SOILL PRODUSENTE NUUSBRIEF

Maat: px
Weergave met pagina beginnen:

Download "SOILL PRODUSENTE NUUSBRIEF"

Transcriptie

1 SOILL PRODUSENTE NUUSBRIEF AUGUSTUS 2014 Oor die algemeen kan die meeste areas terugkyk op n goeie landboujaar tot dusver met goeie vog toestande wat voorgekom het. Sekere dele is baie nat (Klipheuwel en Malmesbury veral), maar met die warmer temperature wat meer algemeen sal begin raak behoort die graan sommer vinnig bykom en verbeter. Eendekuil, Moorreesburg en Porterville lyk baie goed tans. Swellendam en Heidelberg is tans baie droog en goeie reën sal baie beteken, veral vir die koring. Die eerste Canola in die Heidelberg distrik is alreeds platgesny en die eerste lewering behoort middel September te wees. Die Napier - Rietpoel - Caledon area is heelwat later en baie Canola is nog in die blom. Bo-gemiddelde opbrengstes word in die area verwag. Inhoud Sclerotinia stamvrot Wanneer moet ek platsny Sclerotinia Die omgewingstoestande die afgelope seisoen tesame met die korter rotasies wat ons sien met Canola het veroorsaak dat die voorkoms van Sclerotinia baie hoog is, veral die Suid- Kaap. In heelwat kampe word daar tot n 30% besmetting waargeneem. LET WEL: MOET NIE SCLEROTINIA MET SWARTSTAM VERWAR NIE, dit is nie dieselfde siekte nie en n vroeë swambespuiting sou nie gehelp het teen Sclerotinia nie. Sclerotinia word veroorsaak deur die fungus Sclerotinia sclerotiorum, die voorkoms van die siekte word vererger deur nat, bedompige toestande asook n geil stand. Selfs nadat die plant die siekte opgedoen het kan omgewingstoestande die opbrengsverlies beïnvloed. In kort word daar gewerk op n opbrengsverlies van die helfte van die persentasie besmetting, byvoorbeeld n kamp met 30% besmetting kan n 15% opbrengsverlies veroorsaak (skatting van 2 ton/ha sal nou 1.7 ton/ha gee). Die simptome is baie maklik om te identifiseer en word beskryf as n vaal/ligbruin verkleuring van die stam van die Canola plant. Die besmetting is gewoonlik bokant n blaar aanhegting. Die hele plant sal later uitdroog aangesien alle sapvloei in die stam afgesny word. Dit is ook hier waar die opbrengsverlies plaasvind aangesien die plante vinnig 1 Bladsy

2 uitdroog en die sade wat wel vorm word uitgewaai deur die wind of deur die platsnyer uitgeslaan. Figuur 1: n Erge besmetting in n kamp naby Swellendam. Figuur 2: Vaal letsel duidelik sigbaar op die stam. 2 Bladsy

3 Figuur 3: Erge infestasie op stam, let op die sclerotia wat reeds gevorm is (probleem vir volgende jaar). Figuur 4: Besmette plant wat reeds uitgedroog is let op die ander plante is nog grasgroen. 3 Bladsy

4 Figuur 5: Apothecia vroeg in die seisoen op die grond oppervlak gevind (Let op die Sclerotia waaruit die Apothecia groei ) Figuur 6: Apothecia op grond (Dit is baie klein omtrent twee vuurhoutjiekoppe groot). Die siekte se siklus word in die diagram van die Canola council of Canada die beste saamgevat: Figuur 7: Siekte kringloop ( 10c-diseases/chapter-10c) Die beheer van die siekte word totaal en al voorkomend gedoen, deur te kyk na die omgewingstoestande (Reënval, Temperatuur, Humiditeit, Plantestand en gewas rotasie met vorige voorkoms van Sclerotinia) kan ingeligte besluite geneem word of dit ekonomies 4 Bladsy

5 regverdig kan wees om te spuit, maar dit bly n voorkomende aksie. In Suid-Afrika is daar twee produkte wat wel geregistreer is naamlik Amistar Xtra en Prosaro 250 EC, raadpleeg die produkte se etikette vir meer besonderhede, maar die optimum tyd vir toediening is tussen 10% en 50% blom. Toedienings buite hierdie periode sal nie ekonomies regverdigbaar wees nie. Platsny Die platsny van Canola op die korrekte stadium is sekerlik een van die besluite wat die grootste impak op jou opbrengs kan hê. Maak dus gereeld n draai by jou kampe as die blomme afgeval het. Deur n paar faktore in ag te neem kan n ingeligte besluit geneem word. Stap deur die land en pluk peule op die hoofhalm aan die onderkant, middel en bokant. Pluk ongeveer 100 peule en maak oop en tel die persentasie sade wat verkleur is. Figuur 8: Kyk na hoofhalm Die Canola plant word van onder af na bo ryp en die sade onder op die hoofhalm sal verder verkleur wees as die aan die bokant. Slegs in die geval van n baie dun stand kan daar na die syhalms ook gekyk word. Die figuur onder dui die duidelike verskille tussen die peule op verskillende dele van die hoofhalm gepluk. 5 Bladsy

6 Boonste Peul Onderste Peul Middelste Peul Figuur 9: Peule op verskillende dele van die hoofhalm gepluk en verskil in saadverkleuring Nadat die peule gepluk is deel die groen en verkleurde peule en bepaal so die persentasie verkleuring, dit is nie nodig om al die saadjies te tel nie, deur die peule te tel sal die aanwysings baie akkuraat wees. Let op by die verkleurde hopie in die diagram onder dat van die peule se sade nog groen is met n effense bruin verkleuring, hierdie peul sal reeds as verkleur tel. Groen vs Verkleur 6 Bladsy

