MATTEUS 22:11-13 HK SONDAG 30:81

Vergelijkbare documenten
Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

NAGMAAL. SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a. Die kruis is die trots van die Here se kerk.

God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5)

TEKS: Matteus 5:3 (AV 1933/53) HK 5

OPENBARING 5:5 HK Sondag 48

God red elkeen wat werklik in Jesus Christus glo.

Dit wat óns wil hoe óns wil leef en wil praat en selfs wil dink (dit weet ons almal) is baie kere baie anders as wat Gód van ons wil hê.

Jesaja sien die Toekoms

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3.

MATTEUS 22:14. Votum en seën. Psalm 8 : 1. Gebed. Skriflesing: Matteus 22:1-14 (AV 1983/91) Belydenis: DL 3/4:8-10. Teks: Matteus 22:14 (AV 1983/91)

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80

n Tempel Leier besoek Jesus

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene

Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg

PSALM 40:9. Votum en seën. Psalm 89 : 3. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Deuteronomium 5:6-21 (AV 1933/53) Psalm 50 : 6, 7.

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

Welkom by Die Storie God se storie

NAGMAAL. SKRIFLESING: 1 Petrus 2: TEKS: 1 Petrus 2:24a. Jesus Christus het ons sondes gedra. Psalm 89 : 1. Psalm 40 : 3

WAT IS DIE VOLGORDE VAN DIE VERLOSSINGSERVARING?

God se liefde vat ons vrees vir Sy oordeel weg

Jesus kom op n onbekende tyd weer bly dan gereed vir Hom!

Die Groot Gebod dennis de wet

Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek

toegewy aan God ross os s v an v nieker i k

Jesus Christus se opstanding maak ons lewens sinvol

PSALM 90:2 NGB 1. Votum en seën. Psalm 90 : 1. Gebed. Skriflesing: Psalm 90 (AV 1933/53) Belydenis: NGB 1. Teks: Psalm 90:2 (AV 1933/53)

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3

Tema: God gee die blydskap van die ewige lewe aan diégene wat in ons boodskap van Jesus Christus glo!

Baie welkom by vanoggend se erediens. Doen asb moeite om ander mense rondom jou te groet

Bybelse Dissipelskap. Saligheid/ Redding

1 JOHANNES 4:20 HK 34:93

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13

SKRIFLESING: Openbaring 19:1-10. TEKS: Openbaring 19:7b. Vir die groot bruilof moet ons gereed maak. Skrifberyming 23b (18-6) : 1, 2.

Soos n wildsbok wat smag na water Smag my siel na u o Heer U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer SOOS N WILDSBOK

Goeie Konings, Slegte Konings

1 KORINTIËRS 3:21-23 HK Sondag 1

Van Vervolger tot Prediker

Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel. Christiaan Coetzee

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

SKRIFLESING: Romeine 8:31-39 (AV 1983) TEKS: Romeine 8:32b. Skrifberyming 24 (1-1) : 3. Psalm 62 : 4 (na gebed) Psalm 93 : 1, 4

JOHANNES 3:19-20 DL 3/4:1

JOHANNES 6:48 HK 28. Votum en seën. Psalm 100 : 1, 3. Gebed. Skrifberyming 54 (2-6) : 1. Skriflesing: Johannes 6:41-59 (AV 1983) Belydenis: HK 28

Bybel vir Kinders. bied aan. Ryk man, Arm man

SKRIFLESING: 1 Korintiërs 6: TEKS: 1 Korintiërs 6:19 HK 1:1. Ook ons liggame behoort aan die Here. Skrifberyming 72 (12-3) : 1, 2

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was

MATTEUS 7:12. Votum en seën. Psalm 34 : 2, 4. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 4 : 3.

1 TESSALONISENSE 5:25

Wat beteken "Christus is die einde van die wet" (Romeine 10:4)?

SKRIFLESING: Handelinge 16: TEKS: Handelinge 16:30-31 HK 23. Wie in die Here Jesus glo, word gered. Psalm 48 : 4.

