2014 SUID-AFRIKAANSE WYNDRUIFSEISOEN SEISOENSOORSIG (WINTER & LENTE 2013) EN OESVERWAGTINGE Oktober 2013

Vergelijkbare documenten
SUID-AFRIKAANSE WYN OESVERSLAG 2018

SUID-AFRIKAANSE WYN: OESVERSLAG Kleiner, hoë kwaliteit wyndruifoes van vroeë seisoen BEDRYFSTENDENSE

Dit volgens die wingerdkonsultante van VinPro, die verteenwoordigende organisasie vir nagenoeg Suid-Afrikaanse wynprodusente en kelders.

Statistiek van Wyndruifstokke

SUID-AFRIKAANSE WYNOESVERSLAG 2009 Inligting verskaf deur VinPro en SAWIS Saamgestel en geskryf deur Romi Boom

Soos verskaf deur Sawis, in samewerking met VinPro Konsultasiediens saamgestel deur ROMI BOOM.

SUID-AFRIKAANSE WYNOESVERSLAG 2003

SOILL PRODUSENTE NUUSBRIEF

Statistiek van Wyndruifstokke

BESTUURSINLIGTING VOORUITSIGTE VIR GRAANGEWASSE LYK GOED. Posbus 1615 Bethlehem, 9700 Tel/Faks: (058)

Die Suid-Afrikaanse aartappelbedryf in perspektief in 2015

KAN SUID-AFRIKA SE GRAANBOERE OORSEE MEEDING? DEUR DR PHILIP THEUNISSEN COMPUTUS BESTUURSBURO

Weeklikse Marksiening 16 April 2012

SOILL PRODUSENTE NUUSBRIEF

VLEISINVOERE VANAF NAMIBIË GERHARD SCHUTTE OOS-KAAP RPO JAARVERGADERING 20 MEI 2015

Bloubuffelgras (Cenchrus ciliaris)

1. Gee TWEE voorbeelde van elk:

KAN N MIELIE MET N HAMBURGER KRAGTE MEET? DEUR DR PHILIP THEUNISSEN COMPUTUS BESTUURSBURO

Die klimaat van SA: Temperatuur

KAN MIELIES WINSGEWEND GEPRODUSEER WORD? DEUR DR PHILIP THEUNISSEN COMPUTUS BESTUURSBURO

HELPHETTA VERSLAG JULIE 2018

Kwantifisering van risiko in die Oos-Vrystaat droëlandproduksiegebied:

DIE VOEDING VAN VERVANGINGSVERSE, DROË KOEIE EN BULKALWERS

Tankwa Karoo : Augustus 2010 Johan Snyman

Vog in die Atmosfeer en Neerslae

2016 Nuweling eerstejaar en voorgraadse inskrywings: Finale registrasieperiode

Les 11: Tegnologie in die sake-omgewing

Analise van arbeid en kapitaal in die aartappelproduksieproses

SOILL PRODUSENTE NUUSBRIEF

TAAK 3: BEVOLKINGSTRUKTUUR (BL )

Les 14: Entrepreneurskap

Direktoraat Plantwetenskappe

Ingevolge artikel 185 van die Wet op Arbeidsverhoudinge, Wet 55 van 1995, het elke werknemer die reg om nie onbillik ontslaan te word nie.

Willem Burger, Departement van Landbou: Wes-Kaap, Landbou-Ekonoom, Program Ondersteuning van Landbouers, Eden Distrik, George

Oos-Vrystaat kultivarproef onder droëlandtoestande op Warden in 2014/2015 Verwerkingsaartappels

Groepsdruk kan sowel negatief as positief wees. Goeie maats is dié wat n positiewe invloed op jou gedrag het

Die horisontale as verteenwoordig die invoerveranderlike en die vertikale as die uitvoerveranderlike, en die twee asse sny by n gesamentlike nulpunt.

Les 7: Uitdagings vir die Suid-Afrikaanse ekonomie

Watter koek se dele lyk vir jou die grootste? Dis Reg! Die koek wat in 3 dele gesny is se dele is groter as die koek wat in 4 dele gesny is.

SA INKOMSTEVERDIENERS MET R MILJARD ONDERVERSEKER VIR DOOD EN ONGESKIKTHEID

VALS DRAADWURM RIG SKADE AAN Izané Leygonie-Crous

Hoofstuk 5: Ekonomiese sektore

RESPECT 4 U. L e s 1. Jou vermoëns en sommige van jou verwagtinge en drome indentifiseer

Dit is 'n staafgrafiek wat vertikaal rangskik is. Dit toon die verspreiding van 'n bevolking volgens ouderdom en geslag. Gewoonlik is die jonger

Antieke Egipte en die Nylrivier

Handleiding 11. Belangegroepbestuur. GKSA - Belangegroepbestuur

Puricare Onafhanklike Landbou Gevallestudie Greefslaagte, Lichtenburg distrik, 2011

Kliënte kommunikasie - Begroting 2016

Vraag: Vanoggend gehoor van blouoorvarksiekte oor die radio. Kan jy ons meer inligting oor die siekte gee?

HOOFSTUK 5 SAMEVATTING, GEVOLGTREKKING EN AANBEVELINGS

Sentraalbeplande stelsel

Statistieke met een oogopslag

KLASTOETS GRAAD 11. LEWENSWETENSKAPPE: HOOFSTUK 12 Toets 6: Die mens se invloed op die omgewing

Lewensoriëntering Vraestel 12 Graad 6 Totaal: 35

MODULE 3: GEBOUE. Ja. Dit ís n huis. En hierdie is versekering. Eenvoudige, verstaanbare, duidelike versekering.

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

Doel. Agtergrond. Bid dat... Begroting... R1,2 miljoen sal dit moontlik maak dat daar in 2011 met hierdie projek voortgegaan kan word.

Hoe om n goeie Projek Konsep te Ontwikkel. oefeninge

Nasionale Minimumloon: Wie, waar, hoekom en hoe?

CANOLA KULTIVAREVALUASIE: WES- EN SUID-KAAP 2017 PJA Lombard, L Smorenburg en J Strauss

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

Risikoprofielsamestelling op SanPort ipad- app

MAKRO-EKONOMIESE IMPAK VAN DIE WYNBEDRYF OP DIE WES-KAAP

September 2013 No. 55

Oos-Kaap kultivarproef onder besproeiing op Hankey in 2015

FAKTORE WAT LEI TOT DIE VEREENSAMING EN ARMOEDE VAN BEJAARDES

Vraag 1: Wat is bevolkingsdigtheid? Bevolkinsdigtheid is die meting van hoeveel mense daar in n gebied is.