7 Die ideale tyd vir platsny is volgens literatuur en ondervinding tussen 50% en 60% saadverkleuring. Wanneer n produsent baie Canola het van dieselfde kultivar kan hy net voor 50% begin sny en op 60% klaarmaak, maar die beste tyd bly tussen 50% en 60% n Saad word as verkleurd geklassifiseer as hy n effense bruin kleur het. Die volgende riglyne kan gebruik word om die aantal dae tot platsny te bepaal: Temperatuur (Grade Celcius) % verkleuring per dag C 3 tot 4% C 4 tot 6% C 7 tot 8% Dit is belangrik om gereeld in die lande te kom aangesien die Canola op warm dae baie vinnig kan verkleur, wat gister nog te groen was kan binne twee dae amper te ryp wees. Die volgende faktore moet ook ingedagte gehou word: Kyk na die sade en nie na die kleur van peul nie (groen peule kan al kraakryp wees) Die kleure van die peule van verskillende kultivars verskil totaal en al Stap deur die land om n goeie aanduiding te kry Sny lekker hoog plat sodat Canola geanker is in die rye en die wind dit nie wegwaai nie Datums 2 September 2014 Overberg Agri Plaaspersoneeldag 3 September 2014 Riversdal Wintergraandag September 2014 Agri Mega Week Bredasdorp Besoek gerus ons webblad by vir meer inligting, artikels en vorige nuusbriewe. Groete Franco le Roux franco@soill.co.za 7 Bladsy

SOILL PRODUSENTE NUUSBRIEF

SOILL PRODUSENTE NUUSBRIEF SOILL PRODUSENTE NUUSBRIEF JANUARIE 214 Januarie is reeds op sy rug en dit is moeilik om te dink dat binne 8 na 1 weke die planters gaan begin woel om die nuwe seisoen weer aan die gang te kry. Hierdie

Nadere informatie

SOILL PRODUSENTE NUUSBRIEF

SOILL PRODUSENTE NUUSBRIEF SOILL PRODUSENTE NUUSBRIEF 2015 Uitgawe 4 Inhoud Distriksoorsig Swambespuitings op canola Sclerotinia SOILL volhoubaarheidsprojek PNS Canola kompetisie Distriksoorsig Vanjaar is sover nie n maklike Canola

Nadere informatie

Praktiese punte vir Canola produksie Bemesting van Canola Slak- en Insekbeheer Swambeheer Opbrengseffekte Risiko van Canola in kort rotasie.

Praktiese punte vir Canola produksie Bemesting van Canola Slak- en Insekbeheer Swambeheer Opbrengseffekte Risiko van Canola in kort rotasie. Praktiese punte vir Canola produksie Bemesting van Canola Slak- en Insekbeheer Swambeheer Opbrengseffekte Risiko van Canola in kort rotasie. VESTIGING Plantestand : 50 tot 70 plante/m² 15 plante/m² - genoeg.1

Nadere informatie

September 2013 No. 55

September 2013 No. 55 September 2013 No. 55 OES VAN CANOLA Jannie Bruwer Akkerboukundige Sentraal-Suid Koöperasie Bpk, Swellendam Wanneer canola gevestig word, is dit belangrik dat alle saad in vogtige grond gesaai word vir

Nadere informatie

SOILL INLIGTINGSBRIEF - AUGUSTUS 2013

SOILL INLIGTINGSBRIEF - AUGUSTUS 2013 SOILL INLIGTINGSBRIEF - AUGUSTUS 2013 AGTERSKOT 2012 OES Inligting oor Canola agterskotte is slegs in die oorspronklike SOILL inligtingsbrief wat aan produsente gestuur is. Indien u 'n Canola produsent

Nadere informatie

SOILL PRODUSENTE NUUSBRIEF

SOILL PRODUSENTE NUUSBRIEF SOILL PRODUSENTE NUUSBRIEF Maart 2015 2015 Uitgawe 2 Inhoud Agterskot op 2014 oes Voornemens om te plant Belangrike aspekte by plant van Canola Agterskot April 2014 SOILL se direksie het besluit om n agterskot

Nadere informatie

Kom ons kyk nou gou net na die getalle van nul to by 999 en selfs groter, as n hersiening van plekwaardes. Bewerkings met telgetalle

Kom ons kyk nou gou net na die getalle van nul to by 999 en selfs groter, as n hersiening van plekwaardes. Bewerkings met telgetalle Van die vroegste tye wat mense kon praat en nodig gehad het om te kan tel, het hulle Natuurlike Getalle gebruik. Dit maak sin, want hulle kon 3 rotse of 5 koeie sien maar hulle het geen begrip gehad vir

Nadere informatie

VALS DRAADWURM RIG SKADE AAN Izané Leygonie-Crous

VALS DRAADWURM RIG SKADE AAN Izané Leygonie-Crous Junie 2018 No. 85 VALS DRAADWURM RIG SKADE AAN Izané Leygonie-Crous Vals draadwurmlarwes het vanjaar onverwags kop uitgesteek in beide die Swartland en Suid-Kaap. Die graad van skade wat aangerig is deur

Nadere informatie

Watter koek se dele lyk vir jou die grootste? Dis Reg! Die koek wat in 3 dele gesny is se dele is groter as die koek wat in 4 dele gesny is.

Watter koek se dele lyk vir jou die grootste? Dis Reg! Die koek wat in 3 dele gesny is se dele is groter as die koek wat in 4 dele gesny is. Hoe om breuke met mekaar te vergelyk Jou ma het sjokoladekoeke gebak. Sy het een in gelyke dele verdeel en die ander in gelyke dele. Jy wil graag die grootste stuk koek hê, maar weet nou nie van watter

Nadere informatie

FAKTORE EN VEELVOUDE

FAKTORE EN VEELVOUDE FAKTORE EN VEELVOUDE Ons gaan nou na n paar stukkies teorie kyk in verband met Natuurlike- en Telgetalle. Voltooi: 3 X 1 = 3 X 2 = 3 X 3 = 3 X 4 = 3 X 5 = Ons sê dus dat 3, 6, 9, 12 en 15 VEELVOUDE is

Nadere informatie

Foto-redigering vir sun.ac.za

Foto-redigering vir sun.ac.za Foto-redigering vir sun.ac.za Foto s is ʼn baie kragtige bemarkingsinstrument. Ons het oor die afgelope paar jaar nuusberigfoto s op ʼn sekere manier hanteer, maar dit is tyd vir vernuwing om die webwerf

Nadere informatie

Jakkals lê eendag heerlik en

Jakkals lê eendag heerlik en Leesbegrip Naam: Jakkals en Hettie die heuningvoëltjie Jakkals lê eendag heerlik en slaap onder ʼn koelteboom toe hy skielik die geflap van vlerke hoor. Dit is Hettie, die heuningvoëltjie. Sy druk haar

Nadere informatie

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 NOVEMBER 2017 PUNTE: 80 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 11 bladsye. Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 2 DBE/November

Nadere informatie

Die horisontale as verteenwoordig die invoerveranderlike en die vertikale as die uitvoerveranderlike, en die twee asse sny by n gesamentlike nulpunt.

