Die Brief aan die Galasiërs

Save this PDF as:
 WORD  PNG  TXT  JPG

Maat: px
Weergave met pagina beginnen:

Download "Die Brief aan die Galasiërs"

Transcriptie

1 Agtergrond Naam Die Brief aan die Galasiërs ʼn Inleiding In die Grieks is die naam van hierdie boek (Pros Galatas) wat ons in Afrikaans vertaal met Aan die Galasiërs. Die gelowiges aan wie Paulus hierdie brief geskryf het, het nie net een gemeente gevorm nie. Tydens Paulus se eerste sendingreis het daar gemeentes in verskeie dorpe in die suidelike deel van Klein-Asië (vandag Turkye) as gevolg van Paulus se werk tot stand gekom. Hierdie streek het bekend gestaan as Galasië (Hand 16:6; 18:23). 1

2 Ontstaanstyd Na benadering het Paulus en Barnabas die eerste sendingreis voor 49 n.c. afgehandel vanuit die gemeente in Antiogië in Sirië. Na wat uit die kaarte afgelei kan word was hierdie Antiogië geleë in die mees suidelike deel van Turkye van vandag. Die gemeente in Antiogië in Sirië het ontstaan nadat gelowiges as vlugtelinge vanuit Jerusalem hulle daar gevestig het. Hierdie gelowiges het gevlug as gevolg van die vervolging wat uitgebreek het nadat Stefanus in 31 n.c. in Jerusalem gestenig is (Hand 7). Aanvanklik het hierdie gelowiges die Woord aan niemand anders as aan die Jode verkondig nie (Hand 11:19). Later het daar gelowiges wat as vlugtelinge eers na Siprus en Sirene gegaan het ook daar aangekom en toe is daar begin om die evangelie van Jesus ook aan die Griekssprekendes te verkondig (Hand 11:20). Die berig oor groei van die gemeente in Antiogië het Jerusalem bereik. Die Jerusalemse gemeente het toe vir Barnabas na Antiogië gestuur (Hand 11:22). Barnabas was verheug oor wat die Here in Antiogië gedoen het, en hy het die gelowiges aangespoor om aan die Here getrou te bly. Die gemeente het nog groter geword. Aangesien die gemeente so gegroei het, het Barnabas na Tarsus vertrek om vir Paulus te gaan soek sodat hy hom kon gaan help werk in Antiogië (Hand 11:25). Paulus en Barnabas het ʼn hele jaar lank saam in die gemeente gewerk (Hand 11:26). In hierdie gemeente is gelowiges die eerste keer Christene genoem. Iets oor Paulus se eie geskiedenis na sy bekering Na benadering het Paulus in 32 of 33 n.c. tot bekering gekom op die pad na Damaskus (Hand 9:3-5). Vanaf 33 tot 35 n.c. was Paulus in Damaskus en omgewing werksaam (Hand 9:19-25). Daarop het Paulus na Jerusalem toe gegaan en probeer om by die volgelinge van Jesus daar aan te sluit, maar almal was te bang vir hom (Hand 9:26). Barnabas het hom oor Paulus ontferm en hom na die apostels gebring. Daarna het hy saam met hulle in Jerusalem rondgegaan en gepreek. Toe Paulus met die Griekssprekende Jode geredeneer het, het hulle planne begin beraam om hom te vermoor (Hand 9:29). Toe die gelowiges daarvan hoo,r het hulle vir Paulus na 2

3 Sesarea geneem en hom daarvandaan na Tarsus gestuur. Hier het Paulus dan gebly vanaf 35 n.c. tot 47 n.c. toe Barnabas hom daar kom soek het. Na die jaar se werk in Antiogië het die Heilige Gees die gemeente van Antiogië oortuig om vir Paulus en Barnabas los te maak van die werk in die gemeente. Na ernstige gebed en vas het hulle Paulus en Barnabas die hande opgelê en hulle losgemaak van die werk in die gemeente. Kort daarna het die Heilige Gees hulle twee uitgelei op die eerste sendingreis waarvan ons lees in Handelinge 13:4 tot 14:28 toe Paulus en Barnabas na Antiogië teruggekeer het. Dit was moontlik kort na hulle terugkeer in Antiogië dat Paulus verneem het van die valse leraars wat die gemeentes in Galasië verontrus het. Moontlik het Paulus juis toe sy brief aan die Galasiërs geskryf. Hierdie valse leraars het ook in Antiogië ʼn draai gemaak en tussen hulle en Paulus en Barnabas het daar ʼn heftige meningsverskil ontstaan (Hand 15:2). As gevolg van hierdie meningsverskil het die gemeente in Antiogië besluit om vir Paulus en Barnabas saam met nog ander lidmate in die gemeente na die apostels in Jerusalem te stuur. Dit is toe dat die vergadering in Jerusalem plaasgevind het waarvan ons lees in Handelinge 15. Hierdie vergadering het iewers in die jaar 49 n.c. plaasgevind. Die afleiding wat gemaak word, is dat Paulus toe die brief aan die Galasiërs geskryf het tussen sy terugkoms in Antiogië en sy vertrek na Jerusalem vir die vergadering. Indeling van die boek Die boek kan in sewe hoofgedeeltes verdeel word 1. Galasiërs 1:1-5 Briefaanhef 2. Galasiërs 1:6-10 Inleiding: daar is geen ander evangelie nie 3. Galasiërs 1:11-2:21 Paulus se evangelie is nie volgens die mens nie 4. Galasiërs 3:1-4:31 Vryspraak deur die geloof uit verskillende hoeke verdedig 5. Galasiërs 5:1-6:10 Die nuwe lewe deur die Gees, in praktyk 6. Galasiërs 6:11-17 Laaste opmerkings en waarskuwings 7. Galasiërs 6:18 Briefslot 3