Preek oor: Wat doen die Heilige Gees? Die Heilige Gees laat die wedergeboorte plaasvind

1 KORINTIËRS 1:4. Votum en seën. Psalm 116 : 7, 10. Gebed. Psalm 31 : 13, 18. Skriflesing: 1 Korintiërs 1:1-9 (AV 1933/53)

HOSEA 6:1-3. Votum en seën. Psalm 48 : 1. Gebed. Skriflesing: Hosea 6 (AV 1933/53) Teks: Hosea 6:1-3 (AV 1933/53) Psalm 72 : 3

1 KORINTIËRS 13:12. Ook: Sb 18-8 (30) : 4, 5

TEKS: Esegiël 33:18-19 HK 32:87 33:90. God laat onbekeerdes sterf, maar bekerendes lewe.

n Dubbele kruis-belydenis

1 JOHANNES 2: Votum en seën. Psalm 34 : 1, 4. Geloofsbelydenis: Nicea. Wet: Exodus 20:1-17 (AV 1933/53) Psalm 34 : 6. Gebed

God red mense wat glo deur die krag van die evangelie

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels.

Jona en die Groot Vis

Skriflesing: 2 Tim 2:14-26(word gelees deur gemeentelede uit die banke)

Ons Pinkster gaan oor hoe om vir Jesus te volg. Vanoggend het ons begin deur te sien dat daar n paar voorwaardes is as jy Jesus wil volg:

God laat alles Sy kinders se saligheid bevorder.

Dis net so ondenkbaar soos n gemeente die tempel van die Heilige Gees 1 wat nie bid nie.

JOHANNES 10:10b-11. Votum en seën. Skrifberyming 34 (2-2) : 1. Gebed. Skriflesing: Johannes 10:1-21 (AV 1983/91) Teks: Johannes 10:10b-11 (AV 1983/91)

Preek Romeine 1:16-17

God het belowe om ons gehoorsaam te maak, net soos ons vra

PSALM 115:1 HK Sondag 52:

Twyfel Vergewe mekaar Vergifnis van God Vertroue Volharding Voorkoms Vrede Vrees Vriendskap...

Vir die Here is die hoofsaak dat ons sal glo en gehoorsaam.

Bybel vir Kinders. bied aan. Joshua neem Beheer

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

Gereformeerde Kerk Bloempark Die Drie-eenheid (Sondag 8)

Die Here laat ons maai wat ons gesaai het

SKRIFLESING: Titus 1. TEKS: Titus 1:15. Die Here wil ons op die hoofspoor hê. Psalm 134 : 1, 2. Psalm 119 : 4. Psalm 18 : 12. Skrifberyming 78 (13-3)

SKRIFLESING: Jesaja 6. TEKS: Jesaja 6:3 HK 8. Voor die drie-maal heilige God buig ons laag. Psalm 99 : 1, 2. Psalm 81 : 11, 12

Die Here gee Sy seën waar ouers en kinders Hom gehoorsaam.

U het rég gehoor: dat u die HÉre daar gaan dien; want dis wat die Heilige Gees ons hier laat hoor, dat ook ons alledaagse werk godsdiens is.

Wie God se beloftes het, streef om skoon te word en heilig te wees

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer

Toe God alles gemaak het

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus

Baie welkom by vanoggend se erediens

TEKS: Handelinge 2:39 HK 27:74. Die Here se belofte geld ook vir die kinders van gelowiges

Die Here gee vir mense, wat oor Hom bly is, dit wat hulle harte begeer.

