mense se diepste dors Psalm 84 : 2, 3 Psalm 139 : 1, 3 Skrifberyming 6 (5-1) : 5 Skrifberyming 9 (18-1) : 1, 6 Skrifberyming 78 (13-3)

Nadere informatie

Ons hoor graag wat jy dink van hierdie boek! Gaan na soek hierdie titel en kliek op resensies. Of praat saam op Facebook by

Ons hoor graag wat jy dink van hierdie boek! Gaan na  soek hierdie titel en kliek op resensies. Of praat saam op Facebook by Ons hoor graag wat jy dink van hierdie boek! Gaan na www.cumuitgewers.co.za, soek hierdie titel en kliek op resensies. Of praat saam op Facebook by ChristelikeBoekeSA. Inhoudsopgawe Voorwoord... 7 Inleiding...

Nadere informatie

Dankoffersondag met Nagmaal 4 November

Dankoffersondag met Nagmaal 4 November Dankoffersondag met Nagmaal 4 November Ek begin diens met afkondigings, votum, seëngroet Votum: Ons het ondervind dat die Here goed is. Kom na Hom toe, die lewende steen, wat deur die mense afgekeur is,

Nadere informatie