4 Hierdie sewe gedeeltes kan verder soos volg ingedeel word: 1. Galasiërs 1:1-5 Briefaanhef 2. Galasiërs 1:6-10 Inleiding: daar is geen ander evangelie nie 3. Galasiërs 1:11-2:21 Paulus se evangelie is nie volgens die mens nie a. Inleidende basiese stelling: Die herkoms van Paulus se evangelie (1:11-12) b. Bewyse uit Paulus se lewensgeskiedenis dat sy evangelie nie volgens die mens is nie (1:13-2:14) c. Slotsom: Paulus se evangelie is die ware evangelie (2:15-21) 4. Galasiërs 3:1-4:31 Vryspraak deur die geloof uit verskillende hoeke verdedig a. Die Heilige Gees word ontvang deur die geloof en nie op grond van die onderhouding van die wet nie (3:1-14) b. Die regte verstaan van die verbond met Abraham (3:15-25) c. Almal, vroeër minderjarige kinders en slawe, is deur die geloof kinders van God (3:26-4:7) d. Kinders moenie leef asof hulle slawe is nie (4:8-31) 5. Galasiërs 5:1-6:10 Die nuwe lewe deur die Gees, in praktyk a. Inleiding: Christus het ons vrygemaak (5:1a) b. Om te laat besny is om die vryheid prys te gee (5:1b-12) c. Om mekaar nie in liefde te dien nie is om die vryheid te misbruik (5:13-25) d. Spesifieke opdragte vir onderlinge liefdesdiens (6:1-10) 6. Galasiërs 6:11-17 Laaste opmerkings en waarskuwings 7. Galasiërs 6:18 Briefslot Opsomming van die inhoud Invloedryke mense Christene van Joodse afkoms het dwaalleer in die gemeentes versprei. Hulle word Judaïste genoem. Hulle het geleer dat Christene van heidense afkoms hulle ook moet laat besny, en dat hulle die Joodse sabbat en feesdae moet onderhou. Verder het hierdie mense ook agterdog gesaai teen Paulus se apostelskap en stel hom voor as iemand wat van die twaalf apostels in Jerusalem afhanklik is. Hierdie brief is ʼn strydskrif teen hierdie mense. Maar dit is meer as net ʼn strydskrif. Dit is ʼn skitterende handhawing van die evangelie van vryspraak deur die geloof, sonder verdienste van die werke van die wet. Hierdie brief het dus groot ooreenkomste met die brief aan die Romeine. Die volgende waarhede word in hierdie brief uiteengesit: Die vryspraak van die gelowige berus nie op die onderhouding van die wet nie, maar word verkry deur die geloof (Gal 3:1-14). 4

5 Die geloof en geloofslewe is aan die Heilige Gees te danke (Gal 4:1-7). Die verlossing rus in die genade; die wet is ʼn tugmeester na Christus toe; dit dryf ons om ons verlossing by Christus te soek (Gal 4:1-4). Die vryheid waarmee Christus ons vrygemaak het, is nie losbandigheid nie (Gal 5:13-6:10). Dit is: vry van die seremoniële wette van Israel, maar gehoorsaamheid aan die wet van God uit liefde en dankbaarheid, deur die krag van die Heilige Gees. 5

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra SKRIFLESING: Romeine 12:1-8 TEKS: Romeine 12:1-2 HK 49 TEMA: Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra Psalm 103 : 10, 11 Skrifberyming 28 (10-1) : 1, 2 Psalm 119 : 11 Skrifberyming 78 (13-3)

Nadere informatie

Soos n wildsbok wat smag na water Smag my siel na u o Heer U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer SOOS N WILDSBOK

Soos n wildsbok wat smag na water Smag my siel na u o Heer U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer SOOS N WILDSBOK Soos n wildsbok wat smag na water Smag my siel na u o Heer U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer SOOS N WILDSBOK U alleen is my krag en skild Aan U alleen wy ek nou myself U alleen is

Nadere informatie

Goeie Konings, Slegte Konings

Goeie Konings, Slegte Konings Bybel vir Kinders bied aan Goeie Konings, Slegte Konings Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Lazarus Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg

Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg SKRIFLESING: 1 Johannes 2:1-11 TEKS: 1 Johannes 2:6 TEMA: Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg Psalm 9 : 1, 2, 7 Psalm 31 : 13 (na gebed) Skrifberyming 72 (12-3) : 1, 2 Skrifberyming 78 (13-3) Ook:

Nadere informatie

DIE BRIEF AAN FILEMON

DIE BRIEF AAN FILEMON DIE BRIEF AAN FILEMON Inleiding Hierdie brief maak saam met die briewe aan die Efesiërs, Filippense en Kolossense die viertal geskrifte uit wat bekend staan as Paulus se gevangenskapsbriewe. By twee geleenthede

Nadere informatie

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

DIE VLEUELS VAN GEBED (9) DIE VLEUELS VAN GEBED (9) DIE VLEUELS VAN GEBED (9) Jan van der Watt Dankie Here! Dankie sê is om jou skuld te betaal. In die tyd van die Bybel was dankie sê iets anders as vandag. Vandag is dankie n woord

Nadere informatie

BYBELSTUDIE OPENBARING LES 11 [FILADELFIA].

BYBELSTUDIE OPENBARING LES 11 [FILADELFIA]. 1 BYBELSTUDIE OPENBARING LES 11 [FILADELFIA]. Dit is n heerlike brief! Saam met Smirna is dit n brief waarin geen bedreiging of vermaning van die Here Jesus kom nie. Filadelfia is vandag die moderne stad

Nadere informatie

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3.

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3. SKRIFLESING: Johannes 8 :12-20 TEKS: Johannes 8:12 TEMA: Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe Psalm 150 : 1, 2, 3 Psalm 43 : 3, 4 Skrifberyming 3 (4-7) : 1, 2 Skrifberyming 9 (18-1) : 1, 6 [Ook: Ps

Nadere informatie

Meer Jesus Meer Liefde Meer Dissipels. Leierskap Strukture

Meer Jesus Meer Liefde Meer Dissipels. Leierskap Strukture Meer Jesus Meer Liefde Meer Dissipels Leierskap Strukture Woord van God, Woord van die lewe, Woord vir ewig vas en waar, Woord onfeilbaar en verhewe waarin God Hom openbaar! L 255:1 (vervolg) Woord betroubaar,

Nadere informatie

toegewy aan God ross os s v an v nieker i k

toegewy aan God ross os s v an v nieker i k toegewy aan God ross van niekerk goddelike nageslag hoe verseker ons dit? 1. modelleer. 2. liefde. 3. instruksie. 4. dissipline. 5. meedeling. psalm 127:3 Kyk, kinders is n erfdeel van die HERE; die vrug

Nadere informatie

Bybel vir Kinders. bied aan. Joshua neem Beheer

Bybel vir Kinders. bied aan. Joshua neem Beheer Bybel vir Kinders bied aan Joshua neem Beheer Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek

Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek SKRIFLESING: 1 Johannes 2:28 3:10 TEKS: 1 Johannes 3:8b TEMA: Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek Psalm 45 : 1, 3, 5, 6 Psalm 79: 5, 6 Skrifberyming 33 (2-4) : 1, 2 Skrifberyming

Nadere informatie

Gemeenskap. Wat is n gemeenskap? n Gemeenskap het n hoof/hoof?

Gemeenskap. Wat is n gemeenskap? n Gemeenskap het n hoof/hoof? Gemeenskap Wat is n gemeenskap? Die woord gemeenskap dui n intieme verband tussen mense aan. Mense wat deel aan iets, maar dit wat hulle deel is baie besonders. Uit die Grieks is die woord vir gemeenskap

Nadere informatie

Luister en praat. Kyk na die prent en gesels daaroor. 1. Beskryf wat jy in die prent sien. 2. Waaraan, dink jy, dink die seun?