HANDELINGE 14:15 HK 34:94-95

DIE JERUSALEM RAAD Les 8 vir 25 Augustus 2018

Dooppreek Mika Bogaards

Deur Sy wet gee God ons broodnodige kennis van sonde

1 JOHANNES 5:4. Votum en seën. Psalm 45 : 1, 3, 4. Gebed. Skriflesing: 1 Johannes 5:1-13 (AV 1933/53) Teks: 1 Johannes 5:4 (AV 1933/53) Psalm 18 : 15

Les 2 vir 13 Oktober 2018

Toe God alles gemaak het

Preek Romeine 9:6-7. (Preek gelewer tydens erediens van Geref. Kerk Welkom op Sondag 15 Julie 2018) Prediker: Ds JL van der Schyff

Transcriptie:

MATTEUS 22:11-13 HK SONDAG 30:81 Votum en seën Psalm 2 : 6 Geloofsbelydenis: Nicea Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983) Psalm 86 : 6 Gebed Skriflesing: Matteus 22:1-14 (AV 1983) Belydenis: HK 30:81 Teks: Matteus 22:11-13 (AV 1983) Psalm 45 : 1, 14, 16 Preek: Die Here se vreugde is vir ware gelowiges bedoel Gebed Kollekte Skrifberyming 29 (18-3) : 8, 9 Skrifberyming 78 (13-3)

2 Wie mag nagmaal gebruik? en móét dus ook nagmaal gebruik, want mense wat nagmaal mág gebruik, móét dit ook doen dis n opdrag van die Here om nagmaal te vier! Wie mag? Vir wie s die nagmaal bedoel? Wie mag op die simboliese manier van die nagmaal die brood van die lewe hier eet en die beker van verlossing hier drink? Die antwoord op hierdie vraag is doodeenvoudig: - die nagmaal is bedoel vir ware gelowiges; of in die taal van hierdie gelykenis gesê: - die bruilofsfees is bedoel vir genooides met bruilofsklere aan. Kom ons kyk vanoggend, in die lig van hierdie Skrifgedeelte, wat dit beteken as ons sê: - die vreugde wat die Here gee, is vir opregte gelowiges bedoel. Ons gaan aandag gee aan 1. die bruilofsfees; 2. die bruilofsklere; 3. toegepas op die nagmaal. 1. DIE BRUILOFSFEES Met hierdie gelykenis verduidelik die Here vir ons hoe die pad lyk wat God eers net met Israel en later ook met die ander volke geloop het en loop. Die verlossing wat die Here Jesus met Sy lyding en dood in die plek van sondaars bewerk het en die wonderlike ewige lewe waarop dit uitloop vir elkeen wat opreg in Hom glo, word hier voorgestel as n bruilofsfees wat n koning vir sy seun voorberei het. En al die Here se wette en die seremonies en die aansporings en vermanings van Sy profete waarvan ons in die Ou Testament lees én toe ook nog die oproepe wat Johannes die Doper laat hoor het, was die uitnodiging waarmee hierdie koning die genooides, die Ou Testamentiese verbondsvolk, Israel, na die bruilofsfees toe geroep het.

3 En Israel, wat hulle op die lang duur al hoe minder aan die profete gesteur het 1 en uiteindelik die Here Jesus, die Verlosser self, verwerp het, hulle was die genooides wat hulle rug op hierdie koning se bruilofsfees gedraai het. En die apostels, wat na Jesus se dood en opstanding uitgestuur is om die evangelie van verlossing deur Jesus Christus aan ál die nasies te gaan verkondig met die belofte dat elkeen wat in Hom glo, gered sal word, hulle was die slawe van die koning wat na die straathoeke toe gegaan het om mense van daar af na die bruilof toe uit te nooi. 2 Óns, die gelowiges uit volke en nasies wat eers heidene was, is dus van hierdie mense wat van die straathoeke af gaan haal is nadat die volk Israel, die oorspronklike genooides, in die geheel gesien, die Here se uitnodiging nie aangeneem het nie. Ons het mos gehoor van die vergewing van sondes deur die bloed van Jesus, van versoening met God wat vir sondaars bewerk is, van die ware vrede wat n mens in n lewe met die Here kry, van die Heilige Gees, God self, wat saam met ons die pad sal loop, van n ewige lewe op n nuutgemaakte aarde en hemel by die Here, en ons het mos die geloof gekry dis vir ons gegee waarmee ons hierdie uitnodiging aanvaar het Wat die hemelse Vader deur Sy Seun bewerk het en waarvan Hy boodskappers die wêreld vol stuur, is soos n bruilofsfees wat voorberei is en waarheen mense uitgenooi word. Maar ook die genooides mag nie aan hierdie fees deelneem sonder bruilofsklere nie. 2. DIE BRUILOFSKLERE Toe die koning inkom waar die gaste vir die feesmaal bymekaar is, en hy een sien wat nie bruilofsklere aanhet nie, toe laat hy hom dadelik uitgooi n mens kan nie aan hierdie bruilofsfees deelneem sonder bruilofsklere nie! U moenie hierdie uitgegooide man jammer kry nie. Dis nie so dat die arme man nie bruilofsklere kon kry nie. 1 2 Kon 17:7-20; 2 Kron 36:15-16 2 Mat 28:19; Hand 13:44-49