Boer vooruit met Russiese koringluis weerstandbiedende cultivars

????: Eienaar van I Do tydskrif. BESIGHEIDSVERSEKERING Finansiële Onderskrywingsriglyne

Pretoria- 14 Augustus 2011

besigheidsversekering finansiële onderskrywingsriglyne

Caledon en Bredasdorp Gesamentlike Studiegroep Resultate

HOËRSKOOL OOS-MOOT OOS-MOOT RAAD GEDRAGSKODE

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

Leemte in Suid-Afrikaanse lewens- en ongeskiktheidsversekering is steeds benard

Ignition Munt en Die Ignition Netwerk Ontwerp vir Waarde, Volhoubaarheid, en Groei

Geldterugvoordeel. Beskikbaarheid

Wiskundige Geletterdheid. Data Hantering. Opsomming van Data. Kwartiele

eboeke word ontwikkel en gratis verskaf deur die

Goedere in Transito Module 6. Kopiereg Santam Bpk Kursuskode: ASSESS123 / Module 6

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II LEERUITKOMS 3 & 4 LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR

(insluitende nie-dodelike en dodelike metodes) sal mettertyd help om veeverliese te verminder.

Foto-redigering vir sun.ac.za

Maart No. 69 INVLOED VAN ONKRUIDDODERS OP OPVOLGGEWASSE Chris Cumming PNS Konsultant

SSG 564 het 'n aanvanklike regop groeiwyse en redelike stoelvermoë en kan teen 'n plantdigtheid van kg/ha geplant word.

20. Biodiversiteit: die biome van die planeet Aarde

Prysvorming deur vraag en aanbod

Desember 2016 No.73. Canola kultivarevaluasie: Wes- en Suid-Kaap 2016 PJA Lombard, L Smorenburg en J Strauss

Planeet Aarde en daarbuite 1

BEKALKING EN 20 BEKALKING EN KALKSTOWWE

Wiskunde Vraestel 1 Vrae Wiskunde Vraestel 1: Vrae. Kopiereg voorbehou

RESPECT 4 U. L e s 4. Populêre idees verduidelik oor wat ʼn man/seun of ʼn vrou/meisie is en hoe hierdie idees problematies kan wees

Praktiese punte vir Canola produksie Bemesting van Canola Slak- en Insekbeheer Swambeheer Opbrengseffekte Risiko van Canola in kort rotasie.

PPS Siekte- en Permanente ongeskiktheidsvoordeel

SKOOL Eksamen - Gr 7 - EBW 3 Desember 2010

Natuurwetenskappe. 1.Noem alle materie wat bestaan uit klein deeltjies wat atome genoem word? (6) 2.Waaruit bestaan elemente? (6)

OPSIES WANNEER UIT DIENS TREE BY JOU WERK UMBRELLA FUNDS

DAAR S N LIKKEWAAN WAT DIE KOEIE UITSUIP! DEUR DR PHILIP THEUNISSEN COMPUTUS BESTUURSBURO

SA GEMEENTE SENTRALE KERKRAAD (SK) NOTULE VAN DIE VERGADERING TE CITY TEMPLE. Sondag 10 Julie 2011 OM 13:00

Les Plan Twee. Habitats

Transcriptie:

2014 SUID-AFRIKAANSE WYNDRUIFSEISOEN SEISOENSOORSIG (WINTER & LENTE 2013) EN OESVERWAGTINGE Oktober 2013 I. BEDRYFSOORSIG Witroes het vanjaar meer as gewoonlik voorgekom in die na-oes periode en wingerde wat erg besmet was, het vroeër as gewoonlik hul blare verloor. Oor die algemeen was die toestande egter gunstig en blaarval het op die normale tyd plaasgevind, wat gepaard gegaan het met die goeie opbouing van reserwes. Dit was n baie goeie winter met voldoende koue en hoër as gemiddelde reënval. Behalwe vir n warmer periode aan die begin van Julie, was die gemiddelde temperature vanjaar deurgaans laer as die langtermyn gemiddeld. Goeie koue-eenhede is opgebou, wat gunstige uitbot verseker het. Veral in Junie en Augustus het hoër as normale reënval voorgekom. Groot opgaar- en plaasdamme is vol, en die grondwaterinhoud is op volle kapasiteit. Die bedryf het n baie koue September beleef, met verskeie kouefronte wat baie reën en sneeu bring. Uitbot is oor die algemeen 7-10 dae later as normaal. Uitbot was aanvanklik baie goed en egalig, maar die later wingerde het meer ongelyk gebot na n kouefront oor die laaste naweek van September. Omvangryke rypskade het tussen 20 en 23 September langs die Oranjerivier voorgekom. Die aanvanklike groei was ook stadig vanweë die koue toestande en lae grondtemperature. In baie gevalle kon produsente ook nie met spuitprogramme begin nie, aangesien gronde te nat was en dit trekkertoegang onmoontlik gemaak het. Hoë slakbevolkings blyk n probleem in sommige streke te wees. Te oordeel na die 2013 na-oes periode, die winterseisoen, asook die uitkappings- en aanplantingstendense in die streke, word n kleiner oes as die rekordoes van 2013 verwag, maar in die meeste streke sal die seisoenstoestande steeds tot ʼn goeie oes aanleiding gee. Rypskade wat langs die Oranjerivier voorgekom het, gaan wel n redelike impak hê op die streek se produksie. II. STREEKSOORSIGTE Breedekloof (Leon Dippenaar) Die na-oes periode van die 2013-oes was oor die algemeen voordelig vir goeie reserweopbou. Gunstige klimaatsomstandighede en relatief min siektes het daartoe gelei dat blaarval oor die algemeen normaal tot effe laat was vanjaar. Volgens die Klipdrift Weerstasie, Rawsonville, was Junie nat en koud. Die gemiddelde minimum en maksimum temperature was onderskeidelik 0.25 C hoër en 1.2 C laer as die