Luister en praat. Kyk na die prent en gesels daaroor. 1. Beskryf wat jy in die prent sien. 2. Waaraan, dink jy, dink die seun? Luister en praat Naam: Kyk na die prent en gesels daaroor. 1. Beskryf wat jy in die prent sien. 2. Waaraan, dink jy, dink die seun? 3. Waaraan, dink jy, dink die kat? 4. Hoekom dink jy is daar ʼn slot aan

Nadere informatie

Jesus beskryf die werking van die Heilige Gees as volg:

Jesus beskryf die werking van die Heilige Gees as volg: HEILIGE GEES SE WERKING IN DIE LEWE VAN DIE CHRISTEN (NT): Jesus leer ons wel dat die werk van die Heilige Gees teenwoordig is by die bekering sowel as wedergeboorte (vernuwing) van die nuwe Christen.

Nadere informatie

Jesus Christus se opstanding maak ons lewens sinvol

Jesus Christus se opstanding maak ons lewens sinvol SKRIFLESING: 1 Korintiërs 15:1-20 TEKS: 1 Korintiërs 15:20a TEMA: Jesus Christus se opstanding maak ons lewens sinvol Psalm 33 : 2 Psalm 33 : 11 Skrifberyming 10 (5-4) : 1, 2 Ook: Sb 27 : 1, 3 1 Weet u

Nadere informatie

Sewende Dag Adventiste

Sewende Dag Adventiste Sewende Dag Adventiste Sewende Dag Adventiste Francois Malan Davina vra: Watter antwoorde gee ek aan n familielid wat nou n Sewendedag Adventis is? Watter Bybel verse sal ek kan aanhaal? Wat is die verskille/ooreenkomste?

Nadere informatie

n Kind, Jesus, word gebore en word groot (2)

n Kind, Jesus, word gebore en word groot (2) n Kind, Jesus, word gebore en word groot (2) n Kind, Jesus, word gebore en word groot (2) Jan van der Watt DEEL 2[1] DIE VERHALE VAN MATTEUS EN LUKAS Die verhaal van Jesus se geboorte (die kersverhaal)

Nadere informatie

23. Reëls vir die pad die padgebruikers

23. Reëls vir die pad die padgebruikers 23. Reëls vir die pad die padgebruikers Oorhoofse tema Die Here is saam met ons op pad. As die Padmaker het Hy vir ons tien padreëls of lewensreëls gegee sodat ons elke dag daarvolgens kan leef. Die eerste

Nadere informatie

Simson, God se sterk Man

Simson, God se sterk Man Bybel vir Kinders bied aan Simson, God se sterk Man Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Lyn Doerksen Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun Bybel vir Kinders bied aan Die Verlore Seun Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Lazarus Aangepas deur: Ruth Klassen; Sarah S. Vertaal deur: Yvette Brits Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

Die gebruik van 'n persoonlike joernaal of dagboek

Die gebruik van 'n persoonlike joernaal of dagboek Die gebruik van 'n persoonlike joernaal of dagboek Uit Doelgerigte Gebed deur Bennie Mostert, CUM uitgewers Opdrag: Maak 'n keuse om in hierdie week wat kom minstens 5 dae te neem om 15-30 minute per dag

Nadere informatie

Jesus kom op n onbekende tyd weer bly dan gereed vir Hom!

Jesus kom op n onbekende tyd weer bly dan gereed vir Hom! SKRIFLESING: Matteus 25:1-13 TEKS: Matteus 25:13 TEMA: Jesus kom op n onbekende tyd weer bly dan gereed vir Hom! Psalm 98 : 3 Psalm 99 : 1, 3 Skrifberyming 29 (18-3) : 8, 9 Skrifberyming 43 (15-7) : 5

Nadere informatie

Ontmoeting 13. Wyding. Woord. Welkom

Ontmoeting 13. Wyding. Woord. Welkom Ontmoeting 13 Saulus word deur God se lig aangeraak en sy lewe word verander. Na sy ontmoeting met God het hy sy lewe aan God gewy. Waar hy eers mense wat in God geglo het, vervolg het, sit hy nou aan

Nadere informatie

Rom 8:1. DAAR is dan nou geen veroordeling vir die wat in Christus Jesus is nie, vir die wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees.

Rom 8:1. DAAR is dan nou geen veroordeling vir die wat in Christus Jesus is nie, vir die wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees. Rom 8:1 DAAR is dan nou geen veroordeling vir die wat in Christus Jesus is nie, vir die wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees. 1 Kor 1:2 aan die gemeente van God wat in Korinthe is, aan die

Nadere informatie

Die Groot Stryd tussen Christus en Satan is die agtergroud regdeur die Bybel. Dit is besonders duidelik in die boek Job. Die Groot Stryd.

Die Groot Stryd tussen Christus en Satan is die agtergroud regdeur die Bybel. Dit is besonders duidelik in die boek Job. Die Groot Stryd. Les 2 vir 8 Oktober 2016 Die Groot Stryd tussen Christus en Satan is die agtergroud regdeur die Bybel. Dit is besonders duidelik in die boek Job. Die Groot Stryd. Die Stryd begin. Die Stryd op Aarde. Die

Nadere informatie

Tema: Prys die Here vir tweede kanse met jou hele lewe. Vooraf sang Lied 188: 1,3 Lied 200:1,2

Tema: Prys die Here vir tweede kanse met jou hele lewe. Vooraf sang Lied 188: 1,3 Lied 200:1,2 1 Tema: Prys die Here vir tweede kanse met jou hele lewe Vooraf sang Lied 188: 1,3 Lied 200:1,2 Ontmoetingsdiens Intreelied Ps. 32 2: 4 Votum Seën Lofsang Ps. 107 1: 1,3,10. Woorddiens Gebed Skriflesing:

Nadere informatie

Antieke Egipte en die Nylrivier

Antieke Egipte en die Nylrivier Eenheid 2 Leergids 1 Antieke Egipte en die Nylrivier Doelwitte Leer wie die antieke egiptenare was. Leer wanneer en wanneer die antieke Egiptenare geleef het. Leer van tyd, kronologie en tydlyne. A. Basiese

Nadere informatie

God laat alles Sy kinders se saligheid bevorder.

