PREDIKER 7:8a. Votum en seën. Psalm 108 : 1. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Deuteronomium 5:6-21 (AV 1983/91) Psalm 37 : 22, 23.

Vergelijkbare documenten
JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

Dit wat óns wil hoe óns wil leef en wil praat en selfs wil dink (dit weet ons almal) is baie kere baie anders as wat Gód van ons wil hê.

SPREUKE 16:9. Votum en seën. Psalm 8 : 1, 2. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Exodus 20:1-17 (AV 1933/53) Psalm 65 : 2, 4.

God laat alles Sy kinders se saligheid bevorder.

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

NAGMAAL. SKRIFLESING: 1 Petrus 2: TEKS: 1 Petrus 2:24a. Jesus Christus het ons sondes gedra. Psalm 89 : 1. Psalm 40 : 3

God se liefde vat ons vrees vir Sy oordeel weg

SKRIFLESING: 1 Korintiërs 13. TEKS: 1 Korintiërs 13:8. Die liefde bly vir ewig. Psalm 103 : 1, 2. Psalm 102 : 11, 12. Skrifberyming 21 (9-4) : 1, 6

Jesaja sien die Toekoms

Die Here gee vir mense, wat oor Hom bly is, dit wat hulle harte begeer.

1 KORINTIËRS 13:12. Ook: Sb 18-8 (30) : 4, 5

God red elkeen wat werklik in Jesus Christus glo.

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3.

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

God het belowe om ons gehoorsaam te maak, net soos ons vra

NAGMAAL. SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a. Die kruis is die trots van die Here se kerk.

MATTEUS 7:12. Votum en seën. Psalm 34 : 2, 4. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 4 : 3.

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene

PSALM 115:1 HK Sondag 52:

Die Here laat ons maai wat ons gesaai het

SKRIFLESING: Romeine 8:31-39 (AV 1983) TEKS: Romeine 8:32b. Skrifberyming 24 (1-1) : 3. Psalm 62 : 4 (na gebed) Psalm 93 : 1, 4

SKRIFLESING: 1 Korintiërs 6: TEKS: 1 Korintiërs 6:19 HK 1:1. Ook ons liggame behoort aan die Here. Skrifberyming 72 (12-3) : 1, 2

God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5)

OPENBARING 5:5 HK Sondag 48

TEKS: Matteus 5:3 (AV 1933/53) HK 5

PSALM 90:2 NGB 1. Votum en seën. Psalm 90 : 1. Gebed. Skriflesing: Psalm 90 (AV 1933/53) Belydenis: NGB 1. Teks: Psalm 90:2 (AV 1933/53)

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer

n Tempel Leier besoek Jesus

1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80

Jesus kom op n onbekende tyd weer bly dan gereed vir Hom!

PSALM 40:9. Votum en seën. Psalm 89 : 3. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Deuteronomium 5:6-21 (AV 1933/53) Psalm 50 : 6, 7.

Van Vervolger tot Prediker

Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak.

1 JOHANNES 4:20 HK 34:93

1 KORINTIËRS 1:4. Votum en seën. Psalm 116 : 7, 10. Gebed. Psalm 31 : 13, 18. Skriflesing: 1 Korintiërs 1:1-9 (AV 1933/53)

1 KORINTIËRS 3:21-23 HK Sondag 1

Ons Pinkster gaan oor hoe om vir Jesus te volg. Vanoggend het ons begin deur te sien dat daar n paar voorwaardes is as jy Jesus wil volg:

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

toegewy aan God ross os s v an v nieker i k

Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek

Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE:

HANDELINGE 14:15 HK 34:94-95

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

Hierdie raaisel word op meer as een manier in die Bybel beantwoord.

JOHANNES 3:19-20 DL 3/4:1

Vir die Here is die hoofsaak dat ons sal glo en gehoorsaam.