4 As dit die geval was, kon hy dít mos as n verskoning gebruik het; maar hier staan dat hy, toe hy tot verantwoording geroep is, niks gehad het om tot sy eie verdediging te sê nie. Dit was sy eie skuld dat hy nie die regte klere aangehad het nie en hy t dit besef! Dit was minagting van die koning wat hom genooi het en van die prins, wie se bruilofsfees dit was. Hy wou die voordele van hierdie koning se fees geniet sonder om die koning te eer met gepaste klere en sonder om te probeer inpas by hierdie wonderlike geleentheid. Die bruilofsklere in hierdie gelykenis verwys na die gehoorsaamheid aan die Here, wat daar behoort te wees by mense wat gehoor gegee het toe Hy hulle na Hom toe geroep het. Dit verwys na die heilige lewe wat daar behoort te kom by iemand wat die Here se genade ontvang het. Dis mos onafskeidelik deel van n ware geloof, dat dit gepaard gaan met gehoorsaamheid aan die Here. Die Heilige Gees het Jakobus laat skryf dat n geloof wat nie gepaard gaan met dade van gehoorsaamheid aan die Here nie, n dooie geloof is, nie n ware geloof nie. 3 Die mense wat die Vader op grond van Jesus se dood tot Sy kinders aanneem, die bring Hy deur die werk van die Heilige Gees by die punt waar hulle met hulle sondes breek hulle trek hulle ou, vuil klere uit, en waar hulle n nuwe lewe begin lewe waarin hulle vir Hom luister hulle trek die bruilofsklere aan. En dis bekende beelspraak in die Bybel. o Die profeet Esegiël het al beskrywe hoe die Here vir dié wat Hy red, die pragtigste klere aantrek. 4 o Ook die apostel Paulus het in meer as een van sy briewe die gelowiges aangespoor om hierdie bruilofsklere aan te trek: julle (moet julle) met die nuwe mens beklee wat na God geskape is in ware geregtigheid en heiligheid. 5 3 Jak 2:17, 26 4 Eseg 16:1-14 5 Efes 4:24; vgl ook Kol 3:10

5 Sonder hierdie bruilofsklere mag jy nie aan hierdie bruilofsfees deelneem nie. Sonder n heilige lewe, sal niemand die Here sien nie. 6 Al sê jy met die mond hoeveel keer Here, Here, as jy nie God se wil dóén nie, dan sal jy nie in die koninkryk van die hemel ingaan nie so het die Here Jesus met Sy eie mond gesê! 7 Sy fees is bedoel vir mense met die regte klere aan. Die vreugde wat Hy gee, is bedoel vir wáre gelowiges 3. TOEGEPAS OP DIE NAGMAAL Die nagmaal is natuurlik nie die feesmaal self, waarvan die Here Jesus in hierdie gelykenis praat nie. Die ewige lewe saam met die Here in die ewigheid is die werklike fees. Maar die nagmaal is n heenwysing na daardie fees. Dis n seremonietjie waarmee die Here ons aan daardie fees wat kom, herinner. Dis n versekering wat Hy ons gee dat dit vir al Sy kinders wag. Dis n klein voorsmakie daarvan. Onthou u die sinnetjie in die nagmaalsformulier wat sê: Die fees van die nagmaal laat ons met groot verlange uitsien na die bruilofsmaal van die Lam? En omdat die nagmaal al n klein prentjie van daardie groot werklikheid is, daarom moet nagmaalsvierders ook al iets wys van hoe die gaste eendag daarbo sal wees. Ook in hierdie klein prentjie moet hier nie gaste sonder bruilofsklere wees nie. Ook aan die nagmaalstafel mag daar nie mense sonder n ware geloof (soos skyngelowiges en skynheiliges en onbekeerdes) wees nie. En daarom ondersoek ons onsself altyd voor ons nagmaal vier. En ons vra die vraag: - mag ek nagmaal kom vier? 6 Hebr 12:14 7 Mat 7:21

