JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

Vergelijkbare documenten
Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

NAGMAAL. SKRIFLESING: 1 Petrus 2: TEKS: 1 Petrus 2:24a. Jesus Christus het ons sondes gedra. Psalm 89 : 1. Psalm 40 : 3

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3

SKRIFLESING: 1 Korintiërs 6: TEKS: 1 Korintiërs 6:19 HK 1:1. Ook ons liggame behoort aan die Here. Skrifberyming 72 (12-3) : 1, 2

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

God red elkeen wat werklik in Jesus Christus glo.

1 JOHANNES 4:20 HK 34:93

NAGMAAL. SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a. Die kruis is die trots van die Here se kerk.

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

TEKS: Matteus 5:3 (AV 1933/53) HK 5

God laat alles Sy kinders se saligheid bevorder.

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun

Dit wat óns wil hoe óns wil leef en wil praat en selfs wil dink (dit weet ons almal) is baie kere baie anders as wat Gód van ons wil hê.

God se liefde vat ons vrees vir Sy oordeel weg

PSALM 115:1 HK Sondag 52:

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

n Tempel Leier besoek Jesus

Jesaja sien die Toekoms

PSALM 90:2 NGB 1. Votum en seën. Psalm 90 : 1. Gebed. Skriflesing: Psalm 90 (AV 1933/53) Belydenis: NGB 1. Teks: Psalm 90:2 (AV 1933/53)

SKRIFLESING: Romeine 8:31-39 (AV 1983) TEKS: Romeine 8:32b. Skrifberyming 24 (1-1) : 3. Psalm 62 : 4 (na gebed) Psalm 93 : 1, 4

Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek

JOHANNES 6:48 HK 28. Votum en seën. Psalm 100 : 1, 3. Gebed. Skrifberyming 54 (2-6) : 1. Skriflesing: Johannes 6:41-59 (AV 1983) Belydenis: HK 28

God het belowe om ons gehoorsaam te maak, net soos ons vra

God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5)

PSALM 40:9. Votum en seën. Psalm 89 : 3. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Deuteronomium 5:6-21 (AV 1933/53) Psalm 50 : 6, 7.

Jy kan eintlik waar in die Bybel ook al kyk na wat geskryf is oor hoe ons as Christene moet lewe, en jy kom by liefhê uit.

Bybel vir Kinders. bied aan. Ryk man, Arm man

SKRIFLESING: Lukas 16:1-13. TEKS: Lukas 16:11 HK 42. Geld en goed vir God. Psalm 95 : 1, 3. Psalm 119 : 7. Skrifberyming 44 (15-8) : 2

Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg

MATTEUS 7:12. Votum en seën. Psalm 34 : 2, 4. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 4 : 3.

Die Groot Gebod dennis de wet

1 JOHANNES 2: Votum en seën. Psalm 34 : 1, 4. Geloofsbelydenis: Nicea. Wet: Exodus 20:1-17 (AV 1933/53) Psalm 34 : 6. Gebed

1 TESSALONISENSE 5:25

GALASIËRS 5:22 (getrouheid)

SKRIFLESING: Matteus 11: TEKS: Matteus 11:28. Christus gee gekwelde mense rus. Psalm 145 : 1, 2. Skrifberyming 12-3 : 1, 2 (na geloofsbelydenis)

JOHANNES 3:19-20 DL 3/4:1

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13

HEMELVAART. SKRIFLESING: Johannes 14:1-14. TEKS: Johannes 14:2-3 (AV 1933/53) Jesus Christus is hemel toe vir ons. Psalm 2 : 4, 6.

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

1 JOHANNES 5:4. Votum en seën. Psalm 45 : 1, 3, 4. Gebed. Skriflesing: 1 Johannes 5:1-13 (AV 1933/53) Teks: 1 Johannes 5:4 (AV 1933/53) Psalm 18 : 15

1 KORINTIËRS 13:12. Ook: Sb 18-8 (30) : 4, 5

SKRIFLESING: Handelinge 16: TEKS: Handelinge 16:30-31 HK 23. Wie in die Here Jesus glo, word gered. Psalm 48 : 4.

JOHANNES 8:32. Votum en seën. Psalm 92 : 1, 2. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 91 : 7. Gebed.

