PSALM 40:9. Votum en seën. Psalm 89 : 3. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Deuteronomium 5:6-21 (AV 1933/53) Psalm 50 : 6, 7.

Vergelijkbare documenten
Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5

1 JOHANNES 4:20 HK 34:93

Wie in die Here glo, vertrou Hom met die bestemming.

OPENBARING 5:5 HK Sondag 48

Dit wat óns wil hoe óns wil leef en wil praat en selfs wil dink (dit weet ons almal) is baie kere baie anders as wat Gód van ons wil hê.

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE:

MATTEUS 7:12. Votum en seën. Psalm 34 : 2, 4. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 4 : 3.

NAGMAAL. SKRIFLESING: 1 Petrus 2: TEKS: 1 Petrus 2:24a. Jesus Christus het ons sondes gedra. Psalm 89 : 1. Psalm 40 : 3

Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg

SPREUKE 16:9. Votum en seën. Psalm 8 : 1, 2. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Exodus 20:1-17 (AV 1933/53) Psalm 65 : 2, 4.

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3.

God se liefde vat ons vrees vir Sy oordeel weg

1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22

Jesaja sien die Toekoms

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

NAGMAAL. SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a. Die kruis is die trots van die Here se kerk.

God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5)

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

n Tempel Leier besoek Jesus

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

Dis net so ondenkbaar soos n gemeente die tempel van die Heilige Gees 1 wat nie bid nie.

Vir die Here is die hoofsaak dat ons sal glo en gehoorsaam.

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels.

Jy kan eintlik waar in die Bybel ook al kyk na wat geskryf is oor hoe ons as Christene moet lewe, en jy kom by liefhê uit.

Welkom by Die Storie God se storie

GALASIËRS 5:22 (getrouheid)

1 JOHANNES 2: Votum en seën. Psalm 34 : 1, 4. Geloofsbelydenis: Nicea. Wet: Exodus 20:1-17 (AV 1933/53) Psalm 34 : 6. Gebed

Goeie Konings, Slegte Konings

God het belowe om ons gehoorsaam te maak, net soos ons vra

God red elkeen wat werklik in Jesus Christus glo.

Bybelse Dissipelskap. Saligheid/ Redding

1 KORINTIËRS 13:12. Ook: Sb 18-8 (30) : 4, 5

TEKS: Handelinge 2:39 HK 27:74. Die Here se belofte geld ook vir die kinders van gelowiges

God red mense wat glo deur die krag van die evangelie

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24

Twyfel Vergewe mekaar Vergifnis van God Vertroue Volharding Voorkoms Vrede Vrees Vriendskap...

SKRIFLESING: Romeine 8:31-39 (AV 1983) TEKS: Romeine 8:32b. Skrifberyming 24 (1-1) : 3. Psalm 62 : 4 (na gebed) Psalm 93 : 1, 4

Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek

toegewy aan God ross os s v an v nieker i k

Les 2 vir 13 Oktober 2018

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer

Ons Pinkster gaan oor hoe om vir Jesus te volg. Vanoggend het ons begin deur te sien dat daar n paar voorwaardes is as jy Jesus wil volg:

PSALM 115:1 HK Sondag 52:

14. Gemaak om lief te hê 1 Johannes 3:11-17; 4:7-12

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

JOHANNES 3:19-20 DL 3/4:1

God laat alles Sy kinders se saligheid bevorder.

0:03: 01:5 Vertel mekaar watter labels mense al op jou gesit het. Wat het mense jou al genoem... goeie goed en slegte goed, dit is alles labels...

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

KOLOSSENSE 3:17 HK Sondag 36

TEKS: Matteus 5:3 (AV 1933/53) HK 5

STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart?

MATTEUS 22:11-13 HK SONDAG 30:81

n Dubbele kruis-belydenis

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek.

Die Here laat ons maai wat ons gesaai het

Galasiërs 6:11. Kyk met watter groot letters ek met my eie hand aan julle skrywe! (Galasiërs 6:11)

WAT IS DIE VOLGORDE VAN DIE VERLOSSINGSERVARING?

Jesus se eerste preek op die berg. Hy gee ons onuitspreeklike blydskap.

