SOILL INLIGTINGSBRIEF - AUGUSTUS 2013

Maat: px
Weergave met pagina beginnen:

Download "SOILL INLIGTINGSBRIEF - AUGUSTUS 2013"

Transcriptie

1 SOILL INLIGTINGSBRIEF - AUGUSTUS 2013 AGTERSKOT 2012 OES Inligting oor Canola agterskotte is slegs in die oorspronklike SOILL inligtingsbrief wat aan produsente gestuur is. Indien u 'n Canola produsent is kan u die oorspronklike nuusbrief aanvra by Franco le Roux. Epos : franco@soill.co.za. Tel

2 Toestande Die toestande lyk tans baie goed, veral in die Overberg area en sien ons uit na ʼn goeie seisoen met goeie opbrengste. Selfs waar die Canola swaar gekry het op ʼn stadium na die oostelike produksiegebiede toe, het die reën ʼn groot impak gehad en lyk dit sommer aansienlik beter soos ons platsnytyd begin nader. Die eerste Canola behoort voor begin Oktober reeds gelewer te word. Die koel weer wat tans ondervind word is ook ideaal vir rypwording met geen wegbrand van groen pitte wat sal plaasvind nie. Lewering vir die 2013 seisoen Tans is daar redelik verwarring onder produsente ten opsigte van lewering van hulle Canola vir hierdie seisoen. Hopelik sal hierdie inligting enige verwarring uit die weg ruim. Moet ook asseblief nie skroom om vir SOILL te kontak indien daar nog vrae mag wees nie. Vervoerkoste en hantering daarvan: In die verlede was daar baie verwarring rondom die lewering te Swellendam en of dit die moeite werd was om op Swellendam te lewer. Om lewering te Swellendam aan te moedig en ook dit vir die produsente makliker te maak om sy eie berekeninge te doen sal die volgende vir die huidige seisoen geld: Elke leweringspunt sal ʼn liggingsdifferensiaal hê wat dus alle leweringspunte gelykstel met lewering te Swellendam. Hierdie differensiaal is in lyn met werklike vervoerkoste en sien tans as volg daarna uit: Leweringspunt Vervoerkoste (Rand/ ton) Swellendam R 0 Heidelberg R84 Riversdal R105 Albertinia R125 Protem R70 Klipdale R75 Krige R100 Napier R103 Caledon R118 Bredasdorp R78 Ashton R58 Rietpoel R87 *Hierdie koste kan nog verander soos wat brandstofpryse beweeg nader aan oestyd. As ons ʼn voorbeeld (Sien berekeninge onder) hier kan gebruik sal ʼn produsent wat tussen Heidelberg en Swellendam boer moet besluit waar hy sal lewer. Daar sal dus R84 by die aanvanklike betaling afgetrek word as hy op Heidelberg lewer en geen aftrekking vir lewering te Swellendam. Indien sy werklike vervoerkoste vanaf die plaas byvoorbeeld R70 beloop na Heidelberg en R85 na Swellendam, sal hy steeds R69 / ton beter af wees met lewering te Swellendam. Produsent geleë 35 Km van Heidelberg en 50 Km van Swellendam Netto Tonne Heidelberg Swellendam Netto Tonne 1 1 Bruto Prys MIN Liggingsdifferensiaal per depot 84 0 Netto Prys ontvang Werklike vervoerkoste vir produsent na depot In produsent se sak na werklike vervoer Verskil 69

3 Leweringspunte en die hantering daarvan: Soos die meeste produsente alreeds bewus is, is SOILL besig om nuwe spasie te skep te Krige en Klipdale. Vir enige lewering by die silo s van Overberg Agri is daar ʼn standaard massa-aftrekking van 1.5% om voorsiening te maak vir die normale hantering asook die dubbele hantering aangesien die canola op ʼn deurvoer basis bestuur word. Aangesien die saad by die nuwe silo s gestoor gaan word is die deurvoerrisiko op verliese minder en word hierdie standaard massa-aanpassing aangepas na 1.0%. Indien die produsent dus by Krige en die nuwe Klipdale silo s sou lewer kry hy die voordeel van die 0.5% wat nie afgetrek word nie. Let net op dat die begin van die oes se lewerings by Klipdale steeds deur die silo s van Overberg Agri sal wees aangesien die nuwe silo s nie betyds klaar gaan wees nie, maar sodra daar in die nuwe silo s gelewer word sal u as produsent die voordeel ontvang. Lewering te Klipdale vind ook plaas op u normale Overberg Agri leweringsboekie net soos in die verlede. Lewering by Krige is egter op ʼn SOILL leweringsboek wat beskikbaar sal wees by Krige. Onthou om julle paspoorte ten minste 2 weke voor lewering in te handig!!!! Platsny en oes van Canola Die platsny tyd kom nou weer vinnig nader en heg ek die nuutste Canolafokus onder aan wat fokus op hierdie aspekte en baie goeie praktiese raad gee om jou besluit te vergemaklik. Kontak my gerus vir bystand tov landboukundige besluitneming vir jou Canola vertakking asook die bemarking van jou canola. Groete Franco le Roux LANDBOUKUNDIGE HULPBRON BEAMPTE Epos: franco@soill.co.za Tel: Sel: Faks: Vrywaringsklousule Die aanbevelings wat deur SOILL se werknemers gemaak word is nie noodwendig korrek nie. Daar is geen voorstellings en/of waarborge ten opsigte van die korrektheid van sodanige aanbevelings nie. Indien die aanbevelings of insette gebruik word, word dit op eie risiko aanvaar en toegepas en word SOILL of sy werknemers van enige en/of alle eise en/of skade wat mag voortspruit uit die toepassing van sodanige aanbevelings gevrywaar.

4 Mondstuk van die canolawerkgroep September 2013 No. 55 OES VAN CANOLA Jannie Bruwer Akkerboukundige Sentraal-Suid Koöperasie Bpk, Swellendam Wanneer canola gevestig word, is dit belangrik dat alle saad in vogtige grond gesaai word vir eweredige ontkieming. As bogenoemde nie gedoen word nie, kan ontkieming oneweredig wees, wat weer tot gevolg het dat rypwording ook onegalig is en die oesproses bemoeilik word. Die korrekte oestegnieke sal verseker dat oesverliese beperk word en die beste kwaliteit produk gelewer word. n Vraag wat baie produsente vra is: Moet ek direk stroop of platsny? Elke produsent moet maar self besluit watter oesproses hy gaan volg. Die beskikbaarheid van implemente speel ook n groot rol in besluitneming. Die hedendaagse kultivars word geteel om meer pitvas te wees sodat dit ook direk gestroop kan word. Platsny en dors van canola Waarom platsny? Platsny veroorsaak dat 8 tot 10 dae vroeër geoes kan word, omdat saad egalig ryp raak. By platgesnyde canola droog die peule en saad ook vinniger as staande canola. Platsny is veral belangrik waar lande onegalig ryp raak. Platgesnyde canola is ook minder gevoelig vir wind-, reën en hael skade in vergelyking met staande canola. Die vraag ontstaan onmiddellik wanneer die regte tyd vir platsny is. Die volgende riglyne kan gebruik word om die ideale platsny-stadium vir canola te bepaal. Die ideale tyd vir platsny is wanneer die saad 40 tot 70 % verkleur het (sien foto s) en n voginhoud van 30 tot 40%

