OPENBARING 21:9-10. Votum en seën. Psalm 122 : 1. Gebed. Psalm 46 : 1, 2. Skriflesing: Openbaring 21:1-21 (AV 1983/91)

Vergelijkbare documenten
OPENBARING 5:5 HK Sondag 48

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80

God red elkeen wat werklik in Jesus Christus glo.

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun

Jesaja sien die Toekoms

SKRIFLESING: Openbaring 19:1-10. TEKS: Openbaring 19:7b. Vir die groot bruilof moet ons gereed maak. Skrifberyming 23b (18-6) : 1, 2.

SKRIFLESING: Romeine 8:31-39 (AV 1983) TEKS: Romeine 8:32b. Skrifberyming 24 (1-1) : 3. Psalm 62 : 4 (na gebed) Psalm 93 : 1, 4

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

Goeie Konings, Slegte Konings

NAGMAAL. SKRIFLESING: 1 Petrus 2: TEKS: 1 Petrus 2:24a. Jesus Christus het ons sondes gedra. Psalm 89 : 1. Psalm 40 : 3

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3.

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels.

1 KORINTIËRS 13:12. Ook: Sb 18-8 (30) : 4, 5

PSALM 90:2 NGB 1. Votum en seën. Psalm 90 : 1. Gebed. Skriflesing: Psalm 90 (AV 1933/53) Belydenis: NGB 1. Teks: Psalm 90:2 (AV 1933/53)

Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek

PSALM 40:9. Votum en seën. Psalm 89 : 3. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Deuteronomium 5:6-21 (AV 1933/53) Psalm 50 : 6, 7.

God laat alles Sy kinders se saligheid bevorder.

n Tempel Leier besoek Jesus

Bybel vir Kinders bied aan. Die Kerk Kry Moeilikheid

SKRIFLESING: 1 Korintiërs 6: TEKS: 1 Korintiërs 6:19 HK 1:1. Ook ons liggame behoort aan die Here. Skrifberyming 72 (12-3) : 1, 2

Wie in die Here glo, vertrou Hom met die bestemming.

1 JOHANNES 5:4. Votum en seën. Psalm 45 : 1, 3, 4. Gebed. Skriflesing: 1 Johannes 5:1-13 (AV 1933/53) Teks: 1 Johannes 5:4 (AV 1933/53) Psalm 18 : 15

TEKS: Matteus 5:3 (AV 1933/53) HK 5

SKRIFLESING: Jesaja 6. TEKS: Jesaja 6:3 HK 8. Voor die drie-maal heilige God buig ons laag. Psalm 99 : 1, 2. Psalm 81 : 11, 12

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5

Jesus kom op n onbekende tyd weer bly dan gereed vir Hom!

God het belowe om ons gehoorsaam te maak, net soos ons vra

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

Die Here laat ons maai wat ons gesaai het

God se liefde vat ons vrees vir Sy oordeel weg

Dit wat óns wil hoe óns wil leef en wil praat en selfs wil dink (dit weet ons almal) is baie kere baie anders as wat Gód van ons wil hê.

NAGMAAL. SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a. Die kruis is die trots van die Here se kerk.

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene

JOHANNES 6:48 HK 28. Votum en seën. Psalm 100 : 1, 3. Gebed. Skrifberyming 54 (2-6) : 1. Skriflesing: Johannes 6:41-59 (AV 1983) Belydenis: HK 28

Welkom by Die Storie God se storie

JOHANNES 3:19-20 DL 3/4:1

Soos n wildsbok wat smag na water Smag my siel na u o Heer U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer SOOS N WILDSBOK

Jesus Christus se opstanding maak ons lewens sinvol

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13

Hierdie raaisel word op meer as een manier in die Bybel beantwoord.

Preek oor: Wat doen die Heilige Gees? Die Heilige Gees laat die wedergeboorte plaasvind

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3

Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg

1 KORINTIËRS 3:21-23 HK Sondag 1

Gereformeerde Kerk Bloempark Die Drie-eenheid (Sondag 8)

HEMELVAART. SKRIFLESING: Johannes 14:1-14. TEKS: Johannes 14:2-3 (AV 1933/53) Jesus Christus is hemel toe vir ons. Psalm 2 : 4, 6.

STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart?

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

SKRIFLESING: Handelinge 16: TEKS: Handelinge 16:30-31 HK 23. Wie in die Here Jesus glo, word gered. Psalm 48 : 4.

1 JOHANNES 4:20 HK 34:93

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer

God red mense wat glo deur die krag van die evangelie

Van Vervolger tot Prediker

Wie God se beloftes het, streef om skoon te word en heilig te wees

Vir die Here is die hoofsaak dat ons sal glo en gehoorsaam.

Toe God alles gemaak het

Jona en die Groot Vis

Die Kerk se Geboorte

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5)

PSALM 115:1 HK Sondag 52:

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

1 JOHANNES 2: Votum en seën. Psalm 34 : 1, 4. Geloofsbelydenis: Nicea. Wet: Exodus 20:1-17 (AV 1933/53) Psalm 34 : 6. Gebed

Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel. Christiaan Coetzee

NABETRAGTING 1 Timoteus 6:12

Baie welkom by vanoggend se erediens

JESAJA 53:9 HK Sondag 16:40-43

Quo Vadis? EVANGELISASIEBLAD VAN DIE GEREFORMEERDE KERKE IN SUID-AFRIKA. Geregistreer by die poskantoor as nuusblad. NR.

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus

1 TESSALONISENSE 5:25

TEKS: Johannes 18: 36 HK 12:31

JOHANNES 8:32. Votum en seën. Psalm 92 : 1, 2. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 91 : 7. Gebed.

Toe God alles gemaak het

Preek Genesis 15:5. (Preek gelewer tydens erediens in Welkom-Noord op Sondag 8 Januarie 2017)

Bybel vir Kinders. bied aan. Ryk man, Arm man

BYBELSTUDIE OPENBARING LES 4 HOOFSTUK 1:9-13.

HEMELVAART HEBREËRS 9:24

Preek Romeine 1:16-17

HABAKUK 3: Ook: Ps 73 : 10

TEKS: Handelinge 2:39 HK 27:74. Die Here se belofte geld ook vir die kinders van gelowiges

MATTEUS 5:17 NGB 25. Votum en seën. Psalm 67 : 2. Gebed. Skriflesing: Matteus 5:17-32 (AV 1933/53) Belydenis: NGB 25. Teks: Matteus 5:17 (AV 1933/53)

MATTEUS 22:11-13 HK SONDAG 30:81

Preek Romeine 6:3-4. (Preek tydens erediens in Gereformeerde Kerk Welkom-Noord op Sondag 25 Junie 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff

n Dubbele kruis-belydenis

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24

Dis net so ondenkbaar soos n gemeente die tempel van die Heilige Gees 1 wat nie bid nie.

SKRIFLESING: Romeine 1:1-17. TEKS: Romeine 1:3b-4a HK 13. Jesus is die Seun van God en ons Here. Psalm 149 : 1, 2.

Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak.

Dr AH Bogaards. 1. Inleiding Wat is eensaamheid? Lees: Mt.27: Teks: Mt.27: Datum: 18 Oktober 2015

MATTEUS 7:12. Votum en seën. Psalm 34 : 2, 4. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 4 : 3.

Skriflesing: Esegiël 47 Tema: God se nuwe lewe vloei deur ons na mekaar en na die res van die wêreld.

OPENBARING 7:9. Votum en seën. Psalm 8 : 1, 2 [vers 1 saam met katkisasiekinders] Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91)

SKRIFLESING: Titus 1. TEKS: Titus 1:15. Die Here wil ons op die hoofspoor hê. Psalm 134 : 1, 2. Psalm 119 : 4. Psalm 18 : 12. Skrifberyming 78 (13-3)

Preek Genesis 1:27. (Preek gelewer tydens oggenddiens in Welkom-Noord op Sondag 6 November 2016)

Die gebruik van 'n persoonlike joernaal of dagboek

Transcriptie:

OPENBARING 21:9-10 Votum en seën Psalm 122 : 1 Gebed Psalm 46 : 1, 2 Skriflesing: Openbaring 21:1-21 (AV 1983/91) Teks: Openbaring 21:9-10 (AV 1983/91) Preek: Die Here se toekoms vir ons Gebed Kollekte Skrifberyming 45 (18-7) : 1, 3 Seën Skrifberyming 78 (13-3) Ook: Ps 48 Ps 87

