Preek 2 oor gesag (vyfde gebod)

Save this PDF as:
 WORD  PNG  TXT  JPG

Maat: px
Weergave met pagina beginnen:

Download "Preek 2 oor gesag (vyfde gebod)"

Transcriptie

1 Preek 2 oor gesag (vyfde gebod) (Preek gelewer tydens gesamentlike erediens van Geref. Kerke Welkom en Welkom-Noord op Sondag 13 Augustus 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff Voor die erediens Sing: Lied 475:1,2 Sing: Lied 550 Afkondigings Stilte Erediens: Toetredelied: Psalm 118-2:5 Votum Groetseën Lofprysing: Psalm 118-2:7,8 Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels Die Wet van die Here: Skrifberyming 9-1:1-10 Sing: Skrifberyming 9-1:11 Gebed Skriflesing: Johannes 13:1-17, Efesiërs 5:23 en Efesiërs 5:25-30 Sing: Lied 530:1,2,3 Fokus: Johannes 13:13-15 en Efesiërs 5:23 Preek: Tema: Oefen gesag dienend uit. Gebed Diens van barmhartigheid Sing: Psalm 128-1:1,4 Wegstuurseën Amen: Skrifberyming Preek: Geliefdes in ons Here Jesus Christus As jy kinders het, het jy gesag oor hulle. Jy is hulle pa of ma. As jy n tuinier of huiswerker het, het jy gesag oor hulle. Jy is hulle werkgewer. So staan elkeen van ons êrens in n gesagsposisie. In die preek tydens verlede Sondag se erediens het ek gesê dat baie mense wat gesag moet uitoefen, dit nie meer reg doen nie of nie meer weet hoe om dit te doen nie. Weens

2 groot veranderings in die wêreld het baie van dié wat gesag moet uitoefen, onseker geword oor wat hulle rol as gesagsdraers is en hoe hulle hulle rol as gesagsdraers moet uitoefen. Vandag se preek gaan oor hoe ons gesag moet uitoefen. Dit gaan oor hoe ons moet optree teenoor dié wat onder ons gestel is. Ons gaan aandag gee aan die voorbeeld wat ons Here Jesus Christus gestel het en dan gaan ons dit toepas op die huwelik. Heel eerste dan: Wat is die voorbeeld wat ons Here Jesus Christus gestel het? Hoe het Hy gesag uitgeoefen? In Johannes 13:1-17 word vertel hoe Jesus sy dissipels se voete gewas het. Destyds was daar nog nie karre soos wat ons vandag het nie. As mense êrens heen wou gaan, het hulle meestal gestap en dít met sandale op stowwerige grondpaaie. Daarom was dit die gebruik dat die gasheer sorg dat al sy gaste se voete eers gewas word, voordat daar saam geëet word. Een van die gasheer se slawe moes gewoonlik die werk doen om al die gaste se voete te was. Veral die minder goeie slawe, daardie slawe wat eintlik vir niks anders goed was nie, moes hierdie werk doen. Toe Jesus sy dissipels se voete gewas het, het Hy dus die werk van n slaaf gedoen. Hy het sy dissipels gedien. En dit terwyl Hy eintlik hulle Here is en hulle sy diensknegte is! Hoor wat staan in Johannes 13:13 (1983/92-Vertaling): Julle noem My julle Leermeester en Here, en julle is reg, want Ek is dit. Jesus is hulle meerdere by verre! Tog is dit nie hulle wat Jesus se voete was nie, maar Jesus wat hulle voete was. Toe Jesus sy dissipels se voete gewas het, was dit n geval van n gesagsdraer wat sy onderdane gedien het. Hoor nou wat staan in Johannes 13:14-15 (1983/92-Vertaling): As Ek, wat julle Here en Leermeester is, dan julle voete gewas het, behoort julle ook mekaar se voete te was. Ek het vir julle n voorbeeld gestel, en soos Ek vir julle gedoen het, moet julle dit ook doen. Die voorbeeld wat ons Here Jesus Christus vir ons gestel het, is om gesag uit te oefen deur te dien. Hy, wat Koning oor alles en almal is, het na die wêreld toe gekom om te dien. Hy, wat ons Here en ons God is, het Homself opgeoffer om ter wille van ons te sterf. Hy, wat die Hoof van die kerk is, het liefde en genade aan sy kerk bedien. Dienaarsliefde dít is wat ons by ons Here Jesus Christus leer oor hoe ons gesag moet uitoefen! Dit beteken nie dat ons, wanneer ons in gesagsposisies is, nie streng mag wees nie of nie reëls mag afdwing nie. Nee, wanneer jy in n gesagsposisie is, hét jy n sê oor die mense wat onder jou is. Jy hét die reg om vir hulle te sê wat om te doen en wat om nie te doen nie. Jy hét die reg om vir hulle reëls te gee en jy hét die reg om die reëls af te dwing. Jy hét die reg om hulle straf, as hulle nie na jou wil luister nie, en jy hét die reg om hulle te prys of te beloon, as hulle na jou luister. Onthou dat gesag deur God daargestel is om tot ons voordeel te wees. Dit is sodat daar orde in die samelewing kan wees. As jy nie streng genoeg is nie of nie straf wanneer jy moet straf nie, is dit tot almal se nadeel. Dit is tot nadeel van die een wat verkeerd doen en dit is tot nadeel van diegene wat jou in die gesagsposisie aangestel het. Oefen daarom

