MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5

Vergelijkbare documenten
JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

Jesaja sien die Toekoms

Dit wat óns wil hoe óns wil leef en wil praat en selfs wil dink (dit weet ons almal) is baie kere baie anders as wat Gód van ons wil hê.

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

1 JOHANNES 4:20 HK 34:93

God het belowe om ons gehoorsaam te maak, net soos ons vra

NAGMAAL. SKRIFLESING: 1 Petrus 2: TEKS: 1 Petrus 2:24a. Jesus Christus het ons sondes gedra. Psalm 89 : 1. Psalm 40 : 3

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene

God se liefde vat ons vrees vir Sy oordeel weg

OPENBARING 5:5 HK Sondag 48

NAGMAAL. SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a. Die kruis is die trots van die Here se kerk.

TEKS: Matteus 5:3 (AV 1933/53) HK 5

God red elkeen wat werklik in Jesus Christus glo.

Welkom by Die Storie God se storie

MATTEUS 7:12. Votum en seën. Psalm 34 : 2, 4. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 4 : 3.

Wie in die Here glo, vertrou Hom met die bestemming.

PSALM 115:1 HK Sondag 52:

PSALM 90:2 NGB 1. Votum en seën. Psalm 90 : 1. Gebed. Skriflesing: Psalm 90 (AV 1933/53) Belydenis: NGB 1. Teks: Psalm 90:2 (AV 1933/53)

Bybel vir Kinders. bied aan. Ryk man, Arm man

n Tempel Leier besoek Jesus

Jesus se eerste preek op die berg. Hy gee ons onuitspreeklike blydskap.

Deur Sy wet gee God ons broodnodige kennis van sonde

1 KORINTIËRS 13:12. Ook: Sb 18-8 (30) : 4, 5

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3.

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5)

STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart?

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was

Die Here gee vir mense, wat oor Hom bly is, dit wat hulle harte begeer.

Twyfel Vergewe mekaar Vergifnis van God Vertroue Volharding Voorkoms Vrede Vrees Vriendskap...

Ons Pinkster gaan oor hoe om vir Jesus te volg. Vanoggend het ons begin deur te sien dat daar n paar voorwaardes is as jy Jesus wil volg:

Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

PSALM 40:9. Votum en seën. Psalm 89 : 3. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Deuteronomium 5:6-21 (AV 1933/53) Psalm 50 : 6, 7.

1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

SKRIFLESING: Titus 1. TEKS: Titus 1:15. Die Here wil ons op die hoofspoor hê. Psalm 134 : 1, 2. Psalm 119 : 4. Psalm 18 : 12. Skrifberyming 78 (13-3)

Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek.

Dis net so ondenkbaar soos n gemeente die tempel van die Heilige Gees 1 wat nie bid nie.

Van Vervolger tot Prediker

Goeie Konings, Slegte Konings

Toe God alles gemaak het

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3

Toe God alles gemaak het

Wie God se beloftes het, streef om skoon te word en heilig te wees

Vir die Here is die hoofsaak dat ons sal glo en gehoorsaam.

INHOUDSOPGAWE. Voorwoord Doen God al die skuifwerk hier op aarde? God se genade bepaal sy planne God se meesterplan...

HOSEA 6:1-3. Votum en seën. Psalm 48 : 1. Gebed. Skriflesing: Hosea 6 (AV 1933/53) Teks: Hosea 6:1-3 (AV 1933/53) Psalm 72 : 3

100 vrae. antwoorde oor GEBED. Bennie MOSTERT GEBED. Verander jou wêreld! BID? GEBED geen verskil in die wêreld maak nie? vrae en antwoorde oor

Kinders hoe voel julle oor die eksamen wat voorlê? Vir wie van julle is die Bybel soms moeilik om te verstaan? Ja daar is dinge waarmee ons sukkel né.

toegewy aan God ross os s v an v nieker i k

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE:

Inhoudsopgawe. Voorwoord... 11

SKRIFLESING: Prediker 11. TEKS: Prediker 11:4, 6. Wie met God reken, gebruik sy/haar kanse. Psalm 149 : 1, 2. Psalm 126 : 3.

