HANDLEIDING GRAAD 12

Maat: px
Weergave met pagina beginnen:

Download "HANDLEIDING GRAAD 12"

Transcriptie

1 HANDLEIDING LEWENSWETENSKAPPE GRAAD 12 Kopiereg 2016 Impak Onderwysdiens (Edms.) Bpk. Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie soos toegelaat onder die Wet op Outeursreg, mag geen gedeelte van hierdie boek in enige vorm of op enige manier elektronies of meganies, insluitend fotokopiëring, bandopname, of enige inligtingstoring en herwinningstelsel, gereproduseer of versend word sonder die uitgewer se skriftelike toestemming nie. CAPS aligned Ë1612-A-LIS-SG01 µ Î

2 LEWENSWETENSKAPPE HANDBOEK EN WERKBOEK GRAAD 12 NKABV INHOUD Bladsy 1.1 DNA: Die kode van lewe Meiose Genetika & Erflikheid Voorplantingstrategieë Menslike voortplanting Die menslike senuweestelsel Reseptore Die mens se endokrienstelsel Homeostase in die mens Plante se reaksie op die omgewing Impak van die mens op die omgewing Evolusie Evolusie van die mens Hominien fossielterreine Alternatiewe vir evolusie 357 Bibliografie 360 iii

3 Lewe op molekulêre, sellulêre en weefselvlak Voordat jy nukleïensure bestudeer, is dit belangrik dat jy die bou van die tipiese sel hersien sodat jy weet wat sitoplasma en ribosome is, waar dit voorkom en waaruit die kern bestaan. 1.1 DNA: die kode van lewe Wat is nukleïensure? Nukleïensure word die molekules van lewe of die mees buitengewone molekules op aarde genoem omdat hulle oor die kapasiteit beskik om inligting wat sellulêre aktiwiteite beheer, te stoor, asook die: spesialisasie van selle om weefsels te vorm die ordening van weefsels om organe te vorm. Dit stel organismes in staat om al die nodige funksies waaruit basiese lewensprosesse bestaan, te verrig, m.a.w. beweging, voeding, respirasie, ekskresie, groei, voortplanting en reaksie op stimuli. Hulle doen dit deur die sintese van proteïene te beheer. Om proteïene te vorm klink allesbehalwe na die beheer van selaktiwiteite en hul ontwikkeling, maar dit is inderdaad die eerste stap in daardie rigting. Proteïene maak nie net baie van die bou van die liggaam uit nie, maar omdat ensieme proteïene is, beheer hulle ook die chemiese prosesse in selle. Op hierdie manier beheer nukleïensure by uitstek die bou en funksionering van alle lewende organismes. Die twee nukleïensure wat in selle voorkom, is: 1. Deoksiribonukleïensuur (DNA/DNS) 2. Ribonukleïensuur (RNA/RNS) Wat is ekstrasellulêre DNA? By plante en diere is daar klein hoeveelhede DNA wat buite die kern in mitochondria voorkom en in plante ook in chloroplaste. Dit word ekstrasellulêre DNA genoem. Sien Leeraktiwiteit 21 Chromosome en gene Wat is chromosome? Chromosome is in 1888 per ongeluk ontdek. Hulle absorbeer kleurstowwe baie goed vandaar die naam gekleurde liggaampies. Dit maak hulle onder n mikroskoop sigbaar, maar hulle kan net as individuele drade gesien word as die sel verdeel. Chromosome is lang, dun ineengevlegte draderige strukture wat bestaan uit n string DNA wat rondom proteïene wat histone genoem word, gedraai is. Sommige histone is vas aan die DNA en help dit om tydens seldeling op te draai. Die DNA-molekule is gedraai sodat hierdie lang strukture binne-in die kern pas. Daar is byna twee meter DNA in elke menslike sel ingedruk. 1. Deoksiribonukleïensuur DNA Waar word DNA aangetref? DNA kom hoofsaaklik in die kern van n sel voor waar dit n belangrike deel van chromosome wat die chromatiennetwerk vorm, uitmaak. chromatien = chromosoommateriaal wat uit DNA, RNA en histone proteïene bestaan soos dit in n nieverdelende sel voorkom DNA-molekule rondom die kern van histone proteïene gedraai Deel van n chromosoom In liggaamselle (somaties) kom chromosome in homoloë pare voor. Die chromosome van n homoloë paar het dieselfde grootte en vorm en het dieselfde gene op dieselfde plekke. Sien bladsy 19 1

4 Wat is gene? Gene is dele van DNA-molekules wat erflikheidseienskappe beheer, m.a.w. hulle is die basiese eenhede van erflikheid in lewende organismes. Sien 1.3 Genetika en Erflikheid vir verdere inligting oor gene. Wie het die bou van DNA ontdek? Maurice Wilkins en Rosalind Franklin het by King's College in Londen probeer vasstel wat die bou van DNA is. Hulle was eksperimenteel in hul benadering en het veral gekyk na x-strale se diffraksie van beelde van DNA. In die vroeë 1950 s het graadstudent, Francis Crick, en navorsingsgenoot James Watson van die Cavendish Instituut by die Universiteit van Cambridge ook begin belangstel daarin om die bou van DNA vas te stel. Hulle het n model uit geelkoperplate gebou en dit aan ander laboratoriumtoerusting vasgeklamp. Hulle het toe besef dat nukleïensure in die vorm van n gedraaide leer gerangskik is, met die twee lopers wat uit fosfate en suikers bestaan; die reeks sporte het bestaan uit pare organiese verbindings wat as basisse bekend staan. Wat van genetiese replisering? Watson en Crick het hul idees oor genetiese replisering verder ontwikkel en dit in n tweede artikel in Nature van 30 Mei 1953 gepubliseer. Die paring van die basisse, dit is A=T en C=G, het gesuggereer dat n gegewe reeks basisse in een string outomaties bepaal word. Dit beteken dat, wanneer twee stringe skei, elkeen as n templaat vir n komplementêre nuwe string dien, m.a.w. elke string kan repliseer. Na die model van die dubbele heliks was daar steeds vrae oor hoe DNA die sintese van proteïene laat plaasvind. In 1961 het Francis Crick en Sydney Brenner genetiese bewyse gelewer dat n driedubbele kode gebruik word om genetiese materiaal in DNA te lees; die inligting word dan via RNA oorgedra van die kern in die sitoplasma na waar proteïene gevorm word. Die twee het bewys dat, in DNA, vorm gelyk is aan funksie: die dubbele stringmolekule kan beide presiese kopieë van hulself maak (repliseer) en instruksies oordra, m.a.w. die volgorde van die basisse in DNA vorm n kode waardeur genetiese inligting gestoor en oorgedra kan word. Wie het die Nobelprys gewen? Rosalind Franklin was die enigste van die vier navorsers met n graad in chemie. Sy het meestal alleen gewerk. As gevolg van haar x-straal diffraksies het sy vermoed dat alle DNA-molekules heliksvormig is en dat die genoemde skakels in die middel van die heliks inpas. Sy was egter huiwerig om haar bevindinge bekend te maak voordat sy genoeg bewyse het. Sy is op 37-jarige ouderdom aan kanker oorlede voordat sy haar bevindinge kon bekend maak. Watson, Crick en Wilkins het in 1962 die Nobelprys vir fisiologie/medisyne gewen, ná Franklin se dood. Die Nobelprys word net aan lewende mense gegee en kan net deur drie mense gedeel word. Sou sy ingesluit gewees het by die prys as sy nog gelewe het? Leeraktiwiteit 1 DNA 1.1 Gee die name van die drie navorsers wat die bou van DNA vasgestel het en die Nobelprys vir fisiologie/medisyne in 1962 vir hul pogings ontvang het. (3) 1.2 Gee die naam van die navorser wat n graad in chemie gehad het, maar nie die Nobelprys gekry het nie. (1) Verduidelik waarom sy dit nie gekry het nie. (1) 1.3 Waar in die sel kom die meeste DNA voor? (2) 2.1. Noem twee ander organelle waarin DNA voorkom. (2) 3. Wat is: 3.1 chromatien? (2) 3.2 n chromosoom? (2) 3.3 n geen? (2) Totaal [15] 2