5 het. Dit is egter beter om canola eerder by 50% saadverkleuring te begin sny as by 40% om die risiko van te vroeg uit te skakel. In warmer droër gebiede is dit beter om canola plat te sny wanneer die saadverkleuring tussen 50 tot 60 % is. Die rede hiervoor is dat warmer temperature die windry vinnig laat afdroog. Die saad ontwikkel gevolglik nie ten volle tot volwassenheid en dit veroorsaak groen pitte (hoë chlorofiel-inhoud). Die olie-inhoud en kwaliteit van die olie (groen kleur) kan ook benadeel word. Om die saadkleurverandering te bepaal, moet monsters van 100 peule of meer versamel word, wat verteenwoordigend van die hele land is. Saadrypwording begin aan die onderkant van die plant, m.a.w. peule moet aan die onderkant, middel en bokant van die plant aan die hoofhalm gepluk word om die rypheid te bepaal. van kleur, maar is reeds ferm as dit tussen die duim en wysvinger gerol word. Die eerste monsters behoort vanaf ongeveer 15 dae na einde van blom geneem te word om die ideale platsny datum te bepaal. (Die einde van blom word gedefinieer as die punt wanneer 10% van plante nog blomme aan het of waar daar net n liggeel skynsel gewaar kan word). Daar behoort elke dag monsters geneem te word, want wanneer saad ferm is, kan dit binne 24 uur verkleur. Die klimaat het egter n invloed op die kleurverandering. Verkleuring vind vinnig plaas as dit warm en droog is en stadiger as dit koel en vogtig is. Onder veldtoestande is gevind dat die saad as volg per dag kan verkleur by temperature van: C : 3 tot 4 % Die saad moet teen n wit agtergrond gehou word om die saadkleurverandering waar te neem. Sade wat van groen na geel, bruin of swart verkleur het, kan getel word. Normaalweg is die onderste derde se sade hoofsaaklik donkerbruin tot swart van kleur. Die middelste derde se kleur wissel tussen geel en ligte bruin. Die boonste derde se sade is groen saadverkleuring per dag C : 4 tot 6 % saadverkleuring per dag C: 7 tot 8 % saadverkleuring per dag Platsny by die optimum stadium sal maksimum olie-inhoud en minimum verliese verseker. Wanneer te vroeg platgesny word, kan saadgrootte, olie-

6 inhoud en opbrengs nadelig beïnvloed word. Wanneer canola vier tot vyf dae te vroeg platgesny word, kan opbrengsverliese so hoog as 10 % wees. Nog n verdere nadeel van te vroeg platsny is dat sade nie volwasse raak nie en groen pitte (chlorofil) tot gevolg het. Dit het n nadelige invloed op die gradering van die olie. Om oesverliese met te laat platsny te beperk, kan platsny gedurende die nag of wanneer die humiditeit hoog is na reën of dou gedoen word. Canola is slegs vir drie of vier dae ideaal vir platsny. Dié periode is ongeveer dae na einde blom afhangende van die klimaat. Snyhoogte moet bo die vertakking van die plant wees, sodat die staande stoppel n mik vorm, waarin die windry kan lê. Dit keer dat die windry te diep in die stoppel wegsak. Deur die windry so te anker, word beter lugvloei verseker en die canola droog vinniger af. Snyhoogte is dus van kardinale belang indien reën gedurende oestyd voorkom. n Ideale snyhoogte vir canola is 35 to 45 cm afhangende van die digtheid en hoogte van die gewas. Afhangende van klimaatstoestande soos temperatuur, wind en humiditeit wat die uitdrogingstempo bepaal kan canola ongeveer 7 12 dae na platsny geoes word. Wanneer geoes word, gebruik die instelling vir raapsaad. Die drom- en windspoed word tot ongeveer die helfte tot twee-derdes van koring gestel. As die dromspoed te hoog is slaan die canola saad stukkend. Wanneer canola gedors word nadat dit platgesny is, moet die opteller so horisontaal as moontlik gestel word, sodat die windry so min moontlik versteur word. Probeer die opteller en die grondspoed van die stroper dieselfde hou. Platgesnyde canola moet verkieslik van die peulkant opgetel word. Aangesien canola maklik uit die peul gedors word en dus nie n hoë wrywingsaksie verg nie, moet die konkaaf drie tot vier verstellings wyer as by kleingrane gestel word. Direk stroop van canola Wanneer daar direk gestroop word en daar is groen dele, sny dit uit en oes eerder later as om te wag totdat alles ryp is en verliese hoog is. Met staande canola moet die stroop proses gestaak word as die Relatiewe

7 Humiditeit (RH) tot 70% daal. Indien dit baie warm en winderig is, moet die stroop proses ook uitgestel word om verliese te beperk. Begin weer stroop wanneer die RH bokant 70% is. Canola kan gelewer word met n voginhoud van tot 14%, mits drogingsfasiliteite beskikbaar is. Let egter daarop dat die voginhoud van canola verander met reën en n verandering in RH. Toets die voginhoud dus gereeld. Chemiese rypwording is n alternatief vir platsny, veral waar die gewas omgeval het of waar onkruide laat in die seisoen ontkiem het. Die chemiese produk wat daarvoor in Australië geregistreer is, bevat die aktiewe bestanddeel dikwat. Goeie benatting van die hele plant is belangrik vir effektiewe werking van die spuitmiddel. Die stadium van bespuiting is ook belangrik. Dit is later as die platsnystadium. Die saadverkleuring moet tussen 80 tot 90% wees. Let daarop dat veral die sade op die sytakke se kleur nie meer groen moet wees nie, maar geel of bruin moet wees. Die rede hiervoor is dat dikwat die plant ryp dwing en die normale proses van saadverkleuring nie meer plaasvind wanneer dikwat gespuit word nie. n Bespuiting wat te vroeg plaasvind sal dus veroorsaak dat daar te veel ongewenste groen sade voorkom. Die canola sal reg wees vir oes tussen vier tot sewe dae nadat die bespuiting gedoen is afhangende van die grootte en digtheid van die gewas. Dit is belangrik dat slegs n area wat binne een tot twee dae ge-oes kan word per keer bespuit moet word om oesverliese weens oopspring te verhoed.

8 Foto 1: Verskille in saadkleur volgens peul posisie op die hoofstam tydens platsnystadium. 9 P a g e

9 Foto 2: Gebruik van saadkleur om die optimale oesstadium te bepaal. Bron: Departement van Landbou Wes-Australië 10 P a g e

10 Foto 3: Verskille in saadkleur volgens peul posisie op die hoofstam. Bron: Departement van Landbou Wes-Australië Navrae: Direktoraat Plantwetenskappe, Wes-Kaapse Departement van Landbou, Privaatsak X1, Elsenburg, 7607, Tel Redaksie: PJA Lombard, J Bruwer & Prof A Agenbag Geborg deur die Proteïennavorsingstigting Besoek die PNS se webblad by vir vorige uitgawes van nuusbriewe en pamflette. 11 P a g e

September 2013 No. 55

September 2013 No. 55 September 2013 No. 55 OES VAN CANOLA Jannie Bruwer Akkerboukundige Sentraal-Suid Koöperasie Bpk, Swellendam Wanneer canola gevestig word, is dit belangrik dat alle saad in vogtige grond gesaai word vir

Nadere informatie

SOILL PRODUSENTE NUUSBRIEF

SOILL PRODUSENTE NUUSBRIEF SOILL PRODUSENTE NUUSBRIEF JANUARIE 214 Januarie is reeds op sy rug en dit is moeilik om te dink dat binne 8 na 1 weke die planters gaan begin woel om die nuwe seisoen weer aan die gang te kry. Hierdie

Nadere informatie

SOILL PRODUSENTE NUUSBRIEF

SOILL PRODUSENTE NUUSBRIEF SOILL PRODUSENTE NUUSBRIEF AUGUSTUS 2014 Oor die algemeen kan die meeste areas terugkyk op n goeie landboujaar tot dusver met goeie vog toestande wat voorgekom het. Sekere dele is baie nat (Klipheuwel

Nadere informatie

Praktiese punte vir Canola produksie Bemesting van Canola Slak- en Insekbeheer Swambeheer Opbrengseffekte Risiko van Canola in kort rotasie.