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus

SKRIFLESING: Lukas 16:1-13. TEKS: Lukas 16:11 HK 42. Geld en goed vir God. Psalm 95 : 1, 3. Psalm 119 : 7. Skrifberyming 44 (15-8) : 2

Preek Romeine 6:3-4. (Preek tydens erediens in Gereformeerde Kerk Welkom-Noord op Sondag 25 Junie 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff

Galasiërs 6:11. Kyk met watter groot letters ek met my eie hand aan julle skrywe! (Galasiërs 6:11)

GALASIËRS 5:22 (Selfbeheersing)

SKRIFLESING: Prediker 11. TEKS: Prediker 11:4, 6. Wie met God reken, gebruik sy/haar kanse. Psalm 149 : 1, 2. Psalm 126 : 3.

Dis net so ondenkbaar soos n gemeente die tempel van die Heilige Gees 1 wat nie bid nie.

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24

Deur Sy wet gee God ons broodnodige kennis van sonde

Bybel vir Kinders. bied aan. Ryk man, Arm man

Jy kan eintlik waar in die Bybel ook al kyk na wat geskryf is oor hoe ons as Christene moet lewe, en jy kom by liefhê uit.

SKRIFLESING: Handelinge 16: TEKS: Handelinge 16:30-31 HK 23. Wie in die Here Jesus glo, word gered. Psalm 48 : 4.

TEKS: Johannes 18: 36 HK 12:31

Die gebruik van 'n persoonlike joernaal of dagboek

Bybel vir Kinders. bied aan. Joshua neem Beheer

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek.

PSALM 127:3-5. Votum en seën. Psalm 146 : 1, 6. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983) Psalm 90 : 4.

Welkom by Die Storie God se storie

4. Ek voel alleen Johannes 10:11-16, 26-30

Nie menslike vermoëns nie, maar God bepaal die uitkoms van sake.

Wie in die Here glo, vertrou Hom met die bestemming.

Fontein van die lewe. Liturgie

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

Twyfel Vergewe mekaar Vergifnis van God Vertroue Volharding Voorkoms Vrede Vrees Vriendskap...

SKRIFLESING: Prediker 1:1-11. TEKS: Prediker 1:3. Los van God bied die lewe niks. Psalm 149 : 1, 2. Skrifberyming 19 (2-1) : 1, 2.

SKRIFLESING: 1 Petrus 2:1-10. TEKS: 1 Petrus 2:9. God red sodat ons sal vertel. Psalm 40 : 5. Psalm 4 : 3. Skrifberyming 8 (5-3) : 2.

SKRIFLESING: Jesaja 6. TEKS: Jesaja 6:3 HK 8. Voor die drie-maal heilige God buig ons laag. Psalm 99 : 1, 2. Psalm 81 : 11, 12

GALASIËRS 5:22 (getrouheid)

JOHANNES 6:48 HK 28. Votum en seën. Psalm 100 : 1, 3. Gebed. Skrifberyming 54 (2-6) : 1. Skriflesing: Johannes 6:41-59 (AV 1983) Belydenis: HK 28

HABAKUK 3: Ook: Ps 73 : 10

HEBREËRS 6:19. Votum en seën. Psalm 9 : 1, 5, 8. Gebed. Skriflesing: Hebreërs 5:11 6:20 (AV 1983/91) Teks: Hebreërs 6:19 (AV 1983/91) Psalm 42 : 3

God red mense wat glo deur die krag van die evangelie

SKRIFLESING: Johannes 3:1-21. TEKS: Johannes 3:16. Psalm 149 : 1, 2. Psalm 25 : 3. Psalm 103 : 6 (na doop) Skrifberyming 33 (2-4) : 1

Dankoffersondag met Nagmaal 4 November

Inhoudsopgawe. Voorwoord

SKRIFLESING: Titus 1. TEKS: Titus 1:15. Die Here wil ons op die hoofspoor hê. Psalm 134 : 1, 2. Psalm 119 : 4. Psalm 18 : 12. Skrifberyming 78 (13-3)

Tema van die dag is ons bekommernisse, en wat om daarmee te maak.

JOHANNES 8:32. Votum en seën. Psalm 92 : 1, 2. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 91 : 7. Gebed.

Ons hoor hulle het in die land Kanaän gaan woon. (kaart) Kanaän Egipte.