TEKS: Efesiërs 6:18 HK 45

1 JOHANNES 5:4. Votum en seën. Psalm 45 : 1, 3, 4. Gebed. Skriflesing: 1 Johannes 5:1-13 (AV 1933/53) Teks: 1 Johannes 5:4 (AV 1933/53) Psalm 18 : 15

Is jy seker dis nie n voorry nie. Ek wonder of die kinders weet wat n voorry doen.

Verduidelik nou vir die kinders die insamelingsmetodes wat vir jul gemeente / skool sal werk.

SKRIFLESING: Jesaja 55. TEKS: Jesaja 55: Die Here se Woord werk. Skrifberyming 34 (2-2) : 1. Psalm 19 : 4. Psalm 33 : 5.

Baie welkom by vanoggend se erediens. Doen asb moeite om ander mense rondom jou te groet

1 JOHANNES 2: Votum en seën. Psalm 34 : 1, 4. Geloofsbelydenis: Nicea. Wet: Exodus 20:1-17 (AV 1933/53) Psalm 34 : 6. Gebed

Pragtige Koningin Ester

Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak.

Soos n wildsbok wat smag na water Smag my siel na u o Heer U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer SOOS N WILDSBOK

Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel. Christiaan Coetzee

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus

SKRIFLESING: Johannes 4:1-30. TEKS: Johannes 4:10. Die Here les mense se diepste dors. Psalm 84 : 2, 3. Psalm 139 : 1, 3. Skrifberyming 6 (5-1) : 5

JOHANNES 6:48 HK 28. Votum en seën. Psalm 100 : 1, 3. Gebed. Skrifberyming 54 (2-6) : 1. Skriflesing: Johannes 6:41-59 (AV 1983) Belydenis: HK 28

Luister en praat. Kyk na die prent en gesels daaroor. 1. Beskryf wat jy in die prent sien. 2. Waaraan, dink jy, dink die seun?

God laat alles Sy kinders se saligheid bevorder.

SKRIFLESING: Handelinge 16: TEKS: Handelinge 16:30-31 HK 23. Wie in die Here Jesus glo, word gered. Psalm 48 : 4.

HANDELINGE 14:15 HK 34:94-95

'n Man gestuur deur God

SKRIFLESING: Lukas 16:1-13. TEKS: Lukas 16:11 HK 42. Geld en goed vir God. Psalm 95 : 1, 3. Psalm 119 : 7. Skrifberyming 44 (15-8) : 2

SKRIFLESING: Jesaja 6. TEKS: Jesaja 6:3 HK 8. Voor die drie-maal heilige God buig ons laag. Psalm 99 : 1, 2. Psalm 81 : 11, 12

SKRIFLESING: 1 Korintiërs 13. TEKS: 1 Korintiërs 13:8. Die liefde bly vir ewig. Psalm 103 : 1, 2. Psalm 102 : 11, 12. Skrifberyming 21 (9-4) : 1, 6

SPREUKE 16:9. Votum en seën. Psalm 8 : 1, 2. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Exodus 20:1-17 (AV 1933/53) Psalm 65 : 2, 4.

Ons hoor graag wat jy dink van hierdie boek! Gaan na soek hierdie titel en kliek op resensies. Of praat saam op Facebook by

NIe net hier in 1 Korintiers 13 nie, maar in die hele 1 Korintiërs lees ons van al hierdie dinge wat die gemeente van Korinte gedoen het.

Jona en die Groot Vis

TEKS: 1 Samuel 1:15 HK 46. Voor die hemelse Vader stort Sy kinders hulle harte uit wanneer hulle bid.

Jesus kom op n onbekende tyd weer bly dan gereed vir Hom!

Die Here gee Sy seën waar ouers en kinders Hom gehoorsaam.

TEKS: Esegiël 33:18-19 HK 32:87 33:90. God laat onbekeerdes sterf, maar bekerendes lewe.