God laat alles Sy kinders se saligheid bevorder. SKRIFLESING: Romeine 8:18-30 TEKS: Romeine 8:28 HK 9 TEMA: God laat alles Sy kinders se saligheid bevorder. Psalm 30 : 3, 4 Skrifberyming 33 (2-4) : 1 Psalm 119 : 25 Skrifberyming 78 (13-3) Ook: Sb 52

Nadere informatie

Les Plan Twee. Habitats

Les Plan Twee. Habitats Les Plan Twee Habitats KRITIEKE UITKOMSTE KU #1: Identifiseer en los probleme op op 'n manier wat getuig daarvan dat kritieke en vindingryke denke gebruik is om verantwoordelike besluite te neem. KU #7:

Nadere informatie

FAKTORE EN VEELVOUDE

FAKTORE EN VEELVOUDE FAKTORE EN VEELVOUDE Ons gaan nou na n paar stukkies teorie kyk in verband met Natuurlike- en Telgetalle. Voltooi: 3 X 1 = 3 X 2 = 3 X 3 = 3 X 4 = 3 X 5 = Ons sê dus dat 3, 6, 9, 12 en 15 VEELVOUDE is

Nadere informatie

VERSPREI GOD SE LIEFDE (2) VERTEL ANDER VAN GOD SE LIEFDE 13 Augustus 2006, Ds Freddie Schoeman

VERSPREI GOD SE LIEFDE (2) VERTEL ANDER VAN GOD SE LIEFDE 13 Augustus 2006, Ds Freddie Schoeman VERSPREI GOD SE LIEFDE (2) VERTEL ANDER VAN GOD SE LIEFDE 13 Augustus 2006, Ds Freddie Schoeman Die basis van ons verhouding met ander is dieselfde as die basis van ons verhouding met God en mekaar: GENADE.

Nadere informatie

KOLOSSENSE 3:17 HK Sondag 36

KOLOSSENSE 3:17 HK Sondag 36 KOLOSSENSE 3:17 HK Sondag 36 Votum en seën Psalm 20 : 1, 2, 7 Gebed Skriflesing: Kolossense 3:1-17 (AV 1983) Belydenis: HK 36:99 Teks: Kolossense 3:17 (AV 1983) Psalm 118 : 5 Preek: God se kinders eer

Nadere informatie

Die Here is naby. Reeks preke oor die brief aan die Filippense. Dr AH Bogaards. Preek 7

Die Here is naby. Reeks preke oor die brief aan die Filippense. Dr AH Bogaards. Preek 7 1 Die Here is naby Reeks preke oor die brief aan die Filippense Dr AH Bogaards 2014 Preek 7 Lees: Fil.1:27-30 Teks: Fil.1:27,28a (Fil.reeks nr.7) Datum: 26 Januarie 2014 Psalms: 68:1,2;118:11; 65:2; 68:3,4,5;

Nadere informatie

28. DOPING MET DIE HEILIGE GEES

28. DOPING MET DIE HEILIGE GEES 28. DOPING MET DIE HEILIGE GEES Die Nuwe Testament het baie te sê rondom doping met Heilige Gees en soos julle alreeds weet was daar baie ondermyning rondom hierdie onderwerp in die geskiedenis van ons

Nadere informatie

Habakuk 1:1-4; 2:1-4 Romeine 1:17; 1 Galasiërs 3:11; Hebreërs 10:38. Vooraf

Habakuk 1:1-4; 2:1-4 Romeine 1:17; 1 Galasiërs 3:11; Hebreërs 10:38. Vooraf Habakuk 1:1-4; 2:1-4 Romeine 1:17; 1 Galasiërs 3:11; Hebreërs 10:38 Vooraf Vanoggend sluit ons ons tagtigjarige verjaarsdag vieringe af met die Nagmaal en skaapbraai bietjie later. Ons kom nou aan die

Nadere informatie

20. Biodiversiteit: die biome van die planeet Aarde

20. Biodiversiteit: die biome van die planeet Aarde SW Aardrykskunde 20. Biodiversiteit: die biome van die planeet Aarde Aktiwiteite 1. Kyk na die volgende foto s. Watter van hierdie organismes speel na jou oordeel die belangrikste rol in die voedselketting.

Nadere informatie

MATTEUS 7:12. Votum en seën. Psalm 34 : 2, 4. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 4 : 3.

MATTEUS 7:12. Votum en seën. Psalm 34 : 2, 4. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 4 : 3. MATTEUS 7:12 Votum en seën Psalm 34 : 2, 4 Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 4 : 3 Gebed Skrifberyming 53 (14-3) : 4 Skriflesing: Matteus 7:7-23 (AV 1983/91) Teks:

Nadere informatie

God bly met u, waar u ook mag gaan. Mag sy Gees u lei en heilig en u altyddeur beveilig. God bly met u, waar u ook mag gaan

God bly met u, waar u ook mag gaan. Mag sy Gees u lei en heilig en u altyddeur beveilig. God bly met u, waar u ook mag gaan God bly met u, waar u ook mag gaan. Mag sy Gees u lei en heilig en u altyddeur beveilig. God bly met u, waar u ook mag gaan L 269:2 God bly met u, waar u ook mag gaan. Deur sy sterke hand behoed Hy, daagliks

Nadere informatie

Die Here tree op teen dié wat terugdraai sonde toe

Die Here tree op teen dié wat terugdraai sonde toe SKRIFLESING: Genesis 19:1-30 TEKS: Genesis 19:26 TEMA: Die Here tree op teen dié wat terugdraai sonde toe Psalm 48 : 4 Psalm 7 : 6, 7 Psalm 1 : 1 Skrifberyming 78 (13-3) Ook: Sb 38 (15-2) : 2, 3 As n mens

Nadere informatie

SKRIFLESING: Jesaja 55. TEKS: Jesaja 55: Die Here se Woord werk. Skrifberyming 34 (2-2) : 1. Psalm 19 : 4. Psalm 33 : 5.

SKRIFLESING: Jesaja 55. TEKS: Jesaja 55: Die Here se Woord werk. Skrifberyming 34 (2-2) : 1. Psalm 19 : 4. Psalm 33 : 5. SKRIFLESING: Jesaja 55 TEKS: Jesaja 55:10-11 TEMA: Die Here se Woord werk. Skrifberyming 34 (2-2) : 1 Psalm 19 : 4 Psalm 33 : 5 Psalm 89 : 6 Skrifberyming 78 (13-3) Ook: Ps 147 : 6, 7 Sb 34 (2-2) : 2 2

Nadere informatie

10. Ek is by julle Matteus 28:16-20

10. Ek is by julle Matteus 28:16-20 10. Ek is by julle Matteus 28:16-20 Tema Jesus verseker mense wat Hom aanbid, en selfs dié wat nog twyfel, dat Hy, die Almagtige, by hulle is wanneer hulle uitgaan om dissipels oor die hele wêreld heen

Nadere informatie

Teks: Lukas 17:11-19 Belydenis: H.K. Sondag 32 Tema: Dankbaarheid draai ons na God

