Die Here vlek ons sondes oop om ons te behou.

Vergelijkbare documenten
God red elkeen wat werklik in Jesus Christus glo.

SKRIFLESING: 1 Korintiërs 6: TEKS: 1 Korintiërs 6:19 HK 1:1. Ook ons liggame behoort aan die Here. Skrifberyming 72 (12-3) : 1, 2

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek.

Deur Sy wet gee God ons broodnodige kennis van sonde

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE:

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek

NAGMAAL. SKRIFLESING: 1 Petrus 2: TEKS: 1 Petrus 2:24a. Jesus Christus het ons sondes gedra. Psalm 89 : 1. Psalm 40 : 3

TEKS: 1 Korintiërs 8:4-6 HK 34:94-95

TEKS: Matteus 5:3 (AV 1933/53) HK 5

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3

NAGMAAL. SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a. Die kruis is die trots van die Here se kerk.

God se liefde vat ons vrees vir Sy oordeel weg

SKRIFLESING: Titus 1. TEKS: Titus 1:15. Die Here wil ons op die hoofspoor hê. Psalm 134 : 1, 2. Psalm 119 : 4. Psalm 18 : 12. Skrifberyming 78 (13-3)

Die Here laat n berouvolle sondaar in vrede gaan.

SKRIFLESING: Lukas 6: TEKS: Lukas 6:37 HK 43. God se mense het ook met hulle woorde lief. Psalm 34 : 1, 2. Psalm 34 : 6.

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3.

Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg

God laat alles Sy kinders se saligheid bevorder.

Dit wat óns wil hoe óns wil leef en wil praat en selfs wil dink (dit weet ons almal) is baie kere baie anders as wat Gód van ons wil hê.

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun

God het belowe om ons gehoorsaam te maak, net soos ons vra

SKRIFLESING: Handelinge 16: TEKS: Handelinge 16:30-31 HK 23. Wie in die Here Jesus glo, word gered. Psalm 48 : 4.

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

Die Here laat ons maai wat ons gesaai het

SKRIFLESING: Jesaja 6. TEKS: Jesaja 6:3 HK 8. Voor die drie-maal heilige God buig ons laag. Psalm 99 : 1, 2. Psalm 81 : 11, 12

14. Ek glo my sondes word vergewe 1 Johannes 1:5 2:2

God red mense wat glo deur die krag van die evangelie

Welkom by Die Storie God se storie

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

Die Here gee vir mense, wat oor Hom bly is, dit wat hulle harte begeer.

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

JOHANNES 6:48 HK 28. Votum en seën. Psalm 100 : 1, 3. Gebed. Skrifberyming 54 (2-6) : 1. Skriflesing: Johannes 6:41-59 (AV 1983) Belydenis: HK 28

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

MATTEUS 7:12. Votum en seën. Psalm 34 : 2, 4. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 4 : 3.

SKRIFLESING: Markus 10: TEKS: Markus 10:21a. Die Here ontmasker die binneste. Psalm 48 : 1, 2. Psalm 139 : 12. Psalm 119 : 7

n Dubbele kruis-belydenis

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was

SKRIFLESING: Lukas 16:1-13. TEKS: Lukas 16:11 HK 42. Geld en goed vir God. Psalm 95 : 1, 3. Psalm 119 : 7. Skrifberyming 44 (15-8) : 2

HANDELINGE 14:15 HK 34:94-95

SKRIFLESING: Johannes 4:1-30. TEKS: Johannes 4:10. Die Here les mense se diepste dors. Psalm 84 : 2, 3. Psalm 139 : 1, 3. Skrifberyming 6 (5-1) : 5

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5

n Tempel Leier besoek Jesus

Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak.

SKRIFLESING: Prediker 11. TEKS: Prediker 11:4, 6. Wie met God reken, gebruik sy/haar kanse. Psalm 149 : 1, 2. Psalm 126 : 3.

PSALM 40:9. Votum en seën. Psalm 89 : 3. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Deuteronomium 5:6-21 (AV 1933/53) Psalm 50 : 6, 7.

1 JOHANNES 4:20 HK 34:93

Preek God se genade voed jou op om onberispelik te wees

OPENBARING 5:5 HK Sondag 48

SKRIFLESING: Lukas 17:1-10. TEKS: Lukas 17:10 HK 24. Begenadigdes skuld God gehoorsaamheid. Psalm 138 : 1. Skrifberyming 24 (1-1) : 2.