Ons hoor hulle het in die land Kanaän gaan woon. (kaart) Kanaän Egipte.

SKRIFLESING: Handelinge 16: TEKS: Handelinge 16:30-31 HK 23. Wie in die Here Jesus glo, word gered. Psalm 48 : 4.

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

12. Ek glo in die Heilige Gees Johannes 16:5-7, 12-15

MATTEUS 5:17 NGB 25. Votum en seën. Psalm 67 : 2. Gebed. Skriflesing: Matteus 5:17-32 (AV 1933/53) Belydenis: NGB 25. Teks: Matteus 5:17 (AV 1933/53)

SKRIFLESING: Johannes 4:1-30. TEKS: Johannes 4:10. Die Here les mense se diepste dors. Psalm 84 : 2, 3. Psalm 139 : 1, 3. Skrifberyming 6 (5-1) : 5

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13

PSALM 90:2 NGB 1. Votum en seën. Psalm 90 : 1. Gebed. Skriflesing: Psalm 90 (AV 1933/53) Belydenis: NGB 1. Teks: Psalm 90:2 (AV 1933/53)

Jesus Christus se opstanding maak ons lewens sinvol

JOHANNES 10:10b-11. Votum en seën. Skrifberyming 34 (2-2) : 1. Gebed. Skriflesing: Johannes 10:1-21 (AV 1983/91) Teks: Johannes 10:10b-11 (AV 1983/91)

Van Vervolger tot Prediker

LUKAS 5:8. Votum en seën. Psalm 116 : 1, 10. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Exodus 20:1-17 (AV 1933/53) Psalm 51 : 6.

Soos n wildsbok wat smag na water Smag my siel na u o Heer U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer SOOS N WILDSBOK

Die Rol van die Vader, Seun en Heilige Gees?

1 KORINTIËRS 1:4. Votum en seën. Psalm 116 : 7, 10. Gebed. Psalm 31 : 13, 18. Skriflesing: 1 Korintiërs 1:1-9 (AV 1933/53)

Wie God se beloftes het, streef om skoon te word en heilig te wees

Gisteraand het dit gegaan dit oor hoe ons lewens moet wees om Jesus te volg. Watter klere ek moet aantrek.

HOSEA 6:1-3. Votum en seën. Psalm 48 : 1. Gebed. Skriflesing: Hosea 6 (AV 1933/53) Teks: Hosea 6:1-3 (AV 1933/53) Psalm 72 : 3

Preek Romeine 1:16-17

Dankoffersondag met Nagmaal 4 November

SKRIFLESING: Lukas 17:1-10. TEKS: Lukas 17:10 HK 24. Begenadigdes skuld God gehoorsaamheid. Psalm 138 : 1. Skrifberyming 24 (1-1) : 2.

Bybel vir Kinders bied aan. Die Kerk Kry Moeilikheid

Preek Genesis 1:27. (Preek gelewer tydens oggenddiens in Welkom-Noord op Sondag 6 November 2016)

MATTEUS 27:46. Votum en seën. Skrifberyming 5-3 (8) : 2. Gebed. Skriflesing: Matteus 27:32-50 (AV 1933/53) Teks: Matteus 27:46 (AV 1933/53)

SKRIFLESING: Titus 1. TEKS: Titus 1:15. Die Here wil ons op die hoofspoor hê. Psalm 134 : 1, 2. Psalm 119 : 4. Psalm 18 : 12. Skrifberyming 78 (13-3)

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3

SKRIFLESING: Jesaja 6. TEKS: Jesaja 6:3 HK 8. Voor die drie-maal heilige God buig ons laag. Psalm 99 : 1, 2. Psalm 81 : 11, 12

Baie welkom by vanoggend se erediens. Doen asb moeite om ander mense rondom jou te groet

Jesus - Die Grootste Geskenk van Alle Tye - Reformation Society

OPENBARING 21:9-10. Votum en seën. Psalm 122 : 1. Gebed. Psalm 46 : 1, 2. Skriflesing: Openbaring 21:1-21 (AV 1983/91)

Skriflesing: 2 Tim 2:14-26(word gelees deur gemeentelede uit die banke)

SKRIFLESING: Prediker 1:1-11. TEKS: Prediker 1:3. Los van God bied die lewe niks. Psalm 149 : 1, 2. Skrifberyming 19 (2-1) : 1, 2.