Praktiese punte vir Canola produksie Bemesting van Canola Slak- en Insekbeheer Swambeheer Opbrengseffekte Risiko van Canola in kort rotasie. Praktiese punte vir Canola produksie Bemesting van Canola Slak- en Insekbeheer Swambeheer Opbrengseffekte Risiko van Canola in kort rotasie. VESTIGING Plantestand : 50 tot 70 plante/m² 15 plante/m² - genoeg.1

Nadere informatie

Mondstuk van die canolawerkgroep

Mondstuk van die canolawerkgroep Mondstuk van die canolawerkgroep September 2007 No 35 Oesstadium en tegnieke PJA Lombard en DJ Hanekom Departement Landbou:Wes-Kaap, Privaatsak X1, Elsenburg, 7607 Die Oes van Canola Twee metodes van oes

Nadere informatie

SOILL PRODUSENTE NUUSBRIEF

SOILL PRODUSENTE NUUSBRIEF SOILL PRODUSENTE NUUSBRIEF 2015 Uitgawe 4 Inhoud Distriksoorsig Swambespuitings op canola Sclerotinia SOILL volhoubaarheidsprojek PNS Canola kompetisie Distriksoorsig Vanjaar is sover nie n maklike Canola

Nadere informatie

VALS DRAADWURM RIG SKADE AAN Izané Leygonie-Crous

VALS DRAADWURM RIG SKADE AAN Izané Leygonie-Crous Junie 2018 No. 85 VALS DRAADWURM RIG SKADE AAN Izané Leygonie-Crous Vals draadwurmlarwes het vanjaar onverwags kop uitgesteek in beide die Swartland en Suid-Kaap. Die graad van skade wat aangerig is deur

Nadere informatie

Foto-redigering vir sun.ac.za

Foto-redigering vir sun.ac.za Foto-redigering vir sun.ac.za Foto s is ʼn baie kragtige bemarkingsinstrument. Ons het oor die afgelope paar jaar nuusberigfoto s op ʼn sekere manier hanteer, maar dit is tyd vir vernuwing om die webwerf

Nadere informatie

ARBEIDSWETGEWING NUUSBRIEWE

ARBEIDSWETGEWING NUUSBRIEWE ARBEIDSWETGEWING NUUSBRIEWE ARBEIDSVERHOUDINGE (I) WET OP ARBEIDSVERHOUDINGE No. 66 van 1995 (soos gewysig) - Vakbonde 22/27 Hierdie nuusbrief handel oor vakbonde en is in n Vraag en Antwoord formaat.

Nadere informatie

Vestiging van Canola: Saaidigtheid

Vestiging van Canola: Saaidigtheid Maart 214 No.8 Vestiging van Canola: Saaidigtheid Saamgestel deur: Pieter Burger Overberg Agri Die bepaling van saaidigthede In die verlede is n saaidigtheid van 4 tot 6 kg saad per hektaar aanbeveel as

Nadere informatie

Maart No. 69 INVLOED VAN ONKRUIDDODERS OP OPVOLGGEWASSE Chris Cumming PNS Konsultant

Maart No. 69 INVLOED VAN ONKRUIDDODERS OP OPVOLGGEWASSE Chris Cumming PNS Konsultant Maart 2 2016 No. 69 INVLOED VAN ONKRUIDDODERS OP OPVOLGGEWASSE Chris Cumming PNS Konsultant Die moontlike skade aan gewasse as gevolg van residu oordrag van onkruiddoders wat op die vorige gewas toegedien

Nadere informatie

Watter koek se dele lyk vir jou die grootste? Dis Reg! Die koek wat in 3 dele gesny is se dele is groter as die koek wat in 4 dele gesny is.

Watter koek se dele lyk vir jou die grootste? Dis Reg! Die koek wat in 3 dele gesny is se dele is groter as die koek wat in 4 dele gesny is. Hoe om breuke met mekaar te vergelyk Jou ma het sjokoladekoeke gebak. Sy het een in gelyke dele verdeel en die ander in gelyke dele. Jy wil graag die grootste stuk koek hê, maar weet nou nie van watter

Nadere informatie

SOILL PRODUSENTE NUUSBRIEF

SOILL PRODUSENTE NUUSBRIEF SOILL PRODUSENTE NUUSBRIEF Maart 2015 2015 Uitgawe 2 Inhoud Agterskot op 2014 oes Voornemens om te plant Belangrike aspekte by plant van Canola Agterskot April 2014 SOILL se direksie het besluit om n agterskot

Nadere informatie

FAKTORE EN VEELVOUDE

FAKTORE EN VEELVOUDE FAKTORE EN VEELVOUDE Ons gaan nou na n paar stukkies teorie kyk in verband met Natuurlike- en Telgetalle. Voltooi: 3 X 1 = 3 X 2 = 3 X 3 = 3 X 4 = 3 X 5 = Ons sê dus dat 3, 6, 9, 12 en 15 VEELVOUDE is

Nadere informatie

Les 14: Entrepreneurskap

Les 14: Entrepreneurskap Les 14: Entrepreneurskap Aktiwiteit Beantwoord die volgende vrae deur die regte kolom te merk Altyd Gereeld Soms Nooit A Dryfkrag en motivering 1. Ek is nie seker wat ek van die lewe dink nie. 0 1 2 3

Nadere informatie

Desember 2016 No.73. Canola kultivarevaluasie: Wes- en Suid-Kaap 2016 PJA Lombard, L Smorenburg en J Strauss

Desember 2016 No.73. Canola kultivarevaluasie: Wes- en Suid-Kaap 2016 PJA Lombard, L Smorenburg en J Strauss Desember 2016 No.73 Canola kultivarevaluasie: Wes- en Suid-Kaap 2016 PJA Lombard, L Smorenburg en J Strauss Inleiding In die afgelope 2016 seisoen is n totaal van 19 kultivars in die kultivarevaluasieprogram

Nadere informatie

Desember 2015 No.67. Canola kultivarevaluasie: Wes- en Suid-Kaap 2015 PJA Lombard, L Smorenburg en J Strauss

Desember 2015 No.67. Canola kultivarevaluasie: Wes- en Suid-Kaap 2015 PJA Lombard, L Smorenburg en J Strauss Desember 2015 No.67 Canola kultivarevaluasie: Wes- en Suid-Kaap 2015 PJA Lombard, L Smorenburg en J Strauss Inleiding In die afgelope 2015 seisoen is n totaal van 15 kultivars in die kultivarevaluasieprogram

Nadere informatie

Weeklikse Marksiening 16 April 2012

Weeklikse Marksiening 16 April 2012 Weeklikse Marksiening 16 April 2012 Mielies Oorsig van verlede week VSA Pryse in die VSA daal 4% vir die week. Na pryse Maandag geval het a.g.v. die USDA se vraag en aanbod syfers, het pryse doelloos rondgehang

Nadere informatie

Die horisontale as verteenwoordig die invoerveranderlike en die vertikale as die uitvoerveranderlike, en die twee asse sny by n gesamentlike nulpunt.

