Die Groot Geloofswoordeboek: Bybeluitleg

Vergelijkbare documenten
SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

WAAROM ONS AANHOU MET DIE KINDERDOOP. n Reaksie op Christo Nel se oproep tot n nuwe hervorming, en sy verwerping van die kinderdoop

Die Groot Geloofswoordeboek: Liefde

BYBELSTUDIE OPENBARING LES 4 HOOFSTUK 1:9-13.

Die Rol van die Vader, Seun en Heilige Gees?

WAT IS DIE VOLGORDE VAN DIE VERLOSSINGSERVARING?

0:03: 01:5 Vertel mekaar watter labels mense al op jou gesit het. Wat het mense jou al genoem... goeie goed en slegte goed, dit is alles labels...

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek.

n Tempel Leier besoek Jesus

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was

Paulus kritiseer sy tyd se manier

NAGMAAL. SKRIFLESING: 1 Petrus 2: TEKS: 1 Petrus 2:24a. Jesus Christus het ons sondes gedra. Psalm 89 : 1. Psalm 40 : 3

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene

Deur Christus Alleen

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5

Stephan Joubert skryf gisteroggend in sy Goeie Nuus rubriek in Beeld: Ek wil graag by Stephan aansluit en vir jou vra: hoekom soek jy vir Jesus?

12. Ek glo in die Heilige Gees Johannes 16:5-7, 12-15

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3

Quo Vadis? EVANGELISASIEBLAD VAN DIE GEREFORMEERDE KERKE IN SUID-AFRIKA. Geregistreer by die poskantoor as nuusblad. NR.

Jesaja sien die Toekoms

n Kind, Jesus, word gebore en word groot (2)

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels.

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3.

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5)

God red elkeen wat werklik in Jesus Christus glo.

4. Ek voel alleen Johannes 10:11-16, 26-30

Sê maar jy word voor die keuse gestel om een van die volgende getalle as geld in Rand te ontvang, watter een sal jy kies?

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer

Gereformeerde Kerk Bloempark Die Drie-eenheid (Sondag 8)

Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek

D O O P. Die doop van bekeerlinge is n kardinale deel van ons redding, wat ons nie kan uit die weg stoot of verontagsaam nie.

STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart?

Van Vervolger tot Prediker

Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg

Die gebruik van 'n persoonlike joernaal of dagboek

FAKTORE EN VEELVOUDE

Efesiërs 2: Agtergrond. Oor die stad Efese:

Goeie Konings, Slegte Konings

Jesus Christus se opstanding maak ons lewens sinvol

DIE JERUSALEM RAAD Les 8 vir 25 Augustus 2018

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

eboeke word ontwikkel en gratis verskaf deur die

VRAE EN BESWARE WAT MENSE SOMS OOR DIE DOOP HET

1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80

Watter koek se dele lyk vir jou die grootste? Dis Reg! Die koek wat in 3 dele gesny is se dele is groter as die koek wat in 4 dele gesny is.

Die Kerk se Geboorte

Vir die Here is die hoofsaak dat ons sal glo en gehoorsaam.

God laat alles Sy kinders se saligheid bevorder.

10. In Tomas se skoene Johannes 20:19-31

Welkom by Die Storie God se storie

3. Jesus oorwin versoekings Matteus 4:1-11

God red mense wat glo deur die krag van die evangelie

INHOUDSOPGAWE. Voorwoord Doen God al die skuifwerk hier op aarde? God se genade bepaal sy planne God se meesterplan...

Ek wil baie graag weet: was daar spesifiek met Jesus se geboorte 3 wysemanne en wat was hulle elkeen se naam?

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13

Ons hoor hulle het in die land Kanaän gaan woon. (kaart) Kanaän Egipte.

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE:

Is jy seker dis nie n voorry nie. Ek wonder of die kinders weet wat n voorry doen.