ooreenstemmende langtermynsyfers. Die reënval van 197 mm was heelwat hoër vergeleke met die langtermyn gemiddeld van 74 mm. Die reënval in Julie was aansienlik laer as normaal, maar dit het deurgaans koud gebly. Al was die gemiddelde nagtemperature ongeveer 2.1ºC hoër as die langtermyn gemiddeld, was die gemiddelde dagtemperatuur sowat 1ºC kouer as die langtermyn gemiddeld. Die reënval van 78 mm was aansienlik laer as die langtermynsyfer van 116 mm. In Augustus was beide die gemiddelde minimum en maksimum temperature 1ºC laer as die langtermynsyfers. Die winterreënval was vanjaar laat, maar het in Augustus opgemaak vir die relatief droër eerste helfte van die winter met 226 mm reënval teenoor die langtermynsyfer van 87 mm. Die winter het dus nat en koud begin, maar was effens droër in Julie, waarna dit weer koud en nat afgesluit het in Augustus. Dit is baie goeie nuus vir die aanvulling van ondergrondse waterreserwes, asook die vol loop van plaasdamme. Voldoende koue-eenhede is tydens die wintermaande geakkumuleer vir normale bot. In September was die reënval van 76 mm ietwat hoër vergeleke met die langtermyn gemiddeld van 48 mm. Beide die gemiddelde minimum en maksimum temperature van 6 C en 19 C was effens laer as die langtermyn gemiddeldes van onderskeidelik 8 C en 22 C. Die wingerde het grotendeels op die normale stadium gebot. Dit was veral Chardonnay wat weer eens baie mooi en egalig gebot het vanjaar. Dit het egter aanvanklik voorgekom of lootgroei nie so geil was nie. Dit is amper n identiese toestande as gedurende die lente van 2012, en die ietwat koeler klimaat in September en Oktober kan weer n verklaring hiervoor wees. Egalige lootgroei is verder kenmerkend vanjaar en die lote bot meestal op die draers. Geen probleme word sover in terme van siektes opgetel nie. Dit wil egter voorkom of slakke vanjaar weer problematies sal wees. Wingerdstand-statistiek (SAWIS) Die totale wingerdstand vir die Breedekloof soos op 31 Desember 2012 beloop 12 766 ha waarvan 8 179 ha (64%) wit druiwe en 4 588 ha (36%) rooi druiwe is. Die totale hektare in November 2008 het 12 248 ha beloop, waarvan 8 106 ha wit en 4 142 ha rooi was. Daar was dus n netto toename van 518 ha oor hierdie vier jaar periode, waarvan wit druiwe met 72 ha en rooi druiwe met 445 ha toegeneem het. Met inagneming van die 2013 aanplantings word n toenemende groei in rooi druiwe vorentoe verwag, waarna die rooi na verwagting sal begin stabiliseer en die wit kultivars weer begin toeneem. Dit wil voorkom of die groeitendens in Pinotage gaan voortduur. Daar is ook weer bietjie oplewing in Ruby Cabernet- en Shiraz-aanplantings. Cabernet Sauvignon-aanplantings is baie laag en die ouderdomsamestelling van hierdie kultivar begin na die ouer kant toe neig. ʼn Afname kan dus binnekort in Cabernet Sauvignon verwag word. Aan die wit kant het die wingerdstand van Colombar en Chenin blanc die grootste groei getoon van 2008 tot 2012, gevolg deur Sauvignon blanc en Chardonnay. Dit wil ook voorkom of Chenin blanc die wydste aangeplant word, terwyl Sauvignon blanc-aanplantings n dalende tendens volg. 2

Op hierdie stadium lyk die uitbotpersentasie baie goed. Die persentasie blomtrosse per loot lyk ook redelik normaal. Die weersomstandighede in die blom- en setperiode kan egter nog n groot invloed op die oes hê. Aanplantings kan n positiewe rol speel met veral n hele klomp jong Chenin blanc- en Colombar-aanplantings wat in drag kom. n Groot aantal Pinotage-wingerde kom in drag, wat n positiewe effek op die oes aan die rooi kant kan hê. Wingerdpraktyke word ook oor die algemeen aangepas om verhoogde drag uit die wingerde te kry. Die ouderdomsamestelling, met n groter wordende persentasie ouer wingerde, kan egter moontlik weer n negatiewe uitwerking hê. Daar bestaan twyfel of die distrik by die rekordoes van 2013 gaan uitkom, maar ek dink ons kan steeds na n bogemiddelde oesgrootte uitsien. Klein Karoo (Johannes Mellet) Die meeste wingerde het hul blare lank genoeg na-oes behou vir die opbou van reserwes. Met druk op die beskikbaarheid van kelderspasie laat in die seisoen, is laat blokke Colombar n week of twee na optimale rypheid gepars. Hierdie blokke het moeilik met oesmasjiene gepars en baie blare is tydens en net na oes verloor. Temperature was laag genoeg om dormansie volledig op te hef. Mei was gemiddeld 1 C kouer, Junie normaal en Julie ongeveer 1 C warmer as die afgelope paar seisoene. Reënval was bogemiddeld vir April en Junie, maar ondergemiddeld vir Mei en Julie. Totale reënval vanaf April tot Julie is na aan gemiddelde reënval vir die gebied, alhoewel dit baie minder was as die vorige seisoen. Die meeste groot damme in die gebied het nog oordragwater van die vorige seisoen. Damme is op effens laer vlakke as verlede jaar die tyd, maar die meeste damme is steeds tussen 70% en 95% vol. Die lente het baie koud begin. Die gemiddeld vir September is ongeveer 1 C kouer as normaal. Reënval was hoër en verdamping laer. Bot was later en wingerd het stadig gegroei vanweë koeler weerstoestande. Die volgorde van bot het min of meer soos verwag voorgekom. Bot is meestal baie gelyk, met die enigste uitsonderings by Shiraz en jong wingerde. Bot is hoofsaaklik op draers, wat suier baie makliker maak. ʼn Matige hoeveelheid knoppiesblaar, knopmyt en slakke kom voor. Onkruide is nie vanjaar n probleem nie. Wingerdstand-statistiek (SAWIS) Soos in die res van Suid-Afrika, word in die Klein Karoo ook minder wingerde aangeplant as wat nodig is om ons bestaande hektare te vervang. Wingerdoppervlak daal met ongeveer 3% per jaar. Uitkappings het egter afgeneem en daar is n hernieude belangstelling in die aanplant van wingerd. 3