Goeie Konings, Slegte Konings

Aanbieding 1 Agtergrond. Skrywer van 2 Petrus

1 TESSALONISENSE 5:25

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was

Die Kerk se Geboorte

Van Vervolger tot Prediker

Kinders hoe voel julle oor die eksamen wat voorlê? Vir wie van julle is die Bybel soms moeilik om te verstaan? Ja daar is dinge waarmee ons sukkel né.

0:03: 01:5 Vertel mekaar watter labels mense al op jou gesit het. Wat het mense jou al genoem... goeie goed en slegte goed, dit is alles labels...

Transcriptie:

PREDIKER 7:8a Votum en seën Psalm 108 : 1 Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels Wet: Deuteronomium 5:6-21 (AV 1983/91) Psalm 37 : 22, 23 Gebed Psalm 111 : 5 Skriflesing: Prediker 7:1-14 (AV 1983/91) Teks: Prediker 7:8a (AV 1933/53) Preek: Waar God regeer is die einde van n goeie saak beter as sy begin Gebed Kollekte Skrifberyming 9 (18-1) : 1, 6 Seën Skrifberyming 78 (13-3)

2 Die spreuke in die Bybel, waarvan ons teks-sin een is, verras ons baie kere. Dit laat jou weer dink oor dinge wat jy gedink het eenvoudig en duidelik is. As iemand ons byvoorbeeld oor begin en einde gevra het, sou ons waarskynlik dadelik gedink het dat die begin van n saak gewoonlik beter as sy einde is: - dink net aan al die vreugde en seremonies en moeite waarmee ons baie kere sake begin, in vergelyking met die min moeite vir die einde daarvan; - dink net hoeveel sake wat so mooi en vol belofte begin het, eindig wanneer dit doodloop, wanneer mense tou opgooi. Maar nou laat die Heilige Gees ons deur die Prediker aansê om weer te dink, of verder en dieper te dink, om raak te sien dat die einde van n saak beter is as sy begin. En dis hierdie faset van die waarheid, hierdie stukkie wysheid, wat vanoggend vir u gepreek word, dat daar waar God regeer, n goeie saak se einde beter as sy begin is. Kom ons kyk na: 1. hierdie as wysheid; 2. wat hierdie wysheid sê; 3. watter voorwaardes hier ingebou is. 1. WYSHEID Die boek Prediker bevat dit wat in die Bybel wysheid genoem word. Wysheid is iets anders as kennis. Dis méér as kennis. Dis onder andere insig in hoe die kennis wat jy het, inpas in die groter prent van God se plan en bedoeling met wêreld en met die mens. As jy wysheid het, dan verstaan jy die wêreld en die lewe reg: - waarom dinge gaan soos dit gaan; - waarom jy lewe en waarom jou lewe hierdie vreemde mengsel van voorspoed en teëspoed is; - en jy t insig soveel soos wat vir n mens bedoel is om te hê in wie God is en wat Hy wil en hoe Hy werk.

3 Hierdie wysheid is natuurlik n gawe van Bo af. Dis net God, die Bron van alle wysheid, wat vir n mens ook wysheid kan gee. En Hy doen dit onder ander deur die wysheidsgeskrifte in die Bybel, waarvan Prediker een is. 1 Hierdie boek bevat dus wysheid Die Heilige Gees het die Prediker gebruik om wysheid vir ons op n baie spesiale manier te leer. Die Prediker verras jou baie kere met die onverwagse hoek waaruit hy na n saak kyk. Partykeer skok hy ons om ons los te ruk uit ons geykte maniere van dink oor sake. Een soort uitspraak waarvan ons heelwat in sy boek kry, is hierdie beter-as uitsprake: dit is beter as dat. 2 En met hierdie soort uitsprake gee hy ons perspektief op sake, help hy ons om dinge na hulle werklike waarde te skat om ons prioriteite reg te kry, en stuur hy ons gedrag ook in n sekere rigting: - as a beter is as b, gaan ek mos meer tyd en kragte aan a as aan b spandeer as ek wys is! Dis met ander woorde wysheid wat die Here vir ons gee as ons hoor dat die einde van n saak beter as sy begin is. Wat beteken dit? 2. WAT HIERDIE WYSHEID SÊ Kom ons kyk eers na wat dit beteken in baie doodgewone aardse dinge. By baie sake in ons alledaagse lewe is dit beter om aan die einde van n saak te kom, as om daarmee te begin. Die rede daarvoor is dat jy aan die einde meer weet as aan die begin: 1 Ook Spreuke en Job en dele van die Psalms. 2 Bv Pred 4:6, 9-13, 17; 5:4; 6:3, 9; 7:1-5, 10; 9:4b, 16, 18

