10. Ek is by julle Matteus 28:16-20

Maat: px
Weergave met pagina beginnen:

Download "10. Ek is by julle Matteus 28:16-20"

Transcriptie

1 10. Ek is by julle Matteus 28:16-20 Tema Jesus verseker mense wat Hom aanbid, en selfs dié wat nog twyfel, dat Hy, die Almagtige, by hulle is wanneer hulle uitgaan om dissipels oor die hele wêreld heen te maak. Agtergrond en interpretasie Vyf opmerkings is hier van toepassing: 1. Vers 16 verwys na die berg moontlik in aansluiting by die berg as plek van bekendmaking (Matt 5:1; 17:1). 2. In vers 17 word die mense wat vir Jesus aanbid en dié wat twyfel as t ware in een asem genoem net soos vandag nog die geval is. Dit is juis met hierdie gemengde groep dat Jesus praat en hulle versterk. 3. In Woord teen die lig I/5, bladsy 80 skryf PJ Robinson: Die sentrale gedagte in hierdie perikoop en trouens die hoogtepunt van die hele Evangelie is die vorming van ʼn nuwe gemeenskap rondom die opgestane Jesus Die uniekheid van hierdie gemeenskap word na twee kante toe aangedui. Enersyds word dit gekwalifiseer deur dissipelskap, dit wil sê, lotsgemeenskap met Christus navolging gehoorsaamheid in nederigheid en lydensbereidheid as ʼn blywende lewenshouding Tweedens blyk die uniekheid uit die feit dat dit ʼn wêreldwye omvang het Dit is ʼn dissipelgemeenskap wat dissipels moet maak ingestel op kommunikasie. 4. Die manier waarop dissipels gemaak word, is deur die proses van inlywing (doop) en groei (leer). Hierdie proses word omraam deur Hom wat alle mag besit en wat by die dissipels is. Raam/Kors Binneste/Vulsel Raam/Kors Aan My is alle mag gegee in die hemel en op die aarde Gaan maak dissipels (van al die Dopend nasies ) Lerend En onthou: Ek is by julle al die dae tot by die voleinding van die wêreld 5. In die vorige ontmoeting het ons daarop gewys dat dit in Matteus oor twee magte gaan die skynheilige politieke mag van die geestelike leiers teenoor die Goddelike mag soos Jesus dit vertoon het. Aan die einde van hierdie Evangelie kry ons die bevestiging dat die Een met ware mag by sy dissipels is.

2 Bybelgedeeltes en hoofgedagtes Bybelgedeelte (lees of vertel) Vertel Matteus 28:16 Vertel Matteus 28:17 Vertel Matteus 28:18-20 Hoofgedagtes van die ontmoeting 1. Die spesiale afspraak. 2. Aanbidders en twyfelaars bymekaar. 3. Die Almagtige is by ons. Uitkoms 1. Insig: Wanneer ons in Jesus glo, is ons vasgebind aan die Een wat die mag het. Ons is ook vas aan ander dissipels wat almal saamgebind word en saam leer. Ons is deel van die groot beweging om oor die hele wêreld heen, soos in kringe van binne na buite, dissipels te maak. Hulpmiddels by die storie Iemand wat ʼn storie dramaties kan vertel, asof hy een van Jesus se dissipels is. Die persoon kan aangetrek word soos ʼn Bybelfiguur. Hulpmiddels vir kleingroepvaslegging Junior kleingroep Bring saam 1. Potlode en penne. 2. Verskillende skoene of prente van verskillende skoene vir gebruik by Wegspring. Genoeg sodat elke groeplid ʼn skoen kan kies. Senior kleingroep Bring saam 1. Bybels, of afdrukke van die Bybelgedeeltes omdat die groep dit saam gaan ondersoek.

3 Die storie Begin Ons het vandag iemand uit die Bybelse tyd genooi om vir ons te kom kuier. Matteus, waar is jy? Kom maar in. Laat die storieverteller inkom en die groep groet. Matteus, baie dankie dat jy vandag hier is. Vertel asseblief vir ons wat gebeur het net voordat Jesus teruggegaan het hemel toe. Opmerking: Die gedeeltes onder elke moment is ʼn voorstel vir hoe Matteus sy storie kan vertel. Hoor Moment 1: Matteus 28:16 Die spesiale afspraak Ons elf dissipels is Galilea toe, want die vroue wat vir Jesus gesien het nadat Hy uit die dood opgestaan het, het gesê Hy sê ons moet daarheen gaan. Dit was by die See van Galilea dat Jesus ʼn paar van ons geroep het om sy volgelinge te word die vissermanne onder ons. Ons het geweet waar die plek is waar Hy ons altyd geleer het. Ja, ons was net elf, want Judas was nie meer by ons nie. Ons het toe nog nie geweet wat van hom geword het nadat hy Jesus met ʼn soen verraai het nie. Moment 2: Matteus 28:17 Jesus verskyn aan sy dissipels Toe Jesus skielik daar aan ons verskyn, kon ons ons oë nie glo nie. Ons almal was egter baie bly. ʼn Paar van ons het getwyfel of dit regtig Hy was. Ons het toe vir seker geweet Jesus is nie ʼn gewone mens nie. Ons het geweet Hy is God. Daarom het ons Hom aanbid. Toe kom Hy nader en praat met ons. Moment 3: Matteus 28:18 Jesus se boodskap aan hulle Jesus sê toe vir ons: Aan My is alle mag gegee in die hemel en op die aarde. Ons het geweet dit is waar. As iemand sterker as die dood is, is hy almagtig. Toe Jesus praat, het ons geweet Hy is die Koning oor alles en almal. Moment 4: Matteus 28:19 Jesus stuur sy dissipels uit Dit is te verstane dat die Koning oor alles en almal ons na al die nasies uitgestuur het. Hy het gesê ons moet na almal toe gaan en al die mense sy dissipels maak. Ons het gedink hoe Hy ons sy dissipels gemaak het. Toe vertel Hy vir ons hoe ons dit moes doen. Ons moes mense by ons inlyf. Hulle moes weet hulle word deel van Jesus. So het dit gekom dat ons mense begin doop het. Jesus het gesê ons moet hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees doop. Ons het toe al die Vader en vir Jesus, die Seun, geken, maar ons het nog nie mooi geweet van die Heilige Gees nie. Dit was toe nog ʼn groot verrassing wat moes kom. Ons het eers ʼn rukkie later die Heilige Gees leer ken.