2 Met Sy Woord wys die Here ons die pad van verlossing, en met Sy Woord leer die Here ons baie van Hom en van die wêreld en van hoe ons moet lewe, en met Sy Woord bestraf Hy ons wanneer dit nodig is, én met Sy Woord praat Hy ons moed in. Iets wat ons bitter nodig het. U ken ook mos die druk van die aardse lewe: - hoe al die verpligtinge n mens kan vasvat en uitmergel; - hoe ouderdom of aanhoudende siekte of pyn jou stukkie vir stukkie kan afbreek; - hoe maklik dinge wat skeefloop jou moedeloos kan maak; - hoe die vraag partykeer by ons opkom: maar is dit alles die moeite werd? Die boek Openbaring is n boek waarmee die Heilige Gees ons moed inpraat. En spesifiek in hierdie laaste hoofstukke praat Hy ons moed in deur ons te wys waarheen ons op pad is, deur moeë en partykeer moedelose reisigers aan hulle bestemming te herinner. Kom ons kyk vanaand na die toekoms wat die Here vir ons het. Ons gaan aandag gee aan: 1. waarvandaan ons kyk; 2. na wanneer ons kyk; 3. na wie ons kyk; 4. wat ons sien. 1. WAARVANDAAN ONS KYK Ons kyk hier saam met Johannes van n groot hoë berg af. Die ons wat hier saam met Johannes kyk, is ons almal wat hier lees wat met hom gebeur het en wat hy gesien het én wat ons met hom vereenselwig, wat glo soos hy geglo het: dat Jesus van Nasaret die Christus is, die Seun van God, die Een deur Wie ons sondes vergewe word en van Wie ons die ewige lewe kry. 1 Dit wat die Here Johannes laat sien het in die openbaringe wat hy gekry het, was tog nie net vir hom persoonlik bedoel nie, maar hy moes dit ook opskryf, sodat die Here se kinders van alle tye dit as t ware saam met hom kan sien! 1 Joh 20:31

3 Ons kyk dus hier saam met Johannes van n groot hoë berg af. n Hoë berg is n plek van waar af n mens mooi kan sien, veral as jy na iets gaan kyk wat uit die hemel uit kom, want daar s dan niks tussen jou en dit waarna jy kyk nie. Dis natuurlik nie n letterlike berg waarvan hier gepraat word nie. Openbaring is n boek waarin dinge met beelde, metafore, simboliek vir ons gesê word. Die hoë berg is dus n simboliese manier om vir ons te sê dat ons nie met ons gewone aardse denke hierdie dinge waarvan ons hier gaan hoor, gaan verstaan nie. Ons moet ons van die vlaktes en die laagtes van ons beperkte aardse denke losmaak en met die hoë gedagtes van die geloof, wat die Heilige Gees in ons bewerk, dink aan wat in die toekoms vir ons wag. Maak uself dus nou los van al die bekommernisse en sorge en moeites en vrae en twyfels wat ons gedagtes laag hou, en kom staan vanaand saam met Johannes op hierdie groot hoë berg, vanwaar ons kan kyk na wat God vir ons wys. 2. NA WANNEER ONS KYK Ons kyk vanaf hierdie hoogtes saam met Johannes na die toekoms. In hierdie laaste hoofstukke van Openbaring kyk ons nie na wat in die verlede lê, of na die lewe en die wêreld soos dit nóú daar uitsien nie. Ons kyk na wat voorlê, na wat uiteindelik vir ons wag, na ons toekoms in die ewigheid. Openbaring 21 beskryf die wêreld en die lewe wat vir God se kinders wag nadat die kerk se stryd en verdrukking en moeitevolle werk op hierdie aarde afgehandel is, en nadat Babilon die ongelowige en antichristelike wêreldmag sy toppunt bereik het en deur die Here tot n val gebring is, en nadat die Here Sy laaste reeks oordele (= die sewe bakke met die sewe laaste plae) oor die wêreld en oor die mensdom uitgegooi het, en nadat die Here Jesus weer gekom het en die laaste oordeel plaasgevind het en die Satan en al sy volgelinge in die groot vuurpoel gegooi is,