4 - jy weet byvoorbeeld aan die einde of dit wat jy aangepak het, n sukses was of nie iets wat jy aan die begin nie geweet het nie; - jy weet aan die einde van n saak of dit al die moeite wat jy daaraan bestee het, werd was of nie iets wat jy aan die begin van die saak nie geweet het nie. Jy hét ook meer aan die einde van n saak as aan die begin: - as die saak suksesvol was, het jy die sukses aan die einde wat jy aan die begin nog nie gehad het nie; - en selfs as die saak misluk het, het jy aan die einde daarvan ervaring wat jy opgedoen het, lesse wat jy daaruit geleer het wat jy aan die begin nie gehad het nie. Jy wéét aan die einde meer en jy hét aan die einde meer as by die begin. En die einde is ook beter omdat jy aan die einde klaar is met al die sweet en trane wat hierdie saak jou gekos het, terwyl dit alles aan die begin nog vir jou voorlê! n Paar voorbeelde: o n Skrywer wat n boek skryf, n student wat n werkstuk doen, n bouer wat n huis bou, n huisvrou wat n ete voorberei die voltooide boek en werkstuk en huis en geregte gee n bevrediging wat die begin van n saak nooit vir n mens kan gee nie. o Die einde van n oorlog (wie sal daaroor stry?) is baie beter as die begin van die oorlog. o Selfs die einde van iets soos n spesiale vakansie (bv n toer deur Europa) is beter as die begin daarvan. Nie noodwendig lekkerder nie, maar béter. Aan die begin moet jy nog rekening hou met alles wat kan skeefloop, en is jy angstig dat dit so moet uitwerk soos jy dit beplan het, terwyl jy aan die einde daarvan uitgerus is, mooi herinneringe het, kultureel verryk is. Hierdie is waar van baie dinge in ons aardse lewe.

5 Maar dis veral waar daar waar God se wil en wet gehandhaaf word, daar waar dinge gaan soos wat Hy wil hê dat dit moet gaan en waar dinge gedoen word soos wat Hy dit gedoen wil hê, daar waar Hy regeer, in Sy koninkryk. Dáár gaan dit áltyd so dat die einde van n saak beter as sy begin is. En dis so omdat God, daar waar Hy regeer, dinge laat groei en laat ontwikkel, omdat Hy op allerhande maniere by die dinge wat in Sy koninkryk gebeur, waarde toevoeg. Waar God Sy seën gee, is die oestyd byvoorbeeld beter as die saaityd, want God het die koringkorrels wat gesaai is, laat ontkiem en laat groei tot pragtige plante wat vrug dra, wat jou dertig- of vyftig- of honderd keer meer korrels gee as wat jy aan die begin gehad het! Die eindpunt van n mens se geloofslewe is beter as die beginpunt daarvan, net soos wat sterk en selfstandig volwasse-wees beter is as swak en afhanklike baba-wees. En dis so omdat die Heilige Gees jou in die gang van jou geestelike lewe toerus met al hoe meer kennis en insigte en krag en volharding en al die ander geestelike gawes waarmee Hy God se kinders toerus. Die einde van God se skepping die verheerlikte nuwe aarde en hemel, waar God alles tot hulle ten volle ontwikkelde en ontplooide volmaakte toestand gebring het is beter as die begin-gestalte daarvan, toe alles nog bewerk en ontwikkel moes word. Die einde van die aardse lewe van n burger in hierdie koninkryk en die burgers van hierdie koninkryk is die mense wat glo dat die Here Jesus hulle van al hulle sondes bevry het met Sy lyding en dood aan die kruis vir hulle en in hulle plek, die mense wat deur die Vader uit die mag van die duisternis weggeruk is en onder die heerskappy van Sy Seun, wat Hy liefhet, gebring is 3 die einde van die aardse lewe van n burger van hierdie koninkryk is beter as die begin, omdat jy aan die einde, wanneer jy doodgaan, in die ewige heerlikheid instap, terwyl jy aan die begin, toe jy gebore is, in n stukkende wêreld vol moeite en sorge en pyn en nood ingestap het. 4 3 Kol 1:13 4 Vgl ook pelgrimsreis se begin en einde, Job en Jak 5 oor hom.

