Die Here gee Sy seën waar ouers en kinders Hom gehoorsaam.

Vergelijkbare documenten
Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

God het belowe om ons gehoorsaam te maak, net soos ons vra

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

Jesaja sien die Toekoms

NAGMAAL. SKRIFLESING: 1 Petrus 2: TEKS: 1 Petrus 2:24a. Jesus Christus het ons sondes gedra. Psalm 89 : 1. Psalm 40 : 3

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun

SKRIFLESING: Prediker 11. TEKS: Prediker 11:4, 6. Wie met God reken, gebruik sy/haar kanse. Psalm 149 : 1, 2. Psalm 126 : 3.

Wie in die Here glo, vertrou Hom met die bestemming.

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE:

Die Here gee vir mense, wat oor Hom bly is, dit wat hulle harte begeer.

TEKS: Spreuke 1:8-9 HK 39. In Christenhuise kry en aanvaar kinders goeie onderrig.

SKRIFLESING: Lukas 17:1-10. TEKS: Lukas 17:10 HK 24. Begenadigdes skuld God gehoorsaamheid. Psalm 138 : 1. Skrifberyming 24 (1-1) : 2.

n Tempel Leier besoek Jesus

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3.

God red elkeen wat werklik in Jesus Christus glo.

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

God laat alles Sy kinders se saligheid bevorder.

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

SKRIFLESING: 1 Korintiërs 6: TEKS: 1 Korintiërs 6:19 HK 1:1. Ook ons liggame behoort aan die Here. Skrifberyming 72 (12-3) : 1, 2

NAGMAAL. SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a. Die kruis is die trots van die Here se kerk.

1 JOHANNES 4:20 HK 34:93

PSALM 90:2 NGB 1. Votum en seën. Psalm 90 : 1. Gebed. Skriflesing: Psalm 90 (AV 1933/53) Belydenis: NGB 1. Teks: Psalm 90:2 (AV 1933/53)

Vir die Here is die hoofsaak dat ons sal glo en gehoorsaam.

Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13

Dooppreek Mika Bogaards

Welkom by Die Storie God se storie

U het rég gehoor: dat u die HÉre daar gaan dien; want dis wat die Heilige Gees ons hier laat hoor, dat ook ons alledaagse werk godsdiens is.

MATTEUS 7:12. Votum en seën. Psalm 34 : 2, 4. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 4 : 3.

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene

SKRIFLESING: Jesaja 6. TEKS: Jesaja 6:3 HK 8. Voor die drie-maal heilige God buig ons laag. Psalm 99 : 1, 2. Psalm 81 : 11, 12

TEKS: Matteus 5:3 (AV 1933/53) HK 5

SKRIFLESING: Handelinge 16: TEKS: Handelinge 16:30-31 HK 23. Wie in die Here Jesus glo, word gered. Psalm 48 : 4.

Wie die Here vertrou, kan radikaal gehoorsaam wees.

SKRIFLESING: Lukas 16:1-13. TEKS: Lukas 16:11 HK 42. Geld en goed vir God. Psalm 95 : 1, 3. Psalm 119 : 7. Skrifberyming 44 (15-8) : 2

Deur Sy wet gee God ons broodnodige kennis van sonde

1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80

God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5)

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was

SKRIFLESING: 1 Petrus 2:1-10. TEKS: 1 Petrus 2:9. God red sodat ons sal vertel. Psalm 40 : 5. Psalm 4 : 3. Skrifberyming 8 (5-3) : 2.

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24

OPENBARING 5:5 HK Sondag 48

Wie God se beloftes het, streef om skoon te word en heilig te wees

Die Here laat n berouvolle sondaar in vrede gaan.

PSALM 40:9. Votum en seën. Psalm 89 : 3. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Deuteronomium 5:6-21 (AV 1933/53) Psalm 50 : 6, 7.

Inhoudsopgawe. Voorwoord... 11

Jesus Christus se opstanding maak ons lewens sinvol

PSALM 78:3-4a DOOP. Votum en seën. Psalm 100 : 3, 4. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels

God se liefde vat ons vrees vir Sy oordeel weg

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer

Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak.

STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart?

1 KORINTIËRS 13:12. Ook: Sb 18-8 (30) : 4, 5

Van Vervolger tot Prediker

Dit wat óns wil hoe óns wil leef en wil praat en selfs wil dink (dit weet ons almal) is baie kere baie anders as wat Gód van ons wil hê.