Teks: Lukas 17:11-19 Belydenis: H.K. Sondag 32 Tema: Dankbaarheid draai ons na God Datum 24 Januarie 2016 Teks: Lukas 17:11-19 Belydenis: H.K. Sondag 32 Tema: Dankbaarheid draai ons na God Liedere: Psalm 107:1, 10 Psalm 1:1 Psalm 119:37 Psalm 116:1, 7 Psalm 100:1-4 * Die meeste van ons,

Nadere informatie

Antonieme en sinonieme

Antonieme en sinonieme Antonieme en sinonieme Naam Oefening 1 1. Die motor is nie groot nie. smal 2. Die skaap is nie slim nie. buite 3. Die koffie is nie soet nie. naby 4. Die kind is nie soet nie. klein 5. Die straat is nie

Nadere informatie

TEKS : JAK 3:13-18 (1:5; 4:-7-10) TEMA : "DIT IS N REIS MET WYSHEID INLEIDING

TEKS : JAK 3:13-18 (1:5; 4:-7-10) TEMA : DIT IS N REIS MET WYSHEID INLEIDING TEKS : JAK 3:13-18 (1:5; 4:-7-10) TEMA : "DIT IS N REIS MET WYSHEID INLEIDING! DIT IS WYS OM SAAM MET GOD TE REIS - PP " Dit is n reis met verandering - vanoggend - verandering wat lewe en vryheid bring

Nadere informatie

Dankoffersondag met Nagmaal 4 November

Dankoffersondag met Nagmaal 4 November Dankoffersondag met Nagmaal 4 November Ek begin diens met afkondigings, votum, seëngroet Votum: Ons het ondervind dat die Here goed is. Kom na Hom toe, die lewende steen, wat deur die mense afgekeur is,

Nadere informatie

Gee my die bergwêreld! Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Gee my die bergwêreld! Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark 1 Josua 14:6-15 Teks. Josua 14:12 Gee my die bergwêreld! Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark 1. Kaleb vertrou God In Numeri 13 lees ons hoe Moses op bevel van God leiers van die volk uitstuur om die beloofde

Nadere informatie

Sakkie Parsons E-Pos Bediening

Sakkie Parsons E-Pos Bediening Sakkie Parsons E-Pos Bediening E-pos: sparsons@absamail.co.za Webtuiste: www.sakkieparsons.co.za Sel: 082-568 2704/Tel: 012 543 3669 Tekens Is Vir Die Gelowige en Nie Vir Die Ongelowige Nie Ek wil graag

Nadere informatie

Die Here het n groot wrewel aan mense wat onder die indruk verkeer dat hulle Hom kan dien en daarmee saam volop genietinge van die sonde kan hê.

Die Here het n groot wrewel aan mense wat onder die indruk verkeer dat hulle Hom kan dien en daarmee saam volop genietinge van die sonde kan hê. Sing vooraf: Psalm 89:6-6- Hoe salig is die volg wat luister na u woord, hul wandel in die lig wat van U afstraal, voort. Hul sal hul in u diens, waaraan hul toegewy is, die ganse dag verheug, omdat hul

Nadere informatie

Reëls vir God se familie

Reëls vir God se familie Ontmoeting 19 Israel ontvang die die Wet op die berg Sinai Reëls vir God se familie Aan die einde van die ontmoeting moet die kinders besef dat God nie vir ons reëls gegee het om ons te straf nie, maar

Nadere informatie

Hoe om vlae aan te bied

Hoe om vlae aan te bied Hoe om vlae aan te bied Dit is belangrik dat Voortrekkers die geskiedenis van die landsvlag ken. Stappe 1. Jy benodig: kleurkryt en fotostate van die landsvlag wat nie ingekleur is nie. 2. Deel vir elke

Nadere informatie

Jnr. Kategese 22 Januarie 2017 Visvang vir Jesus! Matteus 4: 12-23

Jnr. Kategese 22 Januarie 2017 Visvang vir Jesus! Matteus 4: 12-23 Benodighede: Visse op karton afgerol en uitgeknip Skuifspelde Stok met tou en magneet Jnr. Kategese 22 Januarie 2017 Visvang vir Jesus! Matteus 4: 12-23 Wenke: Lees die VERLOOP hier onder deur en maak

Nadere informatie

DIE VRUG VAN DIE GEES. Liefde en Eenheid in die kerk is die bewys van God se werk in die lewens van mense wat Hom aanbid en dien.

DIE VRUG VAN DIE GEES. Liefde en Eenheid in die kerk is die bewys van God se werk in die lewens van mense wat Hom aanbid en dien. DIE VRUG VAN DIE GEES Liefde en Eenheid in die kerk is die bewys van God se werk in die lewens van mense wat Hom aanbid en dien. Joh 17:21 23 Ek bid dat hulle almal een mag wees, net soos U, Vader, in

Nadere informatie

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Man van Vuur

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Man van Vuur Bybel vir Kinders bied aan Die Man van Vuur Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Lazarus Aangepas deur: E. Frischbutter Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

11. Die roeping van Moses

11. Die roeping van Moses 11. Die roeping van Moses Exodus 3, 4 en 6 Maar Moses vergeet nie van sy eie volk nie. Hy kry hulle jammer. Hy slaan n Egiptenaar dood! Hy moet vlug. Die Here roep Moses 40 jaar later. Gaan dan nou heen,

Nadere informatie

SKRIFLESING: 1 Petrus 2:1-10. TEKS: 1 Petrus 2:9. God red sodat ons sal vertel. Psalm 40 : 5. Psalm 4 : 3. Skrifberyming 8 (5-3) : 2.

SKRIFLESING: 1 Petrus 2:1-10. TEKS: 1 Petrus 2:9. God red sodat ons sal vertel. Psalm 40 : 5. Psalm 4 : 3. Skrifberyming 8 (5-3) : 2. SKRIFLESING: 1 Petrus 2:1-10 TEKS: 1 Petrus 2:9 TEMA: God red sodat ons sal vertel. Psalm 40 : 5 Psalm 4 : 3 Skrifberyming 8 (5-3) : 2 Psalm 71 : 9, 14 Skrifberyming 78 (13-3) Ook: Sb 24 (1-1) : 6 2 Waar

Nadere informatie

21. Die wel en wee van die vroeë kerk

21. Die wel en wee van die vroeë kerk 21. Die wel en wee van die vroeë kerk Handelinge 5: 17 tot Handelinge 7 God hou sy kerk in stand Na Christus se kruisiging hou die kerk nie op bestaan soos baie mense verwag het nie. Die Here bewaar sy

Nadere informatie

12. Almal is welkom Handelinge 10:1 11:18

12. Almal is welkom Handelinge 10:1 11:18 12. Almal is welkom Handelinge 10:1 11:18 Tema Die Heilige Gees maak die poorte oop vir Jesus se volgelinge om die grense na alle mense met die evangelie oor te steek. Agtergrond en interpretasie BA Müller