4 en nadat die hemele soos n boek opgerol is en hierdie aarde deur God se vuur skoongebrand is en die nuuutgemaakte aarde en hemel gekom het. Ons kyk hier na dán, na wat dan vir ons wag. Van die geloofshoogtes af kyk ons hier na die ewige toekoms 3. NA WIE ONS KYK Die engel sê vir Johannes (en vir ons): - Kom ek sal jou die bruid wys, die vrou van die Lam. Ons kyk hier na die bruid van die Lam, die vrou van die Lam. Hierdie bruid en vrou is die kerk, die ware gelowiges. Daar s talle plekke in die Ou en Nuwe Testamente waarin hierdie beeld gebruik word, dat die kerk die Here se vrou is, Sy bruid, en die Here Jesus die Bruidegom. 2 Die kerk word hier die bruid en die vrou van die Lam genoem. Dat Hy die Lam genoem word, beklemtoon die feit dat Hy ons Verlosser is. Hy s mos die Offerlam wat vir óns sondes geslag is, toe Hy daar aan die kruis gesterf het om vir ons sondes te boet, sodat ons nooit meer deur God daarvoor gestraf sal word nie. Dat die kerk Sy bruid genoem word, verwys na hoe mooi Sy kinders in die hiernamaals gaan wees liggaamlik en geestelik volmaak! En dat die kerk Sy vrou genoem word, verwys na die diep en sterk en blywende band van liefde wat daar tussen Hom en die gelowiges is en sal wees. Na wie kyk ons in hierdie gedeelte? - na die bruid van die Here, na Sy vrou; - na die ware gelowiges. Dit sluit ons ook in elkeen van ons wat glo dat die Here Jesus die Offerlam is wat ook in jou plek geslag is. 2 Jes 54:5; Hosea 2:15; Joh 3:28-29; Luk 5:33-35; Mat 25:1; 2 Kor 11:4; Efes 5:31-32; Openb 19:7-9

5 As jy deur die Heilige Gees n mens gemaak is wat dít glo, is jy n kind van God, n lid van die ware kerk, waarvan die lidmateregister deur die Here geskryf is. As jy glo, is jy deel van die bruid en vrou waarna ons hier saam met Johannes kyk, is haar skoonheid joune ook, bind die liefdesband tussen haar en die Here jou ook aan Hom vas. Wat n gedagte: - ons kyk in hierdie verse van die Bybel na onsself; - ons sien hier n toekoms-foto van onsself, saam met al die ander ware gelowiges van al die eeue! Wat sien ons hier van die Here se bruid, Sy vrou? 4. WAT ONS SIEN Ons sien hierdie bruid (kyk hoe verander die beeld nou weer hier in vers 10) hier as n stad wat uit die hemel uit afkom: - n massiewe stad; - n ongelooflike mooi stad; - die nuwe Jerusalem. En in die res van Openbaring 21 word hierdie stad dan nou vir ons beskryf: - hoe dit lyk; - wie en wat daarin is; - en wie en wat jy nooit weer daar sal kry nie. U moet dit nou reg verstaan; - die stad waarvan ons hier lees is nie n letterlike, fisiese stad nie; - hierdie stad stel die kerk, die gemeenskap van ware gelowiges daar in die ewigheid voor; - hierdie stad bestaan uit mense, die kinders van die Here. o Die beeld van n stad sê dat hierdie mense nou permanent daar gevestig is. In die ou tyd was n stad die plek waar mense hulle gevestig het as hulle nie meer as nomade of pelgrims of reisigers rondgeswerf het nie.