3 die gesag uit wat aan jou gegee is. Doen dit in n gesindheid van liefde. Wees ferm, maar wees ook redelik en regverdig en billik. In Kolossense 4:1 sê die Here vir ons (1983/92- Vertaling): Eienaars, behandel julle slawe reg en billik in die wete dat julle ook onder iemand staan, onder die Here in die hemel. Om in n gesagsposisie te staan, beteken eintlik om te dien as jy mooi daaraan dink. n Pa en n ma (wat in n gesagsposisie teenoor hulle kinders staan) sien om na hulle kinders se behoeftes. Hulle bedien hulle kinders met sorg en liefde. Mense in leiersposisies is daar om te dien. n Regering is daar om sy landsburgers te dien. Munisipaliteite is daar om die gemeenskap te dien. Wat die wêreld (en spesifiek ons land) nodig het, is dat mense in gesagsposisies weer terugkeer na die eintlike rede hoekom hulle in die gesagsposisies is, naamlik om te dien. Ongelukkig gebeur die teenoorgestelde te veel, naamlik dat mense wat in gesagsposisies is, hulle posisie misbruik om hulleself te dien. Daar is in ons nasionale regering, in ons provinsiale regering en in ons plaaslike regering net te veel mense wat hulleself wil verryk. Ook buite die staat is daar te veel mense wat hulle posisie en mag misbruik. Dit is nodig dat ons weer die dienaarsliefde van ons Here Jesus Christus herontdek, met alles wat dit inhou, én dat ons daarvolgens optree ook in die wyse waarop ons gesag uitoefen. Kom ons pas dit nou toe op die huwelik. In Efesiërs 5:23 staan daar (1983/92-Vertaling): Die man is die hoof van die vrou, soos Christus die hoof van die kerk is. Christus is ook die Verlosser van die liggaam, sy kerk. Die verhouding tussen n man en n vrou is soos die verhouding tussen Christus en die kerk. Die man moet teenoor sy vrou optree soos wat Christus teenoor sy kerk optree. Hoe tree Christus teenoor sy kerk op? Voetewassend met dienaarsliefde! Die man se hoofskap beteken dat Hy met Christus se dienaarsliefde teenoor sy vrou optree. Dít is die aard van Christus se Hoofskap oor sy kerk en dit moet die aard van elke man se hoofskap oor sy vrou wees. Die man se hoofskap beteken nie dat hy baasspeel oor sy vrou nie, maar dat hy haar bedien met Christus se dienaarsliefde. Hoor nou wat staan in Efesiërs 5:25 (1983/92-Vertaling): Mans, julle moet julle vrouens liefhê soos Christus die kerk liefgehad en sy lewe daarvoor afgelê het. Hoor julle? Die man moet sy vrou liefhê. Hoe? Met watter liefde? Soos Christus die kerk liefgehad het! Met Christus se dienaarsliefde! Waarin bestaan Christus se dienaarsliefde? Dit bestaan daarin dat Christus sy lewe vir sy kerk afgelê het. Hy het Homself vir sy kerk opgeoffer. Die man moet sy vrou liefhê deur vir haar op te offer. Dít is die aard van die man se hoofskap. Mense in gesagsposisies is daar om leiding te neem. So behels die man se hoofskap ook dat hy leiding moet neem. Leiding moet neem waarin? In die gee van liefde! Dink n bietjie: Waar kom die liefde tussen Christus en die kerk vandaan? Van Christus af. Wie het die leiding geneem in die gee van liefde? Christus of die kerk? Christus! Hy het eerste liefgehad. Dit is Hy wat die leiding geneem het. Dit is Hy wat ons eerste so

4 uitnemend liefgehad het. Net so is dit die man se werk as hoof om die leiding te neem in die gee van liefde. As daar nie liefde in n huwelik is nie, moet ons nie die fout eerste by die vrou gaan soek nie. Nee, as daar nie liefde in n huwelik is nie, moet ons die fout eerste by die man gaan soek. Kyk na die Engelse woord husband. Dit bestaan uit twee dele: hus (house) en band. Dit wil sê: Band of the house. Dit sê alles. Die man is die band van die huis, wat alles bymekaar hou. Hy hou alles bymekaar deur die band van liefde, deur die leiding te neem in die gee van liefde. Behalwe dat die man as hoof die leiding moet neem in die gee van liefde, moet sy liefde vir sy vrou konstruktief en opbouend wees. Hoor wat staan in Efesiërs 5:26-27 (1983/92- Vertaling): Dit het Hy gedoen om die kerk aan God te wy, nadat Hy dit met die water en die woord gereinig het, sodat Hy die kerk in volle heerlikheid by Hom kan neem, sonder vlek of rimpel of iets dergeliks, heilig en onberispelik. Christus se liefde vir sy kerk, en sy opoffering om sy lewe vir sy kerk af te lê, was om die kerk te heilig. Dit was om die kerk in volle heerlikheid by Hom te neem. Dit was sodat sy kerk sonder vlek of rimpel kan wees. Net so moet die man se hoofskap sy vrou opbou en nie afbreek nie. Die man moet sy vrou opbou, sodat sy kan groei en ontwikkel as gelowige. Die man moet dit doen deur aan sy vrou geestelike leiding en emosionele leiding te gee. Die man se hoofskap behels ook dat hy sy vrou moet koester. Hoor wat staan in Efesiërs 5:28-30 (1983/92-Vertaling): Die mans behoort hulle vrouens so lief te hê soos hulle eie liggame. Wie sy vrou liefhet, het homself lief, want niemand het nog ooit sy eie liggaam gehaat nie. Inteendeel, hy voed en versorg dit, soos Christus met sy kerk doen omdat dit sy liggaam is, waarvan ons lede is. Die man moet sy vrou voed en versorg soos Christus dit met sy kerk doen. Hierdie voed en versorg is baie meer as net te sorg dat sy kos en klere en n dak oor haar kop het. Dit is ook om haar geestelik en emosioneel ensovoorts te voed en te versorg. Ons kan dit vergelyk met houers wat volgemaak moet word. Daar is die houer vir die vrou se fisiese, materiële behoeftes (kos, klere, ensovoorts). Daar is die houer vir die vrou se behoefte aan liefde (haar liefdestenk). Daar is die houer vir die vrou se geestelike behoeftes. Daar is die houer vir die vrou se emosionele behoeftes. Daar is die houer vir die vrou se behoefte aan kameraadskap, ensovoorts. As die man nou net aan haar fisiese, materiële behoeftes (kos, klere, ensovoorts) aandag gee, dan het hy slegs 20% van haar totale behoeftes aangespreek. Sê nou die man is werkloos met die gevolg dat hy niks kan gee vir sy vrou se fisiese, materiële behoeftes nie, maar hy kry dit reg om net die helfte van elkeen haar ander behoeftes aan te spreek, het hy dubbeld soveel van haar totale behoeftes aangespreek as die man wat net aan sy vrou se fisiese, materiële aandag gegee het.

5 Manwees gaan oor veel meer as net om die broodwinner te wees. Dit gaan ook en veral daaroor om as hoof van die vrou die leiding te neem in die gee van liefde en om geestelike en emosionele leiding te gee, ensovoorts. Ons leef in n tyd waar die vrou soms die broodwinner is. Daarby is werk skaars en word al meer mans werkloos. Die gevolg is dat baie mans nie meer weet wat hulle rol as hoof van die vrou is nie. Een van die redes waarom mans dan n identiteitskrisis beleef, is omdat mans hulleself net meet aan hoe goed hulle vir hulle vrou op materiële gebied sorg. As hulle op materiële gebied goed vir hulle vrou sorg, dan is hulle n goeie man. Nee, dit is maar net 20% van die prentjie. Ware manwees beteken om ook jou vrou se ander behoeftes aan te spreek. Ware manwees beteken om die leier te wees in die gee van liefde, om geestelike en emosionele leiding te gee, om jou vrou op te bou en te koester. Geen mens kan iets gee wat hy nie het nie. Geen man kan nie die leier in die gee van liefde wees, as hy nie liefde het om te gee nie. Geen man kan geestelike leiding gee, as hy nie geestelik daarvoor toegerus is nie. Geen man kan emosionele leiding gee, as hy self nie emosioneel toegerus is om dit te doen nie. Daarom, liewe broers, julle moet sorg dat julle as hoof van julle vroue die nodige liefde en geestelike en emosionele rypheid kry om dit vir julle vroue te kan gee. Waar kry julle dit? By God! In sy Woord, onder leiding van sy Gees. As jy vér van God af en vér van sy Woord af leef, sal julle dit nooit hê nie en sal julle nooit op die regte manier hoof van julle vroue kan wees nie. n Ware man, n man uit een stuk, is n man wat deur die Gees beheer word. n Man wat deur die Gees beheer word, is n man wat uit die Woord leef, want die Gees en die Woord gaan saam. Back to basics! Terug na die Fontein! Terug na die Woord! Terug na mans wat naby God en sy Woord leef! Terug na mans wat besef dat hulle werk as hoof van die vrou baie meer is as om net die broodwinner te wees. Terug na mans wat, omdat hulle naby God en sy Woord leef, toegerus is om leiers te wees in die gee van liefde, mans wat toegerus is om geestelike en emosionele leiding aan hulle vroue te gee en hulle vroue te koester. Dít is wat vandag nodig is! Amen.