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22

Bybelse Dissipelskap. Saligheid/ Redding

SKRIFLESING: Matteus 11: TEKS: Matteus 11:28. Christus gee gekwelde mense rus. Psalm 145 : 1, 2. Skrifberyming 12-3 : 1, 2 (na geloofsbelydenis)

TEKS: 1 Korintiërs 8:4-6 HK 34:94-95

Die Here laat ons maai wat ons gesaai het

Goeie Konings, Slegte Konings

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3

Ons Pinkster gaan oor hoe om vir Jesus te volg. Vanoggend het ons begin deur te sien dat daar n paar voorwaardes is as jy Jesus wil volg:

Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

Ons hoor hulle het in die land Kanaän gaan woon. (kaart) Kanaän Egipte.

Dis net so ondenkbaar soos n gemeente die tempel van die Heilige Gees 1 wat nie bid nie.

HEMELVAART. SKRIFLESING: Johannes 14:1-14. TEKS: Johannes 14:2-3 (AV 1933/53) Jesus Christus is hemel toe vir ons. Psalm 2 : 4, 6.

Die Here tree op teen dié wat terugdraai sonde toe

0:03: 01:5 Vertel mekaar watter labels mense al op jou gesit het. Wat het mense jou al genoem... goeie goed en slegte goed, dit is alles labels...

Bybel vir Kinders. bied aan. Ryk man, Arm man

Pragtige Koningin Ester

1 JOHANNES 5:4. Votum en seën. Psalm 45 : 1, 3, 4. Gebed. Skriflesing: 1 Johannes 5:1-13 (AV 1933/53) Teks: 1 Johannes 5:4 (AV 1933/53) Psalm 18 : 15

Gereformeerde Kerk Bloempark Die Drie-eenheid (Sondag 8)

MATTEUS 22:11-13 HK SONDAG 30:81

Christene moet ook met hulle gedrag vir die Here praat.

14. Gemaak om lief te hê 1 Johannes 3:11-17; 4:7-12

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

Die Here gee vrede en geregtigheid waar mense Hom gehoorsaam

TEKS: Efesiërs 6:18 HK 45

SKRIFLESING: Romeine 8:31-39 (AV 1983) TEKS: Romeine 8:32b. Skrifberyming 24 (1-1) : 3. Psalm 62 : 4 (na gebed) Psalm 93 : 1, 4

Gisteraand het dit gegaan dit oor hoe ons lewens moet wees om Jesus te volg. Watter klere ek moet aantrek.

Toe God alles gemaak het

Preek oor: Wat doen die Heilige Gees? Die Heilige Gees laat die wedergeboorte plaasvind

14. Ek glo my sondes word vergewe 1 Johannes 1:5 2:2

TEKS: Johannes 18: 36 HK 12:31

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek.

God eer Josef die slaaf

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels.

Preek 1 oor gesag (vyfde gebod)

TEKS: Handelinge 2:39 HK 27:74. Die Here se belofte geld ook vir die kinders van gelowiges

Bybel vir Kinders bied aan. Die Kerk Kry Moeilikheid

SKRIFLESING: Titus 1. TEKS: Titus 1:15. Die Here wil ons op die hoofspoor hê. Psalm 134 : 1, 2. Psalm 119 : 4. Psalm 18 : 12. Skrifberyming 78 (13-3)

Transcriptie:

SKRIFLESING: Efesiërs 6:1-4 TEKS: Efesiërs 6:1-4 HK 39 TEMA: Die Here gee Sy seën waar ouers en kinders Hom gehoorsaam. Psalm 103 : 1 Psalm 25 : 3 Skrifberyming 26 (9-1) : 1, 7 Psalm 103 : 9 1

