JESAJA 50:4a. Votum en seën. Psalm 45 : 1, 2, 6. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Deuteronomium 5:6-21 (AV 1933/53) Psalm 45 : 9, 10.

Vergelijkbare documenten
JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3.

Jesaja sien die Toekoms

God red elkeen wat werklik in Jesus Christus glo.

Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5)

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5

OPENBARING 5:5 HK Sondag 48

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

NAGMAAL. SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a. Die kruis is die trots van die Here se kerk.

Welkom by Die Storie God se storie

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

NAGMAAL. SKRIFLESING: 1 Petrus 2: TEKS: 1 Petrus 2:24a. Jesus Christus het ons sondes gedra. Psalm 89 : 1. Psalm 40 : 3

toegewy aan God ross os s v an v nieker i k

Soos n wildsbok wat smag na water Smag my siel na u o Heer U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer SOOS N WILDSBOK

Dit wat óns wil hoe óns wil leef en wil praat en selfs wil dink (dit weet ons almal) is baie kere baie anders as wat Gód van ons wil hê.

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek.

1 KORINTIËRS 13:12. Ook: Sb 18-8 (30) : 4, 5

God het belowe om ons gehoorsaam te maak, net soos ons vra

SKRIFLESING: Matteus 11: TEKS: Matteus 11:28. Christus gee gekwelde mense rus. Psalm 145 : 1, 2. Skrifberyming 12-3 : 1, 2 (na geloofsbelydenis)

Jy kan eintlik waar in die Bybel ook al kyk na wat geskryf is oor hoe ons as Christene moet lewe, en jy kom by liefhê uit.

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22

Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg

SKRIFLESING: 1 Korintiërs 6: TEKS: 1 Korintiërs 6:19 HK 1:1. Ook ons liggame behoort aan die Here. Skrifberyming 72 (12-3) : 1, 2

JOHANNES 6:48 HK 28. Votum en seën. Psalm 100 : 1, 3. Gebed. Skrifberyming 54 (2-6) : 1. Skriflesing: Johannes 6:41-59 (AV 1983) Belydenis: HK 28

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel. Christiaan Coetzee

Die Groot Gebod dennis de wet

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer

Wat beteken "Christus is die einde van die wet" (Romeine 10:4)?

TEKS: Matteus 5:3 (AV 1933/53) HK 5

PSALM 40:9. Votum en seën. Psalm 89 : 3. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Deuteronomium 5:6-21 (AV 1933/53) Psalm 50 : 6, 7.

God laat alles Sy kinders se saligheid bevorder.

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

Goeie Konings, Slegte Konings

JESAJA 53:9 HK Sondag 16:40-43

1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80

Die Here laat ons maai wat ons gesaai het

SKRIFLESING: Jesaja 6. TEKS: Jesaja 6:3 HK 8. Voor die drie-maal heilige God buig ons laag. Psalm 99 : 1, 2. Psalm 81 : 11, 12

1 JOHANNES 5:4. Votum en seën. Psalm 45 : 1, 3, 4. Gebed. Skriflesing: 1 Johannes 5:1-13 (AV 1933/53) Teks: 1 Johannes 5:4 (AV 1933/53) Psalm 18 : 15

SKRIFLESING: Romeine 8:31-39 (AV 1983) TEKS: Romeine 8:32b. Skrifberyming 24 (1-1) : 3. Psalm 62 : 4 (na gebed) Psalm 93 : 1, 4

n Tempel Leier besoek Jesus

PSALM 90:2 NGB 1. Votum en seën. Psalm 90 : 1. Gebed. Skriflesing: Psalm 90 (AV 1933/53) Belydenis: NGB 1. Teks: Psalm 90:2 (AV 1933/53)

PREEK Sondag 10 Junie 2007 Ds Freddie Schoeman

MATTEUS 7:12. Votum en seën. Psalm 34 : 2, 4. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 4 : 3.

Baie welkom by vanoggend se erediens

1 TESSALONISENSE 5:25

HANDELINGE 14:15 HK 34:94-95

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels.