5 Die bou van DNA DNA se vorm is soos n lang, gedraaide leer wat n stabiele, 3-dimensionele dubbele heliks vorm. Byvoorbeeld: Suiker-(deoksiribose) S P fosfaat stikstofbasis (timien) T DNA dubbele heliks 'n Timiennukleotied Omdat daar vier verskillende stikstofbasisse is, is daar vier verskillende nukleotiede. Hierdie vier basisse is die basis van die genetiese kode en gee die selle opdrag oor hoe om ensieme en ander proteïene te sintetiseer. Die vier nukleotiede is dieselfde in alle diere en plante. n Adenien-nukleotied van n mens is dieselfde as die adenien-nukleotied van n padda of n sonneblom, ens. Voordat jy verder gaan, moet jy eers weer die name van die vier basisse leer totdat jy hulle onthou. Hoe word die dubbele heliksstruktuur gevorm? (Sien diagram in Leeraktiwiteit 2) die buitenste twee bene van die leer bestaan uit ʼn ketting van suiker/fosfaatskakels. Die verbinding tussen die suiker en die fosfaat is baie sterk die sporte word gevorm deur basispare wat deur swak waterstofverbindings geskakel is. die stikstofhoudendebasispare is vasgeheg aan die suikermolekule. Model van n DNA-molekule Nukleotiede Die tweeledige DNA molekule bestaan uit n reeks eenhede, boustene (monomere) bekend as nukleotiede, wat saam gedraai is om lang nukleotiedketting (polimeer) te vorm. Elke nukleotied bestaan uit n: suikermolekule - deoksiribose(s) fosfaatmolekule (P) ʼn stikstofbasis wat adenien (A) timien (T) guanien (G) of sitosien (C) kan wees Wat is die basispare? Die vorm en grootte van die vier basisse is verskillend sodat: Adenien slegs met timien (en timien met adenien) of urasiel (Sien RNA) deur twee waterstofverbindings sal verbind, bv. A=T, A=U. Sitosien net met guanien (en guanien met sitosien) deur drie waterstofverbindings sal verbind, bv. C=G. Die waterstofverbindings is swak. Hoe word die basispare geklassifiseer? Daar is twee groepe stikstofbasisse puriene en pirimidiene. Puriene bestaan uit twee versmelte ringe stikstof-, suurstof en waterstofatome. Voorbeelde is guanien en adenien. 3

FASILITEERDERSGIDS WISKUNDE GRAAD 4

FASILITEERDERSGIDS WISKUNDE GRAAD 4 FASILITEERDERSGIDS WISKUNDE GRAAD 4 Kopiereg 2016 Impak Onderwysdiens (Edms.) Bpk. Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie soos toegelaat onder die Wet op Outeursreg,

Nadere informatie

HANDLEIDING SOSIALE WETENSKAPPE: GEOGRAFIE GRAAD 6

HANDLEIDING SOSIALE WETENSKAPPE: GEOGRAFIE GRAAD 6 HANDLEIDING SOSIALE WETENSKAPPE: GEOGRAFIE GRAAD 6 Kopiereg 2016 Impak Onderwysdiens (Edms.) Bpk. Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie soos toegelaat onder

Nadere informatie

FASILITEERDERSGIDS SOSIALE WETENSKAPPE: GEOGRAFIE GRAAD 5

FASILITEERDERSGIDS SOSIALE WETENSKAPPE: GEOGRAFIE GRAAD 5 FASILITEERDERSGIDS SOSIALE WETENSKAPPE: GEOGRAFIE GRAAD 5 Kopiereg 2016 Impak Onderwysdiens (Edms.) Bpk. Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie soos toegelaat

Nadere informatie

Almal verstaan Lewenswetenskappe Graad 12 Leerderboek J de Fontaine J Dugard R Freedman L Marchant I McKay R Simenson J Webb

Almal verstaan Lewenswetenskappe Graad 12 Leerderboek J de Fontaine J Dugard R Freedman L Marchant I McKay R Simenson J Webb Almal verstaan Lewenswetenskappe Graad 12 Leerderboek J de Fontaine J Dugard R Freedman L Marchant I McKay R Simenson J Webb Almal verstaan Lewenswetenskappe Graad 12 Leerderboek J de Fontaine, J Dugard,

Nadere informatie

HANDLEIDING WISKUNDE GRAAD 9

HANDLEIDING WISKUNDE GRAAD 9 HANDLEIDING WISKUNDE GRAAD 9 n Publikasie van Impak Onderwysdiens (Edms) Bpk Kopiereg voorbehou. Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie soos toegelaat onder

Nadere informatie

FASILITEERDERSGIDS AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 1

FASILITEERDERSGIDS AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 1 FASILITEERDERSGIDS AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 1 n Publikasie van Impak Onderwysdiens (Edms) Bpk Kopiereg voorbehou. Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of

Nadere informatie

FASILITEERDERSGIDS SOSIALE WETENSKAPPE: GESKIEDENIS GRAAD 6

FASILITEERDERSGIDS SOSIALE WETENSKAPPE: GESKIEDENIS GRAAD 6 FASILITEERDERSGIDS SOSIALE WETENSKAPPE: GESKIEDENIS GRAAD 6 Kopiereg 2016 Impak Onderwysdiens (Edms.) Bpk. Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie soos toegelaat