Welkom by Die Storie God se storie

LUKAS 12:50. Votum en seën. Psalm 105 : 2, 3. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Exodus 20:1-17 (AV 1933/53) [Lees nommer van elke gebod]

Goeie Konings, Slegte Konings

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

toegewy aan God ross os s v an v nieker i k

OPENBARING 5:5 HK Sondag 48

SPREUKE 16:9. Votum en seën. Psalm 8 : 1, 2. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Exodus 20:1-17 (AV 1933/53) Psalm 65 : 2, 4.

SKRIFLESING: 1 Korintiërs 13. TEKS: 1 Korintiërs 13:8. Die liefde bly vir ewig. Psalm 103 : 1, 2. Psalm 102 : 11, 12. Skrifberyming 21 (9-4) : 1, 6

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels.

JESAJA 53:9 HK Sondag 16:40-43

'n Man gestuur deur God

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

Wie die Here vertrou, kan radikaal gehoorsaam wees.

Ons Pinkster gaan oor hoe om vir Jesus te volg. Vanoggend het ons begin deur te sien dat daar n paar voorwaardes is as jy Jesus wil volg:

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek.

SKRIFLESING: Lukas 2: TEKS: Lukas 2: Die volle boodskap van Kersfees. Psalm 118 : 12. Psalm 40 : 4. Skrifberyming 3 (4-7) : 1, 2

Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak.

Baie welkom by vanoggend se erediens. Doen asb moeite om ander mense rondom jou te groet

KOLOSSENSE 3:17 HK Sondag 36

Deur Sy wet gee God ons broodnodige kennis van sonde

Die Rol van die Vader, Seun en Heilige Gees?

NIe net hier in 1 Korintiers 13 nie, maar in die hele 1 Korintiërs lees ons van al hierdie dinge wat die gemeente van Korinte gedoen het.

Die Here laat ons maai wat ons gesaai het

SKRIFLESING: Lukas 6: TEKS: Lukas 6:37 HK 43. God se mense het ook met hulle woorde lief. Psalm 34 : 1, 2. Psalm 34 : 6.

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24

WAT IS DIE VOLGORDE VAN DIE VERLOSSINGSERVARING?

SKRIFLESING: Johannes 3:1-21. TEKS: Johannes 3:16. Psalm 149 : 1, 2. Psalm 25 : 3. Psalm 103 : 6 (na doop) Skrifberyming 33 (2-4) : 1

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE:

TEKS: 1 Korintiërs 8:4-6 HK 34:94-95

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

PSALM 68:7. Votum en seën. Psalm 66 : 1. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Exodus 20:1-17 (AV 1983) Psalm 38 : 1, 8. Gebed

Dis net so ondenkbaar soos n gemeente die tempel van die Heilige Gees 1 wat nie bid nie.

MATTEUS 22:11-13 HK SONDAG 30:81

Soos n wildsbok wat smag na water Smag my siel na u o Heer U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer SOOS N WILDSBOK

Wie in die Here glo, vertrou Hom met die bestemming.

Kinders hoe voel julle oor die eksamen wat voorlê? Vir wie van julle is die Bybel soms moeilik om te verstaan? Ja daar is dinge waarmee ons sukkel né.

Jesus - Die Grootste Geskenk van Alle Tye - Reformation Society

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22

Die Here tree op teen dié wat terugdraai sonde toe

JOHANNES 10:10b-11. Votum en seën. Skrifberyming 34 (2-2) : 1. Gebed. Skriflesing: Johannes 10:1-21 (AV 1983/91) Teks: Johannes 10:10b-11 (AV 1983/91)

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was

Baie welkom by vanoggend se erediens

Jesus kom op n onbekende tyd weer bly dan gereed vir Hom!

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus

SKRIFLESING: Jesaja 6. TEKS: Jesaja 6:3 HK 8. Voor die drie-maal heilige God buig ons laag. Psalm 99 : 1, 2. Psalm 81 : 11, 12

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3.

SKRIFLESING: Prediker 11. TEKS: Prediker 11:4, 6. Wie met God reken, gebruik sy/haar kanse. Psalm 149 : 1, 2. Psalm 126 : 3.

Jesus se eerste preek op die berg. Hy gee ons onuitspreeklike blydskap.

die ark en neem jou gesin saam. Van almal op die aarde het jy die naaste aan my geleef. Binne 7 dae stuur Ek reën.