1 JOHANNES 4:20 HK 34:93

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus

Preek Romeine 9:6-7. (Preek gelewer tydens erediens van Geref. Kerk Welkom op Sondag 15 Julie 2018) Prediker: Ds JL van der Schyff

Preek Romeine 1:16-17

Jesus Christus se opstanding maak ons lewens sinvol

Baie welkom by vanoggend se erediens. Doen asb moeite om ander mense rondom jou te groet

God se liefde vat ons vrees vir Sy oordeel weg

Preek Romeine 6:3-4. (Preek tydens erediens in Gereformeerde Kerk Welkom-Noord op Sondag 25 Junie 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

HABAKUK 3: Ook: Ps 73 : 10

Gereformeerde Kerk Bloempark Die Drie-eenheid (Sondag 8)

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3

Meer Jesus Meer Liefde Meer Dissipels. Leierskap Strukture

HOSEA 6:1-3. Votum en seën. Psalm 48 : 1. Gebed. Skriflesing: Hosea 6 (AV 1933/53) Teks: Hosea 6:1-3 (AV 1933/53) Psalm 72 : 3

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13

Vir die Here is die hoofsaak dat ons sal glo en gehoorsaam.

Aanbieding 1 Agtergrond. Skrywer van 2 Petrus

NIe net hier in 1 Korintiers 13 nie, maar in die hele 1 Korintiërs lees ons van al hierdie dinge wat die gemeente van Korinte gedoen het.

Bybel vir Kinders. bied aan. Ryk man, Arm man

Toe God alles gemaak het

Bybelse Dissipelskap. Saligheid/ Redding

SKRIFLESING: Titus 1. TEKS: Titus 1:15. Die Here wil ons op die hoofspoor hê. Psalm 134 : 1, 2. Psalm 119 : 4. Psalm 18 : 12. Skrifberyming 78 (13-3)

SKRIFLESING: Handelinge 16: TEKS: Handelinge 16:30-31 HK 23. Wie in die Here Jesus glo, word gered. Psalm 48 : 4.

Jesus se eerste preek op die berg. Hy gee ons onuitspreeklike blydskap.

1 JOHANNES 2: Votum en seën. Psalm 34 : 1, 4. Geloofsbelydenis: Nicea. Wet: Exodus 20:1-17 (AV 1933/53) Psalm 34 : 6. Gebed

Die Kerk se Geboorte

Die Here gee vir mense, wat oor Hom bly is, dit wat hulle harte begeer.

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene

Ontdek God Saam. (v 1.0) n Riglyn om nuwe groepe te lei

Preek oor: Wat doen die Heilige Gees? Die Heilige Gees laat die wedergeboorte plaasvind

OPENBARING 21:9-10. Votum en seën. Psalm 122 : 1. Gebed. Psalm 46 : 1, 2. Skriflesing: Openbaring 21:1-21 (AV 1983/91)

Bybelsondag, Kraggakamma, 29 Augustus 2010

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

Les 2 vir 13 Oktober 2018

TEKS: Johannes 18: 36 HK 12:31

PSALM 115:1 HK Sondag 52:

1 KORINTIËRS 3:21-23 HK Sondag 1

SKRIFLESING: 1 Korintiërs 13. TEKS: 1 Korintiërs 13:8. Die liefde bly vir ewig. Psalm 103 : 1, 2. Psalm 102 : 11, 12. Skrifberyming 21 (9-4) : 1, 6

WAT IS DIE VOLGORDE VAN DIE VERLOSSINGSERVARING?

Hierdie raaisel word op meer as een manier in die Bybel beantwoord.

HEMELVAART. SKRIFLESING: Johannes 14:1-14. TEKS: Johannes 14:2-3 (AV 1933/53) Jesus Christus is hemel toe vir ons. Psalm 2 : 4, 6.

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

n Dubbele kruis-belydenis

God red mense wat glo deur die krag van die evangelie

1 PETRUS 5:10 DL 5:1, 3, 8

Dis net so ondenkbaar soos n gemeente die tempel van die Heilige Gees 1 wat nie bid nie.

Transcriptie:

JESAJA 50:4a Votum en seën Psalm 45 : 1, 2, 6 Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels Wet: Deuteronomium 5:6-21 (AV 1933/53) Psalm 45 : 9, 10 Gebed Psalm 27 : 4 Skriflesing: Jesaja 50:4-11 (AV 1933/53) Teks: Jesaja 50:4a (AV 1933/53) Preek: Die Verlosser verkwik vermoeides met Sy woorde Gebed Kollekte Psalm 119 : 15 Seën Skrifberyming 78 (13-3) Ook: Sb 22 (11-1)