Oor die algemeen word baie meer wit as rooi aangeplant. Chenin blanc, Colombar en Hanepoot is die mees aangeplante wit kultivars. Ruby Cabernet en Shiraz is die mees aangeplante rooi kultivars. Met nuwe aanplanting word kultivars, klone, onderstokke, grond en prieelstelsels sorgvuldig gekies vir beter produksie as in die verlede. Dit is dus moontlik om met minder wingerde steeds goeie produksies te handhaaf. Wyndruifproduksie het vanaf 13.2 ton/ha in 2008 gestyg na 17.5 ton/ha in 2013. Hektare het effens afgeneem, maar nuwe aanplantings sal na verwagting beter produseer. Tros-inisiasie in die vorige seisoen het baie goed verloop met November en Desember se warmer as verwagte temperature, voldoende grondvog en sterk groeikrag. Die winter het voldoende reënval en koue gehad. Bot was baie gelyk en later as normaal. Tans lyk grondvog baie goed, met voldoende besproeiingswater beskikbaar. Reënval was egter laer as die vorige seisoen. n Goeie, maar effens kleiner oes word verwag as die rekordoes van 2013. Olifantsrivier (Gert Engelbrecht) Die tydperk van na-oes tot blaarval het normaal verloop met geen ontydige/vroeë blaarval nie. Blare het dus lank genoeg gesit vir goeie opbou van reserwes. Daar was wel enkele gevalle van blokke wat witroes gehad het en wat tot vroeë blaarval aanleiding gegee het, maar dit was in die minderheid. Verder is geen probleme waargeneem nie. Die opbou van koue-eenhede in die winter van 2013 was soos verlede jaar baie goed en ver bo die langtermyn gemiddeld. Tot en met die einde van September 2013 het die streek reeds die langtermyn jaarlikse gemiddelde reënval bereik, met drie maande oor van die jaar waartydens nog reën kan val. Kouer as normale, bewolkte weer het vir n groot deel van September geheers. Oktober het afgeskop met mooi warm weer. Die wingerde bot oor die algemeen mooi egalig, vanweë die opbou van goeie koue-eenhede in die winter. Dit bot wel later as gewoonlik weens koue September-toestande. Die rivier, wat kort-kort afkom, keer dat produsente hul laagliggende wingerd klaar kan snoei. Hierdie blokke begin nou ook uitbot op die lootpunte. Aanvanklike lootgroei van die blokke wat vroeg gebot het, was ook stadig vanweë September se koue weer. Daar is egter geen probleme met die aanvanklike lootgroei nie. Geen siektes en plae is tot dusver opgemerk nie. Die beheer van slakke bied wel uitdagings vir baie produsente. 4

Wingerdstand-statistiek (SAWIS) Die totale stand dui op n jaarlikse gemiddelde groei van 50 ha per jaar vir die laaste drie jaar. Aan die wit kant word Steen en Colombar geplant, en by die rooi is dit Pinotage wat die meeste geplant word, met Shiraz en Cabernet wat uitgekap word. Met massadraers wat tans voorkeur geniet as dit by aanplanting kom (wit en rooi), voorspel ons dat die oeste vir die volgende drie jaar nog altyd baie groot sal wees indien dit nie 2013 se rekordoes verbysteek nie. Met 2013 se groot oes is dit moeilik om te dink dat die Olifantsrivier weer so n groot oes in 2014 kan behaal. Die goeie tros-inisiasie periode gedurende verlede jaar, aanplantings- en uitkappingstendense en die goeie opbou van koue-eenhede maak nog n groot oes in 2014 weer ʼn werklikheid; tyd sal wel leer. Daar is nog baie wat moet gebeur en die invloed van die rivier wat deurentyd afkom is ook nog onbekend. Oranjerivier (Henning Burger) Die eerste werklike koue weerstoestande het eers teen einde Mei 2013 voorgekom. Dit was van korte duur en het nie gepaardgegaan met ryp nie. Blaarval het teen middel Junie aanvang geneem. Aangesien dit baie droog was gedurende die oesperiode en na-oes was siektedruk baie laag. Witroes het beperk voorgekom. Wydverspreide reën het aan die begin van Julie oor die hele laer Oranjerivier-gebied voorgekom. Gemiddelde dag- en nagtemperature was tot einde Julie heelwat hoër as verlede winter. Augrabies se koue-eenhede het voorbeeld teen einde Julie vanjaar op 266 gestaan, teenoor verlede jaar se 332 koue-eenhede. Humiditeitsvlakke was egter hoër as verlede jaar met baie dou wat in die oggende voorgekom het. Skoonsnoei van wingerde het in Junie aanvang geneem en stompsnoei in Julie. Konstante lae temperature het gedurende Augustus voorgekom. Jong stokke aangeplant in die vorige jaar, veral Merbein Seedless, het gevrek weens koueskade. Baie koue-eenhede het opgebou gedurende Augustus, maar die totale koue-eenhede vir 2013 was laer as in 2012. Bot het teen 14 September in die vroeër wyndruifkultivars begin ongeveer twee weke later as in 2012. Die egalige bot en goeie uitbotpersentasie was opvallend op die meeste kultivars. Die uitbotpersentasie op langdraer gesnoeide wingerd was besonder goed. Vrugbaarheid is goed op die meeste kultivars met beide Colombar en Chenin blanc wat in die meerderheid van gevalle dubbeltrosse vertoon. Wydverspreide rypskade het egter voorgekom op wingerde in die laer Oranjerivier-gebied weens die laagste gemiddelde minimum temperature op 22 en 23 September oor die afgelope 126 jaar. Temperature so laag as -10 C is 22 September gemeet by sekere liggings. Skade het voorgekom vanaf Groblershoop in die ooste tot so ver as Blouputs in die weste. Rypskade is nie n onbekende faktor in die laer Oranjerivier-gebied nie gewoonlik kom daar jaarliks op wisselende liggings (dikwels laerliggende blokke in die gebied van Groblershoop tot Kanoneiland) n beperkte mate van rypskade voor. Verlede jaar byvoorbeeld het heelwat rypskade voorgekom in oostelike areas van die Oranjerivier-gebied. Nogtans is baie goeie oeste gerealiseer, veral wat dubbeldoel-kultivars soos Sultana en Merbein Seedless betref. 5