Nadere informatie

FASILITEERDERSGIDS LEWENSVAARDIGHEDE GRAAD 1

FASILITEERDERSGIDS LEWENSVAARDIGHEDE GRAAD 1 FASILITEERDERSGIDS LEWENSVAARDIGHEDE GRAAD 1 n Publikasie van Impak Onderwysdiens (Edms) Bpk Kopiereg voorbehou. Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie soos

Nadere informatie

Lewenswetenskappe Vraestel 1 Vrae. Afdeling A. Vraag 1

Lewenswetenskappe Vraestel 1 Vrae. Afdeling A. Vraag 1 Lewenswetenskappe Vraestel 1 Vrae 1 Lewenswetenskappe Vraestel 1 Vrae Afdeling A Vraag 1 1.1 Verskeie keuses word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die korrekte antwoord en skryf

Nadere informatie

Meesters vir transparante. 5.1 Kwartaal 1

Meesters vir transparante. 5.1 Kwartaal 1 Meesters vir transparante 5.1 Kwartaal 1 KWARTAAL 1: LEEF EN LEEFWYSE Leef en leefwyse Selle as die basiese boustene Stelsels in die menslike liggaam Menslike voortplanting en puberteit EENHEID 1 SELLE

Nadere informatie

HANDLEIDING AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 4

HANDLEIDING AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 4 HANDLEIDING AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 4 n Publikasie van Impak Onderwysdiens (Edms) Bpk Kopiereg voorbehou. Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie

Nadere informatie

FASILITEERDERSGIDS AFRIKAANS HUISTAAL GRAAD 2

FASILITEERDERSGIDS AFRIKAANS HUISTAAL GRAAD 2 FASILITEERDERSGIDS AFRIKAANS HUISTAAL GRAAD 2 n Publikasie van Impak Onderwysdiens (Edms) Bpk Kopiereg voorbehou. Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie soos

Nadere informatie

HANDLEIDING SKEPPENDE KUNSTE GRAAD 8

HANDLEIDING SKEPPENDE KUNSTE GRAAD 8 HANDLEIDING SKEPPENDE KUNSTE GRAAD 8 n Publikasie van Impak Onderwysdiens (Edms) Bpk Kopiereg voorbehou. Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie soos toegelaat

Nadere informatie

Natuurwetenskappe. 1.Noem alle materie wat bestaan uit klein deeltjies wat atome genoem word? (6) 2.Waaruit bestaan elemente? (6)

Natuurwetenskappe. 1.Noem alle materie wat bestaan uit klein deeltjies wat atome genoem word? (6) 2.Waaruit bestaan elemente? (6) Vraestel 1.Noem alle materie wat bestaan uit klein deeltjies wat atome genoem word? (6) 2.Waaruit bestaan elemente? (6) 3.Hoekom kan elemente nie op ʼn chemiese materie afgebreek word nie? (4) 4.Vul die

Nadere informatie

HANDLEIDING SKEPPENDE KUNSTE GRAAD 7

HANDLEIDING SKEPPENDE KUNSTE GRAAD 7 HANDLEIDING SKEPPENDE KUNSTE GRAAD 7 n Publikasie van Impak Onderwysdiens (Edms) Bpk Kopiereg voorbehou. Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie soos toegelaat

Nadere informatie

HANDLEIDING GRAAD 10

HANDLEIDING GRAAD 10 ANDLEIDING LEWENSWETENSKAPPE GRAAD 10 n Publikasie van Impak nderwysdiens (Edms) Bpk Kopiereg voorbehou. Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie soos toegelaat

Nadere informatie

FASILITEERDERSGIDS SOSIALE WETENSKAPPE: GEOGRAFIE GRAAD 4

FASILITEERDERSGIDS SOSIALE WETENSKAPPE: GEOGRAFIE GRAAD 4 FASILITEERDERSGIDS SOSIALE WETENSKAPPE: GEOGRAFIE GRAAD 4 Kopiereg 2016 Impak Onderwysdiens (Edms.) Bpk. Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie soos toegelaat

Nadere informatie

2017 SACAI-WINTERSKOOL LEWENS- WETENSKAPPE NOTAS

2017 SACAI-WINTERSKOOL LEWENS- WETENSKAPPE NOTAS 2017 SACAI-WINTERSKOOL LEWENS- WETENSKAPPE NOTAS GRAAD 12 Die eksamen sal bestaan uit twee vraestelle van 2 ½ uur en 150 punte elk. Die gewig en die beoordeling van die onderwerpe in Vraestel 1 en Vraestel

Nadere informatie

Plantstruktuur en Plant Voedsel

Plantstruktuur en Plant Voedsel Plantstruktuur en Plant Voedsel Vraag 3: Kyk na die prentjies en beantwoord die vrae wat volg: Prentjie A Prentjie B Prentjie C 1. Prentjie A is n illustrasie van n plantsel soos gesien deur die lens van

Nadere informatie

HANDLEIDING SOSIALE WETENSKAPPE: GESKIEDENIS GRAAD 6

HANDLEIDING SOSIALE WETENSKAPPE: GESKIEDENIS GRAAD 6 HANDLEIDING SOSIALE WETENSKAPPE: GESKIEDENIS GRAAD 6 Kopiereg 2016 Impak Onderwysdiens (Edms.) Bpk. Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie soos toegelaat onder

Nadere informatie

OpenStax-CNX module: m Die plant: blomme. Siyavula Uploaders

OpenStax-CNX module: m Die plant: blomme. Siyavula Uploaders OpenStax-CNX module: m20946 1 Die plant: blomme Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 NATUURWETENSKAPPE 2 Graad 9 3

Nadere informatie

Gemeenskap. Wat is n gemeenskap? n Gemeenskap het n hoof/hoof?

Gemeenskap. Wat is n gemeenskap? n Gemeenskap het n hoof/hoof? Gemeenskap Wat is n gemeenskap? Die woord gemeenskap dui n intieme verband tussen mense aan. Mense wat deel aan iets, maar dit wat hulle deel is baie besonders. Uit die Grieks is die woord vir gemeenskap

Nadere informatie

Ekurhuleni Noord Distrik. Lewenswetenskap: Graad 10 P1. November Eksamen 2017

Ekurhuleni Noord Distrik. Lewenswetenskap: Graad 10 P1. November Eksamen 2017 Ekurhuleni Noord Distrik Lewenswetenskap: Graad 10 P1 November Eksamen 2017 Tyd: 2½ ure Totaal: 150 Instruksies en Inligting 1. Beantwoord al vrae. 2. Skryf al die antwoorde op jou foliopapier neer wat

Nadere informatie

HANDLEIDING LEWENSVAARDIGHEDE GRAAD 4

HANDLEIDING LEWENSVAARDIGHEDE GRAAD 4 HANDLEIDING LEWENSVAARDIGHEDE GRAAD 4 ʼn Publikasie van Impak Onderwysdiens (Edms) Bpk Kopiereg voorbehou. Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie soos toegelaat