Ons wil mos hä dat dit met ons goed sal gaan en dat ons lank sal lewe op hierdie aarde ons en ons kinders en ons kleinkinders. Dis vir mense so belangrik dat hulle amper enige politikus sal volg as hy maar net vir hulle aardse voorspoed en vrede belowe. Dis vir mense so belangrik dat hulle dit sal oorweeg om te emigreer as dit vir hulle lyk asof so n lewe in hulle land nie meer moontlik is nie. Dis vir party mense so belangrik dat hulle bereid is om oorlog te maak as dit daarvoor kan help. As n goeie en n lang lewe op hierdie aarde dan sé belangrik is, behoort die 5e gebod onmiddellik ons aandag te trek, want in hierdie gebod leer die Here ons van een van die kardinale vereistes vir voorspoed en vrede, nl. respek vir gesag: - met n samelewing waar daar respek is vir gesag en gesagdraers van die ouerhuis af al sal dit goed gaan Kom ons luister vanoggend na hierdie gebod van die Here, spesifiek na dit wat Hy ons beveel oor die heel eerste gesagsverhouding waarmee enige mens te doen kry, nl. diö van ouer en kind. En ons kyk daarna in die lig van hierdie Skrifgedeelte, wat nie net op die plig van kinders nie, maar ook op die plig van ouers wys. Die kern van wat ons in hierdie verse hoor is dat die Here Sy seün gee daar waar kinders en ouers aan Hom gehoorsaam is. Ons kyk eers hoe belangrik hierdie gebod is en dan na die plig van kinders en dan na die plig van ouers. 1. DIE BELANGRIKHEID VAN HIERDIE GEBOD Die 5e gebod gaan nie net oor kinders en ouers nie. Dis mos n kenmerk van die Tien Gebooie dat die Here by elke gebod net een voorbeeld noem, maar dat Hy daarmee ons aandag vestig op ál Sy opdragte op daardie spesifieke terrein van ons lewe. 2

Die 5e gebod gaan oor die terrein van menslike gesagsverhoudinge. Met hierdie gebod vra die Here ons aandag vir al die gesagsverhoudinge wat Hy daargestel het: - ouers en kinders, ja; - maar ook owerhede en onderdane; - werkgewers en werknemers; - opsieners en lidmate, ens. Maar nou kies die Here nie sommer enige voorbeeld as Hy ons in die Tien Gebooie na n spesifieke terrein van die lewe toe vat nie. Hy kies elke keer n baie belangrike voorbeeld Soos bv. hier by die 5e gebod: - die verhouding tussen kinders en ouers wat die Here hier as voorbeeld vat vir die hele terrein van intermenslike gesagsverhoudings, is n baie belangrike voorbeeld, want gesonde gesagsverhoudings in hierdie wäreld word in die ouerhuis gekweek; - as kinders nie geleer het en daarin geoefen is om hulle ouers te respekteer nie, gaan hulle vir geen gesag in die wäreld ooit respek hä nie. Die fondamente van n gesonde samelewing is gesonde verhoudings tussen ouers en kinders. Hierdie ouer-kind verhouding is sé belangrik dat die OT se laaste hoofstuk afsluit met die waarskuwing dat jy n samelewing wat ryp geword het vir die straf van God, dááraan kan uitken dat in so n samelewing die verhouding tussen ouers en kinders stukkend is en dat sé n samelewing God se straf net sal vryspring as ouers en kinders met mekaar versoen word. 1 Die 5e gebod gaan nie net oor kinders en ouers nie. Maar die verhouding tussen kinders en ouers (so leer die Here ons hier) is ook van kardinale belang vir die welsyn van die wyer gemeenskappe van mense vir kerke en samelewings en volke en state 1 Mal 4:5-6; vgl. ook Rom 1:30; 2 Tim. 3:2 3

2. DIE PLIG VAN KINDERS Kinders, julle moet jul ouers gehoorsaam wees Dalk dink party van julle nou: - ag, ek ken daardie storie; - ek het dit al baie gehoor dis ou nuus! Maar dis goed dat julle vanoggend weer gehoor het: - dit staan in die Bybel in Efes. 6:1; - dis nie n storie nie; - dis iets wat die Here self vir julle sä; - hierdie ding van gehoorsaam wees aan ouers is nie iets wat grootmense uitgedink het om die lewe vir hulle makliker en vir julle moeiliker te maak nie; - dis die God van die hemel en die aarde wat vir jou sä: wees gehoorsaam aan jou ouers; - n kind wat nie vir sy/haar ouers luister nie, luister nie vir Here nie! Jy is mos n kind van die Here. Toe jy nog klein was, het die Here met jou doop al gewys dat jy Syne is, dat Hy vir jou sal sorg en sal lief wees en dat Hy wil hä dat jy dan vir HÉm moet luister om te wys dat jy ook vir Hom lief is. En ek is seker jy het nou al by jou pa en ma en in die katkisasie geleer hoe lief die Here vir jou is: - dat Jesus gekruisig is en doodgemaak is om so in jou plek die straf te kry wat jy eintlik vir jou sondes moes gekry het. En elke mens wat dit glo (so staan dit in die Bybel), is vir altyd n kind van die Here. Jy às mos n kind van die Here. En n kind van die Here luister mos vir die Here: - As Hy vir ons sä dat ons nie afgode mag dien nie, dan sal ons mos nie afgode dien nie. Wie van julle dien afgode? - En as Hy vir ons sä dat ons nie mag steel nie, dan sal ons mos nie steel nie. - En as Hy dan vir ons sä dat ons vir ons ouers moet luister, dan méöt ons mos vir ons ouers luister. 4