1 PETRUS 5:10 DL 5:1, 3, 8

n Dubbele kruis-belydenis

Sê maar jy word voor die keuse gestel om een van die volgende getalle as geld in Rand te ontvang, watter een sal jy kies?

Die Here laat n berouvolle sondaar in vrede gaan.

KOLOSSENSE 3:17 HK Sondag 36

Bybel vir Kinders. bied aan. Joshua neem Beheer

jou hele liggaam lig hê. Maar as jou oog sleg is, sal jou hele liggaam sonder lig wees. As jou oë sleg is dit beteken eintlik maar as jou oë slegte

Transcriptie:

MATTEUS 6:8 Votum en seën Psalm 7 : 6 Gebed Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5 Preek: Vir ons hemelse Vader is eenvoudige gebede goed Gebed Kollekte Psalm 103 : 7 Seën Skrifberyming 78 (13-3)

2 n Mens móét leer hoe om reg te bid, om dit wat die Here in die Bybel vir ons oor gebede sê, in ons eie gebede toe te pas. Maar nou kan dit gebeur dat n klomp gebedsonderrig en allerhande gesprekke van mense oor gebed en al die vrae en antwoorde wat gebed altyd uitlok, mense se lus vir gebed begin wegvat. Dit kan naderhand so moeilik klink om alles te onthou wat jy moet onthou as jy rég wil bid en iets soos gebedsverhoring kan so ingewikkeld klink, dat mense kan begin wonder of hulle eenvoudige gebedjies ooit regte gebede is, wat gehoor sal word en verhoor sal word! Daarom moet die les wat die Here Jesus hier in ons teksverse oor gebed gee, ook altyd deel van die leerplan in die gebed-skool wees dié les dat eenvoudige gebede vir die Here goed genoeg is. Dis die kern van vanaand se preek: vir die Here is eenvoudige gebede goed. Kom ons hoor vanaand hoe die Here dit vir ons leer. Hy doen dit deur eerstens vir ons te sê hoe ons gebede nie moet wees nie en dan waarom dit nie so hoef te wees nie. En dan bring dit alles n mens by die slotsom, dat eenvoudige gebede vir die Here reg is. 1. HOE GEBEDE NIE MOET WEES NIE Die Koning van die hemelse koninkryk is hier in Sy bergrede besig om die burgers van die koninkryk koninkryksonderrig te gee. Hy leer hulle van die voorregte wat hulle in Sy koninkryk geniet, maar ook van hulle verantwoordelikhede as burgers. In die deel wat ons vanaand gelees het, is Hy besig met n gebeds-les. 1 1 Die les gaan oor openbare-/vertoongebede teenoor binnekamergebede (verse 5-6), baie woorde teenoor nodige woorde (verse7-8), die inhoud van ons gebed (verse 9-13) en oor gebed en vergifnis (verse 14-15).

3 En een van die onderafdelings van die gebedsles is n waarskuwing teen die tipiese heidense praktyk om n stortvloed woorde te gebruik wanneer jy bid. Die ander Afrikaanse vertaling gee dit weer as n ydele herhaling van woorde. o Jy moenie babbel as jy bid nie soveel as moontlik woorde sê, terwyl dit nie eers altyd regtig sin maak nie. Die heidene het gedink dat hoe meer woorde jy bid, hoe meer gaan die gode met jou beïndruk wees o Jy moenie soveel as moontlik mooiklinkende woorde en sinne opmekaarstapel nie. Die heidene het gedink dat hoe meer jy die gode vlei en hoe mooier jy tot hulle roep, hoe eerder sal hulle na jou luister. o Jy hoef ook nie dinge te herhaal in n gebed nie oor en oor in een gebed dieselfde dinge te sê of te vra nie. Die heidene het gedink dat hoe meer ek herhaal, hoe meer forseer ek as t ware die gode om na my te luister. As ek byvoorbeeld ure en ure (so werk heidene se koppe) n sekere frase kan opsê of dreunsing (chant), is dit amper asof daar n soort krag van my af op die gode inwerk wat hulle sal dwing om my te help! Ons moenie so bid nie, sê die Here Jesus. Die oomblik as jy begin dink dat die hoeveelheid woorde waarmee jy bid, of hoe lank jy bid, of hoeveel keer jy oor en oor dieselfde ding vra, die Here se verhoring van jou gebed gaan beïnvloed, het jy soos die heidene begin dink. Natuurlik beteken dit nie dat alle lang gebede verkeerd is nie. Waar n mens baie het om aan die Here voor te lê baie dankbaarheid, baie sondes om te bely, baie smekings, baie mense vir wie jy voorbidding wil doen, baie aanbidding in jou hart en waar jy dit met erns en opregtheid doen, sal n lang gebed natuurlik nie verkeerd wees nie. 2 2 Vgl bv Jesus se eie gebedslewe (o.a. Luk 6:12)