Preek 1 oor gesag (vyfde gebod)

Preek 1 oor gesag (vyfde gebod) 1 Preek 1 oor gesag (vyfde gebod) (Preek gelewer tydens gesamentlike erediens van Geref. Kerke Welkom en Welkom-Noord op Sondag 6 Augustus 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff Voor die erediens Sing: Lied

Nadere informatie

Preek Romeine 1:16-17

Preek Romeine 1:16-17 1 Preek Romeine 1:16-17 (Preek gelewer tydens erediens in Welkom-Noord op Sondag 19 Februarie2017) Prediker: Ds JL van der Schyff Voor die erediens Sing: Lied 255:1,2,3 Sing: Psalm 119-1:39 Sing: Psalm

Nadere informatie

Preek Romeine 11:36. (Preek gelewer tydens erediens in Welkom-Noord op Sondag 26 Maart 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff

Preek Romeine 11:36. (Preek gelewer tydens erediens in Welkom-Noord op Sondag 26 Maart 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff 1 Preek Romeine 11:36 (Preek gelewer tydens erediens in Welkom-Noord op Sondag 26 Maart 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff Voor die erediens Sing: Psalm 150-1:1,2,3 Sing: Psalm 99-1:1,2,5 Sing: Psalm

Nadere informatie

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL Votum en seën Psalm 118 : 2 Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1933/53) Psalm 4 : 3 Gebed Skriflesing: Johannes 19:17-27 (AV 1933/53) Teks: Johannes 19:26-27

Nadere informatie

Preek Genesis 1:27. (Preek gelewer tydens oggenddiens in Welkom-Noord op Sondag 6 November 2016)

Preek Genesis 1:27. (Preek gelewer tydens oggenddiens in Welkom-Noord op Sondag 6 November 2016) 1 Preek Genesis 1:27 (Preek gelewer tydens oggenddiens in Welkom-Noord op Sondag 6 November 2016) Voor die erediens Sing: Lied 447:1 Sing: Lied 456:1,3 Afkondigings Stilte Ontmoetingsdiens: Toetredelied:

Nadere informatie

Preek Handelinge 15:11 en Efesiërs 2:8

Preek Handelinge 15:11 en Efesiërs 2:8 1 Preek Handelinge 15:11 en Efesiërs 2:8 (Preek gelewer tydens erediens in Welkom-Noord op Sondag 5 Maart 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff Voor die erediens Sing: Lied 203:1,2 Sing: Lied 231:1,2,3

Nadere informatie

Preek Efesiërs 4:26. Voor die erediens Sing: Lied 190:1,2,3 Sing: Psalm 4-1:3 Afkondigings Stilte

Preek Efesiërs 4:26. Voor die erediens Sing: Lied 190:1,2,3 Sing: Psalm 4-1:3 Afkondigings Stilte 1 Preek Efesiërs 4:26 (Preek gelewer tydens oggenddiens in Welkom-Noord op Sondag 7 Augustus 2016) (Dit was die tweede preek van n reeks oor die tema Afrigting vir die lewe en gaan oor die vraag: Hoe hanteer

Nadere informatie

Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg

Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg SKRIFLESING: 1 Johannes 2:1-11 TEKS: 1 Johannes 2:6 TEMA: Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg Psalm 9 : 1, 2, 7 Psalm 31 : 13 (na gebed) Skrifberyming 72 (12-3) : 1, 2 Skrifberyming 78 (13-3) Ook:

Nadere informatie

Preek Romeine 6:3-4. (Preek tydens erediens in Gereformeerde Kerk Welkom-Noord op Sondag 25 Junie 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff

Preek Romeine 6:3-4. (Preek tydens erediens in Gereformeerde Kerk Welkom-Noord op Sondag 25 Junie 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff 1 Preek Romeine 6:3-4 (Preek tydens erediens in Gereformeerde Kerk Welkom-Noord op Sondag 25 Junie 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff Voor die erediens Sing: Skrifberyming 8-3 Sing: Lied 510:1,2,3,4

Nadere informatie

Paulus kritiseer sy tyd se manier

Paulus kritiseer sy tyd se manier . Datum: 25 Mei 2011 Oorspronklike artikel in Beeld. Kyk ook: - Vrouens en Hoede ********** Paulus kritiseer sy tyd se manier Paulus beveel nie die vroue om aan hul mans onderdanig te wees nie, hy kritiseer

Nadere informatie

1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80

1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80 1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80 Votum en seën Psalm 23 : 1, 3 Gebed Skriflesing: 1 Korintiërs 10:1-13 (AV 1983) Belydenis: HK 29:78-30:80 Teks: 1 Korintiërs 10:4 Psalm 105 : 21, 22 Preek: Die Heilige Gees

Nadere informatie

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun SKRIFLESING: Johannes 1:1-18 TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13 TEMA: God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun Psalm 45 : 1, 2, 3 Psalm 72 : 6 Skrifberyming 33 (2-4) : 1 Skrifberyming 78 (13-3) 2 Dat ons kinders

Nadere informatie

n Tempel Leier besoek Jesus

n Tempel Leier besoek Jesus Bybel vir Kinders bied aan n Tempel Leier besoek Jesus Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Byron Unger; Lazarus Aangepas deur: M. Maillot; Sarah S. Vertaal deur: Yvette Brits Vervaardig deur: Bible

Nadere informatie

Christen-mans wys Christus se liefde in hulle huwelike.

