2 KRONIEKE 20:12, 15 Votum en seën Psalm 147 : 1, 4 Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Na die vyfde gebod (Eksodus 20:12) vertoon asb. Skrifberyming 17-1 (17) : 1, 6 Gebed Skriflesing: 2 Kronieke 20:1-30 (AV 1983/91) Teks: 2 Kronieke 20:12, 15 (AV 1983/91) Psalm 7 : 1 [melodie van Sb 12-2 (27)] Preek: Die Here help wanneer Sy kinders vra Gebed Kollekte Psalm 91 : 7, 8 [tweede melodie FW Jannasch] Seën Skrifberyming 13-3 (78) Ook: Pss 20 : 7; 25 : 7; 33 : 9; 46; 68 : 1, 2, 9; 123 : 1; 141 : 8; 147 : 4
Daar s baie dele in die Bybel wat dieselfde soort geskiedenis as dié wat ons vanoggend gelees het, beskrywe. 2 Dis natuurlik nie sonder rede nie. Dis om ons deur herhaling te help om te onthou wat ons hier van die Here leer. Dis iets wat ons nooit te veel kan hoor nie en wat ons nooit moet vergeet nie, omdat ons gees dit kort-kort nodig het om dit weer te hoor: - dat die Here Sy kinders help wanneer hulle vra. Dis waarop die Heilige Gees ons in hierdie hoofstuk wys en wat hierdie preek uitlig: - die Here help wanneer Sy kinders vra. Kom ons kyk eers na die vra en dan na die help. 1. KINDERS VAN DIE HERE VRA HULP Josafat was een van die goeie konings van Juda, die twee-stamme ryk van God se volk. Hy was die seun van die gelowige koning Asa, 1 en het in sy pa se voetspore gevolg deur in die Here te glo en Hom getrou te dien. 2 Hy was dan ook deur die Here geseën met buitengewone rykdom en eer, 3 terwyl daar vir groot dele van Sy regeringstyd nie bedreigings en oorloë was nie. 4 1 2 Kron 17:1 2 Vgl bv 2 Kron 17:3-4, 6-9; 18:4, 6-7; 19:3 e.v. 3 2 Kron 17:6, 12 4 2 Kron 17:10
3 Natuurlik was hy nie sonder foute nie. Hy t hom byvoorbeeld heeltemal te nou geassosieer met die goddelose koning Agab van die tien-stamme ryk, en met dié se ewe goddelose seun, 5 Ahásia. 6 Maar hiér was Josafat en sy volk in die nood. Hulle t berig gekry van n baie groot en sterk koalisie van heidene wat teen hulle opgetrek het en alreeds baie naby was. 7 En hulle t geskrik en bang geword. En toe gedoen wat die Here se volk behoort te doen as hulle in die nood kom: - hulle t bymekaar gekom om spesiaal te bid om die hulp van die Here mans, vroue en kinders. 8 En in n roerende gebed smeek hierdie gelowige koning toe saam met die volk die Here om hulp. In hierdie gebed beroep hy hom op die almag van God 9 en op die verbond tussen die Here en Sy volk 10 en op die Here se spesiale teenwoordigheid by Sy volk 11 en op die Here se regverdigheid: 12 - dat Hy hierdie nasies, wat Israel kwaad vir goed vergeld, sal straf. 5 1 Kon 22:53-54 6 2 Kron 18:1, 3; 19:2; 20:35 e.v. 7 2 Kron 20:1-2 8 2 Kron 20:3-4, 13 9 2 Kron 20:6 10 2 Kron 20:7 11 2 Kron 20:8-9 12 2 Kron 20:10-12a
4 Wat in ons teksvers baie sterk na vore kom, is dat Josafat-hulle besef dat hulle van die Here afhanklik is en dat hulle daarom van Hom alleen hulp verwag. Hy sê vir die Here: -... ons het nie die krag om hierdie groot menigte wat teen ons optrek, te weerstaan nie. - Ons weet nie wat om te doen nie. Ons oë is op U gerig. In Josafat se tyd was Juda militêr so sterk soos min tye in hulle geskiedenis. Hulle t meer as n miljoen beskikbare soldate gehad! 13 Maar Josafat-hulle vertrou nie op menslike mag nie nie op oorlogsperde en strydwaens nie. 14 Hulle weet dat selfs die sterkste menslike magte kan verkrummel as die Here dit wil laat gebeur, en dat selfs die swakste menslike magte onoorwinlik sterk kan wees as die Here aan hulle kant is! En daarom maak hulle nie staat op hulle eie militêre slaankrag nie, maar hulle vertrou op die Here. n Mens kry in elk geval hier die indruk dat hulle menslike sommetjies vir hulle gesê het dat die vyand sterker as hulle is, want hulle sê dat hulle nie weet wat om te doen nie: - hulle normale planne en optrede gaan hier nie werk nie; - en al sou hulle kon, is daar nie tyd vir nuwe planne maak nie, want hulle vyande is alreeds op hulle; - hulle is radeloos! 13 2 Kron 17:14-19 14 Psalm 20:8