6 God se kerk in die ewigheid word deur n stad voorgestel omdat die kerk dan sy ewige tuiste gekry het. o En die beeld van n stad sê dat die kerk van die Here daar in die ewigheid uit baie mense gaan bestaan. Daar s mos baie mense in n stad. Hulle gaan n ontelbare menigte wees! 3 o En die beeld van die stad simboliseer ook die saamhorigheid van die kerk in die ewigheid. Stede het mos begin omdat mense wou saamstaan. In daardie toekoms gaan God se kinders een groot harmoniese familie wees! o En dan is hierdie stad wat ons hier sien, ook heilig. Hierdie mense is bevry van sonde, heeltemal skoon, volledig aan die Here toegewy. o Hierdie stad word Jerusalem genoem. Een van die redes hiervoor is omdat hierdie mense die werkplek van die Here is, net soos wat die aardse Jerusalem Sy werkplek was. As n mens aan die aardse Jerusalem dink, dink jy byvoorbeeld aan - die tempel wat daar was en waar die priesters dag na dag offers aan die Here gebring het; - aan die profete wat daar Sy boodskap laat hoor het; - aan Jesus se wonders daar; - aan Sy kruis net buite die stad, Sy opstanding uit die dood uit daar, Sy hemelvaart daar van die Olyfberg by Jerusalem af; - aan die Heilige Gees wat dáár uitgestort is. In die aardse Jerusalem het die Here so duidelik gewerk. En daarom het die volk in die Ou Testamentiese tyd na Jerusalem verlang as hulle nie daar was nie; en hulle t in hulle liedere van hierdie stad van God gesing! 3 Openb 7:9

7 As jy na die Here se bruid in die ewigheid kyk, dan kan jy nie anders nie as om aan die werk van die Here te dink nie. Elkeen van die mense wat daar is, het Hý vir Hom gemaak. en Hý het hulle verlos, vir hulle nuwe harte gegee, die geloof soos lente in hulle laat uitbreek, hulle op hulle aardse pad gehelp en krag gegee en opgetel as hulle plat was en gedra en vasgehou. Hý het hulle van liefde en gehoorsaamheid geleer, partykeer met Sy vaderlike tug. Hý het hulle deur hulle dood of deur die laaste wêreldkatastrofes heen veilig daar by Hom uitgebring. Hierdie gemeenskap van gelowiges daar in die ewigheid is soos die aardse Jerusalem: hulle laat jou aan die werke van die Here dink. Dáárom daal hulle ook uit die hemel neer op die nuwe aarde. Die kerk, die bruid van die Here, het nie met menslike krag deel van hierdie nuwe Jerusalem geword nie. Die goddelose deel van die mensdom dink aan die toring van Babel 4 probeer hulle van die aarde af, met eie krag, in die hemel inwerk, maar hulle kry dit nie reg nie. Hulle sink net al hoe dieper in allerhande moerasse in! Hierdie nuwe mensdom, wat in God se nuwe wêreld gaan leef, het deur God se werk vir mense en in mense gelowig geword, en daarom word hulle voorgestel as n stad wat van die hemel af kom; hulle is Gód se handewerk! Ons kyk uit die geloofshoogtes. Ons kyk na die ewigheid na wat uiteindelik sal wees. Ons sien die gelowiges daar onsself ook. Ons sien hulle as God se bruid en vrou en as Sy groot en wonderlike stad, die stad wat Hy met Sy magtige werke en oneindige liefde gebou het 4 Gen 11:1-9

8 TEN SLOTTE As die lewe u die dag druk, en die moedeloosheid en die terneergedruktheid en die gevoelens van sinloosheid u bekruip, gaan klim dan op hierdie groot hoë berg van Openbaring 21 en gaan kyk na die toekoms wat God vir ons het. Moenie net hier onder bly staan met u gedagtes en dan probeer sien wat die toekoms vir u inhou nie. As jy hier onder staan en probeer kyk wat vorentoe vir ons wag, gaan jy net die aardse moeite en sorge sien: die stryd om kop bo water te hou; om finansieel te oorleef; om die siektes te probeer weghou; om die ouderdomsellendes so lank as moontlik te probeer uitstel; om nie deur probleme wat eie aan Afrika is ondergeploeg te word nie; om in allerhande moeilike verhoudings met ander mense n weg te probeer vind; om Bybels te probeer dink en leef in n wêreld wat jou daaroor uitlag. Gaan staan liewers op hierdie hoogtes wat die Here vir ons gee, en kyk na die bruid van die Here, na die stad van God, na jou eindbestemming. Vir n mens wat dáárdie prentjie sien, maak die paar bulte op die pad soontoe nie meer so baie saak nie AMEN