Christen-mans wys Christus se liefde in hulle huwelike. SKRIFLESING: Efesiërs 5:21-33 TEKS: Efesiërs 5:25, 28 TEMA: Christen-mans wys Christus se liefde in hulle huwelike. Psalm 2 : 6 Psalm 90 : 4 Skrifberyming 21 (9-4) : 1, 4 Psalm 128 : 2, 3 Skrifberyming

Nadere informatie

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

DIE VLEUELS VAN GEBED (9) DIE VLEUELS VAN GEBED (9) DIE VLEUELS VAN GEBED (9) Jan van der Watt Dankie Here! Dankie sê is om jou skuld te betaal. In die tyd van die Bybel was dankie sê iets anders as vandag. Vandag is dankie n woord

Nadere informatie

Preek oor: Wat doen die Heilige Gees? Die Heilige Gees laat die wedergeboorte plaasvind

Preek oor: Wat doen die Heilige Gees? Die Heilige Gees laat die wedergeboorte plaasvind 1 Preek oor: Wat doen die Heilige Gees? Die Heilige Gees laat die wedergeboorte plaasvind (Preek gelewer tydens erediens in Welkom-Noord op Sondag 29 Mei 2016) Voor die erediens Sing: Psalm 71-1:1,9,12

Nadere informatie

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra SKRIFLESING: Romeine 12:1-8 TEKS: Romeine 12:1-2 HK 49 TEMA: Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra Psalm 103 : 10, 11 Skrifberyming 28 (10-1) : 1, 2 Psalm 119 : 11 Skrifberyming 78 (13-3)

Nadere informatie

1 JOHANNES 4:20 HK 34:93

1 JOHANNES 4:20 HK 34:93 1 JOHANNES 4:20 HK 34:93 Votum en seën Psalm 134 : 1, 3 [ ons ] Gebed Psalm 27 : 4 Skriflesing: 1 Johannes 4:7-21 (AV 1983) Belydenis: HK 34:93 Teks: 1 Johannes 4:20 (AV 1983) Preek: God se wil is liefde

Nadere informatie

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22 1 BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22 Die sekerheid dat jy 'n kind van God is, is nie die einde van die pad nie maar die begin daarvan. Nou word dit moontlik om as gelowiges te groei. Maar waarheen lei

Nadere informatie

Goeie Konings, Slegte Konings

Goeie Konings, Slegte Konings Bybel vir Kinders bied aan Goeie Konings, Slegte Konings Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Lazarus Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

toegewy aan God ross os s v an v nieker i k

toegewy aan God ross os s v an v nieker i k toegewy aan God ross van niekerk goddelike nageslag hoe verseker ons dit? 1. modelleer. 2. liefde. 3. instruksie. 4. dissipline. 5. meedeling. psalm 127:3 Kyk, kinders is n erfdeel van die HERE; die vrug

Nadere informatie

Die Groot Gebod dennis de wet

Die Groot Gebod dennis de wet Die Groot Gebod dennis de wet Die Groot Gebod Meester, wat is die groot gebod in die wet? En Jesus antwoord hom: Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand.

Nadere informatie

Pragtige Koningin Ester

Pragtige Koningin Ester Bybel vir Kinders bied aan Pragtige Koningin Ester Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Vertaal deur: Gert Badenhorst Aangepas deur: Ruth Klassen Storie 30 van 60 www.m1914.org Bible

Nadere informatie

Preek Genesis 15:5. (Preek gelewer tydens erediens in Welkom-Noord op Sondag 8 Januarie 2017)

Preek Genesis 15:5. (Preek gelewer tydens erediens in Welkom-Noord op Sondag 8 Januarie 2017) 1 Preek Genesis 15:5 (Preek gelewer tydens erediens in Welkom-Noord op Sondag 8 Januarie 2017) Voor die erediens Sing: Lied 464:1,2 Sing: Psalm 67-2:1,3 Afkondigings Stilte Tydens die erediens: Votum Groetseën

Nadere informatie

MATTEUS 7:12. Votum en seën. Psalm 34 : 2, 4. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 4 : 3.

MATTEUS 7:12. Votum en seën. Psalm 34 : 2, 4. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 4 : 3. MATTEUS 7:12 Votum en seën Psalm 34 : 2, 4 Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 4 : 3 Gebed Skrifberyming 53 (14-3) : 4 Skriflesing: Matteus 7:7-23 (AV 1983/91) Teks:

Nadere informatie

God eer Josef die slaaf

God eer Josef die slaaf Bybel vir Kinders bied aan God eer Josef die slaaf Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: M. Maillot; Lazarus Vertaal deur: Yvonne Kriel Aangepas deur: M. Maillot; Sarah S. Storie 8 van 60 www.m1914.org

Nadere informatie

Galasiërs 6:11. Kyk met watter groot letters ek met my eie hand aan julle skrywe! (Galasiërs 6:11)

Galasiërs 6:11. Kyk met watter groot letters ek met my eie hand aan julle skrywe! (Galasiërs 6:11) Les 14 vir 30 September 2017 Paulus se slotrede is eintlik 'n oproep tot die Galasiërs. Paulus was soos 'n herder wat vir sy kudde sorg. Hy wou die waarhede van die geloof in die Galasiërs se gedagtes

Nadere informatie

Bybel vir Kinders. bied aan. Ryk man, Arm man

Bybel vir Kinders. bied aan. Ryk man, Arm man Bybel vir Kinders bied aan Ryk man, Arm man Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: M. Maillot; Lazarus Aangepas deur: M. Maillot; Sarah S. Vertaal deur: Yvette Brits Vervaardig deur: Bible for Children

Nadere informatie

Jesus Christus se opstanding maak ons lewens sinvol

Jesus Christus se opstanding maak ons lewens sinvol SKRIFLESING: 1 Korintiërs 15:1-20 TEKS: 1 Korintiërs 15:20a TEMA: Jesus Christus se opstanding maak ons lewens sinvol Psalm 33 : 2 Psalm 33 : 11 Skrifberyming 10 (5-4) : 1, 2 Ook: Sb 27 : 1, 3 1 Weet u

Nadere informatie

Preek oor: Die spreek in tale

Preek oor: Die spreek in tale 1 Preek oor: Die spreek in tale (Preek gelewer tydens erediens in Welkom-Noord op Sondag 19 Junie 2016) Voor die erediens Sing: Skrifberyming 9-4:1,2,3 Sing: Lied 530:1,2,3 Afkondigings Stilte Tydens die

Nadere informatie

God se liefde vat ons vrees vir Sy oordeel weg

God se liefde vat ons vrees vir Sy oordeel weg SKRIFLESING: 1 Johannes 4:7-21 TEKS: 1 Johannes 4:17-18 TEMA: God se liefde vat ons vrees vir Sy oordeel weg Psalm 48 : 1 Psalm 99 : 1, 4 Psalm 103 : 6 (na doop) Psalm 43 : 3 Skrifberyming 10 (5-4) : 1,

Nadere informatie

Preek 1 Petrus 2:9-12

Preek 1 Petrus 2:9-12 1 Preek 1 Petrus 2:9-12 (Preek tydens erediens in Gereformeerde Kerk Welkom-Noord op Sondag 11 Junie 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff Voor die erediens: Sing: Lied 308:1,2,3,5 Sing: Lied 309:1,2,3

Nadere informatie

PREEK Sondag 10 Junie 2007 Ds Freddie Schoeman

PREEK Sondag 10 Junie 2007 Ds Freddie Schoeman PREEK Sondag 10 Junie 2007 Ds Freddie Schoeman Lees Openbaring 21:1 8 Eerste paar verse van hoofstuk 21: Spanning tussen die reeds en die nog nie. Die nuwe Jerusalem, die stad, is besig om neer te daal