Nadere informatie

WAARDES VIR DIE WEDSTRYD REEKS (SONDAG 10 MEI - SATERDAG 13 JUNIE 2015)

WAARDES VIR DIE WEDSTRYD REEKS (SONDAG 10 MEI - SATERDAG 13 JUNIE 2015) WAARDES VIR DIE WEDSTRYD REEKS (SONDAG 10 MEI - SATERDAG 13 JUNIE 2015) INHOUDSOPGAWE VOORWOORD 1 HOE OM DEEL TE NEEM AAN DIE REEKS 2 KERKSONDERMURE SE CREDO 3 OORSIG VAN DIE HELE REEKS *Elke week se inhoud

Nadere informatie

Johannes 21:1-19. Vooraf

Johannes 21:1-19. Vooraf Johannes 21:1-19 Vooraf Ons is tans in die Kerkjaar in die tyd tussen Jesus se opstanding en die hemelvaart. In die tyd fokus ons op Jesus se opstanding. Sy opstanding is vir ons die teken en bewys dat

Nadere informatie

Nuwe Familie. Niemand is alleen nie

Nuwe Familie. Niemand is alleen nie Nuwe Familie Niemand is alleen nie Jou nuwe Familie (28) Toe begin Petrus vir Hom te sê: Kyk, ons het alles verlaat en U gevolg. (29) En Jesus antwoord en sê: Voorwaar Ek sê vir julle, daar is niemand

Nadere informatie

FORMULIER VIR DIE BEDIENING VAN DIE NAGMAAL

FORMULIER VIR DIE BEDIENING VAN DIE NAGMAAL FORMULIER VIR DIE BEDIENING VAN DIE NAGMAAL Instelling van 1 Kor 11: 23-26 Geliefdes in die Here Jesus Christus Die Here het self ingestel. Daarvan getuig Paulus: "Ek het van die Here ontvang wat ek ook

Nadere informatie

SKOOL GR 7: BYBELONDERRIG 29 Oktober 2010 Toets: Lesse TOTAAL: 70

SKOOL GR 7: BYBELONDERRIG 29 Oktober 2010 Toets: Lesse TOTAAL: 70 SKOOL GR 7: BYBELONDERRIG 29 Oktober 2010 Toets: Lesse 20-28 TOTAAL: 70 NAAM: Instruksies: 1. Vul EERSTENS jou naam en van in. 2. Lees elke vraag noukeurig voordat jy antwoord en antwoord volledig. 3.

Nadere informatie

TEKS: Matteus 28:11-15 HK 17. Jesus se opstanding, wat regtig gebeur het, gee moed en hoop.

TEKS: Matteus 28:11-15 HK 17. Jesus se opstanding, wat regtig gebeur het, gee moed en hoop. SKRIFLESING: Matteus 27:62 28:15 TEKS: Matteus 28:11-15 HK 17 TEMA: Jesus se opstanding, wat regtig gebeur het, gee moed en hoop. Psalm 118 : 12 Psalm 37 : 17, 18 Psalm 16 : 5 Psalm 71 : 1, 2 1 Daar word

Nadere informatie

Preek - Sondag 28 Augustus 2016 Fokus 3 - Luk 18:1-9

Preek - Sondag 28 Augustus 2016 Fokus 3 - Luk 18:1-9 Preek - Sondag 28 Augustus 2016 Fokus 3 - Luk 18:1-9 Jacques Rynard en Jan-Paul Otto het saam met Jacques se pa gaan teiken skiet. Daar is n skiet ongeluk en Jacques se pa is oorlede. Jan-Paul is die persoon

Nadere informatie

Paulus sê in Gal.2:5 hy het nie vir een oomblik toegegee aan die gelowiges wat probeer het om hom terug te kry in hierdie gemengde Evangelie nie

Paulus sê in Gal.2:5 hy het nie vir een oomblik toegegee aan die gelowiges wat probeer het om hom terug te kry in hierdie gemengde Evangelie nie Fundamentele Genade Inleiding Hierdie is n Reeks boodskappe wat deur Stephen bedien is. Dit is n Reeks van 5 Boodskappe op CD. U is welkom om die hele Reeks te bestel. Geniet hierdie worderlike Goeie Nuus

Nadere informatie

2. Gehoorsaamheid aan die letter van die wet sonder om die waarheid daarvan te aanvaar of te vertrou. 3. Die glo in die wet, sonder om dit te doen.

2. Gehoorsaamheid aan die letter van die wet sonder om die waarheid daarvan te aanvaar of te vertrou. 3. Die glo in die wet, sonder om dit te doen. Die Pad van Waarheid tot die Lewe BybelVertalingsProjek Bespreking van die wet 2 Wettiesheid teenoor gehoorsaamheid Wat is wettiesheid? 1. Om te dink dat ek enige iets kan byvoeg by die volkome verlossing

Nadere informatie

LITURGIE OGGEND EREDIENS

LITURGIE OGGEND EREDIENS LITURGIE OGGEND EREDIENS VOORAFSANG PS 1:1,4 & PS 10:1-4 (bl. 42) VOTUM Ons hulp is van die Here, wat hemel en aarde gemaak het en getrou bly tot in ewigheid GROETSEëN Genade, barmhartigheid en vrede vir

Nadere informatie

8. Die uittog uit Egipte

8. Die uittog uit Egipte 8. Die uittog uit Egipte Exodus 13-18 Die getrouheid van God God is getrou in alles wat Hy beloof en doen. Hy bly getrou al is sy volk ontrou. Hierdie hoofstuk fokus op die volgende hoofgedagtes: God verlos

Nadere informatie

Preek, Ds Freddie Schoeman. Sondag 27 Februarie 2011

Preek, Ds Freddie Schoeman. Sondag 27 Februarie 2011 Preek, Ds Freddie Schoeman Sondag 27 Februarie 2011 [Skyfie 1] Op ons almanak staan daar dat ons vandag spesiaal aandag gee aan n organisasie met die naam Bibles for Believers wat Bybels gratis vesprei

Nadere informatie

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 10

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 10 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 10 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL VS3 NOVEMBER 2006 PUNTE: 100 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye. Afrikaans Eerste Addisionele Taal/VS3 2 INSTRUKSIES

Nadere informatie

SONDAG 11 MEI 2014 DANKIE

SONDAG 11 MEI 2014 DANKIE TOETREDE: Psalm 84:1 en 4 SONDAG 11 MEI 2014 DANKIE VOTUM: Soos die oë van n dienskneg gerig is op die hand van sy eienaar soos die oë van n diensmeisie gerig is op die hand van haar eienares so is ons

Nadere informatie

GRAAD 12 SEPTEMBER 2014 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3

GRAAD 12 SEPTEMBER 2014 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2014 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 PUNTE: 100 TYD: 2½ uur *AFRFA3* Hierdie vraestel bestaan uit 7 bladsye. 2 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3

Nadere informatie

JULLE MOET WEDERGEBORE WORD

JULLE MOET WEDERGEBORE WORD JULLE MOET WEDERGEBORE WORD Deur Abba Vader 23Oktober 2007 om 09;18 Julle moet nie glo dat julle al wedergebore is nie. Die ware wedergeboorte is n langsame en delikate proses. Van julle het al die geestelike

Nadere informatie

Wêreld vrede het die mens nog altyd ontduik. Ten spyte van soveel skoonheidskoninginne se mooi voornemens.