Transcriptie:

PSALM 40:9 Votum en seën Psalm 89 : 3 Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels Wet: Deuteronomium 5:6-21 (AV 1933/53) Psalm 50 : 6, 7 Gebed Skriflesing: Psalm 40 (AV 1933/53) Teks: Psalm 40:7-9 (AV 1933/53) Psalm 40 : 4 Preek: Die Here lei ons tot gewillige diens aan Hom Gebed Kollekte Psalm 119 : 6 Seën Skrifberyming 78 (13-3)

2 Hoekom dien ons die Here? Hoekom is ons byvoorbeeld vanoggend hier: - wíl ons graag hier wees? - of is ons net hier omdat ons voel dat dit n verpligting is wat die Here ons opgelê het? - of is ons hier omdat ons in n situasie is waarin ménse dit van ons verwag om hier te wees? Hoekom is julle kinders vanoggend hier: - wíl jy hier wees? - of is jy net hier omdat jou ouers jou dwing om saam met hulle te kom? En ons kan dieselfde vrae ook van al die ander maniere waarop ons die Here in die kerklike lewe en in ons persoonlike lewe dien, vra. Daar waar die Here werk, daar waar Hý mense lei, dien hulle Hom gewillig. Dis wat ons in ons teksverse hoor: - die Here lei ons tot gewillige diens aan Hom. Kom ons volg (kortliks) die roete waarlangs die Here ons tot gewillige diens lei: 1. die hoor; 2. die kom; 3. die gewillig-wees. 1. DIE HOOR Hierdie Psalm het basies twee hoofdele: - Dawid se blydskap oor die hulp wat God hom gegee het in antwoord op sy gebed; 1 - dan weer n gebed om hulp in bedreigings wat daar nog bestaan. 2 Ons teksverse staan in die deel wat gaan oor Dawid se blydskap oor die Here se hulp. En dit gaan oor hoe n mens, behalwe met dit wat jy met jou mond sê, jou blydskap/jou dankbaarheid teenoor die Here kan wys. 1 Verse 1-11 2 Verse 12-18

3 Een van die eerste moontlikhede waaraan die Ou Testamentiese gelowiges sou dink, was om vir die Here een of ander offer te bring volgens die voorskrifte wat die Here in Sy wette vir Israel daarvoor gegee het. Maar (so laat die Heilige Gees Dawid nou skryf) die gelowiges moet onthou dat offers nie die eintlike is wat die Here van dankbares verwag nie. Offers was deel van die diens aan die Here in die Ou Testamentiese bedeling, maar dit was veral bedoel as seremonies waarmee die Here Sy volk solank voorberei het vir die Verlosser wat sou kom en vir wat Hy sou doen. Van altyd af was die eintlike dankbaarheid wat die Here van mense verwag het, dit: - dat hulle Hom sou hoor; - dat hulle na Sy wil sou luister; - en dat hulle dit sou gehoorsaam. 3 Dit word hier só gesê: - slagoffers en spysoffers is nie wat U wil hê nie, brandoffers en sondoffers is nie wat U vra nie, maar ore het U vir my gegrawe. Dis vir ons n vreemde manier van sê: ore het U vir my gegrawe. Maar dis maar n digterlike manier om te sê dat die Here hom iemand gemaak het wat hóór wat die Here sê en verwag en beveel. As ons dit in Nuwe Testamentiese taal moet sê, beteken dit dat die Heilige Gees hom n nuwe mens gemaak het, n mens wat nie meer aan die doofheid vir God, waarmee ons as sondaars gebore word, ly nie. Hy s n weergebore mens, wat God nou ken en vertrou en daarom ag gee op wat Hy sê. God het vir hom ore gegrawe. Dis die eerste stukkie van die pad na gewillige diens toe: - jy hóór wat die Here van jou verwag. En dan kom meld jy aan daarvoor. 3 Vgl bv 1 Sam 15:22; Jer 7:22-23; Hosea 6:6; Amos 5:21-24; Mat 9:13; 12:7