Nadere informatie

Verootmoediging en Gebed vir Gendergeweld deur Rethie van Niekerk

Verootmoediging en Gebed vir Gendergeweld deur Rethie van Niekerk 1 Verootmoediging en Gebed vir Gendergeweld deur Rethie van Niekerk VERWELKOMING Ons land is op baie maniere stukkend. Op maniere wat ons almal seermaak. Daarom wil ons graag vanjaar periodiek so saamkom

Nadere informatie

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3 1 Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps. 116... Sb 33:1,3 1 Johannes 3 1Jn 3:1 Kyk wat n groot liefde die Vader aan ons bewys het,

Nadere informatie

Skriflesing: 2 Tim 2:14-26(word gelees deur gemeentelede uit die banke)

Skriflesing: 2 Tim 2:14-26(word gelees deur gemeentelede uit die banke) Preek 2 Tim 2 : 14-26 Kan jy of kan jy nie? Verwelkoming Votum(Ds. Danie) Seëngroet(Ds. Danie) Lofprysing Gebed Kan jy of kan jy nie? Baie eenvoudige tema, maar het so n wye betekenis. Ek wil vra dat u

Nadere informatie

23. Reëls vir die pad die padgebruikers

23. Reëls vir die pad die padgebruikers 23. Reëls vir die pad die padgebruikers Oorhoofse tema Die Here is saam met ons op pad. As die Padmaker het Hy vir ons tien padreëls of lewensreëls gegee sodat ons elke dag daarvolgens kan leef. Die eerste

Nadere informatie

Soos n wildsbok wat smag na water Smag my siel na u o Heer U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer SOOS N WILDSBOK

Soos n wildsbok wat smag na water Smag my siel na u o Heer U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer SOOS N WILDSBOK Soos n wildsbok wat smag na water Smag my siel na u o Heer U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer SOOS N WILDSBOK U alleen is my krag en skild Aan U alleen wy ek nou myself U alleen is

Nadere informatie

Gereformeerde Kerk Bloempark Die Drie-eenheid (Sondag 8)

Gereformeerde Kerk Bloempark Die Drie-eenheid (Sondag 8) Gereformeerde Kerk Bloempark Die Drie-eenheid (Sondag 8) Teks: Verskeie & HK Sondag 8 Inleiding Geliefdes, die Drie-eenheid van God is seker van die meeste moeilike dinge om te verstaan, en gewoonlik van

Nadere informatie

Wat beteken "Christus is die einde van die wet" (Romeine 10:4)?

Wat beteken Christus is die einde van die wet (Romeine 10:4)? Les 11 vir 16 Desember 2017 Wat beteken "Christus is die einde van die wet" (Romeine 10:4)? Christus is die doel of die eindebestemming van die wet. Christus is die vervulling van die wet. Christus is

Nadere informatie

Jesus - Die Grootste Geskenk van Alle Tye - Reformation Society

Jesus - Die Grootste Geskenk van Alle Tye - Reformation Society "Jesus antwoord en sê vir haar: As jy die gawe van God geken het en geweet het wie Hy is wat vir jou sê: Gee vir My water om te drink, sou jy Hom gevra het en Hy sou vir jou lewende water gegee het." Johannes

Nadere informatie

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE:

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE: VRUGTE VAN DIE GEES VRAE: GEDULD: (Patience) 1. Wat is geduld? 2. Wat is van die goed waarvoor jy geduldig moet wees? 3. Is dit moeilik vir jou om geduldig te wees? 4. Hoe kan jy geduld wys? SELFBEHEERSING:

Nadere informatie

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3.

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3. SKRIFLESING: Johannes 8 :12-20 TEKS: Johannes 8:12 TEMA: Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe Psalm 150 : 1, 2, 3 Psalm 43 : 3, 4 Skrifberyming 3 (4-7) : 1, 2 Skrifberyming 9 (18-1) : 1, 6 [Ook: Ps

Nadere informatie

Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek

Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek SKRIFLESING: 1 Johannes 2:28 3:10 TEKS: 1 Johannes 3:8b TEMA: Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek Psalm 45 : 1, 3, 5, 6 Psalm 79: 5, 6 Skrifberyming 33 (2-4) : 1, 2 Skrifberyming

Nadere informatie

Preek 1 Job 42:5. Voor die erediens Sing: Psalm 23-1:1,2,3 Sing: Skrifberyming 14-2 Sing: Lied 579:1,3,6 Afkondigings Stilte

Preek 1 Job 42:5. Voor die erediens Sing: Psalm 23-1:1,2,3 Sing: Skrifberyming 14-2 Sing: Lied 579:1,3,6 Afkondigings Stilte 1 Preek 1 Job 42:5 (Preek gelewer tydens oggenddiens in Welkom-Noord op Sondag 31 Julie2016) (Dit was die tweede preek van n reeks oor die tema Afrigting vir die lewe en gaan oor die vraag: Hoe hanteer

Nadere informatie

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun Bybel vir Kinders bied aan Die Verlore Seun Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Lazarus Aangepas deur: Ruth Klassen; Sarah S. Vertaal deur: Yvette Brits Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5 MATTEUS 6:8 Votum en seën Psalm 7 : 6 Gebed Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5 Preek: Vir ons hemelse Vader is eenvoudige gebede goed Gebed

Nadere informatie

VERSPREI GOD SE LIEFDE (2) VERTEL ANDER VAN GOD SE LIEFDE 13 Augustus 2006, Ds Freddie Schoeman

VERSPREI GOD SE LIEFDE (2) VERTEL ANDER VAN GOD SE LIEFDE 13 Augustus 2006, Ds Freddie Schoeman VERSPREI GOD SE LIEFDE (2) VERTEL ANDER VAN GOD SE LIEFDE 13 Augustus 2006, Ds Freddie Schoeman Die basis van ons verhouding met ander is dieselfde as die basis van ons verhouding met God en mekaar: GENADE.

Nadere informatie

Dankoffersondag met Nagmaal 4 November

Dankoffersondag met Nagmaal 4 November Dankoffersondag met Nagmaal 4 November Ek begin diens met afkondigings, votum, seëngroet Votum: Ons het ondervind dat die Here goed is. Kom na Hom toe, die lewende steen, wat deur die mense afgekeur is,

Nadere informatie

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër Bybel vir Kinders bied aan Jakob die Bedrieër Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: M. Maillot; Lazarus Aangepas deur: M. Kerr; Sarah S. Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children

Nadere informatie

Dooppreek Mika Bogaards

Dooppreek Mika Bogaards 1 Dooppreek Mika Bogaards Dr AH Bogaards 26 Junie 2016 Lees: Efesiérs 5:18-21; en 6:1-4 Teks: Efesiërs 5:18 en 6:1-4 Psalms: Ps. 105:1,2; 9:7; 32:1,3; 105:5,6; 84:1,2 1. Inleiding Julle het pas hierdie

Nadere informatie

Jesaja sien die Toekoms

Jesaja sien die Toekoms Bybel vir Kinders bied aan Jesaja sien die Toekoms Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Jonathan Hay Aangepas deur: Mary-Anne S. Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24 1 15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24 Tema Wanneer jy in Jesus glo, eindig jou lewe nie op die dag wanneer jy doodgaan nie. Jy sal uit die dood opstaan en