Die omvang en gebied geaffekteer deur rypskade oor die naweek van 20-23 September 2013 is baie lanklaas (indien ooit) in hierdie gebied ervaar. Selfs sekere tafeldruifblokke op buitegronde in die Augrabies- en Blouputs-gebiede toon erge tekens van rypskade n aspek wat ek in my tien jaar as wingerdboukundige in hierdie gebied nog nooit gesien het nie. Rypskade het gewissel van area tot area, ligging tot ligging en van kultivar tot kultivar. In kort kan egter genoem word dat kultivars wat die verste uitgebot was teen 22 September, die meeste skade opgedoen het. In hierdie opsig is dit duidelik volgens besoeke aan die onderskeie produksie-areas, dat Sultana Seedless by verre die meeste skade opgedoen het. Die skade op wyndruifkultivars en Merbein Seedless was meer beperk, aangesien die meeste blokke in die proses was om te bot. Slegs oë wat reeds ten volle uitgebot was, is totaal doodgeryp. Dis egter n ope vraag tot watter mate oë beskadig is wat reeds wollerig was. Dikwels bot hierdie oë uit, maar gooi later hul trosse af. Die rypskade gaan heelmoontlik aanleiding gee tot aansienlike inkomste-verliese vir veral droogdruif- en tafeldruifprodusente en in n mindere mate vir wyndruifprodusente. Die meeste produsente het egter n kombinasie van meer as een van hierdie bedrywe, en gevolglik sal die meeste produsente in n meerdere of mindere mate geaffekteer word. Soos vir Merbein Seedless het die oorgrote meerderheid wynduifblokke nog nie uitgebot nie of was dit in baie vroeë stadiums van bot. Dit was die hoofrede vir die beperking van skade op wyndruiwe. Daar is egter verskeie wyndruifblokke op vroeë liggings wat steeds erg deurgeloop het onder die ryp. Die skade op Chenin blanc-blokke was meer as op Colombar-blokke weens die vroeër botdatum van Chenin blanc. Die herstelvermoë van wyndruifkultivars is oor die algemeen baie goed. Kompensasie is veral goed indien skade vroeg na uitbot voorkom, soos wat dit in hierdie jaar die geval was. Wat egter baie verblydend is, is dat die uitbotpersentasie op wyndruiwe hierdie jaar baie goed lyk, veral op langdraer gesnoeide blokke, met 2-3 trosse op elke loot. Soos vir Merbein Seedless is dit nie tans duidelik tot watter mate wollerige oë beskadig is nie. Dag- en nagtemperature het aansienlik begin styg vanaf die eerste week van Oktober. Geen reën het tot dusver in die lente-periode voorgekom nie en die langtermyn weervoorspelling toon ook nie n kans vir reën in die nabye toekoms nie. Geen siektes of plae is tot op hede aanwesig nie. Wingerdstand-statistiek (SAWIS) Die aanplantings van wyndruiwe vir 2010, 2011 en 2012 was meer as die uitkappings, maar in 2013 word verwag dat die uitkappings heelwat meer as die aanplantings sal wees. Die hoof rede hiervoor is die bloeitydperk wat die rosyntjiebedryf tans beleef in die Oranjeriviergebied, asook die finansiële druk waaronder produsente verkeer weens die vloed van 2011 en die groot styging in minimumlone. Produsente plant dus eerder tradisionele rosyntjie-kultivars soos Merbein, of nuwe rosyntjie kultivars soos Selma Pete aan, ten koste van wyndruifaanplantings of plant eenvoudig glad nie aan nie. Die wyndruifkultivars wat hoofsaaklik uitgekap word, is ou, onproduktiewe kultivars soos Chenel, Raisin blanc, Clairette blanche en ouer Colombar. Baie ou, onproduktiewe Sultana Seedless word ook uitgehaal. Die kultivars wat die grootste bydrae gemaak het tot aanplantings in 2013 was Chenin blanc en Wit Muskadel. Aangesien die uitkappings meer as aanplantings was, gaan dit in die toekoms tot n afname in totale ontvangste van wyndruiwe in die gebied beteken. Dit plaas druk op eenheidkoste n aspek wat indringend aangespreek moet word. 6

Volgens Oranjerivier Kelders se statistiek is daar tans 4 000 ha produserende wyndruifkultivars (ouer as 2 jaar) aangeplant in die gebied. Die huidige skatting is dat die gemiddelde rypskade 10-15% oor die totale aanplantings in die gebied is (Let daarop: dit is die skatting vir totale aanplantings en kan wissel van gebied tot gebied). Oranjerivier Kelders verwag ʼn laer inname as in 2013. Heelwat tafeldruiwe word gelewer in die sapdivisie by dié kelder. Aangesien wydverspreide rypskade ook op tafeldruifblokke voorgekom het, veroorsaak dit groot onsekerheid oor die hoeveelheid tafeldruiwe wat in 2014 gelewer sal word. Paarl (Hanno van Schalkwyk) Die Paarl-gebied het oor die algemeen n nat April beleef, wat gesien kon word in die blare wat baie lank behoue gebly het. By die Fairview-weerstasie is vanjaar 75 mm reënval gemeet, teenoor die langtermyn gemiddelde van 46 mm. Aangesien aktiewe fotosinterende blare nodig is om die na-oes bemesting tot koolhidrate te verwerk, kan dit aanvaar word dat die opbou van reserwes in die wingerdstok vanjaar gunstig kon plaasvind. Die voorkoms van witroes was groter as gewoonlik in die na-oes periode en wingerde wat erg besmet was, het hul blaar-aktiwiteit vroeër verloor. Na die goeie reëns van April, was die eerste deel van Mei besonders droog wat n beduidende negatiewe uitwerking op die stand van dekgewasse gehad het. Junie en veral Augustus was besonders koud en nat, met onderskeidelik 145 mm (langtermyn gemiddeld 107 mm) en 238 mm (langtermyn gemiddeld 101 mm) wat by Fairview-stasie gemeet is. Geakkumuleerde koue-eenhede gedurende einde Mei en Junie was tussen 42% en 67% hoër as die langtermyn gemiddeld (volgens IGKW-data) vir geselekteerde stasies. Daar kan dus aanvaar word dat daar aan die koue-behoefte van wingerd voldoen is, wat n goeie basis vir gelyke uitbot skep. Gemiddelde minimum en maksimum temperature gedurende die winter was laer as die langtermyn gemiddeld, behalwe gedurende Julie waartydens die gemiddelde minimum temperature effens hoër was. Die vlakke van besproeiingsdamme lyk baie gunstig en grondvogvlakke is tot veldkapasiteit aangevul. Die bogemiddelde koue en nat toestande gedurende Augustus het in September voortgeduur, wat n groot invloed op botdatums gehad het. Daar is byvoorbeeld 103 mm by Fairview-stasie gemeet teenoor die langtermyn gemiddeld van 63 mm vir September. Wingerde wat vanjaar met rusbrekende middels behandel is, het op redelike normale tye gebot, maar die oorgrote meerderheid wingerde het 7-10 dae later as normaal gebot, afhangend van wingerd ligging en kultivar. Die bot is redelik egalig, maar volgehoue koue omstandighede na bot het stadige aanvanklike lootgroei veroorsaak en tot op hede was daar min warm dae wat lootgroei versnel het. Die nat toestande gedurende die lente was sover baie gunstig vir die voorkoms van streepvlek, maar op hierdie stadium word geen simptome nog waargeneem nie. Die uiters nat grondtoestande bemoeilik die toediening van veral die kritieke, vroeë witroesspuite. 7