SKRIFLESING: Titus 1. TEKS: Titus 1:15. Die Here wil ons op die hoofspoor hê. Psalm 134 : 1, 2. Psalm 119 : 4. Psalm 18 : 12. Skrifberyming 78 (13-3)

1 Johannes 5: /03/2014

SKRIFLESING: 1 Petrus 2:1-10. TEKS: 1 Petrus 2:9. God red sodat ons sal vertel. Psalm 40 : 5. Psalm 4 : 3. Skrifberyming 8 (5-3) : 2.

Bybelse Dissipelskap. Saligheid/ Redding

Transcriptie:

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL Votum en seën Psalm 118 : 2 Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1933/53) Psalm 4 : 3 Gebed Skriflesing: Johannes 19:17-27 (AV 1933/53) Teks: Johannes 19:26-27 (AV 1933/53) Preek: Jesus bly tot op die laaste gehoorsaam en vol liefde vir ons Verkorte Formulier vir die viering van die Heilige Nagmaal Psalm 103 : 6 By aanvang van tafelbediening: Johannes 6:54-56 Sang by tafels: Skrifberyming 10 (5-4) : 1, 2, 3, 4, 5, 6 Skriflesing by tafels: Joh 19:28-37; 19:38-42; 20:1-5; 20:6-13; 20:14-18 Gebed Kollekte Psalm 118 : 7 Seën Skrifberyming 78 (13-3) Ook: Sb 6 (5-1) : 3

Dit val n mens op hoe feitlik elke vers wat beskryf wat daar by die kruis gebeur het, op n eie manier die verhaal vertel, die evangelie, die goeie nuus oor wie Jesus is en hoe Hy is en wat Hy besig is om daar vir mense te doen. Soos hierdie tafereeltjie van ons teksverse, wat wys - hoe gehoorsaam Jesus aan Sy hemelse Vader is, tot op die laaste oomblikke en tot in die kleinste besonderheidjie toe; - en ook hoe omvattend Sy liefde vir mense is, tot op die laaste oomblikke en tot in die kleinste besonderheidjie toe. 2 Kom ons gaan kyk hierna eers na Sy gehoorsaamheid en dan na Sy liefde wat ons in hierdie verse sien. 1. JESUS GEHOORSAAM Die Here Jesus het nie net gekom om ons straf te dra nie om met óns sondepak op Sy skouers die vonnis opgelê te word wat daardie sondepak verdien en die vonnis te gaan uitdien nie. Hy t ook gekom om as n mens in ons plek te kom doen wat ons eintlik behoort te gedoen het, maar as gevolg van ons sondigheid nooit self sal kan doen nie: - om aan God gehoorsaam te wees; - om die wil van die hemelse Vader volmaak te doen. Hy t dít ook vir ons gedoen. Deur Sy hele lewe hier op aarde was Hy tot die laaste letter en kolletjie toe gehoorsaam aan al die gebooie van God. Hy t niks gedoen of gesê of gedink wat Hy nie mag gedoen of gesê of gedink het nie. En Hy t alles wat God wil hê dat n mens moet doen, stiptelik gedoen. Selfs hier aan die kruis, waar Hy so verskriklik gely het, nog steeds!