Al wat hulle kan doen, is om hulle oë op die Here te rig. 5 Hierdie uitdrukking beskryf die manier waarop n magtelose mindere die meerdere se hulp inwag: - soos n klein kindjie wat iets gesmeek het, en nou maar net kan staan en kyk wat pappa of mamma nou gaan doen. 15 Jy eis nie. Jy skryf nie voor nie. Jy vra as een wat volledig van hierdie Ander Een afhanklik is. En al wat dan oorbly, is om maar net stip te bly kyk wat hierdie Ander Een se reaksie gaan wees. Só het Josafat en die volk op daardie biddag voor die Here gestaan: - bewus van hulle afhanklikheid van die Here; - radeloos; - die oë net op Hom. Wat wás Sy reaksie? 2. DIE HERE BELOWE OM TE HELP Die Here belowe onmiddellik dat Hy Sy volk sal help. Sommer daar waar die volk nog bymekaar is, laat die Heilige Gees een van die Leviete die antwoord van die Here op die smeekgebed van Sy volk aan hulle oordra. 15 Vgl ook Ps 123
Hy sê dat hulle nie vir hierdie baie en sterk vyande hoef bang te wees nie. 6 Vrees is een van die slegste emosies wat daar is. Dit vat jou lewensvreugde weg. Dit vat jou hoop weg, want dit sien juis net die slegte voorlê. Dit tas jou geloof aan, want dit laat jou wegkyk van God af na die gevaar toe. Die Here wil nie hê dat Sy kinders deur vrees verlam moet word nie. Hulle moenie bang wees nie. Dis die eerste wat Hy hier ook vir hulle sê: - al is hierdie vyand wat op pad is, hoe baie, moenie vir hulle bang wees nie! Hoekom nie? Want die stryd teen hierdie alliansie is nie regtig húlle saak nie, maar Gód se saak. Die eerste wat ons in hierdie woorde moet hoor, is die verbondsklank daarin. Dis mos hoe n verbond werk: - as twee partye wat mekaar liefhet, hulle plegtig aan mekaar verbind het (soos byvoorbeeld n man en n vrou in n huwelik) dan maak elkeen van ons mos die ander een se saak mý saak ook; - as jý siek word, dan maak ek saam planne om jou weer gesond te kry en doen ek alles in my vermoë om jou deur die siekte wat jou getref het, te help; - en as jy bedreig word, staan ek saam met jou teen die gevaar, asof dit ek self is wat bedreig word. Dis die eerste wat u in die Here se woorde, dat hierdie oorlog teen Juda Sý saak is, moet hoor: - Sy verbondslojaliteit en -trou;
7 - Hy staan by Sy volk. Maar eintlik sê die Here nie net dat hulle oorlog Sy saak ook is nie. Hy sê dat hierdie oorlog eintlik glad nie hulle saak is nie, maar Sý saak. In hierdie woorde moet u die alwetende God hoor. Hy weet dat hierdie nie sommer net nog een van die baie Midde-Oosterse oorloë deur die eeue is nie. Hierdie alliansie teen Juda is n duiwels-geïnspireerde aanslag, nie net teen die Here se volk van daardie tyd nie, maar teen die Here se plan om uit hierdie volk n Verlosser vir alle volke gebore te laat word. Hierdie alliansie wou Juda uitwis, sodat daar nie n nageslag van Dawid sou oorbly uit wie God belowe het dat die Christus gebore sou word nie. 16 En hierdie alliansie wou Juda se land van hulle afvat, sodat die Christus nie daar in Betlehem gebore sou kon word, soos God se plan was nie. 17 Hierdie oorlog was regtig nie Juda se saak nie, maar God s n self. En daarom hoef Josafat-hulle nie bang te gewees het nie, want die Here sal Sy eie saak self behartig, Sý vyande self takel. 16 2 Sam 7:12-13 17 Miga 5:1