Christene moet ook met hulle gedrag vir die Here praat.

JOHANNES 3:19-20 DL 3/4:1

Baie welkom by vanoggend se erediens

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22

SKRIFLESING: Matteus 11: TEKS: Matteus 11:28. Christus gee gekwelde mense rus. Psalm 145 : 1, 2. Skrifberyming 12-3 : 1, 2 (na geloofsbelydenis)

Die Here veroordeel skynheiligheid by álmal skerp

Jesus kom op n onbekende tyd weer bly dan gereed vir Hom!

LUKAS 5:8. Votum en seën. Psalm 116 : 1, 10. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Exodus 20:1-17 (AV 1933/53) Psalm 51 : 6.

SKRIFLESING: Lukas 2: TEKS: Lukas 2: Die volle boodskap van Kersfees. Psalm 118 : 12. Psalm 40 : 4. Skrifberyming 3 (4-7) : 1, 2

SKRIFLESING: 1 Petrus 2:1-10. TEKS: 1 Petrus 2:9. God red sodat ons sal vertel. Psalm 40 : 5. Psalm 4 : 3. Skrifberyming 8 (5-3) : 2.

TEKS: Esegiël 33:18-19 HK 32:87 33:90. God laat onbekeerdes sterf, maar bekerendes lewe.

NIe net hier in 1 Korintiers 13 nie, maar in die hele 1 Korintiërs lees ons van al hierdie dinge wat die gemeente van Korinte gedoen het.

VERSPREI GOD SE LIEFDE (2) VERTEL ANDER VAN GOD SE LIEFDE 13 Augustus 2006, Ds Freddie Schoeman

Skriflesing: 2 Tim 2:14-26(word gelees deur gemeentelede uit die banke)

Jesaja sien die Toekoms

1 KORINTIËRS 13:12. Ook: Sb 18-8 (30) : 4, 5

Jona en die Groot Vis

Deur Christus Alleen

Jesus Christus se opstanding maak ons lewens sinvol

Preek Romeine 6:3-4. (Preek tydens erediens in Gereformeerde Kerk Welkom-Noord op Sondag 25 Junie 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff

PSALM 115:1 HK Sondag 52:

Preek oor: Wat doen die Heilige Gees? Die Heilige Gees laat die wedergeboorte plaasvind

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13

Naäman en die dogtertjie wat nie bang was om van die Here te vertel nie

Tema: Laat skyn die heerlikheid van God in jou lewe met genade (liefde) EN waarheid!

TEKS: 1 Samuel 1:15 HK 46. Voor die hemelse Vader stort Sy kinders hulle harte uit wanneer hulle bid.

STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart?

Goeie Konings, Slegte Konings

In nood kan ons God as Vader aanroep.

SKRIFLESING: Romeine 8:31-39 (AV 1983) TEKS: Romeine 8:32b. Skrifberyming 24 (1-1) : 3. Psalm 62 : 4 (na gebed) Psalm 93 : 1, 4

U het rég gehoor: dat u die HÉre daar gaan dien; want dis wat die Heilige Gees ons hier laat hoor, dat ook ons alledaagse werk godsdiens is.

SKRIFLESING: Romeine 1:1-17. TEKS: Romeine 1:3b-4a HK 13. Jesus is die Seun van God en ons Here. Psalm 149 : 1, 2.

toegewy aan God ross os s v an v nieker i k

1 KORINTIËRS 1:4. Votum en seën. Psalm 116 : 7, 10. Gebed. Psalm 31 : 13, 18. Skriflesing: 1 Korintiërs 1:1-9 (AV 1933/53)

0:03: 01:5 Vertel mekaar watter labels mense al op jou gesit het. Wat het mense jou al genoem... goeie goed en slegte goed, dit is alles labels...

Wie in die Here glo, vertrou Hom met die bestemming.

n Kind, Jesus, word gebore en word groot (2)

Van Vervolger tot Prediker

GALASIËRS 5:22 (getrouheid)

1 JOHANNES 2: Votum en seën. Psalm 34 : 1, 4. Geloofsbelydenis: Nicea. Wet: Exodus 20:1-17 (AV 1933/53) Psalm 34 : 6. Gebed

Vir die Here is die hoofsaak dat ons sal glo en gehoorsaam.