Die horisontale as verteenwoordig die invoerveranderlike en die vertikale as die uitvoerveranderlike, en die twee asse sny by n gesamentlike nulpunt. As jy na die volgende getal- masjien kyk: y = x +, sal jy sien wanneer ons verskillende waardes vir x invoer, ons elke keer n ander waarde sal hê vir y. Met ander woorde, gestel ons voer die volgende waardes

Nadere informatie

Handleiding 11. Belangegroepbestuur. GKSA - Belangegroepbestuur

Handleiding 11. Belangegroepbestuur. GKSA - Belangegroepbestuur Handleiding 11 Belangegroepbestuur 1 11.1 INLEIDING Die kerk het n hele paar belangegroepe wat in ag geneem word, wor, en waarmee daar gereeld gekommunikeer moet word. Die kommunikasie met elk van hierdie

Nadere informatie

Desember 2015 No.67. Canola kultivarevaluasie: Wes- en Suid-Kaap 2015 PJA Lombard, L Smorenburg en J Strauss

Desember 2015 No.67. Canola kultivarevaluasie: Wes- en Suid-Kaap 2015 PJA Lombard, L Smorenburg en J Strauss Desember 2015 No.67 Canola kultivarevaluasie: Wes- en Suid-Kaap 2015 PJA Lombard, L Smorenburg en J Strauss Inleiding In die afgelope 2015 seisoen is n totaal van 15 kultivars in die kultivarevaluasieprogram

Nadere informatie

Algemene Grootboek. DIT IS BAIE BELANGRIK NOU OM TE WEET WATTER REKENINGE IS BATES, EIENAARSBELANG en LASTE.

Algemene Grootboek. DIT IS BAIE BELANGRIK NOU OM TE WEET WATTER REKENINGE IS BATES, EIENAARSBELANG en LASTE. Algemene Grootboek Skryf die eerste vier stappe van die Rekeningkundige siklus neer: 1. 2. 3. 4. So met ander woorde, 1. Eerstens moes daar n transaksie plaasvind, 2. dan moes die transaksie wat plaasgevind

Nadere informatie

Vog in die Atmosfeer en Neerslae

Vog in die Atmosfeer en Neerslae Geografie Vraestel 10 Graad 10 Tyd: 2 Ure Totaal: 125 Vog in die Atmosfeer en Neerslae Vraag 1: Terme Voltooi die volgende blokkiesraaisel deur die terme in die korrekte spasies in te vul: 1 Dwars: 1 Die

Nadere informatie

die ark en neem jou gesin saam. Van almal op die aarde het jy die naaste aan my geleef. Binne 7 dae stuur Ek reën.

die ark en neem jou gesin saam. Van almal op die aarde het jy die naaste aan my geleef. Binne 7 dae stuur Ek reën. Ontmoeting 4 God is lief vir Noag Kinders hoor in die storie van Noag dat God regverdig is. Hy sien mense raak wat aan Hom gehoorsaam is en Hy maak n duidelike plan om sy kinders te red. Teks: Genesis

Nadere informatie

SOILL PRODUSENTE NUUSBRIEF Desember 2016

SOILL PRODUSENTE NUUSBRIEF Desember 2016 1992 1993 1994 1995 1996 1997 1998 1999 2000 2001 2002 2003 2004 2005 2006 2007 2008 2009 2010 2011 2012 2013 2014 2015 2016 SOILL PRODUSENTE NUUSBRIEF Desember 2016 INHOUD Oes 2016 Lesse geleer uit afgelope

Nadere informatie

1. Gee TWEE voorbeelde van elk:

1. Gee TWEE voorbeelde van elk: 1. Gee TWEE voorbeelde van elk: a) Bevolking se insette. Geboortes Immigrante b) Bevolking se deursette. Natuurlike verandering Migrasie c) Bevolking se uitsette. Sterftes Emigrante 2. Wat is natuurlike

Nadere informatie

Tankwa Karoo : Augustus 2010 Johan Snyman

Tankwa Karoo : Augustus 2010 Johan Snyman Tankwa Karoo : 14-16 Augustus 2010 Johan Snyman Agtergrond Aangesien ons binnekort Windhoek toe trek, is ons nou besig om al ons geliefkoosde plekke te gaan groet. Ek het onlangs ook groot veranderinge

Nadere informatie

Wiskundige Geletterdheid. Data Hantering. Opsomming van Data. Kwartiele

Wiskundige Geletterdheid. Data Hantering. Opsomming van Data. Kwartiele Wiskundige Geletterdheid Data Hantering Opsomming van Data Kwartiele Let wel: KAPV vereis slegs die interpretasie van kwartiele (houer-en-punt stippings). Ek sluit egter die teken van die houer-en-punt

Nadere informatie

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 NOVEMBER 2012

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 NOVEMBER 2012 GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 NOVEMBER 2012 PUNTE: 80 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye. Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 2 DBE/November

Nadere informatie

MODULE 3: GEBOUE. Ja. Dit ís n huis. En hierdie is versekering. Eenvoudige, verstaanbare, duidelike versekering.

MODULE 3: GEBOUE. Ja. Dit ís n huis. En hierdie is versekering. Eenvoudige, verstaanbare, duidelike versekering. MODULE 3: GEBOUE Ja. Dit ís n huis. En hierdie is versekering. Eenvoudige, verstaanbare, duidelike versekering. 46 GEVALLESTUDIE AFDELING GEBOUE MODULE INLEIDING Die gevallestudie oor Afdeling Geboue spreek

Nadere informatie

Gemeenskap. Wat is n gemeenskap? n Gemeenskap het n hoof/hoof?