Slakke kom soos gedurende die vorige seisoen in baie groot hoeveelhede voor op nuwe lootgroei en is problematies, maar word effektief beheer. Duisendpote kom ook in sekere gebiede in groot getalle voor en vreetskade is waargeneem. Onkruide is op hierdie stadium redelik goed onder beheer, maar die uitwas van vooropkomsdoders mag vorentoe probleme skep. Weerstandbiedende vaalskraalhans en raaigras bly in sekere areas n groot kopseer. Wingerdstand-statistiek (SAWIS) Volgens SAWIS-statistiek is 272 ha wyndruiwe in 2012 aangeplant. In dieselfde tydperk is 651 ha egter uitgekap, wat n afname van 379 ha in die totale stand beteken. Uitkappings van 542 ha en aanplantings van slegs 247 ha gedurende 2011 het die totale stand met 295 ha laat krimp. n Afname van 286 ha is ook in 2010 aangeteken met aanplantings en uitkappings van onderskeidelik 293 ha en 579 ha in die Paarl-streek. Vanaf 2010 tot 2012 het die totale wingerdstand met 2.2% tot 16 202 ha gedaal wat 16.2% van Suid-Afrika se totale wyndruif wingerdstand behels. Die kultivars wat hoofsaaklik die afgelope drie jaar aangeplant is, is Shiraz en Pinotage aan die rooi kant en Chenin blanc en tot n mindere mate Sauvignon blanc en Chardonnay aan die wit kant. Produsente plant hoofsaaklik volgens hul markbehoefte aan, maar het beslis meer bewus begin raak van die produksie-potensiaal van kultivars. Gedurende die tros-inisiasie periode in die vorige seisoen (Oktober - November) het periodes van nat en koue weersomstandighede voorgekom, wat n negatiewe effek op vrugbaarheid kon hê. Die later botdatum vanjaar bevorder die waarskynlikheid dat gunstige weersomstandighede tydens blom en set kan voorkom, wat n deurslaggewende rol in die oesgrootte sal speel. Die beskikbaarheid van besproeiingswater is gunstig, en indien produsente hul wingerde goed beskerm teen die moontlike voorkoms van peste, plae en swamsiektes gedurende die groeiseisoen, behoort n goeie oes behaal te word. Dit blyk egter dat die totale grootte van die oes afwaarts beïnvloed sal word oor die langer termyn, indien die daling van die wingerdstand in die streek voortduur. Robertson (Hennie Visser) Die wingerd se blare het op die normale tyd geval. Daar was egter heelwat blokke waarvan die blare baie vroeg geval het vanweë laat witroesinfeksies. Dit het laer reserwe-opbou van daardie blokke tot gevolg gehad. Min plae het in die na-oes periode voorgekom, maar daar was wel enkele witluis-uitbrake. Winter(Junie Augustus) Robertson het n goeie, koue winter gehad. Die koue het laat gekom, maar volgens die hipotese vir die opheffing van dormansie was die koue in die kritiese periode (middel Mei tot middel Junie) genoegsaam om te voldoen aan die wingerd se koue-behoefte. Goeie reënval het ook in die Robertson-vallei voorgekom gedurende die wintermaande. Die totale reënval gedurende die wintermaande was 143 mm, wat 42% hoër is as die langtermyngemiddeld vir Robertson. Lente (September) Kultivars wat vroeg bot, het op die normale tyd gebot, en selfs n paar dae vroeër. Daar het egter baie koue en reën met gepaardgaande sneeu op die berge voorgekom. Hierdie koue het die bot van wingerde wat nog nie gebot het nie, vertraag. Aanvanklike lootgroei is ook 8

stadig vanweë die koue weer en lae grondtemperature. Wingerde bot baie gelyk. Daar is egter uitsonderings, met blokke wat vroeë blaarverlies gehad het weens witroes, wat onegalig bot. Geen siektes het tot dusver voorgekom nie. Knoppiesblaar-simptome kom reeds op Chardonnay en Chenin blanc voor en slakke is problematies. Enkele gevalle van rypskade is ook aangemeld, maar die omvang blyk gering te wees. Wingerdstand-statistieke (SAWIS) Die totale wingerdstand in die Robertson-wynvallei het oor die afgelope drie jaar met ongeveer 150 ha toegeneem. Dit is baie opvallend dat die totale wit hektare met ongeveer 350 ha verminder het en die totale rooi hektare met 500 ha vermeerder het oor die afgelope drie jaar. Die persentasie rooi hektare het dus toegeneem teenoor die persentasie wit hektare. Wit kultivars wat gedurende die afgelope drie jaar die meeste aangeplant is in afnemende volgorde, is Colombar, Chenin blanc en Sauvignon blanc. Rooi kultivars wat die afgelope drie jaar die meeste aangeplant is in afnemende volgorde, is Pinotage, Shiraz en Cabernet Sauvignon. Alhoewel n netto toename in totale hektare voorgekom het, word 5% (vir 20 jaar lewensverwagting) van die bestaande hektare nie jaarliks aangeplant nie. Dit beteken dat die gemiddelde ouderdom van die wingerde toeneem. Ouer wingerde lewer laer opbrengste en daar is n risiko dat groot hoeveelhede hektare in n kort tyd uitgekap moet word as daar nie meer winsgewend met daardie ouer blokke geboer kan word nie. Koeler weer is in Oktober ervaar met normale temperature in November, in die tros-inisiasie periode. n Bogemiddelde oes, soos die afgelope twee jaar, word steeds verwag. Redes vir hierdie verwagting is die goeie winterreën, met voldoende koue. Daar is ook steeds n netto toename in hektare in die Robertson-vallei en die kultivars wat die meeste gevestig word, is dié wat hoër produksies lewer. Produsente poog ook steeds om produksie te verhoog met alternatiewe prieelstelsels, snoeistelsels en boerderymetodes. Stellenbosch (Conrad Schutte) Die blaarval-tydperk was normaal en kan onder andere toegeskryf word aan genoegsame water in besproeiingsdamme tydens die na-oes periode. Produsente kon dus genoegsame na-oes besproeiing toepas, wat n positiewe bydrae gelewer het tot die behoud van blare en opbou van reserwes. Daar het wel uitsonderings in die streek voorgekom. Verskeie wingerde het reeds tydens pars weens die hoë witroes druk vanjaar hul blare vroeg verloor. In teenstelling hiermee is wingerdblokke geïnfekteer met rolbladvirus en het soos verwag hul blare later as gesonde blokke verloor. Aan die begin van die winter die laaste twee weke van Mei en die eerste twee weke van Junie het 10 agtereenvolgende dae voorgekom wat aan die teoretiese koue behoeftes van die wingerd voldoen. Die koue-eenhede gedurende hierdie periode was beter as die langtermyn gemiddeld maar wel laer as die vorige seisoen. Die Stellenbosch-streek het n uitsonderlike nat winter beleef. Volgens die weerstasie by Helderfontein (geleë tussen Nietvoorbij en Infruitec) het reënval in die gebied die 48-jaar gemiddeld met 159 mm oorskry van Junie tot Augustus. Gemiddelde minimum temperature was noemenswaardig kouer as die langtermyn gemiddeld, met die uitsondering van Junie waartydens temperature bo die gemiddeld was. 9