Nadere informatie

9 Lewensprosesse en gesondheid (NW)

9 Lewensprosesse en gesondheid (NW) 9 Lewensprosesse en gesondheid (NW) Die wonder van die menslike liggaam Ons menslike liggaam is niks minder nie as n wonder van God. Ons menslike verstand kry dit nie reg om alles te verstaan oor die liggaam

Nadere informatie

Les Plan Twee. Habitats

Les Plan Twee. Habitats Les Plan Twee Habitats KRITIEKE UITKOMSTE KU #1: Identifiseer en los probleme op op 'n manier wat getuig daarvan dat kritieke en vindingryke denke gebruik is om verantwoordelike besluite te neem. KU #7:

Nadere informatie

FASILITEERDERSGIDS SOSIALE WETENSKAPPE: GESKIEDENIS GRAAD 7

FASILITEERDERSGIDS SOSIALE WETENSKAPPE: GESKIEDENIS GRAAD 7 FASILITEERDERSGIDS SOSIALE WETENSKAPPE: GESKIEDENIS GRAAD 7 ʼn Publikasie van Impak Onderwysdiens (Edms.) Bpk. Kopiereg voorbehou. Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek

Nadere informatie

HANDLEIDING SOSIALE WETENSKAPPE: GESKIEDENIS GRAAD 8

HANDLEIDING SOSIALE WETENSKAPPE: GESKIEDENIS GRAAD 8 HANDLEIDING SOSIALE WETENSKAPPE: GESKIEDENIS GRAAD 8 n Publikasie van Impak Onderwysdiens (Edms) Bpk Kopiereg voorbehou. Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie

Nadere informatie

KLASTOETS GRAAD 11. LEWENSWETENSKAPPE: HOOFSTUK 10 EN 11 Toets 5: Diversiteit van diere in Suid-Afrika en biogeografie

KLASTOETS GRAAD 11. LEWENSWETENSKAPPE: HOOFSTUK 10 EN 11 Toets 5: Diversiteit van diere in Suid-Afrika en biogeografie KLASTOETS GRAAD 11 LEWENSWETENSKAPPE: HOOFSTUK 10 EN 11 Toets 5: Diversiteit van diere in Suid-Afrika en biogeografie PUNTE: 40 TYD: 1 uur INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Beantwoord AL die vrae. 2. Nommer

Nadere informatie

20. Biodiversiteit: die biome van die planeet Aarde

20. Biodiversiteit: die biome van die planeet Aarde SW Aardrykskunde 20. Biodiversiteit: die biome van die planeet Aarde Aktiwiteite 1. Kyk na die volgende foto s. Watter van hierdie organismes speel na jou oordeel die belangrikste rol in die voedselketting.

Nadere informatie

Watter van volgende stellings beskryf die oorerfingsmeganisme van hierdie afwyking die beste?

Watter van volgende stellings beskryf die oorerfingsmeganisme van hierdie afwyking die beste? Lewenswetenskappe Vraestel 1 VRAAG 1 1.1 Verskeie moontlik opsies word as antwoorde tot die volgende vrae verstrek. Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A D) langs die vraagnommer (1.1.1

Nadere informatie

Handleiding 11. Belangegroepbestuur. GKSA - Belangegroepbestuur

Handleiding 11. Belangegroepbestuur. GKSA - Belangegroepbestuur Handleiding 11 Belangegroepbestuur 1 11.1 INLEIDING Die kerk het n hele paar belangegroepe wat in ag geneem word, wor, en waarmee daar gereeld gekommunikeer moet word. Die kommunikasie met elk van hierdie

Nadere informatie

HANDLEIDING GEOGRAFIE GRAAD 11

HANDLEIDING GEOGRAFIE GRAAD 11 HANDLEIDING GEOGRAFIE GRAAD 11 n Publikasie van Impak Onderwysdiens (Edms) Bpk Kopiereg voorbehou. Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie soos toegelaat onder

Nadere informatie

Fase 1: Die beskikbare opsies Klik op die volgende plekke: Stap 1: Stap 2: Stap 3: Vul die Name - en die Description -veld vir die klikker in.

Fase 1: Die beskikbare opsies Klik op die volgende plekke: Stap 1: Stap 2: Stap 3: Vul die Name - en die Description -veld vir die klikker in. Klikker ( Clicker ) Klikker-aktiwiteite is nuttig vir assessering in die klaskamer. Dosente gebruik hierdie assesseringsmetode om studente se verstaansvlak van n besondere begrip te meet terwyl die lesing

Nadere informatie

Lewenswetenskappe. StudiegidS. Graad

Lewenswetenskappe. StudiegidS. Graad Lewenswetenskappe StudiegidS Graad 12 Departement van Basiese Onderwys 2014 Lewenswetenskappe StudiegidS Graad 12 Departement van Basiese Onderwys 2014 Hierdie publikasie is nie in die handel beskikbaar

Nadere informatie

GRAAD 3 GESYFERDHEID VOORBEELDITEMS (AFRIKAANS) ONDERWYSERSGIDS

GRAAD 3 GESYFERDHEID VOORBEELDITEMS (AFRIKAANS) ONDERWYSERSGIDS 2011 GRAAD 3 GESYFERDHEID VOORBEELDITEMS (AFRIKAANS) ONDERWYSERSGIDS INSTRUKSIES AAN ONDERWYSERS 1. Daar is makliker en moeiliker items. 2. Die voorbeelditems is so saamgestel dat leerders hulself kan

Nadere informatie

Les 11: Tegnologie in die sake-omgewing

Les 11: Tegnologie in die sake-omgewing Les 11: Tegnologie in die sake-omgewing Aktiwiteit Groot handelsbanke soos Absa, Standard Bank en Nedbank bied verskeie nuwe dienste aan hulle kliënte. Kliënte hoef nie meer soos in die verlede die bank

Nadere informatie

HANDLEIDING DRAMATIESE KUNSTE GRAAD 10

HANDLEIDING DRAMATIESE KUNSTE GRAAD 10 HANDLEIDING DRAMATIESE KUNSTE GRAAD 10 n Publikasie van Impak Onderwysdiens (Edms) Bpk Kopiereg voorbehou. Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie soos toegelaat

Nadere informatie

Inleiding Tot Die Jagluiperd

Inleiding Tot Die Jagluiperd Les Plan Een Inleiding Tot Die Jagluiperd KRITIEKE UITKOMSTE KU #1: KU #2: KU #3: Identifiseer en los probleme op en maak besluite deur van kritieke en vindingryke denke gebruik te maak. Werk effektief

Nadere informatie

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

DIE VLEUELS VAN GEBED (9) DIE VLEUELS VAN GEBED (9) DIE VLEUELS VAN GEBED (9) Jan van der Watt Dankie Here! Dankie sê is om jou skuld te betaal. In die tyd van die Bybel was dankie sê iets anders as vandag. Vandag is dankie n woord

Nadere informatie

Watter koek se dele lyk vir jou die grootste? Dis Reg! Die koek wat in 3 dele gesny is se dele is groter as die koek wat in 4 dele gesny is.