4 Moment 5: Matteus 28:20 Jesus is altyd by sy volgelinge Dit is so wonderlik om gedoop te wees en te weet jy is deel van Jesus en sy groep volgelinge. Jesus het egter ook geweet ons as mense moet nog leer om in liefde te leef. Ons het gesien hoe Hy dit doen, en ons weet wat Hy alles vir ons geleer het. Toe Jesus sê ons moet dit vir ander mense gaan leer, was ons baie opgewonde. Ons het so baie dinge geweet en moes nog so baie oefen om soos Jesus te wees. Ons wou sommer graag baie dissipels maak, maar ons was ook bang. Hulle het Jesus immers doodgemaak! Toe sê Jesus vir ons: Onthou, Ek is by julle al die dae tot die voleinding van die wêreld. Ons het nog nie presies geweet hoe alles sou werk nie, maar hierdie woorde het ons getroos. Jesus, die Een wat alle mag het, sou altyd by ons wees. Opmerking: Onderbreek Matteus hier. Matteus, baie dankie dat jy vandag vir ons kom kuier en vir ons van hierdie ervaring in jou lewe vertel het. Dink Dit is nou baie jare later. Jesus se eerste dissipels het uitgegaan en nog baie meer dissipels gaan maak. Só het ook ons Christene geword. Baie van die eerste dissipels is doodgemaak omdat hulle vir Jesus gevolg het. Selfs vandag nog is daar mense wat Christene doodmaak. Dink julle mense wil vandag nog Christene word? Dink julle ander mense sien in ons lewe dat dit die moeite werd is om ʼn Christen te wees? Leef Iemand het gesê mense vaar baie beter daarin om mekaar te leer baklei as om mekaar te leer om soos Jesus lief te hê. As ons doen wat Jesus ons geleer het, sal ons liefhê en liefhê en nog meer liefhê al word ons gekruisig of doodgemaak. Dit is ʼn baie groot uitdaging om mekaar te leer om só te leef. Jesus, die Almagtige, wat ons as mense tot die dood toe liefgehad het, bly nou deur sy Gees in ons om ons te help om soos Hy lief te hê.

5 Kleingroepvaslegging: Junior groep Welkom Herhaal die groet van die vorige week. Groet: Die Here het opgestaan. Antwoord: Die Here het waarlik opgestaan. Wegspring 1. Laat elkeen ʼn skoen uit die bondel neem en voor hulle hou. (As jy nie regte skoene kon bring nie, gebruik prente van skoene.) Sê dan: Die skoene wat ons hier het, het ek by ʼn onderwyseres, ʼn dokter, ʼn boer, ʼn predikant, ʼn sakevrou, ʼn rugbyspeler, ʼn toeris, ʼn leerder (ensovoorts) gekry. 2. Lees Efesiërs 6:10-11 en 15. Herhaal vers 15: die bereidheid om die evangelie (die Goeie Nuus) van vrede te verkondig, as skoene aan julle voete. 3. Gesels saam: Hoe kan die mense wat hierdie skoene dra die Goeie Nuus van Jesus uitdra en dissipels van mense maak? (Opmerking: Laat elkeen die vraag beantwoord oor die skoen wat hulle gekies het.) Werksaam Alles wat Jesus vir sy dissipels in Matteus 28:18-20 gesê het, kan soos ʼn groot toebroodjie voorgestel word. Jy kan nou hierdie toebroodjie in jou werkboek maak: 1. Skryf op die boonste sny brood van jou toebroodjie Jesus se woorde in Matteus 28:18 neer. 2. Skryf op die boonste sny brood van jou toebroodjie Jesus se woorde in Matteus 28:20 neer. 3. Vul die ontbrekende woorde in die vulsel van jou toebroodjie in.

6 Wegstuur/Huisgeloof 1. Maak weer ʼn toebroodjie by die huis en verduidelik Jesus se woorde aan sy dissipels vir mekaar. 2. Lees Romeine 10:14-15 en Efesiërs 6:10-11 en 15 saam en verduidelik vir mekaar hoe julle hierdie verse verstaan. 3. Kyk na ʼn wêreldkaart of aardbol. Waar is ons? Waar is Israel (en Galilea)? Hoe het die Goeie Nuus tot by ons gekom? 4. Droom saam: Waar en vir wie wil ek die Goeie Nuus vertel? 5. Bid saam vir enige land of stad se mense.

7 Kleingroepvaslegging: Senior groep Welkom Herhaal die groet van die vorige week. Groet: Die Here het opgestaan. Antwoord: Die Here het waarlik opgestaan. Wegspring Lees weer Matteus 28:18-20 en beantwoord saam die volgende vrae: 1. Wat staan in die eerste sin wat Jesus hier sê? 2. Wat staan in die laaste sin wat Jesus hier sê? 3. In die middel van hierdie twee sinne gee Jesus ʼn opdrag. Ons kan dit in drie woorde opsom. Wat is hierdie drie woorde? G _ m _ d. 4. In die middel van vers 18 is daar ʼn dubbelpunt. Hoekom dink julle is dit daar? (Antwoord: Wat voor ʼn dubbelpunt staan, vertel vir ons meer oor wat ná ʼn dubbelpunt sal staan. Jesus het gesê ons moet dissipels van mense gaan maak, en dan volg daar ʼn dubbelpunt. Ná hierdie dubbelpunt sê Jesus hoe ons dissipels van mense kan maak.) 5. Watter twee dinge doen ons wanneer ons dissipels maak? Kyk weer mooi na die twee dinge wat ná die dubbelpunt genoem word. Wonder Maak jou oë toe en dink: Waar het jy gister en vandag al oral geloop? Wat het jy gedoen? Wat het jy vertel? Lees Romeine 10:15c stadig vir die groep: Hoe wonderlik klink die voetstappe van dié wat die goeie boodskap bring. Bly ʼn oomblik stil en lees dit dan weer. (Herhaal drie keer.) Werksaam Alles wat Jesus vir sy dissipels in Matteus 28:18-20 gesê het, kan soos ʼn groot toebroodjie voorgestel word. Teken jou toebroodjie in jou werkboek: 1. Die twee snye bo en onder is die eerste en laaste sin wat Jesus vir sy dissipels gesê het. 2. Tussen die twee snye smeer jy ʼn mengsel. Dié mengsel is: Gaan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels. 3. Die mengsel word van twee bestanddele gemaak. Die twee bestanddele word ná die dubbelpunt in vers 18 genoem. Opmerking: Help die groep om die toebroodjie in hulle werkboeke te teken.