6 - is ek deur die genade van God nie net genooi nie, maar ook deur die Heilige Gees aangetrek met die regte klere: die wegdoen met sondes in my lewe en die al-hoe-meer-die-pad-van-die-here-begin-loop? Hier in HK 30:81 word hierdie bruilofsklere wat ons moet aanhê voordat ons mag aansit, as drie kledingstukke beskryf. Die eerste is n afkeer van jouself oor jou sondes. Jy moet dit haat dat jy nog steeds sondes doen in jou lewe jý, wat n verloste kind van die Here is! Die tweede is dat jy die vertroue moet hê jy moet dit vas glo dat Jesus se lyding en dood die straf op al jou sondes was en dat al die swakhede waarmee jy nog steeds sukkel, met Jesus se lyding en dood toegemaak is, sodat dit vir God is asof dit nie meer bestaan nie. En die derde kledingstuk wat jy moet aanhê is die hartsbegeerte dat jou geloof sterker mag word en jou lewe beter. So lyk die bruilofsklere wat ons moet aanhê: - n afkeer van jouself; - vertroue in Christus; - die begeerte tot verbetering. En as ek myself in die geestelike spieël gaan ondersoek en enige een van hierdie drie dinge nie by my kry nie, is daar n probleem n probleem waarvan die oplossing nie is om van die nagmaal af weg te bly nie, maar om dit wat by my kortkom, met alle mag en middele te soek, sodat ek reg aangetrek mag wees vir die nagmaal én vir daardie ware fees wat eendag gaan aanbreek Nog lank voor ons op n nagmaal-sondagoggend ons uiterlike regkry en ons netjiese klere aantrek vir die erediens hier, moes ons gaan kyk het na die klere wat ons harte aanhet: of dit pas by die fees van die groot Koning en Sy Seun. Wie sonder berou en bekering, sonder n opregte vertroue in Christus en sonder gehoorsaamheid aan die Here, die brood van die lewe wil eet en die beker van verlossing wil drink, gaan soos die uitgegooide man in die gelykenis, n nare skok kry, want die Koning daarbo se oog mis niks

7 En daar ís sulke mense. Daar s mense wat die die mooiste geloofstaal kan praat, maar dan is daar in hulle lewe gebooie van die Here waaraan hulle hulle glad nie steur nie. Dis mense wat by die bruilofsfees wil gaan smul, maar sonder om bruilofsklere aan te trek. Dis mense wat hemel toe wil gaan, maar sonder om hulle van hulle sondes te bekeer! Die Here sê met hierdie gelykenis: - dit kan nie; - Hy gaan dit nie duld nie. Eintlik moet hierdie selfondersoek of ons ooit regtig bruilofsklere aanhet nie beperk wees tot nagmaalstye van die gemeente nie. Ons moet dit gedurig doen, want die ware fees kan mos vir n gelowige mens enige oomblik kom. Ons kan ook sonder waarskuwing deur n hartaanval of deur n motorongeluk of deur n moordenaarskoeël in daardie ewige feessaal ingeroep word. En die vreugde van die Here daar is vir die ware gelowiges. Vir die skynheiliges en onbekeerdes is daar iets anders: n onbeskryflike donkerte daarbuite. Sorg dat u altyd die regte klere aanhet daardie wat ons by Jesus Christus en by die Heilige Gees kry sodat u welkom mag wees wanneer die Koning wat die fees aanbied, opdaag AMEN