Watter koek se dele lyk vir jou die grootste? Dis Reg! Die koek wat in 3 dele gesny is se dele is groter as die koek wat in 4 dele gesny is. Hoe om breuke met mekaar te vergelyk Jou ma het sjokoladekoeke gebak. Sy het een in gelyke dele verdeel en die ander in gelyke dele. Jy wil graag die grootste stuk koek hê, maar weet nou nie van watter

Nadere informatie

Die horisontale as verteenwoordig die invoerveranderlike en die vertikale as die uitvoerveranderlike, en die twee asse sny by n gesamentlike nulpunt.

Die horisontale as verteenwoordig die invoerveranderlike en die vertikale as die uitvoerveranderlike, en die twee asse sny by n gesamentlike nulpunt. As jy na die volgende getal- masjien kyk: y = x +, sal jy sien wanneer ons verskillende waardes vir x invoer, ons elke keer n ander waarde sal hê vir y. Met ander woorde, gestel ons voer die volgende waardes

Nadere informatie

NATIONAL SENIOR CERTIFICATE GRAAD 10 A 10

NATIONAL SENIOR CERTIFICATE GRAAD 10 A 10 1 NTIONL SENIOR ERTIFITE GR 10 10 LEWENSWETENSKP V1 JUNIE EKSMEN 2016 PUNTE: 150 TY: 2½ uur ie vraestel bestaan bestaan uit 13 bladsye. 2 INSTRUKSIES EN INLIGTING Lees die volgende instruksies sorgvuldig

Nadere informatie

FASILITEERDERSGIDS SOSIALE WETENSKAPPE: GEOGRAFIE GRAAD 9

FASILITEERDERSGIDS SOSIALE WETENSKAPPE: GEOGRAFIE GRAAD 9 FASILITEERDERSGIDS SOSIALE WETENSKAPPE: GEOGRAFIE GRAAD 9 n Publikasie van Impak Onderwysdiens (Edms) Bpk Kopiereg voorbehou. Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie

Nadere informatie

HANDLEIDING RELIGIESTUDIES GRAAD 10

HANDLEIDING RELIGIESTUDIES GRAAD 10 HANDLEIDING RELIGIESTUDIES GRAAD 10 n Publikasie van Impak Onderwysdiens (Edms) Bpk Kopiereg voorbehou. Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie soos toegelaat

Nadere informatie

HANDLEIDING LEWENSORIËNTERING GRAAD 12

HANDLEIDING LEWENSORIËNTERING GRAAD 12 HANDLEIDING LEWENSORIËNTERING GRAAD 12 Kopiereg 2016 Impak Onderwysdiens (Edms.) Bpk. Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie soos toegelaat onder die Wet op

Nadere informatie

eboeke word ontwikkel en gratis verskaf deur die

eboeke word ontwikkel en gratis verskaf deur die Ons praat baie van dinge wat in verhouding tot mekaar is, sonder om dit regtig agter te kom! As jy byvoorbeeld sê dat jy twee van die ses stukke van n pizza geëet het, het jy n verhouding beskryf: Die

Nadere informatie

HANDLEIDING AFRIKAANS HUISTAAL: TAALKUNDE GRAAD 10

HANDLEIDING AFRIKAANS HUISTAAL: TAALKUNDE GRAAD 10 HANDLEIDING AFRIKAANS HUISTAAL: TAALKUNDE GRAAD 10 ʼn Publikasie van Impak Onderwysdiens (Edms) Bpk Kopiereg voorbehou. Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie

Nadere informatie

FASILITEERDERSGIDS AFRIKAANS HUISTAAL GRAAD 1

FASILITEERDERSGIDS AFRIKAANS HUISTAAL GRAAD 1 FASILITEERDERSGIDS AFRIKAANS HUISTAAL GRAAD n Publikasie van Impak Onderwysdiens (Edms) Bpk Kopiereg voorbehou. Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie soos toegelaat

Nadere informatie

DIE VOEDING VAN VERVANGINGSVERSE, DROË KOEIE EN BULKALWERS

DIE VOEDING VAN VERVANGINGSVERSE, DROË KOEIE EN BULKALWERS DIE VOEDING VAN VERVANGINGSVERSE, DROË KOEIE EN BULKALWERS Ulrich Müller, VOERMOL VOERE Die suksesvolle grootmaak van vervangingsverse vorm n belangrike skakel in enige melkbeeskudde. Die doelwit van so

Nadere informatie

FAKTORE EN VEELVOUDE

FAKTORE EN VEELVOUDE FAKTORE EN VEELVOUDE Ons gaan nou na n paar stukkies teorie kyk in verband met Natuurlike- en Telgetalle. Voltooi: 3 X 1 = 3 X 2 = 3 X 3 = 3 X 4 = 3 X 5 = Ons sê dus dat 3, 6, 9, 12 en 15 VEELVOUDE is

Nadere informatie

Toets: Tegnologie en die Ontwerpproses

Toets: Tegnologie en die Ontwerpproses 1 Afdeling A: Lees die vrae hieronder en omkring die regte opsie(s): 1. Watter van die volgende stellings is nie waar nie? (1) a) n Voordeel van tegnologie is dat diens gewoonlik verbeter word. b) n Voorbeeld

Nadere informatie

Preek 1 oor gesag (vyfde gebod)

Preek 1 oor gesag (vyfde gebod) 1 Preek 1 oor gesag (vyfde gebod) (Preek gelewer tydens gesamentlike erediens van Geref. Kerke Welkom en Welkom-Noord op Sondag 6 Augustus 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff Voor die erediens Sing: Lied

Nadere informatie

GRAAD 5 NATUURWETENSKAPPE KWARTAAL 1. Tyd: 1 uur FORMELE ASSESSERING Totaal: 40 punte. Naam en Van Datum INSTRUKSIES VRAAG 1

GRAAD 5 NATUURWETENSKAPPE KWARTAAL 1. Tyd: 1 uur FORMELE ASSESSERING Totaal: 40 punte. Naam en Van Datum INSTRUKSIES VRAAG 1 GRAAD 5 NATUURWETENSKAPPE KWARTAAL 1 Tyd: 1 uur FORMELE ASSESSERING Totaal: 40 punte Naam en Van Datum INSTRUKSIES 1. Lees alle vrae deeglik deur voordat jy dit beantwood. 2. Alle vrae moet in n netjiese