8 Wegstuur/Huisgeloof 1. Lees Romeine 10:14-15 en Efesiërs 6:10-11 en 15 saam en verduidelik vir mekaar hoe julle hierdie verse verstaan. 2. Kyk na ʼn wêreldkaart of aardbol. Waar is ons? Waar is Israel (en Galilea)? Hoe het die Goeie Nuus tot by ons gekom? 3. Droom saam: Waar en vir wie wil ek die Goeie Nuus vertel? 4. Bid saam vir enige land of stad se mense.

4. Ek voel alleen Johannes 10:11-16, 26-30

4. Ek voel alleen Johannes 10:11-16, 26-30 4. Ek voel alleen Johannes 10:11-16, 26-30 Tema Die goeie Herder hou al sy skape veilig in sy hand. Agtergrond en interpretasie Kyk weer na Agtergrond en interpretasie by Ontmoeting 1, asook na die aantekenings

Nadere informatie

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24 1 15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24 Tema Wanneer jy in Jesus glo, eindig jou lewe nie op die dag wanneer jy doodgaan nie. Jy sal uit die dood opstaan en

Nadere informatie

12. Ek glo in die Heilige Gees Johannes 16:5-7, 12-15

12. Ek glo in die Heilige Gees Johannes 16:5-7, 12-15 1 12. Ek glo in die Heilige Gees Johannes 16:5-7, 12-15 Tema Jesus het die Heilige Gees gestuur om ons te help. Agtergrond en interpretasie Hierdie ontmoeting sluit by die voriges aan. Een artikel van

Nadere informatie

3. Jesus oorwin versoekings Matteus 4:1-11

3. Jesus oorwin versoekings Matteus 4:1-11 1 3. Jesus oorwin versoekings Matteus 4:1-11 Tema Jesus wys dat God se Woord soos n wapen is waarmee ons die duiwel en sy versoekings kan oorwin. Agtergrond Die verhaal van die Israeliete wat uit Egipte

Nadere informatie

14. Gemaak om lief te hê 1 Johannes 3:11-17; 4:7-12

14. Gemaak om lief te hê 1 Johannes 3:11-17; 4:7-12 14. Gemaak om lief te hê 1 Johannes 3:11-17; 4:7-12 Tema Jesus het uit liefde sy lewe vir ons afgelê en Hy gee ook hierdie liefde in ons sodat ons mekaar kan liefhê. Agtergrond en interpretasie Johannes

Nadere informatie

10. In Tomas se skoene Johannes 20:19-31

10. In Tomas se skoene Johannes 20:19-31 10. In Tomas se skoene Johannes 20:19-31 Tema Jesus help Tomas glo en Hy noem almal wat nie sien nie en tog glo, gelukkig. Agtergrond en interpretasie Hierdie aanbieding fokus op Tomas. Tomas is n Hebreeuse

Nadere informatie

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie. 1 Johannes 14b WH Belydenisaflegging en Nagmaal Kinders, doen julle wat mamma en pappa vra? Altyd? Partykeer eers later nè? Hoekom sal jy iets doen as jou ouers vra? Doen jy wat die Here vra? Wat is jou

Nadere informatie

26. Ek kies om die Here te dien Daniël 6

26. Ek kies om die Here te dien Daniël 6 26. Ek kies om die Here te dien Daniël 6 Tema Wanneer jaloerse mense ander mense met mag gebruik om jou geloof te probeer ondermyn, ontdek jy die Here is en bly getrou. Agtergrond en interpretasie Kyk

Nadere informatie

9. Ek glo Jesus het opgestaan Johannes 20:1-18

9. Ek glo Jesus het opgestaan Johannes 20:1-18 1 9. Ek glo Jesus het opgestaan Johannes 20:1-18 Tema Jesus se opstanding was ʼn onverwagse verrassing wat vir ons as sy volgelinge moed gee wanneer ons deel word van sy triomftog waarin Hy baie mense saam

Nadere informatie

Jesaja sien die Toekoms

Jesaja sien die Toekoms Bybel vir Kinders bied aan Jesaja sien die Toekoms Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Jonathan Hay Aangepas deur: Mary-Anne S. Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

14. Ek glo my sondes word vergewe 1 Johannes 1:5 2:2

14. Ek glo my sondes word vergewe 1 Johannes 1:5 2:2 1 14. Ek glo my sondes word vergewe 1 Johannes 1:5 2:2 Tema Wanneer ons bely dat ons sonde doen, vir God daarvan vertel en sê ons is jammer, verseker Hy ons dat Hy ons sonde vergewe. Agtergrond en interpretasie

Nadere informatie

6. Ek glo in Jesus Christus Johannes 3:16-18 en Matteus 1:18-25

6. Ek glo in Jesus Christus Johannes 3:16-18 en Matteus 1:18-25 1 6. Ek glo in Jesus Christus Johannes 3:16-18 en Matteus 1:18-25 Tema Ons glo in Jesus Christus, die God-mens, ons Here wat ons verlos. Agtergrond en interpretasie Ons is besig om oor die Apostoliese

Nadere informatie

2. In die pikdonker nag. Johannes 3:1-21

2. In die pikdonker nag. Johannes 3:1-21 1 2. In die pikdonker nag Johannes 3:1-21 Tema God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun, Jesus, gestuur het om almal wat in Hom glo, te red. Agtergrond en interpretasie Johannes 3:16-17 sluit