Vat byvoorbeeld die vyfde gebod, wat sê dat n mens jou vader en moeder moet eer, wat onder andere beteken dat jy vir hulle moet sorg wanneer hulle dit dalk sou nodig hê. 1 As oudste seun in n huisgesin waarvan die pa waarskynlik al oorlede was, het die Here Jesus n besondere verantwoordelikheid teenoor die ma gehad. En hier kom Hy Sy verantwoordelikheid teenoor haar na. Hier waar Sy tyd op aarde nou amper verby is en Sy aardse verhouding met Maria tot n einde gaan kom, gee Hy haar oor aan Johannes, met wie die Here Jesus n besondere band gehad het 2 en wie se hart en geldsake waarskynlik 3 ook só was dat hy vir Maria sou sorg. 4 3 Hier, waar die Here Jesus besig is om die gróót opdrag van Sy hémelse Vader uit te voer om Sy lewe vir die uitverkorenes af te lê dink Hy in Sy bitter lyding ook nog aan die vyfde gebod, aan dit wat Hy as Kind volgens hierdie gebod aan sy aardse ma verskuldig is. Selfs tot op die laaste is Hy nog tot in die kleinste besonderhede toe, aan God gehoorsaam. Ook Sy gehoorsaamheid in ons plek doen Hy enduit, volledig, volmaak 2. JESUS HET LIEF Hoe duidelik wys dit nie ook Sy liefde tot op die laaste en tot in die kleinste besonderhede toe nie. Selfs hier waar Hy aan die kruis hang, in die verskriklikste liggaamlike pyne en benoudheid, besig om met die angste en smarte van die hel te worstel, in die proses om deur God verlaat te word selfs hier gee Sy liefdevolle hart nog aandag aan die stoflike en emosionele behoeftes van n ander mens. 5 Hy gee vir Maria, 1 Mark 7:19-13; 1 Tim 5:4 2 Joh 13:23; 20:2; 21:7, 20 3 Vgl Mark 1:20 4 Die ander broers het waarskynlik op hierdie stadium nog nie in Hom geglo nie (Joh 7:5); later wel (Hand 1:14). 5 Vgl ook hoe Hy ook aan Sy kruisigers en aan die rower aan die kruis liefde bewys het (Luk 23:34, 43)

wat n kind verloor, deur wie se siel n swaard gaan, 6 n plaasvervangerseun, Johannes, wat sy soos haar eie kind sal kan liefhê en wat haar soos n eie seun sal liefhê. En Hy (Jesus) tref so voorsiening vir haar versorging: n huis en kos en klere in n gesin, waar sy ook die liefde en erkenning wat haar toekom, sal kry, want Johannes weet mos wie sy is: die moeder van sy Here! 7 Jesus is besig om vir die ewige saligheid van al God se mense van alle eeue en alle lande te worstel, en nog steeds gee Hy om vir hierdie gewone, alledaagse, tydelike stoflike en emosionele behoeftes van n mens wat Hy liefhet. Is dit nie liefde tot die laaste toe nie, en liefde tot in die kleinste besonderhede toe nie?! Enduit gehoorsaam. En enduit vol liefde 4 TOEPASSING Dis maklik om dit waarvan ons hier hoor, op onsself toe te pas. Sit net twee woordjies by: vir ons: - Jesus bly gehoorsaam en liefdevol tot die laaste en tot die kleinste besonderhede toe vir ons. Die ons is natuurlik elkeen wat dit wat die Here Jesus doen, verstaan en as die waarheid aanvaar en wat aan Hom vasgryp as jou enigste redding uit die ellende waarin die sonde alle mense gedompel het! Dis vir súlke mense, gelowiges, wat die Here Jesus daar aan die kruis hang en die straf van die hemelse Regter op hulle sonde dra, sodat hulle dit nooit sal hoef te dra nie. En dis in húlle plek wat Hy so enduit en volmaak aan God gehoorsaam is, sodat God hulle sal behandel asof hulle self so volmaak gehoorsaam aan Hom was. 6 Luk 2:35 7 Vgl Luk 1:43

En dis vir húlle want húlle is die mense wat deur die Gees van God verander word, sodat hulle dan ook nou begin om op voetspoor van Jesus aan God gehoorsaam te word en wat dus mense is wat die Here Jesus Sy broers en susters en moeders noem 8 5 dis vir húlle wat Jesus hier aan die kruis wys dat Hy liefdevol vir hulle sal sorg, nie net met n ewige saligheid nie, maar ook in ons alledaagse stoflike en emosionele behoeftes hier en nou Wat hierdie verse van Jesus wys, is Hy vir ons, vir elkeen wat in Hom glo. En vir elke hart wat smag na die sekerheid dat jy een van hierdie onse sal wees, is die nagmaal soos manna uit die hemel, n stukkie brood en n slukkie wyn waarmee die Heilige Gees ons verseker: - so seker as wat jy hierdie eet en drink, het Jesus vir jou aan die kruis gehang met alles wat dit beteken! Kom tel dan vanoggend van hierdie manna vir u smagtende hart op. En word seker dat die Here Jesus ook vir ú tot die laaste toe gehoorsaam was en tot die kleinste besonderheidjie toe lief is AMEN 8 Mat 12:50