2 Die lewe kan n mens partykeer moeg maak - moeg vir die eindelose werk en moeite; - moeg vir die bekommernisse oor alles en almal; - moeg vir die vrese oor alles wat kan skeefloop; - moeg vir jou eie swakhede en sondes; - moeg vir die gesukkel om op die regte pad te bly. Veral hier teen die einde van die jaar is dit of n mens meer vatbaar is vir hierdie soort vermoeidheid, nie waar nie? Daarom is dit vir ons gees goed om juis hierdie tyd van die jaar spesiale aandag te gee aan die Verlosser wat God vir die wêreld gegee het: - Sy geboorte Sy koms na hierdie wêreld toe - en wat Hy vir ons sou doen en beteken., want een van die dinge wat Hy vir ons kom doen het, is dat Hy vermoeides met Sy woorde kom verkwik/opbeur het. Dis wat vanoggend aan u verkondig word: - Die Verlosser verkwik vermoeides met Sy woorde. Ons gaan nou in meer detail eers kyk na Wie dit is wat verkwik, dan na wie verkwik word, en dan derdens na hoe hulle verkwik word. 1. WIE VERKWIK Die Ou Testament vertel van die spesiale Figuur wat God vir die wêreld sou gee. Hy sou die mens uit die ellende waarin die mens se sonde die mensdom gedompel het, kom red. In Gen 3 hoor ons al van die saad van Eva, haar Nakomeling, wat die duiwel die mens se groot vyand sal vernietig. 1 En ons hoor van die saad van Abraham, sy Nakomeling, in wie al die nasies van die aarde geseën sal word. 2 En ons hoor van die Heerser wat uit die stam van Juda gaan kom, aan wie die volke gehoorsaam sal wees. 3 1 Gen 3:15 2 Gen 22:18. Vgl ook Gal 3:16 3 Gen 49:10

3 Ons hoor van die ster wat uit Jakob gaan kom en die septer uit Israel, wat al die oorlog-soekers gaan platloop. 4 Ons hoor van die seun van Dawid, een van sy nakomelinge, wat vir ewig Koning gaan wees. 5 In die boeke van die profete hoor ons ook op allerhande maniere allerhande besonderhede oor hierdie spesiale Gesalfde van God die Messias wat gaan kom. Ook die profeet Jesaja is deur die Heilige Gees geïnspireer om op verskillende maniere van Hom te profeteer, onder andere deur vier gedeeltes in die boek van Jesaja wat gaan oor n baie besondere Kneg/Dienaar van die Here. 6 Party mense sê hierdie Kneg is maar net die profeet self. Ander mense sê hierdie Kneg is die volk Israel, Maar dis duidelik uit wat in hierdie vier gedeeltes staan, dat hierdie Kneg meer is en meer sou doen as wat enige profeet ooit was of gedoen het en dat Hy ook meer is en meer sou doen as wat Israel ooit was of kon gedoen het. As jy die Nuwe Testament oopmaak, dan is daar geen twyfel nie dat hierdie Kneg die Here Jesus Christus is. Wat hierdie gedeeltes van die Kneg voorspel, het alles feitlik letterlik net so met Jesus gebeur. Vat byvoorbeeld vers 6 van hierdie hoofstuk. Die Kneg sê hier: Ek het my rug gegee vir die wat slaan, en my wange vir die wat die hare uitpluk; my aangesig het Ek nie verberg vir smaadhede en bespuwing nie. Jesus se rug is met n gesel stukkend geslaan. 7 Hy s tydens Sy verhore deur verskillende mense in Sy gesig gespot en gespoeg en geslaan. 8 Die spesiale Kneg van die Here, wat in hierdie gedeelte wat ons gelees het en daarom ook in ons teksvers aan die Woord is, is die Messias, die Verlosser van die wêreld, 4 Num 24:17 5 2 Sam 7:13, 16 6 Jes 42:1-7; 49:1-7; 50:4-11; 52:13 53:12 7 Mark 15:15 8 Bv Mat 26:67; Mark 14:65; 15:19; Luk 22:63-64; Joh 18:22