Nadere informatie

Bybel vir Kinders bied aan. Die Kerk Kry Moeilikheid

Bybel vir Kinders bied aan. Die Kerk Kry Moeilikheid Bybel vir Kinders bied aan Die Kerk Kry Moeilikheid Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Gert Badenhorst Vervaardig deur: Bible for Children

Nadere informatie

SKRIFLESING: 1 Korintiërs 13. TEKS: 1 Korintiërs 13:8. Die liefde bly vir ewig. Psalm 103 : 1, 2. Psalm 102 : 11, 12. Skrifberyming 21 (9-4) : 1, 6

SKRIFLESING: 1 Korintiërs 13. TEKS: 1 Korintiërs 13:8. Die liefde bly vir ewig. Psalm 103 : 1, 2. Psalm 102 : 11, 12. Skrifberyming 21 (9-4) : 1, 6 SKRIFLESING: 1 Korintiërs 13 TEKS: 1 Korintiërs 13:8 TEMA: Die liefde bly vir ewig Psalm 103 : 1, 2 Psalm 102 : 11, 12 Skrifberyming 21 (9-4) : 1, 6 Skrifberyming 78 (13-3) Ook: Sb 33 (2-4) : 2 2 U ken

Nadere informatie

God bly met u, waar u ook mag gaan. Mag sy Gees u lei en heilig en u altyddeur beveilig. God bly met u, waar u ook mag gaan

God bly met u, waar u ook mag gaan. Mag sy Gees u lei en heilig en u altyddeur beveilig. God bly met u, waar u ook mag gaan God bly met u, waar u ook mag gaan. Mag sy Gees u lei en heilig en u altyddeur beveilig. God bly met u, waar u ook mag gaan L 269:2 God bly met u, waar u ook mag gaan. Deur sy sterke hand behoed Hy, daagliks

Nadere informatie

OPENBARING 5:5 HK Sondag 48

OPENBARING 5:5 HK Sondag 48 OPENBARING 5:5 HK Sondag 48 Votum en seën Psalm 93 : 1, 4 Gebed Skriflesing: Openbaring 5 (AV 1933/53) Belydenis: HK 48 Teks: Openbaring 5:5 (AV 1933/53) Psalm 72 : 2 Preek: God sorg self vir die koms

Nadere informatie

Toe God alles gemaak het

Toe God alles gemaak het Bybel vir Kinders bied aan Toe God alles gemaak het Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Byron Unger; Lazarus Aangepas deur: Bob Davies; Tammy S. Vertaal deur: Hannelie Niemandt Vervaardig deur:

Nadere informatie

U het rég gehoor: dat u die HÉre daar gaan dien; want dis wat die Heilige Gees ons hier laat hoor, dat ook ons alledaagse werk godsdiens is.

U het rég gehoor: dat u die HÉre daar gaan dien; want dis wat die Heilige Gees ons hier laat hoor, dat ook ons alledaagse werk godsdiens is. SKRIFLESING: Kolossense 3:18 4:1 TEKS: Kolossense 3:23 TEMA: God se kinders dien HÅm in hulle werk. Psalm 84 : 1, 6 Psalm 139 : 1, 5 Psalm 104 : 8, 9, 14 Skrifberyming 45 (18-7) : 1, 10 2 Vir die meeste

Nadere informatie

Preek Exodus 23:29-30

Preek Exodus 23:29-30 1 Preek Exodus 23:29-30 (Preek gelewer tydens oggenddiens in Welkom-Noord op Sondag 23 Oktober 2016) Voor die erediens Sing: Psalm 148-1:1,5 Sing: Lied 509:1,2 Sing: Lied 275:1,3,5 Afkondigings Stilte

Nadere informatie

NIe net hier in 1 Korintiers 13 nie, maar in die hele 1 Korintiërs lees ons van al hierdie dinge wat die gemeente van Korinte gedoen het.

NIe net hier in 1 Korintiers 13 nie, maar in die hele 1 Korintiërs lees ons van al hierdie dinge wat die gemeente van Korinte gedoen het. 1 Preek: 1 Korintiërs 13:1-13 Teksverse: 1 Korintiërs 13:7 Tema: Die Heilige Gees rus jou toe om met ware liefde te leef! Inleiding Geliefde gemeente, ons het afgelope Donderdag op n besondere manier aan

Nadere informatie

Preek 1 Timoteus 4:7

Preek 1 Timoteus 4:7 1 Preek 1 Timoteus 4:7 (Preek gelewer tydens oggenddiens in Welkom-Noord op Sondag 24 Julie 2016) (Dit was die eerste preek van n reeks oor die tema Afrigting vir die lewe) Voor die erediens Sing: Lied

Nadere informatie

Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak.

Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak. Vals beeld van God: Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak. Ware beeld van God: God se beloftes word vervul in Jesus. Ons kan

Nadere informatie

Petrus en die Krag van Gebed

Petrus en die Krag van Gebed Bybel vir Kinders bied aan Petrus en die Krag van Gebed Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Vertaal deur: Gert Badenhorst Aangepas deur: Ruth Klassen Storie 57 van 60 www.m1914.org

Nadere informatie

Die Kerk se Geboorte

Die Kerk se Geboorte Bybel vir Kinders bied aan Die Kerk se Geboorte Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Vertaal deur: Gert Badenhorst Aangepas deur: Ruth Klassen Storie 55 van 60 www.m1914.org Bible for

Nadere informatie

2. Die skepping van die mens

2. Die skepping van die mens 2. Die skepping van die mens Génesis 1: 26 en 2: 7-25 Die mens as beelddraer van God Die bestaan en doel van die mens rus in God se skepping. Alleen omdat die mens skepsel van God is, is hy ook beelddraer

Nadere informatie

12. Ek glo in die Heilige Gees Johannes 16:5-7, 12-15

12. Ek glo in die Heilige Gees Johannes 16:5-7, 12-15 1 12. Ek glo in die Heilige Gees Johannes 16:5-7, 12-15 Tema Jesus het die Heilige Gees gestuur om ons te help. Agtergrond en interpretasie Hierdie ontmoeting sluit by die voriges aan. Een artikel van

Nadere informatie

Jesus se eerste preek op die berg. Hy gee ons onuitspreeklike blydskap.