Nadere informatie

12. God se Advokaat by my Johannes 14:15-26

12. God se Advokaat by my Johannes 14:15-26 12. God se Advokaat by my Johannes 14:15-26 Tema Die Heilige Gees het na ons toe gekom soos Jesus aanvanklik by die dissipels was om te help dat ons nie alleen word, twyfel en ophou om in Jesus en die

Nadere informatie

23. Reëls vir die pad die padgebruikers

23. Reëls vir die pad die padgebruikers 23. Reëls vir die pad die padgebruikers Oorhoofse tema Die Here is saam met ons op pad. As die Padmaker het Hy vir ons tien padreëls of lewensreëls gegee sodat ons elke dag daarvolgens kan leef. Die eerste

Nadere informatie

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk Doel van les: Voordat ons kan leer van ons nuwe identiteit in Christus, moet ons eers stil staan by wat Christus vir ons kom doen het. Vandag gaan ons gesels

Nadere informatie

Van Vervolger tot Prediker

Van Vervolger tot Prediker Bybel vir Kinders bied aan Van Vervolger tot Prediker Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Gert Badenhorst Vervaardig deur: Bible for Children

Nadere informatie

n Tempel Leier besoek Jesus

n Tempel Leier besoek Jesus Bybel vir Kinders bied aan n Tempel Leier besoek Jesus Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Byron Unger; Lazarus Aangepas deur: M. Maillot; Sarah S. Vertaal deur: Yvette Brits Vervaardig deur: Bible

Nadere informatie

16. Dit sal nie opraak nie 1 Konings 17

16. Dit sal nie opraak nie 1 Konings 17 1 16. Dit sal nie opraak nie 1 Konings 17 Tema Wanneer leiers nie meer vir God as die enigste Here erken nie, praat die Here steeds deur doodgewone mense soos Elia en sorg vir sy kinders. Agtergrond en

Nadere informatie

Bybel vir Kinders bied aan. Die Kerk Kry Moeilikheid

Bybel vir Kinders bied aan. Die Kerk Kry Moeilikheid Bybel vir Kinders bied aan Die Kerk Kry Moeilikheid Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Gert Badenhorst Vervaardig deur: Bible for Children

Nadere informatie

1. So iets het ons nog nooit gesien nie Markus 2:1-12

1. So iets het ons nog nooit gesien nie Markus 2:1-12 1. So iets het ons nog nooit gesien nie Markus 2:1-12 Tema Jesus is God wat ʼn sondige verlamde man help en ons met hierdie Goeie Nuus na ander mense toe stuur. Só sal baie mense God prys. Agtergrond en

Nadere informatie

25. Ja, Jeremia, jy kan! Jeremia 1

25. Ja, Jeremia, jy kan! Jeremia 1 1 25. Ja, Jeremia, jy kan! Jeremia 1 Tema Wanneer die Here vir ons moeilike werk gee om te doen, is Hy by ons. Agtergrond en interpretasie Die profeet Jeremia het uit Anatot gekom en was nie een van die

Nadere informatie

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk Doel van les: Voordat ons kan leer van ons nuwe identiteit in Christus, moet ons eers stil staan by wat Jesus vir ons kom doen het en dat ons die nuwe mens

Nadere informatie

Jesus as Kind Teks: Matteus 2, 13: 55-56, Lukas 2

Jesus as Kind Teks: Matteus 2, 13: 55-56, Lukas 2 Jesus as Kind Teks: Matteus 2, 13: 55-56, Lukas 2 Hulpmiddels:: Bordspeletjie: Laai af by http://www.livingwaterbible games.com/christmas-board-game.htm Drukker, papier, gom, skêr, dobbelsteentjies, kleeflint

Nadere informatie

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra SKRIFLESING: Romeine 12:1-8 TEKS: Romeine 12:1-2 HK 49 TEMA: Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra Psalm 103 : 10, 11 Skrifberyming 28 (10-1) : 1, 2 Psalm 119 : 11 Skrifberyming 78 (13-3)

Nadere informatie

die ark en neem jou gesin saam. Van almal op die aarde het jy die naaste aan my geleef. Binne 7 dae stuur Ek reën.

die ark en neem jou gesin saam. Van almal op die aarde het jy die naaste aan my geleef. Binne 7 dae stuur Ek reën. Ontmoeting 4 God is lief vir Noag Kinders hoor in die storie van Noag dat God regverdig is. Hy sien mense raak wat aan Hom gehoorsaam is en Hy maak n duidelike plan om sy kinders te red. Teks: Genesis

Nadere informatie

Van Vervolger tot Prediker

Van Vervolger tot Prediker Bybel vir Kinders bied aan Van Vervolger tot Prediker Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Vertaal deur: Gert Badenhorst Aangepas deur: Ruth Klassen Storie 58 van 60 www.m1914.org Bible

Nadere informatie

2. Jesus eet saam met sondaars Markus 2:13-17

2. Jesus eet saam met sondaars Markus 2:13-17 2. Jesus eet saam met sondaars Markus 2:13-17 Tema Jesus, ons Onderwyser of Leermeester, laat ons saam drome droom om siek (sondige) mense by die Dokter uit te bring; om hulle in te trek tot in die binnekring

Nadere informatie

Welkom by Die Storie God se storie

Welkom by Die Storie God se storie Welkom by Die Storie God se storie Hierdie boek vertel die belangrikste, aangrypendste storie ooit: die storie van n ware God wat lief is vir sy kinders, wat gesorg het dat hulle gered is, en wat vir hulle

Nadere informatie

0:03: 01:5 Vertel mekaar watter labels mense al op jou gesit het. Wat het mense jou al genoem... goeie goed en slegte goed, dit is alles labels...