4 van Wie ons deur die hele Ou Testament hoor, en wat ons in die Nuwe Testament leer ken as ons Here Jesus Christus. 9 Dis Hý wat mense verkwik. Watter mense verkwik Hy? 2. WIE VERKWIK WORD Hy verkwik die vermoeides, dié wat moeg is, nie fisies moeg nie, maar geestelik moeg, sielsmoeg. Wat maak mense sielsmoeg hier op aarde? o Die gedurige eise van jou werk (byvoorbeeld), veral as jy ambisieus is en hard werk. 10 Dit sluk jou naderhand so in dat jy begin wonder: - is dit die moeite werd? - is dít nou die lewe? o Die sondes wat ons doen, en waarvan ons sukkel om los te kom en waarteen ons gedurig moet stry en wat ons so skuldig laat voel teenoor God en teenoor mense dit mergel n mens geestelik uit; dit tap jou geesteskragte soos wat dit n mens se fisiese kragte tap as jy heeltyd stroomop swem! o En al die ellendes van hierdie aardse lewe, wat die gevolge van die mensdom se sondes is dinge soos siektes en hartseer, spanning tussen mense en families en volke, armoede, misdaad, hitte en droogte en storms en vloede om dit alles te probeer dra en te deurstaan en te hanteer, put jou emosioneel en geestelik uit. 9 Vgl ook Mat 12:17-21; Hand 8:32-35 10 Bv Pred 2:22; 3:9

5 o En dan nog die spanning en onsekerheid wat al die baie gelowe hier op aarde bring (wie sê óns is reg?), en die onderlinge verskille tussen Christene, nie net tussen Gereformeerd en Rooms of Gereformeerd en Charismaties nie, maar selfs tussen Gereformeerd en Gereformeerd (wie moet ek nou glo, want hiérdie een sê as ek so dink gaan ek teen die Here se wil in en die ánder een sê presies die teenoorgestelde?) - hoe gaan ek ooit weet waar die regte pad na God toe regtig loop? - en al sou ek dit weet, hoe gaan ek dit ooit regkry om daarop te bly? - ek ken my eie swakheid; - en dit alles maak my so moeg Dis hiérdie vermoeides wat die Kneg van die Here, die Messias, die Here Jesus Christus, kom verkwik het. 3. HOE HY HULLE VERKWIK Om iemand te verkwik, beteken om hierdie persoon op te beur en nuwe moed en krag te gee. Dis soos om iemand wat slaap, wakker te maak: - solank die persoon slaap, doen hy niks; daar s geen krag en energie aan die werk nie; dis asof hy dood is; - maar as die persoon wakker gemaak is, is daar weer lewe en beweging en aktiwiteit en dinge wat gebeur. n Vermoeide wat verkwik is, sien weer kans vir die lewe: - om die werk wat gedoen moet word, te doen; - om die stryd wat nie vermy kan word nie, te stry; - om dit wat gedra moet word, te dra. Daar s nuwe krag en moed, nuwe geloof en hoop. Hierdie Kneg van die Here verkwik vermoeides. 11 En Hy doen dit met woorde. Hy leer by die Here HERE wat Hy vir die vermoeides moet sê wat hulle weer nuwe krag en moed sal gee. 11 Vgl ook Jes 61:1-3; Jer 31:25

6 Elke môre, voordat Hy na die vermoeides toe gaan, gaan leer Hy, soos n gewillige leerling, by Sy Here, wat Hy vir die vermoeides moet sê. 12 Die Seun van God wat mens ook geword het (so lees ons meer as een keer in Johannes se beskrywing van die evangelie) bring die woorde wat Hy by Sy hemelse Vader gehoor het, vir die mense hier op aarde. 13 En daarom is Sy tong n geoefende tong; n mens sou dit ook kon weergee met: n ge-leer-de tong, n tong wat geleer is wat om te sê. Nie net aardse profete en leraars moet eers luister wat God sê voordat hulle met ander mense kan gaan praat nie, maar ook ons hoogste Profeet en Leraar, Jesus Christus, het eers met Sy ore na die hemelse woorde geluister, voordat Hy dit met Sy tong vir die vermoeides kom gee het. Hy t so volmaak geluister en gehoor en dit weergegee dat Hy eintlik die Woord van God genoem word! 14 Dis tog treffend dat Hy die vermoeides met wóórde verkwik. Hy kom beur mense wat geestelik gedaan is, nie met een of ander bonatuurlike krag of middel, of met n spesiale wonderwerk, of met n buitengewone geskenk wat Hy vir hulle gee, op nie, maar met iets wat deel is van hulle alledaagse lewe, naamlik woorde; Hy kom leer en verkondig en vertel God het die mens só gemaak dat die mens se gees met woorde bereik word, dat n moeë en moedelose gees deur die regte wóórde opgebeur word. Die Here Jesus beur mense op met woorde. Natuurlik is die woorde wat Hý leer en verkondig en vertel, spesiaal. Dis nie maar gewone menslike moed-inpraat-woordjies nie, maar woorde wat van Gód af kom: - woorde wat waar is; - woorde wat met Goddelike krag gelaai is; - woorde wat die Heilige Gees in die vermoeide invat, tot presies daar waar sy vermoeidheid lê, en hom dáár aanspreek, 12 Jes 50:4b-5a 13 Vgl bv Joh 3:32; 7:16; 8:26; 15:15; 17:8 14 Joh 1:1; Openb 19:13