Gemeenskap. Wat is n gemeenskap? n Gemeenskap het n hoof/hoof? Gemeenskap Wat is n gemeenskap? Die woord gemeenskap dui n intieme verband tussen mense aan. Mense wat deel aan iets, maar dit wat hulle deel is baie besonders. Uit die Grieks is die woord vir gemeenskap

Nadere informatie

NUUSBRIEF: JANUARIE 2014

NUUSBRIEF: JANUARIE 2014 NUUSBRIEF: JANUARIE 2014 'n Stukkie goeie nuus wat ons pas ontvang het is dat die Minister van Arbeid haar belofte nagekom het en nie weer n algemene hersiening van die minimum loon vir plaaswerkers gedoen

Nadere informatie

Weeklikse Marksiening 16 April 2012

Weeklikse Marksiening 16 April 2012 Weeklikse Marksiening 16 April 2012 Mielies Oorsig van verlede week VSA Pryse in die VSA daal 4% vir die week. Na pryse Maandag geval het a.g.v. die USDA se vraag en aanbod syfers, het pryse doelloos rondgehang

Nadere informatie

SENIOR FASE GRAAD 7 NOVEMBER 2017 WISKUNDE

SENIOR FASE GRAAD 7 NOVEMBER 2017 WISKUNDE SENIOR FASE GRAAD 7 NOVEMBER 2017 WISKUNDE PUNTE: 100 TYD: 2 uur Naam van leerder: Naam van skool: *7WISK* Die vraestel bestaan uit 14 bladsye. 2 WISKUNDE (EC/NOVEMBER 2017) INSTRUKSIES 1. Lees al die

Nadere informatie

Credo Musiekteorie-opleidingsprogram GRAAD 1 Deur S. J. Cloete

Credo Musiekteorie-opleidingsprogram GRAAD 1 Deur S. J. Cloete - 8 - Credo Musiekteorie-opleidingsprogram GRAAD 1 Deur S. J. Cloete L.1 INHOUDSOPGAWE BLADSY 1. Notebalk... 8 2. Toonhoogte... 9 3. Sleuteltekens... 10 4. Lettername van lyne en spasies in die diskantsleutel...

Nadere informatie

10 Die bou van n plant

10 Die bou van n plant 10 Die bou van n plant Groepaktiwiteit: blaarvorms Bring blare skool toe. Groepeer die blare volgens die blaarvorms waarvan ons geleer het, en pars dit. n Mens kan dit ook tussen twee lae koerantpapier

Nadere informatie

ALGEMENE ONDERWYS OPLEIDING

ALGEMENE ONDERWYS OPLEIDING ALGEMENE ONDERWYS OPLEIDING LEWENSVAARDIGHEDE JAAREIND-EKSAMEN GRAAD 5 NOVEMBER 2014 AANTAL BLADYE: 7 PUNTE: 30 TYDSDUUR: 1 UUR Naam van Leerling Naam van Skool Naam van Kring Naam van Distrik Datum Instruksies

Nadere informatie

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

DIE VLEUELS VAN GEBED (9) DIE VLEUELS VAN GEBED (9) DIE VLEUELS VAN GEBED (9) Jan van der Watt Dankie Here! Dankie sê is om jou skuld te betaal. In die tyd van die Bybel was dankie sê iets anders as vandag. Vandag is dankie n woord

Nadere informatie

Risikoprofielsamestelling op SanPort ipad- app

Risikoprofielsamestelling op SanPort ipad- app Risikoprofielsamestelling op SanPort ipad- app RISIKOPROFIELSAMESTELLING KAN NOU OP DIE SANPORT IPAD- APP GEDOEN WORD. DIS BESKIKBAAR VIR ALLE SANLAM- TUSSENGANGERS MET IPADS. Die nuwe risikoprofielsamestelling

Nadere informatie

Lewensoriëntering Vraestel 12 Graad 6 Totaal: 35

Lewensoriëntering Vraestel 12 Graad 6 Totaal: 35 Lewensoriëntering Vraestel 12 Graad 6 Totaal: 35 Vraag 1 GROEPSDRUK Vul die ontbrekende woorde in. 1. Hierdie scenario is n voorbeeld van en groepsdruk vind hoofsaaklik plaas tussen mense van dieselfde

Nadere informatie

Die klimaat van SA: Temperatuur

Die klimaat van SA: Temperatuur OpenStax-CNX module: m25584 1 Die klimaat van SA: Temperatuur Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 AARDRYKSKUNDE 2

Nadere informatie

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 FEBRUARIE/MAART 2012 PUNTE: 80 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye. Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2

Nadere informatie

CANOLA KULTIVAREVALUASIE: WES- EN SUID-KAAP 2017 PJA Lombard, L Smorenburg en J Strauss

CANOLA KULTIVAREVALUASIE: WES- EN SUID-KAAP 2017 PJA Lombard, L Smorenburg en J Strauss CANOLA KULTIVAREVALUASIE: WES- EN SUID-KAAP 2017 PJA Lombard, L Smorenburg en J Strauss Desember 2017 No.80 Inleiding In die afgelope 2017 seisoen is ʼn totaal van 18 kultivars in die kultivarevaluasieprogram

Nadere informatie

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM Privaatsak X2, Citrusdal, 7340 E-pos: citrushs@mweb.co.za Tel: (022) 921 2100 Faks: (022) 921 3931 Liewe Ouer of Voog Sien asseblief onderaan

Nadere informatie

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees Doel van les: Vandag leer ons van die Vrugte van die Heilige Gees en hoe dit in ons lewens werk. INLEIDING: Sjoe, ons het nou al so baie van die Heilige Gees

Nadere informatie

Vestiging van Canola: Saaidigtheid

Vestiging van Canola: Saaidigtheid Maart 214 No.8 Vestiging van Canola: Saaidigtheid Saamgestel deur: Pieter Burger Overberg Agri Die bepaling van saaidigthede In die verlede is n saaidigtheid van 4 tot 6 kg saad per hektaar aanbeveel as