Wanneer die Here se kinders kinderlik opreg, bewus van hulle totale afhanklikheid van Hom, met die oog net op Hom gerig in hulle nood tot Hom roep, dan belowe die Here om te help dan vat Hy hulle bangheid weg en Hy vat hulle saak as Sý eie saak. 18 8 En omdat die Here Sy beloftes hou, is Sy belofte van hulp al so goed soos die hulp self. Soos hier ook die geval was: - sommer die volgende dag al het die Here al gehelp; - só gehelp dat sy volk nie n vinger hoef te gelig het nie! - die Here het dit so bewerk dat die bondgenote in hierdie magtige alliansie teen Juda teen mekaar gedraai het en mekaar tot die laaste man toe uitgeroei het; - met die gevolg dat toe Juda daar opdaag, hulle net lyke die wêreld vol sien lê het! Die Here het die saak Sý saak met hierdie instrumente van Satan self afgehandel. Al wat vir Juda oorgebly het, was om die buit bymekaar te maak en om die Here te loof! Dit was daarin n treffende voorskou van die beslissende veldslag tussen God en Sy vyand, wat eeue later daar op Golgota plaasgevind het. 18 Vgl ook Jos 10:42; 23:3; 1 Sam 17:47; Neh 4:20; Jes 41:10-16; 43:1-2
Daar het God self God die Seun Sy volk van alle eeue se saak so volledig Sý saak gemaak, dat Hy n ware mens ook geword het, dat Hy ál hulle sondes op Hom gevat het asof dit Sý sondes was, en die straf daarop heeltemal en tot die einde toe vir hulle gedra het. 9 En so die pogings van Satan en sy magte, wat nog altyd met alle mag wou keer dat die Christus kom en Sy verlossingswerk doen, finaal laat misluk het. Alles wat die Here Jesus Christus se kruisdood voortvloei Sy opstanding uit die dood uit, Sy hemelvaaart, die uitstorting van die Heilige Gees is alles Goddelike bewyse dat die verlossing bewerk is. En ons het niks self gedoen nie. Ons het as t ware maar net gekyk hoe God die saak afgehandel het. En omdat hierdie sonde-saak afgehandel is, sal alle mense wat besef dat die sondemag in hulle lewe vir hulle self te sterk is, en wat daaroor God se hulp kom vra met die gesindheid van: Ons weet nie wat om te doen nie. Ons oë is net op U gerig van die straf op die sonde bevry word en nie verlore gaan nie, maar die ewige lewe gegee word, en deur die Heilige Gees mense gemaak word wat sonde afsterf en wat in gehoorsaamheid aan God begin lewe... Kindertjies As daar goed in jou lewe kom wat jou baie bang maak, dan moet jy vir die Here gaan bid en vir Hom daarvan vertel en vir Hom vra om jou te help.
10 En die Here sál vir jou help. Hy sal die bang uit jou hartjie wegvat en Hy sal help dat die goed wat jou bang maak, jou weer uitlos. Die Here help ons graag wanneer ons vir Hom gaan vra om ons te help... TEN SLOTTE Ons moenie te gou sê: die Here help tog nie altyd soos Hy in hierdie geval vir Josafat-hulle gehelp het nie. Ons kan dit eers sê as ons met net soveel erns soos Josafat-hulle, spesiaal vir hulp gevra het; en as ons dit gedoen het met dieselfde absolute wegkyk van ons eie plannetjies en vermoëntjies af en met dieselfde erkenning van ons eie magteloosheid en radeloosheid en met oë wat ook regtig kinderlik-gelowig net op Hom gerig is eers as ons soos Josafat-hulle voor die Here gestaan het en nie dadelik soos hulle gehelp is nie, eers dán het ons die reg om te sê dat die Here nie altyd help soos hier nie. Want dit ís so: dat die Here nie altyd so dadelik en so sonder enige deelname van Sy kinders uitkoms gee nie. Maar dit beteken nie dat Hy in sulke gevalle nie help nie.
11 Want as Hy op ander maniere help waarvan daar ook talle voorbeelde in die Bybel is kan dit net sulke wonderlik gebedsverhoring en net soveel rede vir lof en dank soos hierdie manier wees: - hier waar Hy alles doen - en jy maar net verwonderd staan en kyk... Ons moet maar net nooit vergeet nie ons word kort-kort in die Bybel daaraan herinnner: - dat die Here kan en wil en sal help wanneer Sy kinders om hulp roep; - deur ons deelname of sonder ons deelname. Dis eintlik onmoontlik, as watter soort oormag jou ook al in jou lewe bedreig om smekend voor die Here te gaan staan/kniel, sonder eie krag, sonder eie planne, met jou oog net op Hom gerig, en nie gehelp te word nie. Dís nou regtig Godsonmoontlik... AMEN