4 2. DIE KOM Toe het ek gesê: Kyk, ek kom; in die boekrol is dit my voorgeskrywe. 4 Toe die een wat hier aan die woord is, met die ore wat vir hom gegrawe is, hóór wat God sê, toe kom hy om vir diens aan te meld. Dis geskrywe dat hy dit sou doen! Die boekrol waarna hier verwys word en waarin dit geskrywe staan dat die een vir wie ore gegrawe is, sou kom, kan na twee boeke verwys: o Dit kan na die Wet van God verwys, die Bybel wat in daardie tyd bestaan het, waarskynlik geskrywe op perkament of velle wat opgerol was om dit hanteerbaar te maak. In hierdie Wet het mos byvoorbeeld gestaan dat die koning van die Here se volk, wat Dawid die digter van hierdie Psalm was, ook die Wet van die Here moet lees en leer en doen. 5 Deur as koning bereid te wees om die Here in alle fasette van sy lewe te dien volgens Sy wet, doen Dawid dus mos wat in die boekrol geskrywe staan. o Maar hierdie boekrol kan ook verwys na die ewige plan van God, wat soos n boek is waarin alles wat in die wêreldgeskiedenis gaan gebeur en wat elke mens gaan wees en gaan doen, opgeskrywe staan. 6 Dan beteken dit dat die digter hier gelowig erken dat hy wat deur die Heilige Gees gelei word om vir gehoorsame diens aan te meld, deur God bestem is daarvoor, dat dit God se plan is wat so in sy lewe uitgevoer word. Dis die tweede stukkie van die roete van die Here met die gelowige wat hier beskryf word: - die mens wat die genade gekry het om God se Woord regtig te hoor, kom ook om aan te meld vir praktiese gehoorsaamheid, soos wat dit in die Goddelike boeke geskrywe staan. 4 Vers 8 5 Bv in Deut 17:19 6 Vgl Openb 5:1 e.v.

5 En dan kry so n mens ook n baie besondere begeerte in die binneste. 3. DIE GEWILLIG-WEES Ek het lus, o my God, om u welbehae te doen, en u wet is binne-in my ingewande. Hierdie mens kry die gewilligheid om die Here gehoorsaam te dien. Vir hierdie mens is gehoorsaamheid aan die Here nie n blote plig wat jy nou maar moet doen of jy daarvoor lus is of nie. Hierdie mens dien die Here nie net omdat dit nou maar een maal die regte ding is om te doen nie. Hierdie mens dien die Here ook nie omdat jy deel is van n gesin of n groep of n gemeenskap waar dit van jou verwag word om dit te doen nie. Hierdie mens dien en gehoorsaam die Here in eerste plek omdat hy dit wíl doen. Hy dien gewillig. Eintlik is gewillig nog n te flou term. Hier staan dat dit sy behae is om dit waarvan die Here hou, te doen. Dit gee vir hom vreugde om dit te doen en daarom begeer hy, beleef hy n sterk innerlike drang, om dit te doen. God se wet is in sy binneste, soos wat iemand vir wie jy baie lief is, in jou binneste lééf in jou gedagtes en verlangens en planne. God se Wet is nie vir hom net woorde op n boekrol nie, maar bevele en opdragte wat vir hom sin maak, waarvan hy kan insien dat gehoorsaamheid daaraan jou lewe reg en goed en mooi maak. Dit leef in sy hart omdat hy verstaan dat hierdie wette van Iemand moet kom wat self die ene Regverdigheid en Waarheid en Goedheid en Lieflikheid moet wees waar anders kom sulke wonderlike wette vandaan? Hy t die Woord van God gehoor, hy t soos dit bepaal is, kom aanmeld vir gehoorsame diens,