0:03: 01:5 Vertel mekaar watter labels mense al op jou gesit het. Wat het mense jou al genoem... goeie goed en slegte goed, dit is alles labels... 1 0:01:50-0:03:50 Gnomeo en Juliet se storie begin met twee families, rooi en blou wat nie van mekaar hou nie. Hulle noem die ander familie nooit op hul name nie, maar slegs rooies of bloues. Hierdie word

Nadere informatie

21. Glo maak soms seer Jesaja 6

21. Glo maak soms seer Jesaja 6 1 21. Glo maak soms seer Jesaja 6 Tema Soms gee die Here vir ons moeilike werk om te doen, maar dan gee Hy ook vir ons die krag om dit te doen. Agtergrond en interpretasie In die vorige ontmoeting het

Nadere informatie

9. Wat glo jy? Matteus 27:62-66; 28:1-15

9. Wat glo jy? Matteus 27:62-66; 28:1-15 9. Wat glo jy? Matteus 27:62-66; 28:1-15 Tema Daar word meer as een storie vertel oor wat ná Jesus se dood by sy graf gebeur het. Wat jy glo, kan jou en die mense wat jou pad kruis se lewe vir altyd verander.

Nadere informatie

11. Jesus gaan vooruit (Hemelvaart)

11. Jesus gaan vooruit (Hemelvaart) 11. Jesus gaan vooruit (Hemelvaart) Oorhoofse tema Soos iemand vooruit stap en aan die einde van die pad vir jou wag, het Jesus vooruit gegaan om vir ons in die hemel te gaan wag. Die dissipels het getuig

Nadere informatie

22. Reëls vir die pad die Padmaker

22. Reëls vir die pad die Padmaker 22. Reëls vir die pad die Padmaker Oorhoofse tema Die volk Israel het kamp opgeslaan aan die voet van Sinaiberg. Die Here het hulle uit Egipte gered en tot hier gedra en versorg, net soos ʼn ma-arend haar

Nadere informatie

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene Bybel vir Kinders bied aan Daniël die Gevangene Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Jonathan Hay Aangepas deur: Mary-Anne S. Vertaal deur: Gert Badenhorst Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was nie om limate te gaan werf of om mense te gaan bekeer nie, maar om dissipels te gaan maak, mense wat Jesus volg. Net soos wat n mens nie noodwendig

Nadere informatie

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees Doel van les: Vandag leer ons van die Vrugte van die Heilige Gees en hoe dit in ons lewens werk. INLEIDING: Sjoe, ons het nou al so baie van die Heilige Gees

Nadere informatie

2. Dit is donker Johannes 8:12-13; 9:1-41

2. Dit is donker Johannes 8:12-13; 9:1-41 2. Dit is donker Johannes 8:12-13; 9:1-41 Tema Wie Jesus as Here erken, dwaal nie meer soos n blinde mens in onsekerheid rond nie. Agtergrond en interpretasie Kyk weer na Agtergrond en interpretasie by

Nadere informatie

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer Voorwoord Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer van die lewe lyk en is nie. Veel eerder is ware hoop om met gestroopte eerlikheid te weet dat jy bang is, maar tog vorentoe beweeg. Dis om,

Nadere informatie

Jnr. Kategese 22 Januarie 2017 Visvang vir Jesus! Matteus 4: 12-23

Jnr. Kategese 22 Januarie 2017 Visvang vir Jesus! Matteus 4: 12-23 Benodighede: Visse op karton afgerol en uitgeknip Skuifspelde Stok met tou en magneet Jnr. Kategese 22 Januarie 2017 Visvang vir Jesus! Matteus 4: 12-23 Wenke: Lees die VERLOOP hier onder deur en maak

Nadere informatie

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp. SKRIFLESING: Johannes 18:28-40 TEKS: TEMA: INHOUD: Johannes 18:37-38b Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp. Die waarheid verwerp Psalm 105 : 2, 3 Psalm 73 : 12 Skrifberyming 18 (17-2)

Nadere informatie

Ontmoeting 40. Welkom. Wyding. Woord. te maak, in vorms te giet en te laat droog word.)

Ontmoeting 40. Welkom. Wyding. Woord. te maak, in vorms te giet en te laat droog word.) Ontmoeting 40 Kinders kan vir grootmense van God vertel. Teks: 2 Konings 5; Jesaja 44:6 Hulpmiddels: Bordkryt om teen n muur of op die vloer te skryf (Of maak afwasbare kryt deur waspoeier met kleursel

Nadere informatie

Die Kerk se Geboorte

Die Kerk se Geboorte Bybel vir Kinders bied aan Die Kerk se Geboorte Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Vertaal deur: Gert Badenhorst Aangepas deur: Ruth Klassen Storie 55 van 60 www.m1914.org Bible for

Nadere informatie

Naäman en die dogtertjie wat nie bang was om van die Here te vertel nie

Naäman en die dogtertjie wat nie bang was om van die Here te vertel nie Ontmoeting 7 God gebruik n dogtertjie wat ver van haar eie huis af is, om n belangrike generaal in Hom te laat glo. Teks: 2 Konings 5: 1-14 Hulpmiddels: Sandboks met huise, paleis, rivier en karakters

Nadere informatie

Die Rol van die Vader, Seun en Heilige Gees?

Die Rol van die Vader, Seun en Heilige Gees? Die Rol van die Vader, Seun en Heilige Gees? Die Rol van die Vader, Seun en Heilige Gees? Kobus Kok ʼn Leser vra: Wat is die rol van God die Vader in die gelowige se lewe vandag? Wat is die rol van God

Nadere informatie

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër Bybel vir Kinders bied aan Jakob die Bedrieër Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: M. Maillot; Lazarus Aangepas deur: M. Kerr; Sarah S. Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children

Nadere informatie

Goeie Konings, Slegte Konings

Goeie Konings, Slegte Konings Bybel vir Kinders bied aan Goeie Konings, Slegte Konings Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Lazarus Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

Baie welkom by vanoggend se erediens. Doen asb moeite om ander mense rondom jou te groet

Baie welkom by vanoggend se erediens. Doen asb moeite om ander mense rondom jou te groet Baie welkom by vanoggend se erediens Doen asb moeite om ander mense rondom jou te groet Kerklike jaar 'n Sistematiese kyk na die Evangelie boodskap Advent - die vier Sondae voor Kersfees Epifanie ("Godsverksyning")

Nadere informatie

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3 1 Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps. 116... Sb 33:1,3 1 Johannes 3 1Jn 3:1 Kyk wat n groot liefde die Vader aan ons bewys het,