Preek Romeine 1:16-17

Die Groot Gebod dennis de wet

6. Ek glo in Jesus Christus Johannes 3:16-18 en Matteus 1:18-25

Luister en praat. Kyk na die prent en gesels daaroor. 1. Beskryf wat jy in die prent sien. 2. Waaraan, dink jy, dink die seun?

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

Preek Romeine 6:3-4. (Preek tydens erediens in Gereformeerde Kerk Welkom-Noord op Sondag 25 Junie 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff

Die Groot Geloofswoordeboek: Kenmerke van die ware kerk

Die Here laat ons maai wat ons gesaai het

Van Vervolger tot Prediker

Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel. Christiaan Coetzee

Galasiërs 6:11. Kyk met watter groot letters ek met my eie hand aan julle skrywe! (Galasiërs 6:11)

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24

God se liefde vat ons vrees vir Sy oordeel weg

JOHANNES 6:48 HK 28. Votum en seën. Psalm 100 : 1, 3. Gebed. Skrifberyming 54 (2-6) : 1. Skriflesing: Johannes 6:41-59 (AV 1983) Belydenis: HK 28

Jesus se eerste preek op die berg. Hy gee ons onuitspreeklike blydskap.

NAGMAAL. SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a. Die kruis is die trots van die Here se kerk.

Hoe moet ek die Drie-eenheid verstaan?

Ons hoor graag wat jy dink van hierdie boek! Gaan na soek hierdie titel en kliek op resensies. Of praat saam op Facebook by

14. Ek glo my sondes word vergewe 1 Johannes 1:5 2:2

Breedte. Oppervlak = Lengte X Breedte. Ons kan nou enige reghoek se oppervlak bereken met hierdie formule, nie waar nie?

Dooppreek Mika Bogaards

SKRIFLESING: Johannes 4:1-30. TEKS: Johannes 4:10. Die Here les mense se diepste dors. Psalm 84 : 2, 3. Psalm 139 : 1, 3. Skrifberyming 6 (5-1) : 5

Baie welkom by vanoggend se erediens. Doen asb moeite om ander mense rondom jou te groet

10. Ek is by julle Matteus 28:16-20

14. Gemaak om lief te hê 1 Johannes 3:11-17; 4:7-12

2. Jesus eet saam met sondaars Markus 2:13-17

Dit wat óns wil hoe óns wil leef en wil praat en selfs wil dink (dit weet ons almal) is baie kere baie anders as wat Gód van ons wil hê.

Ons Pinkster gaan oor hoe om vir Jesus te volg. Vanoggend het ons begin deur te sien dat daar n paar voorwaardes is as jy Jesus wil volg:

Gemeenskap. Wat is n gemeenskap? n Gemeenskap het n hoof/hoof?

TEKS: Matteus 5:3 (AV 1933/53) HK 5

Preek, Ds Freddie Schoeman. Sondag 27 Februarie 2011

Wie in die Here glo, vertrou Hom met die bestemming.

Transcriptie:

Die Groot Geloofswoordeboek: Bybeluitleg Die Groot Geloofswoordeboek: Bybeluitleg Bybeluitleg (Hermeneutiek, Eksegese) Ons moet onderskei tussen die teorieë oor Bybeluitleg en die maniere waarop ons in die praktyk die Bybel uitlê. Die teorieë noem ons hermeneutiek en die praktiese uitleg eksegese. Hermeneutiek (Uitlegteorie) Die hermeneutiek (uitlegteorie) vra vrae oor hoe woorde en taal werk, oor woorde en betekenis, oor verskillende taalteorieë. Ons moet byvoorbeeld onthou dat woorde of taal baie armer is as ervaring. Ons ken dit almal. Iemand sal sê: Ons was daar en daar. Dis n wonderlike plek. Woorde kan dit eenvoudig nie beskryf nie. Veral ervarings en gevoelens is baie meer as wat woorde kan sê. Ons kan nooit uit die beskrywing van Jesus se lyding en kruisdood in die Evangelies of uit n preek regtig ten volle aflei wat daar gebeur het en hoe erg sy lyding was nie. Dis eintlik opvallend hoe saaklik en sober die evangeliste sy lyding beskryf, sonder baie voegwoorde of omskrywings, so asof hulle goed besef het dit is onmoontlik om regtig die diepte van sy lyding te beskryf. Ná Auschwitz het Elie Wiesel, wat self daar was, tien jaar lank geswyg. Sy standpunt was dat dit verraad aan die slagoffers sal wees om daaroor te praat, want woorde sou nie eens naastenby iets van hulle werklike ontreddering kom weergee nie. Dit beteken dat ons uit die woorde van die Bybel altyd minder kan aflei as wat werklik gebeur het. Verder is dit belangrik om te onthou dat woorde nie vaste be-