7 en laat opstaan en nuwe krag gee vir die lewe verder. Onthou u van die woorde wat Jesus met vermoeides gepraat het? o Hy t vir mense wat hulle bekommer het oor waar hulle môre kos en klere gaan kry, gesê: - As God vir die veldblomme en vir die voëls sorg, dan sal Hy mos soveel te meer vir Sy kinders sorg, wat vir Hom baie meer werd is as die blomme en die voëls. 15 - Moenie bekommerd wees nie! 16 o Vir mense wat moeg geworstel is met hulle sonde en hulle skuld en hulle verlore toestand voor God, het Hy gesê dat Hy juis gekom het om te soek en te red wat verlore was, 17 en dat Hy gekom het om Sy lewe te gee as n losprys vir baie 18 wat Hy dan ook gedóén het toe Hy, asof Hý die skuldige was, aan die kruis gesterf het om elkeen wat in Hom glo, vry te koop van skuld en straf en dood en hel. o Vir mense wat onder die dreigemente en vyandskap en vervolging van Christenhaters blootgestel sou word, het Hy gesê: In die wêreld sal julle verdrukking hê; maar hou goeie moed, Ek het die wêreld oorwin. 19 o Vir mense wat moeg gedryf was deur godsdiensleiers wat vir hulle gesê het: Jy moet dit! en Jy moet dat, anders sal God jou nooit liefhê nie! het Hy gesê: Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee. 20 Met woorde het Hy mense verkwik, hulle geleer van Hom en van Sy koninkryk, van die genade van God Sy liefde wat nie verdien kan word nie, maar wat Hy uit Homself gee en waarmee Hy mense na Hom toe trek en hulle nuut maak en vir hulle n ewige lewe gee. Hy t die vermoeides verkwik met Sy woorde. 15 Mat 6:26, 30, 33 16 Mat 6:25, 31 17 Luk 19:10 18 Mark 10:45 19 Joh 16:33 20 Mat 11:28

8 En dan praat ons nog nie eers van al die opbeur-woorde van Sy apostels, waarmee Hy na Sy hemelvaart en die uitstorting van Sy Gees, die vermoeides van alle plekke en eeue en groeperings optel en weer met nuwe krag en moed laat aangaan nie! Die Kneg van die Here het ook gekom om vermoeides te verkwik. TOEPASSING Ons weet van die vermoeidheid waarvan hier gepraat word. Nie almal is ewe sensitief daarvoor of beleef dit ewe intens nie, maar meeste van ons weet iets van hierdie sielsmoegheid vir moeite en trane en stryd en teenstand en skuldgevoelens wat n mens kan beetpak, veral hier aan die einde van die jaar. Wie sal ons help, opbeur, nuwe moed gee, ons siele verkwik? Die Een Wie se geboorte ons hierdie maand vier: die ware Dienaar van God, ons Here Jesus Christus Hý sal. Dis een van die redes waarom Hy vir ons gegee is. Maar Hy gaan nie ons verkwik deur met skouspelagtige wonderwerke alles wat ons so vermoei, onmiddellik weg te vat nie. Dít gaan eers gebeur wanneer Hy weer kom en die ewige heerlikheid vir ons aanbreek. Maar Hy verkwik ons nou met Sy woorde, wat woorde in ons gewone taal is, verstaanbare woorde, en tog woorde waarmee Hy ons vermoeide siele bereik woorde wat met die Goddelike genade en krag wat daarin is, ons moeë siele verfris, ons bekommernisse en vrese laat bedaar. ons hartsere versag, ons skuldgevoelens en godsdiens-angstighede wegwas, ons weer met krag en moed besiel Wil u 2016 vars begin?

9 Maak dan in hierdie paar weke van 2015 wat nog voorlê, tyd om weer regtig te luister na hierdie Een wat vermoeides met Sy woorde verkwik AMEN