Nadere informatie

RESPECT 4 U. L e s 4. Populêre idees verduidelik oor wat ʼn man/seun of ʼn vrou/meisie is en hoe hierdie idees problematies kan wees

RESPECT 4 U. L e s 4. Populêre idees verduidelik oor wat ʼn man/seun of ʼn vrou/meisie is en hoe hierdie idees problematies kan wees L e s 4 Wat is geslag? Gedurende hierdie les sal jy: Populêre idees verduidelik oor wat ʼn man/seun of ʼn vrou/meisie is en hoe hierdie idees problematies kan wees Die verskil tussen seks as n biologiese

Nadere informatie

Kom ons kyk nou gou net na die getalle van nul to by 999 en selfs groter, as n hersiening van plekwaardes. Bewerkings met telgetalle

Kom ons kyk nou gou net na die getalle van nul to by 999 en selfs groter, as n hersiening van plekwaardes. Bewerkings met telgetalle Van die vroegste tye wat mense kon praat en nodig gehad het om te kan tel, het hulle Natuurlike Getalle gebruik. Dit maak sin, want hulle kon 3 rotse of 5 koeie sien maar hulle het geen begrip gehad vir

Nadere informatie

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 NOVEMBER 2012

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 NOVEMBER 2012 GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 NOVEMBER 2012 PUNTE: 80 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye. Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 2 DBE/November

Nadere informatie

GRAAD 7 NATUURWETENSKAPPE SEPTEMBER 2013 TYD: 2 URE PUNTE: 100

GRAAD 7 NATUURWETENSKAPPE SEPTEMBER 2013 TYD: 2 URE PUNTE: 100 1 Kopiereg voorbehou GRAAD 7 NATUURWETENSKAPPE SEPTEMBER 2013 TYD: 2 URE PUNTE: 100 Naam: Klas: INSTRUKSIES 1. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE AFDELINGS en SES vrae. Beantwoord AL die vrae op hierdie

Nadere informatie

2. Die skepping van die mens

2. Die skepping van die mens 2. Die skepping van die mens Génesis 1: 26 en 2: 7-25 Die mens as beelddraer van God Die bestaan en doel van die mens rus in God se skepping. Alleen omdat die mens skepsel van God is, is hy ook beelddraer

Nadere informatie

KLASTOETS GRAAD 11. LEWENSWETENSKAPPE: HOOFSTUK 1 EN 2 Toets 1: Ondersteuning by plante en diere

KLASTOETS GRAAD 11. LEWENSWETENSKAPPE: HOOFSTUK 1 EN 2 Toets 1: Ondersteuning by plante en diere KLASTOETS GRAAD 11 LEWENSWETENSKAPPE: HOOFSTUK 1 EN 2 Toets 1: Ondersteuning by PUNTE: 50 TYD: 1 uur INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Beantwoord AL die vrae. 2. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel

Nadere informatie

HANDLEIDING AFRIKAANS HUISTAAL GRAAD 7

HANDLEIDING AFRIKAANS HUISTAAL GRAAD 7 HANDLEIDING AFRIKAANS HUISTAAL GRAAD 7 n Publikasie van Impak Onderwysdiens (Edms) Bpk Kopiereg voorbehou. Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie soos toegelaat

Nadere informatie

2016 SACAI-WINTERSKOOL LANDBOU- WETENSKAPPE NOTAS

2016 SACAI-WINTERSKOOL LANDBOU- WETENSKAPPE NOTAS 2016 SACAI-WINTERSKOOL LANDBOU- WETENSKAPPE NOTAS 1 Voeding en Voere : Berekenings Koëffisiënt van verteerbaarheid ; Dit is n maatstaf van die verteerbaarheid van die droë voer en word uitgedruk in n persentasie

Nadere informatie

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 NOVEMBER 2011 PUNTE: 100 TYD: 2½ uur Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye. Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 2 DBE/November

Nadere informatie

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM Privaatsak X2, Citrusdal, 7340 E-pos: citrushs@mweb.co.za Tel: (022) 921 2100 Faks: (022) 921 3931 Liewe Ouer of Voog Sien asseblief onderaan

Nadere informatie

FASILITEERDERSGIDS LEWENSORIËNTERING GRAAD 12

FASILITEERDERSGIDS LEWENSORIËNTERING GRAAD 12 FASILITEERDERSGIDS LEWENSORIËNTERING GRAAD 12 Kopiereg 2016 Impak Onderwysdiens (Edms.) Bpk. Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie soos toegelaat onder die

Nadere informatie

HANDLEIDING SOSIALE WETENSKAPPE: GESKIEDENIS GRAAD 7

HANDLEIDING SOSIALE WETENSKAPPE: GESKIEDENIS GRAAD 7 HANDLEIDING SOSIALE WETENSKAPPE: GESKIEDENIS GRAAD 7 ʼn Publikasie van Impak Onderwysdiens (Edms.) Bpk. Kopiereg voorbehou. Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie

Nadere informatie

WAT IS DIE VOLGORDE VAN DIE VERLOSSINGSERVARING?

WAT IS DIE VOLGORDE VAN DIE VERLOSSINGSERVARING? WAT IS DIE VOLGORDE VAN DIE VERLOSSINGSERVARING? Daar is geen chronologiese volgorde nie. Daar is egter wel n logiese volgorde. # 1 Bekering Bekering, Regverdigmaking, Wedergeboorte Aanneming, Heiligmaking......alles

Nadere informatie

LEWENSWETENSKAPPE GRAAD 12 JUNIE-EKSAMEN 2014 TOTAAL: 150. TYD: 2½ ure HIERDIE VRAESTEL BESTAAN UIT 15 BLADSYE. Bladsy 1 van 15

LEWENSWETENSKAPPE GRAAD 12 JUNIE-EKSAMEN 2014 TOTAAL: 150. TYD: 2½ ure HIERDIE VRAESTEL BESTAAN UIT 15 BLADSYE. Bladsy 1 van 15 LEWENSWETENSKAPPE GRAAD 12 JUNIE-EKSAMEN 2014 TOTAAL: 150 TYD: 2½ ure HIERDIE VRAESTEL BESTAAN UIT 15 BLADSYE Bladsy 1 van 15 LEWENSWETENSKAPPE JUNIE-EKSAMEN 2014 INSTRUKSIES: 1. Beantwoord AL die vrae.