tekenisse het nie. Ons gee aan woorde betekenis. Daarom is dit gevaarlik om te veel te maak van die sogenaamde oorspronklike betekenis van n woord. Ons kan nie uit die oorspronklike betekenis van skoenlapper aflei dit is iemand wat skoene lap of regmaak nie, of uit butterfly dat dit n vlieg van botter is nie. Mense gee aan woorde betekenis wanneer hulle dit gebruik. Die woord lig kry betekenis uit die verband. Die kar is lig beteken iets anders as Gee die lig aan. In die Bybel moet ons uit die verband probeer aflei watter betekenis die skrywer aan n bepaalde woord gegee het. Johannes gee aan die woord vlees n ander betekenis as Paulus (Joh 1:14; 1 Kor 15:50). In beide gevalle word dieselfde Griekse woord sarx gebruik. Tereg het die 1983-vertaling sarx in Johannes anders vertaal as in Korintiërs. Die twee skrywers het ander betekenisse aan dieselfde Griekse woord gegee. As dit nie so was nie, sou Jesus nie die koninkryk kon beërf nie, want Paulus skryf dat vlees (sarx) en bloed nie die koninkryk kan beërf nie, maar Johannes skryf dat die Woord vlees (sarx) geword het. (*Opstanding van die vlees) Dit bring ons by die interessante probleem dat daar aan elke woord in die Bybel twee of selfs drie keer betekenisse gegee word. Die skrywer het n woord gekies om iets te sê, die vertaler besluit watter betekenis hy dink die korrekte is, en die leser gee ook weer n betekenis aan die woord as hy of sy dit lees. Die saak word selfs nog ingewikkelder as ons onthou dat Jesus nie Grieks gepraat het nie, maar Aramees (die Hebreeus van daardie dae). In die Nuwe Testament het ons nou sy woorde in Grieks. Die skrywer in die Nuwe Testament moes dus self eers besluit wat Jesus bedoel het en n Griekse woord daarvoor gekies het. Tussen Hom en ons word daar dus eintlik vier keer betekenis aan n woord gegee. Dit alles word hier geskryf, nie om ons onseker te maak oor wat ons regtig in die Bybel kry nie, maar net n bietjie