Die horisontale as verteenwoordig die invoerveranderlike en die vertikale as die uitvoerveranderlike, en die twee asse sny by n gesamentlike nulpunt. As jy na die volgende getal- masjien kyk: y = x +, sal jy sien wanneer ons verskillende waardes vir x invoer, ons elke keer n ander waarde sal hê vir y. Met ander woorde, gestel ons voer die volgende waardes

Nadere informatie

MODULE 3: GEBOUE. Ja. Dit ís n huis. En hierdie is versekering. Eenvoudige, verstaanbare, duidelike versekering.

MODULE 3: GEBOUE. Ja. Dit ís n huis. En hierdie is versekering. Eenvoudige, verstaanbare, duidelike versekering. MODULE 3: GEBOUE Ja. Dit ís n huis. En hierdie is versekering. Eenvoudige, verstaanbare, duidelike versekering. 46 GEVALLESTUDIE AFDELING GEBOUE MODULE INLEIDING Die gevallestudie oor Afdeling Geboue spreek

Nadere informatie

Sê maar jy word voor die keuse gestel om een van die volgende getalle as geld in Rand te ontvang, watter een sal jy kies?

Sê maar jy word voor die keuse gestel om een van die volgende getalle as geld in Rand te ontvang, watter een sal jy kies? VERGELYK en RANGSKIK GETALLE Om vergelykings te tref tussen verskillende dinge is n vaardigheid waarmee ons almal gebore word. Dit begin vroeg-vroeg al wanneer ons verskillende tipes speelgoed met mekaar

Nadere informatie

Kom ons kyk nou gou net na die getalle van nul to by 999 en selfs groter, as n hersiening van plekwaardes. Bewerkings met telgetalle

Kom ons kyk nou gou net na die getalle van nul to by 999 en selfs groter, as n hersiening van plekwaardes. Bewerkings met telgetalle Van die vroegste tye wat mense kon praat en nodig gehad het om te kan tel, het hulle Natuurlike Getalle gebruik. Dit maak sin, want hulle kon 3 rotse of 5 koeie sien maar hulle het geen begrip gehad vir

Nadere informatie

Handleiding 11. Belangegroepbestuur. GKSA - Belangegroepbestuur

Handleiding 11. Belangegroepbestuur. GKSA - Belangegroepbestuur Handleiding 11 Belangegroepbestuur 1 11.1 INLEIDING Die kerk het n hele paar belangegroepe wat in ag geneem word, wor, en waarmee daar gereeld gekommunikeer moet word. Die kommunikasie met elk van hierdie

Nadere informatie

CANOLA KULTIVAREVALUASIE: WES- EN SUID-KAAP 2017 PJA Lombard, L Smorenburg en J Strauss

CANOLA KULTIVAREVALUASIE: WES- EN SUID-KAAP 2017 PJA Lombard, L Smorenburg en J Strauss CANOLA KULTIVAREVALUASIE: WES- EN SUID-KAAP 2017 PJA Lombard, L Smorenburg en J Strauss Desember 2017 No.80 Inleiding In die afgelope 2017 seisoen is ʼn totaal van 18 kultivars in die kultivarevaluasieprogram

Nadere informatie

Desember 2014 No.62. Canola kultivarevaluasie: Wes- en Suid-Kaap 2014 PJA Lombard, L Smorenburg en J Strauss

Desember 2014 No.62. Canola kultivarevaluasie: Wes- en Suid-Kaap 2014 PJA Lombard, L Smorenburg en J Strauss Desember 2014 No.62 Canola kultivarevaluasie: Wes- en Suid-Kaap 2014 PJA Lombard, L Smorenburg en J Strauss Inleiding In die afgelope 2014 seisoene is ses konvensioneel, agt CL (Imasamoks tolerante) en

Nadere informatie

BASIESE KONSEPTE-PROGRAM PROGRAM. n Toets ontwikkel deur dr. Louis Benjamin, Naam van leerder: Ouderdom van leerder: Geslag: Graad: Skool:

BASIESE KONSEPTE-PROGRAM PROGRAM. n Toets ontwikkel deur dr. Louis Benjamin, Naam van leerder: Ouderdom van leerder: Geslag: Graad: Skool: BASIESE KONSEPTE-PROGRAM PROGRAM TOETSING VAN BASIESE KONSEPTE-KENNIS n Toets ontwikkel deur dr. Louis Benjamin, 2007 Naam van leerder: Ouderdom van leerder: Geslag: Graad: Skool: Datum van toets: Naam

Nadere informatie

Landboudienste IN PAS MET DIE VERANDERDE OMGEWING. Augustus 2011 SENWES INLIGTINGSESSIE:

Landboudienste IN PAS MET DIE VERANDERDE OMGEWING. Augustus 2011 SENWES INLIGTINGSESSIE: IN PAS MET DIE VERANDERDE OMGEWING SENWES INLIGTINGSESSIE: Augustus 2011 Landboudienste n SENWES AANBIEDING Om die produsent in staat te stel om n berekende besluit te kan neem oor produksie & bemarkings

Nadere informatie

Caledon en Bredasdorp Gesamentlike Studiegroep Resultate

Caledon en Bredasdorp Gesamentlike Studiegroep Resultate Caledon en Bredasdorp Gesamentlike Studiegroep Resultate EKONOMIE VAN SKAAL Rietpoel - 27 Februarie 2014 Caledon en Bredasdorp Gesamentlike Studiegroep Resultate Agtergrond Oorsig van Resultate Effek van

Nadere informatie

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk Doel van les: Voordat ons kan leer van ons nuwe identiteit in Christus, moet ons eers stil staan by wat Christus vir ons kom doen het. Vandag gaan ons gesels

Nadere informatie

Januarie 2010 No. 42. Inleiding

Januarie 2010 No. 42. Inleiding Inleiding Canola kultivarevaluasie: Wes- en Suid-Kaap 2009 PJA Lombard, L Smorenburg en Dr J Strauss Instituut vir Plantproduksie, Departement Landbou:Wes-Kaap, Privaatsak X1, Elsenburg, 7607 Januarie

Nadere informatie

RESPECT 4 U. L e s 1. Jou vermoëns en sommige van jou verwagtinge en drome indentifiseer

RESPECT 4 U. L e s 1. Jou vermoëns en sommige van jou verwagtinge en drome indentifiseer WIE KIES EK OM TE WEES? WAT KIES EK OM TE WEES RESPECT 4 U Gedurende hierdie les sal jy: Leer oor die RESPEK vir jouself program en jou ontmoet onderwyser ontmoet Maniere identifiseer om RESPEK te wys

Nadere informatie

Direktoraat Plantwetenskappe

Direktoraat Plantwetenskappe Direktoraat Plantwetenskappe Canola kultivarevaluasie: Wes- en Suid-Kaap 2012 PJA Lombard, L Smorenburg en J Strauss Inleiding Basterkultivars is reeds die afgelope paar seisoene die grootste groep binne

Nadere informatie

KAN SUID-AFRIKA SE GRAANBOERE OORSEE MEEDING? DEUR DR PHILIP THEUNISSEN COMPUTUS BESTUURSBURO

KAN SUID-AFRIKA SE GRAANBOERE OORSEE MEEDING? DEUR DR PHILIP THEUNISSEN COMPUTUS BESTUURSBURO - 1 - KAN SUID-AFRIKA SE GRAANBOERE OORSEE MEEDING? DEUR DR PHILIP THEUNISSEN COMPUTUS BESTUURSBURO Graanbedrywe in Suid-Afrika se winsgewendheid is tans onder groot druk. Die twee grootste graanoeste,

Nadere informatie

Kan Ons Asseblief in U Nuusbrief of Advertensie Blad adverteer?