Om nie vir jou pa en ma te luister nie, is net so verkeerd as om afgode te dien of om te steel. n Kind van die Here luister vir die Here as Hy sä dat jy jou ouers gehoorsaam moet wees. En onthou, die Here wil nie hä dat jy net partykeer gehoorsaam moet wees nie, maar altyd elke keer as jou ouers vir jou iets sä. Jy moet ook nie dink dat omdat jou ouers foute het, hoef jy nie vir hulle te luister nie. Al ken die Here nog beter as jy al die foute en sondes en tekortkominge van jou ouers, sä Hy vir jou: wees gehoorsaam aan hulle. Het julle gehoor hoe mooi staan dit hier in die HK? - n mens moet met jou ouers se gebreke geduld hä, omdat God jou deur hulle wil regeer; - God het hierdie twee mense hierdie pa en ma van jou gekies om jou groot te maak en op te voed. Ek weet dis partykeer moeilik om vir jou ouers te luister: - jy wàl nie maak soos hulle sä nie; - jy wil maak soos wat jâ lus het. Maar vra die Here om jou te help om vir jou ouers te luister: - die Heilige Gees wat binne in ons bly, kan n mens se hart so anders maak dat jy graag wil doen wat die Here vir jou sä om te doen. Kinders, julle moet jul ouers gehoorsaam wees En om julle aan te moedig om dit te doen, maak die Here n belofte by hierdie gebod. Hy sä: - dit sal goed gaan met kinders wat hulle ouers gehoorsaam, en hulle sal lank lewe op die aarde. En dit às so. Julle kan maar gaan kyk: - die plekke in die wäreld waar kinders vir hulle ouers luister en waar daar dus ook in die res van die samelewing respek vir gesag is, is gewoonlik die plekke waar daar die meeste voorspoed en vrede is. Kinders wat hulle ouers gehoorsaam, kan n mooi toekoms verwag. 5

Die Here belowe dit vir hulle. Hoor ek van die grootmense sä: - Maar hoekom werk dit dan nie vir ons nie? - Ons het dan ons ouers gehoorsaam, en kyk hoe gaan dit in ons land. Niemand is meer sy lewe seker nie! Waarskynlik is daar in die oorgrote deel van die gemeenskappe en volke in hierdie land baie min gehoorsaamheid aan ouers se gesag, sodat hierdie land n voorbeeld is van waarheen dinge gaan as daar van kleins af nie respek vir gesag is nie. En ons moenie te gou sä dat Éns wel ons ouers gehoorsaam is nie. Hoe ver het baie van ons, wat nou grootmense is, nie in ons lewens al afgewyk van dit wat gelowige ouers ons geleer het nie Dis kinders se plig om hulle ouers te gehoorsaam. 3. DIE PLIG VAN OUERS Dit val n mens op dat die Here in Sy Woord nie net opdragte vir die onderste een in gesagsverhouding gee nie, maar ook vir die boonste een: - die Here sä nie net hoe die burgers van n land teenoor owerhede behoort op te tree nie, maar ook wat owerhede behoort te doen; 2 - Hy sä nie net hoe werknemers vir hulle base moet werk nie, maar ook hoe base teenoor hulle werknemers behoort op te tree; 3 - Hy sä nie net wat kinders se plig teenoor hulle ouers is nie, maar ook wat ouers se plig teenoor hulle kinders is. Dit sä sommer dadelik vir ons as ouers dat ons nie sommer so maklik al die skuld vir skewe verhoudings op die rebelse kinders van ons tyd moet pak nie. Swak verhoudings tussen kinders en ouers kan ook die gevolg wees van ouers wat nie ouers is soos wat die Here sä dat hulle moet wees nie! Wat sä Hy vir ouers? Die hoofsin van vers 4 is: 2 Rom 13:4 3 Ef 6:9 6