Wêreld vrede het die mens nog altyd ontduik. Ten spyte van soveel skoonheidskoninginne se mooi voornemens. Preek: Numeri 6:22-27 Daar is min dinge so ongemaklik soos om in 'n huis in te stap waar die familielede baklei. Ek weet nooit mooi hoe om te reageer nie. Gewoonlik skuifel ek maar op een plek rond. Kyk

Nadere informatie

Wat leer ons die week? Kwartaal 3 Week 7

Wat leer ons die week? Kwartaal 3 Week 7 Wat leer ons die week? Kwartaal 3 Week 7 Om leeruitdagings ten volle aan te durf en die vooruitsigte van teater bederf is die week se vooruitsigte! NUWE KONSEPTE Tema: Groente Ons bespreek die volgende

Nadere informatie

Johannesburg Cluster Common Examination Vraestel 3

Johannesburg Cluster Common Examination Vraestel 3 Johannesburg Cluster Common Examination Vraestel 3 Kreatiewe Skryfwerk November 2011 AFRIKAANS EAT GRAAD 10 Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye. INSTRUKSIES: 1. Kies en beantwoord EEN vraag uit elke

Nadere informatie

SKRIFLESING: Openbaring 1:1-8. TEKS: Openbaring 1:8. Die Here omvat alles altyd. Psalm 90 : 1, 2. Psalm 65 : 2, 4. Psalm 102 : 11

SKRIFLESING: Openbaring 1:1-8. TEKS: Openbaring 1:8. Die Here omvat alles altyd. Psalm 90 : 1, 2. Psalm 65 : 2, 4. Psalm 102 : 11 SKRIFLESING: Openbaring 1:1-8 TEKS: Openbaring 1:8 TEMA: Die Here omvat alles altyd. Psalm 90 : 1, 2 Psalm 65 : 2, 4 Psalm 102 : 11 Skrifberyming 10 (5-4 ) 5, 6 [Ook: Sb 7-2 : 1, 2 Sb 24 : 1, 7] 1 Die

Nadere informatie

Proses van wysiging van Artikel 1 van die Kerkorde

Proses van wysiging van Artikel 1 van die Kerkorde Proses van wysiging van Artikel 1 van die Kerkorde Algemene Sinode 1998/2003 Die Algemene Sinode aanvaar dat die Belydenis van Belhar op sigself genome nie met die drie formuliere van eenheid in stryd

Nadere informatie

Die intrige rondom Hanna kan in die volgende punte saamgevat word:

Die intrige rondom Hanna kan in die volgende punte saamgevat word: Die intrige in n verhaal is die plan waarvolgens n verhaal ontwikkel en word ook die raamwerk van gebeure genoem. Die raamwerk dui op die organisasie van die gebeure in die verhaal en saak en gevolg speel

Nadere informatie

eboeke word ontwikkel en gratis verskaf deur die

eboeke word ontwikkel en gratis verskaf deur die Ons praat baie van dinge wat in verhouding tot mekaar is, sonder om dit regtig agter te kom! As jy byvoorbeeld sê dat jy twee van die ses stukke van n pizza geëet het, het jy n verhouding beskryf: Die

Nadere informatie

GENERAL EDUCATION AND TRAINING AFRIKAANS HUISTAAL JUNIE EKSAMEN 2012 GRAAD 6

GENERAL EDUCATION AND TRAINING AFRIKAANS HUISTAAL JUNIE EKSAMEN 2012 GRAAD 6 GENERAL EDUCATION AND TRAINING AFRIKAANS HUISTAAL JUNIE EKSAMEN 2012 GRAAD 6 PUNTE : 60 TYDSDUUR: 60 MINUTE Bladsy 1 van 10 Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye INSTRUKSIES: 1. Beantwoord al die vrae.

Nadere informatie

Pretoria- 27 Mei 2012 (Nabetragting)

Pretoria- 27 Mei 2012 (Nabetragting) 1 Skriflesing: Psalm 16 Teks: Psalm 16:10-11a Sing- Ps. 68:15; Ps. 23:2; Ps. 2:4 Petrus preek op Pinkstersondag, Psalm 16 (vgl. Hand 2:25-31). Broeder en suster, watter aangrypende Psalm, waar Dawid as

Nadere informatie

Psalm /08/2015 Tema: Juig tot eer van die Here, almal op aarde! Gabriel García Márquez is ʼn skrywer wat die Nobelprys vir Letterkunde gewen het

Psalm /08/2015 Tema: Juig tot eer van die Here, almal op aarde! Gabriel García Márquez is ʼn skrywer wat die Nobelprys vir Letterkunde gewen het Psalm 100 02/08/2015 Tema: Juig tot eer van die Here, almal op aarde! Gabriel García Márquez is ʼn skrywer wat die Nobelprys vir Letterkunde gewen het met sy boek 100 Years of Solitude. In die boek vertel

Nadere informatie

PREEK: SONDAG 29 Maart 2015 ONTNUGTERING Ds. Attie Steyn

PREEK: SONDAG 29 Maart 2015 ONTNUGTERING Ds. Attie Steyn PREEK: SONDAG 29 Maart 2015 ONTNUGTERING Ds. Attie Steyn Ontnugtering! Jeremia 15:10, 15-18; 20:7-13 (Die Boodskap-vertaling word gebruik, tensy anders aangedui) 1. Die krisis wat profeet-wees bring As

Nadere informatie

Saamwoon Bybels beoordeel

Saamwoon Bybels beoordeel Geagte br / sr Ons wil graag by wyse van hierdie herderlike brief met u oor die verskynsel van saamwoon praat. Met saamwoon verwys ons na die verskynsel dat n man en n vrou wat nie getroud is nie, saam

Nadere informatie

Dissipelskap. Daaglikse Bybel lees rooster. Maandag/ week 1

Dissipelskap. Daaglikse Bybel lees rooster. Maandag/ week 1 Dissipelskap Daaglikse Bybel lees rooster. Maandag/ week 1 Handelinge 1 : 1 14. Die belofte dat die Gees sou kom. 1. Selfs na 40 dae, waartydens Jesus sy opstanding bewys het en waartydens Hy oor die koninkryk