Jesus se eerste preek op die berg. Hy gee ons onuitspreeklike blydskap. Jesus se eerste preek op die berg. Hy gee ons onuitspreeklike blydskap. Ses groepstudies oor die Saligsprekinge uit Matteus 5 Groepstudie 1 17 Februarie 1. Die bergpredikasie. i. Leer gou almal se name

Nadere informatie

Bybel vir Kinders. bied aan. Joshua neem Beheer

Bybel vir Kinders. bied aan. Joshua neem Beheer Bybel vir Kinders bied aan Joshua neem Beheer Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

Die Here kom rekenskap eis van ons werk vir Hom

Die Here kom rekenskap eis van ons werk vir Hom SKRIFLESING: Matteus 25:14-30 TEKS: Matteus 25:19 TEMA: Die Here kom rekenskap eis van ons werk vir Hom Psalm 92 : 1, 2 Skrifberyming 31 (7-1) : 3 Psalm 126 : 3 Psalm 128 : 1, 4 Skrifberyming 78 (13-3)

Nadere informatie

Toe God alles gemaak het

Toe God alles gemaak het Bybel vir Kinders bied aan Toe God alles gemaak het Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Byron Unger; Lazarus Aangepas deur: Bob Davies; Tammy S. Vertaal deur: Hannelie Niemandt Vervaardig deur:

Nadere informatie

Preek Jeremia 14:11-12 en Jeremia 15:1

Preek Jeremia 14:11-12 en Jeremia 15:1 1 Preek Jeremia 14:11-12 en Jeremia 15:1 (Preek tydens erediens in Gereformeerde Kerk Welkom-Noord op Sondag 7 Mei 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff Voor die erediens Sing: Lied 281:1,2,3 Sing: Lied

Nadere informatie

KOLOSSENSE 3:17 HK Sondag 36

KOLOSSENSE 3:17 HK Sondag 36 KOLOSSENSE 3:17 HK Sondag 36 Votum en seën Psalm 20 : 1, 2, 7 Gebed Skriflesing: Kolossense 3:1-17 (AV 1983) Belydenis: HK 36:99 Teks: Kolossense 3:17 (AV 1983) Psalm 118 : 5 Preek: God se kinders eer

Nadere informatie

Die Here laat ons maai wat ons gesaai het

Die Here laat ons maai wat ons gesaai het SKRIFLESING: Galasiërs 6 TEKS: Galasiërs 6:7-8 TEMA: Die Here laat ons maai wat ons gesaai het Psalm 100 : 1, 3, 4 Psalm 50 : 11 Psalm 91 : 1 (na belydenisaflegging) Psalm 126 : 3 Skrifberyming 33 (2-4)

Nadere informatie

Die Groot Geloofswoordeboek: Liefde

Die Groot Geloofswoordeboek: Liefde Die Groot Geloofswoordeboek: Liefde Die Groot Geloofswoordeboek: Liefde Liefde (*God) Liefde is een van die kernwoorde van die Bybel, maar miskien juis daarom een van die mees misbruikte woorde. In ons

Nadere informatie

Vir die Here is die hoofsaak dat ons sal glo en gehoorsaam.

Vir die Here is die hoofsaak dat ons sal glo en gehoorsaam. SKRIFLESING: Prediker 11:9 12:14 TEKS: Prediker 12:13 (OAV) TEMA: INHOUD: Vir die Here is die hoofsaak dat ons sal glo en gehoorsaam. Die hoofsaak Psalm 146 : 1, 4, 8 Psalm 19 : 7 Skrifberyming 12-3 :

Nadere informatie

Die Here gee Sy seën waar ouers en kinders Hom gehoorsaam.

Die Here gee Sy seën waar ouers en kinders Hom gehoorsaam. SKRIFLESING: Efesiërs 6:1-4 TEKS: Efesiërs 6:1-4 HK 39 TEMA: Die Here gee Sy seën waar ouers en kinders Hom gehoorsaam. Psalm 103 : 1 Psalm 25 : 3 Skrifberyming 26 (9-1) : 1, 7 Psalm 103 : 9 1 Ons wil

Nadere informatie

Ons hoor graag wat jy dink van hierdie boek! Gaan na soek hierdie titel en kliek op resensies. Of praat saam op Facebook by

Ons hoor graag wat jy dink van hierdie boek! Gaan na  soek hierdie titel en kliek op resensies. Of praat saam op Facebook by Ons hoor graag wat jy dink van hierdie boek! Gaan na www.cumuitgewers.co.za, soek hierdie titel en kliek op resensies. Of praat saam op Facebook by ChristelikeBoekeSA. Inhoudsopgawe Voorwoord... 7 Inleiding...

Nadere informatie

Meer Jesus Meer Liefde Meer Dissipels. Leierskap Strukture

Meer Jesus Meer Liefde Meer Dissipels. Leierskap Strukture Meer Jesus Meer Liefde Meer Dissipels Leierskap Strukture Woord van God, Woord van die lewe, Woord vir ewig vas en waar, Woord onfeilbaar en verhewe waarin God Hom openbaar! L 255:1 (vervolg) Woord betroubaar,

Nadere informatie

God laat alles Sy kinders se saligheid bevorder.

God laat alles Sy kinders se saligheid bevorder. SKRIFLESING: Romeine 8:18-30 TEKS: Romeine 8:28 HK 9 TEMA: God laat alles Sy kinders se saligheid bevorder. Psalm 30 : 3, 4 Skrifberyming 33 (2-4) : 1 Psalm 119 : 25 Skrifberyming 78 (13-3) Ook: Sb 52

Nadere informatie

Deur Sy wet gee God ons broodnodige kennis van sonde

Deur Sy wet gee God ons broodnodige kennis van sonde SKRIFLESING: Romeine 7:1-13 TEKS: Romeine 7:7 HK 1:2 2:5 TEMA: Deur Sy wet gee God ons broodnodige kennis van sonde Psalm 147 : 1, 4 Skrifberyming 26 (9-1) : 1, 10 Psalm 130 : 2 2 As u vir iemand wat glad

Nadere informatie

Luister en praat. Kyk na die prent en gesels daaroor. 1. Beskryf wat jy in die prent sien. 2. Waaraan, dink jy, dink die seun?

Luister en praat. Kyk na die prent en gesels daaroor. 1. Beskryf wat jy in die prent sien. 2. Waaraan, dink jy, dink die seun? Luister en praat Naam: Kyk na die prent en gesels daaroor. 1. Beskryf wat jy in die prent sien. 2. Waaraan, dink jy, dink die seun? 3. Waaraan, dink jy, dink die kat? 4. Hoekom dink jy is daar ʼn slot aan

Nadere informatie

RESPECT 4 U. L e s 4. Populêre idees verduidelik oor wat ʼn man/seun of ʼn vrou/meisie is en hoe hierdie idees problematies kan wees

RESPECT 4 U. L e s 4. Populêre idees verduidelik oor wat ʼn man/seun of ʼn vrou/meisie is en hoe hierdie idees problematies kan wees L e s 4 Wat is geslag? Gedurende hierdie les sal jy: Populêre idees verduidelik oor wat ʼn man/seun of ʼn vrou/meisie is en hoe hierdie idees problematies kan wees Die verskil tussen seks as n biologiese

Nadere informatie

Sê maar jy word voor die keuse gestel om een van die volgende getalle as geld in Rand te ontvang, watter een sal jy kies?