nederiger. Daar is mense wat met soveel fanfare kan uitwei oor die oorspronklike betekenis van n woord, en nooit hierdie fyner nuanses in ag neem nie. Maar onseker hoef ons nie te wees nie. Onthou nog n keer die groot saak: die boodskap van die Bybel is duidelik, die groot lyne kom oor en oor voor, en daarom kan ons ons interpretasie kontroleer. n Laaste opmerking voor ons by die praktiese uitleg kom. Ons het tot dusver oor woorde gepraat, maar eintlik lê betekenis nie in enkel woorde nie, maar in frases. Romeine 1:17 is n goeie voorbeeld. Die 1953-vertaling lui: Want die geregtigheid van God word daarin (dis in die evangelie) geopenbaar uit geloof tot geloof. Die vertalers het elke woord letterlik vertaal, maar dit maak nie regtig sin nie. In die 1983-vertaling lees ons: In die evangelie kom juis tot openbaring dat God mense van hulle sonde vryspreek enkel en alleen omdat hulle glo. n Mens sou kon argumenteer dat hulle verkeerd vertaal het omdat hulle vertaling omtrent nie meer een woord het wat letterlik in die Grieks staan nie. Maar die geheel het n bepaalde betekenis, dis n uitdrukking, n idioom, en deur ander woorde te gebruik kon die vertalers die regte betekenis beter weergee. Jy kan nie reg vertaal as jy woord vir woord vertaal nie. Jannie het gister stokkiesgedraai is nie reg vertaal met Yesterday Jannie turned sticks nie. Die frase dra die betekenis, nie die enkel woorde nie. Eksegese (Uitlegmetodes) Heilshistoriese uitleg Historiese uitleg Pastorale uitleg Struktuur-analise Histories-kritiese uitleg Nou kom ons by die praktyk. Ons lees nou die Bybel. Hoe moet ons dit nou verstaan? Daar is baie verskillende maniere om die Bybel te probeer ver-

staan. n Volledige verduideliking is nie hier nodig nie. Ná die vorige bespreking is n paar opmerkings genoeg om n mens rigting te gee. Kyk waar in die Bybel n uitspraak staan. Die Here het amper vir Moses doodgemaak omdat hy nie sy seun besny het nie. Moet ek dan dadelik myne besny? Nee, kyk waar staan dit (Eks 4:24). Kyk of daar nie later ander perspektiewe hieroor gekom het nie, byvoorbeeld dat Paulus later die besnydenis vir Christene uit die heidendom verbied (Gal 5:3). Jesus sê uitdruklik wat ons moet doen as ons ons gawe na die altaar bring (Matt 5:23-24). Moet ons dit dan nie doen nie? Ons gaan offer nie meer by die altaar nie. Later het dinge verander. In Hebreërs lees ons dat Christus die tempel en die offers vervang het met sy eie groot offer. Maar het Jesus se woorde dan geen betekenis meer vir ons nie? En God se dreigement aan Moses? Nee, dit het, baie! Uit Eksodus 4 kan ons leer dat ons God ernstig moet neem, dat ons aan Hom gehoorsaam moet wees, dat Hy bedoel wat Hy sê. En uit Matteus 5 kan ons aflei dat ons n verantwoordelikheid het om spanning tussen ons en ander op te los, al is dit hulle wat iets teen ons het, en nie ons teen hulle nie. Jesus beveel sy dissipels uitdruklik om mekaar se voete te was (Joh 13). Moet ons dit nog doen? Sommige sê ja, ander sê nee. Ek dink nee, eenvoudig omdat voetewas vandag nie naastenby die betekenis het wat dit toe gehad het nie. Ons het nie meer slawe wat mense se voete was as hulle by ons kom eet nie, en ons loop nie meer met oop skoene of sandale in stofstrate sodat ons met vuil voete by vriende aankom nie. In daardie tyd was dit n besondere teken van nederigheid as die huiseienaar bereid was om hierdie slawewerk te doen. Vandag is dit n vreemde ding. Maar ons kan wel iets leer: om mekaar in nederigheid te dien.