WAT IS DIE VOLGORDE VAN DIE VERLOSSINGSERVARING?

PSALM 90:2 NGB 1. Votum en seën. Psalm 90 : 1. Gebed. Skriflesing: Psalm 90 (AV 1933/53) Belydenis: NGB 1. Teks: Psalm 90:2 (AV 1933/53)

SPREUKE 16:9. Votum en seën. Psalm 8 : 1, 2. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Exodus 20:1-17 (AV 1933/53) Psalm 65 : 2, 4.

Transcriptie:

SKRIFLESING: 2 Samuel 11:1-17; 26-27; 2 Samuel 12:1-14 TEKS: 2 Samuel 12:7a HK 2 TEMA: Die Here vlek ons sondes oop om ons te behou. Psalm 2 : 6 Psalm 38 : 1, 5, 17 Psalm 32 : 3 Skrifberyming 44 (15-8) : 2, 3 [Ook : Pss 51, 103, 130 Sb 10] 1

Moet ons regtig hoor van sonde en ellende? Is n geprekery oor sonde en ellende nie petrol op die vuur van mense wat kerke van negatiwiteit beskuldig nie? Kan ons nie maar liewer kortpad vat na positiewe dinge soos die verlossing wat Jesus bewerk en die nuwe lewe van God se kinders nie? Maar ons våt kortpad! As net drie Sondagsafdelings van die HK oor sonde en ellende gaan en al agt-enveertig wat daarna volg oor ons verlossing en oor ons nuwe lewe gaan, dan Çs hierdie drie mos kortpad! In elk geval is n dokter mos nie negatief as hy jou as pasiént vertel van die siekte wat jy het juis om jou te motiveer om die regte behandeling te aanvaar nie! Om jou bewus te maak van jou sonde en ellende is een van die maniere waarop die Heilige Gees n mens dring om behandeling 1 by Jesus Christus te soek. Dis wat ons in 2 Samuel 12 lees: hoe die Here n kind van Hom se sondes oopvlek, juis om hierdie kind te behou. Kom ons leer vanoggend, o.a. uit hierdie Skrifgedeelte, van sonde. Ons gaan kyk 1. wat sonde is; 2. waarom die Here sondes oopvlek; 3. oor wie se sondes dit gaan. 1. WAT SONDE IS Die HK praat hier in Sondag 2 eintlik van ons ellende. En ellende is meer as net sonde: - ellende is die sonde plus al die bitter gevolge wat sonde vir die sondaar en vir die hele würeld waarin ons leef, het. Maar kom ons konsentreer vanoggend net op sonde self: - wat is sonde? - wanneer is iets sonde? Die antwoord op hierdie vraag kom nie uit ons eie gevoel uit nie: - iets is nie sonde omdat ek voel dat dit verkeerd is nie; 1 verlossing en lewe 2

- dis nie so dat net die dinge wat vir my as mens sleg en lelik en afstootlik voel, sondes is nie; - natuurlik is dit wel partykeer so dat dinge wat vir ons sleg voel, sondes is; - maar daar s ook dinge wat vir ons as mense heeltemal goed en gaaf lyk, en dan tog sonde is. 2 Dis nie my gevoel wat sü wat sonde is nie. Dis ook nie die openbare mening (die man-op-straat se mening of die meerderheid mense se mening) wat bepaal wat sonde is nie. As die meerderheid mense se menings bepaal het wat sondes is en wat nie, sou ons elke kort-kort nuwe sondelyste moes opstel, want mense se opinies verander net so vinnig van rigting soos die wind by die see! Sonde is dit wat God se woord sonde noem. En God se woord noem alles wat God se wet oortree, sonde. Dit maak nie saak hoe ek persoonlik daaroor voel of wat die publieke mening daaroor is nie: - as n mens iets doen wat God se wet verbied, of iets nalaat wat God se wet vereis, dan sondig jy; - sonde is om nie vir die Here te luister nie. En as dit gesü is dat sonde is om God se wet te oortree, dan gaan dit nie maar net oor die letter van Sy wet nie, maar veral ook oor die diep bedoeling van elke gebod van die Here, nl. die liefde: - is daar liefde in my hart? - is dit uit liefde vir die Here wat ek nie ander gode dien nie en wat ek op die rusdag eredienste toe kom? - is dit uit liefde vir my naaste wat ek oor hom/haar dink en met hom/haar praat een aan hom/haar doen soos wat die Here my beveel, of sommer net omdat ek bang is vir skande of vir straf? Sonde is om God se wet, die letter daarvan án die liefde wat dit vereis, te oortree. Terwyl ons oor sonde praat in hierdie hoofstukke word ook n ander misverstand oor sonde baie duidelik reggestel: die misverstand dat party sondes nie so erg is nie, want dis eintlik maar net n sakie tussen my en n ander mens; dit raak nie regtig my verhouding met God nie! 2 bv. (verbode) vrug eet in paradys 3