Nadere informatie

qwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyui opasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfgh jklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvb nmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwer

qwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyui opasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfgh jklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvb nmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwer qwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyui opasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfgh jklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvb Leesbegrip nmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwer Dieretuine/Hannes en die koek/zak bak koekies tyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopas

Nadere informatie

Plantstruktuur en Plant Voedsel

Plantstruktuur en Plant Voedsel Plantstruktuur en Plant Voedsel Vraag 3: Kyk na die prentjies en beantwoord die vrae wat volg: Prentjie A Prentjie B Prentjie C 1. Prentjie A is n illustrasie van n plantsel soos gesien deur die lens van

Nadere informatie

Natuurwetenskappe. 1.Noem alle materie wat bestaan uit klein deeltjies wat atome genoem word? (6) 2.Waaruit bestaan elemente? (6)

Natuurwetenskappe. 1.Noem alle materie wat bestaan uit klein deeltjies wat atome genoem word? (6) 2.Waaruit bestaan elemente? (6) Vraestel 1.Noem alle materie wat bestaan uit klein deeltjies wat atome genoem word? (6) 2.Waaruit bestaan elemente? (6) 3.Hoekom kan elemente nie op ʼn chemiese materie afgebreek word nie? (4) 4.Vul die

Nadere informatie

OpenStax-CNX module: m Om tyd te leer lees. Siyavula Uploaders

OpenStax-CNX module: m Om tyd te leer lees. Siyavula Uploaders OpenStax-CNX module: m31957 1 Om tyd te leer lees Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 WISKUNDE 2 Bonnie en Tommie

Nadere informatie

KLASTOETS GRAAD 11. LEWENSWETENSKAPPE: HOOFSTUK 12 Toets 6: Die mens se invloed op die omgewing

KLASTOETS GRAAD 11. LEWENSWETENSKAPPE: HOOFSTUK 12 Toets 6: Die mens se invloed op die omgewing KLASTOETS GRAAD 11 LEWENSWETENSKAPPE: HOOFSTUK 12 Toets 6: Die mens se invloed op die omgewing PUNTE: 50 TYD: 1 uur INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Beantwoord AL die vrae. 2. Nommer die antwoorde korrek volgens

Nadere informatie

Desember 2014 No.62. Canola kultivarevaluasie: Wes- en Suid-Kaap 2014 PJA Lombard, L Smorenburg en J Strauss

Desember 2014 No.62. Canola kultivarevaluasie: Wes- en Suid-Kaap 2014 PJA Lombard, L Smorenburg en J Strauss Desember 2014 No.62 Canola kultivarevaluasie: Wes- en Suid-Kaap 2014 PJA Lombard, L Smorenburg en J Strauss Inleiding In die afgelope 2014 seisoene is ses konvensioneel, agt CL (Imasamoks tolerante) en

Nadere informatie

Planeet Aarde en daarbuite 1

Planeet Aarde en daarbuite 1 Hoofstuk 1 Planeet Aarde en daarbuite 1 Die atmosfeer en die weer 1. Inleiding Die afgelope jare is daar baie uiterstes in die weer. In baie dele van die wêreld hoor ons van vloede of abnormale hitte en

Nadere informatie

Om getalle voor te stel, te herken en te vergelyk *

Om getalle voor te stel, te herken en te vergelyk * OpenStax-CNX module: m22939 1 Om getalle voor te stel, te herken en te vergelyk * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0

Nadere informatie

KLASTOETS GRAAD 11. LEWENSWETENSKAPPE: HOOFSTUK 8 EN 9 Toets 4: Plantdiversiteit in Suid-Afrika

KLASTOETS GRAAD 11. LEWENSWETENSKAPPE: HOOFSTUK 8 EN 9 Toets 4: Plantdiversiteit in Suid-Afrika KLASTOETS GRAAD 11 LEWENSWETENSKAPPE: HOOFSTUK 8 EN 9 Toets 4: Plantdiversiteit in PUNTE: 45 TYD: 1 uur INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Beantwoord AL die vrae. 2. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel

Nadere informatie

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL Graad 11 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL EKSEMPLAAR November 2014 PUNTE: 100 TYD: 2 UUR Hierdie VRAESTEL bestaan uit 7 bladsye. INSTRUKSIES EN INLIGTING INSTRUKSIES: 1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE

Nadere informatie

KAN SUID-AFRIKA SE GRAANBOERE OORSEE MEEDING? DEUR DR PHILIP THEUNISSEN COMPUTUS BESTUURSBURO

KAN SUID-AFRIKA SE GRAANBOERE OORSEE MEEDING? DEUR DR PHILIP THEUNISSEN COMPUTUS BESTUURSBURO - 1 - KAN SUID-AFRIKA SE GRAANBOERE OORSEE MEEDING? DEUR DR PHILIP THEUNISSEN COMPUTUS BESTUURSBURO Graanbedrywe in Suid-Afrika se winsgewendheid is tans onder groot druk. Die twee grootste graanoeste,

Nadere informatie

4. Ek voel alleen Johannes 10:11-16, 26-30

4. Ek voel alleen Johannes 10:11-16, 26-30 4. Ek voel alleen Johannes 10:11-16, 26-30 Tema Die goeie Herder hou al sy skape veilig in sy hand. Agtergrond en interpretasie Kyk weer na Agtergrond en interpretasie by Ontmoeting 1, asook na die aantekenings

Nadere informatie

Dit verg net n paar minute om n groot verskil te maak!

Dit verg net n paar minute om n groot verskil te maak! Hoe kan ons ons babas ondersteun terwyl hulle leer? Babas word gebore met die wil om te leer. Selfs klein babatjies gebruik hulle sintuie om die wêreld om hulle te verken. Ouers, sorggewers en VKO-praktisyns

Nadere informatie

Groepsdruk kan sowel negatief as positief wees. Goeie maats is dié wat n positiewe invloed op jou gedrag het

Groepsdruk kan sowel negatief as positief wees. Goeie maats is dié wat n positiewe invloed op jou gedrag het Die Elander Lente 2014 page 1 JONGMENSE Groepsdruk Groepsdruk is die manipulasie deur ander mense, veral jou maats, om jou iets te laat doen wat jy self nie noodwendig wil doen nie. Soms is die groepsdruk

Nadere informatie

Caledon en Bredasdorp Gesamentlike Studiegroep Resultate

Caledon en Bredasdorp Gesamentlike Studiegroep Resultate Caledon en Bredasdorp Gesamentlike Studiegroep Resultate EKONOMIE VAN SKAAL Rietpoel - 27 Februarie 2014 Caledon en Bredasdorp Gesamentlike Studiegroep Resultate Agtergrond Oorsig van Resultate Effek van

Nadere informatie

STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart?

STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart? STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart? - Lees Rom 10:1 - By hierdie stasie gaan elke persoon hulle polsslag neem - Laat elke persoon hulle wysvinger op hulle pols sit om hulle hartklop te voel. - Laat hulle

Nadere informatie

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24 1 15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24 Tema Wanneer jy in Jesus glo, eindig jou lewe nie op die dag wanneer jy doodgaan nie. Jy sal uit die dood opstaan en

Nadere informatie

JOHANNESBURG EAST DISTRICT

JOHANNESBURG EAST DISTRICT JOHANNESBURG EAST DISTRICT DISTRIK-EKSAMEN GRAAD 12 AFRIKAANS EERSTE ADDISONELE TAAL SEPTEMBER 2014 PUNTE: 100 TYD: 2 ½ UUR Hierdie VRAESTEL bestaan uit 7 bladsye. Bladsy 1 van 7 INSTRUKSIES EN INLIGTING

Nadere informatie

UITSLAE en BESPREKING n Produksie- en bruto-marge kompetisie vir die Canolaprodusente van die Suid-Kaap, geborg deur die Proteïennavorsingstigting.

UITSLAE en BESPREKING n Produksie- en bruto-marge kompetisie vir die Canolaprodusente van die Suid-Kaap, geborg deur die Proteïennavorsingstigting. UITSLAE en BESPREKING n Produksie- en bruto-marge kompetisie vir die Canolaprodusente van die Suid-Kaap, geborg deur die Proteïennavorsingstigting. SUPERCANOLAKOMPETSIE DOELSTELLINGS + * Om Canolaproduksie

Nadere informatie

Antieke Egipte en die Nylrivier

Antieke Egipte en die Nylrivier Eenheid 2 Leergids 1 Antieke Egipte en die Nylrivier Doelwitte Leer wie die antieke egiptenare was. Leer wanneer en wanneer die antieke Egiptenare geleef het. Leer van tyd, kronologie en tydlyne. A. Basiese

Nadere informatie

BASIESE KONSEPTE-PROGRAM PROGRAM. n Toets ontwikkel deur dr. Louis Benjamin, Naam van leerder: Ouderdom van leerder: Geslag: Graad: Skool:

BASIESE KONSEPTE-PROGRAM PROGRAM. n Toets ontwikkel deur dr. Louis Benjamin, Naam van leerder: Ouderdom van leerder: Geslag: Graad: Skool: BASIESE KONSEPTE-PROGRAM PROGRAM TOETSING VAN BASIESE KONSEPTE-KENNIS n Toets ontwikkel deur dr. Louis Benjamin, 2007 Naam van leerder: Ouderdom van leerder: Geslag: Graad: Skool: Datum van toets: Naam

Nadere informatie

Toets: Tegnologie en die Ontwerpproses

Toets: Tegnologie en die Ontwerpproses 1 Afdeling A: Lees die vrae hieronder en omkring die regte opsie(s): 1. Watter van die volgende stellings is nie waar nie? (1) a) n Voordeel van tegnologie is dat diens gewoonlik verbeter word. b) n Voorbeeld

Nadere informatie

8 Die mens in die ruimte

8 Die mens in die ruimte 8 Die mens in die ruimte Ons sonnestelsel 1. Die middelpunt van ons sonnestelsel is die 2. Noem die nege planete van ons sonnestelsel in volgorde: 1 4 7 2 5 8 3 6 9 3. Wat is die planeet naaste aan die

Nadere informatie

Omgekeerde bewerkings Getalsinne

Omgekeerde bewerkings Getalsinne Omgekeerde bewerkings As jy twee getalle bymekaar tel, soos sê nou maar 12 en 13, dan gaan jy mos n antwoord kry van 25? Ons sê dan dat die som van 12 en 13 vyf-en-twintig is. Maar jy behoort nou te verstaan,

Nadere informatie

KAN MIELIES WINSGEWEND GEPRODUSEER WORD? DEUR DR PHILIP THEUNISSEN COMPUTUS BESTUURSBURO

KAN MIELIES WINSGEWEND GEPRODUSEER WORD? DEUR DR PHILIP THEUNISSEN COMPUTUS BESTUURSBURO KAN MIELIES WINSGEWEND GEPRODUSEER WORD? DEUR DR PHILIP THEUNISSEN COMPUTUS BESTUURSBURO Die afgelope mielieseisoen (2004/05) was nie n goeie een vir mielieboere nie. Ten spyte van n rekord-oes (12,1 miljoen

Nadere informatie

KAN N MIELIE MET N HAMBURGER KRAGTE MEET? DEUR DR PHILIP THEUNISSEN COMPUTUS BESTUURSBURO

KAN N MIELIE MET N HAMBURGER KRAGTE MEET? DEUR DR PHILIP THEUNISSEN COMPUTUS BESTUURSBURO - 1 - KAN N MIELIE MET N HAMBURGER KRAGTE MEET? DEUR DR PHILIP THEUNISSEN COMPUTUS BESTUURSBURO Die Britse tydskrif, The Economist, het pas weer sy jongste Big Mac-indeks (Januarie 214) bekend gemaak.

Nadere informatie

Module 3 (Term 1): Voortplanting in Angiosperme Die volgende vraestel se tema handel oor die geslagtelike voortplanting in angiosperme.

Module 3 (Term 1): Voortplanting in Angiosperme Die volgende vraestel se tema handel oor die geslagtelike voortplanting in angiosperme. Natuurwetenskappe Vraestel 3 Graad 7 Tyd: 1 Uur Totaal: 60 Module 3 (Term 1): Voortplanting in Angiosperme Die volgende vraestel se tema handel oor die geslagtelike voortplanting in angiosperme. Vraag

Nadere informatie

Sê maar jy word voor die keuse gestel om een van die volgende getalle as geld in Rand te ontvang, watter een sal jy kies?