Nadere informatie

Wiskundige Geletterdheid. Data Hantering. Opsomming van Data. Kwartiele

Wiskundige Geletterdheid. Data Hantering. Opsomming van Data. Kwartiele Wiskundige Geletterdheid Data Hantering Opsomming van Data Kwartiele Let wel: KAPV vereis slegs die interpretasie van kwartiele (houer-en-punt stippings). Ek sluit egter die teken van die houer-en-punt

Nadere informatie

Klank en kleur in die skepping

Klank en kleur in die skepping Klank en kleur in die skepping Kuns en Kultuur Graad 7 Saamgestel in opdrag van Arso Uitgegee deur en verkrygbaar by Boekenhout, Dickensonlaan 1180, Waverley Tel 012-3323227/8 e-pos boekenhout@aros.ac.za

Nadere informatie

Hierdie vraestel is deel van InternetLearning se ExamKit pakket.

Hierdie vraestel is deel van InternetLearning se ExamKit pakket. Hierdie vraestel is deel van InternetLearning se ExamKit pakket. Die vraestelle word opgestel volgens die riglyne van die CAPS kurrikulum, sodat soveel moontlik van alle tegnieke wat in die eerste twee

Nadere informatie

die ark en neem jou gesin saam. Van almal op die aarde het jy die naaste aan my geleef. Binne 7 dae stuur Ek reën.

die ark en neem jou gesin saam. Van almal op die aarde het jy die naaste aan my geleef. Binne 7 dae stuur Ek reën. Ontmoeting 4 God is lief vir Noag Kinders hoor in die storie van Noag dat God regverdig is. Hy sien mense raak wat aan Hom gehoorsaam is en Hy maak n duidelike plan om sy kinders te red. Teks: Genesis

Nadere informatie

NOORDWES PROVINSIALE ASSESSERING GRAAD 6

NOORDWES PROVINSIALE ASSESSERING GRAAD 6 NOORDWES PROVINSIALE ASSESSERING GRAAD 6 AFRIKAANS HUISTAAL VRAESTEL 3 NOVEMBER 2017 PUNTE: 30 TYD: 1 uur LEERDER: SKOOL: DISTRIK: AREAKANTOOR: Hierdie vraestel bestaan uit 7 bladsye. Afrikaans Huistaaal/V3/Gr.6

Nadere informatie

HOËRSKOOL KAMPSBAAI AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 9 JUNIE 2014 TYD: 1½ UUR TOTAAL: 80

HOËRSKOOL KAMPSBAAI AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 9 JUNIE 2014 TYD: 1½ UUR TOTAAL: 80 HOËRSKOOL KAMPSBAAI AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 9 JUNIE 2014 TYD: 1½ UUR TOTAAL: 80 TAAK 3: VRAESTEL 3 OPSTELLER: R. TOYER INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings:

Nadere informatie

GRAAD 12-REKORDEKSAMEN

GRAAD 12-REKORDEKSAMEN LEWENSWETENSKAPPE VRAESTEL 2 GRAAD 12-REKORDEKSAMEN 15 September 2017 09:00 Hierdie memorandum bestaan uit 9 bladsye. LEWENSWETENSKAPPE VRAESTEL 2 BEGINSELS TEN OPSIGTE VAN MERK VAN LEWENSWETENSKAPPE:

Nadere informatie

EKURHULENI NOORD DISTRIK

EKURHULENI NOORD DISTRIK EKURHULENI NOORD DISTRIK MEMO TEGNOLOGIE GRAAD 8 PUNTE : 60 TYD : 1 uur 30 min SPESIFIEKE DOELWITTE TEGNOLOGIESE PROSES EN VAARDIGHEDE 50% TEGNOLOGIESE KENNIS 30% TEGNOLOGIESE IMPAK OP DIE OMGEWING EN

Nadere informatie

2 nd Chances... Wiskunde

2 nd Chances... Wiskunde Doen jou Gr 11 1ste Kwartaal Wiskunde OOR... hierdie Vakansie... by jou Huis 2 nd Chances... Wiskunde n Geleentheid om reg te wees vir die tweede kwartaal Gr 11 Wiskunde. Word deel van n Whatsapp-metodiek

Nadere informatie

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 NSIONLE SENIOR SERTIFIKT GR 12 LEWENSWETENSKPPE V1 ISIONELE MOEL 2008 PUNTE: 150 TY: 2½ uur Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye. Lewenswetenskappe/V1 2 INSTRUKSIES EN INLIGTING Lees die volgende instruksies

Nadere informatie

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk Doel van les: Voordat ons kan leer van ons nuwe identiteit in Christus, moet ons eers stil staan by wat Christus vir ons kom doen het. Vandag gaan ons gesels

Nadere informatie

Module 15 (Term 3): Die Nasionale Elektrisiteitstoevoerstelsel Die volgende vraestel se tema handel oor die nasionale elektrisiteitstoevoerstelsel.

Module 15 (Term 3): Die Nasionale Elektrisiteitstoevoerstelsel Die volgende vraestel se tema handel oor die nasionale elektrisiteitstoevoerstelsel. Natuurwetenskappe Vraestel 15 Graad 7 Tyd: 1 Uur Totaal: 55 Module 15 (Term 3): Die Nasionale Elektrisiteitstoevoerstelsel Die volgende vraestel se tema handel oor die nasionale elektrisiteitstoevoerstelsel.

Nadere informatie

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT (NSS) GRAAD 11 HALFJAAR EKSAMEN AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL DERDE VRAESTEL (NSC11-07) D C

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT (NSS) GRAAD 11 HALFJAAR EKSAMEN AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL DERDE VRAESTEL (NSC11-07) D C AFRHIG311 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT (NSS) GRAAD 11 HALFJAAR EKSAMEN AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL DERDE VRAESTEL (NSC11-07) D10055667-7-C TYD: 14H00 16H30 TOTAAL: 100 PUNTE TYDSDUUR: 2½ UUR DATUM:

Nadere informatie

TSHWANE WES GRAAD 12

TSHWANE WES GRAAD 12 TSHWANE WES GRAAD 12 LEWENSWETENSKAPPE JUNIE EKSAMEN 2016 PUNTE: 150 TYD: 2½ ure Die vraestel bestaan uit 17 bladsye. Kopireg voorbehou Lewenswetenskappe Graad 12 2 D15/Junie2016 INSTRUKSIES EN INLIGTING

Nadere informatie

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL Graad 11 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL EKSEMPLAAR November 2014 PUNTE: 100 TYD: 2 UUR Hierdie VRAESTEL bestaan uit 7 bladsye. INSTRUKSIES EN INLIGTING INSTRUKSIES: 1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE

Nadere informatie

Les 14: Entrepreneurskap

Les 14: Entrepreneurskap Les 14: Entrepreneurskap Aktiwiteit Beantwoord die volgende vrae deur die regte kolom te merk Altyd Gereeld Soms Nooit A Dryfkrag en motivering 1. Ek is nie seker wat ek van die lewe dink nie. 0 1 2 3

Nadere informatie

Y-DNS-PROJEK. Barkhuizen, Barkhuysen, Barkhuisen, Barkenhuizen en Van Barkenhuizen