Sê maar jy word voor die keuse gestel om een van die volgende getalle as geld in Rand te ontvang, watter een sal jy kies? VERGELYK en RANGSKIK GETALLE Om vergelykings te tref tussen verskillende dinge is n vaardigheid waarmee ons almal gebore word. Dit begin vroeg-vroeg al wanneer ons verskillende tipes speelgoed met mekaar

Nadere informatie

MEKAAR-TEKSTE IN DIE BYBEL

MEKAAR-TEKSTE IN DIE BYBEL MEKAAR-TEKSTE IN DIE BYBEL Die tweede element van ons gemeentevisie is dat ons n hegte en insluitende geloofsfamilie sal wees. Hierdie reeks fokus op hierdie uiters belangrike deel van dissipelskap: Hoe

Nadere informatie

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Man van Vuur

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Man van Vuur Bybel vir Kinders bied aan Die Man van Vuur Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Lazarus Aangepas deur: E. Frischbutter Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

Groepsdruk kan sowel negatief as positief wees. Goeie maats is dié wat n positiewe invloed op jou gedrag het

Groepsdruk kan sowel negatief as positief wees. Goeie maats is dié wat n positiewe invloed op jou gedrag het Die Elander Lente 2014 page 1 JONGMENSE Groepsdruk Groepsdruk is die manipulasie deur ander mense, veral jou maats, om jou iets te laat doen wat jy self nie noodwendig wil doen nie. Soms is die groepsdruk

Nadere informatie

SKRIFLESING: Prediker 11. TEKS: Prediker 11:4, 6. Wie met God reken, gebruik sy/haar kanse. Psalm 149 : 1, 2. Psalm 126 : 3.

SKRIFLESING: Prediker 11. TEKS: Prediker 11:4, 6. Wie met God reken, gebruik sy/haar kanse. Psalm 149 : 1, 2. Psalm 126 : 3. SKRIFLESING: Prediker 11 TEKS: Prediker 11:4, 6 TEMA: Wie met God reken, gebruik sy/haar kanse Psalm 149 : 1, 2 Psalm 126 : 3 Psalm 128 : 1, 4 1 Is dit nog die moeite werd om dinge aan te pak in die kerk,

Nadere informatie

Die Groot Muur van Nehemia

Die Groot Muur van Nehemia Bybel vir Kinders bied aan Die Groot Muur van Nehemia Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Jonathan Hay Vertaal deur: Yvette Brits Aangepas deur: Mary-Anne S. Storie 35 van 60 www.m1914.org Bible

Nadere informatie

n Dubbele kruis-belydenis

n Dubbele kruis-belydenis 1 n Dubbele kruis-belydenis Dr AH Bogaards Lees: Lk.23:26-49 Teks: Lk.23:42-43 (Nagmaal) Datum: 7 Desember Psalms: Ps.43:3,4; 119:26; 119:27; 25:1,3; 23:1,3; 118 1. Inleiding Laat ons daaraan dink dat

Nadere informatie

Ontmoeting 13. roomystokkies plak.)

Ontmoeting 13. roomystokkies plak.) Ontmoeting 13 Kinders leer dat die Here nie dink een persoon is belangriker as n ander persoon nie. Hulpmiddels: Plakkaat met reëls op Uitgeknipte los prentjies van rein en onrein kosse; kleefband waarmee

Nadere informatie

SPREUKE 16:9. Votum en seën. Psalm 8 : 1, 2. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Exodus 20:1-17 (AV 1933/53) Psalm 65 : 2, 4.

SPREUKE 16:9. Votum en seën. Psalm 8 : 1, 2. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Exodus 20:1-17 (AV 1933/53) Psalm 65 : 2, 4. SPREUKE 16:9 Votum en seën Psalm 8 : 1, 2 Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels Wet: Exodus 20:1-17 (AV 1933/53) Psalm 65 : 2, 4 Gebed Skriflesing: Spreuke 16:1-15 (AV 1933/53) Teks: Spreuke 16:9 (AV 1933/53)

Nadere informatie

Preek Efesiërs 4:

Preek Efesiërs 4: 1 Preek Efesiërs 4:13 (Preek gelewer tydens gesamentlike erediens van Geref. Kerke Welkom en Welkom-Noord op Sondag 17 September 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff Voor die erediens Sing: Psalm 27-3:3,6

Nadere informatie

ons rykdom in Christus 2

ons rykdom in Christus 2 ons rykdom in Christus 2 Efésiërs 1-2 ross van niekerk in Christus is ons 1. geseënd; 2. uitverkies; 3. aangeneem as kinders; 4. aanvaarbaarbaar gemaak in die Geliefde; 5. verlos van doderyk; 6. vergewe

Nadere informatie

Heilig, heilig, heilig, heilig is die Heer. Eng'le in die hemel buig hul voor Hom neer. Here, hoor my bede, hoor my as ek sing, en aan U, my Vader,

Heilig, heilig, heilig, heilig is die Heer. Eng'le in die hemel buig hul voor Hom neer. Here, hoor my bede, hoor my as ek sing, en aan U, my Vader, Heilig, heilig, heilig, heilig is die Heer. Eng'le in die hemel buig hul voor Hom neer. Here, hoor my bede, hoor my as ek sing, en aan U, my Vader, al my hulde bring. Lied 171:2 Heilig, heilig, heilig,

Nadere informatie

WAT IS DIE VOLGORDE VAN DIE VERLOSSINGSERVARING?

WAT IS DIE VOLGORDE VAN DIE VERLOSSINGSERVARING? WAT IS DIE VOLGORDE VAN DIE VERLOSSINGSERVARING? Daar is geen chronologiese volgorde nie. Daar is egter wel n logiese volgorde. # 1 Bekering Bekering, Regverdigmaking, Wedergeboorte Aanneming, Heiligmaking......alles

Nadere informatie

2. Jesus eet saam met sondaars Markus 2:13-17

2. Jesus eet saam met sondaars Markus 2:13-17 2. Jesus eet saam met sondaars Markus 2:13-17 Tema Jesus, ons Onderwyser of Leermeester, laat ons saam drome droom om siek (sondige) mense by die Dokter uit te bring; om hulle in te trek tot in die binnekring

Nadere informatie

BYBELSTUDIE OPENBARING LES 4 HOOFSTUK 1:9-13.

BYBELSTUDIE OPENBARING LES 4 HOOFSTUK 1:9-13. 1 BYBELSTUDIE OPENBARING LES 4 HOOFSTUK 1:9-13. Openbaring 1:1-8: In die eerste verse vind ons die oorsprong van die boek Openbaring: God self! Hy het dit aan Jesus Christus gegee om dit verder deur te

Nadere informatie

DIE BRIEF AAN FILEMON

DIE BRIEF AAN FILEMON DIE BRIEF AAN FILEMON Inleiding Hierdie brief maak saam met die briewe aan die Efesiërs, Filippense en Kolossense die viertal geskrifte uit wat bekend staan as Paulus se gevangenskapsbriewe. By twee geleenthede

Nadere informatie

Bybel vir Kinders. bied aan. Storie 24 van 60.

Bybel vir Kinders. bied aan. Storie 24 van 60. Bybel vir Kinders bied aan Die Man van Vuur Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Lazarus Vertaal deur: Yvonne Kriel Aangepas deur: E. Frischbutter Storie 24 van 60 www.m1914.org Bible for Children,

Nadere informatie