Hierdie hoofstukke wys duidelik dat elke oortreding van n voorskrif van die Here, selfs die wat oor mense se gedrag teenoor mekaar gaan, n sonde teen die Here is. Dit wat Dawid hier gedoen het, het hy aan n ander mens gedoen: - hy t n ander mens se vrou gevat; - hy t n mens onder valse voorwendsels en met skynvriendelikheid in sy paleis onthaal; - hy t n mens doelbewus dronk gemaak; - hy t n mens so goed as vermoor. En tog sü die Here deur die profeet Natan vir hom: jy t My verag (v. 10). En as Dawid sy sonde uiteindelik erken, dan sü hy: Ek het gesondig teen die HERE! (v. 13) 3 Elke oortreding van enige bepaling van die Here, is sonde teen Hâm Alles wat mens dink en sü en doen wat teen die letter en die gees van God se wet ingaan, is sonde; en alles wat God se wet van my vereis en wat ek nalaat om te doen, is sonde. 2. WAAROM DIE HERE SONDES OOPVLEK Die Here kan sondes, soos Dawid s n hier, mos nie sommer net los nie. In die eerste plek al net omdat Hy n regverdige God is, wat sulke onreg mos nie sommer net kan laat verbygaan nie! Maar ook omdat Hy n God van liefde is, wat vir Sy kinders die beste wil gee, kan Hy sondes by Sy kinders nie sommer net los nie. Want weet u wat doen sondes aan n mens? - omdat dit Sy wet oortree, maak dit jou skuldig voor die Here; - en iemand wat skuldig is, verdien die straf van die Here; volgens die bepalings van die Here wat op daardie tyd gegeld het, het Dawid met sy owerspel en moord die doodstraf verdien! - en daarom versteur sonde n mens se band met die Here: dit maak jou bang vir Hom; 3 Vgl. ook Ps 51:6 4

dit belas jou gewete; dit vat jou geloofsvrede weg; (u kan gerus Ps 32 gaan lees, waarin n mens iets te siene kry van die onrustigheid in Dawid se binneste al die maande 4 waarin hy met die gedagte aan hierdie sonde van hom rondgeloop het). Wat doen die Here nou as Sy kind skuldig en strafwaardig en bang vir Hom geword het? Hy vlek Dawid se sonde oop. Met Natan se verhaaltjie en met Natan se U is die man! wil die Here vir Dawid wys hoe boos sy sonde was en wil Hy hom by die punt bring waar hy sy sonde met berou erken, want Hy wil Dawid vergewe. Die Here vergewe mos sondes wat met opregte berou erken word: - dis dan die evangelie! - dis dan die goeie nuus van die hele Bybel! - dis dan waarvoor die Here Jesus hier op aarde was: om te ly en te sterf en uit die dood uit op te staan sodat ons sondes vergewe kan word! - dis dan waarvoor die Heilige Gees na Jesus se hemelvaart uitgestort is om mense se harte tot erkenning van en berou oor hulle sonde te bring! Die Here vlek Sy kind se sonde oop om hierdie kind van Hom die pad van sondebesef en sonde-belydenis en sonde-vergifnis te laat loop, om hierdie kind van Hom se band met Hom te herstel, om hierdie kind van Hom se binneste weer tot rus te bring, om te sorg dat die sonde hierdie kind van Hom nie oor ewige afgronde sleep nie. As die Here, wanneer ons Bybel lees, of wanneer iemand (ouer, ouderling, vriend/vriendin) ons oor verkeerde optrede teregwys, of wanneer ons na n preek luister, ons sonde vir ons oopvlek, dan moet ons raaksien hoe die Here op daardie manier weier om ons prys te gee en vir ons die beste die vrede met Hom en die vrede in ons harte wil teruggee. As ons vir n Kategismus-sondag of drie besig is met dit wat in die Bybel oor sonde en ellende staan, dan is dit om ons te dring na Hom toe wat ons juis daarvan verlos! Die Here vlek ons sondes oop om ons te red en te behou. 4 vgl. geboorte van die kindjie 5