Kan Ons Asseblief in U Nuusbrief of Advertensie Blad adverteer? Kan Ons Asseblief in U Nuusbrief of Advertensie Blad adverteer? In ruil bied Globex Internet Dienste U Gemeente die voordeel om n groeiende Maandelikse inkomste te verdien. Ons is reeds in vennootskap

Nadere informatie

6 Strukture. Vrae. 1. Noem drie belangrike dinge wat strukture vir ons kan doen. 2. Watter twee soorte strukture kry ons?

6 Strukture. Vrae. 1. Noem drie belangrike dinge wat strukture vir ons kan doen. 2. Watter twee soorte strukture kry ons? 6 Strukture Vrae 1. Noem drie belangrike dinge wat strukture vir ons kan doen. 2. Watter twee soorte strukture kry ons? 3. Plak of teken prente van die verskillende soorte strukture. Raamstrukture 24 Dopstrukture

Nadere informatie

VLEISINVOERE VANAF NAMIBIË GERHARD SCHUTTE OOS-KAAP RPO JAARVERGADERING 20 MEI 2015

VLEISINVOERE VANAF NAMIBIË GERHARD SCHUTTE OOS-KAAP RPO JAARVERGADERING 20 MEI 2015 VLEISINVOERE VANAF NAMIBIË GERHARD SCHUTTE OOS-KAAP RPO JAARVERGADERING 20 MEI 2015 1 FUNKSIES ONDER PRODUKSIE-ONTWIKKELING INVOER - MONITERING 2 FUNKSIES ONDER PRODUKSIE-ONTWIKKELING INVOER - MONITERING

Nadere informatie

Januarie 2014 No.57. Canola kultivarevaluasie: Wes- en Suid-Kaap 2013 PJA Lombard, L Smorenburg en J Strauss

Januarie 2014 No.57. Canola kultivarevaluasie: Wes- en Suid-Kaap 2013 PJA Lombard, L Smorenburg en J Strauss Januarie 2014 No.57 Canola kultivarevaluasie: Wes- en Suid-Kaap 2013 PJA Lombard, L Smorenburg en J Strauss Inleiding Die kultivarevaluasieprogram in die Wes- Kaap fokus op drie tipes canola nl, konvensioneel,

Nadere informatie

KANADESE CANOLA MIKPUNTE KAN ONS SAAMPRAAT Chris Cumming - PNS Konsultant

KANADESE CANOLA MIKPUNTE KAN ONS SAAMPRAAT Chris Cumming - PNS Konsultant KANADESE CANOLA MIKPUNTE KAN ONS SAAMPRAAT Chris Cumming - PNS Konsultant Junie 2018 No.84 Met ʼn produksie van meer as 18 miljoen ton per jaar is Kanada beslis die wêreldleier ten opsigte van canolaproduksie

Nadere informatie

UITSLAE en BESPREKING n Produksie- en bruto-marge kompetisie vir die Canolaprodusente van die Suid-Kaap, geborg deur die Proteïennavorsingstigting.

UITSLAE en BESPREKING n Produksie- en bruto-marge kompetisie vir die Canolaprodusente van die Suid-Kaap, geborg deur die Proteïennavorsingstigting. UITSLAE en BESPREKING n Produksie- en bruto-marge kompetisie vir die Canolaprodusente van die Suid-Kaap, geborg deur die Proteïennavorsingstigting. SUPERCANOLAKOMPETSIE DOELSTELLINGS + * Om Canolaproduksie

Nadere informatie

NUUSBRIEF: JANUARIE 2014

NUUSBRIEF: JANUARIE 2014 NUUSBRIEF: JANUARIE 2014 'n Stukkie goeie nuus wat ons pas ontvang het is dat die Minister van Arbeid haar belofte nagekom het en nie weer n algemene hersiening van die minimum loon vir plaaswerkers gedoen

Nadere informatie

SKOOL Eksamen - Gr 7 - EBW 3 Desember 2010

SKOOL Eksamen - Gr 7 - EBW 3 Desember 2010 SKOOL Eksamen - Gr 7 - EBW 3 Desember 2010 Les 12, 13, 14 & 16 Tyd: 120 min Totaal: 100 NAAM: Instruksies: 1. Vul eerstens jou naam en van op die vraestel in. 2. Lees jou vrae noukeurig voordat jy antwoord.

Nadere informatie

Omgekeerde bewerkings Getalsinne

Omgekeerde bewerkings Getalsinne Omgekeerde bewerkings As jy twee getalle bymekaar tel, soos sê nou maar 12 en 13, dan gaan jy mos n antwoord kry van 25? Ons sê dan dat die som van 12 en 13 vyf-en-twintig is. Maar jy behoort nou te verstaan,

Nadere informatie

MENTAL MATHS IN DIE KLASKAMER

MENTAL MATHS IN DIE KLASKAMER MENTAL MATHS IN DIE KLASKAMER HOEKOM MENTAL MATHS? Ons wil hê dat ons leerders gemaklik met getalle kan speel. Hy moet weet waar n getal lê. Hy moet n klomp somme met die getal kan maak. Mental Maths bou

Nadere informatie

KAN MIELIES WINSGEWEND GEPRODUSEER WORD? DEUR DR PHILIP THEUNISSEN COMPUTUS BESTUURSBURO

KAN MIELIES WINSGEWEND GEPRODUSEER WORD? DEUR DR PHILIP THEUNISSEN COMPUTUS BESTUURSBURO KAN MIELIES WINSGEWEND GEPRODUSEER WORD? DEUR DR PHILIP THEUNISSEN COMPUTUS BESTUURSBURO Die afgelope mielieseisoen (2004/05) was nie n goeie een vir mielieboere nie. Ten spyte van n rekord-oes (12,1 miljoen

Nadere informatie

Om getalle voor te stel, te herken en te vergelyk *

Om getalle voor te stel, te herken en te vergelyk * OpenStax-CNX module: m22939 1 Om getalle voor te stel, te herken en te vergelyk * Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0

Nadere informatie

BELASTINGVRYE PLAN Kom ons kry Suid-Afrika aan die spaar.

BELASTINGVRYE PLAN Kom ons kry Suid-Afrika aan die spaar. DIE OLD MUTUAL INVEST BELASTINGVRYE PLAN Kom ons kry Suid-Afrika aan die spaar. BELASTINGVRYE PLAN Dink net hoeveel gemoedsrus n belegging jou kan gee wat jou toelaat om vir jou drome en doelwitte te

Nadere informatie

Plantstruktuur en Plant Voedsel

Plantstruktuur en Plant Voedsel Plantstruktuur en Plant Voedsel Vraag 3: Kyk na die prentjies en beantwoord die vrae wat volg: Prentjie A Prentjie B Prentjie C 1. Prentjie A is n illustrasie van n plantsel soos gesien deur die lens van

Nadere informatie

SOILL PRODUSENTE NUUSBRIEF Desember 2016

SOILL PRODUSENTE NUUSBRIEF Desember 2016 1992 1993 1994 1995 1996 1997 1998 1999 2000 2001 2002 2003 2004 2005 2006 2007 2008 2009 2010 2011 2012 2013 2014 2015 2016 SOILL PRODUSENTE NUUSBRIEF Desember 2016 INHOUD Oes 2016 Lesse geleer uit afgelope

Nadere informatie

Opgradering van Oracle PeopleSoft Studente-, Finansies-, HR- en CRM- stelsels. 1. Agtergrond