4 En om met volharding, dag na dag, dinge wat jy nodig het, van die Here te vra selfs vir jare aan te hou bid daarvoor is ook nie verkeerd nie. Die Here moedig ons aan om dit te doen! 3 Maar wat Hy nie wil hê nie, is dat jy in n spesifieke gebed oor en oor dieselfde dinge sê, of in enige gebed sommer net praat sonder om regtig te dink wat jy sê en dan ook nog soveel as moontlik praat om Hom te probeer beïndruk met jou lang gebede. Onnodige lang gebede mag dalk ander ménse beïndruk, 4 maar definitief nie die Here nie. Ons hoef die Here nie te oorval met baie woorde wanneer ons bid nie. 2. WAAROM WOORDRYKE GEBEDE NIE NODIG IS NIE Om baie woorde in ons gebede te gebruik, is nie nodig nie, omdat ons Vader in die hemel weet wat ons nodig het nog voordat ons daarvoor gevra het! Dís al klaar n groot verskil tussen die heidene se manier van dink en die ware godsdiens: dat God ons Vader genoem word. Vir die heidene is die gode, en veral die hoër gode, sulke ver-af wesens, met wie jy nie regtig n persoonlike band kan hê nie. In die ware godsdiens is God vir die gelowiges hulle Vader die volmaakte Vader, wie se liefde vir Sy kinders eindeloos is, wat met hulle elkeen n diep en innige persoonlike band het. En hierdie hemelse Vader weet wat elkeen van Sy kinders nodig het. As selfs onvolmaakte aardse ouers weet wat hulle kindertjies nodig het en wat vir hulle kindertjies goed sal wees selfs wanneer die kindertjies self dit nog nie weet nie en nog nie kan vra nie, of nog nie met presies die regte woorde kan vra nie hoeveel te meer sal die hemelse Vader, wat absoluut álles weet, wat elke kind van Hom se omstandighede en se binneste deur en deur ken, dan nie weet wat Sy kinders nodig het nie! 3 Luk 18:1-8 4 Vgl bv Mat 23:14