Y-DNS-PROJEK. Barkhuizen, Barkhuysen, Barkhuisen, Barkenhuizen en Van Barkenhuizen Y-DNS-PROJEK Barkhuizen, Barkhuysen, Barkhuisen, Barkenhuizen en Van Barkenhuizen Vyftien mans met die vanne, Barkhuizen, Barkhuysen, Barkhuisen, Barkenhuizen en Van Barkenhuizen het aan ʼn Y-DNS-chromosoom

Nadere informatie

8 Die mens in die ruimte

8 Die mens in die ruimte 8 Die mens in die ruimte Ons sonnestelsel 1. Die middelpunt van ons sonnestelsel is die 2. Noem die nege planete van ons sonnestelsel in volgorde: 1 4 7 2 5 8 3 6 9 3. Wat is die planeet naaste aan die

Nadere informatie

6 Strukture. Vrae. 1. Noem drie belangrike dinge wat strukture vir ons kan doen. 2. Watter twee soorte strukture kry ons?

6 Strukture. Vrae. 1. Noem drie belangrike dinge wat strukture vir ons kan doen. 2. Watter twee soorte strukture kry ons? 6 Strukture Vrae 1. Noem drie belangrike dinge wat strukture vir ons kan doen. 2. Watter twee soorte strukture kry ons? 3. Plak of teken prente van die verskillende soorte strukture. Raamstrukture 24 Dopstrukture

Nadere informatie

Opgradering van Oracle PeopleSoft Studente-, Finansies-, HR- en CRM- stelsels. 1. Agtergrond

Opgradering van Oracle PeopleSoft Studente-, Finansies-, HR- en CRM- stelsels. 1. Agtergrond Opgradering van Oracle PeopleSoft Studente-, Finansies-, HR- en CRM- stelsels Deur Inligtingtegnologiediens Gepubliseer op 02 Mei 2012 1. Agtergrond Die onlangse opgradering van die bogenoemde IT-stelsels

Nadere informatie

FASILITEERDERSGIDS SOSIALE WETENSKAPPE: GESKIEDENIS GRAAD 4

FASILITEERDERSGIDS SOSIALE WETENSKAPPE: GESKIEDENIS GRAAD 4 FASILITEERDERSGIDS SOSIALE WETENSKAPPE: GESKIEDENIS GRAAD 4 Kopiereg 2016 Impak Onderwysdiens (Edms.) Bpk. Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie soos toegelaat

Nadere informatie

Hoe om Jou Kind se Van te Verander

Hoe om Jou Kind se Van te Verander Hoe om Jou Kind se Van te Verander 1 Hoe om n kind se van te verander As die geboorte van n kind geregistreer word, kry die kind óf die pa óf die ma se van, afhangend van die omstandighede. Die van word

Nadere informatie

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek.

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek. 1 Lukas 6h 7.10.18 WH Tema: Hoe kyk jy? Ek sien nou die dag `n taxi met `n plakkaat agter in die venster waarop daar staan: only God can judge me. Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in

Nadere informatie

Handleiding 2. Skep van ʼn webwerf Weergawe 1.0 Februarie 2014 GKSA

Handleiding 2. Skep van ʼn webwerf Weergawe 1.0 Februarie 2014 GKSA Handleiding 2 Skep van ʼn webwerf Weergawe 1.0 Februarie 2014 1 GKSA 2.1.1 INLEIDING Die World Wide Web (www) het ʼn inligtinggebaseerde samelewing geskep, waar beheer oor inligting in die hande van die

Nadere informatie

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL VRAESTEL 2: SKRYF NOVEMBER 2008 PUNTE: 80 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye. Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2

Nadere informatie

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL VRAESTEL 3: SKRYF NOVEMBER 2008 PUNTE: 100 TYD: 2½ uur Hierdie vraestel bestaan uit 8 bladsye. Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3

Nadere informatie

MEMORANDUM GRAAD 10 VOORBEELD Lewenswetenskappe - V 2

MEMORANDUM GRAAD 10 VOORBEELD Lewenswetenskappe - V 2 MEMORANDUM GRAAD 10 VOORBEELD 2006 Lewenswetenskappe - V 2 2 AFDELING A 1.1 1.1.1 A 1.1.2 B 1.1.3 D 1.1.4 C 1.1.5 B 1.1.6 D 1.2 1.2.1 Kompetitsie 1.2.2 Habitat 1.2.3 Fungi/bakterieë 1.2.4 Indringer/Eksoties

Nadere informatie

Antieke Egipte en die Nylrivier

Antieke Egipte en die Nylrivier Eenheid 2 Leergids 1 Antieke Egipte en die Nylrivier Doelwitte Leer wie die antieke egiptenare was. Leer wanneer en wanneer die antieke Egiptenare geleef het. Leer van tyd, kronologie en tydlyne. A. Basiese

Nadere informatie

JOHANNESBURG EAST DISTRICT

JOHANNESBURG EAST DISTRICT JOHANNESBURG EAST DISTRICT DISTRIK EKSAMEN GRAAD 10 AFRIKAANS HUISTAAL NOVEMBER 2103 PUNTE: 100 TYD: 2 UUR Hierdie vraestel bestaan uit 6 bladsye. Bladsy 1 van 6 INSTRUKSIES EN INLIGTING INSTRUKSIES: 1.

Nadere informatie

FASILITEERDERSGIDS WISKUNDE GRAAD 2

FASILITEERDERSGIDS WISKUNDE GRAAD 2 FASILITEERDERSGIDS WISKUNDE GRAAD 2 n Publikasie van Impak Onderwysdiens (Edms) Bpk Kopiereg voorbehou. Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie soos toegelaat

Nadere informatie

Eerste kwartaal. Weeklikse lesbeplanning. 1. My skool Week 1. Getalle, bewerkings en verhoudings. Aktiwiteite en werkkaarte vir die week

Eerste kwartaal. Weeklikse lesbeplanning. 1. My skool Week 1. Getalle, bewerkings en verhoudings. Aktiwiteite en werkkaarte vir die week Weeklikse lesbeplanning Eerste kwartaal 1. My skool Week 1 (Week 1 4 handel hoofsaaklik oor aftrek) Voorbeeld: 12 + 9 Werkkaart 1 19 getalkaarte gebruik vir hersiening. getalle te skryf, sodat u kan sien

Nadere informatie

6 tellers en noemers bymekaarbring en van mekaar skei.

6 tellers en noemers bymekaarbring en van mekaar skei. Vereenvoudiging van veeltermige eksponensiële uitdrukkings As jy die volgende breuk kry: dan weet jy mos dat jy n KGV moet kry, sodat beide die getalle onder die lyn dieselfde sal wees Die twee breuke

Nadere informatie