Opgradering van Oracle PeopleSoft Studente-, Finansies-, HR- en CRM- stelsels. 1. Agtergrond Opgradering van Oracle PeopleSoft Studente-, Finansies-, HR- en CRM- stelsels Deur Inligtingtegnologiediens Gepubliseer op 02 Mei 2012 1. Agtergrond Die onlangse opgradering van die bogenoemde IT-stelsels

Nadere informatie

HOËRSKOOL KAMPSBAAI AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 9 JUNIE 2014 TYD: 1½ UUR TOTAAL: 80

HOËRSKOOL KAMPSBAAI AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 9 JUNIE 2014 TYD: 1½ UUR TOTAAL: 80 HOËRSKOOL KAMPSBAAI AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 9 JUNIE 2014 TYD: 1½ UUR TOTAAL: 80 TAAK 3: VRAESTEL 3 OPSTELLER: R. TOYER INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings:

Nadere informatie

Les 11: Tegnologie in die sake-omgewing

Les 11: Tegnologie in die sake-omgewing Les 11: Tegnologie in die sake-omgewing Aktiwiteit Groot handelsbanke soos Absa, Standard Bank en Nedbank bied verskeie nuwe dienste aan hulle kliënte. Kliënte hoef nie meer soos in die verlede die bank

Nadere informatie

Gids vir Byvoordele eise

Gids vir Byvoordele eise Gids vir Byvoordele eise Om u te help eis In hierdie moeilike tyd wil ons dit vir u so maklik as moontlik maak om te eis. Die doel van hierdie dokument is om u deur die proses van ʼn eis vir enige van die

Nadere informatie

Wiskundige Geletterdheid. Data Hantering. Opsomming van Data. Kwartiele

Wiskundige Geletterdheid. Data Hantering. Opsomming van Data. Kwartiele Wiskundige Geletterdheid Data Hantering Opsomming van Data Kwartiele Let wel: KAPV vereis slegs die interpretasie van kwartiele (houer-en-punt stippings). Ek sluit egter die teken van die houer-en-punt

Nadere informatie

Lewensoriëntering Vraestel 12 Graad 6 Totaal: 35

Lewensoriëntering Vraestel 12 Graad 6 Totaal: 35 Lewensoriëntering Vraestel 12 Graad 6 Totaal: 35 Vraag 1 GROEPSDRUK Vul die ontbrekende woorde in. 1. Hierdie scenario is n voorbeeld van en groepsdruk vind hoofsaaklik plaas tussen mense van dieselfde

Nadere informatie

Voorgrond- Agtergrond Voorgrond-agtergrond is die vermoë om voorwerpe op die voorgrond en agtergrond waar te neem en hulle sinvol te skei.

Voorgrond- Agtergrond Voorgrond-agtergrond is die vermoë om voorwerpe op die voorgrond en agtergrond waar te neem en hulle sinvol te skei. Voorgrond- Agtergrond Voorgrond-agtergrond is die vermoë om voorwerpe op die voorgrond en agtergrond waar te neem en hulle sinvol te skei. Voorgrond-Agtergrond Wat is voorgrond-agtergrond? Dit is die vermoë

Nadere informatie

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM Privaatsak X2, Citrusdal, 7340 E-pos: citrushs@mweb.co.za Tel: (022) 921 2100 Faks: (022) 921 3931 Liewe Ouer of Voog Sien asseblief onderaan

Nadere informatie

Hoe om die geboorte van jou kind te registreer

Hoe om die geboorte van jou kind te registreer Hoe om die geboorte van jou kind te registreer Hallo, Katrina. Baie geluk met jou nuwe babatjie! Sy s pragtig. ELKE KIND MOET N GEBOORTESERTIFIKAAT HÊ! BESOEK DIE MINISTERIE VAN BINNELANDSE SAKE EN IMMIGRASIE

Nadere informatie

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees Doel van les: Vandag leer ons van die Vrugte van die Heilige Gees en hoe dit in ons lewens werk. INLEIDING: Sjoe, ons het nou al so baie van die Heilige Gees

Nadere informatie

Mondstuk van die canolawerkgroep

Mondstuk van die canolawerkgroep Mondstuk van die canolawerkgroep Januarie 2009 No 36 Inleiding Canola kultivarevaluasie: Wes- en Suid-Kaap 2008 PJA Lombard, L Smorenburg en Dr J Strauss Departement Landbou:Wes-Kaap, Privaatsak X1, Elsenburg,

Nadere informatie

GRAAD 3 GESYFERDHEID VOORBEELDITEMS (AFRIKAANS) ONDERWYSERSGIDS

GRAAD 3 GESYFERDHEID VOORBEELDITEMS (AFRIKAANS) ONDERWYSERSGIDS 2011 GRAAD 3 GESYFERDHEID VOORBEELDITEMS (AFRIKAANS) ONDERWYSERSGIDS INSTRUKSIES AAN ONDERWYSERS 1. Daar is makliker en moeiliker items. 2. Die voorbeelditems is so saamgestel dat leerders hulself kan

Nadere informatie

INKOMSTE EN KOSTEBERAMINGS VAN KLEINGRAAN VERTAKKINGS IN DIE SWARTLAND

INKOMSTE EN KOSTEBERAMINGS VAN KLEINGRAAN VERTAKKINGS IN DIE SWARTLAND LANDBOUADVIESDIENSTE Wesgraan, n afdeling van Kaap Agri Voortrekkerweg 65, Posbus 22, Malmesbury, 7299 2017/04/19 INKOMSTE EN KOSTEBERAMINGS VAN KLEINGRAAN VERTAKKINGS Beskrywing: Die dokument bevat vertakkingbegrotings

Nadere informatie

6 tellers en noemers bymekaarbring en van mekaar skei.

6 tellers en noemers bymekaarbring en van mekaar skei. Vereenvoudiging van veeltermige eksponensiële uitdrukkings As jy die volgende breuk kry: dan weet jy mos dat jy n KGV moet kry, sodat beide die getalle onder die lyn dieselfde sal wees Die twee breuke

Nadere informatie

Luister en praat. Kyk na die prent en gesels daaroor. 1. Beskryf wat jy in die prent sien. 2. Waaraan, dink jy, dink die seun?

Luister en praat. Kyk na die prent en gesels daaroor. 1. Beskryf wat jy in die prent sien. 2. Waaraan, dink jy, dink die seun? Luister en praat Naam: Kyk na die prent en gesels daaroor. 1. Beskryf wat jy in die prent sien. 2. Waaraan, dink jy, dink die seun? 3. Waaraan, dink jy, dink die kat? 4. Hoekom dink jy is daar ʼn slot aan

Nadere informatie

DIE VOEDING VAN VERVANGINGSVERSE, DROË KOEIE EN BULKALWERS

DIE VOEDING VAN VERVANGINGSVERSE, DROË KOEIE EN BULKALWERS DIE VOEDING VAN VERVANGINGSVERSE, DROË KOEIE EN BULKALWERS Ulrich Müller, VOERMOL VOERE Die suksesvolle grootmaak van vervangingsverse vorm n belangrike skakel in enige melkbeeskudde. Die doelwit van so

Nadere informatie

Sentraalbeplande stelsel

Sentraalbeplande stelsel Hoofstuk 1: Ekonomiese stelsels 1 Definisie van die konsep Ekonomiese stelsel: n Ekonomiese stelsel kan beskryf word as die manier waarop besluite geneem word oor: Hoe produksiefaktore / hulpbronne (kapitaal,