Nadere informatie

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig INLEIDING In ons verduideliking van hoe ons Nagmaal vier, het ons gehoor dat God ons waardig maak om aan die hemelse spys en drank deel te hê. Dit beteken

Nadere informatie

LITURGIE VIR N OOP GESPREK

LITURGIE VIR N OOP GESPREK LITURGIE VIR N OOP GESPREK 1 Liturgie vir ʼn oop gesprek Nota Hierdie liturgie kan gebruik word in ʼn erediens of vir groepgesprekke en vergaderings. Dit sal goed wees as daar 90 minute ingeruim kan word

Nadere informatie

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN Skep Die Geleentheid Vir Veilige Kommunikasie Bou Vertroue & Dra Waardes Oor Versterk Verhoudings Ontwikkel Jou Kind Se Emosionele Intelligensie SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN Created by REËLS VIR

Nadere informatie

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels.

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels. 1 Johannes 17b PT INLEIDING Lees Johannes 17:1-19 Hoe het dit die week met julle gebede gegaan? Kon julle intiem met julle Vader gesels? Ons het `n tydjie gelede gekyk na die eerste 6 verse van Jesus se

Nadere informatie

Pragtige Koningin Ester

Pragtige Koningin Ester Bybel vir Kinders bied aan Pragtige Koningin Ester Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Vertaal deur: Gert Badenhorst Aangepas deur: Ruth Klassen Storie 30 van 60 www.m1914.org Bible

Nadere informatie

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun Bybel vir Kinders bied aan Die Verlore Seun Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Lazarus Aangepas deur: Ruth Klassen; Sarah S. Vertaal deur: Yvette Brits Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

DIE VLEUELS VAN GEBED (9) DIE VLEUELS VAN GEBED (9) DIE VLEUELS VAN GEBED (9) Jan van der Watt Dankie Here! Dankie sê is om jou skuld te betaal. In die tyd van die Bybel was dankie sê iets anders as vandag. Vandag is dankie n woord

Nadere informatie

Bybel vir Kinders. bied aan. Ryk man, Arm man

Bybel vir Kinders. bied aan. Ryk man, Arm man Bybel vir Kinders bied aan Ryk man, Arm man Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: M. Maillot; Lazarus Aangepas deur: M. Maillot; Sarah S. Vertaal deur: Yvette Brits Vervaardig deur: Bible for Children

Nadere informatie

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek.

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek. 1 Lukas 6h 7.10.18 WH Tema: Hoe kyk jy? Ek sien nou die dag `n taxi met `n plakkaat agter in die venster waarop daar staan: only God can judge me. Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in

Nadere informatie

Jona en die Groot Vis

Jona en die Groot Vis Bybel vir Kinders bied aan Jona en die Groot Vis Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Jonathan Hay Aangepas deur: Mary-Anne S. Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

18. Leiers wissel God bly Deuteronomium 31 34; Josua 1

18. Leiers wissel God bly Deuteronomium 31 34; Josua 1 1 18. Leiers wissel God bly Deuteronomium 31 34; Josua 1 Tema Wanneer ons op die drumpel staan van nuwe dinge voor ons, is dit die Here sélf wat ons lei en begelei. Agtergrond Hierdie verhaal speel af

Nadere informatie

16. Die Israeliete soek ʼn koning 1 Samuel 8:1-22

16. Die Israeliete soek ʼn koning 1 Samuel 8:1-22 16. Die Israeliete soek ʼn koning 1 Samuel 8:1-22 Tema God laat ons kies sodat ons goeie leiers soos Samuel kan wees. Agtergrond Samuel was lank God se mond onder die volk. Hy het hulle gelei, want hy was

Nadere informatie

10. Jesus help my verstaan

10. Jesus help my verstaan 10. Jesus help my verstaan Oorhoofse tema Jesus gee vir sy volgelinge vrede wanneer Hy aan hulle verskyn. Hy wys vir hulle dat Hy anders is, maar dat Hy waarlik leef en dat hulle die wonderlike taak het

Nadere informatie

God eer Josef die slaaf

God eer Josef die slaaf Bybel vir Kinders bied aan God eer Josef die slaaf Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: M. Maillot; Lazarus Vertaal deur: Yvonne Kriel Aangepas deur: M. Maillot; Sarah S. Storie 8 van 60 www.m1914.org

Nadere informatie

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13 1 Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13 Het jy dalk enige afgode of in jou huis? Miskien weet jy nie dat jy het nie, en dit is dalk die rede vir die konflik in jou huwelik, of dat jou kind

Nadere informatie

Die Groot Gebod dennis de wet

Die Groot Gebod dennis de wet Die Groot Gebod dennis de wet Die Groot Gebod Meester, wat is die groot gebod in die wet? En Jesus antwoord hom: Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand.

Nadere informatie

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3.

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3. SKRIFLESING: Johannes 8 :12-20 TEKS: Johannes 8:12 TEMA: Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe Psalm 150 : 1, 2, 3 Psalm 43 : 3, 4 Skrifberyming 3 (4-7) : 1, 2 Skrifberyming 9 (18-1) : 1, 6 [Ook: Ps

Nadere informatie

6. Wat keer my? Markus 10:17-31

6. Wat keer my? Markus 10:17-31 6. Wat keer my? Markus 10:17-31 Tema Daar is dinge wat ons kan keer om Jesus voluit te volg. Agtergrond en interpretasie Ons kies Markus se weergawe van hierdie verhaal omdat dit twee interessante elemente

Nadere informatie

'n Man gestuur deur God

'n Man gestuur deur God Bybel vir Kinders bied aan 'n Man gestuur deur God Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Byron Unger; Lazarus Vertaal deur: Yvette Brits Aangepas deur: E. Frischbutter; Sarah S. Storie 37 van 60 www.m1914.org

Nadere informatie

Luister en praat. Kyk na die prent en gesels daaroor. 1. Beskryf wat jy in die prent sien. 2. Waaraan, dink jy, dink die seun?