Sê maar jy word voor die keuse gestel om een van die volgende getalle as geld in Rand te ontvang, watter een sal jy kies? VERGELYK en RANGSKIK GETALLE Om vergelykings te tref tussen verskillende dinge is n vaardigheid waarmee ons almal gebore word. Dit begin vroeg-vroeg al wanneer ons verskillende tipes speelgoed met mekaar

Nadere informatie

Desember 2016 No.73. Canola kultivarevaluasie: Wes- en Suid-Kaap 2016 PJA Lombard, L Smorenburg en J Strauss

Desember 2016 No.73. Canola kultivarevaluasie: Wes- en Suid-Kaap 2016 PJA Lombard, L Smorenburg en J Strauss Desember 2016 No.73 Canola kultivarevaluasie: Wes- en Suid-Kaap 2016 PJA Lombard, L Smorenburg en J Strauss Inleiding In die afgelope 2016 seisoen is n totaal van 19 kultivars in die kultivarevaluasieprogram

Nadere informatie

eboeke word ontwikkel en gratis verskaf deur die

eboeke word ontwikkel en gratis verskaf deur die Ons praat baie van dinge wat in verhouding tot mekaar is, sonder om dit regtig agter te kom! As jy byvoorbeeld sê dat jy twee van die ses stukke van n pizza geëet het, het jy n verhouding beskryf: Die

Nadere informatie

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 NOVEMBER 2011 PUNTE: 100 TYD: 2½ uur Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye. Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 2 DBE/November

Nadere informatie

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL VRAESTEL 2: SKRYF NOVEMBER 2008 PUNTE: 80 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye. Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2

Nadere informatie

VADERSDAG. Een van die raadslede van die sinagoge, 'n man met die naam Jaïrus, kom toe daar aan. Net toe hy vir Jesus sien, val hy op sy

VADERSDAG. Een van die raadslede van die sinagoge, 'n man met die naam Jaïrus, kom toe daar aan. Net toe hy vir Jesus sien, val hy op sy VADERSDAG Teks: Markus 5:22 24, 35-42 Hulpmiddels: Sirkel en sirkel met vyfde uitgesny om saam met die verhaal te gebruik Split pin A4-kartonne A4-papier om hemp-kaartjies te vou Inkleurkryte en ander

Nadere informatie

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN Skep Die Geleentheid Vir Veilige Kommunikasie Bou Vertroue & Dra Waardes Oor Versterk Verhoudings Ontwikkel Jou Kind Se Emosionele Intelligensie SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN Created by REËLS VIR

Nadere informatie

6 Strukture. Vrae. 1. Noem drie belangrike dinge wat strukture vir ons kan doen. 2. Watter twee soorte strukture kry ons?

6 Strukture. Vrae. 1. Noem drie belangrike dinge wat strukture vir ons kan doen. 2. Watter twee soorte strukture kry ons? 6 Strukture Vrae 1. Noem drie belangrike dinge wat strukture vir ons kan doen. 2. Watter twee soorte strukture kry ons? 3. Plak of teken prente van die verskillende soorte strukture. Raamstrukture 24 Dopstrukture

Nadere informatie

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II LEERUITKOMS 3 & 4 LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II LEERUITKOMS 3 & 4 LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR GRAAD 10: PROEFVRAESTEL EKSAMEN 2006 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II LEERUITKOMS 3 & 4 Tyd: 2 uur 100 punte LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR 1. Hierdie vraestel bestaan

Nadere informatie

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 NOVEMBER 2016 PUNTE: 80 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 11 bladsye. Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 2 DBE/November

Nadere informatie

Mondstuk van die canolawerkgroep

Mondstuk van die canolawerkgroep Mondstuk van die canolawerkgroep September 2007 No 35 Oesstadium en tegnieke PJA Lombard en DJ Hanekom Departement Landbou:Wes-Kaap, Privaatsak X1, Elsenburg, 7607 Die Oes van Canola Twee metodes van oes

Nadere informatie

0:03: 01:5 Vertel mekaar watter labels mense al op jou gesit het. Wat het mense jou al genoem... goeie goed en slegte goed, dit is alles labels...

0:03: 01:5 Vertel mekaar watter labels mense al op jou gesit het. Wat het mense jou al genoem... goeie goed en slegte goed, dit is alles labels... 1 0:01:50-0:03:50 Gnomeo en Juliet se storie begin met twee families, rooi en blou wat nie van mekaar hou nie. Hulle noem die ander familie nooit op hul name nie, maar slegs rooies of bloues. Hierdie word

Nadere informatie

Les 14: Entrepreneurskap

Les 14: Entrepreneurskap Les 14: Entrepreneurskap Aktiwiteit Beantwoord die volgende vrae deur die regte kolom te merk Altyd Gereeld Soms Nooit A Dryfkrag en motivering 1. Ek is nie seker wat ek van die lewe dink nie. 0 1 2 3

Nadere informatie

Bloubuffelgras (Cenchrus ciliaris)

Bloubuffelgras (Cenchrus ciliaris) Bloubuffelgras (Cenchrus ciliaris) Beskrywing : n Meerjarige polvormige gras met ondergrondse wortelstokke. Verspreiding : Inheems aan : Angola, Botswana, Egipte, Ethopië, Ghana, Kenya, Libya, Malawi,

Nadere informatie

RESPECT 4 U. L e s 4. Populêre idees verduidelik oor wat ʼn man/seun of ʼn vrou/meisie is en hoe hierdie idees problematies kan wees

RESPECT 4 U. L e s 4. Populêre idees verduidelik oor wat ʼn man/seun of ʼn vrou/meisie is en hoe hierdie idees problematies kan wees L e s 4 Wat is geslag? Gedurende hierdie les sal jy: Populêre idees verduidelik oor wat ʼn man/seun of ʼn vrou/meisie is en hoe hierdie idees problematies kan wees Die verskil tussen seks as n biologiese