Nadere informatie

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 NOVEMBER 2011 PUNTE: 100 TYD: 2½ uur Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye. Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 2 DBE/November

Nadere informatie

Ontwikkeling van die luistersiklus. n Hulpmiddel

Ontwikkeling van die luistersiklus. n Hulpmiddel Ontwikkeling van die luistersiklus n Hulpmiddel 3 4 Basiese gebruik 5 Vir gemeentes Vir groepe Die luistersiklus gee struktuur aan ons gesprek: Dit is n handvatsel om aan vas te hou. 6. Vir gesprekke met

Nadere informatie

.1 INLEIDING. geleenthede te adverteer en deelname te bevorder Moets

.1 INLEIDING. geleenthede te adverteer en deelname te bevorder Moets Handleiding 9 Riglyne vir plakkate en pamflette [Type text] Page 1 9.1.1 INLEIDING Die doel van ʼn plakkaat is om ʼn boodskap vinnig en maklik te versprei. Dit is ʼn effektiewe manier om groot getalle mense

Nadere informatie

Tankwa Karoo : Augustus 2010 Johan Snyman

Tankwa Karoo : Augustus 2010 Johan Snyman Tankwa Karoo : 14-16 Augustus 2010 Johan Snyman Agtergrond Aangesien ons binnekort Windhoek toe trek, is ons nou besig om al ons geliefkoosde plekke te gaan groet. Ek het onlangs ook groot veranderinge

Nadere informatie

die ark en neem jou gesin saam. Van almal op die aarde het jy die naaste aan my geleef. Binne 7 dae stuur Ek reën.

die ark en neem jou gesin saam. Van almal op die aarde het jy die naaste aan my geleef. Binne 7 dae stuur Ek reën. Ontmoeting 4 God is lief vir Noag Kinders hoor in die storie van Noag dat God regverdig is. Hy sien mense raak wat aan Hom gehoorsaam is en Hy maak n duidelike plan om sy kinders te red. Teks: Genesis

Nadere informatie

Opsie- & Makelaarsdienste

Opsie- & Makelaarsdienste 4 Opsie & Makelaarsdienste Verslag saamgestel deur: Ofentse Seametso Mielie uitvoere vir die week geëindig: Bemarkingsjaar: 1 Mei 218 3 Apr 219 6 December 218 24 Nov 218 3 Nov 218 Beskrywing Vorige Week

Nadere informatie

Opsie- & Makelaarsdienste

Opsie- & Makelaarsdienste 4 Opsie & Makelaarsdienste Verslag saamgestel deur: Ofentse Seametso Mielie uitvoere vir die week geëindig: Bemarkingsjaar: 1 Mei 218 3 Apr 219 24 January 219 12 Jan 219 18 Jan 219 Beskrywing Vorige Week

Nadere informatie

Opsie- & Makelaarsdienste

Opsie- & Makelaarsdienste 4 Opsie & Makelaarsdienste Verslag saamgestel deur: Ofentse Seametso Mielie uitvoere vir die week geëindig: Bemarkingsjaar: 1 Mei 218 3 Apr 219 17 January 219 5 Jan 219 11 Jan 219 Beskrywing Vorige Week

Nadere informatie

Bankstate LPF Systems BK

Bankstate LPF Systems BK Bankstate LPF AgriBusiness Gebruikershandleiding deur LPF Systems BK Indeks 3 Inhoudsopgawe Deel I Elektroniese Bankstate 4 1 Inleiding... 4 Doel... 4 Werksm etode... 4 Menu... 5 2 Laai... 5 Intrek...

Nadere informatie

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek.

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek. 1 Lukas 6h 7.10.18 WH Tema: Hoe kyk jy? Ek sien nou die dag `n taxi met `n plakkaat agter in die venster waarop daar staan: only God can judge me. Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in

Nadere informatie

4. Ek voel alleen Johannes 10:11-16, 26-30

4. Ek voel alleen Johannes 10:11-16, 26-30 4. Ek voel alleen Johannes 10:11-16, 26-30 Tema Die goeie Herder hou al sy skape veilig in sy hand. Agtergrond en interpretasie Kyk weer na Agtergrond en interpretasie by Ontmoeting 1, asook na die aantekenings

Nadere informatie

Risikoprofielsamestelling op SanPort ipad- app

Risikoprofielsamestelling op SanPort ipad- app Risikoprofielsamestelling op SanPort ipad- app RISIKOPROFIELSAMESTELLING KAN NOU OP DIE SANPORT IPAD- APP GEDOEN WORD. DIS BESKIKBAAR VIR ALLE SANLAM- TUSSENGANGERS MET IPADS. Die nuwe risikoprofielsamestelling

Nadere informatie

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

DIE VLEUELS VAN GEBED (9) DIE VLEUELS VAN GEBED (9) DIE VLEUELS VAN GEBED (9) Jan van der Watt Dankie Here! Dankie sê is om jou skuld te betaal. In die tyd van die Bybel was dankie sê iets anders as vandag. Vandag is dankie n woord

Nadere informatie

Antieke Egipte en die Nylrivier

Antieke Egipte en die Nylrivier Eenheid 2 Leergids 1 Antieke Egipte en die Nylrivier Doelwitte Leer wie die antieke egiptenare was. Leer wanneer en wanneer die antieke Egiptenare geleef het. Leer van tyd, kronologie en tydlyne. A. Basiese

Nadere informatie

Is jy seker dis nie n voorry nie. Ek wonder of die kinders weet wat n voorry doen.

Is jy seker dis nie n voorry nie. Ek wonder of die kinders weet wat n voorry doen. Op pad vir Christus NG Kraggakamma Le Roux Familie POPPEKASKAPERJOLLE : Frikkie! Frikkie! Hoekom is jy so stadig vandag? Frikkie: (Nog af. Haal hard asem) Want ek is moeg. Hoekom is jy moeg? Frikkie: Ek

Nadere informatie

Aansoek om deur Ruimsig Gemeente Leraar in die eg verbind te word.

Aansoek om deur Ruimsig Gemeente Leraar in die eg verbind te word. Bladsy 1/5 Aansoek om deur Ruimsig Gemeente Leraar in die eg verbind te word. Baie geluk en dankie dat julle dit oorweeg om hierdie spesiale verbintenis deur Ruimsig Gemeente te laat hanteer. Dit is Ruimsig

Nadere informatie

Vog in die Atmosfeer en Neerslae

Vog in die Atmosfeer en Neerslae Geografie Vraestel 10 Graad 10 Tyd: 2 Ure Totaal: 125 Vog in die Atmosfeer en Neerslae Vraag 1: Terme Voltooi die volgende blokkiesraaisel deur die terme in die korrekte spasies in te vul: 1 Dwars: 1 Die

Nadere informatie

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN Skep Die Geleentheid Vir Veilige Kommunikasie Bou Vertroue & Dra Waardes Oor Versterk Verhoudings Ontwikkel Jou Kind Se Emosionele Intelligensie SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN Created by REËLS VIR

Nadere informatie

GRAAD 12: AFRIKAANS HT VRAESTEL 3: SKRYF

GRAAD 12: AFRIKAANS HT VRAESTEL 3: SKRYF OOS-KAAPOnderwysdepartement GRAAFF-REINET DISTRIK GRAAD 12: AFRIKAANS HT VRAESTEL 3: SKRYF MEI/JUNIE 2013 PUNTE: 100 TYD: 2½ UUR Eksaminator: M. Marais INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan

Nadere informatie

HI E NUUSBRIEF. Hoofbeampte se kennisgewing. Geagte lid

HI E NUUSBRIEF. Hoofbeampte se kennisgewing. Geagte lid HI E AMPTELIKE KOMMUNIKASIE VAN DIE VERSO SAMBREEL AFTREEFONDS THE NUUSBRIEF APRIL 2017 Hoofbeampte se kennisgewing Geagte lid Een van die onderwerpe wat die afgelope jaar die meeste bespreek was, is die

Nadere informatie

eboeke word ontwikkel en gratis verskaf deur die

eboeke word ontwikkel en gratis verskaf deur die Ons praat baie van dinge wat in verhouding tot mekaar is, sonder om dit regtig agter te kom! As jy byvoorbeeld sê dat jy twee van die ses stukke van n pizza geëet het, het jy n verhouding beskryf: Die

Nadere informatie

STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart?

STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart? STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart? - Lees Rom 10:1 - By hierdie stasie gaan elke persoon hulle polsslag neem - Laat elke persoon hulle wysvinger op hulle pols sit om hulle hartklop te voel. - Laat hulle

Nadere informatie

Direkte en indirekte rede. Naam:

Direkte en indirekte rede. Naam: Direkte en indirekte rede Naam: Direkte en indirekte rede Direkte rede is iemand se eie woorde en dit staan in aanhalingstekens. Ryan sê: Ek weet nie wat die Afrikaanse woord beteken nie. Andrew sê: Ek

Nadere informatie

Bloubuffelgras (Cenchrus ciliaris)

Bloubuffelgras (Cenchrus ciliaris) Bloubuffelgras (Cenchrus ciliaris) Beskrywing : n Meerjarige polvormige gras met ondergrondse wortelstokke. Verspreiding : Inheems aan : Angola, Botswana, Egipte, Ethopië, Ghana, Kenya, Libya, Malawi,

Nadere informatie

2; 5; 7; 4; 6; 8; 7; 5; 1; 3; 7; 8; 5; 5. (Onthou: Frekwensie beteken die aantal kere wat n spesifieke waarde getel kan word)

2; 5; 7; 4; 6; 8; 7; 5; 1; 3; 7; 8; 5; 5. (Onthou: Frekwensie beteken die aantal kere wat n spesifieke waarde getel kan word) Statistiek en Datahantering Een van die eerste dinge wat jy gaan leer oor Statistiek en Data-hantering is die konsepte van die Gemiddeld, die Modus, die Mediaan en die Omvang, en ons gaan dit doen deur

Nadere informatie

Maak dit n kwadratiese vergelyking deur =0 aan die regterkant by te sit: 2x

Maak dit n kwadratiese vergelyking deur =0 aan die regterkant by te sit: 2x VIERKANTSVOLTOOIING Jy het al verskeie maniere teëgekom waarmee jy kwadratiese vergelykings kan oplos, en een wat jy dalk nog nie gesien het nie, en wat ook goed werk, staan bekend as vierkantsvoltooiing.

Nadere informatie

Credo Musiekteorie-opleidingsprogram GRAAD 1 Deur S. J. Cloete

Credo Musiekteorie-opleidingsprogram GRAAD 1 Deur S. J. Cloete - 8 - Credo Musiekteorie-opleidingsprogram GRAAD 1 Deur S. J. Cloete L.1 INHOUDSOPGAWE BLADSY 1. Notebalk... 8 2. Toonhoogte... 9 3. Sleuteltekens... 10 4. Lettername van lyne en spasies in die diskantsleutel...

Nadere informatie

5. NOTULE VAN DIE VERGADERING GEHOU OP 7 NOVEMBER Bylae A

5. NOTULE VAN DIE VERGADERING GEHOU OP 7 NOVEMBER Bylae A 2 5. NOTULE VAN DIE VERGADERING GEHOU OP 7 NOVEMBER 2017 Bylae A PROTEïENNAVORSINGSTIGTING NOTULE VAN DIE ALGEMENE JAARVERGADERING GEHOU OM 13:00 OP 7 NOVEMBER 2017 PNS-KANTOORGEBOU, WOODMEAD 1. OPENING

Nadere informatie

0:03: 01:5 Vertel mekaar watter labels mense al op jou gesit het. Wat het mense jou al genoem... goeie goed en slegte goed, dit is alles labels...

0:03: 01:5 Vertel mekaar watter labels mense al op jou gesit het. Wat het mense jou al genoem... goeie goed en slegte goed, dit is alles labels... 1 0:01:50-0:03:50 Gnomeo en Juliet se storie begin met twee families, rooi en blou wat nie van mekaar hou nie. Hulle noem die ander familie nooit op hul name nie, maar slegs rooies of bloues. Hierdie word

Nadere informatie

VOORRAAD. a) Skep die volgende rekening by Onderhoud Rekeninge Invoeg: Inkomste / Uitgawerekening (A) vir die voorraaditem.

VOORRAAD. a) Skep die volgende rekening by Onderhoud Rekeninge Invoeg: Inkomste / Uitgawerekening (A) vir die voorraaditem. VOORRAAD Elke item wat u wil monitor as voorraad, soos bv. kunsmis, chemikalieë, saad en sakke voer moet as ʼn voorraaditem geskep word. Daar is geen beperking op die hoeveelheid items wat in voorraad gehou

Nadere informatie

Die Vestiging van Canola en Bemestingsriglyne

Die Vestiging van Canola en Bemestingsriglyne Die Vestiging van Canola en Bemestingsriglyne Franco le Roux SOILL Landboukundige Hoekom Canola? Canola is al lankal nie meer net ʼn gewas vir die probleemkampe op die plaas nie en het al deur en deur bewys

Nadere informatie

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 NOVEMBER 2012

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 NOVEMBER 2012 GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 NOVEMBER 2012 PUNTE: 80 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye. Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 2 DBE/November

Nadere informatie

GRAAD: 4 VAK: LEWENSVAARDIGHEDE SKEPPENDE KUNSTE KWARTAAL VIER FORMELE ASSESSERINGSTAAK (FAT) 4

GRAAD: 4 VAK: LEWENSVAARDIGHEDE SKEPPENDE KUNSTE KWARTAAL VIER FORMELE ASSESSERINGSTAAK (FAT) 4 GRAAD: 4 VAK: LEWENSVAARDIGHEDE SKEPPENDE KUNSTE KWARTAAL VIER FORMELE ASSESSERINGSTAAK (FAT) 4 Naam: Klas: Datum: Skool: Onderwyser: FAT Aktiwiteit/Vorm Leerder se punte Leerder se % 4 Visuele Kunste:

Nadere informatie

Vrae en Antwoorde. Vrae oor selfoonopvangs. V : Moet ek selfoonopvangs / selfoonsein / GSM-netwerkdekking op my plaas hê?

Vrae en Antwoorde. Vrae oor selfoonopvangs. V : Moet ek selfoonopvangs / selfoonsein / GSM-netwerkdekking op my plaas hê? Unit 1, 13 Forsman Street, Potchefstroom, 2531. P.O. Box 21065, Noordbrug, Potchefstroom, 2522, South Africa. Telephone: +27 18 293 1291 Facsimile: +27 86 694 0896 E-mail: agri@yrless.co.za Web: www.agri-alert.co.za

Nadere informatie

Meganiese stelsels en beheer:

Meganiese stelsels en beheer: Eenheid 6 Meganiese stelsels en beheer: ratverhouding die aantal omwentelings van een rat in verhouding tot n ander rat. Het betrekking op twee verskillende ratgroottes spoedverhouding word bepaal deur

Nadere informatie