Tot op hede was die lente koud en nat met gemiddeld 42 mm meer reën gemeet by die bogenoemde weerstasie in September. Teen die einde van September was die streek reeds 250 mm bo die gemiddelde jaarlikse reënval. Besproeiingdamme is vol en die groot opgaardamme in die streek (Steenbras en Theewaterskloof) is meer as 100% vol. Die lente is ook gekenmerk deur gemiddelde minimum en maksimum temperature wat onderskeidelik 1.4ºC en 1.8ºC laer was as die langtermyn gemiddeld. Bot was vanjaar ongeveer 1 2 weke later as normaal, afhangend van die ligging van die wingerd en die kultivar. Die bot was oor die algemeen egalig met die uitsondering van sommige blokke Sauvignon Blanc en Shiraz in die streek. Koue en nat omstandighede gedurende bot het tot stadige inisiële lootgroei aanleiding gegee. Die eerste warm sonskyndae gedurende die eerste week van Oktober het egter die situasie verander en versnelde lootgroei is waargeneem. Vanweë die nat toestande kom slakke in baie groot hoeveelhede voor op nuwe lootgroei; dit is problematies, maar word tans effektief chemies beheer. Die voorkoms van knopmytsimptome is kommerwekkend aangesien dit voorkom of die simptome meer geredelik waargeneem word in die afgelope twee seisoene. Nuwe produkte is egter beskikbaar, wat tans ingespan word om die voorkoms en verspreiding te beheer. Krompokkel-aktiwiteit is opgemerk in die Simonsberg- en Grabouw-areas, alhoewel geen noemenswaardige skade opgemerk is nie. Huidige nat toestande is ook baie gunstig vir die voorkoms van swamsiektes en meeste produsente tree voorkomend op met swamsiektebeheer programme. Alhoewel onkruid-druk hoog is, word dit op hierdie stadium goed beheer, aangesien die koel temperature stadige groei meebring. Wingerdstand-statistieke (SAWIS) Die Stellenbosch-streek maak steeds die grootste bydrae in terme van totale aangeplante wyndruif-hektare, en beloop bykans 17% van Suid-Afrikaanse aanplantings. Gedurende die 2011/2012-seisoen is 114 ha wyndruiwe aangeplant. Wit kultivars het 33 ha (28%) daarvan beslaan. Hierdie wit aanplanting het hoofsaaklik bestaan uit Chenin Blanc (13 ha), Sauvignon Blanc (11 ha) en Chardonnay (5 ha). Die rooi kultivars het 82 ha (71%) van die totale aanplantings opgemaak hoofsaaklik Cabernet Sauvignon (23 ha), Pinotage (13 ha), Merlot (11 ha), Shiraz (8 ha), en Pinot Noir (8 ha). Sowat 624 ha wingerde is egter uitgekap. Die area wit kultivars wat verwyder het 270 ha beloop, insluitend Sauvignon Blanc (105 ha), Chenin Blanc (69 ha), Chardonnay (56 ha), Cape Riesling (12 ha), Colombar (8 ha) en Semillon (5 ha). Sowat 354 ha uitkappings, insluitend rooi, bestaande uit Cabernet Sauvignon (175 ha), Merlot (76ha), Shiraz (46 ha), Pinotage (16 ha), Cinsaut (2 ha). Uit die bogenoemde blyk dit dat die tendens voortduur vanaf die vorige seisoen, waartydens meer wingerde uitgehaal is as wat aangeplant is. Gedurende 2011/2012-seisoen is 510 ha wyndruiwe meer verwyder as wat aangeplant is, vergeleke met die 298 ha van die vorige seisoen. Min reëndae het gedurende die tros-inisiasie periode van die vorige seisoen (Oktober November) voorgekom, maar temperature was veral in Oktober kouer. Tans is waarneembare trosgetalle egter positief in die vroeër kultivars. Gunstige 10

weersomstandighede, veral tydens die blom/set-periode, sowel as produsente se bestuursinsette teenoor die voorkoms van peste en swamsiektes, sal n deurslaggewende rol speel in die verwagte oesgrootte. Tot dusver het die winter en lente se weerstoestande n positiewe bydrae gelewer en behoort n goeie oes verhaal te word. Die Stellenboschstreek het in 2013 n rekord oesgrootte behaal en wingerde sal heel moontlik nie weer sulke produksies kan gee nie. Die toenemende daling van wingerdstand in die streek sal na verwagting saam met hierdie faktore bydra tot n kleiner oes in 2014. Swartland (Hanno van Schalkwyk) Die droë winters van 2010 en 2011 het n groot negatiewe impak op die na-oes periodes van 2011 en 2012 gehad en vroeë blaarverlies was aan die orde van die dag. Die goeie, nat en koue winter van 2012 en die reëns tydens April vanjaar het toestande geskep vir blare om lank behoue te bly om reserwes vir die komende seisoen op te bou. Die Riebeeksrivier weerstasie het byvoorbeeld 98 mm reënval gedurende April gemeet. Enkele gevalle van witroes tydens die na-oes periode het tot vroeë blaarval gelei. Na die goeie reëns van April, was die eerste deel van Mei besonders droog die eerste noemenswaardige reëns het eers teen 26 Mei voorgekom wat n beduidende negatiewe uitwerking op die stand van dekgewasse gehad het. Junie was besonders koud en nat met 194 mm wat by Riebeeksrivier gemeet is en die opbou van 233 koue-eenhede (volgens die Richardson-model). Dit kan aanvaar word dat voldoende koue verkry is om aan die behoefte van die wingerde te voldoen. Die totale reënval van Junie tot Augustus is onderskeidelik as 531 mm en 353 mm by die Riebeeksrivier- en Schaapkraal-weerstasies gemeet. Die vlakke van besproeiingsdamme lyk baie gunstig en grondwatervlakke is tot veldkapasiteit aangevul. September was oor die algemeen baie koud en nat. Bot is vanjaar baie laat; selfs later as in 2012 wat reeds later as normaal was. Vroeë wingerde wat reeds gebot het, het lank stilgestaan weens die koue, nat weerstoestande. Die kultivars gaan vanjaar heelwaarskynlik meer gelyk wees in hul groeistadiums as normaal. Die nat toestande gedurende die lente is baie gunstig vir die voorkoms van streepvlek, maar op hierdie stadium word nog geen simptome waargeneem nie. Die uiters nat grondtoestande bemoeilik die toediening van veral die kritieke, vroeë witroesspuite. Slakke kom soos in die vorige seisoen in baie groot hoeveelhede voor op nuwe lootgroei en is problematies, maar word effektief beheer. Duisendpote kom ook in sekere areas in groot getalle voor en vreetskade is waargeneem. Onkruide is op hierdie stadium redelik goed onder beheer, maar die uitwas van vooropkomsdoders mag vorentoe probleme skep. Weerstandbiedende vaalskraalhans en raaigras bly in sekere areas n groot kopseer. 11