Heilshistoriese uitleg, Historiese uitleg en Pastorale uitleg Wat het ons tot dusver gedoen? Wat Eksodus 4 en Matteus 5 betref, het ons die Bybel heilshistories uitgelê. Ons het gekyk na die ontwikkelings wat in die loop van die heilsgeskiedenis voorgekom het. Wat Johannes 12 betref, het ons die Bybel histories uitgelê. Ons het die betekenis van voetewas toe en nou met mekaar vergelyk. Maar ons het in elke geval die Bybel ook pastoraal uitgelê. Ons het gevra wat dié uitspraak tog nog vir ons sê. Struktuur-analise Daar is baie ander metodes om die Bybel uit te lê. Elke metode het sy eie waarde, en elke metode kan ook verkeerd gebruik word. Die struktuur-analise kyk na die struktuur van n gedeelte. Matteus 7:6 lyk snaaks in die 1953-vertaling, want varke sal mos nie n mens verskeur nie. Die 1983-vertaling het raakgesien dat die vers n snaakse struktuur het. In die Grieks is daar vier frases in die volgende volgorde. Maar in watter volgorde moet hulle gelees word? Kom ons ontleed hulle. 1. Moenie wat heilig is, vir die honde gooi nie 2. en moenie julle pêrels voor die varke gooi nie 3. hulle sal dit met hulle pote vertrap 4. hulle sal omspring en julle verskeur. Die vier frases is egter nie bedoel om in hierdie volgorde gelees te word nie. n Mens moet 1 en 4 saamlees, en dan 2 en 3. Dan is dit die honde wat jou dalk kan verskeur. Histories-kritiese uitleg Die histories-kritiese metode kyk krities na n gedeelte. Ter-

wyl ons die boek Jesaja as n eenheid ken, vra hulle of dit nie oorspronklik meer as een boek was wat later aanmekaargevoeg is nie. Die geaardheid van hoofstuk 1-39 verskil heeltemal van 40-54, en dan weer van 55-66. Dit lyk of 1-39 voor die ballingskap geskryf is, 40-54 tydens die ballingskap, en 55-66 dalk ná die ballingskap. Daarom praat hulle van Jesaja, Deutero-Jesaja en Trito-Jesaja. Maar daar is ook geleerdes wat dit nie aanvaar nie omdat Jesus na dele uit 40-54 (Deutero-Jesaja) as woorde van Jesaja verwys (oa Matt 3:3; 8:17; 12:17). Volgens hierdie geleerdes het Jesus dus aanvaar dat die hele boek deur dieselfde persoon, Jesaja, geskryf is. Die historiese kritiek aanvaar ook nie dat Moses die eerste vyf boeke geskryf het nie, ten minste wat sy eie begrafnis betref (Deut 34). Daar word ook deurgaans in die derde persoon na Moses verwys. Dit lyk dus of iemand anders dit geskryf het. Dit lyk verder of al die boeke nie deur een persoon geskryf is nie, maar eerder of verskillende dokumente later aanmekaargesit is. So lyk dit of Genesis 1:1-2:4a in 5:1 voortgesit word, terwyl 2:4b-4:26 n ander dokument was. Die gedagte word versterk deur die groot verskille tussen die eerste skeppingsverhaal en die tweede. Dit lyk onwaarskynlik dat een persoon al twee geskryf het. Wat die sondvloedverhaal betref, lyk dit ook of daar dalk twee verhale was wat later aanmekaargesit is. In een geval lyk dit of die vloed 54 dae geduur het (Gen 7:12, 17; 8:6, 10, 12), maar elders lees ons van 150 dae (7:24; 8:3). Was daar twee verskillende dokumente met verskillende gegewens? Daar is talle sulke verskille wat skynbaar beteken dat die eerste vyf boeke later deur iemand saamgevoeg is uit n aantal ouer dokumente. Daar word selfs gepraat van drie hoofdokumente: die Jahwis, die Elohis en die Priesterkodeks. Daar is egter ook sterk teenkanting teen wat genoem word hierdie versplintering van die eerste vyf boeke, veral met

die argument wat ons al vroeër teengekom het: dat Jesus Moses as die outeur van die eerste vyf boeke aanvaar het (Matt 19:7, 8; Mark 12:26; Luk 16:29). Dis nie nodig om nou al die ander uitlegmetodes in besonderhede uiteen te sit nie. In Ek glo die Bybel (Lux Verbi, 2002) is dit breedvoerig gedoen. Maar die punt wat nou hier gemaak is, is dat n mens net oopkop, denkend, maar nederig moet lees. En daar is baie boeke op die mark wat goeie insigte bied. Woorde gemerk met ʼn * word elders bespreek. Outeur: Prof Adrio König