Nadere informatie

1. Energie is iets binne-in mense, diere en dinge wat hulle laat. 2. Waarvandaan kom alle energie op aarde?

1. Energie is iets binne-in mense, diere en dinge wat hulle laat. 2. Waarvandaan kom alle energie op aarde? 14 Energie Wat weet ek van energie 1. Energie is iets binne-in mense, diere en dinge wat hulle laat. 2. Waarvandaan kom alle energie op aarde? 3. Gebruik die soorte energie in die blokkie en vul die regte

Nadere informatie

KINDERDIENS JEREMIA 18: APRIL 2013

KINDERDIENS JEREMIA 18: APRIL 2013 1 KINDERDIENS JEREMIA 18:1-1 14 APRIL 2013 Liewe kinders, broers en susters, (1 a)het julle al iets probeer bou met LEGO s en dan n baie (1b)goeie plan gehad van wat jy wil bou maar toe werk dit nie uit

Nadere informatie

MATTEUS 10:16. Votum en seën. Psalm 89 : 1. Gebed. Skriflesing: Matteus 10:5-20 (AV 1983/91) Teks: Matteus 10:16 (AV 1983/91) Psalm 67 : 2

MATTEUS 10:16. Votum en seën. Psalm 89 : 1. Gebed. Skriflesing: Matteus 10:5-20 (AV 1983/91) Teks: Matteus 10:16 (AV 1983/91) Psalm 67 : 2 MATTEUS 10:16 Votum en seën Psalm 89 : 1 Gebed Skriflesing: Matteus 10:5-20 (AV 1983/91) Teks: Matteus 10:16 (AV 1983/91) Psalm 67 : 2 Preek: Christus se kerk moet versigtig en opreg werk Gebed Kollekte

Nadere informatie

Daar is duidelik iets soos die bose. Bose is bose geeste wat verwoestingswerk aanrig.

Daar is duidelik iets soos die bose. Bose is bose geeste wat verwoestingswerk aanrig. Bybelstudie: Bose Geeste Die Here beskou alles wat teen Hom gerig is en wat ongehoorsaam is en wat onheilig is as boos. Bose geeste is dus geeste wat hulle teen God versit en wat onheilig en sleg is, en

Nadere informatie

Pretoria- 23 Junie 2013

Pretoria- 23 Junie 2013 1 Skriflesing: 1 Thessalonicense 5:1-28 Teks: 1 Thessalonicense 5: 9,16-22 Sing- Ps. 66:1,4; Ps. 86:8; Ps. 31:1,3,5 Ps. 100:1,2,3 1 Thessalonicense 5:1-28 1Th 5:1 Maar oor die tye en geleenthede, broeders,

Nadere informatie

Pretoria- 27 Mei 2012 (Nagmaal)

Pretoria- 27 Mei 2012 (Nagmaal) 1 Skriflesing: Handelinge 2:12-36 Teks: Handelinge 2:25-31 Sing- Ps. 31:1,4; Ps. 32:4; Ps. 16: 1,5; Ps. 23:3; Ps. 116 Ps. 66:7 Broeder en suster- Watter voorreg ontvang ons vanoggend om in die tyd wat

Nadere informatie

SKOOL AFRIKAANS - GR 6 JUNIE 2010 AFDELING A: KREATIEWE SKRYFWERK TOTAAL: 100 NAAM:

SKOOL AFRIKAANS - GR 6 JUNIE 2010 AFDELING A: KREATIEWE SKRYFWERK TOTAAL: 100 NAAM: SKOOL AFRIKAANS - GR 6 JUNIE 2010 Eksamen TYD: 120 min TOTAAL: 100 NAAM: Instruksies 1. Vul eerstens jou naam en van op die antwoordblaaie neer. 2. Lees jou vrae noukeurig voordat jy antwoord. 3. Alle

Nadere informatie

DIE OU TESTAMENT. Die skepping en sonde Genesis 1-3. Die eerste moord Genesis 4:1-16. Noag en die sondvloed Genesis 6-9:1-17

DIE OU TESTAMENT. Die skepping en sonde Genesis 1-3. Die eerste moord Genesis 4:1-16. Noag en die sondvloed Genesis 6-9:1-17 DIE OU TESTAMENT Die skepping en sonde Genesis 1-3 Die eerste moord Genesis 4:1-16 Noag en die sondvloed Genesis 6-9:1-17 Die toring van Babel Genesis 11:1-9 Die roeping van Abram Genesis 12:1-3 Abraham

Nadere informatie

FASILITEERDERSGIDS SOSIALE WETENSKAPPE: GESKIEDENIS GRAAD 6

FASILITEERDERSGIDS SOSIALE WETENSKAPPE: GESKIEDENIS GRAAD 6 FASILITEERDERSGIDS SOSIALE WETENSKAPPE: GESKIEDENIS GRAAD 6 Kopiereg 2016 Impak Onderwysdiens (Edms.) Bpk. Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie soos toegelaat

Nadere informatie

Die Onse Vader - aanroeping Ons Vader wat in die hemel is

Die Onse Vader - aanroeping Ons Vader wat in die hemel is Die Onse Vader - aanroeping Ons Vader wat in die hemel is Teks: Matt 6:5-14; Heidelbergse Kategismus, Sondag 46 Fokus: Matt 6:9, Heidelbergse Kategismus, Sondag 46 TEMA: Ons intieme, verhewe Vader. Liturgie

Nadere informatie

7. Die tien plae en die instelling van die Pasga

7. Die tien plae en die instelling van die Pasga 7. Die tien plae en die instelling van die Pasga Exodus 6-12 God is almagtig God se ewige krag word duidelik sigbaar. Hy verlos sy volk deur magtige wonderdade. Hierdie hoofstuk fokus op die volgende hoofgedagtes:

Nadere informatie

Les 11 vir 10 Desember 2016

Les 11 vir 10 Desember 2016 Les 11 vir 10 Desember 2016 Gord dan soos n man jou heupe dan sal Ek jou ondervra, en onderrig jy My. (Job 38:3) God het in 'n onverwagse en skouspelagtige wyse opgedaag na Elíhu se toespraak. God het

Nadere informatie

MATTEUS 3:1-12 SONDAG 8 DESEMBER 2013

MATTEUS 3:1-12 SONDAG 8 DESEMBER 2013 1 MATTEUS 3:1-12 SONDAG 8 DESEMBER 2013 Broers en susters, Matteus stel n baie interessante man aan sy lesers voor. *Ontmoet Johannes die Doper! Ontmoet die man met die eienaardige klere en ongewone dieet.

Nadere informatie