Wingerdstand-statistieke (SAWIS) In die Malmesbury-streek is onderskeidelik 345 ha, 441 ha en 591 ha gedurende daar tydens 2010, 2011 en 2012 uitgekap, terwyl slegs 99 ha, 218 ha en 241 ha gedurende dieselfde tydperk aangeplant is. Vanaf 2010 tot 2012 het die totale wingerdstand met 3.5% tot 13 730 ha gedaal, wat 13.7% van Suid-Afrika se totale wyndruif-wingerdstand beslaan. Nuwe aanplantings die afgelope drie jaar is aan die wit kant deur Chenin blanc oorheers met kleiner hoeveelhede Chardonnay, Sauvignon blanc, Pinot gris en Hanepoot wat gevestig is. Die vernaamste rooi kultivars wat aangeplant is, bestaan hoofsaaklik uit Pinotage en Shiraz, met Cabernet Sauvignon, Touriga nacional, Mourvèdre, Grenache noir en Pinot noir wat ook gevestig is. Produsente stel toenemend in kultivars belang wat onder droë toestande steeds goed kan produseer. Die baie goeie koue en nat winter van 2013 het veroorsaak dat die grondvogvlakke tot veldkapasiteit aangevul is, wat vir n waterskaars area van groot belang is. Opgaardamme se vlakke lyk ook die beste wat dit in jare was. Dit, tesame met die positiewe invloed van die goeie na-oes periode, laat die hoop vir n goeie oes ontstaan. Die afname in produserende hektare sal egter oor die lange duur oesdalings veroorsaak, mits hierdie tendens voortduur. Worcester (Pierre Snyman) Dit was ʼn relatief goeie na-oes periode met laat blaarval. Goeie koue het einde Mei, begin Junie voorgekom, met ʼn neerslag van meer as 60 mm wat aangeteken is. Die eerste sneeu het ook in dié tyd geval. Min siektes het voorgekom, met witroes wat sporadies op die blare van sommige blokke waargeneem is. Dit was ʼn baie goeie winter met goeie neerslae wat met regte Kaapse storms gepaard gegaan het. Reënval van onderskeidelik 54 mm, 18 mm en 71 mm is gedurende Junie, Julie en Augustus gemeet by die Nuy-weerstasie. (Die weerstasie beskik oor geen langtermynsyfers nie.) Die koue-eenhede vir dié periode was ook meer as voldoende om goeie dormansie en uitbot te verseker. Dit was ʼn baie koue lente. Die wingerde het vroeër gebot as verlede jaar, maar het stadig gegroei vanweë die voortdurende koue weer. Die sneeu het tot einde September steeds dik op die omringende berge gelê. Geen berigte van rypskade is tot dusver vanuit die streek ontvang nie. Die bot was oor die algemeen egalig, met Shiraz wat steeds sy onegalige patroon gevolg het. Die aanvanklike groei was effens traag. Die enigste siekte of plae wat waargeneem is, is knopmytskade. Hierdie is en bly steeds ʼn kommerwekkende verskynsel wat tot groot oesverliese kan lei. Knoppiesblaar blyk ook ʼn groot probleem sommer met die wegtrek van die seisoen te wees. Die jong blare van veral Sauvignon blanc is oortrek met knoppiesblaar-simptome. 12

Wingerdstand-statistiek (SAWIS) Die totale wingerdstand het sedert 2010 met 88 ha gegroei tot 8 736 ha in 2012, waarvan rooi kultivars ʼn derde beslaan en wit kultivars twee derdes. Sowat 350 ha wingerd is in 2012 uitgekap teenoor 264 ha aanplantings, teenoor 340 ha uitkappings en 274 aanplantings in 2011. Nagenoeg 77% van die totale uitkappings was rooi, en 67% van alle aanplantings was rooi. Pinotage (30 ha), Shiraz (24 ha), Pinot Noir (12 ha) en Ruby Cabernet (10 ha) die rooi aanplantings gedomineer het, en Chenin blanc (55 ha), Colombar (65 ha) en Muscat du Frontignan (11 ha) die mees aangeplante wit kultivars was. In 2011 is 275 ha wingerd aangeplant wat in 2014 in drag sal kom, maar ongeveer 365 ha wingerde is vanjaar weer uitgekap. Daar word egter wel ʼn netto toename in tonne vir die streek verwag. Snoei word toenemend gemeganiseer, hetsy met ʼn masjien of met hand gesimuleer. Die omvang hiervan is onbekend, maar dit gaan beslis ʼn positiewe effek op die streek se tonnemaat hê. Dit is nog baie vroeg om ʼn skatting te maak op grond van dit wat reeds in die wingerde gesien kan word, maar die algemene gevoel is dat genoeg blomtrosse waargeneem word. Dit is waarskynlik die gevolg van goeie suierpraktyke wat vrugbaarheid positief beïnvloed, matige temperature gedurende die tros-inisiasie periodes, asook goeie koue in die winter. Voorlopig word geskat dat die streek in ag genome al die bogenoemde, weer baie naby aan dieselfde oes as in 2013 gaan kom. * Saamgestel in samewerking met VinPro Konsultasiediens. 13