- voed hulle [= julle kinders] op 4 - maak hulle groot 5 Die woord wat hier gebruik word vir opvoed/grootmaak is n baie omvattende woord. Dit beteken regtig: - sorg dat jou kinders groot word; - doen dit wat vir hulle nodig is om fisies en emosioneel en geestelik te kan groei. En wat baie belangrik is, is dat hierdie woord n baie pertinente klimaat het, die klimaat van teerheid en geduld. Ouers se grootmaak van hulle kinders moet gekenmerk word deur teerheid en geduld. Natuurlik beteken teerheid en geduld nie dat ouers alles moet toelaat wat kinders wil nie, of dat ouers kinders se foute maar moet oorsien nie. Hier staan ook baie duidelik dat ouers hulle kinders moet grootmaak in die tug en vermaning van die Here. - Kinders moet geleer word en aangespoor word en vermaan word om dit wat volgens die Here se Woord reg is, te doen. - Partykeer kan selfs n pak slae daarvoor nodig wees! 6 Om jou kind met teerheid en geduld groot te maak, beteken nie dissipline-lose opvoeding nie, maar dit vertel tog iets van die klimaat waarbinne hierdie grootmaakproses moet plaasvind. Ons moet ons kinders nie sé grootmaak dat ons hulle vertoorn nie. Wat beteken dàt? As ons die uitdrukking wat hier gebruik word, saamlees met die een wat die apostel in Kol 3:21 gebruik, dan word dit duidelik dat dit hier gaan oor ouers wat die kinders sé hanteer dat dit die kinders kwaad maak en frustreer en moedeloos maak en koppig maak. 4 AV 1933/53 5 AV 1983 6 Spr 20:30; 22:15 7

Waarskynlik gaan dit oor ouers wat te streng met die kinders is: - ouers wat 1001 reüls en regulasies vir die kinders maak; - ouers wat oor klein dingetjies hard en eisend is; - ouers wat vitterig is, wat oor alles neul en sanik; - ouers wat hulle kinders volmaak wil hä; - ouers wat van klein kindertjies dinge verwag waarmee groot kinders nog sukkel; - ouers wat groot kinders behandel asof hulle nog kleintjies is; - ouers wat gedurig raas, soveel so dat hulle naderhand die kinders se moed breek en die kinders dan met woede en rebellie daarop begin reageer. Probeer u n bietjie indink hoe n kind moet voel as niks wat hierdie kind doen, ooit goed genoeg is nie, as daar nooit n woordjie van goedkeuring of waardering of van prys na die kinders se kant toe kom nie. Dink aan ons Vader in die hemel, wat Hom oor ons ontferm o.a. deur daaraan te dink dat ons stof is. 7 Hy hou rekening met wie en wat ons is. Ons moet sulke ouers wees, wat rekening hou met die swakheid van n kind Het u as ouers ook gehoor dat ons die kinders moet grootmaak in die tug en vermaning van die Here? Dit beteken dat die Here se Woord en wet die maatstaf moet wees in ons opvoeding. - Ons moenie ons kinders grootmaak om eendag te wees soos Éns hulle wil hä nie. Ons moet hulle grootmaak om eendag te wees soos die HÖre hulle wil hä. - Ek moenie in die opvoedingsproses my persoonlike voor- of afkeure aan my kind oordra nie. Ek moet hulle bind aan dit waarvan die HÖre hou en hulle weghou van dit wat Hâ afkeur. Dis die plig van elke ouer: - maak jou kinders groot met teerheid en geduld, - ferm in dit wat reg is, - maar sonder om hulle tot opstandigheid te prikkel. 7 Ps 103:13-14 8

So moet ons in ons ouerskap iets afbeeld van die liefde waarmee ons hemelse Vader ons grootmaak vir die volmaakte geestelike grootmenslewe in die ewigheid. En deur sé ouers te wees, sal ons help om die Here se seün oor ons kerk en samelewing en volk en staat te kry: die seün van n goeie en lang lewe op hierdie aarde. Want dis wat Hy belowe vir kinders Ön ouers wat Sy gebod gehoorsaam. AMEN 9