6 en dit met n binneste wat brand van die begeerte om te doen wat Gód vreugde gee! So lyk die paadjie waarlangs die Here mense tot gewillige diens lei: - hoor; - kom; - gewillig-wees Daar is geen twyfel nie en die Nuwe Testament bevestig dit eksplisiet in Hebreërs 10:5-10 dat hierdie woorde in ons teksverse eintlik eers in die mond van die Here Jesus regtig pas. Dawid was in sý gehoor-gee aan die Here se Woord en in sy diens aan Hom, nog maar net n skaduweetjie van die Here Jesus. Wie t ore gehad wat vir God se Woord so diep gegrawe was soos Jesus s n? Hoe duidelik het Hy nie kom aanmeld vir die diens wat Hy volgens God se ewige bepaling en volgens God se geskrewe Woord hier op aarde moes kom verrig nie, toe Hy, die Seun van God, mens ook kom word het hier op aarde. En met watter volmaak gewillige hart het Hy nie gedien nie? - Dit was Sy strewe, nie om Sy eie wil gedoen te kry nie, maar die wil van Sy Vader. 7 - Vir Hom was dit kos om Sy hemelse Vader se wil te doen en die werk wat Hy Hom gegee het. 8 Die liefde vir God se Wet het só in Sy hart geleef, dat Hy nie geskroom het om die hele kerklike establishment van Sy tyd skerp te bestraf oor hulle minagting van God se Wet nie, 9 al het dit op menslike vlak help veroorsaak dat hulle Hom gehaat het en by die Romeine geskreeu het dat Hy gekruisig moes word. Selfs toe gehoorsaamheid en diens beteken het dat Hy die donkerte van die Godverlatenheid op Golgota moes ingaan om vir ánder se boosheid te boet hoor ons nog steeds die taal van gewillige gehoorsaamheid by Hom. 10 Psalm 40:6-8 is ten diepste woorde wat die Here Jesus Christus sê. 7 Joh 5:30. Vgl ook 6:38 8 Joh 4:34 9 Vgl bv Mat 23:13-28; Mark 11:18; Luk 20:19; 10 Vgl bv Mat 26:45-46; 52-54; Joh 15:13; 17:4. Vgl ook 1 Pet 2:21-24

7 Maar die woorde van ons teks hou nie by Hom op nie. As n mens glo dat die Here Jesus ook vir jóú geboet het en gely het, vergewe God al die koudheid en onwilligheid teenoor Hom en Sy Wet waarmee ons elkeen gebore is en wat ons ook hoeveel kere in ons lewe gewys het, en gee die Heilige Gees jou ook n nuwe hart wat die Here Jesus liefhet en wil volg, nie net in die ewige lewe in nie, maar ook in Sy gewillige gehoorsaamheid aan God. God lei uiteindelik almal wat deur die geloof aan Jesus verbind is, op hierdie roete van gewillige gehoorsaamheid. TOEPASSING Hoekom dien ons die Here hier in eredienste, in die ander werk wat ons in die kerk doen, daar by ons huise en waar en hoe ook al? Is dit vir ons net plig, n goeie plig, ja, maar net plig? Wie van ons sal nie moet erken dat ons al in ons lewe baie kere die Here skoorvoetend gedien het nie: - nie regtig lus vir wat ons vir die Here moet doen nie; - eintlik maar net gedoen omdat ek nie kans sien om ander mense in die oë te kyk as ek dit sou nalaat nie? 11 Waar is die innerlike behae om te doen wat God gedoen wil hê, die onkeerbare innerlike drang om dit te doen, die nie-kan-wag dat ek dit kan doen nie en die opregte vreugde as dit gedoen is nie? Ten minste so weet ek is hier baie van ons wat wens dat ons n hart kan hê wat regtig hiérdie woorde in ons teksverse kan sê, wat na vanoggend weer met nuwe erns gaan pleit dat die Here ons tot sulke gewillige diens sal lei: 11 Skoorvoetende/teensinnige diens moet opnderskei word van die huiwering vir groot en moeilike dinge wat die Here partykeer van n mens verwag (lg bv by Gideon, Jeremia, Petrus).

8 - elke erediens - elke takie wat ek in die gemeente doen; - elke gebed wat ek by die huis bid; - elke stukkie gehoorsaamheid aan Hom in elke moment van my lewe mense met ore wat hóór; mense wat voor die Here kom aanmeld vir diens soos dit in Sy boeke van hulle staan; mense wat regtig wíl, omdat wat die Hére regtig wil, in hulle harte leef AMEN