6 Dis wat hierdie stukkie wysheid sê: daar waar God regeer, is die einde van n saak beter as sy begin. 3. DIE VOORWAARDES VAN HIERDIE WYSHEID U het waarskynlik al self die sommetjie begin maak: hierdie spreuk geld nie ongekwalifiseerd orals en altyd nie. Dis net onder sekere voorwaardes waar. Daar waar sonde die oorhand kry, is hierdie spreuk nie meer waar nie, byvoorbeeld: o Waar mense n dronkpartytjie hou, is daar min van hulle wat sal sê dat die afloop daarvan (die naarheid en kopseer en skaamte en skuldgevoelens) beter is as die begin daarvan. o Waar mense owerspel pleeg, is die einde van daardie pad die skande en die egskeiding en die skade aan alle betrokkenes se lewens definitief nie beter as die begin daarvan nie! o Die einde van n rooftog, wanneer die rowers gevang is en jare in n tronk moet deurbring, of die slagoffers beroof of aangerand of dood is, is definitief nie beter as die begin daarvan nie. o Die einde van n lewe sonder God, waar die sondaar verhard geraak het in sy lewe sonder God en as n ewig-verlorene voor Sy regterstoel moet staan, is beslis nie beter as die begin van los-raak van die Here, wanneer daar nog tyd en geleentheid vir besinning en bekering is nie. Hierdie wysheid dat die einde beter as die begin is is net onder sekere voorwaardes waar. Dit geld net Dit geld net daar waar die Here regeer en waar mense Sy regering erken en Sy wil gehoorsaam uitleef. TOEPASSING Ons tekssinnetjie is nie n opdrag aan ons nie. Dis n stelling. Dit sê vir ons hoe God in Sý koninkryk werk.

7 Dis n stukkie wysheid van Bo iets wat jou help om die wêreld en die lewe en God te verstaan. Maar tog kan dit nie anders nie as om ons doen en late ook prakties te beïnvloed. As jy dan weet dat die einde van n goeie saak beter as sy begin is - waarom stel jy nog uit om daarmee te begin? - is jy, wat nou by die beginpunt staan, dan nie haastig om by die beter punt uit te kom nie die eindpunt? En as jy weet dat God die einde van n goeie saak beter sal laat wees as die begin, waarom wil jy dan moed verloor as dinge tussen die begin- en eindpunt van sake nie altyd reg en vlot verloop nie? - waar s jou geduld? 5 - waar s jou vertroue in die Here wat dinge beheer en n goeie saak ook langs kronkelpaaie tog by die beter einde kan uitbring sál uitbring, want Sy Woord is die waarheid?! En as jy weet dat in God se koninkryk die einde beter is as die begin, dan sal jy n mens wees wat vórentoe kyk in jou lewe, wat nie gedurig tob oor wat jy om die pad terug anders sou wou gehad het of oor wat jy misgeloop het, 6 of oor wat jou eie of ander mense se foute jou gekos het nie. Jy sal só vorentoe lewe dat jy eintlik haastig sal wees vir die einde om te kom, want vir God se kinders is dít waarheid: - die einde is beter as die begin; - die beste lê nog voor! AMEN 5 Nie toevallig dat vers 8b van geduld praat nie. Die hoogmoedige van vers 8b is tipies die goddelose wat aan die begin van sy projek al spog met wat hy dink dat hy aan die einde gaan hê. 6 Vgl bv Pred 7:10