Luister en praat. Kyk na die prent en gesels daaroor. 1. Beskryf wat jy in die prent sien. 2. Waaraan, dink jy, dink die seun? Luister en praat Naam: Kyk na die prent en gesels daaroor. 1. Beskryf wat jy in die prent sien. 2. Waaraan, dink jy, dink die seun? 3. Waaraan, dink jy, dink die kat? 4. Hoekom dink jy is daar ʼn slot aan

Nadere informatie

Gereformeerde Kerk Bloempark Die Drie-eenheid (Sondag 8)

Gereformeerde Kerk Bloempark Die Drie-eenheid (Sondag 8) Gereformeerde Kerk Bloempark Die Drie-eenheid (Sondag 8) Teks: Verskeie & HK Sondag 8 Inleiding Geliefdes, die Drie-eenheid van God is seker van die meeste moeilike dinge om te verstaan, en gewoonlik van

Nadere informatie

Skriflesing: 2 Tim 2:14-26(word gelees deur gemeentelede uit die banke)

Skriflesing: 2 Tim 2:14-26(word gelees deur gemeentelede uit die banke) Preek 2 Tim 2 : 14-26 Kan jy of kan jy nie? Verwelkoming Votum(Ds. Danie) Seëngroet(Ds. Danie) Lofprysing Gebed Kan jy of kan jy nie? Baie eenvoudige tema, maar het so n wye betekenis. Ek wil vra dat u

Nadere informatie

Ontmoeting 13. roomystokkies plak.)

Ontmoeting 13. roomystokkies plak.) Ontmoeting 13 Kinders leer dat die Here nie dink een persoon is belangriker as n ander persoon nie. Hulpmiddels: Plakkaat met reëls op Uitgeknipte los prentjies van rein en onrein kosse; kleefband waarmee

Nadere informatie

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus Doel van les: Ons leer meer oor Wie ons is in Christus. Ysbreker: Bome Uitbeeld: In die Bybel lees mens baiekeer dinge oor bome. God praat van bome om ons as

Nadere informatie

Twyfel Vergewe mekaar Vergifnis van God Vertroue Volharding Voorkoms Vrede Vrees Vriendskap...

Twyfel Vergewe mekaar Vergifnis van God Vertroue Volharding Voorkoms Vrede Vrees Vriendskap... Inhoudsopgawe Aanbidding... 8 Bekommernis... 12 Beskerming... 16 Blydskap... 20 Dankbaarheid... 24 Diensbaarheid... 28 Eerlikheid... 32 Gebed... 36 Geduld... 40 Geloof... 44 Genade... 48 Gesin... 52 Hoop...

Nadere informatie

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22 1 BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22 Die sekerheid dat jy 'n kind van God is, is nie die einde van die pad nie maar die begin daarvan. Nou word dit moontlik om as gelowiges te groei. Maar waarheen lei

Nadere informatie

Die brief aan die Filippense

Die brief aan die Filippense Ontmoeting 19 Die brief aan die Filippense Teks: Fillippense 1:4; 4:4; 4:13 Hulpmiddels: Toue Ballonne Oupa Pietie Preekstoel se brief Kopie van prentjie met Fillipense 4:4 Woorde van Fillipense 4:13,

Nadere informatie

Dit wat óns wil hoe óns wil leef en wil praat en selfs wil dink (dit weet ons almal) is baie kere baie anders as wat Gód van ons wil hê.

Dit wat óns wil hoe óns wil leef en wil praat en selfs wil dink (dit weet ons almal) is baie kere baie anders as wat Gód van ons wil hê. MATTEUS 21:29 HK 49 Votum Seën Psalm 40 : 2 Gebed Psalm 40 : 4 Skriflesing: Matteus 21:23-32 (AV 1933/53) Belydenis: HK 49 Teks: Matteus 21:29 (AV 1933/53) Preek: Jesus leer ons bid vir berou en bekering

Nadere informatie

Jesus se eerste preek op die berg. Hy gee ons onuitspreeklike blydskap.

Jesus se eerste preek op die berg. Hy gee ons onuitspreeklike blydskap. Jesus se eerste preek op die berg. Hy gee ons onuitspreeklike blydskap. Ses groepstudies oor die Saligsprekinge uit Matteus 5 Groepstudie 1 17 Februarie 1. Die bergpredikasie. i. Leer gou almal se name

Nadere informatie

Paulus en sy vriende vertel ander van God

Paulus en sy vriende vertel ander van God Ontmoeting 20 Paulus en sy vriende vertel ander van God In hierdie deel van Paulus se verhaal sien ons weereens hoe God vir ons sorg. Hy het vir Paulus vriende gegee om hom te help met sy taak om die boodskap

Nadere informatie

VADERSDAG. Een van die raadslede van die sinagoge, 'n man met die naam Jaïrus, kom toe daar aan. Net toe hy vir Jesus sien, val hy op sy

VADERSDAG. Een van die raadslede van die sinagoge, 'n man met die naam Jaïrus, kom toe daar aan. Net toe hy vir Jesus sien, val hy op sy VADERSDAG Teks: Markus 5:22 24, 35-42 Hulpmiddels: Sirkel en sirkel met vyfde uitgesny om saam met die verhaal te gebruik Split pin A4-kartonne A4-papier om hemp-kaartjies te vou Inkleurkryte en ander

Nadere informatie

God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5)

God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5) God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5) Wie is Jesus? Wie is Jesus vir die mense...? Godsdienste Boeddhisme Islam Judaïsme Hinduïsme New Age Wat sê die Woord van God? Joh 8:12-30

Nadere informatie

Is jy seker dis nie n voorry nie. Ek wonder of die kinders weet wat n voorry doen.

Is jy seker dis nie n voorry nie. Ek wonder of die kinders weet wat n voorry doen. Op pad vir Christus NG Kraggakamma Le Roux Familie POPPEKASKAPERJOLLE : Frikkie! Frikkie! Hoekom is jy so stadig vandag? Frikkie: (Nog af. Haal hard asem) Want ek is moeg. Hoekom is jy moeg? Frikkie: Ek

Nadere informatie

Januarie Sondag Maandag Dinsdag Woensdag Donderdag Vrydag Saterdag. 24 Sopkombuis 08:00 Snr Kuier 09:30 Kerkraad 18:00

Januarie Sondag Maandag Dinsdag Woensdag Donderdag Vrydag Saterdag. 24 Sopkombuis 08:00 Snr Kuier 09:30 Kerkraad 18:00 Januarie 208 Handelinge :8 "Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en in Samaria en tot in die uithoeke

Nadere informatie

Sê maar jy word voor die keuse gestel om een van die volgende getalle as geld in Rand te ontvang, watter een sal jy kies?