5 Let op dat dit hier nie gaan oor wat vir elkeen van Sy kinders lekker sal wees om te hê nie alhoewel Hy dít natuurlik ook weet! maar oor wat hulle nodig het: - in die eerste plek oor wat hulle nodig het om eendag vir ewig saam met Hom te kan lewe in Sy nuutgemaakte wêreld; - maar ook oor wat hulle hier op aarde nodig het: wat hulle moet eet en wat hulle moet drink en wat hulle moet aantrek. 5 Voordat ons nog gevra het, en partykeer selfs voordat ons nog self besef het wat ons nodig het, weet Hý presies wat ons moet hê. En dáárom is dit nie vir kinders van God nodig om Hom met baie woorde te probeer beïnvloed, of om met mooi woorde Sy hart te probeer sagmaak, of om Hom met lastige herhalings te probeer forseer om na jou te luister nie. Ons hoef nie die Here in fyn detail in te lig oor alles wat ons nodig het nie. Ons hoef nie wanneer ons klaar is met n gebed angstig te wonder of ons alles gesê het wat ons moes en of ons presies die regte woorde gebruik het nie n Vader wat weet wat Sy kind nodig het, en wat Sy kind liefhet, hoef nie met baie woorde gemanipuleer te word om vir Sy kinders goeie dinge te gee nie. n Vader wat jou, toe jy nog Sy vyand was deur jou sonde, al so liefgehad het dat Hy Sy enigste eie Seun in jou plek vir jóú sondes aan die kruis laat sterf het, het nie nou dat jy klaar Sy kind is nog nodig om omgepraat of gemanipuleer te word om vir jou te gee wat jy nodig het nie. 6 Hoe min woorde eintlik goed genoeg is, sien ons byvoorbeeld in die Onse Vader, die voorbeeld-gebed wat die Here Jesus ons geleer het: - sonder n omhaal van woorde, word in enkele kort sinne álles wat kinders van God en die kerk en die wêreld nodig het, saamgevat; - en wanneer ons hierdie kort sinnetjies bid, wéét die Vader in die hemel alles wat daarin opgesluit lê. n Mens sou selfs kon wonder hoekom ons nog enigsins moet bid as die Vader in die hemel dan in elk geval lankal weet wat ons nodig het. 5 Mat 6:32 6 Vgl Rom 5:10

6 Die antwoord hierop is natuurlik in die eerste plek dat ons bid omdat die Here sê dat ons moet bid. Ons bid uit gehoorsaamheid aan Hom. En die Vader wil hê dat Sy kinders met Hom moet praat en ook uit hulle harte uit vir Hom moet vra wat hulle nodig het, 7 want dis deel van die persoonlike band wat Hy met Sy kinders het: dat Hy met hulle praat, maar hulle ook met Hom. En ons bid ook omdat ons gebede vir wat ons nodig het Hom op allerhande maniere eer: - as ons vir Hóm vra wat ons nodig het, wys dit dat ons besef dat Hý vir ons gee wat ons nodig het; - en dit wys dat ons Hom vertrou dat Hy dit ook vir ons sal wil gee dat Hy die goeie God is wat goeie dinge vir ons sal wil gee, al verdien ons dit nie Maar die les in hierdie verse gaan nie regtig oor hoekom ons bid nie, maar oor hoe ons moet bid: - nie met n bombardement van soveel as moontlik en so indrukwekkend as moontlik woorde nie; - maar as mense wat weet dat God presies weet wat ons nodig het, voordat ons nog die eerste woorde van ons gebed gesê het, en wat daarom ons gebede kort en eenvoudig kan hou. Vir God gaan dit nie oor hoeveel ons sê as ons bid en hoeveel kere ons ons behoeftes herhaal en of ons Hom met genoeg indrukwekkende en treffende en geleerde terme aanroep nie. Vir Hom is n paar eenvoudige gebedswoorde genoeg. TEN SLOTTE Dis goed dat ons as gelowiges praat oor gebed en preke daaroor hoor en Bybelstudie daaroor doen. As dit ons maar net nie naderhand laat voel dat gebed n verskriklike ingewikkelde besigheid is 7 Vgl Mat 6:9

7 en dat n mens hiper-versigtig moet wees as jy bid om tog nie hierdie of daardie fout te maak nie. Ons gebede kan maar eenvoudig wees, sonder tierlantyntjies, nooit onnodig lank nie. Ons hoef niemand te beïndruk wanneer ons bid nie. Wanneer ons bid is ons kinders wat met hulle Vader praat, die Vader wat ons lankal liefhet, wat ons volmaak liefhet, wat lankal beter as onsself weet álles wat ons nodig het, maar wat tog wíl hoor hoe ons ook vra, bewus van ons afhanklikheid van Hom, vol vertroue in Hom, op ons eenvoudige kinderlike manier. En vir Hom is dit goed genoeg. Om die waarheid te sê: Sy Vaderhand wat vir Sy kinders gee, begin al beweeg nog voordat ons die amen op ons eenvoudige woorde gesê het AMEN