Nadere informatie

JUNIE-EKSAMEN GRAAD 10

JUNIE-EKSAMEN GRAAD 10 JUNIE-EKSAMEN GRAAD 10 AFRIKAANS EERSTE ADDISONELE TAAL JUNIE 2015 PUNTE: 100 TYD: 2 UUR Hierdie VRAESTEL bestaan uit 6 bladsye. Bladsy 1 van 6 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL INSTRUKSIES EN INLIGTING

Nadere informatie

JOHANNESBURG EAST DISTRICT

JOHANNESBURG EAST DISTRICT JOHANNESBURG EAST DISTRICT DISTRIK-EKSAMEN GRAAD 10 AFRIKAANS EERSTE ADDISONELE TAAL JUNIE 2013 PUNTE: 100 TYD: 2 ½ UUR Hierdie vraestel bestaan uit 8 bladsye. Bladsy 1 van 8 INSTRUKSIES EN INLIGTING INSTRUKSIES:

Nadere informatie

Hoe om n goeie Projek Konsep te Ontwikkel. oefeninge

Hoe om n goeie Projek Konsep te Ontwikkel. oefeninge Hoe om n goeie Projek Konsep te Ontwikkel oefeninge Hoe om die projek motivering te skryf 3 komponente: Die probleemstelling Die verband met klimaatsverandering Die voorgestelde aanpassingsaksie wat die

Nadere informatie

Die planeet aarde beweeg

Die planeet aarde beweeg Kwartaal 4: Planeet aarde en die ruimte Planeet aarde en die ruimte Die planeet aarde beweeg Fossiele Oppervlakte van die aarde Sedimentêre gesteentes Eenheid 1 Die planeet aarde beweeg Wentel om die son

Nadere informatie

Ontmoeting 40. Welkom. Wyding. Woord. te maak, in vorms te giet en te laat droog word.)

Ontmoeting 40. Welkom. Wyding. Woord. te maak, in vorms te giet en te laat droog word.) Ontmoeting 40 Kinders kan vir grootmense van God vertel. Teks: 2 Konings 5; Jesaja 44:6 Hulpmiddels: Bordkryt om teen n muur of op die vloer te skryf (Of maak afwasbare kryt deur waspoeier met kleursel

Nadere informatie

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk Doel van les: Voordat ons kan leer van ons nuwe identiteit in Christus, moet ons eers stil staan by wat Jesus vir ons kom doen het en dat ons die nuwe mens

Nadere informatie

MODULE 8 TRIPPEL FLITS HOё TOON ( HIGH KEY ) OPSTELLING

MODULE 8 TRIPPEL FLITS HOё TOON ( HIGH KEY ) OPSTELLING MODULE 8 TRIPPEL FLITS HOё TOON ( HIGH KEY ) OPSTELLING DOEL Om die Fotografiese student in staat te stel om met die behulp van Elektroniese flitse n Hoё toon beligting opstelling in die ateljee te bewerkstellig.

Nadere informatie

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL Votum en seën Psalm 118 : 2 Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1933/53) Psalm 4 : 3 Gebed Skriflesing: Johannes 19:17-27 (AV 1933/53) Teks: Johannes 19:26-27

Nadere informatie

GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS HUISTAAL V3 NOVEMBER 2011 PUNTE: 100 TYD: 2½ uur Hierdie vraestel bestaan uit 7 bladsye. Afrikaans Huistaal/V3 2 INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie

Nadere informatie

GRAAD 12 SEPTEMBER 2013 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3

GRAAD 12 SEPTEMBER 2013 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 Province of the EASTERN CAPE EDUCATION NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2013 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 PUNTE: 100 TYD: 2½ uur *AFRFA3* Hierdie vraestel bestaan uit 7 bladsye.

Nadere informatie

Geboorte- en sterftesyfers is vername maatstawwe om bevolkings te beskryf. ie geboortesyfer dui die aantal geboortes per duisend mense per jaar aan.

Geboorte- en sterftesyfers is vername maatstawwe om bevolkings te beskryf. ie geboortesyfer dui die aantal geboortes per duisend mense per jaar aan. BEVOLKINGSTRUKTUUR Maatstawwe waarmee 'n bevolking beskryf word: Geboorte- en sterftesyfers is vername maatstawwe om bevolkings te beskryf. ie geboortesyfer dui die aantal geboortes per duisend mense per

Nadere informatie

EBW GRAAD 7. Sê of die volgende stellings waar of onwaar is. (7)

EBW GRAAD 7. Sê of die volgende stellings waar of onwaar is. (7) EBW GRAAD 7 VRAAG 1 Sê of die volgende stellings waar of onwaar is. (7) 1.1 Die bestuur van ons alledaagse lewe het oneindig baie opsies waarvan ons moet kennis nee, 1.2 Net sekere behoeftes word deur

Nadere informatie

Inleiding Tot Die Jagluiperd

Inleiding Tot Die Jagluiperd Les Plan Een Inleiding Tot Die Jagluiperd KRITIEKE UITKOMSTE KU #1: KU #2: KU #3: Identifiseer en los probleme op en maak besluite deur van kritieke en vindingryke denke gebruik te maak. Werk effektief

Nadere informatie

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk Doel van les: Voordat ons kan leer van ons nuwe identiteit in Christus, moet ons eers stil staan by wat Christus vir ons kom doen het. Vandag gaan ons gesels

Nadere informatie

MENTAL MATHS IN DIE KLASKAMER

MENTAL MATHS IN DIE KLASKAMER MENTAL MATHS IN DIE KLASKAMER HOEKOM MENTAL MATHS? Ons wil hê dat ons leerders gemaklik met getalle kan speel. Hy moet weet waar n getal lê. Hy moet n klomp somme met die getal kan maak. Mental Maths bou

Nadere informatie

ANDRIES VAN DER POLL KLIPDRIFT MALMESBURY

ANDRIES VAN DER POLL KLIPDRIFT MALMESBURY ANDRIES VAN DER POLL KLIPDRIFT MALMESBURY AGTERGROND Gebore 1972 in Vredendal. Word groot op Molsvlei, kommunale plaas in dorre Namakwaland. Verwerf Landbou Diploma op Kromme Rhee 1992. Eerste vaste werk

Nadere informatie