Sê maar jy word voor die keuse gestel om een van die volgende getalle as geld in Rand te ontvang, watter een sal jy kies? VERGELYK en RANGSKIK GETALLE Om vergelykings te tref tussen verskillende dinge is n vaardigheid waarmee ons almal gebore word. Dit begin vroeg-vroeg al wanneer ons verskillende tipes speelgoed met mekaar

Nadere informatie

Bybelse Dissipelskap. Saligheid/ Redding

Bybelse Dissipelskap. Saligheid/ Redding Bybelse Dissipelskap Saligheid/ Redding Johannes 14:6 Jesus antwoord hom: Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie. Vers om te memoriseer... Efesiërs 2:8-9

Nadere informatie

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun SKRIFLESING: Johannes 1:1-18 TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13 TEMA: God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun Psalm 45 : 1, 2, 3 Psalm 72 : 6 Skrifberyming 33 (2-4) : 1 Skrifberyming 78 (13-3) 2 Dat ons kinders

Nadere informatie

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL Votum en seën Psalm 118 : 2 Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1933/53) Psalm 4 : 3 Gebed Skriflesing: Johannes 19:17-27 (AV 1933/53) Teks: Johannes 19:26-27

Nadere informatie

26. Kies wysheid 1 Konings 3

26. Kies wysheid 1 Konings 3 26. Kies wysheid 1 Konings 3 Tema Ons kies wys wanneer ons kies om aan die Here gehoorsaam te wees sodat ons die Here se mense kan help. Agtergrond en interpretasie Koning Salomo se bewind begin met ʼn

Nadere informatie

Bybel vir Kinders. bied aan. Storie 6 van 60.

Bybel vir Kinders. bied aan. Storie 6 van 60. Bybel vir Kinders bied aan Jakob die Bedrieër Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: M. Maillot; Lazarus Vertaal deur: Yvonne Kriel Aangepas deur: M. Kerr; Sarah S. Storie 6 van 60 www.m1914.org Bible

Nadere informatie

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL VRAESTEL 2: SKRYF NOVEMBER 2008 PUNTE: 80 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye. Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2

Nadere informatie

toegewy aan God ross os s v an v nieker i k

toegewy aan God ross os s v an v nieker i k toegewy aan God ross van niekerk goddelike nageslag hoe verseker ons dit? 1. modelleer. 2. liefde. 3. instruksie. 4. dissipline. 5. meedeling. psalm 127:3 Kyk, kinders is n erfdeel van die HERE; die vrug

Nadere informatie

Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg

Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg SKRIFLESING: 1 Johannes 2:1-11 TEKS: 1 Johannes 2:6 TEMA: Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg Psalm 9 : 1, 2, 7 Psalm 31 : 13 (na gebed) Skrifberyming 72 (12-3) : 1, 2 Skrifberyming 78 (13-3) Ook:

Nadere informatie

14. Gereed vir God se nuwe wêreld Matteus 25:1-13

14. Gereed vir God se nuwe wêreld Matteus 25:1-13 1 14. Gereed vir God se nuwe wêreld Matteus 25:1-13 Tema Wees gereed vir die nuwe wêreld van God (wederkoms) deur nou reeds te help bou daaraan. Agtergrond Hierdie gelykenis vorm deel van n groep gelykenisse

Nadere informatie

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 NOVEMBER 2011 PUNTE: 100 TYD: 2½ uur Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye. Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 2 DBE/November

Nadere informatie

15. Baas-klaas of ouer-kind? Matteus 25:14-30

15. Baas-klaas of ouer-kind? Matteus 25:14-30 1 15. Baas-klaas of ouer-kind? Matteus 25:14-30 Tema Hoe ek God sien, gaan bepaal hoe ek met sy riglyne sal omgaan in my lewe: óf soos n slaaf wat net die nodige sal doen, óf soos n kind wat vertrou dat

Nadere informatie

eboeke word ontwikkel en gratis verskaf deur die

eboeke word ontwikkel en gratis verskaf deur die Ons praat baie van dinge wat in verhouding tot mekaar is, sonder om dit regtig agter te kom! As jy byvoorbeeld sê dat jy twee van die ses stukke van n pizza geëet het, het jy n verhouding beskryf: Die

Nadere informatie

12. Almal is welkom Handelinge 10:1 11:18

12. Almal is welkom Handelinge 10:1 11:18 12. Almal is welkom Handelinge 10:1 11:18 Tema Die Heilige Gees maak die poorte oop vir Jesus se volgelinge om die grense na alle mense met die evangelie oor te steek. Agtergrond en interpretasie BA Müller

Nadere informatie

Bybel vir Kinders. bied aan. Joshua neem Beheer

Bybel vir Kinders. bied aan. Joshua neem Beheer Bybel vir Kinders bied aan Joshua neem Beheer Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel. Christiaan Coetzee

Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel. Christiaan Coetzee Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel Christiaan Coetzee www.mathetes.co.za In die ou testament was die tempel n fisise plek of tent gewees waar mense na toe gegaan het om hulle sondes te belei

Nadere informatie

Ouderdom: Gr1-6 Tema: Veg saam met Jesus teen die duiwel Teks: 1 Samuel 17:34-37

Ouderdom: Gr1-6 Tema: Veg saam met Jesus teen die duiwel Teks: 1 Samuel 17:34-37 Ouderdom: Gr1-6 Tema: Veg saam met Jesus teen die duiwel Teks: 1 Samuel 17:34-37 DOEL: Die kinders moet verstaan dat ons saam met Jesus teen die duiwel moet stry. Ons moet hom geen vastrapplek in ons lewe

Nadere informatie