3. OOR WIE SE SONDES DIT GAAN Ons praat nog die heeltyd van ons sondes. Wie s hierdie ons? Is dit ons as mense in die algemeen? Ja, natuurlik. Die mens is n sondige spesie. Ons sien dit so duidelik in ons tyd ook: - mense is onverskillig teenoor God; - en mense is selfsugtig teenoor mekaar. Die ons wat sondig is, is die mens. Die ons kan ook gesien word as kerkmense. Want kerkmense is ook mos sondig: - Dawid was n kerkmens een van die voorstes van sy tyd! - dis n skande dat dit so is, maar ons kan dit nie ontken nie: ook kerkmense doen allerhande sondes. breek die Here se wette, buig die Here se wette, laat na om dinge te doen wat ons veronderstel is om te doen. Ons weet dat ook ons almal hier sondaars is wat sondes doen. Maar dis tog so dat hierdie hoofstuk ons na die punt toe lei om te verstaan dat hierdie ons wat sondes doen, uiteindelik elkeen van ons persoonlik is. As dit gaan oor wie sondes doen en wie dit nodig het dat sy/haar sondes deur die Here oopgevlek moet word, dan moet ons hoor dat die Here vir elkeen van ons persoonlik sü: - jy is die man! - jy is die vrou! Deur die manier waarop die Here hier met Dawid gewerk het, wys die Heilige Gees ons dat ons elkeen moet verstaan: die Here praat in Sy woord met my oor my sondes Ons glip maklik op hierdie punt. O, ons sien ander mense se sondes goed raak! - hulle pligsversuim - hulle selfsug - hulle onregverdighede 6

En ons word so ongelukkig daaroor en kwaad daarvoor en ons veroordeel ander se sondes so skerp! Maar ons bly so blind vir ons eie sondes! Dawid is hier vir ons n voorbeeld van hoe blind sonde jou maak. Hy t so kwaad geword vir hierdie ryk man wat die arm man se enigste ooilammetjie gevat het, dat hy by die straf wat die Here se wet vir so n oortreding voorgeskryf het 5, sommer die doodstraf bygevoeg het! En dit terwyl die ryk man in hierdie verhaal maar net n ooilammetjie gevat het, terwyl hy wat Dawid is n ander man se vrou gesteel het en toe sommer nog haar man laat doodmaak het ook! Dawid val eintlik oor die balk in sy eie oog soos hy afstorm op die splinter in n ander se oog! Maar so blind maak sonde n mens: - terwyl ek teen ander se sondes fulmineer, is ek self skuldig aan meer en erger oortredings van die Here se wette Ons elkeen moet besef: - waar die Bybel oor sonde praat, praat dit in die eerste plek oor my sonde; - waar voorskrifte van die Here gegee word, en waar voorbeelde van sondes beskryf word soos Dawid se sondes in hierdie hoofstukke, moet ek dit nie sien as n portret van die sondige mensdom of as n foto van die sondige kerk of as n prentjie van sondige Dawid nie; - ek moet dit sien as n spieél waarin ek met skrik myself moet raaksien: ek is die man! ek is die vrou! fatsoenlike ek is die een wat so skandelik oorboord kan gaan! beskaafde ek is die een wat partykeer so barbaars-sondig kan optree! Christen-ek is die een wat soms lynreg teen die Here se woord kan ingaan! - ook by my is daar nog hierdie broeiende sondige natuur wat net wag vir die kans om weer tot uitbarsting te kom! As die Here se woord sondes oopvlek, moet ek weet: dis my sonde waaroor dit gaan! En as n mens dçt ingesien het, dan s jy op daardie pad waarop die Here jou wil hü: 5 nl. viervoudige vergoeding Ex 22:1 7

- die pad waar n mens jou persoonlike sondes voor die Here erken; - die pad waarop jy dan die Een ontmoet wat vir jou sü: Ek veroordeel jou nie. Gaan heen en sondig nie meer nie. 6 En as jy die Een ontmoet het wat sâ vir jou sü, dan het God Sy doel bereik met die oopvlekking van jou sondes: - die vrede vir jou; - die ewige vrede vir jou AMEN 6 Jh 8:11 8